28
Afr. Huistaal Jr 2/Gr 8 Kwartaal 3 TEMA 1 MORSJORS WEEK 1 LES 1 LUISTER EN PRAAT Aktiwiteit 1 Luister na die volgende dialoog wat jou onderwyser vir jou sal lees en beantwoord die vrae vir ‘n LUISTERTOETS: Onthou: bio-afbreekbaar is iets wat deur die natuur afgebreek kan word.(sal kompos word) Andile: Goeie môre Pieter. Pieter: Goeie more Andile. Hoekom lyk jy so ontsteld? Andile: Ek het so pas iets baie onaangenaams gesien. Pieter: Wat? Vertel my! Andile: Ek was oppad skool toe en jy weet ek loop skool toe. Pieter: Ja ek weet. Maar wat het jou so ontstel? Andilie: ‘n Man het van die teenoorgestelde rigting verby my geloop. Pieter: Ja en toe…? Andile: Hy was besig om ‘n appel te eet en toe hy klaar was daarmee toe gooi hy die stronk sommer net daar in ‘n blombedding. Pieter: Wat?! Maar dis mos nie so erg nie? Hy het dit tien teen een in die blombedding gegooi omdat hy weet dat ‘n appel bio-afbreekbaar is en die blomme van voeding sal voorsien. 1

€¦  · Web view2020. 8. 18. · Andile: Hy was besig om ‘n appel te eet en toe hy klaar was daarmee toe gooi hy die stronk sommer net daar in ‘n blombedding. Pieter: Wat?!

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Afr. HuistaalJr 2/Gr 8Kwartaal 3

TEMA 1 MORSJORS

WEEK 1 LES 1

LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 1

Luister na die volgende dialoog wat jou onderwyser vir jou sal lees en beantwoord die vrae vir ‘n LUISTERTOETS:

Onthou: bio-afbreekbaar is iets wat deur die natuur

afgebreek kan word.(sal kompos word)

Andile: Goeie môre Pieter.

Pieter: Goeie more Andile. Hoekom lyk jy so ontsteld?

Andile: Ek het so pas iets baie onaangenaams gesien.

Pieter: Wat? Vertel my!

Andile: Ek was oppad skool toe en jy weet ek loop skool toe.

Pieter: Ja ek weet. Maar wat het jou so ontstel?

Andilie: ‘n Man het van die teenoorgestelde rigting verby my geloop.

Pieter: Ja en toe…?

Andile: Hy was besig om ‘n appel te eet en toe hy klaar was daarmee toe gooi hy die stronk sommer net daar in ‘n blombedding.

Pieter: Wat?! Maar dis mos nie so erg nie? Hy het dit tien teen een in die blombedding gegooi omdat hy weet dat ‘n appel bio-afbreekbaar is en die blomme van voeding sal voorsien.

Andile: Ek stem nie saam nie. Ek wed jou hy sou dieselfde gedoen het as dit ‘n leë blikkie was.

Pieter: Ek weet nie so mooi nie. Daar lui die klok nou. Ek moet klas toe gaan. Ons sal pouse verder hieroor praat.

Andile: Dis reg so Pieter. Sien jou pouse.

Pieter: Sien jou dan.

!!!! Hou die dialoog toe en beantwoord die vrae SONDER om te kyk. Jou juffrou sal dit merk vir PUNTE:

Vrae:

1). Wat het Andile gesien wat hom ontstel het? [2]

2). Hoekom dink Pieter dis nie so erg nie? [2]

3). Wat beteken dit as iets bio-afbreekbaar is? [2]

4). Hoe dink jy voel Andile? [2]

5). Wat dink Andile sou die man nog sommer net weggegooi het? [2] /10

LEES EN KYK

Aktiwiteit 2

Ek is oek important

Deur Adam Smal

As al julle geldgatte

julle geld gespendit

en julle bananaskille

innie slooitjie gegooi het,

en julle bustikkits

soes confetti gestrooi het,

en julle staain en cooldrinks

opgedrink het

en julle borrels en blikkies

in die gangetjie gesit het.

en julle visgraatbolle

en vrot vrugte

en stukkende boksies

en papiere

r o n d g e s t r o o i h e t . . .

dan kom ek

en maakie wêreld weer skoon

soe,

ek is oek important.

Vrae:

1). Waar gooi die mense hul rommel ?

2). Noem 8 dinge wat die mense weggooi?

3). Gee ‘n voorbeeld van ‘n vergelyking.(iets is soos iets anders).

4).Wie is aan die woord in die gedig?

5). Wat dink die spreker van die mense wat so mors?

6). Hoekom dink die spreker is hy ook belangrik?

7). Uit hoeveel strofes bestaan die gedig?

8). Hoekom dink jy is reël 15 so met spasies geskryf?

9). Hoekom sal ‘n woord soos “Soe” in reël 18 alleen geskryf word?

10). Hoekom is daar omtrent geen leestekens in die gedig nie?

WEEK 2 LES 2

SKRYF EN AANBIED

Aktiwiteit 3

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-SA-NC

SKRYF ‘N DIALOOG:

ASSESSERING: Skryf ‘n dialoog waarin jy en ‘n vriend praat oor die probleem van ROMMEL by jul skool. (/15)

Kyk weer na die dialoog op p.1 en maak seker jy gebruik die regte formaat.

Puntetoekenning

Formaat: /5

Taal: /5

Inhoud: /5

Totaal: /15

TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Aktiwiteit 4

Onthou jy nog Trappe van Vergelyking? (bv. mooi; mooier; mooiste)

A). Skryf die trappe van vergelyking van die volgende woorde:

dom

dik

ver

slim

bitter

nugter

vol

Waarvoor staan hierdie simbool?

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-SA

Intensiewe vorme:

Intensiewe vorme van byvoeglike naamwoorde (beskrywingswoorde), word gebruik om die versterkende graad aan te dui. Dit word gebruik om ‘n sin trefkrag te gee en die taal op te kikker (interessant te maak). ‘n Voorbeeld hiervan is stokoud wat beteken dat iemand of iets baie oud is.

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-NC

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY

brandmaer

B).Skryf die intensiewe vorme van die volgende woorde:

a). arm

b). bang

c). bekommerd

d). benoud

e). blou

f). donker

g). droog

h). duur

i). geel

j). gelukkig

k). goedkoop

l). groen

m). hard

n). jonk

o). moeg

p). rooi

q). suur

s). swaar

t). swart

u). wit

C). Skryf die volgende sinne in die teenwoordige tyd (vandag):

a). Leon het die papiere opgetel.

b). Baie mense was by die vergadering.

c). Die park het mooi blomme gehad.

d). Die leerlinge het die petisie geteken.

e). Ek was geskok oor al die rommel in die dam.

f). Die internet het baie inligting oor besoedeling gehad.

D). Skryf die volgende sinne in die verlede tyd (gister):

a). My ma bel die munisipalitiet.

b). Ek is bekommerd oor die natuur.

c). Die buurt het ‘n vulliswa.

d). Die bekommerde man tik ‘n brief aan die stadsraad.

e). Die skole in die area is ook verteenwoordig by die vergadering.

f). Die burgemeester praat met die gemeenskapslede.

g). Daar sal nie meer rommel wees nie.

Taal Assessering:

1). Gee die meervoudsvorme (bv. hond-honde) van die volgende woorde:

a). piering _____________________________

b). kat _____________________________

c). hemp _____________________________

d). beer _____________________________ (4)

2). Gee die trappe van vergelyking (bv. mooi ,mooier, mooiste) van die volgende:

a). bly ____________________________________________

b). blink ____________________________________________

c). bitter ____________________________________________

d). hoog ____________________________________________ (8)

3). Skryf die intensiewe vorme (bv. oud-stokoud) van die volgende:

a). soet ___________________________

b). bitter ___________________________

c). wit ___________________________

d). suur ___________________________ (4)

4). Skryf die volgende sin in die teenwoordige tyd (vandag):

Musi het sewe beeste gehad. __________________________________________________________ (1)

5). Skryf die volgende sin in die verlede tyd (gister):

Bokkie kou boomgom. _______________________________________________________________(1)

6). Skryf die volgende stelsinne as vrae:

a). Jy kom by my huiswerk doen. _______________________________________________________________(1)

b). Pieter eet nie vleis nie. _______________________________________________________________(1)

TOTAAL:20

TEMA 2: EK EN TEGNOLOGIE

WEEK 3 LES 3

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-NC-ND

LUISTER EN PRAAT

Aktitwiteit 5

Luister na die brief aan die pers hieronder wat juffrou vir jou lees en bespreek die voor- en nadele van tegnologie en die redes vir die brief..

OORFONE OP JOU KOP KAN JOU LEWE EIS

Deur Bruce Harrington van Pretoria:

Beeld van 2012-09-12 21:01

Ek sien die laaste paar maande ‘n nuwe gier onder mense – iets wat tot

Dood kan lei as hulle nie versigtig is nie.

Almal loop deesdae met oorfone op hul ore en luister op hul selfone na die musiek wat vrylik beskikbaar is vir aflaai.

Die gevolg is dat mense nie oplet wat om hulle gebeur nie. Dit het al so erg geraak dat my maatskappy dit in ons fabriek se pakhuis verbied het.

Vanoggend is ‘n man in Simon Vermootenweg dood omdat hy oor die straat gestap het sonder om te kyk vir voertuie.

Haal daardie gemors uit jou ore uit en kyk wat om jou aangaan.

Dink mense omdat hulle met die goed in hul ore rondloop moet almal anders nou namens hulle kyk en aandag gee?

Ek het nou al minstens twee ondervindings gehad waar mense in parkeerterreine met hul oorfone loop en dan doodeenvoudig reg voor jou voertuig inloop.

Toet jy of sê jy iets, word jy aangekyk of jy ‘n buffel is.

Die mensdom het al so ver vorentoe beweeg, maar eintlik is ons steeds net so onnosel soos 10 000 jaar terug.

LEES EN KYK

Aktiwiteit 6

ASSESSERING: LEES DIE VOLGENDE LEESSTUK EN BEANTWOORD DIE VRAE VIR PUNTE /10

RAAK VERLORE IN ‘N DIGITALE SJOKOLADE WÊRELD

Cadbury wat sopas sy nuutste sjokolade die Bubbly bekend gestel het, het iets nog selfs beter as die sjokolade. Hulle het ook ‘n speletjie waar jy in beheer is van alles wat aangaan.

Hierdie speletjie begin wanneer jy die papier van die sjokolade op die skerm moet oopmaak. Wanneer jy die sjokolade oopgemaak het, begin ‘n Cadbury wonderwêreld voor jou oë lewe. Daar is iets wat lyk soos die perfekte eiland met palmbome wat uitkyk op ‘n see van sjokolade en ‘n skip wat seil.’n Skatkis is op die strand waar jy al die sjokolade vinnig moet gryp.

Jy kan ook die aarde laat bewe en dan val daar neute van die bome af in ‘n rivier van sjokolade en daar is ‘n vulkaan wat sjokolade spuit. Aan die einde maak jy weer die sjokolade toe.

Al wat jy gebruik om die speletjie te speel is net jou hand in die lug waar jy sowat 1,5m van die skerm af staan.

Maak ‘n draai by een van die drie tydelike Cadbury-stasies, in Sandton City Johannesburg, N1 Stad in Kaapstad of die Gateway-winkelsentrum in Durban om saam te speel.

Verwerk uit DeKat,11 Sept. 2012

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-NC-ND

Vrae:

1). Wat is die naam van Cadbury se nuutste sjokolade? (1)

2). Wat moet jy doen om die speletjie te kan begin speel? (1)

3). Noem twee elemente van die speletjie.(1)

4). Wat gebeur as jy die aarde laat bewe in die speletjie? (1)

5). Wat is al wat jy nodig het om die speletjie te kan speel? (1)

6). Noem een plek waar jy die speletjie kan gaan speel.(1)

7). Hoekom is dit nie goed vir jou om baie sjokolade te eet nie? (1)

8). Wat is meer gesond? ‘n Perske of ‘n blok sjokolade? Gee ‘n rede vir jou

antwoord. (1)

9). Van watter sjokolade hou jy die meeste? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2) /10

WEEK 4 LES 4

SKRYF EN AANBIED

Aktiwiteit 7

Konvensies van ‘n paragraaf:

· Identifiseer die doel en teikengroep.(wie gaan dit lees/vir wie skryf jy?)

· Begin met ‘n inleidende sin (dit moet sê waaroor die paragraaf gaan).

· Gebruik kern en ondersteunende gedagtes

· Jou sinne moet logies opmekaar volg, maar nie onder mekaar geskryf word nie.

· Onthou jou treffende slotsin.

*. Skryf nou ‘n paragraaf oor die voor- en nadele van selfone

TAALSTRUKURE EN -KONVENSIES

Aktitwiteit 8

VOORSETSELS

‘n Voorsetsel dui die posisie van die onderwerp aan, bv. my foon is op die tafel.

Kies telkens die korrekte voorsetsel in konteks:

Nie te lank gelede nie, het kinders nog a) (by/op) donkiekarretjies skooltoe gery en nie b) (in/voor) ‘n motor nie. Net ryk mense het telefone c) (onder/by) die huis gehad en dit d) (in/met) ‘n handslingertjie gewerk en jy moes die sentrale bel om e) (met/voor) iemand anders te kon praat. Lense was net f) (tussen/in) vergrootglase of mikroskope.Baie dankie g) (by/aan) al die mense wat ons lewens verbeter, vergemaklik en bevorder h) (langs/met) al die tegnologiese ontwikkelings i) (op/in) hul spesifieke gebiede. Hulle maak dit wat ons elke dagj) (op/in) ons lewens moet doen soveel makliker of jy nou meester, baas of Klaas is.

TEMA 3 GLO DIT OF NIE

WEEK 5 LES 5

LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 9

Luister na die volgende storie en vertel dit oor in jou eie woorde:

ROMULUS EN REMUS IN AFRIKA

Die koning was siek. Almal het saggies om hom geloop, maar sy broer was bly. Toe die vrouens gaan water skep, storm hy die hut in. Hy dra die koning na ‘n grot toe. Daar los hy hom en vertel almal hy is dood. Hy word toe self koning. Toe sy broer se dogter tweelingseuntjies kry, raak hy bang hulle gooi hom uit. Hy roep toe sy impi en sê vir hom hy moet die seuntjies in die Umfolozi rivier gaan gooi. Toe jaag hy hulle ma weg. Sy kom toe by die grot uit waarheen hy haar pa geneem het. Haar pa het nog gelewe omdat die kraaie vir hom kos gebring het.

Die impi kon dit nie reg kry om die kindertjies in die rivier te gooi nie en los hulle op die rivierwal in ‘n mandjie.

Daardie nag breek daar ‘n woeste storm los en die rivier oorstroom. Die mandjie word meegesleur, maar spoel wonder bo wonder vas teen ‘n wildevy se wortels. Die tweeling makeer niks! Hulle is natuurlik honger. Bo in die wildevyboom sit ‘n bobbejaanwyfie met haar dooie babatjie. Sy hoor die tweelingbabatjies wat skree en skree. Sy gaan kyk en tel hul versigtig op en klim terug in die boom.

Die tweeling is so honger dat hul dadelik aan haar begin drink. Die trop bobbejane word gewoond aan dié ‘bobbejaantjies’ wat nie hare soos hulle het nie. So word die tweeling omtrent regte bobbejaantjies. Hulle eet wat die bobbejane eet, hulle praat bobbejaantaal en snags slaap hulle warmpies by hul bobbejaanma.

Die koning hoor by die vrouens van die twee snaakse bobbejane wat by die trop is en hy raak onrustig. Hy stuur sy impi om die bobbejane te gaan doodmaak, maar die bobbejane is baie vinniger en vlug die berge in. In ‘n grot kry die bobbejane nog ander ‘snaakse bobbejane’ soos dié twee wat by hulle is.

Die tweeling se ma besef dadelik dis haar seuns, maar as sy aan hulle wil raak, skel hulle haar in bobbejaantaal en gee pad. Mettertyd begin hul egter die ou man en dogter vertrou saam met al die bobbejane.

Die ou man was baie slim en leer die seuns menstaal. Die ander bobbejane verstom hulle natuurlik hieraan. Die ou man self leer ook bobbejaantaal en toe hy op ‘n dag van bo af kyk en die koning se impi sien uitgaan om te jag, lei hy die trop bobbejane reguit na sy hut toe. Daar sit sy broer, vet en uitgevreet. Die bobbejane speel gou klaar met hom. Die ou man, sy dogter en kleinseuns groet die bobbejane en bly in die stat. Die bobbejane verstaan nie als nie, maar gaan tevrede terug berge toe.

LEES EN KYK

Aktiwiteit 11

Skryf ‘n informele brief aan ‘n vriend waarin jy hom vertel van iets eienaardigs wat met jou gebeur het. Hier is ‘n voorbeeld van die formaat:

(geen leestekens by die adres nie)

Pampoenstraat 3

Klossiespan

Vereeniging

4110

25 Augustus 2020

(reël oop tussen datum en aanhef) xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Liewe Sindile (die aanhef)

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Jy sal dit nooit glo nie! (paragraaf 1)

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Ons het nooit so iets verwag nie (paragraaf 2)

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Dit was ‘n ongelooflike ervaring (paragraaf 3)

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

(einde/slotparagfaaf is gewoonlik net een sin met ‘n punt aan die einde)

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Jou vriend (slot met geen leestekens nie)

Ben (jou naam sonder ‘n leesteken)

TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Aktiwiteit 12

Hersieningsaktiwiteit

1). Skryf die meervoud van die volgende woorde:

a). asem

b). dief

c). beker

d). sif

e). hoender

2). Sê watter soorte bywoorde onderstreep is

Onthou bywoorde beskryf werkwoorde(aksie/doenwoorde)

· Bywoorde van tyd sê wanneer iets gebeur.

· Bywoorde van plek sê waar iets gebeur.

· Bywoorde van wyse sê hoe iets gebeur.

a). Creston gaan vandag ‘n nuwe selfoon koop by die selfoonwinkel.

b). Petro het gister die Ipad versigtig skoongemaak.

c). Einstein het lankal gesê die mens gaan onbewustelik slawe word van tegnologie.

d). Die slimfone word daagliks stilweg afgeskakel by die werk.

3). Skryf die korrekte volgorde van die woorde in die volgende sinne:

a). daagliks / sy selfoon/ Sakkie/ in/ deeglik/ om die battery te herlaai/ prop.

b). het/ Khumbo/ sy skootrekenaar/ gister/ by die skool/ vergeet/ amper.

c). die tegnikus/ môre/ Marie/ bel/ sal.

d). gereeld/ Die meeste kinders/ oorfone/ gebruik.

e). koop/ lugtyd/ Seema/ altyd/ vir haar Blackberry.

4). Gee ‘n sinoniem (woord met dieselfde betekenis) vir die volgende woorde:

Selfoonmaatskappye maak ‘n groot a)profyt deur b)doeltreffende en c)aanloklike

d)reklames te gebruik om tieners te e)forseer om die nuutste selfone te koop.

5). Maak sinne met die volgende HOMONIEME(woorde wat meer as een

betekenis het) dat die sinne elke keer iets anders beteken:

Voorbeeld: Hy skop die bal; Aspoestertjie het haar prins by die koning se

bal ontmoet.

a). steel b). noot

c). leer d). kies

e). ken

6). Skryf die volgende paragraaf oor met die korrekte punktuasie(leestekens):

Kabelo het besluit om ‘n nuwe selfoon te koop maar hy weet nie watter model hy moet kies nie Die selfoon moet kan foto’s neem SMS’e stuur oproepe ontvang baie speletjies hê en baie klein wees Hy daag by die selfoonwinkel op en sê hy wil ‘n selfoon koop Niemand maar niemand het gedink dat hy ooit genoeg sou kon spaar vir so ‘n selfoon nie

TEMA 4 MY DROME EN WENSE

WEEK 7 LES 7

LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 13

Kyk na die volgende bekende sprokies en sê wat die hoofkarakters se drome of wense was:

a)

Die lelike eendjie: ______________________________________________________________________________________________________________________________________

b)

Author is licensed under CC BY-SA

Beauty and the Beast:

______________________________________________________________________________________________________________________________________

c)

Rapunzel

______________________________________________________________________________________________________________________________________

d)

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

Robin Hood

______________________________________________________________________________________________________________________________________

e)

Katjiestewels

______________________________________________________________________________________________________________________________________

Aktiwiteit 14

LEES EN KYK

Lees die volgende kortverhaal en beantwoord die vrae wat daarop volg:

DIE NUTSMAN

Deur Engemi Ferreira

MY OOM JOSIAS

Hy was lank en maer met eelterige hande. Sy mooi stem het opgeval, maar ook sy mank been. Maar wanneer hy gesit het, met albei sy bene onder hom ingevou, sy twee hande om ‘n beker koffie, besig om ‘n storie te vertel, het hy dieselfde as ander mense gelyk.

Dit kon my wegvoer na wêrelde waar prinse en prinsesse regeer. Natuurlik het die prinses altyd presies net soos ek gelyk, net mooier. Só soos ek graag wou lyk. My waterige vaal ogies wat te na aan mekaar sit, het diep donkergrys kuile geword, omring deur lang swart wimpers, waar my stokkerige wimpertjies bly knip-knip het om die trane te keer, want die prinses wou nóóit haar prins hê nie.

Die prinses se hare was nie goudblond , soos in meeste reisverhale nie, maar vaalblond- nes myne- behalwe dat hulle lank en dik was en gehang het tot op haar stywe boudjies- oom Josias het nie opgehou by hare en kleur van oë soos in feëverhale nie.

Na pa se dood het hy my kom haal by die losieshuis en ek het ingetrek in sy kasteel; die ou motorhuis agter in die tuin. Oom Josias was Mnr. Manie Viviers se nutsman. Hy het die tuin uitgelê en dit gemaak wat dit was: spogtuin van die omgewing. Hy het ook ander dinge gedoen soos om nuwe kaste in te bou in die groot huis; hy het mure afgekrap en geverf wanneer hulle oud en lelik geraak het; en hy kon allerhande kontrepsies maak vir enige doel. Hy was slim en vol planne; net, hy kon nie vreeslik vinnig loop nie.

Partykeer het Mnr Viviers vir ons kom kuier. Dan bring hy koekies en lekkers vir my en tabak of ‘n bottel vol goed vir oom Josias. Partykeer het hy selfs vir my ‘n nuwe rok gebring. Mnr Viviers was al een wat geweet het van my.

Eintlik was ek al groot genoeg vir skool, maar oom Josias wou my nie stuur nie. ” Hoe sal jy daar kom, kleintjie? Wie sal jou soontoe neem? “ Buitendien netnou vind Mevrou uit van jou dan jaag sy ons hier weg.” Dan neem hy weer die ou leesboeke wat Meneer vir hom bestel het en laat my daaruit lees. Baie keer het ek die goed gelees wat hy in die aand sit en skryf het en wat hy in sy laai onder die skoon hemp gebêre het. Briewe, dag ek, want hy het met iemand gepraat. Bettie, maar dit was vol groot woorde en ek kon ook nie alles mooi lees nie.

Oom Josias het my die dood voor die oë gesweer as ek een enkele keer dit buite die mure of dubbeldeur van ons kasteel sou waag sonder hom. Die kere wat ons wel iewers heen gegaan het, het hy eers by die deur gestaan en kyk of alles veilig is ; dan wanneer daar niemand te bespeur was nie, het hy my vinnig by die deur uitgebondel en straat toe laat spaander terwyl ek soos ‘n lappop agter hom aan tou.

Meestal het ons dieretuin toe gegaan.

Eendag toe ons weer oppad dieretuin toe is, kom ‘n vroumens op oom Josias afgestorm. “Joos!, Joos!”het sy geroep terwyl sy nader kom. “Waar val jy uit? Wanneer laas het ek jou gesien? Hoekom hoor ek niks meer van Manie nie? Dis nou al byna ‘n jaar dat ek nie ‘n dooie sent van hom kry nie. Wat gaan aan?

Oom Josias het wasbleek geword en sy mank been agter die ander een ingevou soos hy altyd gemaak het wanneer hy ongemaklik was.” Ek weet nie, Bettie. Hoekom vra jy my?” En hy druk al hoe harder aan my skouer om my agter sy rug in te kry, maar ek was nuuskierig..

Ek het agter hom bly uitloer. Die vroumens was pragtig. Sy’t lang vaalblonde hare gehad wat tot by haar middel gehang het en diep-diep grys oë soos geheimsinnige kuile. Sy was ons prinses.

Toe eers kyk sy reguit in my oë en stadig af grond toe en sy skrik.

“Magtig, Joos, is dit tog nie..”

“Nee, nee dit is nie!”, het hy geskree. En toe ruk hy my aan my arm dat ek skoon gil van die seer en laat waai.

“Kom ons gaan laat wees.”

Ek het omgekyk en gesien hoe sy op die sypaadjie bly staan het. Haar hare het so effens agter haar uitgewaai en haar rok se punte bo die baie mooi lang bene, het gelig in die wind, maar haar hande was stil langs haar sye. En toe sien ek hoe sy die hande binne die swart kant handskoene oor haar oë druk en ek sien hoe haar skouers skud.

Ons moes vreeslik snaaks gelyk het: oom Josias wat so hinkepink op sy mank been terwyl hy my al vinniger agter hom aansleep in die kaskarretjie met wiele, wat hy oor my kort stompies moet aantrek, soos ‘n broek, elke keer wanneer ons ons kasteel verlaat.

Vrae:

1). Wat is die naam van die kortverhaal?

2). Wie is die skrywer?

3). Waarvan het oom Josias gehou?

4). Wat is ‘n nutsman?

5). Noem 4 goed wat die oom gedoen het en met watter een was hy goed.

6). Wat is ‘n kontrepsie?

7). Wat is “’n bottel vol goed” wat Mnr Viviers partykeer vir oom Josias gebring het?

8). Hoekom het die ‘prinses’ in oom Josias se stories altyd soos die verteller gelyk?

9). Wat beteken dit as hy vertel hoe die prinses haar prins nóóit wou hê nie.

10). Wat is fout met die verteller?

WEEK 8 LES 8

SKRYF EN AANBIED

Aktiwiteit 15

Nadat jy die mooi kortverhaal hierbo gelees het, is jy dalk geȉnspireer om jou eie verhaal/storie te skryf. Skryf ‘n kort storietjie wat jy uitgedink het OF skryf ‘n bekende storie in jou EIE woorde neer.

TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Aktiwiteit 16

Voltooi die volgende taaloefening:

1). Gee die meervoude van die volgende woorde:

a). droom

b). wens

c). ideaal

d). plan

e). besigheid

2). Gee die teenoorgestelde geslag van die volgende woorde:

a). prins

b). nefie

c). ma

d). onderwyser

e). oom

3). Skryf die verkleiningsvorme van die volgende woorde neer:

a). bek

b). hond

c). blom

d). horing

e). boom

f). kar

g). brug

h). koning

i). deeg

j). naald

k). ding

l). lat

m). doring

n). oom

o). duim

p). rok

q). emmer

r). skreef

s). hen

t). saag

4). Kies die korrekte voorsetsels sodat die betekenis duidelik word:

a). Hy wil eendag (op/tussen) die maan land.

b). Haar groot droom is om (op/tussen) haar twee groot helde afgeneem te word.

c). Ek wil (by/in) die Universiteit van Pretoria studeer.

d). Joan wil graag ‘n graad (in/by) medisyne verwerf.

e). Martin wil (in/agter) sy toekoms belê.

5). Skryf die volgende sinne in die verlede en toekomende tyd:

a). Ek leer hard.

b). Ek wil universiteit toe gaan.

c). My suster werk na matriek.

d). Johan het goeie toekomsplanne.

e). Ek is ‘n sukses.

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-NC-ND

“Die appel val nie ver van die boom nie. “

6). Kies die beskrywing onderaan elke idioom wat jy dink die idioom se

betekenis die beste weergee:

a). Iemand op sy baadjie takseer:

i). Iemand belasting vra vir die klere wat hy dra.

ii). Die prys uitwerk van iemand se baadjie.

iii). Iemand beoordeel deur na hom te kyk.

Iv). Iemand se baadjie vat

b). Kaatjie van die baan:

i). Die voorbok

ii). Die beste tennispeler

iii). ‘n Renjaer

iv). ‘n Atleet

c). Die aap uit die mou laat:

i). ‘n Grap maak

ii). ‘n Geheim verklap.

iii). ‘n Aap gesteel het.

iv). By die sirkus werk.

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-SA-NC

“Om in die wolke te wees.”

7). Pas die idiome by hul betekenisse:

Kolom A

Kolom B

a). Wie A sê, moet ook B sê

i). ‘n Persoonlike gesprek met iemand hê

b). Sy aand- en môrepraatjies kom nie ooreen nie.

ii). Hard op die grond val.

c). Van aangesig tot aangesig met iemand praat.

iii). Al is ‘n mens hoe stadig, kom jy ook maar waar jy wil wees.

d). Al dra ‘n aap ‘n goue ring, bly hy steeds ‘n lelike ding.

iv). Snork

e). Met die aarde kennis maak.

v). As jy met iets begin het, moet jy daarmee aanhou.

f). Agteros kom ook in die kraal.

vi).Jy kry wat jy verdien.

g). Die alfa en die omega.

vii). Wat hy nou sê, stem nie ooreen met wat hy vroeër gesê het nie.

h). Balke saag.

viii). Bekommerd wees oor iets wat nog glad nie eens gebeur het nie.

i). Die bobbejaan agter die bult gaan haal.

ix). Die begin en die einde.

j). Boontjie kry sy loontjie.

x). Mooi klere kan nie ‘n lelike mens mooi maak nie

WEEK 9 EN 10: HERSIENING EN FORMELE ASSESSERING

2