28
2015/16 www.up.ac.za Gesondheidswetenskappe Voorgraadse fakulteitsbrosjure

2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

2015/16

www.up.ac.za

GesondheidswetenskappeVoorgraadse fakulteitsbrosjure

Page 2: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

ii Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Boodskap van die Dekaan

Prof Eric BuchDekaan: Fakulteit

Gesondheidswetenskappe

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria het ’n lang en trotse tradisie van uitnemendheid in die opleiding van professionele gesondheidsorgwerkers. Ons meer as 500 voltydse en deeltydse personeellede is toegewyde dosente, navorsers en kliniese praktisyns wat as rolmodelle optree en ons studente opgewonde maak en inspireer.

Kwaliteit is die kern van die Fakulteit se verbintenis om ’n omvattende onderrig- en leerkultuur daar te stel. Ons kurrikula en onderrigmetodes word voortdurend aangepas om te verseker dat ons bybly met die eise van ’n snel veranderende wêreld. Hoë standaarde vir, en innoverende benaderings tot leer verbeter ons gegradueerdes se vermoë om kompleksiteit te hanteer en probleme op te los. Ons lesinglokale, laboratoriums, vaardigheidsopleidingslaboratoriums, IT-fasiliteite, opleidingshospitale en klinieke word deurentyd opgegradeer. Op die oomblik word hierdie fasiliteite ook uitgebrei om voorsiening te maak vir die verhoogde aantal studente wat nodig is om te voorsien in die nasionale aanvraag na meer gegradueerdes wat toepaslik opgelei is om aan die land se gesondheidsorgbehoeftes te voldoen.

Ons bied studente ’n omvattende pakket van tutorsessies, mentorskap, vorderingsmonitering en voorligting. Die uitstekende slaagsyfers van ons kursusmodules en voltooiingsyfers van ons grade getuig van ons studente se toewyding en harde werk en van die sukses van ons studenteondersteuningstelsels. Studente in die gesondheids-wetenskappe het ook die geleentheid om ’n vol en gebalanseerde studentelewe te ervaar en kan deelneem aan sosiale, sport-, kulturele, leierskaps- en gemeenskapsuitreikaktiwiteite. Dit dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat.

Ons sien daarna uit om jou in 2016 as ’n student in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe te verwelkom.

Page 3: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria iii

Inhoud

Boodskap van die Dekaan ..................................................................................................................................................................................ii

Voorgraadse studieprogramme ........................................................................................................................................................................ 1

Fakulteitshoogtepunte ....................................................................................................................................................................................... 3

Algemene oorsig ................................................................................................................................................................................................. 4

Skool vir Geneeskunde....................................................................................................................................................................................... 4

Skool vir Tandheelkunde ................................................................................................................................................................................. 11

Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe......................................................................................................................................................... 12

Algemene inligting ............................................................................................................................................................................................ 20

- Universiteit van Pretoria kampusse en kontakinligting ..................................................................................................................... 20- Toelatingsvereistes ................................................................................................................................................................................. 20- Aansoek om toelating ............................................................................................................................................................................. 20- Taalbeleid en onderrigmedium ............................................................................................................................................................. 21- Beurse, toekennings en lenings (finansiële ondersteuning).............................................................................................................. 21- Spesiale aanbod aan akademiese presteerders ................................................................................................................................. 22- UP-bankbesonderhede .......................................................................................................................................................................... 22- Verblyf ...................................................................................................................................................................................................... 22- Veiligheidsdienste ................................................................................................................................................................................... 23- Internasionale studente ......................................................................................................................................................................... 23

Uitgegee deur die Kliëntedienssentrum in November 2014. Kommentaar en navrae kan gerig word aan [email protected] of tel: +27 (0)12 420 3111.

Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.

Page 4: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

1 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Voorgraadse studieprogramme

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse studieprogramme vir 2016

• Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie en aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram. • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT. • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente. • Toelating vir Gesondheidswetenskappe studieprogramme is onderhewig aan ʼn keuringsproses. • Aansoeke van internasionale kandidate van lande waar mediese skole bestaan, sal nie vir die MBChB-studieprogram oorweeg word nie. • Vir keuringsdoeleindes word die som van die uitslae in ses vakke, insluitend Engels, Wiskunde en Fisiese Wetenskap bereken.

Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.zaNasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

StudieprogrammeDuurSluitingsdatumsBeroepe

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPTEngels Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelNSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelNSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelMBChB – Baccalaureus in Geneeskunde en Snykunde[6 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

5 3 C C 5 3 C C 5 3 C C 35

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Algemene mediese praktisyns, spesialiste (ná nagraadse opleiding)BChD – Baccalaureus in Tandheelkunde[5 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

5 3 C C 5 3 C C 5 3 C C 35

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Tandartse, spesialiste, akademici en navorsersBArb – Baccalaureus in Arbeidsterapie[4 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

4 3 D D 4 3 D D 4 3 D D 30

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Arbeidsterapeute, akademici en navorsersBPhysT – Baccalaureus in Fisioterapie[4 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

4 3 D D 4 3 D D 4 3 D D 30

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Beroepe: Fisioterapeute, akademici en navorsersBCur – Baccalaureus in Verpleegkunde[4 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

4 3 D D - - 28

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT, die Toegevoegdewaarde-vraelys en ʼn onderhoud.Beroepe: Algemene verpleegkunde, vroedvroue, psigiatriese verpleegkunde en gemeenskapsverpleegkundeBRad – Baccalaureus in Radiografie[3 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

4 3 D D 4 3 D D 4 3 D D 25

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Radiograwe, akademici en navorsersBDieetkunde – Baccalaureus in Dieetkunde[4 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

4 3 D D 4 3 D D 4 3 D D 25

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroep: Dieetkundiges

Page 5: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 2

Voorgraadse studieprogramme

StudieprogrammeDuurSluitingsdatumsBeroepe

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPTEngels Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelNSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelNSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelBKliniese Mediese Praktyk – Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk[3 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

4 3 D D 4 3 D D - 25

Keuring is gebaseer op akademiese meriete en die Biografiese Inligtingsvorm.Beroepe: Kliniese mediese praktisyns, navorsers en akademiciBMH – Baccalaureus in Mondhigiëne[3 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

4 3 D D 4 3 D D 4 3 D D 25

Keuring is gebaseer op akademiese meriete en die NBT.Beroep: Mondhigiëniste

StudieprogrammeDuurSluitingsdatumsBeroepe

Minimum vereistes vir 2016

Die onderstaande studieprogramme is slegs vir geregistreerde verpleegsters wat reeds ʼn verplegingskwalifikasie verwerf het.

BCur(I et A) (Verpleegonderwys)[3 jaar]Sluitingsdatums:SA – 30 NovemberNie-SA – 30 November

Registrasie as verpleegkundige met twee jaar ondervinding

Let asseblief daarop dat Graad 12-leerders nie vir hierdie studieprogramme

kan aansoek doen nie.

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, werksondervinding, voldoening aan die betrokke toelatingsvereistes en die goedkeuring van die aansoeker se werkgewer. Beroepe: Verpleegkundiges, dosente en hospitaaladministrateursBCur(I et A) (Verplegingsbestuur)[3 jaar]Sluitingsdatums:SA – 30 NovemberNie-SA – 30 NovemberKeuring is gebaseer op akademiese meriete, werksondervinding, voldoening aan die betrokke toelatingsvereistes en die goedkeuring van die aansoeker se werkgewer.Beroepe: Verpleegkundiges, dosente en hospitaaladministrateursBCur(I et A) (Gemeenskapsverpleegkunde)[3 jaar]Sluitingsdatums:SA – 30 NovemberNie-SA – 30 November

Registrasie as vroedvrou of vroedmeester

Let asseblief daarop dat Graad 12-leerders nie vir hierdie studieprogramme

kan aansoek doen nie.

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, werksondervinding, voldoening aan die betrokke toelatingsvereistes en die goedkeuring van die aansoeker se werkgewer. Beroepe: Verpleegkundiges, dosente en hospitaaladministrateursBCur(I et A) (Kliniese Verpleegkunde: Kritieke Sorg, Trauma, Kinderverpleegkunde, Neonatologie, Gevorderde Vroedvrou en Neonatologie)[3 jaar]Sluitingsdatums:SA – 30 NovemberNie-SA – 30 NovemberKeuring is gebaseer op akademiese meriete, werksondervinding, voldoening aan die betrokke toelatingsvereistes en die goedkeuring van die aansoeker se werkgewer.Beroepe: Verpleegkundiges, dosente en hospitaaladministrateurs

Page 6: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

3 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Voorgraadse studieprogramme/ Fakulteitshoogtepunte

FakulteitshoogtepunteDie Fakulteit Gesondheidswetenskappe is een van die grootste gesondheidswetenskappe-

fakulteite in Suid-Afrika en het ’n uitstaande reputasie wat navorsing en kliniese diens betref.

Die Fakulteit huisves:

� twee eenhede van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, oor Inflammasie en

Immuniteit en oor Moeder- en Babagesondheidsorgstrategieë;

� die Rand Water-leerstoel in Openbare Gesondheid en Water;

� die UP-instituut vir Sellulêre en Molekulêre Geneeskunde;

� vier universiteitsnavorsingsentrums, te wete Forensiese Antropologie, Toegepaste

Morfologie, Omvattende Fisiese Rehabilitasie en die UP-sentrum vir Volhoubare

Malariabeheer; en

� ’n navorsingseenheid oor Chemiese Omgewingsbesoedeling en Gesondheid.

Die Mediese Navorsingsraad het een van sy twee gesogte toekennings vir Prestige-navorsing aan

’nʼn Universiteit aan die Fakulteit gemaak om kliniese navorsing te steun. Die Suid-Afrikaanse

Uitvoerende Leierskapprogram in Gesondheid is ’n vennootskap tussen UP en die universiteite

van Fort Hare en Harvard wat opleiding en steun op uitvoerende vlak verskaf om kapasiteit te

bou onder leiers en bestuurders wat die transformasie van die gesondheidstelsel in

Suid-Afrika dryf.

KontakinligtingMarianna KotzéTel +27 (0)12 319 2394E-pos [email protected]

StudieprogrammeDuurSluitingsdatumsBeroepe

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPTEngels Wiskunde Fisiese Wetenskap of Lewenswetenskappe

NSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelNSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelNSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

LevelBSportSci – Baccalaureus in Sportwetenskap � Sportwetenskap [3 jaar] � Biokinetika [4 jaar]

Sluitingsdatums:SA – 31 MeiNie-SA – 31 Mei

5 3 C C 5 3 C C 5 3 C C 30

Keuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys.Beroepe: Sportwetenskapnavorsing en -onderrig, biokinetika en die sport- en fiksheidsbedryf Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap [HSert (Sportwetenskap)][1 jaar]Sluitingsdatums:SA – 31 JulieNie-SA – 31 Julie

Afrikaans of EngelsTPT

NSS/IEB HIGCSE AS-

LevelA-

Level

4 3 D D 15

Keuring is gebaseer op akademiese meriete en Graad 12-sportprestasie. Studente wat oor ’n NSS sonder endossement en ’n TPT van ten minste 15 beskik en wat in aanmerking vir toelating wil kom, moet die NBT aflê en by die Senaat om diskresionêre toelating aansoek doen. Let asseblief daarop dat plekke vir die Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap-studieprogram eers aan kandidate toegeken sal word wat deur een van UP se amptelike sportklubs genomineer is. Beroepe: Sportafrigting, sport- en fiksheidsbedryf

Page 7: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 4

Algemene oorsig/Skool vir Geneeskunde

Algemene oorsigAs ’n internasionale rolspeler wat op gesondheidsorg in Afrika toegespits is, is die visie van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Pretoria om hoë gesondheidstandaarde deur kwaliteitonderrig, navorsing en gemeenskapsdiens te handhaaf. Sedert die Fakulteit se totstandkoming het dit tot een van die grootste opleidingsinstansies in gesondheidswetenskappe in die land ontwikkel, wat tans met ’n studentekorps van meer as 6 000 voor- en nagraadse studente spog.

Die bekwame dosente en personeel van die Fakulteit is verantwoordelik vir die toepaslike professionele voorgraadse opleiding van dokters, kliniese assistente, tandartse, mondhigiëniste, arbeidsterapeute, fisioterapeute, radiografiste, biokinetici, dieetkundiges en verpleegkundiges sowel as sportwetenskappe en talle nagraadse kwalifikasies. Die kurrikula word gereeld bygewerk in ooreenstemming met veranderinge in die opleidingsmetodologie vir gesondheidswetenskappe wêreldwyd en in Suid-Afrika.

Gemeenskapsgebaseerde onderrig is ’n belangrike en integrale deel van al die programme. Die Fakulteit sorg daarvoor dat studente as deel van multidissiplinêre gesondheidsorgspanne opgelei word in tersiêre en sekondêre gesondheidsorgfasiliteite. Studente word ook in die landelike en voorheen benadeelde gebiede in Suid-Afrika aan primêre gesondheidsorg blootgestel. Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe rus studente dus toe met die nodige kennis, professionaliteit en vaardighede om aan gemeenskappe hoop en ’n beter lewenskwaliteit te bied. Deur middel van die Fakulteit se unieke kurrikula vir die mediese, tandheelkundige en gesondheidsorgberoepe, kan gegradueerdes ’n verskil in die lewens van ander mense maak.

Studente wat by hierdie Fakulteit aansluit, word deel van ’n nuwe generasie gesondheidspesialiste. Die studente van die Fakulteit ontvang onderrig op ’n uitkomsgebaseerde en probleemgeoriënteerde manier – ’n unieke manier om die gesondheid van pasiënte te benader.

ToelatingBenewens voldoening aan die minimum vak- en alle ander vereistes wat in hierdie brosjure genoem word, moet kandidate in Graad 12 op grond van hulle finale Graad 11-punte aansoek doen om voorlopige toelating tot die Fakulteit. Die finale Graad 11-gemiddeld en die uitslae van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) word vir voorlopige toelating in ag geneem. Om keuring te behou, mag die kandidaat se TPT aan die einde van Graad 12 nie met meer as twee punte verminder in vergelyking met wat dit in Graad 11 was nie.

Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)Die NBT is verpligtend vir alle skoolverlaters wat aansoek doen vir enige studieprogram in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

Die NBT verskaf addisionele inligting oor ʼn student se prestasie in drie kernareas: akademiese geletterdheid en kwantitatiewe geletterdheid (een drie-uur toets), sowel as wiskunde (een drie-uur toets). Die wiskundetoets staan ook bekend as die Kognitiewe Wiskundegeletterdheidstoets (CAMP) en dit toets ’n leerder se vermoë met betrekking tot wiskundige konsepte in die NSS Wiskunde I en II vraestel.

Voornemende studente skryf twee toetse, maar kry drie uitslae.

Let wel: Inligting oor die toets sal per brief aan die kandidaat gekommunikeer word en sal ook beskikbaar wees op die NBT-webwerf (www.nbt.ac.za). Die proses is soos volg:1. Leerders moet ten minste vier weke voor die toetsdatum

aanlyn registreer by www.nbt.ac.za, en hulle eie datum en lokaal kies.

2. Aansoekers vir studieprogramme in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe mag die toets slegs een maal skryf, op een van die datums wat deur die Fakulteit aan voornemende studente gekommunikeer sal word.

3. Die toets is geldig vir aansoeke vir studie aan alle Suid-Afrikaanse universiteite.

4. ’n Administratiewe heffing is vooraf betaalbaar via EasyPay. Leerders moet asseblief die bewys van betaling saambring wanneer hulle die toets skryf.

5. Aansoekers skryf die NBT deur hul ID-nommers te gebruik.

6. Op die dag waarop die NBT geskryf word, moet kandidate om 07:30 by die lokaal aanmeld. Hulle moet hul identiteitsdokumente, studentenommers en eie skryfbehoeftes saambring.

7. Kandidate word nie toegelaat om ʼn wetenskaplike sakrekenaar te gebruik vir die wiskundetoets nie.

8. Leerders wat aansoek doen vir grade waar wiskunde ʼn voorvereiste is by die Universiteit van Pretoria, moet die AQL asook die wiskundetoets skryf.

9. Uitslae sal ongeveer een maand na die toetsdatum beskikbaar wees.

10. Uitslae sal aanlyn beskikbaar wees aan die voornemende studente en die universiteit (of universiteite) waar hulle aansoek gedoen het om toelating.

KontakinligtingTel +27 (0)21 650 3523 Webwerf www.nbt.ac.za

Skool vir Geneeskunde

MBChB – Baccalaureus in Geneeskunde en Snykunde

Om as ’n dokter (mediese praktisyn) te mag registreer, moet ’n MBChB-graad suksesvol voltooi word, gevolg deur twee jaar internskap en een jaar gemeenskapsdiens. In die mediese beroep is die gesondheid van ’n pasiënt van primêre belang. Mense wat reeds siek is, word volgens hul behoeftes behandel met die doel om hulle weer gesond te maak. Afgesien hiervan, word spesiale programme ontwikkel om die voorkoms of verspreiding van siektes en/of infeksies in die gemeenskap te verhoed. Bevordering van ‘n gesonde lewenstyl is ook ‘n belangrike verantwoordelikheid van die mediese dokter.

Die Universiteit van Pretoria het die leiding in Suid-Afrika geneem met die ontwikkeling en implementering van ’n internasionaal vergelykbare, probleemgerigte en uitkomsgebaseerde opleidingsprogram. Die kurrikulum is deur die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) geakkrediteer, en die hoë standaard van opleiding by die Universiteit word plaaslik en internasionaal erken. Daar bestaan ook uitruilooreenkomste tussen die Skool vir Geneeskunde en soortgelyke fakulteite aan universiteite in die buiteland.

Page 8: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Heading...

5 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

‘Hoekom wil jy ’n dokter te word?’ Dit is die vraag wat die berugte Professor Levay een of ander tyd vir elke vierdejaar mediese student vra tydens hul Interne Geneeskunde-rondtes. Volgens studente uit ouer generasies is die doel met hierdie oefening om ons te leer dat daar geen regte antwoord is nie en dat ons nie regtig sal weet hoe dit is om ’nʼn dokter te wees voordat ons begin praktiseer nie. Maar natuurlik sal ons met ons tipe A-persoonlikhede vergeefs aanhou probeer om die regte

antwoord te gee – wat lei tot vreemde en verspotte antwoorde.

Ek wou ook probeer antwoord, daarom het ek lank gewonder hoekom ek ’n dokter wil word ... En ek kon aan geen enkele rede dink nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, daar is baie redes hoekom ek ’n dokter wil word, maar dis presies wat dit is – ʼn’n klomp redes. Is dit omdat ek mense wil help? Of omdat ek ’n uitgedaging nodig het? Omdat ek goeie punte gekry het op hoërskool, maar wiskunde haat en ingenieurswese dus nie ’n opsie is nie? Ek het toe besef die antwoord sluit al die bogenoemde in; of dit het ten minste toe ek die eerste keer aansoek gedoen het om medies te studeer. Die waarheid is dat my antwoord so baie verander het oor die jare dat ek nie meer weet presies hoekom ek hier is nie. Kom ons wees nou maar eerlik ... Medies is moeilik! Jy spandeer ses jaar om berge anatomie, fisiologie, patologie en farmakologie onder die knie te kry – net sodat jy lang ure kan insit in ’n hoogs stresvolle, dikwels frustrerende, neerdrukkende werkomgewing met min of geen ruimte vir foute.

Ek sal jok as ek sê hierdie goed gaan nie deur my gedagtes elke keer as ek deurnag om te leer vir ʼn’n toets waarvoor ek nie vroeër kon leer nie omdat ek vir ’n ander een moes leer of as ek van my hoërskoolmaats sien wat reeds gekwalifiseerd is en planne maak om volgende jaar in die lente te trou nie. Maar ek is baie bly dat ek elke keer as ek getwyfel het tog maar deurgedruk het. Want as ek in ’nʼn saal instap en vir ’nʼn pasiënt wie se are jy sukkel om te kry ʼn’n drup ingesit kry; of as ek na ’n baba kyk wat twintig minute gelede gebore is en besef ek is een van die eerste mense wat haar kan vashou; of as ek in ’n interessante lesing oor die differensiële diagnoses van afskeidings van die genitalieë sit en besef die ingenieurs sit waarskynlik in ’n lesing oor kwantitatiewe algoritmes in statistiese analise, dan voel ek geweldig bevoorreg en baie bly dat ek my aansoek na die Universiteit van Pretoria gestuur het, want op daardie tydstip wil ek nêrens anders in die wêreld eerder wees nie ... behalwe miskien Hogwarts!

Shaylee Kirsten: MBChB – Baccalaureus in Geneeskunde en Snykunde

Page 9: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 6

Skool vir Geneeskunde

Geneeskunde dek ’n baie wye beroepsveld. Dit is egter nie net ’n beroep nie; dit is ’n roeping. Daarom moet die voornemende student bereid wees om die mensdom in al sy fasette te dien. Die mediese beroep vereis hoë etiese norme wat in die praktyk toegepas moet word en hoë fi sieke en geestelike eise word aan ’n geneesheer gestel.

KeuringAangesien meer aansoeke ontvang word as waarvoor daar plekke beskikbaar is, is ’n keuringsproses nodig. Hoë akademiese standaarde, veelsydigheid en gemeenskapsbetrokkenheid is aspekte wat tydens keuring in aanmerking geneem word. Keuring geskied op grond van akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Vir fi nale keuring vereis die keuringsprosedure bepaalde minimum prestasievlakke (verwys na die minimum vereistes op bladsy 1) in ooreenstemming met die keuringsprosedure. Twee basiese kategorieë geld vir keuring. Die eerste kategorie is vir skoolverlaters, en die tweede vir diegene met vorige blootstelling aan tersiêre opleiding.

Voorlopige keuring vir skoolverlaters word gedoen op grond van fi nale Graad 11-punte, die uitslae van die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. ’n Keurings- en waglys word op grond van akademiese meriete opgestel. Voorlopige keuring word streng volgens die merietelys gedoen en plekke wat beskikbaar raak, word van die waglys af toegeken.

Na afl oop van die Graad 12-eindeksamen word die voorlopige keuringsuitslae van diegene wat aan die akademiese standaarde en kriteria voldoen het, bevestig. Die laaste 10% (of meer as meer plekke beskikbaar geword het) nuweling-

eerstejaarstudente word in Julie van die eerste studiejaar op grond van hul prestasies in die eerste semester vandie BSc (Biologiese Wetenskappe) studieprogram of ekwivalent gekeur. Slegs nuweling-eerstejaarstudente aan die Universiteit van Pretoria mag hiervoor aansoek doen.

Verdere inligting oor die keuringsproses kan van die Fakulteit bekom word. Slegs 300 studente word jaarliks tot die MBChB-eerstejaarsgroep toegelaat.

Duur van die studieprogram � Jaar 1 tot die helfte van jaar 5

Teoretiese, praktiese en kliniese opleiding in geneeskundige (mediese) dissiplines.

� Tweede helfte van jaar 5 en jaar 6Student-internskap, waartydens al die kliniese opleiding tussen pasiënte in hospitale en klinieke plaasvind.

Hierna volg twee jaar van internskap; kliniese diens onder toesig in geakkrediteerde hospitale dwarsoor die land, asook ’n verpligte jaar gemeenskapsdiens. Hierdie drie jaar maak nie deel uit van die universiteitsopleiding nie.

� GemeenskapsbetrokkenheidDie kurrikulum is saamgestel met die uitgangspunt dat opleiding deur middel van dienslewering moet geskied. In hierdie verband lewer die Fakulteit ’n omvattende diens aan die breë gemeenskap deur middel van verskeie uitreikprogramme. Studente word reeds tydens voorgraadse studie by hierdie programme betrek. Die Daspoort Polikliniek in Pretoria is ’n voorbeeld van ’n plek wat dien as diensopleidingsplatform waar studente werk.

Om aansoek te doen om te studeer om ’n kliniese medewerker te word, was een van die beste besluite wat ek ooit geneem het. Ek kan ’n pionier in ’n ontwikkelende mediese beroep wees terwyl ek ander Suid-Afrikaners help en terselfdertyd ’n baie groot bydrae tot ons gesondheidsorgstelsel lewer.

My drie-jaar-lange reis was nie maklik nie en dit was dikwels oorweldigend, maar dit was ook baie interessant en insiggewend. Om Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk

te studeer het ʼn’n mens baie selfvertroue en selfdissipline nodig en jy moet baie hard werk – iets wat jy baie vinnig in jou eerste jaar agterkom. Al hierdie eienskappe uit jou studentejare sal later, wanneer jy gekwalifi seerd is, duidelik weerspieël word.

Ek is baie dankbaar vir die kennis wat ek in my drie jaar op universiteit verwerf het. Dit is kennis wat ek altyd op my reis in ons gesondheidsorgstelsel sal gebruik. ʼn Mens kom gou agter ’n kliniese medewerker is een van die deurslaggewende instrumente wat kan help om die funksionering van hierdie groot masjien wat ons die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel noem, te verbeter.

Vanessa Khoza: BKliniese Mediese Praktyk – Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk

Page 10: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

7 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Skool vir Geneeskunde

� NavorsingVooruitgang in die geneeskunde steun op aktiewe navorsing in die onderskeie spesialisgebiede. Gevolglik word voor- en nagraadse studente opgelei in ’n navorsingsomgewing wat ‘n ondersoekgebaseerde benadering tot leer en vaardighede met die oog op navorsing bevorder.

LoopbaangeleenthedeDie studieprogram stel gegradueerdes in staat om as mediese praktisyns te registreer, mits hulle hul internskappe en gemeenskapsdiens (tans twee jaar en een jaar onderskeidelik) voltooi het. Daarna mag hulle as algemene praktisyns (mediese dokters) in hospitale of algemene privaat praktyke praktiseer, navorsing doen en/of vir voorgraadse studente doseer. Verdere nagraadse studie is nodig om ’n spesialis te word. Spesialiste kan in hospitale en/of privaat praktyke werk, of loopbane in akademiese geneeskunde volg. Dit sluit kliniese praktyk, onderrig en navorsing in.

KontakinligtingMe Celisa AnthonyTel +27 (0)12 354 1607 E-pos [email protected]

BKliniese Mediese Praktyk – Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk

Om as ’n kliniese mediese praktisyn (Clinical Associate) by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid Afrika (Health Professions Council of South Africa – HPCSA) te registreer, moet ’n Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk (BKliniese Mediese Praktyk)-graad verwerf word.

’n Kliniese mediese praktisyn is ’n professionele lid van die gesondheidsorgspan met die nodige kennis, vaardighede en gesindheid om effektief te funksioneer in die distriksgesondheidstelsel in Suid-Afrika.

Kliniese mediese praktisyns werk onder leiding van ’n gekwalifiseerde mediese praktisyn wat dikwels funksioneer in die Departement Huisartskunde. Spanwerk en kommunikasievaardighede is krities en kliniese mediese praktisyns benodig goeie kliniese vaardighede om alledaagse kwale en siektes te behandel.

Kliniese mediese praktisyns is in staat om enige mediese diens wat deur die toesighoudende geregistreerde mediese dokter aan hulle gedelegeer word, uit te voer indien sodanige diens deel vorm van die onderrig, opleiding en ervaring van die kliniese mediese praktisyn. Kliniese mediese praktisyns word dus gesien as die toesighoudende dokter se mediese assistente wat praktykverwante aktiwiteite kan verrig. Dit behels, onder andere, die aanvra van diagnostiese, terapeutiese en ander mediese dienste.

Kliniese mediese praktisyns vorm deel van ’n gesondheidspan werksaam in distriksgesondheidsorg-organisasies. Potensiële werkgewers sluit in openbare gesondheidsorgorganisasies, die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens en nie-regeringsorganisasies.

Duur van die studieprogramDie BKliniese Mediese Praktyk-program is ’n drie jaar lange voltydse graadkursus. Die kurrikulum is saamgestel met die

uitgangspunt dat opleiding deur middel van dienslewering moet geskied. Opleiding is prakties, probleem-georiënteerd en word soos volg opgesom:

� Jaar 1Teoretiese, praktiese en kliniese opleiding vind hoofsaaklik op die Prinshofkampus plaas. Die fokus is op die verkryging van pasiënte se mediese geskiedenis, die bemeestering van fisiese ondersoektegnieke en basiese spesiale ondersoekestudies. Studente word in verskeie hospitale in Gauteng geplaas.

� Jaar 2 en 3Kliniese praktiese opleiding word gebaseer in verskeie hospitale in Gauteng, Mpumalanga en ander provinsies. Kliniese vaardighede word verwerf deur diensopleiding in hospitale, klinieke en gemeenskapskontekse.

KeuringKeuring is gebaseer op akademiese meriete en die Biografiese Inligtingsvorm. Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskappe is nie verpligte vakke nie, maar kan voordelig wees vir keuringsdoeleindes.

KontakinligtingMe Frieda MoasaTel +27 (0)12 354 1064 E-pos [email protected]

BSportSci – Baccalaureus in Sportwetenskappe

ToelatingsvereistesKeuring berus op akademiese meriete en word bepaal met ʼn kombinasie van die toelatingspuntteling (TPT), die nasionale normtoets (National Benchmark Test – NBT) en die sakelys insake toegevoegde waarde (TWV). Vir finale keuring word sekere minimum prestasievlakke vereis (sien die minimum vereistes op bladsy 1). Vir kandidate wat nog op skool is, word die Graad 11-eindeksamenpunt as die basis vir voorlopige keuring gebruik. Eenhonderd (100) studente word volgens akademiese meriete vir die eerste studiejaar gekeur.

OnderrigtaalSowel Afrikaanse as Engelse studente word so ver moontlik geakkommodeer.

Wat behels die pakket?Die Divisie Biokinetika en Sportwetenskap bestudeer die “mens in beweging” en die BSportSci-graad word as ’n voltydse binnemuurse program aangebied. Die graad fokus op die wetenskap van menslike beweging, biokinetika en sport uit ’n natuurwetenskaplike perspektief. Hierdie voltydse driejaarprogram behels twee spesialiseringsopsies, naamlik Biokinetika en Sportwetenskap. Die eerste twee studiejare van die program bestaan uit ’n generiese kurrikulum wat deur al die BSportSci-studente gevolg word en sluit basiese en toegepaste wetenskap van die menslike liggaam in.

Aan die einde van die tweede jaar vind keuring op grond van akademiese meriete plaas en studente word verdeel in óf die Sportwetenskap- óf die Biokinetika-kurrikulum tot en met die einde van hul derde jaar. Die Biokinetika-studente se eerste jaar van internskap vind gelyklopend met die derde studiejaar plaas. Daarna gaan Biokinetika-studente

Page 11: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 8

Skool vir Geneeskunde

voort met die BHons in Biokinetika asook hulle tweede jaar van internskap. Die Biokinetikaprogramstruktuur van vier jaar is in ooreenstemming met die nuwe regulasies van die Gesondheidsberoepsraad van Suid Afrika (GBRSA) vir biokinetika-opleiding wat gevolg sal word deur al die universiteite wat hierdie program aanbied. Die Sportwetenskapstudente het die opsie om voort te gaan met die BHons in Sportwetenskap, die Nagraadse Sertifikaat in Opvoeding (NGSO) of om in die sportindustrie te begin werk.

Wat kan studente met hierdie kwalifikasie doen? Oefening, sport, gesondheid en ontspanning is elk ’n omvattende bedryf wat op verskeie wyses ’n bydrae tot die ekonomie lewer. Dié pakket stel studente in staat om entrepreneursgeleenthede te ontwikkel of ’n loopbaan in biokinetika, die sport-, en/of die gesondheids- en fiksheidsbedryf te betree. Hierdie kwalifikasie lei tot spesialisasie in biokinetika of sportwetenskap ná die tweede jaar.

Biokinetika is ’n geregistreerde gesondheidsorgprofessie wat gemoeid is met die verbetering van gesondheid en welsyn deur die wetenskaplike toepassing van oefeningassessering en die voorskryf van fisieke aktiwiteite. Lyers aan akute en kroniese ortopediese, neurologiese, metaboliese, kardiovaskulêre en ander toestande, onder wie sedentêre, vetsugtige individue, sowel oud as jonk, en ook gesonde individue kan voordeel trek uit die voorkomende en rehabilitatiewe uitwerking van veilige en doeltreffende oefeningsvoorskrifte. Hierdie kwalifikasie rus studente toe om

te kwalifiseer vir registrasie as biokinetici by die GBRSA. Dit rus sportwetenskaplikes ook toe om die professionele sport- en/of fiksheidsindustrie te betree.

Sportwetenskap verwys na die gebied wat verantwoordelik is vir die toepassing van wetenskaplike beginsels in sport met die vanselfsprekende doel om prestasie te verbeter. Dit kan die evaluering van sportlui, profilering, monitering en kondisioneringselemente insluit, sowel as die spesialistoepassings in die analise, voorbereiding, herstel, en kompetisiegebiede van sport. Gedurende die afgelope dekade of langer is hierdie elemente stewig gevestig in presiese en nougesette wetenskaplike metodologieë in die globale opleiding van sportwetenskaplikes. Ander beroepsgeleenthede sluit in ’n sportwetenskaplike vir ’n sportman of ’n span, fiksheidsdeskundige van ’n sportspan, operateur in sporttoerisme, spanbestuurder van of bemarkingsbestuurder vir sportlui, tegniese raadgewer, gimnasiumbestuurder, sportjoernalis, en sportorganiseerder by ’n skool. Die kwalifikasie rus albei professies toe met teoretiese kennis en praktiese voorbereiding vir en ontwikkeling van die spesifieke eise van ’n professionele loopbaan as biokinetikus of sportwetenskaplike.

Gemeenskapsdiens’n Ingeligte gemeenskap is ’n gesonde gemeenskap, en daarom word baie tyd bestee aan die instruksie en opleiding van pasiënte en hul versorgers. ’n Voorbeeld hiervan is die aanleer van ’n goeie liggaamshouding deur volwassenes en kinders om latere toestande soos rugpyn

Ek is ’n vyfdejaar (finalejaar) biokinetika-honneursstudent. Ek het my BA-graad in Sportwetenskap in 2012 gekry en my BA HMS Honneurs in Sportwetenskappe in 2013. My sportwetenskap-grade was so gestruktureer dat ek kon voortgaan met my elite gimnastiekloopbaan terwyl ek ’n akademiese kwalifikasie behaal en terselfdertyd vier jaar ondervinding kry in die professionele sportbedryf. My passie is biokinetika en rehabilitasie deur middel van oefening.

Hierdie jaar het ek praktiese werkervaring opgedoen by die verskillende biokinetikasentrums waar ons elke maand gewerk het. Dit het vir my die grondslag gelê om my loopbaan in hierdie veld te bevorder. Die Departement Biokinetika en Sportwetenskappe het in 2014 verskuif na die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en is geleë by een van die grootste sportfasiliteite in die land, daarom het ons die geleentheid om betrokke te wees by die rehabilitasie van die algemene publiek sowel as dié van die beste atlete. In my eerste, tweede, derde en vierde jaar het ek prestasiebeurse gekry vir ’n gemiddelde jaarpunt van meer as 75%. In my tweede, derde en honneursjaar het ek ook die trofee gekry vir die topstudent in Sportwetenskap. Volgende jaar wil ek my biokinetika-internskap voltooi en dan sal ek kan registreer as ’n ten volle gekwalifiseerde biokinetikus. My doel is om lewe deur beweging te bevorder.

Kimberly-Ann van Zyl: BSportSci - Baccalaureus in Sportwetenskappe

Page 12: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

9 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Skool vir Geneeskunde

en swak rug- en maagspiere te voorkom. Pasiënte word ook geleer om hulle eie gesondheid te monitor en fisiek aktief te wees. Op dieselfde manier lê die vroeë onderrig van sportlui en afrigters in fundamentele gesondheid die basis vir gesonde en voorbereide jong sportlui van die toekoms. Gemeenskapsgebaseerde opleiding vorm ’n integrale deel van sowel die Sportwetenskaplike- as Biokinetika-kurrikulum. Studente sal geleer word om met verskillende gemeenskappe te werk deur die opleiding en voorsiening van geleenthede om lewe deur beweging en sport te verbeter. Gemeenskapsprogramme hou verband met die kursusmateriaal en verseker dat dié programme aandag gee aan navorsings-, opleidings- en gemeenskapsverantwoordelikhede.

Navorsing’n Proaktiewe navorsingsomgewing op sowel voorgraadse as nagraadse vlak word in die Departement aangemoedig. Navorsing is die hoeksteen wat noodsaaklik is vir die ontwikkeling van die professie omdat dit streef om onverklaarbare fenomene te ondersoek, ontdek en versigtig te bestudeer waardeur nuwe kennis gegenereer word om biokinetiese en sportpraktyke te verbeter. Studente kry reeds op voorgraadse vlak die geleentheid om deur formele onderrig met die teoretiese navorsingsproses vertroud te raak en dit ook onder leiding van die personeel toe te pas. Dit word verder ontwikkel op derde- en vierdejaarsvlak van studie wanneer ’n volledige navorsingsprojek beplan en uitgevoer word om sodoende die essensiële navorsingsvaardighede te ontwikkel wat nodig is om later met magister- en doktorale studies te kan voortgaan.

Nagraadse studieDie verwerwing van die BSportSci-graad kan tot verdere studie in Sportwetenskap op honneurs-, magister- en doktorale vlak lei, of in die geval van Biokinetika tot studie op magister- en doktorale vlak.

PakketorganiseerderProf PE KrügerTel +27 (0)12 420 6032E-pos [email protected]

Hoër Sertifikaat in Sportwetenskappe [HSert (Sportwetenskap)]

Toelatingsvereistesʼn Nasionale Senior Sertifikaat en voldoening aan die minimum vereistes vir toelating tot ’n sertifikaatprogram met ’n TPT van 15 en hoër. Vir kandidate wat nog op skool is, word die Graad 11-eindeksamenpunt as die basis vir voorlopige keuring gebruik. Eenhonderd en sestien (116) studente word volgens akademiese meriete (55%) en sportprestasie (45%) vir die eerste studiejaar gekeur.

OnderrigtaalSowel Afrikaanse as Engelse studente word so ver moontlik geakkommodeer.

Wat behels die pakket?Dit is ’n voltydse, eenjarige, Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap, maar die verlengde program sal die student toelaat om dit in twee jaar te voltooi. Die program voorsien ’n basis vir kennis en vaardigheidsontwikkeling vir die verbetering van sportprestasie deur middel van

fisieke evaluering, oefen-/kondisioneringsvoorskrifte en basiese navorsing. Die doel is om afrigters te ontwikkel wat suksesvol in ’n interdissiplinêre omgewing kan funksioneer om sodoende ’n atleet en sportspan se prestasie te verbeter deur die gebruik van die nuutste tegnieke en navorsing. Daarom word gestreef na internasionaal erkende akademiese uitnemendheid met plaaslike relevansie. Die program sal ’n ideale leeromgewing skep deur die gebruik van lesings, praktiese sessies en probleemoplossing. Studente sal opleiding en onderrig ontvang van kundiges op die gebied van die Sportwetenskap en afrigting. Studente sal die geleentheid kry om met verskillende sportkodes en sportlui van verskillende vlakke te werk.

Wat kan studente met hierdie kwalifikasie doen? Hierdie program sal individue wat op nasionale en internasionale vlak aan sport deelneem in staat stel om ’n sertifikaat in afrigting en sportwetenskap te kan verwerf terwyl hulle voortgaan om te oefen en aan hul betrokke sport deel te neem. Die doel van hierdie program is om afrigting-, administratiewe en professionele vaardighede te kweek wat noodsaaklik is vir ’n beroep in sportafrigting. Hierdie program sal daarna streef om studente te produseer wat hoogs gekwalifiseerd is om in ’n interdissiplinêre omgewing te werk (dit is sportklubbemarking en -bestuur, sportafrigting, sportwetenskap en onderwys), en om graduandi te ontwikkel wat oor die kundigheid beskik om leiers in hierdie dissipline te word. Hierdie program is nie ’n roete tot ’n spesialiskwalifikasie nie, maar by voltooiing sal dit aan studente wat hulle studies wil voortsit die geleentheid gee om aansoek te doen vir toelating tot die BA (Sport- en Vryetydstudies) die Bed-graad of die Baccalaureusgraad in Sportwetenskap mits aan sekere akademiese vereistes voldoen word. Hierdie program sal ’n ideale opleidingsomgewing skep waarin studente die fundamentele opleiding sal ontvang in die relevante terreine van sportafrigting en -wetenskap.

Praktiese opleidingHierdie graad sal buigsame leergeleenthede en strategieë voorsien wat ʼn kombinasie van lesings, groepsklasse, en praktiese sessies insluit waartydens probleemoplossing, gevallestudies en kliniese beredenering toegepas sal word. Uitstekende akademiese opleiding sal verskaf word deur leiers op die gebiede van sportafrigting en opleiding onderskeidelik. Die Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap streef daarom na internasionaal-erkende akademiese uitnemendheid, maar met plaaslike relevansie. Bykomend tot bogenoemde sal hierdie program in sinergie wees met die missie van die Universiteit betreffende ’n tersiêre instelling van keuse vir ’n gevorderde vlak van sportprestasie, wat sal streef om sportafrigting en -wetenskap op ’n ontwikkelingsvlak in Suid-Afrika te verbeter.

Voorgraadse studieNá die verwerwing van die Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap kan studente aansoek doen om toegelaat te word tot die BA (Sport en Vryetydstudies), die BEd-graad of die Baccalaureusgraad in Sportwetenskap mits die student 60% en meer in al die akademiese modules behaal het.

PakketorganiseerderProf PE KrügerTel +27 (0)12 420 6032E-pos [email protected]

Page 13: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Heading...

Universiteit van Pretoria 10

My naam is Bulela Vava. Ek is ’n finalejaar tandheelkundestudent aan die Universiteit van Pretoria. Na vyf jaar aan die Universiteit met ’n graadkursus wat hoë eise stel kan jy baie sê, maar as ek net een ding oor tandheelkunde by Tukkies moet sê, sal dit gaan oor uitnemendheid. Die Skool vir Tandheelkunde aan die Universiteit is landswyd ’n trotse leier op die gebied van tandheelkunde en ook ’n

internasionale swaargewig en pionier wat betref navorsing oor en opleiding in mondgesondheid.

Ek kom van die Oos-Kaapse platteland en was verwonderd oor die verskil in die gehalte van dienste en onderrig daar en aan die Universiteit van Pretoria. Tandheelkunde het my volwasse gemaak en my van al die nodige kennis en vaardighede voorsien om my gemeenskap na die beste van my vermoë te dien en terselfdertyd internasionaal relevant en toereikend te bly.

Ek het ook tot die besef gekom dat tandheelkunde nie ’n tweederangse loopbaankeuse is nie. Om standaarde hoog te hou, vereis lang ure van swoeg en sweet en die pad na sukses loop deur die hart. Dit is nie vir dié wie se passie kom en gaan nie, maar vir dié wat hulself beskou as voorlopers op die gebied van mondgesondheid. Net soos enige ander beroep het tandheelkunde ook voor- en nadele, maar my laaste woorde oor tandheelkunde aan Tuks is die volgende:

Jy sal ’n wetenskaplike en ’n kunstenaar word en dié van julle wat werklik op die hoogste vlak binne hierdie mure insig verkry, sal nie net leer om ’n glimlag na iemand se tande te bring nie, maar om ’n glimlag terug te sit in die siel van elke mens wat op jou stoel kom sit.

Bulela Vava: BChD - Baccalaureus in Tandheelkunde

Page 14: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

11 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Skool vir Tandheelkunde

Skool vir TandheelkundeBChD – Baccalaureus in TandheelkundeDie Skool vir Tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria geniet wye nasionale en internasionale erkenning vir die gehalte van die opleiding, navorsing, pasiëntesorg en betrokkenheid by gemeenskapsgebaseerde projekte wat aangebied word. Die Skool vir Tandheelkunde (voorheen bekend as die Fakulteit Tandheelkunde) lewer sedert 1950 gegradueerdes wat ’n bepalende rol in die praktyk van tandheelkunde, gesondheidsbestuur, statutêre rade en akademiese opleiding speel – op sowel nasionale as internasionale vlak.

Die tipiese werksdag van ’n tandarts bestaan uit die diagnose en behandeling van siektes van die mond en tande. Dit sluit die verwydering of herstel van karieuse tande, die vervanging van afwesige tande deur middel van kroon- en brugterapie, en die behandeling van siektes van die tandvleis in. Die tandarts is ook verantwoordelik vir chirurgiese ingrepe in die mond, die belyning van skewe tande, die verligting van pyn, wortelkanaalbehandeling vir tande, en die beplanning van tandheelkundige behandeling in oorleg met die pasiënt.

Tandheelkunde bied vele uitdagings en stimulerende geleenthede vir mans sowel as vroue. Met die uitsluitlike doel om mondgesondheidsorg van ’n hoë kwaliteit aan die pasiënt te lewer, werk die tandarts in spanverband saam met al die ander rolspelers van die mondgesondheidspan. Die totale gesondheid van die individu vorm die grondslag van die opleiding van elke tandarts. Tandartse moet oor spesiale eienskappe beskik. Nie net moet hulle akademies talentvol wees nie, maar hulle moet ook oor handvaardigheid beskik.

KeuringKeuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Vir finale keuring moet kandidate aan sekere minimum vereistes voldoen (sien die minimum vereistes op bladsy 1).

Beskrywing van die studieprogramTen einde tred te hou met die moderne vereistes van tersiêre opleiding, volg die Skool vir Tandheelkunde ’n kurrikulum wat probleemgebaseerd, studentgeoriënteerd en gemeenskapsgerig is, met ’n vertikale en horisontale integrasie van vakke.

Die Tandheelkunde-studieprogram strek oor vyf jaar, gevolg deur een jaar verpligte gemeenskapsdiens.

Die eerste semester van die eerste jaar van BChD (Baccalaureus in Tandheelkunde) en MBChB (Baccalaureus in Geneeskunde en Snykunde) is dieselfde. Studente kry reeds in die tweede semester van die eerste studiejaar eerstehandse blootstelling aan kliniese tandheelkunde.

Die lys voorgeskrewe modules word in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se Jaarboek uiteengesit. Hierdie publikasie is verkrygbaar by www.up.ac.za/jaarboeke.

LoopbaangeleenthedeDie Universiteit van Pretoria, met sy bewese rekord van ’n hoë standaard van opleiding van tandartse en spesialiste, lewer gegradueerdes wat hoogstaande professionele diens in die gemeenskap verrig. Werksgeleenthede vir tandartse bestaan in privaat praktyk, openbare hospitale en klinieke, gesondheidsorgorganisasies, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en akademiese instellings.

KontakinligtingMev Annette WelmanTel +27 (0)12 354 2244 E-pos [email protected]

BMH – Baccalaureus in Mondhigiëne

Mondhigiëne behels die instandhouding en versorging van die tande en tandvleis. Die mondhigiënis speel ’n belangrike rol in die evaluering, beplanning, voorkoming en behandeling van siektes van die mondholte. Sodoende word ’n voorkomende, opvoedkundige en terapeutiese diens aan individuele pasiënte en die gemeenskap gelewer.

Mondhigiëne is ’n uitstekende beroepskeuse, veral vir diegene wat hul dae volgens hul eie behoeftes wil beplan. Dit is ’n uitdagende beroep met ’n hoë mate van werksbevrediging en sekuriteit, asook ’n goeie inkomste. Mondhigiëniste vervul ’n baie belangrike rol in die huidige samelewing. Hulle word opgelei om mense in te lig oor die handhawing van goeie mondhigiëne. ’n Groot deel van hulle dagtaak word gewy aan die uitvoering van voorkomende behandelingsprosedures. Aangesien mondhigiëniste baie met mense werk, is dit noodsaaklik dat hulle goeie interpersoonlike verhoudings, ’n spontane geaardheid en die wêreld se geduld moet hê. Bowenal moet hulle goed kan kommunikeer, verantwoordelikheid kan aanvaar en uitdagings die hoof kan bied.

KeuringDie studieprogram in mondhigiëne is van ’n hoë akademiese standaard en daarom speel akademiese meriete ’n bepalende rol by toelating. ’n Streng keuringsproses word gevolg, aangesien die aantal studente beperk word. Kandidate word gekeur op grond van hul akademiese prestasie en die uitslae van die NBT. ’n Kandidaat moet oor ’n geldige Nasionale Senior Sertifikaat beskik, met toelating vir graaddoeleindes. Studente moet vir finale keuring ook voldoen aan die minimum vereistes (sien die minimum vereistes op bladsy 2).

Beskrywing van die studieprogramTen einde tred te hou met die moderne vereistes van tersiêre opleiding, volg die Skool vir Tandheelkunde ’n kurrikulum wat probleemgebaseerd, studentgeoriënteerd en gemeenskapsgerig is, met ’n vertikale en horisontale integrasie van vakke. Dit is ’n driejaar-graadkursus waartydens die student onderrig ontvang in basiese mediese en tandheelkundige vakke. Reeds vanaf die eerste studiejaar word die teorie en die praktyk geïntegreer. Die eerste helfte van die eerste jaar word aan opleiding in die prekliniese opleidingsaal gewy en daarna behandel die studente pasiënte in die goed toegeruste Hospitaal vir Tand- en Mondheelkunde. Die werk behels onder meer die motivering van die pasiënt, mondhigiënevoorligting, polering en skalering van tande, fluoriedaanwendings en die plasing van fissuurseëlmiddels op tande.

Page 15: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 12

Skool vir Tandheelkunde/Skool vir GesondheidsorgwetenskappeBenewens sy of haar rol as student, moet die aspirant-mondhigiënis ook ander take verrig. Deelname aan die Nasionale Tandheelkunde-gesondheidsweek en navorsingsprojekte, en besoeke aan kleuterskole en spesiale skole vir die handhawing van mondgesondheid is deel hiervan. Gemeenskapsdiens behels besoeke aan die Steve Biko Akademiese Hospitaal se spinale eenheid en kindersale, en ’n besoek aan die Phelophepa-gesondheidstrein, vanwaar ’n tandheelkundige diens aan die gemeenskap gelewer word.

Loopbaangeleenthede’n Mondhigiënis kan in ’n algemene tandheelkundepraktyk werk. Mondhigiëniste word ook toenemend deur spesialiste, byvoorbeeld ortodontiste, periodontiste en prostodontiste, in diens geneem. ’n Verdere moontlikheid is om vir ’n organisasie soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag of in die openbare sektor te werk. Indien ’n individu sou belangstel om ’n loopbaan in die akademie te volg, kan hy of sy as dosent by ’n tersiêre instelling aansluit. Ander moontlike werkgewers is munisipale klinieke en gesondheidsorgorganisasies.

KontakinligtingMe Annette WelmanTel +27 (0)12 354 2244E-pos [email protected]

Skool vir Gesondheidsorg-wetenskappe Kliniese opleiding in die Skool vir Gesondheidsorg-wetenskappeKliniese opleiding vind in hospitale, klinieke en in gemeenskappe plaas. Kliniese opleiding het sekere risiko’s weens blootstelling aan infeksies en die misdaadsituasie in die land. Die Universiteit van Pretoria het egter bepaalde maatreëls ingestel om studente te beskerm. Studente sal van spesifieke instruksies en kriteria in hierdie verband voorsien word. Kliniese opleiding vereis dat studente oor hul eie vervoer sal beskik, en studente kan nie vir alle vervoeruitgawes vergoed word nie.

BArb – Baccalaureus in Arbeidsterapie

Arbeidsterapie is ’n gesondheidsorgberoep waar persone met liggaamlike of geestelike siektes of gestremdhede behandel word deur hulle aan alledaagse aktiwiteite te laat deelneem. Die arbeidsterapeut help kliënte dus om so normaal moontlik in die samelewing te funksioneer. Die arbeidsterapeut word opgelei om spesifieke tegnieke en prosedures op ’n wetenskaplike wyse toe te pas, sodat die vermoëns waaroor die kliënt wel beskik tot die maksimum ontwikkel word. Sodoende word die persoon in staat gestel om ’n betekenisvolle en selfstandige lewe te kan lei. Arbeidsterapie word ook toegepas op persone met ontwikkelingsagterstande, leergestremdhede of psigo-sosiale disfunksies.

Arbeidsterapie is ’n stimulerende beroep wat immerteenwoordige uitdagings bied. Dit vereis ’n aanpasbare, intelligente, praktiese persoon met goeie probleemoplossings- en bestuursvaardighede. ’n Suksesvolle arbeidsterapeut het

Ek is tans in die derde en laaste jaar van my graadkursus in mondhigiëne. Dis moeilik om te glo die tyd het so vinnig gevlieg. Aan die begin het ek nie geweet wat om in die laboratorium te verwag nie, maar mettertyd het dit tweede natuur geword. Mondhigiëne is ’n baie praktiese graad; jy begin in jou tweede jaar al met pasiënte uit die publiek werk. Ons het geleer om met ’n verskeidenheid pasiënte van elke kultuur en ras te werk en ook met mense met en sonder gestremdhede. Daar is baie goeie leergeleenthede

soos weeklikse uitreikprojekte sowel as ander pretdae en fondsinsamelings wat jou dae by jou ‘huis weg van die huis’ die moeite werd maak. Die fasiliteite is van ’n hoë standaard met moderne toerusting wat jou leerervaring tot ʼn’n volgende vlak verhef. Die akademiese personeel is hoogs gekwalifiseerd en gee aan almal individuele leergeleenthede. Hier leer jy dat vriende familie word en dat voorkoming beter is as genesing. Ek is ’n trotse lid van die Skool vir Tandheelkunde van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria.

Alma Olivier: BMH - Baccalaureus in Mondhigiëne

Page 16: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

13 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe

goeie menseverhoudings en kan verskillende situasies met vindingrykheid benader. Gekwalifiseerde arbeidsterapeute registreer by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA), terwyl die Beroepsraad vir Arbeidsterapie, Geneeskundige Ortotiek/Prostetiek en Kunsterapie die opleiding en professionele standaarde reguleer.

KeuringKeuring is gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Vir finale keuring word sekere minimum prestasievlakke vir vakke vereis (sien die minimum vereistes op bladsy 1).

Beskrywing van die studieprogramDie arbeidsterapiestudieprogram van die Universiteit van Pretoria is ’n geïntegreerde program, wat beteken dat basiese vakke soos anatomie en sielkunde van die begin af in die studieprogram vir verskillende toestande toegepas word. ’n Probleemgebaseerde leerbenadering word gebruik, wat studente se selfvertroue en onafhanklikheid bevorder. Dit is belangrik vir hulle werk in hospitale en klinieke in die gemeenskap in die huidige gesondheidstelsel.

� KurrikulumDie kurrikulum behels ’n ineenskakeling van die geestes- en natuurwetenskappe. Dit weerspieël die uitvoering van die aktiwiteite van ’n persoon tydens sy of haar leeftyd. Studente leer hoe om die arbeidsterapieproses toe te pas op persone wie se funksionering aangetas is deur ontwikkelingsagterstande, verwaarlosing, siekte, trauma, ongelukke of veroudering.

� LeerprogramDie studieprogram behels vier jaar voltydse studie en is ontwerp om die aktiewe deelname van die student te fasiliteer. Gedurende die vier jaar doen studente praktiese werk by verskillende klinieke, instansies en hospitale, en in ontwikkelende gemeenskappe.

� NavorsingStudente kry op voorgraadse vlak die geleentheid om onder leiding van personeel kennis te maak met navorsingsaktiwiteite. Nagraadse studente doen navorsing oor ’n verskeidenheid onderwerpe wat wissel van die ergonomiese ontwerp van rolstoele tot die effek van musiekaktiwiteite op die gedrag van pasiënte met psigiatriese versteurings. Nagraadse diplomas in Handterapie en Beroepsrehabilitasie word ook deur die Departement Arbeidsterapie aan die Universiteit van Pretoria aangebied.

LoopbaangeleenthedeArbeidsterapeute kan by verskeie instansies werk, byvoorbeeld in hospitale (insluitende psigiatriese hospitale), skole, sentrums vir bejaardes, welsynsorganisasies, munisipale klinieke en gemeen-skapsorganisasies. Werksgeleenthede in die privaat sektor sluit privaat praktyke en versekeringsmaatskappye in. Nagraadse studie kan onderneem word en kan lei tot ’n loopbaan as ’n dosent en navorser in die akademiese wêreld.

KontakinligtingMe Maretha BekkerTel +27 (0)12 354 1374/1326E-pos [email protected]

Inligting oor opedae sal op die webtuiste beskikbaar gestel word. Skakel +27 (0)12 354 1326 om ’n afspraak te maak.

BDieetkunde – Baccalaureus in Dieetkunde

Dieetkunde is ’n dissipline wat die instandhouding en verbetering van gesondheid deur middel van goeie voeding bevorder. Dit is gebaseer op die biologiese wetenskappe, fisiese gesondheidswetenskappe, geesteswetenskappe, kommunikasiekunde en bestuurswetenskappe. Dieetkundiges spesialiseer in mensvoeding. Hulle doen berading betreffende die voeding van gesonde en siek mense,

As ’n derdejaar arbeidsterapiestudent kan ek sonder twyfel sê dat ek die regte loopbaan gekies het. Arbeidsterapie is ’n opwindende beroep wat my in staat stel om ’n verskil in mense se lewens te maak deur vir hulle noodsaaklike lewensvaardighede te leer. Die Departement Arbeidsterapie bied ’n ondersteunende omgewing waar toekomstige terapeute toepaslike stimulasie kry. Die Departement volg ’n eksperimentele benadering tot leer; dit stel ons in staat om met praktiese ondervinding voort te bou op ons teoretiese kennis. My arbeidsterapiestudies is nie

vir my net ’n intellektuele uitdaging nie, maar ’nʼn holistiese uitdaging vir my hele menswees. Dit is nie net ‘pret en plesier’ nie; dit verg ook harde werk en toewyding. Die arbeidsterapiekursus maak voorsiening vir ’n wye verskeidenheid spesialisterreine. Nadat ek my graad voltooi het, wil ek graag as ’n pediatriese arbeidsterapeut werk. Om arbeidsterapie te studeer is ’n reis – en die reis is die beloning.

Sajida Mitha: BArb – Baccalaureus in Arbeidsterapie

Page 17: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 14

Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe

in die openbare en privaat sektore, deur geskikte standaarde vir voedingsorg daar te stel.

Die dieetkundige is ook verantwoordelik vir die bestuur van voedseldiensstelsels. Dit word gedoen deur die daarstel van optimale kwaliteitstandaarde ten opsigte van voeding vir groepe soos bejaardes, studente, kinders en hospitaalpasiënte. Dieetkundiges is betrokke by die ontwikkeling van nuwe voedselprodukte wat spesifiek ontwerp is volgens verbruikers se behoeftes. Hulle lewer belangrike insette tydens die formulering van voedselprodukte om die voedingstatus van die teikengroepe binne die gemeenskap te verbeter.

Dieetkundiges neem deel aan navorsing om die oorsake en optimale behandeling van voedingsverwante probleme te identifiseer. Hulle beplan en implementeer voedingsprogramme en beleidsontwikkeling as deel van gemeenskapsontwikkeling – die voedingsboodskap word gebruik om alle Suid-Afrikaners te bemagtig en op te hef. Dieetkundiges voorsien voedingsopleiding aan gemeenskappe wat geneig is tot siektes as gevolg van ’n voedingsoormaat of -tekort en moet oor ’n uitgebreide kennis van die gemeenskap se voedingstatus beskik. Dieetkundiges lewer ook ’n bydrae tot die beplanning van spesiale diëte vir sportlui wat op ontspannings- of professionele vlak deelneem.

KeuringDie unieke keuringsproses wat vir toelating gebruik word, beteken dat elke dieetkundige met die hand uitgesoek word. Keuring word gebaseer op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Vir finale keuring word sekere minimum prestasievlakke vir vakke vereis (sien die minimum vereistes op bladsy 1).

Beskrywing van die studieprogramDie geïntegreerde BDieetkunde-graad behels vier jaar voltydse studie en bestaan uit teoretiese en praktiese opleiding. Dit behels ’n gestruktureerde program vir selektiewe opleiding. ’n Uitkomsgebaseerde en probleemgeoriënteerde benadering word in ’n kliniese en gemeenskapsomgewing gevolg. Die kursus bestaan hoofsaaklik uit drie spesialiseringsgebiede binne die bestek van die praktyk.

Kliniese dieetkunde (mediese voedingterapie) is op die voeding van individue toegespits. Dit kan voorkomend wees met betrekking tot leefstylverwante siektes, of dit kan terapeuties wees met betrekking tot die behandeling van ’n siekte, soos in die geval van ’n persoon met diabetes wat ’n sekere dieet moet volg wat deur die dieetkundige saamgestel en gemonitor word.

Gemeenskapsgebaseerde dieetkunde het ten doel om gemeenskappe of groepe toe te rus en op te lei met die oog op die verbetering van hulle gesondheid deur middel van voeding. ’n Goeie voorbeeld hiervan is gevalle waar gemeenskappe opgelei word oor die tipes voedsel wat benodig word om ’n gesonde leefstyl te bevorder. Hulle word opgelei om sekere soorte groente te kweek wat die nodige voeding kan verskaf indien hulle nie toegang daartoe het nie.

Die bestuur van grootskaalse voedseldienseenhede, waar die voedingsbehoeftes van kliënte of pasiënte in aanmerking geneem word in die beplanning van normale en terapeutiese diëte van ’n hoë gehalte, word bestudeer. Ten einde hierdie professionele diens te lewer, is wetenskaplike kennis van die volgende nodig: � voedsel en voedingstowwe � die voedingsbehoeftes van siek en gesonde mense � die biochemiese en fisiologiese beginsels van voeding � die rol van voeding in die oorsake, verloop en behandeling

van siektes � voedingsonderrig en -raadgewing

Nadat die graad voltooi is, moet die dieetkundige vir een jaar verpligte gemeenskapsdiens verrig. Gegradueerdes moet by die Raad op Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika (RGBSA) registreer. Die graad word internasionaal erken.

LoopbaangeleenthedeDieetkundiges wat aan die Universiteit van Pretoria gradueer beskik oor geïntegreerde teoretiese en praktiese opleiding in biochemie, fisiologie, farmakologie, sielkunde, kommunikasie en raadgewing, voedselwetenskap, mensvoeding, mediese voeding-terapie, sowel as voedseldiensbestuur. Dieetkundiges kan met mense werk, danksy die holistiese opleiding in die biologiese, gesondheids- en geesteswetenskappe. Hulle is toegerus om onafhanklik te funksioneer, danksy die probleemoplossingsvaardighede wat hulle gedurende die akademiese en praktiese opleiding aangeleer het. Hulle sal in staat wees om gesondheidsorgprogramme in gemeenskappe te ontwikkel.

Dieetkundiges is vaardig in die gebruik van tegnologie en navorsing op die gebied van voeding, en kan ook suksesvol as deel van ’n multidissiplinêre gesondheidsorgspan werk. Dieetkundiges is vaardig in die lees, interpretasie en skryf van wetenskaplike en populêre lektuur vir die leek oor mensvoeding.

Sodra dieetkundiges by die RGBSA geregistreer is, kan hulle as lede van die gesondheidsorgspan raad verskaf oor voeding en voedingsbestuur in hospitale en klinieke. Voorkomende voedingsorg kan aan die publiek gelewer word deur middel van voedingsonderrig oor gesonde eetgewoontes en die voorkoming van voedingsverwante siektes. Bepaalde

Om dieetkunde te studeer was ’n uitdagende maar ongelooflike ervaring. Ek het nie net van die wetenskap van dieetkunde geleer nie, maar ook my sterkpunte ontdek. Omdat die klasse klein is, skep dit ’n ondersteunende omgewing wat baie goed is vir jou studies. Hierdie ervaring het my ook geleer om meer onafhanklik te wees.

Khumbu Dlamini: BDieetkunde - Baccalaureus in Dieetkunde

Page 18: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

15 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe

uitdagings bestaan op die gebied van primêre gesondheidsorg, waarby die dieetkundige op voetsoolvlak betrokke is.

Die Departement van Gesondheid is die belangrikste werkgewer op dié gebied. Die dieetkundige in die privaat praktyk bied voedingsraad aan pasiënte wat deur ’n geneesheer verwys word. Gewone voeding, byvoorbeeld sportvoeding, bied ook interessante geleenthede vir konsultasie. Dieetkundiges kan ook hulle kundigheid aan voedseldienseenhede en ander privaat maatskappye, soos farmaseutiese maatskappye, bied.

’n Loopbaan in dieetkunde bied geleenthede om bestuursvaardighede te ontwikkel en te ontplooi. Die dieetkundige van ’n voedseldiensstelsel bestuur byvoorbeeld die grootskaalse voedseldienseenheid, terwyl die ervare kliniese dieetkundige in beheer is van die kliniese voedingsdiens van ’n hospitaal. Gehalteversekering is belangrik in hierdie verband.Nagraadse studie kan onderneem word en kan lei tot ’n loopbaan as ’n dosent en navorser in die akademiese wêreld.

KontakinligtingMe Gerda GerickeTel +27 (0)12 354 1408/1291E-pos [email protected]

BPhysT – Baccalaureus in Fisioterapie

Fisioterapeute beywer hulle om die normale fisieke funksionering van die menslike liggaam te herstel of te bevorder en om mense met beserings en gestremdhede te rehabiliteer. Verskeie metodes word gebruik om dit te bewerkstellig. Elkeen word deur die loop van die studieprogram behandel. Die studieprogram is op die

uitkomsgebaseerde, probleemgeoriënteerde benadering tot opleiding gegrond. Studente in fisioterapie word aan ’n verskeidenheid pasiënte blootgestel en kan deur middel van ondersoek- en probleemoplossingsvaardighede ’n sinvolle diens aan enige pasiënt lewer. Fisioterapeute wat aan die Universiteit van Pretoria gestudeer het, is wêreldwyd in elke sektor van gesondheidsorg in aanvraag.

KeuringKeuring word op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys gebaseer. Vir finale keuring word sekere minimum prestasievlakke vir vakke vereis (sien die minimum vereistes op bladsy 1). Vir kandidate wat nog op skool is, word die Graad 11-eindeksamenpunt as die basis vir voorlopige keuring gebruik. Om keuring in hierdie kategorie te behou, moet kandidate ná bekendmaking van die Graad 12- eindeksamenuitslae aan alle voorgeskrewe vereistes voldoen. ’n Kandidaat se TPT mag nie met meer as twee punte daal nie, aangesien die akademiese standaard waarop ’n kandidaat voorlopig gekeur was, gehandhaaf moet word. Ongeveer 60 studente word op akademiese meriete vir die eerste studiejaar gekeur.

Beskrywing van die studieprogramFisioterapie is ’n aanvullende beroep in gesondheidsorg en die studieprogram behels vier jaar voltydse studie. Studente word in oefenterapie, elektroterapie, massering, die analise van beweging en onderrig opgelei om sodoende die pasiënt se normale fisieke werking te herstel of te bevorder.

Elektroterapie-modaliteite word hoofsaaklik gebruik vir die verligting van pyn en edeem en die verhoging van bloedvoorsiening om die patologiese prosesse in die liggaam te beïnvloed. Sagte weefsel soos spiere, die vel en littekens word tydens massering gemobiliseer om pyn en spierspasma te verlig, swelling te verminder, sirkulasie te verbeter en

Om ’n graad te kies wat die loopbaan bepaal wat jy die res van jou lewe gaan volg, is ’nʼn skrikwekkende taak. Dis baie moeilik om nie aan al die ‘sê nou’-vrae te dink nie, byvoorbeeld: ‘Sê nou ek raak verveeld of oor vyf jaar haat ek my werk?’ Dit is hoekom ek glo fisioterapie is die regte loopbaan vir my en vele ander. Fisioterapie is ’n loopbaan met nimmereindigende maniere om pasiënte te behandel en te rehabiliteer. Ek leer nog elke dag meer oor die ewig veranderende metodes vir voorkoming, rehabilitasie en behandeling wat in fisioterapie gebruik word. Ons

fisioterapiedepartement hier by die Universiteit van Pretoria streef daarna om seker te maak dat ons goed toegerus is met teoretiese en praktiese kennis. Ons klasse is klein genoeg vir persoonlike interaksie met die dosente en onder mekaar. Dit help ons as studente om vrylik vrae te vra as ons iets nie heeltemal verstaan nie en om by mekaar te leer. Interaksie tydens ons praktiese klasse bied ‘n unieke geleentheid om sterk vriendskappe en verhoudings met toekomstige kollegas te vorm. Ek is dankbaar vir hierdie geleentheid om op pad te wees na ’n loopbaan wat so ‘n groot verskil aan so baie mense se lewens kan maak.

Meghan Dodds: BPhysT - Baccalaureus in Fisioterapie

Page 19: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 16

Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe

littekenweefsel te versag. Mobilisasie en manipulasies word gebruik om gewrigsverwante probleme in die vertebrale en perifere gewrigte te behandel. Pulmonologiese fisioterapie behels die behandeling van pasiënte met longsiektes.

PrograminhoudDie eerste vier studiejare bestaan uit teoretiese, praktiese en kliniese opleiding in basiese mediese wetenskappe en fisioterapie. ’n Verdere gemeenskapsjaar, wat nie deel van die universiteitsopleiding uitmaak nie, is verpligtend.

Oefenterapie sluit gespesialiseerde tegnieke in om spiere te versterk, om stywe gewrigte te mobiliseer en om normale beweegpatrone te fasiliteer. Gekoördineerde vaardighede en bewegingspatrone word aan pasiënte geleer, sodat hulle funksioneel so onafhanklik moontlik kan wees. Behandelingsbeginsels word toegepas op pasiënte met neurologiese probleme, spinaalkoordbeserings, asook op sportlui.

� Gemeenskapsdiens’n Ingeligte gemeenskap is ’n gesonde gemeenskap, en daarom word baie tyd bestee aan die opleiding van pasiënte en hul versorgers. ’n Voorbeeld hiervan is die aanleer van ’n goeie postuur deur volwassenes en kinders om latere toestande soos rugpyn en swak rug- en maagspiere te voorkom. Pasiënte word ook geleer om hulle eie gesondheid te monitor en fisies aktief te wees. Gemeenskapsgebaseerde opleiding van voorgraadse studente vind plaas in die gemeenskappe van Mamelodi, Hammanskraal, Daspoort en Eersterust, verskeie tehuise vir bejaardes in Pretoria en by die Universiteit van Pretoria se Sportsentrum.

� NavorsingStudente kry reeds op voorgraadse vlak die geleentheid om onder die leiding van die personeel met die navorsingsproses kennis te maak. Navorsing is noodsaaklik vir die ontwikkeling en die uitbreiding van die beroep. ’n Proaktiewe navorsingsomgewing in die Departement, op voor- en nagraadse vlak, word dus as uiters belangrik beskou.

LoopbaangeleenthedeDaar is werksgeleenthede vir fisioterapeute in hospitale, by skole vir kinders met spesiale behoeftes, en in myn- en nywerheidsklinieke en -hospitale beskikbaar. Geleenthede bestaan ook in privaat praktyke, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, tehuise vir bejaardes, plaaslike owerhede (munisipale klinieke) en sportsentrums. Nagraadse studie kan onderneem word en kan lei tot ’n loopbaan as ’n dosent en navorser in die akademiese wêreld.

KontakinligtingMuhammad DawoodTel +27 (0)12 354 1133E-pos [email protected]

BRad – Baccalaureus in Radiografie

Radiografie is ’n gesondheidsorgberoep wat te make het met mediese diagnostiese beelde. Dit is een van die beroepe in moderne gesondheidsorg wat die vinnigste groei. Die Universiteit van Pretoria bied ’n voorgraadse kursus aan in Diagnostiese Radiografie en nagraadse kursusse in drie professionele rigtings: diagnostiek, stralingsterapie

en kerngeneeskunde. Studente word blootgestel aan alle fasette van gesondheidsorg tydens hul opleiding. Opleiding vind plaas by primêre, sekondêre en tersiêre instellings. Die Departement Radiografie in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is een van twee departemente in Suid-Afrika wat ’n graadprogram in Radiografie aanbied. As lede van die gesondheidsorgspan sal hulle ‘n beter begrip hê van ‘n holistiese benadering tot pasiëntsorg.

KeuringKeuring berus op akademiese meriete, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Ander vakke wat nuttig mag wees tydens die studietydperk sluit Lewenswetenskappe en Fisiologie in, maar is nie ’n vereiste nie. Voornemende studente moet bewys lewer van twee besoeke aan X-straaldepartemente, een in die openbare sektor en een in die privaat sektor. Daar word sterk aanbeveel dat studente blootgestel word aan verskeie ondersoeke en prosedures wat uitgevoer word in Radiografiedepartemente. Dit sal hulle in staat stel om sinvolle beroepskeuses te maak.

Beskrywing van die studieprogramBRad (Diagnosties) is ’n voltydse studieprogram wat oor ’n tydperk van drie jaar strek, gevolg deur een jaar verpligte gemeenskapsdiens.

PrograminhoudStudente volg ’n akademiese en ’n kliniese program. Die akademiese program strek oor ongeveer 28 weke van die jaar, waartydens studente lesings bywoon. Kliniese opleiding vind plaas in ooreenstemming met hul akademiese vordering om die studente in staat te stel om verantwoordelikheid te aanvaar vir ondersoeke.

Kliniese opleiding vind plaas in die radiologie-departemente by die Steve Biko Akademiese Hospitaal, Kalafong Akademiese Hospitaal, Pretoria-Weshospitaal, Mamelodi-hospitaal, Tshwane Distrikshospitaal, sowel as in sommige privaat radiologiese praktyke. ’n Rooster word vir die studente opgestel om te verseker dat die verpligte kliniese ervaring wat nodig is om vaardigheid te bereik in die onderskeie kliniese ondersoeke en prosedures, binne die voorgeskrewe drie jaar opgedoen word. Studente doen ook kliniese ervaring na ure op. Dit impliseer dat hulle ook sommige naweke en gedurende openbare vakansiedae soos Kersfees, die Paasnaweek en Nuwejaarsdag sal praktiseer. Dit is belangrik dat hierdie aspek van die opleiding van die begin af met die regte gesindheid benader word.

Studente moet by die RGBSA registreer voordat hulle as student-radiograwe begin praktiseer. Die Raad stel sekere vereistes vir akademiese kennis en kliniese ervaring wat bereik moet word gedurende die student se opleiding, en dit is ’n voorvereiste vir registrasie as gekwalifiseerde radiograaf.

Die persoonlike eienskappe waaroor ’n radiograaf moet beskik, sluit ’n opregte begeerte om siek en beseerde pasiënte te wil help in. Gedurende die loop van ’n werksdag sal baie besluite oor pasiëntesorg geneem word. Selfdissipline en ’n sin vir verantwoordelikheid sal die student-radiograaf help met die hantering van elke situasie. Die radiograaf moet goeie gesondheid geniet, aangesien die werk baie fisieke beweging vereis terwyl daar aan die pasiënt hulp verleen word en ondersteuning gebied word. Die manipulering van die apparaat behels ook fisieke bewegings.

Page 20: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

17 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe

Radiografiekategorieë wat deur die Universiteit van Pretoria aangebied word

� Diagnostiese radiografieDie diagnostiese radiograaf is ’n onmisbare lid van die gesondheidspan en is verantwoordelik vir die vorming en vaslegging van diagnostiese beelde van ’n pasiënt wat verwys is deur ’n mediese praktisyn vir ’n spesifieke prosedure. X-strale word gebruik om die beeld op die film te vorm. X-straalprosedures varieer in kompleksiteit en strek van eenvoudige ondersoeke van die skelet, tot ondersoeke met behulp van gevorderde hoëtegnologie-toerusting. In laasgenoemde geval kan verskillende beeldingsmodaliteite gebruik word. X-strale en rekenaars kan gebruik word om beelde te produseer. Frakture, breingewasse, bloedings en bloedklonte is net ’n paar van die mediese probleme wat met die gesofistikeerde toerusting gediagnoseer kan word. Diagnostiek word voorgraads en nagraads aangebied.

� Radioterapie en kerngeneeskunde Radioterapie behels die gebruik van hoë-energiebestraling in die behandeling van kwaadaardige en nie-kwaadaardige kanker. Kerngeneeskunde behels die toediening van ’n radiofarmaseutiese middel aan die pasiënt om die anatomie en funksionering van organe sowel as die fisiologie van sekere siektetoestande te demonstreer. Die Universiteit van Pretoria bied Bestralingsterapie en Kerngeneeskunde aan op honneursvlak. Dié twee kategorieë radiografie word aangebied by tersiêre hospitale en geselekteerde privaat gesondheidsorgsentra.

LoopbaangeleenthedeDie gekwalifiseerde diagnostiese radiograaf kan by die volgende instansies werk: � stedelike en plattelandse hospitale � privaat klinieke en hospitale � die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag � mynbou-ondernemings � privaat radiologiepraktyke � opvoedkundige instellings en opleidingsliggame � gespesialiseerde eenhede soos angiografie,

rekenaartomografie, magnetiese resonansie en ultraklank � firmas wat apparaat en toerusting verskaf

Radiograwe kan ook bestuursposte beklee en/of hulle eie privaat praktyke vestig. Nagraadse studie kan in elke area onderneem word en kan lei tot ’n loopbaan as dosent of navorser in die akademiese wêreld.

Vir beroepsvooruitgang in elk van die kategorieë kan studente ook hul meesters- en doktorale studies voltooi.

KontakinligtingMe Erika AhrensTel +27 (0)12 354 1162/1174Faks +27 (0)12 354 1218E-pos [email protected]

Me Mable KekanaTel +27 (0)12 354 4371/1174Faks +27 (0)12 354 1218E-pos [email protected]

My naam is Dineo Leballo en ek is 20 jaar oud. Ek beskryf myself as ‘’n hartlike, spitsvondige en baasspelerige studentradiografis’. Die radiografiekursus is baie opwindend en terselfdertyd uitdagend. Dit voel goed om te weet jy is ’nʼn belangrike lid van die gesondheidsorgspan. As radiografiste is ons in die eerste dienslyn. By ongelukke en in noodsituasies werk ons byvoorbeeld saam met dokters en verpleegsters. Daar is ook geleenthede om met hierdie graad tot op ‘n PhD-vlak te vorder.

Op my reis deur die BRad-graad het ek ’n paar wonderlike geleenthede gehad. Ek is een van die senior studente wat in 2013 gekies is om by die eerstejaars se oriëntering te praat om hulle aan te moedig. Later is ek verkies tot klasverteenwoordiger en vir my het dit soos een van die grootste prestasies gevoel. Ek is tans ’n lid van die Radiografie Huiskomitee (HK) en die hoof van bemarking. My profiel en leierskapposisies toon dat ek nie net ’n student is nie, maar ook ’n integrale deel van die departement en die universiteit as ’n geheel. Radiografie het grootliks gehelp om my karakter te bou en ek wil voornemende studente graag aanmoedig om hard te werk om te voldoen aan die toelatingsvereistes. Ek hoop baie van julle sal radiografie as ’n loopbaan kies. As radiografis is ek trots daarop om ’n lid van die gesondheidsorgspan en ‘die oë van die siekes’ te wees.

Dineo Leballo: BRad - Baccalaureus in Radiografie

Page 21: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 18

Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe

BCur – Baccalaureus in Verpleegkunde

Die Universiteit van Pretoria se Departement Verpleegkunde het in 1956 met die eerste voorgraadse opleiding vir verpleegkundiges in Suid-Afrika begin. Die Departement is dus die voorloper in die verpleegkundeberoep in Suid-Afrika en baanbrekerswerk word gedoen om tred te hou met nuwe tegnologie en veranderings in die professie. Die Departement Verpleegkunde streef na uitnemendheid in sy onderrig- en navorsingsprogramme en is daarop ingestel om die intellektuele, kulturele en persoonlike ontwikkeling van al sy studente te bevorder. Mans en vroue kan hierdie kursus met welslae volg en in die gesondheidsbehoeftes van die gemeenskap voorsien. Tans beklee heelwat voormalige UP-verpleegkundiges bestuursposte in Suid-Afrika.

KeuringToelating tot die kursus is onderworpe aan departementele keuring. Keuring word op akademiese meriete, die NBT, die Toegevoegdewaarde-vraelys en ’n persoonlike onderhoud gegrond. Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskappe is aanbevole vakke en kan ’n waardevolle bydrae tot studies in hierdie rigting lewer. Hierdie vakke is nie verpligtend nie.

Beskrywing van die studieprogramOm verpleegkunde as beroep te kies, bring mee dat die verpleegkundige deel sal wees van die groot span professionele werkers wat hulle toewy aan gesondheidsorg-dienslewering aan die gemeenskap. Dit vereis bereidwilligheid om die uiteenlopende lewenswyses, oortuigings, waardes en kultuur van ander mense, al verskil dit van jou eie, te verstaan, te aanvaar en te vertrou, en hulle met kennis en persoonlike aanleg te versorg en te dien. Verpleegkunde rus studente toe om diensbaar te wees aan ander en hul lewens te verryk. Die naam van die graad beteken “versorging”. Die kursus behels vier jaar voltydse studie en studente word vir die volgende vier loopbaanrigtings voorberei:

� Algemene verpleegkundeDie verpleging van mense met verskillende behoeftes in verskillende situasies, soos in hospitale, klinieke en privaat praktyke.

� GemeenskapsverpleegkundeDit is veral op primêre gesondheid toegespits. Hierdie rigting behels die voorkoming van siektes en die bevordering van gesondheid, die lewering van kliniese verpleegdienste en die rehabilitasie van mense in die breë gemeenskap.

� Psigiatriese verpleegkundeDie klem val op die geestesgesondheid van individue, gesinne en die gemeenskap.

� VroedvrouHierdie rigting is toegespits op die voorsiening in die unieke liggaamlike, sielkundige en geestelike behoeftes van ’n vrou en haar baba binne gesins- en gemeenskapsverband.

Kliniese leerervaring word hoofsaaklik in die Steve Biko Akademiese Hospitaal opgedoen. Studente word ook uitgeplaas na ander gesondheidsorginstellings vir toepaslike en uitgebreide blootstelling aan praktiese verpleegkunde. Dit bring mee dat studente gedurende die semester, en ook

sekere vakansietye, vasgestelde ure aan werklike verpleging wy. Studente registreer as studenteverpleegkundiges by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV).

PrograminhoudDie leerplan bestaan uit vakke wat die grondslag vorm van verpleegkunde, naamlik die sosiale, biologiese en verplegingswetenskappe. Die vakke van die verskillende wetenskappe word deur vakkundiges van die Universiteit van Pretoria aangebied. ’n Modulêre, uitkomsgebaseerde benadering word gevolg. Raadpleeg die Jaarboek vir verdere inligting.

LoopbaangeleenthedeGegradueerdes kan by verskillende hospitale en klinieke in die gemeenskap werk, en hulle kan privaat verpleegpraktyke bedryf. Die regering en privaat sektor bied ’n wye reeks geleenthede waaruit gekies kan word. Die volgende spesialiseringsgebiede in verpleging bestaan: � algemene, mediese en chirurgiese verpleegkunde � traumaverpleegkunde � teaterverpleegkunde � gemeenskapsverpleegkunde � psigiatriese verpleegkunde � vroedvrou � pediatriese verpleegkunde � neonatale verpleegkunde � verplegingsbestuur � verplegingsonderwys

BCur-kontakinligtingMe Christelle BoersemaTel +27 (0)12 354 1332Faks +27 (0)12 354 1490E-pos [email protected]

Me Varshika BhanaTel +27 (0)12 354 1773 Faks +27 (0)12 354 1490E-pos [email protected]

BCur(I et A)-kontakinligtingHierdie program bied aan professionele verpleegkundiges wat by die SARV geregistreer is die geleentheid om meer as die basiese professionele kwalifikasies te verwerf. Dit word aangebied deur middel van fleksieleer.

Dr Doriccah PeuTel +27 (0)12 354 2133 Faks +27 (0)12 354 1490E-pos [email protected]

Dr Carin MareeTel +27 (0)12 354 1098 Faks +27 (0)12 354 1490E-pos [email protected]

Me Celia FilmalterTel +27 (0)12 354 2131Faks +27 (0)12 354 1490E-pos [email protected]

Page 22: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Heading...

19 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

My vroegste herinnering aan die begeerte om ’n verpleegster te word, is van ’n boek wat ek op laerskool gelees het oor beroemdes wat ’n verskil in die wêreld gemaak het. My herinneringe aan daardie dag is ’n bietjie vaag; ek onthou nie eens die titel van die boek nie, maar ek onthou ek het gelees van ’n vrou wat snags met ’n lamp deur haar saal geloop en na haar pasiënte gekyk het.

Hierdie dame wat onder al haar pasiënte geliefd was, het bekend geword as die ‘vrou met die lamp’, Florence Nightingale. Ek het heel waarskynlik by myself gedink: goeiste, ek wil soos hierdie vrou wees. My passie vir verpleging het gegroei terwyl ek die vroue in my familie wat verpleegsters is, dopgehou het. Al drie van hulle is baie passievol oor die verskillende velde waarin hulle gekies het om te spesialiseer. Dis geen wonder dat ek verpleging as ’nʼn beroep gekies het nie.

Een van die grootste geskenke wat jy as ’n studentverpleegster kry, is dat jy van jou eerste jaar af die hospitaal as werksomgewing leer ken. Vir my was dit ’n wonderlike geleentheid. Ek het mense van alle vlakke ontmoet; ek het gestaan langs die beddens van pasiënte wie se lewens aan ’n draadjie hang en in my hart saggies vir hulle gebid. Ek het dapper kinders, vroue en mans gesien veg vir hul lewens. As ’n multidissiplinêre span is ons soms bang ’n pasiënt gaan nie herstel nie en ons bel selfs hul families om te kom groet, en dan loop daardie pasiënte ’n paar weke later uit die saal en voel baie beter.

Ek het die voorreg om te leer van die beste span verpleegsters wat ek ken. Hierdie mans en vroue het my geleer om baie hoog te mik. Hulle het my as BCur-student geleer om oplossings te soek in my werk eerder as om voortdurend op probleme te fokus. By hulle het ek geleer dat ’n verpleegster ’n leier is; ons maak of breek enige hospitaal of gesondheidsfasiliteit. Ek kies om deel te wees van die span wat werk om ’n positiewe bydrae te lewer.

Dit is ’n baie bevredigende beroep wat jou baie lewenslesse leer soos geduld, om pligsgetrou te wees en altyd jou heel beste te lewer selfs al sê niemand vir jou dankie of gee erkenning aan jou pogings nie.

Sanele Gambu: BCur - Baccalaureus in Verpleegkunde

Page 23: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 20

Algemene inligting

1. Universiteit van Pretoria kampusse en kontakinligting

Kliëntedienssentrum (KDS)Tel +27 (0)12 420 3111E-pos [email protected] www.up.ac.za

LiggingUniversiteit van Pretoria, hv Lynnwoodweg en Roperstraat, Hatfield, Suid-Afrika

PosadresUniversiteit van Pretoria, Privaatsak X20, Hatfield 0028, Suid-Afrika

GPS-koördinate van kampusseHatfield S25˚45’ 21” E28˚13’ 51”GIBS S26˚07’ 46.2” E28˚02’ 46.788” (56 km van Hatfieldkampus)Groenkloof S25˚46’ 10” E28˚12’ 34” (3.5 km van Hatfieldkampus)UP-sportkampus S25˚45’ 10” E28˚14’ 46” (1.2 km van Hatfieldkampus)Mamelodi S25˚43’ 22” E28˚23’ 56” (12 km van Hatfieldkampus)Onderstepoort S28˚10’ 54” E25˚38’ 52” (22 km van Hatfieldkampus)Prinshof S25˚43’ 57” E28˚12’ 10” (6 km van Hatfieldkampus)

2. Toelatingsvereistes

Die statutêre minimum vereistes vir graadstudie is ’nʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met ʼn’n minimum prestasievlak van 4 (50%–59%) in vier erkende NSS 20-kredietvakke uit die aangewese vaklys hieronder: � Rekeningkunde � Landbouwetenskap � Besigheidstudies � Verbruikerstudies � Dramatiese Kuns � Ekonomie � Ingenieursgrafika en -ontwerp � Geografie � Geskiedenis � Inligtingtegnologie � Tale* � Lewenswetenskappe � Wiskundige Geletterdheid � Wiskunde � Musiek � Fisiese Wetenskap � Religieuse Studies � Visuele Kunste

*Weens die tale wat as onderrigtaal by die Universiteit van Pretoria gebruik word, is dit raadsaam dat studente Engels en/of Afrikaans as ʼn Huistaal of as ʼn Eerste Addisionele Taal, tesame met enige ander taal van keuse, moet hê. Bykomende vereistes mag deur fakulteite en/of sekere studieprogramme gestel word.

Voornemende studente in Graad 12 (finale skooljaar) moet hulle finale Graad 11-jaarpunt (promosiepunt) gebruik om aansoek te doen. Geen Graad 12-punte sal vir voorwaardelike toelating oorweeg word nie. Let daarop dat voornemende studente wat reeds die skool verlaat het, hul NSS/IEB*-sertifikaat moet gebruik om aansoek te doen. Verwys ook na Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa op bladsy 11). Addisionele keuringskriteria is van toepassing op aansoeke vir keuringsprogramme.

Voorlopige toelating word toegestaan op grond van die uitslae van die finale Graad 11-eksamen (promosiepunt). Let daarop dat die finale Graad 12-uitslae deurslaggewend is vir toelating. Let asseblief ook daarop dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige studieprogram waarborg nie.

Die berekening van ʼn Toelatingspunttelling (TPT) is gebaseer op ʼn kandidaat se prestasie in enige SES erkende NSS-20-kredietvakke (insluitende vakke van die nie-aangewese vaklys, bv RTT, Toerisme, Gasvryheidstudies en Siviele, Elektriese & Meganiese Tegnologie, ens), deur gebruik te maak van die NSS-sewepuntgraderingskaal. Lewensoriëntering is ʼn 10-kredietvak, en word nie vir die berekening van die TPT ingesluit nie. Lewensoriëntering is ook nie ʼn fakulteitspesifieke vakvereiste nie.

*Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)

Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-sewepuntgraderingskaal

Prestasievlak Beskrywing Persentasie

7 Uitstaande prestasie 80–100%

6 Verdienstelike prestasie 70–79%

5 Wesenlike prestasie 60–69%

4 Voldoende prestasie 50–59%

3 Middelmatige prestasie 40–49%

2 Elementêre prestasie 30–39%

1 Nie behaal nie 0–29%

Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)Die NBT is nie verpligtend vir alle studieprogramme nie. Verwys asseblief na die toepaslike studieprogramme in hierdie brosjure. Let asseblief daarop dat die Akademiese Geletterdheidstoets nie die NBT vervang nie.

KontakinligtingTel +27 (0)21 650 3523Webwerf www.nbt.ac.za

3. Aansoek om toelating

� Aansoeke open op 1 Maart van die jaar wat die studiejaar voorafgaan. Aansoekvorms moet die KDS bereik voor die sluitingsdatum.

� Ons beveel aan dat jy aanlyn aansoek doen by www.up.ac.za/aansoeke. Sodra jou aansoekvorm verwerk is, sal jy ʼn agtsyfer UP-studentenommer ontvang. Jy is ook welkom om ʼn aansoekvorm van die webwerf af te laai.

Page 24: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

21 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Algemene inligting

� Dit word sterk aanbeveel dat jy ook ʼn tweede keuse studieprogram op jou aansoekvorm aandui. Verwys na www.up.ac.za/toelatingsinligting. Dit is nie raadsaam om vir twee keuringsprogramme as ʼn eerste en tweede keuse aansoek te doen nie. Keuringsprogramme is studieprogramme met vervroegde sluitingsdatums en beperkte aantal plekke en moet verkieslik as eerste keuse op jou aansoekvorm aangedui word.

� ʼn Nie-terugbetaalbare aansoekheffing van R300 moet elke aansoek vergesel.

� Die volgende dokumente moet jou aansoek vergesel:- ʼn Afskrif van jou finale Graad 11-eksamenrapport

waarop jou promosiepunt voorkom- ʼn Afskrif van jou ID of jou geboortesertifikaat

� Aansoekvorms wat gefaks, geskandeer, of per e-pos gestuur is, sal nie aanvaar word nie. Elke student moet slegs een aansoekvorm voltooi.

� Jy kan die vordering van jou aansoek aanlyn volg by die UP Portaal (Student Centre). Besoek www.up.ac.za/portal.

4. Taalbeleid en onderrigmedium

Die Universiteit maak in sy algemene bedrywighede van twee amptelike tale gebruik, naamlik Afrikaans en Engels. By formele onderrig is die onderrigmedium óf Afrikaans óf Engels óf albei tale, indien daar ’n aanvraag is en dit akademies en ekonomies regverdigbaar is. Dit bly egter steeds ’n student se verantwoordelikheid om jaarliks vas te stel in watter taal ’n module en alle verdere vlakke van die module aangebied word. Wat administratiewe en ander dienste betref, is ’n

student daarop geregtig om te kies of die Universiteit in Afrikaans of Engels met hom of haar moet kommunikeer. Waar die Universiteit oor die vermoë beskik, word Sepedi addisioneel as ’n kommunikasietaal gebruik.

5. Beurse, toekennings en lenings (finansiële ondersteuning)

Universiteitsbestuurde beurse en leningsDoen aansoek tussen 1 Augustus en 30 September van die jaar wat jou studies voorafgaan by www.up.ac.za/feesfunding. Let asseblief daarop dat aansoekers vir sportbeurse ook ʼn aansoekvorm moet voltooi wat verkrygbaar is van die Sportsentrum, [email protected], +27 (0)12 420 6060 of www.up.ac.za/sport.

Universiteitsbestuurde toekenningsLeerders doen nie aansoek vir hierdie toekennings nie. Hulle word outomaties na registrasie toegeken. Vir die spesiale kriteria, verwys asseblief na www.up.ac.za/feesfunding.

Ander finansiële ondersteuningsopsies � Edu-loan: www.eduloan.co.za � The Bursary Register:

Tel +27 (0)11 672 6559E-pos [email protected] www.gostudy.mobi

� www.bursary.hcifoundation.co.za

Prestasietoekennings – nuweling-eerstejaarstudente: 2015*Gewaarborgde voorgraadse prestasietoekenningsLeerders doen nie aansoek vir die onderstaande prestasietoekennings nie. Hierdie toekennings word gebaseer op akademiese prestasie.

Kwalifiserende gemiddelde persentasie

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Fakulteit Veeartsenykunde

Ander fakulteite

75%–79.99% R6 000 – –

80%–89.99% R15 000 R6 000 R15 000

90%–100% R40 000 R20 000 R40 000*Bedrae sal aangepas word vir 2016.

Let wel: Die Universiteit van Pretoria behou die reg voor om waardes te wysig sonder vooraf kennisgewing. Sien asseblief www.up.ac.za/feesfunding vir die kriteria wat van toepassing is op die bogenoemde prestasietoekennings.

Page 25: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 22

Algemene inligting

6. Spesiale aanbod aan akademiese presteerders

Die spesiale aanbod aan akademiese presteerders is gebaseer op gemiddelde persentasies behaal in die eindeksamen van die finale skooljaar. Hierdie spesiale aanbod mag gewaarborgde toekennings, plasing in studieprogramme en/of koshuisplasing insluit. Vir meer inligting oor die Universiteit se spesiale aanbod aan nuweling-eerstejaarstudente, besoek www.up.ac.za/toelatingsinligting.

Gewaarborgde toelating tot ʼn nie-keuringstudieprogram van die student se eerste of tweede keuse

Voorwaardes � Aansoeke moet voor of op 1 Mei van die jaar wat die aanvang van studie voorafgaan, ontvang word. � Die minimum vereistes vir toelating tot die gekose studieprogram moet nagekom word met die uitslae wat in die

eindeksamen van die finale skooljaar behaal is. � Daar moet voldoen word aan die minimum Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)-vereistes vir die betrokke

studieprogram.

Let asseblief daarop dat toelating tot keuringstudieprogramme nie gewaarborg kan word nie.

Plasing in ʼn koshuis van die Universiteit van Pretoria

75%–89.99% 90%–100%Oorweging vir plasing in ʼn koshuis van die Universiteit van Pretoria berus op die volgende:

Die voornemende student moet: � aansoek doen voor 1 Mei van die jaar wat die aanvang van

studie voorafgaan; � ʼn gemiddeld van tussen 75% en 89.99% behaal het in die

eksamen waarmee die student aansoek doen om toelating by UP; en

� voorlopig toegelaat wees tot ʼn studieprogram.

Let asseblief daarop dat die akademiese gemiddelde persentasie gebaseer is op ʼn berekeningsformule van die Universiteit van Pretoria.

Gewaarborgde plasing in ʼn koshuis van die Universiteit van Pretoria berus op die volgende:

Die voornemende student moet: � aansoek doen voor 1 Mei van die jaar wat die aanvang van

studie voorafgaan; � ʼn minimum gemiddeld van 90% behaal het in die eksamen

waarmee die student aansoek doen om toelating by UP; en � voorlopig toegelaat wees tot ʼn studieprogram.

Let asseblief daarop dat die akademiese gemiddelde persentasie gebaseer is op ʼn berekeningsformule van die Universiteit van Pretoria.

7. UP-bankbesonderhede

ABSA Standard BankTak: Hatfield

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 214 000 0054

Depositoverwysing: Agtsyfer-studentenommer

Vir internasionale transaksies: SWIFT-KODE: ABSAZAJJCPT

Tak: Hatfield

Takkode: 011545

Rekeningnommer: 012 602 604

Depositoverwysing: Agtsyfer-studentenommer

Let wel: � Gebruik altyd jou agtsyfer UP-studentenommer as

verwysing wanneer jy betalings maak. � Laat ten minste vyf werksdae toe vir die verwerking

van die betaling deur jou bank en behou die bewys van betaling (depositostrokie).

� Moenie jou depositostrokie na UP faks nie, tensy dit spesifiek van jou gevra word. Dit sal NIE die tyd bespoedig

wat dit UP neem om jou betaling te verwerk óf diens op dieselfde dag verseker nie, veral nie tydens die registrasietydperk nie.

� As jy Absa se aanlyn-bankdienste wil gebruik, besoek www.up.ac.za vir bystand om aanlyn-bankdienste vir die eerste keer op te stel. Doen ʼn soektog met “UNI” as begunstigde en kies die “students”-opsie. UP se bankrekeningnommer, 214 000 0054, sal op die skerm verskyn wanneer die betaling gemaak word en jy sal toegelaat word om jou studentenommer as verwysing te gebruik.

8. Verblyf

Slegs ʼn beperkte aantal plekke is beskikbaar in die Universiteit se koshuise. Koshuisplasing word gedoen op grond van akademiese prestasie (TPT) in Graad 11 en die datum waarop jy aansoek doen. Gevolglik word jy sterk aangeraai om vir koshuisplasing aansoek te doen in Maart van die jaar wat jou studie voorafgaan. Let asseblief daarop dat die vraag na koshuisverblyf die beskikbaarheid oorskry en toelating tot ʼn studieprogram kan daarom nie plasing in ʼn koshuis waarborg nie. Gewaarborgde plasing in ʼn koshuis is slegs van toepassing op studente wat voldoen aan die minimum vereistes van die UP-spesiale aanbod aan akademiese presteerders.

Page 26: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

23 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Algemene inligting

Aansoek vir koshuisplasing word gedoen op die aansoekvorm vir ʼn studieprogram. Koshuisplasing vind dan plaas NADAT ʼn voornemende student voorwaardelik toegelaat is tot ʼn studieprogram. ʼn Voorgeskrewe reserveringsfooi vir koshuisplasing is betaalbaar nadat jy skriftelik kennis ontvang het dat jy in ʼn koshuis geplaas is. Besoek asseblief www.up.ac.za/toelatingsinligting of www.up.ac.za/accommodation.

PrivaatverblyfDie Universiteit kan ongelukkig nie verblyf aan alle aansoekers verskaf nie aangesien die aanvraag die beskikbaarheid oorskry. Vir meer inligting, verwys asseblief na www.up.ac.za/accommodation.

9. Veiligheidsdienste

Die Departement Veiligheidsdienste skep en verseker ’nʼn 24-uur veilige omgewing, verskaf toegangsbeheer tot alle kampusse sowel as 24-uur geslotebaan-televisiemonitering deur die UP Operasionele Bestuursentrum.

Kontakinligting24-uur Operasionele Bestuurder +27 (0)83 654 047624-uur UP Operasionele Bestuursentrum +27 (0)12 420 2310/276024-uur krisislyn +27 (0)80 000 6428 (tolvry)

10. Internasionale studente

Alle nie-Suid-Afrikaanse burgers moet voor registrasie by die Afdeling Internasionale Studente aanmeld in die Kliëntedienssentrum op die Hatfieldkampus. Nie-Suid-Afrikaanse burgers moet bewys van hulle amptelike status in Suid-Afrika, asook ʼn bewys van voldoende mediesefondsdekking by die Afdeling Internasionale Studente in die Kliëntedienssentrum indien voordat hulle sal kan registreer.

KontakinligtingTel +27 (0)12 420 3111E-pos [email protected] www.up.ac.za/ISDLigging Kliëntedienssentrum

Hatfieldkampus

Stawende dokumenteAlle nie-Suid-Afrikaanse burgers moet hul oorspronklike dokumente toon en twee afskrifte van elk van die volgende dokumente indien:

� Die Internasionale Studente-inligtingsvorm, voltooi en geteken

� ’n Geldige paspoort of ID (in die geval van studente met permanente verblyf in Suid-Afrika)

� ’n Geldige studiepermit geëndosseer vir studie aan die Universiteit van Pretoria, of een van die volgende:- ’n Studie-visum - ’n Asielversoekerstransit-visum- Vlugteling – Artikel 24-permit - ’n Diplomatieke visum

� Bewys van mediesefondsdekking (mediesefondsdekking moet vir ’n jaar vooruit betaal wees, van Januarie tot Desember)

Bogenoemde dokumente moet by ’n internasionale konsultant ingedien word en die inligting moet ingelees word voor jy kan registreer.

Mediesefondsdekking vir studiepermithouersNie-Suid-Afrikaanse burgers wat studiepermithouers is, of wil aansoek doen om ʼn studiepermit moet, in terme van die Suid-Afrikaanse Immigrasiewet, oor voldoende mediesefondsdekking beskik vir die duur van hulle verblyf in Suid-Afrika. Nie-Suid-Afrikaanse burgers wat van voorneme is om aan die Universiteit van Pretoria te studeer, kan aansluit by een van die volgende mediesefondsskemas:

Momentum Health (Ingwe-opsie)Lidmaatskapgelde is jaarliks vooruitbetaalbaar.Tel +27 (0)12 671 8749 (Centurion-kantoor) of +27 (0)86 010 2493 E-pos [email protected] Webwerf www.ingwehealth.co.za

BestMed Mediese Skema (Blueprint-keuse vir studente)Lidmaatskapgelde is jaarliks vooruitbetaalbaar.Tel +27 (0)12 339 9800 of +27 (0)86 000 2378 of +27 (0)86 000 BEST Faks +27 (0)12 323 4106 of +27 (0)12 339 9900 E-pos [email protected]

Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa – HESA)ʼn Volle of buitelandse voorwaardelike vrystellingsertifikaat is ʼn voorvereiste en van toepassing op nie-Suid-Afrikaanse burgers en studente wat nie oor ʼn Suid-Afrikaanse Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-kwalifikasie of die Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)-kwalifikasie beskik nie en vir voorgraadse studie by die Universiteit van Pretoria wil inskryf. Hierdie sertifikaat kan slegs van HESA verkry word.

KontakinligtingTel +27 (0)12 481 2821Faks +27 (0)12 481 2843/50E-pos [email protected] www.hesa.org.zaLigging Unisa Sunnysidekampus Gebou 3 Vlak 1 hv Rissik en Steve Bikostrate Sunnyside Pretoria

Page 27: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

Universiteit van Pretoria 24

Algemene inligting

Toelatingspunttelling (TPT)-omskakelingDie volgende tabelle kan gebruik word om jou punte/simbole na ʼn toelatingspuntteling (TPT) om te skakel wanneer aansoek gedoen word vir studie by die Universiteit van Pretoria (UP).

Toelatingspunttelling (TPT)-omskakelingstabel

TPT(vereiste vlak

vir vakke sowel as algehele TPT)

NSS/IEB SC HGM-telling

SC SGM-telling

HIGCSENSSC HL AS-Level IB SL

IGCSE/GCSE/

NSSC OL/O-Level

Graad 11*

IGCSE/GCSE/

NSSC OL/O-Level

Graad 12**7 7 (80–100%) A 1 A 7 A

6 6 (70–79%) B A 2 B 6 B

5 5 (60–69%) C B 3 C 5 C A

4 4 (50–59%) D C 3 D 4 C B

3 3 (40–49%) E D 4 E 3 D C

2 2 (30–39%) F E 2 E D/E

1 1 (0–29%) G F 1 F F/G

* TPT-omskakeling vir Graad 11-gelykstaande kwalifikasies alleenlik en vir voorwaardelike toelating en keuringsdoeleindes** TPT-omskakeling vir Graad 12-gelykstaande kwalifikasies – nie vir finale toelating nie en moet saam met Advanced Subsidiary

Level en Advanced Level geneem word vir vrystelling

Toelatingspunttelling (TPT)-omskakelingstabel alleenlik vir Cambridge Advanced Level en IB Higher Level

TPTA-Level IB HLVereiste vlak

vir vakkeVereiste vlak

vir algehele TPT7 10 A 7

6 8 B 6

5 7 C 5

4 6 D 4

3 5 E

2 4

1 3

NSS Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12 voltooi gedurende of na 2008) IEB Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)SS HG Senior Sertifikaat Hoërgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)SS SG Senior Sertifikaat Standaardgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)HIGCSE Higher International General Certificate of Secondary EducationA-Level Advanced LevelAS-Level Advanced Subsidiary LevelIB International Baccalaureate Schools (Higher Levels and Standard Levels) IGCSE International General Certificate of Secondary EducationGCSE General Certificate of Secondary Education NSSC Namibia Senior Secondary CertificateO-Level Ordinary Level

Page 28: 2015/16 - up.ac.za Brochures 2015 2016/fb... · dra daartoe by dat gegradueerdes die Universiteit as bevoegde, verantwoordelike en simpatieke gesond-heidsorgpraktisyns verlaat

25 Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2015/16

Notas