33
AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS) KLANKLEER EN KLANKVERSKYNSELS INLEIDING 1'n foneem is die wetenskaplike benaming vir 'n klank. Die wetenskaplike benaming vir Klankleer is Fonetiek. Die Taalleerprogram (studie) begin altyd by die klank as primêre aspek van taal (Afrikaans). Daarna kyk ons na die woordbou (morfologie), die woordsoortbetekenis (woordsoorte), die woordbetekenis (betekenisleer/semantiek) en die woord se verhouding tot ander woorde in die sin (sinsleer). As jy die taalleerprogram sistematies en sinvol volg, sal dit vir jou logies en maklik wees. Om 'n taal se grammatikale beginsels te ken en te kan bemeester, is 'n tree vorentoe in jou lewe en beslis iets waarop jy trots kan wees. INDELING VAN KLANKE Daar is drie tipes spraakklanke naamlik: vokale, konsonante en diftonge. Vokale en konsonante verskil van mekaar veral ten opsigte van hóé dit deur die spraakorgane gevorm word: Vokale KONSONANTE Die lugstroom uit die longe laat die stembande vibreer en die lugstroom gaan dan sonder enige obstruksie, vry na buite deur die neus- mond- en keelholte. Vokale is dus altyd stemhebbend. Die lugstroom uit die longe laat die stembande vibreer en in ander gevalle vibreer die stembande nie. Die lugstroom vernou dan bokant die stembande (daar vind ʼn obstruksie plaas) en plofgeluide of wrywingsklanke ontstaan. Die obstruksie is dikwels die tong wat op en af beweeg (by trillers soos die r), of net op beweeg soos in die geval van die laterale klank (die l). Die lippe kan ook op mekaar druk om plofklanke te vorm. In sommige gevalle druk die onderlip teen die botande (v en w). 1

Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

  • Upload
    vominh

  • View
    360

  • Download
    2

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

KLANKLEER EN KLANKVERSKYNSELS

INLEIDING

1'n foneem is die wetenskaplike benaming vir 'n klank. Die wetenskaplike benaming vir Klankleer is Fonetiek. Die Taalleerprogram (studie) begin altyd by die klank as primêre aspek van taal (Afrikaans). Daarna kyk ons na die woordbou (morfologie), die woordsoortbetekenis (woordsoorte), die woordbetekenis (betekenisleer/semantiek) en die woord se verhouding tot ander woorde in die sin (sinsleer). As jy die taalleerprogram sistematies en sinvol volg, sal dit vir jou logies en maklik wees. Om 'n taal se grammatikale beginsels te ken en te kan bemeester, is 'n tree vorentoe in jou lewe en beslis iets waarop jy trots kan wees.

INDELING VAN KLANKE

Daar is drie tipes spraakklanke naamlik: vokale, konsonante en diftonge.

Vokale en konsonante verskil van mekaar veral ten opsigte van hóé dit deur die spraakorgane gevorm word:

Vokale KONSONANTEDie lugstroom uit die longe laat die stembande vibreer en die lugstroom gaan dan sonder enige obstruksie, vry na buite deur die neus- mond- en keelholte.Vokale is dus altyd stemhebbend.

Die lugstroom uit die longe laat die stembande vibreer en in ander gevalle vibreer die stembande nie. Die lugstroom vernou dan bokant die stembande (daar vind ʼn obstruksie plaas) en plofgeluide of wrywingsklanke ontstaan. Die obstruksie is dikwels die tong wat op en af beweeg (by trillers soos die r), of net op beweeg soos in die geval van die laterale klank (die l). Die lippe kan ook op mekaar druk om plofklanke te vorm. In sommige gevalle druk die onderlip teen die botande (v en w).Konsonante kan stemhebbend OF stemloos wees.

onthou ʼn mens kan die klankbou van elke woord aandui deur gebruik te maak van die simbole KV of D. In hierdie gevalle moet jy baie deeglik konsentreer op hoe die woord sal klink as dit uitgespreek word byvoorbeeld:Kaggel: KVKVL; Bang: KVK (ng word saam uitgespreek).

DiftongeDiftonge is kombinasies van vokale soos: haai, mandjie (mainkie), mooi, gooi, otjie (oikie), kloutjie, roei, stoei, lei, ys , feit, rys, (die ei en y is altyd ʼn diftong en klink presies dieselfde met uitspraak) eeu, leeu, skreeu, oud, kous, lui, skuins.LW. Onthou: Daar is drie letterkombinasies wat vir baie mense na diftonge lyk, maar slegs vokale is. Hulle is die volgende: ie; oe; eu soos in vlieg, moeg, geur.

1

Page 2: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

Affrikateʼn Affrikaat is ʼn kombinasie van 2 opeenvolgende konsonante. ʼn Affrikaat begin as ʼn eksplosief (plofklank) en gaan oor in ʼn frikatief (wrywingsklank):tjek, tjop, tjank, tsetse, tsotsi, genre, genie, geniaal.Ook in groepstaal: djy, djulle (soos die mense op die Kaapse Vlakte praat).Verdere verdeling van konsonante:Eksplosiewe (plofklanke) p,t,k, d. pos, hond, kas, taal.Frikatiewe (wrywingsklanke f, v, w, s, z, g. feetjie, vrees, wasdag, swaai, gans, zoem.Nasale m, n. massief, nasionale, bang (1 klank), sang (1 klank).Lateraal l. lig, lomp,Triller r of, bry-r. riool, raad, rammetjie of iemand wat bry, sal sy

kleintongetjie laat vibreer i.p.v. sy tong.

KLANKVERSKYNSELS1Dit is normaal dat wanneer jy praat, klankverskynsels sal plaasvind. Klankverskynsels vind plaas wanneer die mens woorde uitspreek (dus vanaf lettertekens omsit in klanke). Ons bestudeer hoofsaaklik die volgende klankverskynsels:

a OntrondingSlegs vokale en diftonge kan ontrond word. Geen konsonant word met geronde lippe uitgespreek nie (k, p, l; toets dit maar self). Ontronding is die verskynsel waar vokale of diftonge wat normaalweg met geronde lippe (ʼn mond wat trek soos wanneer jy iemand soen) uitgespreek moet word, nou met gesplete lippe (soos wanneer jy glimlag) uitgespreek word. Hoe toets ek vir ontronding? Daar sal altyd 'n verandering wees in die lipspanning. As jy 'n klank ontrond, sal dit voel of die mond 'n glimlag vorm of wyd na die kante toe rek/trek: huis-hys; deur - deer; duur - dier ens.

b Vokaalreduksie (ook genoem klankverswakking)Jy mag nie vokaalreduksie met ontronding verwar nie. Leer dus die feite!! Wanneer 'n vokaalklank in 'n swak beklemtoonde lettergreep (sillabe) staan, verswak dit maklik/dikwels tot die neutrale vokaal [ə] (in gewone skrif deur ʼn “i” aangedui soos in lig). Hierdie verskynsel staan ook as vokaalverswakking bekend (reduksie, reduseer, beteken om minder te maak; swakker te maak). Baie mense verwar ontronding en vokaalreduksie met mekaar, veral in gevalle waar die lipspanning baie duidelik waarneembaar is. In buk, kan ʼn mnes maklik bik sê. Lipspanning het verslap en die vokaal verander na die neutrale posisie, maar: die vokaal staan in 'n sterk betoonde lettergreep! Dit is dus ontronding. Die volgende tabel behoort jou te help om te sien hoe die swak beklemtoonde lettergreep se vokaal na die neutrale vokaal verander:

2

Page 3: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

WOORD VOKAALREDUKSIE SWAK BEKLEMTOONDE LETTERGREEPbaklei beklei baportuur pertier porposisie pesisie povandag vendag vanparty perty parrumoer remoer/rimoer rurumatiek rimatiek ru

c Metatesis (Klankverspringing)Dit staan ook as klankverspringing bekend. Daar is nie sprake van klanktoevoeging of klankweglating hier nie:persent - present; patterjot - patriot; asterisk - asteriks; ens. Baie van hierdie voorbeelde is verouderde Afrikaans, of word gekoppel aan sekere groepe of streke (groeps- en streekstaal).

d PalatalisasieWatter klanke word veral hier geraak? k, j en g. Dit is die verskynsel waar die tong vasdruk teen die harde verhemelte (palatum). Onder hierdie klankverskynsel verstaan ons die proses waarin nie-palatale klanke nader aan die palatum (harde verhemelte) uitgespreek word. Die bekendste geval het ons in die oorgang van die stemlose velêre eksplosief k tot die stemlose palatale eksplosief k, waar die tong teen die harde verhemelte vasdruk.. Dit vorm dus ʼn hoër k-klank soos in: kies, kuur, kaas, ens.Verder belangrik is die invoeging van die j-klank in woorde soos baie, rye ens. (toets maar self by baie (j) - die j word nader aan die harde verhemelte uitgespreek).

LW. Die verkleiningsuitgang word dikwels gepalataliseer: hartjie, baadjie, ens. bv. Harkie, baaikie.

Die g in geel, gieter en gee, word gewoonlik gepalataliseer en verander in die palatale g.

e Nasalering en vokaliseringSlegs vokale word genasaleer en die tilde ̃ word gebruik om nasalering foneties aan te dui. Die genasaleerde vokaal word gedeeltelik deur die mond en gedeeltelik deur die neus uitgespreek. Dit klink dan of die nasale klank verdwyn. Ons NASALEER NIE WANNEER daar ʼn eksplosief na die nasale klank staan nie soos in: grond, blink, blank. Stel vir jouself die volgende algemene patroon voor by nasalering wat behoort te help. Die vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe kry) staan gewoonlik voor ʼn nasale klank, gevolg deur ʼn frikatief:

3

Page 4: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

KONSONANT GENASALEERDE VOKAAL

NALSALE KLANK FRIKATIEF RES VAN WOORD

d a n saa n s taandeaa n w esigaa n g rensendaa n (geen frikatief

nie)roep

m e n sd i n s dagd ie n s bodep oe n s kopsd o n s

Die genasaleerde vokaal word gewoonlik lank gerek/uitgespreek.

LW. Moenie deurmekaar raak tussen nasalering en vokalisering nie. Dit is een en dieselfde ding!

Nasalering (ʼn vokaal word lank uitgespreek en kry nasale eienskappe): Dit is gewoonlik 'n vokaal wat genasaleer word; d.w.s. die vokaal verdwyn en kry nasale eienskappe.

Vokalisering (ʼn nasale klank verdwyn amper en kry die eienskappe van die vokaal):Dit is gewoonlik die nasaal (konsonant dus) wat so saamsmelt met die genasaleerde vokaal, dat dit eienskappe kry van die vokaal.

d a n snasaal word gevokaliseer

vokaal word genasaleerAs jy nasalering moet benoem, is dit altyd die veiligste om te sê: nasalering en vokalisering.

f AssimilasieDit is die verskynsel waar twee opeenvolgende klanke by die uitspraak van 'n woord mekaar só beïnvloed, dat een klank totaal wegval (algehele assimilasie) of dat een klank onder die invloed van 'n ander klank gewysig word (gedeeltelike assimilasie).

Soorte assimilasie:Gedeeltelike assimilasie:n word 'n m: onmeetlik - omeetlik; Stellenbosch - Stellembosch; onbillik - ombillik.Die klank val nie heeltemal weg nie, maar verander net.

Algehele assimilasie:Waar ’n klank algeheel weggelaat word: kinnders tanne dissie (dis die) ens.

4

Page 5: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

g KlanktoevoegingSoms sal jy klanktoevoeging en klankweglating verwar met assimilasie. Let tog goed op. Die meeste voorbeelde van klanktoevoeging of klankweglating kom gewoonlik voor in gevalle uit Nederlands na Afrikaans, terwyl assimilasievoorbeelde net in Afrikaans voorkom.1 VOORBEELDE

KLANKTOEVOEGING KLANKWEGLATINGAand word naand licht (Nederlands) word ligPapier word pampier spiegel (Nederlands) word spieëlKoorsteen word skoorsteen drift (Nederlands) word drifReën word reent geest (Nederlands) word geesTakvol word taktvol nacht (Nederlands) word nag

hoofd (Nederlands) word hoof

Beantwoord die volgende taalvrae na aanleiding van onderstaande teks.

KONING VAN DIE OERWOUD HET ‘N PLAASDIER GEWORD(Redaksionele kommentaar)

1 Bewaringsorganisasies waarsku die regering al byna 20 jaar lank dat hy ʼn ramp op hande gaan hê omdat hy toelaat dat leeus in klein kampies geteel word vir die jagbedryf.Sowat vyf jaar gelede was daar na raming 4 000 van die halfmak leeus.

Die jongste skatting dui op sowat 8 000 op meer as 200 plase. Die bedryf, met die onsmaaklike 5 naam geblikte leeujag, het leeuboere etlike miljoene in die sak gebring. Dit het sekerlik in ʼn mate finansieel tot Suid-Afrika se geldkoffers bygedra, maar dit is waar dit eindig. Die bedryf is lankal ʼn verleentheid vir die land.8 Al hoe meer inligting het na vore gekom en bewaringsgroepe het die ware feite oor die teel van leeus die wêreld begin instuur. Die dokumentêre rolprent “Blood Lions”, wat verlede jaar uitgereik is, het skokgolwe oorsee veroorsaak.11 Inligting in die rolprent het die VSA oorreed om wetgewing oor die invoer van jagtrofeë einde verlede jaar te verander. Jagters wat hul trofeë van Suid-Afrika na die VSA wil invoer, sal voortaan moet bewys dat hul jagtog tot voordeel van leeu- bewaring was.14 Dit het al hoe moeiliker geword en jagters van die VSA (wat die grootste

belangstelling in geblikte leeujag het) het belangstelling verloor. Die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging meen die jagters het met tot 80% afgeneem. Die gevolg is dat die geldstroom na leeuplase feitlik opgedroog het. Die slagoffers hiervan is nou verwaarloosde leeus wat vir

5

Page 6: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

die eienaars nutteloos geword het. ʼn Volwasse leeu het maandeliks tussen 120 kg en 160 kg vleis nodig. En dit ruk die leeuboere se sak.

21 En intussen het die departement van omgewingsake waarskynlik besef hy het hier met ʼn warm patat te make en die “regulering” van 8 000 halfmak leeus stilletjies na die departement van landbou, bosbou en visserye oorgeskuif Die dier wat die koning van die oerwoud is, het nou die status van ʼn plaasdier gekry.25 Sommige bewaringslui meen die diere moet van kant gemaak word, ander meen hulle moet na ʼn bewaringsplek verskuif en gesteriliseer word. Die diere se welsyn was nooit vir die ANC-regering ʼn prioriteit nie, maar weens sy eie kortsigtigheid het hy ʼn ernstige probleem. Wat nou gemaak met die diere?

Netwerk24 14/7/2016

1 Soek woorde in die volgende reëls waarin klankverskynsels met die uitspraak daarvan kan plaasvind. Skryf die woord neer en dui aan watter klankverskynsel kan plaasvind.

1.1 r.11.2 r.181.3 1.191.4 r. 221.5 r. 11 (tussen 2 woorde).1.6 r. 221.7 r. 171.8 r.27

2 Dui die diftonge in die volggende woorde aan indien daar wel diftonge is. Onderstreep die diftong.diere (r.28), oerwoud (r. 24), leeuboere (r. 19), Suid-Afrika (r. 6).

3 Dui die klankbou van die volgende woorde aan:bewaringsgroepe (r. 8), leeus (r. 9), geword (r. 14), belangstelling (r. 15), uitgereik (r. 10), gekry (r. 24).

4 Daar is ʼn verskil tussen klanke en letters. Dui dit aan en verwys na die volgende 2 woorde: land (r. 7) en het (r. 14).

5 Verduidelik die betekenis van die volgende idiomatiese frases in die stuk;5.1 Iets is op hande (r. 1-3).5.2 Dit ruk die leeuboere se sak (r. 19-20).5.3 Iets is ʼn warm patat (r. 22).5.4 Om iets van kant te maak (r. 25).

6

Page 7: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

MORFOLOGIE (WOORDBOU; WOORDVORMING)

Hierdie afdeling van Taalleer het te doen met die bou/vorming van woorde in Afrikaans.

11 Stam

'n Stam is die kleinste vorm waarin 'n woord verdeel kan word én nog betekenisdraend bly. Voorbeeld: Hondjie word hond en begrafnisse word graf.

2 Voorvoegsels (Premorfeme):her- in herhaal; ont- in ontwater.

3 Agtervoegsels (Postmorfoeme)-agtig in skelmagtig; -loos in kinderloos

4 Voegsels ( verbindingsklanke ) 'n Voegsel kan op die volgende plekke staan:tussen 2 stamme: hondehok

tussen 'n stam en 'n agtervoegsel optree: kinderagtig

tussen 'n agtervoegsel en 'n ander agtervoegsel: verhewenheid

Voegsels het geen betekeniswaarde nie! Hierteenoor het voor- en agtervoegsels wel 'n betekeniswaarde (semantiese waarde) en 'n woordsoortlike funksie (d.w.s. dit kan die woordsoort van die woord verander).

Voor-en agtervoegsels wat werkwoorde vorm (werkwoordvormers)be- bevat; her- herkou; ver- verdraai; mis- mishaag; -eer waardeer.

Voor-en agtervoegsels wat selfstandige naamwoorde vorm (s.ww.-vormers)-ry konkelry; -ery bakkery; -er gieter; -ing bedoeling; -heid goedheid; -te siekte; aarts- aartsvader; ge- gebergte; oer- oerwoud; on- ongeloof; wan- wandaad; -teit brutaliteit; -skap blydskap; -nis duisternis; -heid reinheid; -dom rykdom.

Voor-en agtervoegsels wat byvoeglike naamwoorde vorm (b.nw.-vormers)-lik kinderlik; -loos kinderloos; -elik vriendelik; -eloos woordeloos; -erig swakkerig; -end laggend; -ende springende; be- beroemd; on- onwaar; mors- morsdood; -aal sinodaal.

Voor-en agtervoegsels wat bywoorde vorm (bw.-vormers)

-liks jaarliks; -waarts huiswaarts; -kant buitekant.

7

Page 8: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

5 Simplekse en komplekse'n Simpleks is ook 'n stam, d.w.s. dit is die kleinste vorm waarin 'n woord verdeel kan word en nog steeds betekenis dra. Komplekse is alle ander woorde wat nie simplekse is nie, soos honde, vragmotortjies ens.

6 Kern en bepalerIn komplekse is die kern gewoonlik die laaste deel van die woord wat die kernbetekenis beliggaam: hondehok: die kern is hok. Hier is hond die bepaler.

7 Drie maniere waarop ons in Afrikaans woorde kan vorm Samestelling: Wanneer twee of meer stamme saamgevoeg word, sonder enige

voor- of agtervoegsels: blaarvog, verfblik, teekoppie Afleiding: Wanneer daar voor- of agtervoegsels of albei aan 'n erkende stam

gelas word: grasse, bottels, ontsnap, begronding. Samestellende afleiding: 'n Kombinasie van die twee boonste gevalle. Meer as

een stam bestaan tesame met voor- of agtervoegsels of albei: motorbote, huishouery, ens.

MORFOLOGIE: OEFENING

W-Kaapse damme word steeds voller01 Augustus 2016 21:181 Kaapstad. – Damvlakke in die Wes-Kaap het vir die tweede

agtereenvolgende week merkbaar gestyg en die damme was gister gemiddeld 54,2% vol.Verlede Maandag was die damme 50,3% vol.

4 Die damme was verlede jaar op 1 Augustus heelwat voller as nou – oftewel 79% – volgens inligting wat deur die departement van water en sanitasie verskaf is.Die inhoud van die Theewaterskloofdam naby Villiersdorp, die grootste

dam in die 7 provinsie, het in die afgelope week van 43,1% tot 47,6% toegeneem.

Die inhoud van die hoofopgaardamme waaruit water aan Kaapstad en omstreke verskaf word, het gestyg van 47,8% tot 53,5%, wat steeds heelwat minder is as die 67,1% op die 10 ooreenstemmende tydstip verlede jaar en voordat ’n vlak 2-waterbeperking ingestel is.

8

Page 9: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

Intussen het die departement van bosbou en visserye gewaarsku dat die droogte in 12 groot dele van die land voortduur, hoewel dele van die winterreënvalstreek goeie reën gehad het. – Marelize Barnard

1 Dui die stamme in die volgende woorde aan:

merkbaar (r. 2), verlede (r. 3), inhoud (r. 6), hoofopgaardamme (r. 8).

2 Vorm ʼn werkwoord van droogte (r. 11) se stam en maak van ʼn voorvoegsel gebruik.

3 Dui die kern in damvlakke (r. 1) aan.

4 Vorm ʼn bywoord van week (r. 1) en gebruik ʼn agtervoegsel. Gebruik dit in ʼn sin.

5 Vorm ʼn werkwoord van dele (r. 12) se stam en maak van ʼn voorvoegsel gebruik. Gebruik dit in ʼn goeie sin.

6 Gee die trappe van vergelyking van: groot (r. 12); merkbaar (r. 2); goeie (r. 12);

(min (r. 9).

7 Gee die intensiewe vorm van voller (r. 4).

8 Verander provinsie (r. 7) in ʼn b.nw. en maak van taalverandering én ʼn agtervoegsel gebruik. Gebruik die woord in ʼn goeie sin.

9 Voltooi die volgende tabel en rangskik die woorde (nie in die teks nie) in die regte kolomme:

onmoontlik; seldsaam; meerderheid; verslag; skolespan; oorlewende; meesterstukke; eienskappe; lentebloeisels.

STAM AFLEIDING SAMESTELLING SAMETSLLENDE AFLEIDING

10 Gee die trappe van vergelyking van die volgende woorde (nie in die teks nie):

droog; laf; ru; slu; voos. Sê ook wat hierdie woorde beteken deur dit in gepaste sinne te gebruik.

11 Gee die intensiewe vorm van die volgende woorde (nie in die teks nie):

dik; goedkoop; graag; sout; verlief.

9

Page 10: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

SPELLING11 Die drie grondbeginsels van die Afrikaanse spelling (A, B en C)

A) TRADISIEBEGINSELDie spelling van Afrikaans word in groot mate bepaal deur tradisie - daarom word Nederlands as norm gebruik. Dit verklaar die verskil tussen f-v en ei -y vir dieselfde klanke. Die rede waarom ons dus sekere woorde met ʼn ei, ander met ʼn y en sommige met ʼn f en ander met ʼn v skryf, is omdat daardie woorde ook dieselfde spelling in Nederlands gehad het. Ons het dus hierdie tradisie in Afrikaans oorgeërf of behou.VOORBEELDE

Lei: Die nuwe leerderraad gaan ons mooi lei.

Ly: Die oom ly aan tering.

Peil: Ek probeer die diepte van die boorgat peil (bepaal).

Pyl: Anton skiet met ʼn pyl en boog.

Reis: Ek hou daarvan om oorsee te reis. Rys: Ons eet elke dag rys.Veil: Die boer veil al sy beeste op (verkoop).

Vyl: Die dame vyl haar naels.

Wei: Die lammers wei in die veld. Wy: Ek wy al my aandag aan my stokperdjie.

Fel: Die son brand fel op die aarde (skroeiend).

Vel: My vel is stukkend geskaaf.

Fier: Die jong seun stap fier en regop om sy prys te ontvang.

Vier: Daar is vier skape in die kraal.

Fonds: Ons samel geld in vir die kinderfonds

Vonds: Die Cullinan-diamant was ʼn baie groot vonds.

Fors: Brendan is fors gebou (stewig). Vors: Die koning is die vors (regeerder) van die land.

Frank: Die geldeenheid in Frankryk. Vrank: Die bessies is vrank (suur smaak).

Slaan self die betekenisse van die woorde in die woordeboek na.

B) STANDAARDAFRIKAANS IS DIE NORMDie Afrikaanse spelling word gebaseer op die klankstelsel van Standaardafrikaans. Ons skryf dus nie agint, (agent) loep (loop) of sperkies (perskes) nie.

C) GELYKVORMIGHEIDSBEGINSEL

10

Page 11: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

Vormlik verwante woorde word sover moontlik gelykvormig gespel. Die grondwoord (stam) en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met mekaar ooreenkom, Byvoorbeeld:

Ons skryf hond en nie hont nie. Toets dit aan die meervoudsvorm. Ons sê honde en nie honte nie!

Ons skryf skaduwee en nie skadewee nie, want die grondwoord is skadu. Ons skryf rib en nie rip nie (meervoud ribbes). Ons skryf landelik lande en nie lantelik en lante nie, want die stam eindig op

ʼn d.

2 Wisselvorme by spelling

Dikwels het een woord meer as een spelwyse. Ons noem dit wisselvorme.

3 SKRYFTEKENS

a Die koppelteken

'n Koppelteken dui aan dat ons met een woord te doen het, maar om bepaalde redes word dit los (d.w.s. met 'n koppelteken) geskryf. Die vier funksies van die koppelteken:

Kyk na die volgende gevalle waar die koppelteken gebruik word:

In gevalle waar lees vergemaklik moet word: wa-as (waas), bo-om (boom), bo-uit.

Dui verhoudings aan: in-uit-beweging, aan-af-skakelaar, ja-nee-toets, Springbok-All-Black-wedstryd.

Wanneer dit saam voorkom met syfers, getalle, afkortings of afleidings: 12-deling, TV-program, B-mol By herhalingsvorme: woer-woer, sing-sing. By gedeeltelike herhalingsvorme

kom daar nie 'n koppelteken voor nie: doem doempie (soort muggie), pingpang, tiptop, toktokkie.

By woordgroepkoppelings: klem-in-die-kaak (siekte), kruidjie-roer-my-nie (boom).

By die verbinding met -HULLE:Jan-hulle, Pa-hulle, oom Sarel-hulle.

By telwoorde met en:vier-en-dertig OF vier en dertig. LW. die gebruik van die koppelteken is hier sedert 1991 opsioneel.

By aardrykskundige eiename:Suid-Afrika, Suid-Amerika, Agter-Indië, Onder-Papegaaiberg, Waterval-Onder, Klein-Karoo, Noord-Kaap, Noordwes-Vrystaat, Oos-Rand.MAAR: Weskus, Noordpool.

Verbindings van eiename met ʼn ander woord: Brakpan-munisipaliteit, Vrystaat-Stadion, Strijdom-plein, O R Tambo-lughawe. LW hierdie voorbeeld kan vandag ook los of gewoon aanmekaar (sonder die koppelteken dus) geskryf word.

By militêre range:

11

Page 12: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

adjudant-offisier, generaal-majoor. By ampte:

sekretaris-generaal, direkteur-generaalMAAR LW. Ampte met adjunk- aspirant- mede- onder- vise- word sonder die koppelteken geskryf: aspirantdigter, adjunkhoof, medeprofessor, onderhoof, viserektor.

Die koppelteken as weglatingsteken:pad- en spoorvervoer; mielieproduksie en -verkope.

Enige verbinding van ʼn letter, syfer of simbool en ʼn ander woord: die graad

10A-klas; Die A-span, 80%-kans; 100m-wedloop.

Bestudeer die teks en beantwoord die vrae.

MINDER SOUT IN DIÉ KOS ’N MOETDeur Kaydene Davids 30 Junie 2016 1 Van vandag af moet minder sout in verwerkte kos gebruik word. Dít sluit

in margarien, brood, souspoeier, speserye, graankos, soutversnaperings en hoender wat met pekel ingespuit word.

4 Wetgewing oor die hoeveelheid sout in verskeie verwerkte kossoorte word vandag van krag. Daarvolgens word ’n strenger teiken vir soutvlakke in 2019 gestel.

6 Die wetgewing is in Maart 2013 in die Staatskoerant gepubliseer nadat dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gesê het die voorkoms van nie-oordraagbare

8 siektes, waaronder hoë bloeddruk en diabetes, is tot drie keer hoër in Suid-Afrika as in ander ontwikkelende lande en dit word vererger deur soutinname, alkohol en tabakrook.

11 Nadat die wetgewing goedgekeur is, is produsente drie jaar tyd gegee om te eksperimenteer met minder sout in hul produkte.

13 Volgens die Hartstigting is Suid-Afrikaners nie bewus daarvan dat hulle daagliks dubbel die voorgestelde hoeveelheid sout inneem nie.15 Die internasionale voedselmaatskappy Unilever sê al sy produkte wat van vandag af vervaardig word, sal 100% aan die wetgewing voldoen.17 Anne Engelbrecht, handelsnaambestuurder van Sasko, sê hulle is goed

op dreef om aan die wetgewing te voldoen.Netwerk24, 30/6

VRAE

1 Daar is 3 grondbeginsels in Afrikaans. Dui aan watter grondbegionsel in die volgende voorbeelde van toepassing is. Benoem die grondbeginsel; moenie net A, B of C sê nie.

12

Page 13: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

1.1 Waarom het brood (r. 2) ʼn d en nie ʼn t aan die einde van die woord nie?1.2 Hoeveelheid (r. 4) het ʼn d en nie ʼn t aan die einde van die woord nie. Waarom?1.3 Teiken (r. 5) word nie as tyken gespel nie.1.4 Voorkoms (r.7) word nie as foorkoms gespel nie.1.5 Waaronder (r. 8) word nie as waaroender gespel nie.1.6 Jaar (r. 11) word nie as djaar gespel nie.

2 Gee wisselvorme van die volgende woorde wat nie noodwendig in die teks voorkom nie.2.1 Beef 2.2 Chroniese 2.3 Diabeet

2.4 Laboratoriums 2.5 Groepsklas 2.6 Kanferhout

2.7 Politikusse 2.8 Smids 2.9 Volke

3 Gee redes vir die koppeltekengebruik in die volgende voorbeeld wat ook nie noodwendig in die teks staan nie.

3.1 Suid-Amerika 3.2 Waterval-Boven 3.3 piet-my-vrou3.4 bek-en-klouseer 3.5 Generaal-majoor 3.6 D-groep3.7 X-strale 3.8 Standerd 4-klas 3.9 fluit-fluit3.10 sing-sing 3.11 na-aap 3.12 see-eend3.13 Nelson Mandela-

gebou3.14 Tshwane-koerant

4 Waarom noem ons ʼn koppelteken ʼn skryfteken en nie ʼn leesteken nie?

5 Benoem die klankverskynsels wat met uitspraak in die volgende woorde kan plaasvind.5.1 vandag (r. 1) 5.2 ingespuit (r. 3) noem 2.5.3 verskeie (r. 4) 5.4 gesondheid (r. 7)5.5 keer (r. 8) 5.6 internasionale (r. 15)

6 Gee die korrekte klankbou van:

6.1 speserye (r. 2) 6.2 teiken (r. 5)6.3 ontwikkelende (r. 9)

7 Dui die kern en die bepaler in die volgende woorde aan.

7.1 voedselmaatskappy (r. 15) 7.2 kossoorte (r. 4) 7.3 staatskoerant (r. 6)

8 Vorm ʼn:8.1 b.nw. van dreef (r. 17) en maak van vokaalverandering én ʼn agtervoegsel gebruik.

Gebruik dan die woord as b.nw. in ʼn goeie sin.8.2 Vorm ʼn persoonsnaam van eksperimenteer (r. 12).

13

Page 14: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

9 Gee die intensiewe vorm van hoë (r. 8).

10 Wat is “pekel” (r. 3)? Maak ʼn sin met die woord waarin dit as idiomatiese uitdrukking gebruik word. Verklaar die betekenis van die idioom.

11 Gee EEN woord vir nie bewus (r. 13) en maak ʼn goeie sin daarmee.

12 Waarom word daar kommas in r. 8 en 11 gebruik?

13 Vorm ʼn samestelling met Sasko (r. 17) en fabriek en spel dit korrek.

14 Waarom word Suid-Afrikaners (r. 13) met ʼn koppelteken geskryf?

14

Page 15: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

SPELLING (2)SKRYFTEKENS (VERVOLG)

c Afkappingsteken

Alle woorde wat eindig op 'n i, o, u en 'n lang a kry 'n afkappingsteken in die meervoud en verkleiningsvorm. Ook eiename wat eindig op 'n e, en s wat nie uitgespreek word nie, kry 'n afkappingsteken in die meervoudsvorm en die verkleiningsvorm.

Die afkappingsteken word gebruik by die meervoud en verkleining van alfabetletters en ook by syfers: a'tjie 3's ens.

d Die deelteken

'n Deelteken se funksie is om die begin van 'n nuwe lettergreep aan te dui in gevalle waar opeenvolgende vokaalletters foutiewelik as een lettergreep (sillabe) gelees kan word. In gevalle waar verwarring nie ontstaan nie, word die deelteken nie gebruik nie. Daar is sekere gevalle waar die deelteken weens tradisionele redes nie gebruik word nie. Die deelteken staan op die letterteken wat die nuwe lettergreep begin. Dikwels help die deelteken om leesbaarheid te vergemaklik. Die verbinding ae soos in vrae en sae kry geen deelteken nie.

Soms bestaan daar 'n verwarring tussen die deelteken en die koppelteken. By samestellings word die koppelteken gebruik: duiwe-eier. By voor- of agtervoegsels gebruik ons 'n deelteken: beëdig. Wanneer 'n woord op -agtig eindig, kan 'n koppelteken óf 'n deelteken gebruik word: kobra-agtig, babaägtig.

e Aksenttekens

Daar is 2 aksenttekens in Afrikaans: die akuut ó en die gravis è. Die akuut word gebruik om lettergrepe te beklemtoon. Waar daar 2 letters is wat een klank aandui, plaas jy die akuut op albei die letters: dróóg. By hiér, kom die akuut net op die e. Die gravis kom dikwels in leenwoorde voor en dit verander meestal die klank van die letter waarop dit staan: dè, hier is die appel. Jy is darem slim, nè. Die appel is smaaklik; Ek gaan appèl teen die uitspraak aanteken.

f Die kappie

Die kappie word op klinkers (vokale) geplaas en die a kry nooit ’n kappie nie. In oop lettergrepe dui die kappie ’n lang klank aan: bê - re; kê - rel; smô - rens. Die vokaal

15

Page 16: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

in geslote lettergreep kry wel ’n kappie as dit op een konsonant eindig: primêr, skêr, vulgêr. Waar dit voorkom in ’n woord wat op meer as een konsonant eindig, word nie ’n kappie gebruik nie: kers, perd, werd ens.

VERDUBBELING VAN VOKALE EN KONSONANTE EN AFKORTINGS:

KONSONANTE

’n Konsonantletter word verdubbel indien dit tussen 2 vokaalletters optree en die eerste vokaal kort is en die hoofklem dra: abba, vodde, giggel, jakkals, gelukkig, skottel.

’n Konsonantletter wat tussen ’n kort ie, u of oe of eu en ’n volgende vokaalletter staan, word nie verdubbel nie:briefie; kriesel, bruto, minute, doepa, moeder, oefen, gepeupel, kreukel,

’n konsonantletter wat tussen ’n diftong en ’n vokaalletter staan, word nie verdubbel nie:anys, duisend, kabouter.

As die stam van ’n woord uitgaan op ’n beklemtoonde kort a, e (ê) o (ô) u of [ə] plus ’n konsonantletter, word dié konsonantletter in die afleidingsvorme verdubbel:debatteer, Japannees, kassieradresseer, rebelleer, tabelleerblokkeer, Marokkaanblikkie, verstikkendgebukkend, stukkend

Indien die stam eindig op ’n enkele konsonantletter wat voorafgegaan word deur ’n lang, beklemtoonde vokaal, word daardie konsonant nie in die afleidings verdubbel nie:

formaat - formateer, lokaal - lokaliseer, profeet - profeteer.

Indien die laaste konsonantletter van ’n woord voorafgegaan word deur ’n kort, onbeklemtoonde a of o, word die konsonant in die meervoud en verkleining verdubbel.Landskap landskappe, biskop biskoppeAs die slotkonsonant ’n s is en dit voorafgegaan word deur kort, onbeklemtoonde a,e,u of o, word die s verdubbel in die meervoud en verkleining:atlas atlasse iris irisse, bonus bonusse epos, eposse

VOKALE

Die lang a, e, o en u word in geslote lettergrepe verdubbel:16

Page 17: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

aap, been, boor, spuug

Wanneer die lang a, e, o en u in ’n oop binne- of beginlettergreep weergegee word, word slegs ’n enkel letter geskryf.ape, bene, ore, ure.

In die oortreffende trap van b.nwe. Wat op u eindig word die u van die stam verdubbel:kruuste, skuuste, sluusteDie lang e-klank in oop eindlettergrepe word weergegee as ee.trogee, vee, twee, idee.

Bestudeer die leesstuk en beantwoord die vrae.

RONDLOPER DALK VERMISTE HUISKATDeur André Damons 15 Augustus 2016 15:17

1 Terwyl die soektog na die rondloperkat Maandag in Virginia voortgegaan het, hou ’n gesin van Welkom asem op dat dié kat moontlik hul vermiste huiskat Tsotsi kan wees.

Annelize Wolmarans (37) sê hul Bengaalse kat, wat “net ’n bietjie groter is as ’n huiskat”, is sedert Woensdag vermis nadat hy uit sy hok gekom het.

5 Hulle het sowat 48 uur gewag om te kyk of Tsotsi nie terugkom nie, maar toe hy nie opdaag nie, het hulle orals kennisgewings opgesit dat hy vermis is.

“Ons het in Virginia ook kennisgewings opgesit dat hy vermis is en het gedink dit kan moontlik hy wees wat daar gewaar is.

9 “Ek sal verbaas wees as hy wel in Virginia opgeëindig het, want hy is maar ’n hokdier en het nie eens in die voortuin gekom nie,” sê Wolmarans.

Volgens haar het sy foto’s gesien van ’n ander vrou van Virginia wie se Bengaalse kat ook vermis is. Dié kat is groter as hul Tsotsi, sê sy.

13 Ernst Khakhau, inspekteur van Virginia se Dierebeskermingsvereniging (DBV), sê die soektog na die huiskat, wat inwoners as ’n luiperd of jagluiperd aangesien het, gaan voort.

16 Twee veiligheidswagte het ’n kat, wat hulle as ’n luiperd of jagluiperd beskryf het, Vrydag naby die mynhope gesien en alarm gemaak.

Wolmarans sê ofskoon Tsotsi kolle het wat soos dié van ’n luiperd lyk, is hy heelwat kleiner as dié wilde dier. Hulle is baie bekommerd oor Tsotsi - wat hulle meer as twee jaar gelede by ’n teler in Johannesburg gekoop het - omdat hy “nie eens ’n voël kan vang nie”.

21 “Hy is nie baie toeganklik nie en jy sal hom nie sommer vang nie. Hy is ook nie ’n kat wat die heeltyd gestreel wil wees nie. Hy is baie liefdevol en skadeloos. “Tsotsi eet slegs ’n spesifieke soort katkos en sy maag was ’n bietjie omgekrap toe hy verdwyn het. Dit is vreemd dat hy weg is en nog nie terug is nie.”

17

Page 18: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

25 Volgens Wolmarans het hulle ’n kleiner hok met kos en water op die voorstoep vir Tsotsi gelos indien hy opdaag.

Khakhau sê hulle vra orals mense om op die uitkyk te wees vir die Wolmaranse se kat en 28 die DBV te bel as hulle hom gewaar.

VRAE

1 Voorsien die volgende woorde se meervoudsvorme van afkappingstekens indien dit nodig is: Du Plessis, Fochini, Pretorius, Bosch, Hugo, Terblanche, karba, parvenu, Du Bois, Roux, du Preez, pa, Antoinette, Roos.

2 Voorsien die volgende woorde van deeltekens indien nodig: differensieer, reel, dieet, finansiele, heroien, prieel, priele, moe, droe, reunie, seel, seevier

3 Aksentueer die volgende woorde korrek: moet, gaan, nie, dit, die. Nog Piet, nog Sarie het kom kuier. Of die appel of die peer het ’n wilde smaak. De, hier is jou appel.Jy soek moeilikheid ne! Die paaltjiewagter teken appel aan.

4 Dui die kern en bepaler in huiskat (r. 2) aan.5 Waarom word Tsotsi (r. 2) met ʼn hoofletter geskryf?6 Skryf 37(r. 3) in woorde uit.7 Gee die meervoudsvorm en verkleiningsvorm van uur (r. 7).8 Daar is ʼn anglisisme in r. 9. Skryf die sin oor in beter Afrikaans.9 Skryf foto’s (r. 11) in die verkleiningsvorm.10 Gee die meervoudsvorm én verkleiningsvorm van kat (r. 11).11 Aksentueer die woord groter (r.12) op die korrekte wyse en benoem die

aksentteken wat jy gebruik.12 Gee die verkleiningsvorm van kolle (r. 18).13 Aksentueer heelwat (r. 18) met die korrekte aksentteken.14 Verdeel voël (r. 20) in lettergrepe.15 Maak ʼn gepaste sin met sommer (r. 21) waar die woord net 1 m het.16 Vorm ʼn voltooide deelwoord van gestreel (r. 22) se kern en gebruik dit as ʼn

attributiewe byvoeglike naamwoord in ʼn sin.17 Wat is die meervoudsvorm van maag (r. 23)?18 Skryf hok (r. 25) in die meervoudsvorm.

18

Page 19: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

SPELLING 3 EN SEMANTIEK (BETEKENISLEER)

AFKORTINGS

Slegs erkende afkortings word gebruik. Sinne word nie met afkortings begin nieVermy dus:D.w.s. die man het gelieg.T.o.v. jou opmerking het ek niks verder om te verduidelik nie.Wel toelaatbaar: Mnr. Swanepoel eis die bedrag wat hom toekom.

Maniere waarop afkortings gevorm word:

1 Die eerste volle lettergreep plus die eerste letter van die daaropvolgende lettergreep.aanbod - aanb., Februarie - Feb.; chemiese - chem.

2 Die eerste letter van die woord of die eerste letter van een of meer lettergrepe van die woord:

d. - dogter,br. - breedte; kl. - kleinletter, kw. - kwartaal, as. - aanstaande, bg. bogenoemde.

3 Die eerste en laaste letter van die woord, soms met die eerste letters van die lettergrepe tussenin:

dt. - debiet, mnr. - meneer, bro.- bruto.

4 By woordgroepe: Die beginletter van die betrokke woorde:

a.g.v. b.b.a. o.m. t.o.v. m.a.w.

Punte word tradisioneel by afkortings gebruik. By grade en diplomas se afkortings is die punt opsioneel: B.A. of BA; MCom of M.Com.

By afkortings wat uit hoofletters bestaan is die punt se gebruik ook opsioneel:

MIV M.IV., NNS of N.N.S. - nasionale navorsingstigting

Geen punte by akronieme (letterwoorde) nie: SABEK Sabek (Suid-Arikaanse Besigheidskamer) SASOL of Sasol Suid- Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie.

19

Page 20: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

Geen punt word gebruik by Si-simbole nie: g (gram, kg - kilogram, km kilometer, l (liter).

5 Afkortings van meervoudsvorme:

Meervoudsvorme van afkortings kan meer as een vorm aanneem:Gebruik ’n e of s: departemente depte. Hoofstukke - hfste. opmerkings - opms.

Of verdubbel die slotletter van die enkelvoudsvorm:drr. parr. mnrr.mevv.

In ander gevalle word ’n afkappingsteken: ’s of ’e gebruik:BA’s OTM’eRangtelwoorde:10de of 10e21ste of 21e.

1

SEMANTIEK (BETEKENISLEER)

i Sinonieme

Dit is verskillende woorde wat min of meer dieselfde beteken.

Dit is 'n mooi dag

Dit is 'n aangename dag

ii Antonieme

Dit is verskillende woorde wat min of meer die teenoorgestelde van mekaar beteken:

Die trein is betyds.

Die trein is laat.

iii Homonieme

Dit is verskillende woorde wat dieselfde gespel word, maar wat verskil in betekenis.

Die mense sit en eet aan tafel.

Die seun ken die tweemaal tafel.

Hy sit lekker agteroor op die bank.

Die bank betaal slegs uit wat jy in hom het.

iv Homofone

Dit is verskillende woorde wat dieselfde klink en verskillend gespel word en van mekaar verskil wat betekenis betref.

Die man ly aan kanker.20

Page 21: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

Ek lei die groep na beskutting toe.

v Paronieme (woorde wat met mekaar verwar word)

Dit is verskillende woorde wat dikwels dieselfde stam het, maar van mekaar in betekenis verskil en dikwels deur sprekers en skrywers met mekaar verwar word:

Ek is vervelig (dan verveel ek iemand anders).

Gister was ek verveeld (het nie geweet wat om te doen nie)

Nog voorbeelde:Kinderlik/kinderagtig/kindsveroordeel/beoordeelgeldig/geldelike

vi Die verskynsel: Polisemie

Met polisemie bedoel ons dat elke woord 'n bepaalde betekenisgeheel vorm wat uit een of meer betekeninsonderskeidinge bestaan. Hierdie betekenisonderskeidinge kan onderling van mekaar verskil, maar saam vorm hulle die betekenisveld van 'n woord.Poli- beteken baie. Ons het hier dus te doen met meerduidigheid(dubbelsinnigheid) van woorde. Kom ons kyk na die betekenisveld van skool:

Die skool kom oor 'n uur uit (kinders)Dis 'n nuwe skool daardie (gebou)My kinders gaan na 'n primêre skool (aard van onderwys)Die skool sluit more (werksaamhede)Die woord skool het dus 'n aantal betekenisonderskeidinge wat verband hou met mekaar.

'n Skool visse: hier kan ons nie skool as 'n betekenisonderskeiding van die bg. woord skool beskou nie, omdat daar geen verband is tussen eg. en 'n skool visse nie. Skool hier sal dus 'n homoniem van eg. skool wees.

Nog voorbeelde van woorde wat polisemies optree is:veld, loop, hoog, land, saak, spel, voet(probeer dit self toets).

viii Letterlike (denotasie) en figuurlike (konnotasie) betekenis

Kyk na die volgende twee sinne:

Dit is moeilik om kop bo water te hou (konnotatiewe gebruik).'n Mens moet jou kop bo die water hou, anders sal jy verdrink (denotatiewe gebruik).Daar loop 'n kameelperd in die dieretuin (denotatief).Hier loer die ou kameelperd weer by die kroeg in (konnotatief).

21

Page 22: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

In 'n sin waar 'n woord denotatief gebruik word, word dit normaal gebruik d.w.s. die woord dui op een van sy betekenisonderskeidings (vgl. polisemie). Maar wanneer 'n woord buite sy normale betekenis gebruik word, noem ons dit konnotatief.

OEFENING

SA KAN VEEL BETER OP SPELE VAARDeur George Germishuys 22 Augustus 2016 13:43

1 Hoewel Suid-Afrika trots moet wees op die tien medaljes wat Suid-Afrikaners op die pas afgelope Olimpiese Spele verower het, behoort die land veel beter te vaar.3 Dit is die mening van Justin Durandt, hoof van hoëprestasiebestuur by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sportwetenskap, oor Suid-Afrika se medaljeprestasies op die pas afgelope Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië.6 Suid-Afrika het sy beste vertoning die afgelope 96 jaar op die Spele gelewer en kon daarin slaag om tien medaljes, twee goues inkluis, in te palm.8 Suid-Afrika het 30ste op die medaljelys geëindig. Kenia was die beste Afrikaland, en het 15de geëindig.As daar egter volgens medalspercapita.com na Suid-Afrika se per capita-vertoning gekyk word, is die prentjie veel droewiger.12 As Suid-Afrika se medaljetotaal met die grootte van die bevolking vergelyk word – tien medaljes vir die 54 956 920 mense – sak die land af tot nommer 56 op die medaljelys. Wat dié meting veronderstel, is dat Suid-Afrika slegs een medalje vir elke 5 495 692 inwoners kon wen.16 Die pad na ’n veel hoër medaljetelling, meen Durandt, loop deur meer hoëprestasieprogramme wat beter gefinansier word.“Ek dink ons moet gelukkig wees met die prestasie van die individue wat medaljes kon verower. Dit het duisende ure se oefening geverg,” het Durandt aan Netwerk24 gesê.20 “Maar dis beslis nie die beste wat ons kan doen nie.”

22

Page 23: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

Volgens Durandt is beter beplanning en verbeterde strukture noodsaaklik vir Suid-Afrika se volgehoue Olimpiese sukses.“Ek is nou al 20 jaar lank by hoë prestasie betrokke en dieselfde ding word deurentyd gesê. Ons sien egter nie die nuwe strukture of programme nie.”25 Finansiering vir hoëprestasieprogramme bly ’n kopseer, veral omdat die Nasionale Lotery slegs R3 miljoen aan die onderskeie sportfederasies toeken, wat dit uiters moeilik maak om effektiewe hoëprestasieprogramme te vestig en aan die gang te hou.28 Van die geld wat die regering aan sportfederasies gee, gaan ook dikwels vir basiese ontwikkeling, eerder as hoëprestasie-ontwikkeling.30 Volgens Durandt is nog ’n probleem dat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee slegs aan potensiële medaljewenners ondersteuning gee en nie die ontluikende talentpoel ondersteun nie. Daar word ook nie reg beplan nie.33 “Ons moet besluit watter sportsoorte ons wil teiken. In byvoorbeeld die driekamp moes ons nou reeds 100 atlete geïdentifiseer het met die oog op 2020 se Spele in Tokio. Dis nou te laat.”Hy meen die wyse waarop Suid-Afrika se talentpoel effektief kan ontwikkel om meer medaljes te verseker, is deur die vestiging van ’n amptelike hoëprestasieprogram wat deur die regering bestuur word en realistiese doelwitte stel.39 “Ons het beslis die potensiaal om ons medaljetelling te verbeter. Ons het gekwalifiseerde mense en die talent.“Dit gaan egter alles oor stelsels en organisasies. Die skakels tussen federasies, skole en universiteite moet versterk word. En daarvoor het ons leierskap nodig.43 “Almal sal ’n goed georganiseerde stelsel ondersteun.”

(UIT: NETWERK24)

VRAE1 Waarom word Suid-Afrika (r. 1) met ʼn koppelteken gekryf?2 Gee die verkleiningvorm van medaljes (r. 10.3 Waarom word Olimpiese Spele (r. 2) met ʼn hoofletter geskryf?4 Verdeel die volgende woorde in: lettergrepe, klankgrepe en dui dan die

klankbou van elke woord aan.4.1 geëindig (r. 8) 4.2 medaljetelling (r. 6) 4.3

hoëprestasieprogramme (r. 25)4.4 potensiële (r. 31).5 Skryf die woord vertoning (r. 6) in die verkleiningsvorm.

23

Page 24: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

6 Watter klankverskynsel kan met die uitspraak van die volgende woorde plaasvind?

6.1 onderskeie (r. 26) 6.2 besluit (r. 33) 6.3 mense (r. 40).7 Maak goeie sinne met die volgende woorde se homonieme. Jou sin moet

duidelik aandui wat die woord beteken.7.1 land (r. 2) 7.2 pas (r. 4) 7.3 sak (r. 13) 7.4 meer (r. 16).8 Gee antonieme vir die volgende woorde.8.1 beste (r. 6) 8.2 versterk (r. 42).9 Gee sinonieme vir die volgende woorde.9.1 kopseer (r. 25) 9.2 potensiële (r. 31) 9.3 reg (r. 32)9.4 verseker (r. 37).10 Gee die erkende afkorting vir die volgende.10.1 Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (r. 30-31)10.2 Suid-Afrika (r. 36)11 Wat word die inwoners van Kenia (r. 8) genoem?12 Gee die erkende afkorting van die volgende woorde wat nie in die teks

staan nie.12.1 September 12.2 Sondag 12.3 Maandag 12.4 junior 12.5

kilometer12.6 asseblief 12.7 been voor paaltjie 12.8 enkelvoud

24

Page 25: Web viewDie vokaal wat genasaleer word (wat nasale eienskappe ... Samestellende afleiding: ... en sy samestellings, afleidings en verboë vorme moet sover moontlik met

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 en 12 TAALLEER (DR H. PIETERSE HULPKLAS)

25