24

Teks: Rom 7:23

  • Upload
    diata

  • View
    51

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Teks: Rom 7:23. “gevangene van die wet”. Hoe gevange?. 1. Sonde: Gal 3:22 2. Satan: Luk 13:16 3. Eie sisteme (polities, finansie ël): Ps 9:16 4. Depressie: Ps 88:9 5. Eie woorde: Spr 6:2. Gevangene in skool Gevangene in portuurgroep/vriendekring Gevangene in my werk - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Teks: Rom 7:23
Page 2: Teks: Rom 7:23

Teks: Rom 7:23

“gevangene van die wet”

Page 3: Teks: Rom 7:23

Hoe gevange?

1. Sonde: Gal 3:22

2. Satan: Luk 13:16

3. Eie sisteme (polities, finansieël): Ps 9:16

4. Depressie: Ps 88:9

5. Eie woorde: Spr 6:2

Page 4: Teks: Rom 7:23

• Gevangene in skool

• Gevangene in portuurgroep/vriendekring

• Gevangene in my werk

• Gevangene in my huwelik

• Gevangene in die huis

• Gevangene in emosionele stryd

• Gevangene in myself

Page 5: Teks: Rom 7:23

7 S l e u t e l sHulp om vry te kom (Ps 71:4; Ps

97:10)

Page 6: Teks: Rom 7:23

1: Vergewende liefde

• ...vergewe mekaar se foute en gee aan elkeen 'n vars, nuwe begin.

• Gevolg: Familielede ervaar hulle word met onvoorwaardelike liefde aanvaar.

• Ontdekking: God vergewe ons, want Hy werk met genade.

Page 7: Teks: Rom 7:23

2: Dienende liefde

• ...maak erns met mekaar se behoeftes en probeer daaraan voldoen.

• Gevolg: Familielede ervaar begrip en waardering.

• Ontdekking: God dra ons belange op sy hart.

Page 8: Teks: Rom 7:23

3: Volhardende liefde

• ...hou uit en aan ten spyte van probleme en moeilikhede.

• Gevolg: Familielede ervaar beloftes word nie net gemaak nie, maar ook gehou.

• Ontdekking: God sal die goeie werk wat Hy in ons begin het, vir seker klaarmaak.

Page 9: Teks: Rom 7:23

4: Beskermende liefde

• ...maak van 'n familie 'n veilige hawe.

• Gevolg: Familielede ervaar dat hulle veilig en geborge is.

• Ontdekking: God is ons 24-uur-7-dae-52-weke-Beskermer.

Page 10: Teks: Rom 7:23

5: Feesvierende liefde

• ...laat elke familielid spesiaal voel.

• Gevolg: Familielede ervaar hulle word vertroetel en is belangrik.

• Ontdekking: God jubel en juig oor ons.

Page 11: Teks: Rom 7:23

6: Vernuwende liefde

• ...verfris, versterk en ondersteun die familieband.

• Gevolg: Familielede ervaar daagliks 'n vars sekerheid dat hulle aan mekaar behoort.

• Ontdekking: God se trou is elke môre vars en nuut.

Page 12: Teks: Rom 7:23

7: Vriendskapsliefde

• ...het elkeen se goeie lief, vier die verskille en leef saam met die slegte.

• Gevolg: Familielede ervaar lewenslange "commitment" en vriendskap.

• Ontdekking: God is ons beste Vriend.

Page 13: Teks: Rom 7:23

Dank vir bevryding

Page 14: Teks: Rom 7:23

10 waardevolle wette

Eerste gebod: Ek, die Here jou God, belowe jou dat as Ek die eerste plek in jou lewe inneem, jy geen ander gode sal wil dien nie – Ek sal die eerste en ereplek in jou lewe hê.

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 15: Teks: Rom 7:23

Tweede gebod: As ek in jou hart is, belowe Ek dat jy geen gesnede beeld van My sal maak nie. Dit sal nie nodig wees nie, want jy sal self my beeld dra. Onthou, die Heilige Gees maak dat jy al hoe meer lyk soos Ek jou wil hê.

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 16: Teks: Rom 7:23

Derde gebod: As jy My liefhet, sê Jesus, belowe Ek jou dat my Naam nooit as 'n vloekwoord of ligtelik of tot jou eie voordeel misbruik sal word nie, maar steeds in alle omstandighede deur jou in ere gehou sal word.

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 17: Teks: Rom 7:23

Vierde gebod: As Ek die ereplek in jou lewe het, daardie spesiale eerste plek, belowe Ek jou dat die Sondag die hoogtepunt van die week vir jou sal wees. Dit sal vir jou 'n vreugde wees om kerk toe te gaan – nie 'n dag om na op te sien nie, maar om na uit te sien! Dit sal 'n dag wees waar jy saam met die res van my familie by My, jou hemelse Vader, se voete kan kom sit.

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 18: Teks: Rom 7:23

Vyfde gebod: As Ek jou lewe is, belowe Ek jou dat dit vir jou 'n voorreg sal wees om jou ouers te eer en lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want agter hulle sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies en geleen het. Ouers, leef so dat julle kinders My in julle lewe raaksien, dan belowe Ek julle dat hulle My nog sal volg tot in hulle oudag.

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 19: Teks: Rom 7:23

Sesde gebod: Ek belowe jou dat as jy met my sagte oë na mense kyk, jy nooit iemand sal wil seermaak of kwaad aandoen nie, wat nog te sê doodmaak.

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 20: Teks: Rom 7:23

Sewende gebod: Ek belowe jou dat as jy My liefhet, dit nie vir jou moeilik sal wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. Gee My die ereplek in julle huwelik en Ek sal julle liefde vir mekaar soos 'n vlam aan die brand hou en julle geluk in my hande bewaar en vashou.

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 21: Teks: Rom 7:23

Agste gebod: As Ek op die troon van jou lewe sit, belowe Ek dat jy nie daarop gesteld sal wees om iets van 'n ander te neem nie. Jy sal elke dag vra: Waar en aan wie kan ek iets géé? Maar néém? Nee, nooit!

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 22: Teks: Rom 7:23

Negende gebod: As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van 'n ander kwaad te praat nie. Ek belowe jou dat Ek jou deur my Gees 'n lojale mens sal maak wat die goeie in ander mense soek en daarom nooit 'n woord sal sê as dit nie iets goeds kan wees nie.

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 23: Teks: Rom 7:23

Tiende gebod: Ek belowe dat Ek jou deur my Gees so met dankbaarheid sal vul dat jy niks meer sal begeer nie. Jy sal tevrede wees met wat jy het en besef dat God gee soos Hy dit nodig vind. As Hy gee, gee Hy altyd genoeg sodat niks jou sal ontbreek nie.

Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

Page 24: Teks: Rom 7:23