DIE RONDEBOSSIE
Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com
ABSA Claremont, Rek 2870141125 Tak 632005
Maandblad van d ie NG Kerk Rondebosch Januar ie 2020
Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.
We are an inclusive family which reaches out to our community
NUWEJAARSGEBED (Outeur: Onbekend)
Dankie, Heer vir wat verby is - vir geluk wat my geskenk is, vir pyn en smart wat my na U gelok het.
Dankie, Here, vir die jaar wat voorlê, vir nog 'n kans om reg te maak wat ek verbrou het,
nog 'n kans om U te vind in hierdie wêreld so verward. Soveel dinge is daar in my siel verborge, wat slegs U,
my Heer, van weet. Gee my krag om reg te maak dit wat ek probeer verberg,
wat ek met sorg in vroomheid hul, sodat geen mens moet weet dat Satan ook hier in my hart kom skuil.
Gee my krag, o Heer, en geloof daarby om U te volg waar U my ook heen mag lei.
Gee tog vir my die insig om nie my eie leed alleen te sien, maar ook die groter leed van andere met wie ek elke dag verkeer.
Skenk my die genade om 'n beter, reiner mens te wees en as die lewe soms so donker word, laat my tog besef -
dit is slegs die wyse waarop U my nader aan U trek. Ag Heer, en gee my tog in hierdie jaar geduld met elke mens en
vriend'likheid in oorvloed die vermoë om my dagtaak ten beste te voltooi, die krag om ander by
te staan in tyd van nood, die vermoë om enige kritiek stil en kalm te aanvaar asook 'n heldere
verstand om al my eie foute te besef. Maar beste nog, o Heer, skenk my die nederigheid van gees om dag vir dag my siel in salige gebed tot voor U troon te lei.
Amen.
12 Januarie 2020
Eerste Sondag
na Epifanie
Handelinge 10:34-43 Petrus se toespraak by Kornelius.
Jesaja 42:1-9
Hier is my dienaar.
Psalm 29
Die stem van die Here is mag&ge.
Ma(eus 3:13-17
Jesus word deur Johannes gedoop.
19 Januarie 2020
Tweede Sondag
na Epifanie
1 Korin&ërs 1:1-9 God is getrou en sal jou laat
vasstaan.
Jesaja 49:1-7
Ek maak jou ’n lig van die nasies.
Psalm 40:1-11
Die Here red en vra gehoorsaam-
heid.
Johannes 1:29-42
Jesus se doop – Jesus is Seun van
God.
26 Januarie 2020
Derde Sondag
na Epifanie
1 Korin&ërs 1:10-18
Paulus geroep om Evangelie te
verkondig.
Jesaja 9:1-4
Die volk wat in donkerte geleef
het, het ’n groot lig gesien.
Psalm 27:1, 4-9
Die Here is my lig en my redder.
Ma(eus 4:12-23
Bekeer julle, die koninkryk van
God is naby.
5 Januarie 2020
Jesaja 60:1-6 Die nuwe dagbreek en terugkeer
na Jerusalem.
Psalm 72:1-7
Ons erken die een wat sorgsaam
heers en met deurnis na sy kinders
kyk.
Efesiërs 3:1-12 Oproep tot verootmoediging.
Ma(eus 2:1-12
Jesus is in Betlehem.
1 Desember hou ons gemeente ‘n dag van lofprysing en
musiek. Ons het ‘n mooi groot opkoms gehad by beide ons
dienste. Van die mooiste versierings tot die mees talentvolle
musikante het opgetree. Dit is ‘n wonderlike tyd van die jaar
waar ons die koms van Jesus afwag en herdenk. Ons Verlosser
en Koning word gebore….PRYS SY NAAM!
AAN WIE BEHOORT KERSFEES?
Elke jaar word Kersfees ingelui met luide musiek en allerlei versierings in die winkelsentrums en strate. Liedere soos Jingle Bells en verwerkings van Stille Nag en ander Kersliedjies, word tot vervelens toe herhaal. Baniere met Mer-ry Xmas en ander Kerswense word afgewissel met adverten-sies en afslagpryse, terwyl Kersvaders oral rondstaan en kinders lok. Wêreldwyd vier die mensdom fees, met die een gedagte: Koop, koop, koop en winkeliers aanskou die geharwar en glimlag breed. Ons lewe in ‘n materialistiese wêreld.
Het die geldgod Kersfees gekaap?
Aan wie behoort Kersfees dan werklik?
Sentreer Kersfees hoofsaaklik om bogenoemde lewens-beskouing? Of wel ook om die Kind wat 2000 jaar gelede in Bethlehem gebore is? Hierdie Kind wat later die stofpaaie van Nasaret bewandel het, vir die mensdom gepreek het en uiteindelik aan ‘n kruis gesterf en weer opgewek is?
Ek deel die siening van dr. Katts, oud-Moderator van die Volkskerk van Afrika, as hy sê: “Xmas is God’s Feast.
The meaning and purpose of the Christian Feast comes from the GIVER.” Ten diepste behoort Kersfees aan God, juis omdat Hy die een is wat die Kers(die LIG )-fees moontlik ge-maak het en aan die mensdom gegee het.
“God walked down with a little baby in His arms and gave the Baby to a world of sinners.”
Daarom, aan God al die eer !
James Horne
Gemeente-nuus en Bekende gesigte
Hierdie is die eerste maand wat ek foto’s van gemeentelede ontvang het. Die nuwe jaar wil ek kraag elke maand ‘n oulike brokkie nuus..van
buite ons normale kerklike jaar en beplanning plaas. Stuur jou foto met die storie aan: [email protected]
Lang, Lang ist es her!
Rate wer das ist. Im
Standesamt, Zillhausen.
Magistratant Zillhausen
Foto Vlnr:
(Trauzeuge)Ernst Pfeiffer, Lorna
en Herbert Pfeiffer.
Foto 1:
James Horne met die 1995
Wêreldbeker in sy kantoor, waar hy
skoolhoof was van Laerskool Paul
Greyling in Vishoek.
Hy was op die bestuur van die WP
Rugby-Unie en kon sodoende verlof
van die SA Rugby-Unie kry om
hierdie waardevolle beker onder poli-
sie-begeleiding na sy skool te laat
kom.
Elke leerling van die skool was
bevoorreg om met die beker afgeneem
te kon word.
Foto 2:
Elke rugbyspan se kaptein staan hier
saam op die foto … en vanjaar is
hierdie beker weer SA se beker.
Doop en Skaapwagters van Betlehem
Op Sondag 15 Desember doop ons vir klein Ulrike Conradie, haar trotse oupa se
naamgenoot. Ulrich en Helene Pool se se dogter en skoonseun kom al die pad
van oorsee en het ook ’n paar jaar gelede haar boe&e hier kom doop. Wat ’n
voorreg om hierdie oggend met hulle te kon deel.
Links bo:
Ulrike saam met haar mamma Anrië�e.
Rgs bo:
Al ons gemeente se kindertjies staan
nader om die doop van naderby te
beskou.
Links onder:
Rië�e vd Merwe staan op die gallery en
die skaapwagters (vlnr) Duncan Mar&n, Gerrit vd Merwe, Willem Visser en
Andre Swart staan op die verhoog.
Dit was ‘n mooi oggend van doop en ons
Skaapwagters van Betlehem of beter
bekend as Duncan, Gerrit, Willem en
Andre asook Rië(e doen, ’n voorlesing
oor die gebeure rondom die geboorte
van Jesus. Ons het lanklaas so ‘n mooi
onthou-oggend gehad van waaroor
Kersfees eintlik gaan.
Wessel en Joan besoek ons gemeente!
Op Sondag 22 Desember besoek
Wessel en Joan vd Merwe ons
Huis Lückhoff-erediens!
Dit was sommer baie lekker om
hulle weer te kon sien en te hoor
hoe dit met hulle gaan.
Hulle uitreik en werk in Angola
maak ‘n baie groot verskil onder
die gemeenskap van die areas
waar hulle werk.
Hulle voel soos familie wat kom
kuier het. Indien jy wil deel word
van ons Getuienisbediening en
bereid sou wees om in kontak te bly met van ons sendelinge, kontak gerus vir
Pieter Janse van Rensburg by 082 493 8748.
Veiligheid en Sekuriteit
Soos ons reeds verduidelik het, is ons in die proses om 12 kameras in die strate rondom die kerkperseel te installeer, wat dan in die aand deur ‘n buite-firma gemoniteer word.
Ons vind reeds ‘n afname in motorvoertuig-inbrake in die strate waar ons reeds kameras installeer het. Ongelukkig kos dit baie om te doen en het van ons bure aangebied om een aand op te tree om fondse ten opsigte van hierdie
projek in te samel. Dr Ian Bell, woon langsaan die kerk-perseel in Derryweg en hy en twee vriende het ‘n groep met die naam Thr3 Point Landing. Gaan kyk gerus op
Youtube hoe hulle optree.
Ons wil vra dat die gemeente op 31 Januarie hierdie inisiatief sal kom ondersteun. Alle fondse wat geïn word,
sal ten opsigte van hierdie projek aangewend word. Bertus Brand 02 Jan
Martha Janse van Rensburg 07 Jan
Ester Freeman 09 Jan
Joleen Botha 11 Jan
Lorraine Edwards 13 Jan
Gideona Prins 13 Jan
Philip Prins 13 Jan
Juliette Kriel 15 Jan
Peetie Swart 16 Jan
Harry Shaw 21 Jan
Helene Pool 23 Jan
Grietema Burger 24 Jan
Aletta Pearce 24 Jan
Koos Venter 24 Jan
Madelief Louw 27 Jan
Willem Visser 29 Jan