Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
12
Daar is a paar redes hiervoor, soos bekostigbaarheid,
regulasies en verbruikersvertroue. Vroeë opnemers
van nuwe tegnologie is bereid om die premie te betaal
wat gepaard gaan met die voorreg om die nuutste
tegnologie eerste te besit. Hierdie tendens is duidelik
te sien in die hoeveelheid Teslas wat reeds op die paaie in Amerika
te sien is. Dit sal egter nog jare duur voordat ware bestuurderlose,
geoutomatiseerde vervoer algemeen word, veral in ontluikende
ekonomieë soos Suid-Afrika.
Ander faktore, soos regeringsregulasies en wetgewing kan ook die
beskikbaarheid en opname van iets so kompleks soos ’n bestuurder-
lose omgewing kniehalter.
Stadige pad voorentoeDie hoofrede vir die vertraging in opname van nuwe tegnologie is
egter te wyte aan die menslike ingebore vrees vir verandering, wat
veroorsaak dat baie verbruikers eers ’n ruk wag voordat hulle nuwe
tegnologie in groot getalle opneem. Die waarheid is egter dat daar ’n
geleidelike en progressiewe pad gevolg is om by hierdie punt uit te
kom.
Die eerste kar om begeleide roetebeheer te bied het reeds 25 jaar
gelede die lig gesien, wat die eerste tree tot die bestuurderlose
voertuig verteenwoordig het. Volgende is parkeerbeheer, radar-
volgafstandbeheer en baanveranderingsbystand bekendgestel. Al
hierdie elemente is bymekaargebring om bestuurderlose tegnologie
moontlik te maak.
Hierdie nuwe tegnologie kombineer dan weer op sy beurt met ander
nuwe tegnologieë om aan mense se behoeftes te voorsien, soos die
behoefte om eerder op en afgelaai te word as om self ’n kar te besit.
Die verantwoordelike bestuurder Oor hoe hierdie reuseverskuiwing in ons benadering tot vervoer die
versekeringsindustrie as ’n geheel, en die makelaar in besonder, gaan
affekteer, is daar ’n paar dinge waarvan ons seker kan wees.
Eerstens behoort alomteenwoordige bestuurderlose vervoer ’n
afname in sowel korttermynversekeringseise as ongelukverwante
lewensversekeringseise tot gevolg te hê, aangesien die meeste
ongelukke die gevolg is van bestuurdersfoute. As minder mense karre
besit as gevolg van die vermoë om eenvoudig ’n bestuurderlose
voertuig te ontbied, sal daar ook ’n afname wees in die behoefte aan
korttermynversekering.
Een aspek van bestuurderlose vervoer wat ’n groot uitdaging vir die
industrie inhou gaan wees hoe om aanspreeklikheid te bepaal as ’n
bestuurderlose kar in ’n ongeluk betrokke is. Sal dit die ontwerper
van die bestuurderlose tegnologie wees, die voertuigvervaardiger, die
eienaar of die persoon in die kar?
Nuwe risiko’s moet ook in ag geneem word. Terwyl die risiko van
ongelukke sal afneem, bestaan daar die potensiaal vir krakers (hackers)
om die kar oor te neem en doelbewus ’n ongeluk te veroorsaak. Die
industrie sal dus ’n manier moet vind om ’n waarde te heg aan hierdie
nuwe risiko.
Die nuwe geslag-makelaarWat die makelaar betref, sal dié wat kan aanpas en verander na
gelang van hierdie tegnologie-gedrewe verskuiwings, oorleef. Solank
verbruikers egter oor keuses beskik, sal daar altyd ’n behoefte wees
aan advies om hulle te help om die verskillende produkte te verstaan,
veral aangesien hierdie produkte vinnig sal verander in tegnologies
gedrewe industrieë.
Hierdie uitdaging is veral van toepassing op die nuwe geslag
makelaars, aangesien die huidige geslag bes moontlik hulle kliënte sal
behou en saam met hulle oud word. Daar is heelwat marknavorsing
wat aandui dat jonger mense nie meer makelaars gebruik op dieselfde
manier as hulle voorsate nie.
Die nuwe geslag-makelaar sal dus ’n tegnoloog moet wees wat die
rol wat tegnologie in mense se lewens
verstaan, sowel as hoe veranderings
in tegnologie hulle kliënte en die breër
versekeringswêreld raak.
TEGNOLOGIE
VIR VERANDERINGTegnologiese vooruitgang vind rondom ons plaas teen ’n snelle pas, veral in sekere gebiede soos in
die hoëvlak-innovering wat tans gesien word in die navorsing en ontwikkeling van bestuurderlose,
geoutomatiseerde vervoer. Ten spyte hiervan, soos gereeld die geval is met nuwe vooruitgang, moet
daar eers heelwat water onderdeur die brug vloei voor dit deur verbruikers aanvaar word.
Grant Field
Hoofbeampte
FedGroup