Upload
others
View
6
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
ROODEPARKSKOOL
Naam: __________________________________________________
Onderwyser: _____________________________________________
Groep: _________________________
1
AFRIKAANS HUISTAALJaar 3
Kwartaal 3 2020
Week 1 & 2 Tegnologie Datum: _____________________
Van loopfiets tot supertegnologie
1 Die eerste fietswedrenne het byna twee eeue gelede op ‘n loopfiets sonder pedale, kettings of ratte plaasgevind. Daar word algemeen aanvaar dat die Fransman, De Sivrac, die eerste fiets in 1791 gebou het. Die fiets het uit twee wiele bestaan en is met ‘n balk verbind.
2 Verbeterings het gevolg, maar in 1816 het ‘n Duitse baron, Von Drais, die loopfiets deur ‘n stuurstang stuurbaar gemaak. Dit is die draisine genoem.
3 Die eerste wedrenne het in Parys in 1818 plaasgevind. ‘n Ligter, vinniger fiets wat deur Dennis Johnson in Engeland ontwikkel is, is verbied omdat die regering gedink het die fiets is te vinnig en te gevaarlik vir die stad se verkeer. ‘n Skotse grofsmid, Kirkpatrick Macmillan, het die eerste fiets met pedale ontwerp en ook die eerste padongeluk veroorsaak toe hy in 1842,’n kind omgery het. In 1864 is ‘n fiets in Frankryk ontwerp met ‘n groot voorwiel en ‘n klein agterwiel.
4 Die penny-farthing, wat bekend was vir sy yslike voorwiel en besonder klein agterwiel, was baie gewild. Die saal was so hoog, die ryer moes ‘n trappie gebruik om bo te kom. Die driewiel is na die tweewielfiets ontwerp, omdat dit so moeilik was om op die vroeë fietse te bly.
5 Die prototipe van die huidige fiets, met ewe groot agter-en voorwiele, is in 1880 deur John Kemp Starley ontwerp. Fietse het eers net harde
bande gehad, maar in 1888 het John Dunlop, ‘n veearts uit Ierland, die lugband ontwerp. Hy het die band ontwerp, omdat hy bekommerd was oor die geskud wat sy seun moes deurmaak wanneer hy op ruwe paaie met sy fiets moes ry.
6 Deesdae is resiesfietse so gebou dat dit minimum windweerstand bied. die raamwerk is van ‘n ligte buismateriaal, dit het tot vyftien ratte, ‘n spesiale resiesstang en voetklemme. Verberings aan die ontwerp en boumateriaal aan sportfietse word deurlopend uitgevind om tred te hou met die hoë eise wat moderne sport aan fietsry bied.
2
Luister en praat Datum: ______________________
Bespreek die verskille tussen die eerste fietse en vandag se resiesfietse. Bespreek die verskillende soorte fietse wat ons vandag gebruik bv. resiesfiets, bergfiets.
Lees en kyk Datum: _______________________
Lees die leesstuk “Van loopfiets tot supertegnologie”. Maak seker jy verstaan die betekenis van al die woorde. Indien jy ‘n woord nie verstaan nie gebruik ‘n verklarende woordeboek om die betekenis uit te vind.
Skryf en aanbied.
Aktiwiteit 1 Begrip Datum: _______________________
Beantwoord nou die onderstaande vrae oor die leesstuk.
1.1 Hoe verskil die eerste fietse van vandag se fietse?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_________________________________________________________________(2)
1.2 Wie het die eerste loopfiets ontwerp?
_________________________________________________________________(1)
1.3 Watter lande was almal betrokke by die ontwerp van die fiets?
_____________________________________________________________________
____________________________________________________________(4 x ½ = 2)
1.4 Wat was anders aan die draisine as aan die eerste fietse?
_________________________________________________________________(1)
1.5 Hoekom is die ligter fietse in die eerste wedrenne verbied? Gee twee redes.
_____________________________________________________________________
_________________________________________________________________(2)
1.6 Waarom dink jy was die penny-farthing so gewild?
_________________________________________________________________(1)
1.7 Is die volgende stelling waar of vals.
1.7.1 Die harde bande is beter as die lugbande. ______________(1)
3
1.8 Hoekom het hulle die driewiel ontwerp na die tweewielfiets?
__________________________________________________________________(1)
1.9 Watter kenmerke van die resiesfiets maak dit so goed vir resies?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
__________________________________________________________________(3)
1.10 Dink jy ‘n fiets is ‘n goeie vervoermiddel? Ja/Nee Hoekom sê jy so?
_____________________________________________________________________
_________________________________________________________________(2)
1.11 Watter woord in paragraaf 5 beteken dieselfde as “oorspronklike model”?
_________________________________________________________________(1)
1.12 Dink jy dat die mense in die negentiende eeu versigtig gery het? Hoekom sê jy
so?
_____________________________________________________________________
__________________________________________________________________(3)
[20]
4
Taal en taalstrukture
Bywoorde en Werkwoorde Datum: _________________
Werkwoorde
Die werkwoord dui ‘n handeling of ‘n aksie aan. Die seun swem.Die koppelwerkwoord: is, was, word, blyk, lyk, skynKoppelwerkwoord Koppel die selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde met byvoeglike naamwoorde bv. Sy is ‘n fietsryer.Hoofwerkwoorde bv. Hy ry fiets.
Aktiwiteit 2 Werkwoorde Datum: ____________________
2.1 Skryf 5 hoofwerkwoorde neer wat in die leesstuk ‘Van loopfiets tot
supertegnologie” in paragraaf 3 voorkom.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2.2 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
2.2.1 Om te dink dat fietsry ‘n maklike sport is, is (mislei) _______________________
2.2.2 Tydens die wedrenne was daar oral (wapper) ______________________ vlae.
2.2.3 Die (bestaan) ______________________ wedstryd het ‘n rooster.
2.2.4 Sy (verwerf) _____________________ roem het hom ‘n onaangename mens
gemaak.
2.2.5 Om ‘n kampioen te wees moet jy nogal ‘n (gelees) _____________________
persoon wees.
Bywoord
Bywoorde vertel ons meer van die werkwoorde. Hulle sê vir ons wanneer (tyd), hoe (manier/wyse) of waar (plek)Bywoorde kan slegs een woord wees of ‘n paar woorde.
5
Bywoord van TYDdadelik
altyd
binnekort
daagliks
elke dag
dikwels
vandag
gister, eergister
more, oormôre
soggens, saans
smiddags
soms
skielik
Bywoord van PLEKagter
voor
binne
buite
iewers
daar
hier
naby
ver
onder
bo
orals
op die grond
Bywoord van WYSE/MANIERhaastig
vinnig
stadig
hard
sag
lekker
sleg
netjies
slordig
gemaklik
geskok
Aktiwiteit 3 Bywoorde Datum: __________________
Onderstreep die Bywoorde in elke sin en sê watter soort Bywoord elkeen is.
3.1 Pa kniel laag om die slang te sien.
_____________________________________________________________________
3.2 Hulle al drie sit naby die slang.
_____________________________________________________________________
3.3 Hulle moet vandag die slang vang.
_____________________________________________________________________
3.4 Ma skree kliphard toe die slang begin beweeg.
_____________________________________________________________________
3.5 Hulle spring binne-in die motor.
____________________________________________________________________
3.6 Slange seil soggens vinnig.
____________________________________________________________________
3.7 Slange broei in bosse.
_____________________________________________________________________
6
Week 3 & 4 Strokiesprente
Luister en praat Datum: ________________________
Bespreek die karakters in die strokiesprent. bespreek die boodskap en die
onderliggende boodskap van die strokiesprent. Hou jy van strokiesprente?
Lees en kyk
Ondersoek die strokiesprent vir ‘n verskuilde (weggesteek) boodskap.
Aktiwiteit 4 Opsomming Datum: ____________________
Som die storie in jou eie woorde op. Skryf ook die verskuilde boodskap van hierdie
strokiesprent neer. Gee die karakters name.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
7
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Skryf en aanbied Aktiwiteit 5 Eie strokiesprent Datum: ___________________
Teken jou eie strokiesprent oor ‘n snaakse voorval in die klas. Onthou om die korrekte
leestekens, die korrekte grammatika en spelling te gebruik. Gebruik kleure as jy teken.
Taal en taalstrukture
Byvoeglike naamwoorde
Byvoeglike naamwoorde (b.nw.) vertel ons meer van die selfstandige
naamwoord (s.nw)
Die byvoeglike naamwoord kan voor of na die s.nw. staan.
bv. Sara is mooi. Sara is ‘n mooi meisie.
Leer die volgende
goed – goeie nuus
dood – dooie muis
oud – ou man
goud – goue horlosie
koud – koue oggend
wyd – wye straat
breed – breë rivier
nuut – nuwe skoene
laag – lae muur
leeg – leë glas
sag – sagte kussing
lig – ligte verf
lank – lang hare
jong – jong mense
dof – dowwe lig
doof – dowe meisie
8
droog – droë klere moeg – moeë mense
Aktiwiteit 6 Byvoeglike naamwoord Datum: __________________
Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.
6.1 Jeremy sit op ‘n (sag) ______________________ stoel en dink aan al die (pragtig)
_______________________________ meisies wat hy ken.
6.2 Sara met haar (breed) __________________ glimlag is sy nooi.
6.3 Die (nuut) _______________________ meisie het (lig) _____________________
hare en vertel altyd (laf) _______________________ grappies.
6.4 Hy wens hy kon sommer met altwee die (beeldskoon) __________________
meisies uitgaan!
6.5 Later sien sy ma twee meisies met (lank) ____________________ hare en
(modern) __________________ hempies.
6.6 Hulle handsakke is van (grof) ______________________ materiaal.
6.7 Die (oud) ___________________ mense dink altyd jongmense het nie maniere
nie.
6.8 Dit val egter op (doof) ______________________ ore en Jeremy gee nie ‘n (dood)
__________________________ duit om nie.
Trappe van vergelyking
Trappe van vergelyking het betrekking op Bywoorde en Byvoeglike
naamwoorde.
Dit word gebruik wanneer ons twee of meer dinge met mekaar vergelyk.
Wanneer twee dinge met mekaar vergelyk word gebruik ons die vergrotende trap. (mooier)
Wanneer ons meer as twee dinge met mekaar vergelyk gebruik ons die
oortreffende trap. (die mooiste)
Die lidwoord die word altyd saam met die oortreffende trap gebruik.
9
Leer die volgende trappe van vergelyking
Reëls
Stellende trap Vergrotende trap
Oortreffende trap
Kort vokaal vetvol
vettervoller
Vetstevolste
Twee van dieselfde vokale
vaalgeel
valergeler
vaalstegeelste
Dubbel vokaal sieklui
siekerluier
sieksteluiste
Dubbel konsonant wildferm
wilderfermer
wildstefermste
Eindig op -lik oulikvriendelik
oulikervriendeliker
oulikstevriendelikste
Eindig op -s los losser lossteEindig op ‘n –s met 2 van dieselfde vokale
boosvoos
boservoser
boosstevoosste
Kort vokaal +f laf lawwer lafsteTwee van dieselfde
vokale +fdoofgaaf
dowergawer
doofstegaafste
Eindig op -r maerduur
maerderduurder
maersteduurste
Eindig op -ig aakligrustig
aakligerrustiger
aakligsterustigste
Kort klank +g sagsleg
sagterslegter
sagsteslegste
Twee vokale +g vroeglaag
vroeërlaer
vroegstelaagste
Dubbel vokaal +d koud kouer koudsteEindig op -u ru ruwer ruuste
Eindig op –de of -e tevredeverleë
meer tevredemeer verleë
mees tevredemees verleë
10
11
Aktiwiteit 7 Datum: ___________________________
Skryf die volgende paragraaf oor en dui die korrekte vorm van die woord aan.
Sedert die (vroeg) jare word daar al gesels oor die Stormkaap. Die (wild) seewinde het
al baie (trots) seevaarders na hulle asems laat snak. Die (dapper) van hierdie
seevaarders was seker Dias. Hy het hom (baie vaal) geskrik as die golwe al (hoog)
deur die winde aangejaag word. Op ‘n (baie donker) nag kan ‘n mens na die
(beroemd) suidoostewind luister. Hy waai (sterk) as Durban se wind. Die sterk wind
kan selfs die (hoog) bome knak. ‘n (Jonk) persoon sal nie weet wat hom tref nie.

12
Week 5 & 6 Advertensies Datum: __________________________
Luister en praat
Bespreek die advertensie hierbo.
Hoe trek die advertensie jou aandag? Let op na kleur, lettertipe en grootte, prentjiesVir wie is die advertensie bedoel?Wat is die doel van die advertensie?Sal jy die produk koop? Hoekom?Gee die advertensie al die nodige inligting wat jy nodig het?
13
Lees en kyk
Aktiwiteit 8 Advertensie Datum: _______________________
Soek ‘n advertensie in ‘n tydskrif. Plak die advertensie hieronder.
Maak ‘n opsomming van die advertensie.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
14
Skryf en aanbied
Aktiwiteit 9 Advertensie Datum: ________________________
Ontwerp jou eie advertensie oor enige innoverende artikel. Gebruik kleur, lettertipe en
grootte. Onthou om alle nodige inligting in te sluit. Die advertensie moet logies uiteen
gesit word en dadelik jou aandag trek.
15
Taal en taalstrukture
Homofone
Homofone klink dieselfde
Hulle word nie dieselfde gespel nie
Hulle beteken nie dieselfde nie
haal fetch hael hail
leuen a lie leun to lean against
steil steep styl style
eis claim ys ice
nood an emergency noot a musical note
seine signals syne his
eet eat eed an oath
vaal grey faal fail
skut gunman skud to shake
wed to bet wet the law
Aktiwiteit 10 Datum: ____________________________
Onderstreep die regte woord tussen die hakies.
10.1 Ek gaan (haal / hael) ‘n emmer om die (haal /hael) in te sit.
10.2 Hy vertel ‘n (leuen / leun). Hy (leuen / leun) teen die muur.
10.3 Die (skud / skut) skiet die leeu. Hy (skud / skut) die gras uit sy trui.
10.4 Die flits waarmee hy (syne / seine) stuur is (syne / seine).
10.5 Die man sit ‘n (ys / eis) in nadat hy ‘n ongeluk gemaak het. Hy gooi (ys / eis)
in sy koeldrank. (10)
16
Aktiwiteit 11 Blokraaisel Datum: _____________________
Voltooi die blokraaisel. Onthou om hoofletters te gebruik.
17
Homonieme
Homonieme word dieselfde gespel.
Homonieme het verskillende betekenisse.
bv. Ek leer vir ‘n toets.
Ek gebruik ‘n leer om op die dak te klim.
Aktiwiteit 12 Homonieme Datum: ________________________
Maak sinne met die volgende woorde om duidelik die verskillende betekenisse aan te
dui.
net _______________________________________________________________
net _______________________________________________________________
blik ______________________________________________________________
blik ______________________________________________________________
kan ______________________________________________________________
kan ______________________________________________________________
by _______________________________________________________________
by_______________________________________________________________
was ______________________________________________________________
was ______________________________________________________________
as
18
Week 7 & 8 Gedigte Datum: _______________
Luister en praat
Vertel vir jou maat watter vak jy die meeste geniet. Gee redes vir jou antwoord.
Hoe voel jy oor Wiskunde? Waarom?
Hoe sal jy hierdie vakke kan gebruik in jou verkose beroep?
Lees en kyk Gedigte
Lees die gedig hieronder
Wiskunde
Antjie Krog
Elke dag sterf ek 35 minute lank
vasgetangens in my bank
en voor die bord boer
‘n iemand wat my Wiskunde voer.
Gevra: Trek lyn AB en vind dan C.
19
Bewys: Ek trek AB
Ek konstrueer ‘n middelloodlyn
op … verby die sterre
en vind C
alleen.
Op Pythagoras sit hy kruisbeen
en ween, ween
so hél alleen.
Lees die gedig vir jou vriend. Maak seker jy verstaan die gedig en lees met gevoel.
Strofe: ‘n deel van ‘n gedig wat deur ‘n oop reël vooropgegaan en gevolg word
Rym: Dit is die herhaling van klanke wat met mekaar ooreenstem; gewoonlik in
die laaste lettergreep van woorde van die versreël van ‘n gedig.bv. bok - hok
Kruisrym: abab bv. bok –haas –hok - baas
Paarrym: aabb bv. hok- bok – haas - baas
Omarmde rym: abba bv. hok – haas – baas - bok
Aktiwiteit 13 Gedig
Beantwoord die vrae
13.1 Wat is die titel van die gedig?
___________________________________________________________________
13.2 Wie is die digteres?
____________________________________________________________________
13.3 Hoeveel strofes is daar in die gedig?
____________________________________________________________________
20
13.4 Wat is die rymwoorde in strofe 1?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
13.5 Watter tipe rym is dit? kruisrym/paarrym/ omarmde rym
____________________________________________________________________
13.6 Waaroor gaan die gedig?
____________________________________________________________________
13.7 Dink jy sy hou van Wiskunde? Hoekom sê jy so?
___________________________________________________________________
Skryf en aanbied Akrostigon Datum: ______________________
‘n Akrogiston is ‘n lettervers of lettergedig. Geen rym, ritme, strofes of titel is nodig nie.
Die volgende is ‘n voorbeeld met die woord “Bladmusiek”
Baie
Lewendige
Aanbieding
Dwing
Mense
21
Uit
Sluimerende
Insig
En
Kennis
Aktiwiteit 14 Datum: ___________________
Skryf jou eie akrostigon deur gebruik te maak van die woord “ROODEPARK”
R _______________________________________
O _______________________________________
O _______________________________________
D _______________________________________
E _______________________________________
P _______________________________________
A _______________________________________
R _______________________________________
K _______________________________________
Taal en taalstrukture
Tyd
Tydsvorme
Tyd het in Afrikaans betrekking op die vorm van die werkwoord van ‘n sin en die woordorde.Ons het drie tye: teenwoordige tyd, verlede tyd en toekomende tydIn die teenwoordige tyd gebeur die handeling nou.In die verlede tyd het die handeling al klaar plaasgevind en word het en ge- in die meeste gevalle gebruik om die verlede tyd aan te dui. bv. Ek het gister geswem.Wanneer ons in die toekomende tyd skryf, moet die handeling nog plaasvind en word sal gebruik.bv. Ek sal volgende week swem.
22
Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tydEk kyk TV Ek het tv gekyk. Ek sal tv kyk.Ek wil TV kyk.Ek moet TV kyk.Ek kan TV kyk.
Ek wou TV gekyk het.Ek moes TV kyk/ gekyk hetEk kon TV kyk/ gekyk het
Ek sal TV wil kyk.Ek sal TV moet kyk.Ek sal TV kan kyk.
Ek het ‘n hamster. Ek het ‘n hamster gehad. Ek sal ‘n hamster hê.Ek is ‘n tiener.Dis ‘n tiener
Ek was ‘n tiener.Dit was ‘n tiener.
Ek sal ‘n tiener wees.Dit sal ‘n tiener wees.
Ek herhaal die sin.Die vakansie beginHy vertel ‘n grap.
EK het die sin herhaal.Die vakansie het begin.Hy het ‘n grap vertel.
Ek sal die sin herhaal.Die vakansie sal begin.Hy sal ‘n grap vertel.
Ek kyk TV en leesTwee aksies wat nie gelyk gedoen kan word nie.
Ek het TV gekyk en gelees.
Ek sal TV kyk en lees.
Ek loop en fluitTwee aksies wat gelyk gedoen kan word
Ek het geloop en fluit. Ek sal loop en fluit.
Ek hoor die klok lui.Twee werkwoorde sonder ‘n voegwoord.
Ek het die klok gehoor lui. Ek sal die klok hoor lui.
Ek sluk my kos in.Werkwoord + Voorsetsel=eenwoord
Ek het my kos ingesluk. Ek sal my kos insluk.
Ek lag, want dit is snaaks.Twee aparte sinne met ‘n voegwoord = doen elke sin op sy eie.
Ek het gelag, want dit was snaaks (gewees)
Ek lag, want dit sal snaaks wees.
Aktiwiteit 15 Verlede tyd Datum: __________________
Skryf die volgende sinne oor in die Verlede tyd
15.1 Die kind hou nie van Wiskunde nie.
____________________________________________________________________
15.2 Hy klim teen die dak op.
____________________________________________________________________
15.3 In hierdie opsig is hy uiters suksesvol.
___________________________________________________________________
23
15.4 Die kakkerlak is die oudste insek.
___________________________________________________________________
15.5 Hy tel die dooie muis van die vloer af op.
___________________________________________________________________
15.6 Die wyfie kan baie kleintjies per jaar kry.
___________________________________________________________________
15.7 Hy swem, omdat dit warm is.
___________________________________________________________________
15.8 Die laaste kreatuur op aarde sal ‘n kokkerot wees.
__________________________________________________________________
15.9 Hy het ‘n spierwit kat.
__________________________________________________________________
15.10 Wanneer hy praat, vertel hy lawwe stories.
_________________________________________________________________
Aktiwiteit 16 Toekomende tyd Datum: ________________
Verander die sinne in die toekomende tyd.
16.1 Daar is amper 4 000 spesies kokkerotte in die wêreld.
___________________________________________________________________
16.2 Hy wil ‘n SMS vir sy vriend stuur.
___________________________________________________________________
16.3 Hy spring in die swembad in.
___________________________________________________________________
24
16.4 Jeremy het ‘n meisie.
____________________________________________________________________
16.5 Ma kan lekker kos kook.
___________________________________________________________________
16.6 Hy moet versigtig wees wat hy eet.
__________________________________________________________________
16.7 Hy loop en praat met sy meisie.
__________________________________________________________________
16.8 Hy kan net sagte kos eet.
_________________________________________________________________
16.9 Hy swem, want dit is warm.
_________________________________________________________________
16.10 Hy klim teen die dak op.
________________________________________________________________
Aktiwiteit 17 Teenwoordige tyd Datum: ___________________
17.1 ‘n Kokkerot het vir ‘n lang tyd sonder ‘n kop gelewe.
_________________________________________________________________
17.2 Hy sal van die park af wegbly.
_________________________________________________________________
17.3 Sy het hom moed ingepraat.
_________________________________________________________________
17.4 Ma wou aan sy ronde wangetjies raak.
________________________________________________________________
25
17.5 Hy sal al weer begin rondloop.
________________________________________________________________
17.6 Hy was baie bang vir narkose.
________________________________________________________________
17.7 Sy het geloop en sing.
________________________________________________________________
17.8 Kokkerotte het al vir meer as 350 000 jaar op Moeder Aarde gewoon.
________________________________________________________________
17.9 Hy sal sy kos insluk.
_______________________________________________________________
17.10 Hy het ‘n appel gehad.
_______________________________________________________________
26