32
Jaargang 21 Nr. 8 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 September 2014 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] the green tree café Join our Loyalty Club TODAY! Buy 9 Cups of your favourite coffee and get the 10th one FREE! Saffron en Roulade Dramapret PHS se Laerskool Dramagroep het pas die prettige Saffron en Roulade produksie op die planke gebring. Daar wag nog drie optredes, die De Kuilen Toneelfees op 30 Au- gustus, Wes-Boland Eisteddfod op 2 September en die Akkedissiefees op 12 Sep- tember in Villiersdorp. Die karakters is agter Anika Jordaan (P.A.), Mivuyo Xakeka (Lola Buckle), Lea de Vries (Kok), Ilanri van Rossum (Mev Pretorius), Pieter Bruwer (Mnr Ferguson) en Anika Smit (Tennisspeler). In die middel is Vernelle van Zyl (Pienk Feetjie), Ciara Lintnaar (Woordeboek), Sharné Rossouw (Diensmeisie), Rénay Esau (Groen Feetjie), Nicole Steyn (Hofnar) en voor Werner van Rossum, Aldo Olivier (Koning), Anné Rheeder (Koningin) en Con-Li Halvorsen (Skildery). Foto: Ilse Bruwer Munisipaliteit vier Vroue- dag...p8 Toerisme Wenfoto’s...p10 Piketberg gaan Pienk...p11 Tuinbou kompetisie...p14 Grondslagfase besoek Huis AJL...p20 Wiskunde Bonanza...p23 Burger Strandhuis besoek...pp24 en 26 Willem na SA’s...p27 Reach Gimnastiek...p28 Gr R Beroepedag...p30

Sept 2014 piketberger

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Sept 2014 piketberger

1

Jaargang 21 Nr. 8 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 September 2014

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

the green tree café

Join our Loyalty Club

TODAY! Buy 9 Cups of your favourite coffee and

get the 10th one FREE!

Saffron en Roulade Dramapret

PHS se Laerskool Dramagroep het pas die prettige Saffron en Roulade produksie op die planke gebring. Daar wag nog drie optredes, die De Kuilen Toneelfees op 30 Au-gustus, Wes-Boland Eisteddfod op 2 September en die Akkedissiefees op 12 Sep-tember in Villiersdorp. Die karakters is agter Anika Jordaan (P.A.), Mivuyo Xakeka

(Lola Buckle), Lea de Vries (Kok), Ilanri van Rossum (Mev Pretorius), Pieter Bruwer (Mnr Ferguson) en Anika Smit (Tennisspeler). In die middel is Vernelle van Zyl (Pienk Feetjie), Ciara Lintnaar (Woordeboek), Sharné Rossouw (Diensmeisie), Rénay Esau

(Groen Feetjie), Nicole Steyn (Hofnar) en voor Werner van Rossum, Aldo Olivier (Koning), Anné Rheeder (Koningin) en Con-Li Halvorsen (Skildery). Foto: Ilse Bruwer

Munisipaliteit vier Vroue-dag...p8 Toerisme Wenfoto’s...p10 Piketberg gaan Pienk...p11 Tuinbou kompetisie...p14 Grondslagfase besoek Huis AJL...p20 Wiskunde Bonanza...p23 Burger Strandhuis besoek...pp24 en 26 Willem na SA’s...p27 Reach Gimnastiek...p28 Gr R Beroepedag...p30

Page 2: Sept 2014 piketberger

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

Liefde Marietha

Die volgende Piketberger verskyn op 18 September

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 9 September

Stuur na: [email protected]

Marianne Kitshoff skryf…

Ek wil net vir die Piketbergers sê, voor julle petrol uitry

Kaap toe, ondersteun ons plaaslike winkels. Ek wou

kussings laat oortrek en het eers kwotasies by verskeie

plekke gevra. Ek het dit plaaslik vir die billikste prys ge-

doen gekry.

Ook het ek onlangs 'n nuwe mikrogolf gekoop. Dieselfde

een was geadverteer teen 'n spesiale prys by 'n bekende

winkel in die Kaap, vir R18 meer as wat ek plaaslik betaal

het. Dan moet ek ook noem dat die na verkoop diens van

artikels onder waarborg, uitstekend is.

Baie dankie aan ons plaaslike sakesektor.

Jacques, Esmé en Charl Hanekom skryf... Graag wil ons net ons dankbaarheid betoon aan die Piketbergers en familie en ook dié van buite ons dorp vir die wonderlike ondersteuning tydens Marno se afsterwe. Dankie aan ieder en elk (en ek wil nie name noem nie) vir die etes wat voorsien is, blomme, boodskappe, kaartjies en telefoonoproepe asook besoeke en drukkies van be-moediging. Julle het ons gedra deur hierdie baie moeilike tyd. Ons waardeer dit opreg. Ook aan ons Hemelse Vader vir die krag elke dag om te kan aangaan. Marno, jy sal vir ewig in ons harte voortleef!! Liefdegroete Annette van Tonder skryf… Ons familie wil graag aan almal ons opregte dank en waardering uitspreek vir al die baie telefoonoproepe, ‘n handdruk, elke besoek, soveel bemoedigende woorde en ook ruikers tydens die heengaan van ons lieflingseun en kleinseun, Marno Hanekom. Hy is skielik en wreed uit ons harte weggeruk agv ‘n motorongeluk op Saterdag 26 Julie. Sterkte aan Esmé, Jacques, Charl en familie. Marno, ons gaan jou baie mis. Dankie vir die mooi voor-beeldige lewe. Mooi herinneringe van ouma Annette van Tonder.

Almal is op reis By Kix is ons hierdie kwartaal saam op reis met Paulus op sy sendingreise. Te voet, per boot, reis hierdie eens vervolger van Christene, as 'n uitgesproke, getroue volgeling van Jesus. Sy

missie: Om die genade en liefde van Jesus met ander te deel. Hy kon nie dit wat met hom gebeur het, vir homself hou nie. As kind het ons dan en wan in die Kaap gekom en dan my oom Dirk op die hoogste verdieping van die EVKOM-gebou gaan groet. Ek onthou hoe ek na die gedruis van die stad se verkeer gestaar het en gewonder het of dit ooit ophou. Hierdie geheen en weer van motors. Sou hulle weet waarheen hulle oppad is? Ek hang aan mense se lippe wat terugkeer na 'n reis - dis 'n voorreg om saam met hulle (vertellings) deur Zimba-bwe te reis, die diere se vertoon in die Kgalagadi te sien, my vriendin se miljoen treë saam op haar wêreldreis te gee, 'n glinstering in die oog oor Mauritius, sorgvrye dae in die Tankwa uit te rek, Duin 7 saam te klim, saam op die balkon in Kanada te sit, Sofia se hele Italiaanse familie te ontmoet, die sussies se lang verwagte ontmoeting in Londen gade te slaan, ondergrondse tonnels in Rusland, Taiwan se markte besoek, saam skoolhou in Koeweit... Party dae is my lewensreis taamlik eenvoudig en ken ek die meeste stilhouplekke oppad na my bestemming. An-der dae is dit vol ontberings en totaal en al onbekend. Solank jy jou Reisgenoot reg kies, sal jou Lewensreis sin en betekenis hê.

foto’s,

Page 3: Sept 2014 piketberger

3

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 4: Sept 2014 piketberger

4

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Somersvoorraad Beskikbaar Wild Rots skoene

uitverkoping

022-913 2646

Baie dankie vir jul voortdurende ondersteuning en baie welkom aan alle nuwe kliënte

Lay buys Welkom

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

R70 Special 7 ou dvd’s vir 7 dae lank

Lezaan van Niekerk was sedert graad 7 in PHS en het haar matriek verlede jaar voltooi. Hierdie belowende ge-balanseerde meisie was vanjaar eerstejaarstu-dent aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy was op 2 Augustus saam met Christiaan Schultz van Somerset-Wes in ‘n botsing met ‘n trein betrokke oppad na Christiaan se huisdans. Die ongeluk het buite Stellenbosch gebeur. Christiaan en Lezaan was op ‘n eerste af-spraak en het mekaar nie voorheen geken nie.

Foto: Sanet Ackermann

Marno Hanekom, Piketbergkind gebore en getoë, het op 26 Julie teen laatmiddag gesterf in ‘n motor-ongeluk net buite Moorreesburg. Marno was oppad na sy ouers op Piketberg. Hy word deur baie onthou vir sy vriende-likheid, kalm geaard-heid en sagte hart. In sy matriekjaar, 2010 was hy op die voor-blad van Die Piket-berger toe hy aan-gewys is as VLV se Tienerkok van die Jaar.

Foto: Facebook

Marno Hanekom

12 Desember 1992—26 Julie 2014

Lezaan van Niekerk

16 Desember 1995—2 Augustus 2014

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas Skakel Wessel de Beer

0232 320422 of 082 704 3276

Page 5: Sept 2014 piketberger

5

Page 6: Sept 2014 piketberger

6

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

U word uitgenooi na

Aurora se jaarlikse Skou en Gymkhana

13 September 2014

Kom kuier gerus en geniet die dag saam met ons!

Die afgelope tyd is daar baie publisiteit gemaak in die media oor ‘n sogenaamde “skoon oudit” vir Munisipaliteite. Soos ek hier sit en tik is ek in die PCF (Premier’s Coordinating Forum) en het ons juis die voorreg om na die Nasionale Minister, Prav-in Gordon, te luister. Van-oggend het hy dit juis oor die sogenaamde “skoon oudits”. Die feit is dat daar nie so iets bestaan nie, maar dit is ‘n term wat uitgedink is deur die media in Suid-Afrika. Die probleem met die term is dat alles wat by im-plikasie nie “skoon” is nie, is “vuil” in die volksmond en dit klink soos bedrog, diefstal en finansiële wangedrag. In werklikheid kan niks verder van die waarheid af wees nie. Nou vra ons gemeenskap: Hoekom het Bergrivier Muni-sipaliteit nog nie ‘n skoon oudit gekry nie? Een persoon was selfs eerlik genoeg om my te bel en te sê dit word rondom braaivleisvure bespreek op ons dorp en sal ek asseblief verduidelik. Baie dankie daarvoor. Ek ver-duidelik graag: Die Ouditeur Generaal se kantoor oudit elke jaar tussen Julie en November elkeen van die 278 Munisipaliteite in ons land. Einde November 2013 is die resultate reeds bekendgemaak vir die 2012/13 finansiële jaar. Bergrivier Munisipaliteit het ‘n finansiële ongekwalifiseerde oudit verwerf. Ons het ook die gesogte toekenning gekry vir die Munisipaliteit wat die beste vordering getoon het tydens die oudit. Dit beteken dat alles met ons finansies in plek is en goed bestuur word. Die OG het wel ‘n paar “compliance” (nakomings) kwessies uitgelig wat nog aandag moet geniet. As Munisipaliteit moet ons daagliks aan meer as 120 stukke wetgewing en nog meer regu-lasies voldoen. Ek verduidelik laer af presies wat die uitstaande kwessies is en hoe ons besig is om dit reg te stel. Laat ek net eers verduidelik wat ‘n ongekwalifiseerde oudit beteken: Die OG gee aan elke Munisipaliteit ‘n spe-sifieke opinie. ‘n Finansieël ongekwalifiseerde oudit is die beste wat ‘n Munisipaliteit kan doen. Binne ‘n “Ongekwalifiseerde oudit opinie” is twee kategorieë

Oudit opinie 2009/2010 2010/2011 2011/2012 2012/2013 2013/2014

Ongekwalifiseerde oudit sonder kwes-sies (sogenaamde skoon oudit)

1 2 5 11 In proses Resultate sal teen November 2014 bekend wees.

Ongekwalifiseerde oudit met kwessies

21 23 21 17

Gekwalifiseerde oudit

4 3 1 0

Adverse Opinion 2 0 1 1

Disclaimer 2 2 2 0

Audit Reports not issued

0 0 0 1

naamlik 1) sonder kwessies en 2) met kwessies. Berg-rivier Munisipaliteit het hierdie top opinie behaal deur ongekwalifiseerd te wees, maar ons het nog ‘n paar kwessies waar ons nog nie voldoen het “compliance” vol-gens oudit-reëls nie. Wanneer ‘n Munisipaliteit nie ‘n ongekwalifiseerde oudit kan kry nie, is die opinie ‘n ge-kwalifiseerde oudit. In die vorige finansiële jaar (1 Julie 2011 tot 30 Junie 2012) het Bergrivier wel ‘n ge-kwalifiseerde oudit opinie gehad. Hier het dit gegaan oor die waarde van stooritems wat die Munisipaliteit gedra het in hul noodstore. Hieronder dui ek aan hoeveel Muni-sipaliteite elkeen van die klassifikasies behaal het sedert 2010 tot nou. Die Weskaap het 30 Munisipaliteite. Dit sluit die Metro (Kaapstad) en vyf Distriksmunisipaliteite in. Die pyltjies in die tabel wys hoe Bergrivier Munisipa-liteit gevaar het die afgelope vier jaar. Ons is hard aan die werk om hierdie jaar ‘n skoon oudit te behaal. Die kwes-sies wat by die laaste oudit geopper is, was wesenlike regstellings in ons jaarlikse finansiële state en ‘n 3% ver-hoging in elektrisiteitsverliese. Laasgenoemde was ‘n blote fout met die rekening van een van ons grootste drie-fase gebruikers en is intussen reggestel. Om seker te maak dat ons jaarlikse finansiële state reg is hierdie jaar, het ons dwarsdeur die finansiële jaar daaraan gewerk en ook spesialis hulp gekry. ‘n Ander kwessie is dat ons voorsiening vir slegte skulde 17% van uitstaande debi-teure beloop. U kan rustig slaap dat daar geen korrupsie of finansiële wanbestuur by Bergrivier Munisipaliteit is nie. Indien u nog vrae het hieroor, nooi my gerus na die braaivleisvuur, dan gesels ons lekker. Terwyl ons nog nie ‘n “skoon oudit” het nie, kan ek u verseker ons het reeds ‘n skoon gewete en goeie finansiële bestuur.

Page 7: Sept 2014 piketberger

7

Tulbagh hou fees!

Kom kuier saam met ons by die 4de Tulbagh Kunstefees, van 12 – 14 September, en geniet allerhande kulturele aktiwiteite wat die lewe in Tulbagh weerspieël.

Verskeie kunsuitstallings, met o.a. werke van Christo Coetzee, Tina Nel, Vasek Moutasek, Jan Barend Wolmarans, Lize Beekman, Jan Visser, Derric van Rensburg en ander;

Musiekkonserte met Albert Frost en Minette du Toit-Pearce in “Every day I have the Blues”, ‘n uitvoering van Mozart se Requiem soos uitgevoer deur die Stellenbosse Canti-cum Novum-koor en Simfonie-orkes, “Two Piano’s, Eight Hands”, met pianiste Francois du Toit, Albie van Schalkwyk, Franklin Learie en Tertie Visser-Downie, Rika Vermeulen in “B-flat in my Bonnet” en ander;

Verhoogproduksies soos “From the Heart of Oom Schalk”, stories van Herman Charles Bosman soos vertel deur akteur David Muller, en “Voorskoot en Lipstiek” met Marinda Engelbrecht en Herman Lensing;

Boekbesprekings van erfeniskos-boeke deur skrywers Riana Scheepers (“Land van Melk en Heuning”), Niel Stemmet (“Sout + Peper”) en prof Tim Noakes (“The Real Meal Revolu-tion”);

Lesings oor Tulbagh se argitektuur deur o.a. prof Hans Fransen, lid van die Tulbagh Restourasie-komitee na die aardbewing van 1969;

Veiling van antieke ware deur afslaer Carl Stassen sowel as Kos en handvlyt-stalletjies

Vir meer inligting besoek www.tulbaghartsfestival.co.za Kaartjies vir konserte beskikbaar by Computicket

Page 8: Sept 2014 piketberger

8

VLV Vrouedag Stap

VLV lede en vriendinne het gestap vir Vrouedag op

7 Augustus. Astrid Russouw, Erin Nel, Helena Kotze,

Nicoline Brown, Dinette Lochner en Christa Myburgh.

Foto verskaf

Munisipaliteit vier Vrouedag

Bergrivier Munisipaliteit het hierdie jaar Vrouedag gevier op Donderdag 7 Augustus 2014 toe 140 vroulike werknemers en drie vroulike raadslede ‘n middag se pret gehad het by Org de Rac in Piketberg. Die tema vanjaar was vrolik vrouwees en elke vrou het vooraf die geleent-heid gehad om vir haarself ‘n tuisgemaakte masker te maak. Pryse is gegee vir die drie beste maskers. Carmen van Wyk het die prys gekry vir die beste masker. Die gasspreker tydens die geleentheid was die bekende pretprater Elsabé Aldrich. Sy was uitstekend en elke vrou het die middag baie geniet en gemotiveerd en verkwik huis toe gegaan. Ons het onder andere geleer dat ware vreugde van binne kom en nie soos ‘n masker opgeplak kan word nie.

Die organiseringskomitee is voor van links Terry-Ann Wessels,

Margaretha van der Westhuizen, Gerna Croeser en agter is Elisma Casper en Jackie van Huyssteen.

Carmen van Wyk wat die prys gekry het vir die beste

masker.

Foto’s: Hanlie Linde

AANDAG ALLE DAMES:

Agent vir Watkins-

valeur skoonheids produkte in Piketberg. Agent for Watkins-

valeur beauty products in Piketberg.

HEALTH, BEAUTY, FRAGRANCE, COLOUR AND SKIN-CARE FOR EVERY SKIN TYPE. WE ALSO HAVE GENTS TOILETRIES. WIDE VARIETY OF HOMECARE

(FRESH AND CLEAN) PRODUCTS.

RONEL 083 301 7236 /

022 913 1232 A/H

Cresentia Strauss en Trudie Le Fleur geniet die middag by Org de Rac om Vrouedag te vier.

Tracy Stone, Hanlie Linde en Helena Priem wys hul maskers.

Volgende VLV vergadering saam met

Piketberg Boerevereniging is op

18 September 2014 om 19h00 by

De Berge Gastehuis.

Vir meer inligting kontak Nicoline

Brown 022 913 1263 / 082 477 0665

Page 9: Sept 2014 piketberger

9

Page 10: Sept 2014 piketberger

10

Toerisme Foto Wenners

Die twee wenners van die Piketberg Toerisme Kano Marathon Foto Kompetisie is Nadine de Waal (ou N7

brug) en Rudolph Grobler (Morawia brug). Hulle het elk ‘n R500 kontantprys gewen.

Foto verskaf

Nadine de Waal se wenfoto - ou N7 brug.

Rudolph Grobler se wenfoto - Morawia brug.

Michael Smith (MC), Brenda Lindt (Hoofspreker), Me. Fihla (Waarnemende Hoof - Vredenberg Verkeer), Me. Elizabeth van Rooy (deelnemer), Me. L Nongane(OVK-Spreker), Suster Brits (Departement Gesond-

heid), Me. F Ficks (Departement Maatskaplike Ontwik-keling) en agter staan Landdros Grundlingh (Spreker)

en Ray van Rooy (Raadslid - Piketberg). Foto verskaf

Raadslid Ray van Rooy in samewerking met Departe-ment Gesondheid, Maatskaplike Ontwikkeling en die OVK het op Vrouedag kragte saamgesnoer om die vroue te trakteer. Vroue van Piketberg, Goedverwacht, Wit-tewater en Piket-Bo-Berg het op Vrouedag in die ge-meenskapsaal in Piketberg byeengekom. Die plaaslike landdros het hulle meer oor die wetlike aspekte ingelig en Suster Brits het oor gevare van siektes gepraat. Danton van Department Maatskaplike Ontwikkeling het 'n video-clip vertoon om vroue te bemagtig en me Longane van OVK het vroue aangemoedig om op te staan vir hul reg-te. Me Brenda Lindt het 'n kragtige boodskap gebring om vroue te motiveer en aangemoedig om betrokke te raak in die gemeenskap. Die Pickard broers met Solly Kayster, Ruzaan Smit, Sharlton Swarts, Landie (Maatskaplike On-twikkeling) en Boys in Demension het die vroue vermaak met sang, dans en 'n gedig. Tien vroue was die wenners van pryse wat geskenk is deur borge en kon huis toe gaan met ‘n glimlag op die gesig. Elke vrou het 'n ges-kenkie ontvang om dankie te sê vir hul bydrae in die ge-meenskap. Die naweek is afgesluit met 'n sangmiddag op Sondag 10 Augustus met Voorberg Band en Masekane mannekoor. Alle borge word hartlik bedank vir hul bydrae tot die sukses van die dag.

Berig: Ray van Rooy

Potpourri van Info op Vrouedag

Die tweede Algemene Jaarvergadering vind plaas op Woensdag 3 September 2014

om 18:15 by Laffies Grill, Hoofstraat, Piketberg. Navrae Beryl-Ann 071 828 7952

Almal Welkom

Page 11: Sept 2014 piketberger

11

Maak jou pienk merk deur die bome in en om jou erf met spesiale pienk lap toe te draai. Bestellings en betalings sluit 31 Augustus 2014. R20 per meter. Bestel by een van die volgende VLV-bestuurslede:

Nicoline Brown 082 477 0665 of [email protected]

Dinette Lochner 083 5645643 of [email protected] Sanet Ackermann 082 557 6239 of [email protected]

Direkte inbetalings kan in die volgende Hoërskool Piketberg (Plofstof) rekening gedoen word: Rekeningnaam: Hoërskool Piketberg Bank: Absa Piketberg Takkode 334 –211 Tjekrekening nr. 1180620024 Verwysing: Naam/Maatskappynaam + lap Pink Trees for Pauline beywer hul om fondse in te samel vir lewe na en gedurende kanker. 80% van die fondse sal in Piketberg gemeenskap aangewend word. Alle versierings moet tussen 15 en 18 September 2014 opgesit word. Kom stap saam vanaf PHS op Vrydag 19 September 2014 om 13:00 en beleef ‘n pienk Piketberg.

Piketberg gaan pienk vir Kansa

Page 12: Sept 2014 piketberger

12

Badisa het twee groot skenkings van komberse ontvang van PPC De Hoek en AVBOB Piketberg. Die

mense wat elkeen ‘n kombers ontvang het, was opreg dankbaar daarvoor en ons sê ‘n BAIE

GROOT DANKIE. Bo verskyn Lorraine Lourens (PPC), Irene Pickard en Anescke Vraagom (Badisa)

en Jan Vorster (PPC).

Komberse vir Badisa

Anescke Vraagom en Irene Pickard van Badisa saam met Ronel van Zyl (AVBOB Piketberg) en Maria

Blaauw wat ‘n kombers ontvang het. Berig en foto’s: Hannie Visser

20 Jaar Gelede — September 1994

VOORBLAD: Skoutyd op Piketberg. Adri Conradie en Lynne Vercuiel is as skoukoningin en tweede prinses verkies. Beide is leerlinge aan Hoërskool Piketberg. Simone Jansen, ‘n leerling aan Steynville Sekondêr, is as eerste prinses verkies. Simone is ook vroeër met die 10de verjaardagviering van Steynville Sekondêr as mej Steynville aangewys. Arrestasie van die maand: Hierdie prestige-toekenning is hierdie maand deur L/S/O/Sers. Basie Swart van die plaaslike speurtak verwerf. Op Vrydag 2 September het Die Piketberger sy eerste verjaarsdag in die skoolsaal gevier. Steynville Sekondêr het hul 10de bestaansjaar gedenk. Die hoogtepunte was die oorhandiging van die skoollied aan die prinsipaal, mnr Kamfer, die mej Steynville-aand en die sportdag. Die skoollied is geskryf deur mnr L Dietrich en gekomponeer deur mnr Frolicks van Wellington. Verfraaiing van Kindersaal - As ‘n gemeenskapprojek het die Jong Dames Dinamiek-lede die kindersaal by die hospital op eie onkoste en inisiatief geverf en verfraai. Mnr JC Langeveldt het namens die Hospitaalkomitee van die Radie Kotzé Hospitaal sy dank teenoor JDD vir hul onbaatsugtige diens uitgespreek. ADVERTENSIE: Twee fietse te koop. Mansfiets en damesfiets R200.00 stuk. Daiwa 350 viskatrol. 12 voet Blue Marlin glasveselstok. 25 dosyn sinkers. Vorms vir sin-kers. Visvanggordel. Varswatervisstok. Alle vis-gereedskap saam R500.00.

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

‘n Geestelike Ervaring

Lente-aand

Donderdag 4 September NG Kerksaal

Kaartjies R100 per persoon

te koop by Kerkkantoor Sjerrie, sop en brood

Was ook by die Kunste-fees op Oudtshoorn.

Oor-en-oor die moeite werd!

Page 13: Sept 2014 piketberger

13

Page 14: Sept 2014 piketberger

14

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg

022 913 2297

Tuinbou Kompetisie Die Blom- en Tuinbouklub van Piketberg hou weer in

Oktober maand tuin kompetisie. Om dit die jaar bietjie

anders te maak, en om almal gelyke kans te gee om te

wen, en ook so almal betrokke te kry, gaan ons dit as

volg benader :

1. Ons vra nou reeds inskrywings en die inskrywing

sluit einde Augustus.

2. Ons gaan die volgende onder afdelings hê.

2.1 Gevestigde tuin, groot

2.2 Gevestigde tuin, klein.

2.3 Nuwe Tuine, groot

2.4 Nuwe tuine, klein

2.5 Groente- en of vrugtetuine.

2.6 Kruie tuine

2.7 Hoe lyk jou tuin van die straat af.

2.8 Munisipale tuine.

2.9 Tuine in industriële gebied.

2.10 Ander inskrywings

2.10.1 Hoe lyk die straat waarin jy woon.

2.10.2 Hoe lyk die blok waarin jy woon.

2.10.3 Hoe lyk jou buurt

2.11 Besigheids Tuine.

3. Om almal ‘n gelyke kans te gee, gaan ons elke

tuin

wat ingeskryf is teen vroeg September beoordeel

en ‘n punt gee en dan weer einde Oktober

oordeel, en sal die tuin wat die beste

gevorder het natuurlik as wenner gewys word.

4. Die munisipale bestuurder en haar Munisipaliteit

streef na ’n droom dorp beginsel en kan ons as

publiek, die inwoners van Piketberg, help om die

droom so te verwesenlik.

5. Ook gaan ons lede uit die publiek vra om insette

te lewer aangaande punte toekenning.

6. Ook gaan ons tuine self benoem sonder dat die

eienaar dit weet, wie weet, dit is dalk jou tuin. Wat

‘n verrassing sou dit wees as jou tuin die spogtuin

word.

7. In die toekoms wil ons deur die jaar kyk na tuine,

en benoemings maak om so, almal in die dorp

aanmoedig om tuin te maak.

Skakel of epos Cobis by 0832844684 of

[email protected], of dien jou inskrywing, met net ‘n

naam, adres en telefoonnommer in by die volgende

besighede: Koeltuin, Die Trek 35, en die volgende

besighede in Langstraat: Kaap Agri, Fox Build it, 2 Acre

Hardware, Boland Superspar.

Gebakte Hoenderborsies

Neem vier ontbeende hoender-borsies en geur met hoender-speserye en sout. Meng een koppie karringmelk en een geklitste eier in ‘n bak. Meng een koppie meel, een teelepel paprika en 1/4 teeleepel rooipeper in ‘n ander bak. Doop hoender in karringmelk mengsel, dan in meel mengsel. Bak in pan met medium hitte olie tot alkant bruin. Sit hoender in oondbak en bak verder in oond vir 5 - 10 minute @ 190°C.

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

Biblioteek Kennisgewing

Aan alle lede en voornemende lede. Bergrivier Munisipaliteit se biblioteke is in die proses om te rekenariseer. As u nog nie 'n nuwe aansluit-ingsvorm voltooi het nie, maak asseblief so, so

gou moontlik. Almal gaan nou 'n nuwe strepiekode biblioteekkaart ontvang.

Page 15: Sept 2014 piketberger

15

VERSKEIE POTJIEKOSSE EN HEERLIKE BRAAIVLEIS!

SKAKEL ELNA CALITZ VIR

ENIGE VERDERE NAVRAE BY 022 913 1228

Page 16: Sept 2014 piketberger

16

CAMPAIGN -

Page 17: Sept 2014 piketberger

17

Page 18: Sept 2014 piketberger

18

deur Jannie Lategan

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 9 September

vir ons Oktober-uitgawe.

Stuur foto’s en berigte na [email protected]

Kleredrag, Eetgewoontes en Etiek

Daar, vanuit die stilhoekie van 'n restau-

rant, word 'n mens maklik toeskouer van hoe mense se tafelmaniere en eetgewoontes eintlik is. Dit laat jouself onmiddellik skuldig voel, want is jou eie tafelmaniere na wense en aanvaarbaar vir dié een wat jou straks ongesiens dophou. Slurp jy straks aan jou glas koeldrank of wyn en eet oorgretig asof jy “bang” is die kos raak op en jou honger is dan nie gestil nie. Gebruik jy die mes en vurk of eet jy sommer met die hand om die skyfies gulsig oopmond te verorber. Praat ons dalk met 'n mond vol kos dat die spuug eintlik spat. Gaan ons selfs verder en haal sommer kos met die hand uit jou tafelmaat se bord. Prop ons nie soms 'n oormaat kos in ons mond wat die ruimte van die mond oorskry en ons dit vinnig met iets moet probeer afsluk en daar sodoende 'n gehoes en geproes ontstaan nie? Is dit vir ons belangrik om te weet dat my tafelmaats regoor my, my lelike gewoontes so moet gade-slaan, terwyl ek oopmond kou. Tree ek respekvol teenoor my gesin en tafelmaats op; dra ek nie op hierdie wyse 'n boodskap van swak eet- en tafelgewoontes aan my kinders oor nie. 'n Vakman, verwer en werktuigkundige, dra die toepaslike oorpak na sy werk. Die goeie vakman sien toe dat sy oorpak gereeld gewas word en hy gaan elke dag werk toe met 'n skoon oorpak, want hy is trots op sy werk en het respek vir die publiek, sy kollegas en werkgewer. Hy moet hom ook onderwerp aan die berisping van sy werkgewer as hy nie skoon aangetrek opdaag nie. Die kantoorwerker gaan ook uit respek vir die publiek waarmee hy werk, netjies gekleed en hy voel trots op die betrekking wat hy beklee. Ewe-eens gaan die predikant of pastoor netjies geklee na sy kerk. Sonder om dit onomwonde uit te spel, word dit eintlik stilswyend deur sy gemeente verwag dat hy so op die preekstoel sal verskyn. Hy betoon langs hierdie weg, respek vir sy amp en hy wys ook sy respek wat hy vir sy lidmate het. Dit gee aan hom bepaalde ligitimiteit en dit laat hom goed voel in sy amp. So, trek die regters en juriste ook hulle togas aan om in die howe te verskyn en ons is meer as oortuig daar-van dat 'n regter oor die vingers getik sal word deur die Regsgewende gesag as hulle sommer in blote siviele drag sonder 'n das of baadjie op die Bank verskyn. Die onderwyser verskyn in betaamlike en netjies geklede drag voor sy klas, want dit dwing respek en agting af by die leerders. Dit dra beslis 'n boodskap uit na die leerder om netjies in 'n goedversorgde uniform op te daag by die skool met sy of haar hare netjies en stylvol gesny. Die sportman daag met sy toepaslike sportklere op die rug-byveld, swembad of resiesbaan op. Hy dra met trots sy land se wapen en is trots op die skool of instelling wat hy verteenwoordig. Bladsye kan geskryf word oor hierdie onderwerp dat eetgewoontes en kleredrag maklik 'n weerspieëling van ons karakter kan wees. Iets kan weggee, wie ek eintlik is. Dit kan straks iets sê van my huis en my omstandighede. So word 'n mens onbewustelik blootgestel aan 'n veroor-deling wat miskien ongevraag of onwaar kan wees. Etiek...'n onderwerp waaroor boekdele geskryf kan word waarvan elkeen sy eie outeur kan wees. Elkeen weet wat reg en verkeerd is en daarom is daar werksetiek, sosiale etiek en noem maar op, maar dit is helaas die norm waar-aan ons onsself meet of aan blootstel. Dit gaan helaas

oor 'n standaard van lewe en die karakteristieke optrede binne ons omgewingsfeer. Kortom...hoe tree ek teenoor mense op en hoe dwing ek respek af. Die spreekwoord wat sê: “Die vere maak nie die voël nie”, is 'n strooihalm waarna almal gryp wat nie in hom-self wil verander nie en weerbarstig veg om te maak soos hy wil ten spyte van die korrekte openbare etiek. Hierdie spreekwoord, is van alle waarheid ontbloot. Dalk tyd om na ons voorkoms en eetgewoontes te kyk.

Steenebrug Vrouevereniging het op 2 Augustus vir behoeftige bejaardes en kinders sop uitgedeel.

Hulle kon vir ongeveer 200 mense ‘n bekertjie warm sop en ‘n broodjie gee. Foto: Thorina Steenkamp

Sakevrou studeer Landbou

Tabita Makiwa is 'n Zim-babwiese vrou wat haar eie tuis besigheid bedryf van koop en verkoop van goedere. Intussen ruim sy tyd in om haar verder te bekwaam op tersiêre vlak. Sy het kom inloer en kom dankie sê aan die Toesig-houers van UNISA en ter-selfdertyd met blydskap aange-kondig dat sy suksesvol was met haar eerste semester en selfs 'n onderskeiding behaal het. Sy studeer in die vakrigting Landbou. Haar man het 'n BSc graad in Landbou. Hy werk as Kon-trakteur en Toesighouer op 'n plaas. Die Piketberger deel haar trots en wens haar net die mooiste en suksesvolste uitslae toe met haar verdere studies. Haar kind, sê sy, praat vlot Afrikaans.

Berig en foto: Jannie Lategan

Vrouevereniging gee sop

Page 19: Sept 2014 piketberger

19

Page 20: Sept 2014 piketberger

20

67 minute vir Mandela

Inwoners van Huis AJ Liebenberg het warm klere en skoene uitgedeel aan kliënte by die Kliniek. Persone wat agter staan is Cliffy Jagers, Gert Afrikaner, Mirrie

Mouton en Anna Lambrechts.

Elna Calitz, Huishoudelike Bestuurder van Huis AJ Liebenberg, het eetgoed uitgedeel aan die personeel

van die kliniek.

Henry Rossouw en Carli Rossouw besoek Karin Greeff. Van die skoolkinders het in hul vakansietyd 67 minute afgestaan aan ons inwoners. Sertifikate is aan

hulle oorhandig. Baie dankie ook aan Piketberg Hoërskool se

Grondslagfase wat ons inwoners bederf het met toiletware en die personeel met verrassingspakkies

vol eetgoed. Dit word opreg waardeer! Foto’s: Marie de Villiers

Grondslagfase besoek Huis AJL

PHS se Grondslagfase het toiletware bymekaar gemaak en die Graad 3’s het dit aan die inwoners van

Huis AJ Liebenberg oorhandig. Pieter Rossouw sit hier saam met Smit Jacobs, Jehan Brink, Henco

Kruger, Daniel Jordaan en Gerhardt Muller.

Hennie Lochner saam met Jehan Brink en Smit Jacobs en voor Annette Bruwer.

Henco Kruger, Jana Bruwer en Elsje Basson kuier by Albertina Groenewald.

Foto’s: Sanet Ackermann

Page 21: Sept 2014 piketberger

21

Verskaffer van nuwe fietse, bv. Avalanche, Raleigh, Dia-mondback, GT. Mongoose en Schwinn.

Ons hou ook fietsonderdele en bybehore aan bv. Ryder, Holdfast, Birzman, Parktool, Camelbak,

WTB, Maxxis, Kenda, Fox, American Classic, Hope, Rock Shox, Michelin Go pro en vele meer!

Ons herstel en diens fietse en maak gebuigde rims weer reg.

Bring jou fiets in vir ‘n standaard was van R35 of ‘n volle ‘valet’ van R55 met smering op ketting ingesluit

en kry ‘n gratis inspeksie van fiets. Kom loer gerus in regoor Kaap Agri Drankwinkel in die

Carel van Niekerk Besigheidspark.

Besigheidsure: Maandae - Vrydae Saterdae

08h00 tot 17h00 09h00 tot 12h00 Vir enige navrae kontak Gustav Bonthuys by

0844874840 / 0229131101 of [email protected]

PIKETBERG

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Wat sê die reg?

Moet ek ‘n Testament opstel of nie? Dit is die

vraag

Ek is seker daar is oor die jare heen baie in hierdie kolom geskryf oor testamente, maar die belangrikheid van die verlyding van ‘n testament kan nie oorbeklemtoon word nie. Die een toekomstige gebeurtenis waar-van ons almal seker is met ons gaan gebeur, is die dood. Daarom is dit belangrik dat ons vroegtydig daaroor praat en ‘n testament nalaat wat die lewe vir ons geliefdes wat agterbly soveel makliker sal maak met ons heengaan. Die belangrikheid daarvan om ‘n testament te verly blyk duidelik uit die ondergenoemde voorbeeld. Op 18 Augustus 2012 trou ‘n familielid van my met haar groot liefde, net om hom (toe 38 jaar oud) ‘n jaar later, op 31 Augustus 2013, op die kombuisvloer aan te tref waar hy weens ‘n “massiewe” hartaanval gesterf het. En toe nog ‘n groter skok... hy het nooit sy testament verander nadat hulle getroud is nie, en vererf sy algehele boedel, wat hulle gemeenskaplike woning met meubels en al insluit, op sy moeder wat die begunstigde is kragtens sy bestaande testament. Die uiteinde? Sy is op die ouderdom van 30 jaar terug by haar ouers in die huis! Uit die bogenoemde voorbeeld is dit duidelik dat ‘n mens tyd moet maak om ‘n testament op te stel ten einde seker te maak dat daar, na jou dood, met jou bates gehandel word volgens jou wil. Daar is egter sekere wetlike vereistes waaraan ‘n testament moet voldoen ten einde ‘n geldige testament te wees, en om hierdie rede is dit belangrik om ‘n professionele persoon te nader ten einde jou by te staan met die opstel van ‘n geldige testament. Vir diegene van u wat alreeds ‘n testament opgestel het, is dit egter belangrik om u testament gereeld te laat hersien, aangesien mense se omstandighede aanhou-dend verander. Vir ‘n jong paartjie wat nou in die huwelik tree, sal dit dus noodsaaklik wees dat hulle hulle testamente hersien ten einde voorsiening te maak vir die langslewende gade, sou een van hulle tot sterwe kom. Net so sal dit ook belangrik wees vir dieselfde paartjie om hulle testament te hersien indien daar ‘n kind of kinders uit die huwelik gebore word ten einde voorsiening te maak vir die kinders sou een of albei ouers tot sterwe kom. Dit is egter nie net jong getroudes wie se omstandighede kan verander nie. Ongelukkig (of gelukkig vir sekere mense) gebeur dit ook telkens dat huwelike beëindig word deur egskeiding en is dit ook belangrik vir beide partye om hulle testament te wysig indien hulle wil hê dat die voormalige gade nie voordeel moet trek uit sy/haar boedel na sy/haar afsterwe nie. Sou die man byvoorbeeld binne drie maande na afhandeling van die egskeiding sterf, sal sy voormalige vrou niks erf nie, maar indien sy testament na drie maande na die egskeiding nie verander word nie, en hy sterf dan, sal sy voormalige vrou wel erf volgens sy testament. Van 15 tot 19 September 2014 is dit weer die Nasionale Testamente Week wat deur die Wetsgenootskap van Suid-Afrika aangebied word. Tydens hierdie periode kan lede van die publiek deelnemende prokureursfirmas nader om ‘n basiese testament gratis vir lede van die publiek op te stel. Maak dus gebruik van hierdie geleentheid om ‘n testament op te stel indien u nog nie een het nie, en indien u wel ‘n testament het, gebruik hierdie geleentheid om u testament te laat hersien.

Jacques Ehlers

Page 22: Sept 2014 piketberger

22

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur dr. Margaret Mollett

Hoofstraat 21, Piketberg

Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Het GEMS kontrak gekry vir chroniese medisyne

met lae of geen bybetaling!

Leeskring 17 September “Die Blou van Onthou”

deur Marita van der Vyver

Bespreking: Erin Nel Biblioteeksaal 09:30. Almal welkom.

“Liewe Leser, laat ek my voorstel:

Eintlik is daar verskeie maniere om

dit te doen. As ek ’n illusie van ro-

mantiek wil skep, kan ek sê ek is ’n

Afrikaanse skrywer wat op ’n mid-

deleeuse dorpie in die suide van

Frankryk woon. As ek ’n stylvolle

indruk wil wek, kan ek sê ek woon

in ’n Provençaalse kliphuis met persblou hortjies, pienk

rose en laventel voor die kombuis venster, ’n enorme ou

plataanboom langs die hek. Maar as ek eerlik wil wees,

moet ek sê ek is ‘n moeë vrou met ’n te groot gesin wat in

Kerkstraat woon”, en verder aan, “Dit klink meer eksoties

in Frans – Rue de l’ Eglise, maar dit bly ’n straat met ’n

kerk op ‘n plattelandse dorpie.”

Só skryf die alombekende Marita van der Vyver aan die

begin van Die hart van ons huis – ’n skrywer in Pro-

vence (Tafelberg, 2004). Sy vertel van ’n besonder ge-

lukkige huisgesin: “Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek

en my Franse man Alain, en vier kinders tussen die ouder

-domme van drie en sewentien, syne, myne, ons s’n. Dis

ons.”

Met haar skerp waarneming, humoristiese beskrywings

en in-die-kol Afrikaanse woordeskat skep Marita ‘n

kleurvolle tapisserie van alles wat dag-vir-dag in die dor-

pie en die streek aangaan – as eeue-oue tradisie of mo-

derne tendens. Een tradisie is om lekker kos voor te

berei, en geen beslommernis of inspanning is ooit te veel

nie. Watse gereg sou Marita en Alain vir hul gaste voor-

sit? Daar is aïolie bestaande uit knoffel-mayonnaise en

morue, ’n gesoute Europese kabeljou, “aartappeltjies in

hul kamerjassies”, “effens krakerige worteltjies en boon-

tjies”, artisjokkies en murgpampoentjies, beet en rou

broccoli. “’n Hele reënboog op die tafel – met die liggeel

knoffelsous soos die legendariese pot goud aan die boog

se punt.” Daar is geen voor- of nagereg nie, net drie of

vier kase en genoeg vars brood.

In 2008 volg Franse Briewe – Pos uit Provence

(Tafelberg). “Liewe Leser, Welkom terug! Dis nou vyf jaar

sedert jy met die Die hart van ons huis kennis gemaak

het met my onidilliese lewe in ’n idilliese landskap – my

lewe in Provence. En ons woon steeds in Kerkstraat,”

waar, volgens haar, die kombuis “steeds in alle opsigte

die hart van die huis bly.”

“Ek sluit af soos laas – en dalk tot ’n volgende keer –

met die lekkerste van alle Franse frases: Bon appetite!”

Proefstudente by Steynville Primêr

Hierdie jong dames is proefstudente wat tans hul praktiese onderwys by Steynville Primêr op Piketberg doen. Almal is van CPUT Wellington-kampus, met die uitsondering van een student wat by Boland Kollege is. Hulle is Millicent Faro, McKyllin Donkerman, Hanli

Fransman en Aila Le Fleur. Berig en foto: Elzanne Boshoff

Interskole Saterdag 23 Augustus

Hoërskool Piketberg vs

Hoërskool Porterville te Hoërskool Piketberg se sportgronde

Page 23: Sept 2014 piketberger

23

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Wiskunde Bonanza Finaal Nic Visagie, gr 4 by

Steynville Primêr het

aan die finale rondte

van die Wiskunde

Bonanza te Piketberg

Hoërskool deel-

geneem.

Foto:

Elzanne Boshoff

PHS het goed gevaar in die Wiskunde Bonanza. Gabri Loubser, gr 2 het ‘n tweede plek behaal. Bosman Rossouw en Albert Grobler behaal die eerste en

tweede plek vir gr 7. Foto’s: Marietha Goosen

Wes-Boland o/12 Rugby

Lyle Booys en Matthew Somers is opgeneem in die Wes-Boland o/12 rugbyspan. Lyle as reserwe en

Matthew as haker. Foto: Marietha Goosen

Die Wiskunde Bonanza is gehou vir die beste twee kandi-

date van elke skool in al vyf Kringe in die Weskusstreek,

wat in twee verskillende kategorieë, nl monograad en

multigraad, deelgeneem het.

REACH Ritmiese Gimnastiek klub het weer deel- geneem aan die Ready or Not kompetisie op 1 Augus-

tus en het soos volg presteer. 1ste ry level 4: Pamela Booys 1ste, Elné Burger 3de

en Marilize Crous 13de. 2de ry Nicole Steyn 4de (level 6), Mia Oberholzer 3de (level 5), Milah Baard 1ste

(level 5). 3de ry Christine van der Merwe 2de (level 6), Ané Nelson 1ste (level 8) en Shanda Whitfield 3de (level 6). Afwesig: Level 4: Renate Coetzee 7de,

Level 5: Jade Wilson 2de (level 5). Berig en foto: Chrisna Baard

Op 23 Augustus vind die distrikskompetisie plaas by die Swartklip Sportsentrum in Mitchell’s Plain en die Gimnas-tiek SA's vind plaas in Oktober gedurende die skool-vakansie.

Reach - Ready or Not?

=1 8 -7

Page 24: Sept 2014 piketberger

24

Badisa na Burgerstrandhuis

Badisa het in die Junie vakansie ‘n groep kinders Burgerstrandhuis toe geneem. Badisa wil hiermee

ook baie dankie sê vir Piketberg Lions, Boland Super-spar en die Burgemeesterskomitee vir skenkings.

Die kinders het dit baie geniet en baie geleer. Berig en foto verskaf deur Hannie Visser

Katinka Blommekuns Demonstrateur Katinka Morrison het ge-durende die Junievakansie haar praktiese eksamen afgelê vir die Nasionale Demonstra-teurs Diploma (NDD). Die teorie eksamen het sy in Maart af-gelê. Vir die praktiese eksamen moes sy vier blomontwerpe maak wat deur drie beoor-delaars beoor-deel is. Die kan-didaat wat die eksamen doen, moet bo 75% behaal om te slaag, dieselfde slaagvereistes geld vir die teorie-eksamen. Sy het altwee deurgekom en is nou 'n demonstrateur in die blommekuns. Dit beteken dat sy nou die nodige kwalifikasie het om blomdemon-strasies by klubs te hou.

Links is een

van die ont-

werpe vir die

Nasionale

Demonstra-

teurs Diploma.

‘n Tradisionele

ontwerp met

die tema

“Spirit of

Winter”.

Foto’s Verskaf

Volgende Vergadering Die volgende Blom- en Tuinbouvergadering is op

Woensdag 3 September in die biblioteeksaal. Tee en verversings word bedien vanaf 9:00

vergadering begin 9:30. 'n Houer met plantmateriaal gaan aan elkeen teen-woordig voorsien word, daaruit gaan die lede en be-soekers ‘n unieke ontwerp (rangskikking) skep.

Besoekers welkom. R20 besoekersfooi betaalbaar.

By die vorige Blom– en Tuinbouvergadering op 6 Augus-tus is blomontwerpe gedemonstreer deur Cobis Wilson, Micky Visser, Elbeth Liebenberg en Katinka Morrison. Saam het die vier 12 ontwerpe gewys. Elbeth het die enigste tradisionele ontwerp gedemonstreer. Die ander ontwerpe is gebaseer op nuwe moderne neigings in die blommekuns. Die plak en sny van verskillende plantmate-riaal, soos sade, bas, loof en selfs die gebruik van groente in die ontwerpe, is gewys.

ADMINISTRATIEWE POS

Page 25: Sept 2014 piketberger

25

Page 26: Sept 2014 piketberger

26

Leerders besoek Kaapstad

'n Groep leerders van Steyn-ville Primêr het vanaf 20 tot 25 Julie 2014 by die Burger-

strandhuis te Muizenberg tuisgegaan. Hulle het die

voorreg gehad om be-sienswaardighede soos die

Akwarium, Die Kasteel, Grootte Schuur Hospitaal,

Tafelberg, Die Planetarium en vele meer te besoek.

Dit was 'n onvergeetlike ervaring vir ieder en elk.

Berig en foto’s: Elzanne Boshoff

Bootrit in die Waterfront

Die Akwarium

Die Planetarium

Die Kabelkar

Die Kasteel Grootte Schuur Hospitaal

Page 27: Sept 2014 piketberger

27

Little Shepherds After School

Our Mission: To provide a safe, positive, and fun place for students to do homework, build relationships and values and to experience the love of Christ.

Little Shepherds After School is an after school program operating 5 days a week Monday through to Friday afternoons, from 12hoo to 17h15. All students grades R to 7 (English & Afrikaans), are invited to the Little Shepherds fun and safe environment to eat a proper lunch, do homework and play games.

Little Shepherds After School meets in The Little Shepherds Pre School Building, at the back of Piketberg Christian School.

For further information please contact Thea Cooper (084 247 1920) or Lizel Rossouw (084 438 1852) or visit our Little

Shepherds After School facebook page.

PHS Kultuuraand Saffron en Roulade

Foto’s: Ilse Bruwer

Willem Koch het Saterdag deelgeneem aan die Inter-national Federation of Bodybuilding and Fitness kom-petisie en die WP span gehaal wat aan die SA’s gaan

deelneem vanaf 10 - 13 September. Sy afdeling is “men’s physique”. Dit is ‘n afdeling waar goeie

spierdefiniesie en liggaamsbalans beoordeel word by mans langer as 1,78m. Foto: Edó Photography

Page 28: Sept 2014 piketberger

28

Reach Ritmiese Gimnastiek vier Vrouedag in styl

Vir ‘n week lank, elke dag, kwetter die mammas van die

gimnaste met mekaar op ‘n whatsapp-groep soos ver-

samelvoëls wat nes bou…”onthou van….het jy...wie

gaan....waar kry ons….wat nou weer, ek het vergeet...”

Dit klink eerder na ‘n deurmekaarspul as ‘n beplanning,

maar glo vir my, elkeen weet presies wat gaan vir wat.

Uiteindelik breek Vrydagmiddag 8 Augustus aan en almal

laai hul hekellappies, fyn porselein koppies, vintage

dekor, mooi servette en baie gees af. Elkeen dek en ver-

sier haar tafel op haar eie, maar baie bewus van die an-

der om jou, word daar nog geselsies ook aangeknoop.

Saterdagoggend vroeg word die laaste tafeldoekies reg-

getrek en die heerlike eetgoed uitgepak. Dit voel asof jy

deel is van die Kyknet Kokkedoor-program as jy die saal

instap. Die gaste arriveer – getof en getooi in hoede en

hakke – tog te mooi.

Tina laat nie op haar wag nie en heet almal welkom.

Daarna trek Jaco Losgelaat weg met sy lewendige

liedjies. En kan so ‘n jongman sing! Daar word hande

geklap en saam gedans. Tog te lekker! Hy gee rose en

geskenke weg en laat almal spesiaal voel. Tussendeur

word daar tee gedrink, gekuier en heerlik gesmul aan die

eetgoed.

Daarna lewer Zandré de Villiers haar getuienis met

soveel vreugde van die hartseer in haar lewe. Met haar

inspirasie en motivering het ‘n mens sommer weer lus vir

die lewe en sy uitdagings.

Jaco het ook sy getuienis gelewer saam met ‘n paar

laaste liedjies. En met die wegsterf van die musiek het

die dames begin opruim….

Dit was ‘n ongelooflike lekker manier om Vrouedag te vier

en so ‘n bydrae te lewer vir die gimnaste se

fondsinsameling. Baie dankie vir elkeen wat iets gemaak,

geskenk, geleen, geborg of gereël het om hierdie funksie

moontlik te maak. Baie dankie ook vir elkeen wat ‘n kaar-

tjie gekoop en dit bygewoon het. Vir die wat dit nie kon

bywoon nie, ons maak volgende jaar weer so.

Die borge wat die geleentheid ondersteun het is: Boland

Superspar, Winkelshoek, SARIE (Media 24), The Rooibos

Tea Company, Hoërskool Piketberg en Zandré de Villiers.

Die klank is gedoen deur Voyager Sound Inc (eienaar Mar-

cél Fourie) en die gaskunstenaar JaCo Losgelaat.

Berig: Alta Nelson Foto’s: Chrisna Baard

Die Gimnastiek Ma’s saam met JaCo Losgelaat.

JaCo Losgelaat en sy ondersteuners.

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as

well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asb. 082 780 8698.

Betrekking Aangebied

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!”

“’n Bybeltjie vir ‘n Zoeloe-kindjie” - dis die waarde wat R60 in ‘n koevertjie kan toevoeg tot

iemand se lewe in Msinga en Makathini. Kix het reeds 153 Bybels

‘n Dierbare dame het drie Bybels geskenk

Page 29: Sept 2014 piketberger

29

Gr R’e besoek die Oogarts

Die Gr R’e sê dankie aan Dr Neels Hattingh vir sy rol in die gemeenskap vir die gratis oogtoets wat PHS se

Gr R-klas gekry het vir vroeë identifisering van probleme en die spoedige herstel of intervensie daar-van. Elke kind se oë is gratis getoets en ‘n verslag is na die tyd gekry. Vir ‘n week na die oogtoetse wou

die meeste kinders oogartse word! Foto: Marili de Klerk

Dup Meubels wil vir Johannes N. Engelbrecht

geluk wens as die wenner van die Kenwood Grill gelukkige trekking.

Dankie aan ons kliënte vir hul volgehoue ondersteuning.

Dup Meubels Bestuur JAPIE DU PLESSIS

JACQUES DU PLESSIS

Owners/Eienaars

Choose DUP MEUBELS for good prices &

better service

Kies DUP MEUBELS vir goeie pryse & beter diens

T +27 229131251 / +27 229131307 | F +27 229132443 |

Email [email protected]

Leliehof hou Hennedinee met Musicals

Die matrieks se tema was “Barbie en Ken” met Wil-marene Okkerstein, Bianca Jordaan, Dorinda Smit,

Adriaan Lubbe (Barbie en eregas), Whelan Julius en Nicole Dietrich.

Auxillary Makaza, proefstudent en

Bianca van Blerk.

Die Juffrouens se tema was “Hairspray” met Bianca van

Blerk, Jackie Thirion en Sanri Joubert.

Foto’s:

Jackie Thirion

Matriekafskeid

Hoërskool Piketberg Vrydag 29 Augustus

*************

Steynville Sekondêr

Vrydag 26 September

Die Piketberger wil graag u foto’s plaas.

Stuur asseblief foto’s na [email protected]

Page 30: Sept 2014 piketberger

30

Beroepedag

PHS se Gr R-klas het onlangs Beroepedag gehou. Die kinders moes aantrek soos wat hul graag eendag wil word. Daar was ballerinas, ‘n chirurg, ‘n paar dokters, boere, padwerkers, modelle, ‘n sangeres, ‘n skoonheids-deskundige, ‘n haarkapster, brandweermanne, polisie-manne en ‘n prinses. Lise Bruwer, as chirurg het die “fancydress” gewen, foto links onder.

Foto’s: Marili de Klerk

Page 31: Sept 2014 piketberger

31

Bierman Grobbelaar Oogkundiges borg sonbril vir die Piket-Bo-Berg

Cycle Challenge

Dit is die tweede jaar dat Bierman & Grobbelaar sonbrille borg vir die Piket-Bo-Berg Cycle Challenge. Dit is fantasties om te sien hoe nuwe besighede terugploeg in ons gemeen-

skap. Hier ontvang Toni Smuts, Skakelbeampte van Boland Superspar die Oakley bril van Annalise Erasmus.

Toni is die bemarker van die Piket-Bo-Berg Cycle Challenge.

Boland Superspar Wes-Kaap Superspar

Reach Gimnastiek hou Vroueoggend

Veronica Brits (Spanleier) oorhandig 200 Bottels water aan

Yolanda Crous. Reach Gimnastiek het 9 Augustus ’n damesoggend gehou om fondse in te samel vir die gimnaste wat in die toernooi in Oktober 2014 gaan deelneem. Yolanda is een van die gimnastiek ma’s.

Page 32: Sept 2014 piketberger

32

Have you seen the new wines displayed in

SPAR and TOPS at SPAR stores? Spar has

finally done it, they have launched their own

wine brand, Olive Brook wines, selling exclu-

sively in their stores.

I recently attended the media launch where we

were lucky enough to taste all the wines and all

I can say is you are in for a spectacular sur-

prise. The man behind the magic in the bottles

is Tinus van Niekerk, who was tasked with the sourcing, crafting

and blending of wines in the Olive Brook range. He’s a wine lover

with a palate to match and his quest for quality wines is all about

“balance, finesse and elegance”. The Olive Brook range includes

names of some of SA’s top producers: De Wetshof, Kleine Zalze,

Spier and Graham Beck. The objective = real quality wines at a

great price, which is exactly what they achieved.

Olive Brook Wyn reeks slegs by TOPS

Die gelukkige wenner van ‘n gasverwarmer nadat sy ingeskryf het vir die Four Cousins kompetisie, is Diandria Adams. Hier oor-

handig Sirene Williams (Tops spanleier) die prys aan haar.

Four Cousins kompetisie

Tinus van Niekerk