WAT GEBEUR VANDAG
08:00 : Erediens - NAGMAAL
(Ryno Meyer)
08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)
09:00 : Junior Geselsgroepe
(Gr 4–7)
10:00 : Erediens - NAGMAAL
(Ryno Meyer)
10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)
13:00 : Afrikatale Erediens
17:00 : Senior Geselsgroepe
(Gr 8–11)
18:30 : Aanddiens - NAGMAAL
(Ryno Meyer)
WAT GLO ONS?
Vraag 20
Wie is die Verlosser?
Die enigste Verlosser is die
Here, Jesus Christus, die
ewige Seun van God, in
wie God mens geword het
en die straf vir die sonde
self gedra het.
LEESROOSTER
Eerste Sondag van
Koninkrykstyd
Drie-eenheidsondag
Feesdiens
Romeine 5:1-5
Spreuke 8:1-4, 22-31
Psalm 8
Johannes 16:12-15
ONS LOF EN EER AAN DIE
HERE VIR ‘N WONDERLIKE,
GESEENDE PINKSTERTYD.
DANKIE VIR ELKEEN WAT
SAAM “GEREIS” HET AS
PELGRIMS DIE AFGELOPE
WEEK. KOSBARE TYE!
ONTHOU ONS
VROUEBEDIENING
Oggendtee 25 Mei 9h30 vir
10h00
Kostes: R100 - Verversings
ingesluit
Kaartjies beskikbaar by Kerkkantoor.
Slegs tot Maandag 20 Mei
Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense:
• Mariaan Muller wie se broer oorlede is.
• Ronnie Beyers wie se ma oorlede is.
• Piet Oosthuizen wat aansterk na ‘n hartaanval.
• Koba Kilian wat knieoperasie ondergaan het.
• Mynhardt Kitshoff wat chemo ontvang.
• Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is.
• Jan-Hendrik de Beer (6jaar) en mamma Karin de Beer
wat sukkel met hul gesondheid
• Julie du Plooy wat operasie ondergaan het
• Manie du Plooy wat met gesondheid worstel.
KOMMISSIELEDE BENODIG
Gemeentelede word benodig om op die ondervermelde kommissies te dien. Inligting is by die
Bedryfshoof beskikbaar en persone wat belangstel moet asseblief dringend hieroor kommunikeer.
1. Eiendomskommissie (EK) Die Gemeenteraad het op 29 April 2013 die samestelling van ’n Eiendomskommissie goedgekeur
wat oorhoofs na die Gemeente se behoeftes ten opsigte van die voorsiening van akkommodasie
en die onderhoud van geboue en terreine sal omsien. Hierdie Kommissie sal dus die Gemeenteraad
oor die doeltreffende en effektiewe benutting en onderhoud van geboue, terreine en fasiliteite ad-
viseer. 2. Diensverhoudinge Kommissie (DVK) Hierdie Kommissie adviseer die Gemeenteraad oor personeelaangeleenthede en verseker dat:
• Die Gemeente as werkgewer behoorlik en verantwoordbaar na die behoeftes en probleme
van werknemers omsien;
• Gesonde arbeidsverhoudinge tussen die werkgewer en werknemer bestaan en gehandhaaf
word; en billike arbeidspraktyke bedryf word.
Daar is tans vakatures op die DVK en oorweging word ook geskenk aan die uitbreiding van die
struktuur om meer lede in te sluit. .
Alle Gemeentelede wat oor toepaslike kundigheid en ervaring beskik en bereid is om by een van die
bovermelde kommissies betrokke te raak word uitgenooi om hul beskikbaarheid aan die Bedryfshoof
voor of op 24 Mei 2013 te kommunikeer. Peet Kilian (Bedryfshoof) 012) 662 1708 / 082 469 4708 of
epos [email protected]
Kuierkinders 3 - Emosies
Woede is waarskynlik ons bekendste bondgenoot.
In woede kan ons vele emosies kamoefleer. In Afrikaans het ons nogal ‘n
reënboog van woorde wat woede kan beteken.
Kinders in egskeiding ervaar woede in vele dimensies. Hulle is kwaad vir die ouers, hulle is kwaad vir
die Here, hulle is kwaad vir hulleself, ja sommer vir die hele aaklige wereld.
Dit is OK om woedend, kwaad, briesend, die duiwel in en selfs bietjie kwaad te wees. Woede kom dik-
wels in die vorm van hartseer…want in van ons huise, mag ons nie kwaad word nie. Moet asb ook nie
‘n Christelike sousie oor alles gooi en sodoende jou kind se emosies ontken nie. Respekteer dit en gee
hulle geleentheid om uiting daaraan te gee.
Woede het ‘n effek op jou liggaam, siel en gees. Hulle ervaar die opbou van negatiewe energie in
die liggaam. Die ervaring van fisiese pyn. Twyfel in ander se opregtheid en liefde, is maar deeltjies
van hierdie woede emosie.
Kinders veral kleiner kinders sal woede uitspeel. Hou gerus jou kind dop wanneer hy speel. Goed word
gegooi, gebreek, geskeur. Hierdie kinders het geen manier om dit te sê anders as om deur hierdie
optrede baie hard en duidelik te “praat” nie. Gee erkenning daaraan, moet dit asb nie summier af-
maak as stoutigheid nie. Luister na jou woedende kind. Skep ‘n veilige ruimte waar hy maar mag
praat. Indien julle nie die situasie onder beheer kry nie, kry hulp.
TIENERS: Wat Gebeur in die Jeug bediening:
• Sondag 2 Junie sluit die see kamp inskrywings, spring gou om ’n plek te kry. Bring ’n mater of
twee om saam met jou in die ongelooflike ervaring te deel.
• Vrydagaand 24 Mei, het ons ’n deur nag LAN, waar ons van 7 die aand tot 7 h Saterdag og-
gend behoorlik die lyne gaan warm speel.
• Kom skakel in by die groepe as jy nog nie deel is nie, ons reis saam, ge-
sels saam en ontdek Jesus op ’n unieke manier.
Koeldrank verkope 2013, een vir die onthou boksie
So dikwels spot ek met die konsep van ’n onthou boksie en ’n vergeet boksie en
dat ons onthou boks dikwels maar legerig is met goeie herinneringe. Lugskou 2013
was een van daardie, wat in die onthou boksie pas. ’n Oorslaap in die hanger die
aand voor die tyd, waar ons gejol het tot die koue nie meer ’n faktor was nie het die bed behoorlik
opgemaak vir ’n Saterdag van harde werk maar ook groot vreugde. 22 Ongelooflike jongmense slaap
Vrydagaand saam met ons oor, tussen van ons lands se grootste en mees indrukwekkenste vliegtuie
en helikopters. In verwondering het ons beweeg, oor alles wat daar uitgestal word by die Swartkops
lugskou. Saterdagoggend was dit oudergewoonte en eie aan ons land bitter
koud, maar die opgewondenheid het gesorg vir so klein bietjie hitte.
Min of meer 70 Pierre van Rynevelders meld aan vir diens om die koeldrank stal-
letjies met oorgawe en vriendelikheid te beman. Dit is eie aan ons stalletjies daar
want mense van heinde en vêr word deur ons jongmense nader gesleep om ’n
ou koeldrankie te koop en as hul weier word die morele kaartgespeel wat so
gaan “ag oom dis vir die kerk”. Entoesiasme was in oorvloed en daarvoor eer ek
elke persoon wat hand kom bysit het om dit ’n sukses te maak. Al alhoewel die
weer nie heeltemal saamgespeel het nie, was dit steeds een wat ons as vriende en lede van die ge-
meenskap nader aan mekaar getrek het, want om saam te werk en speel is om saam te leef. Dankie,
vir elkeen se ongelooflike bydrae en almal se ingesteldheid. Dit was voorwaar ’n vreugde en een vir
die onthou boksie. - Herman -