8
UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE Welkom by u eerste sesmaandelikse nuusbrief as lid van die Universiteit Stellenbosch (US) se Kanselierskring. Die US is gebou op die vrygewigheid van ons ondersteuners, waarvan u een is. Ons tel onder die top universiteite ter wêreld, wat hoog aangeskryf word in terme van ons navorsing, studentesukses en impak op die samelewing. Uitnemendheid was nog altyd ons kenmerk, maar sonder u bydrae sal ons nie gesogte gegradueerdes en kennisuitsette kon lewer, of ‘n wesenlike verskil aan mense se lewens kon maak nie. U skenking as lid van die Kanselierskring is onontbeerlik ter ondersteuning van die Universiteit se Institusionele Voorneme en Strategie, wat die US se visie uitspel om inklusief, innoverend en toekomsgerig te wees – ‘n plek van ontdekking en uitnemendheid waar denkleiers kennis tot diens van ons belanghebbendes bevorder. Op die grondslag van hierdie raamwerk ontwikkel ons tans ʼn nuwe visie en strategie vir die Universiteit om ons verder die toekoms in te vat. Dankie dat u in ons glo. Ons grootste uitdagings lê egter voor. Namate ons eeufeesvieringe in 2018 naderkom, lê ons die grondslag vir die volgende 100 jaar van saam leer, groei en vooruitgang maak. En ons sal weer staatmaak op u ondersteuning – ter wille van toekomstige geslagte. Hartlike dank by voorbaat Prof Wim de Villiers Thank you in advance. Rektor en Visekanselier Rector and Vice-Chancellor Welcome to your first biannual newsletter as a member of Stellenbosch University’s (SU) Chancellor’s Circle. SU is built on the generosity of our supporters, of which you are one. We count among the top universities in the world, highly acclaimed in terms of our research, student success and our impact on society. Excellence has always been our hallmark, but without your contribution we could not deliver esteemed graduates and knowledge outputs, or make a significant difference to people’s lives. Your donations as a member of our Chancellor’s Circle are integral in supporting the University’s Institutional Intent and Strategy, which outlines SU’s vision of being inclusive, innovative and future-focused – a place of discovery and excellence where thought leaders advance knowledge in the service of our stakeholders. Building on this framework, we are currently developing a new vision and strategy for the University to take us further into the future. Thank you for believing in us. However, our biggest challenges still lie ahead. As our centenary celebrations in 2018 draw near, we are laying the foundation for the next 100 years of learning, growth and progress. And we will once again be relying on your support – for the sake of future generations.

UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE · 2017. 7. 27. · Capitec glo in jong talent Capitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE · 2017. 7. 27. · Capitec glo in jong talent Capitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan

UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE

Welkom by u eerste sesmaandelikse nuusbrief as lid van die Universiteit Stellenbosch (US) se Kanselierskring. Die US is gebou op die vrygewigheid van ons ondersteuners, waarvan u een is.

Ons tel onder die top universiteite ter wêreld, wat hoog aangeskryf word in terme van ons navorsing, studentesukses en impak op die samelewing. Uitnemendheid was nog altyd ons kenmerk, maar sonder u bydrae sal ons nie gesogte gegradueerdes en kennisuitsette kon lewer, of ‘n wesenlike verskil aan mense se lewens kon maak nie.

U skenking as lid van die Kanselierskring is onontbeerlik ter ondersteuning van die Universiteit se Institusionele Voorneme en Strategie, wat die US se visie uitspel om inklusief, innoverend en toekomsgerig te wees – ‘n plek van ontdekking en uitnemendheid waar denkleiers kennis tot diens van ons belanghebbendes bevorder. Op die grondslag van hierdie raamwerk ontwikkel ons tans ʼn nuwe visie en strategie vir die Universiteit om ons verder die toekoms in te vat.

Dankie dat u in ons glo. Ons grootste uitdagings lê egter voor. Namate ons eeufeesvieringe in 2018 naderkom, lê ons die grondslag vir die volgende 100 jaar van saam leer, groei en vooruitgang maak. En ons sal weer staatmaak op u ondersteuning – ter wille van toekomstige geslagte.

Hartlike dank by voorbaat Prof Wim de Villiers Thank you in advance.Rektor en Visekanselier Rector and Vice-Chancellor

Welcome to your first biannual newsletter as a member of Stellenbosch University’s (SU) Chancellor’s Circle. SU is built on the generosity of our supporters, of which you are one.

We count among the top universities in the world, highly acclaimed in terms of our research, student success and our impact on society. Excellence has always been our hallmark, but without your contribution we could not deliver esteemed graduates and knowledge outputs, or make a significant difference to people’s lives.

Your donations as a member of our Chancellor’s Circle are integral in supporting the University’s Institutional Intent and Strategy, which outlines SU’s vision of being inclusive, innovative and future-focused – a place of discovery and excellence where thought leaders advance knowledge in the service of our stakeholders. Building on this framework, we are currently developing a new vision and strategy for the University to take us further into the future.

Thank you for believing in us. However, our biggest challenges still lie ahead. As our centenary celebrations in 2018 draw near, we are laying the foundation for the next 100 years of learning, growth and progress. And we will once again be relying on your support – for the sake of future generations.

Page 2: UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE · 2017. 7. 27. · Capitec glo in jong talent Capitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan

Transformation & Diversity

5,6%

R338 190 906,81

2016 Donor Income“For us, 2016 was a really good year in which donors demonstrated their loyalty, confidence, and belief in the University and its leadership. For that we are very grateful.”

- Karen Bruns, Senior Director: Development & Alumni Relations

Page 3: UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE · 2017. 7. 27. · Capitec glo in jong talent Capitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan

NUUSFLITSE

US ontvang reuse individuele skenkingDie US het een van sy grootste individuele skenkings nog ontvang – ʼn bedrag van R194.6 miljoen. Dié skenking is in die vorm van ʼn erflating deur wyle mnr DW (Dirk) Ackermann, ʼn ingenieur van beroep.

Hy self was nooit ‘n student aan die Universiteit nie, maar het ‘n verbintenis met die US gehad deur sy vrou, wyle mev Sophia Ackermann, ‘n Matie-alumna. Toe hy in 2006 oorlede is, het hy aandele ter waarde van R8.4 miljoen aan die US bemaak, maar dit was onderworpe aan vruggebruik deur sy vrou. Toe sy in Februarie vanjaar oorlede is, het die erflating die US toegeval. Die waarde van die aandeleportefeulje het intussen van R8.4m na R194.6m gegroei.

Soos bepaal in sy testament, sal die Universiteit hierdie bemaking gebruik om die DW Ackermann Beursfonds op die been te bring tot voordeel van verdienstelike studente in die dissiplines van elektroniese en elektriese ingenieurswese, die kapitaal dienooreenkomstig belê en die inkomste gebruik vir beurse wat jaarliks toegeken sal word in terme van die kriteria bepaal in sy testament.

Capitec glo in jong talentCapitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan talentvolle en verdienstelike studente wat beurse nodig het. Dié bank ontwikkel en ondersteun tans agt belowende studente aan die Universiteit Stellenbosch deur die instelling se eksterne beursprogram.

“Capitec glo in ons huidige jong talent. Met hierdie belegging in hoër onderwys kan ons belowende voor- en nagraadse studente help wat op die gebied van ekonomie, statistiek, bedryfswetenskap en inligtingstegnologie studeer,” sê Chantell Wilson, talentbestuurskonsultant by Capitec.

Page 4: UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE · 2017. 7. 27. · Capitec glo in jong talent Capitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan

NEWS IN SHORT

ABSA gee R5 miljoen vir beursprogram ‘n Belegging van R5 miljoen van Absa Bank as deel van ‘n beursprogram aan die US sal in 2017 geleenthede vir talle talentvolle en verdienstelike studente bied.

Met behulp van ‘n kombinasie van akademiese prestasie, vakfokus en finansiële behoefte, sal die universiteit kwalifiserende studente identifiseer en die fondse in oorleg met Absa uitbetaal. Die kwalifiserende studente sal hoofsaaklik gekies word uit die "missing middle" -kategorie van studente.

Maties nou tweede in SA Die US het verder opgang gemaak op die QS-wêreldranglys van universiteite. Ons is nou tweede in Suid-Afrika nadat ons in 2016/17 in die derde plek was (en is nou in algehele 361ste plek, teenoor 395ste vantevore). Dié styging word onder meer daaraan toegeskryf dat ons nou met die land se hoogste getal navorsingsitasies per publikasie spog.

A longstanding partnershipSir Andrew Pocock, KCMG Secretary to the Beit Trust, and his wife Lady Julie, visited Stellenbosch University in April this year. Sir Andrew took up the position as the eighth Secretary on 1 December 2016.

The Beit Trust has been in partnership with SU since 2010 and has donated a total of R944 121 to our students, jointly funding 11 Masters and PhD students from Zambia, Zimbabwe and Malawi with Stellenbosch University. Showcasing our

researchers and their impactOur University’s latest research report, which looks back on highlights in 2016, is now available online at http://bit.ly/2rBAO5y.This report is published annually by the Division for Research Development.

Page 5: UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE · 2017. 7. 27. · Capitec glo in jong talent Capitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan

BELÊ IN DIE TOEKOMS

D is duidelik dat die joernalistiek, Maties en ’n standvastige Suid-Afrika vir Ton Vosloo en sy vrou, Anet Pienaar-

Vosloo, na aan die hart lê.

Vosloo, eredoktor en ereprofessor in joernalistiek aan die US se Departement Joernalistiek, en oudjoernalis Pienaar-Vosloo het in 2016 ‘n eerste skenking van R7 miljoen aan die US gemaak en in 2017 ‘n verdere R7 miljoen, waarvan die opbrengs jaarliks aan die US se Departement Joernalistiek gaan vir enige doel waarvoor hulle dit wil aanwend.

"Met hierdie skenking wil ek en Anet ‘n beskeie bydrae tot die handhawing van die US se hoë peil van onderrig maak sodat ons afgestudeerdes die land kan instuur om Suid-Afrika sterker te maak. Die US, en voor hom Victoria Kollege, stuur al vir meer as ‘n eeu lank mense die land, Afrika en die wêreld in om ‘n bydrae tot ontwikkeling te lewer. Dit is ons innige wense

dat hierdie dienslewering voortgesit moet word," sê Vosloo.

"Ons gesin se skenkings kan bydra tot ‘n sterker joernalistiekdepartement, en wie weet, die ekwivalent van ‘n Suid-Afrikaanse Nieman-Genootskap wat in die VSA jaarliks aan joernaliste van die VSA en oor die wêreld geleentheid gee om hul penne en denke te slyp," se hy. Hy sê ‘n beurs aan Harvard Universiteit in 1970/71 as Nieman-Genoot het ongelooflik bygedra tot sy mondering as joernalis en mens.

Volgens Vosloo is die beste en vaardigste joernaliste elke dag broodnodig om te keer dat ons vryheid uitgehol word. "Die grondwetlike geborgde vryheid van spraak kan staande bly met die hulp van deeglik geskoolde joernaliste. Die US se Departement Joernalistiek is ‘n uitstekende slypskool en hierdie sterkte moet uitgebou word."

Die egpaar het albei self diep spore in die mediawêreld getrap. Pienaar-Vosloo se eerste

pos na haar kunsstudies aan die US was as mode-redakteur van die tydskrif Sarie en sedertdien lewer sy oor ‘n wye veld bydraes deur die joernalistiek, televisie, fotografie en skakelwerk. Vosloo was op sy beurt 59 jaar in die bedryf as joernalis, redakteur, uitvoerende hoof en voorsitter van Naspers.

Die twee se verbintenis met Maties kom ook al oor generasies aan – met 21 Pienaars, Strydoms en Vosloo’s wat die voorreg gehad het om aan die US te studeer in onder meer die regte, kuns, joernalistiek, ingenieurswese, filosofie en sielkunde. ‘n Gedeelte van hul skenking in 2016 is juis in die naam van hul kinders geskenk.

Die Vosloo’s se belegging het gekom tydens ‘n onstuimige tydperk in die hoër onderwys sektor, maar hulle is dit eens dat opbouende protes-optrede tog kan lei tot vernuwing."’n Kenmerk van die afgelope tyd se betogings was dat besware van studente in baie gevalle intern opgelos is deurdat universiteitsleiers koelkop met betogende studente onderhandel het," sê Vosloo.

"Baie van die eise en geweld, soos die omstamp van standbeelde en vernietiging van portrette, is onaanvaarbaar en belhamels moet gestraf word. Om op hoër vlak te studeer is ‘n voorreg en nie ‘n absolute reg nie. Skenkers het vrede met wat die beroemde oud-Matie en persleier prof Piet Cillie genoem het "bedonerde mense" soms aanvang, want hulle optrede lei tot vernuwing. Daar is egter ‘n perk aan hierdie tipering: ons bou ‘n toekoms op bouers en nie brekers nie."

Vosloo-egpaar

Page 6: UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE · 2017. 7. 27. · Capitec glo in jong talent Capitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan

Stellenbosch University alumnus, Adriaan Dippenaar, was fortunate

enough to attend some of the best edu-cational institutions without requiring outside financial support - a privilege he says, that has not been lost on him. Now this private equity investor is paying it forward and playing his part in contributing to a brighter future for a talented young Matie student.

Dippenaar has been providing a bursary to a BSc Computer Science student since 2016. Now in his second year, the student is grateful and excelling on an academic level. “I decided to direct the bursary to the field of Computer Science because in the age of dramatic technological change, I was excited by the opportunities a young graduate well-versed in the field of technology would be presented with in life. With time I hope to gradually scale up my financial contribution to support more students," Dippenaar says.

So why did he decide to make a difference in this way? "In the words of Nelson Mandela - ‘Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.’ I am a firm believer that education is the only way we will reduce inequality and address a number of South Africa’s development challenges. In my own small way, I try to play a role in that.”

He says he was fortunate enough, by virtue of birth and loving parents who appreciated the value of education, to attend brilliant educational establishments with the luxury of not requiring outside financial support. “That is a privilege not lost on me. I know this has afforded

me countless exciting opportunities in life, and the prospect of providing someone else a gateway to similar opportunities through creating a bursary is an alluring one,” he adds.

However, his need to help others and make a positive contribution has not stopped there. "Outside the realms of Stellenbosch University, I co-founded a social enterprise with two friends when I was 28, called 5 For Change, which is a platform for facilitating social change in South Africa. We select five impactful and innovative social enterprises every year to raise awareness and funds at an annual flagship black tie gala and empower them through our year-long ‘catalyst programme’ to build their capacity through mentorship, training and support."

Dippenaar also does not have to look far for inspiration as giving back seems to run in his family. Over the past 20 years, his father and mother, Laurie and Estelle Dippenaar, have been helping students achieve their potential through the Dippenaar Family Trust. “My parents serve as a massive inspiration and over the years they have supported a number of Stellenbosch University students through the provision of bursaries amongst other philanthropic endeavours."

His message to fellow alumni is to make that leap and give back. “Philanthropy is not reserved for those above the age of 60! Nor for those fortunate enough to have created material wealth. A little goes a long way. It is a remarkably exciting and rewarding prospect to know you can fundamentally change the trajectory of

a young person’s life through the act of providing them access to tertiary education. You should try it!"

He has been working in the finance industry since 2009 and currently works as a private equity investor at Investec Asset Management in London. “I initially studied Bcom (Law) and then went on to do an honours degree in economics. I continued my studies in the United Kingdom where I completed a master’s degree in international business at Edinburgh University and then subsequently a second master’s degree in finance at Cambridge University.”

Dippenaar is a proud Matie who remembers his time in Stellenbosch as stimulating, rewarding and a challenging experience, and as he puts it “maybe a bit too much fun”. He says it was a wonderful time in life to grow, explore, discover and engage with people from different backgrounds and to current students he offers the following advice.

"In the words of Ellen Johnson Sirleaf, the first elected female head of state in Africa - ‘The size of your dreams must always exceed your current capacity to achieve them. If your dreams do not scare you, they are not big enough.’

“It is an incredible privilege to study at a University of the calibre of Stellenbosch University. It provides you a wonderful stepping-stone to building the capacity to achieve those ‘scary’ dreams. Use it to your full advantage and remember to pay it forward one day!"

‘Remember to pay it forward!’

Page 7: UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE · 2017. 7. 27. · Capitec glo in jong talent Capitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan

’n verrykende ervaringKAMPUSBESOEKE

"D it was so lekker om kennis te neem van al die positiewe dinge wat by die universiteit aan die

gang is en van die verskil wat daar op soveel terreine en vlakke gemaak word."

Dit was die woorde van Christelle van Zyl, een van ongeveer 26 Universiteit Stellenbosch-donateurs en gemeenskapsleiers wat onlangs op uitnodiging van mev Catherine de Villiers, een van twee besoeke op die Stellenbosch-kampus meegemaak het.

Die kampusbesoeke is ‘n inisiatief van mev Catherine de Villiers, vrou van die US-rektor, prof Wim de Villiers, om rolspelers bloot te stel aan die inspirerende inisiatiewe wat die Universiteit aanpak en die positiewe impak daarvan. "Hier gebeur soveel inspirerende werk by Maties, en dit is vir my ‘n voorreg om die aandag daarop te vestig. Ek sien uit om sommer meer sulke toere te doen!" het sy gesê.

Die groep het onder andere besoek afgelê by die Universiteit se Launchlab, Telematiese-

sentrum, die Wimbledon-hub, Luister, Leef en Leer-huise (LLL), asook die SciMathUS-inisiatief en middagete saam met die studente in Irene koshuis genuttig.

Die LaunchLab, ʼn inisiatief van die Universiteit se innovasiemaatskappy Innovus, is die spilpunt van alle entrepreneursaktiwiteite op die US- kampus. Die LaunchLab bied netwerkgeleent- hede, bystand met sakemodel-ontwikkeling, mentorskap en bekostigbare huurtariewe in ‘n entrepreneursvriendelike omgewing aan.

vervolg

Page 8: UIT DIE REKTOR SE KANTOOR / FROM THE RECTOR’S OFFICE · 2017. 7. 27. · Capitec glo in jong talent Capitec Bank is een van vele Suid-Afrikaanse maatskappye wat hulp verleen aan

Die US se Telematiese Dienste bied ‘n unieke virtuele tegnologiese platform wat leerders en studente, ongeag waar hulle hul bevind, blootstel aan ‘n ondersteunende leeromgewing. Hier het besoekers meer gehoor van die Telematiese Skole-projek wat in 2009 van stapel gestuur is om die eindresultate van Graad 12-leerders te verbeter en kon hulle eerstehands sien waar interaktiewe satelliet uitsendings gebruik word om aanvullende lesse aan deelnemende skole uit te saai. ‘n Totaal van 671 skole trek tans voordeel uit hierdie projek.

Die LLL-huise is ‘n innoverende residensiële opsie op die Stellenbosch-kampus wat in 2008 as die eerste van sy soort in Suid-Afrika begin is. LLL-huise is leefruimtes waar senior studente op grond van diversiteitsfaktore soos ras, geslag en studierigting saam in huise geplaas word en vir ʼn jaar volgens ʼn sentrale tema soos gemeenskapsinteraksie, leierskap, kultuur en media leef.

SciMathUS, is ‘n oorbruggingsprogram waar-tydens leerders uit voorheen-benadeelde agtergronde ondersteun word om hul matriekresultate in kernvakke te verbeter en

sodoende toegang tot universiteit te verkry. Studente wat hierdie program gevolg het was ook teenwoordig en het hul suksesverhale gedeel.

Een van die donateurs, Sonja Roux, het gesê sy het met verwondering gekyk na die omvang van en moeite wat gedoen word met die onderskeie projekte van die Universiteit. "Dankie vir ‘n werklik opbouende, insiggewende en besonder genotvolle oggend."

Volgens besigheidsvrou en gemeenskapsleier, Bronwyn Moses, was die besoeke ‘n verry-

kende ervaring en is die verskillende programme en navorsing wat by die US gedoen word van wêreldgehalte. "Ek is baie beïndruk met al die moontlikhede wat die US aan student bied, veral studente van benadeelde gemeenskappe. ‘n Spesiale dankie ook aan Catherine omdat sy Russel Botman se nalatenskap van hoop laat voortleef," het sy bygevoeg.

"Ek is regtig trots op die Universiteit en hoe julle die toekoms aandurf!" het Louise Fourie laat hoor.

“Ek is regtig trots op die Universiteit en hoe julle die toekoms aandurf!”

Louise Fourie