1
MOSIES
Me Charisma Botes, mev Trienie Roos en mnr Johan Scholtz het Maandag, 4 Maart
verjaar, me Sandra Botha Woensdag, 6 Maart. Mnr Christo du Rand verjaar
Sondag, 10 Maart. Baie geluk!
Mnr Johan Scholtz het Vrydag, 1 Maart deelgeneem aan die Varsity Cup Atletiek-
byeenkoms in Stellenbosch in diskus waar hy 2de plek behaal het. Hy was binne
3m van die kwalifisering vir die Wêreld Studentespele! Baie geluk!
Ons harte gaan uit na die ouers en familie van Chris van der Walt in 8J, wat
finaal sy stryd teen kanker verloor het. Ons dra hulle gesin in ons gebede. Ons is
terselfdertyd saam met hulle dankbaar dat hulle ook in hierdie baie moeilike tyd
vir iemand anders hoop kon bring d.m.v. van sy organe wat hulle kon skenk. Mag
hulle troos en krag ontvang om hierdie hartseer te kan verwerk.
JV MAN-UP
Ons is baie trots op twee van ons leerders wat ’n onbekende man gehelp het
om sy motor wat onklaar geraak het, te stoot.
Hulle is Robin-Luc Seeley 11/5 en JP Jordaan 12/3.
AFLOSPOS BESKIKBAAR
Ons het ‘n aflospos beskikbaar in Engels Eerste Addisionele Taal vir gr 8 – 11
vanaf Julie – November. Stuur asseblief u CV wat sal dien as aansoek na
[email protected] voor 5 April 2019.
GR 8-ONTWIKKELINGSPROGRAM
Let asseblief daarop dat die volgende gr 8-ontwikkelingsprogram eers weer op 26
April 2019 is en nie op 8 Maart nie, dit was ’n vingerfout in die vorige nuusbrief!
SKAAK
Saterdag het ‘n paar van ons leerders individuele skaak gespeel by Laerskool
Wonderboom teen D3 en D4.
Twee van die leerders Lohin Rademeyer(2de) en Reinhardt Jordaan(6de) in
Gr8 is deur na die finale wat moontlik die 13de April gehou gaan word.
JV-NUUS
Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2
Rietfontein
Webblad: www.htsjv.co.za
No 9/2019
/2017
2
ROBOTICS
Die FIRST Tech Challenge SA kampioenskap is Saterdag 2 Maart 2019 by die Sci-
Bono Discovery Center in Johannesburg gehou. 6 JV’s het as span Mighty Minds
deelgeneem en ‘n naelbyt tweede plek in die kompetisie behaal. Hulle het ook die trofee
vir “Mees Motiverende Span” in die kompetisie ontvang.
Die spanlede is: Gr 11 Garret Botha, Anro Swarts en Cobus van Wyk.
Gr 10 Zander Bezuidenhout en Coenraad Slabber
Gr 8 Willem de Vries
Die FIRST Tech Challenge kompetisie is ontwerp vir studente om mee te ding deur ‘n
robot te ontwerp, te bou en te programmeer en dan teen ander spanne te kompeteer.
Die robotstel is geprogrammeer met behulp van Java, die MIT App Inventor of ander
Android-programmeringstelsels.
OPEDAG 2019
3
SWEM INTERHOËR
Die volgende uitslag was ongelukkig uitgelaat by die vorige uitslae:
Joss-Thomas Thorburn het 'n eersteplek behaal in die 50m Borsslag vir seuns o/18.
NETBAL
RUGBY
4
Baie geluk aan ons Kultuurdagwenners in die onderskeie afdelings:
Instrumentaal:
Eerste plek: Enrique Breeze
Tweede plek: Francois Breedt
Derde plek: Kelvin Pretorius
Vokaal/Sang:
Eerste plek: Pierre van der Merwe
Tweede plek: Inge Vosloo, Lané Smit en Marlee Oberholzer
Derde plek: Angelique Johnson, Janel Erasmus en Marietha Wolmarans
Dans:
Eerste plek: Neeltje Moller
Tweede plek: Wendy Pretorius en Dane du Toit
Derde plek: Carla van Rooyen, Sascha Luus, Carlie van Tonder en Dané du Toit
Drama/Toneel:
Eerste plek: Pieter Meyer en Chevan Meiring
Tweede plek: Marco Steytler en Lané Smit
Derde plek: Lané Smit
GRAPJAS
Eksamenflaters:
Wiskunde
‘n Woonstelblok het tien verdiepings. Daar is tien trappe wat na elke
verdieping lei. Hoeveel trappe moet jy klim om tot op die tiende verdieping
te kom? Almal.
Wetenskap
Wat is die verskil tussen eenjarige en meerjarige plante?
Eenjarige plante vrek net een keer per jaar.
Wanneer ontstaan ‘n lugleë ruimte?
As ‘n fietsryer oor ‘n spyker ry.
Waarvoor gebruik ‘n mens rubberhandskoene?
Om jou hande te was sonder dat hulle nat word.
KULTUUR
5
SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS
1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende
dokumente bv ‘n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke
vakonderwyser in. Die vak-onderwyser sal dan vir die leerder ‘n punt
bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy reeds behaal het
in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die graadgroep vir
die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal het.
NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE
eksamen/toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat
oorskryf, indien die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van
bepaalde werk wil toets.
2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente indien nie
sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.
3. Bogenoemde reëlings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke
klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.
4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir ‘n
bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan
dissiplinêre aksies onderwerp word.
Ons vertrou dat bogenoemde reëlings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou. Indien
daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as welkom om
me Dowd enige tyd by die skool te skakel.
.
TUINRUBRIEK
Daar is ‘n Kangaroe-agtige diertjie wat in ons bosse voorkom. Party mense noem dit ‘n
haas!
Dié Springhaas kan mens verbaas deur 2 meter vér te spring per sprong. Hulle het lang
kragtige agterbene waarmee hulle sierlik deur die lug trek.
Springhaas. Pedetes capensis.
Sy latynse naam is Pedetes capensis. Die diertjie is so 35-45 cm lank. Sy stert self is ‘n
goeie 36-47 cm lank.
Antoinette Dowd
6
Hierdie springhase se voorbene is kort, vandaar die Kangeroo-agtige postuur.
Die agterpote het vier naels wat amper soos hoefies lyk en die voorpote het vyf gepunte
kloue met naels wat hoofsaaklik gebruik word vir die grouwerk.
Wat verbasend is van hierdie diertjies, is dat wanneer hulle deur roofdiere gejaag word
hulle 3-4 meter vêr kan spring.
Die springhaas se velkleure wissel van ligte vaalbruin tot geelbruin. Die ken is wit en die
onderkant van hierdie diertjie is vuilwit.Op die punt van die stert is daar ‘n kenmerkende
swart kwas. Hulle oë is kenmerkend groot en die ore smal en regop.
Dié hase woon gewoonlik naby riviere of panne en vermy swaar en harde grond.
Springhase is enkellopend en bly alleen in die tonnels, behalwe wanneer ‘n wyfie
kleintjies gekry het. Hulle gebied is so 25 – 250 meter groot vanaf hulle tonnels.
Springhase se kleintjies word met hare gebore en hulle maak hulle ogies binne 2-3 dae
oop. Springhase word 12-15 jaar oud.
7
FONDSINSAMELINGS
Total
Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-
straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n
gedeelte terug.
My School
Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie
en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za
of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene
kantoor kom afhaal.
Makro
Daar is twee opsies:
• Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.
U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool
ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.
• Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die
kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat
u by Makro maak, die rabat ontvang.
Blits Elektries
Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle
dit kan aanteken, die skool ontvang krediet.
ADVERTENSIES
8
OM HIER TE ADVERTEER, KONTAK DIE SKOOL
9
STRESONTLAAIER