Upload
others
View
2
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
Agenda van die Ringsitting gehou op 16 Augustus
2018 by die Ned. Geref. Gemeente
Magalieskruin vanaf 18:00
2
TYDSKEDULERING VAN DIE RINGSITTING 18:00 – 18:45 Aankoms en ete 18:45 – 19:00 Toewyding 19:00 – 19:15 Konstituering (Oorhandiging van Geloofsbriewe) 19:15 – 19:30 Aanwys van Ampsdraers en Ringskommissie; Ordereëlings 19:30 – 19:45 Verslag van die voorsitter van die ringskommissie 19:45 – 20:10 Die stand van die grondkwessie in SA 20:10 – 20:25 Profielanalise van die ringsgebied 20:25 – 20:45 Konsulenteverslae 20:45 – 20:55 Ander verslae 20:55 – 21:10 Finansiële verslag en 21:10 – 21:30 Direkteur van die Noordelike Sinode en afsluiting
3
1. TOEWYDING
2. OPENING EN VERWELKOMING
3. KONSTITUERING (Oorhandiging van geloofsbriewe)
4 ORDEREëLINGS 4.1 Tydelike Kommissies 4.2 Stemopnemers 4.3 Beskrywingspunte en laat stukke
5 VERKIESING VAN AMPSDRAERS VIR DIE VERGADERING 5.1 Voorsitter:
Dit is die gebruik binne die Ring van Wonderboom dat een van die leraars van die gemeente waar die Ringsitting plaasvind, as voorsitter aangewys word vir die vergadering.
5.2 Ondervoorsitter 5.3 Skriba 6. AANWYS VAN DIE RINGSKOMMISSIE 2018-2019 6.1 Die Ringskommissie word aangewys deurdat elkeen van die ses Ringsgemeentes
twee verteenwoordigers aanwys, waarvan een ‘n leraar en een ‘n kerkraadslid is.
6.1.1 Aanbeveling:
6.1.1.1 Elke afvaardiging van die onderskeie Ringsgemeentes bepaal vooraf wie hulle verteenwoordigers gaan wees en voorsien volledige besonderhede aan die ringskriba ter vergadering.
6.1.1.2 Die nuutverkose Ringskommissie kom na die Ringsitting byeen en besluit op ‘n volgende vergaderingsdatum waar hulle dan sal konstitueer.
6.1.1.3 Die Ringskommissie wys self sy funksionarisse aan. 6.1.1.4 Op die eerste vergadering van die nuwe Ringskommissie word die Notule van
die Ringsitting goedgekeur. 6.1.1.5 Die Ring gee aan die Ringskommissie die mandaat om sover moontlik alle
Ringsake namens haar te hanteer en af te handel.
7 ANDER REëLINGS 7.1 Ander logistieke reëlings vir die vergadering sal deur die afgevaardigdes van NG
Overkruin hanteer word.
8 VERSLAG VAN DIE VOORSITTER (Hierdie verslag rapporteer kortliks die Voorsitter van die Ring en die Ringskommissie se werksaamhede en verantwoordelikhede van die vorige jaar tot en met hierdie Ringsitting.)
4
8.1 Samestelling
Die ringskommissie VIR 2017 - 2018 was soos volg saamgestel:
GEMEENTE AFGEVAARDIGDE
Kameeldrif Dr. Roelf Opperman (Voorsitter)
Ds Alwine Strauss Wonderboom Dr. Nelius Steyn
Ninette Barnard
Montana Ds Johan Scholtz
Leon van Dyk Overkruin Ds. Corné Randall
Ds. Petrus Moolman
Magalieskruin Ds. Louis Lemmer
Freddie Botha Doornpoort Ds Pieter Viljoen (Skriba)
Ronnie van der Wielen ONDERSTEU-NINGSDIENSTE
Ds Heinrich Carstens (Ondervoorsitter)
8.2 Vergaderings
Die ringskommissie het 5 keer vergader, nl. op 15 September 2017; 19 Nov 2017; 2 Feb 2018; 20 Apr 2018 en 15 Jun 2018.
8.3 Werksaamhede 8.3.1 Die notule van die ringsitting van 2017 is goedgekeur. 8.3.2 Die geouditeerde state van die ringsfinansies is goedgekeur en geteken. 8.3.3 Verkiesing van Personalia: Die volgende persone is aangewys:
Voorsitter: Dr Roelf Opperman
Ondervoorsitter: Ds Heinrich Carstens
Skriba: Ds Pieter Viljoen
Voorsitter van die RKF: Ds Heinrich Carstens
Verteenwoordiging by die SDR: Dr Nelius Steyn en ds Alwine Straus.
Verteenwoordiging op die Sinodale Taakspan Regte: Ds Corné Randall. 8.3.4 Die beroeping en bevestiging van di. Pieter Viljoen en Meiring de Wet in Doornpoort is
gemonitor en bevredigend afgehandel. Hulle induksie is ook deurgevoer onder leiding van dr Dieter de Bruin.
8.3.5 Toestemming is verleen aan NG Montana vir die skepping van 2 vaste termyn poste vir 3 jaar waarvan die een pos 30% en die ander 70% gewig dra.
8.3.6 Die beroeping en bevestiging van ds Tienie de Bruyn in Montana is gemonitor en afgehandel.
8.3.7 Die beroeping van ds Surina van der Berg is gekontroleer. Haar bevestiging vind plaas op 2 September 2018.
8.3.8 Visitasie in 2018: Die ringskommissie het besluit dat elke gemeente haar konsulent voor einde Mei 2018 uitnooi om by hulle te kom preek. Tydens die preek word lidmate uitgenooi om gedagtes te kom wissel hoe die ring die betrokke gemeente kan help. In die week voor die erediens ontmoet die konsulent die leraars van die gemeente vir ‘n gesprek. Die inhoud van die gesprek gaan oor die bedieningsvreugde en die bedieningsvaardigheid van die leraars. Sake soos standplaaswisseling, VBO krediete, verlofvoorsiening, ensovoorts moet in die gesprek aan die orde kom. Die konsulent doen aan die ringskommissie verslag oor die gesprek en die erediens. Hierdie besluit is uitgevoer.
5
8.3.9 Dit was ook tydens hierdie ringskommissie se termyn dat ons kollega van Montana, dr Marius Johnson, gesterf het. Die ringskommissie het haarself op hoogte gehou van die situasie by Montana en bedank elke lid van die ring wat daar hulle ondersteuning gegee het.
8.3.10 Die gesprekke tussen die 2 groeperinge van gemeentes in die ring (Overkruin en Wonderboom aan die een kant en Montana, Magalieskruin en Doornpoort aan die nader kant) het groter momentum gekry. Hierdie werkswyse is verder bevestig met die werkswinkel van die Taakspan Ringsontwikkeling wat op 16 Februarie 2018 plaasgevind het waartydens die ringskommissie gevind het dat ons op die regte pad is met die ringsontwikkeling in hierdie ring. Lede van die ringskommissie het die vergadering van die taakspan bygewoon op 16 Februarie by Overkruin. Daaruit het die volgende voortgespruit:
8.3.10.1 Die ring gaan voort met die werkswyse om gemeentes in die ring te groepeer en so groter samewerking tussen gemeentes te inisiëer.
8.3.10.2 Die ring gaan voort met die ringsvisitasie deur die konsulente soos besluit tydens die vorige ringskommissievergadering.
8.3.10.3 Ds Johan Scholtz en ds. Meiring de Wet kry opdrag om ’n profielanalise van die ringsgebied saam te stel en teen 30 Junie gereed te hê sodat dit op die ringsitting deel kan vorm van samesprekings rakende strategiese denke.
8.3.11 Die finansies van die ring is baie goed bestuur deur ds. Heinrich Carstens en die ringskommissie het nougeset daaroor toesig gehou met verslag by elke ringskommissievergadering. Die ouditverslag dien by hierdie ringsitting.
8.3.12 In die laaste week van hierdie ringskommissie se termyn het die ongelukkige taak op die tafel gekom om ‘n ondersoekliggaam aan te wys om ondersoek te doen na die beweerde egskeiding van ’n kollega. Die proses gaan voort.
Dr. Roelf Opperman
9 INLIGTINGSGESPREK OOR DIE STAND VAN DIE GRONDKWESSIE IN SA. Dr Willem Pretorius lei die gesprek.
10 PROFIELANALISE VAN DIE RINGSGEBIED. Gesprek word ingelei deur ds Johan Scholtz
11 VERSLAG AAN DIE RING VAN DIE RINGSKOMMISSIE VIR
PREDIKANTEVERSORGING
Konsulentsverslae : Ring van Wonderboom 2018
Opdrag: Die Ringskommissie het besluit dat elke gemeente haar konsulent voor einde Mei 2018
uitnooi om by hulle te kom preek. Tydens die preek word lidmate uitgenooi om gedagtes te kom wissel hoe die ring die betrokke gemeente kan help. In die week voor die
erediens ontmoet die konsulent die leraars van die gemeente vir ‘n gesprek. Die inhoud van die gesprek gaan oor die bedieningsvreugde en die bedieningsvaardigheid van die leraars. Sake soos standplaaswisseling, VBO krediete, verlofvoorsiening, ensovoorts moet
in die gesprek aan die orde kom. Die konsulent doen aan die ringskommissie verslag oor die gesprek en die erediens.
Die leraarsprofiel van die leraars in die ring lyk soos volg:
6
Gemeente Leraar Ouderdom Sedert in gemeente
Voltyds Tent maker Kontrak Pastorale hulp
Jeug werker
Jaar aftree/ kontrak
einde
Kameeldrif Willem Pretorius 57 1991 X 2026
Roelf Opperman 60 2004 X 2023
Liesel Krause-Wiid 47 2009 10% 2036
Drian Viljoen 29 2014 75% 2054
Alwine Strauss 33 2017 X
Wonderboom Ernest Horn 62 1990 X 2021
Nelius Steyn 52 1992 X 2031
Erika van Tonder 49 2011 Kapelaan 2033
Overkruin Heinrich Carstens 48 2006 X 2035
Cornè Randell 31 2015 X 2049
Petrus Moolman 77 2016 X 2020
Elenè Steyn 22 2018 X 2020
Montana Johan Scholtz 55 1998 X 2028
Bennie Powell 46 2006 X 2037
Paul Lubbe 63 2006 25% X Jjaar tot jaar
Tienie de Bruin 63 2018 30% April 2021
Sarina van den Berg 30 2018 70% 3jr 2021
Yolandi Bester 48 2007 X Jaar tot jaar
Magallieskruin
Johan Olivier 63 1998 X 2020
Alkmar Swart 60 1986 X 2023
Louis Lemmer 49 1996 X 2034
Lizette van Rooyen 41 50% 2042
Cornè Bootha 39 2004 X 2044
Doornpoort Pieter Viljoen 63 2018 50% Okt 2019
Meiring de Wet 28 2018 50% Okt 2019
Die volgende vrae kon as riglyne vir die gesprekke van die konsulente in die gemeentes dien: 1. Gee jou algemene indruk oor die gemeente en die leraarspan na jou gesprek.
2. Watter algemene tendense neem jy waar? 3. Wat lei jy af oor die werkslading en die fokus van die leraars?
4. Is daar iets in die besonder oor die gemeente wat jy onder die aandag van die Ring wil bring?
KAMEELDRIF: Konsulent - Ds Bennie Powell
Die gesprek met Kameeldrif se leraars het op 2 Mei 2018 plaasgevind. Die konsulent het
ook die eredienste op Sondag 6 Mei 2018 gelei waarna hy geleentheid vir lidmate gegee het om met hom oor die gemeente in gesprek te tree.
As gevolg van die feit dat die konsulent met Sabbatsverlof is, is daar geen verslag ingedien nie.
WONDERBOOM: Konsulent – Ds Louis Lemmer
Ek het die geleentheid gehad om op Sondag 22 Julie by die gemeente te preek. Dit was
‘n positiewe geleentheid. My algemene indruk is dat dit goed gaan met die gemeente en die personeel.
Die gemeente het sekere uitdagings:
7
Finansieël gaan dit steeds moeilik, maar die gemeente slaag daarin om positief te oorleef. Daar is baie inisiatiewe om die finansies aan te vul.
1. Die geboue is oud en dit verg baie onderhoud. Dit het weereens ‘n
finansiële impak.
2. Die omgewing het heelwat verander oor die afgelope jare, met baie mense
wat ingetrek het wat nie in die tradisionele NG Kerk prentjie pas nie. Die gemeente
is nie groot nie, en daar is heelwat ouer persone. Ook die leierskap bestaan
hoofsaaklik uit ouer persone. Daar is ‘n poging om jonger leiers te identifiseer en
te betrek.
3. Beperkte personeel om die werk te doen. Dit plaas heelwat druk op die
bestaande personeel, insluitende die administratiewe personeel.
4. Daar was skommelings onder die persone betrokke by die kommissie wat die
finansies hanteer het, en sommige sleutel persone is nie meer betrokke nie. Dit
maak dit moeilik vir die personeel wat skielik moes instaan om te sorg dat alles reg
hanteer word.
Die positiewe: 1. Dit lyk asof die verhouding onder die personeel positief en ondersteunend is.
2. Daar is gereelde vergaderings om sake te koordineer. Daar is aktiewe
beplanning en visionering.
3. Daar is ‘n sterk leierskapsgroep wat die gemeente positief lei.
4. Daar is ‘n sterk gemeente groep wat verantwoordelikheid neem vir die
gemeente en wat uitbrei soos wat mense betrokke raak by aktiwiteite. Lidmate is
bereid om prakties betrokke te raak.
5. Die gemeente ervaar die samewerking met Overkruin gemeente, spesifiek
wat aanbetref die jeugbediening en senior bediening, as baie positief. Dit is nog ‘n
leerproses, maar sake vorder mooi en die samewerking het waarde toegevoeg.
Personeel: 1. Ernest Horn bereik aftree ouderdom oor twee en ‘n half jaar.
2. Die koster werk is ‘n uitdaging aangesien dit ook deur die kantoor dame
hanteer moet word. Die terrein werker wat baie jare hiermee gehelp het is ook
onlangs oorlede.
3. Die kapelaanspos word as ‘n aanwins gesien.
8
MONTANA: Konsulent – Ds Heinrich Carstens
Hiermee bevestig ek dat ek as konsulent van NG Gemeente Montana op Dinsdag 29 Mei
2018 ‘n bedieningsgesprek met die leraarsspan van die NG Gemeente Montana gehad het. Ek het informeel met Di Bennie Powell, Johan Scholtz, Tienie de Bruin en Paul Lubbe
gesels oor hulle bediening in die gemeente, asook hulle persoonlike lewens. 1. Algemene indruk oor die gemeente en die leraarspan
Ek oordeel dat dit redelik goed gaan met die gemeente, veral gesien in die lig van die skielike afsterwe van dr Marius Johnson. Die Gemeenteraad het nie oorhaastig dr Johnson se pos gevul nie en genoeg tyd gegee vir die gemeente om deur hulle eie rouprosesse te
werk. Ek reken egter dat die ekstra werkslading wat oor ‘n tyd op di Powell en Scholtz se skouers gerus het, wel meer van die betrokke leraars as individue gevra het as wat op die
oog af sigbaar is. Ek oordeel ook dat die kollegaverhouding nie hierdeur onaangeraak is nie en die nuwe dinamika met die poste van ds Tienie de Bruin en die ongevulde vakante pos sal ook goed
bestuur moet word deur die leierskap van die gemeente. Ek kry egter die indruk dat die Gemeenteraad hiervan bewus is en ook hieraan aandag sal gee sodra die ekstra pos wel
gevul word. Wat die persoonlike omstandighede van di Powell en Scholtz betref, wil ek tog vermeld
dat die twee leraars in pastorieë (langs mekaar) op die kerkterrein woon. Dit mag dalk daartoe aanleiding gee dat die leraars nooit regtig “van diens af” voel nie. En verder ook het ek ‘n stukkie bekommernis oor die implikasies van die bewoning van pastorieë vir die
leraars se aftredevoorsiening. Dit mag tog goed wees dat die Gemeenteraad van NG Montana ook hiervan kennis neem
en ook kyk na moontlikhede om die leraars hierin tegemoet te kom. 2. Algemene tendense in die gemeente
Op Sondag 3 Junie 2018 het ek die voorreg gehad om die Woorbediening in die NG Gemeente Montana te behartig tydens die 08:00- en 10:00-eredienste. Ds Bennie Powell het die bediening van die Nagmaal hanteer, maar ook vir my as konsulent daarby betrek
en dit was lekker om op hierdie vlak ook as konsulent iets van die hartklop van die gemeente te ervaar. Ek het tydens die byeenkoms in die konsistorie (voor beide
eredienste) ook kortliks met die teenwoordige lede gesels oor hulle belewenis van die gemeente en leraars. Verder ook het ek ‘n uitnodiging gerig dat hulle enige tyd met my as
konsulent kan skakel oor sake waarmee die Ring van Wonderboom die gemeente behulpsaam kan wees. NG Gemeente Montana is ‘n ouerwordende gemeente wat veral ook ‘n premie plaas op die
bediening van senior lidmate in die talle aftreeoorde binne die grense van die gemeente. Tog ervaar hulle ook dat ‘n jonger generasie (tussen 25 en 50) se betrokkenheid afneem
en hulle is ook hieroor bekommerd. Daarom dat hulle ook wil poog om die vierde pos (wat tans nog vakant is) te vul met ‘n persoon wat bepaalde aandag kan gee aan hierdie ouderdomsgroep in die gemeente.
3. Werkslading en fokus van die leraars Die werkslading van die leraars was die afgelope tyd baie hoog, gesien in die lig van die
omstandighede na die afsterwe van dr Johnson, asook die tydsverloop in die vul van die twee addisionele poste. Hierdie situasie behoort egter binnekort te normaliseer met die
aanstelling van ds Tienie de Bruin, asook die vul van die vierde pos wat hopelik in die derde kwartaal sal plaasvind.
9
Die leraars het ‘n geografiese bedieningsverantwoordelikheid, maar fokus ook op bepaalde aspekte van die bediening. Ds Johan Scholtz het die afgelope tyd na vore getree en
sterker leiding geneem op administratiewe vlak, terwyl ds Bennie Powell weer meer op die pastorale versorging van die gemeente
gefokus het. Di Paul Lubbe en Tienie de Bruin se fokus lê grotendeels by die aftreeoorde. 4. Addisionele sake
Ek is oortuig daarvan dat daar meer gereelde gesprek tussen die leraars en leierskap van die NG Gemeente Montana en NG Gemeente Doornpoort moet wees oor die bedieningspad vorentoe, veral gesien in die lig van Doornpoort se finansiële
omstandighede. Dit is – myns insiens – jammer dat hierdie gesprekke nie reeds op ‘n dieper vlak was voordat die NG Gemeente Montana met hulle prosesse rondom die vul
van poste nagedink het nie. Ek is oortuig daarvan dat daar baie sinvolle bedieningsgesprekke ten opsigte van samewerking tussen die twee gemeentes sou kon wees.
Ek glo dat ek my taak as konsulent van die NG Gemeente Montana ook met hierdie opdrag sinvol uitgevoer het en bid die gemeente, gemeenteraad en leraars van die NG
Gemeente Montana die seën van die Here toe. Mag Sy genade, liefde en vrede ook vir hulle genoeg wees… om juis die koninkryk van God in hulle besondere omstandighede
sigbaar te maak en te dien.
OVERKRUIN: Konsulent - Dr Willem Pretorius
1. Gee jou algemene indruk oor die gemeente en die leraarspan na jou gesprek Ek het gedurende die gesprek, oor die span sowel as die gemeente, ‘n baie positiewe indruk gekry. Hulle was met ‘n goeie eerlike gesprek oor die bediening besig en ek kon
aflei dat elkeen bereid was om in die span sy standpunte te stel al verskil hulle van mekaar. Die kollegas is ook almal besig om hulle verder te kwalifiseer en toe te rus. Wat wel
kommerwekend is dat Ds heinrich altwee keer vir kursus in gemeentebediening by Exelcus ingeskryf het en die kursus twee keer gekanselleer is.
2. Watter algemene tendense neem jy waar? Hulle is besig om’n klomp energie los te maak. Kerkbywoning en finansies lyk goed.
Daar is klomp energie los en ek dink die gemeente staan op die vooraand van veranderings. Hoe en wat hulle wil doen sal saam met Wonderboom uitgewerk moet word.
3. Wat lei jy af oor die werkslading en die fokus van die leraars? Op die stadium is die werkslading hanteerbaar omdat die leraars mekaar en hulleself
bestuur. 4. Is daar iets in die besonder oor die gemeente wat jy onder die aandag van die Ring wil bring? Ek het die indruk gekry dat die samewerking tussen Overkruin en Wonderboom besig is om op ‘n baie mooi manier te ontwikkel. Die energie wat ek ervaar het by Overkruin was
ook ten opsigte van Dr Nelius Steyn se uitreik en sy preek die volgende Sondag aand by die boma.
Dit sal goed wees as die ring hulle op hierin kan ondersteun.
10
MAGALIESKRUIN: Konsulent - Ds. Drian Viljoen
Na afloop van my besoek aan NG Magalieskruim gemeente kan ek die volgende
waarnemens weergee. Dit is ongelukkig dat die preek geleentheid nie kon plaasvind nie, weens preekreekse en sendings besoeke. Dit sou my meer ‘n alghele prentjie kon gee oor
die gemeente, maar was omstandighede wat daartoe gelei het. Twee leraars kon weens persoonlike omstandighede nie ons geprek bywoon nie.
My algehele indruk van die gemeente is dat daar ‘n goeie kommunikasie lyn bestaan tussen die predikantespan wat weekliks bymekaar uitkom en die gebeure van die week bespreek. Hierdie is altyd vir my ‘n positiewe lyn aangesien die span op die manier ingelig
is van die gebeure binne die gemeente. Verder wat ook vir my positief is, die jaarlikse wegbreek van die leraarsspan, waar hulle die fokus van die gemeente jaarliks bespreek,
hersien en aanpas. Wat my opgeval het in ons gesprek is die algehele tendes van die veroudering van baie gemeentelede en die feit dat baie gemeentelede trek na aftree oorde, wat die besoeke
moeiliker maak maar ook die bejaarde bediening so uitbrei dat die fokus van nog een leraar begin skuif. Daar is ook die tendens, vir my genoem, wat die nuwe inwoners nie
noodwendig aansluit nie. Wat egter ook genoem is was die feit dat die “young adult” bediening groei, aaroor die gemeente en span baie dankbaar voor is.
In dit wat ek kon aflei is elke leraar, opgrond van die weeklikse en jaarlikse beplanning deeglik bewus van hul fokus. Was egter vir my moeilik om iets te kon aflei van die direkte werkslading van elke leraar waarop ek graag meer sou wou weet en waar ek dink bietjie
nodig is om na te kyk. Soos in die geval van baie gemeentes is daar predikante wat aftrede benander, daar is
egter ‘n oopgesprek tussen die leraars rondom wat die stand van sake is. Die Finansies is ook ‘n bekommernis, soos ons almal beleef. Mense kry swaar en die ekonomie is
onderdruk. Oor die langtermyn planne van die gemeente is iets waarop hulle (maar al ons gemeentes) moet aandag gee met die verandering in demografie, verouderde inwoners
en ook ander veranderinge in die gemeenskap en ook hoe die gemeente hierop gaan reageer.
My algehele indruk oor die gemeente en span is positief en bid NG Magalieskruin die sterke en wysheid toe in hulle spesifieke en unieke uitdagings.
DOORNPOORT: Konsulent - Dr Nelius Steyn
Die Ringskommissie het die konsulente van die onderskeie gemeentes in die Ring versoek om die gemeentes te besoek met die oog op navraag na die bedieningsvreude en
bedieningsvaardighede van die leraars, asook na die situasie van die gemeente. Ek het die voorreg gehad om met die afskop van die gesamentlike Pinksterreeks op 13 Mei 2018 die Erediens by Doornpoort te kon lei. Ek is hartlik ontvang en het by die
Ringstema: Dood, Lewe en Ewige Lewe aangesluit. ‘n Konsulentgesprek was vir die week voor dit geskeduleer, maar kon weens
omstandighede eers Donderdagaand 7 Junie 2018 om 20:00-22:00 plaasvind. Die twee predikante, ds. Pieter Viljoen en ds. Meiring de Wet, Pieter Coertzen (voorsitter van die
kerkraad) en Nicolene Smuts (finansiële beampte) was saam met my daar teenwoordig. Ons het die eerste uur en ’n half van die pastorale gesprek aan die gemeente se situasie spandeer en die laaste halfuur aan die predikante, nadat die ander twee lede vertrek het.
11
Die gemeente het wel ’n Diensverhoudinge-kommissie, maar nie iemand wat spesifiek na die bedieningsvreugde van die predikante omsien nie. By moontlike standplaaswisseling,
VBO krediete, en verlofvoorsiening kon ons vanweë die groter bekommernis oor die situasie van die gemeente, nie uitkom nie. Wat die predikante se persoonlike
hoedanigheid betref, beleef hulle bedieningsvreugde, maar ook groot druk en bekommernis oor die gemeente se situasie. Die gemeente beleef op die oomblik
geweldige finansiële druk en ’n stryd om maandeliks te kan oorleef. Hoewel die predikante poog om positief en hoopvol te bly, is dit duidelik dat die spanning en onsekerheid oor die situasie van die gemeente sy tol eis.
Die gesprek by Doornpoort is dus oorheers deur die bekommernis oor die gemeente se finansiële posisie. Op die oomblik betaal hulle hulle Ringsaanslag en Sinodale aanslag,
maar sal dit waarskynlik op die stadium nie verder kan doen nie. Die bywoning van die eredienste lyk goed, maar daar is nie die finansiële onderbou om die gemeente gemaklik te kan dra nie. Die kerkraad doen alles in sy vermoë om die situasie te bestuur, maar
gaan waarskynlik binne die nabye toekoms ’n groot kontantvloei-probleem hê, om salarisse te kan betaal. Hulle skuld nog sowat R1.5 Miljoen in ’n verband, wat ook afbetaal
moet word. Verskillende moontlikhede word deur die kerkraad ondersoek om maandelikse verligting te
bring soos bv. die herfinansiering van die verband en ’n moontlike multikulturele bediening. Die Ring en Sinode gaan die gemeente egter ook behulpsaam moet wees. Voorstel RKV (op 15 Junie 2018):
1. Die gemeente ondersoek alle moontlikhede om kontantvloei-verligting te kan verkry. 2. Die Ring stol die komende Ringsaanslagte van Doornpoort. Hierdie voorstel moet op die
Ringsitting bespreek word. 3. Ds. Pieter Viljoen, ek as konsulent en ds. Heinrich Carstens as RKF voorsitter, besoek
die Sinodale Kommissie so spoedig moontlik in die verband en doen aansoek om hulp by die Sinode. Hieruit is ‘n vergadering met die SKF, nou die Taakspan vir Bedieningsondersteuning gehou. Paul Grobler, Riaan Rheeder, Johan Kruger, Naomi van
Wyk, Heinrich Carstens, Pieter Viljoen en ek was deel van die gesprek. Hieruit vloei sekere maatreëls, wat in die meegaande notule verduidelik word en ook saam met hierdie verslag
op die Ring se tafel moet kom. Verder besoek ek en Heinrich Carstens DV die kerkraad van Doornpoort op 14 Augustus om 19:00.
4. Die situasie word indringend op die Ringskommissie asook op die Samewerkingsforum van Doornpoort, Montana en Magalieskruin bespreek. 5. Ons bid saam met en vir Doornpoort en vat hande om te verseker dat Doornpoort
steeds ’n Koninkryksvoetspoor in ons gemeenskap sal kan los..
Aanbevelings
1. Die Ring besluit om die konsulentskappe vir die 2018/2019 jaar dieselfde te hou as die vorige jaar:
Kameeldrif: Ds Bennie Powell Wonderboom: Ds Louis Lemmer
Montana: Ds Heinrich Carstens Overkruin: Dr Willem Pretorius
Magalieskruin: Ds Drian Viljoen Doornpoort: Dr Nelius Steyn
12
2. Die Ring moedig die twee samewerkingsforums (Montana, Doornpoort, Magallieskruin) en (Wonderboom, Overkruin) aan om nie momentum in hulle samewerking te verloor nie.
3. Die Ring spreek hom uit oor die stolling van die Ringsaanslag van Doornpoort wanneer die finansiële verslag bespreek word.
4. Die Ring neem kennis dat daar tans 10 leraars in die Ring bo 55 jaar oud is en dat dit in toekomstige beplanning verreken moet word.
Dr Roelf Opperman
07/08/2018
12 VERSLAG – RINGSKOMMISSIE VIR DIENSGETUIENIS [RKDB]?
12.1 CMR Wonderboom en Roodeplaat - 01/04/2017 tot 31/03/2018
12.2 KAMCARE SOCIAL AND TRAINING SERVICES 01/03/17 – 29/02/18 Verslag aangeheg
13. VERSLAG – RINGSKOMMISSIE VIR ONDERSTEUNINGSDIENSTE
13.1 Finansiële verslag (Aangeheg) 13.2 Begroting (Aangeheg) 13.3 Geouditeerde state (Aangeheg)
13.4 Aanbeveling: Die Ring keur die begroting vir 2018/19 goed.
13.4 Aanbeveling: Die Ring keur die geouditeerde state van die ring goed
14. DIE DIREKTEUR VAN DIE NOORDELIKE SINODE
Ds. Paul Grobler, aan die woord.
15. AFLUITING Ds Paul Grobler sluit die vergadering met gebed.