4
60 18. Oordraagbare siektes Aktiwiteite Kyk na die volgende koerantberig: 1. Dink jy dit is belangrik dat die regering meer aandag aan die stryd teen vigs (‘n oordraagbare siekte) gee? Motiveer jou antwoord. 2. Hoe kan ons probeer voorkom dat skadelike virusse verder versprei? 3. Maak ‘n lys van oordraagbare siektes waarvan jy bewus is. Sê ook kortliks wat die siekte behels. Leerinhoud Gesondheid is ‘n gawe van die Here Mens besef nie die waarde van goeie gesondheid totdat jy dit nie meer het nie. Tog is niemand van ons daarop geregtig nie. Goeie gesondheid is ‘n gawe van God. In die

18. Oordraagbare siektes - Christelike Media · 2. Hoe kan ons probeer voorkom dat skadelike virusse verder versprei? 3. Maak ‘n lys van oordraagbare siektes waarvan jy bewus is

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

60

18. Oordraagbare siektes

Aktiwiteite

Kyk na die volgende koerantberig:

1. Dink jy dit is belangrik dat die regering meer aandag aan die stryd teen vigs (‘n oordraagbare siekte) gee? Motiveer jou antwoord.

2. Hoe kan ons probeer voorkom dat skadelike virusse verder versprei?

3. Maak ‘n lys van oordraagbare siektes waarvan jy bewus is. Sê ook kortliks wat die siekte behels.

Leerinhoud

Gesondheid is ‘n gawe van die Here

Mens besef nie die waarde van goeie gesondheid totdat jy dit nie meer het nie. Tog is niemand van ons daarop geregtig nie. Goeie gesondheid is ‘n gawe van God. In die

61

evangelies lees ons van verskeie mense wat deur die Here Jesus van hulle ernstige siekte genees is. Dink maar net aan die melaatse man wat Jesus genees het nadat die man aan Jesus gesê het: “As U wil, kan U my reinig” (Matt. 8:1-4). Vir die Here is nie net ons siel nie, maar ook ons liggame belangrik. Daarom moet ons op ‘n verantwoordelike wyse met ons liggaam omgaan.

Wêreldwyd sterf duisende mense daagliks aan oordraagbare siektes. Ons is in die bevoorregte posisie dat ons toegang tot goeie mediese behandeling het. As babas is ons byvoorbeeld reeds teen verskeie siektes ingeënt. Baie ander mense het nie hierdie voordeel nie. Veral in onderontwikkelde lande beskik mense nie oor die kennis of vermoë om siektes te voorkom nie. Dit vrywaar ons egter nie van sekere siektes nie. ‘n Gesonde lewensstyl, in lyn met dit wat die Skrif van ons eis, kan in ‘n groot mate verseker dat sekere oordraagbare siektes nie opgedoen word nie.

Verskillende oordraagbare siektes

Polio is akute rugmurgontsteking wat verlamming van die arms en bene tot gevolg het. Die virus dring die liggaam binne deur dit wat jy eet. Persoonlike higiëne is dus van groot belang om die verspreiding van die siekte te keer. Skoon hande en die beskerming van voedsel teen besmetting is voorsorgmaatreëls wat getref kan word. Gelukkig is reeds in die jare vyftig ‘n effektiewe entstof ontwikkel. Sedertdien kry babas hul eerste inenting reeds ses maande na geboorte, waarna nog die verdere inentings volg.

Cholera word veroorsaak deur besmette water te gebruik. In gebiede waar lopende water en sanitasie (toilette) nie bestaan nie, word dieselfde water waarmee gewas word, later deur ander persone (stroom-af) gedrink. Die siekte wat ook as ingewandkoors bekend staan, eis jaarliks in Suid-Afrika ‘n hele aantal lewens. Water uit stroompies wat deur bewoonde gebiede vloei, moet daarom altyd eers gekook word om skadelike bakterieë te vernietig.

MIV/Vigs (Verworwe immuniteitsgebreksindroom) is ‘n siekte wat in 1981 in Suid-Amerika gediagnoseer is. Sedertdien het die siekte soos ‘n veldbrand wêreldwyd versprei. Volgens die Verenigde Nasies was in 2003 15,6% van alle Suid-Afrikaners tussen die ouderdomme 15 en 50 draers van die virus. Die MI-virus is self geen siekte nie, maar breek die liggaam se immuniteit af sodat die liggaam geen weerstand teen enige siekte kan bied nie. Selfs ‘n siekte soos verkoue kan dan

Duisende mense sterf daagliks as gevolg van aansteeklike siektes.

62

die dood veroorsaak. Daar is nog geen middel gevind om die virus onskadelik te maak nie.

Die MI-virus kan op die volgende maniere oorgedra word:

Deur seksuele omgang

Deur aanraking met besmette bloed

Van ‘n besmette ma na haar ongebore kind

Omdat die virus oorgedra kan word deur kontak met besmette bloed of spuitnaalde, dra verpleegpersoneel, dokters en tandartse beskermende handskoene wanneer hulle met pasiënte werk. Hulle instrumente moet ook 100% steriel wees. Wanneer ons ‘n onbekende persoon help wat beseer is, is dit ook nodig om handskoene te dra.

Die virus is veral maklik seksueel oordraagbaar, wanneer ‘n persoon met iemand seksueel verkeer wat self die virus onder lede het. Sou ons egter ‘n kuise lewe lei en net met ons huweliksmaat seksueel verkeer , soos die Bybel ons leer, is die kans uiters skraal dat ons die siekte opdoen. As ons dus nougeset by die Bybelse riglyne rondom die huwelik bly, hoef ons nie te vrees vir hierdie vernietigende siekte nie.

Hantering van beserings om siekte-oordrag te voorkom

Daar is ‘n risiko van HIV-oordrag deur kontak met geïnfekteerde bloed. Dit is dus belangrik om algemene voorsorgmaatreëls toe te pas.

Skole benodig volledig toegeruste noodhulpkassies met die volgende: Mediese (Lateks) handskoene, materiaal om wonde, sny of skaafplekke te bedek, waterdigte pleisters, ontsmettingsmiddels, watte, skêr, sneesdoekies en ‘n mond-tot-mond asemhaling mondstuk. (Plastieksakkie kan in nood in plaas van handskoene gebruik word)

Moet nooit aan bloed en wonde raak sonder die nodige beskerming nie. Vra hulp van ‘n volwassene as daar ‘n besering/neusbloeding is.

Stop bloeding so gou moontlik. Laat die beseerde self druk op sy wond toepas.

Bedek alle wonde, skaafplekke of sere te alle tye.

Vel wat aan bloed blootgestel word, moet dadelik met ‘n ontsmettingsmiddel ontsmet word.

Ontsmet gekontamineerde opper-vlakte met ontsmettingsmiddel - dra handskoene! Bebloede verbande, watte, ensovoorts, moet in ‘n plas-tieksak verseël en tot as verbrand word. Enige gekontamineerde instrumente moet gewas, vir ‘n uur in bleikmiddel geweek en dan drooggemaak word.

Niemand mag met onbedekte wonde aan sport deelneem nie. Indien bloed tydens

Beskermende handskoene moet gedra word as jy oop wonde behandel.

63

‘n wedstryd bespeur word, moet die speler die veld verlaat en mag eers weer toetree tot die wedstryd as die bloeding gestop en die wond bedek is. Enige ekstra bloed moet ook verwyder word.

Beoordeling van siektes

Baie mense sien siektes as ‘n oordeel van God. Dat daar ‘n noue verband tussen sonde en straf was, is in die Skrif baie duidelik. Die ballingskap van Israel, as straf op hul sonde, is hiervan seker die beste voorbeeld. Aan die ander kant leer die Skrif ook dat daar nie altyd ‘n direkte verband tussen sonde en straf is nie. Dink maar net watter geweldige plae het Job, God se regverdige kneg, getref. Met Christus se sterwe aan die kruis het Hy al ons sondes op Hom geneem. Siekte is nie meer straf op sonde nie, maar wel ‘n middel in God se hand tot ons heil.

God is Koning is van alle lewensterreine. Daarom kan ons ook in hierdie siektes sien hoe Christus se woorde in Matt. 24:7 in vervulling gaan: “En daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.” In hierdie epidemies kan ons duidelik sien dat ons in die eindtyd leef. Die epidemies wys heen op die koms van Christus wat naby is.

Persone wat met vigs gediagnoseer is, beleef uit die aard van hul siekte geweldige spanning, aangesien die siekte ‘n doodsvonnis is wat oor hulle uitgespreek is. Ons weet wat Christus se optrede teenoor sondaars was. Teenoor die vrou wat owerspel gepleeg het, het Hy met ontferming opgetree. Nie net het Hy haar vergewe nie, maar haar ook opgeroep tot ‘n nuwe lewe. Dieselfde gesindheid moet ons ook hê. Vigspasiënte moet nie oorhaastig veroordeel word nie. Deur die evangelie moet hulle eerder gelei word tot ‘n lewe in diens van Christus.

Groot veldtogte bring siektes onder die aandag van die publiek.

Assesseringsopdragte

1. Noem drie oordraagbare siektes en sê in kort wat tot die siektes aan-leiding kan gee.

2. Gaan doen tuis navorsing oor malaria. Hoe versprei hierdie siekte en wat is die gevolge wat die siekte inhou?

3. Hoe moet ons as gelowiges optree teenoor diegene wat aan ‘n oor-draagbare siekte soos vigs ly?