32
Jaargang 23 Nr. 5 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Junie 2016 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Radikale Redenaars Vier leerders van PHS het deelgeneem aan die Radikale Rede- naarskompetisie en uitstaande prestasies behaal: Lise Bruwer Gr 2, Wes- Kaap Finaal: Afrikaans Lees Prosa. Nasionaal Finaal: Afrikaans Lees Poësie; English Reading Poetry. Nina Ellis Gr 4, Wes-Kaap: Afrikaans Rede- naars. Nasionaal: Afrikaans Lees Prosa en Poësie/ English Reading Poetry. Annette Bruwer Gr 5, Wes-Kaap: Afrikaans Rede- naars/Afrikaans Lees Prosa en Poësie. Nasionaal: Eng- lish Reading Prose and Poetry. Pieter Bruwer Gr 7, Wes-Kaap: Afrikaans Rede- naars. Nasionaal: Afrikaans Lees Prosa en Poësie/ English Reading Prose and Poetry. Annette, Pieter en Lise Bruwer asook Nina Ellis, links, het uitstekend gevaar by die Radikale Redenaars kompetisie. Foto’s: Ilse Bruwer en Marietha Goosen Snoek en Patatfees 24 - 26 Junie Goedverwacht Huis AJL Nuus...pp8,12 Historiese Stap...p12 Sani2C Multi Stage Race...p15 SSS Matriekafskeid...p18 Eisteddfod…p23 Erekleure ontvang...p24 Talente Kinder- pinkster...p24 Koekeloer Koekemoer...p26 Mílah se droom…p27 PHS hou Markdag...p28 Classic Clashes foto’s...p29

5 die piketberger jun 2016

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: 5 die piketberger jun 2016

1

Jaargang 23 Nr. 5 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Junie 2016

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Radikale Redenaars Vier leerders van PHS het deelgeneem aan die Radikale Rede-naarskompetisie en uitstaande prestasies behaal: Lise Bruwer Gr 2, Wes- Kaap Finaal: Afrikaans Lees Prosa. Nasionaal Finaal: Afrikaans Lees Poësie; English Reading Poetry. Nina Ellis Gr 4, Wes-Kaap: Afrikaans Rede-naars. Nasionaal: Afrikaans Lees Prosa en Poësie/English Reading Poetry. Annette Bruwer Gr 5, Wes-Kaap: Afrikaans Rede-naars/Afrikaans Lees Prosa en Poësie. Nasionaal: Eng-lish Reading Prose and Poetry. Pieter Bruwer Gr 7, Wes-Kaap: Afrikaans Rede-naars. Nasionaal: Afrikaans Lees Prosa en Poësie/English Reading Prose and Poetry.

Annette, Pieter en Lise Bruwer asook Nina Ellis, links,

het uitstekend gevaar by die Radikale Redenaars

kompetisie.

Foto’s: Ilse Bruwer en Marietha Goosen

Snoek en Patatfees

24 - 26 Junie Goedverwacht

Huis AJL Nuus...pp8,12 Historiese Stap...p12 Sani2C Multi Stage Race...p15 SSS Matriekafskeid...p18 Eisteddfod…p23 Erekleure ontvang...p24 Talente Kinder-pinkster...p24 Koekeloer Koekemoer...p26 Mílah se droom…p27 PHS hou Markdag...p28 Classic Clashes foto’s...p29

Page 2: 5 die piketberger jun 2016

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur

Dr. Herold Truter

022 913 1630 / 022 913 2925

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Aandag 2015 se Matrieks Hoërskool Piketberg se 2015 Matrieks kan hul

matrieksertifikate afhaal by die skool.

En-Suite Kamers Te Huur In ou Nederberg Hotel

Slegs vir stil en enkel persone.

Kontak asseblief 072 130 2936 vir navrae.

Te Huur

072 130 2936

Nostalgie in die Breytenbach Sentrum

deur Deidré Eigelaar

Met die uitstalling Nostalgie van Anli in die Breytenbach Sentrum, beplan die twee van ons `n Saterdag uitstappie om die rondleiding in Wellington met ander lede van die Piketberg Leeskring lede by te woon op 23 Mei. Anli se werke spreek diep en veelvlakkig en bly dit `n wonderlike ervaring om die uitstallings by te woon. Nie net om die wonderlike kunswerke te bekyk en te ervaar nie, maar ook om die impak daarvan op die kykers te aanskou. Haar werke, of dit potretstudies of blomstudies is, spreek mense oraloor eerlik en intens aan. Die 23ste Mei realiseer egter nie en kanseleer ons die uitstappie as gevolg van `n misverstand met die Sentrum. Met dié onderneem ek om die artikel vir Die Piketberger te skryf oor die uitstalling, maar dit is belangrik om die werke te sien voordat ek daaroor kan skryf. Om twee vlieë met een klap te raak, besluit ek en Kobus om, na `n afspraak in Kaapstad, by Tannie Winnie en Oom Manie Rust te gaan kuier, waarna ek en Tannie Winnie saam Maandag 9 Mei na Anli se uitstalling gaan kyk. Terwyl die manne gesels is ons saam van 3de Laan 10, na die Breytenbach Sentrum om Anli se Nostalgie te gaan waardeer. Op `n wonderlike erbarme manier word `n stuk geskiedenis in die uitstalling vasgevang in tyd. `n Kunsreis vir die kyker om sodoende `n reis in jou eie geskiedenis te onderneem. Die skildery beeld `n familie uit wat as Dorslandtrekkers bo in die noorde van Namibië `n lewe uitkerf met tydflitse belewenisse van die daar en die nou. Beelde wat elke ‘BabyBoomer’ sal herinner aan hartseie ervaringe. Iets van die ontbering van ons voor-sate, die weerbarstige uithouvermoë, die temperament om te tem en tog die weerloosheid van die goeie, word so op die doek vir die kyker gekoester deur die fyn waarnemingsvermoë van die skilder. Anli se vermoë om emosie multi-dimensioneel te hok tot `n visuele ervaring getuig van `n karakter wat bo giere en tyd kan uitstyg – haar kuns het ewigheidswaarde. Die uitstalling van Anli se eie lewensreis op doek in die Breytenbach Sentrum verbind my nostalgies en vir ewig aan `n wonderlike sielsgenoot en `n persoon wat met ewigheidswaarde geleef het. Dankie Anli dat jou kuns my gebring het tot `n middag gespandeer met jou talent, wat sy so waardeer het. Vir ewig sal die middag jou werke en die digterstuin Tannie Winnie eggo. Bowenal as troos dat dít wat ons nou sien maar `n raaisel in `n spieël is…

Anli Venter by die skildery waarvan tannie Winnie Rust gehou het omdat dit haar aan haar dogters laat

dink het.

Dankie vir Dankie Verlede maand se Piketberger het baie reaksie ontlok. Die Pa en Seun artikel is veral geniet en ook die feit dat die koerant vol interes-santhede is.

Dankie vir die Dankies. Baie dankie aan elkeen wat self foto’s en berigte instuur. Ook aan elkeen wat ons op die spoor van ‘n storie sit, dankie. Dankie aan al die nuusmakers, julle is tops.

Page 3: 5 die piketberger jun 2016

3

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Wintervoorraad

Skoene en Klerasie Beskikbaar

Welkom by Absa

Amanda Cloete is die nuwe takbestuurder by ABSA op Piketberg. Haar lang verbintenis met ABSA het in 1982 begin toe sy by Volkskas in Bloemfontein begin werk het. Daarna het Piet Retief, Greytown, Estcourt

en Heilbron gevolg en die laaste drie jaar in Hoopstad. Amanda is opgewonde om in die Wes-

Kaap te wees en vind Piketberg se mense baie vriendelik en hartlik. Sy sien daarna uit om al die

kliënte en voornemende kliënte te ontmoet. Foto: Marietha Goosen

VLV Piketberg raak Hart en Hande

VLV-Piketberg het die behoefte gesien aan 'n groter mikrogolfoond vir Huis AJ Liebenberg, nadat die kleintjie onklaar geraak het. By die vorige verga-

dering het VLV-lede en gaste donasies vir die projek gegee en is die mikrogolfoond oorhandig aan Marie

de Villiers, Hoof, en Erika Gentle, Huishoudelike Bestuurder. Op die foto is Nicoline Brown, Voorsitter, Alta Vos, Marie de Villiers, Mareza Smit, Dinette Loch-ner en Erika Gentle. Dup Meubels word ook bedank

vir hulle bydrae. Foto: Marietha Goosen

Vadersdag, Sondag 19 Junie

Page 4: 5 die piketberger jun 2016

4

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën

Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111

* Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

Vier Geslagte

Klein Amoneze Prinsloo sit op haar oumagrootjie, Esther Thiart se skoot met haar mamma, Estelle Prinsloo, regs en ouma, Urica Lambrechts agter.

Foto verskaf

VLV Aurora vier 37 jaar

Op 17 Mei het die VLV-lede van Aurora hul 37ste ver-jaarsdag viering gehad. Daar is 'n kersie aangesteek vir 'n oud-lid, tannie Bertha Groenewald, wat 14 jaar lid was van Aurora Tak. Op hierdie geleentheid word

diensknopies uitgedeel vir die volgende lede: 10jr Diensknopies - Suret Kennedy, Althea Adey, Corne

van Zyl, Freda Campbell (Afwesig); 35jr Diensknopie - Bessie Brand. Baie dankie aan hierdie lede vir hulle toegewyde bywoning. Tannie Rae Smit vertel vir die

nuwe lede al die interessante dingetjies wat ons deur die jare gedoen en ervaar het.

Almal gesels heerlik saam oor die "ou " dae.

Diensknopies is oorhandig deur Susan van Geems, Voor-

sitter, links, aan Suret Ken-nedy, Corne van Zyl, Bessie

Brand en Althea Adey.

Helinda Kleynhans steek 'n kersie aan vir

Tannie Bertha Groenewald.

Foto’s: Marinda Mostert

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

Halfdag huishulp. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Betrekking Aangebied

Page 5: 5 die piketberger jun 2016

5

Page 6: 5 die piketberger jun 2016

6

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

By die Munisipaliteit is ons besig met twee groot projekte wat tans die meeste van ons tyd in beslag neem. Die eerste is die goed-keuring van ons drie jaar begroting van 2016/2017, 2017/2018 en 2018/2019. Ons Raad het op 31 Mei vergader om die finale be-groting te oorweeg en goed te keur. Hierdie begroting is gebaseer op al die publieke insette wat ons ontvang het sedert September 2015 en ons bedank ons publiek vir almal se moeite om die wykskomiteever-gaderings en dorpsvergaderings by te woon en waarde-volle insette te lewer. Ook vir almal wat geskrewe insette gelewer het. Die Raad het alles in hulle vermoë gedoen om die tariewe op 6% te hou om dit so bekostigbaar as moontlik te maak vir ons publiek. Ons is terdeë bewus van die moeilike ekonomiese omstandighede in ons land. En ons Raad het dit reggekry en alle tariewe gaan slegs op met 6%, behalwe elektrisiteitstariewe waaroor ons nie beheer het nie, wat opgaan met 7%. Hierdie verhogings sal in werking tree vanaf 1 Julie 2016. Die tweede projek wat baie van ons tyd in beslag neem op die oomblik, is die voorbereidings vir die plaaslike verkiesings op Woensdag 3 Augustus. Ek is ook deur die Raad aangewys as Munisipale Verkiesings Beampte (MEO) vir Bergrivier Munisipale Area en vergader gereeld met al die geregistreerde politieke partye wat beplan om in ons area aan die verkiesing deel te neem. Tydens hierdie skakelvergaderings is verteenwoordigers van al ons SAPD-kantore ook teenwoordig en ons doen alles in ons vermoë om vrye, regverdige en vreedsame ver-kiesings te verseker. Teen hierdie tyd het registrasies gesluit en tref ons die finale operasionele reëlings. Daar sal verkiesings wees in Bergrivier by 25 stemdistrikte in sewe wyke. Die munisipale afbakeningsraad het in die laaste jaar nuwe afbakenings gedoen en van ons wyke het verander. Die kaart met die finale wykindelings is beskikbaar by www.demarcation.org.za. Die grootste verandering was in wyk 5. In die Wes-Kaap was daar reeds op 11 Mei sewe en vyftig (57) partye wat aan die plaaslike verkiesings gaan deelneem. In ons gebied weet ons tans van drie partye en in alfabetiese volgorde is hulle die ANC, die DA en die EFF. Daar is 26 miljoen kie-sers in Suid-Afrika geregistreer om te stem. 2,6 miljoen meer vrouens as mans. Die finale proklamasie van die verkiesing was op 23 Mei en dit gee aan die OVK 72 dae om alles finaal in plek te kry vir die verkiesing. In hierdie tyd word al die kandidate geregistreer, spesiale stemme word voor aansoek gedoen (sal plaasvind op 1 en 2 Au-gustus) en stembriewe word gedruk en reggekry. Elke kieser sal drie stembriewe ontvang waar u vir die wyksraadslid van u keuse stem, ook stem vir die party van u keuse vir die Plaaslike Munisipaliteit en ‘n derde stembrief waar u stem vir die party van u keuse vir die Distriksmunisipaliteit. Hierdie verkiesing sal die stemlo-kale oop wees op 3 Augustus vanaf 07:00 – 19:00 en nie tot 21:00 nie. In die Julie en Augustus uitgawes van Die Piketberger sal ek u verder op hoogte hou oor die verkiesing. Mag Juniemaand ‘n mooi maand wees wat baie reën bring vir ons gebied en waarin al ons inwoners seën en voorspoed ervaar.

Groete uit Nederland Elzaan Trautman skryf… Ek woon nou al drie maande in Nederland. Ek geniet nog elke oomblik hier saam met die familie. Op 1 Mei het ek Keukenhof Tuine besoek. Eers dink jy dis net 'n prentjie waarna jy kyk, maar dan stap jy nader en sien al die pragtige blomme - alle kleure van die reënboog! Ek het 7 Mei na Scheve-ningen Strand gegaan. Een ding van die Nederlanders, as daar son is, gaan almal see toe. Ons het 'n trêm gevat van Den Haag Centraal tot Scheveningen. Almal moes maar staan en net plek kry om vas te hou. Daar was nie eers plek vir 'n muis in die trêm nie. Die sonnetjie was heerlik, maar die water was koud. Ek het die dag afgesluit met roomys, oftewel 'n 'ijsje'. Ek het 2,40 Euro betaal vir twee bolletjies roomys. 15 Mei was dit die eerste Pink-sterdag. Ek het saam met die familie die 'Pinksteren' diens bygewoon in ons kerk. Die een lied wat ons gesing het, was vir my baie mooi : "Kom laat ons deze dag met heilig vuur bezingen en met vernieuwde vreugd, want God deed groten dingen. Eens gaf de heilige Geest aan velen helden moed. Bid dat Hij ons vandaag verlicht met Pinkstergloed." Groete tot volgende keer

Elzaan in Keukenhof Tuine.

Kyk gerus in kleur op die Internet by www.piketbergtourism.co.za -Red.

Page 7: 5 die piketberger jun 2016

7

Tuinbouklub besoek Riebeek

Lede van die Piketberg Tuinbouklub wat die kwekery op Riebeek-Kasteel besoek het. Die eienaar, Corne,

het die lede deur die kwekery geneem en baie inligting omtrent die verskillende plante verskaf.

Behalwe die gewone tuinplante is daar ook 'n bonsai afdeling, 'n orgidie afdeling en van die

grootste vetplantversamelings in die Wes-Kaap. Hy het ook van die pragtuine gaan wys wat deur hom

uitgelê is. Daarna het almal 'n heerlike middagete genuttig. Voorwaar 'n baie aangename en leersame uitstappie. Natuurlik terug op Piketberg met

‘n bakkievrag plante.

Foto verskaf

FruitLips vir Team Sonja

Elouise Josephs, Shana van Wyk, Liebre Eigelaar, Riani

Goliath en Jacques van Wyk van FruitLips ondersteun

Sanet Eigelaar, deelnemer van Koekedoor 2 wat tans op

Kyknet uitgesaai word. Fruit-Lips se produkte word in Sanet se restaurant in Saldanhabaai verkoop en bedien en daarom het FruitLips die “Team Sanet”

hemde aan in die foto. Foto’s verskaf

Sanet Eigelaar

Page 8: 5 die piketberger jun 2016

8

VLV Nuus

Tydens die Gesondheid Algemene vergadering het Linda Santilli gesels oor kinders se selfbeeld en inligting aan ouers verskaf. Sy lê klem daarop dat elke kind uniek is en dat jy as ouer goed genoeg is. Die doelwit van elke ouer moet wees om die kind onafhanklik te maak sodat hy/sy oral aanpasbaar kan wees. Vriende is baie belangrik vir die kind en die ouer kan hom nie isoleer nie. Kinders is baie sensitief en tel baie gou jou emosies in die huis op. Daar moet ‘n balans wees tussen reg en verkeerd, dus as sy selfbeeld goed is en hy selfvertroue het, sal hy goeie keuses kan maak. Liefde is een van die groot pilare in die vorming van sy persoonlikheid asook om hom verant-woordelikheid te leer. Linda Santilli se praktyk is in Paarl en Malmesbury. Oumas en ma’s het die oggend baie geniet. Op die foto regs is klein Lereé Rossouw saam met haar ouma, Carin Rossouw en sy het die

gehoor bekoor met haar Eisteddfod voordrag. Foto’s: Dinette Lochner

Volgende VLV-vergadering is ‘n Kunste- en Handvlyt-vergadering.

Almal is welkom. Datum : 9 Junie 2016

Tyd : 09h00 vir 09h30 Venue : Biblioteeksaal Teegeld : (R30 vir nie-lede) Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665

Nuwe Tuistes by Huis AJL

'n Vreedsame prentjie van die drie nuutste woonstelle by Huis AJ Liebenberg, wat sedert Oktober 2015 in

gebruik is. Foto: Marietha Goosen

Huis AJL hou die breine flink Lede uit die gemeenskap is verskeie dae op hulle pos om vrywillige dienste aan Huis AJ Liebenberg te lewer. Op Donderdae word Rummikub gespeel.

Margaret Smit, vrywilliger, speel hier saam met Dora Lucas, voor links, en hulle meet kragte teen Mariaan

Viviers en Nelie Stevens, wat regs op die foto is.

Kloksgewys van links voor is Breggie Ras, Carine Hougaard, vrywilliger, Marie de Villiers, Hoof, en

Bessie Visser. Foto’s: Marietha Goosen

Esna Brand, Linda Santilli, Kindersielkundige en gas-spreker, Carin Rossouw en Nicoline Brown.

Page 9: 5 die piketberger jun 2016

9

Vir jou elke dag bou-, verf- en hardeware. Enige projek groot

of klein. Kom sien ons gerus vir goeie raad en sakpas

pryse. Ons bied ook nou

geldelike bystand tot en met R50 000.00 deur

Thuthukani “Housing Finance”.

Vir enige navrae kontak ons gerus.

Tel : 022 913 3940 epos: [email protected]

Page 10: 5 die piketberger jun 2016

10

Victor Williams tel self die plastiekdoppies op en sorg

dat dit skoon gewas is vir die tops en tags projek.

Victor het reeds 10kg plastiek-doppies só opgetel.

Foto’s:

Hannie Visser

Potjiekos en Doppies

Mietjie Swarts ontvang 'n viskoekie gereg gemaak deur 'n Kix leier, omdat

Mietjie so swaar kry - ook omdat sy met

Badisa se Gesinsaand se

skottelgoed en saal regmaak gehelp het.

Piketberg Herald Hier is ‘n paar foto’s van die ou Piketberg Herald, Die Piketberger se oupagrootjie, wat Leon Wiese onlangs aan die museum geskenk het.

20 Jaar Gelede - Junie 1996

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Ons wens alle Pa’s ‘n genotvolle Vadersdag

VOORBLAD: Ingrid Lestrade, st 10-leerling aan PHS het op 18 Mei op Stellenbosch aan die Boland Judo-proewe deelgeneem. Hier is sy gekies vir die span om aan die SA Kampioenskappe deel te neem in Durban. Ingrid was reeds in 1987 en 1988 SA Kam-pioen in haar gewigsafdeling. Sy het ’n bruin gordel. Roelof le Roux, Hanlie Walters, Johannie Liebenberg en Heslene Burger het saam met 80 ander st 10-leerlinge van oor die hele Kaapland die Hoofleierswageksamen afgelê en met vlieënde vaandels geslaag. Hulle het hulle hele skoolloopbaan Voortrekkers buitemuurs be-oefen en menige kampe en uitstappies meegemaak. Die Junior leerkragte van PHS en Steynville Primêr woon op 6 Junie ‘n werksessie op Moorreesburg by. Mnr Chamberlain, areabestuurder Weskus, het toe-stemming gegee dat die Graad 1, 2 en st 1-leerlinge dié dag tuis mag bly. Werkopdragte sal aan die leer-linge verskaf word. Op 30 April het die Tuinbouklub ’n modeparade en herfsontbyt aangebied met die doel om ’n bydrae te maak vir die Wêreldblommeskou wat in 1999 in Durban gehou gaan word. Die plaaslike boetiek, Perskepot het ‘n modeparade gehou en die gaste het hul verlustig in smaakvolle uitrustings vertoon deur dames van Piket-berg. Boland Spar Advertensie: Longlife Melk R2,15 per liter. Knorr Sop 99c per pakkie.

Page 11: 5 die piketberger jun 2016

11

Page 12: 5 die piketberger jun 2016

12

Op 19 Mei het belangstellendes saamgestap terug in die verlede, terug in die geskiedenis van ons pragtige dorp. Die aand was baie interessant en leersaam. Dr Pieter Bruwer was die spreker, maar hy

het ook die hulp van ander in-woners van Piketberg ingeroep - baie feite en staaljies is gedeel. Na die tyd is heerlik gekuier om Elfreda se pot ertjiesop in die

Sinagoge. Foto’s: Marié Ehlers

Historiese Stap deur Piketberg

Op 14 Mei is ‘n baie geslaagde gholfdag gehou ten bate van Huis AJ Liebenberg waar die bedrag van R20 000 ingesamel is. Hierdie dag sou nie moontlik gewees het sonder die wonderlike ondersteuning van die gemeenskap van Piketberg en vriende nie. Ons wil graag erkenning gee aan die volgende persone en instansies : PPC de Hoek, Tip Trans, Praktika, Nulandis, Boland Superspar, Dr Herold Truter, Drs Bruwer en Scheepers en Nexus – hulle het die baan en putjies geborg. Pryse en kontant is geskenk deur Tip Trans, A van Breda, Puna Visser, Petro Smit, Vollgraaff Dogters, Peter Burger, Oeloff Hennig, A-Z Supplies, Jaco Kotze, Pieter Fox, Jannie Lategan, Dup Meubels, Daniël Rossouw, C Land, Oregon & More, K Bredell, A en K de Villiers, Salon Belinda, Ezette Mouton, Drs Scheepers en Bruwer, Piketberg Apteek, Piketberg Linnehuis, Salon Sanet, Shoprite, HP Smit & Seuns, James Fox, Org de Rac, Liebco Vleishandelaars en Winkelshoek Wynkelder. Kaap Agri skenk ‘n kruiwa vol bottels wyn wat uitgeloot is en maak ‘n verdere R3 000! Berig en foto’s: Marie de Villiers

Huis AJL Gholfdag

Bo is Ernst Agenbach, AD Lam-brechts, Bruce Waller, Rossouw

Teubes en Michael Smuts.

Foto’s verskaf

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Mooiloop! SABC2 kuier op Piketberg Maandag 6 Junie om 19:30

Page 13: 5 die piketberger jun 2016

13

Farmhouse Pub & Grill

Frans en Toinette Niemann is die nuwe eienaars van Farmhouse Pub & Grill in Hoofstraat. Frans het vir twee jaar in Saldanha 'n soortge-lyke plek bestuur. Frans het groot geword in Malmesbury en was vir 31 jaar aan die Weskus. Hy het 'n passie vir kosmaak. Albei is lief vir mense en veral om te ont-haal. Farmhouse Pub & Grill sal op Sondae oop wees vir 'n vasgestelde spyskaart van 10vm tot 4nm. Op ander dae is die tye van 10vm tot 10nm. Frans doen elke dag 'n Pub lunch wat almal se sak sal pas. Naweke is tyd vir ‘Big screen’ rugby en musiek vir dié wat wil dans. Daar sal gereeld iemand optree wat ‘live’ musiek verskaf. Enige funksies kan gereël word op ver-soek. Vir enige navrae kan hy gekontak word op 071 460 8944.

Hoofstraat, Piketberg 071 460 8944

For all your woodwork requirements We specialise in: farm style & Rustic Kitchens, modern Kitchens, tailor made Kitchens, built-in cupboards, bathroom vanities, bars, decks etc Feel free to contact us for a quote or photos of previous projects

Contact: Jannie Rossouw +27 76 628 5854 Email: [email protected]

We can also assist in Granite, electrical work, tiling and plumbing and building alterations

Page 14: 5 die piketberger jun 2016

14

- Lucas Maree

:

Page 15: 5 die piketberger jun 2016

15

Sani2C Multi Stage Race Die Sani2C, vanaf die voet van die Sani Pas tot by Scottburgh, strek oor 263km met ‘n klim van 3765m. ‘n Paar Piketbergers was 10 - 12 Mei daar. Die deelnemers bedank hulle families en ook die gemeen-skap vir hulle ondersteuning om ‘n ongelooflike ervaring te beleef.

John Ince, Marike Ince, Farmer Glen (persoon wat wedren begin het), Gertjie Brynard en Innis Brynard.

Marike en John Ince, Innis en Gertjie Brynard.

Links en bo Eric Starke en Dean Jankielsohn.

Foto’s verskaf deur

Innis Brynard

Vinkel en Koljander Dis drie jaar sedert Danielle de Vries haar eie koffie-winkel en eetplekkie in Die Trek 28 oopgemaak het. Aan nuwe idees en vindingrykheid is daar geen tekort nie. Haar spyskaart van ligte etes soos toebroodjies, hamburgers, steak rolls en ander gereg-te brei net uit en sy doen die heerlikste gebak op bestelling. Haar nuutste eksperiment is gevriesde wegneem etes net reg vir die oond - lasagne, wildspastei, hoender- en

herderspastei (cottage pie). Danielle bedank Piketberg se mense wat haar gereeld ondersteun. En nou vir die groot nuus vir entrepreneurs: kontak Danielle vir 'n plekkie by die Vlooimark elke Saterdag in die Soetkysie Tuin. Teen 'n fooi van R80 en jou eie tafel, kan jy enigiets kom verkoop soos ingelegde kos, konfyte, lekkers, handgemaakte artikels, breekgoed en linne. Raadpleeg haar eers sodat daar nie oorvleueling is nie. Wees eerste daar! Sien die advertensie hiernaas.

Foto's: Marietha Goosen

Die Trek 28 022 913 1111

Ligte etes, toebroodjies, hamburgers, steak rolls

Gevriesde wegneem etes

Heerlike gebak op bestelling

Vlooimark elke Saterdag

Danielle de Vries 063 087 7720

Danielle de Vries Van Vinkel en Koljander

Page 16: 5 die piketberger jun 2016

16

Wat sê die Woord?

Deur Pastoor Tjaart Olivier

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Is jy werklik gered? Of anders gestel: is jy werklik wedergebore? Hierdie is ’n baie belangrike vraag met ‘n antwoord waarvan jy seker moet wees. Ek gesels met baie mense oor God en Christen-skap en kom agter dat daar mense is wat dink hulle is gered, maar in werklikheid nie is nie. Party mense sê hulle is gered, omdat hulle in ’n Christen-huis grootgeraak het. Ander sê hulle is gered, omdat hulle kerk toe gaan. Ander sê hulle is gered, omdat hulle as ’n baba gedoop is. Ander sê hulle is gered, omdat hulle land op Christelike waardes gebaseer is. Ongelukkig is dit nie hoe die Woord sê mens redding verkry nie. Die goeie nuus is dat God se Woord wel vir ons sê hoe om gered te wees en dat dit regoor die wêreld vir almal die-selfde geld. Romeine 10:9-10 sê: “

9As jy met jou mond die Here

Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;

10want met die hart glo

ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot red-ding.” Eerstens moet jy glo dat Jesus God is en tweedens dat God vir Jesus uit die dood uit opgewek het. Hierdie is die twee fundamentele goed wat Christenskap van enige ander geloof skei. Let wel dat die vers sê dat jy redding verkry deur te glo. Alhoewel goeie werke later ‘n uitvloeisel van jou verhou-ding met God is, kan jy nie gered word deur jou goeie werke nie. Die Woord stel dit duidelik dat dit ons geloof in Jesus is wat ons red en nie ons goeie werke nie. Om kerk toe te gaan maak dus nie van jou ’n Christen nie, net soos wat om in ’n garage te slaap jou nie ’n kar maak nie. Die vyand is daar om jou van die pad af te lei en al-les te doen om seker te maak dat jy nie jou redding ontvang en sodoende in verhouding met God kom nie. Efesiërs 2:8-9 sê: “

8Want uit genade is julle gered, deur

die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

9nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem

nie.” Roem jy dalk op jou eie goeie werke? Ons ontvang redding as ’n geskenk. Dit is nie iets wat ons self kan doen of voor kan werk nie. Wat ’n goeie God! ’n God wat weet dat ons nie in staat is om onsself te red nie en daar-om aarde toe gekom het om ons met Homself te ver-soen. Die enigste voorwaarde: ons geloof in Jesus se voltooide werk vir ons aan die kruis. Die volle prys is betaal sodat ons in verhouding met God kan wees (Joh. 19:30). Ons ontvang deur dit met ons hart te glo en met ons mond te bely. Dit is die enigste manier. Wanneer jy in Jesus glo, gaan goeie werke ‘n uitvloeisel wees van dit wat in jou hart gebeur het. Goeie werke is dus nie die wortel van jou verhouding met God nie; dit is ‘n byproduk. Romeine 11:6 sê: “En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen ge-nade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.” Jy moet seker wees van jou redding. As jy vandag sterf, waarnatoe gaan jy? Is jy seker jy is gered? As jy nie is nie en jou begeerte is om redding te ontvang, bid die vol-gende gebed tot God: “Here, ek besef dat ek ‘n Verlosser nodig het en ek wil graag U kind wees. Ek glo dat Jesus God is en dat God Hom uit die dood uit opgewek het. Dankie Here dat ek my redding nou in U ontvang.” Dit is so maklik soos dit. Wees seker van jou redding! Verdere studie: Romeine 3:21-22; Romeine 4:4-5; Johannes 14:6; Johannes 19:30; 1 Johannes 5:11-13 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)

28

Page 17: 5 die piketberger jun 2016

17

Page 18: 5 die piketberger jun 2016

18

Die Piketberger se Datums vir 2016

Knip uit en bêre

Berigte/Advertensie

IN 21 Junie 19 Julie

23 Augustus 20 September

18 Oktober 22 November

VERSKYN 30 Junie 28 Julie

1 September 29 September

27 Oktober 1 Desember

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320

Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: [email protected]

KENNISGEWING RAKENDE VOORGESTELDE

SLOPING VAN STRUKTURE: VERW.15080502JW0806E

Kennis word hiermee gegee ingevolge ‘n onlangse Hofuitspraak

dat die rekord van verrigtinge van ‘n besluit van Erfenis Wes-Kaap

(“EWK”) waarvolgens die algehele sloping van strukture op Erf

207 geleë te Langstraat 69 Piketberg gemagtig is en alle ander

dokumente en inligting tot beskikking van EWK rakende die

aansoek van Liebco Vleishandelaars (Edms) Bpk (“Liebco”) vir die

betrokke slopingspermit beskikbaar sal wees vir publieke insae

vanaf 15 Junie tot 18 Julie 2016 by kantoor van die Munisipale

Bestuurder, Bergrivier Munisipaliteit geleë te Kerkstraat 13, Piket-

berg tydens kantoorure en by die Openbare Biblioteek te Kerk-

straat Piketberg tussen 9.30vm en 5nm op Maandae, Dinsdae en

Donderdae en tussen 2nm en 3.30 nm op Woensdae en Vrydae.

Lede van die publiek word uitgenooi om geskrewe kommentaar in

enige amptelike taal te lewer rakende Liebco se vermelde

aansoek om die Hoof Uitvoerende Beampte van EWK te

Privaatsak X9067 Kaapstad 8000 (Protea Assurance Gebou,

Groentemarkplein, Kaapstad tel. 021-483-5959) te bereik nie later

nie as 15 Julie 2016. Let asseblief daarop dat kommentaar wat na

die sluitingsdatum ontvang word geïgnoreer mag word.

NOTICE REGARDING PROPOSED DEMOLITION OF

STRUCTURES: REF. 15080502JW0806E

Notice is hereby given in terms of a recent Court Order that the

record of proceedings relating to a decision of Heritage Western

Cape (“HWC”) authorising the total demolition of structures on Erf

207 situated at 69 Long Street, Piketberg and all other documents

and information at HWC’s disposal relevant to the application of

Liebco Vleishandelaars (Pty) Ltd (“Liebco”) for the demolition per-

mit concerned, will be available for public scrutiny from 15 June to

18 July 2016 at the Municipal Manager’s office, Bergrivier Munici-

pality situated at 13 Church Street, Piketberg during office hours

and at the Public Library on Church Street, Piketberg between

9.30am and 5pm on Mondays, Tuesdays and Thursdays,

between 2pm and 3.30pm on Wednesdays and Fridays.

Members of the public are invited to submit written comments in

any official language in connection with Liebco’s said application

to reach the Chief Executive Officer of HWC at Private Bag X9067

Cape Town 8000 (Protea Assurance Building, Green Market

Square, Cape Town tel. 021-483-5959) not later than 15 July

2016. Please not that comments received after the closing date

may be disregarded.

SSS hou Matriekafskeid

Jacquenita Goliath

Wynomah Louw

Malcolm en Lehandré

Foto’s verskaf

Die manne reg vir hul matriekafskeid by Steynville Sekondêr Skool.

Page 19: 5 die piketberger jun 2016

19

Leeskring Die volgende boekbespreking is:

15 Junie - Vermis op Allesverloren deur Anchen Troskie

Op die rakke van die Biblioteek

Ikarus deur Deon Meyer

Bespreking deur Petrus J Kruger Ikarus is Deon Meyer se nuutste van elf romans. Ook hierdie een, soos die laaste nege voor hom, is in nie minder nie as 27 tale vertaal. Dit spreek van sy vernuf. Veral nuwe lesers van Deon Meyer sal ook hierdie intrige van groot geld, bietjie wellus en duistere geheime geniet. Volgens Deon Meyer se webwerf is die verhaal gedeeltelik geïnspireer deur die rolprent Red Obsession wat handel oor China se toetrede tot die internasionale wynmark. Hierdie fassinerende gedagte is meesterlik vervleg met nog 'n gedagte vanuit 'n artikel oor die bydrae van tegnologie tot ontrouheid in Frankryk. Meyer kombineer hierdie twee konsepte in 'n eg Suid-Afrikaanse speurverhaal wat afspeel rondom Stellenbosch en Kaapstad. Die verhaal vertel van die valke, Bennie Griesel en Vaughn Cupido, se ondersoek na die moord van die entrepreneur, Ernst Richter, wat onlangs 'n nuwe besigheid met die naam Alibi begin het. Alibi bied 'n diens wat gebruikers help om 'n alibi op te stel vir die kere wat hulle ontrou wil wees aan hulle eggenote. Alibi sal, teen 'n fooi, SMS'e stuur of oproepe maak, selfs vliegtuig- kaartjies en hotelrekeninge vervals sodat dit lyk asof hul kliënte 'n geldige alibi het vir hulle eskapades. Die diens is natuurlik veronderstel om anoniem te wees, maar Ernst Richter het graag gaan kyk wie sy klante is, met groot gevolge. Richter het ook 'n paar van sy eie geraamtes in sy kas gehad. Hy't 'n geskiedenis met skelmpies en dwelms gehad. Ook het hy met die besigheid se boeke laat peuter, want Alibi het nie so goed gedoen soos aanvanklik voorspel nie. Dit was nog nie heeltemal bedrog nie, want Richter het sy eie geld in die besigheid begin inpomp en dit laat lyk soos nuwe gebruikers om sy beleggers tevrede te stel. Die vraag is net, hoe lank het dit geheim gebly? En, waar het daai miljoene vandaan gekom? En, hoeveel het dit met die moord uit te waai? Richter het te hoog gevlieg, maar watse een van sy “son”-des het te warm geraak? En, wat het die wynboer wat by 'n advokaat begin bieg, met die saak uit te waai? Vir lesers wat hou van 'n interessante draai aan die einde van 'n verhaal, en dit nog in Afrikaans, is hierdie verhaal oor die gevolge van “groot” en “klein” sondes hoogs aan te beveel.

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected] Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf,

net ‘n half kg en meer. Koedoebiltong R230.00 per kg. Bees maalvleis R65.00 per kg

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Te Koop

Page 20: 5 die piketberger jun 2016

20

Sweet Potato and Orange Soup

100g chopped onion 300g sweet potato 250ml orange juice ½ teaspoon ground cumin 10g whole ginger chopped 1 potato ½ teaspoon garlic Vegetable stock Water 100ml cream Saute the onions, sweet potato, garlic, ginger and potato until golden brown. Add the stock powder and water. Simmer until ingre-dients are soft. Blend. Return to the pot and add cream and seasoning accordingly. Serve with fresh rolls or breadsticks.

deur Jannie Lategan

Die reënsoeker Met oë op skrefies getrek en die kepe wat

bekommernis weergee, wat lank reeds deur die tyd uitgebeitel is, soos jaarringe van ‘n ou boom wat die oud-erdom weggee… Die vel is deur die ultra violet strale tot leer verbrand. Die ongeskeerde gesig spel mismoed en teleurstelling uit. Die reënsoeker en patriarg van die famile soekend vir die wolke om die slagordes vir broodnodige reën op te stel. Met die oog na bo gerig, die verrimpelde hande ineenge-vou, buig en knak die moeë knieë vir stil aanbidding. Terwyl hy strompelend regopkom….verander daardie diep kepe van bekommernis in lagplooie wat geloof en positiewe ingesteldheid vergestaldt. Die reënsoeker het sy antwoord gekry. Met ‘n vinnige terugblik, sien hy sy seun. Vir ‘n oomblik en begrypend, tuur hulle saam die verte in… Die “troonopvolger” gryp sy pa krampagtig vas en saam stap hulle swygend huiswaarts. Môre is ‘n nuwe dag en bring nuwe hoop! Saggies, maar deurdringend, begin dit reën. In stille dankbaarheid buig hulle saam voor die knet-terende vuur, terwyl die lafenis buite met intensiteit toeneem en op die sinkdak kletter. Saam neem hulle pen en papier en beplan vir môre en oormôre. Opregte geloof het nog nooit beskaam nie. Die reënsoeker is nederig dankbaar!

Die ACVV wens Joey Burger hartlik te bedank vir die 18 pragtige, kleurvolle handgebreide kindertruie wat sy geskenk het vir die winter.

Plumbagel / Kochelmanders Gebou, Hoofstraat 50, Piketberg

Tel. 022 913 3761

KIEKIES: DIE FOTOWINKEL VAN PIKETBERG

* Print van foto’s (Jumbo, A4, A5) * ID en Paspoort foto’s * Fotorame * Laminering

VARS BLOMME

PLUMBAGEL KOFFIEWINKEL

Kom geniet ‘n koffie en iets te ete op ons heerlike stoep!

TERRA NOVA TREATS TUISNYWERHEID * Koeke * Beskuit * Terte * Klein koekies

* Quiches * Pasteie * Ingelegde slaaie * Konfyte

Cook with Quentin

ACVV sê Dankie

Tops en Tags Versamel asseblief alle plastiekdoppies van sap– en

melkhouers asook broodtags vir ‘n rolstoelprojek. Kontak Teresa van Niekerk 083 539 5048

Page 21: 5 die piketberger jun 2016

21

Die volgende Piketberger verskyn op 30 Junie 2016

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 21 Junie 2016

Stuur na: [email protected]

Hoofstraat, Piketberg (Langs Van Zyls Garage)

076 450 2344

Ligte Etes ook nou

beskikbaar

AKTV AJV

Carla O’Connell het

25 - 27 Mei die AKTV

Algemene Jaar-vergadering

te Goudini bygewoon.

Foto:

Lindie Jordaan

Ons is die verskaffer van Annie Sloan

“chalk paint” in Piketberg en

omgewing. Kom koop al jou Annie Sloan

verf by ons

Kom vra al jou Annie Sloan vrae by ons

Kom beplan al jou Annie Sloan “verf projekte” by ons

Kontak vir Linda by Oregon & More

(Reg oorkant Agrimark) 022-913 3326

Siphenkosi

Protection Services

Your security Our priority

Now in Piketberg (Next to DA offices)

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for

industrial, commercial, farm properties, special events & access control.

Alarm installations.

Contact for free quote.

Email: [email protected]

Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Your security Our priority

Page 22: 5 die piketberger jun 2016

22

Trippe Trappe Kleuterskool spog met 'n splinternuwe naambord.

Trippe Trappe kry Nuwe Baadjie

Laurette Burger, Hoof, Augusta de Wee, Assistent opvoeder, Maurice Jacobs, Skoonmaker, en Danthea

Wittlow, Assistent opvoeder. Foto’s: Marietha Goosen

By Trippe Trappe Kleuterskool is 'n paar verbeteringe en opknappings aangebring in oorleg met die ACVV en onder leiding van een van die ouers, Gerda Lam-brechts. Fondse wat deur die skool ingesamel is, is hier-voor aangewend asook vrywillige kontantbydraes deur ouers. Die hele lokaal en gang is oorgeverf en die groot lokaal is mooi nuut versier en die matte met kunsgras vervang. Pragtige hout letters en syfers is teen die mure aangebring wat gemaak is deur Shawn en Rowen Gerber van Gerber Meubels. Aan die oostekant is 'n muur aange-bring en Jacques Lambrechts het die omheining aan die suidekant verhoog om die veiligheid op te skerp.

Trippe Trappe Kleuters met hulle nuwe T-hemde is Marizette Martin, Jandré Bonthuys, Will-Drigo Cloete,

Griffin Swart, Karli Lambrechts, Lehanie Jacobs, Hennie Langeveldt en Michiel Visser.

Gerda Lambrechts het die uitleg en ontwerp van die prag-tige nuwe naambord gedoen en met die hulp van Morné Olesen van Piketberg Drukkers, het hulle die bord laat opmaak. Johan en Gerda Lambrechts het die bord teen die muur opgesit. Verdere verbeteringe word beplan vir gedurende die Junie vakansie wanneer die leerdergetalle 'n bietjie afneem. Nuwe donkerblou T-hempies is aangekoop, wat die kleuters kan aanskaf, sodat hulle eenvormig op uitstappies kan lyk en die personeel is voorsien van hempies om elke dag as uniform te dra. 'n Skenking van nuwe leesboekies vir die leeshoekie is ontvang deur 'n bekende uitgewer.

AURORA FUNDURO – RUST ROEST PLAAS DATUM: 4 Junie 2016 TYD: 8:00 PLEK: GPS: 32°32’26.93”S 18°27’50.17”E KOSTES: R180-00 pp KONTAK: 022 952 1660 EPOS: [email protected] Beskikbare verblyf in Koshuis: R70-00 pp

Page 23: 5 die piketberger jun 2016

23

PHS doen uitstekend by Olifantsvallei Eisteddfod

Komien van der Westhuizen by haar sangleerders wat Goud (80%-89%) behaal het: Agter is Erica Mbendini, Elné Burger, Simoné van Deventer en Henco Kruger (Cum Laude (90%+). Voor is Cassidy Daniëls, Miscah Don en Jéan-Alet Scheepers. Nina Ellis was afwesig.

Alison Müller by haar sangleerders wat Goud (80%-89%) behaal het: Kloksgewys van agter links is

Deborah-Keir Paulsen, Madalynn Paulsen, Aimee Philander, Lain-Mari van den Heever, Uleuqe Ockhuis

en Anicka Truter.

Alison Müller by haar sangleerders wat Cum Laude (90%+) behaal het: Kloksgewys van agter links is Con-Li Halvorsen, Melissa Beck, Nicola Coetzee,

Annetia Calitz en Levona Roberts.

Foto’s: Marietha Goosen

Graad 1 - almal Cum Laude. Agter: JT Mdabuli en Johan Schreuder. Voor: Louisa Fivaz, Lereé Rossouw

en Lené Loubser.

Graad 2 - almal Cum Laude. Lise Bruwer, Aleit Stander, Alex Ince, Behané Spreet en Anandri

Pretorius.

Graad 3 - Agter: Roux Basson, goud, Christiaan Carstens, goud, Makanaka Shoko, Cum Laude,

Wilhelm Jacobs, goud en Reveshni de Bruin, goud. Voor: Lana Boys, goud, Erna Koegelenberg, Cum

Laude, Leigh Wall, goud en Miscah Don, goud.

Foto’s: Iza Schreuder

Page 24: 5 die piketberger jun 2016

24

Talente Kinderpinkster

Beoordelaars en aanbieder van die Talentaand: Jan-Daan van Garies, Felicia van Durban, Patricia Lew en

Lorenzo van Johannesburg. Foto’s: Kristin Lochner

Erekleure Ontvang

Hierdie groep leerders het Erekleure ontvang vir hul prestasies: Agter van links: Bendert Smit (silwer) -

Tennis: Lid Bolandspan 0/19; Anke Schreuder (goud - 4e keer) - Atletiek: 802+ punte in Gewigstoot; Carli

Bassett (goud - 2e keer) - Tennis: Lid Bolandspan by Synergy Interprovinsiale Toernooi 2016; Kristin Loch-ner (blou) - Ruiterkuns: 2e plek Nasionale Kampioen-

skap; Janke van Schalkwyk (goud - 4e keer) - Atletiek: Lid Wes-Kaapspan (400m, 300mH); Nicola

Coetzee (blou) - Kultuur: Wenner: Landwye ont-werpkompetisie - Kuns 2015 en voor Matthew Somers (goud) - Krieket: Lid Bolandspan 0/13; Marc Poggen-poel (goud) - Tennis: Lid Boland-uitnodigingspan by

Nasionale Interprovinsiale Laerskole Kampioen-skappe 2016 en Jana Bruwer (blou) - Atletiek: 820+

punte in Gewigstoot Meisies 0/11. Baie geluk aan hierdie leerders.

Foto: Lindie Jordaan

Netbal meisies presteer

Hierdie meisies is gekies vir die Weskus span wat aan die Weskaap proewe gaan deelneem het.

Agter: Thana Stephan (o/17), Janke van Schalkwyk (o/15), Ané Theron (o/16) en voor: Jo-Mareé Gal

(o/14), Pamela Booys (o/12) en Rehaldine Snell (o/16). Jo-Mareé Gal en Pamela Booys is verder gekies vir die Weskaap spanne, wat ‘n baie groot prestasie is.

Foto: Iza Schreuder

Page 25: 5 die piketberger jun 2016

25

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane.

Enige modelle: 1916 tot 2016

Onmiddellike betaling

Skakel Jakes by

083 384 8547 en/of Epos:

[email protected]

Bendert Eerste

Op 7 Mei het Bendert Smit deelgeneem aan die Boland

Sportsmans Warehouse Mini 2 Toernooi, wat in die Strand plaasgevind het.

In die Mans Enkel Afdeling was hy onoorwonne en het

eerste geëindig.

Martin Theron, Francois Rabe, Jaquin Valentyn en Hagan Ludick het aan die Weskus-skaakproewe

deelgeneem. Foto: Marlien Smit

Foto: Jackie Thirion

Skaakmat Reach Ritmiese Gimnastiek

PHS se Pom-Poms

PHS se Pom-Poms tree voor groot tuisveld wedstryde op.

Reach Ritmiese Gimnaste neem op 7 Mei deel aan die distrikskompetisie in Durbanville. Almal is deur na

die Suid-Zone kompetisie waar hulle as 'n span gaan deelneem teen almal in die suidelike deel van Suid- Afrika. Foto's bo is Level 3 Lise Bruwer Goud, Erna

Koegelenberg Silwer, Leigh Wall Silwer en Lana Boys Silwer. Op die foto's onder is Level 2 Minki Grobbelaar Brons, Alex Ince Goud, Level 1

(Kloksgewys van agter) Esmari Lambrechts Silwer, Miané Erasmus Silwer, Phallen van Neel Goud,

Hannah de Villiers Silwer, Louisa Fivaz Silwer, Tihani van Lill Silwer en Tammy Boys Goud.

Foto's verskaf

Page 26: 5 die piketberger jun 2016

26

Koekemoer Koekeloer Foto’s: Sanet Ackermann en Marietha Goosen

Page 27: 5 die piketberger jun 2016

27

Ritmiese Gimnas se Droom Word Waar

Onlangs op ‘n facebook blad het Mílah Baard, 14, leerder by PHS ‘n advertensie gesien vir internasio-nale opleiding by die Irina Viner International Sport Academy vir gimnaste gebore tussen 2001 en 2011. Mílah het daar en dan aansoek gedoen en groot was haar verbasing toe sy ‘n uitnodiging per epos ontvang. Mílah is reeds van ‘n vroeë ouderdom by gimnastiek be-trokke. In 2012 het sy en haar gesin verhuis na Piketberg. Die middag toe sy Christine van der Merwe met haar hoe-pel sien en volg tot by Reach gimnastiekklub in die kerk-saal, was dit die begin van groot dinge.

PHS Ambassadeursbeker 2014; Reach Klub Gimnas van 2014 en 2015; Voltooi Beoordelaarskursus Vlak 1,

2016. Ritmiese Gimnastiek is ‘n kombinasie van elemente van ballet, akrobatiese bewegings, dans en apparaat manipu-lasie om ‘n ongelooflike roetine te skep. Elke beweging behels ‘n hoë mate van soepelheid, ratsheid, krag, be-hendigheid, uithouvermoë, ritme en goeie oog-hand koör-dinasie om die elemente te vervolmaak. Mílah ervaar elke dag ritmiese gimnastiek as ‘n uitdaging. Die afrigtingskamp in Rusland is 19 - 26 Julie wat tot agt ure afrigting per dag behels, choreografie, apparaat han-tering, ballet, ens. Dit is ‘n kort tyd om als te reël en te betaal en die kostes is egter vir die gimnas self en beloop ‘n fenomenale bedrag van R50 000, vlugte, akkom-modasie, vervoer, paspoort, ens. Haar talent, uitgawes en drome word elke dag aan die Here opgedra en ons glo dat die Here ‘n pad vir haar gaan maak. Sy het ‘n God gegewe talent en sy dra elke dag haar sport en drome aan die Here op, want sonder Hom, haar afrigter en ondersteuners sou sy dit nie kon bereik wat sy reeds bereik het nie. Indien u hierdie artikel lees en uit u hart voel om ‘n bydrae tot hierdie groot droom te lewer, hetsy dit befondsing of ‘n gebed is, kan u met Chrisna Baard (moeder) kontak maak vir meer besonderhede by 083 998 3238 of [email protected]. Die afrigter Tina sê: “Ek onthou my gedagte toe Mílah by my gimnastieklub ingestap het, ‘this child is a force to be reckoned with’. Dit is ‘n plesier om vir Mílah af te rig. Sy is ‘n hard-werkende gemotiveerde kind wat alles wat sy doen 110% aanpak. Hierdie geleentheid kan soveel deure vir Mílah oop-maak en haar die kans gee om te groei, nie net as ‘n gimnas nie, maar ook as ‘n jong dame. Ek hoop met my hele hart en siel dat hierdie droom van haar realiseer.”

2015 WK span en

Nasionale Kampioen

PHS Erekleure Goud

2014 WK span en Nasionale Kampioen

PHS Erekleure Silwer

2013 WK span en Nasionale Kampioen

PHS Erekleure Brons

Marius Scholtz namens Hoërskool Piketberg bedank Jacky Huang van Caltex Loxton Motors Piketberg vir die pragtige hemde geborg vir die mans personeel en

afrigters van Hoërskool Piketberg.

Loxton Motors Borg Hemde

Piet Jordaan, Jacky Huang, Heino Warnich, agter, Marius Scholtz, Chris van der Merwe, Bernard Pie-ters, Jacques Schreuder, Schalk Coetzee en Jaco

Barnard spog met hul nuwe hemde wat aan onderwysers en afrigters geskenk is.

Foto’s: Lindie Jordaan

Laetitia van der Westhuizen het haar B.Ed

graad, Grondslagfase Cum Laude verwerf.

Adri van Heerden het haar B.Ed graad, Intermediêre

Senior Fase, verwerf. Foto’s verskaf

Page 28: 5 die piketberger jun 2016

28

Foto’s: Sanet Ackermann

PHS hou Markdag

Page 29: 5 die piketberger jun 2016

29

PHS wen Classic Clashes

PHS se eerste rugbyspan wen 20 - 15.

PHS se eerste netbalspan wen 27-23.

Vreugde na sege.

Foto’s: Ruline Greeff en Cor : dié Courant

Marius Scholtz en Melissa Beck, PHS se

Sjampanjenooi.

Regs, Marius Scholtz en Ferdie Jonker, kaptein.

Marius Scholtz en Thana Stephan,

kaptein.

Snoek en Patatfees 24 - 26 Junie 2016

Dagpasse (25 Junie): R80 volw. R30 kinders (6-12jr) Naweekpasse (24 en 25 Junie): R120 Disko Vrydaaand, Saterdag toegang en Saterdag aand disko. Parkering vir Saterdag: R5 Snoek en Patat bord: R50 Disko’s (Vrydag en Saterdag): R30 per aand Vir meer besonderhede kontak Sheena 078 316 3988, administratiewe beampte of Julie Adams 073 384 7420, fees koördineerder of Merle Dietrich 083 252 7538, CEO.

Aktiwiteite tydens snoek en patatfees Vermaaklikheidsprogram uit die boonste rakke; Kampeer-geriewe: Tente en karavaan staanplekke; Museum en historiese Toere; ‘n Groot verskeidenheid stalletjies; Malle-meule. Alles in 'n rustige, stil, plattelandse atmosfeer.

The Rockets, regs asook

ander kunstenaars

insluitende die Rieldansers van Betjies-

fontein tree op by die fees.

Page 30: 5 die piketberger jun 2016

30

Boland SUPERSPAR is die trotse hoofborg van die Rhino’s Rugbyspan. Ons wen hulle alle sukses en voorspoed toe vir al hul toekomstige wedstryde. Op Donderdag, 19 Mei 2016 het Dean Jankielsohn (Eienaar van Boland SUPER-

SPAR) hul truie oorhandig net voor hul oefening.

Van links na regs agter: Gertram Brink, Jankowitz Mostert, Ashwin Titimani, Angus Thys, Chessy Monk, Chessy Ghosai, Denver Booysen, Teddy Engelbrecht, Allan Hollies, Vincent Afrikaner. Voor: Gerald Monk, Carlo Adams,

Henko Mostert, Ronald Engelbrecht, Robert Edmonds en Ronnie Ockhuis.

Boland SUPERSPAR oorhandig nog ‘n gedeelte van die R14 000 kos verligting

produkte aan Pieter Engelbrecht van Plaaswerkers Suid-Afrika. Julle doen ‘n won-derlike werk om die minder bevoorregtes te

help in hul tyd van nood.

Piketberg SAPS het ‘n AIDS Kerslig Roudiens gehou op 20 Mei 2016 waarvoor Boland SUPERSPAR broodjies

bygedra het.

BO: A/O Silke Michaela Lourens (Kommunikasie en Social Crime Beampte Piketberg SAPS en Elmarie Taylor (Deli - Boland

SUPERSPAR)

Page 31: 5 die piketberger jun 2016

31

Boland SUPERSPAR bied ‘n ‘My Rewards’ Program aan waar jy ‘n kans staan om jou inkopies

Mahala (GRATIS) te kan ontvang, maar dis nie al nie. Met die ‘My Rewards’ program kan jy sekere

produkte elke tweede week teen ‘n baie goedkoper prys as normaalweg ontvang.

Baie geluk aan Michael Smith en Venessa Adams wat hul inkopies gratis ontvang het met die

‘My Rewards’ program. Hou gereeld ons Facebook bladsy dop om te sien watter produkte dit is of loer

gerus in die winkel. Ons het altyd vriendelike personeel wat baie gewillig is om te

assisteer.

Bo: Michael Smith en Abigail Erasmus (Kassier)

Bo: Venessa Adams en Mary-Ann Pistoor (Kassier)

Bo: Denvor Phokaners (Mooiloop) en Veronica Brits (Supervisor)

Boland SUPERSPAR

Bo: Elma Postma (Mooiloop) en Marietjie Pedro (Bestuur-Boland SUPERSPAR)

Mooilooop! is terug op SABC2 vir ons derde reeks!

Die program word uitgesaai op Maandae aande om 19:30

op SABC 2. In die eerste 4 programme is Denvor se reisgenoot niemand anders as RSG se

Amore Bekker nie. Na die eerste 4 episodes sluit Elma Postma haar by

Denvor aan en die twee reis die land vol vir die res van die reeks. Op hul reis deur

die land ontdek hulle allerhande interessanthede in die dorpies, maak nuwe vriende en versamel heerlike

plaaslike resepte. Die Mooiloop! Span het kom kuier in

Piketberg vir ‘n paar dae. In die paar dae het hulle Boland SUPERSPAR besoek en

daar was groot opgewondenheid in die winkel.

Ons wens hulle alle sukses met die nuwe reeks toe en is verseker dat Piketberg en sy mense diep in hul harte gekruip het.

Page 32: 5 die piketberger jun 2016

32

Boland SUPESPAR staff are extremely excited about the Angry Birds campaign. From left to right: Henna Fredericks,

Elrine Soutman, Cindy van Heerden, Florina Claase, Marlene Visagie, Michell Abrahams and in front Magda Swartz