2
Gebedsinisiatief tydens Pinkster Vanjaar sal daar weer ‘n gebedsruimte in die konsistorie ingeruim word waar jy kan stil word om met God te praat. Oor jouself, oor jou mense, oor ons gemeente, die land en die wêreld. Ons nooi jou uit om tydens Pinksterweek hierdie ruimte te besoek. Jy kan vir vyf of tien minute gedurende die dag (08:00−17:00), óf voor óf na afloop van die diens in hierdie ruimte gaan stil word. Verder sal daar by die deure gebedsbakke wees waarin gebedsversoeke geplaas kan word sodat daar vir hierdie versoeke gebid kan word. Wees deel van hierdie wonderlike voorreg wat ons as gelowiges het om in gebed tot ons lewende God te nader! Die Here is in sy heilige tempel: Almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees! (Habakuk 2:20) Pinkster 2016 8-12 & 15 Mei LA ROCHELLE GEMEENTE • 8 Mei – 09:00 & 19:00 • 9-12 Mei – 10:00 & 19:00 • 13 Mei – 10:00 • 15 Mei – 09:00 Sjoe!! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie ... WAT?!!! Jesus sê KERKKANTOOR: H/v Meerlust- & Hadleystraat, Bellair Tel: (021) 919 9253 • Faks: (021) 910 2942 [email protected] • www.larochelle.org.za Ontwerp: Left Align • [email protected] Jesus se sleutels tot die lewe Tienerpinkster 8-13 Mei 2016 Sondag tot Vrydag | 19:00−20:00 WORSHIP | KOFFIE | GASSPREKERS ERVARINGS | GEBED | SOP | KUIER | GROEI Kom op ’n ‘journey’ om te beleef hoe God jóú sien ... L a R ochelle J eug LIVE THE SEA RCH

Vanjaar sal daar weer ‘n gebedsruimte in die konsistorie ... · word uitgenooi om die week saam met Sjef Fruity in sy Masterchef-kombuis te kom kuier en meer van die vrug van die

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Vanjaar sal daar weer ‘n gebedsruimte in die konsistorie ... · word uitgenooi om die week saam met Sjef Fruity in sy Masterchef-kombuis te kom kuier en meer van die vrug van die

Gebedsinisiatief tydens Pinkster

Vanjaar sal daar weer ‘n gebedsruimte in die konsistorie ingeruim word waar jy kan stil word om met God te praat. Oor jouself, oor jou mense, oor ons gemeente, die land en die wêreld.

Ons nooi jou uit om tydens Pinksterweek hierdie ruimte te besoek. Jy kan vir vyf of tien minute gedurende die dag (08:00−17:00), óf voor óf na afloop van die diens in hierdie ruimte gaan stil word. Verder sal daar by die deure gebedsbakke wees waarin gebedsversoeke geplaas kan word sodat daar vir hierdie versoeke gebid kan word.

Wees deel van hierdie wonderlike voorreg wat ons as gelowiges het om in gebed tot ons lewende God te nader!

Die Here is in sy heilige tempel: Almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!(Habakuk 2:20)

Pinkster 20168-12 & 15 Mei

LA ROCHELLE GEMEENTE• 8 Mei – 09:00 & 19:00 • 9-12 Mei – 10:00 & 19:00 • 13 Mei – 10:00 • 15 Mei – 09:00

“Sjoe!! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie ...”

WAT?!!!Jesus sê

KERKKANTOOR: H/v Meerlust- & Hadleystraat, Bellair

Tel: (021) 919 9253 • Faks: (021) 910 2942

[email protected] • www.larochelle.org.za

Ontwerp: Left Align • [email protected]

Jesus se sleutels tot die lewe

Tienerpinkster8-13 Mei 2016

Sondag tot Vrydag | 19:00−20:00

WORSHIP | KOFFIE | GASSPREKERSERVARINGS | GEBED | SOP | KUIER | GROEI

Kom op ’n ‘journey’ om te beleef hoe God jóú sien ...

La Rochelle Jeug

LIVETHESEARCH

Page 2: Vanjaar sal daar weer ‘n gebedsruimte in die konsistorie ... · word uitgenooi om die week saam met Sjef Fruity in sy Masterchef-kombuis te kom kuier en meer van die vrug van die

Jesus sê WAT?!!!Sjoe!! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie ...

Sondag 8 Mei − 09:00Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk

van God nie. (Lukas 9:62)

Sondag 8 Mei − 19:00As jou regterhand jou laat struikel, kap hom af ...

(Matteus 5:30)

Maandag 9 Mei −19:00Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van

My beledig en vervolg ... (Matteus 5:11)

Dinsdag 10 Mei −19:00Ek sê vir julle: “Julle moet julle vyande liefhê ... “

(Matteus 5:44)

Woensdag 11 Mei − 19:00Moenie oordeel nie ... (Matteus 7:1)

Donderdag 12 Mei − 19:00Nie elkeen wat vir My sê: “Here, Here, sal in die

koninkryk van die hemel ingaan nie ...” (Matteus 7:21)

Sondag 15 Mei − 09:00Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle

van God is ... (Matteus 5:3)Pinkstersondag en Nagmaal

Kom vier ‘n oorvloedige lewe saam met die Heilige Gees. Almal vier saam met ons fees!

Broodfees (15 Mei om 10:15). Bring ‘n lekker smeer of konfyt. Ons sal die brood voorsien.

Kinderpinkster8-15 Mei –19:00 | Lokaal B

VRUGTEFEESSAAM MET DIE HEILIGE GEES

Die vrug van die Gees is ‘n foto van Jesus se lewe. Ons word al meer verander om aan die beeld van

Jesus gelyk te word ... Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Korintiërs 3:18)

Die Heilige Gees wil die vrug van die Gees in jou lewe sigbaar maak. Kom geniet ‘n vrugtefees saam met die Heilige Gees. Die tafel word gedek om die vrug van die Gees vir jou ‘n realiteit in jou lewe te maak. ‘n Baie lekker spyskaart vol pret en plesier, sang en gebed, leer en groei, eet en speel word voorgesit. Kinders word uitgenooi om die week saam met Sjef Fruity in sy Masterchef-kombuis te kom kuier en meer van die vrug van die Gees te ontdek sodat dit deel van jou lewe kan raak. Alle kinders vanaf 2 jaar tot gr. 6 is welkom!

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld,

vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

(Galasiërs 5:22-23)

Daar is elke aand sop na die Pinksterdiens. Maak gerus tyd om saam met ons te kuier.

Elke weeksoggend (Maandag tot Vrydag) is daar Seniorpinkster om 10:00 in die Kerkgebou.

Om die Here te volg ... is nie altyd maklik nie

Jesus het uitsprake gemaak waarin die oproep tot dissipelskap vir ons op die oor en oog af onmoontlik en onuitvoerbaar lyk. Moet ’n mens régtig jou hand afkap? Tog sit daar agter elkeen van hierdie uitsprake van Jesus wonderlike sleutels tot die lewe. Hulle maak nie alleen die lewe vir ons moontlik nie, maar hulle ontsluit die geheime vir ’n sinvolle lewe en goeie verhoudinge vir ons.

Mag die Heilige Gees ons gedurende dié Pinkster help om elke aand ’n nuwe sleutel tot die ware lewe te ontdek. Ons gaan dié soms moeiliker uitsprake van Jesus oordink en begin uitleef sodat daar nuwe paaie in ons elkeen se geloofsgelewe kan oopgaan!

Gee van jouselfBring ‘n sakkie kruideniersware saam sodat ons vir ander mense kan wys hoe die Gees werk!

• Daar sal sakkies met verskillende kruidenierswarelysies by die deure uitgedeel word.

• Kom sit jou sakkie in die boot.

• Daar is ook koeverte vir skenkings waarmee ons gevriesde goedere sal aankoop.

• Skenk ‘n warm slaapsak teen R200 of maak ’n slaapsak vir ’n straatpersoon.