51
‘n Studie oor die brief aan Filippense “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit enduit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.(Fil. 1:6) Tygerberg Gesinskerk

‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

‘n Studie oor die brief aan Filippense

 

 

 

“Ek  is  veral  ook  daarvan  oortuig  dat  God,  wat  die  goeie  werk  in  julle  begin  het,  dit  end-­‐uit  sal  voer  en  dit  sal  voleindig  op  die  dag  wanneer  Christus  Jesus  kom.”  (Fil.  1:6)  

 

 

 

 

 

 Tygerberg  Gesinskerk  

Page 2: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

 

Tygerberg  Gesinskerk  www.gesinskerk.co.za  

[email protected]  

021  975  7566  

Page 3: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 1 -

Inhoudsopgawe

Voorwoord 3   WEEK 1 - 'n Brief uit Paulus se hart 5   WEEK 2 - Ons werk saam vir die selfde doel 13   WEEK 3 - Meer en meer soos Jesus 19   WEEK 4 - Wees `n Ligdraer in hierdie wêreld 25   WEEK 5 - Fokus jou lewe op wat regtig belangrik is 31   WEEK 6 - Waardes waarop jy jou lewe kan bou 37   WEEK 7 - 'n Lewe wat gee, omgee en volhard 43   Slotwoord 49  

Page 4: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 2 -

Page 5: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 3 -

Voorwoord

In hierdie Bybelstudiereeks oor Filippense gaan ons na `n oorsig van Filippense kyk, asook 6 belangrike Skrifgedeeltes uit die boek behandel.

Met hierdie studiereeks sal die Bybelstudent die voordeel daarvan sien om stap-vir-stap deur `n spesifieke boek in die Bybel te werk.

Soos ons deur Filippense werk, gaan ons onderliggende temas teëkom. Ons gaan ook nuwe karakters in die Bybel ontmoet - karakters wat ons dalk nog nooit van gehoor het nie. Ons sal sien dat Paulus net so `n mens was soos enige van ons en dat hy ook `n groot behoefte gehad het aan die liefde en ondersteuning van sy mede-gelowiges. Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom omgegee en versorg het. Die hooftema van Filippense is:

BLYDSKAP “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” (Fil. 4:4)

My persoonlike gebed is dat, soos jy deur die Bybelstudie werk, jy sal sien dat jy ook `n groot verskil kan maak in mense se lewens, nes die gemeente in Filippi. My gebed is dat die Heilige Gees vir jou die openbaring sal gee dat om onselfsugtig deel te wees van ‘n liefdevolle Christen-gemeente, nie net blydskap vir ander mense bring nie, maar dat so ‘n lewenstyl ook jou eie geloof en blydskap in die Here sal verdiep!

Ds Johan Delport

Page 6: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 4 -

NOTAS: __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 7: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 5 -

“Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.” (Fil. 4:4-5)

WEEK 1 Ons begin hierdie week met `n nuwe reeks: Filippense – die omgee, liefdevolle gemeente wat die Here gedien het met

BLYDSKAP! Oor die volgende 7 weke gaan ons saam kyk na `n paar uitgesoekte skrifgedeeltes uit Filippense. Maak die beste van hierdie studie Hierdie studie kan vir jou baie beteken, maar dit gaan ook heelwat toewyding van jou vra! Hier is `n paar wenke om die meeste uit hierdie studie te kry:

Wenk 1: Begin deur al 4 hoofstukke in Filippense deur te lees voordat jy met die studie begin. (Dit behoort jou slegs 20 minute te neem!)

Wenk 2: Skaf vir jou `n notaboekie aan waarin jy jou observasies kan neerskryf. Maak notas van dit wat jy voel die Heilige Gees in jou lewe na vore bring, asook enige vrae wat mag ontstaan.

Wenk 3: Voer al die opdragte uit en memoriseer die geheue-teks aan die einde van elke les. Maak tyd om weer later deur die studie te gaan.

`n Studie oor

Filippense ‘n Brief uit Paulus se hart

Page 8: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 6 -

AGTERGROND: Skrywer: Paulus

Geadresseerde: Die gemeente in Filippi Doel: Om dankie te sê vir al die hulp wat

die gemeente aan hom gebied het terwyl hy in die tronk was.

Geskryf: Omtrent 60 – 61 n.C.

Wenk 4: Bespreek met ‘n vertroueling die waarhede wat jy in die studie ontdek.

Tema teks: Hand. 16:9–15 en Fil. 1:1–2

Filippi was ‘n baie unieke stad. Alhoewel die stad aan die buitewyke van die Romeinse ryk was, het dit onder die munisipale regering van Rome self geval. Die stad het ook nie ‘n siviele burgemeester gehad nie, maar is deur twee weermag-offisiere regeer. In die tyd van Paulus was Filippi ‘n gewilde woonplek vir afgetrede Romeinse soldate. Ons weet van 3 geleenthede waar Paulus die stad besoek het. Dit is bv. in Filippi waar Paulus en Silas uit die tronk bevry is deur ‘n aardbewing wat die Here gestuur het. (Hand. 16:26) Paulus het hierdie gemeente in ongeveer 50 n.C, tydens sy tweede sendingreis, gestig. Die liefdesband wat tussen Paulus en hierdie gemeente ontwikkel het, was baie sterk. Hulle het nooit van Paulus vergeet nie; inteendeel, hulle het hom gedurig ondersteun en hulp aan hom gestuur. Veral toe Paulus in die tronk was, het die gemeente uit hulle pad uit gegaan om hom te versorg en te bemoedig. Positief, Vriendelik en Dankbaar In die meeste van Paulus se briewe spreek hy die verkeerde dinge aan wat in die gemeentes plaasvind. Met sommige van

Page 9: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 7 -

hulle, bv. die Galasiërs, is Paulus sommer kwaai! Maar vir die Filippense toon Paulus net lof en waardering in sy skrywe. Lees Fil. 1:3-5 Paulus is uitbundig vreugdevol oor wat in die Filippense gemeente gebeur. Hy is gevul met opgewondenheid en dankbaarheid oor die getrouheid van die gemeente. Paulus aanvaar duidelik nie die mense in sy lewe as vanselfsprekend nie. Hy doen die moeite om `n brief te skryf en vir hulle dankie te sê vir alles wat hulle vir hom doen. Paulus het hierdie mense opreg liefgehad en hulle waardeer.

Opdrag: Skryf die name neer van mense wat `n geestelike impak op jou lewe gehad het. Onderneem om vir hulle dankie te sê. Dit sal hulle geweldig bemoedig! ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Dink `n bietjie: Waardeer ons regtig die mense om ons soos ons behoort te doen? _____________________________________________________________ Wat kan ons prakties doen om aan hierdie mense ons waardering te toon? ____________________________________________________

Page 10: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 8 -

Die onderliggende temas in Filippense Soos wat ons deur die brief werk, sal ons sien dat daar 4 onderliggende temas is wat herhaaldelik na vore kom. Omdat ons nie op die temas as sulks gaan fokus nie, maar op `n seleksie van skrifgedeeltes uit die brief, gaan ons net kortliks kyk na hierdie belangrike temas. Tema 1: Nederigheid TEKS: Fil. 2:5–11, 3:7-10 Jesus het ons kom wys wat werklike nederigheid is. Paulus verduidelik vir ons dat ons ook nederig moet wees en Jesus se voorbeeld moet navolg.

Tema 2: Eenheid TEKS: Fil. 1:27–28, 2:1–2, 4:1 In enige gemeente is daar verskillende groepe mense: ouer, jonger, ryker, armer ens. Paulus lê sterk klem daarop in sy briewe dat ons almal eensgesindheid in die gemeente moet bevorder en nastreef.

Dink `n bietjie: Waarom is nederigheid so belangrik in ons verhouding met God? _____________________________________________________________ (Matt. 5:3 en 7, Spr. 8:13) Waarom is nederigheid so belangrik in ons verhouding met ander mense? _____________________________________________________________ (Mark. 10:45, 1 Pet. 5:5)

Page 11: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 9 -

Tema 3: `n Verloste lewe TEKS: Fil. 1:9–11, 1:27a, 2:12–15 Paulus roep ons op om soos verlostes te lewe. Geestelike volwassenheid beteken om meer en meer soos Jesus te wees. Ons is die ligdraers in die wêreld. Ons moet let op ons lewens.

Tema 4: Blydskap TEKS: Fil. 1:3–5, 3:1, 4:4, 4:13 Paulus was in die tronk. Epafroditus was baie siek. Paulus maak duidelik dat dit nie saak maak wat met ons gebeur nie - die Here sal ons deur elke beproewing dra! Daarom kan ons ons blydskap in die Here vind.

Dink `n bietjie: Hoe lyk iemand wat soos `n verloste mens leef? ______________________ _____________________________________________________________ (Gal. 5:22-26)

Dink `n bietjie: Op watter maniere word die eenheid in ‘n gemeente skade aangedoen?___________________________________________________ (1 Kor. 3:3) Op watter maniere kan ons die eenheid in ons gemeente beskerm en bevorder? ____________________________________________________ _____________________________________________________________ (1 Pet. 3:8-12)

Page 12: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 10 -

Dink `n bietjie: Waar moet ek my blydskap vind volgens Fil. 4:4? Hoe doen ek dit? _____________________________________________________________ (Gal. 5:22, Joh. 15:5)

Opsomming: Filippense is `n teer brief uit die hart van Paulus. Hy skryf aan `n gemeente wat hy self geplant het en vir mense vir wie hy baie liefgehad het. Hy moedig hulle aan en waarsku hulle ook teen die bose. Kom ons maak tyd deur die week om weer deur Filippense te lees en te kyk waar ons hierdie onderliggende temas kan raak lees. Bespreek die volgende in die groep:

1. Dink `n bietjie na oor vandag se studie... Wat het ons geleer oor die verhouding wat Paulus met die gemeente in Filippi gehad het?

2. Kyk weer na die 4 onderliggende temas. Is hierdie temas

nog relevant vandag? Hoe?

3. Na aanleiding van vandag se studie, watter moontlike aanpassings moet ons in ons lewens maak?

Page 13: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 11 -

WEEK 1: Filippense - `n brief uit Paulus se hart

Iets om te onthou Verhoudings wat in Christus geanker is, sal jare later nog `n

verskil in ons lewens maak!

Paulus en die gemeente in Filippi het na meer as 10 jaar steeds vir mekaar omgegee en mekaar ondersteun.

Vers om te onthou

“Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. 4In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal.” (Fil. 1:3–4)

Om oor na te dink

Op watter maniere het Paulus belê in die verhoudings met die mense om hom?

Wat kan ek by Paulus leer om ook sulke lewenslange

verhoudings te bou?

Gebed om te bid Dankie Vader, dat U mense oor my pad gestuur het om `n impak

in my lewe te hê. Help my om die tipe verhoudings te bou wat mense nader aan Christus bring en wat my verantwoordelik hou

om U met groter toewyding te dien. AMEN!

Page 14: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 12 -

NOTAS: __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 15: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 13 -

“...omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie.” (Fil. 1:5)

WEEK 2 Inleiding: Verlede week het ons begin met die inleiding tot Filippense. Voordat ons verder gaan, moet ons dalk `n paar dinge rondom die brief aan die Filippense verstaan:

Filippense is baie anders as briewe soos Romeine, Efesiërs en Korintiërs. Die meeste ander briewe wat Paulus geskryf het, is baie goed beplan en literêr mooi uiteengesit met `n duidelike tematiese agenda wat jy vinnig kan optel wanneer jy dit lees.

Die brief aan die Filippense is anders. Hierdie brief is `n warmer en meer emosionele brief, amper soos `n broer wat na sy familie verlang en sommer net sy pen vrylaat om te skryf wat in sy hart aangaan. Die brief vorm een hegte emosionele eenheid.

Dit is dus `n baie mooi brief om te lees, maar moeiliker om `n studie van te maak.

Met hierdie studiereeks gaan ons oor die volgende 6 weke na 6 teks-seleksies kyk en hulle vers-vir-vers ontleed. Tema teks: Fil. 1:3-11 Leier: Lees vandag se tema teks. Kyk weer na vers 6. Bespreek die betekenis van ‘die goeie werk’ en ‘end-uit sal voer’.

`n Studie oor

Filippense Ons werk saam vir dieselfde doel

Page 16: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 14 -

Tuisstudie: Filippense is `n verhoudingsboek. Buiten Paulus se naam, lees

ons van 5 ander mense. Lees die verse en kyk of jy meer oor elkeen van hierdie mense kan uitvind.

Timoteus (Fil. 2:19)

Epafroditus (Fil. 2:25-30, Fil. 4:18) Euodia (Fil. 4:2-3) Sintige (Fil. 4:2-3)

Klemens (Fil. 4:2-3) .

Dink `n bietjie: Op watter maniere beïnvloed die mense saam met wie ek in die gemeente dien, my lewe? ________________________________________________ _____________________________________________________________

1. Blydskap en Gebed TEKS: Fil. 1:3–5 Jy weet iemand het regtig betekenis in jou lewe wanneer jy soos Paulus, spontaan vir die Here dankie sê vir daardie persoon in jou lewe. Paulus bid in BLYDSKAP!

Dit kan klink soos `n nuwe konsep, maar wanneer ek my blydskap in die Here vind (Fil 4:4), dan kan ek nie anders as om vir die Here dankie te sê dat Hy vir my goed is nie.

Paulus se blydskap is gewortel in die gedagte dat sy werk van meer as 10 jaar vantevore nie tevergeefs was nie, maar dat die gemeente wat hy geplant het (Hand 16: 11 – 15) , gegroei het en steeds volhard in die Here.

Paulus is bly, want hierdie gemeente, al was hulle baie vêr weg van Paulus af, het steeds heelhartig saam met hom bly werk.

Page 17: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 15 -

Dink `n bietjie: Hoekom moet ek my oë op die Here hou terwyl ek in die Koninkryk werk? _____________________________________________________________ (Jes. 30:21) Hoe doen ek dit? _______________________________________________ (1 Kor. 11:1, Hebr. 12:2, Joh. 15:1-7)

2. God se getrouheid TEKS: Fil. 1:6 Alhoewel Paulus bly is oor die gemeente en hulle mooi verhouding, is sy oë steeds op Christus en is sy vertroue nie in mense nie.

Ons moet onthou, hierdie werk waarmee ons besig is, is nie ons eie werk nie. Dit kom nie uit ons eie begeerte nie, maar van die Heilige Gees. Die Here het `n goeie werk in elkeen van ons begin.

Hierdie goeie werk, ons redding, wat die Here begin het, is Hy ook besig om in ons lewens te ontwikkel. Ons is besig om te groei. Groei is egter nie net `n interne gebeurtenis nie. Geestelike groei beteken juis dat ek saam met ander gelowiges en saam met die gemeente van Christus vir dieselfde doel werk. 3. Dankbaarheid TEKS: Fil. 1:7–8 Selfs Paulus se gevangenskap kry hom nie onder nie! Hy is bly om te hoor van die gemeente en dankbaar vir wat hulle vir hom beteken het.

Een van die groot uitdagings wat ons in ons Christelike lewenswandel het, is om mense te waardeer. Ons is geneig om vas te kyk in ons verskille, eerder as wat ons in gemeen het. Dit belemmer ons verhouding met mense, maar ook die werk wat ons saam vir die Here kan doen.

Page 18: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 16 -

Dink `n bietjie: Watter verskil maak dit aan my gesindheid wanneer ek dankbaar is (teenoor my huweliksmaat; teenoor my werks-mense; teenoor my mede-gemeentelede)? _____________________________________________________________ (Ps. 100, Kol. 3:15-17, Fil. 4:6)

Dink `n bietjie: Kyk weer na die punte waarvoor Paulus vir die gemeente bid. Dit bou op tot die laaste deel – wat beteken dit om in die regte verhouding met God te staan? _______________________________________________________ _____________________________________________________________ (Rom. 3:23-24, Rom. 8:1)

Paulus stel vir ons `n voorbeeld om opreg dankbaar te wees vir die mense om ons.

4. `n Gebed vir `n sterker verhouding met God TEKS: Fil. 1:9–11 Paulus spreek sy gebed vir die gemeente uit... Hy bid dat hulle liefde regte wêreldse betekenis sal kry deur dat: ... hulle sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling; ... hulle onderskeidingsvermoë sal ontwikkel; ... hulle sonder blaam voor die Here kan staan;

... hulle geheel en al in die regte verhouding met God sal staan.

Opsomming: Paulus loop oor van Blydskap en Dankbaarheid oor die gesindheid van die gemeente. Hulle het aanhou saamwerk in die evangelie.

Dit behoort ons aan te moedig om hierdie pad wat ons nou saam met die Here stap, net nog sterker in blydskap en dankbaarheid te stap.

Page 19: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 17 -

Bespreek die volgende in die groep: 1. Wat doen dankbaarheid en blydskap in `n gemeente? 2. Wat beteken die ‘goeie werk’ in vers 6?

NOTAS: ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 20: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 18 -

WEEK 2: Ons werk almal saam vir dieselfde doel

Iets om te onthou Dankbaarheid en blydskap verander my hele gesindheid teenoor

die mense om my en die werk wat ek moet doen.

Om in die regte verhouding met God te staan beteken ook om saam met ander te werk in die verkondiging van die evangelie.

Vers om te onthou

“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag

wanneer Christus Jesus kom.” (Fil. 1:6)

Vraag om oor na te dink Op watter manier behoort ek ‘saam te werk’ in die verkondiging

van die evangelie? Hoe lyk die vordering van die werk wat die Here in my begin het?

Is ek besig om dit te verhinder of aan te blaas?

Gebed om te bid Vader, baie dankie vir die werk wat U in my lewe begin het.

Dankie dat U nie op my opgee nie en dat U U werk in my lewe voortsit. Help my om saam met U Gees en saam met U kerk deel

te wees van U koninkrykswerk. AMEN

Page 21: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 19 -

“Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in die Here Jesus was... 7Hy het Homself verneder...” (Fil. 2:5 en 7)

WEEK 3 Inleiding: In verlede week se studie het ons gekyk na die samewerking wat daar was tussen Paulus en die gemeente in Filippi. Die gemeente het nie `n uitnodiging nodig gehad om vir Paulus in sy tyd van gevangenisskap te ondersteun nie; ook nie om by die verkondiging van die Evangelie betrokke te wees nie.

Paulus het dus vrymoedigheid gehad om in blydskap en dankbaarheid gereeld vir dié gemeente te bid.

In hierdie week se studie kyk ons na Paulus se bemoediging aan sy vriende in Filippi. Dit sal tot seën wees om die teks-gedeeltes wat ons vandag teëkom, sowel as dit wat dalk nie hier gelees word nie, by die huis op te volg. Hou in gedagte dat Filippense `n brief vanuit Paulus se hart is. As ons dit uit die oog verloor, kan sekere dinge in die brief dalk nie vir ons sin maak nie. Tema teks: Fil. 1:25 – 2:11 Leier: Lees vandag se tema teks. Begin deur te fokus op Fil. 1:27 en Fil. 2:1–2. Bespreek die betekenis van hierdie verse in die groep.

`n Studie oor

Filippense Meer en meer soos Jesus

Page 22: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 20 -

Tuisstudie: Wat beteken dit om meer en meer soos Jesus te wees? Maak

`n studie by die huis oor die eienskappe van `n dissipel. Hoe lyk iemand wat Jesus volg?

(Matt. 11:28-30; Fil. 3:12-14; Luk. 6:40; Ef. 4:13; Luk. 14:25-30)

.

Dink `n bietjie: Om aan te hou aanhou beteken om in die geloof te volhard, veral onder moeilike omstandighede. Aan watter moeilike omstandighede word ons blootgestel? __________________________________________________________________________________________________________________________

1. Hou aan aanhou! TEKS: Fil. 1:27-30 Paulus moedig die gemeente aan: julle moet “...in volkome 1eensgesindheid 2standvastig 3saamstry vir die geloof in die Evangelie.”

Dit is 3 baie sterk woorde! Ons weet dat die Here ons nooit verwaarloos nie. Die werk wat Hy in ons begin het, gaan Hy klaarmaak. (Lees Fil. 1:6) Maar daar is by ons ook `n verantwoordelikheid: Ek moet volhard in geloof en my nie van stryk laat bring deur teenstand nie.

Vir Paulus het aanhou aanhou beteken om met klippe gegooi te word; om honger te ly; om in die tronk gegooi te word en later selfs doodgemaak te word. Ons kan nie met die wêreld en met die sonde onderhandel nie. Ons lewens moet in ooreenstemming met die Evangelie wees. (Lees Fil. 1:27)

Page 23: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 21 -

Dink `n bietjie: Is daar eenheid onder Christene vandag? ___________________________ Wat is moontlike redes waarom Christene met tye kan sukkel om saam te staan? _______________________________________________________ _____________________________________________________________ Kan nederigheid ‘n sleutel wees tot eenheid in die Kerk, en hoekom? _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

2. Staan saam, staan vas! TEKS: Fil. 2:1-4 Na aanleiding van die vorige punt sê Paulus: “Julle moet eensgesind wees: een in liefde, een in hart en een in strewe.”

In Christus is ek deel van `n gemeente - ‘n geestelike familie. Ek is deel van `n gemeenskap van gelowiges. Ons individuele krag word meer wanneer ons saamstaan.

Dit is moeilik om standvastig te bly en aan te hou stry wanneer ek alleen is, maar wanneer ek saam met ander staan, en ons is een in liefde, een in hart en een in strewe, dan word ons krag meer. Ons getuienis kry slaankrag!

3. ‘n Nederige gesindheid TEKS: Fil. 2:5-8 Jesus het `n baie spesifieke gesindheid gehad en dit was een van nederigheid. Jesus se mooi gesindheid teenoor ons, sondige mense, het gemaak dat Hy as’t ware die ‘gestalte van `n slaaf’ aangeneem het en dat Hy die grootste vernedering ooit, God se vloek: die kruis en die dood, op Hom sou neem sodat ons die ewige lewe kan hê.

Page 24: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 22 -

Dink `n bietjie: Watter impak sal dit op my lewe hê as ek dieselfde gesindheid het wat Christus gehad het? ____________________________________________ _____________________________________________________________ (Ef. 4:2; Rom. 12:16-21; Spr. 11:2; Jak. 4:10)

Dink `n bietjie: Op watter manier kan ons die Here se Naam in ons lewens “verhoog”? __________________________________________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

Christus het nie een oomblik aan Homself gedink nie. Hy het in liefde aan ons gedink. Paulus sê in vers 5 ons moet dieselfde gesindheid hê! Hierdie gesindheid beteken dat daar minder van myself moet wees en meer van Christus in my lewe.

4. Verhoog die Jesus in jou lewe. TEKS: Fil. 2:9–11 Daar is `n Naam bo alle Name en dit is die naam van Jesus Christus, ons Here, ons Verlosser en ons Vriend. Hy het ons skandes op Hom geneem en het vergifnis bewerk vir ons sondes. Lees Joh. 3:16.

Hy moet gedien word, Hy moet gehoorsaam word en Hy moet aanbid word. Daar is net een plek vir `n nommer een in my lewe en daardie plek behoort aan die Here Jesus. Lees Eks. 20:2–5.

Page 25: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 23 -

Opsomming: Paulus gebruik baie sterk woorde - woorde wat praat van eensgesindheid; van standvastig saamstaan in geloof! Dit gaan oor `n lewenswandel - `n lewensstyl wat wys dat Christus in my lewe is; `n lewensstyl wat wys dat ek die Here dien. Die Here wil my help om te belê in my geestelike lewe, om meer en meer van Christus uit te leef. Bespreek die volgende in die groep:

1. Wat het jou opgeval in vandag se studie? 2. Wat beteken eensgesindheid vir jou? 3. Waarom sukkel ons so met nederigheid? 4. Lees weer Fil. 2:9–11. Wat beteken dit vir ons dat elke

knie sal buig en elke tong sal bely?

NOTAS: ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 26: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 24 -

WEEK 3: Meer en meer soos Jesus

Iets om te onthou Dankbaarheid en Blydskap verander my hele gesindheid teenoor

die mense om my en die werk wat ek moet doen.

Om in die regte verhouding met God te staan beteken ook om saam met ander te werk in die verkondiging van die Evangelie.

Vers om te onthou

“Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees.” (Fil. 1:27)

“Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus

Jesus was.” (Fil. 2:5)

Vraag om oor na te dink Om die knie te buig beteken om te aanbid, maar dit beteken ook

om jouself te onderwerp. Watter deel van jou lewe is nog nie onderwerp aan die Here se wil

en plan nie?

Gebed om te bid Vader, ek wil graag my hele lewe oorgee en onderdanig maak

aan U. Wek `n Christus gesindheid in my hart op en help my om `n lewe te leef wat `n bewys is van Christus se redding.

AMEN!

Page 27: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 25 -

“Julle is die lig vir die wêreld. `n Stad wat op `n berg lê, kan nie weggesteek word nie” (Matt. 5:14)

WEEK 4 Inleiding: In vandag se studie word ons deur Paulus aangemoedig om ligdraers te wees in hierdie wêreld. Jesus het ook hieroor gepraat toe Hy vir Sy dissipels sê: “Julle is die lig vir die wêreld” en “Julle is die sout vir die aarde”. (Matt. 5:13-15).

Die betekenis hiervan is duidelik: Ons is nie geroep om net die tyd uit te wag in hierdie lewe nie. Ons het `n roeping, `n verantwoordelikheid om sout te wees, om lig te wees – om `n verskil te maak!

Paulus moedig die gemeente in Filippi aan om ligdraers te wees en hy gee hulle ook praktiese maniere om dit te doen. Tema teks: Fill 2: 12 - 18  Leier: Lees vandag se tema teks. Lees ook Jesus se woorde in Matt. 5:13–16. Wat het hierdie verse in gemeen? Wat beteken dit vir ons vandag?

`n Studie oor

Filippense Wees ‘n Ligdraer in hierdie wêreld

Page 28: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 26 -

Tuisstudie: Onthou dat ons net seleksies uit Filippense neem en

bestudeer. Ons moet tyd maak om by die huis ook die gedeeltes tussen die seleksies te bestudeer, dan sal ons

deurgaans bewus wees van Paulus se warm liefde vir die gemeente en sal ons sy gesindheid teenoor hulle ook beter

verstaan.

Dink `n bietjie: Lees Rom 12:1 – 2. Hoe sluit hierdie verse bymekaar aan? __________________________________________________________________________________________________________________________

Praktiese riglyne om `n Ligdraer in hierdie wêreld te wees: 1. Ons moet onvoorwaardelik gehoorsaam wees aan God. TEKS: Fil 2: 12 – 13 Paulus gebruik baie sterk woorde. In die oorspronklike taal is dit só gestel: “Werk jou verlossing uit met vrees en bewing”. Die bedoeling van hierdie vers is nie dat ons ons redding self verkry deur `n heilige lewe nie. Uit die Skrif is dit duidelik:

`n Heilige lewe alleen sal niemand red nie. (Ef. 2:1-5) Maar niemand word gered sonder `n heilige lewe nie!

(Heb. 12:14) Hoe word ek `n ligdraer in hierdie donker wêreld, deur om eerstens onvoorwaardelik gehoorsaam te wees aan die Woord. Ek kan nie lig in donker wêreld wees as ek die donker dinge doen wat hierdie wêreld doen nie.

Ek moet anders wees, my lewe moet wys dat ek aan die Here Jesus behoort. Dit moet wys, die kruis is `n werklikheid.

Page 29: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 27 -

Dink `n bietjie: In Gal. 5:19–21 gee Paulus `n lys van die ‘donker’ aktiwiteite, en in Gal. 5:22–24 `n lys van die vrug van die Gees. Hoe moet ons lewe om nie onder verdenking te kom nie? __________________________________________________________________________________________________________________________

2. Ons moet bo verdenking leef. TEKS: Fil 2: 14 – 15 Hierdie verse bou op die vorige verse. Ons moet anders lyk as hierdie wêreld. Nie net moet ons nie deelneem aan die korrupte en donker aktiwiteite van hierdie wêreld nie, maar ons moet ook nie by mense twyfel skep oor ons Christenskap nie.

Dit is een stappie verder. Nie net doen ek nie die dinge van hierdie wêreld nie, ek maak ook seker ek bly so vêr daarvan weg dat niemand my eers van enigiets kan verdink nie.

3. Ons moet die Evangelie uitdra. TEKS: Fil 2:16 Om `n ligdraer te wees beteken eerstens om heilig te lewe, om gehoorsaam aan God te wees (v.12), maar dit beteken ook om so te lewe dat niemand oor ons getuienis kan twyfel nie (v.15).

Dit is egter nie waar dit stop nie! Mense kan nie by die Here Jesus uitkom as iemand hulle nie van die Evangelie VERTEL nie.

Mense kom nie by die Here Jesus uit slegs deur Christene wat net mooi en soet en heilig lewe nie. Nee, om `n ligdraer te wees, is om die Woord van die Here aktief uit te dra.

Page 30: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 28 -

Dink `n bietjie: Lees Rom. 10:17. Waarom is dit belangrik om die Woord uit te dra? __________________________________________________________________________________________________________________________ (Mark. 16:15; Matt. 5:16; Kol. 4:2-6)

Paulus se dood: Ons weet nie baie van Paulus se dood nie, maar ons weet hy

het in ongeveer 110 n.C. `n martelaarsdood gesterf vir sy geloof.

Dink `n bietjie: Wat beteken dit vir ons vandag om ons lewens op hierdie manier aan die Here te offer? __________________________________________________ _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ (Kol. 3:17; Ef. 5:1-2; 1 Kor. 6:19-20)

4. Ons moet ons lewens as lewende offers neerlê. TEKS: Fil 2: 17 – 18 Ons het reeds gesels oor Rom. 12:1–2. Paulus maak dit duidelik dat om ons lewens as `n offer te bring, meer is as om net onvoorwaardelik gehoorsaam te wees. Dit beteken om bereidwillig te wees om die Here te dien waar en wanneer Hy ons nodig het.

In vers 17 praat Paulus van sy eie bloed. Paulus is uitverkoop aan die Here, al kos dit sy lewe.

 Paulus het nie net gepraat nie. Hy het gedoen. Sy lewe was `n offer vir die Evangelie. My lewe kan werklik betekenis kry wanneer ek Jer. 18:6 se gesindheid in my hart het: Here, U kan my lewe gebruik tot U eer - enige plek, enige tyd!

Page 31: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 29 -

Opsomming: Paulus sê iets baie interessant in Fil. 2:16 – “Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat ek my nie verniet ingespan het nie.”

Wanneer ek my lewe op hierdie manier aan die Here toewy, dan kom my lewe tot iets. My lewe kry betekenis. My inspanning kom tot iets en die dag wanneer ek hierdie stryd klaar gestry het, sal ek ook in die Here trots wees, gevul met dankbaarheid oor al die siele wat die Here gered het. (Sien ook Ps. 119:37)

Bespreek die volgende in die groep:

1. Watter dinge verhinder my om op hierdie manier vir die Here te lewe?

2. Waarom is dit nie genoeg om net “reg te leef” nie? Waarom moet ons die Woord ook uitdra?

3. Dink weer oor Jer 18:6. Wat beteken dit vir ons?

NOTAS: __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 32: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 30 -

WEEK 4: Wees ligdraers in `n donker wêreld

Iets om te onthou Die Here roep my vandag op om `n lewe te leef wat `n verskil maak, `n lewe te leef met betekenis - `n lewe wat ander mense

die Lig wys in `n donker wêreld.

Vers om te onthou “Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die Woord

van die Lewe uit te dra.” (Fil. 2:15b)

“Julle geloof is `n offer in diens van God.” (Fil. 2:17)

Vraag om oor na te dink As ek nie die Woord van die Here gaan uitdra na buite toe nie,

wie gaan dit dan doen?

Is ek beskikbaar om `n ligdraer te wees, enige tyd en enige plek?

Gebed om te bid Vader, help my waar ek soms hierdie lewe net vir myself leef.

Help my om te besef dat U my lewe soveel meer betekenis kan gee en om my lewe volgens U agenda in te rig, om werklik `n

verskil te maak. Ek wil graag `n Ligdraer in hierdie donker wêreld wees. AMEN

Page 33: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 31 -

Verlore in die verse? Hierdie week se teksgedeelte strek van Hoofstuk 3:1 tot

Hoofstuk 4:1. (Die Bybel is nie oorspronklik in hoofstukke en verse geskryf nie!) In 1551 het Robert Estienne die Griekse

Nuwe Testament in hoofstukke en verse opgedeel en hierdie stelsel word vandag nog gebruik. Ons moet in gedagte hou dat

die hoofstuk- en versnommers slegs vir verwysing daar is en nie noodwendig op die begin of einde van ‘n gesprek of

bespreking dui nie.

“Wat eers vir my `n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus” (Fill. 3:7)

WEEK 5 Inleiding: Hierdie week se gedeelte begin en eindig op soortgelyke wyse: Paulus begin Hoofstuk 3 met die aanmoediging “Wees bly in die Here!” en hy eindig hierdie gedeelte in Hoofstuk 4:1 met die blydskap in sy eie hart oor die gemeente.

Tema teks: Fil 3:1 – 4:1 Leier  Lees vandag se tema teks. Lees weer vers 2 en bespreek wat die dwaallering, wat Paulus van praat, moontlik kan wees.

`n Studie oor

Filippense Fokus jou lewe op wat regtig belangrik

is

Page 34: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 32 -

Dink `n bietjie: Lees weer vers 2. Paulus sê 3 maal ‘Pas op’. Waarvoor moet ons oppas? _____________________________________________________________ Wat is die skade wat so `n denkwyse kan veroorsaak? _____________________________________________________________ (Rom. 10:3-4; Rom. 10:9; Gal. 2:16)

1. Wat belangrik is, wat onbelangrik is en wat gevaarlik is? TEKS: Fil 3: 1 - 6 In daardie tyd was daar baie Jode wat ook tot bekering gekom het, maar wat steeds aan die Ou Testamentiese leerstellings van die besnydenis en wetsonderhouding probeer vashou het. Om bloot in Christus te glo, was vir hulle nie genoeg nie: Hulle het geglo in verlossing deur geloof in Christus PLUS besnydenis PLUS wetsonderhouding. Hierdie Judaïstiese dwaalleer het baie skade gedoen, want dit het die indruk by mense gelaat dat dít wat op ‘n mens se “Geestelike CV” geskryf kon word, verlossing bied..

2. ‘n Lewe wat focus op wat belangrik is. TEKS: Fil 3: 7 - 10 Kyk net weer na Paulus se “Geestelike CV” in vers 5. Baie maal dink mense dat hulle moet werk vir hul redding en dat hulle die Here kan beïndruk met alles wat hulle doen. Paulus spreek hierdie dwaalleer en misverstand aan.

In vers 7 maak hy dit duidelik: Hierdie dinge is nutteloos om verlossing te bekom, en wanneer ons ons lewens fokus op wat ons self kan vermag, dan fokus ons op die verkeerde dinge.

Ons moet fokus op die regte ding en uit vers 10 is dit duidelik wat dit is: Om Christus te ken!

Page 35: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 33 -

Dink `n bietjie: Op grond waarvan word ons vrygespreek volgens hierdie teks-gedeelte? _____________________________________________________________

Dink `n bietjie: Hoe kan ek my losmaak van dit wat agter is? _____________________________________________________________ (1 Joh. 1:9; 2 Kor. 5:17-18) In verse 14 – 15 sê Paulus dat iemand wat geestelik volwasse is `n spesifieke gesindheid moet hê. Wat is daardie gesindheid volgens hierdie teks? ________________________________________________________ _____________________________________________________________

3. In dit vir die langtermyn. TEKS: Fil 3:12 – 16 Om gered te wees, beteken nie om volmaak te wees nie, maar dit beteken wel om `n pad saam met die Here te stap. Paulus erken dit ook: “Ek het nog nie die doel bereik nie, maar ek is oppad!”

Paulus beklemtoon hierdie gedagte in vers 12 en herbeklemtoon dit in vers 13.

Dit is waarom `n pad saam met Christus `n lewenslange pad is: `n Pad van groei. Paulus se raad vir ons op hierdie pad is eenvoudig: Maak jou los van jou verlede - van die goed en die sleg.

Ons moet ons losmaak van die dinge waarop ons so trots is, maar ook van die dinge waaroor ons so skaam is. Beide trek ons aandag van Christus af.

 Ons moet ons fokus plaas op wat regtig belangrik is. Dit is waarom Paulus ook sê: “Ek maak my los” (v.13) en “Ek span my in” (v.14).

Page 36: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 34 -

Dink `n bietjie: Paulus sê in Fil. 4:1 dat ons vas moet bly staan en getrou moet bly aan die Here. Watter hoop kry ons in hierdie gedeelte? Watter troos is daar vir ons wat Christus getrou volg? __________________________________________________________________________________________________________________________ (Tit. 1:1-2; Ps. 33:18-19; Jer. 29:11; 2 Kor. 1:7 en 11)

4. Navolgers van Christus TEKS: Fil 3: 17 - 21 Paulus sê ons moet sy navolgers wees. In 1 Kor. 11:1 sê Paulus presies dieselfde: “Volg my soos ek Christus volg”

Om `n volgeling van Christus te wees, beteken my burgerskap is nie meer van hierdie wêreld nie, maar van die hemel. Ons is vreemdelinge in hierdie wêreld en daarom moet ons baie versigtig wees om nie deur hierdie wêreld ‘ingesluk’ te word nie!

Ons is volgelinge van Christus, ons Verlosser. Al is ons nou vreemdelinge, moet ons onthou dat daar `n wonderlike dag gaan aanbreek wanneer ons die Here Jesus van aangesig tot aangesig gaan ontmoet. Hy gaan dan ons liggame verander om soos Sy verheerlikte liggaam te wees..

Opsomming: In vers 16 word ons aangemoedig om koers te hou op die pad waarmee ons tot hier gekom het. Tog is daar soveel dinge wat ons aandag kan aftrek.

Ons moet daarom seker maak ons volg die regte voorbeeld in ons lewe. Elke dag moet ons ons losmaak van dit wat agter is, ons uitstrek na wat voor is en aanhou op die koers waarmee ons tot hier gekom het! Dit is waarop ons moet fokus!

Page 37: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 35 -

Bespreek die volgende in die groep: 1. Watter dinge is daar in ons lewens wat vroeër dalk `n bate

was, maar nou, soos vers 7 sê, waardeloos is? 2. Waarvan is ek vry gespreek volgens vers 9? 3. Wat is die impak van hierdie vryspraak? 4. Wat behels dit om my in te span om by die wenstreep te

kom?

NOTAS: __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 38: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 36 -

WEEK 5: Fokus jou lewe op wat regtig belangrik is

Iets om te onthou Dit maak nie saak wat ek in die verlede gedoen het nie, goed of

sleg, maar dit maak wel saak saam met wie ek die toekoms ingaan. Om my lewe gefokus te hou op God se wil vir my lewe

beteken dat ek my moet losmaak van die verlede en moet uitstrek om by die wenstreep uit te kom.

Vers om te onthou

“Ek span my in om by die wenstreep te kom sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.”

(Fil 2:15b)

Vraag om oor na te dink Watter dinge weerhou my om op die wenstreep te fokus? Watter

dinge is daar in my lewe waarvan ek myself moet losmaak?

Gebed om te bid Vader, help my om `n volger te wees van Christus sodat ek ander mense `n voorbeeld kan gee om te volg. Ek weet daar is dinge in my lewe wat belangriker is as wat dit behoort te wees, help my

om myself los te maak van hierdie dinge en om my lewe op Christus te fokus om by die wenstreep te kom.

AMEN!

Page 39: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 37 -

“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deur of lofwaardige saak daar ook mag wees – daaop moet julle, julle gedagtes rig” (Fill. 4:8)

WEEK 6 Inleiding: Ons kom hierdie week by ons tweede-laaste studie in Filippense. Om die beste te maak van hierdie studie behoort ons die hele brief te lees om die vloei van Paulus se gesprek te sien. In vandag se studie sien ons hoe Paulus ons aanmoedig om te let op ons lewenswandel saam met Christus. Hy gee 5 praktiese riglyne waaraan ons moet aandag gee in ons lewens. Ons kan hierdie riglyne ook die ‘5 Waardes’ noem waarop ons ons lewens en ons gemeente kan bou. Tema teks: Fil 4:1 – 4:9 Leier: : Lees vandag se tema teks. Miskien sal dit goed wees om net weer vers 1 te lees. Paulus noem die gemeente in Filippi sy blydskap en sy kroon. Paulus was baie trots op hierdie gemeente, eerstens omdat hy die gemeente geplant het, maar ook omdat hulle so mooi aangaan met die Here. Paulus moedig die gemeente aan om op hierdie pad voort te gaan soos hy reeds in Fil 3:16 gesê het.

`n Studie oor

Filippense Waardes waarop jy jou lewe kan bou

Page 40: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 38 -

Dink `n bietjie: Beteken eensgesindheid dat ons almal oor alles moet saamstem? _____________________________________________________________ Hoe kan daar eensgesindheid in ’n gemeente wees waar mense dalk verskillende opinies oor sekere sake het? ___________________________ _____________________________________________________________ (Rom. 12:14-18; Fil. 2:2-4)

Dink `n bietjie: In 1 Kor. 12: 14–20 kom die beeld van die liggaam baie mooi na vore. Na aanleiding van Paulus se beeld van die liggaam in Korintiërs, waarom dink ons is samewerking so belangrik? _________________________________ ____________________________ (Pred. 4:9-12; Heb. 10:24-25; Ps. 133)

5 Riglyne vir die Christelike lewenswandel...

1. Eensgesindheid TEKS: Fil 4:2 Paulus vermaan spesifiek mense in die gemeente om eensgesind te wees. Ons weet nie baie van hierdie mense nie, maar soos in enige gemeente, sou hierdie gemeente ook mense gehad het wat soms oor sekere dinge nie saamstem nie.

 Paulus herhaal hier wat hy reeds in Fil. 1:27 en Fil. 2:2 vir die gemeente gesê het.

2. Samewerking TEKS: Fil 4:3 Om eensgesind te wees, is `n goeie begin, maar dit is nie al wat nodig is nie. Paulus moedig `n medewerker aan om hierdie vrouens behulpsaam te wees. Hierdie medewerker, “Sizigus” in die Grieks, is die persoon wat hierdie hele brief in ontvangs geneem het en wat dit waarskynlik aan die gemeente in hul bymekaarkomplek moes voorlees.

Paulus noem `n klompie name van manne en vroue wat saamgewerk het in die koninkryk.

Page 41: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 39 -

Dink `n bietjie: Hoe hou 1 Tim. 6:17–19 verband met Fil. 4:4? Wat is die geestelike waarhede wat ons hieruit kan leer? ________________________________ _____________________________________________________________

Dink `n bietjie: Na aanleiding van vers 6 en 7, watter troos vind ons in Ps. 37:5? Hoe gee dit ons vrede in ons harte? _______________________________________ (Spr. 19:21; Jos. 1:9; 1 Kor. 10:13) Kan ons werklik in alle omstandighede dankbaar wees? ________________ _____________________________________________________________ (Ef. 5:20; Kol. 3:15-17; Dan. 2:23)

3. Tevredenheid TEKS: Fil 4:4 – 5 Nog `n riglyn wat Paulus gee, sien ons in vers 4: ons moet ons blydskap in die Here vind. Ons moet tevrede wees met waar die Here ons geplaas het en dankbaar wees vir wat die Here vir ons gegee het

Geen ander bron van vreugde is volhoubaar nie. Ek moet my oë op die Here Jesus hou en “Bly wees in die Here!”. Hierdie is `n opdrag, nie `n voorstel nie!

4. Dankbaarheid TEKS: Fil 4:6 – 7 Om konstant aan die bekommer te wees oor hoe dinge gaan uitwerk of oor ons gesondheid of oor ons finansiële situasie, breek ons geloof af. Jesus het dit ook gesê in Matt. 6:25–34. Wat is die teenvoeter vir bekommernis? Gebede van Dankbaarheid vir dit wat die Here reeds vir ons gedoen het. Paulus wys vir ons `n uitweg: Vra, Smeek en Dank!

Daar is ook `n belofte in vers 7: God sal vir ons vrede gee.

Page 42: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 40 -

Dink `n bietjie: Lees 2 Tim. 3:16. Waarom is suiwer lering so belangrik? Lys die voordele wat Paulus in hierdie teksgedeelte gee. ____________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

5. Suiwer lering TEKS: Fil 4:8 – 9 Paulus sluit sy riglyne af met hierdie gedagte: ‘Alles wat julle van my geleer, ontvang, gehoor en gesien het, dit moet julle doen’! Paulus het hulle reeds teen die dwaalleraars gewaarsku.

 Paulus moedig hulle aan om studente te word, studente van die lering wat hulle van Paulus ontvang het. Vandag het ons die Woord van die Here. Ons moet studente word van die Woord. ‘n Suiwer leer lei tot `n suiwer lewe!

Opsomming: Ons sal agterkom dat hierdie 5 riglyne nie los van mekaar staan nie, maar juis baie sterk by mekaar inskakel. Hierdie is eintlik baie meer as blote riglyne - dit is Christelike Waardes waarop ons ons lewens kan bou! Bespreek die volgende in die groep:

1. Paulus noem die gemeente die ‘kroon van sy blydskap’. Waarom dink jy noem hy die gemeente so?

2. Dink weer oor die 5 riglyne. Op watter manier skakel die riglyne by mekaar in?

3. Staan vir `n oomblik stil op vers 8. Op watter manier kan ek dit prakties doen?

Page 43: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 41 -

NOTAS: __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 44: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 42 -

WEEK 6 Waardes waarop jy jou lewe kan bou

Iets om te onthou Die Bybel is `n verhoudingsboek waarin die Here ons wil leer hoe

om `n beter verhouding met Hom en met mekaar te bou.

Wanneer ons die Bybel bestudeer, dan moet ons onthou dat die Heilige Gees ons sal bemagtig om ons lewens volgens die Skrif te

rig, mits ons in oorgawe aan Hom lewe.

Vers om te onthou “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor

julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” (Fil. 4:7)

Vraag om oor na te dink Watter waarhede en watter verse het in vandag se les

uitgestaan? Waarom? Op watter manier kan ek hierdie waardes doelbewus in my lewe

inwerk en dit daarvan deelmaak?

Gebed om te bid Vader, dankie dat U deur `n brief wat Paulus aan `n gemeente in

Filippi geskryf het, met my ook praat. Help my om hierdie 5 waardes deel van my lewe te maak.

Ek dank U dat U deur U Gees en U Woord my lewe verander om meer en meer soos Jesus te word.

AMEN!

Page 45: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 43 -

“Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.” (Fill. 4:12)

WEEK 7 Inleiding: Paulus sluit sy brief af deur dankie te sê aan die gemeente wat hom so getrou ondersteun het. Weereens sien ons die warmte en die liefde wat daar tussen Paulus en die gemeente is en die diepte in hulle verhouding.

Paulus sluit sy brief af met baie persoonlike woorde, nie net van dank nie, maar ook van waardering en omgee.

In vandag se studie gesels ons oor `n gemeente wat omgee, maar nie net omgee nie, werklik ook gee. Ons kyk ook na Paulus se getrouheid aan die Here - `n man wat volhard het om die Evangelie te verkondig al was niemand daar om hom te ondersteun nie. Tema teks: Fil 4:10 – 23 Leier: Lees vandag se tema teks. Lees vers 12 – 14 weer. Dink mooi na oor die betekenis van veral vers 13 binne hierdie konteks.

`n Studie oor

Filippense ‘n Lewe wat gee, omgee en volhard

Page 46: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 44 -

Dink `n bietjie: Lees Rom 15:30 en Efes 6:19. Op watter maniere kan ons vir mekaar omgee - geestelik en emosioneel? _______________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

`n Lewe wat gee, omgee en volhard 1. OMGEE: Dit is die gedagte wat tel TEKS: Fil 4:10 – 11 Wat die detail presies was, is ons nie seker nie, maar ons weet in Paulus se begin-dae het die gemeente hom baie ondersteun, maar vir `n tyd lank kon hulle Paulus nie ondersteun nie. Uit dit wat Paulus skryf, lei ons egter af dat, alhoewel hulle hom nie fisies ondersteun het nie, hulle steeds aan hom gedink het.

Hierdie gemeente het omgegee vir Paulus, en met die eerste geleentheid wat hulle gekry het, het hulle ook bewys dat hulle aan hom dink.

 Soms is ons net nie in die posisie om mense fisies te ondersteun nie, maar tegnologie het dit baie maklik gemaak om iemand emosioneel en geestelik te ondersteun.

2. GEE: Dit is meer as net `n gedagte TEKS: Fil 4:14 – 18 Om om te gee is beslis ook meer as om net aan iemand te dink, mooi woorde te sê en dalk `n gebed te doen. (Jak. 2:14–17).

Hierdie gemeente was nie net `n omgee-gemeente nie, maar ook `n gee-gemeente. Hulle het aan Paulus gedink. Dit moes beslis vir Paulus goed gewees het.

Die gemeente het nie net omgegee nie. Hulle het ook sterk

Page 47: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 45 -

Dink `n bietjie: Lees Spr 3:28. Wat is die verskil tussen emosionele, fisiese, finansiële en geestelike hulp? Hoe kan ons prakties mense help? ___________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

Dink `n bietjie: Lees weer Fil 4:13 asook Rom 5: 3 – 4. Wat, volgens hierdie verse, moet ons doen wanneer ons getoets word? __________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

finansieel bygedra tot Paulus, as bedienaar van die Woord, se rekening en asof dit nie genoeg was nie, het hulle fisiese hulp ook gestuur. Hulle het vir Epafroditus gestuur om vir Paulus te ondersteun terwyl hy in die tronk was.

3. VOLHARD: Om aan te hou, al gee niemand om nie. TEKS: Fil 4:12 – 13 Paulus was ondersteun deur hierdie gemeente. Maar ons moet mooi verstaan dat Paulus nie die evangelie verkondig het omdat hy ondersteun was nie. Nee, Paulus maak dit duidelik: hy moes deur alles gaan, honger gaan slaap, sukkel en was selfs per geleentheid baie siek gewees. Paulus het dus volhard in sy werk vir die Here en die verkondiging van Christus, al het niemand hom ondersteun nie. In Hand. 18:1–4 het niemand Paulus finansieel ondersteun nie. Hy het tente gemaak en steeds die evangelie verkondig.

Page 48: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 46 -

Dink `n bietjie: Lees Heb 10:24. Op watter manier skakel hierdie vers in by die twee voorbeelde wat ons sopas bespreek het? ___________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

4. Twee voorbeelde TEKS: Fil 4:13 -14 In hierdie gedeelte kry ons 2 voorbeelde nl: Paulus: Die apostel wat Christus verkondig Die Gemeente: Paulus se ondersteuning Aan die een kant het ons Paulus wat `n baie spesiale roeping het om die evangelie te verkondig. Nie almal het daardie roeping nie en dit is soms ‘n eensame pad om te stap.

Paulus se lewe was gedurig in gevaar en hy het onder baie kritiek en verwerping gebuk gegaan.

 Aan die ander kant het ons die gemeente wat vir Paulus met elke moontlike geleentheid ondersteun het. So het hulle dan ook deel aan sy leiding en vervolging gehad, maar ook deel aan Paulus se Evangelieverkondiging.

Opsomming: Dit is duidelik: ons kan nie hande gevou sit nie! Ons het werk om te doen. Net soos die gemeente betrokke was in hulle eie gemeenskap om die evangelie van Christus te verkondig, maar ter selfder tyd vir Paulus te ondersteun, net so verwag die Here ook van ons om om te gee, te gee en te volhard. Bespreek die volgende in die groep:

1. Op watter manier kan ons betrokke raak om predikante,

Page 49: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 47 -

sendelinge en bedienaars van die Woord te ondersteun? 2. Dink aan Luk 12:48 – Hoe is dit van toepassing op vandag

se studie? 3. Is daar `n manier hoe ons as Bybelstudie groep dalk by `n

projek kan betrokke raak om `n “Paulus” te ondersteun vir `n seisoen lank?

NOTAS: ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 50: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 48 -

WEEK 7: `n Lewe wat gee, omgee en volhard

Iets om te onthou Ek het `n rol om te speel. Soms kan ek net omgee deur kontak te maak m.b.v. `n kort boodskap, maar ander kere moet ek gee en

weggee totdat ek self seerkry.

Om betrokke te wees by die werk van die Here, is vêr groter as my eie gerief.

Die Here vra nie baie nie, Hy vra ALLES!

Vers om te onthou “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” (Fil. 4:13)

Vraag om oor na te dink

Op watter manier kan ek betrokke raak by die Evangelieverkondiging?

Waar hou ek tans terug? Waarom? Hoe kan ek dit regstel?

Gebed om te bid Vader, help my om my hart oop te maak vir U Woord, maar ook

vir U werk. Soms lewe ek in my eie gerief en sal ek help solank dit vir my gemaklik is. Help my om sensitief te wees vir U Gees, dat

ek deur U gebruik kan word waar U my nodig het. AMEN!

Page 51: ‘n Studie oor die brief aan Filippense...Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom

- 49 -

Slotwoord

Dankie vir jou getroue studie en deelname die afgelope 7 weke! Gedurende hierdie tydperk het jy hopelik `n beter idee gekry van hoe Paulus se hart gebrand het vir die Here Jesus se gemeente in Filippi. Hopelik het jy ook geleer hoe om `n Bybelboek binne sy eie konteks, gestruktureerd en sistematies deur te werk. Wat nou? Wat is volgende? Oorweeg om dié metode van Bybelstudie ook toe te pas op `n brief soos Efesiërs. Kry `n notaboekie, skryf die datum neer en werk rustig deur die brief terwyl jy notas maak. Deel jou notas op as volg:

è Name – Wie is die mense in hierdie brief? è Plekke – Waar is Paulus; waar is die gemeente? è Probleme – Wat was Paulus en die gemeente se

uitdagings en probleme? è Opdragte – Watter opdragte gee Paulus vir die

gemeente? è Toepassing – Wat leer ek? Wat kan ek prakties toepas

in my eie lewe? Die Woord van God moet Geleer, Gebid en Geleef word. Geleer: Bybelstudie Gebid: Stiltetyd Geleef: Getuienis Die Here seën jou op hierdie pad van studie. My gebed is dat jy sal toelaat dat die Here se Woord sentraal staan in jou lewe, want die Here wil jou seën! AMEN!

Ds Johan Delport