33
BOER SLIM / INTELLIGENT FARMING 48 Beefmaster SA • Journal 2018 Daar word jaarliks groot hoeveelhede speenkalwers in voerkrale op plase afgerond. Sodoende kan die speenkalfprodusent en/of mielieprodusent self waarde tot sy produk voeg. Die winsgewendheid word grootliks bepaal deur die verhouding tussen die speenkalfprys, die mielieprys en die vleisprys. Die volgende is van die belangrikste aspekte waaraan aandag gegee behoort te word. Voer. Om ’n speenkalf mark-klaar te voer, word sowat 1.2 ton voer benodig. Die voer bestaan uit sowat 70% graan en/of “hominy chop” en ’n 30% mengsel van ’n afrondkonsentraat, ’n hoë proteïen konsentraat (HPK) en ruvoer. Met 70% graan (mielies) in die rantsoen, is dit dus duidelik dat die mielieprys, of meer spesifiek die verhouding tussen die mielieprys en die vleisprys, tot ’n groot mate die winsgewendheid gaan bepaal. Speenkalf. Die grootste enkele inset is die aankoop of waarde van die speenkalf. Dit is uiters belangrik dat die prys van die speenkalf nie te hoog is nie. Die waarde van die speenkalf (R-c/kg) word hoofsaaklik bepaal deur die massa en die kwaliteit van die kalf. ’n Goeie kwaliteit speenkalf is doeltreffend om voer tot vleis om te skakel. Die tipiese gewig van die ideale speenkalf is tussen 200kg en 250kg. Fasiliteite. Groter voerkrale (500 plus staande) maak gewoonlik van goed ontwerpte voerkrale gebruik. ’n Speenkalf kan egter ook in primitiewe fasiliteite soos ’n voerbak in ’n klein kampie suksesvol afgerond word soos met die Voermol-stelsel en Voermol SB 100 of Voermol Beefmaker. Water. Voorsien goeie gehalte koel drinkwater. ’n Speenkalf benodig sowat 50koel en skoon drinkwater per dag. Op ’n warm dag, kan die behoefte na drinkwater heelwat hoër wees. Eindmassa. Die eindmassa staan op ongeveer 440kg (of meer) wat ’n karkas (A2/3 graad) van ten minste 250kg sal lewer. ’n Goeie kwaliteit kalf behoort hierdie massa na ongeveer 120 dae in die voerkraal te bereik. Mortaliteit. Kalwers moet reg geprosseseer (entings, dosseerings, behandelings, inplantaat, ens.) word om mortaliteit tot ’n minimum te beperk. Ligging. Die ideale ligging van die voerkraal is naby aan die graan en die mark. Sodoende word vervoerkoste geminimaliseer. Onthou: ’n tipiese speenkalf weeg 220kg, en benodig sowat 700kg graan sodat die markgereed bees 440kg weeg met ’n karkas van 250kg. Voerkraalafronding van speenkalwers Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere 49 >>

Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

BOER

SLI

M /

INTE

LLIG

ENT

FARM

ING

48 Beefmaster SA • Journal 2018

Daar word jaarliks groot hoeveelhede speenkalwers in voerkrale op plase afgerond. Sodoende kan die speenkalfprodusent en/of mielieprodusent self waarde tot sy produk voeg. Die winsgewendheid word grootliks bepaal deur die verhouding tussen die speenkalfprys, die mielieprys en die vleisprys.

Die volgende is van die belangrikste aspekte waaraan aandag gegee behoort te word.

Voer. Om ’n speenkalf mark-klaar te voer, word sowat 1.2 ton voer benodig. Die voer bestaan uit sowat 70% graan en/of “hominy chop” en ’n 30% mengsel van ’n afrondkonsentraat, ’n hoë proteïen konsentraat (HPK) en ruvoer. Met 70% graan (mielies) in die rantsoen, is dit dus duidelik dat die mielieprys, of meer spesifiek die verhouding tussen die mielieprys en die vleisprys, tot ’n groot mate die winsgewendheid gaan bepaal.

Speenkalf. Die grootste enkele inset is die aankoop of waarde van die speenkalf. Dit is uiters belangrik dat die prys van die speenkalf nie te hoog is nie. Die waarde van die speenkalf (R-c/kg) word hoofsaaklik bepaal deur die massa en die kwaliteit van die kalf. ’n Goeie kwaliteit speenkalf is doeltreffend om voer tot vleis om te skakel. Die tipiese gewig van die ideale speenkalf is tussen 200kg en 250kg.

Fasiliteite. Groter voerkrale (500 plus staande) maak gewoonlik van goed ontwerpte voerkrale gebruik. ’n Speenkalf kan egter ook in primitiewe fasiliteite soos ’n voerbak in ’n klein kampie suksesvol afgerond word soos met die Voermol-stelsel en Voermol SB 100 of Voermol Beefmaker.

Water. Voorsien goeie gehalte koel drinkwater. ’n Speenkalf benodig sowat 50ℓ koel en skoon drinkwater per dag. Op ’n warm dag, kan die behoefte na drinkwater heelwat hoër wees.

Eindmassa. Die eindmassa staan op ongeveer 440kg (of meer) wat ’n karkas (A2/3 graad) van ten minste 250kg sal lewer. ’n Goeie kwaliteit kalf behoort hierdie massa na ongeveer 120 dae in die voerkraal te bereik.

Mortaliteit. Kalwers moet reg geprosseseer (entings, dosseerings, behandelings, inplantaat, ens.) word om mortaliteit tot ’n minimum te beperk.

Ligging. Die ideale ligging van die voerkraal is naby aan die graan en die mark. Sodoende word vervoerkoste geminimaliseer. Onthou: ’n tipiese speenkalf weeg 220kg, en benodig sowat 700kg graan sodat die markgereed bees 440kg weeg met ’n karkas van 250kg.

Voerkraalafrondingvan speenkalwers

Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere

49 >>

Page 2: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

49Beefmaster SA • Joernaal 2018

Voermol KonsentrateVoermol bied ’n verskeidenheid konsentrate aan en elke konsentraat is geskik vir spesifieke omstandighede.

Voermol SB 100 (V4498) word gewoonlik deur die kleiner voerkrale (500 kalwers en minder) gebruik met beperkte fasiliteite en hande arbeid. Deur die Voermol-Stelsel te gebruik, is die voer van speenkalwers baie eenvoudig met goeie resultate. Meng eenvoudig 200 kg Voermol SB 100 met 800kg graan (heel mielies of “hominy chop”) en voer die mengsel ad-lib. tesame met hooi (of mieliereste, koringstrooi, ens.) apart. Met die Voermol-Stelsel van vetmesting word baie basiese fasiliteite benodig. Die minste is ’n voerbak of voerkrip waarin die Voermol SB 100-mieliemengsel ad lib. gevoer word plus hooi in ’n hooirak. Die hooi kan ook in die vorm van veldweiding in ’n klein kampie voorsien word.

Waar beter mengfasiliteite beskikbaar is, of met die gebruik van kuilvoer, word Voermol SB 100 in volledige voermengsels aanbeveel. Verder word Voermol SB 100 suksesvol gebruik vir die voer van bulle en in Fase D rantsoene. Sien gerus die Voermol Produkhandleiding vir meer besonderhede.

Voermol Super 80 (V6059) is hoogs gekonsentreerd. Gevolglik is die insluitingsvlak laag en is dit belangrik dat die voer behoorlik gemeng word met goeie mengfasiliteite, soos byvoorbeeld ’n mengwa. Weens die lae insluiting van Voermol Super 80, word die Voermol-stelsel nie aanbeveel nie.

Voermol Zilmol (V16978) bevat die β-agonis, Zilpatherol-HCl. Hierdie partisie agent verhoog die neerlegging van spier (proteïen) ten koste van vet (energie). Gevolglik kan ’n kalf wat reeds die A2 vetheidsgraad bereik het vir ’n verdere sowat 30 dae gevoer word sonder om oorvet te word. Sodoende word die positiewe voermarge ontgin deur diere langer te voer en word die winsgewendheid aansienlik verhoog. Terselfdertyd verhoog die uitslag-persentasie met sowat twee persentasie punte. Die onttrekkingsperiode vir ZilpatherolHCl is tussen drie en sewe dae.

Vir volledige meng- en voerinstruksies, raadpleeg die Voermol Produkhandleiding, die Voermol webblad of skakel u naaste Voermol agent.

Tel: 083-414 5928E-pos: [email protected] Müller, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere

>> 48

Page 3: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

50 Beefmaster SA • Journal 2018

BOER

SLI

M /

INTE

LLIG

ENT

FARM

ING

Die uitgroei van verse as vervangingsdiere om in die kudde te dien is ’n langtermynbelegging in die oorlewing van die kudde. Indien ’n vervangingsvers net die plek van die vorige geslag moet inneem, sou die proses relatief eenvoudig wees. Die behoefte is ’n volgende generasie wat beter presteer as die huidige generasie, of is dit wat in die teorie nagestreef behoort te word. Dit spreek vanself dat ’n belegging wat ’n 20-jaar invloed op inkomste gaan hê se fondasie goed gelê moet word.

GenetikaDie stelling beter as die huidige generasie is baie vaag. Die eerste punt wat na vore kom is dat die kudde duidelike teeldoelwitte met ’n teelbeleid moet hê om by daardie doelwitte uit te kom. Versgrootmaak begin by die keuse van die regte ouers om nageslag binne die onderneming se teelbeleid en hulpbronsamestelling te produseer. Hierdie vers moet ’n lewenskragtige kalf kan produseer elke jaar tot

Uitgroei van verseJohan Mouton

Molatek & Epol (RCL Foods)

Die behoefte is ’n volgende generasie wat

beter presteer as die huidige generasie

sy uitgeskot word. Dit is ’n mondvol wat alle aspekte van kuddebestuur dek. Kuddegesondheid, voeding, voervloei en hulpbronbestuur word alles hier aangespreek. Die een aspek wat uitstaan vir suksesvolle vervanging is die moederkudde se reproduksietempo. Tabel 1 verwys na twee scenario’s met ’n 65% en 85% speenpersentasie. Die boonste 50% van verse is beskikbaar vir vervanging volgens die kudde se teeldoelwitte om genetiese vordering te maak. ’n 65% Speenpersentasie veroorsaak dat 92% van beskikbare diere gebruik moet word teenoor 71% by ’n 85% speenpersentasie. Hierdie verskil gee ruimte om genetiese minderwaardige diere uit te skot.

Tabel 1.

Aantal koeie in kudde 100 100

Vervangingstempo 15% 15%

Speenpersentasie 65% 85%

Aantal vroulike diere beskikbaar vir seleksie 16 21

Aantal diere benodig vir kudde instandhouding 15 15

Persentasie diere wat opgeneem moet word uit wat beskikbaar is

92% 71%

Moet verse nie eerder ingekoop word nie ?Die praktyk van verkoop van alle nageslag en inkoop van dragtige verse wat jaar een in volle produksie is, maak

waarskynlik ekonomies sin vir daardie jaar. Die praktyk word nie vir ’n ekstensiewe vleisbeeskudde aanbeveel nie aangesien die genetiese vordering se bestuur bykans onmoontlik is. Eerstens, die probleem wat meer op ’n praktiese vlak na vore tree is aanpasbaarheid waar hierdie verse probleme ondervind om dragtig te raak in jaar twee, ongeag voeding en kondisie, bloot as gevolg van aanpassing in nuwe bestuursomstandighede. Die voordeel van die ekonomiese redenasie is dan tot niet. Tweedens is daar verskeie gevalle beskikbaar waar die praktyk gevolg is en die ingekoopte diere nie die langlewendheid en produksie van die kernkudde openbaar ni e. Hierdie kuddes het almal weer terugbeweeg na gebruik van eie verse vir vervanging. Die kwessie van kuddegesondheid vir ’n reproduktiewe kudde word nie hier aangespreek nie maar het sy eiesoortige uitdagings.

SelfgrootmaakDie kuddes wat hul eie vervanging grootmaak volg in beginsel twee denkpatrone binne die Suid-Afrikaanse konteks, naamlik om op twee of drie ouderdom te kalf. Sommige produsente kalf op 2.5 jarige ouderdom maar is in die minderheid aangesien dit moeilik inpas by die voervloei. Die twee hoof benaderings lei tot hewige debat, hoewel beide praktyke suksesvol toegepas word. Die uitdaging van twee-jaar kalf is om diere genoegsame kos te gee om ± 65% van hul volwasse massa tydens

52 >>

Page 4: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

51Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 5: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

BOER

SLI

M /

INTE

LLIG

ENT

FARM

ING

52 Beefmaster SA • Journal 2018

eerste paring en 85% tydens tweede paring te bereik. Geld ook minimum vir drie-jaar-oud kalf. Die een argument wat teen die twee-jaar kalwing gebruik word, is dat langlewendheid ingeboet word en kalwers van die verse ligter speen oor hul lewensduur.

Langtermynstudies in die verband se data is skaars. Een betroubare bron uit ’n Australiese studie kon gevind word soos getoon in Tabel 2 wat oor 14 jaar gestrek het. Produksieverskille tussen twee- en drie-jaar kalf was nie statisties betekenisvol nie, met een uitsondering dat die drie-jaar kalfstelsel 9.8% minder kalwers as die twee-jaar kalf gespeen het. Ongelukkig sê die artikel nie die oorsaak hiervan en die behandeling wat die twee-jaar verse gehad het nie. Indien die syfers na huidige data omgewerk word, kan die twee-jaar kalfverse van geboorte tot en met kalf (24 maande) 1.5 kg Meester 20 (V 5791 / N-FF 0667) per dag benut en sal daar dan nog R800 positiewe marge wees. Hierdie aanvulling sal te veel wees, maar toon dat koste verhaal kan word om diere vroeër te kalf en ’n positiewe marge te genereer. Die gevaar van so ’n studie is dat dit binne die konteks van die hulpbron en bestuurspraktyke gevolg gesien moet word, maar dit toon wel dat die twee-jaar stelsel suksesvol sonder nadelige invloed op langlewendheid gevolg kan word.

Tabel 2. Data uit langtermyn studie

Ouderdom 1e kalwing

2 jaar 3 jaar

Aantal diere in studie opgeneem (1948) 59 60

Aantal diere einde van studie (1962) 23 22

Gemiddelde liggaamsmassa 521 534

Getal kalwers oor tydperk gespeen 533 482

Gemiddelde speenmassa 216 220

Verhoogde Bruto inkomste / dier @ R 34/kg (speenkalfprys

R 5 150

’n Verskalf nie suksesvol op twee jaar bloot omdat die bul vroeër by haar gesit is nie. Sy moet ’n teikenmassa van 65%-70% van volwasse massa met ’n gunstige kondisietelling hê. Die kuns is daarin gesetel dat diere moet uitgroei, maar nie oorvet moet wees nie. In die voerkraal kry ons reg dat diere 400kg-plus op ’n 12-maande ouderdom weeg, maar vet is. Die verskaffing van voedingstowwe (proteïen en energie) meer as wat nodig is vir sinvolle liggaamsontwikkeling word glad nie aanbeveel nie. Dit kan lei tot vetneerlegging, toekomstige verlaagde melkproduksie en kalfprobleme. Massatoename moet in spier- en skeletontwikkeling wees – en nie in vet nie. Teikenmassa en kondisietelling is goeie gereedskap om te gebruik. Tabel 3 toon die onderskeid wat tussen goeie kondisie en oorvet kondisie getref moet word. In hierdie studie het diere wat ’n kondisiepunt van 4 tot 6 (uit 9) gehad het geen verhoogde distokia getoon nie, maar ’n 40% beter herbesetting vir diere wat ’n 6-kondisiepunt getoon het (teenoor ’n telling van 4). Tydens kalf moet verse in ’n goeie kondisie wees. Matige energie aanvulling

vir diere wat nie in ’n goeie kondisie is nie sal nie probleme gee nie, en sal boonop herkonsepsie bevoordeel.

Tabel 3. Kondisietelling versus herkonsepsie

Kondisietelling ( 0 - 9 )

4 5 6

Geboortemassa (kg) 338 375 424

Kalf geboortemassa (kg) 29 30 32

Distokia telling 1.2 1.2 1.2

Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen

56% 80% 96%

Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus:

• 500 tot 800 gram groei/dag vanaf speen tot eerste dekking

• Massatoename van 115kg tot 160kg gedurende die winter

• Teikenmassa van 320kg tot 390kg (ook van toepassing by drie-jaar kalf)

• 3 tot 3.5 kondisiepunt (skaal 5) tydens dek, kalf en tweede dekking (ook van toepassing by drie-jaar kalf).

Welke stelsel gevolg word is die oorpaar van verse altyd ’n goeie praktyk. Hou meer diere terug as wat nodig is om seker te wees dat daar tydens tweede kalf genoeg diere is om die kudde instand te hou. Hierdie praktyk is ook ’n goeie waardetoevoegingsmeganisme vir ’n kudde.

Hulpbron en aanvullingDie onderneming se hulpbronsamestelling moet met die besluit van welke benadering in ag geneem word. ’n Behoorlike voervloeibeplanning is noodsaaklik. Produsente met oesreste het minder van ’n uitdaging maar voervloeibeplanning is maar steeds belangrik. Onder normale veldtoestande is die tekort aan proteïen gedurende die winter 250 gram tot 300 gram per dag, per vers. Energietekort kan tot 1.5kg Totale Verteerbare Voedingstowwe (TVV) per dag wees. Gewone proteïen oorwinterings lek is eenvoudig onvoldoende vir uitgroei van verse op winterveld met die doel om vroeg te dek. ’n Produksielek van 1kg tot 1.5kg (Meeser 20) per vers vir die hele winter word benodig.

Tesame hiermee moet mens onthou dat die effek van aanvulling so goed is soos die kwaliteit van die weiding wat voorsien word. Die klem lê op voorsiening van goeie kwaliteit ruvoer wat aangevul word, eerstens met ’n proteïenaanvulling, en tweedens met energie. Aanvulling van voldoende fosfaat (3 gram tot 5 gram per dag) en spoorelemente spreek vanself. Hier is ’n paar punte om ingedagte te hou:

• Produksielek op “sagte” winterveld (byvoorbeeld herfs brand).

• Aanwending van kuilvoer, besproeide weidings of voersorghums as staande hooi gedurende die winter. Aanplantings word so laat moontlik gedoen om ruvoerkwaliteit met die sorghum opsie te verseker.

• Aanwending van goeie kwaliteit hooi dwarsdeur

>> 50

54 >>

Petro>>

Page 6: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

53Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 7: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

54 Beefmaster SA • Journal 2018

BOER

SLI

M /

INTE

LLIG

ENT

FARM

ING

die winter. Maak gebruik van ’n produksielek soos Meester 20 teen 1kg tot 1.5kg vir oorwintering, selfs op goeie kwaliteit weiding.

• Maksimum uitgroei van diere op somerveld met produksielek en meer konserwatiewe benadering gedurende die winter.

OpsommingSuksesvolle versgrootmaak begin by die regte ouers in ’n kudde met ’n positiewe reproduksietempo. Indien hulpbronsamestelling en voervloei dit regverdig, kan verse suksesvol vroeg gedek word sonder nadelige langtermyngevolge maar diere moet nie oorvoer word en vet wees nie. In meer ekstensiewe toestande is ’n drie-jaar-oud kalf ’n goeie praktyk, maar daar moet gewaak word dat diere nie te groot word nie.

Buite die konteks van die artikel is dit die moeite werd om te lees wat die genetika/omgewingsinvloed werking is

wat huidig publiseer word en hoe vroeë interaksies diere vir die res van hul lewe beïnvloed.

Dankbetuiging:Waardering aan Russel Clark en Piet Human wat behulpsaam was met ervaring uit hul ondernemings.

Bronne geraadpleeg & ander inligting:

http://www.al laboutfeed.net/Compound-Feed/articles/2017/10http://www.beefmagazine.comhttp://www.beefcattle.comhttp://www.beefsite.comhttp://www.beefandlamb.ahdb.org.uk Mary Vickershttp://extension.ug.edu Dan . T. Brownhttp://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/24698359 Wathes, Pollet & Johnson http://www.omafra.gov.on.ca

>> 52

Page 8: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

55Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 9: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

56 Beefmaster SA • Journal 2018

BOER

SLI

M /

INTE

LLIG

ENT

FARM

ING

Over the next few months, the the decisions you make will not only have an impact on your cattle and your farm, but also how well you do financially. How you organise yourself and operate over the next season is crucial. You will need to make some sound plans and implement them.

What about buying bulls and breeding decisions? There are a few key things you need to consider. Firstly, about your cow herd, and secondly about your walking herd bulls.

Your first consideration should be your cow herd:• What can you tell about the weaners and the weight

obtained at weaning? • What can you tell about the weaners and the weight

obtained at weaning?• Assess the cows’ fertility at pregnancy testing. Are

they working for you, or are you working for them? • Are they a productive and adaptable herd? • Do they smooth up quickly at the onset of summer?

You also need to look at their nutrition. How much grass do you have after the season, and what are you prepared to supplement? This will largely be determined by rainfall and, more importantly, also the Stocking Rate you choose to implement. Good returns are made from planning and implementing rotational grazing for a reliable fodder flow. It all comes down to conservation, and good farmers need to manage it!

Your walking herd bulls:The second most important consideration should be your walking herd bulls. Be honest with yourself and give your bulls a thorough evaluation. Genetics and technologies are developing very fast nowadays. Just think about computers: larger, faster and better programs are made

available fairly quickly. Have your bulls and your genetics become outdated?

Two main bull types which you can sourceThere are two types of bull you can go out and source (even within a breed): maternal bulls and terminal bulls.

Maternal bulls breed good, fertile heifers for replacements and develop a fertile adaptable cow herd. Here, the selection emphasis is on the females. They must be descendant from fertile cows that have regularly calved over a long time.

Generally, these bulls are far more difficult to produce due to the many selection criteria one must consider (and that are passed on to their female offspring), such as calving ease, milk and fertility. Cow efficiency is something we are going to hear a lot more about in future and it would be a good idea to why not start concentrating on it now. In a bull on the other hand, it is difficult to give a value to these traits in a bull because they can only be measured and selected for in his female progeny. Ask any dairy farmer. It often happens that the bull has already moved on once this is done. One can therefore pay more for these bulls, but beef production must still be very acceptable and reasonable.

When it comes to a terminal bull, the selection emphasis is on performance and heavy weaners. These traits can easily be measured for a bull, are readily available and are easy to select for. The problem with this, however, is that one can easily get carried away (and most breeders do) with selecting on weight from weaning through to 18 months. The beef industry is currently dominated by carcass and weight-orientated genetics. One should sell the progeny from these bulls – including the heifers – as they will be heavily muscled and have more of a balance of male hormones, which means their fertility will be compromised. The sisters of the steers that do very well in the feedlots will struggle out in the veld as replacements. These bulls should be used for a specific function.

A perspective on

bulls and breedingLlewellyn Maclean

58 >>

Page 10: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

57Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 11: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

58 Beefmaster SA • Journal 2018

Compromise is keyAfter breeding for many years, I have realised that there must be a compromise between the two bull types. Selecting a bull with the right blend of maternal and terminal characteristics is not easily done. We need to know the background of the herd and breeder and and look closely at the bull itself. These two types of bull have a very different appearance. Maternal bulls are more toned down and not as big, course, heavily boned, and masculine as terminal bulls. Selecting for one set of circumstances is mutually exclusive of the other. You will never have everything.

So decide what direction you want to go in and avoid extreme bulls. It is incredible to think that, eventually, one will get what you select for. The difficult part is to

balance things out between all the important traits and not ignore any at the expense of one or two. Breeding and accumulating good genes takes a lifetime.

Taking pride in quality bullsAt Daybreaker Beefmaster, we continue to strive for excellence in our purebred Beefmaster cattle. It is impossible to advance selection for anything if one doesn’t have a purebred herd. We strive for a good balance, but our emphasis is on maternal characteristics.

Our selection and programme ensures that each generation is better than the one before. Every year, we use bulls at two years of age and then sell them the following year on our sale. This means you can buy the absolute best bulls we produce.

>> 56

Page 12: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

59Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 13: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

60 Beefmaster SA • Journal 2018

Page 14: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

61Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 15: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

62 Beefmaster SA • Journal 2018

BLY

ING

ELIG

- V

EEA

RTS

/ ST

AY IN

FORM

ED -

VET

ERIN

ARI

AN

Algemene beginselsoor bees brusellose

Dr Chriche du Plessis, MSD Animal Health

Brusellose is al beskryf as ’n ‘emosionele siekte’. Geen produsent is ooit bly om die nuus van ’n positiewe Brucella toets te ontvang nie. Die siekte gaan gepaard met beelde van kwarantyn, aborsie storms, verlore produksie (verlies aan melkproduksie, swak kalwers, verlaagde fertiliteit in beide koeie en bulle), uitskot van besmette diere en soönose. Eenvoudig gestel: Brusellose is sinoniem aan verlore inkomste en dit is ’n gesondheidsrisiko vir die boerderygemeenskap!

Wat is Brusellose (Aansteeklike Misge-boorte)?Brusellose is ’n bakteriële siekte in beeste wat deur die bakterieë Brucella abortus veroorsaak word. Die besmetting word in die omgewing opgetel; wanneer dit deur besmette koeie uitgeskei word tydens kalwing. Skape word besmet deur Brucella ovis en bokke met Brucella melitensis, maar spesie oorkruising bestaan wel. Die bakterieë leef binne die liggaamselle, wat beteken dat die immuunsisteem nie die bakterieë kan raaksien om dit te beveg nie. Die organisme is baie lief vir koue toestande maar kan glad nie in uiters warm toestande oorleef nie. Die bakterieë kan tot agt maande in klam, modderige grond oorleef.

Hoe word beeste met die siekte besmet?Die hoofroete van besmetting of oordraging is per mond. Koeie is nuuskierige diere en sal aan ’n pasgebore kalf of geaborteerde fetus gaan ruik en lek. So word die bakterieë in die mond opgeneem voor dit die slymvliese deurdring en deur die bloedstroom na die limfknope en reproduktiewe organe versprei. Die bakterieë kan ook o deur die slymvliese van die oog en spene opgeneem word, dus speel vlieë hier ’n belangrike rol in die verspreiding van die siekte. Daar is ’n hoë risiko vir infeksie indien kunsmatige inseminasie met besmette semen gedoen word. ’n Dragtige koei kan ook die infeksie aan haar ongebore fetus oordra , en die melk van ’n besmette koei is aansteeklik vir beide diere en mense.

Die organisme groei buiten-sporig maklik in die besette baarmoeder, soveel so dat daar ongeveer 100 miljoen besmette dosisse per nageboorte is. Dit beteken dat een siek koei haar omgewing met genoeg bakterieë besmet om 100 miljoen ander koeie te besmet. Om sake nog meer te kompliseer, neem alle koeie nie ewe lank om tekens van die infeksie te wys nie. Die inkubasieperiode is wisselvallig en kan enige iets van 30 dae tot 2 jaar neem. In daardie tydperk toets verse en koeie negatief maar is alreeds besmet.

Hoe kan ek brusellose diagnoseer?Indien daar aborsies op die plaas plaasvind, en as jou kalf persentasie swakker is as wat jy verwag het, moet daar ’n vermoede by jou posvat dat jou kudde dalk met brusellose besmet mag wees. Brusellose toon geen spesifieke kliniese aanduidings dat jou koeie besmet is nie. Daar is slegs twee metodes om Brucella abortus te diagnoseer. Die mees akkuraatste toets is om die bakterieë in ’n laboratorium te groei, maar dit is ’n proses wat twee tot drie weke kan neem en is dus nie die maklikste om uit te voer nie. Hier word monsters van die geaborteerde fetus en plasenta (nageboorte) of limfknope van ’n dier na die laboratorium gestuur. Die meer algemene metode is om bloed te trek en dit te toets vir teenliggame teen Brucella abortus. Met ander woorde, ons kyk of die bees aan die bakterieë blootgestel was en of die liggaam ’n reaksie getoon het. Omdat hierdie ’n indirekte metode is, sien ons wel somtyds dat die toets nie 100 % akkuraat is nie.

64 >>

Page 16: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

63Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 17: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

64 Beefmaster SA • Journal 2018

BLY

ING

ELIG

- V

EEA

RTS

/ ST

AY IN

FORM

ED -

VET

ERIN

ARI

AN

Dit is hier waar die Staatsveearts en jou privaat veearts ’n groot rol speel om die toetsuitslae te interpreteer.

Hoekom is die siekte vir my as produsent belangrik?Brusellose is ’n Staatsbeheerde siekte. Dit beteken dat alle besmette diere aan die Departement van Landbou aangemeld moet word. Die Staat het die siekte as ’n beheerde siekte geklassifiseer want:

• dit is gevaarlik vir mense, • dit lei tot direkte ekonomiese verliese, en• dit het ’n impak op die uitvoer van lewende hawe.

Brusellose is ’n soönose – dit beteken die bakterieë kan mense besmet. Menslike brusellose kan deur Brucella abortus veroorsaak word en staan bekend as Wisselkoors en Maltakoors indien dit deur Brucella melitensis veroorsaak word. Menslike brusellose se algemeenste simptome is soortgelyk aan griepsimptome: koors, spierpyn, nagsweet en moegheid. In erge, kroniese gevalle kan hartklepontsteking en aborsies in vrouens voorkom. Mans kan tydens kroniese gevalle testikulêre ontsteking en ’n verlies aan vrugbaarheid ervaar. Indien die siekte vroegtydig gediagnoseer word, is dit behandelbaar.

Hantering van aansteeklike kalwings- en aborsiemateriaal, asook die inname van ongepasteuriseerde besmette melk, is die hoofbronne van infeksie in mense en dus dra boere, plaaswerkers, veeartse en abattoirpersoneel die grootste risiko vir infeksie. Beide entstowwe op die mark is lewendig en kan blootstelling aan die entstof, byvoorbeeld deur ’n naaldprik, lei tot infeksie.

Voorkoming, beheer en bestryding van infeksieDaar is geen enkele stap wat gevolg kan word om Brucella infeksie te voorkom nie. Die kompleksiteit van die siekte verg ’n totale aanslag op alle aspekte van huidige bestuursmaatreëls.

Die eerste prioriteit is om infeksie sover moontlik te voorkom. Plase word meestal deur die inkoop van besmette diere, weiveld te deel, weiding te huur, kontak met besmette diere op buurplase en die kontaminasie van voer- en waterbakke geaffekteer. Dus moet mens eerste op die aankoop van nuwe diere fokus. Maak seker dat diere uit ’n gesertifiseerde negatiewe kudde aangekoop word en maak seker van die hele kudde se toetsgeskiedenis. Toetse op enkele diere is nie goed genoeg nie. Koop verkieslik diere met ’n entingsgeskiedenis want dit verhoog die immuniteit van die hele kudde. Aangekoopte diere moet weg van die res van jou kudde gehou word totdat twee negatiewe toetse, twee maande uitmekaar, na kalwing gedoen is. Indien enige verse aangekoop word, kan hulle status eers na hul eerste kalwing met sekerheid bevestig word. Moenie ’n negatiewe toets resultaat op ’n 12-maande oue vers nie geflous word nie.

Verminder die risiko van totale kudde besmetting. Werk in kleiner kampe met minder diere. ’n Kleiner aantal diere

sal dus blootgestel word, indien daar wel besmetting in ’n kamp voorkom. Dit maak die bestuur van daardie klein groepie diere makliker. Werk soveel moontlik met ’n vaste kalfseisoen. Dit vergemaklik weereens die bestuur van enige besmette koeie tydens die kalwingsperiode wanneer bakterieë in die omgewing vrygestel word. Indien ’n melkery bestuur word, maak seker dat koeie op sement of oppervlakte wat maklik skoongemaak kan word, kalf. Verwyder en verbrand alle nageboorte en abortiewe materiaal. Moenie dat honde dit ronddra oor die hele plaas nie. Teken ’n plaasdiagram wat kampe, waterpunte en beweging van diere aandui. Dit sal help om hoë-risiko groepe, soos dragtige verse, weg te hou van areas waar besmetting makliker kan plaasvind. Plaas eerder bulle, uitskot koeie en speenkalwers wat vir slagdoeleindes bemark gaan word, langs grensdrade.

Beplan en voer ’n entingsprogram uit saam met jou kuddeveearts. Daar is slegs twee geregistreerde entstowwe beskikbaar wat beesbrusellose beheer, maar die entstof alleen kan nie jou kudde beskerm teen Brucella infeksie nie. Indien ’n koei aan ’n hoë konsentrasie bakterieë blootgestel word, kan die weerstand wat die entstof verleen het, oorskry word.

Volgens wet moet alle verse tussen die ouderdom van vier tot agt maande ’n enting teen brusellose ontvang. Manlike diere word nie ingeënt nie. Maak seker jy ent so na aan vier maande as moontlik want dit verkort die periode wat die jong versie nie beskerm is nie. Daar word geen moederlike immuniteit van koei na kalf deur die kolostrum nie oorgedra nie. Skraagdosisse in ouer diere verhoog die kudde se weerstand, veral in areas met ’n hoë infeksie-potensiaal. Onthou ook dat die toediening van ’n entstof nie gelykstaande aan immuniteit is nie. Verskeie faktore bepaal of ’n dier immuniseer na ’n enting, en daar is gevalle waar diere geen immuniteit na veelvuldige entstoftoedienings verkry nie.

Kom ons gesels bietjie oor toetsing.Brucella toetse is nie 100 % akkuraat nie en dus moet gereelde toetse gedoen word om positiewe diere te identifiseer. Alle besmette diere word nie met die eerste stel toetse geïdentifiseer nie. Daar gaan heel moontlik diere wees wat eers tydens die derde of vierde rondte positief toets. As produsent sal ek meer versigtig wees vir hierdie vals negatiewe koeie, omdat hulle my groter skade kan berokken as die verlies aan koeie wat positief getoets het en geslag moet word. Hieronder (Figuur 1) word ’n voorbeeld van ’n kudde in Mexiko getoon wat met die eerste stel toetse ’n baie hoë syfer positiewe koeie gehad het. Die syfer het egter daarna drasties gedaal. Maar na vele maande se toetse en enting was daar steeds enkele positiewe diere. Hierdie demonstreer hoe die siekte werk sowel as hoe lank dit vir kudde neem om van die besmetting ontslae te raak. Volgens die Brusellose Skema en die Wet op Dieregesondheid (Wet 35 van 1984) moet ’n positiewe kudde vyf maal negatief toets voordat dit negatief verklaar kan word (Figuur 2).

Indien toetse bewys dat daar infeksie op die plaas is, tree onmiddellik op. Neem verantwoordelikheid vir dit

>> 62

66 >>

Page 18: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

65Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 19: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

66 Beefmaster SA • Journal 2018

BLY

ING

ELIG

- V

EEA

RTS

/ ST

AY IN

FORM

ED -

VET

ERIN

ARI

AN

wat op jou plaas gebeur en moenie toelaat dat iemand ’n vinger na jou kan wys nie. Laat besmette diere onder ’n Rooikruis permit (wat deur die Staat uitgereik word) slag. Dit lig die abattoir in van die status van die dier en dat personeel hulself moet beskerm teen moontlike infeksie. Laat toets die res van jou kudde elke 30 dae om so vinnig as moontlik alle besmette diere te identifiseer. Indien jou plaas tans skoon is, laat toets jou kudde elke jaar – bulle inkluis – om seker te maak dat Brucella nie op jou plaas posgevat het nie. Indien daar enige aborsies plaasvind, laat die koei en die abortus dadelik toets en plaas die betrokke koei in kwarantyn.

Die konsep van ‘vensterperiodes’ en latente draers is ook van toepassing by brusellose. Dit beteken dat ’n vers of koei aan die infeksie blootgestel kan word, besmet kan raak, maar nie dadelik positief toets nie. Hierdie vensterperiode is uiters wisselvallig en enige iets tussen 30 dae tot twee jaar duur. Die ouderdom van die vers of

koei, immuun– en reproduksiestatus van die dier asook die dosis van die infeksie speel hier ’n rol. Latente draers is verse wat in-utero (terwyl die koei dragtig is) kan vanaf ’n koei besmet raak en eers positief toets nadat sy die eerste keer gekalf het. Daarom is dit uiters belangrik om nie net op een toets staat te maak nie en seker te maak dat alle verse wat vir die eerste keer kalf nie tussen jou volwasse koeie loop tydens die kalfseisoen nie. Om van hierdie latente draers ontslae te raak deur alle verse vanaf besmette koeie te slag, is ’n goeie praktyk om te volg.

Brusellose is ’n kuddesiekte en elke positiewe reaktor moet gesien word as ’n bom wat wag om te ontplof, eerder as ’n enkele dier wat voor geveg moet word. Positiewe diere wat in die kudde gehou word verhoog net die risiko van verdere verspreiding. Om van brusellose ontslae te raak is nie ’n vinnige en maklike proses nie. Dit neem tyd en deursettingsvermoë, maar aan die einde van die dag is dit die moeite werd.

Figuur 1: Resultate van Mexiko kudde oor 35 maande

Maand getoets Jul‘97

Sept ‘97

Nov ‘97

Jan ‘98

Mar ‘98

Apr ‘98

May ‘98

Jun ‘98

Sep ‘98

Dec ‘98

Feb ‘99

May ‘99

Aug ‘99

Nov ‘99

Feb ‘00

May ‘00

Persentasie positief

30.00 0.00 4.00 2.30 0.00 0.70 0.40 0.30 0.50 0.50 0.00 0.10 0.00 0.20 0.00 0.18

Getalle getoets 469/ 1550

47/ 1175

26/ 1128

8/ 1102

4/ 1094

3/ 1090

5/ 1087

5/ 1082

0/ 1077

1/ 1077

0/ 1076

2/ 1076

0/ 1074

2/ 1074

>> 62

Page 20: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

67Beefmaster SA • Joernaal 2018

Figuur 2: Vloeidiagram van ’n besmette kudde volgens die Brusellose Skema

Vir verdere inligting of enige navrae oor die artikel kan Dr Chriche du Plessis geskakel word by 083 645 4358 of [email protected]

Page 21: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

68 Beefmaster SA • Journal 2018

Page 22: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

69Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 23: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

70 Beefmaster SA • Journal 2018

BLY

ING

ELIG

- V

EEA

RTS

/ ST

AY IN

FORM

ED -

VET

ERIN

ARI

AN

Keurkodes van die Beefmaster Beestelersgenootskap van SADie keurkodes wat ontwikkel is om te gebruik gedurende keurings, is nie net ’n “tool” om te help tydens keurings nie, SA Stamboek kan ook jaarlikse verslae trek vir die genootskap waar daar met behulp van die kodes bepaal kan word of daar ’n spesifieke probleem is wat oorheersend voorkom, waarna die telers moet let.

A2 Minimum rasstandaarde (Indeks) Minimum breed standards (Index)B10 Min diepte Lack of depthB11 Min sprong van rib Lacks in spring of ribB13 Algeheel plat FlatB14 Oordrewe bespiering Excessive musclingB2 Swak bespiering Poor musclingB3 Swak balans (hoogte/lengte) Poor balance (height/length)B4 Swak balans (voor/agterkwart) Poor balance (front/hind quarter)B5 Swak konstitusie of aanpassing Poor constitution or poorly adaptedB6 Ponie tipe Pony typeB7 Groot (laat ontwikkelend) Big (late matured)B8 Growwe beenstruktuur Coarsely bonedD1 Lang krullerige- of wolhare Long or woolly hair coatE1 Os-agtig OxyF1 Swak temprament Bad tempramentG1 Skewe gesig Skew faceG2 Ligte onderkaak Light jawG3 Kort onderkaak (Pappegaaibek) Undershot jawG4 Lang onderkaak (visbek) Overshot jawG6 SwaK oogbank ontwikkeling Poor eyebrow developmentH2 Blaaie of skouers oordrewe los Loosely attached shouldersJ1 Hol rug Hollow backJ4 Duiwelsgreep Devils gripK1 Plat kruis Rump too flatK2 Oormatige hangkruis Excessively sloping rumpK3 Dakkige kruis Rump too roofyK4 Sitbene te nou Narrow through pin bonesK5 Oordrewe rondeboud (varkboud) Excessively rounded hind quarterK6 Plat deur dye Flat through thighsL1 Te X-benig X-leggedL3 Bakbene Bandy leggedM1 Regop hakkig Straight hocksM2 Uitermate sekelhakkig Excessively sickle hockedM3 Uitermate koeihakkig Excessively cow hockedN1 Kote trap deur Sagging hocksN2 Kote te regop Upright pasternsP3 Kloue erg gesplete Hooves too open (pole shoe)P4 Te min diepte van hiel Lack in depth of heelP6 Kurktrekker klou Cork screw hoovesP7 Trap op buitekant van agterkloue Standing on outside part of hind hoovesQ2 Oordrewe bobbejaanstert Baboon tailR1 Skrotum gedraai (>45 grade) Scrotum twisted (>45 degrees)R6 Kriptorchidisme (testes nie afgesak) Cryptorchidism (testes did not drop)S1 Skede te lank Sheath too longS2 Vlesige skede Fleshy sheathS3 Prolaps van voorhuid Preputial prolapseS4 Te groot skede opening Sheath opening too bigS5 Naelvel NavelT1 Onderontwikkelde vulva Under developed vulvaV1 Swak uierontwikkeling Poor udder developmentV3 Bottelspene Bottle teats

Page 24: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

71Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 25: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

72 Beefmaster SA • Journal 2018

BLY

ING

ELIG

- V

EEA

RTS

/ ST

AY IN

FORM

ED -

VET

ERIN

ARI

AN

Vleisbeesprodusente word voortdurend aan wisselende klimaatsomstandighede, soos seisoenale veranderinge en droogtes, sowel as veranderende kostestrukture blootgestel, wat ’n direkte invloed op die produktiwiteit van hul boerdery het. Twee faktore wat van groot belang vir die sukses van ’n vleisbeesboerdery is en waaroor die produsente beheer kan uitoefen, is voeding en gesondheid. Hierdie twee faktore loop hand aan hand. Die verhouding tussen die twee moet reg bestuur word om winsgewendheid te verseker. Gesondheid word direk deur die beeste se kondisie, m.a.w. die voedingstoestande waarin hulle verkeer, beïnvloed.

Enige vorm van stres plaas druk op die koei se produksievermoë. Gedurende dektyd plaas dit druk op haar vermoë om vinnig suksesvol dragtig te raak en tydens kalf- en speentyd is sy van nature onder stres. Veral laasgenoemde twee stresperiodes moet so ver moontlik beperk word om die negatiewe invloed wat dit op die koei se prestasie het, te beperk. Terwyl koeie gedurende kalftyd onder die stres van kalwing is, moet sy ook begin melk produseer om haar nuwe kalf te voed. Dit is veral vir die eerstekalfvers ’n kritieke fase, want sy moet saam met die stres van kalwing en melkproduksie verder uitgroei tot volwassenheid. Speentyd se stres as die kalwers en die

Belang van minimum stresDr Vlok Ferreira

Nasionale Tegniese Bestuurder Herkouers RCL Foods – Feeds Division

Belang van minimum stres en gebalanseerde

mineraal -, spoormineraal aanvullings op produksie

en reproduksie prestasiediereteling.

koeie geskei word, word gekompliseerd deur potensiële dragtigheid asook ’n afnemende weidingsgehalte. Laasgenoemde is veral in die somerreëngebiede van toepassing. Enigeen van hierdie strestoestande plaas ook druk op die koei se gesondheid. Dit verlaag haar weerstand teen siektes en gevolglik neem die besmetting van inwendige en uitwendige parasiete dramaties toe. Dit kan tot produksieverliese lei en ’n direkte gevolg van produksieverliese is ’n verlaging in kalfpersentasies.

Die vleisbeesprodusent kan saam met veekundiges, veeartse, en die tegniese verteenwoordigers van veevoer- en dieregesondheidsmaatskappye verseker dat hy al die korrekte voeding- en gesondheidsmaatreëls tref om sy koeie in goeie kondisie en gesondheid te hou. ’n Volledige bestuursprogram, wat met die hulp van die rolspelers in die vleisbeesbedryf saamgestel is, kan produsente verseker dat hulle hul beeste in goeie kondisie en dus goeie gesondheid hou.

Wanneer van vleisbeesvoeding gepraat word, word primêr op die verskaffing van voldoende beweibare materiaal gefokus. Lekaanvulling kan gebruik word om die benutbaarheid van hierdie weibare materiaal te verhoog, veral as die weidingstoestande sleg is, soos gedurende die droë wintermaande in die somerreëngebiede en in die Wes-Kaap as diere op stoppellande wei. Aanvulling in die vorm van proteïen-bevattende lekke vir die winter en fosfaat-bevattende lekke vir die somer, is egter nie die enigste aanvulling wat vir die normale groei by vleisbeeste nodig is nie. Minerale en vitamiene, soos fosfaat, kalsium, sink, koper, mangaan, selenium en vitamien A speel ’n ewe belangrike rol, veral in die onderhoud van die liggaamsfunksies en gesondheid van die dier. Sorg moet ook gedra word dat die regte samestelling van minerale en vitamiene altyd beskikbaar is. Navorsing aan die Kansas State universiteit in Amerika het gewys dat tekorte van die belangrikste spoorminerale waarvan daar baie klein

74 >>

Page 26: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

73Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 27: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

74 Beefmaster SA • Journal 2018

BLY

ING

ELIG

- V

EEA

RTS

/ ST

AY IN

FORM

ED -

VET

ERIN

ARI

AN

hoeveelhede van voorkom, maar wat krities belangrik is soos sink, koper, mangaan, selenium, jodium en ander in vleisbeesrantsoene ’n groot effek op die immuniteit- en reproduksiestelsels, en die groei van koeie het. Wanneer ’n veekundige voeding aan vleisbeeste voorskryf, is dit dus noodsaaklik dat hy die inname van minerale saam met die inname van ruvoer en weiding in ag moet neem.

Te veel lekke word steeds deur vleisbeesprodusente gebruik met die uitgangspunt dat die verskaffing van proteïene en energie, as primêre voedingbestanddele, noodsaaklik en voldoende is. Die aanvulling van die diere se spoormineraalbehoefte word hierdeur nagelaat, wat op die lang duur die vleisbeesboerdery se winsgewendheid nadelig sal beïnvloed. Omdat kliniese tekens van spoormineraaltekorte nie altyd opvallend is nie, is die responsvermoë van die immuunsisteem een van die tekens wat gebruik kan word om te bepaal of daar spoormineraaltekorte is. Kliniese tekens, soos swak groei, onvrugbaarheid, en uiterlike tekens, soos dowwe haarkleed en krom bene by ’n koper tekort, en die voorkoms van swak bene en gewrigte by pasgebore kalwers by ’n mangaan tekort, sal net waargeneem word as daar werklik groot tekorte ontstaan.

Alhoewel daar ’n redelike hoeveelheid van ’n verskeidenheid van spoorminerale wel in weidings voorkom, is die hoeveelheid en beskikbaarheid daarvan afhanklik van ’n verskeidenheid van faktore, soos byvoorbeeld reënval, grond kwaliteit en ook die verteerbaarheid van die weidings. Die faktore gee dan aanleiding daartoe dat die samestelling van spoorminerale in weidings bekend moet wees sodat daar met veral aanvullende voeding voorsiening gemaak kan word vir sekere kritiese spoorminerale.

Molatek lekaanvullingsprodukte maak dus voorsiening vir die meer kritiese spoorminerale waarvan daar tekorte van sal voorkom sodat die basis van optimale produksie en winsgewendheid hierdeur ondersteun sal word. Die vorm waarin die mineraal in die weiding voorkom sal die bio-beskikbaarheid daarvan beïnvloed, en kan ook aanvulling nodig maak.

Voordat ’n mineraal deur die dier se spysverteringskanaal opgeneem kan word, moet dit in ’n oplosbare vorm, soos in ’n ioniese vorm, oplosbare komplekse of as chelate, beskikbaar wees. Minerale kan nie opgeneem word as dit aan ’n onoplosbare komponent gebind is nie. Wanneer daar te veel yster of selfs kalsium in lekmengsels voorkom kan dit

aan van die spoorminerale bind en dus ’n onoplosbare kompleks vorm wat net so weer deur die dier uitgeskei sal word. Dit word beskryf as ’n geïduseerde tekort en is waarskynlik een van die mees tipiese voorkomste van tekorte wat voorkom. Ten spyte van beproefde praktyke wat met groot sukses deur produsente gebruik word om winsgewendheid van hul kuddes te verhoog, gebruik sommige produsente steeds sekere ‘goedkoper’ praktyke om koste te bespaar. Ongelukkig lei baie daarvan tot ’n tekort aan spoorelemente en ’n wanbalans in rantsoene, wat op die lang duur ’n negatiewe effek op die optimale

prestasie en gevolglik die winsgewendheid van hul kuddes het.

Twee van hierdie praktyke is sommige goedkoop tuismengsels wat as sogenaamde lekke gebruik word en die gee van sekere komponente, soos te veel voerkalk, wat groot wanbalanse kan meebring. Produsente moet sorg dat hulle altyd, veral deur die aanwending van goed geformuleerde lekke, ’n gebalanseerde mineraalsamestelling aan hul beeste voorsien. ’n Tekort van net een mineraal of spoormineraal kan ’n groot invloed op die reproduksievermoë van ’n kudde hê. ’n Primêre tekort ontstaan as ’n rantsoen te min van een of meer spoorminerale bevat, terwyl ’n sekondêre of geïnduseerde tekort ontstaan wanneer ’n interaksie tussen minerale of ander faktore, soos siektes, die tekort veroorsaak. Kliniese tekens, soos swakker immuniteit en laer groei en reproduksie, sal begin voorkom as die tekort erger raak.

Dit is duidelik dat waarneembare tekens wat op spoormineraaltekorte dui, nie noodwendig onmiddellik sal voorkom nie, maar dat dit wel al vroeg nadelige gevolge kan inhou wat tot finansiële verliese kan lei. Sink sal byvoorbeeld ’n belangrike rol speel by die ontwikkeling en onderhoud van die immuunrespons, die hersteltempo van gestreste diere wat van infeksie-siektes, soos BVD herstel, en die voorkoming van vrotpootjie. Minerale is krities vir die beskerming van die ensiemstelsels en die instandhouding en optimale produksie van die meeste biologiese prosesse, soos byvoorbeeld yster wat ’n integrale deel van die produksie van hemoglobien vorm, wat weer vir suurstofvervoer benodig is, en jodium wat nodig is vir die produksie van die ensiem tiroksien wat weer te doen het met die reguleer van die energie metabolisme by die dier. Die aanvulling van spoorminerale deur die regte tipe, goed gebalanseerde lekke sal aan die vleisbeesprodusent die nodige gemoedsrus gee dat sy diere meer sal teruggee in die vorm van gesonde diere met ’n hoë kalfpersentasie. Die wetenskap het reeds aangetoon wat die korrekte wyse en vlakke van aanvullings is, daarom is dit byna onverskoonbaar dat steeds na ’n landsgemiddelde kalfpersentasies van onder 60% verwys word.

Navorsing met mineraal- en spoormineraalaanvullings saam met ’n oliekoek/graan//melasse/ureum mengsel, wys dat die regte aanvulling koeie se vermoë om in dektyd vinnig beset te raak met byna 100 % kan verbeter. In ’n proef was die tyd vanaf die begin van die dekseisoen tot konsepsie vir die kontrole groep (wat nie aanvulling ontvang het nie) 42 dae teenoor die 22 dae van die groep koeie wat die korrekte lek aanvulling sowel as fosfaat en die spoorminerale soos sink, selenium, koper, mangaan en jodium ontvang het. By koeie wat net die graan-ureummengsel ontvang het, was die tydsduur 35 dae en waar ’n fosforaanvulling by die mengsel gegee is, was dit 29 dae.

Deur navorsing van veevoermaatskappye soos RCL FOODS (met Molatek en Epol produkte), is lekaanvullingstelsels ontwikkel wat met die regte aanwending kostedoeltreffend en op optimum wins ge-wend heid vir die vleisbeesprodusent gerig is.

>> 72

Page 28: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

75Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 29: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

76 Beefmaster SA • Journal 2018

BLY

ING

ELIG

- V

EEA

RTS

/ ST

AY IN

FORM

ED -

VET

ERIN

ARI

AN

Maagwerk in kalwers kom wydverspreid in Suid-Afrika voor. Die algemeenste oorsake van kalwerdiarree in Suid-Afrika is:

• die virusse rotavirus en coronavirus; • die bakterium E. coli; • die protosoön, Cryptosporidium, wat aan Coccidia

verwant is; en• salmonella.

Salmonella (paratifus), wat baie ernstigtige siekte veroorsaak, kom maar net in die vyfde plek voor, bloot omdat boere gewoonlik getrou teen dit ent. Hierdie vyf toestande kom selde alleenlik op ’n plaas voor, en gewoonlik is daar drie van hierdie vyf algemene toestande saam op ’n plaas. Al vyf se oordraging is fekaal-oraal, wat beteken dat die besmetting vanaf die mis van ’n besmette dier na die bek van ’n vatbare dier versprei. Al vyf is bestand teen uitdroging en kan in stof deur die wind versprei word. Hulle kom ook in water voor. Hulle kan vir maande tot jare in die omgewing lewe. Dit is dus te verstane dat meer as een van hulle gelyk op ’n plaas verliese kan veroorsaak.

Die afgelope paar jare is deur ernstige herkouer maagwerk in skaaplammers gekenmerk, maar kalfies was ook aangetas. Die oorsaak die afgelope jare was was hoofsaaklik Cryptosporidium, saam met E. coli as ’n sekondêre besmetter.

Die naam E. coli verteenwoordig ’n baie groot groep verwante bakterieë, waarvan die meeste onskadelike dermkanaalinwoners en omgewingsbakterieë is. Daar is letterlik duisende verskillende E. coli stamme bekend. Die onskadelike stamme vorm deel van die verteeringsbakterieë, en hulle kan ook voordelig vir die dier wees; hulle produseer byvoorbeeld vitamine K, en hulle belemmer die vestiging van siekteveroorsakende

bakterieë in die dermkanaal.

Sekere E. coli stamme kan wel siekte veroorsaak. Om siekte te kan veroorsaak, moet die E. coli virulensiefaktore (kwaardaardige of giftige faktore) besit.

Daar is ’n verskeidenheid verskillende virulensiefaktore, wat almal verskillende take verrig.

Die E. coli stamme wat maagwerking in kalwers jonger as ’n week veroorsaak, besit ten minste twee virulensiefaktore. Een faktor bewerkstellig die aanhegting van die bakterium aan die maagwand, en die ander virulensiefaktor beskadig die proses van vloeistofabsorbsie vanaf die derm. Stamme wat maagwerk in kalwers van ’n paar dae oud

veroorsaak, moet albei virulensiefaktore besit. Indien een van die twee afwesig is, word die kalfies nie siek nie. Indien die E. coli nie kan aanheg nie, word dit saam met die derminhoud afgevoer, en die vloeistofabsorbsiegif het dan geen effek op die kalf nie. Die E. coli moet aan die

Kolibasillosein kalwers in Suid-Afrika.

Dr Maryke M Henton, BVSc, MMedVet [Bact]Specialist Veterinary Bacteriologist

78 >>

Page 30: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

77Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 31: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

78 Beefmaster SA • Journal 2018

BLY

ING

ELIG

- V

EEA

RTS

/ ST

AY IN

FORM

ED -

VET

ERIN

ARI

AN

wand van die dermkanaal vasgeheg wees, voordat die gifstof in werking kan tree. Hierdie groep stamme kom die algemeenste in ons plaasdiere voor, en tas pasgebore diere aan.

Ander E. coli stamme het weer ander virulensiefaktore, in ander, maar soortgelyke kombinasies. Sekeres het byvoorbeeld dieselfde vloeistofabsorbsiegif as dié van kalwers, maar het ’n aanhegtingsfaktor vir klein varkie derms, in plaas van kalfderms. Die stamme veroorsaak dan maagwerkings in varkies, en kan nie kalfies siek maak nie.

Daar is ook interessante verskille ten opsigte van die ouderdom van die siek diere. Sommige aanhegtingsfaktore kan slegs aan ’n derm van ’n een tot drie dae oue kalf aanheg, en ander kan slegs aan ’n dermwand van ’n kalf, twee weke tot twee maande oud, aanheg.

’n Ander belangrike groep E. coli stamme is die wat septisemie (bloedvergiftiging) veroorsaak. Hulle besit die vermoeë om die dermwand te deurdring, en dan deur die bloedstroom deur die hele liggaam vervoer te word. Die gifstof wat hulle vervaardig vernietig liggaamsselle, en die kalf vrek dan aan bloedvergiftiging.

Daar is ook ’n laaste groep E. coli stamme, wat as opportuniste optree. Opportuniste is omgewingstamme wat nie op sigself siekte kan veroorsaak nie. Indien die

dermkanaal of organe deur ’n ander siekte beskadig word, dan kan E. coli die beskadigde weefsel indring, en daar vermenigvuldig. Dit lyk dan asof E. coli die oorsaak was, maar die E. coli het maar net sekondêr die weefsels verder beskadig, en was nie die primêre oorsaak van die probleem nie. Dit is wat gebeur wanneer Cryptosporidium of virusse op die plaas voorkom.

Die infeksie kan slegs deur laboratoriumtoetse aangedui word. E. coli word maklik in ’n laboratorium gekweek. E. coli kom ook as ’n algemene kontaminant in karkasse voor. Dit sprei vanaf die dermkanaal na die ander organe na dood, veral as daar meer as ’n paar ure tussen vrekte en monsterneming geskied. Om tussen die baie onskadelike stamme, en die min stamme wat siekte veroorsaak, te kan onderskei, verg verdere ingewikkelde laboratoriumtoetse, soos serotipering en polimerase kettingreaksie (PKR) toetse vir virulensiefaktore. Serotipering is nie meer in Suid-Afrika beskikbaar nie en word as ’n verouderde tegniek beskou. PKR (PCR) toetsing is nou vir ons plaasdiere beskikbaar, en die toetse onderskei goed tussen die virulente (siekteveroorsakende) stamme, en omgewingstamme. Die PKR toetse is in groepe virulensiefaktore verdeel, soos vir herkouers en varke. Die groepe neem ook die spesifieke ouderdomme van die diere in ag. Elke plaas se stamme hoort apart ondersoek te word, want dis onwaarskynlik dat daar slegs een enkele

E. coli kweking in die laboratorium

>> 76

80 >>

Page 32: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

79Beefmaster SA • Joernaal 2018

Page 33: Beefmaster Joernaal 2018 · Distokia telling 1.2 1.2 1.2 Herbesetting na 60 dae in opvolg dekseisoen 56% 80% 96% Die implikasie van die norme om ’n vers vroeg te paar is dus: •

80 Beefmaster SA • Journal 2018

patogene (siekteveroorsakende) stam in een distrik by al die plase teenwoordig sal wees.

Omdat E. coli in die dermkanaal voorkom, bevat mis E. coli wat dan ook sodoende algemeen in die omgewing versprei. Dit kan maande lank in ’n droë omgewing lewe, en in die geval van vogtige plekke kan dit selfs in die omgewing vermenigvuldig. Die areas om drinkbakke is gewoonlik vogtig genoeg om E. coli te laat vermenigvuldig. E. coli wat in stof voorkom kan deur die wind versprei word.

Omdat E. coli in die dermkanaal van alle diere voorkom, kan enige soort dier of voël dit dra. Besoedeling van waterbronne kom egter gewoonlik van die diere self, wat daar suip.

Dit is dus ook sinneloos om suipings te ontsmet, want direk daarna sal waterbronne weer sodra diere weer toegelaat word om daar te drink, besmet raak. Stof wat E. coli bevat kan ook in drinkbakke en damme ingewaai word, maar drinkbakke raak minder besoedel as damme en riviere.

E. coli is een van die bakterieë wat vinnig bestandheid teen antibiotika opbou. Antibiotikumweerstandigheid is ’n wesentlike gevaar in Suid-Afrika, en die meeste stamme wat in die laboratorium gekweek word, is reeds teen al die algemene antibiotikas bestand.

Kweking hoort dus beide op die identifikasie van die stamme (om vas te stel of hulle patogene stamme is) en die bepaling van watter antibiotika effektief gaan werk, gemik word.

Indien die stam dieselfde virulensiefaktor as die entstof bevat, kan die entstof met vrug gebruik word. Tans is daar slegs twee E. coli entstowwe in Suid-Afrika vir herkouers beskikbaar, wat albei die aanhegtingsfaktor K99 bevat. K99 is die aanhegtingsfaktor wat slegs van belang in pasgebore (jonger as vyf dae) kalwers en lammers is, maar gelukkig besit die algemeenste groep patogene E. coli in Suid-Afrika die K99 faktor. Die gebruik van ’n entstof wat teen E. coli asook die corona- en rotavirus beskerm,

is ’n puik bestuurspraktyk. Die entstof word tweemaal, agt tot ses én vier tot drie weke voor kalf, toegedien. Dit beskerm teen drie (of vier) van die belangrikste kalwermaagloopkieme. Dit moet jaarliks voor kalf aan die koei toegedien word.

Die beskerming word deur die bies aan die kalfie oorgedra, en dit is dus noodsaaklik om te sorg dat die kalf vroegtydig genoegsame bies inkry.

Beskerming wat deur biesmelk verleen word hou slegs drie weke. Wat E. coli, corona- en rotavirus betref is dit gewoonlik voldoende, aangesien al drie onder gewone omstandighede in baie jong kalwers (jonger as drie weke) siekte veroorsaak.

Indien die PKR toetse ander virulensiefaktore as K99 aandui, sal ’n autogene entstof van die veroorsakende stam oorweeg moet word, omdat daar tans geen ander kommersiële E. coli herkouerentstowwe in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Daar is reeds ’n aantal verskillende vark E. coli-entstowwe beskikbaar, wat teen ’n verskeidenheid varkvirulensiefaktore beskerm.

Dit is sinneloos om ’n autogene entstof van ’n stam waar die virulensiefaktore onbekend is te berei. Met ander woorde, stamme waarop geen virulensiefaktor toets uitgevoer is nie. Omgewingstamme verskil van dier tot dier, en daarom sal so ’n entstof nie teen siekte in ander kalwers in die kudde weerstand bied nie.

Nuwe virulensiefaktore word gereeld ontdek, en entstofvervaardigers pas hulle entstowwe aan om hierdie faktore in te sluit, om sodoende ons plaasdiere beter te kan beskerm.

Voorkoming is altyd beter as behandeling. Biosekuriteit hoort stiptelik nagekom te word, om sodoende nuwe besmettings te voorkom. Die ander been waarop siektevoorkoming staan, is die gebruik van effektiewe entstowwe.

Indien u kalwers wel besmet word, is u veearts die heel beste om te raadpleeg om verliese so laag as moontlik te hou.

Feline & Ovine

>> 78