5
BULLETIN 4 Oktober 2020 Tel no: 021 919 9253 E-pos: [email protected] Web: www.nglarochelle.co.za Wees gegroet! Covid-19 Vlak 1 en hervatting van eredienste Ons gaan op 11 Oktober 2020 terug kerkgebou toe! Dit is 'n spesiale Sondag - die gemeente is 46 jaar oud en ons vier nagmaal saam! Daar sal ook nagmaal by die 18de Oktober se oggenddiens wees. Dus, indien jy nie een van die eredienste op die 11de Okt kan bywoon nie, kom die 18de Okt. Indien jy alreeds die 11de Okt 'n diens bygewoon het, gee asseblief vir iemand anders die 18de kans. So gaan dit werk: Daar is twee eredienste: 9:00 en 18:00. Ons vra dat jy asseblief net een diens per Sondag bywoon sodat meer mense kans kan kry om 'n erediens by te woon. Daar sal 'n besprekingsisteem in plek wees. Jy kan óf 'n Google Vorm invul (die skakel sal op 'n Dinsdag via WhatsApp uitgestuur word en op 'n Donderdag via epos) óf jy kan vanaf Dinsdagoggend die kerkkantoor tussen 8:00 en 16:00 skakel om jou plek te bespreek. Baie belangrik: bespreek asseblief net op een platform. Besprekings sluit Vrydag 12:00. Daar sal steeds 'n erediens elektronies beskikbaar wees: óf via "live streaming" op YouTube óf as 'n video wat na die oggenddiens uitgestuur sal word. Jy sal dus steeds 'n erediens op 'n Sondag (elektronies) kan bywoon. Wanneer jy by die kerkgebou kom (met jou masker aan!): Die hoofingang en die ingang by die kerkkantoor sal oop wees. By die deure: jou naam gaan gekontroleer word, jou temperatuur gaan gemeet word en jou hande sal gesaniteer word. Binne die gebou: Daar sal plekke aangedui wees waar jy en jou gesin kan sit. Die konsistorie en gallery sal huidiglik nie toeganklik wees nie. Sang: ons gaan sing, maar met ons maskers op ons gesigte. Die moederskamer sal beskikbaar wees met 'n maksimum van 6 volwassenes wat daar sal kan sit. Nagmaal: veiligheidsmaatreëls sal vir die nagmaal in plek wees. Daar is koffie en tee na die tyd! Kom kuier saam in LCF se tent en vier saam La Rochelle Gemeente se verjaarsdag! Veiligheidsmaatreëls sal in plek wees. Die jeugaktiwiteite bly dieselfde, maar die tye gaan verander. Inligting hieroor sal aan die kinders en tieners deurgegee word. Ons sien uit daarna om die gemeente in die kerkgebou terug te verwelkom! Dit vind egter op eie risiko plaas. Ons vra ook dat hoë risiko persone en lidmate wat siek voel asseblief tuis sal bly. Kerkkantoor-ure terug na normaal Maandae: 10:00 – 16:00 Dinsdae tot Vrydae: 08:00 – 16:00 BEVOORREG om met vertroue te kan leef Efesiërs 3: 12… In verbondenheid met Hom, kan ons in vertroue na God toe gaan. Beleef liefde Groei in Christus Deel die Goeie Nuus NG Kerk La Rochelle, ABSA Bellville, Rek no: 1450580003, Tak: 632005

Beleef liefde BEVOORREG om met vertroue te Groei in Christus kan leef … · 2020. 10. 3. · moeg en uitgeput raak met die lewe en ek het U nodig om my goeie en genadige Herder te

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Beleef liefde BEVOORREG om met vertroue te Groei in Christus kan leef … · 2020. 10. 3. · moeg en uitgeput raak met die lewe en ek het U nodig om my goeie en genadige Herder te

BULLETIN 4 Oktober 2020

Tel no: 021 919 9253 E-pos: [email protected]

Web: www.nglarochelle.co.za

Wees gegroet! Covid-19 Vlak 1 en hervatting van eredienste

Ons gaan op 11 Oktober 2020 terug kerkgebou toe! Dit is 'n spesiale Sondag - die gemeente is 46 jaar oud

en ons vier nagmaal saam! Daar sal ook nagmaal by die 18de Oktober se

oggenddiens wees. Dus, indien jy nie een van die eredienste op die 11de Okt kan bywoon nie, kom die 18de Okt. Indien jy alreeds die 11de Okt 'n diens bygewoon het, gee asseblief vir iemand anders die 18de kans.

So gaan dit werk: Daar is twee eredienste: 9:00 en 18:00. Ons vra dat jy

asseblief net een diens per Sondag bywoon sodat meer mense kans kan kry om 'n erediens by te woon.

Daar sal 'n besprekingsisteem in plek wees. Jy kan óf 'n Google Vorm invul (die skakel sal op 'n Dinsdag via WhatsApp uitgestuur word en op 'n Donderdag via epos) óf jy kan vanaf Dinsdagoggend die kerkkantoor tussen 8:00 en 16:00 skakel om jou plek te bespreek. Baie belangrik: bespreek asseblief net op een platform.

Besprekings sluit Vrydag 12:00. Daar sal steeds 'n erediens elektronies beskikbaar wees:

óf via "live streaming" op YouTube óf as 'n video wat na die oggenddiens uitgestuur sal word. Jy sal dus steeds 'n erediens op 'n Sondag (elektronies) kan bywoon.

Wanneer jy by die kerkgebou kom (met jou masker aan!): Die hoofingang en die ingang by die kerkkantoor sal oop

wees. By die deure: jou naam gaan gekontroleer word, jou

temperatuur gaan gemeet word en jou hande sal gesaniteer word.

Binne die gebou: Daar sal plekke aangedui wees waar jy en jou

gesin kan sit. Die konsistorie en gallery sal huidiglik nie toeganklik wees nie.

Sang: ons gaan sing, maar met ons maskers op ons gesigte.

Die moederskamer sal beskikbaar wees met 'n maksimum van 6 volwassenes wat daar sal kan sit.

Nagmaal: veiligheidsmaatreëls sal vir die nagmaal in plek wees.

Daar is koffie en tee na die tyd! Kom kuier saam in LCF se tent en vier saam La Rochelle Gemeente se verjaarsdag! Veiligheidsmaatreëls sal in plek wees.

Die jeugaktiwiteite bly dieselfde, maar die tye gaan verander. Inligting hieroor sal aan die kinders en tieners deurgegee word.

Ons sien uit daarna om die gemeente in die kerkgebou terug te verwelkom! Dit vind egter op eie risiko plaas.

Ons vra ook dat hoë risiko persone en lidmate wat siek voel asseblief tuis sal bly.

Kerkkantoor-ure

terug na normaal Maandae: 10:00 – 16:00

Dinsdae tot Vrydae:

08:00 – 16:00

BEVOORREG om met vertroue te

kan leef Efesiërs 3: 12… In verbondenheid met Hom, kan ons in vertroue na God toe gaan.

Beleef liefde Groei in Christus

Deel die Goeie Nuus

NG Kerk La Rochelle,

ABSA Bellville,

Rek no: 1450580003,

Tak: 632005

Page 2: Beleef liefde BEVOORREG om met vertroue te Groei in Christus kan leef … · 2020. 10. 3. · moeg en uitgeput raak met die lewe en ek het U nodig om my goeie en genadige Herder te

Gebedsprogram 4 Oktober

DANKBAAR OM TE BID IN DIE TENT VAN ONTMOETING

Baie dankie dat jy getrou voorbidding doen vir ons

gemeente, gemeenskap, land en wêreld.

Gebedsversoeke kan gestuur word aan:

[email protected]

Ons gebedsnoodlyn se nommer is 084 619 2816. Stuur ‘n

boodskap indien daar behoefte is vir gebed.

Ons bid vir ons jaartema - Bevoorregte dienaars

Ons tema vir Oktober - Bevoorreg om met vertroue te kan leef

Efesiërs 3:12 In verbondenheid met hom, kan ons in vertroue na

God toe gaan.

“Here dankie dat U getrou was die afgelope grendeltyd. Ons

vertrou U ook vir die pad vorentoe.”

Gebedsversoeke:

Ons dank en loof die Here

dat Hy die opgestane Here is wat die dood oorwin het sodat ons vir ewig kan lewe

vir sy sorg en genade die afgelope 29 Sondae tydens die

grendeltyd, dat Hy ons gemeente instand gehou het en dat die goeie nuus van die evangelie aan ons gebring is.

vir die vooruitsig om vanaf 11 Oktober weer as gemeente te mag eredienste in ons kerkgebou hou.

dank die Here vir die seniors in ons gemeente vir die wysheid, leiding en getuienis waarmee hulle ons bedien.

Die gemeente... bid dat ons ‘n gemeente is wat sal glo dat Jesus die

opstanding en die lewe is.

bid vir wysheid, insig en kreatiwiteit vir die implimentering van Covid-19 vlak 1 in ons gemeente, veral met die oog op die

eredienste van 11 Oktober.

bid vir die leraarspan se beplanningsgeleentheid 12-15 Oktober. Bid dat die Here vir hulle sy plan vir “post-Covid” en 2021 vir ons gemeente sal openbaar.

bid vir die seniors in ons gemeente asook vir die seniorbediening.

bid vir persone wat ernstig siek is, kanker het en operasies ondergaan het, wat die stryd teen Covid-19 stry, asook mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het - vir God se nabyheid en genade.

Biddag vir Bejaardes - 4 Oktober Liefdevolle Vader, U was my rots in tye van

benoudheid, my vrede in tye van nood en my

skuiling teen die storms van die lewe. Maar

Here, soos ek ouer word, vind ek dat ek soms

moeg en uitgeput raak met die lewe en ek het U

nodig om my goeie en genadige Herder te

wees. Gee my krag om elke dag aan te pak.

Here, U was my getroue Vriend deur soveel van

my lewe. U het my deur my kinderjare gelei en

was daar tydens my sorgvrye jeug. En nou in die

skemerjare van my lewe is ek so dankbaar dat

U my kosbare Verlosser is wat my so liefhet. Hoe

kan ek U ooit genoeg dank, my Here en my God?

Ek het U so lief. Wees by my vir die jare wat

voorlê en mag ek gebruik word as ‘n kanaal

waardeur U liefde na ander uitstroom. Dankie

Vader dat ek met vrymoedigheid na U troon van

genade kan kom.

Ek bid hierdie in die wonderlike naam van my

Here en Verlosser, Jesus Christus.

Amen

Preekvoorloper 4 Oktober Jesus betoon Sy liefde aan ons op

verskeie maniere. Gelowiges is soms van mening dat ons Jesus se liefde net aan

voorspoed kan ken. Dit is nie die geval nie. Johannes wys vir ons die teendeel in

Joh 11:1-44

Om oor na te dink: Wat bedoel Jesus met die opmerking in vers 9? Is daar nie twaalf uur in ‘n dag nie? Hoekom dink jy het Jesus by twee

geleenthede gehuil?

Page 3: Beleef liefde BEVOORREG om met vertroue te Groei in Christus kan leef … · 2020. 10. 3. · moeg en uitgeput raak met die lewe en ek het U nodig om my goeie en genadige Herder te

Jeugnuus 4 Oktober:

Ons Kinders en Tieners kom

kerk toe. Ons kinders kuier lekker saam by die

kerk! Hierdie week is dit ons

Gr. 4 - 6 ‘e se beurt.

Ons is besig met ons reeks

Droomland!

Wanneer: 4 Oktober 2020 (slegs vir

Peuters en Gr. 4 - 6)

Tyd: 10:00 – 11:00

Waar: In die kerksaal (gebruik die

grasvierkant ingang)

Kleredrag: Slaapklere (optioneel)

Benodighede: gesigmasker,

potloodsakkie en tonne energie.

Tieners roteer elke week en gaan in

die aande vanaf 17:00 – 18:00

bymekaar kom. Julle kategete sal

elke week die informasie aan julle

deurgee.

Hierdie week 4 Oktober is dit Gr. 7

en 8’s vanaf 17:00 – 18:00 se beurt.

Hierdie jaar het omtrent vir ons ‘n

“curveball” gegooi en in besonder vir ons

matrieks. Ons wil graag vir die

matrieks in besonder baie sterkte

toewens vir die jaar. Ons bid vir julle.

Julle moes noodgedwonge uitmis op ‘n

hele paar dinge, maar ons wil graag vir

julle die geleentheid gee om jou geloof in

die openbaar te bely.

Die Belydenisaflegging gaan

18 Oktober plaasvind. Ons kan nou

meer mense akkommodeer met die nuwe

Covid Regulasies. Daar sal dus slegs een

erediens wees, soos in die verlede.

Hierdie erediens sal om 18:00 plaasvind.

Ons is jammer vir die ongerief vir

diegene wat voorberei het op ‘n

oggendgeleentheid.

Neem kennis dat die afrondings-

geleentheid op 4 Oktober om 18:00 in

die konsistorie gaan plaasvind.

Couch Convo sluit aan by ons opwindende

nuwe reeks: Klere vir die Okkasie.

Skakel in by ons elke Sondagaand om

18:00.

Page 4: Beleef liefde BEVOORREG om met vertroue te Groei in Christus kan leef … · 2020. 10. 3. · moeg en uitgeput raak met die lewe en ek het U nodig om my goeie en genadige Herder te

Dinsdagbybelstudie † ‘n Bybelstudie klankgreep van ± 20 min word Dinsdae

uitgestuur.

† Kontak die kerkkantoor indien jy dit sou wou ontvang

op jou foon of stuur ‘n e-pos na

[email protected]

Jan de Beer van Meerluststraat 25 se vrou, Cindy, is

Maandag 21 September 2020 oorlede. Die dankdiens vind plaas op Woensdag 07 Oktober om

10h00 in ons kerkgebou. Ons bid dat die Here vir Janneman en sy familie in Sy

vertroostende liefde sal toevou.

Mixed Media Collage vir 2020

Covid-19 is baie dinge, maar dit is definitief ook geskiedkundig. Dit het ons gemeente en die manier waarop

ons funksioneer, beïnvloed. Daarom wil ons iets tot stand bring wat ons ook help om hierdie moment in die

geskiedenis te onthou en hoe God ons hierdeur dra en steeds getrou versorg.

Ons wil ‘n “Mixed Media Collage” maak. ‘n Kunswerk wat ons in ons kerkgebou kan hang. Daarvoor het ons julle hulp

nodig. Stuur ‘n Bybelteks of gedagte wat vir jou kosbaar was in hierdie tyd na [email protected]. Ons gaan hierdie tekste gebruik om die collage te maak en so kan jy deel van hierdie geskiedkundige kunswerk wees.

Hulp benodig - Terug kerk toe!

Ons is baie dankbaar en opgewonde

om op 11 Oktober weer ‘n oggend-en

aanddiens te kan hou.

Die Covid-19 regulasies vereis dat daar

seker protokol moet plaasvind voordat

toegang tot die kerkgebou verkry kan

word.

Om hierdie te laat plaasvind het ons

mense nodig om ons te help.

Indien jy graag hiermee wil help,

kontak asb die kerkkantoor

021 919 9253.

Dit sal baie waardeer word!

Nuwe intrekkers.

Baie welkom indien jy vir die eerste keer inskakel by

ons aanlyn erediens. As jy nuut in ons omgewing

ingetrek het, besoek gerus ons webwerf vir meer

inligting of stuur ‘n e-pos aan

[email protected]

Ons verwelkom:

Gerlach (Bellville-Riebeeck) en Verona Claassen

(Stellenbosch), Firgosingel 19, Sonstraal, Brackenfell

(BW)

Ruyterwacht: Rozanne Annoreen Hofmeyer,

dooplidmate Gericho Tony Izak en Gregory Neil

Roberts (Oostersee), The Pines 49, (Pine).

Page 5: Beleef liefde BEVOORREG om met vertroue te Groei in Christus kan leef … · 2020. 10. 3. · moeg en uitgeput raak met die lewe en ek het U nodig om my goeie en genadige Herder te

Behou die Humor

Dit is nie die soort werk wat jy

doen wat jou gelukkig maak nie,

maar die hoeveelheid liefde

waarmee jy dit doen

Moeder Theresa

Baie geluk aan die lidmate ouer as 80

wat in die week verjaar Susanna Le Roux – 6 Okt

Wilhelmina Laubscher – 7 Okt

Samuel Basson – 7 Okt

Gideon van Zyl – 7 Okt

Dirk Thiart –9 Okt

Dankoffers en Offergawes

Dankie dat jy as rentmeester erns met jou offervaardigheid sal maak.

Dankoffers en offergawes kan:

Maandae tussen 10:00-16:00 en Dinsdae tot Vrydae tussen 08:00 -16:00 by die kerkkantoor inbetaal word.

Elektronies inbetaal word: Absa, NG Gemeente La Rochelle, Rek no:145 058 0003, Tak: 632005.

Via Snapscan betaal word. SNAPSCAN KODE:PMXP94484

Deuroffer: Gemeentehulpfonds (Sinodaal)