DAAR IS GEEN BOME IN DIE LEEUKUIL NIE
Die Here kon die …
…Koning ‘n ander besluit laat neem…Leeukuil toesluit sodat niemand daar kon
ingaan nie…Leeus verander het in katjies
…‘n Boom in die leeukuil sit
Maar… daar is geen boom in die leeukuil nie
HOEKOM IS DAAR ‘N LEEUKUIL?
Dit is ‘n plek van geboorte
Dan 6:25-26
Koning Darius laat toe ’n kennisgewing skryf vir al die volke en nasies en taalgroepe op aarde: “Ek groet julle almal! 26Hiermee gee ek bevel dat in al die gebiede waaroor ek regeer, almal die hoogste ontsag moet hê vir Daniël se God. “Hy is die lewende God wat leef tot in ewigheid. Sy ryk sal nie oorweldig kan word of sy regering beëindig word nie. (LB)
1
Dit is die geboorteplek van die getuienis van God se vermoë om
te red
Dit is ‘n plek van ‘n nuwe begin
Rom 8:28
Ons weet dat God alles wat gebeur, laat saamwerk tot ons voordeel as ons Hom liefhet, want God het ons geroep omdat Hy vooraf so besluit het. (LB)
2
Dit is die plek waar die Here ‘n nuwe uitkoms bring
Dit is ‘n plek van toetsing
Jak 1:2-3
Broers, as die moeilikhede van alle kante af op julle toesak, moet julle bly wees daaroor. 3Julle het al geleer dat dit julle standvastig maak as julle geloof op hierdie manier getoets word en julle die toets slaag. (LB)
3
Dit is die plek waar jou geloof getoets word
Dit is ‘n plek van seën
2 Cor 4:17
Die moeilikhede wat ek nou het, is nie so erg nie en hulle gaan verby. Maar hulle berei my voor vir die ewige seën wat God my sal gee, en dit is wonderliker as enigiets waarmee ek dit nou kan probeer vergelyk. (LB)
4
Dit is die plek waar die Here Sy seën oor jou uitstort
Dit is ‘n plek van afronding
Jak 1:4
Hierdie standvastigheid moet toegelaat word om ten volle te ontwikkel sodat julle beproefde en afgeronde Christene kan wees sonder gebreke. (LB)
5
Dit is die plek waar die Here met jou werk en jou karakter
gevorm word
Dit is ‘n plek van wonderwerke
Dan 6:27
Dit is Hy wat kan red en vrymaak; Hy doen wonderwerke in die hemel en op aarde. Hy het vir Daniël gered uit die mag van die leeus.” (LB)
6
Dit is die plek waar die Here op so ‘n wyse kan ingryp dat
niemand kan twyfel nie
DIT IS ‘N PLEK VAN VERWAGTING!