Upload
others
View
11
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Die Begin...
Der Anfang...The Start...
SimbraSimbra
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
21
’n Ware suksesverhaal... so te sê doodgebore 23
Makam Simbra 36
SIMBRA-pioniers - 25 Jaar op die telingspad 40
Prof JC Steenekamp, Fiducia Simbra 48
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
22
Simbra – The Complete All-Rounder™
Peter Massmann
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
23
Simbra – The Complete All-Rounder™
’n Ware suksesverhaal .... so te sê doodgebore
Peter Massmann
“The future belongs to those who see possibilities before they
become obvious.” – John Scully
Enkele jare nadat die eerste kantoor van die
Simmentalers in 1976 geopen is, besoek die Genootskap
se President, Willie Angus, die kantoor in Bloemfontein.
Ons kyk na die groot beplannings-muurkaart van
Suider-Afrika en voel trots oor die 510 kleur spelde van
Simmentaler stoettelers. Daar is egter groot oop kolle
in die ekstensiewe ‘harde’ gebiede waar ons ras nie
goed verteenwoordig is nie. Dit pla en ek sê: “Willie ons
moet ’n ras ontwikkel wat daardie oop kolle toemaak. ’n
Geharde, gladde-haar Zebu tipe Simmentaler. Ons moet
uitbrei, ons moet ander bronne van inkomste soek, ons
moet bokoste sny, ons moet vooruit beplan.”
Willie bestel eers tee. Die skok was seker te groot vir
’n gesoute pionier Simmentaler teler om te praat oor
’n nuwe ‘baster-ras’, terwyl ons die beste suiwer ras in
die wêreld het. Hy vra vrae en beredeneer die saak. Ek
noem onder andere korrespondensie wat ek oor Simbrah
met my kollega van Simmentaler in die VSA het en ons
gesels oor die destydse wonderlike gladde en geharde
Simmentaler-Afrikaner kruisings in die land. Kortweg, die
meeste, indien nie alle, genootskap’s Presidente sou op
’n diplomatiese wyse die ’nuwe ras gedagte’ begrawe
het, maar Willie sê: “Dis reg, kom ons vat dit Raad toe,
maar skryf ’n mooi motivering.
Die Simbra, ’n komposiet, laat mens terugdink aan wat
Mark Twain (1835-1910) gesê het:
“The story involving a hybrid dog and a mighty good dog
too; he wasn’t any common dog, he wasn’t a mongrel; he was a
composite. A composite dog is a dog that’s made up of all the
valuable qualities that’s in the dog’s breed – kind of syndicate; but
a mongrel is made up of the riffraff that are left over.”
Wat beeste betref, en op ’n meer wetenskaplike noot, het
Ritchie ’n komposiet gedefinieer as: “A population made up of
two or more component breeds, designed to retain heterosis
(hybrid vigor) in future generations without crossbreeding and
maintained like a pure breed.”
Raadsvergadering
Ingevolge Willie se versoek skep ek ’n lywige, goed
deurdagte sakelys-bylae, maar dit was tydmors, want die
beginsel was verkeerd. Die vonke spat. Julle moet onthou,
kruis- en graad bulle is die grootste vyand van enige
genootskap en nou wil ons genootskap basterbulle “met ’n
papier” teel wat die Simmentaler bulmark gaan belemmer!
Waarom sukkel met iets wat geen plek in Suider-Afrika het
nie, terwyl dit besonders goed gaan met die Simmentaler
en ons binnekort ook ons eie Simmentaler huis (kantoor)
gaan koop. Dis mos onmoontlik, onkonstitusioneel en
krimineel. Geen genootskap vat sy bestaande lede se
geld om ’n ander ras te ontwikkel nie. Was dit nie vir die
briljante voorsitterskap van Willie, en ondersteuning van
Gerd Olschewski nie, was die saak uitgegooi en ek seker
daarmee saam.
Om ’n besluit oor ’n voorstel uit- of af te stel, word
daar mos meestal ’n komitee benoem wat moet terug
rapporteer. Ek glo dit was ook hier die geval en die
‘kruisras komitee’ (nog geen sprake van Simbra nie),
met Willie Angus (voorsitter), Kwaab Johnstone (vise-
voorsitter), Gerd Olschewski en ekself (as bestuurder)
word benoem. Dit was ’n fout van die ‘anti-manne’ want
hierdie komitee het oor ’n periode van twee jaar talle kere
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
24
Simbra – The Complete All-Rounder™
“Vision Is Seeing Success
Before It Exists”
– B Swanepoel
Die Simbra Komitee het die aanvoorwerk gedoen en nooi alle beoordelaars, raadslede en keurders om die bloed samestelling kwessie te beredeneer aan hand van honderde Simmentaler – Brahman kruis tipes by die Kanhym Voerkraal, Middelburg.
vergader, nagevors, top Universiteits-wetenskaplikes
oor rasskepping geraadpleeg, met die LNR se hoof
gesels, baie opgelees (sonder internet) en met talle
voerkraalbestuurders samesprekings gevoer. Ons het
sterk begin dink aan die Simbrah (met ‘h’) gedagte wat
in die suidelike state van die VSA pos gevat het, veral
omdat die Brahman President Alf Coetzer en sy vise-
president Louis Bosman, na ’n onlangse besoek aan
die VSA, aan hulle hoofbestuurder Dave Morley vertel
dat die nuwe basterras hulle geweldig beïndruk het. Ek
was bekommerd dat die Brahmane moontlik ’n Simbrah
of Brahsim gaan ontwikkel wat ons jare later, nadat ons
Simbra registreer het, nooit deur hulle oorweeg was nie.
Kwaab Johnstone, as Afrikaner-beeskenner, was ’n
sterk voorstander vir ’n ‘Simkaner’ omdat die kruisings
destyds baie populêr was. By rasskepping is ’n groot
seleksie basis van die basis rasse baie belangrik . Die
Afrikaner het net onder die 20 000 vroulike diere oor twee
jaar gehad (drie keer meer as vandag) en die Brahman
het rondom 50 000 gehad. Ons het ook gevoel dat die
Brahman ’n beter toekoms het. Die Brahman het ook
aan ’n ander belangrikste beginsel van komposiet-ras
skepping voldoen en dit is dat hy geneties baie van die
Simmentaler verskil; genetiese diversiteit in sy wydste
vorm. Die finale besluit was toe om die 2de en 3de
getalsterkste rasse vir die projek te kies. Terloops die
Nguni of enige van die sogenaamde ‘geharde rasse’ was
nooit oorweeg nie.
Die navorsing was gedoen, my verslag was in plek en
Willie het briljant aan die Raad gerapporteer. Hierdie
rondte was makliker maar geensins eenparig en daar
word besluit om dit na die jaarvergadering te verwys.
Willie, Kwaab en Gerd was toegewyde Simmentaler
telers, wat baie bulle verkoop het, maar het die
genootskap eerste gestel en hulle volle aandag aan
hierdie ‘verspotte gedagte’ gegee.
Vuurwarm jaarvergadering
Daar word berig oor verdere toenames in Simmentaler
getalle, hulle boeke klop, daar gaan ’n nuwe “eie
Simmentaler kantoor” aangekoop word en oor die
aanstelling van ’n hoogs ervare Simmentaler Tegniese
Inspekteur. Die Simmentaler domineer die Bos Taurus
bedryf met net oor die 40% van die geregistreerde diere
van alle Europese en Britse rasse is Simmentaler.
Almal is ingenome en toe die skok-aankondiging deur
voorsitter Willie oor die nuwe ‘basterras’. “Die Raad het
’n komitee aangestel en die komitee het bevind dat ens.
ens. ....”, hy het dit briljant geskets en vra my om die
teelplan en detail te verduidelik. Dit klink alles mooi maar
die werklike situasie in die bedryf was:
• Die grootste vyand in die Suider-Afrikaanse
stoetbees-bedryf is die kruis- of basterbul (en nou
vra die raad telers om die teling daarvan binne hulle
genootskap goed te keur!);
• Nog nooit in SA se stoet geskiedenis het een
rasgenootskap ’n ander ras geskep of geteel nie (dit
rym net nie, ander rasse is mos jou opposisie).
• Alle rasse wêreldwyd is geskep deur ’n groepering van
telers wat dan ’n genootskap stig (nou wil die bestuur
van ’n genootskap rasskepping op ons afdwing).
Terloops, die Bonsmara is nie deur ’n genootskap
geïnisieer nie maar deur ’n Universiteit/Dpt. Landbou.
• Ons het nie departementele staatsgelde soos
Bonsmara om ’n ras te ontwikkel en te propageer nie
en moet Simmentaler telers se geld daarvoor gebruik.
• Afgesien van Bonsmara en Santa Gertrudis, wat al
vir baie jare ontwikkel was, was komposiet rasse nie
’n faktor nie. Die 26 ras-bedryf het destyds bestaan
uit 4000 telers van gevestigde rasse (insluitend
Bonsmara en Santa) en net 50 telers (1%) van nuwe
komposiete (Beefmaster/Brangus).
• As dit sleg gaan met ’n ras kan mens verstaan dat
’n ander ras se goeie eienskappe d.m.v. kuddeboek
aanpassings ‘ingebring word’, maar dit was nie
hier die geval nie, want dit gaan beter met die
Simmentaler as ooit tevore.
Ek sal nooit vergeet hoe ’n hardhorende pionier
Simmentaler teler, wat by elke vergadering in die eerste
ry gesit het, ons luidrugtig warm plek toe gestuur het.
Hoe kan die trotse suiwer Simmentaler, wat binne ’n kort
tyd tot een van die getalsterktes in die land gegroei het,
nou ’n basterbees ontwikkel. ’n Bekende teler, vandag
nog, “ Voorsitter ons state klop, ons verkoop bulle en
nou wil julle sulke nonsens aanvang”. En daar staan
Dok Nico (Schutte) op en verduidelik hoe dit volgens
die konstitusionele aanpassings op die tafel moontlik
is dat die Simbra-manne eendag die Raad van die
Simmentaler genootskap ‘gaan oorneem’. (Die naam
verandering na Simmentaler-Simbra is eers jare later deur
Willie Angus voorgestel en eenparig aanvaar). Dit klink
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
25
Simbra – The Complete All-Rounder™
Vir tien jaar lank was mnre Peter Massmann, Willie Angus, “Kwaab” Johnstone en Gerd Olschewski die aksiekomitee van die Gennootskap wat onder andere verantwoordelik was vir die aanstelling van die KI Skema en bultoetsing, skepping van die Simbra program, vir menigte nasionale kampioenskappe en vir die aanstelling van keurders en ander personeel.
niksseggend vandag, maar destyds was dit middernag.
Was dit nie vir ervare swaargewigte soos Voorsitter Willie,
Vise-Voorsitter Kwaab en enkele ander invloedryke telers
nie, het ons daardie dag nie ’n 2/3 meerderheid gekry nie.
Dit is opgevolg deur ’n lang proses van baie moeilike
onderhandelinge met SA Stamboek wat nie wou
toegelaat dat een genootskap uit twee rasse bestaan.
Daar was ’n streng voorskriftelike amptelike Stamboek
Wet in plek waaraan alle genootskappe moes voldoen.
’n Ander probleem was dat die Wet nie voorsiening
gemaak het dat ’n dier in beide die Brahman en Simbra
kuddeboeke (sien B1 onder) geregistreer word nie. En
toe verwittig die Registrateur van Veeverbetering (Dpt.
Landbou) ons dat die ras nie erken gaan word nie
totdat daar voldoende amptelike prestasietoets data vir
evaluasie/besluitneming beskikbaar is. Simbra pionier
telers moes aangaan met die teling van ’n ras wat nie
amptelik as ras verklaar was nie. Enkele jare later met ’n
groterige Basis register, maar met minder as 500 F-diere,
het ek die finale motiverings-verslag by die Dpt. Landbou
ingedien, en die ras word op 11 Desember 1987 in die
staatskoerant as ontwikkelende ras verklaar.
Teeldoelwit
Ons teeldoelwit benadering word mooi deur hierdie
Japanese spreekwoord opgesom: “Vision without action
is a daydream. Action without vision is a nightmare.”
Die belangrikste vereiste van rasvorming is ’n duidelike
teeldoelwit wat gebaseer moet wees op die toekomstige
behoeftes van die kommersiële beesvleis-produsent en
-verbruiker. Ewe belangrik is om stelsels en kontroles in
plek te kry om hierdie doelwit te bereik. Met tydsverloop
kan die behoeftes van die bedryf gering verander, en
moet die bestuur gereeld goed beplande dinkskrums
met telers en wetenskaplikes hou om aanpassings
vroegtydig in plek te kry.
Ons doelwit destyds en ek hoop steeds vandag, is
’n mediumraam moederras. ’n Moederras is NIE die
grootste, swaarste en vinnigste groeiende met die
beste karkas nie. In die beesbedryf word ’n moederras
gekenmerk deur gehardheid en wat daarmee gepaard
gaan d.w.s. gladde haar, goeie loop vermoë, oogpigment
sowel as medium koei grootte (onderhoudsbehoeftes),
goeie temperament, kalwingsgemak, goeie vrugbaarheid
(vroeë eerste kalwing gevolg deur kort TKP), baie goeie
relatiewe speengewig (kalf as % van moeder gewig)
en ’n lang produktiewe lewe. Keurders is van die begin
af ernstig versoek om deurgaans op te tree teen die
ongewenste eienskappe van beide basis-rasse.
Hierdie teeldoelwit is op verskeie saamtrekke herbevestig
en word na die Vryburg 2003 byeenkoms as volg deur
Dr. Johan Kluyts opgesom: “ Die Simbra is by uitstek
’n medium raam moederras met die kenmerkende
eienskappe van ekstensiewe aanpasbaarheid (loop
vermoë, gehardheid, gladde haar), hoë vrugbaarheid, goeie
voorspeen groei (speengewig), goeie moedereienskappe
(maklike kalwing, goeie melkproduksie, swaar relatiewe
speengewig) asook die vermoë om direk van die veld af
die gewenste karkas te lewer.”
By dieselfde geleentheid is die beoordeling beleid oor
grootte herbevestig nl. dat beoordelaars versoek word
om deurgaans die middeweg beleid te handhaaf en
om teen te groot diere te diskrimineer. In 2007 is die
manipuleerbare maatstaf van kruishoogte as barometer
vir grootte by skoue (alle diere is gemeet) met ’n meer
objektiewe genetiese maatstaf nl. 600 dae teelwaarde
vervang. Uiterstes (hoogste / laagste 5% raspersentiel)
word aan beoordelaars uitgewys.
’n Slim beplande teelplan
Daar is ’n groot verskil tussen ’n F1 kruising en ’n
komposiet ras. Die Simbra word geskep deur aanvanklike
kruising van Simmentaler en Brahman gevolg deur ’n
onderlinge paring en seleksie om die ras se teeldoelwit te
bereik. Na die aanvanklike kruising word Simbra net soos
enige suiwer ras geteel, maar die gebruik van suiwer bulle
van die basis rasse word nie, soos by party komposiete,
in die F-register toegelaat nie. Let wel, vordering binne
hierdie kuddeboek is vanaf die begin onderhewig aan
goedkeuring deur ’n opgeleide keurder; ons het dit in
die konstitusie vas geskryf. Nageslag van ongekeurde en
afgekeurde diere kan nie registreer word nie.
Die oorspronklike teelplan het as volg gewerk:
• Basis register B1 vir suiwer Simmentaler en Brahman
diere wat deur ’n keurder goedgekeur en op kantoor
aangeteken is. Alleenlik geregistreerde Simmentaler
en Brahman bulle is toegelaat.
• Basis register B2 vir die nageslag van B1 kruisings
m.a.w. 50:50 Sim:Bra of Bra:Sim wat d.m.v. ’n
geboorte kennisgewing aangemeld is.
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
26
Simbra – The Complete All-Rounder™
• Fondasie register F1 vir die nageslag van B2 koeie
X ’n geregistreerde Simmentaler bul. Om getalle te
vergroot is die cum-stelsel geskep waardeur koeie
wat volgens die keurder se oog as 3/4 Sim - 1/4 Bra
kwalifiseer as F1 opgeneem word. Dit is insiggewend
dat die meeste pionier telers nie van hierdie cum-
kortpad gehou het nie en by B1 met suiwer diere
begin het. Vandag is hulle bly oor die keuse.
• Fondasie register F2 tot F4 waar stabilisasie
plaasvind d.m.v. onderlinge paring en die kalf se
F- generasie altyd een hoër is as die laagste ouer. ’n
F4 word na inspeksie goedkeuring ’n SP.
Die cum uitdrukking was ’n eerste en ek moes ’n
spesiale memorandum opstel sodat dit deur SA
Stamboek aanvaar word. (Afgesien van die land se
Veeverbeteringswet was daar ook ’n Stamboek Wet
waaraan alle registrasie stelsels moes voldoen). Cum is
Latyns vir ‘with’ of ‘saam met’ en word gebruik om twee
naamwoorde te koppel. In Simbra terme beteken dit
‘fenotipe cum genotipe’ dus die keurder se oog (fenotipe)
bepaal wat die bloed samestelling (genotipe) is.
Aangesien SA Stamboek geweier het om die B1 en
B2 aan te teken het ons ons eie aantekening stelsel
geskep. Dit was ’n groot voordeel want toe ons jare
later na Breedplan oorskakel het hulle die presiese
bloedsamestelling vir die genetiese BLUP ontleding
benodig. Terloops, die LNR het die Simbra BLUP
evaluering sonder die bloedsamestelling gedoen wat vir
ons vreemd was want die verskil tussen byvoorbeeld ’n
S3/4 B1/4 en ’n S 1/4 B 3/4 Simbra is groter as tussen baie
rasse. Omdat Breedplan die bloed samestelling weens
verstaanbare redes verplig, het ons ’n probleem met alle
‘cum’ diere gehad en is daar baie moeite gedoen om die
‘bloed samestelling’ van die eienaars te bekom. Vandag
word dit by opname gedoen.
Dit is ook noemenswaardig dat die aanbevole B1
kruising Sim-bulle op Bra-koeie was, nie soseer om
die Simmentaler bulmark te bevorder nie maar weens
makliker kalwing van die BxS kombinasie. Hierdie besluit
was gebaseer op Universiteit Georgia proewe waar die
B-bul x S-koei kombinasie se kalwers 38kg geweeg het
die SxB 30kg (diesefde omgewing en genetika).
Waarom destyds 3/4 Simmentaler?Die belangrikste redes waarom ons op 3/4 Sim – 1/4 Bra
besluit het, was:
(i) Persoonlike onderhoude met ’n aantal voerkrale
oor watter SimxBra kruisings die beste vaar. Die
antwoord was deurgaans “hoe meer Simmentaler
bloed hoe beter”.
(ii) Wetenskaplike navorsing wat toon dat ’n te hoë
proporsie Brahman ...
- puberteit-ouderdom verhoog (Plasse, 1986;
Cartwright 1980);
- groeiprestasie verlaag (Holroyd, 1990);
- vleiskwaliteit verswak (Marschall, 1994) en
- temperament verswak (Turner, persoonlik).
(iii) Die verpligte stoet Simmentaler bul op B2 koeie het
seker ook ’n ietwat ‘politiese oorsprong’ aangesien
teenstanders van die Simbra-gedagte seker met reg
gevoel het die Simmentaler bulmark benadeel gaan
word en derhalwe het ons ’n nuwe mark vir stoet
Simmentalers geskep.
’n Ander hier tersaaklike aanname was dat prolaps
probleme aan die Zebu se Y-chromosoom (derhalwe
die bul) gekoppel word. Ons het by Simmentaler
vriend Prof. Dieter Osterhoff van UP se Fakulteit
Veeartsenykunde gaan kers opsteek, en hy het bevestig
dat die Y-chromosoom van Bos Indicus en Bos Taurus
verskil (acrocentriese Y en sub-metasentriese Y) en dat
die nageslag van ’n Simmentaler bul (dis nou die F1’s)
minder prolaps probleme behoort te hê, maar dat die
saak eers deeglik nagevors moet word.
Ons stelsel verskil baie van die VSA program.Die rede waarom ons die ras Simbra sonder ‘h’ gedoop
het is omdat ons teelplan van die begin baie van die
VSA program verskil het. Hulle het twee kategorieë nl.
‘purebred’ (volbloed) en ‘percentage’. Eersgenoemde is 5/8 Simmentaler x 3/8 Brahman en laasgenoemde bevat
’n minimum van 3/8 Simmentaler en 1/4 Brahman en ’n
maksimum van 3/8 ‘ander bloed’ is toelaatbaar. Dan het
hulle nie die F1 tot F4 stabilisering nie en jy kan enige tyd
weer ’n suiwer basis ras bul gebruik om ’n ‘purebred’ te
teel deur byvoorbeeld ’n Simmentaler bul op ’n 1/4 Sim 3/4
Bra koei te gebruik. Ingevoerde semen van ’n ‘purebred’
Simbrah word nie-outomaties by ons as F4 geklassifiseer
nie. Die F-generasie toekenning in ons kuddeboek hang
af van die Simbrah se stamboom en ’n ‘purebred’ kan as
F1 geklas word. Die Simbrah het ook nie verpligte keuring
nie en diere word by geboorte aanmelding geregistreer.
Teelprogram word gewysigIn die mid 90’er jare het die bestuur gevoel dat ’n meer
buigsame teelprogram tot groter deelname kan lei en is ’n
dinkskrum gereël waar telers en wetenskaplikes die saak
kon uitpluis. Daar is besluit om ’n groter variasie in bloed
samestelling toe te laat. Die 3/4S : 1/4B gedagte is vervang
met ’n stelsel wat ’n wye reeks Simmentaler/Brahman
kruisings as F1 toegelaat. Die Basis Registers B1 en
B2 word vervang met ’n F1 register bestaande uit die
nageslag van geregistreerde Simmentaler-, Brahman
of Simbra bulle en enige Simmentaler, Brahman of
“Simbra-tipe” koeie wat d.m.v. ’n geboorte kennisgewing
aangemeld word OF enige Simmentaler x Brahman
kruis vroulike dier wat op voorkoms deur die keurder as
fenotipe cum genotipe ingeskryf word. Daarna ’n F2 tot
F4 stabilisasie stelsel waar die kalf se F-generasie een
hoër is as die van die laagste ouer. Weens konstitusionele
en Veeverbeterings Wet verpligtinge kon ons die nuwe
stelsel eers in 1997 implementeer. Op dié dinkskrum is
die vermindering van F4 na F3 ook oorweeg maar die
meerderheid het op F4 besluit.
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
27
Simbra – The Complete All-Rounder™
Die Peter Massmann gebou,
die genootskap se huidige kantoor, Bloemfontein 2012
Wat is die bloed samestelling van die aktiewe populasie
(vroulik oor 2 jaar, cum uitgesluit)? Ek het dit interes-
santheidshalwe van tyd tot tyd bereken en my laaste
analise was: 1/2 S - 1/2 B = 53%5/8 S - 3/4 B = 30%3/4 S – 1/4 B = 10%3/8 S – 5/8 B = 5%1/4 S – 3/4 B = 2%
Ek skat dat vandag se aktiewe populasie ’n gemiddelde
Simmentaler bloedaandeel van tussen 63% (5/8) en 75%
(3/4) het maar hulle sê moenie skat nie, bereken dit.
Van dag-een het ons ’n oop-kuddeboek stelsel bevorder
om gedurig nuwe bloed in te kry en ek hoop dit bly altyd
so. Nieteenstaande hiervan moet die persentasie F4’s of
SP’s binne die totale populasie stadigaan vermeerder so
nie loop dinge nie soos dit hoort. Tien jaar gelede het die
getal F4’s, 3% van alle vroulik beloop, vyf jaar gelede het
dit na 10% verbeter en vandag is dit net 12%. Iets waarna
die Simbra komitee moet kyk.
Dit moet behoue blyIn beide stelsels was die uitsluitlike gebruik van
geregistreerde bulle van die allergrootste belang en ek
hoop dat dit nog daadwerklik gekontroleer word. Daar is
rasse wat deesdae keuring nie meer verplig nie en ook
hier hoop ek dat dit nooit die geval by die Simbra gaan
wees nie. Dit gaan nie net oor strukturele korrektheid nie
maar veral ook oor tipe. Daar is herhaalde kere besluit
dat F1 tot F4 diere wat nie die herkenbare eienskappe
van beide stamrasse vertoon nie afkeur moet word.
Hoe besluit die keurder hieroor? As die dier in die
hulpstamboek A afdeling van een van die stamrasse
opneembaar is, is dit nie ’n Simbra nie.
Monitor dit gerus
Dit verg nogal ’n moeilike analise, maar ek het gereeld
gekyk na die binneras- seleksiedruk d.w.s. hoeveel
van die diere wat by geboorte aangemeld word, word
uiteindelik goedgekeur en geregistreer. Die laaste
analise voor my uittrede vyf jaar gelede het ’n baie hoë of
strawwe seleksie proses by Simbra bulle getoon:
• 5 uit die 100 bulle word net na geboorte deur teler
geprul;
• 60 word deur teler geprul voor keuring en dus nie
aan keurder voorgestel nie;
• 10 word deur keurder afgekeur en net
• 25 uit die 100 word deur keurder goedgekeur en
derhalwe geregistreer.
Nog ’n belangrike gedagte: Indien die regte seleksie proses
plaasvind, moet die volgende F-generasie geneties beter wees as die vorige m.a.w. F4’s beter as F3 wat beter
is as F2 ens. Omdat teelwaardes oor jare en F-generasies
vergelykbaar is, kan die genetiese prestasie van die
verskillende F-diere met mekaar vergelyk word. Volgens
Die Gewese Simbra hoofkantoor in Suidelike Afrika (Bloemfontein, Goddardstraat).
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
28
Simbra – The Complete All-Rounder™
my laaste ontleding op die aktiewe Simbra populasie
(vroulik >2j) en gemeet aan 200 en 400 dae teelwaardes
was F3 en F4 beter (saam groepeer weens min F4’s) as
die F2 wat beter was as F1. Dit is goeie promosie vir ’n
ontwikkelende ras en getuig van korrekte seleksie.
Redes vir die suksesverhaal
Van nêrens na vyfde uit 38. By ras-registrasie in 1987
was daar 20 telers met 200 F-diere. In die begin het dit
maar moeilik gegaan omdat die ‘basterbees’ gedagte
nie onder belangrike kommersiële bulkopers pos gevat
het nie. Orals is verkondig dat ’n basterbul nie ’n suiwer
bul in ’n kruisteel-program kan vervang nie.
• Tien jaar later in 1997 is daar 45 telers met 4800
vroulike F-diere oor twee jaar. Redelike vordering en
Simbra skuif op na die 12de plek van die 26 rasse
daardie jaar.
• En toe die ontploffing - tien jaar later in 2007 staan
Simbra op die 5de plek met oor die 15 000 vroulik
>2j en 190 telers. Dit is ’n jaarlikse styging van 23%.
• Huidig (2011), steeds in die 5de plek uit 38 rasse met
22 300 vroulik >2j. Die jaarlikse toename van 2007
na 2011 was 10%.
Die redes daarvoor?
1. Die basiese beginsels van ras-skepping soos hierin
verduidelik was korrek gehanteer. Ons het ’n stelsel
volgens eie behoeftes geskep en nie die Simbrah of
enige ander komposiet ras se teelplan gedupliseer nie.
2. Die belangrikste rede - onmiddellike beskikbaarheid
van ’n finansiële sterk genootskap bestaande uit
’n professionele raad/bestuur, betaalde kantoor
gebou met meublement en rekenaar apparatuur,
kantoor dames bekend vir hul uitmuntende
dienslewering, kortom volgens ’n destydse artikel in
Landbouweekblad ‘die beste kantoor’ in die bedryf.
3. Ervare raadgewers/keurders en paneel van
beoordelaars.
4. Soos reeds vermeld ’n doelgerigtheid goed
deurdagte teeldoelwit, ons het presies geweet wat
ons wil teel.
5. Vanaf die begin ’n minimum koeikudde grootte van
30 vir aansluiting.
6. Verpligte keuring.
7. Net geregistreerde/gekeurde bulle van die drie rasse
mag gebruik word.
8. Die Simmentalers het met ’n aantal eerstes in die
bedryf gespog wat ook onmiddellik vir die Simbra’s
beskikbaar was. Hier dink ek aan die KI program,
ster of elite koei program, minimum skrotum
vereistes vir registrasie, Simdex, super koei skouklas,
blup skouklas en ‘scoring’ by keuring.
9. ’n ‘Aggressiewe’ promosiebeleid waar van 6-10%
van die totale Simbra inkomste spandeer was aan
nasionale promosie (dit sluit kursusse, skoue en
joernale uit, want dit is nie promosie nie).
10. Veral ons Presidente het van die begin ’n gees van
samewerking geskep deur telers van beide rasse
na alle geleenthede, soos byvoorbeeld nasionale
kampioenskap-gesellighede en wêreld kongres-
dinees, uit te nooi.
11. Afgesien van twee, het alle Presidente wat
Simmentalers geteel het ook met Simbra’s begin.
12. Om kruissubsidiëring te vermy het ek vir eerste
aantal jare afsonderlike inkomste/uitgawe state vir
die rasse aan die Raad voorgelê – dit het gewerk.
13. Laastens, ’n hoogs mededingende bekostigbare
alomvattende dienspakket. In die vier laaste jaar
voordat ek weg is, was die jaarlikse verhoging nooit
hoër as inflasie nie en dienste aan telers is deurentyd
verbeter.
Prestasietoetsing
In die begin met ’n groot persentasie F1 diere, klein
databasis, en ek glo ook omdat die LNR nie die bloed
samestelling in ag geneem het nie, het dit moeilik
gegaan omdat telers seker met reg nie die teelwaardes
vertrou het nie. Danksy toegewyde Simbra telers, goeie
propaganda, vanaf 2002 ’n spotgoedkoop fooi en die
Breedplan stelsel, is die prestasietoets deelname na 80%
van die populasie verhoog. Ons wou dit nie verplig nie en
Willie Angus het altyd gesê as jy iets verplig sal diegene
wat nie daaraan glo nie dit halfhartig toepas en sodoende
foutiewe data tot nadeel van prestasietoetsing indien.
Waarom is maksimum prestasietoets deelname so
belangrik vir ’n komposiet? Afgesien van geslag,
geboortedatum, moeder ouderdom, ens. word Simbra
weeg groepe ook volgens F-generasie verdeel wat
die uiteindelike groep baie klein maak. Daarom is nie-
selektiewe toetsing van ALLE diere binne die kudde, sowel
as ’n hoë deelname binne rasverband van allergrootste
belang. Verder speel die bloed samestelling ook ’n rol in
die analise. Gelukkig het Simbra van al die groot rasse,
na Beefmaster en Bonsmara, die grootste koeikuddes.
“There is an effectiveness in numbers , which in animal breeding is seldom equaled
by breeding skill”– JA Hofmeyr
Laastens, waar heterose by F1’s ’n baie groter rol
speel as teelwaardes (o.a. beperkte familie skakels
vir teelwaarde analise) word seleksie op grond van
teelwaardes al hoe belangriker met hoër F-graderings.
Die F4 moet ’n dier wees met behoubare basterkrag
sowel as goeie teelwaardes.
Nog ’n rede vir die Simbra suksesverhaal was deelname
aan Breedplan. Die genootskap was die eerste wat na
jare se baklei teen die monopolistiese Stamboek/LNR
stelsel nieteenstaande hewige teëkanting van Stamboek
en die LNR die Breedplan stelsel geïmplementeer het.
Destydse President Llewellyn Angus tydens die 2001
jaarvergadering:
“ In die afgelope jaar is seker een van die belangrikste
besluite geneem nl. die integrasie van ons
telersgenootskap se moderne stamboom-stelsel met
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
29
Simbra – The Complete All-Rounder™
die wêreld se mees gevorderde vleisbees genetiese
evaluasie stelsel Breedplan Internasional. In ons
soeke na moderne prestasietoets-dienste het ons na
voorleggings van die LNR en Breedplan geluister en
op laasgenoemde besluit. Hierdie stelsel word tans
deur 74 telersgenootskappe in 13 lande gebruik.
Een van die redes waarom ons hulle gekies het, is
omdat hulle teelwaardes uiters noukeurig, sistematies
en korrek verwerk word. Met meer as 200 personeel
(18 Ph.D. wetenskaplikes) is ons voortdurend van die
jongste tegnologie verseker.”
Die daaropvolgende President, Dr. Johan Kluyts, oor die
nuwe Diereverbetering Wet:
“Die monopolistiese stelsels waar slegs enkele
organisasies dienste kon lewer, is iets van die verlede.
Inderdaad ’n baie positiewe verwikkeling wat veral die
volgende groot voordele vir die Simbra bedryf gehad
het:
(i) Ons eie rasegte vyf generasie registrasiesertifikaat
met waardevolle teel en prestasie inligting wat
telers in staat stel om ingeligte seleksie besluite te
neem en
(ii) deelname aan die Breedplan stelsel wat seker as
een van die beste prestasietoets stelsels in die
wêreld beskou kan word, en wat volgens huidige
inligting ook in die toekoms n leidende rol sal
speel.”
Baie is nie bewus daarvan dat ons die keuse tussen die
LNR of Breedplan prestasietoetsing aan Simbra telers
oorgelaat het. Deelname aan die LNR skema het egter
vinnig gedaal omdat ons ’n beter stelsel teen ’n goedkoper
prys kon aanbied. Weens besparing in die genootskap se
oorskakeling van stelsels het telers wat Breedplan gekies
het die volgende finansiële voordeel geniet:
• Jaarlikse deelname fooi 10% goedkoper as by die LNR;
• Geen aansluitings fooi vergeleke met die LNR se R300.
• Vir die eerste jaar gratis prestasietoets dienste.
Afgesien van die inagneming van die bloed samestelling
het ons ook verwelkom dat Breedplan navorsing doen
om die akkuraatheid van F1 en F2’s se melk teelwaardes
te verbeter omdat daar normaalweg twee prestasie
getoetste generasies benodig word om die melk waarde
te beraam.
Wenk aan die bestuur: Weens leemtes of eerder
onkunde by baie telers van alle rasse oor bestuursgroepe
en selektiewe toetsing moet julle meer klem lê nie op
hoeveel telers deelneem nie maar hoeveel dit korrek
doen. A.g.v. die familie koppeling prosedure in die BLUP
analise kan die anders behandelde dier (bv. skou) wat
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
30
Simbra – The Complete All-Rounder™
Birgit Wiechmann (Mica Stud)... our First World Simbra Forum show princess.
Die Beste Vleisbees “Corsel Cor”,’n Simbra geteel deur Cornelis Derksen, Viljoenskroon, met mnr Richard Hagerman (Skou-president), me Heidi Köster (beoordeelaar). Josef Mogorosi en mnr Derksen. ’n Simbra geteel deur mnr Derksen is aangewys as die beste Fase C bul van alle vleis- en dubbeldoel rasse.
At the first Simbrah World Forum f.l.t.r.: Messrs Has Häkel (President World Simmentaler/Flekvieh Ferderation), Paul Smit (Deputy Minister of Agriculture Namibia), Peter Massmann (President World Federation Simbra Committee), Dr Arthur Bagot-Smith (Chairman Simbra Arranging Committee) and Wolfhard Aring (President Simmentaler/Simbra Breeders’ Association of Namibia).
saam met die ander geweeg is ’n foutiewe teelwaarde
kettingreaksie tot gevolg hê. Genootskap personeel
moet die nodige opleiding aan telers voorsien. Doen dit
reg of doen dit glad nie.
Gebruik die oog en skaal: Jy kry goeie presteerders wat
nie mooi is nie asook skou kampioene met swak prestasie.
Ek gebruik altyd die volgende aanhaling van Dr. Parrett :
“Simply put, cattle have to be physically sound, but
also genetically.
If animals are similar in type, genetics win, if they are
similar in genetics, type wins.
Genetics can’t win if an animal is unsound.
Type can’t win if an animal has genetics way below
breed average.”
Internasionale erkenning
Daar was nie ’n wêreld Simbra(h) liggaam nie. Ek het al ’n
aantal jare op die Simmentaler Wêreld Federasie (WSFF)
se Uitvoerende Raad gedien en het voorgetsel dat ons
’n Simbrah afdeling skep, omdat ek bang was ’n ander
instansie in SA begin met ’n verwante sintetiese ras soos
bv. Brahsim. Internasionale alleenreg tot registrasie van
Simbra’s in Suider-Afrika was ’n prioriteit vir my, veral
omdat ons a.g.v. ons ‘wegbreek’ aksie nie baie populêr
by die Dpt. Landbou, Irene en Stamboek was nie. Die
WSFF voorsitter versoek ’n voorlegging vir die 1999
raadsvergadering in Hongarye.
Ek kontak al die ander Simbra(h) lande en stel ’n verslag
op wat o.a. die volgende bepaal:
(i) Rasse wat onder die volgende ‘handelsname’ in hulle
lande bekend is geniet internasionale erkenning deur
die WSF: Simbrah (VSA, Australië en Mexico), Simbrasil
(Brasilië) en Simbra (RSA, Namibia en Zimbabwe).
(ii) Die registrasie en prestasie toets programme van
hierdie lande, wat in die stukke geformuleer was,
word deur die WSF goedgekeur.
(iii) Bloed samestelling en stabilisasie bly ’n genootskap
aangeleentheid.
(iv) Die WSF stig ’n Simbrah Komitee. Verteenwoordiging
hierop geskied d.m.v. die amptelike WSF
verteenwoordiger van daardie land.
Daar was ietwat teenstand weens die ‘foreign blood’
in die Simbra, maar my redenasie was dat lande soos
die VSA (Angus) en Switserland (Rooi Holstein) ook
‘foreign blood’ programme het en dat die Simbra
kuddeboeke konstitusioneel almal binne die Simmentaler
genootskappe is. Met goeie ondersteuning deur die
WSFF Voorsitter en die Simbrah lande is die Simbrah
konsep aanvaar en ons alleenreg in Suider-Afrika
internasionaal bevestig. Die WSFF bevestig hierdie
erkenning skriftelik aan ons Dpt Landbou.
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
31
Simbra – The Complete All-Rounder™
Corzel Cor F2van C Derksen wat die inerras Gouebeker in1999 gewen het. (Foto uit Simbra Joernaal 1999)
Makam Stix(Foto uit 1998 Simbra Joernaal)
Nadat hulle my as Simbrah Komitee Voorsitter verkies
het doen ek, terloops sonder die medewete van Namibië
se Simbra’s, aansoek om die eerste wêreld kongress in
2000 in Namibië aan te bied (die Simmentalers het die
1ste Simmentaler wêreld kongress in 1976 in Pretoria
aangebied). Dit word goedgekeur maar moet as Forum en
nie Kongres bekend staan. My opvolger as WSFF Simbrah
Voorsitter is julle huidige President. Dr. Johan Kluyts.
Namibië se Simbra Komitee het ’n uitstaande 1ste
amptelike Internasionale Simbra(h) Forum en gepaard-
gaande skou aangebied. Daar was 15 vertoners met 170
diere en Martin Seyferdt en Willie Grobler het beoordeel.
Die wêreld forum groot kampioene was die bul Metsibra
Metsi F2 van Dithelm Metzger en die koei Bee-Es Shulie
F2 van Arthur Bagot-Smit. Simbra Komitee Voorsitter
Llewellyn Angus reël dat hierdié komitee vir die eerste
keer in Windhoek vergader.
Enkele eerstes
• 1ste Simbra simposium Februarie 1991 by Prof.
J.C. Steenekamp, Lydenburg wat gevolg was deur
baie ander saamtrekke om die ras te bespreek.
Teenwoordig ’n paar Simmentaler raseksaminatore
en raadslede, telers o.a. R Rusch, H Kock, D Metzger
en J Stellemacher van Namibië sowel as die keurders
S Buys, H Heyns, R Pasch en W Volschenk.
• 1ste Simbra Komitee om Raad met Simbra sake
te adviseer verkies in 1991 in ’n klein kamertjie (en
daar was nog plek) : J.C. Steenekamp, Lydenburg;
L Angus, Arlington en J Styger, Klerksdorp.
• 1ste geregistreerde F1 bul ‘Makam 841’
(75%S:25%B) van W Aring, Gobabis gebore Oktober
1984 en goedgekeur 1987 uit ’n B2 koei en ’n Toverberg
Simmentaler bul. Die Simbra bul is vandag ’n ‘trait
leader’ in 200, 400 en 600dae. Hy was ook die oupa
van die eerste nasionale kampioenbul Makam Stix.
• 1ste F4 of SP bul ‘Wisp Will 9442F4’ (69%:31%)
gebore presies tien jaar later in Oktober 1994
en goedgekeur in 1995. Die bul se vader Wisp
Will 9156F3 is in ’n paar kuddes gebruik en het
125 kuddeboek aangetekende nageslag.
• 1ste genootskap-KI bul. Ons het, tot voordeel van
die telers en ras, ’n baie populêre en winsgewende
KI program gehad. Die eerste Simbra KI bul was
Makam StixF2 (75:25), “die reisiger”. Gebore 1993,
Fase C Neudam uit 139 bulle van 5 rasse het Stix
die hoogste GDT, deur keurder op plaas as KI bul
gekies, na Taurus Pretoria vir saad opvangs, terug
na Gobabis waar hy reserwe opperste vleisbees
kampioen word, Windhoek skou toe en word
opperste vleisbees kampioen, verkoop vir R15 000
aan J.C. Steenekamp, Lydenburg en reis terug na
SA. Vandag is hy ’n geboorte en karkas gewig EBV
trait leader met 200, 400 en 600 in die top 15% van
die ras.
• 1ste Internasionale Simbra(h) Forum in 2000:
Hierbo behandel
• 1ste Simbra opleidings kursus in 1995. D Metzger,
F Mare, C Crous en P van Zyl slaag met ’n A-simbool.
• 1ste Internasionals Suid-Afrika, 1996 in Pretoria
gesamentlik met die grootste Simmentaler skou
ooit in die wêreld (Wêreld Federasie bevestiging).
D Morley en R Rusch (beide senior beoordelaars
van Brahman, Simbra en Simmentaler)
beoordeel die 130 diere van 8 vertoners.
Groot kampioene J.C. Steenekamp se Makam Stix
(sien KI bul hierbo) en A Bagot-Smith van Namibia se
Bee-Es 92238F2.
• 1ste Internasionals Namibia, 1997 in Windhoek
met 45 diere van 4 vertoners en met D Morley en
J Pretorius as beoordelaars.
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
32
Simbra – The Complete All-Rounder™
(1) B Gaden; D Johnston; H Ritchie; S Hammock; M Scholtz.s
Groot kampioen bul Metsibra Tingeling F2 van D
Metzger en Bee-Es Betty F2 van A Bagot-Smith.
• 1ste Simbra wenner van seker die mees gesogte
trofee, die Rand skou Gold Cup vir vleisbeeste was
in 1999 Corzel Cor F2 van C Derksen. Dieselfde
bul was in 1998 die Rand skou Interras Fase C
kampioen.
Padkos, sonder biltong
Bekende genetika veekundiges(1) stem saam dat die
belangrikste eienskap van enige komposiet ras sy
behoubare basterkrag of heterose is. As jy dit verloor
is jy ook verlore. Dit kan alleenlik behou word deur (i)
genetiese diversiteit te handhaaf en (ii) enige vorm van
inteling te vermy. Gebruik altyd bulle wat 0% verwant
is aan jou koeie. Breedplan het ’n inteling-koëffisiënt
program op die Simbra web waar jy jou hele koeikudde
d.m.v. ’n paar muis-klieke aan ’n potensiële nuwe bul kan
koppel om inteling te bepaal, en dis ’n gratis diens.
Die volgende moet baie meer deur telers en die
genootskap bevorder word. Bekende veekundige J
Bourdon (vertaal): “Dit is voordelig om kruisgeteelde koei
kuddes met eiesoortige komposiet bulle met positiewe
teelwaardes te paar”. Weens die baie groot Simmentaler/
Brahman tipe kommersiële populasie in Suidelike Afrika
is dit ’n geweldige plus vir die Simbra bulmark. Dis ’n
troefkaart wat gespeel moet word.
Die persepsie van ’n groot binne-ras variasie of
‘vrugteslaai’ by komposiete moet d.m.v. genootskaps-
aksies reggestel word. Volgens die literatuur is daar
by sogenaamde kwalitatiewe eienskappe soos kleur
en horings wel ’n groot variasie by komposiete maar
dit is nie noodwendig by produksie of kwantitatiewe
eienskappe die geval nie.
“Composite performance is as consistent as purebred performance”
– G Gregory
“A study of three composite lines and their parental purebreds, conducted by the US Meat Animal Research Center, found no
significant difference in the coefficient of variation for reproduction, production or
carcass traits measured”– J Gossey
Navorsing toon dat bul vrugbaarheid by Zebu en
Zebu gebaseerde komposiete ’n groter probleem as
by Britse/Europese rasse is (het al voorheen daaroor
geskryf) en dat seleksie vir skrotum omvang (SO) die
situasie kan verbeter. Aangesien die SO teelwaarde die
genetiese meriete sonder die invloed van omgewing
weerspieël en dit hoog oorerflik is, is dit ’n baie beter
seleksie hulpmiddel om te gebruik as die rou SO meting.
Dit is ook maklik meetbaar verkieslik sommer saam met
400dae gewigsbepaling. Dan het SO die voordeel dat dit
hoog gekorreleer is met 400 dae gewig (0.63) maar laag
met geboortegewig (0.08). Seleksie vir SO teelwaardes
behoort dus groei van geboorte na 400 dae te verbeter
sonder om geboortegewig noemenswaardig te verhoog
nie. Die verband tussen ’n goeie SO teelwaardes en
vroeër puberteit by die bul se dogters is alombekend.
In die laaste analise wat die totale databasis insluit was
daar net 1600 skrotum rekords vergeleke met oor die
70 000 speen gewigte. Vrugbaarheid is veral by die bul
baie belangriker as speengewig. Ek hoop dat SO meer
aandag as tans sal geniet.
Die groter skedes by Zebu en in ’n minder mate by
Zebu komposiete is welbekend. “Dit word algemeen
aanvaar dat die konformasie van die skede die
belangrikste bydraende faktor tot prolaps ontwikkeling is.
Die onaanvaarbare skede word gekenmerk deur onder
andere - die skede is laer as os-na-os (knie na hak) lyn,
skede opening groot en oop, tuit en opening wys na
onder, skede vertoon swaar en velvou kom algemeen
voor.” (J Kluyts). In ’n ontleding wat ek tien jaar gelede
op alle gekeurde bulle uitgevoer het, was die afkeur
persentasie by ‘Brahman tipe’ Simbra’s 36% teenoor
net 25% by ‘Simmentaler tipe Simbra’s (elke dier het ’n
S of B tipe letter by keuring gekry). Omdat dit ongewoon
was, het ek die afgekeur redes ontleed en vind toe dat
32% van die afgekeurde B-tipe Simbra bulle weens
onaanvaarbare skedes afgekeur was vergeleke met net
11% by die S-tipe Simbra bulle.
Oorerflikhede van skede konformasie is redelik hoog en
ons kan teen die ongewenste bulle/bloedlyne selekteer
deur ’n skede teelwaarde te ontwikkel. Daarvoor moet
diere gepunt word. Die kantoor het al in die laat 1980’s ’n
Simbra skede/naelvel puntstelsel geskep wat by speen,
voordat swak skedes uitgeskot word, deur telers gebruik
kan word en ek hoop baie telers daaraan deelneem.
Waarom beveel ons aan om terselfdertyd ook die naelvel
van verse te punt? In die VSA het hulle 25 000 Brangus
bulle en verse by speen gepunt en hoë genetiese
korrelasie van 0.51 gekry. “The genetic correlation
between sheath and naval score indicates that many of
the same genes control both weaning sheath and naval
score but also suggests that sheath and naval scores are
not identical traits.” (Kriese et al.)
Alhoewel poena teling weens genetiese redes meer
gekompliseerd is by Zebu gebaseerde rasse as by Brits/
Europees, is dit besonders belangrik by ’n ‘easy care’
ras soos die Simbra. Ons het destyds al die verpligte
onthoring reël geskep maar verwyder horings eerder
geneties. By die Simmentaler het ons met genootskap
gedrewe KI projekte en programme baie t.o.v. van die
poena faktor bereik.
Simbra telers onthou - “The future is not an extension of the past. Yesterdays success will not guarantee tomorrow’s profit.” (Brand Pretorius)
Oorsee groet telers so “Glueck im Stall” (vertaal
Voorspoed of geluk in jou stal) want daarsonder is
suksesvolle teling baie moeilik.
Bloemfontein, Maart 2012
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
34
Simbra – The Complete All-Rounder™
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
36
Simbra – The Complete All-Rounder™
Makam Simbra
Uit Landbouweekblad 16 September 1988
“Nadat die Simbra einde verlede jaar kragtens die Vee ver-
beterings wet amptelik as ’n ontwikkelende ras erken is, is daar
hernieude belangstelling in dié projek, wat by die Simmen-
taler bees telers genootskap ingelyf is. Mnr. C.P. Massmann,
rasdirekteur van die genootskap, het gesê altesame vyftig lede
in SWA/Namibië neem al aan die Simbra-teelprogram deel.
Mnr. Wolfhard Aring Mnr. C.P. Massmann
Sisal 90Beescor Ruben
Barbo U6792
Obelix A841F1
Majestix (Stix)1ste Simbra KI Bul op Irene Miraculix
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
37
Simbra – The Complete All-Rounder™
Belangdstelling in die Simbra kom reeds ver. Die
bees is veral gegrond op die gesamentlike genepoel
van die Simmentaler en Brahmaan – onderskeidelik
die getalsterkste duddeldoel- en vleisras ter wêreld.
Kruisings tussen die twee rasse het wêreldwyd sulke
goeie resultate gelewer dat die Amerikaners al geruime
tyd besig is om hul eie Simbra op ’n grondslag van 5/8
Simmentaler x 3/8 Brahman te vestig. Daarenteen het
ons eie telers op ’n samestelling van 3/4 Simmentaler x 1/4
Brahmaan vir hul Simbra besluit (die Yanks het nog die
ekstra ‘h’ ook bygesit wat Simbrah lees). Verskeie redes
het tot ons telers se besluit oor rassamestelling gelei:
• Veekundiges by groot voerkrale en kommersiële
beesvleisprodusente verkies die hoër melk- produksie
van die dier met meer Simmentalerbloed en die
invloed daarvan op speengewig.
• Dit is ’n goeie kombinasie vir die produksie van
maerder vleis volgens verbruikersvoorkeur.
• Die kleiner persentasie Brahmanbloed verminder
moontlike probleme met skede en temperament.
Edefix Trubadix Final Mix
Star Mix
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
38
Simbra – The Complete All-Rounder™
Dit is ook belangrik om daarop te let dat, anders as by
die Simmentaler, waar die derde geslag as suiwer aanvaar
word, die Simbra oor vier geslagte moet stabiliseer voordat
dit as ’n suiwer ras aanvaar kan word. Halfkruiskoeie word
as basisdiere in kuddes met minstens 30 verse of koeie
aanvaar. ’n Geregistreerde Simmentalerbul by sulke koeie
het ’n F1-nageslag met die gewenste bloedsamestelling
tot gevolg. Om gekeur te kan word moet hierdie geslag se
ouers egter eienbaar en hul prestasierekords beskikbaar
wees (prestasietoetsing is verpligtend).
F4-diere wat aan die keur- en prestasievereistes vol doen,
word as rasegte Simbras geregistreer. Soos by enige
ont wik kelende ras, kan nou nog nie van ras standaarde
gepraat word nie, maar daar is ’n reeks van tekort-
kominge waarteen reg van die begin af gewaak moet
word. Alle kalwers moet onthoring en natuurlike poens-
koppe moet as sulks geregistreer word. Van die eerste
boere wat met die Simbra begin het, is mnr. Wolfhard
Aring van die Makam Stoet, Gobabis. Vir hom is die
Simbra nie heeltemal nuut nie; hy het reeds sedert 1973
’n Simmentalerstoet en selfs voordat die Simbra-gedagte
Twee van die geregistreerde Simmentaler - Brahman
bulle wat op mnr. Aring se plaas in die Simbraprogram
gebruik word
vorm begin kry het, het hy in sy kommersiële kudde
ervaar dat ’n kruising van 3/4 Simmentaler x 1/4 Brahman
in sy toestande goeie resultate lewer. Mnr. Aring boer
nou op 8 000 ha wat in 68 kampe verdeel is. Daarop
hou hy drie troppe beeste aan: ’n kommersiële kudde
met 100 koeie; ’n Simmentalerstoet met 80 koeie, en die
Simbrateelkudde – ook met 80 koeie.
Elke trop het ’n eie stelsel met 13 kampe waarin hulle in die
reënseisoen weekliks en in die winter tweeweekliks roteer.
Die natuurlike veld word deurgaans met ’n lek aangevul.”
Makam is een van die eerste plase waar al ’n hele aantal
F1-Simbras loop wat op die plaas aan onder meer
telersgenootskaptoetse onderwerp word. Die eerste
Simbrabul is onlangs op Omatjenne in ’n Fase C-toets
opgeneem. Die eerste F2 -kalwers word binnekort
gebore. Volgens mnr. Aring is dit nog te vroeg om
uitsprake oor die ras te lewer, veral weens ’n gebrek aan
gemete prestasies in hierdie stadium. Hy is in elk geval
tevrede dat sy koeie sonder moeite in die veld kalf. Die
jongste klompie F1 -kalwers het by geboorte gemiddeld
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
39
Simbra – The Complete All-Rounder™
Telers
37 kg geweeg. Die wat in Oktober die vorige jaar (1987) gebore is, het by speen
op 210 dae gemiddeld 280 kg geweeg. Hul ma’s se gewig was toe 514 kg.
Volgens bevindinge in voerkrale lyk dit of die nuwe ras ’n plek in
speenkalfproduksie het. Terselfdertyd heers groot belangstelling om te sien hoe
dit in osproduksie- stelsels vaar, waar die diere op 24 tot 30 maande van die
veld af bemark word.
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
39
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
40
Simbra – The Complete All-Rounder™
Ons het aan elkeen van Fanie Maré, Adriaan Odendaal,
dr Johan Kluyts, Rudy Slippers, Ekkehard Pape, Kalla
Heimstadt en William Angus* ’n klompie vrae gevra en
deel graag hulle antwoorde met ons telers:
1. Wanneer en hoe het u betrokke geraak by die Simbra-program?
Fanie Maré: Ek het op daardie stadium met
Simmentaler-Afrikanerkruise geboer en het van Hennie
Snyman, veekundige van Vleissentraal, verneem dat
die Simmentaler Beestelersgenootskap met ’n nuwe ras
begin, waarna ons in 1986 aangesluit het.
Adriaan Odendaal: In 1988 het ek aangesluit omdat ek
as Simmentaler-teler die geleentheid gesien het om met
Simbras te boer en besef dat daar ’n groot mark vir die
diere sal wees.
Dr Johan Kluyts: Ons het in 1986 by die genootskap
aangesluit met die doel om Simbras te teel (ons het
reeds ’n groot Brahman-kudde gehad). Ons het ’n aantal
Simmentaler vroulike diere aangekoop, maar hulle was
so goed dat ons suiwer geteel het. In 1999 is ons eerste
Simbra-kalwers gebore.
William Angus*: Nog voor die ras gestig is, was ek
ook lid van die eerste Simbra Advieskomitee en later
voorsitter daarvan vir sewe jaar.
Ekkehard Pape: Oom Gert Olschewski van die Meerhof
Simmentalerstoet en ’n raadslid van die Simmentaler
Beestelersvereniging, het ons vertel dat die genootskap
besig is met die Simbraprojek en dat dit vir ons
omstandighede ’n goeie oplossing sou wees, aangesien
ons albei rasse reeds gebruik het. Ons het toe in 1986
lewenslede van die genootskap geword.
SIMBRA-pioniers: 25 Jaar op die telingspad
25 Jaar is ’n lang tyd, maar in teling is dit ’n
oogwink. Om 25 jaar in die tronk te sit, of om 25
jaar te wag dat jou span die Curriebeker wen, kan
soos ’n leeftyd voel. Maar vir die skepping van
’n nuwe ras, is 25 jaar ’n kort tydperk. Hiermee
stem al die Simbra-pioniers met wie ons gaan
gesels het, volmondig saam.
1987 90’s 2008 2012
The Complete All-Rounder ™
William Angus* Llewellyn Angus het vrae namens sy oorlede Pa beantwoord.
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
42
Simbra – The Complete All-Rounder™
2. Wat was die grootste uitdaging wat julle in die beginjare moes oorkom?
Fanie Maré: Die geweldige variasie in tipe en kleur,
asook die antagonisme van die Simmentaler-telers wat
na die ‘Basterbees’ verwys het.
Adriaan Odendaal: Om ’n groot genepoel te vestig.
Dr Johan Kluyts: Aan die begin was dit moeilik om
kwaliteitdiere te kry en daar was redelik verwarring oor
die ware identiteit van die ras.
William Angus*: Temperament probleme, swak skedes
en ’n gejaag na generasies pleks daarvan om met goeie
diere te teel.
Ekkehard Pape: Om getalle van gekeurde beeste op te
kry, asook die groot variasie binne die ras. Tipe was ook
nog nie baie duidelik uitgespel nie. Ongelukkig was daar
ook heelwat boere wat ongeregistreerde beeste in die
mark gesit het wat nie gekeur was nie. Dit was dus ‘swak
Simbras’ wat skade veroorsaak het.
Kalla Heimstadt: In die beginjare was dit moeilik om ’n
goeie Simbrabul te vind (almal wou so vinnig as moontlik
by F4 uitkom.) Die aanvaarding van die Simbra as ras
was onder die kommersiële boere baie swak en hulle het
Simbras as ’n kruisbees beskou. Die aanvangsbeleid
van 3/4 Simmentaler en 1/4 Brahman, was ook moeilik,
aangesien ons kudde meer en meer na Simmentalers
begin lyk het.
Rudy Slippers: Daar was natuurlik nie bulle om te kies
en keur nie, en om ’n bul te kry wat gewens was, was
moeilik. Dit was ’n uitdaging om soveel eienskappe in die
Simbra te verbeter. Temperament, haarkwaliteit en skede
was verseker eienskappe waaraan gewerk moes word.
Kalla Heimstadt: Ek het op 1 Februarie 1986 as lid van
die genootskap aangesluit. Aangesien ek ’n gevestigde
Simmental/Brahman kommersiële koeikudde van my
skoonouers, Inge en Claus Muhl, kon oorneem, kon ek
dadelik die voordele van die bees sien.
Rudy Slippers: Ons het in die beginjare met ’n paar Sim-
mentalers gestoet en was lid van die genootskap. Ek het
ook Brahmane gehad en het so begin teel met Simbras.
Adriaan Odendaal
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
44
Simbra – The Complete All-Rounder™
3. Wat was die verrassings langs die pad?
Fanie Maré: Die geweldige groei van die ras en die
eenvormigheid wat bereik is, asook die aanpasbaarheid
van die teelbeleid om aan almal se behoeftes te voldoen.
Adriaan Odendaal: Die stadige proses en ons goeie
teelbeleid.
Dr Johan Kluyts: My grootste verassing was hoe goed
die Simbra presteer het in terme van beide produktiwiteit/
reproduksie en groei in diergetalle.
William Angus*: Die feit dat die Simbra so verstommend
vinnig gegroei het.
Ekkehard Pape: Die verandering in die teelbeleid
was onvoorsien, maar sekerlik noodsaaklik. Teling
vanaf basismateriaal vat lank in teenstelling met net
‘vermeerdering’ van bestaande genetika.
Kalla Heimstadt: Hoe vinnig die ras gegroei het tot een
van die gewildste rasse. Dit was ook verrassend hoe
min ons hoër F-generasies aan potensiaal teenoor die
oorspronklike kruisings verloor het.
Rudy Slippers: Om te sien hoe die ras verbeter en
hoe die eindproduk lyk met opteel van F1 na F4 is veral
bevredigend.
Kala Heimstadt
Ekkehard Pape
Dr. Johan Kluyts
Dr Johan Kluyts: Die doelwit was tweeledig: eerstens
om meer Simmentaler-bulle te verkoop en tweedens om
kuddes te kry in gebiede waar Simmentaler nie goed
aangepas is nie (kaal kolle op die kaart). Die eerste
doelwit is nie bereik nie, want Simbra verkoop nou bulle
aan boere waar daar voorheen Simmentaler verkoop is;
die tweede doelwit is grootliks bereik.
William Angus*: Ek dink so – ’n geharde ras wat baie
goeie produksie/reproduksie vertoon.
Ekkehard Pape: Tot op hede dink ek is die uitkoms
baie goed. Daar is ’n groot mark in die veld vir hierdie
tipe bees aangesien dit gehardheid, aanpasbaarheid en
funksionele doeltreffendheid nastreef.
Kalla Heimstadt: Ek dink dit het die verwagtinge oorskry.
Rudy Slippers: As ’n mens eerlik is kan mens nooit
100% tevrede wees nie, maar ek is ten minste 90% by my
doelwit. As ek na die ras en my kudde kyk na 25 jaar, het
ons verseker ’n wenresep en die getal telers, kopers op
veilings, en aanvraag na Simbras getuig daarvan!
4. Is die uiteindelike uitkoms van die projek (na 25 jaar) dit wat aanvanklik die doelwit was?
Fanie Maré: Die ras het myns insiens die stoutste
verwagtinge oortref. Pioniers soos oom Willie Angus,
Kwaab Johnson en Gert Olchewski wat nie almal vandag
meer by ons is nie, sou baie tevrede gewees het.
Adriaan Odendaal: Nee, nie heeltemal nie. Omdat ons
keuring by F1-diere nie streng genoeg was nie, het diere
deurgekom wat die pad moeiliker gemaak het. Dankie
tog dat telers gehou het by teling uit twee suiwer rasse;
dit het die Simbra ’n hupstoot gegee.
Simbra – The Complete All-Rounder™
Art
ikel
s •
Art
icle
s
45
Fanie Maré
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
46
Simbra – The Complete All-Rounder™
5. Hoe lyk die volgende 25 jaar vir die Simbra?
Fanie Maré: Die ras het ’n blink toekoms, solank die
jong geslag nie probeer om die Simbra-wiel van voor
af te ontwerp nie. Met doelgerigte teling en baie streng
seleksie sal die ras net vooruit gaan.
Adriaan Odendaal: ’n Blink toekoms wag vir die ras,
solank streng seleksie en goeie keuring toegepas word
om die regte tipe Simbra te teel.
Dr Johan Kluyts: Simbra moet nou konsolideer en
rigting kry. Hulle moet ophou om oor die metafisiese te
kerm en werklike probleme aanspreek; veral dié wat van
die Brahman geërf is (slordige onderlyn, temperament
van diere en mentaliteit van mense). As die punte nie
suksesvol aangespreek word nie, gaan die ras stagneer
soos enige ander ras wat te vinnig gegroei het.
William Angus*: Ons moet sorg vir genoeg goeie
kwaliteit diere met gepaardgaande goeie syfers. Die
genetiese basis van die ras moet ook breed gehou word.
Ekkehard Pape: Die toekoms vir die Simbra-bees
het beslis ’n goeie plek in die rooivleisbedryf; veral
met sy goeie eienskappe wat veral nou eers tot
uiting kom. Solank doeltreffende prestasie op die
voorpunt van produksie staan, sal die Simbra sy
plek in die vleisproduksie volstaan. ’n Maatstaf van Voortreflikheid!
Kalla Heimstadt: Ek is seker dat die Simbra ook die
volgende 25 jaar baie goed sal vaar.
Rudy Slippers: Die telers moet net nog meer word
met die klem op teling van rasegte Simbras. Met
gesamentlike doelwitte, goeie skakeling en onder-
steuning deur die Genootskap, kan die volgende 25 jaar
net rooskleurig wees.
William Angus
Simbra Joernaal 1998
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
48
Simbra – The Complete All-Rounder™
1. Wanneer en hoe het u betrokke geraak by die Simbra-program?
In 1968 is ’n plaas in die distrik Lydenburg gekoop en
deeltyds met ’n saaiboerdery begin.
Van my moeder se boedel ontvang ek later 7 beeste.
’n Beesboerdery begin? Op 3 na het almal gevrek
van Lydenburgsiekte (hartwater en rooiwater). Maar
aanhouer wen. Met die tyd is groepies beeste
aangekoop soos finansies wat skaars was, dit toelaat.
’n Kudde soek ’n bul, ek kry vir hulle ’n Afrikaner bul. Die
resultaat is ’n mislukking. Ek kry toe ’n Brahman. Die
resultaat - wilde diere sonder verbetering aan bouvorm.
Ek kry toe Simmentaler bulle. Veeinspekteurs van die
staat het destyds gereeld kuddes op plase besoek. Hy
was beïndruk met die kalwers.
Ek het toe nog deeltyds geboer en kon slegs sekere
naweke en vakansies behoorlik aandag aan die boerdery
gee. Deelname aan die Veeverbeteringskema het tot
gevolg gehad dat, toe ek in 1983 uit diens tree, ’n kudde
van ongeveer 500 teelkoeie beskikbaar gehad het.
Nou, as ’n voltydse boer, is besluit om meer aandag
aan die beeskomponent te gee. Omdat die kudde
toe ’n Simmentaler/Brahmaankruising was, met ’n
betekenisvolle Brahman gedeelte, is daaraan gedink om
die kudde te teel na Santa Gertrudis, maar hiervoor was
’n teelprogram nodig.
Om ’n teelprogram op te stel is telers van Santas in die
RSA besoek. Dit het my vrou Elsa en ek in 1984 tot in die
Prof JC Steenekamp, Fiducia Simbra
Prof JC Steenekamp
Sim
bra
: Die
Beg
in •
Th
e St
art
50
Simbra – The Complete All-Rounder™
VSA geneem, waar verskeie telers van alle beesrasse,
navorsings-institute, bulstasies wat semen versamel,
ens. besoek is. Na wat ons gesien, gehoor en adviseer
is, het ons besluit om ons kudde te teel na Simbras.
Terug in die RSA is aansoek gedoen by S.A. Stamboek
om met die teling van die Simbrah-ras te begin (Spelling
met ’n h soos dit in die VSA bekend is). Die antwoord
was nie positief nie, maar is ons meegedeel dat,
indien ’n konstitusie opgestel word en daar genoeg
belangstellende telers is, dit oorweeg sou word. Advies
is o.a. by kontakte in die VSA gevra, en is meegedeel
dat die Simbrah daar onder die beskerming van die
Simmentaler Genootskap geteel word. Vervolgens is
aansoek gedoen by die Simmentaler Genootskap ter
plaatse. Die antwoord was dat dit oorweeg sal word.
Daar is toe besluit, goedgekeur of nie, om my kudde te
teel na ’n kommersiële Simbrahkudde.
In 1987 is verneem (in die pers) dat die teling van die
Simbra (sonder die h) goedgekeur is. Dit is derhalwe vir
my moeilik om te sê of ek in 1987 of reeds vroeër by die
Simbra-program betrokke geraak het.
2. Wat was die grootste uitdaging wat julle in die begin-jare moes oorkom?
• Aangesien daar goeie vleisbeesrasse was, moet ’n ras
geteel word wat kompeterend sal wees in die vleismark.
• Dit moet bydrae tot die verbetering van kommersiële
vleisbeeskuddes.
• Die Simbra moet so geteel word dat dit ’n ras is met ’n
eie unieke identiteit.
• Die Simbra moet al die eienskappe besit van
aanpasbaarheid en funksionaliteit.
3. Wat was die verrassings langs die pad?
Die aanvanklike beleid van die Genootskap was dat die
ouers (vader sowel as moeder) as volbloed geregistreer
moes wees. Dit het die teel van die Simbra vertraag en
was nie koste effektief nie. Ek het van my koeie verkoop,
selfs ’n veiling gehou, om finansies te bekom om
volbloed Brahman koeie te koop. Die Genootskap het
egter van beleid verander om koeie en verse wat opsig
halfkruis is (B2) as sodanig te keur. Gelukkig het ek nog
nie al my koeie verkoop nie. Al hierdie koeie is gekeur
as halfkruise (B2). Dit was ’n groot stimulant vir teling
na volbloed Simbras en wel sodanig dat Fudicia toe die
grootste teler vir ’n hele paar jaar was.
’n Verrassende gebeurtenis was dat die eerste
Simbradag op 23 Januarie 1991 gehou is op die plaas
Klipplaatdrift, tuiste van Fudicia Simbra.
Baie belangrik op die ontwikkelingspad van die Simbra
is die positiewe terug koppeling wat ontvang is van
Ounooi - KSP 88822AB1, B2 nageslag – op eerste internasionale Simbra Skou, Pretoria 1999
kommersiële beesboere wat Simbra-bulle aangeskaf het.
Almal was vol lof vir die kwaliteit van die kalwers.
Aanvanklik is invoer van Semen nie toegelaat nie. Dit
is later opgehef. Om dit te doen moes destyds ’n lang
prosedure gevolg word, met baie goedkeurings en
korrespondensie. Opsoek na goeie genetiese materiaal
is Texas in 2001 besoek. Met hulp van die spesialis
genetikus, Sarah J Buxkemper is semen van vier
uitstaande bulle by Elgin Breeding Centre gekoop. Dit
het die weg vir ander telers ook oopgemaak.
4. Is die uiteindelike uitkoms van die projek (Na 25jaar) dit wat aanvanklik die doelwit was?
• Sover dit getalle, diere en telers aangaan ja! Dit is
oortref en dit kan ’n gevaar inhou!
• Wat bemarking en aanvraag betref – goed. Maar
daar moet gewaak word teen oorbemarking!
• Wat kwaliteit-attribute betref – goed. Aan algemene
holitiese en unieke voorkoms moet nog gewerk word.
5. Hoe lyk die volgende 25 jaar vir die Simbra?
• Die beleid van die Genootskap sal bepaal wat gaan
gebeur.
• In die eerste 25 jaar is te veel klem gelê op groei
in getalle, van beeste sowel as lede – die vinnigste
groeiende ras. Die kwaliteit van die ras gaan egter op
sigself hierdie ras van krag tot krag laat groei
• Om metafories te wees : ’n boom wat te vinnig groei,
skiet waterlote wat maklik vrek.
• Kom ons verseker dat die Simbra-ras penwortels maak van waterlote!