4
SW Sandwater Primêr êreld Vrydag 11 Des 2020 ‘Ons sal 2020 onthou’ GRAAD 7 C ovid-19 het alles verander vir hierdie jaar se graad 7’s. Ons het ’n paar van hulle gevra hoe hulle dit sal onthou... Musa Danga vertel vir hom was die grendeltyd eintlik baie lekker. “Ek het ervaar dis glad nie so sleg om by die huis te bly nie, omdat jy baie tyd kry om saam met jou familie deur te bring.” Aqhamile Olifant sê dit was vir haar sleg dat hulle maande by die huis moes sit en nie kon leer nie. “Dit het my laat agter raak met my skoolwerk. Die lekker- ste deel van die pandemie was toe ons die Jerusalema gedoen het!” Chandré Mzangwa stem saam dat die Jerusalema- dans ’n hoogtepunt was. “Dit het my gelukkig laat voel omdat dit ’n groeps- aktiwiteit was.” Vir haar was die slegste van die jaar die skoolhoof, mnr. Hennie Ferreira, se afsterwe. “Ek mis hom, veral vir die at- letiek. Hy het altyd in ons belanggestel.” Ook vir Petra Manuel was dit ’n groot verlies: “Hy was ’n baie goeie Meneer en het vir my per- soonlik baie beteken.” Dit was baie lekker dat hulle ná hul terugkeer skool toe net gr. 7’s in die klas was, in plaas van gr. 6 en 7 saam, sê George Willemse. “Ons het baie lekkerder gewerk. Dit was goed om elke tweede dag by die huis te bly maar dit was nie altyd lekker nie. Ek het my maats baie gemis en my skoolwerk het ’n bietjie agter geraak.” Harshall Ketttledas voel niks van Covid-19 was vir hom goed nie. “Ek het dit vroeër in die jaar geniet toe ons strand toe gestap het. Die grendeltyd was vervelig. Ek het skool gemis en om saam met my maats te speel en rond te loop.” Siphiwokuhle Galada vertel hy het tydens die grendeltyd op die plaas vir sakgeld gewerk en dit was baie lekker. Hy het wel bietjie agter geraak met sy skoolwerk, maar het dit geniet om net elke tweede dag skool toe te kom. “Dit was ook goed dat daar nie ’n ander graad in ons klas was nie. Dit het gevoel of ons vinniger werk.” Nicole Matroos sê sy was bly toe die skool weer oopgaan en sy haar maats kon sien. “Maar in die grendeltyd was dit tog lekker om as familie te sit en grappe te maak en saam te lag.” ’n Bietjie lekker en ’n bietjie sleg... So gesels Sandwater se graad 7’s oor hulle laaste laerskooljaar te midde van Covid-19 regulasies BOONSTE RY: Aqhamile Olifant, Asanda Williams, Brandwell Kees, Chandre Mzangwa, Demetrio Engelbrecht, Emma Majola, Esihle Nofemele, George Willemse. MIDDEL: Harshall Kettledas, Jeremia Jacobs, Johanna Brouwers, Jona- than Khayi, Leah Jacobs, Margaret Daniels, Musa Danga, Nicole Matroos, Petra Manuel. ONDER: Ronaldo Skosana, Rowhaan Kees, Siphiwokuhle Galada, Siphokazi Mekana, Sirusha Filander, Siyamthando Khotshimani, Zander van Rheede, Ziyakhanye Malanti, Zubenathi Khotshimani. • Lees ook op bl. 2

SW Sandwater êreld2020. 12. 19. · die tafel gevee het. Grendeltyd het Sandwater se leerders en personeel tuis gehou en hoewel ons onderwysers hul bes probeer het om kontak te behou

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SW Sandwater êreld2020. 12. 19. · die tafel gevee het. Grendeltyd het Sandwater se leerders en personeel tuis gehou en hoewel ons onderwysers hul bes probeer het om kontak te behou

SWSandwater

Primêrêreld Vrydag

11 Des 2020

‘Ons sal 2020 onthou’

GRAAD

7

Covid-19 het alles verander vir hierdie jaar se graad 7’s.

Ons het ’n paar van hulle gevra hoe hulle dit sal onthou...

Musa Danga vertel vir hom was die grendeltyd eintlik baie lekker. “Ek het ervaar dis glad nie so sleg om by die huis te bly nie, omdat jy baie tyd kry om saam met jou familie deur te bring.”

Aqhamile Olifant sê dit was vir haar sleg dat hulle maande by die huis moes sit en nie kon leer nie. “Dit het my laat agter raak met my skoolwerk. Die lekker-ste deel van die pandemie was toe ons die Jerusalema gedoen het!”

Chandré Mzangwa stem saam dat die Jerusalema-dans ’n hoogtepunt was. “Dit het my gelukkig laat voel omdat dit ’n groeps-aktiwiteit was.” Vir haar

was die slegste van die jaar die skoolhoof, mnr. Hennie Ferreira, se afsterwe. “Ek mis hom, veral vir die at-letiek. Hy het altyd in ons belanggestel.”

Ook vir Petra Manuel was dit ’n groot verlies: “Hy was ’n baie goeie Meneer en het vir my per-soonlik baie beteken.”

Dit was baie lekker dat hulle ná hul terugkeer skool toe net gr. 7’s in die klas was, in plaas van gr. 6 en 7 saam, sê George Willemse. “Ons het baie lekkerder gewerk. Dit was goed om elke tweede dag by die huis te bly maar dit was nie altyd lekker nie. Ek het my maats baie gemis en my skoolwerk het ’n bietjie agter geraak.”

Harshall Ketttledas voel niks van Covid-19 was vir hom goed nie. “Ek het dit vroeër in die jaar geniet toe ons strand toe gestap

het. Die grendeltyd was vervelig. Ek het skool gemis en om saam met my maats te speel en rond te loop.”

Siphiwokuhle Galada vertel hy het tydens die grendeltyd op die plaas vir sakgeld gewerk en dit was

baie lekker. Hy het wel bietjie agter geraak met sy skoolwerk, maar het dit geniet om net elke tweede dag skool toe te kom. “Dit was ook goed dat daar nie ’n ander graad in ons klas was nie. Dit het gevoel of ons vinniger werk.”

Nicole Matroos sê sy was bly toe die skool weer oopgaan en sy haarmaats kon sien. “Maar in die gren deltyd was dit tog lek ker om as familie te sit en grappe te maak en saam te lag.”

’n Bietjie lekker en ’n bietjie sleg... So gesels Sandwater se graad 7’s oor hulle laaste laerskooljaar te midde van Covid-19 regulasies

BOONSTE RY: Aqhamile Olifant, Asanda Williams, Brandwell Kees, Chandre Mzangwa, Demetrio Engelbrecht, Emma Majola, Esihle Nofemele, George Willemse. MIDDEL: Harshall Kettledas, Jeremia Jacobs, Johanna Brouwers, Jona-than Khayi, Leah Jacobs, Margaret Daniels, Musa Danga, Nicole Matroos, Petra Manuel. ONDER: Ronaldo Skosana, Rowhaan Kees, Siphiwokuhle Galada, Siphokazi Mekana, Sirusha Filander, Siyamthando Khotshimani, Zander van Rheede, Ziyakhanye Malanti, Zubenathi Khotshimani.

• Lees ook op bl. 2

Page 2: SW Sandwater êreld2020. 12. 19. · die tafel gevee het. Grendeltyd het Sandwater se leerders en personeel tuis gehou en hoewel ons onderwysers hul bes probeer het om kontak te behou

Vrydag 11 Desember 2019onSWSandwater

Primêrêreld2

onSWSandwater

Primêrêreld

Uit die hoof se kantoor:

GRAAD

6

– Me. Shanda van RooyenWaarnemende Hoof

Niemand sal die jaar 2020 vinnig vergeet nie: die eerste kwartaal was skaars verby, toe Covid-19 al ons planne vir die skooljaar van die tafel gevee het. Grendeltyd het Sandwater se leerders en personeel tuis gehou en hoewel ons onderwysers hul bes probeer het om kontak te behou met leerders en hul ouers, was dit nie maklik nie en het kosbare leertyd verlore gegaan.

Erger nog is dat ons hierdie jaar van ons geliefde skoolhoof, mnr. Hennie Ferreira, afskeid moes neem. Sy dood op 19 Julie was ’n reuse slag vir ons skool en word nog elke dag gevoel. Sy leierskap en ervaring word beslis gemis.

Tog was 2020 nie net slegte nuus nie. In die eerste kwartaal het Jaylin Tarentaal gewys dat daar ’n blink atletiekloopbaan vir hom voorlê toe hy danksy die afrigting van mnr. Ferreira deurgedring het na die OP-kampioenskap in Cradock. Ons hoop hy sal volgende jaar weer sy merk maak en wil al ons leerders aanmoedig om deur die vakansie te oefen sodat hulle fiks vir die komende atletiekseisoen sal wees.

Ons het ook vanjaar ’n nuwe ‘familielid’ ryker geword. Me. Laura Napoleon, ons departe-mentshoof, se pragtige babadogter is op 28 Oktober gebore. Sy is tans op kraamverlof en sal weer in Januarie by ons aansluit.

In die Covid-tyd was ons leerders se veiligheid ons eerste prioriteit en ’n spesiale Covid-span het verseker dat ons kinders veilig bly by die skool. Ons was verder bevoorreg om danksy Kouga Windplaas ekstra personeel te hê om ons leerders akademies te help. Nico-lette Matola is aangestel as ’n tweede leesjuf-frou terwyl drie tydelike assistant-onderwysers, Maranda Degenaar, Launick Fortuin en Lachae Jacobs, goud werd was in die klaskamers. ’n Maatskaplike werker, Anelisiwe Kanga, het ook weekliks die skool besoek. Ons is uiters dankbaar teenoor Kouga Windplaas vir hierdie hulp, asook die Oesterbaai Inwonersverenig-ing wat die gemeenskapsaal as klaskamer vir ons leerders beskikbaar gestel het.

Dit was ’n moeilike jaar, maar ek is dank-baar vir elke getroue lid van Sandwater se personeel wat die ekstra myl gestap het om die skool op koers te hou. Ek kan met vertroue sê dat Sandwater steeds kragdadig vorentoe be-weeg het. Dankie aan elke personeellid, ouer en leerder vir hulle toewyding hierdie jaar. Mag almal nou ’n welverdiende ruskansie geniet en ’n geseënde feesseisoen ervaar.

Ons sal Meneer altyd onthou

21 Oktober 1956 – 19 Julie 2020

PERSONEELBOONSTE RY: Mnr. Luzuko Qorana (faktotum), Mee. Antonise Niewenhuis (leesafrigter), Nicolette Matola (leesafrigter), Lachae Jacobs (assistent-onder-wyser), Launick Fortuin (assistent-onderwyser), Maranda Degenaar (as-sistent-onderwyser). ONDER: Mee. Laura Napoleon (departementshoof en waarnemende hoof), Shanda van Rooyen (intermediêre- en seniorfase-onder-wyser en waarnemende hoof), Noni Gogela (grondslagfase-onderwyser), Mariska Grebe (grondslagfase-onderwyser), Liesbeth Kgarebe (graad R-prak-tisyn), Michele Hetjies (sekretaresse).

• Siphiwokuhle Ga­lada: “Toe ek hier gekom het, kon ek glad nie Afrikaans praat nie. Nou praat ek dit vlot. Ek is baie trots daarop!”• Pet ra Manuel : “Ek sal altyd my snoepiewerkery ont-hou! Sandwater het vir my baie as mens beteken.”• Nicole Matroos: “Ek sal die grap-makery onthou, en die juffrouens wat altyd so preek en my vriende.”

• Harshall Kettle-das: “Ek sal onthou hoe ons gespeel het by Sandwater en die pryse wat ek ge-wen het. Dit het my baie bly laat voel. Ook die kans wat ek gekry het om aan die Wow-spelkompetis-ie in Stellenbosch te kon deelneem.”• George Willem-se: “Ek sal die sok-kerspelery pouses onthou.”• Sirusha Filander: “Ek sal my graad 3-jaar onthou. Dit

was die eerste jaar wat daar ’n prysuit-deling was en ek het ’n prys gewen. Dit het my baie goed laat voel.”• Chandré Mzangwa: “Ek sal my maats onthou. Dit is hulle wat Sandwater spesi-aal gemaak het.”• Musa Danga “Al die onderwysers het ons behandel asof ons hulle eie kinders is. Ons het geluister wat die president gesê het. Ons het ons maskers gedra,

gereeld ontsmet en ons sosiale afstand gehou.

“Ek kan nou hoër-skool toe gaan en hoop die Coronavi-rus sal nou vir altyd verdwyn. Ek is hart-seer oor al die fami-lies wat geliefdes verloor het.”• Aqhamile Olifant: “Ek sal al die juf-frouens en die skool mis, want ek is al van graad R af hier, maar ek sien uit daarna om hoërskool toe te gaan.”

BOONSTE RY: Aphelele Matholengwe, Asisipho Swartbooi, Daine Williams, Dumisani Vlotman, Gregan Stevens. MIDDEL: Jaylin Tarentaal, Lathitha Buza-ni, Marlyn Malan, Masanele Mentoor, Maurisha Klaasen. ONDER: Siphokuhle Phezisa, Timonia Smith, Unalo Mangolwane, Zaivy Michaels, Zoey Kettledas

Dít sal hierdie gr.7’s altyd van Sandwater onthou...

Page 3: SW Sandwater êreld2020. 12. 19. · die tafel gevee het. Grendeltyd het Sandwater se leerders en personeel tuis gehou en hoewel ons onderwysers hul bes probeer het om kontak te behou

Vrydag 11 Desember 2020 onSWSandwater

Primêrêreld 3

GRAAD

5

GRAAD

4

GRAAD

3

BOONSTE RY: Achuma Sam, Akhani Mhlakaza, Caitlin Skosana, Flowerdine Peer, Jappie Engelbrecht, Leeroy Rolli-son, Lihlumile Mnqandi, Likhanye France. ONDER: Linathi Menzi, Marshall Tarentaal, Morne Ruiters, Petrus Farley, Petrus Williams, Ricado Engelbrecht, Simamkele Mgqubeni, Sinalo Danga, Warren Kees.

BOONSTE RY: Akhumzi Mnqandi, Anathi Lam-ani, Andile Kettledas, Anelisa Williams, Aslin Maya, Athanathi Khayi. TWEEDE RY: Ayabule-la Sali, Elihle Olifant, Florence Arends, Florita Notwala, George Majola, Iviwe Ndamase, Johan-dre Jansen. DERDE RY: Kaylin Tarentaal, Keano Jacobs, Linche Witbooi, Natasha Williams, Na-than van Rooyen, Olo-na Ngqokotho, Oyama Janba. ONDERSTE RY: Oyama Mafa, Phume-lela Rollison, Roshaad Kettledas, Rowan Peer, Sinekamva Ndawo, Si-nentlathla Nqonqode, Thandokuhle Hoyi.

BOONSTE RY: Ahlumile Mtana, Asive Lombo, Azile Mzangwa, Beno-dine Daniels, Chaney Jansen, Christy Jansen. MIDDEL: EsauTrompet-ter, Felicity Rawlison, Indiphile Mhlakaza, In-ganathi Olifant, Irene Jansen, Joulien Engel-brecht, Jo-Wilfred Kga-rebe. ONDER: Junior Lesley, Kelly Klaasen, Marshall Tarentaal , Melvin Smith, Raynique Potgieter, Sinothando August.

Page 4: SW Sandwater êreld2020. 12. 19. · die tafel gevee het. Grendeltyd het Sandwater se leerders en personeel tuis gehou en hoewel ons onderwysers hul bes probeer het om kontak te behou

Vrydag 11 Desember 2020onSWSandwater

Primêrêreld4

GRAAD

2

GRAAD

1

GRAAD

R

BOONSTE RY: Aluthando Keyi, Be-yon Mackenzie, Chandre Jansen, Chaney Brouwer, Danilia Mtimkulu. MIDDEL: Imihlalihleli Gosani, Imi-nathi Danga, Jaymie Settley, Joswin Juries, Liam Baartman, Maurice Jansen. ONDER: Olwabo Malanti, Olwam Malanti, Sibulele Mnqandi, Zane Jansen, Zizipho Ndamase.

BOONSTE RY: Amahle Ngqokotho, Amahle Nkantsha, Amelihle Mak-wethu, Aminathi Nkantsha, Amthande Rala. MIDDEL: Anethemba Sali, Athenkosi Khayi, Dumaney Goeda, Francisca Louw, Owethu Kees, Phelo Matholengwe. ONDER: Sivenathi Tok-we, Someleze Mcuno, Sphiwe Goeda, Winay Louis, Zukhanye Ndawo.

BOONSTE RY: Abigaile Klaasen, Avuyile Silingana, Britney Peer, Elihle Khotsimani, Gerald Malan. MIDDEL: Gretchen Lodewyk, Jamile Maya, Jennifer Engelbrecht, Khanyiswa Rollison, Leondre Micheals, Liyema France. ONDER: Lukhanyile Khese, Octavia Jantjes, Palesa Witbooi, Riaan Peer, Thato Lucas, Thokozile Witbooi.