12
Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 1 Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 Naam: _______________ Van: _________________ Instruksies: Lees al die instruksies op elke bladsy deeglik. Indien jy nie die boekie kan print nie, doen jou antwoorde op ‘n aparte papier. Onthou om jou naam, datum en opskrif op elke bladsy te skryf. Geniet dit en dink mooi voordat jy jou vrae antwoord.

Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

1

Voorbereiding Week 3-4

Vlak 4

Naam: _______________ Van: _________________

Instruksies:

Lees al die instruksies op elke bladsy deeglik.

Indien jy nie die boekie kan print nie, doen jou antwoorde op ‘n aparte papier. Onthou om jou naam, datum en opskrif op elke bladsy te skryf.

Geniet dit en dink mooi voordat jy jou vrae antwoord.

Page 2: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

2

Datum: ___________________

Luister en Praat 1. Luister mooi na die instruksies (vra iemand by die huis om dit vir jou te lees). Voer

dan al die instruksies mooi uit. Doen jou instruksies op ‘n A4 papier. Instruksies 1. Gebruik een A4 papier. 2. Deel jou papier in 2 met ‘n rooi lyn. 3. Skryf aan die linkerkant – Gesonde kos. 4. Skryf aan die regterkant – Ongesonde kos. 5. Teken ‘n blou vierkant in die middel van jou papier op die rooi lyn. 6. Teken ‘n prentjie van ongesonde kos in die ongesonde kos kolom. 7. Teken ‘n prentjie van gesonde kos in die gesonde kos kolom. 2. Luister na die storie van Hansie Haas. Vra iemand by die huis om dit vir jou te lees.

Lees dan daarna al jou vra mooi deur en probeer om al die vrae mondelings te beantwoord.

Hansie Haas

Hansie Haas is ‘n pragtige klein hasie. Hy is nog nie in die diereskool nie. Hy is baie alleen en moet hom heeldag besig hou. Al wat hy die hele dag doen is om rondom sy hok te hop, hop, hop. Eendag terwyl hy nog so hop, hop, hop het Boer se groot hond hom gewaar en Hasie oor die hele plaas gejaag. Hansie Haas het baie groot geskrik, en vinnig tot in sy hok gehop.

Page 4: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

4

4. Leer die volgende woorde. Skyf dit 5 keer uit. Lees hulle mooi hardop. Jy kan hulle

ook in die sand skryf en vir iemand by die huis klank.

gl- woorde

glip gly gloed glad

glas gluur gleuf glo

gr- woorde

groot grys gras grom

graan grap graf groen

sw- woorde

swel swak swaan swaar

swaai sweer sweet swem

Page 5: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

5

sm- woorde

smeer smaak smoor smeek

smag smul smelt

Lees, Kyk en Klanke

1. Soek al die gl- woorde in die storie en skryf hulle op die lyntjies neer.

Winterwind

Winterwind waai om die hoek. Hy soek hier en hy soek daar vir ‘n gleuf, waardeur hy die koue kan laat glip. Binne die huis sien hy die vuur warm gloei. Nog steeds soek hy ‘n gleuf. Die koue moet binne glip en die warm gloed in die huis uitdoof. Flip het by die glas skuifdeur uitgegaan en die deur is op ‘n gleufie oop. Net daar kry Winterwind sy kans. Hy blaas sy yskoue winterasem deur die gleuf. Winterwind se wange maak eintlik bol. Die koue glip en gly deur die gleufie. “Sjoe!” sê ma. “Hoe glip en gly die koue wind dan hier deur die huis. Flip, maak gou daardie deur styf toe voordat die huis yskoud is.” Flip hardloop en stoot die deur heeltemal toe. Met geen gleuf waardeur Winterwind sy koue asem kan blaas moes Winterwind, maar die aftog blaas. Gou-gou is die huis weer warm.

Page 6: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

6

____________________ ______________________ ___________________ ____________________ ______________________ ___________________ ____________________ ______________________ ___________________ 2. Kyk mooi na die gl- woordjie in die eerste ry. Soek die woorde langsaan wat reg

gespel is en kleur dit mooi in.

glas lasg gals glas Gals glas gals

glad glad gade Glad gly glad glo

gleuf gluur geulf gleuf gleuf gleuf Gleef

glip lip glip glip flip glips Glip

gloei loei goeie gloei gloei gloei Gloei

gly gly ly gly gryp gy gly

3. Woordbou. Bou woorde met die gr- klank en skryf dit op die lyne neer.

gr

aan

oen

aaf

ys

ap oep

Page 7: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

7

My gr- woorde: ________________________ _______________________ ________________________ _______________________ ________________________ _______________________

4. Sorteer die volgende woorde in die regte kolom. Teken ‘n prentjie van ‘n woord wat

die klank bevat in die oop blokkie onder die klanke.

swel swak swaan swaar smeer

swaai sweer sweet swem smag

smelt smaak smul smoor

_________________________ __________________________ _________________________ __________________________ _________________________ __________________________ _________________________ __________________________ _________________________ __________________________ _________________________ __________________________ _________________________ __________________________

sw sm

Page 8: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

8

_________________________ __________________________ _________________________ __________________________ 5. Lees weer die storie op bladsy 2 en beantwoord die vrae in volsinne:

Hansie Haas

Hansie Haas is ‘n pragtige klein hasie. Hy is nog nie in die diereskool nie. Hy is baie alleen en moet hom heeldag besig hou. Al wat hy die hele dag doen is om rondom sy hok te hop, hop, hop. Eendag terwyl hy nog so hop, hop, hop het Boer se groot hond hom gewaar en Hasie oor die hele plaas gejaag. Hansie haas het baie groot geskrik, en vinnig tot in sy hok gehok. 5.1 Wat is die naam van die hasie? _____________________________________________________________________ 5.2 Is hasie al in die diereskool? _____________________________________________________________________

5.3 Wat doen hasie elke dag? _____________________________________________________________________

Page 9: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

9

5.4 Wie het vir hasie gejaag? _____________________________________________________________________

5.5 Wat het hasie gedoen toe die dier hom gejaag het? _____________________________________________________________________

5.6 Wat dink jy sou hasie in die diereskool geleer het? _____________________________________________________________________

Skryf en Aanbieding 1. Skryf ‘n paragraaf (4-5) sinne oor wat jou gunsteling kossoort is.

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

Page 10: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

10

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ 2. Skommel die sinstroke reg sodat dit ‘n volledig sin vorm. As jy voel jy is gereed,

probeer die sinne op die lyne te skryf. Skryf dit sodat dit soos ‘n paragraaf lyk.

Sin 1

Sin 2

Sin 3

Sin 4

appels, piesangs en druiwe Ek hou van want dit is gesond.

Ek hou nie van want dit is nie lekker nie groente en eiers

Melk sterk maak my bene

Ons eet vir aandete vleis, rys en groente

Page 11: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

11

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

Taalstrukture en Konvensies

1. Skryf die sinne oor in die Ontkennende vorm.

1.1 Ek hou van kos.

____________________________________________________________________

Wanneer jy die sin in die

ontkennende vorm moet

skryf moet jy twee keer die

woord “nie” gebruik. Net na

die werkwoord en aan die

einde van jou sin.

Page 12: Voorbereiding Week 3-4 Vlak 4 · 2020. 5. 5. · graan grap graf groen sw- woorde swel swak swaan swaar swaai ... Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4 5 sm- woorde smeer smaak smoor smeek smag

Afrikaans HT Week 3-4 Kwartaal 2 Vlak 4

12

1.2 Ek kan vinnig hardloop.

___________________________________________________ 1.3 Ek spring op die muur. _____________________________________________________________________ 1.4 Ben gaan inkopies doen. _____________________________________________________________________ 1.5 Mamma bak ‘n sjokolade koek. _____________________________________________________________________ 2. Vul die woord nie op die regte plek in. 2.1 Pappa werk ____________ aan die kar ______________. 2.2 Ouma brei ____________ ‘n trui _______________.

2.3 Die seun hardloop ___________ skooltoe _______________.

2.4 Susan speel __________ netbal by die skool ______________.