17
1039 HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 TYD/TIME: 3 UUR/HOURS PUNTE/MARKS: 300 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION 2007 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – HANDELSREG STANDAARDGRAAD Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” – MERCANTILE LAW STANDARD GRADE Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en ’n bylae van 3 genommerde bladsye en 1 ongenommerde bladsy. This question paper consists of 13 pages and an annexure of 3 numbered pages and 1 unnumbered page.

HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    2

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

1039 HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007

TYD/TIME: 3 UUR/HOURS PUNTE/MARKS: 300

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION

2007

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

HANDELSREG STANDAARDGRAAD

Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

MERCANTILE LAW STANDARD GRADE

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en ’n bylae van 3 genommerde bladsye

en 1 ongenommerde bladsy. This question paper consists of 13 pages and an annexure of 3 numbered pages

and 1 unnumbered page.

Page 2: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 2 HANDELSREG SG (1039)

INSTRUKSIES 1. Beantwoord VRAAG 1 en enige VYF ander vrae. 2. Beantwoord alle vrae in die antwoordboek en nie op die vraestel nie. 3. Antwoorde moet bondig wees en genommer word ooreenkomstig die stelsel wat in die vraestel gebruik is. 4. Lees die vrae noukeurig deur. 5. Netheid en sistematiese uiteensetting van feite word vereis. 6. Indien meer as die vereiste aantal vrae beantwoord word, sal die oortollige antwoorde geïgnoreer word. VRAAG 1 ALGEMEEN (VERPLIGTEND) 1.1 Gee EEN woord of frase vir elk van die volgende: 1.1.1 Die persone wat die inisiatief neem om 'n publieke maatskappy te floteer 1.1.2 Die persoon wat op sy of haar eie onkoste en uitgawes namens 'n afwesige persoon en sonder sy of haar magtiging optree met die doel om daardie persoon se sake of eiendom teen skade te beveilig 1.1.3 Die bates in 'n insolvente boedel wat nie as sekuriteit vir voorkeurskuldeisers dien nie 1.1.4 Die regsproses waarvolgens 'n insolvent se bates hom of haar ontneem word kragtens 'n hofbevel 1.1.5 Die herstelling van 'n insolvent se reg om kontrakte te kan aangaan en sluit 1.1.6 'n Skriftelike ooreenkoms tussen die skuldeiser en 'n derde persoon wat instaan vir die skuld van 'n skuldenaar waar laasgenoemde nie sy of haar skuld kan betaal nie 1.1.7 Die dokument wat die maatskappy se optrede na buite bepaal 1.1.8 Die tipe retensiereg wat ontstaan wanneer die waarde van die skuldenaar se eiendom verhoog is deur die inmenging van die skuldeiser 1.1.9 'n Ondernemingsvorm wat uit nie meer as 20 lede mag bestaan nie 1.1.10 ‘n Tipe verband wat ‘n toekomstige skuld dek (10x2) [20]

Page 3: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 3 HANDELSREG SG (1039)

1.2 Dui aan of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die woord 'Waar' of 'Onwaar' teenoor die ooreenstemmende vraagnommer in die antwoordboek neer. Moenie die antwoorde afkort nie. 1.2.1 Elke maatskappy moet 'n geregistreerde kantoor hê. 1.2.2 Die prospektus bepaal die optrede van die maatskappy teenoor die buitewêreld. 1.2.3 Maatskappye beperk deur garansie is maatskappye sonder aandelekapitaal. 1.2.4 Gewone vennote is onbeperk aanspreeklik vir die skulde van die vennootskap. 1.2.5 Lewering is noodsaaklik vir die totstandkoming van 'n geldige pand. 1.2.6 In die geval van 'n publieke maatskappy met aandelekapitaal word die aantal aandeelhouers bepaal deur die uitgereikte kapitaal. (6 x 2) [12] 1.3 In KOLOM A word vier agente aangedui en in KOLOM B word beskrywings van soorte agente gegee. Skryf die nommer van elke agent in KOLOM A neer en na elkeen die letter van die toepaslike beskrywing in KOLOM B, byvoorbeeld: 1.3.5 F KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Del credere-agent A Koop en verkoop verhandelbare dokumente 1.3.2 Eiendomsagent B Verkoop onroerende eiendom teen 'n kommissie 1.3.3 Makelaar C Verdien 'n addisionele kommissie op krediet= verkope 1.3.4 Afslaer D Verkoop roerende en onroerende eiendom aan die persoon met die hoogste bod E Mag goedere in sy of haar eie naam verkoop (4 x 2) [8]

Page 4: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 4 HANDELSREG SG (1039)

1.4 Skryf slegs die ontbrekende woorde of sinsnedes uit die volgende sinne teenoor die ooreenstemmende vraagnommer neer: 1.4.1 'n Verband verjaar na ... jaar. 1.4.2 'n Pand is 'n reg wat een persoon (skuldeiser) verkry op die ... eiendom van 'n ander persoon (skuldenaar) met die doel om 'n verpligting te verseker. 1.4.3 Die daad of aksie waardeur 'n persoon sy/haar besittings vervreem met die bedoeling om skuldeisers te bevoordeel, is bekend as ... . 1.4.4 Waar die ledetal van 'n beslote korporasie tien persone oorskry vir 'n periode van ... maande is elke lid verantwoordelik vir die skuld van die korporasie terwyl die ledetal oorskry word. 1.4.5 Deur ... word die insolvent van die beperkinge van insolvensie onthef. (5 x 2) [10] /50/ VRAAG 2 VENNOOTSKAPPE 2.1 Verduidelik die commanditaire vennootskap. [6] 2.2 Noem TWEE ander soorte buitengewone vennootskappe (buiten die

commanditaire vennootskap). [4] 2.3 Gee VIER redes waarom die hof die ontbinding van ‘n vennootskap kan gelas. [8] 2.4 ‘n Skriftelike vennootskapsooreenkoms maak voorsiening vir verskillende

aspekte. Gee VYF algemene aspekte. [10] 2.5 Skryf verklarende aantekeninge oor die vennootskapspolis. [8] 2.6 Bespreek die vennoot se reg op insae in die boeke. [6] 2.7 Gee die VIER basiese eienskappe van ‘n vennootskap. [8] /50/

Page 5: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 5 HANDELSREG SG (1039)

VRAAG 3 HUUR VAN ONROERENDE EIENDOM 3.1 Dui telkens aan of die volgende huurkontrakte geldig of ongeldig is. 3.1.1 Die verhuurder verhuur die eiendom met die bedoeling dat die huurder

dit vir altyd sal bewoon. [2] 3.1.2 Die verhuurder is nie noodwendig die eienaar van die verhuurde

eiendom nie. [2] 3.1.3 Die huurder sal aan die verhuurder sekere dienste lewer as vergoeding

vir die bewoning van die eiendom. [2] 3.1.4 Die verhuurder laat die huurder toe om die eiendom gratis te bewoon

en te gebruik. [2] 3.1.5 Die huurder sal 10% van die waarde van die opbrengs aan die

verhuurder betaal as vergoeding vir die gebruik van die eiendom. [2] 3.2 Bespreek puntsgewys die stilswyende verpligting van die verhuurder

om die huurder se reg tot onderverhuring te erken. Gebruik die volgende opskrifte:

3.2.1 Omskrywing van die term onderverhuring (4) 3.2.2 Voorwaardes by onderverhuring (8) 3.2.3 Oordrag (sessie) van ‘n huurkontrak (4) [16] 3.3 Verduidelik die regsbeginsel huur gaan voor koop. [8] 3.4 Wat is doel van die Wet op Huurbeheer, 1976 (Wet 80 van 1976),

soos gewysig? [4] 3.5 Gee die regsmiddele wat ‘n huurder kan aanwend indien die verhuurder

versuim om die nodige herstellings aan te bring. [8] 3.6 Gee, in volsinne, TWEE pligte van die huurder teenoor die verhuurder. [4] /50/

Page 6: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 6 HANDELSREG SG (1039)

VRAAG 4 BESLOTE KORPORASIES Bestudeer die bylae wat by hierdie vraestel aangeheg is en beantwoord die vrae wat volg: (LET WEL: Die dokument moet NIE voltooi word nie.) 4.1 Die aangehegte bylae staan bekend as ‘n Stigtingsverklaring. Skryf

‘n ander naam neer wat somtyds gebruik word wanneer daar na hierdie dokument verwys word. (1 x 2) [2]

4.2 Skryf die naam neer van die tipe eienaarskap (ondernemingsvorm)

waarop hierdie Stigtingsverklaring van toepassing is. (1 x 2) [2] 4.3 Hoeveel afskrifte van hierdie vorm moet ingevul en ingehandig word

wanneer die Stigtingsverklaring voorgelê word? (1 x 2) [2] 4.4 Hierdie dokument kos ongeveer R2.94, BTW uitgesluit. 4.4.1 Watter ander koste, indien enige, moet die persoon of persone betaal,

indien hy/sy sou verkies om die ingevulde CK1-vorm vir registrasie in te dien? Spesifiseer duidelik. (1 x 2) [2]

4.4.2 Skryf die bedrag geld (in Rand) neer wat dit die aansoeker(s) sal kos

om die Stigtingsverklaring in te dien. (1 x 2) [2] 4.5 Die volgende vrae het betrekking op bladsy 3 van die bylae,

getiteld “Notas/Notes”. 4.5.1 In paragraaf 3 is daar ‘n verwysing na “volmag”. Verduidelik kortliks

die betekenis van hierdie term in die korrekte konteks. (2 x 2) [4] 4.5.2 Paragraaf 4 stel dit duidelik dat sekere tipes of kategorieë persone

bygestaan moet word wanneer hulle lede van hierdie tipe besigheid wil word. Verduidelik die voorwaardes van toepassing op die volgende kategorieë persone wat lede van hierdie ondernemingsvorm wil word.

(a) Minderjariges (3 x 2) (6) (b) Getroude vroue (2 x 2) (4) (c) Ander handelingsonbevoegde persone (1 x 2) (2) [12]

4.6 Verwys na die onderskeie afdelings getiteld, “Lede/Members”

op bladsy 2 en die ongenommerde bladsy van die Stigtingsverklaring (CK1). Noem SES (6) besonderhede wat op hierdie dokument verstrek moet word. (6 x 2) [12]

4.7 Verwys na bladsy 3 van die bylae. In paragraaf 6, afdeling 3, kom die

woorde “grootte van belang uitgedruk as ‘n persentasie” voor. Verduidelik kortliks die betekenis en belangrikheid van ‘n lid se belang in hierdie vorm of besigheidstipe. (2 x 2) [4]

Page 7: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 7 HANDELSREG SG (1039)

4.8 Wat is die maksimum aantal lede wat hul besonderhede op bladsy 2

en die ongenommerde bladsy van die CK1-vorm kan verskaf? (1 x 2) [2] 4.9 Skryf die naam neer van die spesifieke vorm wat die naam of name van

die besigheid reserveer en wat gefinaliseer moet word alvorens die Stigtingsverklaring vir registrasie ingedien en voorgelê word. (1 x 2) [2]

4.10 Onderaan bladsy 1 is daar ‘n afdeling getiteld, “CERTIFICATE OF

INCORPORATION”. 4.10.1 Wie moet hierdie deel van die CK1-vorm invul? (1 x 2) [2] 4.10.2 Wat is die uitkomste of effek op die besigheid sodra hierdie deel

van die dokument deur die registrasieowerhede goedgekeur is? (1 x 2) [2] /50/ VRAAG 5 MAATSKAPPYE 5.1 Gee VYF eienskappe van ‘n maatskappy beperk deur garansie. [10] 5.2 Verduidelik die akte van oprigting van ‘n publieke maatskappy onder die

volgende opskrifte: 5.2.1 Omskrywing (4) 5.2.2 Vorm en regsvereistes (6) 5.2.3 Wysigings (4) 5.2.4 Inhoud (8) [22] 5.3 Gee, in volsinne, VIER vereistes wat nagekom moet word voordat

voorlopige kontrakte na inlywing as kontrakte van die maatskappy aanvaar kan word. [8]

5.4 Kies vir elk van die volgende veelkeusevrae die korrekte antwoord

en skryf slegs die toepaslike letter langs die nommer in jou antwoordboek neer.

5.4.1 Minimum-inskrywing beteken

A die minimum waarde waarteen ‘n aandeel van die maatskappy uitgereik sal word.

B die bedrag wat, volgens die mening van die direkteure, uit die opbrengs van die aandele-uitgifte verkry moet word. C die minimum bedrag wat ‘n aandeelhouer moet betaal wanneer hy of sy aandele koop. D die minimum aantal aandele wat ‘n lid van die publiek moet koop om ‘n aandeelhouer te word. E die minimum getal aandele wat ‘n direkteur moet koop. [2]

Page 8: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 8 HANDELSREG SG (1039)

5.4.2 ‘n Maatskappy ontvang sy regspersoonlikheid van die

A Registrateur van Maatskappye. B Akte van Oprigting. C promotors. D Maatskappywet. E direkteure. [2]

5.4.3 Die ledetal van Smith & Jones (Edms.) Bpk. is beperk tot ‘n maksimum van

A 7. B 50. C 20. D 25. E die aantal uitgereikte aandele. [2]

5.4.4 Die Statuut van ‘n maatskappy

A bepaal die optrede van die maatskappy na buite. B bekragtig voorlopige kontrakte van die maatskappy. C bewys dat die maatskappy geregistreer is. D bevat die hoofdoelstellings van die maatskappy. E reël die interne sake en bestuur van die maatskappy. [2]

5.4.5 Dream Machines (Edms.) Bpk. mag met hul werksaamhede begin na

ontvangs van die

A akte van oprigting. B sertifikaat van herkoms en waarde. C prospektus. D sertifikaat om met sake te begin. E sertifikaat van inkorporasie. [2]

/50/ VRAAG 6 TESTAMENTE 6.1 Gee DRIE pligte van die Meester van die Hooggeregshof. [6] 6.2 Wie is bevoeg om as getuie by ‘n testament op te tree? [4] 6.3 Watter persone mag nie deur ‘n testament bevoordeel word nie? [6] 6.4 Gee VYF formaliteite by die opstel van ‘n testament. [10] 6.5 Verduidelik kortliks wat bedoel word met die bereddering van ‘n uitgestorwe

boedel. [6]

Page 9: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 9 HANDELSREG SG (1039)

6.6 Beskryf kortliks die aanstelling van ‘n eksekuteur. [10] 6.7 Verduidelik kortliks wat met die begrip intestate erfopvolging bedoel word. [2] 6.8 Verduidelik watter persone bevoeg is om 'n testament op te stel. [6] /50/ VRAAG 7 AGENTSKAPPE Lees die volgende koerantuitknipsel en beantwoord die vrae wat volg:

Die risiko van ‘n oop mandaat Bly by een agent, eienaars gewaarsku Eiendomsredakteur Die slegste ding wat eiendomseienaars kan doen in reaksie op moeilike verkoopsomstandighede is om ‘n alleenmandaat in ‘n oop mandaat om te skakel. Piet Botha, voorsitter van die Nationlink-eiendomsagentgroep, sê baie huiseienaars sukkel om die feit te aanvaar dat dit tydrowend is om ‘n eiendom verkoop te kry. “Hulle reaksie is meestal om die stadige verkoop van ‘n eiendom voor die deur van ‘n agent met ‘n alleenmandaat te lê en hom te blameer dat hy nie genoeg moeite doen nie. Dan verander hulle na ‘n oop mandaat so gou hulle kan. “Dit sal die eienaar duur te staan kom as hy ‘n oop mandaat het waar elkeen belowe om beter as die volgende een te doen.” Die omskakeling van een agent na ‘n ander sal waarskynlik die tyd wat die eiendom op agente se boeke is, verleng eerder as om dit te verkort. Die bemarkingspoging van die oorspronklike alleenagent sal waarskynlik verniet wees en die nuwe agente sal weer van nuuts af belangstelling in die eiendom moet skep. “Dit beteken natuurlik dat daar ‘n toename in die verkoper se houkoste (holding costs) is sowel as ‘n werklike risiko dat die eiendom te veel blootgestel word.” Dr Botha sê dat kopers maar te bewus is van die feit dat die eiendomsmark onder groot druk is en dat baie individuele agente desperaat is om iets te verkoop. “Hulle spring letterlik rond tussen die agente wat ‘n mandaat het om ‘n sekere eiendom te verkoop totdat hulle een vind wat instem om ‘n voorlegging te doen en vir die laagste aanbod te onderhandel”, sê dr Botha.

Page 10: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 10 HANDELSREG SG (1039)

Die verkoper kan weier om ‘n aanbod wat te laag is, te aanvaar. Ander moontlike kopers kan egter dieselfde taktiek gebruik, met die gevolg dat die hele proses homself herhaal totdat die verkoper toenemend desperaat raak en uiteindelik die eiendom vir aansienlik minder verkoop as wat hy selfs in die huidige mark kon gekry het, indien hy by een agent gebly het. Die verkoper wat van ‘n alleenmandaat na ‘n oop mandaat verander, verhoog ook die risiko van ‘n “dubbelkommissie-eis” wat die wins uit die transaksie nadelig kan affekteer. Dr Botha sê: “Sulke eise is geneig om te ontstaan as spesifieke vrywaringsprosedures nie gevolg is nie en die uiteindelike koper van ‘n eiendom die eiendom met een agent besigtig en die kooptransaksie deur ‘n ander agent sluit.” Vertaal uit: Business Argus 7.1 Noem die tipe agent waaroor daar in die koerantartikel geskryf word. [2] 7.2 Definieer ‘n agent. (2 x 2) [4] 7.3 Verduidelik die aanspreeklikheid van die agent as gevolg van elk van die volgende: 7.3.1 Uitdruklike waarborg (4) 7.3.2 Bedrieglike wanvoorstelling (4) 7.3.3 Stilswyende waarborg van magtiging (4) [12] 7.4 Skryf in volsinne DRIE voorbeelde neer van agentskappe (verteenwoordiging) deur estoppel. (3 x 2) [6] 7.5 Beskryf kortliks elk van die volgende soorte agente: 7.5.1 Afslaer (2 x 2) [4] 7.5.2 Del credere-agent (2 x 2) [4] 7.6 Gee DRIE pligte van die agent teenoor sy/haar prinsipaal. (3 x 2) [6] 7.7 Persoon A kontrakteer met persoon B sonder om laasgenoemde in te lig dat hy (A) namens persoon C optree. Persoon B is onbewus van C se bestaan. 7.7.1 Wat word persoon C in hierdie geval genoem? (1 x 2) [2] 7.7.2 Wat staan B te doen as hy uitvind dat A namens C opgetree het? (2 x 2) [4] 7.8 Noem DRIE maniere waarop agentskappe (verteenwoordigingsreg) beëindig kan word. (3 x 2) [6] /50/

Page 11: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 11 HANDELSREG SG (1039)

VRAAG 8 RETENSIEREGTE, PAND, VERBANDE, BORGE EN VERHANDELBARE DOKUMENTE 8.1 Beantwoord die volgende vrae oor retensieregte: 8.1.1 Aan watter TWEE vereistes moet besit voldoen vir die bestaan van ‘n geldige

retensiereg? [4] 8.1.2 Identifiseer die soort retensiereg in elk van die volgende gevalle:

(a) Noodsaaklike uitgawes vir die herstel van eiendom (2) (b) Aanbring van heinings om ‘n plaas (2) (c) ‘n Magasynmeester op die goedere deur hom bewaar, vir pakhuisgelde (2) [6] 8.2 Beantwoord die volgende vrae oor verbande en pande: 8.2.1 Die pandhouer moet sorg dat die goedere in sy besit bly. Slegs in enkele gevalle sal die pandhouer nie sy voorkeur verloor indien die verpande eiendom uit sy besit raak nie. Gee DRIE sodanige gevalle. [6] 8.2.2 Gee DRIE verskille tussen ‘n pand en ‘n verband. [6] 8.2.3 Gee DRIE maniere waarop pande en verbande beëindig kan word. [6] 8.3 Beantwoord die volgende vrae oor borge: 8.3.1 Gee DRIE gevalle waar die borg hom nie op die voorreg van uitwinning of uitskudding kan beroep nie. [6] 8.3.2 Verduidelik in vol sinne wat onder medeborge verstaan word. [8] 8.4 Beantwoord die volgende vrae oor verhandelbare dokumente: 8.4.1 Daar is drie partye betrokke by ‘n tjek, naamlik die trekker, die _______ en

die _____________ . [4]

8.4.2 Definieer tjek. [4] /50/

Page 12: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 12 HANDELSREG SG (1039)

VRAAG 9 INSOLVENSIE Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Rod is ‘n gekwalifiseerde argitek. Hy het sy eie besigheid twee jaar gelede begin. Die beraamde oprigtingskoste van die firma was ongeveer R300 000. In die begin het hy moderne, hedendaagse toerusting vir eie professionele gebruik aangekoop. Ingesluit is kantoormeubels, rekenaars, gesofistikeerde rekenaarondersteunde ontwerp- (computer aided design) en beplanningsagteware, twee laserdrukkers, ’n 4x4 Mercedes Benz met ‘n persoonlike registrasienommer, 2 digitale kameras, kantoorplante, volvloermatte, telefoonstelsel, liasseerkabinette en moderne oorhoofse beligting. Aangesien dit ‘n eenmansaak is, het hy ‘n lewensversekeringspolis (waarde R3 miljoen) uitgeneem as voorsorg aan sy vrou en kind indien hy ongeskik sou raak om as argitek verder te praktiseer of as gevolg van natuurlike oorsake sou sterf. Na die tragedie van die World Trade Centre in 2001, het sy besigheid skielik in duie gestort. Waar hy voorheen betrokke was by die ontwerp van moderne multivlakkantoorgeboue en luukse sakesentra, het daardie kliënte baie gou begin kyk na alternatiewe projekte waarin hulle kon investeer en het op kleiner, goedkoper projekte besluit. Rod het ook gevind dat daar nie meer dieselfde tipe aanvraag vir sy diens was nie. Op daardie tydstip het sy laste sy bates met R1,7 miljoen oorskry. Verlede week het Rod ‘n geregistreerde brief van ‘n prokureursfirma ontvang, waarin hy meegedeel is dat sy skuldeisers (krediteure) om ‘n verpligte sekwestrasiebevel van sy (insolvente) boedel aansoek gedoen het. 9.1 Noem en onderskei tussen die skuldeisers wat by die hof aansoek mag doen om die sekwestrasie van Rod se boedel. (2 x 2) [4] 9.2 Noem VIER ander bates afgesien van die 4x4 Mercedes Benz, wat deel uitmaak van Rod se boedel indien sy skuldeisers daarin sou slaag om sy boedel te sekwestreer. (4 x 2) [8] 9.3 Watter van Rod se bates sal nie deel uitmaak van sy gesekwestreerde boedel nie? (1 x 2) [2] 9.4 Veronderstel dat Rod eendag oor middagete aan een van sy skuldeisers sou sê dat sy besigheid finansiële probleme ondervind en het hy nie sy skulde kan betaal nie. Sou Rod aan ‘n daad van insolvensie skuldig wees? Skryf “Ja” of “Nee” en gee ’n rede vir jou antwoord. (2 x 2) [4] 9.5 Die bostaande geval onthul dat Rod se laste (skuld) sy bates oortref. Afgesien van die feit dat Rod in finansiële moeilikheid is, herinner dit ons aan ’n soortgelyke situasie. Wat is dit? [2]

Page 13: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 13 HANDELSREG SG (1039)

9.6 Indien Rod se boedel gesekwestreer sou word, gee 9.6.1 TWEE voordele vir Rod (insolvente skuldenaar). (2 x 2) [4] 9.6.2 DRIE voordele vir sy skuldeisers. (3 x 2) [6] 9.7 Maak ’n lys van VIER gevolge van Rod se hangende insolvensie. (4 x 2) [8] 9.8 Die Insolvensiewet maak voorsiening vir 'n reeks gebeurlikhede wat afdoende bewys van insolvensie is. Maak ’n lys van VIER sulke dade van insolvensie wat deur die skuldenaar begaan kan word. (4 x 2) [8] 9.9 Besin oor die volgende: Dit is tien jaar later (2017) en Rod besluit om ‘n nuwe besigheid as argitek te begin, hierdie keer in Durban. Mag hy weer as argitek praktiseer of sake doen? Skryf neer “Ja” of “Nee” en gee ’n rede vir jou antwoord. (2 x 1) [2] 9.10 Veronderstel die antwoord op vraag 9.9 hierbo was “Ja”, wat word die proses genoem waardeur die insolvent weer toegelaat word om ‘n besigheid te kan begin? (1 x 2) [2] /50/ GROOTTOTAAL: /300/

Page 14: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

CK1 CLOSE CORPORATIONS ACT, 1984 Sections 12, 13, 14, 24, 27, 29, 47 and 60

Regulations 2, 5 and 17

FOUNDING STATEMENT

To be lodged in triplicate Before filling in the form, first take note of the notes, on the reverse side of page 2. Complete page 1 in one language only

Affix Reven

Affix Revenue Stamp or impress revenue franking machine impressing here

R100

REGISTRATION NUMBER OF CORPORATION

Full name of corporation…………………………………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………………………………………………………….

Literal translation of name (if applicable) …………………………………………………………………………………..

……………………………………………………………………………………………………………………………….

Shortened form of name (if applicable) ……………………………………………………………………………………..

Description of principal business ……………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………………………………..

……………………………………………………………………………………………………………………………….

Number of members …………………………. Date of end of financial year ……………………………………………………… Aggregate members’ contribution R …………. Postal address ……………………………………………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………………………………………………………….. Address of registered office (not post office box) ……………………………………………………………………………. ……………………………………………………………………………………………………………………………….. Name and postal address of accounting officer ……………………………………………………………………………… ………………………………………………………………………………………………………………………………… Attach written consent to appointment Full name of recognised profession of accounting officer ……………………………………………………………………. ………………………………………………………………………………… Membership/practice No ………………..

CERTIFICATE OF INCORPORATION The founding statement has been registered and the corporation has been incorporated on …………………………………………………………………………………………………………………….The above-named corporation has been coverted from company: …………………………………………… …………………………………………………………………………… (Reg No …………………………) REGISTRAR OF CLOSE CORPORATIONS DATE

Data Processing Classification …………………………………. Recorded Initials and date ……………………………….

Bladsy 1 van 3 bladsye Page 1 of 3 pages

Page 15: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

NAAM VAN KORPORASIE NAME OF CORPORATION _____________________________________________________________

CK1

_______________________________________________________________________________________

REGISTRASIENOMMER REGISTRATION NUMBER

LEDE / MEMBERS

Ek/Ons* die lid/lede* wie se naam/name* op hierdie stigtingsverklaring aangeteken is, bevestig deur my/ons* handtekening(e)*/die handtekening(e)* van my/ons* gevolmagtigde(s)* hiertoe dat die besonderhede hierin vervat, korrek is en versoek die inlywing van die korporasie (volmag aangeheg indien van toepassing). *Skrap wat nie van toepassing is nie. I/We* the member(s)* whose name(s)* is/are* recorded on this founding statement, confirm by my/our* signature(s)*/the signature(s)* of my/our* proxy(ies)* hereto that the particulars stated herein are correct and request the registration of the corporation (power of attorney attached if applicable). *Delete which is not applicable. VIR SLEUTEL TOT BESONDERHEDE, KYK NOTA 6 OP KEERSY VAN BLADSY 2 FOR KEY TO PARTICULARS SEE NOTE 6 ON REVERSE SIDE OF PAGE 2

(a)

(a)

1

(b)

1

(b)

2

(i)

2

(i)

2

(ii)

3

%

2

(ii)

3

%

4

R

4

R

5

5

6

6

7

8

7

8

(a)

(a)

1

(b)

1

(b)

2

(i)

2

(i)

2

(ii)

3

%

2

(ii)

3

%

4

R

4

R

5

5

6

6

7 8 7 8

Bladsy 2 van 3 bladsye Page 2 of 3 pages

Page 16: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

NAAM VAN KORPORASIE NAME OF CORPORATION _____________________________________________________________

_______________________________________________________________________________________

REGISTRASIENOMMER REGISTRATION NUMBER

LEDE / MEMBERS

LW: Hierdie bladsye moet slegs voltooi word indien die korporasie meer as 4 lede het. NB: This page should only be completed if the corporation has more than 4 members.

LEDE (VERVOLG) / MEMBERS (CONTINUED)

(a)

(a)

1

(b)

1

(b)

2

(i)

2

(i)

2

(ii)

3

%

2

(ii)

3

%

4

R

4

R

5

5

6

6

7

8

7

8

(a)

(a)

1

(b)

1

(b) 2

(i)

2

(i)

2

(ii)

3

%

2

(ii)

3

%

4

R

4

R

5

5

6

6

7

8

7

8

(a)

(a)

1

(b)

1

(b)

2

(i)

2

(i)

2

(ii)

3

%

2

(ii)

3

%

4

R

4

R

5

5

6

6

7

8

7

8

CK1

Page 17: HANDELSREG SG MERCANTILE LAW SG NOVEMBER 2007 …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

NOTAS / NOTES 1. Vorm CK1 moet in blokhoofletters geskryf wees of getik, steengedruk of gedruk wees inleesbare letters met

swaar vaste swart ink, en in drievoud ingedien word. Form CK1 must be written in block capitals or be typewritten, lithographed or printed in legible characters with deep permanent black ink, and lodged in triplicate. 2. Vorm CK1 wat nie aan die vereistes van die Wet, regulasies of hierdie notas voldoen nie, sal verwerp word. Form CK1 which does not comply with the requirements of the Act, regulations or these notes, will be rejected. 3. Waar ’n persoon namens ’n lid teken, moet volmag aangeheg word. Where a person signs on behalf of a member, power of attorneys must be attached. 4. Minderjarige kinders en ander handelingsonbevoegde persone moet deur hulle ouers, voogde of verteenwoordigers, na gelang van die geval, bygestaan word en die hoedanigheid moet vermeld word. Minor children and other persons under legal disability must be assisted by their parents, guardians or representatives as the case may be, and the capacity must be stated. 5. Indien geen identiteitsdokument uitgereik is nie, moet ’n skriftelike verklaring tot dien effekte aangeheg word. If no identity document has been issued, a written statement to this effect must be attached. 6. Besonderhede wat onder die opskrif “LEDE” verstrek moet word: Particulars to be furnished under the heading “MEMBERS”. (1) (a) Van. (Indien regspersoon, meld naam en hoedanigheid en indien trustee, meld ook naam en besonderhede van testamentêre trust en indien ’n lid nomine officii as administrateur, eksekuteur, kurator, ens. optree, meld hoedanigheid.) (a) Surname. (If juristic person, mention name and capacity and if trustee, also

mention name and particulars of testamentary trust and if acting nomine officii as trustee, administrator, executor, curator, etc. state capacity.)

(2) Identiteitsnommer. (i) Indien geen identiteitsdokument uitgereik is nie, verstrek geboortedatum en

sien par. 5 hierbo.) ((ii) Indien regspersoon, meld registrasienommer.) Identity number. ((i) If no identity document has been issued, state date of birth and see

par. 5 above.) ((iii) If juristic person, mention registration number.) (3) Grootte van belang uitgedruk as ’n persentasie. Size of interest expressed as a percentage. (4) Besonderhede van by drae en billike geldwaarde daarvan (indien van toepassing). Particulars of contribution and fair monetary value thereof (if applicable). (5) Woonadres / Residential address. (6) Posadres / Postal address. (7) Handtekekening van lid of verteenwoordiger (waar van toepassing). Signature of member or representative (where applicable). (8) Datum onderteken. Date of signature. 7. Indien daar 4 of minder lede is, moet bladsye 1 en 2 voltooi word. Bladsy 3 moet slegs voltooi word indien daar meer as 4 lede is. If there are 4 or less members, pages 1 and 2 only need be completed. Page 3 need only be completed if there are more than 4 members.

Bladsy 3 van 3 bladsye Page 3 of 3 pages