14
Natuurwetenskap Termyn 3: Jaar 1 Roodepark Skool – COVID-19 Werkkaarte – DCAPS Natuurwetenskap - Week 3 + 4 Termyn 3: Jaar 1 Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig Hoop almal is gesond en veilig. Mis julle ALMAL!!!!! Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud. 1. Energie om ons 2. Energie kan gestoor en oorgedra word 3. Inset en Uitset van Energie 4. Fietsry / Elektriese Toestelle INSTRUKSIES: Voltooi al die aktiwiteite op ‘n aparte papier of in jou huiswerkboek. 1

  · Web view2020. 8. 21. · lig. Mis. julle. ALMAL!!!!! Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud. Energie om ons. Energie kan gestoor en oorgedra word. Inset

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

NatuurwetenskapTermyn 3: Jaar 1

Roodepark Skool – COVID-19 Werkkaarte – DCAPS

Natuurwetenskap - Week 3 + 4Termyn 3: Jaar 1

Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig

Hoop almal is gesond en veilig. Mis julle ALMAL!!!!!

Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud.

1. Energie om ons

2. Energie kan gestoor en oorgedra word

3. Inset en Uitset van Energie

4. Fietsry / Elektriese Toestelle

INSTRUKSIES:

· Voltooi al die aktiwiteite op ‘n aparte papier of in jou huiswerkboek.

· Skryf die datum, opskrif en aktiwiteit nommer op elke werkkaart.

· Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet die werk self voltooi.

· Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die skool weer heropen.

· STERKTE en geniet dit!!!

Groete

Mev. S Booysen

Kom ons begin

In hierdie onderwerp sal jy leer dat daar verskillende soorte energie oral om ons is. Jy sal meer leer van bronne met gestoorde energie en van verskillende dinge wat die energie kan gebruik om dinge te laat gebeur en verander.

1. Energie rondom ons

Energie is oral rondom ons. Byvoorbeeld, gedurende die dag gee die Son vir ons energie in die vorm van lig en hitte. Ons kan dinge sien gebeur en verander.

Selfs in die nag, wanneer dit donker is, is ons bewus van energie om ons. Ons hoor mense gesels en musiek maak. Klank is ‘n soort energie. Ons voel die wind op ons gesigte waai. Wind is bewegende lug, dit het bewegingsenergie.

Soorte energie om ons kom van toestelle wat ons gebruik, soos lampe, stowe en radio’s.

SLEUTEL WOORDE:

· Stelsel – ‘n Groep dele wat saam werk om iets te laat gebeur.

· Inset van energie – Energie wat in ‘n stelsel ingaan om dit te laat werk.

· Uitset van energie – Energie wat uit ‘n stelsel kom.

Aktiwiteit 1

Wat weet ons van energie rondom ons?

1. Kyk na die prentjie en beantwoord die vrae:

a. Is dit dag of nag? Waar kom die lig vandaan?

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

b. Watter ander soort energie kry ons van die Son?

_________________________________________________________________

c. Waarvoor gebruik die kinders energie?

_________________________________________________________________

d. Wat hou die vlieër in die lug en laat dit rondbeweeg?

_________________________________________________________________

e. Wat is wind?

_________________________________________________________________

2. Skryf jou antwoorde op die volgende vrae neer:

a. Watter energiebron gebruik jou liggaam om te beweeg en te groei?

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

b. Watter soort energie gebruik plante om hulle kos te maak?

_________________________________________________________________

c. Wat is die bron van daardie energie?

_________________________________________________________________

Aktiwiteit 2

Kyk na die volgende prentjies en beantwoord dan die vrae:

Prentjie 1 _____Prentjie 2 _______

Prentjie 3 ________Prentjie 4 _________

1. Kyk na prente 1 – 4 en pas een van die sinne hieronder by een van die prente. (a, b, c, d)

a. Die energie in klank beweeg na ons ore en ons hoor die klanke.

b. Hitte is energie. Hitte – energie word oorgedra van warm voorwerpe na kouer voorwerpe.

c. Lig is energie. Ons het ligenergie nodig om in die donker te kan sien.

d. Dinge wat beweeg het energie. Jou spiere gebruik energie wanneer jy ‘n bal skop. Die energie beweeg van jou been na die bal. Ons noem dit bewegingsenergie.

2. Energie kan gestoor en oorgedra word

Bronne van gestoorde energie

In die vorige onderwerp het jy geleer dat ‘n energiebron iets is waarvandaan ons energie kry. Kos is ‘n energiebron vir ons liggame. Die energie wat in kos gestoor is, kom van plante. Plante gebruik energie van die Son om kos te maak.

Mense gebruik ook die energie wat lank gelede in plante en diere gestoor is. Hierdie energiebronne sluit hout, steenkool, ru – olie en natuurlike gas in.

Ru – olie word diep onder die Aarde se oppervlak aangetref. Dit word gevorm van die liggame van baie klein diertjies en plante wat miljoene jare gelede in die see geleef het. Petrol, diesel, paraffien, stralerbrandstof en kerswas is alles produkte wat uit ru – olie gemaak word.

Steenkool word gevorm uit plante wat miljoene jare gelede geleef het. Steenkool is die energiebron vir die meeste elektrisiteit in Suid- Afrika.

Ons gebruik petrol, paraffien en vloeibare petroleumgas (VGP) as energiebronne. Dit word van ru – olie gemaak wat ‘n soort olie is.

SLEUTELWOORD:

· Hooftoevoer – Elektrisiteit – Elektrisiteit wat na huise en fabrieke verskaf word deur ‘n kragstasie.

Energie kan oorgedra word

Energie kan beweeg van die energiebron tot waar dit benodig word. Dit word energie- oordrag genoem. Gedurende hierdie proses kan een soort energie verander na ‘n ander soort.

Byvoorbeeld, wanneer ons hout brand, word die gestoorde energie in die hout verander na lig en hitte, soos gewys in die prent hieronder:

Aktiwiteit 3

3. Kyk na die prentjie hierbo en beantwoord dan die vrae:

a. Wat is die bron van die gestoorde energie vir die kampvuur?

_________________________________________________________________

b. Watter soort energie word oorgedra van die vuur na die pot?

_________________________________________________________________

c. Watter ander soort energie kom nog van die kampvuur af?

_________________________________________________________________

d. Waarvoor het die kinders die kampvuur nodig?

_________________________________________________________________

e. Wat is die bron van die energie in die hout?

_________________________________________________________________

SLEUTELBEGRIPPE:

Ons is bewus van energie rondom ons insluitend beweging, hitte, lig en klank. Energie word gestoor in kos, hout, steenkool, ru-olie en natuurlike gas. Ons gebruik dit as energiebronne vir verskillende aktiwiteite. Energie kan oorgedra word van ‘n energiebron na waar dit benodig word.

3. Inset en Uitset van energie

‘n Stelsel is iets wat twee of meer dele het wat saamwerk om iets te laat gebeur. Masjiene en huishoudelike toestelle is soorte stelsels.

‘n Masjien het energie nodig om dit te laat werk. Die energie wat in ‘n stelsel ingaan, word die inset van energie genoem. Byvoorbeeld, ‘n Paraffienlamp het paraffien nodig. Die hoeveelheid paraffien wat jy in die lamp insit, is die inset van energie.

Wanneer die paraffienlamp brand, lewer dit vir ons lig. Die lig wat dit lewer, is die uitset van energie.

‘n Paraffienlamp kan meer lig gee deur dit meer paraffien te laat verbrand. Wanneer jy die lamp meer inset van energie gee, gee dit meer uiset van energie.

Partykeer gee masjiene en toestelle ‘n uitset van energie wat nie vir ons bruikbaar is nie. Byvoorbeeld, ‘n paraffienlamp gee ook hitte af, maar die hitte is nie bruikbaar nie, omdat dit te min is om ons warm te hou.

VEILIGHEID

Wees baie versigtig wanneer jy naby ‘n paraffienlamp is. As dit omval, kan dit ‘n brand veroorsaak.

‘n Paraffienlamp

Aktiwiteit 4

‘n Koolstoof

1. Kyk na die prent hierbo, wat is die energiebron van die stoof?

_________________________________________________________________

2. Die paragraaf beskryf die inset en uitset van energie van die stoof. Vul die ontbrekende woorde in.

UITSET

HITTE

BRAND

STEENKOOL

HITTE

WARM

A. Die inset van energie vir die stoof is een emmer ______________________.

B. Wanneer die steenkool _______________, maak dit genoeg ________________

om ons kos te kook.

C. Dit maak ook die kamer ___________.

D. Die ________________van energie van die stoof is ______________________.

3. ‘n TROM

Die paragraaf beskryf wat jy moet doen om meer klank uit ‘n trom te kry. Vul die ontbrekende woorde in.

UITSET

INSET

SAGTE

UITSET

HARDE

A. Slaan hard op die trom om ‘n _______________ klank te maak.

B. Slaan saggies op die trom om ‘n __________________ klank te maak.

C. Die energie wat jy gebruik om op die trom te slaan, is die _______________ van energie.

D. Die klank wat die trom maak, is die __________________ van energie.

4.1. FIETSRY

1. Kyk na die prent om te sien hoe ‘n fiets werk.

2. a. Waar kom die inset van energie van ‘n fiets vandaan?

______________________________________

b. Wat is die uitset van energie?

______________________________________

3. Wat moet die seun doen om die fiets vinniger te laat ry?

______________________________________

4. Wat sal die fiets minder of meer inset van energie nodig hê wanneer jy teen ‘n heuwel wil op ry?

_________________________________________________________________

4.2. ELETRIESE TOESTELLE

Baie toestelle gebruik elektrisiteit om te kan werk. Dit word elektriese toestelle genoem. Baie elektriese toestelle maak gebruik van van stoomelektrisiteit.

Dit is elektrisiteit wat verkry word wanneer daar steenkool in kragsentrales verbrand word.

Party elektriese toestelle gebruik energie van batterye. Daar is ook elektriese toestelle wat energie direk van die Son omskakel in elektrisiteit.

Hier is ‘n paar voorbeelde van die toestelle:

‘n Ketel verhit water.

‘n Vuur- aanblaser – jy gebruik jou spiere om die vuur aan te stook met die vuur- aanblaser.

Dit is ‘n sonkrag-stelsel. Dit verander ligenergie van die Son in elektrisiteit. Dit kan die energie in batterye stoor. Energie van die batterye word in die aand na ligenergie omgeskakel.

‘n Flits – Die batterye verskaf energie om die flits te laat skyn.

9