Upload
others
View
5
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Vanuit die redakteur se pen
En daar is die laaste uitgawe
vir 2014 van die Wesnuus in u
hand! Hoe vinnig het die jaar
nie by ons verby gevlieg nie.
Maar voordat ons verval in ‘n
bui van depressie, laat ons
eerder positief terugkyk oor
die jaar wat op sy rug lê.
Het u 2014 geniet? Daar was
baie uitdagings gewees en nou
dat ons terugkyk, kon ons ‘n
sukses maak van al die
uitdagings? Ja, beslis was dit
‘n aangename en geseënde
jaar gewees vir elkeen van
ons. As ons ons seëninge tel,
dan sal ons verbaas wees oor
wat aan ons geskenk is. Ja,
ons het dalk foute ook
gemaak, maar ons het
oneindig baie geleer uit ons
foute. En wees verseker dat
ons nie weer dieselfde foute
gaan maak nie.
Baie dankie vir u bydraes vir
die Wesnuus van 2014. Ek
waardeer dit.
Mag u ‘n vreugdevolle Christus
fees geniet en ‘n geseënde
2015. Saam met Christus kan
ons 2015 by die horings pak en
ook daarvan ‘n sukses jaar
maak.
Groetnis
Hannes Zwarts
GEESTELIKE ERVARING
In Lukas 10 lees ons van die
twee-en-sewentig dissipels
wat deur Jesus uitgestuur is na
die dorpe waarheen Hy van
plan was om te gaan. Die
dissipels moes daar die siekes
gesond maak, en in vers 17
lees ons dat hulle ook duiwels
uitgedryf het by die noem van
Jesus se naam. Dan lees ons
ook verder dat die dissipels
“vol blydskap was” juis
hieroor: oor die duiwels wat
hulle onderwerp het.
Dit moes vir die dissipels ‘n
baie groot geestelike ervaring
gewees het om so deur die
Here gebruik te word. Die
meeste van ons verlang tog
ook maar na geestelike
ervarings, al is dit in die
geheim. Maar dan is dit tog
asof Jesus ‘n demper plaas op
die dissipels se blydskap as Hy
in vers 20 sê, “en tog moet
julle nie bly wees net omdat
die geeste hulle aan julle
onderwerp nie, maar wees
veral bly omdat julle name in
die hemel opgeskryf is.”
Hierdie woorde van Jesus is
ook vir ons vandag ‘n ernstige
vermaning. Ons is tog so
ingestel op die buitengewone,
ons gebruik selfs name soos
‘tegnieke’ om ons in die regte
stemming te plaas vir ‘n
geestelike ervaring, ons soek
dit en dan teer ons daarop.
Hierdie soort goed bring geen
verdieping in jou geloofslewe
nie, eerder word dit
ondergrawe omdat jy net op
jou eie emosies bou.
Baie gelowiges het al
ondervind dat dit beter is om
in stilte op God te vertrou, in
‘n lewe van innige
geloofsverbondenheid met
Jesus Christus die Here. Dit
sluit glad nie geestelike
ervarings uit nie, inteendeel,
hulle is wel min, maar so diep
en intens dat hulle jou jou hele
lewe lank vars sal bybly, Hy
ken jou beter as wat jy jouself
ken, Hy weet beter as jy
wanneer jy dit nodig het. Sorg
net dat jy naby Hom bly. En
hierdie naby Hom moet jy dan
gaan uitlewe in Sy gemeente,
want dit is waartoe Hy jou
geroep het.
Omdat Kersfees om die draai
is, van my dan, hartlike somer
kersfeesgroete.
Roland
KERSFEES!!!!!
Is daar enige ander tyd van die jaar wat ‘n
spesifieke gebeurtenis die lewens van mens
so intens beïnvloed as Kersfees? Almal mag
dalk nie Kersfees met soveel verwondering en
afwagting tegemoet gaan as die klein
kindertjies met hulle glinsterende ogies nie,
maar almal binne die Westerse beskawing
word vir hierdie tyd van die jaar meegesleur
deur die totale omvang van die feesgety.
En hoekom?
Want eenmaal is daar vir die verlore
mensdom ‘n Verlosser gebore, ‘n Verlossing
om die mensdom te bevry van die
gebrokenheid van die wêreld. Of jy nou glo en
of jy nie glo nie, in hierdie tyd van die jaar vier
jy dit. Of jy dit gebruik om hierdie tyd van die
jaar daaruit geld te maak of watter
selfgesentreerde doelwit jy ookal daarmee
mag probeer verwesenlik, met dit wat jy doen
herdenk jy in wese saam met die ganse
Westerse kultuur hierdie ontsaglike
belangrike gebeurtenis.
So laat ons dan hulde bring aan die Een wat
gekom het. Laat ons dank betuig vir die
geskenk wat ons ontvang het. Laat ons saam
met die kindertjies, soos kindertjies wat
opgewonde wag vir Kersvader, wag op die
Een wat weer sal kom.
&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&
KERSFEES BOODSKAP
Matt. 9:13 “Ek het nie gekom om mense te
roep wat op die regte pad is nie, maar die
sondaars.”
Elke jaar gaan Kersfees gepaard met baie
besluite. Waar gaan ons wees, wat gaan ons
eet en wie gaan wat kry? Met Jingle Bells in
jou ore breek die frustrasie van nog ‘n jaar se
Kersfeesinkopies aan. Jy en jou vrou is al
klaar kwaad vir mekaar nog voor die eerste
geskenk gekoop is.
As jy soos ek sukkel met geskenke, lees
hierdie verhaal en gee dit vir iemand weg
voor dit te laat is!
Waarheen is jou skip van drome oppad?
Sy het bekend gestaan as die “skip van
drome”. Sy was agt honderd en negentig voet
lank. Veertien duisend mense het aan haar
gebou. Die anker het vyftien en ‘n half ton
geweeg en is deur twintig perde van die
fabriek af tot by die skip getrek. Die
binnekant van hierdie skip het tien maande
geneem om te voltooi, altesaam ‘n paar
miljoen ure se werk aan Louis Quinze-,
Klassieke Versailles- en Victoriaanse
versierings, Crown Berger-skilderye, Franse
kafees en Turkse baddens om maar net ‘n
paar op te noem.
Sy is ook genoem: Die onsinkbare skip en in ‘n
koerant van 1912 word berig dat selfs God
haar nie kan sink nie.
Maar op Sondagaand 12 April 1912 sink die
Titanic binne twee ure en neem 1500 lewens
saam na haar watergraf.
Tydens hierdie twee ure het interessante
verhale afgespeel. Te min reddingsbote.
Rykes en vernames het gesorg dat hulle
eerste plek kry. Later het die Kaptein oor sy
megafoon afgekondig dat net vrouens met
babatjies plek op die reddingsbote mag kry.
‘n Man met ‘n babatjie in sy arms het verby ‘n
vrou gehardloop wat nie ‘n kind gehad nie.
Vir haar was die afkondiging ‘n doodsvonnis.
Skielik het haar situasie verander toe die man
sy kind in haar arms sit en sê: Dit is
joune…hardloop vir jou plek op die
reddingsboot!
Wat is jou grootste Kersgeskenk?
Ons is almal daarvan bewus dat ons
lewensvaart iewers soos die Titanic gaan sink.
Ons is ook bewus daarvan dat nie almal in
hierdie lewe die reddingsboot van Jesus gaan
haal nie.
Met Kersfees kom sit God opnuut weer sy
kind in jou arms en sê: Dit is joune… hardloop
na My reddingsboot. Moenie wag tot dit te
laat is nie. Wanneer ‘n skip sink, word lug
uitgeblaas en water ingesuig. Wag jy tot dit
te laat is, word jy saam ingesuig al spring jy.
Die meeste mense wat hulle lewe in die
Titanic-ramp verloor het, het nie verdrink nie,
maar verkluim. Wie wil in koue water
ronddobber as Jesus reeds vir jou ‘n plek op
sy onsinkbare reddingsboot voorberei het?
EER AAN GOD IN DIE HOOGSTE HEMEL
Skielik was daar saam met die engele ‘n
menigte engele uit die hemel wat God prys en
sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en
vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n
welbehae het!”
(Lukas 2 : 13 – 14)
Vir die gemiddelde mens was die lewe nie
merkbaar anders as op die nag toe Jesus
gebore is nie. Kroeë en tavernes was besig
met hulle klante. Herders het om hulle vure
gehurk om warm te bly en oor hulle skape
wag gehou. In ‘n afgesonderde hoek van
Bethlehem, in ‘n eenvoudige stal, het ‘n Baba
in ‘n krip gelê. Toe die herders wou gaan
slaap, het die engele in ‘n magtige koor
saamgetrek en is die stilte van die nag met
hemelse lofsange verbreek.
Stel jou die herders se reaksie voor : skok,
vrees en dan verwondering. Hulle het geweet
dat hulle hierdie buitengewone Kind moes
vind wie se geboorte deur die engele
verkondig is.
Terwyl jy die heuglike geboorte van Christus
vier, maak seker dat jy Jesus self soek en vind.
KERSFEES BOODSKAP
“Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God
die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in
hierdie land, o Heer.”
Met Kersdag wat vinnig nader kom, is die
winkels stampvol en beplan ‘n ieder en elk
aan maaltye, geskenke, vakansies en familie-
kuiers.
Ons raak behep met die uiterlike vertoon van
kersbome en liggies. Die ware betekenis van
Kersfees raak weg in die mensgemaakte
rituele en tradisies.
My hartewens is dat elke mens op aarde die
wonder sal raaksien van ‘n God wat na die
wêreld toe gekom het om ons lig te wees. Ek
wens elkeen die vrug van die Gees toe: liefde,
vreugde, vrede, vriendelikheid, geduld,
nederigheid, getrouheid en goedhartigheid.
Mag ons aan God alleen die eer gee.
‘n Geseënde Christusfees aan almal en mag
die nuwe jaar met entoesiasme en
nederigheid aangepak word, met God as
stuurman van ons lewens.
(Henrietta Schoeman)
NET..........................
Omdat G o d my liefhet, laat Hy my nooit in
die steek nie, al doen baie van my beste
vriende dit.
omdat G o d my liefhet, hou Hy ook nie boek
van my oortredinge wat Hy vergeef het nie.
Hy vergeet daarvan.
Omdat G o d my liefhet, sê Hy nooit daar is
nie meer hoop vir my nie. Hy werk eerder
geduldig met my en dissiplineer my.
Omdat G o d my liefhet, ondersteun Hy my
wanneer ek 'n punt van wanhoop bereik; as
ek myself sien soos ek regtig is - en dit dan
vergelyk met sy geregtigheid, sy heiligheid,
skoonheid en liefde.
Dit is in sulke oomblikke dat ek werklik kan
glo dat G o d my liefhet. Jy, die grootste van
alle geskenke, is G o d se volmaakte liefde.
(Gebaseer op 1 Korintiers 13: 4 - 8.)
OMDAT JESUS CHRISTUS DIE WET VOLKOME
VERVUL HET, WORD DIE TIEN GEBOOIE IN
HOM TIEN BELOFTES AAN ONS!
Eerste belofte: As Ek die belangrikste in jou
lewe is, sal jy geen ander gode wil dien nie,
omdat jy My sal ken en weet dat Ek die
enigste ware en lewende God is – Ek sal die
ereplek in jou lewe hê
Tweede belofte: As Ek in jou hart is, sal dit
nie nodig wees om gesnede beelde van my te
maak nie, want jy sal My beeld wees
Derde belofte: As jy My liefhet, sal My naam
nooit ‘n vloekwoord oor jou lippe kan wees
nie, maar in alle omstandighede deur jou
geëer en gerespekteer word.
Vierde belofte: As Ek die ereplek in jou lewe
het, sal die Sondag die hoogtepunt van die
week vir jou wees. Dit sal vir jou ‘n vreugde
wees om in die gemeenskap van die heiliges
My te aanbid. ‘n Dag nie om na op te sien
nie, maar om na uit te sien.
Vyfde belofte: As Ek in jou lewe is, sal dit vir
jou ‘n voorreg wees om jou ouers te eer en
lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie,
want agter hulle sal jy My sien wat hulle vir
jou uitgekies het.
Sesde belofte: As jy in My liefde leef, sal jy
nooit iemand wil seermaak nie, om iemand
dood te maak sal nie eers in jou gedagtes
opkom nie.
Sewende belofte: As jy My liefhet, sal dit nie
moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou
te wees nie. As Ek ‘n plek in julle huwelik het,
sal julle vir mekaar lief wees, want julle liefde
vir mekaar, is ‘n beeld van My liefde vir julle.
Agste belofte: As Ek op die troon van jou
lewe sit, sal jy daagliks vra: Aan wie en waar
kan ek aan ‘n ander iets gee of goed doen? En
sal jy nie iets van ‘n ander wil neem nie.
Negende belofte: As Ek in jou lewe is, sal dit
nie meer vir jou lekker wees om van ‘n ander
kwaad te praat nie. Deur My Gees sal jy ‘n
mens wees wat van ‘n ander niks sal sê as dit
nie iets goeds is nie.
Tiende belofte: As jy een is met My, sal My
Gees jou tevredenheid gee om vergenoegd te
wees met wat jy het, met die besef dat Ek gee
soos wat jy dit nodig het. Wat Ek gee, is altyd
genoeg en niks sal jou ontbreek nie – jou
beker loop oor.
(Skrywer onbekend)
Uittreksels
Die driejarige lees vir sy boetie uit die Bybel na
die vorige aand se huisgodsdiens. Hy lees hoe
Noag die ark gebou het. Hy vertel hoe die diere
aangekom het, alle soorte diere en voëls wat hy
ken. “Toe klim Noag en sy kinders in die ark.” En
toe sê Noag vir God: Kom klim nou in en maak die
deur toe.” “Nee sê God, Ek wil eerder buite
speel.” Noag antwoord: “Maar dit gaan reën en
die ark wil ry.” Toe antwoord God: “Ek kan
swem.”
Hy maak toe die Bybel toe en kyk met groot oë na
sy boetie en sê: “Dit is die storie van Noag en
onthou , God is al groot.”
Dit was ‘n ontsettende warm en droë jaar gewees
in die Noord-Weste. En een mooi warm dag
steek die weer op. Die swerm energieke
voorskoolse kinders kuier by die pastorie. Tydens
huisgodsdiens word daar ernstig vir reën gebid.
‘n Rukkie later steek ‘n dwarrelwind op en nie
lank daarna nie is daar ‘n hewige stofstorm. Toe
is die natuur gereed vir sy simfonie.
Die kinders het met stille afwagting geluister toe
die eerste groot druppels op die sinkdak
neerplons. Niemand kon glo dat die reëns gekom
het nie. Maar dan bars die groot wolke-orkes los
en oorverdowend stort die reënsimfonie oor die
aarde neer. Die heerlike klank van genade bevry
almal van alle ongeloof. Dit is alles groots en
aansteeklik. Daar kom elektrisiteit in die kinders
se voete, daar is nuwe vars lug in hulle longe en
hulle gaan aan die hardloop soos ‘n stroom
bruisende water in vloed wat spat en raas. Om
hulle uit die pastorie te kry beveel ek aan dat
hulle hulle hemde uittrek en in die reën gaan
speel. Die hempies trek soos weggooilappe deur
die lug en jy hoor net hoe hulle hardloop om
eerste in die reën te kom. ‘n Verstopte geut
maak ‘n watervalletjie en almal gaan staan onder
die waterval. Hulle spring en skree almal tegelyk.
En toe roep een van hulle:
“Haai! Dit is die Here se reën! Drie harde hoera’s
vir die Here...” Soos uit een mond kom dit .
“HIEP-HIEP!....... HOERA!, HIEP-HIEP!.......HOERA!
‘n Mens lees hiervan in Ps 33: Jubel in die Here,
regverdiges, sing ‘n loflied, opregtes! Sing vir
Hom ‘n nuwe lied, speel met volle oorgawe, jubel
dit uit!
Toe my gebed meer toegewyd en inniger geword
het, het ek al hoe minder te sê gehad.
Uiteindelik het ek stil geword, heeltemal stil.
Eers het ek gedink bid is praat, maar ek het geleer
bid is nie net swyg nie, dit is luister.
So is dit. Bid is nie om jouself te hoor praat nie,
bid is om stil te word en te bly en te wag totdat jy
God hoor.
(Uit: Kruisgenoot Mei/Sept 1984 (verwerk) )
STANDBEELD CHRISTEN
vs
VOORBEELD CHRISTEN
@@@@@@@@@@@@@@@@@@@
God said in His word that you are Special
and Every hair on your head is
counted,,,,,,,,,,so if your hair is deurmekaar
today....do not worry; it is an angel doing stock
take!
Mag jy altyd hê...
... genoeg GEDULD om jou dierbaar te maak
... genoeg VERDRIET om jou menslik te maak
... genoeg HOOP om jou gelukkig te maak
... genoeg TERUGSLAE om jou nederig te maak
... genoeg VRIENDE om jou te troos
... genoeg VERDIENSTE om jou gemaklik te laat
lewe
... genoeg GEESDRIF om jou na die dag van more
te laat uitsien
... genoeg GELOOF om jou swartgalligheid af te
weer
... genoeg WILSKRAG om elke dag 'n beter dag as
gister te maak.
#####################################
Om Christus te ken is nie om te spekuleer oor
die manier van sy menswording nie, maar om
eerstehands te weet van Sy verlossende genade.
(Philip Melanchto
Vriendskap is eers opreg wanneer beide
vreugde kan vind in mekaar se geselskap
om ‘n woord te sê.
(Anoniem)
HELP ASSEBLIEF!!!!!!
Ds, help asseblief met hierdie onduidelikheid
waarmee ek worstel:
VRAAG : Wanneer 'n mens bid, dink jy aan die
persoon of instansie vir wie jy bid en kan 'n mens
dit visualiseer. My vraag is nou, wanneer 'n
mens bid, en jy wil die naam van die Here loof en
prys, waaraan moet/kan 'n mens dink om al die
eer aan Hom te gee.
ANTWOORD : Inderdaad ‘n interessante vraag!
Dieselfde geld natuurlik ook vir lofprysing deur
middel van sang en musiek.
Die Bybel gee vir ons twee duidelike riglyne in
hierdie verband. Hierdie riglyne moet egter uit
mekaar gehou word, anders kan dit dalk
verwarring veroorsaak.
Die eerste riglyn is in die negatief. God onderskei
Homself duidelik van die mens deur die vraag:
“By wie wil julle My vergelyk? Ek is God en nie ‘n
mens nie.” (Jesaja). God eis ook van die mens in
die Tien Gebooie om geen afbeelding van Hom te
maak nie. Dit sou selfs ‘n afbeelding in die
geestesoog tog insluit.
Die Israeliete het by die heidense buurvolke
aangesteek en ook behoefte gehad aan die
islamisering van God tydens hulle aanbidding.
Daarom het hulle die beeld van die goue kalf in
hulle “erediens” ingebring, natuurlik tot groot
onmin en afkeur by Moses en God self.
Die sonde by hierdie geleentheid was nie die
behoefte van die volk om “God te kan sien nie”,
dit is eg menslik, soos die vraag onder bespreking
tog ook maar bevestig. Nee, die gevaar van
afbeelding het hom hier ten volle gemanifesteer:
dit het oorgegaan daarin dat die volk die beeld so
verabsoluteer het, so in die fokuspunt geplaas
het, dat die hele erediens in ‘n afgodsdiens verval
het. En dit is waarteen God Sy volk gewaarsku
het toe hy hulle belet het om Hom deur middel
van beelde voor te stel. Die gevaar lê daarin
opgesluit dat die voorstelling die uiteindelike
aanbidding word; anders gestel, dat die
afbeelding die ware God in die aanbidding
uiteindelik vervang.
In Johannes 1:18 bevestig Johannes die
onaanskoulikheid van God met die woorde:
“Niemand het God ooit gesien nie.” Tog het ons
voorbeelde van mense wat God gesien het:
Adam en Eva, Moses, Gideon, Manoag en sy vrou,
asook Jesaja. By elkeen van hierdie voorbeelde is
dit egter opvallend dat iets van God se
teenwoordigheid beleef was, maar dat die mens
God nie direk kon sien nie. Adam en Eva het God
se teenwoordigheid in die aandwind ervaar.
Moses kon net God se agterkant, die kleed, sien.
En dan lees ons van die teenwoordigheid van God
in die brandende braambos.
Dit is baie belangrik dat ons die verskil tussen die
aanskoulikheid van God en die sigbaarheid van
God verstaan. God is wel sigbaar, maar
Hy belet die mens om Hom te aanskou (sien)
weens die sondigheid van die mens, asook
vanweë God se heiligheid teenoor die mens se
gebrokenheid / gevallenheid. Johannes se
stelling dat niemand God ooit gesien het nie,
weerspreek dus nie die voorbeelde van mense
wat God gesien het nie. Hulle het God dus op ‘n
besondere wyse ervaar, maar nie direk gesien
nie. Verder kry ons min of meer dieselfde reaksie
by elkeen van die Voor- beelde van mense wat
God gesien het: vrees (vir hulle lewe) / ontsag.
Die ervaring van God se teenwoordigheid gaan
dikwels ook met ‘n visioen gepaard, soos in die
geval van Jesaja. Ander voorbeelde van God se
teenwoordigheid is ‘n wolk, vuurkolom en
stormwind.
Lig speel ook ‘n belangrike rol in sommige van die
intense ervarings van die teenwoordigheid van
God. Een voorbeeld hiervan is die verskyning van
God aan Paulus op die Damaskuspad deur Sy
engel.
In 1 Timoteus 6:16 leer Paulus ons dat God “’n
ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien
het of kan sien nie.” Dit herinner ons aan die
voorval by die berg Sinaï, daar in die Ou
Testament, waar die volk gevra het vir ‘n
middelaar tussen hulleself en God, aangesien
hulle nie die glans van die heerlikheid van God
kon aanskou nie (vgl. Hebreërs 12:18-21). In
hierdie geval dreig God Self dat hy die een wat
Hom sien, sal doodmaak.
In Openbaring lees ons dat daar eendag in die
hemel nie ‘n kerk nodig sal wees nie, aangesien
ons dan by God sal wees. Hoe hierdie
teenwoordigheid by God gaan lyk,
word ook vir ons voorspel: daar sal nie eers meer
‘n son wees nie, aangesien ons direk sal lewe in
die lig van God se heerlikheid (= heerlike
teenwoordigheid).
Die Bybel gee ook vir ons ‘n positiewe riglyn
aangaande die visualisering van God. Die Ou
Testament is vol menslike beskrywings van God (=
Antropomorfismes). Hiervolgens het God oë, ore,
‘n arm, ‘n (regter-)hand, vingers ens. ens. God
praat met die mens, Hy hoor hulle geroep, Hy
deursoek die mens, ens. ens. En dan is die
hoofboodskap van die Bybel dat God die mens
lief het. God se binneste kom selfs in beroering
oor Sy volk se sonde, maar Hy kan dit nie oor Sy
hart kry om hulle te vernietig nie. Hierdie
menslike beskrywing van God word sekerlik ook
geïmpliseer wanneer Jesus by Lasarus se dood
ween oor die mense se ongeloof.
Antropomorfismes is ‘n handige middel waarmee
God gevisualiseer kan word. Maar daar is egter
ernstige waarskuwings: die mens sal nooit ‘n
identiese vergelyking van God kan wees nie. Die
mens is geskape, nietig, sy lewe is kortstondig, hy
is sondig en leef in gebrokenheid. God kan nie
met hierdie menslike eienskappe gelyk gestel
word nie. God sal dus altyd méér wees as wat
mens enigsins uit ‘n vergelyking met die mens
kan voorstel. En as die mens volgens Genesis
beeld van God is, beteken daardie beeld eerder ‘n
skadubeeld, nie ‘n identiese replika van God nie.
Antropomorfe denke oor God mag dus nooit ‘n
vermensliking van God wees nie, slegs maar ‘n
naïewe wyse van denke oor God.
Daarby moet onthou word dat God driemaal
heilig is, ‘n geestelike wese, drie persone, elk met
hulle eie identiteit en taak, maar nie drie mense
nie.
Jesus Christus is tog inderdaad God wat mens
geword het. Dit beteken dat die Seun van God,
ook gees, maar met ‘n eie persoonlikheid, die
menslike gestalte aangeneem het. ‘n Identiese
ooreenkoms kan dus nie vanuit Jesus se
menswording afgelei word nie. Tog antwoord
Jesus Filippus, waneer Hy Jesus vra om die Vader
te sien, dat Filippus vir Jesus sien en wie Jesus
sien, ook die Vader sien. Weereens beteken dit
nie ‘n identiese fisiese ooreenkoms nie, maar
bedoel Jesus dat God op menslike wyse by die
mens betrokke is. En juis as Vader.
So, hoe visualiseer mens God wanneer jy bid,
asook wanneer jy Hom in sang aanbid en loof?
Die Psalmdigter het ‘n manier om God te loof vir
Sy werke, die skepping, of God se verlossingsdade
in die verlede. Dan fokus hy daarop, eerder as
om God te probeer visualiseer. Dieselfde geld vir
wanneer hy God teenoor die afgode, of die
goddeloses, vereer. Dan fokus hy eerder op die
goddeloses of die afgode, maar hy vereer God
wat meer is as hulle, sonder om God te
visualiseer.
Die Openbaring boek gee vir ons pragtige beelde
waarmee God se (op Sy) troon beskryf word.
Engele, trompette ens. ens. Weereens vervul lig
hier ‘n prominente rol, asook die beelde wat
vanuit hierdie lig te voorskyn kom.
Enige voorbeeld van ‘n ervaring van die
teenwoordigheid van God in die Bybel
beklemtoon ook eerder die spreke / woorde (=
Woord) en die stem van God. Daarop moet
eerder gefokus word.
Drie lewenssituasies help ons ook om die
visualisering van God in perspektief te sien. 1.
Kindertjies kan nie in abstrakte terme oor God
dink nie. Volwassenes kan dalk wel. Maar
wanneer dit kom by die visualisering van God,
word die mens maar weer van vooraf kind en kan
nie heeltemal loskom daarvan om op ‘n menslike
manier aan God te dink nie (= in antropomorfe
terme). 2. ‘n Ontoereikende vergelyking is dié
van ‘n anonieme telefoonoproep. Al het mens
geen idee van hoe die persoon aan die ander kant
lyk nie, praat mens tog met die persoon. ‘n Mens
het wel ‘n vae idee dat die ander persoon min of
meer soos enige ander mens lyk, die detail
ontbreek net. Inderdaad ‘n ontoereikende
vergelyking, maar tog help dit ‘n mens om tot
God te kan bid – met God te kan praat. Sou mens
redeneer dat jy dan nie ‘n stem hoor, of ‘n reaksie
aan die ander kant kry nie, bied dit geleentheid
vir ‘n ander bespreking, want dit is juis die
probleem by baie gelowiges in hulle gebedslewe:
dat hulle voel hulle bid tot niks. Die vraag aan die
orde is hoe om God voor te stel.
3. ‘n Komiese lewenssituasie kan ook hier ‘n
bydrae maak: wat sien jy wanneer jy met jouself
praat? Jouself? Nee, nie regtig nie.
Dit is eerder ‘n retoriese gesprek waar jy net jou
gedagtes uiter en teen jouself toets. En tog maak
dit sin!
Hierdie drie simplistiese lewenssituasies klaar tog
wel die vraag op. Wanneer jy tot God bid of selfs
in sang en musiek loof, sien jy óf niks, óf roep jy
bekende beelde op. Die beelde kan wees, óf dit
waarvoor jy God loof, óf jy sien in jou geestesoog
iets van wat die Psalmdigter en Openbaring ons
leer. Die mees prominente beeld is seker maar
lig. Dit kan die blou hemelruim wees met ‘n
ligstraal of net lig, of dit kan dalk swart wees met
‘n lig. Laasgenoemde kom dikwels voor wanneer
mense uit benoude, bedrukte ervarings God
aanbid of loof.
‘n Persoonlike getuienis: toe ek in graad 11,
daardie jare nog sommer standerd 9, was, het ek
twee keer binne ‘n kort tydjie dieselfde droom
gehad. Ek het gedroom dit is die helderste oop
sonskyn dag. Maar daar was tog ‘n spierwit wolk
in die lug. In beide die drome kom daar uit
hierdie wolk twee hande na my uitgesteek. En
met elkeen van die drome het ek op hierdie punt
wakker geskrik. Ek wou al sedert my voorskoolse
jare ‘n dominee word. Met daardie twee drome
glo ek dat ek bevestiging van God gekry het dat
Hy my roep. Dit is dikwels die beeld in my
geestesoog wanneer ek tot God bid. Selfs op die
kansel!
Groete in Christus!
Dominee
&&&&&&&&&&&&&&&&&&
Dinkskrum?? Dinkskrum!!!!
Na vele maande van dink en skrum, kan die
gedagtes/voorstelle van lidmate nou saamgevoeg
word. Wat ‘n lywige dokument! Dankie aan al
die medewerkers wie vir ons die dokument
saamgestel het. Lidmate was en is vol idees en
die Kerkraad is nou besig om dit te bestudeer.
Van hierdie idees kan spoedig realiseer.
Dit is nodig dat daar nuut gedink sal word aan ons
gemeente. Ons gemeente is drie jaar oud, en u
weet self hoe dit in die gemeente en tussen u en
u mede broeder en suster gaan. Sou u sê dat die
verhoudinge tussen lidmate verbeter het die
afgelope drie jaar? Sou u sê dat lidmate nou
makliker/lekkerder saamwerk as drie jaar gelede?
Kom ons wees eerlik! Dinge gaan nie aldag in ons
gemeente soos dit behoort te gaan nie. Moet ek
vir u die onaangename dinge noem? Dis nie
nodig nie, u behoort self daarvan bewus te wees.
Ek bedoel dit nie negatief nie. Natuurlik sal daar
‘n aanpassings tydperk wees. Elke gemeente het
mos sy eie etos, manier van dinge doen en nie
doen nie, gehad. En nou is al hierdie “dinge”
saamgevoeg in een gemeente. Daarom sal daar
natuurlik verskille wees en kan ‘n mens verwag
dat dinge nie sommer vanaf die eerste dag na
samesmelting vlot sal verloop nie. Dit is ‘n proses
van mekaar leer ken. Maar ons noem ons almal
kinders van die Here daarom moet dit mos
makliker wees om met mekaar saam te werk en
dinge saam te doen. Ons lewe mos nie vir
onsself nie, ons is op aarde net vir een doel, en
dit is om God se naam te verheerlik. As ons
hierdie doel in ons lewe en
in die gemeente mis, dan kan ons net sowel maar
verwyder word.
Maar alles is nie negatief nie, al is dit goed
bedoel. Daar het ook mooi dinge gebeur in ons
gemeente die afgelope drie jaar. Dinge waaroor
ons almal kan bly wees en die Here daarvoor loof
en prys.
Daar het nogal idees/gedagtes na vore gekom
wat drastiese v eranderinge in die gemeente
teweeg kan bring. In sommige gevalle kan/gaan
die appelkar behoorlik omgekeer word. Waarom
nie? A change is as good as a holiday! (daar sal
nie gekrap word waar dit nie jeuk nie)
Een van die Kerkraad se besluite is om u as
lidmaat saam te neem met veranderinge en dat u
geken sal word in elke saak. Natuurlik, as ‘n idee
nie prakties werk nie, dan is daar mos nog ‘n
manier om dit te benader. Daarom is dit
noodsaaklik dat u u insette sal gee soos die
resultate van die dinkskrum realiseer. Kom ons
maak dit vir onsself en ons mede broer en suster
lekker eerder as om groener weivelde te gaan
soek.
Aan die einde van die dag, kom ons wees positief
en opgewonde oor al die idees en gedagtes wat
op die tafel is. Ons leef in uitdagende tye en ons
is sterk genoeg om dit te kan hanteer op ‘n
Christelik volwasse wyse. 2015 kan mos net
interessant wees!
(opgewonde lidmaat)
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
13 November 2011, en drie jaar verder............Droom
saam met my..............................
+ Dat ons as gemeente elke dag nader aan God sal
lewe, dat ons mekaar in liefde en harmonie hierin sal
ondersteun. Dat die verskillende aksies sal groei en
almal wie daarby betrokke is geestelik versterk sal
word.
+ Dat ons gemeente sal groei van krag tot krag, dat
die gemeenskap sal sien en ervaar dat ons kinders van
die lewende God is.
+ Dat ons daagliks vernuwe sal word deur die Gees
sodat ons gereed sal wees wanneer ons geroep word
tot hoër diens.
+ Dat ons prakties en op die grond besig sal wees met
Koninkrykswerk.
Polisie waarskuwing
Ons leef in ongemaklike tye. Nie nodig om ver te
gaan soek nie. Deesdae gebeur ongemaklike
dinge dat ons dit tot selfs aan ons lywe voel. Die
gereg waarsku ons dat ons oplettend en paraat
sal wees. Die volgende het onlangs in die pers
verskyn. Moet dit nie ignoreer nie, wees op die
uitkyk vir hierdie tekens. Deur saam te werk en
oplettend te wees, kan ons ook hierdie euwel
bekamp en uitroei in ons gemeente.
Laat ons ook nie nalaat om vir die polisie, maar
ook vir die misdadigers te bid nie:
ETHEKWINI MUNICIPALITY
CONTACT NUMBERS
Switchboard 031 311 1111 0/H 7.30am – 5pm Mon – Fri General Advertising and Signage (including complaints) 031 311 7046 Durban Solid Waste Illegal dumping 031 303 1665 031 311 8804 0/H 7:30am – 4pm Mon to Fri 031 311 8804 Refuse Removal 031 311 8804 031 311 8824 0/H 7.30am – 4pmMon to Fri Inner West: 031 322 3021 Removal of dead animals 031 311 8809 Revenue Call Centre 031 324 5000 0/H 7.30am – 4.30pm Mon to Fri 7.30 – 11.30am on Sat Rates, Electricity, Water Refuse & Sewerage and Billing queries Electricity Call Centre 080 13 13 111 0/H 24Hrs, 7 days a week Fax: 031 328 1050 Street lights, Faults, Outages Cable theft & Tampering hotline 031 311 9611/080 031 1961 Engineering Services Centre 080 13 13 013 0/H 24hrs, 7 days a week Road repairs Stormwater Blockages/ Repairs Replacement of manhole covers Repairs of guardrails and roadside fencing
Sidewalk and Kerb repairs Sewer Repairs/Blockages Water Reconnections/ Accounts Flooding coastal Infrastructure Water meter faults, leaks & pollution SMS: 083 707 3013 Environment 031 311 7875 eThekwini Transport Authority 080 13 13 013 0/H 24Hrs, 7 days a week Road Marking and Street Signs Faulty traffic signals & Robot Faults: 0800 333 467 Public Transport Call Centre 0861 000 834 Durban Transport Timetable Info: 031 309 3250/1/2 Emergency Services 031 361 0000 0/H 24Hrs, 7 Days a week: • Fire • Noise nuisance • Disaster Management 031 306 4074 031 361 0000 (O/H) Metro Police Central: 031 322 4541 Chatsworth: 031 402 0680 Inner West: 031 311 6753 North: 032 533 1027/8/9 Outer West: 031 767 1222 South: 031 910 7321 Animal Nuisance and Abandoned Vehicles: 031 311 2814 Health 031 311 3555 0/H 8.00am – 4.00pm Mon – Fri A/H contact Emergency Services
031 361 0000 Air Pollution 031 311 3122 Ambulance (public) 10177 Ambulance (private) 082 911 Environmental noise Illegal dumping (private) Food safety Communicable diseases Hazardous chemical Substances Vector Control (mosquitoes, flies, rats, etc) Parks, Leisure and Cemeteries 031 322 4000 0/H 7.30am – 4pm Mon – Fri North: 031 566 3712 Central: 031 205 1418 Inner West Verges: 031 311 5722 031 311 5733 Outer West: 031 767 3908 South: 031 311 5573 Verge and grass maintenance Fallen and trimming of trees after hours 080 13 13 013 Ombudsperson and Head Investigations 0800 20 20 20 (Hotline) 031 311 4002 0/H 8.00am – 4.00pm Mon – Fri Reporting fraud, corruption and maladministration in the Municipality One Stop Shops access/ payments for council services 031 311 6101 Central: 031 311 1111 North: 031 561 1101 South: 031 311 5844 Umkomaas: 031 311 5407 Outer West: 031 311 2717 Inner West: 031 311 6286 (Ingestuur : Andre Mitchell)
STOF TOT NADENKE:
Die mond van 'n bejaarde man is sonder
tande, maar nooit sonder woorde van
wysheid nie.
As ek geweet het dat kleinkinders soveel
pret is, sou ek hulle eerste gehad het!
Kinders het nog nooit baie goed na hulle
ouers geluister nie, maar hulle het nog
nooit versuim om hulle na te boots nie. -
James Baldwin
As jy baie besit, gee van jou besittings; as
jy min het, gee van jou hart.
Jeugdiges praat eers en luister dan; die
bejaarde luister en praat dan.
Ongeag jou verhouding met jou ouers, jy
sal hulle mis wanneer hulle nie meer daar
is nie
Daar is slegs een volmaakte kind in die
wêreld, en elke ma het een.
‘n Man wat oorgee wanneer hy verkeerd
is, is eerlik. ‘n Man wat oorgee wanneer
hy onseker is, is wys. ‘n Man wat oorgee
wanneer hy reg is,..... is getroud!
IETS OM JOU MEE BESIG TE HOU
1. Terwyl jy sit, lig jou regtervoet van
die grond af en maak sirkels in ‘n
kloksgewyse rigting.
2. Nou terwyl jy dit doen, teken die
syfer 6 in die lug met jou regterhand.
Ekskuus, wat gebeur nou? Waarom wil
die regter voet nie meer kloksgewyse
bewegings uitvoer nie, dit wil dan nou in
die teenoor-gestelde rigting beweeg?
Kan jy nog twyfel wie jou aanmekaar
geweef het??
13 November 2011, en drie jaar
verder............Droom saam met
my..............................
+ Dat ons as gemeente elke dag nader aan
God sal lewe, dat ons mekaar in liefde en
harmonie hierin sal ondersteun. Dat die
verskillende aksies sal groei en almal wie
daarby betrokke is geestelik versterk sal
word.
+ Dat ons gemeente sal groei van krag tot
krag, dat die gemeenskap sal sien en
ervaar dat ons kinders van die lewende
God is.
+ Dat ons daagliks vernuwe sal word deur
die Gees sodat ons gereed sal wees
wanneer ons geroep word tot hoër diens.
+ Dat ons prakties en op die grond besig
sal wees met Koninkrykswerk.
Hoe slim is jy?
1 X 8 + 1 = 9
12 X 8 + 2 = 98
123 X 8 + 3 =
1234 X 8 + 4 =
12345 X 8 + 5 =
123456 X 8 + 6 =
1234567 X 8 + 7 =
12345678 X 8 + 8 =
123456789 X 8 + 9 = 987654321
‘N BIETJIE BAIE SPOG!!!
Drie seuntjies spog by die skool oor hulle
pappas. Die eerste seuntjie sê: My pa
skryf ‘n paar woorde op ‘n stuk papier, en
noem dit ‘n gedig en dan gee hulle hom
R 500.00.
Die tweede seuntjie sê: Dis nog niks, my
pa skryf ‘n ding op ‘n stuk papier en hy
noem dit ‘n lied, en dan gee hulle hom
R 1000. Die derde seuntjie sê: My pa is
nog beter, hy skryf ‘n paar woorde op ‘n
stuk papier (ipad) en noem dit ‘n preek, en
dan vat dit agt manne om al die geld
bymekaar te maak!
2015 lê en loer vir jou...............
Gryp hom met albei hande en
hou hom vas. Geseënde en
voorspoedige 2015 word jou
toegebid. Mag dit een van
die beste jare van jou lewe wees.
Wesnuus
Jaargang 1, No 5, Kwartaal 4, November 2014
---------------------------------------------------------------------------------------
WANT ‘N KIND IS VIR ONS GEBORE, ‘N SEUN IS AAN ONS GEGEE, EN DIE
HEERSKAPPY IS OP SY SKOUER, EN HY WORD GENOEM : WONDERBAAR,
RAADSMAN, STERKE GOD, EWIGE VADER, VREDEVORS!
EER AAN GOD IN DIE HOOGSTE HEMEL EN VREDE OP
AARDE VIR DIE MENSE IN WIE HY `N WELBEHAE
HET .