11
VERWAGTE STANDAARD VIR SELFFORMATERING VAN STUDIEGIDSE A. INLEIDING Soos in die geval met die vakkundige kwaliteit van ‘n studiegids, is ook die kwaliteit van die bladuitleg daarvan ononderhandelbaar. Wanneer u dus verkies om nie van Grafiese Dienste gebruik te maak nie maar self die bladuitleg van u gids onderneem (óf iemand anders namens u) geld die minimum verwagte standaarde soos uiteengesit in hierdie dokument. Indien u wel verkies om u studiegids self te formateer is dit dus u eie verantwoordelik- heid om die gids drukgereed te kry. Dit beteken dat Grafiese Dienste nie by die formatering van hierdie gids betrokke sal wees nie. Hierdie gidse sal dan direk vanaf die Afdeling Koördinering en Skedulering na die drukkers gaan en nie meer via Grafiese Dienste nie. Die personeel van Grafiese Dienste is ook nie beskikbaar vir opleiding in die stylblad of hulpverlening t.o.v die bladuitleg nie. Die doel van hierdie dokument is dan om u te lei in die proses van selfformatering om hierdie minimum verwagte standaarde te bereik. In Afd. B word ’n kort motivering / verduideliking gegee vir die onderskeie spesifikasies sodat toepassing daarvan, sinvoller vir u behoort te wees. B. VERDUIDELIKING / MOTIVERING 1. BLADSY OPSTELLING (PAGE SETUP) Kantlyne vir die hele dokument (uitsluitende pi) moet soos volg opgestel wees: Verduideliking / motivering Dit is baie belangrik dat die kantlyne van die ewe en onewe bladsye verskil. Die dokument word aan die binnekant (inside) gebind en het dus hier 'n groter kantlynspasie nodig. Indien die kantlyn hier te klein is (<3cm) sal die teks verlore gaan tydens inbinding en dus nie leesbaar wees nie. 2. VOORSKRIFTE VIR DIE OPSTELLING VAN pi a) Die kantlyne van pi verskil van die res van die dokument. Verduideliking / motivering Die rede waarom hierdie kantlyne presies reg opgestel moet word is omdat die "venster" op pi in 'n reeds gedrukte karton voorblad met 'n opening moet inpas. b) Die afmetings en posisie van die venster moet korrek wees: Die venster is 'n tabel wat bestaan uit 1 sel waarvan die afmetings dieselfde moet wees as die van die opening op die kleurvoorblad. c) Die regte lettertipe, groottes moet gebruik word vir die teks in hierdie tabel. d) Die staafkode moet korrek ingevoeg word.

Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

VERWAGTE STANDAARD VIR SELFFORMATERING VAN STUDIEGIDSE

A. INLEIDING

• Soos in die geval met die vakkundige kwaliteit van ‘n studiegids, is ook die kwaliteit van die bladuitleg daarvan ononderhandelbaar.

• Wanneer u dus verkies om nie van Grafiese Dienste gebruik te maak nie maar self die bladuitleg van u gids onderneem (óf iemand anders namens u) geld die minimum verwagte standaarde soos uiteengesit in hierdie dokument.

• Indien u wel verkies om u studiegids self te formateer is dit dus u eie verantwoordelik-heid om die gids drukgereed te kry. Dit beteken dat Grafiese Dienste nie by die formatering van hierdie gids betrokke sal wees nie. Hierdie gidse sal dan direk vanaf die Afdeling Koördinering en Skedulering na die drukkers gaan en nie meer via Grafiese Dienste nie. Die personeel van Grafiese Dienste is ook nie beskikbaar vir opleiding in die stylblad of hulpverlening t.o.v die bladuitleg nie. Die doel van hierdie dokument is dan om u te lei in die proses van selfformatering om hierdie minimum verwagte standaarde te bereik.

• In Afd. B word ’n kort motivering / verduideliking gegee vir die onderskeie spesifikasies sodat toepassing daarvan, sinvoller vir u behoort te wees.

B. VERDUIDELIKING / MOTIVERING

1. BLADSY OPSTELLING (PAGE SETUP) Kantlyne vir die hele dokument (uitsluitende pi) moet soos volg opgestel wees:

Verduideliking / motivering Dit is baie belangrik dat die kantlyne van die ewe en onewe bladsye verskil. Die dokument

word aan die binnekant (inside) gebind en het dus hier 'n groter kantlynspasie nodig. Indien die kantlyn hier te klein is (<3cm) sal die teks verlore gaan tydens inbinding en dus nie leesbaar wees nie.

2. VOORSKRIFTE VIR DIE OPSTELLING VAN pi

a) Die kantlyne van pi verskil van die res van die dokument. Verduideliking / motivering Die rede waarom hierdie kantlyne presies reg opgestel moet word is omdat die "venster" op pi in 'n reeds gedrukte karton voorblad met 'n opening moet inpas.

b) Die afmetings en posisie van die venster moet korrek wees:

Die venster is 'n tabel wat bestaan uit 1 sel waarvan die afmetings dieselfde moet wees as die van die opening op die kleurvoorblad.

c) Die regte lettertipe, groottes moet gebruik word vir die teks in hierdie tabel.

d) Die staafkode moet korrek ingevoeg word.

Page 2: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

3. VOORSKRIF VIR DIE OPSTEL VAN pii:

a) Die kantlyne vir hierdie bladsy is dieselfde as die res van die studiegids

b) Aangesien u self die bladuitleg / formattering van die dokument behartig aanvaar u nou VOLLE verantwoordelikheid vir die kwaliteit van die bladuitleg en moet u naam hier in gesit word. Haal asb. die oorspronklike bladuitlegontwerper se naam uit (indien dit ’n personeellid van Grafiese Dienste is wat die bladuitleg gedoen het).

c) Al die inligting rakende uitgawedatum, uitgewer en kopiereg (sien B. SPESIFIKASIES) moet op hierdie bladsy korrek wees.

4. RES VAN DOKUMENT a) Elke studiegids MOET 'n inhoudsopgawe hê.

b) Dit is belangrik dat die bladsynommer onder aan die bladsy, aan die buitekant aangebring word. Wanneer die gids gebind word is dit dan makliker om die bladsynommer te sien aan die buitekant.

c) Probeer asseblief om sover as moontlik by dieselfde lettertipe en groottes as die amptelike stylblad te hou. Hierin word Arial 11 gebruik vir alle inhoudelike teks.

d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin gaan dit aan die agterkant van die bladsy gedruk word.

e) Elke Leereenheid moet in die "header" aangedui word.

C. SPESIFIKASIES EN RIGLYNE VIR SELFFORMATERING

1. BLADSY OPSTELLING (PAGE SETUP) Kantlyne en bladysopstelling vir die dokument (uitsluitende pi) moet soos volg

opgestel wees:

a)

Page 3: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

b)

c)

Page 4: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

2. OPSTELLING EN SPESIFIKASIES VAN pi

a) Die gedrukte kartonvoorblad wat vooraan elke studiegids gebind word. Die "venster" op pi moet in hierdie spasie inpas.

Die kantlyne van pi moet dus reg opgestel word om te verseker dat die tabel hier inpas.

Hier is die regte afmetings vir pi se kantlyne:

b) Die venster op hierdie bladsy bestaan uit 'n tabel van 1 ry en 1 kolom, dus 1 sel. Die

afmetings en posisie van hierdie tabel moet dieselfde wees as die van die opening op die kleurvoorblad hierbo. Indien die kantlyne van pi reg opgestel is en die tabel in die eerste paragraaf van die bladsy, teen die L kantlyn ingevoeg is behoort dit reg te wees.

Volg hierdie aanwysings om te verseker dat die tabel die regte afmetings het:

Page 5: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

c) Die regte lettertipe, groottes moet gebruik word vir die teks in hierdie tabel:

d) Die staafkode moet korrek ingevoeg word:

1. Tik die kode van die gids in Arial 16 (NB nie bold nie) in soos volg:

*MBWK222A* (Let op dat daar geen spasie is nie en 'n sterretjie voor en na die kode.

2. Merk dan die hele kode (sluit byde sterretjies in) en verander die font na 3 of 9 Barcode

3. Dit is belangrik dat daar genoeg ruimte bo en onder die staafkode is sodat dit maklik geskandeer kan word. Merk nou die hele reël en verander die paragraaf, waarin die staafkode getik is, se "spacing" dan soos volg:

Page 6: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

3. OPSTELLING EN INLGITING VIR pii:

a) Die kantlyne vir hierdie bladsy is dieselfde as die res van die studiegids.

b) Haal asb. die bladuitlegontwerper se naam uit. Jy is welkom om jou eie naam hier te sit.

c) Al die inligting moet op hierdie bladsy korrek wees.

Page 7: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

4. ALGEMEEN - RES VAN DOKUMENT a) 'n Inhoudsopgawe kan ingesit word aan die einde van die formatering. Hiervoor word

die style van die verskillende opskrifte gebruik soos. Gaan na piii van die studiegids waar die inhoudsopgawe moet wees en doen soos volg:

Wanneer al die regte opsies gemerk is, kliek op "options". Hier kan jy al die style kies wat jy

in die inhoudsopgawe wil hê.

Page 8: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

b) Die bladsynommer moet onder aan die bladsy, aan die buitekant aangebring word. Dit word soos volg gedoen:

c) Ons verkies dat die inhoud van die studiegids in Arial 11 getik word. Verander die

"Normal" teks in die studiegids soos volg:

Page 9: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

d) Om te verseker dat elke leereenheid op 'n onewe bladsy begin kan die volgende gedoen word:

∗ As 'n leereenheid op 'n onewe bladsy eindig kan 'n "page break" ingevoeg word voor die "section break" van die volgende leereenheid.

∗ Sit eers 'n "page break" in voor 'n "next page section break".

∗ Die gevolg is dan 'n leë ewe bladsy aan die einde van die leereenheid wat sal verseker dat die volgende leereenheid dan op 'n onewe bladsy sal begin.

∗ As die leereenheid op 'n ewe bladsy eindig is dit slegs nodig om 'n section break in te sit.

e) Elke Leereenheid moet in 'n "header" aangedui word. Om te verseker dat elke leereenheid se "header" van die vorige een verskil moet daar "section breaks" tussen die leereenhede en ook na die inleidinggedeelte wees. Volg die volgende instruksies vir die insit van die "headers".

Page 10: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

∗ Maak eers seker dat die "same as previous" opsie nie gemerk is nie. As dit wel

gemerk is sal die vorige leereenheid se header ook verander.

∗ Wanneer die "header" klaar getik is, kliek dan op "close" om terug te gaan na die inhoud op die bladsy.

∗ Die onewe bladsye se "headers" staan gewoonlik teen die linkerkantlyn (Left align) en die ewe bladsye teen die regter kantlyn (Right align). Terwyl jy in die "headers and footers" venster is kan jy dit stel.

f) Dit is verpligtend dat die nuwe logo van die Noordwes-Universiteit in die "footer"

verskyn van elke studiegidse vir gebruik vanaf Januarie 2007. Hierdie besluit is geneem deur die IKID-komitee op 21 April 2006 en bekragtig op 12 Mei 2006. Dit word soos volg gedoen.

Gaan na "View" dan "Header & Footer"

Page 11: Verwagte standaard vir selfformattering 2007€¦ · d) Elke leereenheid moet op 'n onewe bladsy begin. Die gids word rug-aan-rug gedruk. As die leereenheid dus op 'n ewe bladsy begin

In die "Header and Footer" venster kliek op "Switch between header and footer"

Maak seker dat die logo ingevoeg word aan die teenoorgestelde kant van die

bladsynommer.