Upload
dotram
View
216
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
CIP201
Algemeen
Die reëls bestaan vir die hof en nie die hof vir die reëls nie: (aard van die reëls) Hofreëls is gedelegeerde wetgewing en besit dus statutêre krag en is bindend vir ‘n hof Die reëls is ‘n middel tot ‘n doel en nie ‘n doel op sigself nie Daargestel om goedkoop en doeltreffende litigasie moontlik te maak en nie om regspleging te
dwarsboon mie ‘n Hof mag indien bevoeg, nienakoming bystaan, wanneer ‘n reël so streng is dat dit wesenlike
nadeel vir ‘n litigant sal veroorsaak.
Voorbereiding van dagvaardings – waarom prokureurs en nie regters nie In Anglo-Amerikaanse sivieleprosesregstelse, soos in SA word litigasie beskou as ‘n privaat
aangeleentheid tussen litigante. Litigasie word gevoer sonder inmenging deur die hof Prokureurs berie die dagvaarding voor op gegewe feite ten einde ‘n aksie in te stel. Regters is
nie hierby betrokke nie Prokureurs moet siviele verrigtinge aktief instel en die saak namens hul kliënte laat vorder,
daarom word pleitstukke ook ingedien by die griffier se kantoor.
3 fundamentele beginsels van sivieleprosesstelsel Bilateraliteit – tussen tween of meer partye Partye vervolging – bevoegdheid om verrigting te begin of verdedig Partyevoorlegging – bevoegdheid om eie saak te ondersoek en feite aan te bied.
Getuie dagvaardings deur die griffier se kantoor uitgereik Anglo-Amerkiaanse prosedurestelsel word gekenmerk deur die mondelinge aard van die
verhoor Getuienis word geroep dmv getuiedagvaardings om persoonlik voor die hof getuienis te lewer.
SA regter se gedrag In Anglo-Amerikaanse prosedurestelsel word ‘n passiewe rol aan regter toegeken wat beperk
is om by verhoor voor te sit en getuienis te hoor en uitspraak te lewer. Regter dus afhanklik van litigante om feite te ondersoek, inligting in te samel en feite te bepaal
en aan te bied Word dikwels vergelyk met die skeidsregter wat verseker dat die reëls van die wedstryd
nagekom word, maar nie self deelneem nie.
Sa regter en Kontinentale regter – Verskil Kontinentale regter het aktiewe eerder as ‘n passiewe rol in verrigtinge en kan dus in sowel
voorverhoor-as verhoorstadiums deelneem Sa regter kan slegs aan verhoorstadium deelneem indien versoek deur die litigante Sa regter word ook nie belas met amptelike plig van geregtelike ondersoeke soos die
Kontinentale regters nie.
1
CIP201
Anglo-Amerikaanse stelsel (SA stelsel) Kontinentale stelsel Regsverteenwoordiger samel getuies in en
doen aanbieding aan regterlike beampte Mondeling van aard- lei dmv
ondervraging/kruis-en herondervraging. Ook regterlike beampte se deelname is mondeling
Duidelik onderskeibare voorverhoor-en verhoorstadium
Geregterlike beampte het n passiewe rol-meng in slegs op versoek van litigant
Presedente stelsel en bindend vir ander howe
Steun op saakpresedente en nie net op wetgewing nie.
Neem vorm van ‘n ondersoek wat deur ‘n regterlike beampte beheer word
Regterlike beampte is saam met die partye aktief betrokke by verrigtinge
Pleitstukke neem vorm van ‘n kennisgewing aan die partye, saak neem vorm van ‘n verhoor waarin die regterlike amptenaar aktief kan deelneem en selfs getuienis kan lei.
Die feite en reg word deur regterlike beampte beoordeel
Daar word meer op wetsbepalings as op saakpresedent gesteun
Aangesien geen presedentestelsel het hofbeslissing slegs oorredende waarde en bind nie ander howe nie.
Kritiese waardering (adversatiewe prosedure) Litigante
o Adversatiewe prosedure weerspieël nie altyd die waarheid nie.o Alhoewel albei partye in teorie in gelyke geleentheid het om hulle saak te stel, beskik
die partye nie noodwendig oor dieselfde finansiële bronne vir gedingvoering nie, hul regsverteenwoordigers is ook nie noodwendig ewe vaardig nie
o Die mededingende benadering van gedingvoering lei daartoe dat die feite nie ten volle openbaar sal word nie, die partye is ook geneig om prosedure vir taktiese doeleindes te gebruik ten ende hull eie belange te bevorder en ‘n opponent te ontmoedig
o Dus kan gesë word dat die adversatiewe stelsel nie die uitwerking het om partye te versoen nie, maar eerder geneig is om hulle verskille te beklemtoon en gevolglik die konflik te verskerp.
Openbare verrigtingeo Howe is openbare instellings, dus word private griewe, in die oopenbaar gelug.
Vertragingso Vertragings word dikwels deur die tegniese aard van prosedure veroorsaak, die
formaliteite en die mededingende taktieke en strategieë.o Prosessuele vertragings het ernstige persoonlike en finaniële gevolge vir partye
betrokke. Koste van gedingvoering
o Toegang tot die howe is in beginsel gratis.o Litigasie koste is egter hoog en die regsverteenwoordigers kostes om die geding te
voer.o Agv die kompleksiteit van die prosedure is regsverteenwoordiging noodsaaklik
2
CIP201
Metodes vir die hervorming van die siviele prosesreg Voortdurende hersiening van die hofreëls. Dit is die hoofverantwoordelikheid van die
Reëlsraad Om jurisdiksiebeperkings van die laer howe te verhoog om meer mense toegang to tdie howe
te bied, maar teen ‘n laer koste as in vergelyking met Hoër howe. Om bepaalde dispute heel of deelteliks uit te sluit uit hofstelsel, soos bv arbeidshof wat slegs
arbeidsaangeleenthede hanteer. Hervorming word soms bewerkstellig deur alternatiewe for a in te stel. Bv hof vir klein eise is
as alternatief vir die landdroshof ingestel. Duer beslegting van geskille buite die hofstelsel aan te moedig, deur die gebruik van informele
disputtbeslegtingsprosesse.
Gedrag van regsverteenwoordigers Regsverteenwoordigers tree op as agente vir hul kliënte en verteenwoordig hul regte in die hof Die funksie vind plaas in konteks van adversatiewe prosedure Gedingvoering gegrond daarop om die waarheid aan die lig te bring deur teenstellende
standpunte oor dieselfde saak te stel Regsverteenwoordigers neem ‘n eensydige houding in om hul kliënt se regte te bevorder en
beskerm.
ADB=Alternatiewe dispuutbeslegting Op 3 primêre prosese gebaseer
o Onderhandeling o Bemiddelingo Arbitrasie
ADB stelsel beskrywing: Informeel en dus nie gebonde aan streng prosedurereëls nie Buigsaam en kan aangepas word by die behoeftes van die besondere soort duspuut Vrywillig, disputante is nie verplig om die proses te volg nie, behalwe as die ADB –proses
binne die hofstelsel gebruik word Konsensueel, funksioneer op die grondslag dat die uitslag van die proses die produk is van die
toestemming van albei disputante Op belange gegrond; belange van disputante, eerder as hulle regte vor die botoon Op verhoudings ingestel; lê klem op die verhouding tussen die disputante end is dus geskik
om dispute te besleg tussen persone wat in ‘n langtermynverhouding is Op die toekoms ingestel;konsentreer nie op die verwyte van die gebeure in die verlede nie,
maar eerder die vestiging van toekomstige verhouding dussen die disputanteo Skwak plekke
Waarborg nie die prosessuele regte van litigante nie Waarborg nie finale en bindende beslegting van ‘n disputte nie Derdepartytussenganger moet betaal word en kostes van litigasie sal later
bygevoeg word.
3
CIP201
Litigasie Is ‘n openbare proses en word beheer deur eksterne reëls soos hofreëls en statutêre
bepalings Litigasie is ‘n bevelproses
Onderhandeling Onderhandeling as dispuutbeslegtingsmetode is ‘n private, vrywillige en konsensuele proses
waarvolgens 2 of meer disputante probeer om persoonlik hulle geskilleby te lê dmv ‘n ooreenkoms wat hulle toekomstige verhouding beheer.
Onderhandeling is ‘n konsensuele proses Gefokus of die oplossing van geskille
Bemiddeling Bemiddeling is ‘n private, vrywillige konsensuele proses waarvolgens 2 of meer disputante
instem om hulle disputte te besleg dmv die tussenkoms van ‘n derde party, die bemiddelaar, wat onpartydig moet wees en deur albei disputante aanvaar moet word.
Bemiddeling is ‘n konsensuele proses
Arbitrasie Arbitrasie is ‘n proses waarin die disputante vrywillig en gesamentlik ‘n derde party, die arbiter,
vra om albei kante van die dispuut aan te hoor en om darna ‘n toekenning te maak wat die disputante vooraf onderneem om as finaal en bindend te aanvaar.
Onderhandeling as ‘n proses Dis ‘n proses, ondat dit op ‘n sekere tydstip begin en oortuigend afgesluit word, hetsy deur
ooreenkoms of versuim om ooreen te kom Tussen die begin en einde moet onderhandeling deur eenvormige stadiums beweeg:
o Oriëntasiestadium Disputante takseer mekaar asook die onderhandelingskwessies
o Posisioneringstadium Disputante samel inligting in en neem vaste posisies inoor die geskilpunte
o Bedingingstadium Geskilpunte word beperken toegewings word gemaak sodat die partye
ooreenkoms kan bereiko Afsluitingstadium
Onderhandeling eindig in ‘n versuim om ooreen te kom of in ‘n ooreenkoms wat dikwels op skrif gestel word en reëligs word getref om die bepalings van die ooreenkoms uit te voer.
Indien nie deur al die bogemelde beweeg word nie, is dit nie ‘n onderhandeling nie, maar ‘n debat of konsultasie.
4
CIP201
Bilaterale proses van onderhandeling Alhoewel dit impliseer dat twee partye aan die proses deelneem, bly die onderhandeling
bilateraal selfs as meer as twee partye daarby betrokke is, ondat die deelnemers sonder uitsondering koalisies vorm wat mekaar opponeer
Ook omdat daar nie ‘n derde party is wat tussenbeide tree nie soos ‘n bemiddelaar of arbiter nie
Disputante neem volle verantwoordelikheid vir die proses, inhoud en resultaat van hul onderhandelings.
Aspekte om in ag te neem wanneer ‘n transaksie ‘n dooie punt beriek Het die onderhandelings ‘n dooie punt bereik omdat die disputante nie in staat is om die
proses te beheer nie? Indie bogemelde vasgestel is, kan onderhandelings voorgaan met tussenkoms van ‘n
bemiddelaar? Indien nie een van die bg. Geskik is nie, is dit omdat die dispuut alleen opgelos kon word dmv
arbitrasie proses wat ‘n finale en bindende beslissing gee?
Bemiddelingsproses:
Begin: Voorbemiddelingstadium Aanvanklike kontak met bemiddelaar Bemiddelingsproses word verduidelik Fisiese reëlings bv plek, tyd , koste ens
Probleemdefinisie: Openingstadium Bemiddelaar se openingsverklaring Storievertelling Opsomming en definisie van kwessies
Probleemoplossing: Middelstadium Ondersoek opsies Toets werklikheid van opsies Onderskei behoeftes en aansprake Onderhandel oor moontlike oplossings
Einde: Sluitingstadium Finale bedinging Ooreenkomste word aangeteken Bemiddelaar se sluitingsverklaring Beëindiging van die proses
5
CIP201
Moet ‘n bemiddelaar neutraal of onpartydig wees? Bemiddelaar moet sover moontlik neutraal en onpartydig bly om ‘n sodoende die
bemiddelingsproses billik en onbevooroordeeld te beheer Absolute neutraliteit is onwaarskynlik, veral in ‘n kultureel uiteenlopende gemeenskap soos in
SA Bemiddelaar se hoofdoel is om disputante by te staan en te lei gedurende stadiums van die
proses Meeste skrywers is van mening dat die bemiddelaar onpartydig en aanvaarbaar vir albei
disputante moet wees. Dit sal moeilik wees vir ‘n bemiddelaar om neutraal te bly wanneer die belange van ‘n
onskuldige derde party beïnvloed kan word deur besluite van disputante.
Ooreenkomste tussen arbitrasie en litigasie: Albei is opdragsprosesse Besluitneming geskied in geval van albei prosesse dmv beregting Indien arbitrasietoekenning dmv ‘n hofbevel gemaak word, kan dit op dieselfde manier as ‘n
geregtelike beslissing ingevolge art 31 van wet op Arbitrasie van 1965 afgedwing word.
Verskille tussen arbitrasie en litigasie: ‘n arbitrasie toekenning is net bindend vir die betrokke party, hofbeslissing maak deel uit van
presedentestelsel en is dus nie net bindend vir litigante nie, maar vir alle ander 3rde partye Arbitrasie laat die disputante meer beheer oor die proses toe as in geval van litigasie Arbitrasie is baie meer buigsaam as litigasie.
Afdelings van model van konvensionele (volle) arbitrasie Versnelde arbitrasie:
o Word op dieselfde manier gevoer as volle arbitrasie, behalwe dat die arbitrasiereëls vereenvoudig word om die proses te bespoedig
Arbitrasie gegrond alleen op dokumente:o Net gegrond op dokumente wat deur albe partye voorgelê word wat dus wegdoen met
die arbitrasieverhoor. (waar min dispuut oor basiese feite is) Kwaliteitarbitrasie:
o Steun alleen op die arbitrasie beslissing en doen weg met die aanbieding van engie getuienis asook met die arbitrasieverhoor. (By kwaliteit van ‘n sekere produk)
Finale-aanbod-arbitrasie:o Beperk ‘n aribiter se bevoegdheid om ‘n toekenning vrylik te maak, aangesien die
toekenning beperk is tot die redelikste van twee finale aanbiedinge. (doel m buitensporige eise deur albe partye te ontmoedig.)
6
CIP201
Algemene kenmerke van arbitrasie Litigasie en arbitrasie is opdragprosesse Besluit word in die vorm van ‘n tooekenning op disputante fgedwing Uitslag is finaal en bindend Arbiter se bevoegdheid om toekenning af te dwing te danke aan die disputante se gewilligheid
om toekenning te aanvaar Besluitneming vind plaas dmv beregting 9op grond van getuienis en argumente) Arbitrasie toekenning is slegs bindend vir disputante Arbitrasie is deel van ADB stelsel agv die groot mate van beheer oor die proses deur partye In vergelyking met litigasie is arbitrasie uiters buigsaam en kan aanpas by behoeftes van
verskillende situasieso Disputante mag:
Arbiter kies tov sy deskundigheid tov die dispuut Arbitrasiereëls kies wat die arbiter moet toepas Geskilpunte bepaal in hul onderwerping aan arbitrasie Sake reël mbt plek van arbitraie, datum van verhoor en betaling van kostes
Afleidings van bemiddeling Versoening: ‘n versoener kan disputante inderdaad adviseer gedurende hul onderhandelings
o Proses finaliseer deur ‘n niebindende aanbevelingo Word soms ook raadgewende bemiddeling genoem
Fasilitering: derdepartytussenpersoon word die fasiliteerder genoemo Nie noodsaaklik om ‘n ooreenkoms te bereik nie bv vergadering partye bystaan in
kommunikasieo Geskik vir kreatiewe probleemoplossing eerder as spesifiek vir die beslegting van
disputeo Meer buigsaam, minder gestruktureerd en het meer potensiële gebruik as bemiddeling
Afleidings van arbitrasie Versnelde arbitrasie
o Doen weg met formele bewysreëlso Die tydperke waarbinne seker dokumente uitgeruil meot word, word verkorto Arbiter is aktief, eerder as passief betrokke by die verhoor
Arbitrasie slegs op grond van dokumenteo Gevoer bloot op grond van dokumente wat eke disputant aan die arbiter voorlê, sonder
dat ‘n arbitrsieverhoor nodig is.o Van toepassing waar daar geringe of geen dispuut oor dei basiese feite bestaan nie.
Kwaliteitarbitrasieo Staan ook bekend as look-snif arbitrasie of taste-look-arbitrasie.o Bindende beslissing rakende kwaliteit van ‘n produk
Finale-aanbod-arbitrasieo Arbiter se bevoegdheid om die saak te besliks word gewysig
7
CIP201
o Beslissing alleen op grond van redelikste van laste aanbiedinge wat elke disputant gemaak het.
o Arbiter mag nie ‘n middeweg kies nie, maar moet net een van die aanbiedinge kieso Doel is om buitensporige eise deur albe partye te ontmoedig.o Nadeel is dat die arbiter moontlik verplig kan wor dom tussen een van twee aanbiedinge
te kies, ongeag hoe absurd of irrasioneel elkeen ook al is.
(Hibriede prosesse)2 afsonderlike stadiums van ‘n miniverhoor
2 afsonderlike stadiumsUitruil van inligting
Elke party se beste saak word aangebied Regsverteenwoordiger kry beperkte tyd
om die “beste saak” vir elke disputant aan te bied
Minimum prosessuele standaarde word toegepas
Neutrale raadgewer beheer die proses Uitvoerende amptenare van maatskappy
moet teenwoordig wees
Skikkingsonderhandelings
Senior uitvoerende amptenare ontmoet privaat
Onderhandel ter goeder trou om die geskil te besleg
Neutrale raadgewer gee adviserende opinie indien uitvoerende amptenare nie oor ‘n skikking kan onderhandel
uitvoerende amptenare ontmoet 2de maal om skikking te probeer bereik op grond van adviserende opinie
indien skikking nie bereik word nie, word aanbiedinge vir skikking voorgelê
hierdie aanbiedinge vorm die grondslag vir die neutrale raadgewer om te probeer om te bemiddel vir skikking
as die bemiddelaar faal, wor die proses finaal beëindig.
Bemid/Arb en Arb/Bemid, 2 aparte prosesse? Dit kan voorkom of albei bg bemiddeling of arbitraise onafhanklik toepas Albe is egter onafhanklike, voordurende en individuele prosesse, ondat elkeen die primere
prosesse van bemiddeling en arbitrasie in ‘n enkele hibriede proses kombineer, na gelang van geval
‘n Hibriede proses word gevorm wanneer die rol van die bemiddelaar of arbiter verander word in die van ‘n bemiddelaar/arbiter of arbiter/bemiddelaar, na gelang van die proses wat toegepas word
3 stadiums van arb/bemid Normale arbitrasieprosedure word gevolg totdat die saak vir albei disputante gesluit word ‘n bemiddelingskomitee word gevorm. Die arbiter/bemiddelaar help nou met onderhandelings
tussen disputante en probeer hulle oorreed om die saak te skik As skikking nie bereik word,beëindig die arbiter/bemiddelaar dan die proses deur ‘n finale en
bindende toekenning te maak.
8
CIP201
Klein howe/ Verbruikers howe
Oogmerk van wet op howe vir klein eise van 1984 Om regspleging vir alle Suid Afrikaners toegankliker te maak Forum te verskaf waar minder ernstige siviele dispute besleg kan word Om tydrowende, formalistiese en duur prosedures te verminder Om informele en vereenvoudigde prosedures in te voer om litigasiekostes te verminder en
voorsiening te maak vir die vinnige vasstelling van klein eise Om litigasiekoste verder te verminder deur te verhoed dat regsverteenwoordigers in ‘n hof vir
klein eise verskyn Om n hof in te stel wat op die verbruiker ingestel is.
Verskille tussen hof vir klein eise en ander howe Litigant mag nie deur lid van regsprofessie verteenwoordig word om regskoste te beperk en
selfverteenwoordiging te vergemaklik is voorverhoorverrigtinge ook informeel Voorverhoorformaliteite is vereenvoudig en verminder tot net die noodsaaklikste Kommissaris speel ‘n aktiewe rol om litigante te help om hul saak by die verhoor aan te bied.
Verskyningsreg in hof vir klein eise. (verbruikershowe) Net natuurlike persoon word toegelaat om ‘n geding in die howe vir klein eise in te stel ‘n regspersoon mag egter ‘n party by ‘n aksie as verweerder wees Litigante moet persoonlik verskyn en mag nie gedurende die verhoor verteenwoordig word nie.
Instel van geding Aanmaningsbrief word aan verweerder besorg Dagvaarding deur die hof vir klein eise word uitgereik Voor dagvaarding moet kler van hof ‘n tyd en datum vir die verhoor vasstel Dagvaarding word dan op die verweerdeer beteken Geen pleitstukke word van die litigante vereis nie. Verweerder kan egter geskrewe verklaring
by die klerk van die hof indien, afskrif hiervan word aan die eiser voorsien.
Voorverhoorprosedure in howe vir klein eise Aanmaningsbrief word aan verweerder besorg waarin 14 dae toegelaat word vanaf ontvangs,
om aan eise te voldoen. (artikel 29(1)(a) As verweerder nie aan eis voldoen soos in aanmaning uiteengesit, moet n dagvaarding deur
hof vir klein eise uitgereik word. (artikel 29(2) Voordat die dagvaarding uitgereik word, moet klerk van hof ‘n tyd en datum vir verhoor vasstel
en hierdie inligting moet in dagvaarding vervat word. (artikel 29(2)
9
CIP201
Dagvaarding word dan op die verweerder beteken. Litigant kan self betekening doen. (artikel 29 (2)
Geen pleitstukke word van litigante vereis nie. Verweerder kan egter te eniger tyd voor die verhoor ‘n geskrewe verklaring by klerk indien waarin aard van sy verweer en gronde waarop dit gebaseer is. afskrif hiervan moet aan eiser voorsien word.
Inkwisitoriese rol van kommissaris vir klein eise Artikel 26(3) voer die inkwisitoriese stelsel in en bepaal die volgende:
o ‘n litigant mag nie enige ander litigant by die betrokke verrigtinge of ‘n getuie wat deur laasgenoemde geroep is, ondervra of kruisondervra nie
o Kommissaris moet op ‘n inkwisitoriese wyse te werk gaan om relevante feite vas te stelo In hierdie verband mag hy/sy enige litigant/getuie op enige stadium van die verrigtinge
ondervrao Mits die kommissaris in sy diskresie enige litigant toelaat om ‘n vraag aan die ander of
getuie te stelo Art 26(3) laat kommissaris toe om ‘n aktiewe rol in verrigtinge te speel.
Hoë Howe
Jurisdiksie: hof moet die gesag hê om die saak te bereg . Hof moet die mag hê om die vonnis af te dwing.
Eerste aspek om in ag te neem voordat ‘n aksie ingestel word. Watter hof sal jurisdiksie hë om die aangeleentheid te hanteer, Daarna; watter een van diehowe sal die geskikste wees.
Probleem as bg nie in aanmerking geneem word nie Sal vertragings en onnodige onkoste veroorsaak Gewoonlik het net een spesifieke hof jurisdiksie om ‘n saak aan te hoor
Konstitusionele hof Is ‘n hof van appèl asook ‘n hof van eerste instansie, afhangende van die tipe saak wat hy
aanhoor Art 167(4) gee die gevalle van uitsluitlike jurisdiksie waar die Konstitusionele Hof sal optree as
hof van eerste instansie Art 167(3) bepaal dat dit die hoogste hof is, maw ‘n hof van appèl, tov alle grondwetlike
aangeleenthede Art 167(6)(a) bepaal dat die Konstitusionele hof direk genader mag word in uitsonderlike
omstandighede
Watter konstitusionele aangeleenthede mag die Hoë Howe aanhoor
10
CIP201
Hoë Howe mag alle konstitusionele aangeleenthede aanhoor behalwe die genoem in art 167(4) en wat onder uitsluitlike jurisdiksie van die Konstitusionele Howe val, of die wat kragtens art 169(a(iii) aan ‘n ander hof opgedra is
Watter aangeleenthede mag die Hoogste Hof van appèl aanhoor Mag appèlle oor konstitusionele aangeleenthede wat in Hoogste Hof beslis is aanhoor Dit is moontlik om teen ‘n beslissing van hierdie hof oor ‘n grrondwetlike aangeleentheid na die
Konstitusionele Hof te appelleer Geen verdere appèl moontlik wat betref nie-grondwetlike aangeleenthede nie.
Leerstuk van doeltreffendheid Is gegrond op die gedagte dat ‘n hof moet verseker dat enige uitspraak wat hy lewer nie slegs
in teorie aanvaarbaar is nie, maar geïmplementeer kan word teen die onskuksesvolle party Hof moet mate van beheer hê oor persoon / eiendom van ‘n verweerder voordat hy ‘n
uitspraak wat teen die persoon gelewer is, kan toepas Daarom het hof jurisdiksionele verbindende faktore nodig tussen hom en verweerder voordat
die hof jurisdiksie sal aanvaar.
Jurisdiksionele beginsels mbt geldelike eiseVerweerder Incole van hof Verweerder Peregrinus van hof,
maar Incola van ander hof van SA
Verweerder vreemde Peregrinus van SAMaar skuldoorsaak binne SA
Hof waar verweerder incola isOfHof waar skuldoorsaak ontstaan het.
Hof waar skuldoorsaak ontstaan het.
Hof waar eiser incole + beslaglegging OfWaar skuldoorsaak ontstaan het +beslagleggingOfWaar skuldoorsaak ontstaan het + onderwerping.
Grond vir jurisdiksie = ratione domicilii
Maak nie saak of eiser incole of peregrinus is of waar skuldoorsaak ontstaan het nie
Verweerder hoef nie teewoordig te wees in hof se gebied wanneer die aksie ingestel word nie
Hierdie hof het jurisdiksie indien skuld oorsaak binne sy jurisdiksiegebied ontstaan het
Bend as ratione rei gestae
Verweerder moet plaaslike peregrinus wees
Eiser kan incole,
Hof sal jurisdiksie aanvaar indien eiser incola is en beslaglegging op verweerde rse eiendom plaasgevind het = beslaglegging = ad fundandam iurisdictionem
Alleen vestig jurisdiksie dus hoef skuldoorsaak
11
CIP201
Indien verweerder in anderhof se gebied woonagtig is, kan daardie hof ook urisdiksie uitoefen.
plaaslike of vreemde peregrinus wees
Kontrak binne hof se regsgebied gesluit = ratione contractus
Delik waarop eis gegrond is binne hof se gebied gepleeg = ratione delicti commissi
nie binne hof se gebied te ontstaan nie.
Moet een verder voorwaarde voldoen= eiser moet incola van betrokke hof wees. In Lecomte –saak beslis dat die bevel van beslaglegging verleen kan word al is oorsaak buite regsgebied van hof
In watter omstandighede sal Konstitusionele hof die aangeleentheid bereg Mag genader word nadat HhvA die appèl aangehoor het Kan ook direk na Konstitusionele hof appelleer as bewys kan word dat dit “in beste belang van
geregtigheid is”. In alle gevalle moet toestemming om te appelleer verkry word.
Jurisdiksie van konstitusionele hof Bereg oor enige kwessie waarby uitleg, beskerming of afdwing van die Grondwet betrokke is Word in art 167(4) genoem
o Geskille tussen staatsorgane oor hul konstitusionele status, bevoegdhede of funksieso Grondwetlikheid van parlementêre of provinsiale wetsontwerpeo Vraag of parlement of president in gebreke gebly het om ‘n grondwetlike verpligting na
te kom o Sertifisering van provinsiale grondwette
HH moet eers genader word vir beregting, daarna kan dit op appèl geneem word KH het nie uitsluitlike jurisdiksie om te bepaal of ‘n Parlementswet ongeldig is nie, HH en HhvA
kan ook daaroor bereg KH moet egter sodanige beslissing deur ‘n ander hof bekragtig voordat dit van krag is KH moet toestemming verleen dat hy genader mag word, en die applikant moet bewys dat die
“in belang van geregtigheid” is dat hof direk genader word.
Jurisdiksie van Hoogste Hof van Appèl Mag appèlle beslis “oor enige aangeleentheid” Konstitusionele aangeleenthede kan op verdere appèl geneem word na KH. Geen appèl kan gerig word op enige beslissing van HH sonder toestemming van die betrokke
hof nie As ‘n appèl oor beide Konstitusionele en nie-konstitusionele aangeleenthede hande, moet
altyd eers na HhvA geappelleer word, omdat Grondwet bepaal dat KH slegs Konstitusionele aangeleenthede mag bereg
Suiwer konstitusionele sake sal in normale loop van onstandighede geappelleer word na HhvA Verlof kan gevra word om KH direk te nader, indien in beste belang van geregtigheid.
12
CIP201
Jurisdiksie van Hoë Howe HH mag nou alle konstitusionele aangeleenthede aanhoor, behalwe die in uitsluitlike jurisdiksie
van KHm of die deur nationale wetgewing aan ‘n ander hof toegewys. Enige bevel oor Grondwetlike aangeleenthede deur HH of HhvA is onafdwingbaar tot KH dit
bekragtig.
Vrae wat gevra moet word voordat ‘n geding in die landdroshof ingestel word. Is die geding van so ‘n aard dat dit in ‘n landdroshof aangehoor mag word Is die eis binne die finansiële beperking van die landdroshof – art 29 beperk tot R100K Art 28 bepaal watter landdroshof genader moet word.
Beperkings op Hoë howe Enigste algemene beperking op jurisdiksie van Hoë howe is geografie Geen algemene verbod op die tipe aangeleentheid wat hy mag aanhoor, of op bedrag geld wat
hy aan suksesvolle party kan toestaan nie.
Beperkings op landdroshowe Aard van geding, bedrag en geografie
Wet op landdroshowe Art 29=maksimum bedrag wat in ‘n landdroshof geeïs mag word Art 28=jurisdiksie tav persone (in watter landdroshof die aksie ingstel mag word) Art 30 =watter landdroshof interdikte mag toestaan Art 31+32= soorte interdikte wat eie is aan ‘n landdroshof Art 37= om spesifieke saak wat ‘n landdroshof wel mag aanhoor te bereg, dieh of sake buite
sy jurisdiksie mag bereg Art 46= tipes eise wat landdroshowe glad nie mag hanteer nie Art 50=hoe verweerde ‘n aangeleentheid kan oorplaas na ‘n Hoë hof as hy ongelukkig is dat ‘n
landdroshof die saak bereg. Art 110 = vraag of landdroshof hom kan uitspreek oor die geldigheid van enige vorm van
wetgewing.
ART 50: indien ‘n verweerder ‘n saak wil laat oorplaas, moet hy sy aansoek doen daarom by die hof waar die dagvaarding uitgereik is. en moet die volgende bevestig:
Dat die bedrag van die eis meer is as R3000 Die applikant beswaar maak daarteen dat die saak in ‘n landdroshof aangehoor word Kennis van die voorneme om die aansoek te rig aan die eiser en ander verweerders,
indien enige Die applikant sodanige sekerheid sal stel as wat die hof bepaal vir betaling van die
gevorderde bedrag en ander kostes
13
CIP201
Wet op landdroshowe (gevalle waar die eis buite die jurisdiksionele perk van landdroshowe val)
Art 38+39=hoe om bedrag wat in landdroshof geeïs is te verminder sodat dit binne die perk van die landdroshof val
Art 40= een eis nie onderverdeel kan word in verskillende kleiner eise om binne perk van landdroshowe te val nie
Art 43= teenoorgestelde van art 40= hoe om aksie in te stel as meer as een bedrag geeïs word, maar elke minder as landdroshof beperking
Art 45= hoe party toestemming kan gee tot ‘n landdroshof se jurisdiksie as die bedrag hoër is as die landdroshof se beperking
Art 47= posisie as teenvordering buite landdroshof se jurisdiksie, ingestel word in reaksie op ‘n eis.
Art 46 beperkings op landdroshowe Art 46(1) bepaal dat landdroshowe nie ‘n egskeiding kan toestaan nie. Omdat egskeidings die
status van die betrokke party raak, uit beginsel moet aangeleenthede wat met status te make het, deur Hoë howe bereg word.
o Hof sal egter jurisdiksie hê (mits aan die finansële perk voldoen) om ‘n aksie van een party teen ‘n ander aan te hoor as ANC getroud, vir teruggawe van goedere geëis as behorende aan hom/haar.
‘n landdroshof kan oor huweliksaangeleenthede bereg as deur ‘n wet daartoe gemagtig is.
Gemeenregtelike beginsels is nie van toepassing op landdroshowe om jurisdiksie te bepaal soos by Hoër howe nie.
Prosedure om betaling van agterstallinge huurgeld te verkry Dagvaarding laat uitreik teen huurder vir agterstallige huurgeld In dagvaarding meot art 31- kennisgewing ingesluit word waarvolgens enigiemand verbied
word om huishoudelike goedere van die perseel te verwyder Kan ook aansoek ing art 32 bring vir beslaglegging op genoeg huishoudelike geodere om die
bedrag van agterstallige huurgeld te dek.
Uitwerking van art38 van wet op landdroshowe Art 38 bepaal dat ‘n eiser ‘n dagvaarding, of te eniger tyd daarna, van ‘n gedeelte van sy
vordering afstand kan doen as dit die finansiële beperking oorskry Hof sal aan eiser die bedrag wat aan hof bewys is toeken, minus bedrag wat eiser erken hy
aan die verweerder skuld. As afsstanddoening later tydens verrigtinge plaasvind, moet besonderhede baie duidelik
uiteengesit word Hof kan slegs betaling beveel van maksimum bedrag wat ing art 29 toegelaat word Eiser wat van gedeelte van sy eis afstand gedoen het, die bewese bedrag of maksimum wat
hof mag toestaan ontvang, welke bedrag die kleinste is.
14
CIP201
Enige bedrag wat so teeneis toegestaan word, word afgetrek van die bedrag wat werklik aan die eiser toegestaan word, en ni die bedrag wat hy voor afstanddoening geeïs het nie.
Art 28 jurisdiksie maar nie 29 Hier kan skriftelik toestemming te eniger tyd gegee word, ongeag of die geding alreeds
ingestel is of op punt staan om ingestel te word. Moet egter skriftelik wees
Geen jurisdiksie ing art 28 en 29 Toestemming moet gegee wees “spesifiek mbt ‘n bepaalde proses wat in daardie hof alreeds
ingestel is of op die punt staan om ingestel te word”.
Art 29 jurisdiksie maar nie 28 Opvatting gehuldig dat art 45(1) nie van toepassing is in gevalle waar hof ing art 29 jurisdiksie
het, maar nie ing 28 nie. Hierdie opvatting is uitdruklik in Van Heerde v. Muir verwerp Toestemming moet wees “spesifiek mbt ‘n bepaalde proses wat in daardie hof alreeds ingestel
is of op die punt staan om ingestel te word”.
Mohamed saak opsomming Daar is geen splitsing van vorderings as die vordering op verskillende skuldoorsake gegrond is
nie Vorderings wat nie duidelik en afsonderlik is nie en wat uit presies dieselfde skuldoorsaak
spruit, moet as een vorderring in een aksie aangespreek word en nie opgesplits word nie. Om te slaag met ‘n verweer gegrond op art 40, moes verweerder buiten splitsing van
vorderings ook bewys dat die eiser beoog het om ‘n bedrag te verhaal wat in meer as een aksie verskuldig was.
Jurisdiksie tov eise met betrekking tot: Onroerende sake
o Hof in wie se gebied (territoriale) die onroerende saak geleë is het uitsluitlike jurisdiksie Om eiendomsreg vas te stel Oordrag van saak te laat geskied Onderverdeling van saak Waarsaaklike reg in geskil is Waar besit van saak geëis word Waar kansellasie van kontrak vir oordrag gevra word
Roerende sakeo Hof in wie se territoriale gebied die saak geleë is, het jurisdiksie om
Eiendomsreg vas te stel Lewering te bewerkstellig Waar saaklike reg in geskil is
15
CIP201
Meerkeuse Kriminele klag=klaer en beskuldigde Siviele geding= eiser en verweerder Geding by wyse van aansoek= applikant en respondent Saak op appèl geneem = appellant en respondent
Bewyslas by siviele geding = op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys(om aanspreeklikheid te bepaal) (die staat het geen direkte belang nie.)
Bewyslas by strafregtelike geding= moet bo redelike twyfel bewys word( om vas te stel of die beskuldigde skuldig is aan die misdaad) (staat kan verrigtinge instel sonder toestemming van die klaer en die beskuldigde is verplig om voor die hof te verskyn)
Materiële reg defineer die regte en verpligtinge van mense in hul gewone verhoudings met mekaar.
Formele reg verskaf prosedures deur middel waarvan die howe nakoming van die bepalings van die materiële reg kan afdwing.
Die hof is slegs tydens die verhoorstadium van ‘n siviele saak betrokke. Mag nie inmeng met siviele verrigtinge tydens verhoorstadium nie, behalwe op versoek van een van die partye.
Hoë howe mag inherente jurisdiksie uitoefen omdat;o Sy bevoegdheid nie alleen afhanklik is van statutêre reg nie, maar ook gemenereg. Die
gemeenregtelike bevoegdheid word bevestig in Artikel 173o Hoër howe het dus diskresie tov sy eie prosedures en mag enige prosessuele
aangeleentheid bepaal.
Ondergeskikte howe is statuëre skeppings omdat;o Die beperk is tot die bevoegdhede wat sy magtigingswet daaraan verleeno Landdroshowe is deur wetgewing geskep en sy bevoegdhede en m agte word verleen
deur die Wet op Landdroshoweo Ondergeskikte howe se bevoegdhede is ontleen aan ‘n bepaalde statuut wat hulle tot
stand gebring het.
Eenvormige hofreëls het in werking getree om die verrigtinge in alle provisniale en plaaslike afdelings van toemalige Hooggregshowe te reguleer. Die reëls het alle vorige reëls herroep, buiten bepaalde afdelings wat bv. Vakansies en s reguleer. Vanaf 1965 word alle verrigtinge dus eenvormig gevoer, bekend as die Eenvormige hofreëls.
Regters mag nie inmeng wanneer litigante siviele verrigtinge voer nie, tensy een van die litigante hom versoek om in te meng.
16
CIP201
o Hofadministrasie en hoftyd word gratis verskaf deur die staato Koste van litigasie is egter hoogo Verteenwoordiging duer regsgeleerde is noodsaaklik agv ingewikkelde prosedures
Bemiddeling; Bemiddelaar se fnksie is beperk tot beheer van bemiddeingsproses sonder dat hy direk betrokke raak by die inhoud en uitslag van onderhandelings tussen disputatne
Fasilitering: die proses het breër toepassing en is buigsamer as bemiddeling. Die fasiliteerder se rol is ingestel op probleemoplossing op individuele en groepsvlak, eerder as op die spesifieke hantering van die dispuut.
Versoening: versoener neem meer direk deel aan wisselwerking tussen die disputante deur hulle gedurende hul onderhandelings te adviseer en mag ‘n nie-bindende aanbeveling aan die einde van die proses maak.
Art 168(3)= omskryf jurisdiksie van Hoogste Hof van Appèl
Art 167= omskryf jurisdiksie van Konstitusionele hof
Art 169 en 173= omskryf jurisdiksie van Hoë howe en gemenereg behalwe waar anders bepaal.
Konstitusionele Hof is gesete in Johannesburg
Hoogste Hof van Appèl is gesetel in Bloemfontein
Hoë Howe is gesetel in verskillende groot sentra in SA
‘n Buitelandse peregrinus is ‘n persoon wat nie gedomisilieer of woonagtig is in SA nie
Die verbindende faktor ratione rei sitae is slegs wat betref eiendomseise
Die verbindende faktor ratione domicilii is slegs relevant wat betref verweerders wat gedomisilieerd is in SA
‘n Persoon kan meer as een woonplek hê
‘n eis om teruggawe van ‘n bul is ‘n eis om die lewering van spesifieke roerende eiendom
Gedeelde/konkurrente jurisdiksie= waar jurisdiksie oor ‘n spesifieke aangeleentheid deur 2 of meer howe gedeel word
17
CIP201
Uitsluitlike jurisdiksie= waar net een hof jurisdiksie het om oor ‘n spesifieke saak te beslis, ter uitsluiting van ander howe
Jurisdiksie= ‘n Hof se bevoegdheid om oor ‘n spesifieke regskwessie te besliks
Actor Sequitor Forum Rei = beteken dat die eiser ‘n aksie teen die verweeder moet instel in die gebied waar die verweerder gedomisilieer of woonagtig iso Hoef nie gevolg te word waar ander verband met hof bestaan nieo Indien gevolg word om jurisdiksie aan ‘n hof te geen word gesê dat sodanige hof jurisdiksie
ratione domicilii het. (hiervolgens het ‘n hof waar die verweerder gedomisilieer of woonagtig is altyd jurisdiksie om geldelike eisse aan te hoor
Dominus litis = soms het meer as een hof jurisdiksie om dieselfde aksie te kan uitoefen. In so ‘n geval kan eiser as dominus litis kies in watter van hierdie howe hy die aksie will instel.
Incola = iemand wat gedomisilieer of woonagtig is binne ‘n bepaalde hof se regsgebied (oorspronklik ‘n inwoner)
Peregrinus = iemand wat nie gedomisilieerd of woonagtig binne daardie hof se regsgebied is nie. (oorspronklik vreemdeling
Nexus = skakel / konneksie wat aan ‘n hof ‘n spesifieke jurisdiksie verleen oor ‘n spesifieke persoon of eisoorsaak
Rationes iurisdictionis = urisdiksioneel verbindende faktore soos:o Domisilie / woonplek van verweerdero Pleging van ‘n deliko Sluit, uitvoer, verbreking van ‘n kontrako Plek waar eiendom geleë is
Ratione rei gestae = jurisdiksie tov geldelike eiseo Ratione contractus jurisdiksie = as die kontrak waarvan gedagvaar word, gesluit,
uitgevoer of verbreek is in die regsgebied van die hofo Ratione delicti commissi = jurisdiksie wat ‘n hof het indien delik waarvan
gedagvaar word binne regsgebied van die hof gepleeg is.
Ratione rei stiae = verbindende faktor net relevant by eiendomseise. Hof waar eiendom gelë is, is enigste wat jurisdiksie het om eise betreffend die eiendom aan te hoor
‘n eis om teruggawe van ‘n koopprys is ‘n geldelike eis
Art 167(3)(c) = die konstitusionele hof gee die finale beslissing oor die vrag of ‘n aangeleentheid ‘n grondwetlike aangeleentheid is en of die kwessie met ‘n beslissing oor ‘n grondwetlike aangeleentheid in verband staan
18
CIP201
Art 167(7) = ‘n grondwetlike aangeleentheid sluit enige kwessie in waarby die uitleg, beskerming of afdwing van die Grondwet betrokke is.
Onderwerping deur ‘n incole-verweerde sla nooit plaasvind, aangesien die hof reeds beklee is met rationel domicilii
In VenataMineraria het hof geweier om jurisdiksie te aanvaar op grond van onderwerping, aangesien skuldoorsaak nie binne die hof se regsgebied ontstaan het nie. (verweerder was plaaslike peregrinus van die hof)
Vreemde peregrinus verweerder = in Briscoe saak beslis dat geen onderwerping kan wees tensy skuldoorsaak binne die hof se regsgebied ontstaan het nie, ongeag of die eiser incola of peregrinus is.
Albei peregrinus = skuldoorsaak binne hof se gebied + inhegtenisneming of beslaglegging
Bettencourt saak beslis dat onderwerping na beslaglegging nie kan vrystelling van eiendom bewerkstellig nie.
Nietigverklaring van huwelik – volgens gemenereg het die volgende howe jurisdiksie:o Forum loci celebrationis (waar huwelik voltrek is)o Hof waar eiser of verweerder (of albei) gedomisilieer is ten tyde daarvan dat die
aksie om nietigverklaring ingestel word.
Art 46 bepaal dat Landdroshowe nie ‘n bevel vir daadwerklike vervulling kan maak sonder ‘n alterntiewe bevel vir skadevergoeding nie.
Hoë howe het inherente jurisidkise = dus kan hul enigiets doen wat die wettereg hul nie verbied om te doen nie
Landdroshowe word(statutêre skeppings) “creatures of statute” genoem= hulle is nie alleenlik deur wette in die lewe geroep nie,maar ook kan hulle net doen wa deur ‘n wet aan hulle toegelaat word
Art 46(2)(a)= landdroshowe kan nie dispute oor geldigheid van testament of uitleg daarvan aahoor, kan wel ‘n aksie aanhoor wat voortspruit uit die bepalings van ‘n testament
Art 46(2)(b)= landdroshowe mag nie persoon as kranksinnige verklaar of dat ‘n persoon nie in staat is om sy eie sake te hanteer nie. Landdros mag curator ad litem aanstel vir reeds kranksinnige verklaarde persoon of verkwister.
Art 46(2)(c)= daadwerklike vervulling. Uitvoer van ‘n handeling wat ‘n persoon kontraktueel onderneem het om uit te voer. Die artikel verhoed ‘n landdroshof om sodanige bevel te maak
19
CIP201
Art 46(2)(d)=ewigdurende stilswye. Hofbevel wat iemand wat gedreig het om litigasie in te stel, beveel om dit binne ‘n gesette tyd te doen. As die aksie nie binne daardie tyd ingestel word nie, mag hy nooit weer ‘n aksie op grond van daardie feite instel nie. Landdroshof mag nie so ‘n bevel maak nie, waarskynlik omdat dit mense se regte op toegang tot regshulp beperk.
o In Garber NO V Witwatersrand is bevind dat die volgende faktore in oorweging geneem moet word voordag ‘n bevel gemaak word.
Die aard en onderwerp van die eis Nadeel aan die partye Die oorwig van gerief Die tydperk wat verloop het sedert die eerste dreigement omn te litigeer Of die dreigement om te litigeer neerkom op ‘n skending van aansoeker se regte
o Landdroshof mag nie so ‘n bevel maak nie, waarksynlik omdat dit mense se reg op toegang tot regshulp beperk
Insolvensie aansoek wat ‘n landdroshof mag aanhoor ingevolge wet op beslote korporasies. Insolvensiewet bepaal dat sekwistrasie en likwidasie deur Hoë howe beslis moet word.
Ingevolge art 28(1)(a) mag ‘n eise in ‘n landdroshof ingestel word indien die verweerder in die landdroshof se jurisdiksionele gebied woon, besigheid dryf of in diensbetrekking is. die landdroshof sal egter nie uitsluitlike jurisdiksie tov die aksie hê nie.
Art 28(1)(b)=vennootskap in die distrik. Vennotskap in nie ‘n regsentiteit niem, dus moet alle vennote gesamentlik gedagvaar word. (dus waar die sakeperseel is of engige vennoot woonagtig is)
Art 28(1)(c)=’n persoon tov engie verrigtings wat in verband staan met ‘n aksie.
Art 30 bis= reël inhegtenisneming van persone wat nie in SA woonagtig is nie, of beslaglegging op sy eiendom.
ART 30 bemagtig landdroshof om: interdikte, beslagleggingsbevel, mandamente van spolie en inhegtenisnemings tanquam suspectus de fuga toe te staan.
Al bemagtig art 30 ‘n landdroshof om ‘n interdik toe te staan, die betrokke bedrag meot nog binne die finansiële beperkings ing art 29 val, en diehof moet jurisdiksie hê oor die persoon van die verweerder ingevolge art 28
‘n interdik is ‘n hofbevel waarkragtens ‘n persoon beveel word om ‘n spesifieke handeling uit te voer of nie uit te voer nie. (gebiedende & verbiedende interdikte)
As waarde van interdik nie vasgestel kan word,, kan eis in Hoë hof ingestel word, kostes op Hoë hof skaal sal toegestaan word, selfs al blyk dit later dat eis binne jurisdiksie van Landdroshowe sou val.
20
CIP201
Mandament van spolie is ‘n tipe interdik wat ook bekend staan as herstellende interdikte. Dit beveel iemand om eiendom wat hy onregmatig van iemand geneem het, terug te gee.
Persoon wat aansoek doen op die bevel hoef nie die eienaar van die goedere te wees of enige aanspraak daarop te hê nie.
Inhegtenisneming=tanquam sespectus de fuga - doel=om te verhoed dat ‘n skuldenaar uit die land wegvlug om ‘n vonnis teen hom of haar te voorkom. Nie om skuldenaar te dwing om skuld te betaal nie.
Beslagleggings: kragtens art 30 is beslaglegging op eiendom nie in alle gevalle beskikbaar nie. ‘n persoon wat aansoek doen moet aantoon dat die waarskynlik is dat die respondent van eiendom ontslae sal raak om krediteure te omseil of dat hy beplan om met sy bates te vlug. Ook waar persoon betalings nie ingevolge kredietooreenkoms nakom nie.
Landdroshof: twee of meer eise moet op afsonderlike skuldoorsake gegrond wees.
Die probleme wat vrouens wie se mans hulle verlaat het mee moes worstel het gelei tot ‘n reeks wysigings in wetgewing, wat gekulmineer in die wysigings in die Wet op egskeiding 70 van 1979, asook die Wet op domisilie 3 van 1992
Art 1 van wet op domisilie – onafhanklike domisilie vir getroude vroue: elke persoon wat 18 jaar of ouer is, en elke persoon onder die ouderdom van 18 jaar wat regtens die status van meerderjrigheid het is bevoeg om ‘n domislie van keuse te verkry, ongeag van so ‘n persoon se geslag of huwelikstaat.
Die Wet op Egskeidin 70 van 1979 het beide domisilie en woonplek as afsonderlike gronde vir die uitoefening van egskeidingsjurisdiksie ingestel. Die huidige wetgewing is dus sodanig dat die domisilie of gewone woonplek van enige van die eggenote binne die gebied van die betrokke Hoë Hof genoegsaam is om jurisdiksie in daar die hof te vestig.
‘n aksie om nietigverklaring van huwelik bring nie ‘n verandering in status van die partye mee nie, want dit is eintli net verklarend van aard.
21