Download pdf - Vandag se 20Plus

Transcript
Page 1: Vandag se 20Plus

VOLKSBLAD WOENSDAG 19 OKTOBER 2011 ) WWW.VOLKSBLAD.COM 20plus 9

) DANIE KRIGE

ONS almal het al ’n nuwe toestel (bv.mikrogolf of yskas) gekoop omdatdie prys redelik was en dit ’n twee-jaar-waarborg gehad het. Ons houdie boks waarin dit gekom het enhou die kwitansie veilig. Drie maan-de nadat die toestel gekoop is, breekdit en jy neem dit terug na die ver-skaffer. Jy kry nie jou geld terug nie,maar word verseker dat die toestelso vinnig as moontlik herstel salword. Na afloop van die drie maandeword die toestel in “bubble wrap”aan jou terugbesorg. Jy gaan huis toemet groot afwagting, net om agter tekom dat die toestel steeds buite wer-king is. Uit frustrasie besluit jy ommaar liewer na ’n ander verskafferte gaan en om daar ’n nuwe toestelte koop.

Die Wet op Verbruikersbesker-ming (WVB) het tot ons redding ge-kom deur ’n geïmpliseerde waarborgvan gehalte daar te stel. Hierdie ge-impliseerde waarborg is bykomendtot die vervaardigerswaarborg watuitgereik word ten aansien van nu-we goedere. Hierdie geïmpliseerdewaarborg strek selfs wyer en is ookvan toepassing op gebruikte goede-re. Die vereistes en standaarde vandie geïmpliseerde waarborg is vasge-stel deur Artikel 55 van die WVB watbepaal dat elke Verbruiker die reghet tot goedere wat redelikerwys ge-pas is vir die oogmerke waarvoorhulle in die algemeen bedoel is; goe-dere wat van goeie gehalte, in goeie

werkende toestand en vry van enigedefekte is; en goedere wat vir ’n rede-like tydperk bruikbaar en duursaamsal wees – met inagneming van diegewone gebruik daarvan en al dieomstandighede rondom die verskaf-fing daarvan.

Die WVB bepaal dat enige gebrek-kige, onveilige en defektiewe goede-re aan die verskaffer teruggegee magword binne ses maande ná die lewe-ring daarvan aan die verbruiker. Insodanige geval sal die verskaffer diegoedere moet herstel of vervang, ofdie koopprys aan die verbruiker te-rug betaal. Die verbruiker kan kiesom sy geld terug te ontvang, of datdie goedere vervang of herstel moetword. Die teruggawe van die goederesoos bedoel in hierdie artikel sal ge-doen word op die risiko en koste vandie verskaffer.

Indien die verbruiker verkies datdie goedere herstel moet word, saldie verbruiker ’n verdere driemaan-

de-waarborg ontvang ná die herstelvan die goedere. Indien dit binnehierdie driemaande-periode voor-kom dat die goedere defektief is ofgeword het, mag die verbruiker diegoedere teruggee en vervanging ofterugbetaling eis. Die WVB maakdus voorsiening vir ’n driemaande-waarborg op herstelde goedere.

Die verskaffer sal nie verplig weesom geld wat reeds betaal is vir diegelewerde goedere terug te betaal indie geval waar ’n wet daardie terug-betaling verbied of die goedere ge-wysig of uitmekaar gehaal is nie.

Let daarop dat die verbruiker geenreg tot teruggawe verkry (tensy di-rekte bemarking plaasgevind het),indien die produk nie afwyk van ditwat voorgestel is nie, indien dit nieonveilig of defektief is nie, of die ver-bruiker die produk misbruik het ofdie verbruiker eenvoudig van be-sluit verander het.

Ter opsomming is dit duidelik datverbruikers moet verseker dat hullebewus is van hul reg om onveilige endefektiewe produkte terug te gee enhul regte in termedaarvanbehoorlikverstaan. Verskaffers moet versekerdat hulle goedere verskaf van ’ngoeie en voldoende gehalte. Verskaf-fers moet verder verseker dat hulle’n voldoende na-verkoopplan het omte voldoen aan die voorskrifte vandie WVB.) Danie Krige is ’n prokureur byNaudes. Bel hom by 051- 400-4122 ofstuur ’n e-pos aan [email protected].

Ken jou verbruikersregte

) MARLESÉ SMITH

DIT ís toe so, dink ek nou die aandtydens ’n wedloop toe ’n onverwagserukwind my amper van my voete afin die veld laat beland. Ek praat nouvan daai boeke waaroor ek my oë sogerol het toe ek jonger was. Dié mettitels soos Die wedloop van die lewe.

Toe dit skielik onheilspellend don-ker word en die wind begin ruk enpluk, was my eerste instink om opdie sypaadjie te gaan sit met my koptussen my knieë totdat alles net ver-by is.Maarek loer toeskrefie-oëdeurdie stof na wat die ander atlete doen.

Ek sien ’n paar atlete wat my eer-ste instink uitvoer – wat gaan sit enwag totdatdiewindoor is. ’nPaaran-der hou op draf, buig effens voorooren begin stappend die wind aanpak.Nog ’n klompie hak bymekaar in so-dat een nie agterbly nie. En dan daaigroepie wat inderdaad vinniger be-gin hardloop, die wat die rukwind as’n uitdaging sien en dit aanvat!

Ek besluit toe om by laasgenoemdegroepie te probeer bly. Nie omdat ekdie rukwind as ’n uitdaging sien endit wou aanvat nie. Ek was net vrees-lik bang en het begin hardloop dat ek

klein word om by die eindstreep on-der dak te kom. Maar hoe ook al, ek,en al die ander atlete is deur die ruk-wind, en met ’n medalje by die eind-streep beloon.

Toe ek my eerste paar wedlope ge-hardloop het, het ek geglo ’n mensvorder nét so vinnig om teen moeili-ke bulte te stap as om dit voetjie virvoetjie stadig uit te draf. Tot ek een-dag saam met iemand ’n wedloop ge-

hardloop het wat die teenoorgesteldegeglo het.

Toe die bult kom, het ek in my mougeglimlag, begin stap engesê, gaan jymaar, ek sal nou weer opvang. Sy hetstadig maar seker onder my uitge-trek die bult op, en al is ek met spoeddie bult af, het ek haar net nie weeringehaal nie.

Ek weet vandag dit was nie die bultnie, maar die glimlag in my mou watmy doodsteek was.

Die lewe is inderdaad soos ’n wed-loop. Moenie jou wenkbroue optrekoor hoe iemand anders syne aflê nie,daar is immers net een goue reël virjou 20’s en jou 30’s, vir solank as watjy een voet voor die ander kan sit –tekkies op die teer!

Die goue reël – tekkies op die teer

Dirk se sitting 2011 met Dirken die Republiek: MonicaMaree, Jacobus Silver enFalkeland in die Aasvoëklubop 22 Oktober om19:30. R45.Rocking the Island:VanDonderdag 27 Oktober totSondag 31 Oktober gaan bandssake uitspook. Kaartjies isbeskikbaar by Computicket.Gospel met passie met LouisBrittz en Arco Musica: Op 4

en 5 November in die Baptiste-kerk in Bloemfontein. Kaartjieskos R70 en is beskikbaar byCraizy Daisy-winkels enIzami-bloemiste.ABSA Kersiefees opFicksburg: Van 17 tot 19November. Vir meer inligtingbesoek www.cherryfesti-val.co.za.) Stuur enige inligting oorgebeure na [email protected].

) REZA VAN ROOYEN

TOKELO MOEKETSI sal waar-skynlik nooit 1 km kan stapnie.

’n Buitelug-fanatikus meer astien jaar Tokelo se senior het eg-ter besluit hy gaan hom helpdeur ’n bergwedloop van 106 kmin die Drakensberg naby LadyGrey te voltooi.

Tokelo, ’n gr. 9-leerling aan dieTswellang-skool vir gestremdeleerlinge, ly aan serebrale ver-lamming (atetose).

Corne Vermaak (27), ’n reken-meester van Bloemfontein, wilegter Tokelo help, want Tokelohet net een droom en dit is omvolgende jaar ’n leerling aandie Martie du Plessis-skool teword sodat hy matriek kan vol-tooi. Hy het egter ’n elektrieserolstoel nodig wat ongeveerR14 000 kos.

Tokelo het min beheer oor syliggaam en onwillekeurige bewe-gings en sy spraakprobleemmaak die lewe vir hom vol uitda-gings.

“Ek het besluit ek moet vir To-kelo help. Só hierdie is my ma-nier om vir die Here dankie te sêdat ek ’n gesonde liggaam het omte kan ‘speel’ in God se skep-ping,” vertel Corné.

Die Salomon-Skyrun is ’n wed-loop wat jou uithouvermoë totdie uiterste sal beproef. Dit neemdie wenner ongeveer 15 uur omdie wedloop te voltooi, terwyl dieagterosse omtrent ná 34 uur diewedloop voltooi.

“Die meeste atlete voltooi diewedloop sonder om ’n oog toe te

maak. Ander slaap weer so uurof twee in die veld. Jy moet ookjou kos en water saamdra.”

Tokelo kan nie sonder hulpskryf nie en maak van spesialetoerusting gebruik om sy skool-

werk op die rekenaar te voltooi.Sy standaard-rolstoel maak homafhanklik van ander leerlingeom oor die weg te kom.

“Die plan is dat mense my perkilometer borg of ’n eenmalige

bedrag gee as ek die hele wedloopvoltooi,” sê Corné.

Vir meer inligting bel vir Cor-né by 084-581-2137, of stuur ’ne-pos aan Cornever-maak06@gmail. com.

Span saam en help vir Tokelo

TOKELO MOEKETSI en Corné Vermaak. Corne gaan aan die Solomon Skyrun deelneem en geld insa-mel om te help om vir Tokelo ’n elektriese rolstoel te koop.

) NADINE STRAMPE

’n GROOT produksie, Sound of Mu-sic, is onlangs deur die BethlehemseRotariërs op Bethlehem gehou,waarin baie bekendes van Bethle-hem te siene was.

Een van die bekendes, wat die rolvan Maria vertolk het, is Jaritha Pie-naar, of deesdae beter bekend as Ja-ritha Scott.

Sound of Music is egter nie waaralles vir haar begin het nie. Sy hetreeds ’n naam vir haarself gemaaken het ’n goeie musiekagtergrond.

Scott sing al van driejarige ouder-dom af en het as 13-jarige met sang-lesse by die Phillip Kotze-sangskoolin Bloemfontein begin.

In 2006 wen sy die Spontaan-sang-kompetisie op die Volksblad-kunste-fees in Bloemfontein, asook die Voi-ces-sangkompetisie op Bethlehem.

In 2010 was sy in Nederland enhet daar aan die Hol-landse Star Talent-sangkompeti-sie deelge-neem waarsy as die

algehele wenner aangewys is. 20Plus het met haar gesels om meer oordie Sound of Music-produksie uit tevind.

Hoe is jy gekies vir die rol vanMaria?

Ek was in Holland toe ek ’n e-posontvang waarin die organiseerdersmy gevra het of ek belang stel in dierol. Ek het sonder twyfel dadelik jagesê.

Was jy dadelik opgewonde ofeers ’n bietjie skepties?

O ja, ek was dadelik opgewondeoor die rol. Ek het dit gesien as ’nreuse-uitdaging.

Het jy al ooit vantevore só ’nsoort produksie aangepak?

Nee,SoundofMusicwasmyeerste“musical”.

Is daar persoonlik-heidseienskappe wat jymet Maria deel?

Ek dink ek en Mariasukkel glad nie om tesing nie. Net soos sy,loop ek ook heeldagen sing.

Wat irriteerjou van haar?

Absoluut niksnie. Sy’t so borre-lende persoonlik-

heid. Ek kan nie dink dat Maria ie-mand kan irriteer nie.

Was jy nog altyd ’n aanhangervan Sound of Music?

Ja, Sound of Music is so tydlose,gesinsrolprent. Ek dink almal watdit al gesien het, is steeds groot aan-hangers van Maria en die VonTrapp-gesin.

Het jy jouself so in die rol inge-leef dat jy later dieselfde emosiesmet die karakter kon deel?

O ja! Daar was ’n toneel waar Ma-ria die Kaptein moes uittrap oor sykinders wat hy nie ken nie (en af-skeep), en elke keer wanneer ekdaardie stuk moes doen, het ek selfbaie hartseer geword.

Watse invloed het jou mede-spe-lers in die produksie op jou gehad?

Sjoe, ek het van hul energie af ge-leef! Dit was ’n ongelooflike ervaringom teenoor Casper Knoester te speel!Om my lag te hou was nie so makliknie, maar hy het elke oomblik diemoeite werd gemaak!

En dan was dit ook ’n voorreg omteenoor ’n opgeleide akteur te speel.Cornel Craven het die rol van Maxbaie goed vertolk.

Hoe lank het julle geoefen?

Ons het so ongeveer vier maandegeoefen.

Hoe het jy die openingsaand ge-voel?

Ek het nie geweet wat om te ver-wag nie, maar toe die ligte in my oëskyn, en ek die gehoor se applous inmy ore hoor, het ek geweet ek’s“tuis”.

Dis ’n gevoel wat ’n mens vir nie-mand kan beskryf nie. Ons was baiedankbaar vir ’n “great” gehoor ty-dens die openingsaand!

Wie het jou die meeste byge-staan?

My man, Wayne, my ouers en mymedespelers.

Sal jy weer so iets aanpak?

Beslis, dit was soveel pret.

‘Sound of Music’ se borrelende Maria

Jaritha vertel van haar rol

JARITHA SCOTT as Maria in die Bethlehemse produksie Sound of Music.JARITHA SCOTT

DIE Kersiefees is ’n moet. Hier is Marisel van Wyk en Adrinet Higgoop verlede jaar se Kersiefees op Ficksburg.

FOTO: MARADINE WHITEHORN

Recommended