View
3
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
1
FEBRUARIE
Ma 04 Gr. 8-Studenteraadsverkiesing
Di 05 Verwelkoming van nuwe ouers
Do 07 Aflosgala: Somerset College
Do 14 Ko-Ed Atletiekbyeenkoms: Langafstande Parow
Vr 15 Ko-Ed Atletiekbyeenkoms: Bellville Velodrome
Di 19 Individuele foto’s
Do 21 SR-Kenmekaar
Wo 27 Oud-Studente Bondverkiesing / SR Leierskapseminaar / Bloedskenk
Do 28 Sjampanjeproe (tbv Matriekafskeid)
MAART
Vr 01 Wêreldbiddag vir Vroue / Gr. 12 – Kunsuitstappie na kunsgalerye
Di 05 Jaarbladfoto’s: Somersporte / Engels Olimpiade
Wo 06 B-Liga Swemkampioenskappe: Nuweland
Do 07 JAM-Koffiekroeg: Ouditorium
Vr 08 JAM: Boys/Girls Night
Di 12 Rekenaarolimpiade
Do 14 Mnr. & Me. Durbie: Kleedrepetisie
Vr 15 Mnr. & Me. Durbie: Gala-aand
Ma 18 Erekleurefunksie
Di 19 Wetenskap Olimpiade
Wo 20 Stigtingsdagvieringe / Orkestoer na Hartenbos (20 – 24 Mrt)
Do 21 MENSEREGTEDAG
Vr 22 SKOOLVAKANSIEDAG
Do 28 SKOOLSLUITING
TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE
Die skool waar elkeen iemand is!
ber 2012
UITGAWE 1 ~ 1 Februarie 2013
be
r 2012
IN HIERDIE UITGAWE:
Skoolhoof se Brief 2
Klein Karoo-filmvertoning 3
Musiekonderrig 4
Toneelbestuur 4
Mooi Maria-opvoering 4
Miss Teen Mzantsi Africa 6
Klaskapteins 2013 6
Interhuisatletiek-uitslae 7
Skoolsport-uitslae 9
Buitemuurse Sportuitslae 9
HSD Gholfdag 11
KONTAK ONS:
021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)
Algemeen: admin@durbanvillehs.co.za
Sport: sport@durbanvillehs.co.za
Kultuur: jan@zsd.co.za
Bemarking: bemarking@durbanvillehs.co.za
Alumni: alumni@durbanvillehs.co.za
Klerewinkel: ongegundmarais@gmail.com
Boekekamer: jrmr@absamail.co.za
BELANGRIKE DATUMS
2
Geagte Ouers
Baie welkom terug na die vakansie. Ons hoop
dat die tydjie saam met u kind(ers) vir u baie
beteken het.
Ons wil dan ook sommer ons nuwelinge en al ons
nuwe ouers by ons Durbie-gesin verwelkom. Ons
hoop dat ons lekker hande gaan vat en ons
kinders saam op die regte pad en op die leer
van sukses gaan kry.
Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons
hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en
suksesvol gaan wees.
Ons baadjieseremonie is baie goed bygewoon
en ek is seker die graad 8’s voel dat hulle reeds
deel van ons familie is.
Ons verwelkom ook graag ons nuwe
onderwyspersoneel vanaf die eerste kwartaal :
Mnr Burmeister (Engels)
Me Dippenaar (Afrikaans)
Mnr Hamman (Wiskunde)
Me Rademann (Afrikaans)
Me Rebel (Kuns)
Mnr Van Deventer wat verlede jaar deeltyds op
ons personeel was, is nou voltyds aangestel (ons
wil hom ook geluk wens met die feit dat hy sy
Nagraadse Onderwysdiploma aan die einde
van verlede jaar met onderskeiding verwerf het.)
Ons verwelkom ook graag vir mnr Andre van der
Merwe as ons nuwe koorleier.
Ons hoop dat hulle lank en gelukkig in
Durbanville sal wees.
Ons het die kwartaal op ‘n somber noot begin
met die oorlye van Tiaan du Toit (matriek 2012)
in‘n motorongeluk. Ons harte gaan uit na die
familie en ons wil hulle graag vertroosting toebid.
Tiaan het almal met wie hy in aanraking gekom
het positief aangeraak en sal onthou word vir sy
vriendelikheid, positiewe geaardheid en lojaliteit.
Hy was die verspersoonliking van die ware
Durbie.
Ons matriekklas van 2012 het baie goed presteer.
Ek wil dit graag vir u hier in ‘n neutedop saamvat:
149 Kandidate het die eksamen afgehandel,
en
148 kandidate het geslaag
116 Leerders het met matrikulasievrystelling
geslaag (dit verteenwoordig 77,8 % van die
totale matriekklas.
4 Leerders het onderskeidings in 7 of meer
vakke gekry (dit beteken dus in al hulle vakke)
3 het 6 onderskeidings gekry,
4 het 5 onderskeidings gekry
5 het 4 onderskeidings gekry
Daar was 17 onderskeidingsgemiddeldes.
Christa Wessels was op die top tien lys vir
Lewenswetenskappe en Afrikaans, en Danre
Muller het die lys vir sy prestasie in ekonomie
gehaal.
Ek wil dan graag al ons matrieks en die
onderwysers geluk wens met hierdie prestasies.
Dit gebeur nie vanself nie en ek weet hoeveel
harde werk, beplanning en lang dae ingesit is.
Baie dankie ook aan almal wat gehoor gegee
het aan ons versoek t.o.v die netheid van ons
leerders. Dit is vir ons werklik belangrik dat ons
studente netjies sal lyk .
Ons wil u ook vra om vanjaar spesiaal aandag te
gee aan u kind se tuiswerk. Dit is belangrik dat
hy/sy hulle tuiswerk sal doen sodat die personeel
met geruste harte in die volgende periodes met
nuwe werk kan aangaan. Vaslegging van die
dag se werk is uiters belangrik en tuiswerk word so
uitgesoek dat dit die proses aanhelp. Die doen
van tuiswerk bly daarom een van die hoekstene
vir goeie prestasie.U sal ingelig word indien u kind
in gebreke bly om gereeld te werk .
Die volledige sportprogram is reeds deur mnr
Minnie uitgestuur.
Ten slotte wil ons ook ons simpatie betuig met Me
Steenkamp : haar vader is die vakansie oorlede.
Ons glo dat u gesin troos in mooi herinneringe sal
vind.
Groete tot volgende keer.
George Germishuys
Uit die Hoof se Kantoor
3
KULTUURNUUS
AANDAG: ALLE DURBIES, DURBIE-OUERS & OUD-DURBIES
Klein Karoo, met Regardt van den Bergh as
regisseur is die meesleurende storie van Cybil
Ferreira, gespeel deur die gewilde Donnalee
Roberts, n jong onderwyseres van
Oudtshoorn wat enigiets in haar vermoë sal
doen om te verseker dat haar projek
voortgaan by die plaasskooltjie, Kalfieskraal.
Cybil het ‘n droom om ’n sentrum te vestig
waar die omgewing se kinders, wat ly onder
die invloed van alkoholisme in die Swartberg
Vallei, veral oor naweke ’n veilige hawe kan
vind. Haar skatryk verloofde het nie veel erg
aan haar ideaal nie, maar daar is tog
uitkoms.
As Cybil haar hart volg, beteken dit sy moet
haar drome opgee, of sal ware liefde juis
haar drome vlerke gee?
Die res van die rolverdeling lyk
indrukwekkend en die intrige beloof om jou
aan te gryp. Maar gaan kyk gerus self!
R20 000 VIR ONS SKOOL + ‘n LUUKSE NAWEEK VIR JOU GESIN (4)!
HOE WERK DIT . . . ? BAIE EENVOUDIG - GAAN FLIEK HIERDIE NAWEEK!!
o Gaan kyk HIERDIE NAWEEK (1 - 3 Februarie) die fliek KLEIN KAROO.
o Oorreed familie en vriende om dit ook te gaan kyk.
o MAAK ALMAL SE FLIEKKAARTJIES BYMEKAAR.
o Kram al die kaartjies vas aan ‘n blanko papier.
o Skryf op die papier u kind se naam, van en klas. Indien u nie meer ‘n kind in die
skool het nie, gee dit asseblief vir ‘n kind wat nog in die skool is.
o Die kind moet dit MAANDAG, 4 FEBRUARIE in die “KLEIN KAROO”- BOKS by
ONTVANGS plaas.
DIE PRYSE:
R20 000 vir die skool wat MAANDAG, 4 FEB gemiddeld die meeste fliekkaartjies
per leerder het vir KLEIN KAROO (Maksimum 10 skole kry kans om deel te neem!)
Vir die leerder wat die meeste gebruikte kaartjies terugbring: ‘n naweek vir 4
mense by die luukse Swartberg Country Lodge, waar die fliek gemaak is.
VOORWAARDE:
ONS MOET MINSTENS 860 KAARTJIES (DIE GETAL LEERDERS IN DIE SKOOL)
BYMEKAAR MAAK.
4
Die musiekdepartement bied onderrig aan in
die volgende instrumente:
Klarinet
Saxofoon
Fluit
Trompet
Franse Horing
Tromboon
Tuba
Slagwerkinstrumente
Klavier
Indien u kind belangstel om ‘n instrument te
bespeel, stuur asb ‘n e-pos aan me. Suretha
Theron by info@suretha.co.za met
MUSIEKONDERRIG as onderwerp.
Ons sal u kind toets en die nodige inligting
aan u deurgee. Geen vorige musiekervaring
is nodig.
S. Theron
Die volgende leerders dien vanjaar op die
Toneelbestuur:
VOORSITTER: Annelien Matthee
ONDER-VOORS: Corali Theron
SEKRETARESSE: Lara Hattingh
TESOURIER: Annemien Liebenberg
VOORSITTERS VIR SPESIALE GELEENTHEDE:
Mari Theron & Elke ter Borg
Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders.
Ons sien met groot verwagting uit na al die
projekte wat onder julle bekwame leiding
geloods gaan word.
A. vanWyk
MUSIEKONDERRIG 2013
“MOOI MARIA” KOM KUIER IN DURBANVILLE !
MOOI MARIA, deur Pieter Fourie, is een van die beste en mooiste toneelstukke wat
ooit in Afrikaans geskryf is. Onder regie van Albert Maritz wen dit in 2011 by Aardklop
die toekennings vir beste produksie, beste regisseur en beste aktrise.
Saam met die produksie tree ook twee topgehalte Tienertoneelstukke op:
o HS Brackenfell se “Sjuut!! (Netnou hoor die gode ons!)”
(2012-finalis in ATKV Nasionale Tienertoneelkompetisie.)
o HS Durbanville se “Japie”
(Eenvrou-kragtoer wat beoordelaars in vervoering gehad het.)
Datum: 20 - 22 Februarie
Plek: HS Durbanville ouditorium
Tyd: 19:00
Toegang: R100 (Volwassenes)
R40 (Skoliere en studente)
Program:
20 & 21 Feb: Mooi Maria (met “Sjuut!!” voor pouse)
22 Feb: Mooi Maria (met “Japie” voor pouse)
Besprekings open Maandag, 4 Februarie
Neelie Griebenow: 079 441 5219 / gneelie@yahoo.com
TONEELBESTUUR 2013
5
6
Le-André Swanepoel is onlangs aangewys as
een van die Top 10-finaliste van die Miss
Teen SA-kompetisie wat binnekort een
deelnemer per kategorie uit elke provinsie
inskryf om aan die nasionale kompetisie in
Johannesburg deel te neem.
Le-André wat al die wenner was van ‘n
verskeidenheid skoonheidskompetisies, gaan
vanjaar ook deelneem aan die Mej. SA-
Skoonheidskompetisie. Sy het reeds die
volgende kompetisies, waarvan Miss Mzantsi
Africa die grootste was, gewen:
Miss Red Affair Stellenbosch
Miss Eaglevlei Stellenbosch
Miss N1 City
Miss Teen Mzantsi Africa 2013
Die Durbies is bevoorreg om so ‘n pragtige
jong dame te ken. Voorspoed, Le-André!
Ons hou met groot verwagting styf duim vas
vir jou deelname!
SKOONHEIDSKOMPETISIE
KLASKAPTEINS
Baie geluk aan die volgende leerders wat as klaskapteins verkies is. Die gr.8-klaskapteins vind plaas
na afloop van die leerderraadsverkiesing.
GRAAD 9 GRAAD 10
A: Reinier van Rooyen A: Danél Greeff
Larissa van der Westhuizen Emce van der Walt
B: Robyn Jacobs B: Elsa Mijburgh
Jean-Paul Silvis Anri van Niekerk
C: Carla Engelke C: Cara van der Vyfer
Ulynne Cloete Carla Smith
D: Theunis du Toit D: Jessica Vice
Lara van der Spuy Elsa van Heerden
E: Liesl Lamprecht E: Bernadette de Jager
Pieter Wasserfall Phillip Jacobs
F: Inge van der Merwe F: Réhon Marais
Karl Heinz Hellman Tayla Nel
G: Ruben van der Merwe G: Jamie Brink
Nicole Schreuder Jean Rabie
GRAAD 11 GRAAD 12
A: Marcé du Toit A: Simoné Janse van Vuuren
Alicia Lombard
B: Nel Ehlers B: Annemien Liebenberg
Carla Loubser Ronnie Lubbe
C: Janke Jacobs C: Corali Theron
Mikal Aylward Lezandi Fourie
D: Melissa May D: Mieke van der Riet
Jessé Cupido Frané Landman
E: Altus van Zyl E: Lourens van der Merwe
Jane Stewart Christelle Marais
F: Ami Borman F: Lehandri Blom
Jumaine Hansen Dylon Lucas C. Esterhuyse
7
Die nuwe rekord-atlete vertoon soos volg:
PRESTASIE SPAN / ATLETE
Geesbeker Diemersdal
Atletiekbeker Meerendal
Snr. Victor Ludorum TJ Campbell
Jnr. Victor Ludorum Lenel van Niekerk
Beste Punte op ASA-tabel (840) Leiere Falck (90 m hekkies)
Top 3 Jnr. Atlete: Dogters Bertmari Kraay (3040)
Leiere Falck (2630)
Rieke van Rooyen (2610)
Top 3 Jnr. Atlete: Seuns Lenel van Niekerk (1700)
Ben Malherbe (1500)
Hugo Tredoux (1390)
Top 3 Snr. Atlete: Dogters Marna Louwrens (2120)
Stephanie Botes (1920)
Elke ter Borg (1690)
Top 3 Snr. Atlete: Seuns TJ Campbell (2840)
EMCE van der Walt (2210)
Riaan Heskwa (1970)
ITEM (VORIGE REKORD) NUWE REKORD ATLEET
Dogters o.14: 90 m hekkies (17:9) 14:7
17:3
Leiere Falck
Rieke van Rooyen
Dogters o.14: 200 m (29:2) 29:1 Alexis Hickson
Dogters o.15: Spiesgooi (17,1) 27,07
20,57
20,36
Shereen Adams
Shannon Steyn
Huibri Smith
Dogters o.15: Gewigstoot (7,42) 9,35
8,26
Huibri Smith
Shereen Adams
Dogters o.17: Spiesgooi (22,81) 25,30
24,96
Zanne Lureman
Annuschka Wessels
Seuns o.14: 100 m hekkies (18:5) 16:1
18:1
18:1
18:2
18:2
Hugo Tredoux
Nicol Redelinghuys
Dian Kuhn
Keenan Cloete
Christopher Erasmus
Seuns o.19: Gewigstoot (12,66) 12,88 Michael Badenhorst
Seuns o.15: Spiesgooi (39,56) 46,3
42,03
Derick Turner
Duo Lureman
SPORTNUUS
INTERHUIS-ATLETIEKBYEENKOMS
Tydens die afgelope interhuis-atletiekbyeenkoms het die Durbies weer eens bewys van watter
stoffasie hulle gemaak is. ‘n Wil om te wen, het die interhuis-byeenkoms gekenmerk.
As een van die beste vertonings ooit, het hierdie byeenkoms boonop ‘n groot getal nuwe
rekord opgelewer! Die spanne en individuele atlete se prestasies lyk soos volg:
8
SO LYK ONS WEN-ATLETE!
Beste Punte op ASA-tabel: Leiere Falck
Victor & Victrix Ludorums:
Lenel van Niekerk & Bertmari Kraay (Juniors) Marna Louwrens & TJ Campbell (Seniors)
Top 3 Senior Seunsatlete:
TJ Campbell, Riaan Heskwa &
EMCE van der Walt (afwesig)
Top 3 Senior Dogtersatlete:
Elke ter Borg, Marna Louwrens &
Stephanie Botes
Top 3 JuniorSeunsatlete:
Ben Malherbe, Lenel van Niekerk &
Hugo Tredoux
Top 3 Junior Dogtersatlete:
Leiere Falck, Bertmari Kraay &
Rieke van Rooyen
FOTO’S DEUR: SA SCHOOL PORTRAITS
9
Saterdag 26 Januarie vs Tygerberg
O.14 A
Durbanville 60 almal uit
Tygerberg 195/7
Beste boulers:
Dale Cronshay 3/13
Durbanville verloor met 135 lopies.
J.van Deventer
O. 15 A
Durbanville 122 almal uit
Beste kolwers:
Karl Heinz Hellman 53
Tygerberg 95 almal uit
Beste boulers:
Tiaan de Swart 3/7
Karl Heinz Hellman 3/28
Durbanville wen met 27 lopies.
H.Jordaan
O.19A
Durbanville 154/9
Beste kolwers:
Louwrens Roux 30*
Emce van der Walt 30
Tygerberg 153 almal uit
Beste boulers:
Gerhard Alberts 3/13
Louwrens Roux 3/42
Durbanville wen met 1 paaltjie.
N.Minnie
LIGA 8 - 12 Januarie 2013
SEUNS O. 13
Ruan Naude 12de 1578 pt.
SEUNS O. 15
MJ Boshoff 1ste 2192 pt.
Lambert Brink 3de 2017 pt.
SEUNS O.19
Louwrens Roux 5de 1390 pt.
Niel Coetzee 7de 904 pt.
DOGTERS O.15
Jana van Rooyen 4de 2022 pt.
DOGTERS O. 17
Marna Louwrens 1ste 2288 pt.
Pascal Rocher 3de 1891 pt.
S. Minnie
JIU JITSU TJ Campbell het gedurende November 2012
deelgeneem aan die Destiny-kompetisie op
die UK-kampus en ‘n goue medalje verower
en gevolglik Protea-kleure verwerf. Hierdie
besondere prestasie het vir TJ ‘n plek besorg
in die SA-span wat in Junie/Julie vanjaar in
Florida, VSA gaan deelneem teen 4000
ander deelnemers van oor die wêreld heen!
Hierdie toernooi is die enigste Oosterse
Gevegskuns-kompetisie wat wêreldwyd op
die ESPN-netwerk uitgesaai word.
TJ, ons is baie trots op jou en wens jou alles
van die beste toe vir hierdie uitdaging!
WATERSKI Louis Schutte wat onlangs gekwalifiseer het
vir SA-kleure in die kategorie Seuns o.17,
vertrek op 9 Februarie na Mulwala, sowat
250 km noord van Melbourne in Australië.
Louis sal sy span verteenwoordig in die
Slalom- & Springitems. Louis is ook gekies om
aan die Junior MOOMBA-kompetisie deel te
neem wat jaarliks 60 000 toeskouers lok,
asook aan die Australiese Ope
Waterskikompetisie! Uitsonderlike prestasies!
Baie geluk, Louis. Ons is baie trots op jou!
KRIEKET WP- TWEEKAMP
BUITEMUURSE SPORT
10
KITEBOARDING Simone Swanepoel het tydens Januarie
vanjaar deelgeneem aan die SA-
kampioenskappe waaraan verskeie
internasionale ryers deelgeneem het en die
volgende uitmuntende prestasies behaal:
LANGEBAAN: 3 dag-kompetisie
Wave Riding: 1ste plek
Course Racing: 1ste plek
Free Style: 2de plek
BLOUBERGSTRAND: 4 dag-kompetisie
Course Racing: 1ste plek
Free Style: 1ste plek
Wave Riding: 3de plek
Tydens hierdie kompetisie moes Simone haar
staal wys teen Jaloe Langeree, die huidige
vroue-wêreldkampioen. Simone is gekroon
as die nuwe SA-Vrouekampioen.
Wat ‘n wonderlike prestasie en eer vir die
Durbies om in die geselskap te wees van
sulke sportsterre! Baie geluk, Simone!
DRESSAGE Mia (gr. 12) en Lara (gr. 8) van Tonder het
gedurende Desember 2012 deelgeneem
aan die WP Lower Grade-Kampioenskappe
vir Dressage in die Wes-Kaap. Mia het ‘n 2de
plek verower in die Junior Novice-afdeling,
terwyl Lara die Pony Rider Prelim-afdeling
gewen het! Baie geluk met jul prestasies.
Ons is trots op die Durbie-ruiters.
TENTPEGGING Tanja Munro het as lid van die WP-span
gedurende die afgelope SA Tentpegging-
toernooi in Bethlehem haar Protea-kleure
behaal. Die SA-span neem gedurende
Maart 2013 deel aan die Junior Federasie-
toets teen Pakistan. Tanja het ook die
volgende individuele prestasies behaal:
Wapenbehendigheid vir meisies:
1ste plek
Goue medalje & Courier-wisseltrofee
Beste Wapenhanteerder dogters o.18:
Deel PJ du Toit-wisseltrofee
Baie geluk, Tanja! Jy klink sommer baie
“behendig”! Ons is trots op jou. Sterkte vir die
deelname teen Pakistan.
N. Minnie
BUITEMUURSE SPORT
Lara van Tonder
Tanja en haar perd, Kaydee.
Mia van Tonder
11
HS DURBANVILLE ALUMNI-GHOLFDAG
25 April 2013
4 BBB Stableford / R2400 per span
Afslaan @ 11:30
Bof / Setperk: Borg @ R1900
Natgat: Borg @ R1400
NAVRAE / BESPREKINGS: 021 976 3188 / 079 499 5444 alumni@durbanvillehs.co.za
O.14- en O.16-DOGTERS
DINSDAE - 17:00 @ R120.00 per uur
Recommended