9
1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3) NOVEMBER 2005 TYD: 2 UUR PUNTE: 80 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2005 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS EERSTE TAAL STANDAARDGRAAD (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 3 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

1001.3

AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3) NOVEMBER 2005

TYD: 2 UUR PUNTE: 80

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2005

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS EERSTE TAAL STANDAARDGRAAD (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 3

Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Page 2: 1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1001.3) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL SG/V3

2

VOORSKRIFTE 1. Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling, met ander woorde, beantwoord

VIER vrae. 2. Let asseblief op die aantal woorde wat by die verskillende stelstukke vereis word

en dui die aantal woorde wat jy geskryf het aan die einde van die skryfstuk aan. 3. Skryf die nommer van die vraag BO elke antwoord. 4. Skryf netjies en leesbaar. 5. Die inhoud van die skryfstukke moet oorspronklik wees.

AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK VRAAG 1 Skryf ongeveer 250 – 300 woorde oor EEN van die volgende:

1.1 'n Mens ontvang so baie uit die lewe, maar is nie altyd bereid om iets terug te gee

nie. Skryf 'n stelstuk waarin jy beskryf wat jy beplan om eendag aan jou gemeenskap terug te gee. Titel: Dankie, dit gee ek aan julle terug!

1.2 Jy kan enige iets in die lewe word, ongeag jou agtergrond of omstandighede. Al wat dit verg, is deursettingsvermoë en harde werk. Skryf 'n stelstuk waarin

jy die verhaal vertel van iemand wat, ten spyte van sy of haar omstandighede, sukses behaal het. Titel: Hierdie persoon is vir my 'n inspirasie.

Page 3: 1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1001.3) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL SG/V3

3

1.3 Seks het een groot gevolg wat ons nooit moet vergeet nie: BABAS!

Vir baie tieners bring dit dikwels geweldig baie komplikasies en die einde van 'n onafhanklike en sorgvrye lewe. Skryf 'n stelstuk waarin jy besin oor die implikasies as 'n tiener 'n baba het. Titel: Babas grootmaak is nie kinderspeletjies nie!

OP DIE STASIE: Die Wes-Kaapse premier, mnr. Ebrahim Rasool (regs), saam met opge-wonde jeugdiges op Kaap-stadstasie met die bekendstel-ling van die jeugdienstrein.

1.4 Suid-Afrika het in 2004 tien jaar van demokrasie gevier. Suid-Afrikaners

ervaar die dag op verskillende wyses vanweë hulle uiteenlopende agtergronde. Skryf 'n beredeneerde skryfstuk waarin jy jou mening lug oor jeugdagvieringe in 'n demokratiese Suid-Afrika. Titel: Jeugdag in 'n nuwe Suid-Afrika!

/30/

Page 4: 1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1001.3) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL SG/V3

4

AFDELING B: BRIEWE EN KORT STUKKE VRAAG 2 Skryf 'n stelstuk van ongeveer 150- 200 woorde oor EEN van die volgende:

2.1 “Tieners kry babas vir geld. Jong meisies oorleef op staat se toelae van R170 per

kind.” Die Burger, 12 Junie 2004. Skryf 'n brief aan die redakteur van Die Burger waarin jy jou mening oor die berig lug. Die adres is: Die Redakteur, Heerengracht 40, Kaapstad, 8000.

2.2 'n Vriendin van jou dink ook dat haar swaarkry verlig sal word indien sy kinders

in die lewe bring. Skryf 'n brief aan haar waarin jy haar daarop wys dat dit erger probleme en groter armoede tot gevolg sal hê.

2.3 Gewete laat die waarheid seëvier. Jy dra 'n sekere geheim al vir jare in jou

binneste rond. Die beste terapie is om daaroor te praat. Maak 'n dagboekinskrywing waarin jy bieg oor dit wat jou pla.

Page 5: 1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1001.3) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL SG/V3

5

2.4 Bostaande is 'n program van die jeugdagfeesvieringe wat op 16 Junie 2004

in Kaapstad plaasgevind het. Skryf 'n verslag vir die jeugraad oor die feesvieringe wat jy bygewoon het.

/15/

Page 6: 1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1001.3) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL SG/V3

6

AFDELING C: ANDER KORT STUKKE VRAAG 3 Skryf 'n stelstuk van 80 – 100 woorde oor een van die volgende:

In opdrag van die terugnemingsbestuurder & ander vind 'n

OPENBARE VEILING van teruggeneemde huishoudelike meubels van gehalte, toestelle, musieksentrums, TV’s, selfone, algemene snuisterye ens., by ons veilingslokaal, Millbank-weg 5 & 7, Wynberg plaas op

DONDERDAG 24 JUNIE 2005 OM 10:00 10:00: Verskeidenheid slaapkamerstelle, klerekaste, beddens en matrasse, sitkamerstelle, koffietafels, muureenhede, koelkaste, stowe, wasmasjiene, mikrogolfoonde, kisvrieskas, TV’s, video’s, DVD’s, draagbare musiekstelstels, CD/Band/radio-kombinasie- stelsels, verskeidendheid selfone en algemene snuisterye. BESIGTIGING: Woensdag 23 Junie 2005 15:00 tot 17:00. BETALING: R500 terugbetaalbare registrasiefooi; 14% BTW word gehef; onderworpe aan verandering sonder kennisgewing vooraf; ons standaardveilingsvoorwaardes geld. SM-3348343 Jun.22.(181)

OKFurnitureBig name, Big Value

Afslaers en Waardeerders Tel.: 021 761 4836 (5 lyne)E-pos: [email protected]: Faks: 021 761 0360

3.1 Bostaande is 'n advertensie van 'n openbare veiling. Jy het vooraf na die gehalte

van die huishoudelike artikels gaan kyk en wil graag vir jou beste vriend/vriendin, in 'n Bolandse dorp, daarvan vertel. Stuur 'n e-pos aan die persoon waarin jy hom/haar inlig oor die gehalte en aanraai om die veiling by te woon. Sluit jou en jou vriend/vriendin se e-posadresse in.

3.2 'n Familielid is binnekort 21 jaar oud. Jy is versoek om 'n berig onder die

geklassifiseerde afdeling in Die Burger te plaas. Skryf die gelukwensingsberiggie volledig uit in die formaat waarin jy dit graag in die koerant wil sien.

Page 7: 1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1001.3) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL SG/V3

7

3.3 Jy is in beheer van 'n groep werkers by 'n vakansieoord. Die bestuur het jou ernstig

aangespreek oor jou span se dienslewering. Stel 'n memorandum op waarin jy al die werknemers versoek om 'n dringende vergadering by te woon. Sluit die agenda, naam van die vergaderplek en duur van vergadering in. Gebruik die volgende vorm as voorbeeld. MEMORANDUM Datum: .............. Tel. ........................... Bylyn: ........................... Van: ........................... Aan: .......................... INSAKE: ....................... BOODSKAP ....................................................................................................................... .......................................................................................................................

/15/

Page 8: 1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1001.3) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL SG/V3

8

AFDELING D: KREATIEWE RESPONS: KORTKUNS

Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. Jou antwoord moet uit ongeveer 100 –150 woorde bestaan. DOUSPOOR: Rudi Daniels en Gordon Julies (samestellers) VRAAG 4 Wildegans, wildegans: Elsabe Steenberg “Ek wil nie my kind verloor nie.” Jy, as Adèle se ma, is diep bekommerd oor die skielike veranderinge wat by jou 10-jarige dogter plaasvind. Skryf jou gewaarwordinge in jou dagboek neer.

VRAAG 5 Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My pa het die saak nie sag probeer stel nie. Hy het net gesê: ‘Jy moet van Wolfie ontslae raak. Ek het 'n draad aan die windpomp vasgemaak waaraan jy hom kan gaan ophang.’ ” Hierdie insident met die hond het daartoe gelei dat jy jou pa verloor het. Maak 'n dagboekinskrywing waarin jy jou hart oopmaak. VRAAG 6 In die leegte: Hennie Aucamp Jou ouma is al 'n geruime tyd gelede oorlede en jou kinders wil baie graag weer hierdie storie hoor. Skryf 'n stelstuk waarin jy vir hulle die verhaal van In die leegte vertel.

/20/

OF

STORIEPALET: Jan B. Vermaak (red.) VRAAG 7 Struisbaai-blues: André le Roux Jy het saam met Johan by Struisbaai vakansie gehou. Skryf 'n brief aan jou vriend, Koenie, en vertel van al die interessante dinge wat julle by Struisbaai ervaar het.

Page 9: 1001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2005-11-29 · Die dag toe ek my pa verloor het: Willem D. Kotzé “My

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (1001.3) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL SG/V3

9

VRAAG 8 Eendag dag ek ek sien bloed: Zirk van den Berg Jy is deur die hoof na sy kantoor ontbied omdat jy 'n ooggetuie was van die gebeure toe Japie Mostert homself beseer het. Die hoof versoek jou om 'n verslag saam te stel oor alles wat jy van Japie weet en wat jy daardie pouse waargeneem het. VRAAG 9 Inkululeko: M.C. Botha “Voor hy hom kom kry, gryp die grapmakers hom, tel hom op en plak hom neer op die naaste sierwa wat verbykom.” Die insident het veroorsaak dat jy in die moeilikheid by die posmeester beland het oor die pos wat nie afgelewer is nie. Die posmeester versoek jou om 'n verslag oor die dag se gebeure te skryf.

/20/