3
In die sanderige gronde van suidelike Afrika, behalwe die westelike dele, kom die Terminalia sericea verspreid en volop voor. Ten spyte van sy slegte reputasie (aanduiding van armoedsgronde en dus moeilik vir veeboerdery), is dit 'n baie nuttige boom, want: Dit hou die sandgrond vas en verryk dit met organiese materiaal (Terminalia s. is bladwisselend) - Dit bied skaduwee en beskerming aan mens en dier. - Dit is onder inheemse bevolking van veelvuldige medisinale waarde. Terminalia sericea E: silver cluster-leaf, silver terminalia A: geelhout, vaalboom of –bos D: Gelbholz, Fahlbaum H: omuseyasetu Hierdie naam GEELHOUT wys vir ons duidelik die probleem van volksbenaminge van plante: GEELHOUT nommer 1: Suidafrikaanse nationale boom, tot 35 m hoog, wetenskaplike naam: Podocarpus latifolius GEELHOUT nommer 2: Amerikaanse yellow wood, wetenskaplike naam: Cladrastis kentukea GEELHOUT nommer 3: Namibiese geelhout, ook vaalbos genoem, wetenskaplike naam: Terminalia sericea Daarom sal ek daarna verwys as Terminalia sericea. Dit groei struikagtig, maar ook tot groot pragtige bome. Die stam groei regop, is bedek met grys gegroefde bas, die takke groei vertikaal weg van die stam, die veral jong blare skyn silwer in sonskyn a.g.v. die digte fluweelagtige witterige pelsie, die blom ruik intensief onaangenaam, die gevleuelde vrugte lyk pienk tot rooi. In winter verloor dit sy blare. Terminalia sericea met vars lenteloof en blomme Blom Terminalia sericea vol vrugte Terminalia sericea boom in volle blom - Die hout is sterk, taai en hard en mooi (pondokbou, droppers vir lyndrade, brandhout. gereedskaphandvatsels) - In droogtetye lewer dit tog waardevolle blaarvoer (groen of droog op die grond in wintertyd) vir blaar- en grasvreters. As beeste die droë blare van die grond af vreet en saam daarmee te veel sand optel, kan dit gebeur dat hulle siek word. Die sand versamel onder in die maag (rumen), sedimenteer, kompakteer tot soort van “klip” en verhoed sametrekking van die maag, wat vir die verteringsproses noodsaaklik is. Die dier se vertering is versteur, as die sand die derms irriteer, kry dit diarree of die maag staan stil. Uiteindelik vrek die bees, tensy die veearts die "klip" operatief verwyder.

Terminalia sericea (Geelhout, Gelbholz)

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Terminalia sericea (Geelhout, Gelbholz)

In die sanderige gronde van suidelike Afrika, behalwe die westelike dele, kom die Terminalia sericea verspreid en volop voor. Ten spyte van sy slegte reputasie (aanduiding van armoedsgronde en dus moeilik vir veeboerdery), is dit 'n baie nuttige boom, want: Dit hou die sandgrond vas en verryk dit met organiese materiaal (Terminalia s. is bladwisselend) - Dit bied skaduwee en beskerming aan

mens en dier. - Dit is onder inheemse bevolking

van veelvuldige medisinale waarde.

Terminalia sericea E: silver cluster-leaf, silver terminalia

A: geelhout, vaalboom of –bos D: Gelbholz, Fahlbaum

H: omuseyasetu

Hierdie naam GEELHOUT wys vir ons duidelik die probleem van volksbenaminge van plante: GEELHOUT nommer 1: Suidafrikaanse nationale boom, tot 35 m hoog, wetenskaplike naam: Podocarpus latifolius GEELHOUT nommer 2: Amerikaanse yellow wood, wetenskaplike naam: Cladrastis kentukea GEELHOUT nommer 3: Namibiese geelhout, ook vaalbos genoem, wetenskaplike naam: Terminalia sericea Daarom sal ek daarna verwys as Terminalia sericea. Dit groei struikagtig, maar ook tot groot pragtige bome. Die stam groei regop, is bedek met grys gegroefde bas, die takke groei vertikaal weg van die stam, die veral jong blare skyn silwer in sonskyn a.g.v. die digte fluweelagtige witterige pelsie, die blom ruik intensief onaangenaam, die gevleuelde vrugte lyk pienk tot rooi. In winter verloor dit sy blare.

Terminalia sericea met vars lenteloof en blomme Blom Terminalia sericea vol vrugte

Terminalia sericea boom in volle blom

- Die hout is sterk, taai en hard en mooi (pondokbou, droppers vir lyndrade, brandhout.

gereedskaphandvatsels) - In droogtetye lewer dit tog waardevolle blaarvoer (groen of droog op die grond in wintertyd) vir blaar-

en grasvreters. As beeste die droë blare van die grond af vreet en saam daarmee te veel sand optel, kan dit gebeur dat hulle siek word. Die sand versamel onder in die maag (rumen), sedimenteer, kompakteer tot soort van “klip” en verhoed sametrekking van die maag, wat vir die verteringsproses noodsaaklik is. Die dier se vertering is versteur, as die sand die derms irriteer, kry dit diarree of die maag staan stil. Uiteindelik vrek die bees, tensy die veearts die "klip" operatief verwyder.

Page 2: Terminalia sericea (Geelhout, Gelbholz)

nuwe gebrande droppers droppers na 20 jaar uitgehaal

Medisinale waardes: Daar is TALLE siektes wat met Terminalia s. se plantdele behandel word; eintlik is daar geen siekte, wat nie daarmee behandel kan word nie! En dit is volop, vrylik beskikbaar, waar mense bly wat dit ken! Meestal word die wortels gebruik; dit word of gedroog en fyngestamp tot 'n poeier, gaargekook, tee daarvan gekook of 'n aftreksel. Van die belangerikste kwale wat daarmee behandel word is bv. Malaria!, geslagssiektes, infeksie van asemhalsingsstelsel, maagaandoenings en kolieke, oop wonde, menstruele krampe, velsiektes (veral by kinders), kopseer, spoel van ontsteekte oë. Verpoeierde boombas by kos gesit help teen vergiftiging, verlaag bloedsuiker, kou van boombas verlig verkoue. Kou van vars blare help teen verkoue asook die eet van die boom se gom (September) Houtas word as wondpoeier gebruik. Ander gebruike: - Gom word as kleefmiddel gebruik asook die klewerige wortelbas (om bote waterdig te kry bv.) - Van takke met vertakkings (2 of 3 punte) word roer- of klitsstokkies gemaak. - Boombas word uitgerafel, die vesel verwerk tot tou, halssnoere, lyfbande en haarverlengings! (Hair

extentions - soort van "Brasilian hair")

Klitsstokkies Terminalia sericea gom

Waar daar groot bome in nedersettings (dorpe) staan, word hulle as heilige bome geag.

Page 3: Terminalia sericea (Geelhout, Gelbholz)

Die ruspe (larwe) van die Hamanumida daedalus vlinder (tarentaal /

guineafowl in die volksmond) vreet graag Terminalia s. blare.

galvorming op Terminalia sericea Terminalia sericea met tipiese takverdikkings

Opvallend is die galvorming op Terminalia sericea. Blykbaar is dit baie gewild by wespes of ander insekte om hulle eiertjies in Terminalia s. se takke te laat ontwikkel. (Sien ook [email protected] Flora related links: Anka Eichhoff se Plantstories, Plantstories No 47 Galvorming op bome)

ruspe van Hamanumida daedalus

Die insekte maak die plante nie siek nie, die plante lyk net siek. Dit is selfs moontlik dat die plante die halfparasietiese insekte "roep" (deur vrystelling van sekere chemikalië), vir beskerming teen beweiding; daar is nog baie navorsing nodig, voordat ons weet hoe plante en diere kommunikeer, hoe sulke samewerkings bewerkstellig word. Inligtingsbronne: Le Roux's and Mueller's Field Guide to the Trees & Shrubs of Namibia (revised and expanded by Coleen Mannheimer and Barbara Curtis) Heil-, Gift- und Essbare Pflanzen in Namibia (Eberhard von Koenen) Gemsbok Bean and Kalahari Truffle (Arno Leffers) Dr. Christian Lichtenberg (danke!) Fotos van klitsstokkies en ruspe: uit Gemsbok Bean & Kalahari Truffle van Arno Leffers Teks en fotos: Anka Eichhoff

Augustus 2016