Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
AANKONDIGINGS:
KLOK: Stilte en tyd vir nadenke ...
Weidingslied: VONKK 5:1-2
Votum:
Geagte gemeente / familie / vriende die Skrif leer: Dit gaan
goed met die mens vir wie God uitkies en laat nader kom om in
sy huis bymekaar te kom.
Seën:
Die genade sal by ons almal wees wat ons Here Jesus Christus
met ‘n onverganklike liefde liefhet.
Kom ons bly sit dan sing ons oor die teenwoordigheid van God.
Laat ons mooi luister wat ons sing, want ons is nou ook in die
teenwoordigheid van God. GES 159: 1-3 – God is hier
teenwoordig; laat ons biddend nader, hier waar ons voor hom
vergader.
1 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Voorlees: Elizabeth Janse van Rensburg
Dit is die eerste Lydensondag ~ op pad na Goeie Vrydag. Ons
lees uit die lydensgeskiedenis ,die Johannes Evangelie. Kom
lees saam met my uit Johannes 14: 1-14
1 “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.
2 In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so
was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek
gereed te maak nie. 3 En as Ek gegaan het en vir julle plek
gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem,
sodat julle ook kan wees waar Ek is.
4 En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.”
5 Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan
nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?” 6 Jesus het vir
hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 7 As julle
My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle
Hom en sien julle Hom.”
8 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is
vir ons genoeg.” 9 En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle,
2 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe
kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? 10 Glo jy nie dat Ek in
die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met
julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die
Vader wat in My bly en sy werke doen. 11 Glo in My omdat Ek in
die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van
die werke self. 12 “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook
die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit
doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.
13 Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader
deur die Seun verheerlik kan word. 14 As julle My iets in my
Naam vra, sal Ek dit doen.”
Preek:
Die doop is ‘n sakrament van God. ‘n Teken van God. ‘n
Simbool (lewende prentjies) wat ons daaraan herinner dat God
sy volgelinge van hulle sonde skoongewas het.
Soos wat elke mens gebore word en in die wêreld inkom, kleef
die erfsonde aan jou. Later soos wat jy groter word en jou eie
besluite kan neem is daar ook daadsonde. Elke baba word dus
3 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
in sonde ontvang en gebore & elke mens leef in die een of
ander sonde. Daar was nog geen mens (behalwe Jesus
Christus) wat geheel en al sonder sonde was of is nie. Paulus
het namens ons almal gesê; ek het nog gedink om goed te
doen, toe het ek alweer die kwaad gedoen.
Met hierdie besef kom die woorde van Johannes 3: 16 nou by
ons op:
16 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste
Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore
sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Die doop is teken hiervan – teken van God se liefde vir sondaar
mense. Sondaar mense wat Hy deur die kruis en opstanding
skoon gewas het. Daarom doop ons met water. Nog ‘n
simboliese handeling ~ soos wat water ons vuil hande
skoonwas het Jesus se bloed aan die kruis ons van ons sonde
skoon gewas. Ons wat reeds gedoop is dra hierdie teken van
verlossing in ons.
4 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Vanmore bedien ons die doop aan kindertjies, sodat hulle
ouers sal onthou om hulle in hierdie liefde en verlossing van
Christus groot te maak. Ons doop hier in die gemeente, sodat
almal weer die geleentheid kry om na te dink oor die teken van
verlossing (die doop) wat hulle in hulle dra en wat hulle kinders
en kleinkinders dra.
Ek wil hierdie gedeelte afsluit en sê dat ek glo die meeste
misverstande en dwaalleer wat daar oor die doop bestaan is
wanneer mense (i) die fokus op hulleself laat val ~ dit is ek wat
my lewe vir die Here moet gee anders kan ek nie gered wees
nie en (ii) wanneer mense die fokus van die doop op die manier
van doop laat val ~ jy is nie gered as jy nie op hierdie manier
deur soveel water gedoop is nie.
Die doop is God se sakrament (sigbare woordverkondiging) wat
ons wil vertel van God se liefde en verlossing vir sy kinders
(groot of klein / met baie water of min water / deur
besprinkeling, begieting of onderdompeling).
5 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Ek vra die doopouers om na vore te kom en hier in die
openbaar hulle doopgeloftes te maak. Ons almal sal getuies
wees van hierdie geloftes wat hulle aan God maak.
Geloftes:
(i) Ek en my vrou glo dat ons, ondanks hulle sonde, deur God
in genade aangeneem is.
(ii) Ons glo dat die evangelie alles bekendmaak wat nodig is
vir ons verlossing, soos belig in ons belydenisskrifte.
(iii) Ons belowe dat ons ons kinders sal leer wat die Doop
beteken en dat ons haar sal laat grootword in die
gemeenskap van Christus.
Die gemeente sing uit Gesang 525: 1 terwyl die kinders
ingebring word.
Die doop word bedien ...
Nadat die doop bedien is, sing die gemeente (terwyl die ouers
na hulle kyk) uit Gesang 525: 3.
6 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Preek:
Verlede Woensdag, 6 Maart, was Aswoensdag. Dit was ook
Bybelstudie dag en ons het oor die inhoud en betekenis van
Aswoensdag gepraat. Ons was maar net ‘n klein groepie,
daarom het ek het besluit om vandag ook oor Aswoensdag te
praat.
Aswoensdag het sy ontstaan in die vroeë kerk, maar dit is nie
een van die mees gevierde dae in die Christelike kerk nie.
Aswoensdag, as deel van die liturgiese kalender, kom eintlik
net onder Westerse Christene voor – dit is veral katolieke,
Anglikane, Lutherane en Metodiste wat baie maak van hierdie
dag.
Tog oordeel ek dat hierdie dag deel kan (en moet) word van
ons gemeentes se liturgiese kalender. Selfs deel word van ons
persoonlike geestelike dissipline. Dit is verblydend dat meer en
meer Hervormde Gemeentes hierdie dag ‘n plek gee. Dit is wat
ek vandag gaan poog om te doen.
7 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Die waarde van hierdie dag kan eers bepaal word as ons besef
waaroor hierdie dag gaan. Eers as jy weet waaroor
Aswoensdag gaan, kan jy daaroor ‘n besluit neem. Kom ons
gaan kyk ‘n bietjie hierna ...
Alhoewel dit soms so lyk, is die hoogtepunt van die kerklike jaar
nie Kersfees nie. Die hoogtepunt van die kerklike jaar is
Paasnaweek- met Goeie Vrydag die dag wat ons Jesus se
kruisiging vier en Paassondag- die dag wat ons Jesus se
opstanding vier. Met die kruisiging en opstanding van Jesus
Christus
Aswoensdag is 40 dae voor Goeie Vrydag. Veertig dae van
gefokusde aandag op die betekenis van Jesus Christus se
lyding: Hoe het Jesus gely? Hoekom het Jesus gely? Wat is die
betekenis van Jesus se lyding vir my? Ek dink in ons gejaagde
lewe kan ons geloofslewe baat vind by ‘n gefokusde tyd saam
met Jesus Christus en die betekenis van Sy lyding vir ons. Hoe
dink u?
8 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Wat het mense oor die jare in hierdie periode van veertig dae
gedoen? Lydenstyd is ‘n tyd van selfondersoek, skuldbelydenis,
vas, gebed en diens aan ander. Hierin lê vir my baie waarde en
betekenis: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed en diens
aan ander.
Ons lewe jaag so baie dat ons eenvoudig nie meer stilstaan en
selfondersoek doen nie. Amper soos ons motor wat ons ry en
ry en ry, want daar is nie tyd vir ‘n diens nie- en dan eendag is
genoeg - genoeg, dan gaan staan die motor. Dan brand ek vas
in my geloofslewe. Dan begin ek twyfel in God en God se
bestaan? Dan wonder ek en ek wonder oor al die verkeerde
dinge.
Selfondersoek is om in die spieël te kyk en dinge raak te sien
wat nie reg is nie. In die selfondersoek besef ek skielik weer en
spandeer te min tyd aan God en God se saak. In die
selfondersoek besef ek dat ek eintlik baie min tyd spandeer om
God se Woord die Bybel oop te maak en te lees. Ek besef dalk
my waarde en norme is nie meer wat dit moet wees nie.
Wanneer laas het jy deeglik selfondersoek gedoen? Dit is nou
die tyd om daaraan aandag te gee.
9 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Skuldbelydenis: te erken ek was verkeerd. God wil ons
vergewe, maar Hy wag nog op ons skuldbelydenis.
Skuldbelydenis maak my ook vry om voluit vir God te lewe.
Sonder skuldbelydenis dra ek die swaar las van my sonde oral
en in elke verhouding met my saam. Om vanaand in my gebed,
uit gewoonte, te sê: vergewe my my sonde help nie baie nie.
Watter sonde? Skuldbelydenis is om my sonde by die naam
eerlik voor God te erken en vergifnis daarvoor te smeek.
Wanneer laas het jy eerlike en in jou binnekamer teenoor God
jou ware skuld erken en bely?
Vas: Vas red jou nie! Ons kerklike tradisie maak ook heeltemal
te min van vas. Die doel van vas is om jou te weerhou van iets
wat jou energie, aandag, geld en tyd steel – tot so ‘n mate dat
dit belangriker as God geraak het. Die mees algemene vorm
van vas is om jou van kos en ander drinkgoed te weerhou –
hierdie reiniging van die liggaam en die opoffering wat daarmee
gepaard gaan moet jou weer op God laat fokus. Hierdie 40 dae
van lydenstyd is ‘n tyd om te vas van enige iets wat jou energie,
aandag, geld en tyd steel – jy kan vas deur te besluit om vir die
volgende veertig dae nie TV te kyk nie, dalk op te hou rook,
10 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
dalk die tv speletjies, dalk vriende - iets wat jou energie,
aandag, geld en tyd steel – tot so ‘n mate dat dit belangriker as
God geraak het.
Gebed: Wanneer laas het ek en jy werklik eerlik en opreg met
God gepraat- gebid? Ek praat nie van skietgebedjies en so aan
nie. Ek praat van alleen tyd saam met God, ‘n stoei met God, ‘n
eerlike gesprek oor alles in jou lewe. Gebed is kommunikasie,
alleen stil tyd van gebed is kwaliteit kommunikasie. Onthou
geen verhouding kan staan bly sonder kwaliteit kommunikasie
nie.
Laastens diens aan ander: Ons lewe ongelukkig in ‘n tyd waar
dit gaan oor menseregte / my-regte. Wat kan ander vir my
doen? Wat moes ander vir my gedoen het. Hierdie 40 dae van
lyding is vir ons ‘n tyd om te dink oor wat ek vir ander kan doen,
hoe kan ek diensbaar vir ander mense wees. Bietjie meer hoe
kan ek diensbaar vir my kerk / gemeente wees en nie kan julle
glo my gemeente het nie dit en dat vir my gedoen nie.
11 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Geliefdes, nou wil ek vir ons Psalm 51 lees. Die Psalm wat so
baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede
is- Psalm 51 vertel vir ons mooi van die selfondersoek,
skuldbelydenis, vas, gebed en diens aan ander. Luister
aandagtig en kyk of jy dit kan herken.
Lees saam met my Psalm 51:
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan
dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel
met Batseba.
Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings
uit in u groot barmhartigheid!
Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!
Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus.
Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is
in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.
Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my
moeder swanger geword het.
12 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan
diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.
Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek
witter as sneeu kan wees.
Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel;
laat my weer jubel.
Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit!
Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my
standvastig.
Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af
wegneem nie!
Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U
verlos is, laat my U weer met toewyding dien.
Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag; dat die
sondaars hulle tot U sal bekeer.
Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel
oor u verlossingsdaad.
Here, gee my die woorde om u lof te verkondig.
'n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; 'n brandoffer wil U
nie hê nie.
13 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg
ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.
Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.
Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart
vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.
Laat Sion u liefde en u goedheid ondervind: herbou tog die
mure van Jerusalem.
Dan sal die offers wat voorgeskryf is, weer vir U aanneemlik
wees: offerdiere wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle
weer bulle op u altare offer.
Amen.
Gebed:
Slotsang: GES 475: 1 & 2
Seëngroet:
Gesang 308: 1-5
14 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg