Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Willows Kampverslag 20-24September2013
Die naweek het sommer op n hoe noot afgeskop: WIND, WIND EN
NOGMAALS WIND! Maar ons as Sawanante is mos nie bang vir biet-
jie wind nie!!
Half 7 het ek boekevat gehou en daarna was dit inbetaling by ons
woonwa!! ‘n Ongelooflike opkoms van 78 woonwaens! Bly om te sien
dat die somer kampers weer by ons aangesluit het. Daar was ook 9
gaste wat die naweek saam met ons geniet het.
Ons het 2 geskenke gehad om uit te loot, hout tafel geskenk deur
Jacques Strydom en ‘n bottle Brandewyn geskenk deur Richard Hey-
mans. Baie geluk aan tannie Susan wat die botteltjie gewen het en
Marie Weitz met die wen van die tafel. Hoop jul kan jul geskenke
goed gebruik!!!!
Saterdagmiddag 2 uur was boekevat wat deur Arno gehou is en
daarna die volleyball! Weereens het die volley dolleys die geesbeker
gewen en ook darem 1 game gewen, hul harde oefening deur die jaar
het gewys. Baie dankie vir almal wat deelgeneem het en die wenners!
Baie dankie aan Arno Engelbrecht, Jacques Strydom, Ignus
Bessinger, Annelie Morton, Morne Barnard van Sanlam en Powerade
vir als wat jul geborg het! Ons kon toe aan al die deelnemers pryse
gee.
Baie dankie Johan en Sandra vir jul hulp met die afkondigings en
Johan jy is die een wat die rooi kaart moes kry!!!!!
Sondagoggend 10 uur het Flippie Kapp vir ons die mooiste sang diens
gehou. Ons almal kon lekker deel met die mooi samesang. Daarna het
ons lekker in die son gerus, gebraai en net die mooi see gesien.
Baie dankie Arno en Adele vir die “jumping castle”! Jul het ons
kleiner Sawanante se hartjies baie bly gemaak om so die hele naweek
te kon spring!!!!
Ons jongste floppers, Lienke-Mari en Stephanie het darem ons goed
verteenwoordig by die “games room”. Hul het die wit pool ball vir ons
huis toe gebring Sondagaand. Die 2 madams het sommer 3 keer die
pad gevat! Net jammer die oom by die kafee wou nie 2 roomyse vir R
1.00 aan jul verkoop nie.
Maandag en Dinsdag was sommer lekker rusdae daar langs die see.
Baie dankie aan Tannie Susan, Arno en Adele, Gerhard en Annemarie,
vir die hulp van die naweek. Sonder julle sou die naweek nie so groot
sukses gewees het nie!!!!
Zeldri Strydom
Die Volley Dolleys met hul medisyne girl.
Zeldri ek wonder darem nou nog of daai lemoene nie maar ietsie ingehad het nie.
Wat maak Liana hier
Gerrit en Maryna van der Westhuizen van Kaapzight het vir ons kom kuier.
2
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Verjaarsdae
Oktober 1 *KINGHORN Jeandré
3 HEUNIS Loutjie
3 NANCE Rentia
3 VENTER Bettie
6 HEYMAN Richard
8 SLABBERT Johan
8 TERBLANCHE Corné
11 * BENEKE Ernest
13 * MEYER Kevin
13 VERMAAK Johan
15 BARNARDO Johan
17 ERASMUS Flossie
18 JONCK Elna
19 POTGIETER Charl
20 * RENS Janke
20 * STEYNBERG De Wet
20 SMIT Etienne
25 SLABBERT Sieg
26 KAPP Amanda
27 WEITZ Eben
30 DU PREEZ Marohessa
November
1 DU PREEZ Ettienne
2 STEENKAMP Wouter
2 * HALL Ruan
3 VAN DER WESTHUIZEN Michelé
3 FOURIE Kirsty
5 BARNARD Jennifer
5 ROBERSON Mariana
9 WAIT Andy
12 DU PLESSIS Duppie
12 VON WALTZLEBEN Leon
15 VERMAAK Gesina
18 * MORTON McKaylee
21 BROPHY Louis
22 POTTAS Riana
26 * SWANEPOEL Zelvoné
27 * WHITTLE Janneke
28 BENEKE Brenda
30 * VICTOR Kristen
3
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
JAARPROGRAM : 2013/2014 SAWA Oos-Kaap
**(7 VAN DIE 9 STREEK SAAMTREKKE TEL VIR 100% BYWONING) **(SB— SENIOR BURG SAAMTREKKE)
MAAND DATUM KAMP OORD 100% KAMPL.
AUGUSTUS 8 – 11 AJV VAN STADENS 1 Bestuur
AUG/SEPT 30/8 – 2/9 Streek BESTUURSKAMP
SEPTEMBER 20 – 22 Streek SB WILLOWS 2 Zeldri
OKTOBER 18 – 20 Mini-Gebied JEFFREYSBAAI 3 Bestuur
NOVEMBER 15 – 17 Streek SB VAN STADENS 4 Dina / Jan
NOV / DES 29 - 01 Streek MANGOLDSPOOL Liana
JANUARIE 6 – 12 Streek SUMMERWOOD 5 Zelda
FEBRUARIE 7 – 9 NUB
FEBRUARIE 14 – 16 Streek SB WILLOWS 6 Tessa
FEB/MAART 28/2 – 2/3 100+ VAN STADENS Oos-Kaap
MAART 20 – 23 Streek CANNON ROCKS 7 Johan v V
APRIL 18 – 21 Streek PAASNAWEEK
APRIL/MEI 25/4 – 4/5 Gebied GEBIEDSAAMTREK Gebied
MEI 16 – 18 NUB
MEI 23 – 25 Streek PEARSONPARK 8 Johan S
JUNIE 13 – 16 Streek SB GAMTOOS 9 Dina
JULIE 4 – 13 Streek WINTERTOER Tjaart
JULIE 18 – 20 Streek SITRUSOEWER / ADDO Johan v V/ Richard
AUGUSTUS 8 – 10 NUB
AUGUSTUS 15 – 17 AJV SB VAN STADENS 1 Bestuur
SEPTEMBER 5 – 7 Bestuurskamp PINE LODGE
SEPTEMBER 19 – 21 Streek BOS / JEFFREYSBAAI 2 Jan /
OKTOBER 17 – 19 KONGRES
OKTOBER 24 – 26 Streek WILLOWS 3
OKT/NOV 31/10 – 2/11 NUB
NOVEMBER 14 – 16 Streek SB VAN STADENS 4
DESEMBER 5 – 7 Streek MANGOLDSPOOL
4
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
SAWA streef daarna omSAWA streef daarna omSAWA streef daarna omSAWA streef daarna om
• vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders die geleentheid te bied om binne ‘n Christelike konteks, ‘n tuiste te bied waar hulle hul beginsels en kultuur kan uitleef.
• vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesge-note so bekostigbaar as moontlik te kampeer.
• die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhandeling en samewerking met ander instansies.
• die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf.
• in alles die hand van die Skepper te sien en Hom daavoor te huldig
SAWA onderskryf die volgende waardes:SAWA onderskryf die volgende waardes:SAWA onderskryf die volgende waardes:SAWA onderskryf die volgende waardes:
Christenskap Lojaliteit Respek
Integriteit Eerlikheid
Diensbaarheid Verdraagsaamheid
SAWA webblad
1
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Pinelodge Bestuurskamp 30 Aug.—1 Sept. 2013
Vrydagaand het die koue en wind ons behoorlik geteis-ter. Johan het boekevat gehou. Party manne het die wind en koue getrotseer en gebraai en ander het besluit die restaurant het beter opsies. Die meeste mense het vroeg gaan inkruip. Saterdagoggend het almal hulle eie ding gedoen. Natuurlik het een van die lede besluit om in sy eie bak-kie te probeer inbreek. Johan moes toe noodgedwonge van die plaaslik sekuriteitswag se vermoë gebruik maak om sy sleutels uit die bakkie te kry.
Saterdagmiddag het die bestuur vergader by die Seagull langs die swembad. Ons het gesukkel om Richard daar te kry want hy het gedink daar is beter talent langsaan by die troue. Daar is gewigtige besluite geneem en beplanning gedoen vir die volgende jaar. Saterdagaand kon die koue, wind en reën nie die Sawan-ante keer om heerlik saam te kuier en te braai nie. Sonda-goggend het die manne maar van vroeg af begin terug sleep. Gelukkig het die reën lank genoeg weggebly sodat die tente darem kon droog waai.
Johan SteynbergJohan SteynbergJohan SteynbergJohan Steynberg
Poppie die “bakleigat”, ek het haar mos niks gedoen nie!!
Die Seuns speel netbal teen die Dogters,
Die wind het ons bykans wegge-waai en selfs skade aan die Stry-
doms se karavaan aangerig
2
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
AdvertensiebladAdvertensiebladAdvertensiebladAdvertensieblad Indien u belangstel om u besigheid of enige Indien u belangstel om u besigheid of enige Indien u belangstel om u besigheid of enige Indien u belangstel om u besigheid of enige ander advertensie hier te wil plaas kontak ander advertensie hier te wil plaas kontak ander advertensie hier te wil plaas kontak ander advertensie hier te wil plaas kontak my gerus. my gerus. my gerus. my gerus. Die koste vir die advertensie is R150 vir ‘n Die koste vir die advertensie is R150 vir ‘n Die koste vir die advertensie is R150 vir ‘n Die koste vir die advertensie is R150 vir ‘n halwe blad, en R300 vir ‘n volblad wat dan halwe blad, en R300 vir ‘n volblad wat dan halwe blad, en R300 vir ‘n volblad wat dan halwe blad, en R300 vir ‘n volblad wat dan ongeveer 6 uitgawes is. Daar sal geen groter ongeveer 6 uitgawes is. Daar sal geen groter ongeveer 6 uitgawes is. Daar sal geen groter ongeveer 6 uitgawes is. Daar sal geen groter advertensies aanvaar kan word nie, en slegs advertensies aanvaar kan word nie, en slegs advertensies aanvaar kan word nie, en slegs advertensies aanvaar kan word nie, en slegs een advertensie per maatskappy.een advertensie per maatskappy.een advertensie per maatskappy.een advertensie per maatskappy. Advertensie tydperk strek vanaf AJV tot AJV Advertensie tydperk strek vanaf AJV tot AJV Advertensie tydperk strek vanaf AJV tot AJV Advertensie tydperk strek vanaf AJV tot AJV of ‘n gedeelte daarvan. of ‘n gedeelte daarvan. of ‘n gedeelte daarvan. of ‘n gedeelte daarvan. Alle gelde moet asb. By die Penningmeester Alle gelde moet asb. By die Penningmeester Alle gelde moet asb. By die Penningmeester Alle gelde moet asb. By die Penningmeester inbetaal word alvorens u advertensies inbetaal word alvorens u advertensies inbetaal word alvorens u advertensies inbetaal word alvorens u advertensies geplaas kan word.geplaas kan word.geplaas kan word.geplaas kan word. EEEE----mail [email protected] [email protected] [email protected] [email protected] of janhugo55@gmailof janhugo55@gmailof janhugo55@gmailof janhugo55@gmail Cell no 083 990 1106Cell no 083 990 1106Cell no 083 990 1106Cell no 083 990 1106
3
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Lede Indeling Lede Indeling Lede Indeling Lede Indeling JOHAN STEYNBERG Stienie Grobler Willie & Martie Gummow Christo Jonker Flippie & Amanda Kapp Gerhard & Leonora Moggee Gary & Juliana Oelofse Theo & Mariana Pozyn Kobus en Lorenda v Eeden Elria Stanford
RICHARD HEYMAN Werner & Charmaine Barnard Johan & Jakkie Barnardo Morne & Ruth Basson Tertuis & Latella du Toit Casper & Philna Jerling Anton & Karin Knoetze Reitz & Susie Kruger Charl & Lynette Potgieter Jaco & Elsabe le Roux Paul & Juanita van Aardt Johan & Petro Slabbert
LIANA LABUSCHAGNE Adrian & Brenda Beneke Gerhard & Michelle Bosch Eddie & Tania Deysel Kenneth & Lizelle Bothma Adriaan & Christa Viviers Dwayne & Anneke Lerm Johan & Karen Rautenbach Naas & Corné Terblanche Gato & Estelle Ferreira Theo & Susan v Brouwenshaven Johan & Sannie Williams
JOHAN VAN VUUREN Jacques & Salomie Botha Freek & Audery Buchner Pieter & Flossie Erasmus Theo & Monique Buchner Johan & Sandra Fourie Auret & Annelie Morton Warren & Jannine Nance Ettiene & Michelle Smit Pierre & Wilma Stander Werner & Lizelle Visser Jacques & Jacqueline Whittle
ANDY WAIT Willie & Jackie Conradie Johan & Gessina Vermaak Cecile Meyer Aubrey & Etrica Oelofsen Gert &Luzie Scheepers Germano & Dina Small Wouter & Alna Steenkamp Pieter & Bettie Venter Piet Kapp Leon & Liz von Waltzleben Malcolm & Sandra Wait
JAN HUGO Gerrie & Isabella Bezuidenhout Cora Brophy Louis & Mandy Brophy Ruben & Johanna Gillson Hansie & Elna Jonck Sakkie & Alida Kinghorn Eddie & Rentia Nance Tjaardt & Nelia Snyman Elmar & Elsabe Steyn Andre & Driekie Strampe Mario & Michele vd Westhuizen
DINA CLAASEN Chris & Adele Bezuidenhout George & Karin Brand Benji & Yvette Erasmus Goofey & Elmarie Fouche Frank & Kirsty Fourie Pierre & Sannett Greyling Erika & Loutjie Heunis Maruis & Beat v Rensburg Gustav & Janine Nel Eric & Wilna Noack Elsabe Pattinson Roderick & Lora v Wyk
ZELDA SWANEPOEL André & Jennifer Barnard Christo & Michele Blignaut Ettienne & Zunel Fourie Tommie & René Hall Etteinne & Marohessa du Prees Steven & Sandra Meyer André & Rika Muller Brian & Marianna Roberson Sieg & Charlene Slabbert Anton & Theresa Willemse Mario & Vicky Weitz Eben Weitz
ZELDRI STRYDOM Tinus & Eurika Claasen Duppie & Emsé du Plessis Chris & Magda Coertze Pieter & Elize du Preez Arno & Adele Engelbrecht Ferdie & Betsie du Toit Rassie & Derineé Erasmus Adri & Alta Geldenhuys Markus & Riana Pottas Susan Smith Gerhard & Annemarie Momberg Ferdi & Linda v Standen
TESSA BESSINGER Bossie & Ronnie Boshoff Barend & Lenie Swanepoel Cynthia Didloff Gerrie & Venesa Rens Leon & Marina Renierse Tobie & Judie Botha Johan & Kobie Rossouw Gerrie & Lorna van Rooyen Shaun & Madelyn Victor Ben & Marie Weitz Grant & Sonette Willett
4
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Ingestuur deur Alida Steynberg
5
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Senior Burger Kamp Willows 18de – 20de Augustus
Die Seniors begin die Woensdag arriveer as ook van die ander Sawanante, ons is altesame tien woonwaens. Die aand is boekevat deur Wouter gelei. Daarna het die braai’s en potjies begin. Donderdag oggend het ons ’n heerlike ge-samentlike ontbyt geniet, Later kom nog ses karavane om ons sestien te maak. Die middag is die gebruiklike tee geniet saam met koek, melk-tert, kolwyntjies en soutigheidjies. Wouter het die aand boekevat gelei, en daarna het almal vure aangesteek. Ons as Seniors waardeer ons mede Sawanante se teenwoordigheid en hoop hulle het dit ook geniet Ons dank ons Vader vir ‘n uitsonderlike naweek
Andy WaitAndy WaitAndy WaitAndy Wait
So geniet die Senior burgers hul koek en tee.
Trish daai Koffie smaak darem lekkerrrrrrr.
Oom Piet en Tannie Bettie geniet ook die saam kuier Lyk my hierdie klompie luister met
groot aandag wat die ander gesels
1
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Bekendstelling van nuwe lede
Eben Weitz
Eben se ouers Ben en Mari Weitz is lede van SAWA Oos Kaap en daarom het hy besluit om aan te sluit by SAWA en sodoende sommer ook familie tyd saam met sy ouers te kan meemaak. Eben woon op Despatch en is werksaam by Schnellecke as ‘n bestuurder, hy het drie kinders Marizahn, Benita en Eben junior wat nog almal op skool is. Omdat Eben se ouers ook kampeerders is kamp hulle dus al baie jare en ken die kamp lewe goed. Hulle het nog net saam met SAWA Oos Kaap gekamp en geniet dit hier. Kamp is vir hulle ontspanning en ‘n geleentheid om weg te breek van die alledaagse gejaag. Hulle sal ook altyd lekker warm kombers saamvat wanneer hulle gaan kamp veral in die winter. Die kinders sal ook altyd hul speelgoed inpak om in die sand te kan speel. Oorde waar hulle al baie lekker gekamp het is Willows, Green fountain en van Stadens en sal dit enige tyd vir hul vriende en familie aanbeveel om hierdie oorde te besoek. Eben is ook lief vir hengel en dus is kamp ‘n gulde geleentheid ook daarvoor.
Jan HugoJan HugoJan HugoJan Hugo
Bekendstelling van nuwe lede
Leon en Liz van Waltzleben
Leon en Liz is pensionarisse en is woonagtig te Despatch, hulle het ook 3 kinders wat almal al werk. Hulle is goeie vriende met Johan en Sannie Williams en het by hulle van SAWA gehoor. Alhoewel hulle nog nooit aan kampeer groepe behoort het nie tog wel besluit om dan by SAWA aan te sluit. Hulle is ou kampeerder en kamp al 27 jaar en geniet die natuur, samesyn van mede kampeerders. Hulle kamp elke jaar by Stilbaai en kan ook die oord vir enige een aanbeveel vir sy pragtige natuur en see lewe. Hulle neem ook net genoeg saam om die kamp lewe vir hulle gemaklik te maak, onnodige goed soos n TV stel kan maar by die huis bly. Leon sal ook sy weber inpak waarop hy die aller lekkerste kosse kan maak. Leon hou ook van visvang en gholf, waar Liz haar weer graag besig hou met lees, blokkiesraaisels en som-mer net gesels.
Jan HugoJan HugoJan HugoJan Hugo
2
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Van Stadens AJV kamp foto’s
Jan HugoJan HugoJan HugoJan Hugo
Perlemoen smokkelaars betrap op CCTV
Ds. Ben Fourie lewer sy preek
Lienke en haar maaitjie wou ook vergadering hou.
Jordan gaan Maandag vir almal by die skool vertel hy het met Juffrou Jakkie gedans.
Die manne verantwoordelik vir inbetaling
Sondag by die Kerk
Almal woel en verskaf om die slaai en broodtafel in gereedheid te kry vir die aand se funksie
Bothma (Die Poliesman) en Benji saam met hul gesinne by die funksie die aand
Daar was ook lekker kos gemaak by die karavanne
Die braaidromme vir die aand se braai by die funksie
3
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
AJV – Van Stadens Kampverslag 8—11 Augustus 2013
Ons was hierdie jaar weer gelukkig genoeg om ons AJV by Van Stadens te kon hou. Boonop was dit weer ‘n lekker laanngg naweek. Vir die gelukkiges onder ons het die naweek al Donderdag begin. Donderdagaand het Liana Labuschagne boekevat gehou. Vrydag het die res van die groep gearriveer en siende dat dit Vrouedag was, het die vrouens besluit hulle doen so min as moontlik. Ons was hierdie jaar 57 karavane. Vrydagaand is boekevat deur Jakkie Barnardo behartig. Daarna het almal rustig by hul karavane gaan kuier en nie te laat gaan slaap nie sodat hulle uitgerus is vir die besige dag wat voorlê. Saterdagoggend slaap niemand laat nie want die AJV begin om 09h00. Die bestuurslede is netjies toegedraai en reg vir al die besluite wat geneem moet word. Die bestuur vir 2014 word verkies en is soos volg: Voorsitter: Johan Steynberg Onder voorsitter: Richard Heyman Sekretaresse: Liana Labuschagne Penningmeester: Johan van Vuuren Addisionele lede: Tessa Bessinger Dina Claasen Zeldrie Strydom Zelda Swanepoel Redakteur: Jan Hugo Snr Burger Verteenwoordiger: Andy Wait Saterdagmiddag is almal besig met voorbereidings vir die aand funksie. Daar is weer besluit op ‘n bring en braai. Brood en slaaie word voorsien. Die brood tafels in die saal word voorberei terwyl die ander dames by hul karavane die slaaie maak. Vrouedag is immers oor en uit!!!!! Die aand funksie word gebruiklik begin met boekevat, onder leiding van Johan Steynberg waarna die trofees oorhandig is. Die toekennings was soos volg: Man van die Jaar: Johan Fourie Vrou van die Jaar: Liana Labuschagne Gesin van die Jaar: Tobie en Judie Botha Kind van die Jaar: Sunel Crous Flopper van die Jaar: Johan van Vuuren Nuus van die Jaar: Mathilda “Luzie Scheepers” Na die formaliteite is daar lekker gekuier en natuurlik geëet. Ons Suid-Afrikaners is mos lief vir lekker eet. Johan en Sandra Fourie het ons almal se voete aan die jeuk gehad met hulle musiek en daar is sommer lekker geskoffel tot laat toe. Sondagoggend het Ds. Ben Fourie van die Bybelgenootskap ons weer besoek en sy dank uitgespreek vir ons jaarlikse donasie. (R2 837.00 is oorbetaal) Waarna ons saam koffie en koek geëet het voordat almal lui-lui begin oppak het.
Wanda van VuurenWanda van VuurenWanda van VuurenWanda van Vuuren
1
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Sawa Oos Sawa Oos Sawa Oos Sawa Oos ----Kaap Bestuur 2013/2014Kaap Bestuur 2013/2014Kaap Bestuur 2013/2014Kaap Bestuur 2013/2014
Voorsitter JOHAN STEYNBERG Duveganstraat 7 Tel no: 041 371 1980 Kabega Park Cel no: 084 632 9881 PORT ELIZABETH E-mail: [email protected] 6025
Onder—Voorsitter RICHARD HEYMAN Tel no: 041 994 2280 Jeffreystraat 16 Cel no: 084 588 6278 UITENHAGE E-mail: [email protected] 6230
Sekretaresse LIANA LABUSCHAGNE Tel no: 041 992 4842 Hibiscussingel 21 Cel no: 072 873 3900 UITENHAGE E-mail: [email protected] 6229
Penningmeester JOHAN VAN VUUREN Rinastraat 14 Tel no: 041 933 4466 Windsorpark Cel no: 082 825 0396 DESPATCH E-mail: [email protected] 6220
Senior Burger Verteenwoordiger ANDY WAIT Maasdorpstraat 24 Tel no: 041 371 1636 Rowalanpark Cel no: 082 352 0676 PORT ELIZABETH E-mail: [email protected] 6000
Redakteur/Webwerf/Facebook/Wapad JAN HUGO Slabbertstraat 15 Tel no: 041 933 1988 Manor Heights Cel no: 083 990 1106 DESPATCH E-mail: [email protected] 6220
Skakelbeampte TESSA BESSINGER Wistariasingel 64 Tel no: DESPATCH Cel no: 083 570 1977 6 6220 E-mail: [email protected]
Jeug/Sondagskool ZELDRI STRYDOM Strydomlaan 9 Cel no: 082 920 4090 UITENHAGE E-mail: [email protected] 6229
Jeug/Sondagskool ZELDA SWANEPOEL Pongolaweg 32 Tel no: 041 966 2768 UITENHAGE Cel no: 084 294 8427 6229 E-mail: [email protected]
Voorraad DINA CLAASEN Posbus 50264 Tel no: 041 378 1352 Colleen Glen Cel no: 082 318 7651 PORT ELIZABETH E-mail: [email protected] 6018
2
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Sunel Crouse
Oos Kaap toekennings
Sawa Man van die Jaar Sawa Vrou van die Jaar
Sawa Kind van die Jaar
Sawa Gesin Jaar
Flopper van die Jaar Wapad bydrae van die Jaar
Senior Burger van die Jaar Toegewyde lid
Johan Fourie Liana Labuschagne Tobie & Judie Botha
Johan van Vuuren Lucie Sceepers ns Matilda
Reitz & Susie Kruger Jakkie Barnardo
Sunel Crous
3
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Liewerste Kamperjollers.
WOW-WOW AJV 2013.
Wat ʼn merkwaardige AJV VERGADERING NAWEEK WAS DIT. Wel as Ouma by die huis kom en sê dit was nou ʼn uitsonderlike AJV naweek dan moes dit so gewees het. Dit het glo gereën en gereën die wind het gewaai en gewaai nie gelykmatig nie maar stormagtig, ja storm sterkte. Daar is ook gehuil en gelag (dis nou die mense nie die wind nie) en gehuil en afskeid geneem en die nuwe met opgewondenheid verwelkom. Baie van die ou komitee is met trane gegood baai gesê maar met entoesiasme is die nuwe komitee verwelkom (laat ek nou net vir hulle sê hulle is in vir ʼn ding). Blykbaar is daar net klein skoene wat gevul moet word, wie sal dit nou glo? Gelukkig het hulle nie vir Ouma as voorsitter gekies nie want dan sou almal met trane die nuwe komitee verwelkom het. Kan julle jul daaraan voorstel? Maar die aand was daar glo ʼn feesmaal der feesmale gedek. Wie kan nou glo so ʼn paar ou vroutjies kan nou so ʼn feesmaal voorberei. Maar natuurlik is dit omdat hulle nie net hierjy vroutjies is nie maar die room van SAWA. Die jeug het glo ook lekker gejol en gejol en daar was glo ook een ou oom Jacques wat doubel jointed knieë gehad het. Almal het hulle glo gebreek vir al sy manewalese, gelukkig het sy ou (nie dat sy oud is nie) vroutjie dit ook geniet. Al het hy die volgende oggend gesê hy het met die verkeerde lyf opgestaan, seker gedink dat dit ʼn ander ou sin was. Die Sondag is die fees naweek afgesluit met ʼn diens gehou deur Ds. Ben. Nou hoe beter kan so ʼn fees naweek afsluit as om bydrae vir Bybels te gee? Ds. Ben vra toe wat doen ek met Jesus? Spot ek met Sy naam deur dit eintlik te gebruik, as ʼn vloek word. Of as ʼn kruk wanneer ek in nood is? Maar belangriker nog wat maak Jesus met my? Hy wil en kan van my ʼn ander onherkenbare mens maak. Sy mens. ʼn Mens vir God. Dit het vir Jesus baie gekos, Sy lewe, om van my ʼn ander mens te maak. Jesus gee my ʼn nuwe lewe. Mense lees my lewe en weet of ek Jesus toegelaat het om my te verander. Wat doen ek nou uit dankbaarheid? Ek moet nou vir Jesus ʼn verskil in die wêreld gaan maak. Nou vra ek, Matilda laat ons toe dat Jesus ons ʼn ander mens maak? Lovies. Matilda.Matilda.Matilda.Matilda.
Ns. Daar was ʼn ou omie wat glo gesê het ons moet versigtig wees oor wat ons sê of email oor SAWA. Maar Ouma sê die komitee moet alles wat oor SAWA gesê word sensor. Dit klink vir my soos ʼn blink idee. Dalk moet ons versigtiger wees oor die algemener oor wat ons van ander sê Lovies
1
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Oos-Kaap Bestuur 2013/14
Die Wapad SAWA Oos-Kaap
Voor v.l.n.r: Jan Hugo (Redakteur) Liana Labuschagne (Sekretaresse) Johan Steynberg (Voorsitter) Richard Heyman (Onder voorsitter) Johan van Vuuren (Penningmeester) Agter: v.l.n.r. Dina Claasen Zelda Swanepoel Zeldri Strydom Tessa Bessinger (Addisionele lede) Inlas: Andy Wait (Senior burger verteenwoordiger)
2
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
INHOUDSOPGAWE
UIT DIE WOORD ...…..........................................................................................................................3 VOORSITTERS VERSLAG………….….........................................................................…...…....…4 REDAKTEURS BRIEF!........................................................................................................................5 LIEF EN LEED & SAWA EREKODE................................................................................................6 IETS VIR DIE LAGSPIERE & JAKKIE EN JOHAN S ê DANKIE...............................................7 OOS KAAP BESTUUR 2013/2014.………………………………………………….…..…………...8 OOS KAAP TOEKENNINGS.………………………………………………….............................…9 MATILDA BY DIE AJV……………………...…....................................………………………......10 BEKENDSTELLING VAN NUWE LEDE ……………………………………………..................11 AJV KAMP FOTO’S...........................................................................................................................12 AJV KAMPVERSLA...........................................................................................................................13 BESTUURSKAMP PINE LODGE KAMPVERSLAG.……...…...….…..…...……………..…....14 ADVERTENSIEBLAD.........……………………………..….....……………………..…….…........15 LEDE INDELING................................................................................................................................16 HEER HOE Sê EK Dankie,...............................................................................................................17 SENIOR BURGER KAMPVERSLAG WILLOWS SEPTEMBER 2013..……………… .….....18 WILLOWS KAMPVERSLAG SEPTEMBER 2013....…………………………………… ...…. 19 VERJAARSDAE…………………………………………….………………………………....…....20 JAARROGRAM……………………………………………….…………………………… ..…....21 SAWA STREEF DAARNA...………………………..………………………………..…… ...…...22
3
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Uit die woordUit die woordUit die woordUit die woord
KOM ONS BID VIR LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES:KOM ONS BID VIR LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES:KOM ONS BID VIR LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES:KOM ONS BID VIR LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES: LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES vs MISLEIDING en LEUNS VAN SATANLEIDING VAN DIE HEILIGE GEES vs MISLEIDING en LEUNS VAN SATANLEIDING VAN DIE HEILIGE GEES vs MISLEIDING en LEUNS VAN SATANLEIDING VAN DIE HEILIGE GEES vs MISLEIDING en LEUNS VAN SATAN
HEILIGHEID vs ONGHEILIGHED : Waar God deur die Heilige Gees werksaam is, is alles rein, heilig, oop, in die lig, niks is verborge nie, alles is deursigtig... vsvsvsvs Onrein-heid, sedeloosheid, immoraliteit, perversiteit, sonde, onheiligheid, vuilheid alles is in die skemer of donker, soms ‘n skein van eerlikheid. GEE vs VAT : Jesus was onselfsugtig. Hy het Homself gegee sonder om betaling te verwag. Hy het kom leer wat onbaatsugtigheid, vrygewigheid en selfopoffering, genade en barmhartigheid is. Jesus het gekom om Sy lewe, gawes, die Heilige Gees, en die ewige lewe te gee. vsvsvsvs selfsug, eersug, wil alles hê en vat wat hulle in die hande kry, vergryp hulle aan dinge, is suinig en gierig, doen moeilik afstand van wat aan hulle behoort en maak veral dit wat mot, roes en verniel bymekaar. WAARHEID vs LEUEN : Die Koningkryk van God is Waarheid. Jesus is die waarheid en wat van God af
kom is waarheid. vsvsvsvs Die duiwel, vader van die leuen se ongeregtigheid en bedrog. God het daarmee geen gemeenskap nie. Waar bedrog, leuens en onreg ter sprake is, moet dissipels van Christus nie saamwerk nie. HOOP EN GELOOF vs WANHOOP EN TWYFEL : Die koningkryk van God is ‘n koninkryk van hoop wat
elke aspek van ‘n Christen se lewe deurspek. Als wat hy sê of doen is uit hoop gebore. vsvsvsvs die koninkryk van die Bose is ‘n koningryk van wanhoop, duisternis, ongeloof en twyfel. Daar is God nie werksaam nie. NEDERIGHEID/GEBROKENHEID vs HOOGMOED EN TROTS : Kinders van God word gekenmerk deur nederigheid, sagmoedigheid, gebrokenheid, gewilligheid om afstand te doen van hulself, te dien, soek nie
erkenning nie, is gewillig om die self te kruisig en die minste te wees vsvsvsvs selfverheffing, eie eer trots ens. VREDE vs ONVREDE : Vrede, vergenoegdheid, rustigheid en stabiliteit, samehorigheid, instemming en
eenstemmigheid vs vs vs vs Onstabiliteit, oorlog, stryerry, woede, gevegte rugstekery, vyandskap afguns, onrus en ontevredenheid. SAGMOEDIGHEID vs HARDHEID : Sagmoedigheid, meegevoel, simpatie, medelye, genade en
barmhartigheid vsvsvsvs hardheid, ongevoelig, koud, ongenaakbaar, brutaal, genadeloos en veroordelend.
LANKMOEDIGHEID vs HAASTIGHEID : By God is lankmoedigheid, geduld, rustigheid, selfbeheersing vsvsvsvs Satan se oorhaastige leefwyse, ongeduld, waansin, desperaatheid en histerie. SEKERHEID vs ONSEKERHEID : In God se koninkryk is daar sekerheid van saligheid, vastigheid en
balans. vsvsvsvs Onsekerheid, ongebalanseerdheid, twyfel en doelloosheid, vrees en ongeloof. OPSOMMING: Waar die Gees werk, is die vrug van die Heilige Gees: Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing ( Gal. 5:22) Joh 14:16/17 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Uit die afkondigings van NG gemeente Sions rand en ingestuur deur Jackie Conradie.
4
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
DIE VOORSITTER Sê…DIE VOORSITTER Sê…DIE VOORSITTER Sê…DIE VOORSITTER Sê…
Die afsluiting van nog 'n SAWA jaar is agter die rug. Dankie aan almal wat dit 'n sukses gemaak het. Soos altyd is die jaar afgesluit met 'n AJV. Hierdie jaar het die pype darem gehou en kon ons by Van Stadens gaan kamp. Die reën het ons amper onkant gevang, maar geluk-kig opgehou net voor ons kamp begin het. Die naweek was koud en winderig. Gelukkig bly ons in die Oos-Kaap en is ons nie bang vir wind nie. Baie dankie aan almal wat deel was van die AJV van 2013. Baie geluk aan almal wat toekennings ontvang het. Baie geluk aan al die trofee wenners. Daar lê 'n nuwe interessante SAWA jaar voor. Ons bied die jaar weer die 100+ kamp aan vir die gebied, so bestuur het baie werk wat voorlê. Die nuwe jaar se kampe is bespreek op die AJV en daar is hier en daar veranderinge aangebring om almal te probeer akkommodeer. Ons verwelkom ons nuwe bestuurslede naamlik Zeldrien Strydom en Tessa Bessinger. Ons glo dat die lede hulle volle samewerking sal gee aan die twee ywerige dames. Ons heet dan ook die twee families welkom in die bestuur en glo dat julle dit sal geniet om SAWA te dien. Aan die ou bestuurslede, dankie vir die ondersteuning en ek weet ek kan op julle staatmaak om SAWA se naam hoog te hou. Ons wens graag ons matrieks sterkte toe met die voorbereiding vir die eindek-samen. Ons bid en glo dat dit met julle sal goed gaan. Sterkte aan die ouers wat nou moet toesien hoe hierdie kinders ‘n nuwe fase betree. Aan die ander kinders wat ook eksamens gaan skryf, ons dink ook aan julle en mag julle ook sukses be-haal in julle studies. Stuur asseblief vir Jan al julle nuus, foto’s, resepte, artikels ens. Dit is ‘n groot werk om alles altyd bymekaar te sit vir die Wapad. Dankie, vir die harde werk Jan. Jan gaan ook die webblad onder sy vleuel neem, so hy gaan daar ook hulp nodig hê. Kom ons maak hierdie jaar, ‘n jaar van vreugde.
Johan SteynbergJohan SteynbergJohan SteynbergJohan Steynberg
5
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
RedakteursbriefRedakteursbriefRedakteursbriefRedakteursbrief
Graag wil ek ook van hierdie geleentheid gebruik maak om vir almal wat vir my gebid het en sterkte toegewens het tydens my operasie sê, baie dankie. Dit word opreg waardeer en ek is weer op die been en alles gaan weer “honkie dorrie” met my. Die jaar stap fluks aan, ons AJV is verby en die nuwe bestuur is verkies en sommer sterk aan die werk. Vir die nuwe bestuur wil ek sê voorspoed en bou so voort, ver-beter waar daar moontlikhede is. Vir almal wat toekennings gekry het baie geluk, en hier kan ek nie anders as om weer melding te maak van ons Senior burger paar nie, om op hul ouderdom nog 100% bywoning te kan behaal is voorwaar ’n prestasie. SAWA Oos Kaap is ook dan opreg bevoorreg om julle nog in ons midde te hê en dat julle ons Ouma en Oupa kan wees. Verder was die AJV kamp baie suksesvol, die aand funksie was goed ondersteun en al 57 woonwaens het sommer lekker saam gekamp en ge-kuier. Die jaarlikse Bestuurskamp is bygewoon deur 11 karavane, en Benji en Dina het hulle by ons kom aansluit die Saterdag met die vergadering aangesien hulle ander verpligtinge gehad het. Die wind het ons naweek bietjie versuur, maar soos getroue Sawanante het dit ons nie afgeskrik om n sukses van die naweek te maak nie. Ek moet net sê, nie dat die uwe veel weet van netbal nie, maar vir die SAWA seuns julle het die meisiekinders sleg verneuk, julle doel dan sommer van julle eie doelnet af. Die Willows kamp is ook nou verby en ek kon my oë nie glo toe ek sien hoeveel karavane tydens hierdie kamp opgedaag het nie, ‘n hele 78 van hulle. Ja, ons het weer die naweek begin met die wind wat ons bietjie weggewaai het maar gelukkig is ons Oos-Kapenaars mos darem nou al gewoond om in die wind te kamp. Ons was ook besonders bevoorreg deurdat Gerrit en Maryna van der Westhuizen ons besoek het vanaf Kaapzight, ek glo julle het die kamp net soos ons geniet, kom kuier gerus weer. Zeldri en haar span het die naweek hanteer en vir ’n eerste kamp het sy en haar span hulle baie goed van hul taak gekwyt. Zeldri nou sien jy dat dit ook nie so erg is nie. Die “volleyball” was ook goed ondersteun en almal het hul geniet.
Jan HugoJan HugoJan HugoJan Hugo
6
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie EREKODE
Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die Grondw et, asook
tot die Reëls en Gedragskode van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie
Verder verbind ek myself tot die volgende: 1. Ek sal strewe om die Christelike grondslag van SAWA te
bewaar en uit te lewe; 2. Ek sal SAWA dien sover ek kan en alles in my vermoë doen
om ons Assosiasie uit te brei; 3. Ek sal ons geliefde land se natuurskoon en sy fauna en flora
beskerm en bewaar; 4. Ek sal poog om alle openbare geriewe en fasiliteite tot my beskikking so te benut dat ander gaste dit sonder ongerief
kan gebruik; 5. Ek sal poog om in alle opsigte hoflik te wees, beleefd op te
tree en bedagsaam te handel teenoor alle padgebruikers; 6. Ek sal daarop let om nie deur my gedrag die eer van SAWA te skend nie, maar sal poog om die agting van almal met wie
ek in aanraking kom, af te dwing.
Lief
♥ Almal wat op die Bestuur SAWA verkies is sterkte met die groot taak.
♥ Steven en Sandra Meyer se seun is as prefek gekies van sy skool baie geluk.
♥ Andy Wait het ‘n kleindogter ryker geraak. ♥ Zelvone & JJ is beide weer gekies vir OP span (skaak)
en sal Desember aan SA's deelneem. Zelvone is ook gekies om Suid Afrika te verteenwoordig by die Afri-can Youth Chess Championships 2013, wat plaasvind in Oktober in PE. Sy kry hiervoor CHESSA kleure.
♥ Alida Steynberg wie se toetse skoon is.
Leed �
Leed
� Malcolm Wait was vir ‘n operasie � Wyle Jakkie Wait se suster is slegs 2 weke na haar
oorlede. � Alna alias Muffin was vir haar voetoperasie. � Dink ook aan Piet Venter wie se gesondheid ook
soms pla. � Alida Steynberg moet ook weer vir ‘n operasie gaan. � Tommie met sy nierstene (jy sal meer bier moet
drink) � Gerhard Momberg wie se Pa oorlede is. � Johan van Vuuren wie se Oom oorlede is. � Sandra Fourie se broerskind is oorlede. � Leonora Moggee was vir ‘n operasie � Lizelle Bothma se niggie is oorlede � Frans Labuschagne se Ma is in die hospitaal op-
geneem. � Charmaine Barnard was vir ‘n skouer operasie. � Pieter Erasmus was in hospitaal vir n heupvervang-
ing.
7
Jaargang 31 Vyde uitgawe Oktober 2013
Iets vir die lagspiere Die Tikmasjien
Die kinders ontdek 'n stokoue tikmasjien in die huis en die Pa moet verduidelik. Hy sit 'n vel papier in en tik.
Die kinders staan verstom. "Waar plug jy hom in?" wil hulle weet.
"Nee, jy plug hom nêrens in nie," antwoord die Pa. "Nou waar is sy batterye?" vra die kinders.
"Nee, hy gebruik nie batterye nie." "Liewe genade Pa, nou hoekom het hulle dit nie al laaaankal uitgevind nie?"
Ingestuur deur Luzie Scheepers
BabelasBabelasBabelasBabelas
Ek word mos vanoggend wakker met ’n helse babelas en My buurman se grassnyer wat raas in my ore.
Ek reken toe, te hel daarmee, hy moet maar net om my sny, ek staan nie op nie…
Freek Buchner
Pad gelukPad gelukPad gelukPad geluk Die verkeers beampte stop 'n BMW buite Johannesburg. "Geluk Mnr jy is die 1000ste Bmw vandag en jy het
R5000 gewen. Wat gaan jy met jou prys geld maak?" "Meneer ek gaan dan vir my learners licence" "Meneer moet nie na hom luister nie hy praat altyd nonsense as hy gedrink is" sê die passasier langs hom."
Agter uit die kattebak skree 'n ou " is ons al oor die border met die gesteelde BM ons moes lieweste 'n MAZDA gesteel het"Die verkeers beampte vra toe "En hoe gaan ons die R500 verdeel?
Wouter Steenkamp
Net ‘n hartlike dankie…
Aan die bestuur van 2014. Baie dankie vir die geskenk wat ons ontvang het gedurende die bestuursnaweek by Pine Lodge. Wees verseker dat ons dit opreg waardeer. Ons sal dit met trots gebruik tydens saam-trekke. Ons weet dat daar vir julle as bestuur mooi dinge voorlê. Sterkte met die groot en wonderlike taak.
Baie dankie aan die groepie wat vir ons die pot en skottel met plante gegee het. Liana, ek is seker jy het dit gerëel. Wees verseker dit het vir my baie beteken. Ek is natuurlik mal oor die pragtige emalje pot. Sjoe, wens ek kon so een vir die huis ook kry! Dit is regtig iets besonders.
Dan die “gat” se klomp. Julle het behoorlik die wind uit my seile gevat met die groot ges-kenk. Ai, mens voel so klein en nederig as mens so bederf word. Aan julle klomp, ‘n groot en hartlike dank vir die verrassing. Wees verseker dat dit iets besonders was en word opreg waar-deer. Mens is regtig trots om deel te kan wees van al die Sawanante.
Dankie aan ieder en elk vir julle liefde en omgee.
Sawagroete
Johan en Jakkie Barnardo