19
Uitgawe 511 7 Februarie 2019 Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms Taalmonument Deur Gert Theart. In die eerste uitgawe vir 2019 van Bloem Snippets is die onderstaande foto gepubliseer, met die vraag waar is die foto geneem en wat is die simboliek. Slegs twee persone het gewaag om te laat waar, die een persoon het Orania aangedui en die ander persoon was korrek met Kathu in die Noord-Kaap. Geen persoon het die simboliek gewaag nie. Die foto is geneem by ingang na die Kalahari Country Club. By die golf word gereeld die Kalahari Classis golftoernooi aangebied en verskeie groot internasionale speler het al ‘n hou of twee op die baan geslaan. Daagliks ry daar mense by die klipformasie verby en is onbewus van simboliek en oorsprong van die klipformasie/monument. Op die heel regterkantse klip is die woorde Taalfees 1975. Dit is dieselfde jaar waarin die bekende taalmonument in die Paarl ingewy is, met die klem op die bekende. Verskeie mense het al die fout gemaak om te dink daar is slegs die een taalmonument in Suid-Afrika. In verlede week se uitgawe is verwys na die oudste taalmonument in Suid-Afrika. As deel van die inwyding van die Taalmonument in die Paarl was daar verskeie fakkelroetes, waarop ‘n fakkel van een dorp na ‘n ander dorp gedra is op pad na die Paarl. In verskeie dorpe is dan kleinere Taalmonumente opgerig en onthul wanneer die fakkel die dorp bereik. So dan daardie dag ‘n Taalfees gehou. Die monumente was nie een so indrukwekkend soos die monument in die Paarl nie. Die monument in Louis Trichardt is ‘n groot kliprots met ‘n ets van die Taalmonument in die Paarl op en dan die inskripsie. Die monument in Kathu is die enigste monument wat dieselfde simboliek as Paarl se Taalmonument het. Die rotse begin klien en gaan dan al hoër om die groei in die taal aan te dui. In 2010 het die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl, begin met ‘n opname van taalmonumente in Suid-Afrika. Gou was dit duidelik dat daar ongeveer 18 taalmonumente in Suid-Afrika is. Verlede week het die Taalmonument-museum ‘n lys aan Bloem Snippets beskikbaar gestel wat tans 40 plekke aandui met taalmonumente. In Burgersdorp is die oudste monument, met ‘n kleurryke geskiedenis. Die inskripsie op die monument: “Vryheid voor de Hollandsche taal”, dui daarop dat die monument opgerig is as nagedagtenis aan die stryd van die Hollandse taal. Ons kan wel aanvaar dat die monument die eerste Afrikaanse monument was, omdat die Hollands wat deur die mense op daardie stadium gepraat is, reeds taalkundig sover van Hollands verskil het, dat dit nie meer ‘n variant van Hollands genoem kon word nie. Die monument is tydens die Anglo-Boereoorlog deur die Britse soldate verwyder. In 1907 het die Britse regering ‘n replika opgerig, omdat die oorspronklike monument nie opgespoor kon word nie. In 1939 is die geskende beeld in King William’s Town opgespoor. Die beeld is in sy geskende toestand in 1957 agter die replika opgerig. Kroonstad, het die tweede oudste taalmonument. Die monument is in 1959 opgerig in Hillstraat, Jukskeipark, tydens die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge) se landwye taalfees. Die inskripsie op die monument: “Die Wonder van Afrikaans 1959”. Welkom het ook tydens die fees ‘n taalmonument gekry, wat opgerig is in Araratweg, Van Riebeeckpark. Op die monument verskyn ook die woorde “Die Wonder van Afrikaans” soos op die monument in Kroonstad. In 1993 is die monument gedeeltelik verwoes in ‘n opsetlike ontploffing, maar is kort daarna weer herbou. Tydens die vieringe in verband met die Taaljaar, 1975, is ʼn hele aantal taalmonumente dwarsdeur die land opgerig, o.a.: Paarl, Touwsrivier, Worcester, Oos-Londen, Petrus Steyn, Reddersburg, Reitz, Ventersburg, Johannesburg, Louis Trichardt, Belfast, Ermelo, Ohrigstad, Delareyville en Lichtenburg.

Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

Uitgawe 511 7 Februarie 2019

Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms

Taalmonument

Deur Gert Theart.

In die eerste uitgawe vir 2019 van Bloem Snippets is die onderstaande foto gepubliseer, met die vraag waar is die foto geneem en wat is die simboliek. Slegs twee persone het gewaag om te laat waar, die een persoon het Orania aangedui en die ander persoon was korrek met Kathu in die Noord-Kaap. Geen persoon het die simboliek gewaag nie.

Die foto is geneem by ingang na die Kalahari Country Club. By die golf word gereeld die Kalahari Classis golftoernooi aangebied en verskeie groot internasionale speler het al ‘n hou of twee op die baan geslaan. Daagliks ry daar mense by die klipformasie verby en is onbewus van simboliek en oorsprong van die klipformasie/monument. Op die heel regterkantse klip is die woorde Taalfees 1975.

Dit is dieselfde jaar waarin die bekende taalmonument in die Paarl ingewy is, met die klem op die bekende. Verskeie mense het al die fout gemaak om te dink daar is slegs die een taalmonument in Suid-Afrika. In verlede week se uitgawe is verwys na die oudste taalmonument in Suid-Afrika.

As deel van die inwyding van die Taalmonument in die Paarl was daar verskeie fakkelroetes, waarop ‘n fakkel van een dorp na ‘n ander dorp gedra is op pad na die Paarl. In verskeie dorpe is dan kleinere Taalmonumente opgerig en onthul wanneer die fakkel die dorp bereik. So dan daardie dag ‘n Taalfees gehou. Die monumente was nie een so indrukwekkend soos die monument in die Paarl nie. Die monument in Louis Trichardt is ‘n groot kliprots met ‘n ets van die Taalmonument in die Paarl op en dan die inskripsie.

Die monument in Kathu is die enigste monument wat dieselfde simboliek as Paarl se Taalmonument het. Die rotse begin klien en gaan dan al hoër om die groei in die taal aan te dui.

In 2010 het die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl, begin met ‘n opname van taalmonumente in Suid-Afrika. Gou was dit duidelik dat daar ongeveer 18 taalmonumente in Suid-Afrika is. Verlede week het die Taalmonument-museum ‘n lys aan Bloem Snippets beskikbaar gestel wat tans 40 plekke aandui met taalmonumente.

In Burgersdorp is die oudste monument, met ‘n kleurryke geskiedenis. Die inskripsie op die monument: “Vryheid voor de Hollandsche taal”, dui daarop dat die monument opgerig is as nagedagtenis aan die stryd van die Hollandse taal. Ons kan wel aanvaar dat die monument die eerste Afrikaanse monument was, omdat die Hollands wat deur die mense op daardie stadium gepraat is, reeds taalkundig sover van Hollands verskil het, dat dit nie meer ‘n variant van Hollands genoem kon word nie. Die monument is tydens die Anglo-Boereoorlog deur die Britse soldate verwyder. In 1907 het die Britse regering ‘n replika opgerig, omdat die oorspronklike monument nie opgespoor kon word nie. In 1939 is die geskende beeld in King William’s Town opgespoor. Die beeld is in sy geskende toestand in 1957 agter die replika opgerig.

Kroonstad, het die tweede oudste taalmonument. Die monument is in 1959 opgerig in Hillstraat, Jukskeipark, tydens die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge) se landwye taalfees. Die inskripsie op die monument: “Die Wonder van Afrikaans 1959”.

Welkom het ook tydens die fees ‘n taalmonument gekry, wat opgerig is in Araratweg, Van Riebeeckpark. Op die monument verskyn ook die woorde “Die Wonder van Afrikaans” soos op die monument in Kroonstad. In 1993 is die monument gedeeltelik verwoes in ‘n opsetlike ontploffing, maar is kort daarna weer herbou.

Tydens die vieringe in verband met die Taaljaar, 1975, is ʼn hele aantal taalmonumente dwarsdeur die land opgerig, o.a.:

Paarl, Touwsrivier, Worcester, Oos-Londen, Petrus Steyn, Reddersburg, Reitz, Ventersburg, Johannesburg, Louis Trichardt, Belfast, Ermelo, Ohrigstad, Delareyville en Lichtenburg.

Page 2: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

Lekker verjaar …,

Lekker verjaar!!!! van u, vriende, kollega’s en families.

8 Febr Luandré Nel 11 Febr Gert Strydom

Besoek ons web tuiste vir meer inligting by: www.rivierboot.co.za

en skakel Paul Scheepers vir bespreking - 0724594995

Page 3: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

Plot 35, 9de Laan, Kelly's View,

Bloemfontein

KAARTJIE VERKOPE Kiki Corner (051-4465666) Langenhoven Park, Pick 'n Pay-sentrum. Sommige kaartjies sal beskikbaar wees by Toms Musiek Winkel (051-4300665), 59 on Plenty(Levisseur Gallery) , hulle no. is 0514441683 of 0826726157 Hulle is op die h.v. Dan Pienaar rylaan en Levisseur St. ook by die deur beskikbaar indien nie uitverkoop. Jy sal in die meeste gevalle afslag kry as jy jou kaartjies vooraf koop by bogenoemde verkopers. As jy te ver is of nie iewers of betyds kaartjies kry nie, epos jou naam, sel nommer en die vertoning wat jy wil bywoon en hoeveel mense julle gaan wees na [email protected] of bel vir Lollie op 0797967975 vir 'n bespreking.

Meer inligting op

http://vulture-aasvoelclub.com/events-page/ Alle vertonings begin 8 nm tensy anders vermeld. 9 Febr – Concrete Chapel – R50 14 Febr – Dawie de Jager – R100 1 Mrt – Spoegwolf – R100 tot R220 2 Mrt – Keelvol – R110 15 Mrt – Andrea Bocelli Tribute by Jacobus Silwer featuring Cezanne – R150 30 Mrt – Touch of Class – R130

Kom kuier gerus ook van

Dinsdag tot Vrydae 08h30 tot 17h00.

Nota: Oppad vir jou Paspoort/ID in

Bultfontein kom geniet ietsie by

Truksvy

TRUKSVY 076 7688 726

09 Februarie Kom kies van ons spyskaart

of bespreek vir jou ‘n afval, tuisgebakte

brood met botter @ R280 (genoeg vir 3-4 persone)

10 Februarie

Ontbyt tot 10h00 Selfskep ete 12h30 en die Sondag is dit

SKAAPSTOWE en HOENDERPASTEI natuurlik ook met tuisgebakte brood,

bykosse en nagereg @ R140 pp

VALENTYNS

PRYSE PER PAARTJIE

BED EN ONTBYT @ R750-00

BED EN BEDERFMANDJIE MET SJOKOLADE EN VONKELWYN @ R1000-00

Bespreek vir jou ‘n tafel vir die aand van 14 Febr. Blik-kas-paai maak oop die 09 Febr

net oorkant Truksvy, kom loer gerus. Boeke, geskenke, oudhede !!!

Krona’s Freerange Chickens Whatsapp

072 391 1018 vir ‘n volledige pryslys, en

afleweringsdatum

Kerriesosaties, gemarineerde/ongemarineerde heel hoenders of porsies. Plaas jou bestelling

betyds vir Februarie in Bloemfontein.

Bestellings bo R300 is gratis.

COKE HOENDER : 1,5 kg hoender, 200 ml blatjang, 200 ml appelkooskonfyt, 375 ml Coke, 200 ml tamatiesous. Sit hoender in oondpan. Meng res van bestanddele goed en gooi bo-oor. Bak @ 180 tot gaar. Ek bak dit so tussen 60 en 90 minute.

SAND DU PLESSIS THEATRE

12 March 2019 @ 19:00

Tickets range from R250 to R350

Page 4: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

Spyskaart

Ontvangsdrankie

Voorgereg

Gerrokte salm, avo en vismouse timball

Hoofgereg

Hoenderrol, Skaapribbetjie, Beesrol gestop met kersies Lavenderrys, Gebakte aartapples

Butternut & Beet en granaat, gebraaide groente Blomkool/brocoli gestoom met botter en room

Tamatie, mozarella, bazil Kaas, beskuitbord

Nagereg

Cacao, crepe suzette Roomys, vrugte couli

Koffie – tee toonbank

±15km op N1 suid vanaf Hyperama Checkers

Kontak: Jackie Steyn

082 5 777 323 [email protected]

Page 5: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

11 – 17 Jan

Dominee Tienie 10-12PGL Fri –Thu; 12:00, 14:00, 16:00, 18:00, 20:00 How To Train Your Dragon 3 3D

7-9PGV

Fri – Thu; 11:45, 13:45, 15:45, 17:45, 19:45 On The Basis Of Sex 13DLPS Fri – Thu; 15:00, 20:00 Aquaman 3D 13DLPV Fri – Thu; 12:00, 14:30, 17:30, 20:00 Bohemian Rhapsody 13DLS Fri – Thu; 12:15, 17:30 Please Note: Show times may vary due to unforeseen schedule changes, contact the cinema for up to date information.

• Homemade Pizza on Friday evening between 18h00

and 21h00 Come and try our new Mexican Pizza with Spicy

Beef Mince, topped with Guacamole & Tortilla Style Chips

ONLY R90

• Any Gourmet Hamburger with your choice of any

400ml Craft Drink from The Famous Brew

& Still for 100 bucks on Saturday.

FREE Jumping Castle with Splash Pool for all

the children on Saturday and Sunday.

• Two Course Sunday Buffet Lunch only

R160pp Paprika & Red Wine Beef Stew

Chicken Roulade

Brown Rice with Lentils

Mashed Green Beans with a little bit of Cream Cheese

Coriander Pesto Grilled Sweet Corn

Toss Salad with Capers

Pan Cakes with a Variety of Fillings & Ice Cream

PLEASE BOOK YOUR TABLE IN ADVANCE TO AVOID DISAPPOINTMENT –

phone Rudi 083 432 9927

P L E AS E N OT E T HA T ST O C KS A RE L I M I T E D A N D

T H AT T E RMS AN D CON D I T I ONS APP L Y .

P RE FE RE N C E W I L L B E G I V EN T O

RE S E RV A T I ONS .

Page 6: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday
Page 7: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

KAARTJIES IS BESKIKBAAR BY KIKI CORNER IN LANGENHOVENPARK OF KAN BESPREEK WORD BY

[email protected] navrae 079 387 3614

Vertonings begin om 19h30 Onthou ook van die paintball by MEERKATKOLONIE vir die kinders.

Skakel Pieter vir navrae by 079 664 6814

KONTAK 079 387 3614 vir volledige program of besoek ons facebookblad.

We are daily exposed to different kinds of stress: Mechanical - such as injury, strain or bad posture. Chemical - such as air pollutants, additives and colorants in food. Mental / Emotional - such as circumstances outside of your control having an emotional effect on you. Releasing body stress will allow your body to cope better with your daily life and restore your natural state of self healing. Body stress release is a gentle non-therapeutic technique and does not treat any condition.

Werner Frylinck MBSRA (SA)

Bloemfontein

062 910 2531 [email protected]

www.bodystressrelease.com

Page 8: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday
Page 9: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

Bella-Claire

52A Besselsen str.

Universitas

Bloemfontein

082 773 3400

Wêreldbiddag vir Vroue 1 Maart 2019 @ N.G Hugenoot,

Picardystraat 2, Bayswater (18h00) Gasspreker: Ds. Elsa Meyer

Page 10: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday
Page 11: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

Baie welkom by UNIKUM BROKKIES

Doen minder....

Ek lees hierdie interessante artikel raak...wat gaan jy minder doen in 2019?

Dis ‘n vreemde vraag en laat ‘n mens nogal dink! Gewoonlik is die vraag eerder wat gaan jy

meer doen?

Wanneer jy die vraag vir jouself begin antwoord, bring dit nogal ‘n stukkie openbaring van

wat in jou eie lewe aan die gang is. Dit gee jou ‘n eerlike weergawe van die gesondheid van

jou eie menswees.

Jy kan dalk besluit om minder te rook hierdie jaar, minder te drink, minder te worry, minder

te skinder, minder te baklei, minder ontevrede te wees, minder ongesond te leef, minder

spandabelrig te wees, minder hoogmoedig te wees, minder onseker wees, minder

minderwaardig wees, minder perfek wees.....daar is nog baie om by die lys van minder te

voeg.

Maak jou lysie van minder vir 2019...en kyk wat leer jy omtrent jouself!

Never too old ~ too bad ~ too broken ~ too late ~ to make a new beginning

Jannine Bester ~ BA(Hons) Geregistreer CCSA (CO 2044)

Tall Trees Fasiliteerder Tel 082 902 3556, Epos [email protected]

Page 12: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday
Page 13: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday
Page 14: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday
Page 15: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

The University of the

Third Age (U3A)

will meet on Thursday, 21 Febr, at 10:00

at the Synagogue Hall, 1 Dickie-Clark Street, Dan Pienaar,

for a talk by Prof Johan Grobbelaar on "Franz Schubert".

Everyone is welcome.

Entrance costs R10 for non-members.

For further information,

call Jackie Badenhorst 082 570 1203.

Alzheimer’s SA:

Vrystaatstreek

Inligtingspraatjie

Alzheimer’s SA se Vrystaat-kantoor bied ‘n Alzheimer’s inligtingspraatjie aan:

Onderwerp:

Verskil tussen demensie, Alzheimer’s en ouderdomsverwante-vergeetagtigheid

Plek: Fichardtpark Biblioteek

Datum: 14 Februarie 2019 Tyd: 9:00 tot 13:00

Koste: ‘n Donasie sal verwelkom word

Bespreek jou plek deur ‘n epos te stuur aan [email protected] of ‘n sms aan 071 381 8953

As jy bekommerd is oor jou geheue of meer te wete wil kom oor demensie en Alzheimer’s kom luister gerus na

hierdie praatjie

Page 16: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

Donderdagaand 14 Febr vanaf 18h00

Kostes R225 per persoon En sluit die volgende in:

1) Verwelkomingsdrankie in

Kom ontmoet broumeester, Phillip Coetzer.

2) Heerlike

deur Paul/Derick (Rush Hour) tot 23h00 die aand.

3) ‘n Keuse uit een van die volgende PLATTERS FOR TWO:

Seafood Platter for 2 2 x 180g Beer Battered Hake Fillets

6 x Queen Prawns infused with Lemon & Garlic

2 x Seafood Mussel Potjies Toasted Flat Bread with Tartare Sauce

4 x Pan Fried Halloumi Potato Wedges

Summer Salad with Kiwi & Strawberries

Meaty Platter for 2 2 x 250g Rump Steaks

with Brandy & Black Pepper Sauce Spare Riblets

Crumbed Chicken Strips with Dip 6 x Peppadew Sausages 4 x Pan Fried Halloumi

Potato Wedges Summer Salad with Kiwi & Strawberries

Surf & Turf Platter for 2 2 x 250g Rump Steaks with Brandy & Black Pepper Sauce

Crumbed Chicken Strips with Dip 1 x 180g Beer Battered Hake 2 x Seafood Mussel Potjies

4 x Pan Fried Halloumi Potato Wedges

Summer Salad with Kiwi & Strawberries

PLEASE BOOK YOUR TABLE IN ADVANCE TO AVOID DISAPPOINTMENT –

phone Rudi 083 432 9927

Die 8 Mile Club is ‘n eksklusiewe groep van 120 swemmers wat deelneem aan al 8 items by die aQuellé Midmar Mile. Die fondse wat ingesamel word, word aan organisasies geskenk wat geen regeringshulp ontvang nie.

Vanjaar sal dit die sesde jaar wees wat Esmari

Theart deelneem en die uitdaging gaan aanpak ten bate van CHOC (kinders met kanker). Die 8

Mile Charity Challenge vind saam met die aQuellé

Midmar Mile op 9 en 10 Februarie 2019 plaas. Hierdie is die grootste Ope Water swembyeenkoms in die wêreld.

Persone of besighede wat Esmari se poging goedgesind is kan dit doen deur hier te kliek

<Donate>

Besighede kan ‘n op die link aanvra vir hul Section 18A Tax Certificate.

Vir meer inligting kontak Esmari per epos by

[email protected]

Page 17: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

met

Martin Mans (Nederland) & Jan Elsenaar (Suid-Afrika)

13 Febr 19:30

Odeion

Kaartjies R 100.00 p/p en sal ook by die deure beskikbaar wees.

Of skakel Jackie: 072 226 0236 Marianne: 076 241 0216

8 Feb, 19h, te planetarium Naval Hill, R60

I hear a Rhapsody (G Fragos, J Baker, D Gasparre)

Heinrich Lategan (vibrafoon), Petro Engelbrecht

(klavier), Jaco de Wet (kontrabas), John Smit (dromme)

He shall feed his flock, uit Messias (GF Handel); In quelle trine morbide, uit “Manon Lescaut “ (G Puccini)

Mirriam Bokala (sang), Margot Viljoen (klavier)

Kol Nidrei , Op 47 (M Bruch)

Piet van Rooyen (tjello), Petro Engelbrecht (klavier)

Polka duet (S Rachmaninoff)

Louri Coetzee (klavier), Ester de Beer (klavier)

Bring jou hart (Theuns Jordaan en Juanita du Plessis),

Can’t help falling in love (Elvis Presley)

Esther Jordaan (sang, kitaar), Estè Schepers (sang)

Chant sans Paroles, Op 2, No 3 (P Tchaikovsky),

Cavatina, uit 6 Morceaux (J Raff),

Hilletje Moller (viool), Piet van Rooyen (tjello),

Petro Engelbrecht (klavier)

Concerto in G, RV 443 (Vivaldi)

Renee Ferreira (blokfluit), Inez Ferreira (klavier)

Bach to the 20’s (AD Boden / P Engelbrecht)

Heinrich Lategan (vibrafoon), Hilletje Moller (viool),

Piet van Rooyen (tjello), Jaco de Wet (kontrabas) Mirror in Mirror (A Pärt)

Hilletje Moller (viool), Petro Engelbrecht (klavier)

E-pos [email protected] vir kaartjie verkope en verdere

inligting. Of skakel Petro (0828245507) of Trix (0820949116)

The University of the Third Age ((U3A)

will meet on Thursday, 7 February 2019,

at 10H00 at the Synagogue Hall,

1 Dickie-Clark St., Dan Pienaar,

for a talk by Mathew Huber on "The

Development of Life Through Earth's

History".

All welcome.

A R10 fee is charged for guests.

For further information, contact Dr

Bernhardt Meyer, 082 823 8557.

Page 18: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday
Page 19: Taalmonument - bloemsnippets.co.zabloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_… · FREE Jumping Castle with Splash Pool for all the children on Saturday and Sunday

Country Craft TUINDIENSTE

Elke huis het ‘n mooi tuin nodig.

Die tyd van die jaar waar alle voorbereidings getref word. Beddings voorberei met kompos.

Gras kort gesny word.

Alle onkruid in beddings, op plaveisels en op grasperke verwyder word.

Beste diens, eenmalig nou of maandelikse diens.

Gratis kwotasies. Hou self toesig.

Kontak

Schallie 082 803 0873 [email protected]