Upload
doliem
View
217
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
INDEKS
Voorwoord
Jerry Minny (Botswana) Bl. 1
Pieter Loots (Malawi) Bl. 2 - 3
Tim Van Aarde Bl. 4 - 5
Petro Zaayman (Hospitaalsending) Bl. 6 - 7
Ds. Dawie De Wet Bl. 8 - 10
MC Coetzee Bl. 11 - 12
Piet Terblanche (Gevangenisbediening) Bl. 13
Andrie De Beer (Plaassending) Bl. 14
Tshepisong VGK Gemeente Bl. 15
Vertalingsprojek Bl. 16
Botswana Uitreik Bl. 17
Malawi Uitreik Bl. 18
Vrouebediening Bl. 19
Mannebediening Bl. 20 - 21
Geklee in Liefde Bl. 22
Emmers vol Liefde Bl. 23
Mission Relax Bl. 24
God ag die redding van mense so belangrik dat Hy Sy enigste seun ‘n sendeling gemaak het. Hy het Sy Seun na hierdie wêreld gestuur om die weg van versoening met God moontlik te maak en die evangelie op so ‘n wyse te verduidelik dat ons dit verstaan. Met Jesus se hemelvaart het Hy Sy dissipels gevra (Mt 28: 18-20) om hierdie werk as prioriteit saak voort te sit.
God is die een wat stuur en ons is Sy gestuurdes! Na Jesus se hemelvaart word dwarsdeur die Bybel beklemtoon dat die Kerk namens Jesus as gestuurdes die evangelie moet uitdra. Ons is God se hande en voete (Ef 1:20). Daarom behoort die hele gemeente (elke gemeentelid) oral waar hulle kom, getuies vir God te wees! Ons moedig u aan om veral by u werkplek ‘n getuie vir God te wees. Ons nooi u ook om betrokke te raak by nuwe en bestaande sending/getuienis aksies van die gemeente. Onthou ons ontvang geen geld uit die kerkkas vir hierdie aksies nie. Al hierdie bedieninge in hierdie brosjure is afhanklik van vrywillige bydraes wat ons van u ontvang. Die afgelope jaar het enkele lidmate bygedra om die evangelie uit te dra. Dankie aan ons staatmakers! Nou wil ons ook vir u vra om biddend te dink oor Jesus se opdrag. Help ons deur van nou af gereelde elektroniese bydraes tot ons Geloofsoffer fonds te maak (bankbesonderhede agter op die buiteblad). Ons pleit dringend: kom help ons om die evangelie prakties uit te dra na hulle wat nie die geleentheid het om dit te hoor nie! Ds. Willem Louw
KOM DOEN JOU DEEL
VIR GOD!!
Sendingbestuur
Voorsitter - Andrie De Beer 083 225 6485
Leraar - Ds. Willem Louw 082 340 7549
Kantoordame - Juanita Groenewald 082 330 8113
Lede:
Johan Stoop 084 660 1029
Louwtjie Van der Walt 082 859 9648
MC Coetzee 083 462 2224
Grobbie Grobler 082 966 3704
Tim Van Aarde 071 258 2621
Piet Terblanche 082 905 7894
Petro Zaayman 081 271 0754
Sannie Van Niekerk 082 075 2382
Jerry Minny
Botswana sending Die jaar 2016 was vir ons ‘n geseënde jaar waar die Here ons bygestaan, gelei en Sy
ontferming oor ons uitgestort het. Alle eer aan ons Here en skepper van hemel en aarde.
Dankie vir almal wat bid en getrou finansieel bydra tot ons bediening. Ons almal is een
in die uitdra van die Evangelie.
Die gemeente het gegroei in lidmate en deur God se genade kon ons ook beleef hoe
mense hul lewe vir die Here gee en ook so lewe, om nie terug te val in die voorvader
aanbidding nie. Ons is steeds besig met Evangelisasie in die Village “Rwee” waar ons
kerk geleë is, Rokonga ‘n “Cattlepost” teen die Caprivi, die Mohembo grenspos as
sending punt van ons kerkie en omliggende gebiede. Die kinderbediening begin ook
vorm kry. Deur die Here se genade het 2 skoolhoofde in Shakawe en Samochima ons
genader om hulle onderwysers die Evangelie oor te dra asook die leerders. Die polisie
hoof wil hê ons moet 1 keer per week die Evangelie aan al die polisie lede bring want
hulle het ‘n behoefte aan die Here Jesus.
Ons plaas ook opleidingsmateriaal by verskeie kerke wat ons nader vir hulp. Bybels is
‘n absolute instrument in die hande van die wat glo. So gee ons ook selektief Bybels
waar die Gees ons lei. Ons Kerkgebou is klaar gebou einde 2016 en die mense is in
ekstase om nie meer in die modder te sit as dit reen nie. Die wind waai nie meer die
stukkende dakplate op ons koppe nie en die sand bly buite. Ere aan God in die hoogste
hemele ook vir elkeen wat bygedra het.
Ons meet ons sukses aan die hoeveelheid mense aan wie ons die Evangelie (Goeie nuus
van verlossing in Jesus) kon bring. Die sukses in redding van mense is in God se
hande, net God red mense, ons net die boodskappers.
EER AAN GOD. “If you don’t know Jesus, please don’t die!!”
1.
In die Mangochi omgewing lyk die gesaaides op die lande asook die groente in Pieter se
tuin baie goed. Dit is in groot kontras met die vorige jaar toe Malawi ‘n ernstige droogte
gehad het. Die kinders werk ook fluks in die tuin en het reeds 8 komposhope klaar en
behoort spoedig 10 hope klaar te hê Daar word reeds pampoene, tamaties, groen
soetrissies en groenbone geoes. Die piesang-en papajabome wat geplant is, doen ook
goed. Die opleiding wat die kinders kry, gebruik hulle tuis en begin om by hulle huise
bome aan te plant en groente te kweek.
Geestelik gaan dit goed: Die tyd wanneer Pieter die kinders geestelik opvoed, bou die
Here ‘n band met die kinders en maak hulle verstand oop en hulle harte ontvanklik vir
die Woord. Daar skakel steeds nuwe kinders by die groepie in en die wat vir ander
doeleindes gekom het, verdwyn. Die kinders leer om vir hulle maatjies te bid en is baie
gretig om te bid, selfs van die vier-jariges. Ons kan net die Here daarvoor dank.
Dit gaan goed met die volwassenes se Bybelstudie by Mpumbe en Makumba Village.
Pieter kry ook geleentheid om ander mense by hulle huise te besoek. Alhoewel die
kinders by Mpumbe baie wissel, is daar altyd ‘n groot groep wat kom luister.
Pieter Loots
Malawi sending
2.
Voedingsprogram
Pieter het weekliks 9 babas wat hy weeg en hy koop ook spesiale pap aan en deel dit uit vir die
babas. Gebede word gevra vir een van ‘n tweeling, Kevin, met wie dit nie goed gaan nie.
Pieter het vir ‘n hele paar maande 100 honger kinders gevoed met ‘n broodjie en nog iets te ete
daarby. Die Here het die heeltyd voorsien. Hy skaal dit nou stadig af omdat die mense reeds
groen mielies uit hulle lande kry om te eet. Tans verskaf die regering ook voedselhulp. Operasie
Mobilisasie het ook aan Pieter mielies en bone verskaf om uit te deel aan die mense. Pieter kon
ook by sy huis vir 10 gesinne mielies stoor wat hulle maandeliks kom afkoop.
Skool
Dit gaan daagliks goed met die kleuterskool. Daar is elke oggend tussen 30 tot 40 kleuters by
die skool vanaf 7:00 tot 10:30. Golden is ook 4 middae daar om die laerskool kinders te help
met ekstra remediërende onderrig.
Baie sendelinge wat rondom Pieter gewerk het, is weg. Sendelinge van Duitsland, Paul en
Dorothy, is al lank betrokke in Malawi en het ook nou kom aansluit om die radio-bediening van
stapel te stuur. Hulle is reeds besig met opleiding en aanbouings in Mangochi.Die sendelinge
Sarel, Lintie en Debbie werk meer onder die Chewa gesinne en hulle lewer nog mediese hulp in
die omgewing
3.
God has been very gracious to us in the past year. The Veritas program has been well established in Ikageng. The same group of pastors who started the program in 2014,
have continued until 2017 and it is our vision for 2017 that a group of 15 pastors will complete Module 4. We have been joined by Kobus van der Westhuizen, a school
principle from Klerksdorp who is a lay pastor in a Church in Orkney. Kobus and his wife have the sense that God is calling them to move to New Zealand to pastor an Afrikaans congregation full-time. It has not been without its challenges because the
New Zealand government for the next two years had closed its doors to receiving new immigrants. Kobus and his wife have a daughter who stay in New Zealand. Please pray
that God will open the doors for them.
The pastors in Ikageng of the Veritas group have begun to meet to pray for the city. They have committed to meet once per month to pray and intercede for spiritual
transformation and revival in Potchefstroom. It is a wonderful commitment and concern that they demonstrate for the town. The vision we have for 2017 is that there could be a coming together of this group with other pastors of the greater
Potchestroom. Prayer is needed for the schools and university that teachers and
lecturers will have a commitment to the gospel and to live the truth of Jesus Christ.
The Veritas pastors have asked dr. Timothy to begin a new group. Our vision as a
family is to discern where the Lord is leading us in 2017. We have the sense that God maybe calling us to a new mission's commitment, but not to Africa. dr. Timothy has the
opportunity to help equip future missions leaders and has applied for a lecturing and leadership post in which he can help students study postgraduate degrees called a Masters in Divinity and a Doctor's in Divinity. It is course based and can help the
church in Africa. We have asked the Lord that if it is His will that there will be a shared vision. The vision is that of helping to raise up leaders in Africa, Asia, South America
and places where there is no graduate program. The program is course based and so it will help people in these countries who have attended a local bible school in their country, which has often not been very good. There is a possibility that Veritas College
will work together with this institution. We ask for prayer that the Lord will use all of us, every believer, in His service. May He open our eyes to opportunities and to be sensitive to the leading of the Holy Spirit. And may we come to know the unique gifts
that He has given to each believer (1 Peter 4:10). This is our prayer for Miederpark
Church for 2017.
Tim Van Aarde
4.
We praise the Lord for your support and the impact of the Veritas program on the
church leaders of Ikagenag.
"I had the wonderful privilege to give some lecturers at Sydney Missionary and Bible
College last year for 2 weeks in August at the kind request of Dr. Richard Hibbert and shared several stories from our 6 years mission field experience in Burundi. One was about a Hindu couple who had been saved and the husband is a pastor, but at birth
his wife was dedicated to a Hindu god. After my talk I spoke to an Anglican Ministers wife who was working with Hindu's and a Hindu couple who were unable to
fall pregnant. She and her husband took my advice and prayed over the couple and reminded them of the sovereignty of Jesus and for them to surrender every area of their lives to the Lord. It involves repentance and closing all doors by asking for forgiveness
of all past experiences and idol worship and confessing the sovereignty of God over all areas of life. Some people do not think this maybe necessary, but the reason is that they have not worked with people who have been set free from idol worship. God has
blessed the couple and they have been able to conceive after not being able to conceive! Even more importantly, they have deep and firm confidence in the sovereignty of God
and that He is sovereign over every area of life.
5.
Wat is my doelwit vir 2017
Mense en verhouding is vir God belangrik. So belangrik dat Hy sy seun Jesus Christus aan ‘n
vloekhout laat ophang het om daardie verhoudings wat al in die Paradys verbreek is te herstel.
Mense se ongelukkigheid maak God ongelukkig. En omdat ek daardie God leer ken het en uit
dankbaarheid vir Sy genade ‘n lewe van diensbaarheid en beskikbaarheid wil leef is my droom
vir 2017:
Pasiënte en personeel aanmoedig om in ‘n lewende verhouding met die Here te leef sodat
Hy drome kan herstel en daar weer hoop in hul harte kan opvlam en hulle kan leef as
mense met hoop tenspyte van hul omstandighede.
Diens en ondersteuning aan gelowiges en ongelowiges deur hulpverlening en berading.
Woordverkondiging en Evangelisasie aan elke persoon wat die Here oor my pad stuur,
sodat God daardeur geëer en verheerlik kan word.
Ek is nie tot hierdie werk instaat nie, maar doen dit deur die liefde van Jesus Christus wat my
daartoe bring en die krag van die Kruis wat my instaat stel om dit te kan doen.
Petro Zaayman
*****************************************
Verslag
2016 was in baie opsigte ‘n geseënde jaar tenspyte van my eie omstandighede. Alle eer aan die
Here vir sy liefde en genade wat elke dag nuut is en dat ek dit kon beleef.
Baie mense is beraad en ander met die Evangelie bedien wat die Here as hulle saligmaker en
verlosser aangeneem het, maar ook heelwat “kerk” mense en “ou” christene het hulle opnuut
aan die Here verbind. Daar is baie Bybels, geestelike lektuur, traktaatjies en ander
noodsaaklikhede soos pakkies met eetgoed en toiletbenodighede waar nodig uitgedeel.
Daar word ook ‘n al groter behoefte na ou klere ervaar en veral in die kouer winter oggende is
daar dikwels mense weggewys wat by my Kantoor kom aanklop het vir ‘n warm dingetjie. Vir
my was dit nogal ‘n hoogtepunt dat mammas met klein babatjies wat op die bankie voor my
deur gewag het vir die persoon van “geboorte en sterfgevalle” aan my kantoordeur geklop het en
gevra het dat ek vir hulle babatjies bid. Om die kindjie in my arms te kon hou en met Ps
139:13 “U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van moeder. 14 Ek wil U loof wat
U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep”, na hulle te kyk en vir hulle te bid was kosbaar.
Dit was baie verblyend om mense se betrokkenheid by mense in nood te ervaar. Ek kon veral
heelwat jongmense help om met besoektye betrokke te raak, waaruit ook wonderlike getuienis-
se gevloei het. Verskeie kerke en gemeentes het oor naweke besoeke gebring, nie net die
pasiënte besoek nie, maar dank en waardering teenoor die personeel uitgespreek en hul met ‘n
klein geskenkie bederf.
6.
Hospitaal bediening
Petro Zaayman
Sonder hoop en uitsigloosheid
Ek kom so dikwels by pasiënte voor dat ek daaraan dink as die siekte wat mense bekruip en
die lewe uit hulle wurg. Dit is nie net veroorsaak deur siekte, werkloosheid en stygende pryse
nie, maar ook deur verkeerde keuses en lewenstyl.
Mense met emosionele pyn sowel as fisiese pyn en tonnelvisie het rondom hul probleme, word
liggaamlik sieker oor wat hulle oor hulle omstandighede glo. Spreuke 13:12 “’n Verwagting wat
nie uit kom nie, maak ‘n mens mismoedig; ‘n Begeerte wat vervul word bring nuwe lewe.”
Weereens het ek belewe dat mense wat ‘n ondersteuningstelsel het en by ‘n gemeente
ingeskakel is, die terugslae in die lewe beter hanteer. “Hoop is die immuunstelsel van ‘n mens
se siel”.
7.
DS. DAWIE DE WET
Hiermee doen ek kortliks verslag oor ons werk die afgelope jaar, en by elke punt sal daar ook
genoem word wat vir die volgende jaar beplan word.
1. Veritas Franse bediening
Die fokus van ons werk is op die opleiding van Gemeenteleiers in die Franssprekende lande.
Die een komponent van my werk is die daarstel van die opleidingsmateriaal in Frans. Die
afgelope jaar is baie tyd spandeer aan die eerste komponent. Veritas College is besig om die
modules op te gradeer . My taak is om al die veranderings in die Franse vertaling in te werk.
Module 1 is voltooi en ek werk tans aan Module 2.
Verder word die Veritas handboek, ”How to interpret the Bible” ook deur ‘n Franse predikant
vertaal en ek het die tydrowende taak om elke hoofstuk wat vertaal is na te gaan om seker te
maak die vertaling gee die oorspronklike korrek weer.
2. Die opleiding van fasiliteerders volgens 2 Tim 2:2
2.1 Opeiding in die DRK
‘n Groep Kongolese pastore besig met opleiding in Lubumbashi
Ons verteenwoordiger die DRK, Wycliffe Mbuya, was in die begin van verlede jaar baie siek aan
malaria en moes gehospitaliseer word. Hy het egter sodanig herstel dat hy in April die
konferensie vir Suider-Afrika in Lusaka kon bywoon. Die meeste opleiding vind plaas in die
droë seisoen (Junie tot Oktober) wanneer die paaie beter begaanbaar en die
landboubedrywighede afneem. Verskeie opleidingsgroepe is verlede jaar begin, maar het byna
tot stilstand gekom weens politieke onrus in die omgewing van Lubumbashi . Dit het dit baie
moeilik gemaak om rond te beweeg in die platteland. Die werk gaan egter voort, hoewel dit
moes afskaal. Tot nou toe is die situasie nog ver van normaal af, en die onseker en onveilge
situasie sal hopelik tot ‘n einde kom as daar ‘n presidentsverkiesing kan wees. Maar die
huidige president Joseph Kabila doen alles in sy vermoë om ‘n verkiesing te verhoed. En
intussen is daar gereeld opstande omdat dienslewering nie plaasvind nie en die mense verarm.
Daarom moet ons bly bid vir die DRK.
8.
2.2 BrazzavilleKongo
Verlede jaar Junie het Jean-Blaise van die Kaap op uitnodiging sy geboortestad, Pointe Noire in
die Brazzaville-Kongo, besoek waar hy met opleding begin het. Hy het die eerste groep met
Module 1 toegerus. Dit is baie goed ontvang en uiteindelik is 21 fasiliteerders met Module 1
opgelei. Drie van is ook opgelei as fasiliteerders en het ook begin om in hulle gemeentes hulle
eie leiers op te lei. Ekself was die hele tyd op bystand om hom waar nodig te help om probleme
te hanteer.
Die beplannig is dat Hy hierdie jaar weer in Junie gaan om die groep met Module 2 op te lei.
Ons bid steeds dat hy steun van gemeentes in Suid-Afrika sal kry sodat hy in Pointe Noire sal
vestig
2.3 Frankryk.
Dan het ek ook weer Frankryk besoek waar Johan Bloemhof reeds Modue 2 vir ‘n groep
aanbied. Een van daardie groep, Alain Foster, wil self ook ‘n fasiliteerder word, en ek het toe
vir hom en Martin de Lange opgelei as fasiliteerders vir Module 1. Ons is baie opgewonde
hieroor aangesien Martin ‘n bediening onder Turke in Frankryk het en reeds ses groepe
bekeerde Turke bedien. Dit is dus nooodsaaklik om ook van hulle eie mense toe te rus om
hulle eie mense op te lei.
Die beplanning is dat ek weer Frankryk sal besoek sodra hulle klaar is met Module 1. Johan
Bloemhof kom later die jaar terug SA toe vir deputasie, dan sal hy opgelei word as fasiliteerder
vir Module 3.
2.4 Wes-Afrika
Veritas se opleiding in Nigerië is besig om te groei. Die kerk wat Veritas uitgenooi het, werk ook
in van hulle buurlande, wat almal Franssprekend is. Veritas College se direkteur vir Afrika is
met hulle in gesprek en het my gevra of ek bereid sal wees om later die jaar daar opleiding te
gaan gee. Dit sal ‘n nuwe uitdaging wees vir hierdie jaar.
3. Veritas SA bedienig:
3.1 Opleiding aan Franssprekende gemeenteleiers in die Kaap
Jean-Blaise gaan steeds voort hiermee en die NG gemeente Tafelberg het vir die
Franssprekende Christene onde leiding van David Kongolo ‘n lokaal in die kelder onder die kerk
beskikbaar gestel. David, ‘n onderwyser van beroep wat nou ook ‘n fasiliteerder vir al vier
modules is, lei elke Sondag ‘n erediens daar. In die week is daar verskeie byeenkomste en die
lokaal is ook beskikbaar vir Veritas opleiding. Jean-Blaise en ek het verlede jaar elke tweede
Vrydag vir ‘n groepie van vier pastore daar opleiding as fasiliteerders vir Module 4 gaan gee en
ter selfder tyd vir Jean-Blaise opgelei as opleier van fasiliteerders.
Hierdie groep gaan voort. Hulle het pas begin met die opleiding in hulle gemeentes vir hierdie
jaar en elkeen het tans vier groepe: een in elke module. Ek ontmoet hulle maandeliks in
Tafelberg se kelderverdieping om te bid vir die werk en om probleme te bespreek.
9.
3.2 Hulp aan Veritas SA
Weens die tekort aan opleiers help ek ook gereeld vir Veritas SA met opleiding van
fasiliteerders.
3.2.1 In Khayelitsha
Die groep pastore in Khayelitsha: Eric, Japhta, Jimmy, Goodman en Atwell
Verlede jaar het ek weekliks die pastore wat opgelei is as fasiliteerders, as mentor gaan help
om die opleiding in hulle gemeentes van die grond af te kry. Dit is seker die moeilikse opset
waarin ek in ‘n lang tyd gewerk het. Hierdie pastore is ernstig met hulle verhouding met die
Here en is suksesvolle gemeenteleiers, maar hulle is nie werklik fasiliteerders nie. Ek moes dus
baie stadiger aangaan as beplan is. Die strategie is nou om hulle te help met dit waarmee hulle
reeds suksesvol is, beter te doen en van hulle gemeentelede wat potensiaal het, op te lei as
fasiliteerders. Dit gaan vanjaar voort.
3.2.2 In die Vrystaat: (Vrede)
Dan het ek ook verlede jaar twee keer vir Dr Herman Steyn, wat verantwoordelik vir Veritas in
die Vrystaat is, vir ‘n week gaan help met die opleiding van fasiliteerders in Vrede. Hierdie
groep van ses pastore (Zoeloes) is werklik knap en dit is die moeite werd om tyd en kragte daar
aan te wend. Die opleiding gaan hierdie jaar voort en die beplanning is dat ek weer vanjaar
daar gaan uithelp.
4. Persoonlik
Eerstens wil ons die Here van harte bedank vir al die seëninge wat ons die afgelope jaar belewe
het . Dit gaan goed met ons, ons kinders en ons kleinkinders. Ons is bevoorreg om twee van
ons drie kinders naby ons te hê en hulle en die kleinkinders darem redelik gereeld te sien. Dan
woon ons jongste dogter en haar man en twee kinders in Engeland. Die vorige jaar was hulle
hier in Suid-Afrika vir Kersfees en Nuwejaar, en verlede jaar het hulle vir ons die
vliegtuigkaartjies gestuur om Kersfees en Nuwe jaar by hulle in Engeland deur te bring. Ons is
dus baie geseënd.
Aan die ander kant het ons die afgelope jaar ook besef ons word nie jonger nie. Vir die eerste
keer sedert ek my arm gebreek het toe ek in Standerd 2 was, moes verlede jaar in Junie in die
hospitaal opgeneem word: hierdie keer weens nierstene. Gelukkig het dit sonder chriurgiese
ingrype afgekom en is daar geen skade nie. Naomi het ook in ongevalle beland met iets wat in
haar oog ingevlieg het, maar dit is verwyder en die oog het volkome herstel.
Ons sal hierdie jaar moet besin oor die pad vorentoe en het hiervoor ook julle gebede nodig.
10.
Wanneer jy bid en God vra om jou lewe / bediening te seën, dan sien jy altyd net die
romantiese gedeelte van die proses. Dit is soos ‘n klein seuntjie wat graag eendag ‘n springbok
rugbyspeler wil word. Hy dagdroom oor daardie oomblik wanneer hy daardie groen en goud
baadjie aantrek. Maar wat gebeur tussen die “droom” en die oomblik wanneer jy daardie
baadjie aantrek lê daar ‘n stuk realiteit van opoffering en uitdaagings wat jy moet deurwerk.
2016 - Was vir ons ‘n jaar van uitdagings waar God ons dieper as net ons bediening kom
uitdaag het. Ons het tot die besef gekom dat God se seën op jou lewe / bediening begin eerste
by die fondasie in jou lewe / bediening. God bou nie Sy seën op ‘n fondasie wat nie instaat is
om Sy seën te hanteer nie. By implikasie beteken dit dat God eers jou hart moet oop grawe en
Hy jou moet wys wat daar regtig in jou hart lê. Dit is daardie verskuilde motiewe en denke wat
nie in lyn is met God se Woord, wat uitdagings en opofferings is waarmee ons elkeen moet deel.
Maar dit is ook ‘n pad van ware vryheid en genesing vir jou lewe/bediening. Jy begin dinge in
perspektief sien soos wat God dit sien.
Met bogenoemde ingedagte is 2016 ‘n jaar waar God met my en Zellie begin werk het. Ons
albei het ‘n groot verwagting vir 2017 en glo ons dat dit waarmee God begin het in 2016 gaan
verder ontwikkel in die jaar.
Net ‘n kort oorsig van ons bedieningsbetrokkenheid.
Zellie is betrokke in die musiekbediening wat haar passie is. Daar is ‘n stuk getuienis oor hoe
sy daar betrokke geraak het en hoe die Here haar bediening daar bevestig het. Maar dit is ‘n
storie vir ‘n ander dag.
MC – my bediening het ‘n nuwe wending begin inneem waar dit vir my wil voorkom of ek
bedienings geleethede skep en dan stuur die Here vir my mense wat langs my inskuif om oor te
vat en verder te ontwikkel en ek dan in ‘n ondersteunings rol inskuif.
11.
MC COETZEE
World Outreach SA Direkteur: – Ons is in die proses van oorgee aan my kollega wat vir 3 jaar
saam met my in die WOSA Kantoor bedien het. Ek bly steeds voltyds sendeling by World
outreach maar gaan begin fokus op ander bedieninge tot ondersteuning van World outreach.
Ek het baie van die uitreike na Lesotho en Swaziland aan Stefan en Ivan oorgee. Daar is in
Maartmaand ‘n Lesotho uitreik saam met die mediese dokters en in Juliemaand ’n Botswana
uitreik.
Gevangenis bediening – Ons het begin by die vroueafdeling en middel verlede jaar het Jolisna
saam met my gegaan en die groepie vrouens oorgeneem wat elke week daar bedien word. Die
bediening sluit in – kunsklasse, Bybelstudie, een tot een berading. Daar is ook verlede jaar vir
die vroue in die Bybelstudie groep ‘n blommerangskikking werkswinkel aangebied asook die
einde van die jaar ‘n vroue tee. As gevolg van ‘n tekort aan produkte, is die ‘hair en beauty
salon” gestop. Ek is einde verlede jaar oorgeskuif na die mansafdeling by die “awaiting trails”
waar ek weereens ‘n persoon saam begin neem het en ons nou elke Dinsdag saam bedien.
Kinderhuis bediening: Ons het so twee jaar gelede betrokke geraak by Abraham Kriel
kinderhuis se huis “Harvest Land”. Stefanie wat ’n liefde het vir weeskinders het die bediening
oorgeneem. Die bedieningsspan het ook gegroei na 6 lede en ons begin kyk na ’n moontlikheid
om by ‘n huis met seuns betrokke te raak.
Voedingsprojek: Ons voedings projek is al van 2002 in werking. Dit het in Parys begin en
uitgebrei na Potchefstroom. Ons het einde verlede jaar hande gevat met “Befenyi Trust’” en so
by Ikageng se kleuterskole betrokke geraak.
Lesotho uitreik Gevangenis bediening
Abraham Kriel
kinderhuis –
“Harvest land”
Voedings Projek –
Parys
Voedings Projek –
Potchefstroom
12.
Die bediening werk onder beide mans en vroue in die gevangenis. Dit bied
wonderlike geleentheid vir ons gemeentelede om die evangelie uit te dra. Ons wil u
nooi om deel te word van die bediening. Met die goedkeuring van die hoof van die
vroue afdeling het ons dus gekonsentreer op die verhoorafwagtendes en die “Life
Skills” benadering gevolg. Die program sluit in:
Freed by the Cross; Self Esteem; Self Empowerment;
Handling Conflict en Handling Criticism.
Hoewel die bywoning goed is, is die groep fluktuerend namate verhoorafwagtendes
se sake afgehandel word en nuwes bykom. Belangstelling en deelname is heelwat
meer aktief en gewaardeerd as wat die geval was met die gevonnisdes.
‘n Nuwe wending in beleid met vrouegevangenis dat slegs vroue hulle mag
toespreek het aanvanklik moeilike aanpassings meegebring maar dit is spoedig
genormaliseer. Vier nuwe aanbieders is opgelei maar slegs een het aangebly en met
die uittrede van een ander is daar nou slegs twee beskikbaar. Ons het vroue
helpers nodig en vra dringend dat u ons sal kom help.
Met die manne gevangenis het ons ‘n groep van Blok A verhoor afwagtendes
bedien. Dit was ‘n besonder dinamiese groep [gemiddeld 15] wat oor deeglike
Bybelkennis beskik het en dus die praktyk georiënteerde “Life Skills” aangegryp het
met vuur. Besonder lewendige sessies het daaruit gevloei en die leerproses het
duidelike ommekeer laat gebeur en die werking van die Gees duidelik laat blyk het.
Die kursus is voltooi en die groep sal sertifikate ontvang in die nuwe jaar, hoewel
daar tog diegene was wat weens vrylating nie enduit volgehou het nie.
Frustrasie rondom die afwesigheid van die Geestelike Ko-ordineerder van die
Korrektiewe dienste het meegebring dat daar dikwels verniet gery is sonder toegang
tot die gevangenis. Dit het verbeter nadat die saak met die Bevelvoerder opgeneem
is. Kontak vir Piet Terblanche by 082 905 7894 as u deel wil word van die
bediening.
13.
GEVANGENISBEDIENING
PLAASSENDING
So het 2016 ook tot ‘n einde gekom. Ons het ‘n geseënde jaar met die kinders en
volwassenes gehad. Daar was laagte en hoogte punte gewees. Die hoogtepunte vir die
aanbieders was dat ons gretige kinders gehad het wat wou leer van Jesus. Die kinders se
grootste hoogtepunt was die piekniek wat ons vir hulle by die kerk gehou het. Hulle wil
altyd net weet wanneer die trok hulle weer gaan kom haal, sodat hulle op die springkastele
kan spring.
Van ons laagtepunte was dat daar met tye min kinders opdaag. Ons het ook ons kerk
aanbieder Joseph aan die einde van die jaar gemis, want hy was besig in sy eie gemeente.
Daar is ‘n gemiddeld van 68 kinders en 9 volwassenes wat deurentyd Sondae teenwoordig
is. Daar is 3 aanbieders wat met die kinders werk en 1 aanbieder vir die volwassenes. Die
groot ouderdom verskille maak dat die aanbiedinge soms moeilik is.
Wat is ons vooruitsigte vir 2017
Ons bid nog steeds vir mense wat ons Sondae kan kom help met aanbiedinge en vertrou
dat die Here vir ons mense sal gee wat die taal magtig is. Die groter kinders en volwassenes
is ook Engels magtig, so die aanbieding kan ook in Engels plaasvind. Ons wil ook die Jesus
film hierdie jaar weer vertoon, want die vorige vertoning was ‘n reuse sukses gewees.
Dan vra ons ook die gemeente se onvoorwaardelike voorbidding vir die werk op die plase en
dat ons ondersteuning sal kry. Ek nooi ook enige persoon om op ‘n Sondag ons te vergesel
na een van ons aanbiedinge. Dit sal u tot ander insigte bring oor ons plaasbediening.
Enige persoon wat by ons groep wil aansluit of enige navrae het, kan Andrie De Beer gerus
kontak by 083 225 6485.
14.
Vriende, dankie aan almal wat tot die Sendinggeloofsoffer bydra. Dit stel die gemeente
instaat om werklik ʼn verskil in die groter gemeenskap te maak!
Ikageng brei geweldig uit en daar is nuwe informele woonbuurte. Miederpark is besig
om die Tshepisong VGK gemeente (wat in proses van afstigting is van Ext. 7 se VGK
gemeente), te ondersteun.
Meer agtergrond:
Die gemeente se kerkgeboutjie is destyds deur NUWE BEGIN Sentrum gebou (en later
deur die NG Ring van Potch vergroot). Dit was ʼn sendingstasie waarvan ds Willem
destyds stigterslid was en waarop die Miederpark sendingbestuur meerderheid sitting
gehad het. Destyds is die gebou aan die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK)
geskenk.
Vandag is daar in die gebou ʼn baie arm gemeente wat met trots op hul eie voete wil
staan. Hulle het nie ʼn predikant nie (Ouderlinge preek elke Sondag). Die gemeente val
binne ʼn area waar baie groot nood is en baie onbereikte mense woon.
Miederpark Sending het oor jare heen van die ouderlinge opgelei wat tans in die
gemeente dien. Miederpark sending het ook die gemeente help ontwikkel. Die geboutjie
is tans elke Sondag propvol. Ons skat daar is 300 - 400 lidmate in die gemeente. Die
gemeente se totale maandelikse inkomste is tans minder as R1000. Die VGK ring het
gesê die gemeente kan afstig as hulle R50 000 kan insamel. Elke Sondag word kollekte
opgeneem en lidmate dra selfstandig by. Die gemeente het reeds R23 000 ingesamel.
Amper halfpad! Hulle is vol ywer en entoesiasme.
Miederpark sending gaan die Thepisong gemeente help met:
Opleiding van jeugleiers
Voorsiening van kategese boeke en Bybels aan onderwysers en kinders wat nie het
nie en dit nie kan bekostig nie.
Spesiale uitreike na die jeug (bv. jaar afsluitings geleenthede, film vertonings)
Ons gaan ook die Veritas Bybelskool opleiding aan die leiers van die gemeente gee.
Kerkraadslede sal begelei word om die gemeente na ʼn missionale gemeente te
verander wat toegerus word om die omgewing te evangeliseer. Wanneer die
gemeente vergroot, sal hul inkomste ook vergroot en kan hulle selfversorgend
word.
Die gemeente sal gehelp word om ʼn gereelde basaar as fondsinsamelings
geleentheid te organiseer. (Skenkings van klere en ander artikels om te verkoop).
Bid saam met ons vir hierdie wonderlike geleentheid om reg in die middel van
Ikageng, ʼn reuse impak te maak deur ons medegelowiges toe te rus en te
bemagtig.
MIEDERPARK REIK UIT NA
TSHEPISONG VGK GEMEENTE
15.
VERTALINGSPROJEK
Kategese boeke vir Tswana kinders
Daar is ʼn groot nood in Tswana sprekende gemeenskappe vir kategese materiaal in hul
eie moedertaal. Miederpark Sending het deur die jare gesien dat die nood so groot is
dat daar dikwels net een verouderde handboek vir ʼn groep van 50 kinders is. Baie van
die kinders beskik ook nie oor hul eie Bybels nie!
Ons gemeente se sendingbediening het onder leiding van ds Willem Louw betrokke
geraak by die vertaling van ʼn reeks kategese boekies getitel: “Vertel-vertel!” wat deur
Susan Goosen geskryf is. Die boeke word deur die Christelike Lektuurfonds gedruk en
dan deur BybelMedia bemark. Miederpark is verantwoordelik vir die vertaling asook die
betaling van die vertalers. Om ʼn eenvormige kwaliteit eindproduk te bereik, is Mnr.
Johan Zerwick van die NWU se vertalings eenheid by die proses betrek. Dit is vanjaar
die vierde jaar wat ons die projek bedryf. Elke jaar word nog ʼn boek in die reeks
suksesvol vertaal.
Daar is nou reeds vier boeke suksesvol vertaal. Dit stel Tswana sprekende
gemeenskappe in staat om vir elke jaargroep in die junior fase ʼn nuwe boekie te
gebruik. Die boekies fokus op Bybelverhale wat oorvertel word en deur vragies
vasgelê word. Die waardes wat uit elke verhaal geleer word, word dan by die kinders
ingeskerp.
Die een ding lei tot die ander. Die praktyk het geleer dat elke Bybelstorie wat vertel
word, beter vasgelê word as die klein kindertjies ook ʼn bypassende inkleur prent kan
inkleur. Die gevolg is dat inkleurprente vir elke reeks nou ook verkry moet word.
Miskien is daar iemand wat mooi inkleurprente kan teken en ons hiermee wil
help?
Omdat sekere Tswana sprekende gemeenskappe baie arm is, en dikwels klassies onder
ʼn boom gee, word elke klas verder voorsien van ʼn hoeveelheid teken borde waarop die
prentjie vasgeknip kan word. ʼn Blik inkleurkryt word ook verskaf. Na afloop van die
les kleur elke kind sy prentjie in. Die inkleurkryt en bordjies word weer ingeneem deur
die aanbieder. Die kinders moet nou huis toe gaan, sy prentjie by die huis gaan wys en
die storie weer vir die volwassenes gaan vertel. So word
die boodskap weer herhaal en word die evangelie verder
gedeel. Groter kinders wat kan lees, word ook van ‘n Bybel
voorsien.
Onthou as u ʼn bydrae gee vir die Sendinggeloofsoffer,
maak u iewers ʼn verskil in ʼn kind se lewe. Bly gee en
bly bid asseblief! Sonder u hulp kan ons nie voortgaan
nie.
16.
Die Botswana uitreike en ondersteuningspan van Jerry in Shakawe Botswana staan
onder die leiding en bestuur van:
Louwtjie van der Walt – Voorsitter.
Lourens Scheepers – Onder Voorsitter.
Elna Steenkamp – Gebed Leier.
Ettienne Pretorius – Bestuur.
Gerald van Wyk – Bestuur.
Wynand Cronje – Bestuur.
Corrie Ranft – Bestuur.
Ons doel is om Jerry en Magda te ondersteun en te versorg waar hulle in die
Sendingveld werk. Sonder hierdie ondersteuning span is dit amper onmoontlik om die
werk in Botswana suksesvol te doen. Ons kon in die verlede vir Jerry sy huis leefbaar
maak, ‘n water reservoir opsit en in baie areas help. Die uitreike gaan ook om die
mense wat saam gaan ‘n visie te gee van God se werk ook in ander areas. Niemand kom
dieselfde mens terug na so ‘n uitreik nie! God werk ook met ons as uitreikgroep nie net
die wat bedien word nie maar ook die wat kom dien. Ons wys ook die Jesus film en
evangelisasie.
In 2016 kon ons die Kerkie se dak gaan opsit wat hoofsaaklik deur Olaf Straus en ook
‘n klompie ander mense gefinansier en opgesit is. Die groep wat die dak gaan opsit het,
wat grooooot werk behels het was, Olaf en sy gesin, Louwtjie, Francois Haarhoff, oom
Jaap Human. Dankie vir elkeen wie bydra. Ons dank die Here vir mense wat hierdie
bediening ondersteun; Finansieel, gebed, omgee en deur liefde. As die Here u hart
aanraak om ‘n vennoot in die uitdra van die Evangelie te word op enige wyse. Skakel in
As iemand wil betrokke raak, skakel:
Louwtjie vd Walt by: 082 859 9648 of Lourens Scheepers by: 082 499 9618.
BOTSWANA UITREIK
2016
17.
ʼn Malawi uitreik is
lewensveranderend!
Elke jaar gedurende die Julie vakansie, bring ons ʼn vars nuwe uitreikspan op die been wat
onder leiding van ervare uitreikleiers die pad na Malawi vat! Jy kan ook deel word van so ʼn
uitreikspan!
Die doel is om ons sendeling Pieter Loots te gaan ondersteun en jou ʼn egte Afrika ervaring te
gee! Enige persoon wat gesond is, kan hierdie uitreik meemaak! Minderjarige kinders kan
onder toesig van hul ouers ook hierdie ervaring meemaak. Gee jou naam betyds by ons
sendingkantoor op (sel. 082 330 8113 of tel 018 294 6900)
In 2016 was ds Willem die uitreikleier. Ons was 11 toerlede en het met die sendingbediening se
bussie en ‘n dubbelkajuit bakkie gery. Met die terugkeer het ons ʼn ekstra gas saamgebring.
Die 14dae toerprogram het seepglad verloop ten spyte van berigte van stakings by Beitbrug.
Die eerste aand het ons kort voor Beitbrug geslaap by Koos Pauer (ou gemeente lede). Die aand
van dag twee het ons in Zimbabwe geslaap by Nyamakwere Lodge, kort voor die Malawi grens.
Die Aand daarna het ons heel bo-op ʼn berg in Mosambiek geslaap. ʼn Suid Afrikaanse sendeling
(Jan) het ons met groot gasvryheid ontvang en met heerlike potjiekos wat reeds reggestaan het,
bederf! Ons was toe reeds naby Malawi (Dedza grenspos). Die volgende oggend sou ons vroeg by
die Malawi meer aankom. Weens ʼn afdraai wat ons misgery het, het ons toe eers effens later
daar aangekom en ʼn bekommerde Pieter het ons ingewag!
Drie heerlike dae van saam Bybelstudie doen, diep gesprekke saam met Pieter en luilekker
kuier en swem in die Malawi meer, wat ʼn toer langs die meer insluit, het die rit van 2500km vir
almal die moeite werd gemaak.
Daarna het ons na Pieter se huis vertrek waar ons vir vyf dae kliphard gewerk het. Dinge is
herstel en baie praktiese uitreik werk is in die gemeenskap onderneem. Ons het ook met die
hoofman onderhandel om sokker te bevorder. Die toerlede het ʼn goeie bedrag vir die bediening
eenkant gesit. Die doel is om die kinders en jongmense in die village deur middel van sokker
byeen te bring en te evangeliseer. Die uitreikspan finansier die sokker toerusting.
Met ons terugkeer het ons die eerste aand by die Pumpkin hotel net oorkant die Zimbabwe
grens geslaap. Ons het die aand daarna kort voor Beitbrug by die Lion en Elephant Motel
(by die Bubi rivier in Zimbabwe) geslaap.
Almal was dit eens dat die uitreik die beste in jare was omdat ons slegs bedags (rustig) gery het
en vroeg by ons slaapplekke aangekom het. Boonop was die kos bo-baas omdat Grobbie ons
Sjef was! Op so ʼn uitreik maak jy lewenslange vriende en beleef jy geestelike groei weens
kosbare Bybelstudies. Hoewel ons gaan om ons sendeling te ondersteun, ervaar die
meerderheid dat die uitreik hul hele lewe verryk het. So ʼn uitreik is werklik
lewensveranderend! 18.
AWESOME Vroue bediening Die sending en getuienis bediening het ‘n spesiale aksie wat daarop gemik word om vroue weekliks in ‘n selgroep byeen te bring waar hulle mekaar kan ondersteun en saam uit die Skrif kan leer. Die bediening staan tans onder leiding van Sannie van Niekerk (sy word deur verskeie helpers ondersteun). Hierdie groep vroue kry dan ook geleentheid om die “Woord in Aksie vrouekampe” in Pretoria by te woon. Hier by die kampe word vroue se geestelike lewens vernuwe en vind emosionele heling plaas. (Die vervoerkoste na hierdie kampe word gesubsidieer en die sendingbediening se bussie word vir die doel benut).
Een van die vroue het hul ervaringe met ons gedeel en ons haal aan: “Albei vrouekampe was vir my 'n belewenis, vandat ons by die kerk in die bussie geklim het totdat ons daar opgedaag het en op die Sondae weer teruggekeer het. Ons as medegelowiges en ook vriendinne kon by verskillende sprekers en by ons groepie leiers so baie dinge leer, op geestelike gebied, oor ons Bybel, oor gebed, oor sang, (ons sangleier was / is Franna Benade), oor onsself, oor bevryding,
oor beklee jou man, oor vergifnis, ens.
Elke spreker het uit eie ondervinding gepraat met 'n groep vroue wat baie "stukkend" was en indien hulle nie stukkend was nie het hulle met maskers rondgeloop (soos ekself ook). Ek het nuwe vriendinne gemaak, vroue wat ek met my lewe kan vertrou, vroue wat my help wanneer ek val, vroue wat my ondersteun en bemoedig. Ek het by elke kamp bevryding ontvang van bv. vrees, selfbeeld, verslawings ens. Elke kamp het verskillende sprekers (oor dieselfde onderwerpe), en omdat die sprekers verskil het en dit wat hulle met ons kon deel, was elke kamp
anders en besonders.
God het beslis by elke kamp 'n ontmoeting met my gehad. Wanneer satan nou in my lewe kom om my vas te bind in kettings van dit waarvan ek reeds bevry is, trap ek hom in die aarde in, ek
gee een tree vorentoe in die toekoms in en hou my oë op Hom wat vir my sorg, elke dag.
Ek werk elke dag baie hard daaraan om die verlede agter my te sit alhoewel dit ongelooflik moeilik is, ek maak nog foute en loop dan met selfverwyt rond, tog vra ek vir vergifnis en glo God vergewe my. Ek strewe daarna om te lewe vir vandag en om te onthou dat die toekoms aan God
behoort, aan niemand anders nie.
Indien moontlik sal ek elke vrouekamp wat nog in die toekoms kom wil bywoon want ek weet reeds dat daar nog baie dinge is wat ek by die kamp sal wil aflê wat my as mens terughou in die
lewe.”
Ons nooi enige vrou wat die behoefte het aan geestelike vernuwing en emosionele heling, om by die vroue
groep in te skakel . Kom deel in die vreugde van ʼn nuwe lewe saam met God! Skakel Sannie van Niekerk by sel. 082 075 2382
Baie dankie aan elkeen wat vir die sendinggeloofsoffer bydra en ook spesifiek vir hierdie bediening bid. U betrokkenheid verander lewens!
19.
Hierdie verslag word opgedra aan Gerald van Wyk my ou maat wat standvastig die
bediening in stand hou. ‘n Verslag is dieselfde as ‘n getuienis, ons moet getuig vir God.
Dit was in die jaar 2006 toe Gerald by my kom met ‘n groot versoek in sy hart. Hy het
God nodig, Jesus Christus ons verlosser. Hy was kan ek maar se, desperaat. Daardie
dag onder leiding van Ds Willem, Ds Okkie en myself gee Gerald opreg, sy hart vir die
Here en ons sien voor ons oë hoe God ‘n wonderwerk doen en Gerald net daar red. Alle
eer aan God.
Paar dae daarna vol van die Heilige Gees met geopende oë kom Gerald by my en vra.
“Boeta ons ander boetas wat God nie ken nie gaan verlore! Wat kan ons doen?” Ek wou
lankal ‘n selgroep begin het vir gebroke mans, boetas wat God nodig het. Hier gebruik
Jesus vir Gerald om vir ons te se dat geloof is om die eerste stap te neem en My te
vertrou om My werk deur julle te onderhou. Weer alle eer aan die Here.
Ons besluit saam om ‘n selgroep vir manne wat hunker na God, en op ‘n punt in hulle
lewe gekom het net soos ek en Gerald, waar niks meer kan help nie behalwe ‘n Verlosser
wat ons van weet maar nie ken nie!
Dis Donderdag aand. Net ek en Gerald sit in my garage. (Ons kan nie se “motorhuis” nie.
Garage is waar mens met “tools” werk. En ons wil hê die Here moet hier met siele werk!)
Ons kan nie siele red nie, net God kan en ons belowe om die siele van Jesus se goeie
nuus te vertel. Ons sit ‘n lee stoel voor ons neer en bid oa: “Here ons sit hier in geloof dat
U hierdie stoel sal vul met enige man wie U dringend nodig het! Sodat ons kan getuig wie
ons was en wie ons nou is deur die genade van Jesus ons verlosser, en die persoon dan
kan besef as die Here dit vir ons gedoen het, kan Hy dit vir enigeen doen wat tot
bekering en wedergeboorte in geloof met dade kom. Dankie Here. Amen.” Ons moet
getuig net soos om verslag te gee sonder skaamte. Ons kan nie goeie mense maak nie
ons kan net getuig.
Die garage sel begin in my garage! Tot vandag toe is dit elke Donderdagaand. Ettienne
sluit by ons aan en ons word ‘n gedugte span vir Jesus, alle eer aan Jesus. Elke
Donderdagaand kom daar meer manne met seer. Sommige neem die Here aan, ander
soek ‘n “quick fix”, ander wil hê ons moet bid vir hulle probleme wat hulleself veroorsaak.
Kerke begin manne aanbeveel om by ons aan te sluit, predikante verwys nog steeds
manne om te kom hoor hoe net God ‘n gebroke siel soos myne en joune kan herstel ,tot ‘n
Koningskind met waarde.
GARAGE SEL
Manne bediening
20.
Na die die Here my voltyds in die bediening roep en ek die”garage” moet omskep in ‘n
woonste, verskuif die selgroep na verskeie plekke. Gerald in beheer getrou elke
Donderdagaand in die nuwe gebou waar daar ‘n vertrek aan hulle beskikbaar gestel is.
Kom maak asb ‘n draai elke Donderdagaand en kom belewe die samesyn. God in
beheer.
Intussen het ek vir Gerald op ‘n manne kamp geneem na Woord in Aksie in Pretoria. Dit
was vir hom ‘n lewensveranderde ervaring en hy het besluit om op ‘n gereeld basis
manne na die kamp te neem. NG Miederpark help gereeld met finansies en die bussie
van die Kerk is beskikbaar gestel om hierdie bediening van Gerald aan die gang te hou
en te ondersteun.
Hierdie is ‘n interkerklike bediening vir enige iemand van enige dinominasie.
Dis ‘n bediening aan die Here opgedra. Vir meer inligting, skakel vir Gerald van Wyk,
Sel nr: 0825469799
21.
Gedurende 2016 is die Geklee in Liefde projek vir die eerste keer
aangebied. Die doel van die projek was om baba klere vir die ouderdom
van 0 - 2 jaar en enige baba produkte in te samel wat uitgedeel sou word
in hospitale en vir behoeftige gesinne.
Tydens hierdie projek is ‘n klomp klere en produkte ingesamel sodat ons
50 pakkies kon opmaak. Van die pakkies is reeds uitgedeel aanbehoeftige
gesinne in die hospitaal en by die noodbank. Daar is nog heelwat pakkies
by die sending kantoor beskikbaar en sal soos benodig uitgedeel word.
Ons wil elkeen bedank wat hulle harte en beursies oopgemaak het. Ons
gaan heelwat kinders se harte bly maak en ons sou dit nie kon doen
sonder u hulp nie.
GEKLEE IN LIEFDE
BABA PROJEK
22.
Die EMMERS VOL LIEFDE is ‘n projek van NG Kerk Miederpark. Elke jaar word ‘n
groot aantal behoeftiges in en om Potchefstroom bedien met hierdie liefdesdaad.
Hierdie jaar het ons ‘n totaal van 83 emmers kos ingesamel wat ons kon uitdeel aan
die mense wat dit werklik nodig het.
Op Woensdag, 7 Desember 2016 is 25 behoeftiges van die gemeente tydens die
jaarlikse Kos-en-Kuier oggend, bederf met ‘n yslike sak vol allerlei heerlike eetgoed en
welkome toiletware, deur die gemeentelede geskenk. Die oorblywende 58 emmers in
uitgedeel aan gesinne in Ikageng.
Die gemeente beskik oor heelwat emmers wat deur lidmate geneem en gevul word met
bederfgoed. Daarna word dit in spesiale sterk sakke verpak, sodat die emmers gereed
is om die volgende jaar weer gevul te word.
Nadat die gaste heerlik saam gekuier het om keurig gedekte tafels en weggelê het aan
die geurige maaltyd wat spesiaal vir hulle voorberei is, was die hoogtepunt van die
oggend die uitdeel van die sakke wat met lewensmiddels, maar ook hope liefde en
deernis, gevul is.
Om ons noodbankers dop te hou, was ‘n ware vreugde: die blye afwagting en
opgewondenheid was op elke gesig te lees. En dan die koekeloerdery! Jy lees die
gedagte:“Wat is in MY sak?” en dan die verrassings: “Kyk, julle, ek het.....”, en “Ek
gaan Kersdag......maak”, en so meer. Die blydskap en dankies is oorvloedigend en
opreg.
Dan is dit koers kies huis toe met die kersgety se bederfgoed; te veel om al die pad te
dra, dus word gou gekoukus wie kan saam met wie ry, en hoeveel kan opgelaai word.
Die “Noodbankbrigade”, soos ons span helpers heet, is diep dankbaar omdat daar
omgee-harte in ons gemeente is wat drome oor ‘n genoeglike feesgety vir hulle wat
minder bevoorreg is, help bewaarheid deur aan hulle EMMERS VOL LIEFDE te skenk.
EMMERS VOL LIEFDE
23.
Die 2016 Mission Relax byeenkoms was ʼn groot sukses. Die bergfiets en
veldwedloop byeenkoms wat die laaste drie jaar by Grootbosch plaasgevind
het en oor vyf aangrensende plase strek, is ʼn fondsinsamelingsprojek van
die sendingbediening. Die projek is goed gevestig met webwerf en al. Die
laaste byeenkoms het ongeveer 200 inskrywings gehad en met die hulp
van borgskappe is R23 720 wins gemaak wat vir die uitdra van die
evangelie aangewend kon word.
Die plaas Grootbosch is egter nou in die mark en daarom is dit nie die
moeite werd om met die projek voort te gaan nie. Ons is dankbaar vir
elkeen wat ons in die verlede bygestaan het en op die unieke wyse fondse
help insamel het. Die sendingbestuur besef dat elke projek ʼn seisoen het.
Hierdie seisoen is nou aan die verbygaan en God sal ons lei en wys wat die
plek daarvan moet inneem. Ons sal binnekort meer inligting verskaf oor
die nuwe alternatief waaraan die sendingbestuur aandag gee. Ons kyk
terug na kosbare ervaringe en wil elkeen wat oor die jare by Mission Relax
betrokke was, van harte bedank. Bly asb. betrokke by die uitdra van die
evangelie!
MISSION RELAX
‘n Era wat verby is
24.
“As Jesus Christus God is
en vir my gesterf het, dan
is geen offer wat ek vir
Hom kan bring, te groot
nie” - ST Studd
Ondersteun asseblief ons
sendinggeloofsoffer deur
‘n maandelikse EFT te
teken. Deur middel van u
bydrae, kan ons God se
Woord verder verkondig.
Bankbesonderhede
Sending Geloofsoffer
ABSA
Rek: 405 041 9146
Tak: 632 005