6
Groep 5 1. Wat beteken biologiese verskeidenheid? 2. Habitat kom van die Latynse woord habitare, wat om te woon beteken. Wat dink julle beteken natuurlike habitat? 3. Kyk na die grafiek. Watter persentasie van sy natuurlike habitat het Suid-Afrika al verloor? 4. Watter lande op die grafiek lê in Afrika? 5. Waarom is sonkrag en windkrag voorbeelde van “skoon” tegnologie? 6. Wat is ‘n hidro-elektriese kragstasie? 7. Wat dink julle beteken ekonomiese groei wat nie die omgewing plunder nie? Vraagstuk 5 Leef en laat leef Lewende organismes word op feitlik elke plek ter wêreld aangetref: die droë, warm woestyne, die bodems van die diepste oseane, die ysige poolstreke en selfs in die liggame van ander lewende dinge. Alle lewende organismes is op een of ander manier van mekaar afhanklik vir oorlewing. Enige versteuring van die natuurlike balans het ‘n nadelige invloed op al die lede. Die bewaring van die bestaande biologiese verskeidenheid is dus lewensnoodsaaklik. Volgens sekere skattings sterf 100 tot 300 van die wêreld se plant-, dier- en mikro-organiese spesies per dag uit. En daarmee saam verloor ons dalk ‘n plant wat kanker kan genees, of ‘n seewier wat vigs kan stuit. Natuurlike habitat verloor Indonesië Suid-Afrika Ethiopië Birma Madagaskar Kameroen Maleisië Viëtnam Ivoorkus Filippyne Skoon tegnologie Die nywerheidslande doen jare reeds navorsing oor “skoon” tegnologie soos elektriese motorvoer- tuie, sonkrag, windkrag, golfkrag en hidro-elek- triese kragstasies. Daar word ook na maniere gesoek oor hoe lande ekonomies kan groei sonder om die omgewing te plunder. Die ideaal is om steeds die mens van vandag se behoeftes te bevre- dig, maar sonder om die toekoms op te offer. 109

Vraagstuk 5 - Christelike Media · 2015. 7. 22. · 2. In hierdie gedig kom baie beeldspraak voor. Waarna verwys a. lang gespierde arms b. groot groen rokke c. optog van bloeisels?

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Groep 5

    1. Wat beteken biologiese verskeidenheid?2. Habitat kom van die Latynse woord habitare, wat om te woon beteken. Wat dink

    julle beteken natuurlike habitat?3. Kyk na die grafi ek. Watter persentasie van sy natuurlike habitat het Suid-Afrika al

    verloor?4. Watter lande op die grafi ek lê in Afrika?5. Waarom is sonkrag en windkrag voorbeelde van “skoon” tegnologie?6. Wat is ‘n hidro-elektriese kragstasie?7. Wat dink julle beteken ekonomiese groei wat nie die omgewing plunder nie?

    Vraagstuk 5Leef en laat leefLewende organismes word op feitlik elke plek ter wêreld aangetref: die droë, warm woestyne, die bodems van die diepste oseane, die ysige poolstreke en selfs in die liggame van ander lewende dinge.Alle lewende organismes is op een of ander manier van mekaar afhanklik vir oorlewing. Enige versteuring van die natuurlike balans het ‘n nadelige invloed op al die lede. Die bewaring van die bestaande biologiese verskeidenheid is dus lewensnoodsaaklik.Volgens sekere skattings sterf 100 tot 300 van die wêreld se plant-, dier- en mikro-organiese spesies per dag uit. En daarmee saam verloor ons dalk ‘n plant wat kanker kan genees, of ‘n seewier wat vigs kan stuit.

    Natuurlike habitat verloor

    IndonesiëSuid-Afrika

    EthiopiëBirma

    MadagaskarKameroen

    MaleisiëViëtnamIvoorkus

    Filippyne

    Skoon tegnologieDie nywerheidslande doen jare reeds navorsing oor “skoon” tegnologie soos elektriese motorvoer-tuie, sonkrag, windkrag, golfkrag en hidro-elek-triese kragstasies. Daar word ook na maniere gesoek oor hoe lande ekonomies kan groei sonder om die omgewing te plunder. Die ideaal is om steeds die mens van vandag se behoeftes te bevre-dig, maar sonder om die toekoms op te offer.

    109

  • Aktiwiteit 4: Ek ken my taal

    Kyk weer na die oorsake van woestynvorming hierbo:1. Wat is die verskil tussen die bewerking en die oorbewerking van grond?2. Wat beteken die “oor”- in oorbewerking, oorbeweiding en oorbenutting?3. Wat beteken die “ont”- in ontbossing?4. Hoekom dink jy noem ons woorddeeltjies soos “oor”- en “ont”- voorvoegsels of

    premorfeme?5. Bou nuwe woorde deur die onderstaande voorvoegsels en woorde te verbind:

    6. a. Soek die meervoud van die volgende woorde in die besprekings van die omgewingsvraagstukke en skryf hulle neer:

    nywerheid, reënwoud, plantasie, oseaan, besoedelstof, varswaterbronb. Skryf nou die verkleinwoord van die woorde hierbo neer.

    7. a. Onderstreep die woorddeeltjies wat jy moes byvoeg om die meervoud en die verkleinwoord van die selfstandige naamwoorde by (6) te vorm. Byvoorbeeld: nywerhede, nywerheidjie

    b. Hoekom dink jy noem ons dié woorddeeltjies agtervoegsels of postmorfeme?8. Skryf ‘n paragraaf oor: Hoe ons aarde na 50 jaar sal lyk as ons nie die Bybelse

    opdrag oor bewoon, bewerk, bewaar nakom nie.

    110

    OORBENUTTING

    VAN BRANDHOUT IN

    DROË DELE

  • Aktiwiteit 5: Kom ons leer om die volgende woorde te spel

    Die kappie (^)

    1. Lees die volgende:Daar is nêrens in die wêreld ‘n stad soos Pretoria nie. Hoewel ek nie in die woonbuurt van miljoenêrs woon nie, is dit my droomwêreld. In die môre hoor ‘n mens die geluid van kwêvoëls. Hier is ook baie primêre en sekondêre skole, waar die jong kêreltjies aan rugby kan deelneem. Die parke is ook populêre speelplekke. As jy moeg is, kan jy in die skadu van inheemse koeltebome lê. As daar êrens ‘n beter plek is, sal ek daarvan wil hoor.

    2. Plaas kappies op die volgende woorde indien nodig: kers, brue, sakmesse, vlermuise, wee, ver, bler, populer, perel, laerskool, le, rue, ster, klets.

    3. Gee die meervoud en verkleining van die volgende woorde: kêrel, skêr, sog, rug, trog, brug.

    4. Vorm samestellings met die volgende woorde: materiaal, môre, bêre, lêer, plek, middag, dwars, leeg, skêr, lê, aand.

    5. Rangskik alfabeties en leer: bêre, rêrig, blêrende, ietermagô, wê, houtbrûe, droomwêreld, skaapskêre, sekondêre, primêre, treinbrûe, voorsê, êrens, rewolusionêre, wîe.

    Aktiwiteit 6: Kom ons lees koerantberigteKom ons lees koerantberigte hardop vir die klas voor. Onthou, ons gaan jou poging assesseer deur te luister of jy vlot lees, op die korrekte plekke rus en die regte woorde beklemtoon. Ons ken aan jou ‘n 1, 2, 3 of 4 toe vir jou lees.

    Voorbeeld:

    Kinders wat verdwaal, moet bome drukkie gee

    Sowat 150 kinders in Pretoria is vandeesweek deur die polisie geleer om ‘n boom se groot, vriendelike houtlyf teen hulle vas te druk en daarmee te gesels wanneer hulle verdwaal. Nie net laat dit die kinders veiliger voel nie, maar die kind laat ook op dié manier ‘n reuk aan die boom agter wat later die polisiehonde se werk vergemaklik.Die polisie het die kinders aangeraai

    om altyd ‘n boom te soek wat maklik uit die lug gesien kan word en om rooi of oranje baadjies of truie aan te trek waneer hulle op uitstappies gaan. Alternatiewelik moet hulle ‘n helderkleurige plastieksak of ander voorwerp by hulle hou. Wanneer die kind ‘n helikopter hoor, moet hy so hoog as moontlik in die boom klim en aanhoudend daarmee waai totdat lede van die opsporingspan hom sien.

    111

  • Aktiwiteit 7: Kom ons bou nuwe woorde

    Volwasse haaie word deur die jaar veral in Kaapse waters aangetref, maar in Natal maak hulle slegs twee persent van die vangste in die haainette uit. Die haaie hou ongetwyfeld ‘n potensiële gevaar vir baaiers en persone in klein vaartuie in, maar baie haai-aanvalle word waarskynlik verkeerdelik aan hierdie spesie toegedig. Slegs ‘n handjievol hengelaars het al ‘n witdoodshaai van meer as 500 kg gevang om in die

    eksklusiewe ‘1 000 klub’ se geledere te tel. Dit is egter betreurenswaardig dat sommige hengelaars dit as ‘n soort roeping beskou om die oseane van die haaie ‘skoon’ te maak. Die praktyk moet noodwendig tot ‘n

    versteuring van die natuurlike balans in sommige gebiede lei. Die vleis van die haaie is eetbaar en die kake, met hul enorme tande, het aansienlike kommersiële waarde.

    1. Soek in die stukkie oor haaie woorde wat op die volgende wyses gevorm is: a. Deur samestelling. b. Deur premorfeme (voorvoegsels). c. Deur postmorfeme (agtervoegsels).2. Kyk hoeveel nuwe woorde jy kan vorm van die volgende deur premorfeme te gebruik: sluit, gaan, slaan, dek, sin. Gebruik in sinne.3. Kyk hoeveel woorde jy kan vorm deur van postmorfeme gebruik te maak: waarde, lui, wen. Gebruik in sinne.

    Aktiwiteit 8: Kom ons lees gedigte

    Reën

    Ek ruik die geur van die reën,En die lug het die lig van reën,Spieëlwit en pêrel-grys,En die bome buig en nygHul takke en slepende blare vir die seën,Vir die koelte en die weelde van die reën…

    Die winde dwarrel eers en swaaiDat die stowwe helder blink en draai …Skielik die eerste druppels soos ‘n swerm bye –Dan sag-sag sanik, aanhoudend … dan swye.

    W.E.G. Louw

    112

  • Vrae1. Watter sintuie het die digter in elke versreël gebruik?2. Watter woorde dui die sintuie aan?3. Gee ‘n ander woord wat min of meer dieselfde beteken as “spieëlwit”.4. Wat word in reël nege met mekaar vergelyk?5. Waarom is daar stippels in reëls ses, agt en tien?6. Watter twee reëls rym nie?7. Waarom word die woordjie “sag” herhaal in die laaste strofe?8. Wat gebeur alles voordat dit reën?9. Wie is aan die woord in die gedig?10. Gebruik die woordeboek en verduidelik die betekenis van die woorde weelde,

    sanik en swye.

    Die bome, my vaders en moeders

    Die bome, my vaders en moeders,se lang gespierde arms,se groot groen rokke,se kinders by dosyne,se optog van bloeisels in die parke en langs die strate,my vaders en my moeders, die bome,ek slaan my arms om julle,druk julle blare teen my wangen vou jul geur soos ‘n doek om my hare.Bly goed wees vir my.

    Wilma Stockenström

    Vrae

    Beantwoord die volgende vrae aangaande die gedig oor bome in jou skrif.1. Watter menslike eienskappe gee die digter aan bome?2. In hierdie gedig kom baie beeldspraak voor. Waarna verwys

    a. lang gespierde armsb. groot groen rokkec. optog van bloeisels?

    3. Waarmee word die bome vergelyk? Waarom?4. Hoe, dink jy, voel die spreker in die gedig oor bome?

    Hoekom sê jy so?5. Haal ‘n vergelyking uit die gedig aan. Wat beteken dit?6. In die eerste ses reëls van die gedig kom geen werkwoorde voor nie, maar wel in

    die laaste vier. Skryf drie daarvan neer.

    113

  • Aktiwiteit 9: Plaas dialoog by die strokiesprent.

    Onderstreep al die byvoeglike naamwoorde en bywoorde wat jy gebruik.

    114