6
Omsendbrief 9/2018 1 Desember 2018 Beste Ouer/Voog Uit die pen van die Skoolhoof Hoërskool Lydenburg is baie dankbaar vir al die seëninge wat die Almagtige Vader oor ons skool uitgestort het. ‘n Positiewe uitgangspunt van onderwysers, ouers, leerders en vriende van LHS is ‘n noodsaaklike vereiste vir uitnemendheid en sukses by ons skool. Die veranderinge op kort kennisgewing van sillabusse, slaagvereistes en swak beplanning deur die Departement van Onderwys moet deur LHS se bestuur, onderwysers en beheerliggaam, ouers en leerders bestuur word. Nietemin, ongeag al die probleme het ons onderwysers, professioneel en pligsgetrou volhard en deurgedruk om uitnemende onderrig te lewer. Daar bestaan geen twyfel dat die NSC uitslae weereens ‘n bron van vreugde en trots vir ons skool sal wees nie. Dit gaan ook weer ‘n skitterende getuienis wees van die professionalisme en kwaliteit van werk wat by LHS verrig word. Dankie aan die ouers, leerders en vriende van LHS, vir u getroue ondersteuning. Dankie aan die Beheerliggaam vir u insette en getroue dienslewering in 2018. U bekwame en professionele leiding help om die LHS skip op koers te hou. Sterkte Matrieks van 2018. Ons sien met afwagting uit na die uitslae in Januarie 2018. Personeel Ons groet vir me C Venter, me A Storm me K Winterbach en mnr C Joubert. Hulle het elkeen diep spore in Hoërskool Lydenburg nagelaat en ons beste wense vergesel hul op hul lewenspad. In 2019 verwelkom ons graag me J Moll en me M du Toit by die Hoërskool Lydenburg-familie. Ons sien daarna uit om die jaar op ‘n hoë noot, saam met dié personeel te begin.

Uit die pen van die Skoolhoof - Hoërskool Lydenburglydenburghs.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Omsendbrief... · 2018-11-30 · Handboeke en skryfbehoeftes Handboeke en skryfbehoeftes,

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Uit die pen van die Skoolhoof - Hoërskool Lydenburglydenburghs.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Omsendbrief... · 2018-11-30 · Handboeke en skryfbehoeftes Handboeke en skryfbehoeftes,

Omsendbrief 9/2018 1 Desember 2018 Beste Ouer/Voog

Uit die pen van die Skoolhoof Hoërskool Lydenburg is baie dankbaar vir al die seëninge wat die Almagtige Vader oor ons skool uitgestort het. ‘n Positiewe uitgangspunt van onderwysers, ouers, leerders en vriende van LHS is ‘n noodsaaklike vereiste vir uitnemendheid en sukses by ons skool. Die veranderinge op kort kennisgewing van sillabusse, slaagvereistes en swak beplanning deur die Departement van Onderwys moet deur LHS se bestuur, onderwysers en beheerliggaam, ouers en leerders bestuur word. Nietemin, ongeag al die probleme het ons onderwysers, professioneel en pligsgetrou volhard en deurgedruk om uitnemende onderrig te lewer. Daar bestaan geen twyfel dat die NSC uitslae weereens ‘n bron van vreugde en trots vir ons skool sal wees nie. Dit gaan ook weer ‘n skitterende getuienis wees van die professionalisme en kwaliteit van werk wat by LHS verrig word. Dankie aan die ouers, leerders en vriende van LHS, vir u getroue ondersteuning. Dankie aan die Beheerliggaam vir u insette en getroue dienslewering in 2018. U bekwame en professionele leiding help om die LHS skip op koers te hou. Sterkte Matrieks van 2018. Ons sien met afwagting uit na die uitslae in Januarie 2018. Personeel Ons groet vir me C Venter, me A Storm me K Winterbach en mnr C Joubert. Hulle het elkeen diep spore in Hoërskool Lydenburg nagelaat en ons beste wense vergesel hul op hul lewenspad. In 2019 verwelkom ons graag me J Moll en me M du Toit by die Hoërskool Lydenburg-familie. Ons sien daarna uit om die jaar op ‘n hoë noot, saam met dié personeel te begin.

Page 2: Uit die pen van die Skoolhoof - Hoërskool Lydenburglydenburghs.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Omsendbrief... · 2018-11-30 · Handboeke en skryfbehoeftes Handboeke en skryfbehoeftes,

Administrasie Die skool open vir personeel op Maandag 7 Januarie 2019. Die skool heropen op 9 Januarie 2019 om 07:15 vir alle leerders. Koshuise open op 8 Januarie 2019 om 10:00. Die Graad 8-inligtingsaand is op Dinsdag 8 Januarie 2019 om 17:30, vir ouers en leerders. Graad 8-leerders ontvang hul handboeke en skryfboeke op 9 Januarie 2019, tydens skoolure. Sien die aangehegte voorlopige jaarprogram vir u beplanning. Inligting rakende die Graad 8 kamp en Graad 8 oriëntering is beskikbaar op die skool se webblad en facebook-blad. Jaarblad vir 2018

Dit is tyd om die hoogtepunte van 2018 in oënskou te neem. Maak seker u koop ‘n kopie van die

Jaarblad van 2018. Betaling moet by Me. J Masilela gemaak word en die kwitansies moet dan by

ontvangs ingehandig word. Die koste per blad beloop R 100.00.

Handboeke en skryfbehoeftes Handboeke en skryfbehoeftes, wat deur leerders aangekoop word, bly hul eiendom. Die studiegidse, handboeke en werkboeke wat aangekoop moet word, is by die inligting tov 2019 benodigdhede ingesluit. Geen vrystelling van fooie kan hier toegestaan word nie, aangesien die voorraad van derde partye aangekoop word. Handboeke word op 8 Januarie 2019, aan leerders uitgeboek. Die tye is as volg: (Klaskamer 102) Graad 9 08:00 tot 09:30 Graad 10 10:00 tot 11:30 Graad 11 12:00 tot 13:30 Graad 12 15:00 tot 16:00 Sien benodigdhedelys vir onderskeie grade, soos aangeheg. Busgeld Tydens die jaarlikse begrotingsvergadering is die busgelde vir 2019 vasgestel op R50 per rit óf R450 vir ‘n jaarkaartjie. Kleredrag Die netheid van ons leerders is baie belangrik en daarom het die bestuur van Hoërskool Lydenburg besluit om vanaf 2018 die dra van die skool se kleurbaadjie in te faseer. Wanneer die graad 8-leerders die verwelkomingsprogram suksesvol voltooi het, het ons die “LHS-hekkie”-tradisie. Gedurende hierdie geleentheid word die graad 8’s as nuwe lede van die skool ingelyf en moet elke leerder dan sy/haar eie kleurbaadjie hê vir die geleentheid. Op hierdie manier sal die dra van die kleurbaadjie meer algemeen word en sal ons leerders ook netjies lyk en trotse “Lydens” wees.

Page 3: Uit die pen van die Skoolhoof - Hoërskool Lydenburglydenburghs.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Omsendbrief... · 2018-11-30 · Handboeke en skryfbehoeftes Handboeke en skryfbehoeftes,

Skoolfondstariewe 2019 Onderriggeld beloop R14 600 per leerder, per jaar. Dit beteken daar kan ‘n bedrag van R1 460 betaal word vir 10 maande. Bankbesonderhede ABSA Takkode 632005 Rekeningnaam Hoërskool Lydenburg Rekeningnommer 1010390091 Verwysing U kind se naam, van en graad BEWYS WORD GEFAKS NA: 086 550 1644 OF PER EPOS: [email protected] U begin reeds op 9 Januarie 2019 u skoolgeld betaal. Indien u voor of op 7 Februarie 2019 u rekening vereffen, ontvang u korting van R1 460. Indien ouers dit sou verkies, kan die heffing maandeliks oor 10 maande (9 Januarie tot 7 Oktober) betaal word. ‘n Debietorderstelsel en kredietkaartfasiliteit is ook beskikbaar. Vooruitbetalings van skoolgelde sal waardeer word. Navrae tov finansies kan gedoen word by: me A Swanepoel (013) 235 1090. E-pos: [email protected] Koshuistariewe 2019 Koshuisgelde word per maand vooruit betaal. Koshuisgeld beloop R28 600 per jaar. Betalings kan direk en/of elektronies in die volgende rekening gedoen word: Bankbesonderhede ABSA Takkode 632005 Rekeningnaam Hoërskool Lydenburg Koshuise Rekeningnommer 1010390083 Verwysing U kind se naam, van en graad BEWYS WORD GEFAKS NA: 086 550 1644 OF PER EPOS: [email protected] U begin reeds op 8 Januarie 2019 u koshuisgeld betaal. Indien ouers dit sou verkies, kan die heffing maandeliks oor 10 maande (16 Januarie tot 7 Oktober) of kwartaalliks oor die drie kwartale betaal word. ‘n Debietorderstelsel en kredietkaartfasiliteit is ook beskikbaar. Vooruitbetalings van koshuisgelde sal waardeer word. Koshuisgangers moet minstens EEN MAAND kennis gee, sou hulle die koshuis verlaat. Neem kennis dat koshuisverblyf verbeur word indien fooie nie voor of op voorgeskrewe datums betaal is nie. Jaarlikse toelating is nie vanselfsprekend nie. Navrae tov finansies kan gedoen word by: me A Swanepoel (013) 235 1090. E-pos: [email protected]

Page 4: Uit die pen van die Skoolhoof - Hoërskool Lydenburglydenburghs.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Omsendbrief... · 2018-11-30 · Handboeke en skryfbehoeftes Handboeke en skryfbehoeftes,

Leierskap Die hoofleiers woon ‘n ATKV-Hoofleier Simposium vanaf 4 tot 7 Desember 2018 by Buffelspoort by. Ons vertrou dat hulle dit baie sal geniet en hul volle potensiaal sal bereik in 2019. Leierskapontwikkeling bly ‘n integrale deel van die Hoërskool Lydenburgspan. KULTUUR Skaak Baie geluk aan Xantè Naude wat gekies is vir die Ehlanzeni-skaakspan. Sy gaan ons skool by die Suid-Afrikaanse Juniors Skaakkampioenskappe verteenwoordig! Baie sterkte! Musiek Eisteddfod Die volgende uitslae is deur ons skool se musikante by die Eisteddfod behaal: Andrea Hamman A++, Carli Le Roux A++, Alwyn Loots A++, Zanri Hanekom A++ en Liane Hanekom A++ (beste in ouderdomsgroep). Verder behaal Zanri ook nog ‘n A++ en eindig algeheel 1ste en Stephnie Fritz verdien met haar A++ ook ‘n algehele 1ste plek. Liane verwerf ook nog ‘n verdere A++ en eindig algeheel 2e. Suane Venter verwerf ‘n A++ en eindig so ook algeheel 3e. Juan Buckingham verwerf met sy A++ ‘n algehele 7e plek. Zanri Hanekom verdien ‘n verdere A++ in die kompeterende afdeling, en so ook Charne du Preez wat self ‘n A++ in hierdie afdeling verwerf. In die duet afdeling verwerf Zanri en Charnè dan ‘n A+, terwyl Zanri en Liane ‘n A++ verwerf. Voorwaar puik prestasies! Baie geluk aan hulle! Kuns en fotografie eisteddfod In die fotografie kategorie verdien Zanri Hanekom ‘n uitmuntende 2 goue toekennings, Wiam Kruger 1 prestige goue toekennings, Marlize Jacobs 1 goue toekenning en Ansie Bylsma 1 silwer toekenning. In die kunskategorie verdien Marco Kruger 1 brons toekenning, Claudine Britz 1 prestige toekenning en Anelda Joubert ‘n deelname toekenning. Ons is baie trots op hierdie leerlinge. Baie geluk julle! Landsdiens Baie geluk aan Wiam Kruger wat ook opgeneem is in die nasionale kampspan. Ons is trots op jou! Sterkte aan al ons landsdiensleerders wat in Desember die nasionale kamp gaan bywoon. Julle hou altyd ons skool se naam hoog! NEA (Nasionale Eisteddfod) Van ons dansleerlinge het ook uitstekend gevaar by die Nasionale Eisteddfod: Ronen Burger A++ diploma vir klopdanse, Xanli Fourie A++ diploma vir klopdanse, Ruach Burger 2x A++ diplomas vir klopdanse en deel van die klopdansegroep, Emma Neethling 2x A++ diplomas vir klopdanse en as deel van die klopdansegroep, Zanke Louw 3x A++ diplomas vir klopdanse, as deel van die klopdansegroep en vir moderne danse, Bianca Cross 2x A++ diplomas vir klopdanse en as deel van die klopdansegroep en Rochelle du Preez 2x A++ diplomas vir moderne danse en Charnè du Preez goud vir musiek. Ongelooflike prestasies! Baie geluk julle! Baie geluk ook aan Rochelle du Preez wat hier ‘n goue sertifikaat verdien het vir haar musiek.

Page 5: Uit die pen van die Skoolhoof - Hoërskool Lydenburglydenburghs.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Omsendbrief... · 2018-11-30 · Handboeke en skryfbehoeftes Handboeke en skryfbehoeftes,

Koor Die koor het, by die Sing in Harmonie finaal, 2e geëindig in die land,. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en wyse om die koorjaar mee af te sluit. Hiermee wil ons vir elke leerling, betrokke onderwysers en ouers dankie sê vir jul volgehoue bywoning, ondersteuning en hulp. ‘n Spesiale woord van dank ook aan Me. Suzaan Bronkhorst, wat na dese van ons afskeid neem. LHS en die koor wens haar slegs die beste toe vir haar toekoms. Radikale Redenaars By die nasionale rondte het ons leerlinge weereens baie goed gevaar! Baie geluk aan Lefa Masia met sy 1ste plek. Geluk ook aan Tracy-Lee Crozier, Joshua Wilson en Keneilwe Shai met hul 3e plekke, en aan Mantele Mondela met haar 6e plek. Verder het Solly Malepe en Pheladi Sekoati albei goud verdien in die skryfafdeling. Julle maak LHS trots! Oppi-tong-af Spanredenaars Baie geluk aan Nadia vd Heever, Joshua Wilson, Marco Kruger en Wiam Kruger met jul uitmuntende 2e plek in die nasionale rondte. Dit is ‘n uitstekende prestasie! Road Safety Debat Quinton Maseko en Will Ramodike het ook saam met hul spanmaats ‘n 2e plek by die nasionale rondte verdien en so ons skool verteenwoordig. Verder is Quinton genooi om op die nasionale radiostasie – Ligwala-gwala FM ‘n debat oor die lug te gaan voer. Welgedaan julle twee! Revue 2019 In 2019 gaan LHS ‘n revue met ‘n verskil aanbied. Hou omsendbriewe en kennisgewingborde dop vir details oor oudisies, tye en dies meer! SPORT Atletiek Die 70ste Laeveld Mediclinic Interhoër 2019 sal Saterdag, 23 Februarie by Lowveld in Nelspruit plaasvind. Die Hoëveld Interhoër 2019 sal op Saterdag 16 Februarie by Ligbron, Ermelo plaasvind. Toere 2018 Die volgende toere is reeds bevestig vir 2019: Gr 10 Verrykingskamp: Oktober R3 300-00 p/p Sun City Netball Toer R5 000-00 p/p 0/14 en 0/15: 15-18 Maart 2019 0/16, 2des, 1ste: 18-22 Maart 2019 Mauritz Hansen Rugbyweek R2 500-00p/p 14, 15, 16 A en 1stes: Hokkiedogters R3 700-00 p/p Hokkieseuns R3 500-00 p/p

Page 6: Uit die pen van die Skoolhoof - Hoërskool Lydenburglydenburghs.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Omsendbrief... · 2018-11-30 · Handboeke en skryfbehoeftes Handboeke en skryfbehoeftes,

Proewe 1ste Span hokkieproewe vir die meisies vind plaas 16 Januarie 2019 om 14:30. Snr netbal proewe 10 Januarie 2019: 14:00: Fiksheidstoetse 23 Januarie 2019: 15:00: Finale proewe

LYDENBURG HOËRSKOOL LANDSDIENSKLUB Ons eerste byeenkoms is Woensdag 16 Januarie 2019. Klubfooie is R120 per jaar. KLUBKAMP Ons skop die jaar af met ‘n lekker kamp.

Datum: 1 – 3 Februarie 2019 Begin tyd: 15:00 Plek: Hoërskool Lydenburg Koste: R200

Nuwe lede moet die klubfooie van R120 sowel as die kampfooie betaal voordat hulle toegelaat sal word by die kamp. Ou lede kan die klubfooie later gedurende die eerste kwartaal betaal. Kampgeld moet voor of op Maandag, 28 Januarie 2019 betaal wees.

LHS wens dat u en u familie ‘n wonderlike Kerstyd sal geniet. Mag die tyd wat u met die familie deurbring, geseënd wees met vrede, liefde en vreugde. Mag dit ‘n tyd van rus en vernuwing wees sodat deur die Here se genade, ons almal saam kan uitsien na ‘n belowende en vervullende nuwe jaar.

Geseënde Feestyd ___________________ JOHAN LOOTS Skoolhoof