12
TRaNS healt h Vierde uitgawe 2018 IN HIERDIE UITGAWE • Hoofbeampte se boodskap • Velkanker • Beskerm uself teen UV-bestraling • Eerstehulp vir sonbrand • Hidreer • Geniet ‘n gesonde vakansie • Veiligheidswenke vir die vakansie • Wenke om voedsel veilig te hou • Verhoed muskietbyte • Aanhaling • Bring u persoonlike inligting op datum • Beskerm u Fonds en meld bedrog aan • Belangrike kontakbesonderhede WEN GROOT PRYSE SIEN BLADSY 12 Welkom by die vierde uitgawe van TransHealth vir 2018.

TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

TRaNShealthVierde uitgawe 2018

IN HIERDIE UITGAWE

• Hoofbeampte se boodskap

• Velkanker

• Beskerm uself teen UV-bestraling

• Eerstehulp vir sonbrand

• Hidreer

• Geniet ‘n gesonde vakansie

• Veiligheidswenke vir die vakansie

• Wenke om voedsel veilig te hou

• Verhoed muskietbyte

• Aanhaling

• Bring u persoonlike inligting op datum

• Beskerm u Fonds en meld bedrog aan

• Belangrike kontakbesonderhede

WEN GROOT PRYSE

SIEN BLADSY 12

Welkom by die vierde uitgawe van TransHealth

vir 2018.

Page 2: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

HO

OFB

EA

MP

TE

SE

BO

OD

SKA

PWelkom by die vierde uitgawe van TransHealth vir 2018. Somer is uiteindelik hier en baie van julle geniet reeds die warmer weer en spandeer langer dae buite met familie en vriende.

Somer is ‘n tyd om uself in die son te geniet, veral met die vakansietyd om die draai. Ons gesondheidsartikel in hierdie uitgawe fokus op velkanker. Ons wil u en u gesin ten sterkste aanmoedig om ernstige voorsorgmaatreëls teen die strawwe Suid-Afrikaanse son te neem.

Ten einde te verseker dat u kommunikasie van die Fonds ontvang, bring asseblief u persoonlike kontakbesonderhede by Transmed op datum. Ons konsultante sal u graag bystaan.

Met betrekking tot ons kompetisie op bladsy 12, lees die nuusbrief sorgvuldig deur om die vyf vrae korrek te beantwoord.

Soos ons een jaar beëindig en na die komende jaar uitsien, wil ons u ‘n jaar vol seëninge, geluk, vreugde en gesondheid toewens. Ons moedig u aan om te bly streef na ‘n gesonder u in 2019.

Ons verwelkom enige voorstelle wat u dalk het oor artikels of inligting oor lidvoordele wat u wil hê ons moet publiseer in toekomstige nuusbriewe.

Stuur asseblief u terugvoering en voorstelle na [email protected] of na Voorstelle, Posbus 32931, Braamfontein 2017.

Joune in goeie gesondheid

Vriendelike groete

PETRUS WASSERMANN

HOOFBEAMPTE

2

Hou die volgende in gedagte wanneer u buitentoe gaan:• Bly in die skaduwee; veral gedurende die middag.

• Dra klere wat u arms en bene bedek.

• Dra ‘n breërandhoed om u gesig, kop, ore en nek te beskerm.

• Dra ‘n sonbril wat beide UVA- en UVB-strale aan die kante van u oë blok.

• Gebruik sonskerm met ‘n sonbeskermingsfaktor van 15 of hoër vir beide UVA- en UVB-beskerming.

BESKERM USELF TEEN ULTRAVIOLET (UV)-BESTRALING

Terwyl ons die heerlike warm somerweer geniet, moet ons onthou dat die UV-strale van die son skadelik vir ons vel kan wees. Velkanker is die grootste gesondheidsrisiko verbonde aan oorblootstelling aan UV-bestraling.

Page 3: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

32

WAT IS VELKANKER?Velkanker is die algemeenste vorm van kanker in Suid-Afrika. Bykans alle velkankers is die gevolg van te veel blootstelling aan ultraviolet (UV)-strale wat in sonlig, sonbeddens en sonlampe gevind word. Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker:

MelanoomMelanoom is ‘n minder algemene, maar aggressiewe soort velkanker. Dit kom in velselle voor wat die velkleurpigment genaamd melanien vervaardig. Indien dit nie vroegtydig gevind word nie, sal dit waarskynlik na ander weefsel versprei. Dit kan deur die hele liggaam versprei en lei tot sterfte. Slegs 2% van velkankergevalle is as gevolg van melanoom, maar dit veroorsaak die meeste sterftes as gevolg van velkanker.

Ander velkanker as melanoomAnder velkanker as melanoom is meer algemeen en kan maklik behandel word. Die algemeenste soorte is basale selkarsinoom en plaveiselselkarsinoom. Dit kom in die basale en plaveisel-lae van die epidermis voor, d.i. die boonste laag van die vel. Hierdie kanker groei amper altyd stadig. Indien dit vroeg gevind word is dit maklik om te behandel en versprei nie.

SIMPTOME VAN VELKANKERDie hoofsimptoom van velkanker is ‘n nuwe of veranderende knop, groeisel, letsel, moesie of skurwe vel kol. Nie alle velkankers lyk dieselfde nie.

‘n Normale moesie is ‘n enkelskakering taan, bruin, donkerbruin of vleeskleurig. Die rante is goed gedefinieer. Dit is gewoonlik kleiner as ses millimeter in deursnee en is rond of ovaalvormig. Dit behoort plat of koepelvormig te wees.

VELKANKER

VELKANKER IS DIE

ALGEMEENSTE

VORM VAN KANKER

IN SUID-AFRIKA.

VERVOLG 0P BLADSY 4

Page 4: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

4

VELKANKERVERVOLG

DIE ABCDE-REËL KAN U HELP ONTHOU

WAARVOOR OM TE SOEK WANNEER U

MOESIES OP U VEL NAGAAN. INDIEN U ENIGE

VAN HIERDIE TEKENS OPMERK, PRAAT SO

SPOEDIG MOONTLIK MET U DOKTER.

A vir asimmetries – Indien ‘n moesie nie simmetries is nie, is dit nie dieselfde aan albei kante nie. As dit in die helfte gevou word sal die twee helftes nie pas nie.

B vir buitelyn – Die kante is swak omlyn of kronkelend.

C vir chromatiek – Daar is veranderinge in die kleur van ‘n moesie. Dit kan ‘n verdonkering, verlies aan kleur, verspreiding van kleur of veelvuldige kleure wees.

D vir deursnee – ‘n Moesie is meer as ses millimeter in deursnee.

E vir ontwikkeling (‘evolving’) – ‘n Moesie lyk anders as ander moesies of verander van vorm, grootte of kleur.

Ander tekens van kanker kan insluit:• ‘n moesie wat jeuk of bloei• ‘n moesie wat vinnig groei• ‘n skubberige of korsagtige groeisel op die vel• ‘n seerplek wat nie gesond word nie• ‘n vel kol wat van kleur verander het.

Die meeste velkankers kom voor in dele van die liggaam wat herhaaldelik aan die son blootgestel is. By mans sluit hierdie areas die kop, nek, gesig, punte van die ore, hande, voorarms, skouers, rug en bors in. By vroue kom hulle mees algemeen op die onderbene voor.

Melanoom kan op enige plek op u liggaam voorkom. By mans is dit meestal op die bors, maag of rug. By vroue kom dit meestal op die onderbene voor.

Moesies kan ook in versteekte areas van u liggaam voorkom. Dit sluit in tussen die tone, op u kopvel

of onder ‘n nael. Indien u agterkom dat ‘n moesie verander het, of as u ‘n moesie het wat nie soos u ander moesies lyk nie, raadpleeg so spoedig moontlik u gesondheidsorgverskaffer.

WAT VEROORSAAK VELKANKER?

Die meeste gevalle van velkanker word veroorsaak deur te veel blootstelling aan UV-bestraling. Dit kom van die son en sonbeddens en -lampe af. Daar is twee soorte UV-strale:

UVA-strale (lang golwe) – UVA-strale skyn deur wolke en glas. Dit dring die vel dieper binne en beskadig die basaallaag (heel binneste laag) van die epidermis.

UVB-strale (kort golwe) – UVB-strale beskadig die boonste lae van die epidermis. Dit is die hoofoorsaak van verbruining en sonbrand.

Navorsers het eens geglo dat slegs UVB-strale tot kanker lei, maar navorsing het getoon dat beide UVA en UVB die vel beskadig en kanker kan veroorsaak.

Verbruining is die liggaam se manier om dit te beskerm teen die son se skadelike strale. Selfs as u nie brand nie, kan om te dikwels en vir te lank in die son te wees lei tot velkanker. Sonbeddens is net so gevaarlik soos om baie tyd in die son deur te bring.

Sommige mense staan ‘n groter risiko om velkanker te ontwikkel. U risiko word deur die volgende verhoog:

• ‘n ligte vel, blonde of rooi hare en ‘n ligte kleur oë

• langtermyn blootstelling aan die son, soos om buite te werk

• ‘n geskiedenis van erge sonbrand, veral as ‘n kind of tienerjarige

• om van binnensmuurse sonbeddens gebruik te maak

• ‘n verswakte immuunstelsel, insluitend om ‘n orgaanoorplanting te kry.

Page 5: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

54

VELKANKER Melanoom kan op enige plek op u liggaam voorkom. Dit sluit plekke in wat nie aan die son blootgestel word nie; daar kan dus ander faktore wees wat dit veroorsaak. Risikofaktore om melanoom te ontwikkel sluit in:

• iemand in u familie het kankeragtige moesies of melanoom gehad

• u het baie moesies wat groter as ‘n potlood se uitveër is

• u het meer as 50 moesies van enige grootte• u het erg sonbrand opgedoen wat blase

gevorm het toe u ‘n kind was• u vel brand gewoonlik, maar verbruin nie.

HOE WORD VELKANKER GEDIAGNOSEER?Die eerste stap om velkanker te diagnoseer is gewoonlik deur ’n gereelde selfondersoek te doen. Gebruik ‘n vollengte spieël en ‘n handspieël om elke sentimeter van u vel na te gaan.

• Leer waar u geboortemerke, moesies en vlekke is en hoe hulle gewoonlik lyk. Soek vir enigiets nuut, soos ‘n verandering in die grootte, tekstuur of kleur van ‘n moesie, of ‘n seerplek wat nie gesond word nie.

• Kyk na die voor- en agterkant van u liggaam in die spieël. Lig u arms op en kyk na u linker- en regtersye.

• Buig u elmboë en kyk sorgvuldig na u handpalms en voorarms, insluitend die onderkante, en na u boarms.

• Kyk na die voor- en agterkante van u bene.• Kyk tussen u boude en na u genitale area.• Sit en bestudeer u voete, insluitend die

onderkante van u voete en die spasies tussen u tone.

• Kyk na u gesig, nek en kopvel. U sal dalk ‘n kam of haardroër moet gebruik om u hare te lig sodat u beter kan sien.

Deur u vel gereeld na te gaan sal u met wat normaal is vir u vel vertroud raak. Indien u enigiets ongewoon vind, besoek u gesondheidsorgverskaffer. Hoe vroeër velkanker opgespoor word, hoe beter.

U gesondheidsorgverskaffer sal u vel ondersoek. Hy of sy sal kyk na die grootte, vorm, kleur en

tekstuur van enige kommerwekkende areas. Indien daar veranderinge aan u vel is wat kan dui op velkanker sal u dokter ‘n biopsie doen. Tydens ‘n biopsie word ‘n klein gedeelte van u vel verwyder en na ‘n laboratorium gestuur om getoets te word.

Indien velkanker gediagnoseer word, kan u meer toetse ondergaan om te sien of die kankerselle versprei het. Hierdie toetse kan ‘n RT- of MRB-skandering of limfknoop-biopsie insluit.

KAN VELKANKER VOORKOM OF VERHOED WORD?Die sleutel tot die voorkoming van velkanker is om uit die son uit te bly en nie van sonbeddens of -lampe gebruik te maak nie. Indien u vir enige lengte van tyd in die son gaan wees, volg ons riglyne om veilig in die son te wees. Dit is maniere om u vel te beskerm en u risiko van velkanker te verminder. Vir die beste beskerming, volg al hierdie riglyne elke keer as u buite is.

Vermy die sonVermy die son in die middel van die dag, d.i. tussen 10:00 en 16:00. Tydens hierdie ure is die son die sterkste en kan dit die meeste skade aan u vel doen. Sonbrand en verbruining is tekens dat u vel beskadig is. Hoe meer skade die son aan u vel aanrig, hoe waarskynliker is dit dat u komplikasies sal hê. Dit sluit in om vroeg plooie, velkanker of ander velprobleme te kry.

Gebruik sonskermGebruik ‘n breë-spektrum sonskerm met ‘n sonbeskermingsfaktor van ten minste 15, selfs op bewolkte dae. Gaan die vervaldatum na – sommige bestandele in sonskerms breek oor tyd af. Gebruik baie sonskerm en vryf dit goed in. U behoort die sonskerm ten minste 15 minute voor u uitgaan in die son aan te smeer. Smeer die sonskerm oral aan waar die son se strale u kan raak. Dit sluit in u ore, agterkant van u nek en enige bles areas bo-op die kop. Smeer meer sonskerm ten minste elke twee ure aan en na u geswem, gesweet of afgedroog het.

Onthou, u is nie heeltemal veilig net omdat u sonskerm dra nie. Sonskerm kan u nie 100% beskerming teen die son se skadelike UV-bestraling bied nie.

VERVOLG 0P BLADSY 6

Page 6: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

6

Dra ‘n breërandhoed, beskermende klere en ‘n sonbrilIndien u buite in die son moet wees, bedek u vel. Dra ‘n breërandhoed wat u gesig, nek en ore beskerm. ‘n Hoed met ‘n 15-sentimeter rand reg rondom is die beste. Bofbalpette beskerm nie die agterkant van u nek of die bokante van u ore nie.

Dra beskermende klere, soos langmouhemde en langbroeke wat van styf-geweefde materiaal gemaak is. As die klere lospassend is sal u koeler voel. Spesiale sonbeskermende klere is by verskeie maatskappye beskikbaar.

Dra ‘n sonbril om u oë te beskerm. Blootstelling aan die son verhoog u risiko om katarakte te kry. Kies sonbrille wat die kante van u oë beskerm en beide UVA- en UVB-strale afweer.

Onthou dat veral u hande en arms dikwels aan die son blootgestel word wanneer u bestuur. Boonop beskerm wolke en water u nie. UV-strale kan swemmers ten minste 30 sentimeter onder die wateroppervlak bereik en 60% tot 80% van die son se strale skyn deur wolke. Die son se strale kan ook vanaf water, sneeu, wit sand en beton weerkaats word.

Moenie probeer om te verbruin nieMoenie sonbeddens of -lampe gebruik nie. Dit beskadig u vel net soveel soos sonlig.

Beskerm u kindersSonbrand tydens die kinderjare is die skadelikste. Kinders wat jonger as ses maande oud is moet nooit in direkte sonlig buite wees nie. Kinders wat ses maande oud of ouer is moet elke dag sonskerm dra. Om baie keer erg deur die son gebrand te word as kind verhoog u risiko om later in die lewe velkanker te ontwikkel.

BEHANDELING VIR VELKANKERBehandeling vir velkanker hang van verskeie faktore af. Dit sluit in die soort kanker, waar dit geleë is, hoe groot dit is, hoe ver dit versprei het en u algemene gesondheid. Die meeste gevalle van kanker wat nie melanoom is nie kan behandel word deur die chirurgiese verwydering van die moesie of letsel. Ander opsies sluit in om dit te vries, medisinale rome aan te wend of met laserterapie te behandel.

Behandeling vir melanoom kan meer ingewikkeld wees. As dit vroeg opgespoor word, kan die kankeragtige vesel chirurgies verwyder word. As dit onder die vel versprei het kan behandeling die volgende insluit:

• Radiasie – Hoë-energie strale soos X-strale kan kankeragtige selle laat krimp of doodmaak.

• Chemoterapie – Kragtige medisyne in pilvorm of wat in die are ingespuit word, kan die kanker laat krimp of doodgaan.

• Biologiese terapie – Biologiese terapie maak gebruik van stowwe wat deur lewende organismes vervaardig word. Dit kan in die liggaam of in ‘n laboratorium gedoen word. Dit word gebruik om u immuunstelsel ‘n hupstoot te gee om u liggaam te help om die kanker te beveg. Die terapie kan u immuunstelsel onderdruk. Dit beteken dat u makliker kan siek word.

• Doelgerigte behandeling – Doelgerigte behandeling maak gebruik van medisyne wat ontwerp is om spesifieke swakplekke in kankerselle te teiken.

Bron: https://familydoctor.org/condition/skin-cancer/

BELANGRIK!

Velkanker kan voorkom word deur respek vir die son te hê.

Page 7: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

76

EERSTE- HULP VIR SONBRAND

• Neem aspirien, asetaminofen of ibuprofen om pyn, ‘n kopseer en koors te verlig.

• Drink baie water om vloeistof te vervang.• Streel brandwonde met ‘n koel bad of die ligte

aanwending van koel natlappe.• Vermy verdere blootstelling aan sonlig tot die

brandwond gesond is.• Gebruik van ‘n bevogtigingsroom, aalwyn of

1%-hidrokortisoonroom op die vel kan bykomende verligting verskaf.

As blase voorkom:• Verbind die area liggies of bedek dit met gaas

om infeksies te verhoed.• Moenie blase breek nie. Dit maak gesond word

stadiger en verhoog die risiko van infeksie.• Wanneer blase breek en die vel afskilfer, kan

uitgedroogte stukkies vel verwyder word en ‘n antiseptiese salf of hidrokortisoonroom aangewend word.

Verkry mediese aandag as enige van die volgende gebeur:• ernstige sonbrand wat meer as 15% van die

liggaam bedek• dehidrasie• hoë koors van bo 38 grade Celsius• uiterste pyn wat vir langer as 48 uur duur.

Somerhitte kan spoedig en maklik dehidrasie veroorsaak. Voor u buitentoe gaan, drink ‘n vol glas water om u reserwes op te bou. Terwyl u buite aktief is, drink elke 20 minute water. Selfs al ontspan u op die patio of by die swembad benodig u steeds gereeld hidrering. U kan ook hidreer met vrugte – veral waatlemoen, druiwe en lemoene, wat ‘n hoë waterinhoud het. Deur die aanbeveelde agt tot tien glase water ‘n dag te drink kan u siektes voorkom, u bene en spiere

gesond hou, u gewig handhaaf, breinfunksie verbeter en, die beste van alles, krag kry vir u aktiwiteite deur die dag! Buiten hidrering help water ook om liggaamstemperatuur te verlaag.

Tekens van dehidrasie sluit in traagheid, ‘n kopseer en duiseligheid. As hierdie simptome voorkom, onttrek na ‘n koel, donker plek en hidreer stadig maar seker met water.

Hidreer

As u sonbrand opgedoen het, sal u binne die eerste paar ure

na blootstelling aan die son die tekens en simptome van

sonbrand ervaar. Vir verligting, neem die volgende stappe:

Maak water hierdie somer ‘n noodsaaklike deel van u dag en moenie die huis daarsonder verlaat nie.

Page 8: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

Hieronder is ‘n paar gesonde vakansiewenke:• Moenie maaltye oorslaan nie.• Hou bordgroottes en porsies klein.• Drink meestal water en beperk alkoholinname.

• Maak tyd vir ‘n daaglikse oefenroetine.• Volg ‘n dieet wat uit ten minste 70% groente en

30% ander voedsel bestaan.• Eet stadig en met sorg.• Vermy stresvolle gesprekke.

WAS U HANDE DIKWELSOm u hande skoon te hou is een van die belangrikste stappe wat u kan neem om te verhoed dat u siek word en ander mense kieme te gee. Was u hande met seep en skoon, lopende water vir ten minste 20 sekondes. As seep of skoon water nie beskikbaar is nie, gebruik ‘n alkohol-gebaseerde produk.

HANTEER STRESDie vakansie hoef nie u gesondheid te benadeel nie. Hou oorbetrokkenheid en oorspandering in toom. Handhaaf ‘n balans tussen werk, tuiste en speeltyd. Kry die ondersteuning van u familie en vriende. Behou ‘n ontspanne en positiewe uitkyk. Kry genoeg slaap.

REIS VEILIGOf u na die ander kant van die stad of om die wêreld reis, help verseker dat u reis veilig is. Moenie drink en bestuur nie en moenie iemand anders laat drink en bestuur nie. Dra elke keer as u bestuur of in ‘n motorvoertuig ry ‘n veiligheidsgordel. Gordel kinders en kleinkinders altyd in die kar vas in ‘n karstoel, versterkte karstoel of met ‘n sitplekgordel wat toepaslik is vir hul lengte, gewig en ouderdom. Kry die nodige inentings as u in die buiteland reis.

WEES ROOKVRYVermy rook en ander mense se rook. Indien u rook, hou vandag op! Praat met u gesondheidsorgverskaffer oor hulp.

HOU DIE KINDERS DOPKinders loop ‘n hoë risiko vir beserings. Hou ‘n wakende oog oor kinders. Hou moontlike gevaarlike speelgoed, voedsel, drankies, huishoudelike items,

items soos muntstukke en harde lekkers en ander voorwerpe waaraan hulle kan verstik buite hul bereik. Leer hoe om aanvanklike noodhulp aan kinders wat verstik te verskaf. Ontwikkel en benadruk reëls oor aanvaarbare en veilige optrede met alle elektroniese media.

VOORKOM BESERINGSBeserings as gevolg van val en vuurwerke kom dikwels gedurende die vakansies voor. Gebruik trapstoele in plaas van meubels om op te staan wanneer u versierings ophang. Los die vuurwerke aan die deskundiges oor. Hou kerse weg van kinders, troeteldiere, paadjies, bome en gordyne. Moet nooit kaggels, stowe of kerse alleen aanlos nie.

HANTEER EN BEREI VOEDSEL VEILIG VOORWanneer u vakansiemaaltye voorberei, beskerm u gesin teen voedselverwante siektes. Was u hande en oppervlakke gereeld. Verhoed kruisbesmetting deur rou vleis, pluimvee, seekos en eiers (insluitend hul sappe) weg te hou van voedsel wat reg is om geëet te word en oppervlakke waarvan af geëet word. Maak voedsel teen die regte temperatuur gaar. Sit dit dadelik in die yskas. Moenie bederfbare voedsel vir meer as twee ure lank buite los nie.

EET GESOND EN WEES AKTIEFDeur die ewewig te bewaar en matigheid voor oë te hou kan u die vakansie gesond geniet. Kies meer groente en vrugte. Kies slegs een of twee van u gunstelinge vanuit die menigte aanloklike voedselsoorte. Vind pret maniere om aktief te bly, soos om te stap of te dans op u gunsteling vakansiemusiek. Wees vir ten minste twee-en-‘n-halwe ure per week aktief.

8

Veiligheidswenke vir die vakansieVakansie is ‘n tyd om fees te vier, dankbaar te wees en te besin. Dit is ook ‘n tyd om spesiale aandag aan u gesondheid te gee. Gee die geskenk van gesondheid en veiligheid aan uself en aan ander deur hierdie vakansiewenke te volg.

Geniet ‘n gesonde vakansieGeniet die vakansie, maar moenie gesonde gewoontes laat vaar of onder druk voel om meer as gewoonlik te eet of te drink net omdat dit vakansie is nie. Maak seker u kry baie slaap en oefening en beplan u maaltye voor die tyd – u sal tevrede en in beheer tydens u vakansie voel.

Page 9: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

Positiewe gedagtes skep positiewe gevoelens en trek positiewe lewenservarings aan.

9

VERHOED MUSKIETBYTE

Ons is lief daarvoor om buite te kom as die weer warm is. Die probleem is – die muskiete is ook. Hulle is nie net irriterend nie; sommige muskiete dra ernstige siektes oor.

Daar is ‘n paar eenvoudige dinge wat u kan doen om te verhoed dat u gebyt word!

Beskerm uself en u gesin teen die siektes wat muskiete oordra:

• Dra lospassende klere wanneer u buite is.

• Gebruik muskietafweer-ders op kaal vel wat DEET of picaridin bevat.

• Probeer om tyd buite te beperk as daar baie muskiete in die omtrek is, gewoonlik teen skemer en dagbreek.

• Maak seker daar is nie staande water om u huis waar muskiete kan uitbroei nie.

• Met vakansies, maak seker u akkommodasie is behoorlik toegerus met muskietnette of -skerms.

• Moenie die kinders vergeet nie – dit is veiliger om insekweer-ders op hul klere te spuit, eerder as direk op hul vel.

Bron: https://www.thesenior.com.au/story/5414466/keep-your-food-safe-this-festive-season/

8

• Moenie pluimvee afspoel of was nie – dit kan klein druppeltjies besmette water op u kombuiskassies en op voedsel, kombuisgereedskap en bakke spat.

• Verseker dat kombuisgereedskap wat vir rou vleis gebruik word, soos knypers, snyplanke en messe, gewas word voor dit gebruik word vir kos wat gereed is om te eet.

• Neem ‘n koelsak saam met u winkels toe om bederfbare voedsel te dra, reguit huis toe te neem en onmiddellik in die yskas te sit.

• As u meer voedsel as normaalweg gekoop het, maak seker koue lug in u yskas kan steeds vryelik sirkuleer.

• Gaan die temperatuur in u yskas na om seker te maak dit is in die veiligheidsone van nul tot vier grade Celsius en probeer om nie die deur te veel keer oop te maak nie. As u gedurig na die yskas toe gaan om koel drankies uit te haal, sal dit miskien beter wees om in ‘n minikroeg te belê of ‘n groot bak vol ys by partytjies te hou om drankies koel te hou.

• Stoor voedsel soos vleis, suiwel en bederfbare voedsel in die yskas.

• Berei rou vleis apart van gaar vleis en voedsel wat reg is om te eet en stoor dit apart.

• Bedek voedsel om besmetting deur insekte en stof te verhoed.• Maak seker oorskietkos word so spoedig moontlik terug in die

yskas gesit en nie vir langer as twee ure buite gelos nie.• Maak vleis deeglik gaar en doen ekstra moeite met pluimvee

– onthou dat hoendersappe altyd helder moet wees.• Was en droog u hande af voor daar met voedsel gewerk word

en onmiddellik na daar met vleis, pluimvee en vis gewerk is.• Laat gaar voedsel afkoel voor dit in die yskas gesit word, maar

nie vir langer as twee ure nie.• Moenie oorskietkos vir langer as drie dae hou nie – of korter

afhangende van die soort voedsel en hoe dit voorberei is.• Herverhitte voedsel moet stomend warm wees voor u dit eet.• Was vrugte en groente voor gebruik.• Gebruik ys, yspakke of koelhouers om voedsel by pieknieks

koel te hou.

WENKE OM VOEDSEL VEILIG TE HOU

Hier is ‘n paar voedselveiligheidswenke om te help verseker dat u feesseisoen ‘n gesonde een is:

Aanhaling

Page 10: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

10

Die Fonds wil lede aanmoeding om bedrog aan te meld deur die bedroghulplyn te skakel. Hierdie diens word onafhanklik bedryf. Lede en diensverskaffers kan enige voorval van bedrog by 0800 200 564 aanmeld. Wees asseblief gerus dat u oproep vertroulik sal bly.

Beskerm u Fonds en meld bedrog aan

Dit is belangrik dat die Fonds u korrekte besonderhede het om te

verseker dat u u kommunikasie van die Fonds en opwindende

nuus oor komende veranderinge per pos, SMS en epos ontvang.

Bring u persoonlike inligting op

datum

Indien enige van u kontakbesonderhede, soos u pos- of eposadres of telefoon-nommers verander, of as hierdie besonderhede nie voorheen aan die Fonds voorsien is nie, skakel ons Kliëntediensdepartement asseblief by 0800 450 010. Dit sal nie net verseker dat ons rekords op datum bly nie, maar ook dat die kwaliteit van ons diens aan u verbeter word. Ten einde die vertroulikheid van u persoonlike inligting te beskerm en bedrog te verhoed wanneer u ons Kliëntediens-departement skakel, sal die kliëntediens-agent van u vereis om sekere persoonlike besonderhede te bevestig, soos u ID-nommer. Onthou asseblief om hierdie inligting byderhand te hou.

11

Page 11: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

@NAVRAE [email protected]

BANKBESONDERHEDE EN LIDMAATSKAP [email protected]

KOMPLIMENTE [email protected]

KLAGTES [email protected]

APPÉLLE [email protected]

EISE [email protected]

EX GRATIA [email protected]

VOORSTELLE [email protected]

EKSTERNE DIENSVERSKAFFER VIR DIE STATE PLUS NETWORK-PLAN [email protected] UNIVERSAL HEALTHCARE:

BELANGRIKE EPOSADRESSE

BELANGRIKE KONTAKBESONDERHEDE

VRYWARING: Die inligting en artikels in hierdie nuusbrief dien nie as mediese raad of as gronde vir ‘n mediese eis vir enige produk van hoegenaamd enige aard namens die uitgewer, Fonds, Administrateur of die verspreider nie. Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde gesondheidsorgverskaffer vir die diagnose of behandeling van enige siektes of mediese toestande.

DIENS STATE PLUS NETWORK

STATE PLUS OWN CHOICE EN PRIVATE NETWORK

Kliëntediens- departement

Universal Healthcare0861 686 [email protected]

0800 450 [email protected]

Lidmaatskap en bydraes 0800 450 010 0800 450 010

Voorafmagtiging vir hospitalisasie en grootskaalse mediese prosedures

Universal Healthcare0861 686 278

0800 225 151

Siekteprogramme Universal Healthcare0861 686 278

0800 225 151

Ambulansmagtiging 0800 115 750 0800 115 750

MIV-programme Universal Healthcare0861 686 278

0861 888 300

24-uur gesondheids-advieslyn

0800 115 750 0800 115 750

Optiese dienste Universal Healthcare0861 686 278

State Plus Own ChoicePPN 0860 304 060/0861 103 529Private Network0800 450 010

Bedroghulplyn 0800 200 564 0800 200 564

11

Page 12: TRaNS20181031110458 AM) transhealth… · Gelukkig is dit een van die mees behandelbare soorte kanker. Daar is twee vorme van velkanker: Melanoom Melanoom is ‘n minder algemene,

WENTOETS U KENNIS VAN DIE INHOUD VAN HIERDIE UITGAWE VAN TRANSHEALTH

ANTWOORDEa) __________________________________________________________b) __________________________________________________________c) __________________________________________________________d) __________________________________________________________e) __________________________________________________________

Eerste prysMnr L Smit

Tweede prysMnr D Jorgenson

Derde prysMnr RB Smerdon

a) Watter kanker is meer algemeen en maklik behandelbaar?b) Watter strale dring wolke en glas binne?c) Watter soort behandeling maak gebruik van stowwe wat deur lewende

organismes vervaardig word?d) Watter nommer moet u skakel om bedrog aan te meld?e) Wat kan op enige plek op u liggaam gebeur?

Wen groot pryse deur die vrae hieronder te beantwoord. U sal die antwoorde in hierdie uitgawe vind. Die eerste korrekte inskrywing sal R2 000 wen. Die volgende twee korrekte inskrywings sal elk R1 000 wen.

U kan van die volgende kanale gebruik maak om u antwoorde aan te stuur:

Pos: Toets u kennis-kompetisie, Posbus 32759, Braamfontein 2017Epos: [email protected]: 011 381 2041/42

U inskrywingsvorm moet Transmed Mediese Fonds teen nie later nie as 8 Januarie 2019 bereik.

Veels geluk aan die wenners van die Toets u kennis-kompetisie van die derde uitgawe van TransHealth vir 2018.

WENNERS VAN DIE TOETS

U KENNIS-KOMPETISIE:

OPLOSSING VAN VORIGE KOMPETISIE:

a) Ultraklankb) Lagc) Omvattende gedilateerde oogondersoekd) Sige) September

Bepalings en voorwaardes: • Slegs lede van Transmed Mediese Fonds en hul geregistreerde afhanklikes mag aan die kompetisie deelneem. • Laat inskrywings sal nie vir die trekking oorweeg word nie. • Let asseblief daarop dat inskrywings gepos, gefaks of per epos aan Transmed gestuur mag word. • Wenners sal telefonies in kennis gestel word en hul name sal in die TransHealth-tydskrif gepubliseer word. • Transmed mag die publikasie van die foto’s van die wenners vereis. • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie. • Inskrywing vir die kompetisie dui op aanvaarding van alle reëls.

VOLLE NAAM:

FISIESE ADRES:

POSADRES:

EPOSADRES:

LIDMAATSKAPNOMMER:

SELFOONNOMMER:

TEL (H): TEL (W):

VORIGE WENNERS