DIE
OPENBARING:
HOOFSTUK 5:
DIE LEEU
&
DIE LAM
-DS. JG (HANNES) JANSE VAN RENSBURG
Hoofstuk 5:1 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n
boekrol gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol
geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was.2 Toe het ek 'n sterk engel gesien wat met 'n harde stem
uitroep: “Wie is waardig om die boek oop te maak deur
die seëls daarvan te breek?” 3 Maar niemand in die hemel
of op die aarde of onder die aarde was in staat om die
boek oop te maak en daarin te kyk nie. 4 Ek het baie gehuil
omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die
boek oop te maak en daarin te kyk nie.5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie.
Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van
Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die
sewe seëls oopmaak.”6 Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier
lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, 'n
Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe
horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste
van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is.7 Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand
van Hom wat op die troon sit.
8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende
wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom
gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak
vol wierook, die gebede van die gelowiges. 9 Toe sing hulle
'n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en die
seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u
bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal
en volk en nasie. 10 U het hulle 'n koninkryk en priesters
vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.”11 Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens
en die ouderlinge 'n groot menigte engele gesien. Daar
was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek
het hulle hard hoor 12 uitroep: “Die Lam wat geslag was, is
waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte,
die eer, heerlikheid en lof te ontvang.”13 Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en
onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek
hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam,
behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot
in alle ewigheid.”14 Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die
ouderlinge het gekniel en God aanbid.
Hoofstuk 5: Kernwoorde
Trompet: Musiek-instrument van brons.
Mense het dit geblaas.
Die Gees: Die Here stuur sy Gees uit die
hemel om te doen wat die Here wil hê.
Karneool: ’n Rooi klippie.
Smarag: ’n Groen klippie. Dit is baie
kosbaar.
Ouderlinge: Leiers in die Christelike
gemeentes. Hulle werk was om oor die
gemeentes te regeer.
Kroon: ’n Koning of hoëpriester se hoed.
Fakkels: Die mense het lappe om die
punte van stokke gedraai en hulle het die
lappe in olyf-olie gedruk. Dan het hulle dit
aan die brand gesteek om lig te maak.
Fakkels: Die mense het lappe om die punte
van stokke gedraai en hulle het die lappe in
olyf-olie gedruk. Dan het hulle dit aan die
brand gesteek om lig te maak.
Die Sewe Geeste: Die Heilige Gees.
Kristal: ’n Harde klip. ’n Mens kan deur die
klip sien.
Almagtige: Die Naam “God die Almagtige”
of “Almagtige God” of “Almagtige” is een van
die Name vir die Here. Dit beteken dat Hy
alles kan doen wat Hy wil doen.
Heilig: Net die Here is heilig. Hy is anders as
mense en Hy is belangriker as gode en
mense. Hy is die heilige God en sy Naam is
heilig. Jesus is ook heilig, want Hy is die Here.
Eer: Wanneer mense die Here eer, dan
respekteer en dien hulle Hom.
Hoofstuk 5:1
o Hoofstuk 4 – Skepper / Hoofstuk 5 -Verlosser
o Toe kom Jesus in die hemel aan.
o God het in sy regterhand ʼn boekrol – dit is sy raadsplan, maar dit is gesluit.
o Regterhand is simbolies van krag en gesag.
o Boekrol is vol geskryf – die geskiedenis.
o Boekrol het sewe seëls. Met die breek van die seëls – een vir een, word ‚n
groter deel openbaar gemaak.
o Dink aan die beeld van Domitianus in Efese. Hy hou boekrol in sy regterhand
vas as simbool daarvan dat hy die geskiedenis in sy hand hou.
o Boekrol kan verskillende betekenisse hê: (i) Lam se boek van die Lewe met die
name van almal wat gered sal word, (ii) Tora – die wet van God, (iii) testament
met die name van die erfgename, (iv) egskeidingsbrief: Jesus skei met die ou
Jerusalem en trou met die nuwe Jerusalem, (v) kontrak met sewe seëls (getuies)
inhou aan die binnekant en opsomming aan die buitekant, (vi) God se plan om
verlossing en oordeel.
Hoofstuk 5: 2-3
o Voor en agter is volgeskryf net soos in die geval van kontrak.
o SEWE seëls, volledig geslote.
o Die oopmaak van die boekrol word gekoppel aan Christus se oorwinning
as die Lam.
o Die streng engel roep met ‘n harde stem, sodat almal op aarde dit kan
hoor.
o Sterk engel tree drie keer in Openbaring op en elke keer by ‘n beslissende
oomblik: (i) 5:2 – die ontvouing van die toekomsgeskiedenis, (ii) 10: 1-2 –
by die oopmaak van die opgerolde boekrol en (iii) 18:21 – by die
aankondiging van die vernietiging van Babilon.
o Niemand in die tipiese Joodse drielaagheelal kon die boekrol oopmaak nie:
(i) hemel – bonatuurlike wesens, (ii) aarde – mensewêreld en (iii)
onderaardse – waar die geeste woon.
Hoofstuk 5: 4-5
o Johannes begin huil, niemand kan die boekrol oopmaak nie. As die boekrol
nie oopgaan nie, regeer God nie, dan is sy Raadsplan nie in werking nie.
o Johannes wou sien waarheen die geskiedenis op pad is. Hy wou weet wat
gaan gebeur.
o ń Leeu uit die stam van Juda is oppad = Jesus.
o Leeu dui op Jesus se oorwinning / Goddelikheid.
o Lam dui op dat Hy geslag is – die oorwinning behaal het.
o Aangrypende Christologie: Jesus is die leeu uit die stam van Juda
o Een van die 24 Ouderlinge kan dit nie vat dat Johannes huil nie, daar is nog
hoop: die Leeu uit die stam van Juda!
o Die verwagting was dat die Messias ‘n militere oorwinning sou behaal
(daarom die Leeu), maar dit was eerder ‘n geestelike oorwinning (daarom
die lam wat geslag is).
Hoofstuk 5: 6-7
o Jesus is nie letterlik die lam nie, dit is beeldspraak.
o Jesus het gesterf en nou leef hy = oorwinning, daarom kan hy die boekrol
oopmaak.
o Sewe oë = sewe geeste.
o Sewe horings = hy het alle mag.
o Aangrypende Christologie: Jesus is die oorwinningslam wat geslag is.
o Aangrypende Christologie: Jesus tree op as Middelaar om die boekrol by
die Vader oor te neem.
o Lam staan tussen die vier lewende wesens en die 24 ouderlinge. Die Leeu
is ‘n Lam. Nie deur militere oorwinning nie, maar deur geslag te word. Hy
is koning (messias) deur die kruis (verlosser).
o Lam kom 29 keer in Openbaring voor en is 28 keer Christus.
Hoofstuk 5: 8-10
o As Jesus die boekrol in ontvangs neem breek daar ʼn hemelse erediens.
o Sing nuwe lied = dankbaar dat Hy ons vrygekoop het. Ouderlinge + engele
+ hele skepping sing drie aangrypoende liedere: (i) deur die ouderling en
vier lewende wesens (5:8-10) (ii) engelekoor (5:11-12) (iii) hele skepping
(5:13-14)
o Neerval in aanbidding is tipiese Joodse aanbiddingsvorm – eerbetoon.
o Harp is ʼn aanbiddingsonstrument.
o Goue Bakke vol wierook = gebede = die soet reuk beteken die offer is vir
God aanneemlik = mense se gebede het ʼn invloed op die koers wat God
die geskiedenis laat inslaan.
o Die nuwe lied besing die oorwinning – die nuwe hemel en die nuwe aarde
en die nuwe Jerusalem.
o Die nuwe lied: (i)
o Omdat die Lam geslag is, is hy waardig om die boekrol oop te maak.
o As gevolg van die oorwinning kry ons ook nuwe status: konings en
Hoofstuk 5: 11-14
o Omdat die Lam geslag is, is hy waardig om die boekrol oop te maak.
o As gevolg van die oorwinning kry ons ook nuwe status: konings en
priesters.
o Aangrypende Christologie: Jesus word as God aanbid.
o Almal sluit aan by die hemelse erediens – ook al die baie engele –
miljoene & miljoene = sover jy kon sie, was daar engele – ontelbaar baie –
beklemtoon die grootsheid van die visioen.
o Die Vader en die Lam word saam aanbid – „Ek en die Vader is een”
(Johannes 10:30).
o Sewe voudige lofprysing: mag, rykdom, wysheid, sterte, eer, heerlikheid en
lof.