24
Standard Jou vallei - Jou nuus Jou vallei - Jou nuus Donderdag, 26 September 2013 Prys: R4.90 Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | [email protected] | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na-ure Nuuslyn 082 570 0906 Geweldsmisdaad styg in Worcester 2 Daniella: ouers rou opnuut 3 Dorp kry meer wetstoepassers 4 Donderdag 21 ° C Vrydag 20 ° C Saterdag 17 ° C Sondag 17 ° C Gedeeltelik bewolk Bewolk met buie (60%) Gedeeltelik bewolk Mooiweer WORCESTER-MANSGEVANGENIS: BESKULDIGDES VERSKYN ONDER SKERP SEKURITEIT 14 in hof vir tronkmoord HILDERINE SCHRÖDER Veertien mans het verlede Don- derdag te midde van uiters skerp sekuriteit op aanklag van moord op ’n medegevangene in die plaaslike landdroshof verskyn. Die mans word daarvan aangekla dat hulle Kwanele Mabona (19) ver- lede maand vermoor het. Mabona is op 20 Augustus dood in die sel by die Worcester-mansgevangenis wat hy met verskeie ander gevangenes ge- deel het, aangetref. Hy is vermoede- lik verwurg. Die 14 beskuldigdes, almal tussen 18 en 20 jaar oud, is deur minstens tien lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid in die Kaap verge- sel. Nog lede van die eenheid het buite die hofgebou gewaak. Geen hofgangers is vir die duur van die saak in die hofsaal, of selfs die gang buite die saal, toegelaat nie. Die beskuldigdes is nog nie gevra om te pleit nie. Sewe van die beskul- digdes het om regshulp aansoek ge- doen, terwyl ses aangedui het dat hulle hul eie saak sal behartig. Een beskuldigde beoog om ’n pri- vaat prokureur aan te stel. Die mans het deurgaans onder- langs gegiggel en aan mekaar ge- stamp. Hulle is deur landdros Cyril Kroutz hieroor aangespreek. “Julle is nie hier om geselsies te maak nie,” het hy aan hulle gesê. Die aanklaer, adv. Christiaan de Jongh, het versoek dat die saak uit- gestel word sodat dit na die direkto- raat van openbare vervolging ver- wys kan word vir ’n skriftelike serti- fikaat dat die saak verder in die hooggeregshof aangehoor kan word. Kroutz het die saak, wat ook deur beamptes van die Valke, bygewoon is, tot 26 September uitgestel. Die verdagtes is deur die taktiese reaksie-eenheid terug na die gevan- genis vergesel. Geen verkeer is voor die hofgebou in Adderleystraat toegelaat onder- wyl die beskuldigdes in vangwaens gelaai is nie en voetgangers is ver- soek om weg te bly van die sypaadjie die naaste aan die hofgebou. Swaar gewapende beamptes het voor die hek na die hof se aanhou- dingselle waggehou. Die beskuldigdes is in ’n konvooi terug na die gevangenis. Veertien mans het verlede week te midde van baie skerp sekuriteitsmaatreëls in die hof op Worcester verskyn in verband met die moord op ’n medegevangene. FOTO’S: MATTHEW SHELDON Die beskuldigdes is in ’n konvooi terug na die gevangenis.

Worcesterstandard 20130926

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Worcesterstandard 20130926

Citation preview

Page 1: Worcesterstandard 20130926

StandardJou vallei - Jou nuusJou vallei - Jou nuus

Donderdag, 26 September 2013 Prys: R4.90 Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | [email protected] | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Geweldsmisdaadstyg in Worcester 2

Daniella: ouers rouopnuut 3

Dorp kry meerwetstoepassers 4

Donderdag21 ° C

Vrydag20 ° C

Saterdag17 ° C

Sondag17 ° C

Gedeeltelikbewolk

Bewolk met buie(60%)

Gedeeltelikbewolk

Mooiweer

WORCESTER-MANSGEVANGENIS: BESKULDIGDES VERSKYNONDER SKERP SEKURITEIT

14 inhofvir tronkmoordHILDERINE SCHRÖDER

Veertien mans het verlede Don-derdag temidde van uiters skerpsekuriteit op aanklag vanmoordop ’n medegevangene in dieplaaslike landdroshof verskyn.

Diemansword daarvan aangekladat hulle Kwanele Mabona (19) ver-ledemaand vermoor het.Mabona isop 20Augustus dood indie sel bydieWorcester-mansgevangenis wat hy

met verskeie ander gevangenes ge-deel het, aangetref. Hy is vermoede-lik verwurg.Die 14 beskuldigdes, almal tussen

18 en 20 jaar oud, is deur minstenstien lede van die polisie se taktiesereaksie-eenheid in die Kaap verge-sel.Nog ledevandieeenheidhetbuite

die hofgebou gewaak.Geen hofgangers is vir die duur

van die saak in die hofsaal, of selfsdiegangbuitediesaal, toegelaatnie.

Die beskuldigdes is nog nie gevraom te pleit nie. Sewe van die beskul-digdes het om regshulp aansoek ge-doen, terwyl ses aangedui het dathulle hul eie saak sal behartig.Een beskuldigde beoog om ’n pri-

vaat prokureur aan te stel.Die mans het deurgaans onder-

langs gegiggel en aan mekaar ge-stamp.Hulle is deur landdros Cyril

Kroutz hieroor aangespreek. “Julleisniehieromgeselsiestemaaknie,”

het hy aan hulle gesê.Die aanklaer, adv. Christiaan de

Jongh, het versoek dat die saak uit-gestel word sodat dit na die direkto-raat van openbare vervolging ver-wyskanwordvir ’nskriftelikeserti-fikaat dat die saak verder in diehooggeregshof aangehoor kanword.Kroutz het die saak, wat ook deur

beamptes van die Valke, bygewoonis, tot 26 September uitgestel.Die verdagtes is deur die taktiese

reaksie-eenheid terug na die gevan-genis vergesel.Geenverkeer isvoordiehofgebou

in Adderleystraat toegelaat onder-wyl die beskuldigdes in vangwaensgelaai is nie en voetgangers is ver-soekomweg teblyvandie sypaadjiedie naaste aan die hofgebou.Swaar gewapende beamptes het

voor die hek na die hof se aanhou-dingselle waggehou.Die beskuldigdes is in ’n konvooi

terug na die gevangenis.

Veertien mans het verlede week te midde van baie skerp sekuriteitsmaatreëls in die hof op Worcester verskyn inverband met die moord op ’n medegevangene. FOTO’S: MATTHEW SHELDON Die beskuldigdes is in ’n konvooi terug na die gevangenis.

Page 2: Worcesterstandard 20130926

2 Standard26 September, 2013

NuusNews

Poging totmoordstygmet80,9% inWorcesterHILDERINE SCHRÖDER

Die mees onlangse misdaadsy-fers wat verlede week deur diepolisie vrygestel is, skets ’n don-ker prentjie vir die Worcester-omgewing.

Dié dorp lê 13de op die lys van die50 polisiekantore landwyd waar diemeeste geweldsmisdade aangemeldis.

Worcester,met45moordewat tus-sen April 2012 tot Maart 2013 aange-meld is, lê ook 13de op die lys virmoordsake in die Wes-Kaap. Dít isondanks die feit dat die bevolkings-digtheid hiér baie laer is as in dieKaapse woongebiede soos Nyangaen Khayelitsha wat ’n hoër moord-syfer het.

Meer kommerwekkend is diegroot aantal seksuele misdrywe indie area.

Altesaam 209 sake is tussen April2012 en Maart vanjaar aangemeld,die sewende hoogste getal in die pro-vinsie.

Dié misdade het wel ’n effense af-name getoon teenoor dieselfde tyd-perk van April 2011 tot Maart 2012toe 228 sake aangemeld is.

Voorvalle van poging tot moordhet met 80,9% toegeneem met 85voorvalle wat in die jongste boek-jaar aangemeld is teenoor 47 in dievorige boekjaar.

Voorvalle van roof sowel as roofmet verswarende omstandighede

het albei toegeneem.Volgens Sebastian Abrahams,

voorsitter van Worcester se ge-meenskapspolisiëringsforum(GPF), word Worcester se misdaad

in ’n groot mate aan bendebedry-wighede toegeskryf. ’n Bydraendefaktor hiertoe is hoë vlakke van ar-moede en werkloosheid, voeg hy by.Volgens statistiek uit 2011 se sensus

het die Breedevallei-area sowat166 825 inwoners met ’n werkloos-heidsyfer van 14,4%.

Bendes maak dikwels misbruikvan mense wat gebuk gaan onder ar-

moede en span dié mense in om hulmisdadigepraktykeuittebou,aldusAbrahams. Die hoë vlakke vandwelmmisbruik in die area dra bytot die bendes se wurggreep, voeg hyby.

Dít is veral duidelik in die grootaantal dwelmverwante inhegtenis-nemings, altesaam 1 123, wat in dievorige boekjaar gemaak is.

“Dit is belangrik dat die gemeen-skapnou,meernogasindieverlede,moet begin betrokke raak. Hullemoet kyk hoe hulle positief tot ’n op-lossing vir die probleem kan by-dra,” sê Abrahams.

In die res van die Breedevalleimunisipale-area lyk die prentjieaansienlik rooskleuriger met ge-weldsmisdaad – met die uitsonde-ring van moord en aanranding metdie opset om ernstig te beseer – wat’n afname getoon het. Die aantalhuisbrake het wel skerp toegeneemmet 95 voorvalle teenoor 69 in dievorige boekjaar. Die polisie het ookgroot welslae behaal met dwelmver-wante inhegtenisnemings (214 indie mees onlangse boekjaar teenoor187 in die vorige boekjaar).

In De Doorns het die plaaswerker-betogings van verlede jaar en die be-gin van dié jaar ’n duidelike invloedgehadmet11sakevanbrandstigtingen 171 van opsetlike saakbeskadi-ging.

Met die uitsondering van moorden seksuele misdrywe het gewelds-misdade deur die bank toegeneem.

Verlede jaar se protesoptrede deur plaaswerkers het ’n impak gehad op die aantal sake van onder meer brand-stigting wat deur die De Doorns-polisie ondersoek is. ARGIEFFOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Polisie komonder skoot in RoodewalHILDERINE SCHRÖDER

Plaaslike polisiebeamptes wasverlede week genoop om hulvuurwapens uit selfverdedigingte gebruik ná daar tydens hul on-dersoek na ’n skietvoorval inRoodewal op hulle losgebrand is.

Die beamptes is verlede Don-derdag (19 September) om-streeks 20:35 na ’n voorval op diehoek van Taambay- en Moosa-straat toe hulle ses mans van dietoneel sien weghardloop het. Eenvan die mans het ’n geweer ge-dra.

Die verdagtes het verskeie sko-te op die beamptes geskiet waar-op die polisie teruggeskiet het.Die verdagtes het gevlug en indie proses twee wapens, ’n .22-ge-weer en .38 Special Rossi-rewol-wer, laat val.

Volgens kapt. Frederick vanWyk, provinsiale woordvoerder,sal ballistiese toetse gedoen

word om vas te stel of die wapensmet enige ander misdade ver-bind kan word.

Die beamptes het geen bese-rings in die voorval opgedoennie. Dit is nie bekend of enige vandie verdagtes beseer is nie. Nie-mand is al in verband met dievoorval in hegtenis geneem nie.

Rodney Visagie, ’n gemeen-skapsleier in Roodewal, sê grootkommer heers in dié buurt oorgereelde skietvoorvalle en ben-de-aktiwiteite. “Misdaad en ge-weld is ’n groot probleem. ’nMens kan nie eens meer jou kindwinkel toe stuur nie. Mense lewein vrees. Kinders kan nie eensmeer in die straat speel nie. Ben-des neem oor.”

Inwoners van Roodewal, sêVisagie, het in ’n groot mate ver-troue in die polisie en die ge-meenskapspolisiëringsforumverloor. “Die polisie sê dikwelshulle word onder die klippe ge-

steek as hulle hier kom, maar ditis omdat hulle voorvalle dikwelsverkeerd benader.”

Lede van die gemeenskap sevrees dat hulle geteiken wordsou hulle die fluitjie blaas oorversteekte wapens of dwelms,veroorsaak dat hulle eerder stil-bly, aldus Visagie. “Mense isbang en weet nie wie hulle kanvertrou nie.”

Volgens Visagie is werkloos-heid een van die redes waarommense by bendes betrokke raak.“Die bende sorg vir hom, gee virhom kos en klere en ’n identi-teit.” Om dié rede, sê Visagie, isdit van groot belang dat werk-loosheid daadwerklik aange-spreek sal word. “Iets sal so gouas moontlik gedoen moet word.Die ding (bendegeweld) raak álhoe groter en ernstiger.”

Van Wyk moedig die publiekaan om enige vorm van misdaadby 08600 10111 aan te meld.

Misdaadstatistieke toon huisbrakein die Vallei het skerp toegeneemHILDERINE SCHRÖDER

Terwyl die land steeds gons oor dieverkragting van ’n babameisie ensewejarige seun van Ceres, blyk ditdat seksuele misdrywe hiér kom-merwekkend toegeneem het.

Misdaadsyfers wat die nasionalepolisieminister, Nathi Mthethwa,verlede week vrygestel het, toonseksuele misdade het met 46,6% toe-geneem. Altesaam 85 sake is vanApril 2011 tot Maart 2012 aangemeldteenoor die 58 vir dieselfde tydperkin die vorige boekjaar.

Huisbrake het met 25,9% (350voorvalle in die jongste boekjaarteenoor 278 in die vorige boekjaar)toegeneem, terwyl inbrake by sake-ondernemings (altesaam 100) met40,8% toegeneem het.

Die aantal moordsake het onver-anderd op 12 voorvalle gebly met po-ging tot moord wat van een voorvaltot elf sake gestyg het.

Die polisie het wel groot welslae

behaal met betrekking tot dwelm-verwante inhegtenisnemings met746 sake in die jongste boekjaarteenoor 653 in die vorige boekjaar.

Op PA Hamlet het geweldsmis-daad, met die uitsondering van po-ging tot moord, deur die bank afge-neem. Brandstigting het egter met80% toegeneem. Huisbrake (resi-densieel) het van 87 voorvalle in dievorige boekjaar tot 112 in die jongsteboekjaar gestyg.

In Tulbagh het geweldsmisdade,met die uitsondering van poging totmoord, deur die bank toegeneem.Voorvalle van opsetlike saakbeska-diging het skerp toegeneem van 34sake in die vorige boekjaar tot 60 sa-ke wat van Maart 2011 tot April 2012aangemeld is.

Huisbrake (residensieel) het met78,9% (vanaf 76 sake in die vorigeboekjaar) toegeneem. Altesaam 678dwelmverwante inhegtenisne-mings is gemaak, 18% meer as gedu-rende die vorige boekjaar.

Page 3: Worcesterstandard 20130926

3Standard26 September, 2013

NuusNews

‘Noukan onshaarbêre,al is dit net haarbeendere’HILDERINE SCHRÖDER

Dit is weer seer van vooraf, maar im-mers kanhulle nou die hoofstuk afsluit.

So sê Maria en Tiser Bani, die ouers vanDaniella de Wee, ’n week ná haar oorskotbykansvyf jaarná syverdrinkhet in ’ndambuite De Doorns gevind is.“Die wonde is weer oopgeruk, maar ons

is ook verlig. Ek het al die jare gewonderwaarmykind is,” sêTiser,Daniella se stief-pa. Hy was by toe sy op 12 November 2008deur ’n rivier op die plaas Dennegeur mee-gesleur is.Haar liggaamisnooit gevindnie,tot werkers op 17 September in ’n leë dam,Ruben se Gat, op ’n menslike skelet afge-kom het.“Ekvoel beter inmyhart noudat ekweet.

Nou sal my siel kan rus,” voeg Tiser by.Die nuus dat haar dogter gevind is, het

as ’n skok gekom, sê Maria. Hoewel DNS-toetse nog finaal moet bevestig dit is welDaniella se oorskot, is sy in haar hart reedsoortuigdit iswelhaardogter. “Onshethaaruitgeken aan ’n ringetjie en hangertjie enhaar tande,” sê sy.

“Dit kan niemand anders wees nie wantdaar het niemand vóór of ná haar in dieself-de rivier verdrink nie. So seer as wat ditis, is dit virmy asma beter omnou die hoof-stuk af te sluit. Nou kan ons haar bêre, alis dit net haar beendere.”Sedert die nuus bekend geword het, word

hulle oorval met boodskappe van bemoedi-ging. Selfs die Wes-Kaapse minister vanmaatskaplike ontwikkeling, Albert Fritz,het die gesin besoek

Fritz gaan vanjaar een van sy jaarliksetoekennings vir uitnemende dienslewe-ring na Daniella vernoem.Daniella se klasmaats is ewe verlig dat

sy uiteindelik gevind is. “Dit was ’n grootskok,maar ook ’n reuse-verligting,” sêVer-non van Heerden, een van haar eertydsegraad 12A-vriende.Tiser onthou die dag toe Daniella ver-

drinkhet soosgister. “Ekhetnoghaarhandvasgegryp, maar dit het uit myne geglip.Haar kop het nog een maal opgekom en toeis sy weg. Ek het dae lank vir ure op en aflangs daardie rivier geloop, maar kon haarnie kry nie.”Whitney Saunders, nóg ’n klasmaat van

Daniella, het die betrokke dag – hulle hethul Afrikaans eindeksamen geskryf – virhul onderwyser gesê van die leerlinge gaanlaat wees omdat iemand in die rivier gevalhet. “Ná die tyd het hulle ons personeelka-mer toe geroep en gesê Daniella is dood.”Volgens Vernon het dié voorval die klas-

groep geweldig getraumatiseer. “Almal hetdaarna gesukkel om vir die res van hullevraestelle te leer.” Hoewel die klas bera-ding gekry het, het dítweinig gehelp, AldusWhitney. “Amper die hele klas het gedruipasgevolgvanwatgebeurhet.Onswasalmalbitter na aanmekaar. Van almal in die heleskool was ons groep die naaste aan me-kaar.”Begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

Dít, sê Maria, sal hulle eers kan doen asdie DNS-uitslae bekend is.

Tiser en Maria Bani met ’n plakkaat watDaniella se klasmaats ná haar dood ge-maak het. Dié plakkaat hang steeds in diegesin se sitkamer. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Wyle Daniella de Wee

Die Worcester-polisie maan Valleiers omversigtig te wees vir ’n swendelaar wathom as ’n wonderdokter voordoen.Die verdagte doen homself as dr. H.Mu-

hamadvoor en spanmense in ompamflet-te te versprei waarin hy voorgee dat hymense se salaris kan verhoog, verlore ge-liefdes kan terugbring en geldelike pro-bleme kan oplos.Mense word gewaarsku om onder geen

omstandighede geld aan die verdagte tegee nie.

) Intussenondersoekdiepolisie se spe-

sialis-ondersoekeenheid, die Valke, ’n in-terkontinentale kuberruimte-sindikaatwat mense al uit miljoene rande gekulhet.Die slagoffers word gewoonlik deur ’n

SMS in kennis gestel dat hulle ’n grootbedrag geld gewen het, waarna hul bank-besonderhede aangevra word wat die be-drieër in staat stel omhul slagoffer se geldte steel.Menseword aangeraai omnie op SMS’e

of e-posse te reageer wat hulle groot be-drae geld beloof nie.

Wees bedag op hierdie swendelaarswat Valleiers omdie bos lei

Page 4: Worcesterstandard 20130926

4 Standard26 September, 2013

NuusNews

Wetstoepasserskry sertifikateMATTHEW SHELDON

“Daar is ’n baie groot verande-ring indie dorp self en indiehou-ding van inwoners noudat daarwetstoepassingsbeamptes is watsekere verkeerswette en munisi-pale regulasies toepas.”

Só het Gerrit Matthyse, die Bree-devallei Munisipaliteit (BVM) semunisipale bestuurder, tydens dieUitgebreide Werkeprogram (UWP)se sertifikaatoorhandiging by dieWorcester-stadsaal gesê.Sowat 40 beamptes het verlede

Vrydagoggend (20 September) hulsertifikate ontvang nadat hulle hul

kursus in wetstoepassing voltooihet. Die projek is op 15 April deurdieUWPindieBreedevallei vansta-pel gestuur.Die beamptes se doel is om seker

temaakdat orde in dieBreedevalleigehandhaaf word.Esmerelda Pekeur, UWP-koördi-

neerder, het verduidelik dat diemeerderheid van die opsigters watby die program aangesluit het,werkloos was.“Die beamptes se rol in die ge-

meenskap is om sigbare polisiëringte verskerp om sodoende ’n veiligegemeenskap te verseker,” het sy ge-sê.DiebeampteswerkindieRawson-

ville-, De Doorns-, Touwsrivier- enWorcester-area.Pekeur sê die beamptes is gekwa-

lifiseerd om alle munisipale bywet-te toe te pas, voertuie wat se lisen-sies verval het en alle parkeeroor-treders te beboet.Hulle kan ook puntdienste by on-

dermeerskole, funksiesasookbege-leiding doen.ShakierahduPlessis (21), eenvan

die beamptes, voel dat sulke soortprogramme en inisiatiewe die jongmense hoop gee en ook help om dro-me te verwesenlik.Die beamptes sal voorlopig tot 31

Desember in diens wees. Dié tyd-perk kan moontlik verleng word.

Sowat 40 wetstoepassingsbeamptes het verlede Vrydagoggend hul sertifikate ontvang nadat hulle hul kursus vol-tooi het. FOTO: MATTHEW SHELDON

ERFENISDAG: Inwoners van Russellskema het Dinsdag (24 Sep-tember) gewys dat misdaad nog nie hul lewensvreugde gedemp hetnie met ’n gemeenskaplike braai op Erfenisdag. Terwyl die volwas-senes heerlik om die vuur saam gekuier het, het die kleingoed op’n springkasteel met ’n plaspoel baljaar. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Page 5: Worcesterstandard 20130926

5Standard26 September, 2013

NuusNews

Hyherwinkruis endwarsHILDERINE SCHRÖDER

Jymoetmurg in joupypehêomelke twee-de dag byna 15 kmop ’n fiets af te lê, veralmet ’n vrag van tot 190 kg agter jou!

Carel Beneke doen dit egter lag-lag vir dieblote lekkertedaarvan.Dítboonopopdierypeouderdom van 60 jaar.Worcesteriete sou hom waarskynlik al in

die omtrek gesien het waar hy op sy fiets entuisgeboude waentjie bult op en af ry en her-winbare materiaal bymekaarmaak.Dié ongewone stokperdjie het sowat vier

maande gelede begin toe Beneke opgemerkhet hoeveel herwinbare rommel in die dorprondlê. Gou het sy daaglikse ekskursies omrommel op te tel tot ’n reusetaak gegroei.Soms is sy vrag só hoog gelaai dat hy dit

amper nie onderdeur die duikweg naby dieWorcester-treinstasie kan kry nie.Benekeseherwinningsprojekhetaanvank-

lik in Worcester-Wes begin toe hy begin hetom leëbottels indié buurt op te tel. “Elkekeeras ek weer daar verbyry, lê daar maar weer’n spul bottels,” vertel hy.Maarmettertydhetdiebottels tógmindergeraak.“Nougroeidaargras waar die bottels eers was.”Beneke se roete neem hom elke tweede dag

van Worcester-Wes kruis en dwars deur diedorp tot by sy eindbestemming by ’n herwin-ningsdepot in Suggetstraat waar hy die pa-

pier, karton en bottels wat hy bymekaarmaaklaatweeg.Diegeldwathyontvang, skenkhyaandiensbillikheidsorganisasies, vertel hy.Met sy sleepwaentjie wat sowat 60 kg weeg en

’nbykomendevragvan tot soveelas 130 kg,moethy sy fiets se ratte elkevyfmaandevervang, ver-klap Beneke. Dít skrik hom egter ook nie af nie.“Ekwil uit wees in die buitelewe.” Seker dié dathy nie skrik vir gureweer nie. Naweke neemhy’n blaaskans maar selfs dán is sy aandag ook bysyysterperd.“Danmaakekmyfietsskoon,maaklekplekke in die bande reg en dié tipe goedjies.”Benekehetooknieenigeplanneombinnekort

halt te roep nie. Hiérvoor het hy nog heeltemalte veel energie. “Ek beplan om nog Rawsonvilletoe ook te gaan.En ekwil kykof ek tot inRobert-son kan ry.”

Carel Beneke ry kruis en dwars deur Worcester op sy fiets om herwinbare materiaal te ver-samel. Dié stokperdjie hou hom fiks en gesond, sê hy. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Groot prysewag op gholfspelersHoe nader die tyd kom vir die prestigeMountain Mill Classic-gholftoernooi tenbatevandieStandardKinderfonds,hoe in-teressanter raak die wenpryse.Afgesien van ’n Venter-sleepwaentjie

wat deurDe LaRosa Trailers vir ’n kolhouop putjie no. 8 geborg word, borg PK Ver-koeling van Worcester nie minder nie astwee Comfee Split-lugversorgers (12 000BTU,warmenkoud) terwaardevanR6 500elk as die dag se eerste prys.Maar dit is by verre nie al wat dié baie

gewilde gholftoernooi die spelers bied nie.Hulle kan deel in R20 000 se pryse, lekkerete en ’ndagvanopwindende spel en same-syn met ou vriende en die vooruitsig omnuwe bande op die baan te smee.Dié toernooi, eenvandiehoogtepunte op

Worcester se sportkalender, neem dievorm van ’n vierbal-beterbal (met voor-keurdryf op alle gate) aan enword vanjaarby die Riverside Gholfklub gespeel.Voornemende spelers wat nog nie inge-

skryfhetnie,kansteeds inskryf (R1 400pervierbal) deurElizmaBerlynby 083 785 6234of Pieter Campher by 083 388 3906 te bel.Dié toernooi is die Standard Kinder-

fonds se grootste enkele geldinsamelings-projek vir die jaar. Die fonds is gestig omtoe te sien dat minderbevoorregte kindersindieBreedevalleiniekoudofhongergaannie. Deurlopende insamelings van klere,beddegoed, nie-bederfbare voedsel en kon-tant word gehou en om die beurt aan drieinstansies opWorcester geskenk: dieWor-cesterACVV,KindersorgSAendieWorce-ster Ekumeniese Gemeenskapsdiens(WEG).Die jaarlikseMountainMill Classic sorg

vir ’n stewige en uiters welkome bydraetot die Kinderfonds se geldkoffers.’n Beroep word steeds op die publiek ge-

doen om die fonds te versterk met hul by-draes. Skenkings kan afgegee word by die

Standard by Hoogstraat 116, Nortier Mo-tors by Brownstraat 6, Aïda Winelands byKerkstraat 22, Dentzone by Fieldstraat 22,MountainMillMall (FoodCourt) endieLa-erskoolWocester-Oos inSutherlandstraat.Kontant kan by FNB inbetaal word by

rekening: Gemeenskapskas Wes-KaapWorcester Standard; rekeningnommer:62152031383; bankkode: 261150; tak: CapeTownCity.Faks ’nafskrifvandiedeposito-strokie na Christine Smit by 023 347 3639of e-pos dit na [email protected] bydraes, kontant of an-dersins, sal in die Standard erken word.

De la Rosa Trailers borg hierdie sleepwavir die speler wat ’n kolhou slaan op put-jie no. 8 by die Mountain Mill Classic. Dieborg, Clive de la Rosa (middel) is hiersaam met Eddie Nortier sr. (links), voorsit-ter van die Standard Kinderfonds en SamOrton, sentrumbestuurder by MountainMill, aanbieder van die gholftoernooi.FOTO:CHRISTINE SMIT

Page 6: Worcesterstandard 20130926

6 Standard26 September, 2013

GemeenskapsnuusCommunity

Perdrygee selfvertroueHILDERINE SCHRÖDER

Perdry, sal gesoute ruiters jouvertel,gaanoordiebandtussenmens en dier. Die gevoel vanvryheid as jy op ’n galop koerskies veld in. Maar vir ’n groepjongmense het ’n ses weke lan-ge programook verskeie andervoordele ingehou.

Altesaam 15 jong mans tussen18 en 25 jaar oud het onlangs ’nperdryterapieprogram voltooi náhulle vroeër ’n rehabilitasiepro-gram vir alkohol- en dwelmver-slawing voltooi het. Verteenwoor-digers van die departement van

maatskaplike ontwikkeling hetna iets gesoek waarmee die manshulle kon besig gehou. Só het hulin aanraking gekom met KarenAllen, ’n perdryinstrukteur enequiterapeut by die Worcester-perdryklub. Allen, wat goed be-kend is met die terapeutiese voor-dele van perdry, het onmiddellikbesef perdry is nét die ding om diégroep jongmense ’n nuwe blik opdie lewe te gee.

Met Allen se leiding, in same-werking van die departement vanmaatskaplikeontwikkelingendieBreedevallei Munisipaliteit(BVM) , is die jong mans touwysgemaak in ruiterkuns. Hulle het

elke week sowat twee ure in diesaal deurgebring.

Die impak wat dié jeugontwik-kelingsprogram op die deelne-mers gehad het, was ooglopend, sêAllen. “Aan die begin was hullebang en onseker. Die meeste wasnog nooit eens in kontak met ’nperd nie. Aan die einde van die sesweke het die meerderheid genoegselfvertroue gehad om te galop.”Buiten ’n goeie skeut selfvertrouewat hulle tydens die kursus ont-wikkel het, het hulle ook ’n gewel-dige gevoel van sukses beleef. Aldie deelnemers is aan die eindevan die kursus met medaljes ensertifikate beloon.

Sowat 15 jong mans het onlangs ’n perdryprogram van ses weke voltooi. Die rylesse is deur Karen Allen(agter, derde van regs) in samewerking met verteenwoordigers van die departement van maatskaplike ont-wikkeling en die Breedevallei Munisipaliteit aangebied. FOTO: NAOMI THERON

Ondersoekevir kankerDie Kankervereniging van Suid-Afri-ka (Kansa) bied tot einde Oktober gra-tis siftingstoetse (borsondersoeke enpapsmere) aan.

Kansamoedigalleseksueelaktiewevroue aan om gereeld papsmere te on-dergaan om enige abnormale selle indie serviks wat tot servikale kankerkan ontwikkel, op te spoor.

Servikale kanker begin in die vliesom die serviks en kan sonder enigewaarskuwingstekens jare lank neemomteontwikkel.Omdiéredeis ’npap-smeer baie belangrik.

Tydens die pynlose prosedure wordproefselle uit die serviks verwyder enna ’n laboratorium gestuur om te be-paal of daar enige verandering of ab-normale selle teenwoordig is.

Die abnormale selle word dan ver-wyder om die ontwikkeling van kan-ker te verhoed.

Simptome van servikale kanker op’n later stadium is bloeding tussenmaandstondes, ongewone swaarmaandstondes, pyn gedurende ge-slagsomgang, bloeding ná geslagsom-gang of ná ’n bekken-ondersoek ofbloeding ná menopouse.

Vroue wat enige van dié simptomeervaar word aangeraai om so gou asmoontlik ’n dokter te besoek.

Die gratis toetse word elke Woens-dag tussen 14:00 en 17:00 by Kansa seplaaslike kantoor in Fairbairnstraatgedoen. Afsprake kan vooraf by023 342 7058gemaakword. Asalterna-tief kan ook van die instapdiens ge-bruik gemaak word.

First aid course helps ensuresafety for initiatesMATTHEW SHELDON

The Department of Cultural Affairsand Sport in the Western Cape re-cently launched a first aid course inZweletemba to empower traditionalcare-takers before the male circum-cision season commences.

About 14 traditional care-takersparticipated in first aid training atthe Zweletemba Multi-Purpose Cen-tre.

The three-day course, which tookplace from 11 to 13 September, wasaimed at equipping the care-takerswith the knowledge to perform theirtraditional role in a safer and morehygienic environment.

Thandwa Ntshona, Principal Cul-tural Officer of the Department ofCultural Affairs and Sport, told theStandard that the carers will nowbe able to treat initiates should anyemergency situation arise.

The care-takers were trained tostop excessive bleeding, bandagewounds and assist with cases of in-

fection.“It isvery important that thecare-

takers are fully informed about safeand hygienic practices because thefuture of the initiates is in theirhands,” said Ntshona.

He added that there have beenmany cases in provinces like theEastern Cape and Gauteng whereinitiates died during their traditio-nal initiation excursion into thebush.

Sibusiso Maseko, a local tradi-tional care-taker, said he attendedthe course to learn some valuableskills in first aid.

“I want to be able to help anyonewho has been injured or is bleeding.Its important to know the basics asthis could save someone’s life,” saidMaseko.

All the participants received ac-credited first aid certificates oncompletion of the course.

Ntshona added that the first aidcourse will be presented in Lange-berg early next year.

The three-daycourse, whichtook place from11 to 13 Septem-ber, includedpractical work-shops to equipcarers with theskills to offer firstaid support forinitiates and pro-vide a safer andmore hygienic en-vironment.

Page 7: Worcesterstandard 20130926

7Standard26 September, 2013

GemeenskapsnuusCommunity

Breedekloof’swines, foodpairedThe Breedekloof Wine and TourismOrganisation (BWT) recently heldits fourth food and wine pairingevent.

More than 90 guests participated inthe gala event which was held on 20September at Opstal Estate in Rawson-ville.The BWT hosted this event in part-

nership with Santam Landbou and theCape Winelands District Municipality(CWDM).Melody Botha, CEO of the BWT, said

the idea was to host a unique food andwine pairing event compared to otherspresently on offer, by running it in theform of a competition.“This is not a competition in the

sense that wines are awarded first orsecond prize, goldor silver awards, butrather that wewant to identify the bestBreedekloof wines that will accompa-ny specifically selected dishes,” shesaid.She added that they introduced the

corporate world to this wine region aspart of their marketing strategy for lo-cal wines to gain broad-based expo-sure. A selection of CapeWineMastersand wine-bloggers were identified asjudges. Eachwinerywas allowed to en-ter a maximum of four wines.The judging took place in two stages.

Botha mentioned that the first roundof tasting was to sift through the winesand select a smaller group of wines tobe tasted with the specific dishes. She

added that the judgeswould then selectthe wines they feel best complement orcontrast the various dishes to the ad-vantageof both thewineand the coursepresented.During the gala dinner the judges

presented their selected wines with ashort description (ranging from one tofour wines per course) to the guests,before serving themwith each specificcourse.“Guests had the opportunity of tast-

ing the wines together with the dishes,giving them the opportunity to discussour regions’ wines and really be a partof the experience,” said Botha.The celebrity chef for the event,Neill

Anthony prepared the four-coursemeal for the wine pairing.

The Breedekloof Wine and Tourism Organisation (BWT) re-cently held its fourth food and wine pairing event. Here (left)are Melody Botha (CEO BWT), Bertus Kloppers (Santam Land-bou), Ferdinand Appel (BWT board), Cllr Arnoldus du Toit(Breede Valley Municipality), Claude Schroeder (CWDM), The-resa Olivier (publisher/editor of Standard) and Duimpie Bayly(judge). PHOTO’S: SUPPLIED

The Bottomless Coffee Band provided the entertainment forthe evening.

A selection of Cape Wine Masters and wine-bloggers wereidentified as judges. Each winery was allowed to enter amaximum of four wines.

At the gala dinner the judges presented their selected wineswith a short description (ranging from one to four wines percourse) to the guests, before serving them with each specificcourse.

Page 8: Worcesterstandard 20130926

8 Standard26 September, 2013

GemeenskapsnuusCommunity

OomJames sterf skielikALVER UYS

’n Bekende en geliefde gemeenskaps-mens, die 78-jarige James Phillips, isSondagoggendskielikoorledenadathydie afgelope paar weke ongesteld was.

Oom James, soos hy alombekend was,is ’n gebore en getoë Worcesteriet. Ná syskoolopleiding was hy eers by Merri-maker Industries in diens voordat hy naHexTex is waar hy vir meer as 30 jaar totsy aftrede gewerk het.

Phillips was veral bekend vir sy betrok-kenheid in die Zion AME-gemeente in LeSueurstraat. Hy het onder verskeie le-raars in talle van die kerk se verenigingsgedien enwas ook ’n lekepredikerwatmetgroot vrug Brandwacht, die gemeente sebuitewyk, bedien het.

Hy was ’n steunpilaar en bure en vrien-de kon altyd staatmaak op sy bystand engeestelike raad as hulle hom nodig gehadhet.

Phillips was ’n stigterslid van die FleetKersfeeskoor.Benewensdie feit dathyoordie jare ’n besondere bydrae as banjo-mu-sikanttotdiekoorsevelesuksessegelewerhet, het hy ook met groot onderskeidingin die bestuur van die Kersfeeskoor gedi-en, verskeie termyne as voorsitter.

Phillips was ’n gesinsman by uitstek.Rose, sy geliefdewederhelf van 59 jaar, hethom vyf maande gelede skielik ontval.Haar dood het ’n besliste invloed op sy ge-sondheid gehad.

Phillips, wat naas ’n suster ook ses dog-ters, vier seuns, 28 kleinkinders en 23 ag-terkleinkinders nalaat, word Sondag (29September) uit die AME-kerk begrawe. Wyle James Phillips FOTO:VERSKAF

Mooi vrou op ’nmooi dag oorledeCHRISTINE SMIT

Sy is in die oggend op ’n mooi dagoorlede –mooi sooswat haar lewewas.

Só het Sonia Page – wat verledeSondag (22September)haar strydteen kanker verloor het – seman,Jordan, aan die Standard gesê.

Sy is tuis by Henry Coertstraat23 in die ouderdom van 50 jaaroorlede nadat kanker in Maartvanjaar by haar gediagnoseer is.

Sy was van die begin af positiefen het tot op die laaste geglo datsy kanker sou oorwin, het Jordanvan sy vrou se moedige stryd ge-sê. Hulle was 27 jaar lank getrouden ten spyte van haar siekte wassý die een wat hul huisgesin indié tyd ondersteun het, het hy by-gevoeg.

Haar vriende en familie sal So-nia, in lewe ’n onderwyseres, ont-hou as iemand wat gelewe het virhaar kinders, haar man en ookvir haar skool.

Haar kollegas bestempel haaras ’n geliefde kollega en onderwyseres wat’n passie vir haar beroep en die leerlingegehadhet. Sywas departementshoof, graad-hoof vir die gr. 12-klasse en ook Afrikaans-vakhoof by die Worcester Sekondêre Skoolwaar sy haar onderwysloopbaan begin en28 jaar later afgesluit het.

Sonia was later van tyd in haar loopbaanhoofsaaklikmet die administratiewe sy vandie skool gemoeid en daar is swaar op haargesteunomdat syhaar so goedvanhaar taakgekwyt het, onthou kollegas.

As boorling van Worcester het sy haarskoolopleiding aan die Esselenpark Sekon-

dêre Skool voltooi en het haar aan die Uni-versiteit van Wes-Kaapland (UWK) as on-derwyseres bekwaam.

Jordan het Sonia as ’n baie privaat mensbestempel.

“Die wonderlike ondersteuning wat onsvan die gemeenskap ontvang met haar af-sterwe weerspieël maar net die soort menswat sy was. Ons gaan haar geweldig mis.”

Sonia laat ook haar drie seuns, Kyle (24),Yanke (22) en Jade (16), ’n gr.11-leerling aanWorcester Gimnasium, agter.

Haar begrafnis is Sondag (29 September)om 14:00 uit die VGK in Adderleystraat.

Wyle Sonia Page

Page 9: Worcesterstandard 20130926

9Standard26 September, 2013

GemeenskapsnuusCommunity

Breedekloofhetbaie toerisme-potensiaalMATTHEW SHELDON

“Ons toerismebedryf verbeter el-ke jaarenmettertydsalons ’nbe-kende toerismebestemmingword.”

Só gesels Hennie Hugo, bestuur-derenwynmakervanGoudiniWyn-kelder by Rawsonville. Hy is verant-woordelik vir die administratiewe-afdeling van die maatskappy en het’n oorsigrol van die kelder self. Vol-gens hom is hy ook ’n lid van dieBreedekloof Wyntoerisme-organi-sasie. Hugo (59) het aan die Stan-dard verduidelik dat Rawsonvilleen die res van die Breedekloof-

streek die potensiaal het om baiemeer toeriste te lok.

“Elke dorp het ’n paar uitdagings.Rawsonville kort eetplekke- en ver-blyfplekke en die hoofpad moet her-stel word om die beeld van die dorpte verbeter,” het Hugo gesê.

Hoewel daar ’n paar uitdagings is,sê Hugo, skep die omgewing se na-tuurskoon ’n unieke ervaring vir el-ke toeris wat die dorp besoek.

Hy het ook genoem dat die dorpfantastiese stap- en bergfietsroetes,’n pragtige uitsig van die berge enwingerde en wêreldklas-wyne aan-bied.

“Ons (Goudini Wyn Kelder) is dieoudste kelder in die Breedekloof-

streek. Afgesien daarvan beskik diekelder ook oor die nuutste tegnolo-gie wat aangepas word om die besteproduk op die mark te plaas,” het hygesê.Hugohetdietrofeevirdiekam-pioen-chardonnay by vanjaar se SAJongwynskou verower.

Hugo is in 1954 in Worcester gebo-re en het aan die Hoër SeunskoolWorcester (Worcester Gimnasium)gematrikuleer. Ná skool het hy vireen jaar sy diensplig in die weermagin Bethlehem (Vrystaat) gedoen.

Daarna het hy by Elsenburg Kol-lege aangesluit en het sy diploma inwingerd- en wynkunde in 1974 ver-werf. Hugo het by Botha Kelder as’n assistent-wynmaker begin werk.

Daarna het hy by Aan de DoornsKelder as ’n wynmaker aangesluit.Hy werk die afgelope 28 jaar byGoudini Wines en het in dié tydperkal sowat 20 toekennings vir sy pres-tasies ontvang.

Hugo is lief vir motorfietsry en isook mal oor musiek. Hy geniet ooknou en dan ’n wyntjie en vleisbraaisaam met sy familie en vriende.

Sy visie vir die Breedekloof is om’n toeriste-vriendelike bestemmingte word.

Hugo en sy vrou, Lizette, het driekinders, Hendro (30), Stiaan (27) enLirita (24). Dié gesin bring gewoon-lik die Desember-vakansie in Klein-mond deur.Hennie Hugo FOTO: MATTHEW SHEL­

DON

Page 10: Worcesterstandard 20130926

10 Standard26 September, 2013

HoofartikelbladMain Article Page

Gemenedeler onderWorcesteriete: ‘Onswil in ’nveilige, rustigeomgewingbly’Verdomp of ek kan onthou wat dienaam van daai sportsoort is waarmotorfietse om ’n ovaalbaan jaagen kort-kort oor hoë grondwallespring. Die enjins klink soos veny-nige muskiete op die oorlogspad.Daar was jare gelede so ’n baan

opKleinplasie. BMX lui ’n klokkie.Die besprekingspunte op va-

naandsemunisipalewyksvergade-ring vir wyke 6 en 7 hetmy aan diewalle laat dink. Daar gaan ondermeer gepraatword oor spoedwalle,slaggate en straatnaamborde.Nouwonder ekof die verkeersaf-

deling nog spoedwalle in ons dorpse strate gaan bou. Gaan die spoed-wallesoosseegolwekortopmekaarvolg? Moet ons oor die kruin vandie wal ry en die slaggate op gelykstukke vermy? Of gaan die spoed-walle oor slaggate gebou word?

Daar gaan seer se-kerlik nie tydens dievergadering aange-kondig word dat diespoedwalle verwy-der gaanwordomdatte veel eise vir skade-vergoeding ontvangword nie.Miskien moet ons munisipale

amptenarebyOudtshoornsemuni-sipaliteit gaan kers opsteek. Lui-dens ’n berig in hul plaaslike koe-rant spog die kinders nie meer oorwie se pa met die mooiste, duurstemotor ry nie.Dit gaannou oorwiewoon in die

straat met die diepste slaggate.Virmy is die feit dat die vergade-

ring in die skoolvakansie gehouword ’n teken van die tye. ’n Paarjaar gelede sou dit niemoontlik ge-

wees het om in die va-kansietyd te vergadernie.Daarwasbloot niegenoeg inwoners in se-kerewykevandiedorpnie. Ietswatmyookop-val is dat dit eintlikgoed gaan met die in-

woners vanwyke 6 en 7. Ek glo datdaarinanderwyksvergaderingsopdiedorpgepraatwordoorbendege-weld, misdaad en smokkelhuise.In sekere munisipale wyke voel

inwoners nog relatief veilig en kanhullesoggensensaansgaanwandelsonder vrees dat hulle beroof, be-seer of selfs vermoor gaan word.Hier kan jy lewenslank woon son-der om die knal van ’n gun te hoor.’nMesword gebruik om ’n appel teskil en nie om ’n geskil by te lê nie.In anderwoonbuurte is ’nmes ’n

tradisionele wapen wat gebruikword om iemand by te dam. Jong-mensesterfindiefleurvanhulleweweens geweld.Hier is woonbuurte waar mense

hulle nie steur aan skote wat klapnie. Net solank dit nie hul eie fami-lie of vriendekring raak nie.Daar is egter ’ngemenedeler tus-

sen al die woonbuurte in Worce-ster. Saans moet die huise, motorsen erwe beveilig word teen krimi-nele elemente.Daar is ook ’n gemene deler tus-

sen al die inwoners vanWorcester.Onsmoet ons sente omdraai,maaknie saak of jy in ’n paleis of ’n pon-dokwoonnie.Enonssoualmalver-kies om in ’n veilige, rustige omge-wing te woon waar ons enigste be-kommernisse slaggate enstraatnaamborde is.

Kanmiddedorpweer floreer?

KanWorcester se mense uiteinde-lik uitsien na ’n veilige, geordendemiddedorp?Vir hoe lank nou al moet mense

wat die sentrale sakekern besoekgeneë wees met die feit dat par-keerplek haas onbekombaar is,dat die sogenaamde parkeeraan-wysers verdra moet word omdatwetstoepassing ’n vreemde begripgeword het en les bes, dat hierdiearea nie altyd veilig vir koper énverkoper is nie?Dit wil voorkom of die beloftes

van lank gelede noumet diemuni-sipaliteit se Uitgebreide Werke-program dalk net kan werk (leesberig elders in hierdie uitgawe).Dieafgelope tydal is daar ’n stuk

of 40 manne en vroue in uniformontplooi wat bemagtig is om toe tesien dat ookWorcester se sentralesakekernweer ’n veilige, aangena-me en aantreklike inkopie-erva-ring aan inwoners bied.As dié planne suksesvol toege-

pas word, kan sakeondernemingsweer floreer en kan ons dorp se sa-kekern weer sy eertydse glorieherwin.

Die Boland Dierevereniging, watonlangs sy eerste groot geldinsa-melingsgeleentheid gehad het, gee’n klop op die skouer aan al die bor-ge wat die dans en ete so ’n grootsukses gemaak het. Die vereniginghet sowat R10 500 wins met dié ge-leentheid ingesamel. Die geld salten bate vandiere in dieVallei aan-gewendword, ondermeeromsteri-lisering te doen.* * *Ek wil ’n klop op die skouer gee

virdieMetodisteKerksekoster.Ekwas daar by ’n begrafnis en het ge-sien sy doen haar werk baie mooi.Hou so aan. – Mev. M. Beyers

ASEMROWEND: Die mees onlangse sneeuvalle het aan een van die Standard se lesers dié prag-foto met die NG Moederkerk op die voorgrond besorg. FOTO: JOHAN OLIVIER

PSALM19:1-7Lewe lieweropreg

Liewer arm wees en opreg lewe as’n leuenaar en boonop ’n dwaas.Ywer sonder kennis deug nie;

oorhaastigheid bring foute.Sy eie dwaasheid bring ’n mens

op die verkeerde pad en dan is hykwaad vir die Here.Rykdom vergader baie vriende;

’n arm mens word van sy enigstevriend vervreem.’n Vals getuie bly nie ongestraf

nie, wie leuens kwytraak kom nievry nie.Almal soek die goedgesindheid

van ’nmanmet mag, elkeen is dievriend van iemand wat geskenkeuitdeel.As ’n arm man se broers almal

niks met hom te doen wil hê nie,bly syvriende ookvanhomafweg.

SkafvandieopenbarevakansiedaeafDie soveelste langnaweek lê voormetErfenisdagwatopDinsdag (24September) val.Getrou aan ons ou nasie se ver-

moë om nie ’n geleentheid verbyte laat gaan om ’n langnaweek teskep nie, sal menige seker danweer die langpad aandurf. Sooshulle sê – die laaste voor die De-sember-vakansie.Ons bly maar ’n nasie wat lief

is vir ons langnaweke!Daar is seker niks daarmee ver-

keerd nie, ek is net suur omdat éknie kan nie. Maar ek kan ook niehelp om te sien datmeeste van diéwat so wegbreek dit ook nie juiskan bekostig nie.Agterna word daar dan gekla

van die laaste tot die volgendelangnaweek!Gedagtig aan hoe ekonome ons

gedurig waarsku dat ons in Suid-

Afrika nie arbeidsintensief ge-noeg is nie en dat die baie vakan-siedae en langnaweke onproduk-tief vir ons ekonomie is, kan ekooknieverstaanwaaromdie rege-ring nie maar party vakansiedaeuitskakel nie.Soos byvoorbeeld Erfenisdag.

Dié het nou van Tsjaka-dag tot Er-fenisdag tot Braaidag gedaal.Wat so besonders aan ’n braaie-

ry is, begryp ek nie. Maar vir myom ’n dag wat eens tog betekenisgehad het tot ’n gebraaiery te ver-vlak, verstom my.Of vier ons dalk die feit dat die

Voortrekkers nie met hul stowedieDrakensbergeoor isnie endusuit nood maar moes braai?

ANTI-BRAAIWORCESTER

* Hierdie brief is die week voorErfenisdag ontvang. – Red.

‘Diemensdom isongelooflikdom’Ek sien in u koerant van 19 Sep-tember dat die briefskrywer Koosvan der Walt my naam in sy briefnoem (Die mens alleen gaan ver-antwoordelik wees vir sy eie on-dergang). Ek stem heelhartig methom saam dat ons besig is om onseie wêreld te vernietig.Ek dink die mensdom is onge-

looflik dom.Ek isnie seker of domdie regte woord is nie, maar watnoem jy dan mense wat kan leesen hoor en sien, maar nie ag daar-op kan slaan nie?Ek meen, hoe baie lees ons nie

in koerante en tydskrifte van diegevare van besoedeling nie? En

hoeveel programme is daar nie opTVwatonsdaarteenwaarskunie?Niemand kan sê hy weet nie hoelewensversmorendbesoedeling isnie en wat die langtermynuitwer-king daarvan is nie.Maarsteedsgaanditaanenaan.

Mensemorslinksenregs–kyknethoe lyk ons dorp – stort afval netwaar hulle kom.Mense, neem gerus maar Koos

van der Walt se woorde ter harte–onsalleengaanverantwoordelikwees vir ons eie ondergang.Nou, is dit dom of is dit dom?CHRISTO LANGENHOVEN

WORCESTER

Worcester=diens!Sondag-etenstyd op pad terug naBloemfontein ná ’n week in Kaap-stad, breek ons motor se water-pomp inWorcester. Ná ’n paar op-roepe deur hulpvaardige inwo-ners kry hulle diemotorwerktuigkundige Bulla deVries in die hande. Wat daaropvolg is net eenvoudig die ongeloof-likste diens denkbaar.Eerstens kom hy en ’n vriend

vandieetenstafelafenidentifiseerdie probleem wat vereis dat onsmoet oorslaap. Hy gaan soek ge-skikte verblyf waar ons ook metaandete gehelp kan word (Damaswat op hul beurt ons spesiaal bydie Mountain Mill Mall kom haal)en kom sleep die voertuig na diewerkswinkel en gaan laai ons enons bagasie by die gastehuis af.Alles vat by die twee ure. In die

aand skakel hy om seker te maakalles is in orde.Vroeg die volgende oggend bel

hy. Dis gelukkig net die water-pomp en hy gaan vir ons een kryen insit. Later in oggend kom haalhyonsbydiegastehuis enronddieformaliteite af. Later die aand belhy weer om seker te maak dat onsnog veilig is.Die koste vir alles – minder as

die helfte wat ek vantevore betaalhet!Bullaheteenvoudigallesgelosenmensewathyvangeenkantkennie uit hul nood verlos.Wat ’n fan-tastiese vertoon van naasteliefdeen uitnemende diens! Nooit weerryonsnetdeurWorcesternie–elk-een wat ons ontmoet het was wareambassadeurs vir julle dorp!

WIM EN MARISA VENTERBLOEMFONTEIN

Page 11: Worcesterstandard 20130926

11Standard26 September, 2013

GemeenskapsnuusCommunity

Die onderstaande tabel is ’n opsom-ming van al die middels wat jeugdi-ges die afgelope mjaar misbruikhet:Middel %Alkohol 20,9Dagga 94,5Mandrax 43,6Gom/Petrol 10,0Tik 46,4Kokaïen 0,9Heroïen 0,0

Soort middels

Die onderstaande tabel gee ’n aan-duiding van die gemiddelde bedragwat pasiënte per maand aan af-hanklikheidsmiddels bestee:Alkoholafhank-likes

Dwelmafhankli-kes

Mans: R1 421,14 Mans: R2 637,61Vroue: R1 410,36 Vroue: R1 780,92Gemiddelde:R1 419,14

Gemiddelde:R2 466,10

Dwelms kosgeld

Baie van die jeugdiges kom uit ’ngesinsomgewing waar middels mis-bruik word. Die sentrum is bekom-merd oor die feit dat die substans-gebruik/misbruik van die ouersjaarliks stygende tendense toon:Gebruiks-patroon % Pa %Ma

Alkoholsosiaal 6,5 7,9

Alkohol-misbruik/Afhanklik-heid

15,1 11,9

Dwelmmis-bruik 11,8 2,0

Alkhol- endwelmmis-bruik

3,2 1,0

Geen middel 63,4 78

Huwelikstatus van pasiënte indie volwasse-program en kindersbetrokke:

Primêr alkohol-afhanklik

Huwe-likstatus M V To-

taal %

Kin-dersbe-trokke

Getroud 65 5 70 44,3 148Onge-troud 41 7 48 30,4 61

Geskei 6 2 8 5,1 10Ver-vreemd 4 1 5 3,2 14

Egliedoorlede 4 4 8 5,1 8

Saamleef 8 11 19 12,0 51Totaal 128 30 158 100 292

Huwelikstatusvan pasiënte

Gesinsgebruikvorm tendens

Toevlugsentrumbringhoopvirmiddel-afhanklikesMATTHEW SHELDON

’n Ruimte geskep vir hoop, vrede en ’nbeter toekoms. ’n Plek waar mense hullewens drasties verander om beter bur-gers te wees.

Dít is die omgewing wat die Toevlugsen-trum vir Alkohol- en Dwelmafhanklikheidskep vir mense wat daar om hulp aanklop.

Die sentrum, wat in Worcester geleë is, hetsowat 70 pasiënte wat van verskillende dor-pe in die Wes-Kaap kom.

Dié pasiënte is verslaaf aan verskillendedwelms waarvan dagga die gewildste is, al-kohol, tik, kokaïen, heroïen, Mandrax engom of petrol.

Volgens Chrismé Oosthuizen, assistentvan die bestuurder, Theresa Rossouw, hetToevlugsentrum ’n multi-dissiplinêre spanwat verskeie programme vir die pasiënteaanbied. Sy het bygevoeg dat die sentrumtwee afsonderlike binnepasiënte-program-me, ’n jeugprogram en ’n volwasse-programaanbied.

Die programme bestaan uit spesifiek ge-skeduleerde aktiwiteite wat aangebied worddeur terapeute uit die dissiplines maatskap-like werk, arbeidsterapie, kreatiwiteit, siel-kunde, medies/verpleging en pastoraal.

“Die uitdagendste deel van ’n pasiënt sevyf weke by Toevlugsentrum is sy eersteweek waarin hy afgesonder en gedetoksifi-

seer word.“Meeste ervaar onttrekkingsimptome en

mis hul familie, maar sodra hulle by anderpasiënte ingeskakel word, verbeter hul ge-moed en die rehabilitasieproses word makli-ker,” het Oosthuizen gesê.

Volgens haar is daar ’n kommerwekkendepatroon van middelmisbruik onder kinders.Sy voeg by dat Toevlug se jeugprogram ont-staan het om die dringende behoefte aan be-handeling vir kinders onder die ouderdomvan 18 aan te spreek.

In totaal kan daar 20 jeugdiges in elke vyf-weke-siklus van die program behandelword.

Van die lewenstemas wat behandel wordis onder meer selfkennis en selfhandha-wing, konflikhantering, skool en werk, han-tering van groepsdruk en kommunikasie,vryetydsbesteding en ’n gesonde leefstyl endie belangrikheid van sport.

Oosthuizen het aan die Standard verdui-delik dat ook ’n buitepasiënteprogram aan-gebied word en waar hulle ’n weeklikse ses-sie vir ’n groep werknemers hou.

’n Week voordat die pasiënt se ontslag ishy gewoonlik baie angstig omdat hy nie weetwat om te verwag nie, sê sy.

“Die ouers speel ’n belangrike rol in dierehabilitasieproses van ’n pasiënt. Dit isnoodsaaklik dat daar ’n goeie verhoudingtussen die familie en die pasiënt is sodat hysober en dwelmvry kan bly,” het sy gesê.

Die sentrum, wat in Worcester gebaseer is, het sowat 70 pasiëntevan verskillende dorpe in die Wes-Kaap. Hier is ’n paar van hul-le besig met kreatiewe werk.

FOTO’S: MATTHEW SHELDONGedurende jeuggroepsessies word oor aspekte soos vriende engroepsdruk gesels.

Dwelms vervang ‘n leemteMATTHEW SHELDON

“Die meerderheid jongmensemisbruik dwelms of alkohol om-dat daar iets in hul lewe is waar-na hulle verlang.”

Só gesels Gaynom Prins, ’ndwelmverslaafde wat tans pro-beer om sy lewe te verbeter.

Prins (16), ’n gr. 10-leerling by’n plaaslike skool, het op 1 Sep-tember homself by die Toevlug-sentrum vir Alkohol- en Dwelm-afhanklikheid in Worcester aan-gemeld.

Hy het aan die Standard ver-duidelik dat hy sedert die ouder-dom van 14 jaar dagga gebruik.

Volgens Prins het sy vriende-kringookdaggagebruik“omdatditgoedkoop,maar kragtig is”.

“Die straatwaarde van dagga is sowat R10vir ’n bankie.

“Groepsdruk het veroorsaak dat ek begindagga rook het. Ek het skielik elke aand beginrook en naweke was die ergste, maar ek hetnooit gedink dat ek aan die dwelm verslaafis nie.”

Prins woon by sy ma en ouma in Riverview.Die feit dat hy sonder sy pa grootgeword het,het volgens hom ’n negatiewe impak op sy le-we gehad.

“Ek het na my pa verlang. Myma en ek het nie ’n goeie verhou-ding in die huis gehad nie.

“Rook was vir my ’n escape me-chanism. Dit het my gehelp omvan alles te vergeet.”

Prins is tans in sy derde weekby die jeugprogram by die sen-trum.

Hy vertel dat sy eerste week inrehabilitasievirhomdiemoeilik-ste ervaring van sy lewe was.

“Ek was gewoond aan opstaanen my eerste sigaret vir die dagte rook. Die aanpassingsproseswas bitter moeilik vir my, maardit is belangrik om jou liggaam teontgif.”

Volgens hom is hy opgewondeom terug skool toe te gaan en hy wil graageendag sy matriek voltooi.

Sy droom is om ’n siviele ingenieur te word.Volgens Prins is daar baie jongmense in

Worcesterwat verslaaf isaandwelmsenalko-hol.

Hy sê die ouers moet meer betrokke raakby hul kinders se lewens. Daar is ook nie ge-noeg ontspanningsfasiliteite vir die jeug nie.

Sy boodskap aan anders verslaafdes is: “Jymoet ophou rook of drink. Dit vernietig ’nmens se hele lewe. Hoe meer jy rook of drink,hoe meer afhanklik word jy van die dwelm.”

Gaynom Prins

Hier word paar pasiënte nuwe vaardig-hede geleer.

MATTHEW SHELDON

“Ek is baie jammer oor die pyn en lyding watekmetmyalkoholmisbruikveroorsaakhet.”Dit is die woorde van Samuel Bastiaan*, ’nalkoholverslaafde wat in die Toevlug-sentrum opgeneem is.

Bastiaan (43), van Roodewal, het vir sowat25 jaar alkohol gebruik en misbruik, voordathy besef het dat hy verslaaf is. Volgens homhet hy en vriende omtrent elke naweek byverskeie sportwedstryde in Worcester ge-drink.

“Solankaswat jy jouvriendekan entertainis jy die beste, maar as jy niks het nie danbestaan jy nie,” het hy vertel.

Bastiaan het tussen R400 en R500 per weekop alkohol uitgegee.

“Ekhetelkeaandsowatdriebieregedrink,maar ná my vrou se dood het ek my aan diedrank oorgegee.”

Hy het bygevoeg dat hy nie eintlik enigeondersteuning gehad het nie en hy het ooknie om hulp gaan aanklop nie.

Bastiaan is tans in sy vyfde week by Toe-vlugsentrum. Hy het aan die Standard ver-duidelik dat die eerste drie dae van sy behan-deling by Toevlug baie moeilik en hartseerwas.

“Ek het die huis en my kinders vreeslik ge-mis. Dit was baie moeilik vir my om aan tepasbymynuweomgewingendiehelerehabi-litasieproses, maar gelukkig was my cra-vingsnie só ’n groot kopseer vir my nie,” hethy gesê.

Bastiaanwerkas ’noperateurby’nplaasli-ke maatskappy. Volgens hom het hy nooit ge-dink dat hy eendag by Toevlugsentrum opge-neem sou word nie.

“Ek het geleer dat jy moet altyd op die Herevertrouendat jyjouSkeppervir leidingmoetvra. Ek het ook geleer dat ’n mens altyd ’npositiewe uitkyk op die lewe moet hê en datjyeersna jouselfmoetkykvoordat jyvingerswys,” het Bastiaan gesê.

Hy het bygevoeg dat hy baie hard sal pro-beer om dit wat hy verkeerd gedoen het, teherstel. Sy boodskap aan die jeug is: “As jy’n probleem het en jou ouers is nie daar nie,gaan soek hulp by ’n plek soos Toevlug. Blyweg van die verkeerde vriende af.”

*Skuilnaam

Gaan soek hulp

Page 12: Worcesterstandard 20130926

12 Standard26 September, 2013

GemeenskapsnuusCommunity

ELKE DONDERDAG) Alkoholiste Anoniem kom om 19:00 byeenby die Worcester United Church. Navrae:0 083 635 1059.) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie engeestesgesondheid vergader by Kerkstraat 33om17:00. Vir besonderhede bel Frances Crous:0 023 342 4331of 082 647 8883of Bill Skin­ner: 0 023 342 1881.

ELKE SATERDAG)Ralph’sGo­Cart Racing, 12:00–17:00, Klein­plasie. Koste: R50. Navrae: Roelf:0 082 771 8004 of Saartjie: 084 577 2383.

THURSDAY 26 SEPTEMBER) Worcester United Church’s monthly tearoomfrom 10:00 –12:00.

VRYDAG 27 SEPTEMBER) Die Zion AME Kerkskool hou ’n worsrolletjie­verkoping by die kerk.

27 - 29 SEPTEMBER) Die Zion AME Kerk bied ’n mannekamp byPat Bush Natuurreservaat buite Robertson aan.Navrae: Eerw. Keith Links, 0 076 450 4198.

SATERDAG 28 SEPTEMBER) Die Zion AME Kerkskool hou konsert. Toe­gang: R10.

FRIDAY 4 OCTOBER)Worcester Boys High/H.J.S. Worcester Class

of 1963 will celebrate their 50th reunion whichcoincides with the annual reunion. RSVP as soonas possible to Etienne, 0 082 768 3459 or [email protected] for further details.

SATERDAG 5 OKTOBER) Die VGK Worcester­Suid hou gemeenteba­saar van 08:30 tot 13:00 by Romanstraat 8 inRiverview.) CD launch by BareniceWildskut at the Mara­nathaauditoriumat 18:00. Entry: R30. Booking:0 083 746 9372. CDs (R60) will be available.

VRYDAG 11 OKTOBER) DJ Ossewa tree om 19:00 ten bate van dieInstituut vir Blindes bydieDaschboschKelder op.Kaartjies: R60. Navrae: 0 023 347 2745.

WOENSDAG 16 OKTOBER

)Diekomiese toneelstukBalladevan ’nBanggatmet TobieCronjé, is by dieWaboomsaal, Breëri­vier, op die planke. Kaartjies: R130 (ligte ete in­gesluit). Kontantkroeg beskikbaar.Navrae: Hes­na: 0 084 763 3084 of 082 779 9778.

WOENSDAG 23 OKTOBER) Nataniël tree om 20:15 by die HoërskoolMontana op. Kaartjies, van R100 af, is van 16September op skooldae tussen 10:00 en 11:00beskikbaar.Geenkinders onder15 jaarnie.Na­vrae: 0 023 347 0476.

VRYDAG 1 NOVEMBER) Adam tree by die Overhex Kelder se BalanceBistro op. Navrae: 023 347 6838,023 347 5012 of 084 444 4599.Valleikalender: 0 023 347 0968 of 2 in­[email protected].

V A L L E I - K A L E N D E RV A L L E I - K A L E N D E R

Ons laaste oulike kategoriewenner gekiesDie Standard se babakompe-tisie het eergister (Dinsdag)gesluit.

Die kategorie-wenner diéweek is Ivan Swanepoel (1jaar en 1 maand). Daar wasgeen inskrywings in die 0 -18 maande-kategorie hierdieweek nie.

Al die kategorie-wennersse foto’s verskyn volgendeDonderdag (3 Oktober) in dieStandard waaruit lesers virdie uiteindelike twee katego-riewenners moet stem.

Vanjaar se borge wat virdie opwindende pryse gaansorg, is Superfoto (borg tweeA3-afdrukke, twee A4-af-drukke en 20 10x15-afdruk-ke); Beauty @ Heart (partytjie vir 10 kinders;indienbuiteWorcester,moet diewenners selfdie vervoerkoste dra); Amy’s Parties (’n par-tytjievir 10kindersmet ’n temavaneiekeuse;

voorwaardes geld); ATKVGoudini Spa (elke kategorie-wenner ontvang verblyf virdrie dae gedurende die weekby die luukse Slanghoek Vil-la);LeggsSpeelgoed(R100aanelke kategoriewenner); But-terfly World (vier koopbewy-se terwaarde vanR137 elk vir’n gesin bestaande uit tweevolwassenes en twee kin-ders); Anna Emm (Lekker-bekkie Muis-DVD vir altweekategorieë); Fowlers (ete terwaarde van R500 elk vir albeikategoriewenners enReggies(’n R500-geskenkbewyse virkategoriewenners).

Lesers het tot Dinsdag (8Oktober) om 12:00 kans om te

stemdeur diewoord “BABA”, gevolg deur diebaba se naam, na 34426 te SMS. Elke SMS kosR1,50. Ddie wenners sal in die 10 Oktober-uit-gawe aangekondig word.

Ivan Swanepoel (1 jaar en 1maand).

HILDERINE SCHRÖDER

Watter gas by verlede jaarse dinee na afloop van diePioneer Rally sal die oom-blik vergeet toe dieuitvoe-rende hoof van ShopriteHoldings, Whitey Basson,R25 000 opgedok het vir ’nimpromptu nuusbulletindeur die geliefde nuusle-ser Riaan Cruywagen?

As dié oomblik enigsinsiets is om op peil te trek, hetgaste by vanjaar se PioneerRally op 9 November beslisrede omnou al opgewonde teraak.

Die jaarlikse Pioneer Ral-ly ten bate van die Instituutvir Blindes se Pionierskool,het geen bekendstelling no-dig nie en is een van diehoogtepunte op die Vallei-kalender.

Die 32 bekendes wat aanvanjaar se tydren deelneemsal oudergewoonte hul ry moet ken omsaammet hul blinde navigators koning tekraai oor die roete wat deur die tydrenle-gende Sarel van der Merwe uitgelê word.

Onderdiebekendesbyvanjaarsetydren

is Jak de Priester, Neelsvan Jaarsveld, BreytonPaulse en Margit Meyer-Rödenbeck (beter bekendas die bekkige DowweDolla).

Toks van der Linde,teendié tydal ’noubeken-de by die Pioneer Rally,en die gewese Mej. Suid-Afrika Nicole Smith salvanjaar se seremonie-meesters wees tydens dieglansgeleentheid na af-loop van die tydren.

Deelnemers spring byAudi Somerset-Wes wegen eindig by The GoldenValley Casino waar Val-leiers die kans sal kry omhul gunsteling-bekendeste ontmoet en handteke-ninge te kry.

Die dinee na afloop vandie tydren, wat deur diekykNet-program Bravo!uitgesaai sal word, wordvanjaar by die ATKV

Goudini Spa aangebied.Die tydren word deur Audi SA en The

Golden Valley Casino geborg.Bravo! en die Standard is mediaborge

van die tydren.

Die geliefde nuusleser Ri-aan Cruywagen se im-promptu nuusbulletin byverlede jaar se Pioneer Ral-ly-glansdinee, was een vandie hoogtepunte by dié ge-wilde geleentheid.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

FOLLIES: DieWorcester Ta-felronde biedbinnekort syjaarlikse Fol-lies aan. Diégewilde ge-leentheidword op 18,19, 25 en 26Oktober om19:00 by dieTafelronde seklubhuis inCombrink-straat aange-bied. Kaartjieskos R150 (eteingesluit). Daar is ’n kontantkroeg. Navrae:Lindi Krouwkam 0 082 731 9580 of [email protected]. FOTO: VERSKAF

Soek plakstuk!Dink net - hoe gaaf sal dit nie wees om R1 000te wen om in dieMountainMill opWorcesterte bestee is nie – mits jy natuurlik aan dieStandard en Mountain Mill se opwindendepret-met-plakkompetisie deelneem – en wen!

Die voorlaaste plakstukkie in hierdie kom-petisie verskyn vandag iewers in die uitgawewat jy nou vashou en volgende week (3 Okto-ber) moet deelnemers die heel laaste plak-stukkie uitsnuffel.

Die plakstukkiesmoet op jou spesiale plak-vorm geplak word en sodra die vorm voltooiis, kan jy dit by die Standard se kantoor byHoogstraat 116 ingee of dit pos na Posbus 31,Worcester, 6849.

Deelnemershet tot 10Oktober tyd omal dievorms in te stuur.

Slegs oorspronklike vorms en plakstukkeword aanvaar (geen fotostate nie).

Die wenner van die kompetisie se foto salin die Standard verskyn.

* Werknemers van die Standard en Moun-tain Mill mag nie aan die kompetisie deel-neem nie.

Rally-tydkomnader

Page 13: Worcesterstandard 20130926

13Standard26 September, 2013

PadlangsRoadtrip

Helpingvictimsat the sceneofanaccidentAccording to theWorldHealthOrganisa-tion, traumaisamajorcauseofdeathanddisability around theworld. It is estimat-ed that some 50% of road deaths in deve-loping countries couldbepreventedwitheffective intervention.

The first person on the scene of any acci-dent is usually a civilian, so gaining a basicunderstanding of first aid can go a long wayto saving another person’s life. This is espe-cially relevant because the activities that oc-cur within the first hour after a victim expe-riences trauma are the ones that will deter-mine howwell hewill recover. This is calledthe “Golden Hour”.Here’s how you can make a difference:. Unless there is an immediate and direct

threat to the victim’s life, never move some-one who has been in an accident. If the vic-tims have experienced a substantial blow totheir bodies, they must not be moved. Onlytrained professionals should move someonewhomighthave experienceda spinal injury.Itdoesn’tmatter if thevictimisable tospeak,uncomfortable where they are or obstruct-ing traffic. Never remove a biker’s helmet.

. Call immediately for assistance. Savethe emergency numbers for your area onyour cell phone or keep them on a piece ofpaper in the cubby hole of your car so thatyou can easily refer to them. As a generalrule, thenationwideemergency line is 10177,cell phone users can dial 112, Netcare on082 911 andER24 on 084 124 froma cell phoneor 0861 084 124 from a landline. These num-bers should put you through to an operatorwho should be able to assist you in dealingwith the specifics of the accident scene.

. Stop any serious bleeding. While mostmedical intervention should be left to the

professionals, it is important to prevent anyexcessive bleeding. The best way to do thisis by applying pressure to the site of thewound. Remember not to move the victim inorder to do so.

. Be calm. For someone who has been inan accident, the presence of a calm personwho has the situation under control is ex-tremely reassuring. Simply by sitting withthe victim and letting them know what youhave done to help them and why, is enoughto make them less likely to panic and worsenthe situation. Source: www.women24.com

Page 14: Worcesterstandard 20130926

14 Standard26 September, 2013

GemeenskapsnuusCommunity

SKEIDSREGTERTRUI GE-SOEK:’n Beloning word uitge-loof vir inligting wat kan helpom twee sportsakke wat on-langs uit ’n voertuig by dieEsselenpark-stadion gesteel is,terug te vind. Jerome van derWesthuizen se besittings is Sa-terdag (14 September) uit syvoertuig gesteel kort voor hyas skeidsregter op die veldmoes draf vir ’n Boland-wed-stryd. Die een sportsak, pienken swart, het nuwe sportdrag(soos dié rugbytrui) vir Bo-land-skeidsregters bevat, ter-wyl die tweede ’n werksakmet werksverwante dokumen-te, ens. bevat het. Enigiemandmet inligting kan Van derWesthuizen by 078 682 6571bel. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Families Suid-Afrika(Famsa)seBoland-Over-berg-tak hou op 16 Okto-berom12:00syalgemenejaarvergadering by dieNG Kerk Worcester Val-lei in Tulbaghstraat.

Die gassprekers by diégeleentheid is adv. Cin-dy Abdol en ChristelleSwart, ’n prokureur.

Hul praatjie sal han-del oor die regte en ver-

pligtinge van ouers interme van die Kinder-wet en Wet op SeksueleMisdrywe ten opsigtevan minderjariges enverstandelik gestremdepersone.

Toegang is gratis.Valleiers wat die ver-

gadering wil bywoon,moet voor 7 Oktober byIlse 0 023 347 5231 be-vestig.

Boland­OverbergFamsa byeen

Page 15: Worcesterstandard 20130926

15Standard26 September, 2013

GemeenskapsnuusCommunity

OpVoortrekkers se spoorHILDERINE SCHRÖDER

Hulle het dieWinterberge getem, ’n hewi-ge stofstorm in Bloemfontein getrotseeren is deur ’n yswind by Vegkop, net buiteHeilbron, begroet, maar die 34 stuks“trekkers” beur steeds voort in die sporevan die Voortrekkers van ouds.

Die span het op 16 September met agt vier-trekvoertuie by die Klipbokkop-4x4-akade-mie buiteWorcester op ’n viertrek-gedenktogter herdenking van die Groot Trek 175 jaargelede weggespring.Op hul tog, onder die vaandel van die Fede-

rasie van Afrikaner-Kultuurverenigings(FAK), volg die nuwe generasie “trekkers” indie spore van die trekleier Piet Retief van dieOos-Kaap tot Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.Die trek het amptelik op Retief se plaas

Mooimeisjesfontein buite Grahamstad afge-skop waarna die “trekkers” die Winterbergegetakel het.Die tog deur dié bergreeks, sê Gerhard

Groenewald van die Klipbokkop-4x4-akade-mie en die gedenktog se “trekleier”, het hulle

baiebewusgemaakvandieuitdagingswatdieeertydse trekkers in die gesig gestaar het.“Onsmoes die hele roete bergop op die ouwa-spore in laestrek-4x4 ry en op plekke het onsswaargelaaide bakkies gesukkel om deur diespoelslote te krink.“As óns ditmoeilik gevindhet, dinknet hoe

dit moes wees vir Retief en sy geselskap ommetmenige ossewaens en groot troppe beesteen skape teen hierdie steiltes uit te trek.”Die groep het ’n kleinmonumentjie ter her-

denking van die Groot Trek op die kruin vanhul roete opgerigvoorhulleverderophul reisvertrek het. ’n Gedenksteen is ook by dieVrouemonument in Bloemfontein gelê.Ander plekkewat die “trekkers” ophul roe-

te besoek het, sluit Post Retief, die graf vanAnna Steenkamp (Retief se niggie), Winburgen Vegkop in.Die “trekkers” het vroeër dié week die Dra-

kensberge aangedurf. Hul trek sal na verwag-ting môre (Vrydag) by Bloedrivier eindig.’n Dokumentêre program oor die 4x4-trek

sal later op kykNET uitgesaai word.Volg die groep se vordering op onder meer

www.fak.org.za, www.klipbokkop.co.za enwww.kyknet.co.za.

Altesaam 38 ‘trekkers’ het vandeesweek vir die Groot Trek se 175ste herdenking begin met’n tog in die spore van Piet Retief. Die span het by Klipbokkop buite Worcester weggespring.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Fashion for charityMATTHEW SHELDON

“The fashion showwas a real success.We real-ly received overwhelming support.”So says Tania King, founder of Fashion that

Heals.Withher teamandsponsors, shehostedan entertaining fashion showat theWorcesterTown Hall earlier this month.The theme of the show was “Fashion

Through the Ages”.Fashion that Heals is a registered non-profit

and faith-based organisation. King told theStandard that all the clothes the models worewere donated by communities in various pro-vinces across the country. The outfits shownoff on the evening were all planned by Kingand her mom, Jeannie Smith.“We took all the clothes and created outfits

fromthedifferenteras.Wehadtoassembleout-fits ranging from the thirties to the eightiesas part of this theme,” she said.The organisation managed to raise about

R35 000 from the show and the auctioning ofthe outfits.King added that they have identified

St. Christopher Home for Pensioners in Fair-bairn Street inWorcester as the beneficiaries.“Wewilluse themoneytobuytiles,bed linen

and wardrobes for the residents, and hand theitems over to them. We would like to addresstheir concerns and improve their lives,” sheadded.The show, which attracted more than 140

people, saw 13 youngwomen and seven youngmenmodellingon thestageaspart of their con-tribution towards the cause.The New Kidz on the Block, a dance group

fromWorcester, also delivered a performanceand received a standing ovation.The details of the sale and auctioning of the

clothes are yet to be confirmed.For more information, contact Tania King

on 082 924 7871 or e-mail [email protected].

Two models showing evening wear atthe “Fashion Through the Ages” eventat the Worcester Town Hall.

PHOTOS: MATTHEW SHELDON

The New Kidz on the Block, a dancegroup from Worcester, received astanding ovation.

Page 16: Worcesterstandard 20130926

16 Standard26 September, 2013

SkoleSchools

MATRIEKAFSKEID: Ruan Horne het Amerey Pretorius van DeDoorns na die Hexvallei Sekondêre Skool se matriekafskeid verge-sel. Die matriekafskeid is in die Hexvallei-ledesaal gehou. FOTO: VER­SKAF

NAMAKWALAND IN DIE BOLAND: Charl Visagie en DeograziaPhilander van die Hoërskool Hexvallei kon nie vir ’n mooier daggevra het met hul onlangse matriekafskeid nie. Nie net het die weersaamgespeel nie, maar lenteblomme wat oral gebloei het, het diearea in ’n Namakwaland in die kleine omskep. FOTO: CALVIN SALJEUR

KAMPIOENE: Die Laerskool Worcester-Oos se o.13-rugby-span het vanjaar al sy verpligte ligawedstryde gespeel en ge-wen. In die nege wedstryde wat gespeel is, is 394 punte aan-geteken, 19 afgestaan, 73 drieë gedruk en drie afgestaan.FOTO: VERSKAF

MANNE LEER KOOK: Worcester Gimnasium is nou nie net ’nskool vir kinders nie, maar volwasse mans leer nou ook hier om tekook. Sowat 50 mans woon Annatjie Reynolds en Jana Louw sekookklasse by oor hoe om springbokkarkasse op te sny. Boudeword ontbeen en kaasworse word ook gemaak. Hulle leer alles oorkoue en warm rook. Hier (links) is Petra Roux (hoof van gasvrei-heidstudies), Sakkie Krouwkam (SBLO-voorsitter), Reynolds (mede-skrywer van Karoo Wildsvleis), Jana Louw (gaskok) en Charl Schoe-man (skoolhoof by Worcester Gimnasium). FOTO: VERSKAF

Page 17: Worcesterstandard 20130926

17Standard26 September, 2013

AdvertensieAdvertisment

Page 18: Worcesterstandard 20130926

18 Standard26 September, 2013

GeklassifiseerdClassifieds

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

07

Gelukwensing

Congratulations

GELUKKIGE 80ste ver-jaardag. Van Sakkie, kin-ders, kleinkinders en ag-terkleinkinders.

GODS rykste seën met joumondigwording op24/09/2013. Lusce Salie.Padkos Psalm 11:22. VanMammie, broers en suster.Lief vir jou.

08

Sterfgevalle

DeathNotices

APOLLIS,MORNé.Although no words canease the pain of losing youjust know that you willalways be in our hearts.From Susan and children.APOLLIS,MORNé. DearLord, please take amessage to my brother andtell him we miss and lovehim. His gentle smile andkind words will forever livein our hearts. From Charl-ton, Marlene and children.APOLLIS,MORNé. Onsharte is gebroke, die seeren gemis is groot, maarons berus in God se wil.Van jou ma, pa, Sarine enDeorant.

JACOBS, JOHANNA.Mammie het my gedra enverdra onder moeilikeomstandighede. Ek is te-vrede want ek was daar virMammie. Van Charl (Carl)Jacobs.

JACOBS, JOHANNA(HENNAFIELIES). Ourloving sister we criedwhen you passed awaybecause He needed you.Tears have fallen, heartsare shattered, but Godproved that He only takesthe best. It was time foryou to go home. Your namewill always be engraved inour hearts. Love, sistersJacqueline, Linda and WillaHaas.JACOBS, JOHANNA.They say memories aregolden, well maybe that'strue. I never wanted me-mories, I only wanted you.A million times I cried ifmy love alone could havesaved you, you neverwould have died. In life Iloved you dearly, in death Ilove you still. In my heartyou hold a place no onecould ever fill. From yourbabygirl Inge and Poot.JACOBS, JOHANNAELIZABETH. Rus in vre-de, Mammie. Jou dogter,Julie.JACOBS (FIELIES),HENNA.My suster, ekgaan jou baie mis. Rus invrede. Sally en kinders.JACOBS, HENNA.Mam-mie, hoe sê mens ooit dan-kie vir alles? Ek sê dankievandag dat jy jou handekrom gewerk het vir ons,jou knieë deurgebid het virons. Jou huis was my hawewanneer ek weggehardloophet van alles wat ek nieverstaan het nie, wanneerek aan die baklei was metGod, mens en met dielewe. Jou oor was my tele-foon met God en jou Bybelmy breekwater teen dielewe se aanslae. Jy was soverskriklik lief vir jou tuin,blomme en veral Daddy.Vir 21 jaar het jy getreuroor hom. Nou is julle by-mekaar. Dankie Mammiedat jy 'n sonder pretensie-mens , reguit-mens, om-gee-mens, kinderlief-menswas. Ek koester en eer jou.Gail en Gavin.JACOBS, HENNA. Onsharte is seer vandag oorjou en ons gaan jou baiemis. Rus in vrede, Mam-mie-lief. Leon, Hilaly,Hayllee en Rimero.JACOBS, HENNA. Van-dag is jou plekkie in myhart nie leeg, ook nie be-skikbaar, dit behoort altydaan jou en is vir ewig daar.Tot ons weer ontmoet. VanCathleen.JACOBS, HENNA.WatGod gedoen het, is welge-daan. Ons gaan jou mis.Van Pietersen-gesin.JACOBS, JOHANNAELIZABETH.Mammie, dishartseer om totsiens te sê.Ons berus, dit was God sewil. Tot ons weer ontmoet.Margot, Jeff en Adian.JACOBS, JOHANNAELIZABETH. Ouma. wewill miss you, though weknow you are safe in thearms of Jesus. Emily andRuan.

JACOBS, JOHANNA.Aunt Henna was a won-derlike ouma vir my kin-ders. Ons berus, dit wasGod se wil. Van Meagan duToit, Chlichné en Cee-Jay.JACOBS, JOHANNA.Ons ouma, baie dankie vir'n wonderlike tyd wat onsaltyd saam met jou konspandeer vir die slapies.Ons gaan jou baie mis. VanCassidy en Elridge Jacobs.JACOBS, JOHANNA. 'nwonderlike Ouma wat naons gelyk het van kleins af.Ons het so baie geleer vanOuma. Sal altyd Ouma sedierbare woorde onthou.Van Charne en Charl Ja-cobs.JACOBS, JOHANNA(HENNAFIELIES). Dishartseer om totsiens te sê,maar ons berus in God sewil. Ons gaan ousus mis,maar laat jou gaan. Sal ou-sus nooit vergeet. Jy salons aunty ousus bly. Jo,Eké, Ambah, Riyaad,Anrich en Chenicque Haas.

PAGE, SONIAA. Youpossess all the uniquequalities that describe theperfect wife and mother,beautiful, kind, caring witha warm and loving heart.Your love is beyondmeasure and something Iwill always treasure.You're simply amazing! Welove you Soni and Mom.Jordan, Kyle, Yanke andJade.

PAGE, SONIA. Ons neemmet groot hartseer en tereherinneringe afskeid van 'ngeliefde kollega. JuffrouPage, Sony, ou Souns, jyhet vir 28 jaar diep sporein ons harte getrap. Onssal jou lighartigheid, deer-nis, ongelooflike sin virhumor en sagte glimlagnooit vergeet nie. Sy leefvoort in ons harte. Ons bidhaar familie vertroostingtoe. Personeel, leerders enSBL - Worcester Sekondêr.

PAGE (NEé THOPS),SONIA. In loving memoryof our daughter and sister.Mom, Dad, Atiyya, Vaniaand families.PAGE, SONI. Ons is hart-seer om afskeid te neem,maar dankbaar vir al joumooi herinneringe. Rus sagen weet jy sal altyd in onsharte voortleef. VanGraeme, Janine, Angelique,Kim en Graeme Junior.PAGE, SONI. Ons woordeis min, jou huis is stil,maar ons is tevrede. Joustille heengaan sal onsnooit vergeet. Gaan joubaie mis. Dadda, Brian,Ronald, Enid en familie.PAGE, SONI. Jou positie-we gees sal voortleef injou 3 seuns, want jy het ditreeds in hulle belê. Jordanjul liefde, respek en omgeetot die einde was iets be-sonders om te beleef. Lief-de, Oswald, Dawn, Gaby enOsric.

MAART, ANNA. Jou tydis jou tyd het God gesê. Ekhet jou nodig vir My tuin.My Ma, ek gaan jou mis,maar ek gun jou die rus.Sophie en kinders.

MALGAS, STEPHANUS(FANIE). Skielik hetDaddy ons verlaat opWoensdag. Die gemis isgroot, maar nou is Daddyverlos van die pyn. Dankievir alles wat Daddy vir onsbeteken het. Ons sal Daddynooit vergeet nie. Van jouvrou Sandra, Chantal,Stephanie, Issandro, joukleinkinders Job en Georgefamilie.MALGAS, FANIE.Methartseer neem ons afskeidvan 'n dierbare vriend,broer en kollega. Jou sagteglimlag en gekskeer gaanons baie mis, maar jy isverlos van die pyn. Ons saljou altyd onthou met deer-nis en 'n glimlag op onsgesigte. Vaarwel onsvriend. Van Abdol, Kaap-stad Liquors-personeel enAbdullah-gesin.

Page 19: Worcesterstandard 20130926

19Standard26 September, 2013

GeklassifiseerdClassifieds

PHILLIPS, JAMES. Rusin vrede. Gemis is groot.Van George, Jolene en fa-milie, John, Merenda enfamilie, Peter, Eleanor enfamilie, Grace, Garth enfamilie, Anneline, Peter enfamilie. Rosaline en fami-lie en James en familie.PHILLIPS, JAMES.Met'n glimlag het u gegaan,wetend God se werk iswelgedaan. Die gemis salaltyd daar wees. Jy wasons "hero". Jou humor enondersteuning gaan onsmis. Dankie Vader vir diewonderlikste Pa wat U virons gegee het. Jou verlan-ge na Mamma was tegroot, maar ons berus onsdaarby. Baie liefde, JD,Daphne, Jarine, Jean, Joyen Keesha.PHILLIPS, JAMES. Dan-kie vir alles wat Pa vir onsgedoen het. Gaan Pappabaie mis. Van Cathy, Nico,Grant, Inge, Danielle,Cheslin en Alex.PHILLIPS, JAMES. Russag, Pappa. Ons gaan joubaie mis. Dankie vir so 'nwonderlike pa. Mercia,seuns en kleinkinders.

FRANSMAN, BESSIE(Stroebel). 08/07/1930-23/09/2013. Word diepbetreur deur ons kinders,kleinkinders enagterklein-kinders- Julian,Rochelle, Elleniece,Henretia, Mirna, Edlin, An-thony, Warren, Wayne,Alieya, Arlynn, Ellerie,Seth, Bienie.Begrafnis Sa-terdag 28 September2013-10:00 by Davidstraat11 en 11:00 by St. JamesAglikaanse Kerk,Waterloostraat.

11

InMemoriam

JUMAT,MARY. Sondagis dit jou 50ste verjaardagin die hemel. Die verlangeen hartseer is groot, maarberus ons dat God nooit 'nfout maak nie. Michelle,Deida, Ronald en die twee-ling.

TEMBU, RODNEY.MyBlom, jou eerste verjaar-dag by liewe Jesus. Die ge-mis is nog groot. Liefde,Mamma, suster, broers,Tembu- en Sais-familie.

WILLIAMS, PAUL. 26September, jou 12de ver-jaardag weg van ons. Mooiherinneringe sal ons altydbybly. Van vrou, kinders enkleinkinders.

12

Dankbetuigings

Thanks

JEFTHA, ELIZABETHMAGRIETA. Hiermee wilons familie en vriendehartlik bedank virhanddrukke, boodskappevan bemoediging met dieheengaan van ons moeder,skoonmoeder en ouma,Elizabeth Magrieta Jeftha.Spesiale dank aan mev.Elize Naude vir die 3 prag-tige ruikers in die kerk enook aan mnr. en mev. Abeen Denise Jantjes en per-soneel van Valley Funeralsvir hulle absolute profes-sionele diens gelewer. Godseën julle almal. VanJames en Sylvia Jeftha engesin.

PERSOON-LIKEDIENSTEPERSONALSERVICES

43

Persoonlike Dienste

Personal Services

BRIDGING cash whilewaiting for pen-sion/package payout(lumpsum only). Cashsame day. Ph. (021) 9490930.

DDEE WWEETT

DDIIGGGGEERRLLOOAADDEERRSS

NNiiccoo ddee WWeett

SSeell:: 008822 777700 22882222

OOFF TThheerroonn ddee WWeett

SSeell:: 008822 555577 22339933

Steenkool As

Beskikbaar

TE HUUR

GRONDDREINERING

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

102

Allerlei

Miscellaneous

Services

TV TEDELEX kleur 51 cmR895. Toilet seat raise -large adult R350. Imbuiakis R895. Tel. 023 3424081. Sel 076 751 1050.

1141

Algemene

Dienste

General Services

MEUBELVERVOERN.J.(Otto). 20 jaar ondervin-ding. Persoonlike toesig.Enige trek. 082 7089447/023 342 0286.

EIENDOMMEPROPERTIES

171

Woonstelle te Huur

Flats to Let

STELLENBOSCH 2 slpk.,Volle diefwering, balkon,swembad. Onmid. beskik.R5 300 p.m. ohb. 083 6605602/3.

JOBS

401

Algemeen

General Vacancies

WIL jy jou eie ure werk?Verkoop Avon. Ek help jouregistreer as 'n agent. 078301 3771.

OPLEIDINGSHULP:Rekenaarprogramme.Rekenaaronderneming be-nodig 'n tydelikeopleidingshulp (Oktobertot Desember 2013). E-posasb. u aansoek [email protected] sluit Maandag30 September 2013.

Page 20: Worcesterstandard 20130926

20 Standard26 September, 2013

GeklassifiseerdClassifieds

Page 21: Worcesterstandard 20130926

21Standard26 September, 2013

GeklassifiseerdClassifieds

Page 22: Worcesterstandard 20130926

22 Standard26 September, 2013

SportSport

BREEDE EIENDOMMEBREEDE EIENDOMMEOM HIER TE

ADVERTEER SKAKEL

023 347 0968

OM HIER TE

ADVERTEER SKAKEL

023 347 0968

Belegger se droomDié week se toonhuis in die Mall Mews-ontwikke-ling naby die Mountain Mill Mall is voorwaar ’nbeleggersdroom.Die ontwikkeling is ten volle omhein en streng

argitektoniese riglyne waarborg u ’n veilige beleg-ging. Die ruim leefvertrek word gekomplementeermet ’nmoderneoopplankombuismet symarmerop-pervlaktes en kaste in rooiels-afwerking.Die hoofslaapkamer met sy moderne ingeboude

kaste het genoeg ruimte vir ’n dubbelbed. Die twee-de slaapkamer is só ingerig dat twee kinders watdeel, elk sy eie kas het.Die slaapkamers word bedien met ’n luukse vol

badkamer met krane en toebehore van kwaliteit.Die woning is so ontwerp dat wanneer dit reën,

die motorafdak ekstra ruimte bied.Bel Nicolene by 0 083 557 1384 of Henry by

0 083 227 6827 of besoek www.worcesterproper-ty.co.za vir meer inligting oor die Mall Mews-ont-wikkeling.

Klein, rateltaaiZola inWorcesterCHRISTINE SMIT

Sy is nog dieselfde Zola soos onshaarvan jare terugonthou–klein,skraal,bruingebrandenrateltaai.

ZolaBudd, legende indieSuid-Afri-kaanse én wêreldatletiek, is die afge-lope paar weke in Suid-Afrika as ver-teenwoordiger vir Newton-hardloop-skoene en bied terselfdertydondersteuning aanopkomende atletedeur van dié skoene te skenk, Sy biedook oefenklinieke vir atletiekklubsen skole-atlete aan.Sy is die afgelope week in die Wor-

cester-omgewingenwasverledeDon-derdagaandgassprekerbydieWorce-ster Atletiekklub (WAK) se byeen-koms by die Worcester PrimêreSkool.Maandag (23 September) het sy en

die Springbokatleet Marjory van derMerwe saammet ’n groot aantal atle-te vanverskeieklubs en skole aandieFit2Run-pretloop oor vyf kilometerby die De Wetsportterrein deelge-neem.Later die daghet sy ook ’nwerkses-

sievirdiekindersaangebiedenhard-loopskoene aan hulle geskenk.TydensWAK se byeenkoms het Zo-

la vertel van hoe haar atletiekloop-baanbeginhet toesyasbaie jongkindreeds begin draf het. Aan spesialediëte het sy haar nie gesteur nie –haar ma se kos was goed genoeg.Dit was ook by dié geleentheid dat

sy onomwonde gesê het die feit dat sypal kaalvoet gedraf het, eintlik ’n mi-te is – sy het tog by geleentheid draf-skoene gedra.

Zola en haar gesin woon die afgelo-pe vyf jaar in Myrtle Beach, Suid-Ca-rolina in die VSA. Die gesin, het syvertel, sal daar bly tot hul drie kin-ders hul skoolopleiding voltooi hetvoordat hulle na Suid-Afrika terug-keer.Volgvanhaarkinders inhaarvoet-

spore? Ja, sê Zola, “van hulle hard-loop maar hulle doen dit uit hul eie.Ek ondersteun hulle, maar dwinghulle nie.” Sy self hardloop nog elkedag van haar lewe en haar volgendemikpuntisdieTweeOseanevolgendejaar.Hoe geval die lewe die Pieterse-ge-

sin (Zola segetroudevan) indieVSA?“Die leefwyse daar is baie veilig enminder stresvol as in Suid-Afrika,

maar ek verlang baie terug.” En voegsy by, hulle as gesin praat net Afri-kaans in die huis!Wat was haar persoonlike hoogte-

punt in haar atletiekloopbaan? DieComrades van 2012, het sy verledeDonderdagaand by WAK se byeen-koms vertel. Dié wedloop het diegrootste vervullingvirhaar ingehou,het haar emosioneel gedreineer enhaar gouemedaljewas beter as enigeander toekenningwat synógontvanghet.Die druk deesdae op haar om te

presteer is baie minder, vertel sy.“My enigste ideaal is om my kinderste sien grootword, maar ek sal graagnog ietsheel andersookwildoensoosdie Ysterman-kompetisie.”

Zola Budd saam metRussell Cupido, se-kretaris van dieWorcester Atletiek-klub, by dié klub sebyeenkoms verledeDonderdagaand. Sydogter Hannah hetplaaslike wyn aanZola oorhandig. FO­TO:MATTHEW SHELDON

Zola Budd saam met Norman Ontong van Fit2Run (regs) en sy broer, Colin,skoolhoof by Hexpark Primêr, Dinsdag by die Fit2Run-pretloop by De Wet.

FOTO:CHRISTINE SMIT

Page 23: Worcesterstandard 20130926

23Standard26 September, 2013

SportSport

Gholf:Bonnievale (72): Houespel – E. van der Bank 72, R. Bes-ter 73, L.Wentzel 78, A. Liebenberg 78, G. Matthee 81.Ceres(72):Samespel-Stableford–C.OfferenJ.duPles-sis48,E.NortierenC.Offer46,B.J.ClaasenenJ.C.Kayer44, A. Botha en W. Muller 44, H. Hewitt en V. Hewitt43, G. Brink en B. Mong 43.Montagu(72):Enkel-Stableford–P.Becker42,N.Engel41,M. Calitz 40,M. vanWyk40, J. Conradie 40, D.Willi-ams 38, J. Noble 38, J. Nolan 37, R. Lof 37, J. Rossouw36, H. Biesenbach 36, W. Bezuidenhout 36.Riverside(72):Enkel-syferplus–B.Crous36,K.Eksteen35, N. Mulder 35.Robertson (72): Enkel-Stableford – M. Swart 35, C.Swart 35, E. Stipp 32, L. Jordaan 32, D. van Rensburg30.Theewaterskloof (72): Houespel – M. Button 69, D.Bradley 69, M. Pritchett 70.Worcester (72): Samespel-Stableford – J. vanWielighen D. Steyn 46, A. du Toit en E. du Toit 45, J. le RouxenL. leRoux44,L.Becker jr. enR.Neethling44,W.Wol-stenholme en N. du Plessis 43.

Rugby:Premierliga:UnitedBulkVillagers32,Ceres10;Robert-son 36, Hawston 33.Superliga-Oos: Newtons 43,MontaguVillagers 8; Deli-cious 15, Caledon 13.

Atletiek:Worcester-atletiekklub: Medihelp Tekkie 10 km(07/09/2013): S. Davids 01:05:05.Drie Vleie 10 km (14/09/2013): Vondra Singleton01:04:43.

Kaapstad Marathon 42,2 km (22/09/2013): VondraSingleton 05:24:17.

Duiwe:Kimberly-Ope 1 (21/09/2013):NBPU: 1. Regard Marais 1 151,43, 2. E.J. van Dyk1 148,73, 3. Rabe en Rabe 1 148,07.BHDK: 1. N.L. Greeff 1 143,08, 2. Van Wyk en Van Zyl1 111,20, 3. Manuel dos Santos 1 069,85.HDK: 1. C.B. Frick 1 089,23, 2. C.B. Frick 1 076,69, 3. C.B.Frick 1 044,97.LPKTR: 1. E.J. van Dyk 1 148,73, 2. Rabe en Rabe1 148,07, 3. G.P. van Zyl 1 145,04.WHPS: 1. Regard Marais 1 151,43, 2. S.J. Botes1 128,99, 3. G.F.J. Kriel 1 093,30.WHRS: 1. G. Jeffries 1 115,24, 2. S.C.Williams enSeun985,68.WPK: 1. Pieter Rossouw 1 123,20, 2. F.P. Grundlingh1 120,72, 3. Botma’s 1 115,64.WRPC: 1. J.C. February 966,54.

Kimberly Ope 2 (21/09/2013):NBPU: 1.D&JvanSchalkwyk1 149,11, 2. Piet laGrange1 145,91, 3. E.J. van Dyk 1 143,91.BHDK: 1. J.G. Burmeister 1 142,22, 2. VanWyk en VanZyl 1 108,22, 3. Manuel dos Santos 1 107,91.BVDK: 1. S. en A. Hokke 1 068,53.HDK: 1. C.B. Frick 1 089,23, 2. C.B. Frick 1 076,69, 3. C.B.Frick 1 017,19.LPKTR: 1. E.J. van Dyk 1 143,91, 2. Michael Strauss1 136,83, 3. E.J. van Dyk 1 109,95.VPK: 1. T. dos Santos 1 070,28.WHPS:1.D&JvanSchalkwyk1 149,11,2.SaeedJacobs1 126,46, 3. Regard Marais 1 072,66.WHRS: 1. S.C.Williams en Seun 1 018,45, 2. S.C.Willi-ams enSeun 1 018,22, 3. S.C.Williams enSeun 995,89.WNPK: 1. Boullion Brs. 1 045,89.WPK: 1. Piet la Grange 1 145,91, 2. Botma’s 1 107,24,3. Pieter Rossouw 1 102,05.WRPC: 1. J.C. February 1 053,20, 2. J.C. February1 024,17, 3. Soldaat en Seun 1 015,14.

Racing selections for Saturday(28/09/2013) at Durbanville:

Race one: Maiden Plate 1 000 m:1. Muskets ‘n Roses (1)

Race two: Maiden Plate 1 300 m:1. Glenton (12)

Race three: Maiden Plate (F&M)1 300 m:1. Endearment (Aus) (5)2. Dinesen (9)3. I’m A Rock Star (1)4. Hakahana (6)

Race four:OpenHandicap (MR74)1 300 m:1. Baldwin (3)2. Vice Admiral (5)3. Captain Magpie (11)

4. Rememberin Essence (8)

Race five: FM 72 Handicap1 300 m:1. Lift Off (11)2. Highly Decorated (3)3. She’s A Pippa (7)4. Prince Of The Sky (5)

Race six: FM72Handicap1 600 m:1. Flying Ally (6)2. Open My Eyes (3)3. Black Kitten (7)4. Miel (2)

Race seven: Open Handicap (MR84) 1 800 m:1. Tobe’s First (6)2. Noble Star (3)3. Robertson (11)4. Romeo Bravo (2)

Race eight: Emerald Cup (Grade 2)(At the Vaal Sand) 1 450 m:1. Pylon (1)2. Uncle Tommy (2)3. Mr Tobin (Arg) (5)4. Contador (3)5. Here Comes Billy (8)6. Tayba (11)

Race nine: Maiden Plate 1 800 m:1. Dust In The Wind (7)2. Spring Cherry (9)3. Gold Mountain (4)4. Sundari (6)

Place Accumulator:5,9x3,5x3,5,7,11x3,6x3,6,11x1,2,3,5x7,9.

Jackpot:3,5,7,10,11x2,3,4,5,6,7x2,3,4,5,6,11x1,2,3,5,6,8,11.

Pick 6 (10c unit):3,4,5,7,8,11x3,5,7,10,11x2,3,4,5,6,7x2,3,4,5,6,7,11x1,2,3,5,6,8x4,7,9.

Villagers stoomrollerCeresCeres het die afgelope Saterdag (21 Sep-tember) syrieme lelik styf geloop toeUni-tedBulkVillagershomin ’nPremierliga-wedstryd met 32-10 geklop het.

Die twee spanne het mekaar se kragte indie Bolandpark-stadion getoets. Villagershet eerste bloed geruik toe regtervleuel Gir-shin Wentzel ná ’n skitterende bewegingwaaraan voor- en agterspelers deel gehadhet, in die hoekie gedruk het. BuitesenterGraeme Cupido se doelskop was regs verbyom die telling op 5-0 te staan te bring.Ceres is hierna ’n gevoelige slag toegedien

toesyuithaler-senterJonathanShepparddieveldmet ’nbeseringmoesverlaat.Die tellinghet na 10-0 gegroei toe Villagers se woeligeen beweeglike loskopstut Yasherie Karriem’n driemet ’n skitter-beweging afgerond het.Cupido se doelskop was onsuksesvol.Kort hierna het Villagersweer so byna-by-

napuntegekry toeheelagterYazeedJohnsonby sy agterlyn aangesluit het.Hy is egtermet’n kurktrekker-lopie vanuit sy eie gebiedkort voor die opponente-lyn platgetrek.Ceres het hierna sy eerste punte gekry toe

losskakelRicardo“Botter”Jonesmet ’nmak-like strafskop-poging die kol getref het endietellingna10-3opgeskuifhet.Cereshethiernametverwoedeaanslaevir ’nhelepaarminute

inVillagers se gebied kamp opgeslaan,maarVillagers se verdediging was te sterk.NetvoorrustydhetKarriemmet ’nsierlike

duikslagonderdiepalevir ’ndrieoorgegaan.Cupido het geen fout met die doelskop ge-maaknieomdierustydtellingop17-3 te staante bring.Kort ná die begin van die tweede helfte het

die telling na 20-3 gegroei toe Cupido met ’nnetjiese strafskop ná ’n skrumoortreding ge-slaag het. Ceres wou egter nie bes gee nieeniskorthierna met ’nverdoeldedriebeloontoe binnesenter Herman Botha oorgegaanhet. Jones was suksesvol met die doelskopen het die telling na 20-10 opgeskuif.’nPaarminute laterhetVillagerssyvierde

enbonuspunt-driegekrytoeCupidoná’nvol-le agterlyn-beweging in die hoekie oorge-gaan het. Linkervleuel Nazeem van Sittersse doelskopwas egter net-net regs verby. Dietelling in dié stadium was 25-10.Villagers het totaal beheer van die wed-

strydgeneemenhet geweldigedrukopCeresgeplaas. Ceres het hierna onder die druk ge-swig toe Villagers se slot Yrin Belelie vir ’ndrie oorgebars het. Van Sitters het verdoelom die eindtelling op 32-10 te staan te bring.Saterdag (28 September) reis United Bulk

Villagers na die Weskus waar hy Saldanhain Saldanhabaai gaan pak.

Ceres het die afgelope Saterdag (21 September) sy rieme lelik styf geloop toe United BulkVillagers hom in ’n Premierliga-wedstryd met 32-10 geklop het. FOTO’S: MATTHEW SHELDON

Page 24: Worcesterstandard 20130926

26 September 2013

DOELBAL: Die Worcester-doelbalklub het die afgelope naweek tydens die Wes-Kaapsedoelbal-liga die eerste plek behaal toe hy vir Maties in die eindstryd met 6-3 geklophet. Al die wedstryde het in die Instituut vir Blindes se Danie Lückhoffsaal plaasgevind.Maties het die tweede plek behaal terwyl die Instituut vir Blindes derde geëindig het,Cloetesville was vierde en Klub Sonskyn can die Paarl vyfde. FOTO: MATTHEW SHELDON

RUGBY: PRESIDENTSLIGA

DrieëfeesopEsselenGlobalForceWorcesterPerseverancehetdie afgelope Saterdag (21 September)McGregor met 38-17 in ’n Presidentslig-awedsrryd (Wynland-afdeling) afgeran-sel.

Die twee spanne het voor ’n volgepakte Es-selenpark-stadion kragte gemeet.

Persies, wat eerste met die wind van agtergespeel het, het dié voordeel goed gebruik.

Dié span het sommer vroeg in die eerstehelfte punte aangeteken toe sy vleuel AlvizoWilliams 40meter vir ’n onverdoelde drie ge-hardloop het.

Kort ná die inskop het Persies se skrum-skakel Ru-Gaurd Thompson ’n gaping gekryen onder die pale gaan druk. Die telling hetna 12-0 gegroei toe losskakelDariondeKokersukses met die doelskop behaal het.

Persies het meeste van die balbesit in dieeerste helfte geniet. De Koker het ná ’n goeiebeweging die bal opgepik en ’n drie onder diepale gaan druk wat hy self verdoel het omdie telling 19-0 in Persies se guns te maak.

McGregor het egter nie gaan lê nie en hettot in Persies se 22 m-gebied gevorder waarhy die tuisspan tot foute gedwing het. Dit istoe dat McGregor ’n strafskop gekry het metskrumskakel Chris Hamilton wat geen foutgemaak nie en die telling na 19-3 opgeskuif.

Persies het ’n paar minute later terugge-slaan toe syregtervleuelZahnTriskey ’ndrieonderdiepalegedrukhet.DeKokerhetweer-

eens geen fout met die doelskop gemaak nieen die rustydtelling op 26-3 te staan gebring.

In die tweede helfte het Persies weereensaanval na aanval van stapel gestuur, maarMcGregor se verdediging was rotsvas.

Kort hierna het Persies die bal na sy agter-lyn gevoer en senter Alven Links het deurdie verdediging gehardloop om sy drie tedruk. Die doelskop was egter mis en die tel-ling het na 31-3 opgeskuif.

McGregor het nie bes gegee nie en het ge-wys dat hy steeds in die wedloop is toe syflank Martin de Koker onder die pale gaandrukhet.Hamiltonhetgeenfoutmetdiedoel-skop gemaak nie en die telling op 31-10 testaan gebring.

McGregor het hierna die druk op Persiesvolgehou en is ’n paar minute later weer be-loon toe sy slot Alvin Theunisen oorgegaanhet vir ’n drie. Hamilton het sukses met diedoelskop behaal om die telling 31-17 temaak.

In die laaste paarminute van diewedstrydhet Persies aanval na aanval afgestuur en isbeloon met ’n drie deur Triskey. Plaasver-vanger-losskakel Jaco Daniels het geen foutmet die doelskop gemaaknie. Die eindtellingwas 38-17.

EerskomendeSaterdag (28September) reisPersies na Touwsrivier waar hy teen Touw-park te staan gaan kom. Die bus vertrek om11:30 van Esselenpark-stadion af. Die kostebeloop R40. Vir navrae, bel Boetie Hattinghby 082 528 9945.

Global Force Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag (21 September) in ’n Presi-dentsliga (Wynland-afdeling) vir McGregor met 38-17 verslaan. FOTO’S: MATTHEW SHELDON

Daar is woes gespook om balbesit in die kragmeting tussen Persiesen McGregor in die Esselenpark-stadion.