5
4 3 6 8 #1 / 2016 Jou kwartaallikse nuusbrief oor SKA SA in die Noord-Kaap SKA SA en Absa span kragte saam Kinders leer speel-speel oor SKA SA Carnarvon matrieks kry beurse Kyk wie die kompetisie gewen het Kontak ons: SKA SA, 3rde Vloer The Park, Park Straat, Pinelands, 7405 Tel: +27 (0) 21 506-7300 REDAKSIONELE INLIGTING Redakteur Lorenzo Raynard [email protected] Redakteur: wetenskap- kommunikasie Vivienne Rowland [email protected] Uitleg en produksie GAP Design [email protected] Dr. Rob Adam, SKA SA Projekdirek- teur en Naledi Pandor, Minister van Wetenskap en Tegnologie saam met SKA SA-beurshouers by die Minister se begrotingsrede by die Parlement. SKA SA se belegging in die Noord-Kaap verdiep Dis ‘n feit dat ons die grootste wetenskaplike toestel in die geskiedenis in die Noord- Kaap bou. Dis ook ‘n feit dat SKA SA sedert konstruksie aan die toestelle begin het, ‘n noemenswaardige verskil aan die lewens van die mense in Carnarvon, Williston, Van Wyksvlei, Brandvlei en Calvinia gemaak het en nog steeds hierop voortbou. Een van die suksesstories is dié van die vyf matrieks van Carnarvon Hoërskool wat >>

SKA SA se belegging in die Noord-Kaap verdiep · Wyksvlei, Brandvlei en Calvinia gemaak het en nog steeds hierop voortbou. Een van die suksesstories is dié van die vyf matrieks van

  • Upload
    habao

  • View
    214

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SKA SA se belegging in die Noord-Kaap verdiep · Wyksvlei, Brandvlei en Calvinia gemaak het en nog steeds hierop voortbou. Een van die suksesstories is dié van die vyf matrieks van

43 6 8

#1 / 2016Jou kwartaallikse nuusbrief oor SKA SA in die Noord-Kaap

SKA SA en Absa span kragte saam

Kinders leer speel-speel oor SKA SA

Carnarvon matrieks kry beurse

Kyk wie diekompetisie gewen het

Kontak ons: SKA SA, 3rde VloerThe Park, Park Straat, Pinelands, 7405Tel: +27 (0) 21 506-7300

RedAKSionele iNligtiNg

Redakteurlorenzo [email protected]

Redakteur: wetenskap-kommunikasieVivienne [email protected]

Uitleg en produksie GAP [email protected]

Dr. Rob Adam, SKA SA Projekdirek-teur en Naledi Pandor, Minister van

Wetenskap en Tegnologie saam met SKA SA-beurshouers by die Minister se

begrotingsrede by die Parlement.

SKA SA se belegging in die Noord-Kaap verdiepDis ‘n feit dat ons die grootste wetenskaplike toestel in die geskiedenis in die Noord-Kaap bou. Dis ook ‘n feit dat SKA SA sedert konstruksie aan die toestelle begin het, ‘n noemenswaardige verskil aan die lewens

van die mense in Carnarvon, Williston, Van Wyksvlei, Brandvlei en Calvinia gemaak het en nog steeds hierop voortbou.

Een van die suksesstories is dié van die vyf matrieks van Carnarvon Hoërskool wat >>

Page 2: SKA SA se belegging in die Noord-Kaap verdiep · Wyksvlei, Brandvlei en Calvinia gemaak het en nog steeds hierop voortbou. Een van die suksesstories is dié van die vyf matrieks van

02 | SKA SA Noord-Kaap Nuus

Jou kwartaallikse SKA SA Noord-Kaap Nuus Jou kwartaallikse SKA SA Noord-Kaap Nuus

Square Kilometre Array Suid-Afrika (SKA SA) span kragte saam met NMC Civils en Absa om ekonomiese verligting te bring aan klein en medium

ondernemings (KMOs) in die Noord-Kaap deur ‘n voorsieningsketting vir ondernemings (VKO).

Die program sal die KMOs in staat stel om dienste en goedere te lewer volgens hulle kontrak met NMC Civils, die maatskappy wat gekontrakeer is om die 80 kilometer lange provinsiale pad te bou tussen Carnarvon in die Noord-Kaap en die SKA SA Losberg-perseel.

SKA SA belê in die plaaslike kontrakteurs op baie verskillende maniere. Die SKA SA en Absa vennootskap volg op opleiding wat aangebied was deur SKA SA en NMC Civils, waartydens kontrakteurs van Carnarvon, Williston,

Vosburg en Van Wyksvlei besigheids- en tegniese vaardighede aangeleer het wat hulle in staat sal stel om mee te ding vir verskeie subkontrakteurs samewerkingspakkette wat deel is van die padkonstruksie projek.

Deur met Absa ‘n vennootskap te sluit, help SKA SA om nuwe geleenthede in die mark te skep vir die plaaslike kontrak-teurs in die Noord-Kaap. Die totale waarde van die SKA SA en Absa vennootskap is ongeveer R34,5 miljoen, wat toegeken sal word aan die KMOs wat deur NMC Civils gesubkontrakteer is, waarvan ‘n deel reeds deur NMC Civils bestuur word vanaf voordat die vennootskap gesluit is. Die projek sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2017 voltooi wees.

Hoe werk dit?

Plaaslike kontrakteurs in die Noord-Kaap wat gesubkontrakteer is deur NMC Civils om die pad te bou sal in aanmerking kom vir die SKA SA en Absa fondse.

Absa sal finansiering deur middel van ‘n voorsieningsketting aan KMOs bied wat 51% swart eienaarskap en nie voldoende sekuriteit het nie, maar waar die onderneming genoegsame kontantvloei kan genereer om die ontwikkelings-lening te kan afbetaal. Die finansiering kan gebruik word as werkende kapitaal, batefinansiering en huur-ooreenkomste in terme van geel goedere, byvoorbeeld vir padskrapers, kompakteerders en uitgrawers.

Jou leweringsrisiko word deur beide Absa en NMC Civils gemonitor deur tegniese bystand en ondersteuning vir die onderneming en die ontwikkeling daarvan.Absa bied na-finansierings administrasie aan vir die KMOs.

Kontak die Carnarvon Absa-tak vir meer inligting.

1

2

3

SKA SA, NMC Civils en Absa span kragte saam in ‘n nuwe

ekonomiese inisiatief vir Karoo-kontrakteurs

BO: Catharina de Wee, Zhivhuya Ramudzuli, Masedi Mmudi, Simphiwe Zitha, Dr. Bonita de Swardt en Redwin Sell by die SKA SA-uitstalling tydens die Minister van Wetenskap en Tegnologie se begrotingsrede. REGS BO: SKA SA studente en beurshouers by die uitstalling. REGS ONDER: Catharina de Wee verduidelik vir die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, van haar werk as rekenaardienste-intern by SKA SA. Agter hulle staan Dr. Rob Adam, SKA SA Projekdirekteur.

vrystellings in wiskunde en wetenskap in die 2015 Nasionale Sertifikaat Eksamen behaal het. Nie net was dit ‘n eerste vir die skool nie, maar SKA SA het ‘n direkte invloed daarop gehad deurdat die organisasie ‘n onderwyser in 2014 aangestel het, Itumeleng Molefi, om die kinders met wetenskap en wiskunde te help - iets wat nie voorheen daar was nie. Wat meer is, SKA SA ondersteun tans dié vyf leerlinge - Kyle Henderson, Anver Adams, Bradley Bosman, Cedwill Abdol en Janethon de Klerk - geldelik met hul ondergraadse studies aan verskeie tersiêre instellings landwyd. Elkeen van hulle is tans eerstejaar studente in ‘n wetenskap of ingenieursrigting.

Dié vyf Carnarvon-beurshouers was ook gaste van die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, tydens haar begrotingsrede in die Parlement op 19 April 2016. Hulle het middagete geniet saam met die Minister, as gaste in die gallery gesit tydens haar toespraak en ook die lesing deur die Ambassadeur van die Europese Unie, Dr Marcus Cornaro, by die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad bygewoon.

Molefi is juis ook gekies om deel te neem aan die 2016 Hoërskool Onderwyser

Program (HST2016) wat sal plaasvind by CERN in Genève, Switserland vanaf Sondag, 3 Julie tot Saterdag, 23 Julie 2016. Hy sal deel wees van ‘n groep van omtrent 50 onderwysers van meer as 35 lande wat die program sal bywoon.

Dis suksesverhale soos dié wat die dryfveer agter SKA SA se vooruitgang is.

Nie net ondersteun ons jeug-ontwikkeling op skoolvlak nie, SKA SA het ook aan die begin van 2016 vier jong mense van Carnarvon aangestel as permanente werkers nadat hulle hul opleiding in optiesevesel-tegnologie voltooi het. Nóg sewe SKA SA vakleerlinge wat uit Carnarvon en omliggende gebiede kom, sal binnekort kwalifiseer in verskeie ambagte wat voortspruit uit beurse aangebied deur SKA SA. Lees meer oor dié jong mense elders in dié nuusbrief.

Ons belegging in die wyer gemeenskap strek ook vêr: SKA SA, Absa en NMC Civils het onlangs ‘n unieke finansiële produk van stapel gestuur wat tot voordeel strek van die subkontrakteurs wat help bou aan die 80 kilometer lange pad tussen Carnarvon en die SKA SA Losberg-perseel. Meer as 300 huise is van satelliet breëband-verbindings voorsien wat konnektiwiteit vergemaklik in die verafgeleë Noord-

Kaapse gebiede, en onderwysers het baat gevind by tablet-onderrig wat aangewend sal word in die klaskamer deur middel van ‘n vennootskap tussen SKA SA, die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se Meraka Instituut.

Die kinders van Carnarvon en omliggende gebiede is betrek en getrakteer op verskeie prettige uitreik-aksies wat daarop gemik is om hulle bewustheid van wetenskap en die effek daarvan op gemeenskappe te verskerp; en verskeie wenners is aangewys vir die jongste SKA SA kunskompetisie. Dié nuus en nog baie meer is alles vervat in hierdie uitgawe.

SKA SA is voortdurend verbind tot vyf fokusareas in die Noord-Kaap: die ondersteuning van en die ontwikkeling van klein en medium ondernemings; belegging in die jeug; identifisering en koestering van talent onder leerders; ondersteuning van gemeenskaps-opbouprogramme; en die behoud van konnektiwiteit.

Dr. Rob Adam SKA SA Projekdirekteur

Een van die suksesstories is dié van die vyf matrieks van Carnarvon Hoërskool wat vrystellings in wiskunde en wetenskap

in die 2015 Nasionale Sertifikaat Eksamen behaal het.

SKA SA Noord-Kaap Nuus | 03

Page 3: SKA SA se belegging in die Noord-Kaap verdiep · Wyksvlei, Brandvlei en Calvinia gemaak het en nog steeds hierop voortbou. Een van die suksesstories is dié van die vyf matrieks van

Jou kwartaallikse SKA SA Noord-Kaap Nuus Jou kwartaallikse SKA SA Noord-Kaap Nuus

04 | SKA SA Noord-Kaap NUUS

Square Kilometre Array Suid-Afrika (SKA SA) het volle studiebeurse gegee

vir ondergraadse studies aan vyf matriekleerlinge van Carnarvon Hoërskool wat matriekvrystellings in die 2015 Nasionale Senior Sertifikaat eksamen verwerf het.

Die leerders studeer almal tans in wetenskap- en ingenieurs-verwante rigtings en was op skool reeds geborg deur beurse van SKA SA se Menslike Kapitaal Ontwikkelingsprogram.

Anver Adams (18), Janethon de Klerk (19), Kyle Henderson (19), Cedwill Abdol (18) en Bradley Bosman (17) het almal goed presteer in wiskunde sowel as natuurwetenskappe en studeer tans in wetenskap- en ingenieurs-verwante

rigtings soos BSc, BSc Rekenaarwetenskappe, BSc Datawetenskappe, Fisika en Elektriese Ingenieurswese by die Universiteit van die Vrystaat, Noordwes Universiteit en die Universiteit van Wes-Kaapland.

“Ons doel is om volhou-baarheid te verseker vir die SKA en dat ingenieurs vir die konstruksieperseel by Losberg vanaf die plaaslike gemeenskap kom en op sy beurt weer vir die jong mense ‘n kans gee om hul drome te verwesenlik deur wetenskap. “Dit is die eerste keer dat leerders van die skool met ondersteuning van SKA SA matriekvrystellings verwerf het om verder te studeer in wetenskap-verwante rigtings,” sê Dr. Rob Adam, SKA SA Projekdirekteur.

Itumeleng Molefi, die

natuurwetenskappe onderwyser by Carnarvon Hoërskool, kon nie sy opgewondenheid wegsteek nie: “Sommige van die leerders moet baie struikelblokke oorkom en dit is net deur hul eie deursettingsvermoë en volharding dat hulle suksesvol was. Ons het baie hard gewerk en ek is baie bly om te sien dat hulle nou die kans het om universiteit toe te gaan as gevolg van hul eie harde werk,” sê Molefi.

Sam Rametse, Professionele Offisier: Skole-uitreikprogram in die SKA SA Menslike Kapitaal Ontwikkelingsprogram, sê die organisasie is baie trots op die leerders.

“Ons pluk nou die vrugte daarvan dat ons ‘n wetenskap-onderwyser by Carnarvon

Hoërskool aangestel het wat die leerders onder sy vlerk geneem het. Dit is as gevolg van sy harde werk dat ons die sukses sien en ons sien uit daarna om die studente in hulle verdere studies te ondersteun,” sê Rametse.

Die SKA SA Menslike Kapitaal Ontwikkelingsprogram is in 2005 begin en het sedert-dien al meer as 730 leerders gehelp om by tersiêre inrigtings in wetenskap- en ingenieurs-verwante rigtings te studeer.

Dié vyf Carnarvon-beurshouers was ook gaste van die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, tydens haar begrotingsrede in die Parlement op 19 April 2016. Hulle het middagete geniet saam met die Minister, as gaste in die gallery gesit tydens haar toespraak

Vier jong mense van Carnarvon het onlangs aangesluit by SKA SA nadat hulle

opleiding in optiesevesel-tegnologie voltooi het.

Onder leiding van Roufurd Julie, sub-stelselbestuurder vir die MeerKAT optiesevesel netwerk, het die organisasie die vakleerlinge in die areas rondom die SKA SA-perseel gewerf om deel te neem aan ‘n program wat nie net lede van die gemeenskap bemagtig nie, maar ook studies in ingenieurswese aanmoedig.

“Ons het ‘n tyd gelede vesel-tegnici benodig maar dit was baie moeilik om hierdie vaardighede onder die mense in Carnarvon en die omliggende gebiede te kry. Ons het besluit om van die jongmense in die areas op te lei,” sê Julie.

Ronel Strong en Carl Julius is die twee van die eerste groep wat deur SKA SA as permanente werknemers aangestel is, terwyl MacCalvin Kariseb, Lourence Malan, Samantha Pieterse en Austin Julius die jongste

vier is wat vakleerlingskappe beklee.

Die program het in 2014 afgeskop met vyf kandidate wat die opleiding ontvang het. Vir ‘n jaar lank het hulle opleiding in optiesevesel-tegnologie en praktyk op die Losberg-perseel ontvang as deel van ‘n sub-kontrakteurspan en het saamgewerk met die optiesevesel-tegnikus op die perseel, Manny Padayachee.

“Dit was gedoen met ‘n oog op die toekoms vir wanneer ons opgeleide mense nodig het om deel te vorm van die optiesevesel-onderhoudspan vir MeerKAT en SKA operasies,” sê Julie.

In 2015 is Strong en Julius aangestel as permanente werknemers as deel van die MeerKAT-span, terwyl Kariseb, Malan, Pieterse en Austin Julius aangestel is as vakleerlinge op die Hydrogen Epoch of Reionisation Array (HERA)-span sedert begin 2016.

“Die minimum vereiste vir die aansoekers was dat hulle matriek moes hê met wiskunde as ‘n vak. Ons het

lesse uit ons ondervinding met die vorige groep geleer en uit die 40 aansoeke wat ons ontvang het, het ons vier gekies om aan te sluit by die tweede groep vakleerlinge,” sê Julie.

Die groep het tyd op die perseel deurgebring met die tegnikus terwyl hulle klas ontvang het wat praktiese toetse en teorie ingesluit het, terwyl hulle ook hand gegee het met die MeerKAT en HERA optiesevesel-installasies.

Teen die einde van die opleiding van die tweede groep, in November 2015, het Julie die opleiding ‘n stap verder geneem en aansoek gedoen dat die vier vakleerlinge amptelik gesertifiseer word as Gesertifiseerde Optiesevesel Technici deur die Optiesevesel Vereniging (Fibre Optic Association). “Hulle het die minimum vereistes oorskry om te kwalifiseer as intree-vlak internasionale optiesevesel tegnici gebaseer op hulle ondervinding en ons wou hê hulle moes erkenning hiervoor kry,” sê Julie.

Volle beurse aan 5 Carnarvon matrieks

BeleggiNg iN die jeUg

Jonges opgelei in optiesevesel-tegnologie

en ook die lesing deur die Ambassadeur van die Europese Unie, Dr Marcus Cornaro, by die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad bygewoon.

Pandor het spesiale melding van die vyf gemaak tydens haar toespraak: “Die Square Kilometre Array verleen volgehoue ondersteuning aan leerders van Carnarvon om wetenskap en ingenieurswese op tersiêre vlak te studeer. Vyf van hulle is vandag in die gallery - Anver Adams, Kyle Henderson, Janethon de Klerk, Cedwill Abdol en Bradley Bosman. Hierdie vyf leerders het vrystellings in die 2015 Nasionale Senior Sertifikaat eksamen behaal in wiskunde en natuurwetenskappe, die beste ooit vir Carnarvon Hoërskool,” het Pandor gesê.

Anver Adams, wat ‘n eerstespan-rugbyspeler was by die skool, sê hy het uitgesien daarna

om aan die Universiteit van Wes-Kaapland te

studeer. “My matriekjaar was goed want ek het geweet ek het SKA SA se ondersteuning. Ek

het geweet ek moes my beste insit en net slaag

en die res sal vanself kom. Ek is trots op wat ek bereik het en sien uit na

die toekoms,” sê hy.

Janethon de Klerk, die hoofmeisie by die skool in

2015, sê sy is gemotiveerd om selfs harder te werk vir haar universiteitsgraad. “Wat jy

insit is wat jy sal uitkry en ek wil veel harder werk want

ek wil nie my ondersteuners teleurstel nie. My resultate kon veel beter gewees het, maar ek het vertroue dat ek veel meer kan bereik,” sê sy. Sy studeer tans aan die Universiteit van die Vrystaat vir ‘n BSc-graad

met ‘n spesiale belangstelling in astronomie.

Bradley Bosman studeer tans vir ‘n BSc-graad aan die Universiteit van die Vrystaat. “Ek is bly

dat ons volhard het. Dit was by tye baie

moeilik want ons het nie ‘n wetenskap-

onderwyser gehad in Graad 10 nie. Vanaf

Graad 11 was dit baie makliker nadat Meneer Molefi by die skool aangesluit het,”

sê Bradley.

Cedwill Abdol het ook by die

Vrystaatse Universiteit aangesluit om

Rekenaarwetenskap onder die knie te kry.

“Dit is ‘n groot voorreg vir my om hierdie

geleentheid te kry en ek is dankbaar vir die ondersteuning wat ek gekry het. Ek wil graag

my omstandighede verbeter en sal enigiets doen om my drome te

verwesenlik,” sê hy.

Kyle Henderson, die hoofseun van 2015 by Carnarvon Hoërskool,

studeer tans vir ‘n BSc-graad in Fisika en Wiskunde by die Noordwes-Universiteit. “My matriekjaar was makliker met die hulp van SKA SA.

Dit het my gemotiveer om harder te leer en meer

toewyding daaraan te gee as net om klasse by te

woon. Ek sien uit na my toekoms want ek weet ek

het uitstekende voorregte en geleenthede,” sê Kyle.

BO: SKA SA optiesevesel-vakleerlinge besig by die HERA-konstruksie by die Losberg-perseel.

Page 4: SKA SA se belegging in die Noord-Kaap verdiep · Wyksvlei, Brandvlei en Calvinia gemaak het en nog steeds hierop voortbou. Een van die suksesstories is dié van die vyf matrieks van

Jou kwartaallikse SKA SA Noord-Kaap Nuus Jou kwartaallikse SKA SA Noord-Kaap Nuus

06 | SKA SA Noord-Kaap NUUS SKA SA Noord-Kaap NUUS | 07

Science Tube: 8 - 11 Februarie 2016 (Kimberley en Carnarvon) Science Tube, ook bekend as die Wetenskap Sonder Grense Fees, is gehou vanaf 8 tot 11 Februarie 2016 by die Mayibuye Veeldoelige Gemeenskapsentrum in Galeshewe, Kimberley. Die fees is daarop gemik om die grense tussen wetenskap en die gemeenskap af te breek deur ‘n leerkultuur te bou sonder perke.

Twee dae van die fees was gemik daarop om die gemeenskap te betrek by uitreik-aksies. SKA SA het ‘n vennootskap gesluit met die Hartbeesthoek Radio Astronomie Sterrewag vir hierdie doel, wat opgevolg was deur ‘n verdere uitreik-aksie met die gemeenskap van Carnarvon in die Noord-Kaap. SKA SA se optiesevesel-vakleerlinge wat vanaf

Carnarvon en omliggende gebiede kom, MacCalvin Kariseb, Lourence Malan, Samantha Pieterse en Austin Julius, het gepraat met leerders en jong mense oor studie en loopbaan-geleenthede binne SKA SA.

Hip-Hop Science Spaza - 22 - 25 Februarie 2016

Die immergewilde hip-hop kunstenaar iFani het leerders en lede van die Carnarvon-gemeenskap vermaak op 25 Februarie 2016, ná ‘n week-lange Science Spaza werkswinkel by Carnarvon Laerskool.

Hip-Hop Science Spaza en SKA SA het saamgewerk om die jeug, astronomie en hip-hop musiek entoesiaste saam te kry om betrokkenheid by wetenskap en ontwikkeling in die gemeenskap aan te wakker.

Die leerders is besig gehou met wetenskap-onderrig en

Tablet-onderrig het gehelp om dissipline in die klaskamer beter te handhaaf en die leerders besig te hou, sê onderwysers wat die opleiding in tabletgebruik voltooi

het.Die 17 onderwysers van Carnarvon

Hoërskool het op 5 April 2016 gegradueer nadat hulle die Information Communication Technology for Rural Education (ICT4RED) tablet-geïntegreerde onderrig opleiding ontvang het.

Die kursus is deel van die Professionele Onderwys Ontwikkelingskursus, wat moontlik gemaak is deur ‘n vennootskap tussen SKA SA, die Departement van Wetenskap en Tegnologie; en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se Meraka Instituut.

Die ICT4RED opleiding is vir die eerste keer in 2013 aangebied toe die WNNR multimedia tablette en opleiding verskaf het aan 160 onderwysers by 11 skole in die Oos-Kaap as deel van ‘n projek wat daarop gemik is om ‘n mobiele onderwysmodel te ontwikkel wat enige plek aangewend kan word. Die een-jaar loodsfase het gesorg daarvoor dat 16 onderwysers van die Arthur Mfebe Senior Sekondêre Skool in Cofimvaba opgelei is om digitale inhoud op tablette te gebruik ter aanvulling van die tradisionele metodes van onderrig.

Die opleiding vir die onderwysers by Carnarvon Hoërskool was nóg ‘n eerste vir die program: dit was die eerste keer dat dit in Afrikaans aangebied is. “Dit op sigself was vir ons ‘n uitdaging omdat baie van die terminologie nie in Afrikaans beskikbaar is nie en ons het baie pret gehad met die vertaalde terme wat ons geskep het. Die onderwysers het die kursus regtig hul eie gemaak en ‘n 98% slaagsyfer behaal,” sê Adelé Botha, Hoofnavorser: Volgende Generasie Mobiele en Inligting, Kommunikasie en Tegnologiestelsels by die WNNR se Meraka Instituut.

Vyf van die onderwysers wat die opleiding voltooi het - Mariette van Schalkwyk, Simeon Steynberg, Fatimah Nyama, Patricia le Roux en Itumeleng Molefi - was gekies om hul strategieë wat hulle die meeste geniet het terwyl hulle die kursus voltooi het, aan te bied.

SKA SA reik uit na die gemeenskap SKA SA het onlangs in verskeie gemeenskap- inisiatiewe deelgeneem wat bewusmaking van wetenskap en tegnologie by verskeie gehore bevorder het.

Carnarvon onderwysers gryp tegnologie aan in die klaskamer

met tablet-onderrig

Die res van die groep sluit in Merwyn Abrahams, Brian Goliath, David Jason, Connie Joubert, Neovi Makok, Werner Meyer, Hendrik Robyn (skoolhoof), Juanita Slaverse, Lorraine Snyman, Nolan Stevens en Nickolaas van Wyk.

Sewe van die onderwysers - Joubert, Le Roux, Molefi, Nyama, Robyn, Steynberg en Van Schalkwyk - het ook meriete-erkennings vir hulle prestasies ontvang.

“Deur tablette in die klaskamer te gebruik help baie met dissipline en hou die kinders besig. Hulle gesels, speel en het pret terwyl hulle leer,” sê Van Schalkwyk, ‘n Wiskunde Geletterdheid onderwyser vir Grade 10 tot 12.

Itumeleng Molefi, die Natuurweten-skappe onderwyser vir Graad 9 en die Natuur-en-Skeikunde onderwyser vir Grade 11 en 12, sê dat hy ‘n speletjie op die tablet geskep het wat help om wetenskap vir die leerders te vereenvoudig.

“Hulle het regtig gesukkel om die mees basiese konsepte te onthou. Ek het ‘n

vasvraspeletjie van Jeopardy! op die tablet geskep deur drie

bokse met vrae te skep, en die groep geëvalueer

Molefi is gekies om deel te neem aan die 2016 Hoërskool Onderwyser Program (HST2016) wat plaasvind by CERN in Genève,

Switserland vanaf Sondag, 3 Julie tot Saterdag, 23 Julie 2016. Hy sal deel wees van ‘n groep van omtrent 50 onderwysers van meer as 35

lande wat die program sal bywoon. Hy is in 2014 aangestel om wiskunde en wetenskap aan Grade 9 - 12 by Carnarvon Hoërskool aan te bied te danke aan ‘n vennootskap tussen SKA SA en Teach SA.

VOOR: Neovi Makok, Brian Goliath, Connie Joubert, Lorraine Snyman, Mervyn Abrahams. AGTER: Simeon Steynberg, Adele Botha (CSIR), Maggie Verster (CSIR), Keneilwe Moremi (CSIR), Hendrik Robyn, Itumeleng Molefi, Patricia le Roux, Nickolaas van Wyk, Fatimah Nyama, Nolan Stevens, Mariette van Schalkwyk, Juanita Slaverse en Werner Meyer.

ONDER: Leerders het ywerig geleer by die SKA SA Science Tube uitreik-aksie in Carnarvon.

terwyl hulle die vrae geantwoord het gebaseer op die konsepte wat ek voorheen in die klaskamer genoem het,” sê Molefi.

Die onderwysers was dit eens dat die opleiding baie pret was en dat die tablet-gebruik baie motiverend was vir die leerders. Behalwe vir sommige wat gely het aan “tegno-fobie”, is hulle nou oortuig van die waarde van die gebruik van tegnologie in die klaskamers.

“Ek is nou gemaklik met my tablet en sal voorbrand maak dat meer tablette en mobi-stelle vir die kinders aangeskaf word,” sê Steynberg, die Graad 10 tot 12 Toegepaste Wiskunde Tegnologie onderwyser en die netwerkadministrateur by Carnarvon Hoërskool.

het gefokus op wetenskap-verwante uitdagings wat die gemeenskappe affekteer, die elektromagnetiese spektrum en die weerkaatsing van lig, om te leer hoe teleskope werk en ‘n besoek aan die SKA SA Losberg-perseel waar die MeerKAT teleskope gebou word.

Die week het geëindig met ‘n “Musiek van die Sterre” talentskouspel vir die gemeenskap. Leerders was gevra om popgroepe te vorm en liedjies met ‘n wetenskap-tema te sing. Regdeur die liedjies moes die leerders wys wat hulle geleer het deur die weeklange program en die onderwerpe wat hulle gedek het.

“The sun hides the stars in daylight / The sky shines so bright at night / Refraction is the action that bends the light / Refraction is the action that bends the light”, was die lirieke van die liedjie wat gesing is deur die Diamond Girls, ‘n groep van vier Graad 7 meisies by Carnarvon Laerskool.

Die liedjies is opgeneem en sal wyd versprei word as deel van opvoeding oor die SKA SA teleskope.

Science Circus Africa - dr graham WalkerEen van die wêreld se mees gesogte wetenskaplikes, wat sinoniem is daarmee dat hy wetenskap pret en vermaaklik maak vir kinders, Dr. Graham Walker, het die SKA SA perseel besoek as deel van sy Science Circus Afrika-toer.

Dit het gepaardgegaan met ‘n besoek aan Carnarvon, Sutherland en Williston, waar hy vermaaklike en interaktiewe wetenskap optredes vir die skoolkinders gehou het.

Hy fokus gereeld op temas soos chemiese reaksies, vloeibare stikstof, koolstofdioksied, waterstof, suurstof, water, vriespunt, kookpunt en lugdruk, en sy optredes is dikwels besaai met dramatiese ontploffings, grappies en opwindende eksperimente, soos om malvalekkers uit stofsuiers te skiet, vuurpyle uit alledaagse items te maak en teddiebere die lug in te skiet met behulp van vloeibare stikstof.

Walker het gesê hoe opgewonde hy daaroor is om in Suid-Afrika te wees: “Ek is bly om hier te wees, veral omdat dié besoek gesorg het vir meer vennootskappe en programme rondom die SKA en vele ander opwindende wetenskap-temas.”

Page 5: SKA SA se belegging in die Noord-Kaap verdiep · Wyksvlei, Brandvlei en Calvinia gemaak het en nog steeds hierop voortbou. Een van die suksesstories is dié van die vyf matrieks van

Jou kwartaallikse SKA SA Noord-Kaap Nuus

Wenners van die vyfde SKA SA kompetisie is onlangs aangewys en pryse uitgedeel tydens die Science Tube

ope-dag by die Carnarvon Biblioteek op 11 Februarie 2016. Die kompetisie het behels dat lede van die gemeenskap ‘n skriftelike voorstel van 30 woorde of minder moes indien, met spesifieke verwysing na wat SKA SA moet doen om langtermynvoordele vir die plaaslike gemeenskap te bewerkstellig.

Daar was drie kategorieë vir deelname: laerskool leerders, hoërskool leerders; en nie-leerders/volwassenes.

Die kompetisie het 110 inskrywings gelok, en die pryse was ‘n skootrekenaar vir eerste prys, ‘n R1000 geskenkbewys as tweede prys; en ‘n R500 geskenkbewys as derde prys. Die wenners is as volg:

laerskool leerders 1ste prys: Nikita Ferus (Graad 1), Nico Bekker Intermediêre Skool, Williston. Nikita het gesê SKA SA moet ‘n “almanak oor die son en maanverduistering” skep. 2de prys: Alizwa Mju (Graad 1), Nico Bekker Intermediêre Skool, Williston. Alizwa het gesê “Ek hou van boeke oor sterre want dit maak my slim. Die planete is ook mooi.” 3de prys: Ja-Wayda Willemse (Graad 1), Nico Bekker Intermediêre Skool, Williston. Ja-Wayda het gesê: “Ek wil graag ‘n inkleurboek oor sterre en planete hê sodat ek meer kan leer.”

2015 Kompetisie wenners aangewys

Hou diE volgEndE

uitgawE van SKA SA Noord-Kaap nuus dop

vir iNligtiNg oor die 2016 KoMpetiSie.

Onderskrif Me labo. Nequibus vella nobis reicipis ea eiunti torum et et am que essusci piendae volorep rorates mo omnient as aut pliqui apideni asperchil estrum, incipsa ndandel maioria ditatem experuptam voluptasitae idi quiam quam estis untur repudita soluptat.Pereperita voluptas rati omnimil incitatquas est qui illam fugitiu ntisquunt aut occus et volest, inve

MeerKAT maak goeie vordering Teen 31 Maart 2016 was 20 MeerKAT antennas geïnstalleer en 22 voetstukke opgerig by die Losberg-perseel buite Carnarvon.

Die wenners van die 2015 SKA SA kompetisie is: Voor: Nikita Ferus en Ja-Wayda Willemse. Agter: Pieternella Alberts, Lourencia Lyon, Juliano Louw, Alizwa Mju en Jason Mouton. Die pryse het skootrekenaars en kontantkoopbewyse ingesluit.

Hoërskool leerders1ste prys: Juliano Louw (14 jaar oud), Nico Bekker Intermediêre Skool, Williston. Juliano se inskrywing was: “Bied gereeld werkswinkels en toesprake aan leerders om hul belangstelling te prikkel om astronomie as loopbaan te oorweeg en ons sal ook baat kan vind by ‘n inligtingsentrum.” 2de prys: Ameera Roman (Graad 10D), Carnarvon Hoërskool, Carnarvon. Ameera se inskrywing was: “Die SKA kan nuwe ontspanningsterreine vir die jeug maak waar hulle hul vele talente kan bevorder.

Die terreine kan ook werk skep vir die werklose mense op die dorp.” 3de prys: Lizel Fritz (20), Carnarvon Hoërskool, Carnarvon. “Ek wil graag hê dat die SKA twee busse vir die laerskool en hoërskool moet aanskaf om die kinders van die vergeleë areas te kan skool toe neem en terug te kan besorg.”

Nie-leerders/volwassenes1ste prys: Jason Mouton (25), Williston. Dit is onmoontlik om vir almal werk te gee. SKA SA kan kursusse of werkswinkels vir ons mense aanbied, sodat hulle hulself finansieël kan onderhou deur die verskeie aangeleerde vaardighede te gebruik!” 2de prys: Pieternella Alberts, Carnarvon, het gesê: “Baie kinders is nie matrikulante. Rig ‘n plek in waar hulle vaardighede kan aan- leer, deur met hul hande te werk en geld kan verdien (entrepreneurs). Dit kan help om misdaad te bekamp.” 3de prys: Lourencia Lyon, Carnarvon: “SKA SA kan ‘n spesiale skool open waar ouer werklose mense vaardighede kan aanleer en ‘n inkomste kan verdien vir kinders wat nie goed vaar op skool nie.”

08 | SKA SA Noord-Kaap NUUS