76
BINNE DEON OOSTHUIZEN SOMER KOM LATER – WAT NOU? – BL. 4 WAPENS EN JAG-UITGAWE April 2012 Deeglik en ingestel op detail Deeglik en ingestel op detail

BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

BINNE

DEON OOSTHUIZEN

SOMER KOM LATER

– WAT NOU? – BL. 4

WAPENS EN JAG-UITGAWE

April 2012

Deeglik eningestel op detail

Deeglik en ingestel op detail

Page 2: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

Draai briek aan.

’n GRATIS kampeerstoel ter waarde van R500 is joune as jy ’n 210L-drom Premium Engen Smeerolie aanskaf.

Hoë rug om ou rugbybesering te sus.

Opgestopte kopkussing om die wolke dop te hou.

Verstelbare kussing vir skoonma.

Verstelbare rugleuning vir ‘n dutjie êrens in die koelte.

Stewige staalraam vir kuier om ‘n potjie.

Behandelde raam vir beskerming teen wind en weer.

’n Plekkie vir jou dop.

Bepalings & Voorwaardes Geld. Terwyl voorraad hou. Hierdie aanbod is slegs geldig by hierdie deelnemende kanale: Landbou-köoperasies en The Oil Centre.

DRAF

TFCB

CAP

E TO

WN

ENGE

0011

16/A

Page 3: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

1

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

ALGEMEEN 3 ALLES EN NOG WAT: Spotprent; Sê Wie; Uit

Ouma se medisynekas en meer56 TRUSTS: Hoe gemaak met trusts?66 LEEFSTYL: Wen met Senwes Scenario en

Feather Hill Spa asook Argilla.69 Padstal gee ’n ander betekenis aan “wenakker”

RUBRIEKE58 AGRI-WENKE: Kry jou strooptoerusting gereed

vir sonneblom-oes68 VIR DIE SIEL: Dramatiese ironie72 IN MY VISIER: ’n Mauser vir 2012

DEVELOPING AGRICULTURE60 Enterprise production planning and its significance TOEKOMSBLIK62 Energieplanne gaan voor die wind COMPETITION66 Serving with style

PROMOSIE-ARTIKELS21 Lite Optec: Maglite: “A work of art that works”34 African Outdoor Sports: Precision and pure

perfection – a testimonial43 Bolt & Engineering: Leaders in chain products – At your Senwes Village soon52 John Deere: Happy Birthday John Deere!64 Biomin: Biomin “natuurlik voor” met

streekkantoor in SA

REDAKTEURSBRIEF 2 Die lewe is ’n ontdekkingsreis

HOOFSTORIE 4 Somer kom later – wat nou?

KOLLIG OP DEON OOSTHUIZEN 8 Deeglik en ingestel op detail – Deon se resep vir sukses

NUUS16 K2-raadgewers help honger bekamp17 Extravaganza verbeter by die jaar17 Senwes heet mnr Fandeso welkom18 Geskiedkundige oomblik vir Senwes en NWK18 So vorder prospekteerregte op VIljoenskroon19 SA kuilvoer vergelyk met die beste in Duitsland20 Spinners boul hul pad oop na oorwinning LANDBOU-TEGNIEK22 Só staan pekanneutsake

SENWES VILLAGE24 NAMPO 2012 – Groter en beter vir Senwes se klante26 Focus on weapons and hunting30 Stof af jou geweer – die jagseisoen is om die

draai32 Herlaai korrek voor die lood val36 Willie Dietrechsen: “Daar is net een manier en dit is die John Deere manier”

SENWES GRAINLINK38 Uitstekende garsproduksie gedurende 2011 in Vaalhartsgebied44 Invoere: Daar is nou sterker kompetisie47 Waarom moet ek my graan by Senwes Grainlink lewer?50 Skuiwe51 Ontmoet Senwes se streeksbestuurder54 ’n Seisoen wat anders uitgedraai het as wat verwag is

Dui Senwes Scenario-artikels aan wat beskikbaar is op Senwes se webwerf by www.senwes.co.za

OP DIE VOORBLADDeon Oosthuizen van Rysmierbult gesels met Senwes Scenario oor sy boerdery en resep vir sukses. Die voorbladfoto is geneem deur Wayne Viljoen.

APRIL 2012inhoud

•••

ODRSevW

1

LTUREn

ie wind

ning

e wind66

6

er vir Senwes

FREE VOUCHERSEE P. 27

Page 4: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

2

SENWES Scenario<< >>

2

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg. • Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

SENWES SCENARIO

••• REDAKTEURSBRIEF

Die lewe is ’nontdekkingsreis

’n Stadsmeisie in die Kalahari. Kan jy jou dié spektakel voorstel? Hulle sê mos die Kalahari is nie vir sissies nie en ek kan daarvan getuig. Ek het my nog altyd oor hulpelose diertjies ontferm. My ma wou al huil as ek met ’n baba duifie by die huis aankom. Dié moet nou gereeld gevoer word en dan was daar vir jou ’n vreeslike tranedal wanneer die duifie na ure se vlieglesse besluit om self die wêreld aan te durf.

So het my ervaring in die Kalahari my ontdekkingsreis deur die lewe tot ’n harde realiteit gebring. Dit was jagseisoen en ’n groot vlakvarkbeer het daardie dag die tydelike met die ewige verwissel. Wat ek nie kon kleinkry nie, is dat hierdie vark seker nog vir ’n halfuur na dié kopskoot lewendig voorgekom het. Net sodra die jagter reggesit het vir ’n foto, het die vark weer begin skree en skop. Die resultaat – ’n histeriese meisie wat amper harder as die vark skree! So ver my kennis strek, sal ’n dooie ding nie só te kere gaan nie – tensy dit ’n wonderwerk is.

Vir die van julle wat uitsien na die jagseisoen – dit is om die draai. Die NAMPO Oesdag ook. Gaan besoek gerus Senwes se stalletjie by NAMPO, tussen 15 en 18 Mei, waar daar weer ’n groot verskeidenheid jagtoerusting sal wees. Lees ook oor

skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32.

My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so’n groot skok nie, maar dit het my oë beslis oopge -maak vir ’n nuwe wêreld – die wêreld van tegnolo-gie. Lankal is ’n trekker nie meer net ’n trekker nie. Gaan kyk na John Deere se produkbekendstelling op bladsy 34, dan sal jy sien wat ek bedoel. Genade, ek sal my kar inruil vir een van hierdie skeppings! Ek het ook tydens hierdie reis die tegnologie wat in elke mieliepit ingaan, ontdek. Lees op bladsye 16 en 17 waar nuwe kultivars by die Pannar extravaganza en K2 boeredag bekend gestel is.

As die nuwe redakteur van Senwes Scenario sien ek baie uit daarna om die ontdekkingsreis saam met julle, my lesers, aan te pak. Geniet hierdie uitgawe – mag dit vir jou soos ’n reis na ’n ander wêreld wees.

Groete

Elmarie

Elmarie Schoeman

Page 5: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

Droë en beskadigde hare: Neem ’n halwe avokado en meng

met ’n halwe piesang en ’n eiergeel. Meng goed en smeer jou hare en kopvel

deeglik in. Dit moet jou hare van wortel tot punt bedek. Sit ’n stortkappie op en was jou hare met ’n sagte sjampoo ná 30 minute.

Die avokado-piesang en eiermengsel kan met mayonnaise vervang word. S

3

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

>> SAYS WHO?

>> SÊ WIE?

’n Seisoensverskuiwing kan veroorsaak dat produsente mettertyd hul plantdatums gaan moet aanskuif om by die klimaatsverandering aan te pas. Prof James Blignaut toon op bladsy 4 navorsing hieroor en die uitwerking wat dit op die landbousektor kan hê.

ALLES EN NOG WAT • THIS AND THAT •••

>> UIT OUMA SE MEDISYNEKAS

Bron: http://www.myhomeremedies.net/ Source: http://animals.nationalgeographic.com/

Source: http://www.benefits-of-honey.com/honey-bee-facts.html

A relative of the mongoose, the fossa is unique to the forests of Madagascar. Growing up to 1,8 m long from nose to tail tip, and weighing up to 12 kg, the fossa is a slender-bodied catlike creature with little

resemblance to its mongoose cousins.It is the largest carnivore and top preda-

tor native to Madagascar and is known to feed on lemurs and most other creatures it can get its claws on, from wild pigs to mice. The fossa has retractable claws and fearsome catlike teeth.

Presently, fossas are endangered creatures due to habitat loss. Less than ten

percent of Madagascar’s original, intact forest cover, the fossa’s only home, remains today. S

The Fossa from Madagascar

Buzzzz about bees

• Honey is the only food that includes all the substances necessary to sustain life, including en-zymes, vitamins, minerals, and water; and it's the only food that contains "pinocembrin", an antioxi-dant associated with improved brain functioning.

• The honey bee's wings stroke is about 200 beats per second, thus producing the buzzing sound.

• The average worker bee produces about 1/12th of a teaspoon of honey in her lifetime.

• A hive of bees will fly 90,000 miles, the equiva-lent of three orbits around the earth to collect 1 kg of honey. S

Only two things are infinite, the universe and human stupidity,

and I'm not sure about the former.

– ALBERT EINSTEIN –

Quality is not an act, it is a habit.

– ARISTOTLE –

Stuur die luiaard na die miere en as hy nie

te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees

om weer terug te kom.– CJ LANGENHOVEN –

Pieter & Tsepo

Page 6: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

4

SENWES Scenario<< >>

444 ••• HOOFSTORIE

KLIMAATSVERANDERING Terwyl die fundamentele redes vir klimaats ver an de-ring ’n onderwerp is waaroor maklik gedebatteer kan word, kan die werklikheid daarvan nie geïgnoreer word nie. Terwyl die globale temperatuur oor die afgelope 100 jaar verhoog het, is die koers van verhoging oor die afgelope 50 jaar baie vinniger.

Somer kom later – wat nou?

> TEKS: PROF JAMES BLIGNAUT

’N SEISOENSVERSKUIWING KAN VEROORSAAK DAT PRODUSENTE METTERTYD HUL PLANTDATUMS GAAN MOET AANSKUIF OM BY DIE KLIMAATSVERANDERING AAN TE PAS. HIERDIE IS SLEGS EEN VAN DIE MENIGTE UITWERKINGS WAT HIERDIE VERANDERING IN TEMPERATURE EN REËNVAL REGOOR SUID-AFRIKA OP DIE LANDBOUSEKTOR KAN HÊ. OESVERSEKERAARS SAL DIT IN AG MOET NEEM.

Figuur 1: Globale gemiddelde temperatuur (in °C) endie verskil tussen die gemiddelde jaarlikse tempera-tuur en die gemiddeld van die tydperk 1960 - 1990.

Klimaatsverandering is nie bloot die verandering in die gemiddelde temperatuur nie, alhoewel dit dalk deel hiervan kan wees. Meer spesifiek, gaan klimaatsverandering oor verhoogde variasie in klimaatsverskynsels, soos temperatuur en reënval. Sulke variasie is gereeld verberg wanneer gemiddeldes beskou word. Dit is belangriker om aspekte soos die frekwensie en intensiteit van uiterste gebeure (byvoorbeeld vloede en droogtes) te beskou asook veranderinge in daaglikse maksimum en minimum temperature en veranderinge in maandelikse hitte-eenhede.

Die veranderinge in die daaglikse maksimum en minimum temperature van Bethlehem in die Oos-Vrystaat kan as ’n uitstekende voorbeeld gebruik word. Dit word hieronder in Tabelle 1 en 2 aangespreek. Tabel 1 dui op die aantal kere wat die daaglikse maksimum bo 28ºC was in ’n spesifieke maand. Tabel 2, aan die ander kant, dui op die aantal kere wat die daaglikse minimum temperatuur onder 2ºC was. Dit word gedoen vir die periodes 1980 - 1984, 2006 - 2010, 1980 - 1989 en 2001 - 2010, naamlik die eerste en laaste 5 en 10 jaar onderskeidelik.

Terwyl die totale aantal kere wat die daaglikse maksimum 28ºC oorskry het vir die eerste en die

Bron: IPCC Vierde Evalueringsverslag, 2010. Werkgroep I: Tegniese Opsomming

Page 7: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

5

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

55HOOFSTORIE •••

vervolg op bladsy 6

laaste 5 jaar albei 206 was, het ’n merkwaardige verandering plaasgevind. Aangesien dit vir die vorige 5 jaar die daaglikse maksimum van 28ºC oorskry het, 64 keer in Januarie, 46 in Februarie en 31 in April, was die ooreenstemmende getalle vir die laaste 5 jaar slegs 40, 27 en 14.

Dit dui op ’n aansienlike vermindering in die hittepieke oor hierdie maande. Aan die ander kant het die daaglikse maksimum vir die tydperk vanaf 1980 tot 1984, slegs agt keer 28ºC oorskry. Die nommers is egter vir die laaste tydperk 17, 33, 25 en 50 – wat dui op ’n aansienlike toename in hittepieke. ’n Soortgelyke tendens kan waargeneem word met die vergelyking van die eerste en die laaste tien jaar. Terwyl die totale getal van die gebeure vergelykbaar is, is daar ’n merkwaardige verandering in die somerseisoen, met die vroeër gedeelte (September - Desember) wat baie meer hittepieke in die afgelope jaar gehad het en die laaste deel van die seisoen, wat minder gehad het.

’n Soortgelyke verskuiwing kan waargeneem word by die oorweging van die hoeveelheid koue dae (Tabel 2). Die aantal kere wat die daaglikse minimum onder 2ºC was in April – Julie was in die laaste tydperk heelwat meer as in die eerste periode.

DIE IMPLIKASIES Hierdie seisoensverskuiwing het ’n impak op

TABEL 2: BETHLEHEM LUGHAWE WEERSTASIE: 1980 - 2010. AANTAL KERE WAT DIE DAAGLIKSE MINIMUM ONDER -2-GRADE WAS.

April Mei Junie Julie Aug Sep Totaal

1980 - 1984 0 4 36 51 20 3 114

2006 -2010 2 14 53 59 18 2 148

1980 - 1989 0 9 88 134 41 5 277

2001 - 2010 2 19 89 111 25 3 249Bron: Eie analise gebaseer op data wat goedgunstiglik deur WeatherSA voorsien is.

TABEL 1: BETHLEHEM LUGHAWE WEERSTASIE: 1980 - 2010. AANTAL KERE WAT DIE DAAGLIKSE MAKSIMUM BO 28 GRADE WAS.

Jan Feb Maart April Sep Okt Nov Des Totaal

1980 - 1984 64 46 31 2 8 7 18 30 206

2006 - 2010 40 27 14 0 17 33 25 50 206

1980 - 1989 129 73 41 6 13 22 40 61 385

2001 - 2010 83 50 19 0 26 66 64 92 400Bron: Eie analise gebaseer op data wat goedgunstiglik deur WeatherSA voorsien is.

“Meer spesifiek, gaan klimaatsverandering oor

verhoogde variasie in klimaatsverskynsels, soos temperatuur en reënval.”

Page 8: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

6

SENWES Scenario<< >>

666666666666666 ••• HOOFSTORIE

vervolg van bladsy 5

Somer kom later– wat nou?

Wat sê Santam Agri?> TEKS: JOHAN VAN DEN BERG, BESTUURDER: GESPESIALISEERDE OESVERSEKERING, SANTAM AGRI Die versekeringsbedryf in Suid-Afrika het die beste versekeringsresultate in die geskiedenis ervaar tussen 2002 en 2009. Daar was een droogte in hierdie tyd, maar ander skades was baie beperk.

Die versekeringsbedryf bereken sy risiko op bewese resultate. In die afgelope dekade het versekeringstariewe gedaal as gevolg van gunstige toestande. In die afgelope twee seisoene het die frekwensie van haelskades weer toegeneem ná sewe jaar van uiters en ongekende lae skades.

Neem ook die voorbeeld dat die Suid-Afrikaanse mielie-oes se gemiddelde opbrengs verdriedubbel het in die afgelope twee tot drie dekades. Goeie

die bestuiwing- en voortplantingseisoen, en dus die plant- en oesseisoene. Dit bring ook ’n groter moontlikheid van uiterste gebeurtenisse (droogtes, oorstromings, aantal rypdae, hittegolwe ensovoorts) teweeg en die verhoogvariasie/seisoenaliteit veroorsaak ernstige bestuur- en besluitnemingsuitdagings. Nog ’n uitdaging is dat die verspreiding en intensiteit van peste en siektes minder voorspelbaar word.

Een van die meer direkte implikasies van die onlangse veranderinge in weerpatrone vir die produsent, is die verandering van plant- en oesdatums. Hierdie is ’n belangrike besprekingspunt omdat daar, vanuit ’n versekeringsoogpunt vasgestelde afsnydatums is waarteen ’n produsent moet plant. As die produsent wel besluit om later

bestuurspraktyke, beter kultivars ensovoorts, het ’n groot rol gespeel.

’n Verdere faktor is die rol wat die ENSO-verskynsel (El Niño/La Niña speel). Tydens La Niña-jare neig seisoene om laat te wees en tydens El Niño-seisoene, weer om vroeg te wees. In die laaste dekade het ons baie meer La Niña- as El Niño-verskynsels ervaar. Seisoene sal dus neig om later te wees as die gemiddeld van die laaste dekade geneem word. Tydens die El Niño-seisoen van 2006/2007 het die seisoen weer baie vroeg geeindig toe ryp alreeds in die middel van Maart voorgekom het.

Indien daar meer onsekerheid is, is die enigste manier vir die produsent om risiko te verminder wel om sy grond beter te bestuur. Goeie bewerkingspraktyke vorm die kern van risikobestuur in ’n onseker produksieomgewing. S

te plant, om by die klimaatsverandering aan te pas, kan dit groot implikasies inhou. Alternatiewelik sal die versekeringsbedryf die afsnydatums moet heroorweeg.

ADVIES Een van die beste maniere om by die veranderinge in die weerstoestande aan te pas is om jou grondbestuurstelsel te verbeter. Uiteindelik is dit die grond wat die medium is waarin die plant groei, hoe beter dit versorg is, hoe beter is die opbrengs. Daar is ’n reeks bewaringsboerderytegnieke wat beskikbaar is, soos lae bewerking en in-veld reënwater oestegnieke; die toepassing van biologiese boerderytegnieke wat die aantal mikro-organismes in die grond verhoog; en die opneembaarheid van minerale verbeter. S

Prof James Blignaut is betrokke by die Departement vanEkonomie aan die Universiteit van Pretoria. Hy het al baienavorsing oor die ekonomie van energie en klimaats-verandering gedoen en was ook die gasspreker by die LNR-Kleingraaninstituut Boeredag op 17 November verlede jaar, op Bethlehem. Kontak hom by 084 720 4127 of [email protected].

>>

“Terwyl die globale temperatuur oor die afgelope 100 jaar verhoog het, is die koers van verhoging

oor die afgelope 50 jaar baie vinniger.”

Page 9: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,
Page 10: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

8

SENWES Scenario<< >>

88 ••• KO LLIG OP DEON OOSTHUIZEN

Volgens Deon is die voordele van besproeiing dat jou inkomste

meer verseker is, dat dit die risiko verminder, ’n mens hoë-inkomste gewasse kan plant en dat dit ’n hoër inkomste en opbrengste

verseker.

RYSMIERBULTYSMIRY

Page 11: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

9

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

99KO LLIG OP DEON OOSTHUIZEN •••

vervolg op bladsy 10

Met die intrapslag kom ek dadelik agter dat hierdie nie sommer “net nog ’n produsent” is nie, maar een wat sy planne deeglik deurdink voor hy ’n besluit maak. Alles is netjies op hulle plek en elke vertakking van die boerdery werk soos ’n goed geoliede masjien om op die ou einde ’n suksesvolle besigheid te vorm.

Deon het grootgeword op ’n plaas in die omge-wing. Sy pa het in die 1960’s op die plaas begin boer waar Deon ook deeltyds betrokke was en van universiteitsdae af die boeke gedoen het. Na skool het Deon aan die Noordwes-Universiteit gestudeer waar hy sy BCom-graad verwerf het. Daarna het hy by Sanlam, waar hy ’n beurs gehad het, in Kaapstad begin werk en vandaar het hy by die Krygkor-groep aangesluit. Hierna het hy verder studeer vir ’n

D eeglik en ingestel op detail

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN> FOTO’S: WAYNE VILJOEN

“DEESDAE IS ‘N BOERDERY ‘N BESIGHEID WAAR JY SAKEBEGINSELS MOET TOEPAS EN ‘N WETENSKAPLIKE BENADERING KAN VOLG. ‘N SUKSESVOLLE PRODUSENT MOET KAN TRED HOU MET DIE NODIGE EISE VAN DIE TYD WAARIN ONS IS. DIT IS NIE MEER GENOEG OM NET LIEF TE WEES VIR JOU BOERDERY NIE.” SO GESELS DEON OOSTHUIZEN, PRODUSENT EN SAKEMAN VAN FORMAAT VAN OOSTHUIZEN BOERDERY IN DIE RYSMIERBULT-OMGEWING IN DIE VENTERSDORP DISTRIK.

– Deon se resep vir suksesmeestersgraad in Personeelbestuur. Volgens Deon het sy loopbaan buite die landbou in algemene bestuurswese, finansiële asook personeelbestuur, hom al baie handig te pas gekom.

Na sy pa in 1985 oorlede is, het Deon plaas toe gekom waar hy in 1986 voltyds begin boer het as deel van ’n familieboerdery. “My pa het die boerdery begin en my broer Piet het later by hom aangesluit. Toe ek plaas toe kom, het ek en my broer die boer-dery saam bedryf – hy het sy grond gehad en ek myne, maar die operasionele deel het ons saam gedoen.”

Die familie het vir ongeveer 40 jaar ’n melkery bedryf wat hulle in 2002 verkoop het en omgeskakel het na ’n kommersiële beeskudde en voerkraal.

Piet het in 2010 uit die boerdery getree. Sy seun Gideon wat hoofsaaklik die beesboerdery- en voerkraalafdelings bestuur en Deon se vrou Christa, wat die administrasie van die boerdery behartig, vorm saam met Deon en die ander personeel ’n gedugte span wat die boerdery georganiseerd laat funksioneer.

BESPROEIINGDeon se boerdery bestaan uit ’n saaivertakking (60%) – beide droëland en onder besproeiing, en ’n veevertakking (40%). Onder besproeiing (490 ha) plant Deon elke jaar ongeveer 65 ha aartappels wat hy onder kontrak aan McCain Foods lewer, 120 ha saadmielies wat hy aan Monsanto verskaf, kommersiële mielies, ertjies en aangeplante weiding (hawer, kikoejoe en ’n langswenk-klawermengsel).

Volgens Deon kry hulle voldoende water uit dieMooirivierskema en hulle is geseën met sterk boor-gate. Sy pa het in 1984 die eerste spilpunt in dieomgewing opgerig. “Hy het geglo: As jy water het,het jy absoluut ’n toekoms.” Volgens Deon is die

Page 12: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

10

SENWES Scenario<< >>

10

vervolg van bladsy 9

Deeglik ingestel op detail

alles onder Gideon se bekwame hand. Hulle het ook sowat 800 skape wat deur Christa bestuur word. Volgens Deon maak die beesboerdery die bedryf geïntegreerd en gediversifiseerd. Een bedryfsvertakking vul die ander aan.

AANHOUER WENAs daar een ding is wat Deon al geleer het, is dit om nie moed op te gee as dinge sleg gaan nie. “Volgende jaar lyk dit weer beter,” sê hy.

Twee jaar gelede het die boerdery ’n baie moeilike jaar beleef. Die feit dat hulle baie minder aartappels geplant het, minder kontrakte vir saadmielies gekry het en die lae mieliepryse het alles bygedra daartoe dat die totale omset relatief laag was. Omdat sy beplanning reg was en hy die omstandighede kon voorsien, het Deon die nodige aanpassings gemaak en kon hulle deur die moeilike tyd kom. “As jy nie gesonde finansiële en kontantbestuur toepas nie, kan dit jou inhaal.

••• KO LLIG OP DEON OOSTHUIZEN

Deon en Christa Oosthuizen.

“Jy moet in moeilike tye steeds ’n suksesvolle boerdery kan bedryf – as jy nie jou lyn in die water het nie gaan jy nie die vis vang nie.”

voordele van besproeiing dat die inkomste meerverseker is, dat dit die risiko verminder, jy hoë-inkom ste gewasse kan plant en dat dit hoër inkomste en opbrengste verseker.

Saadmielies en aartappels is vir Deon hoë-risiko/hoë-inkomste gewasse wat baie arbeidsintensief is. “Aanvanklik het ons met die saadmielies alles met die hand gedoen. Die proses is intussen gemeganiseer, wat meebring dat 60% - 80% van die ontpluiming tans met behulp van masjiene gedoen word.

DROËLANDDeon produseer ook droëlandmielies wat meestal in die die voerkraal aangewend word en dan het hulle ook 800 ha aangeplante Smutsvinger waarop ultra-drukbeweiding toegepas word.

BEESBOERDERY EN VOERKRAALDie veevertakking bestaan uit ongeveer 2 000 aan-teel koeie en ook ’n aantal beeste by die voerkraal, vervolg op bladsy 12

Page 13: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

100 jaar van gedeelde drome ...

®

Om te boer is nie ’n piekniek nie, maar met harde werk en die toegewydheid en ondersteuning van Monsanto en DEKALB®, weet jy dat jy jaar na jaar sukses sal behaal ... soos jou pa en jou oupa ...

DEKALB® is vanjaar reeds 100 jaar nou verweefd met die boer. Hierdie mylpaal wil ons vanjaar op verskillende maniere saam met jou, die Suid-Afrikaanse boer, vier. Ons gaan dit onder andere doen deur terug te gee aan ons gemeenskappe. Daarom samel ons vanjaar op grootskaal komberse in vir die minderbevoorregtes en hoop ons om so ’n verskil te maak ... want, ons gee om!

As jy belang stel om saam met ons om te gee, kontak gerus jou naaste DEKALB® verteenwoordiger of makelaar.

DEKALB® – Dis mos mielies!™

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.zaKliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].

uppe

mar

keti

ng A

0657

3/SS

Page 14: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

12

SENWES Scenario<< >>

12 ••• KO LLIG OP DEON OOSTHUIZEN

vervolg van bladsy 10

Die beesboerdery verleen ook stabiliteit aan die boerdery; waar die ander hoë-risiko vertakkings se prestasie wissel. Jy moet in moeilike tye steeds ’n suksesvolle boerdery kan bedryf – as jy nie jou lyn in die water het nie, gaan jy nie die visse vang nie, het Deon aan Senwes Scenario gesê.

Volgens hom is hierdie jaar ook tot dusver ’n baie

moeilike jaar. “Ons het eers laat reën gekry. Tot en met die einde van Februarie het ons nog nie 300 mm reën gehad nie, wat omtrent die helfte van ons normale reënval is. Dit het ’n baie groot impak op ons weiding gehad. Wat die droëlandmielies betref het ons laat geplant en sekere gedeeltes het redelik skade gekry, wat veroorsaak dat ons ’n gemiddelde oes verwag. “

Die gewasse onder besproeiing se resultate is bogemiddeld. “As jy weer te veel reën kry, kom siektes meer algemeen voor. Ons saadmielies is besonder mooi vanjaar. Aan die veevertakking-kant het dit uitstekend gegaan danksy die gunstige vleispryse.”

BOERDERYPRAKTYKEDeon pas ’n wisselboustelsel toe en is ingestel op optimale benutting, veral met die gewasse onder besproeiing. Hulle werk in ’n siklus met die aartappels, waar hy eers na vyf jaar terugkom na dieselfde land en van tyd tot tyd ook suikerboontjies plant. Hy het ook vanjaar ’n stuk hawer geplant waar hy die groenmielies afgesny het, bloot om die grondstatus te verbeter.

Deon is ’n voorstander van presisieboerdery en

• Deon is getroud met Christa en hulle het een seun, drie dogters en twee kleinkinders.

• As gesin hou hulle van die buitelewe, bos-vakansies in Botswana, skubaduik en jag.

• Herfs is vir Deon die mooiste tyd van die jaar.

• Gunsteling dis – braaivleis.• Gunsteling poeding – Malvapoeding.• Wat inspireer jou? Elke oggend as ek by my lessenaar koffie

drink en stiltetyd hou en ek sien die son opkom en hoor die voëltjies sing, dan sien ek kans vir die dag.

Deeglik ingestel op detail Deon en Gideon Oosthuizen. Gideon is verantwoordelik vir

die beesvertakking in die boerdery.

>> SO TERLOOPS...

Page 15: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

13

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

KO LLIG OP •••'

maak van tegnologie gebruik om sy grondstatus te bepaal. “Veral met gewasse soos aartappels en saadmielies – omdat dit ’n hoë-inkomste, hoë-risiko gewas is, moet jy dit presies bestuur.” In Deon se boerdery word daar elke jaar grondontledings per gewas gedoen sodat hy verseker is hy plant met die regte mengsels. Vir die mielies strooi hulle ureum, die goedkoopste stikstofbron en met behulp van spilpunte kry die gewasse ook vloeibare toedienings. “Om nuwe tegnologie in jou boerdery te inkorporeer, is belangrik – net soos ’n selfoon het ’n GPS ook onontbeerlik geword.”

BEPLANNINGDaar is vyf faktore wat Deon altyd in ag neem voor hy ’n produksiebesluit neem, naamlik winsgewendheid, stabiliteit, hoe dit in die bestuursopset inpas, voldoende aanvoeling en kundigheid van die produsent se kant af en die regte ondersteuningsdienste.

“Dit is noodsaaklik dat jou plantestand, onkruidbeheer en insekbeheer goed is.”

vervolg op bladsy 15

“Om nuwe tegnologie in jou boerdery te inkorporeer, is

belangrik – net soos ’n selfoon het ’n GPS ook onontbeerlik geword.”

Die beesboerdery vul die ander vertakkings aan en verleen ook stabiliteit aan die boerdery waar die ander hoë-risiko vertakkings se prestasie wissel.

Page 16: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,
Page 17: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

15

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

vervolg van bladsy 13

Deeglik ingestel op detail

Elmarie Schoeman is die Redakteur van Senwes Scenario. Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n e-pos na [email protected].

>>

gemaak van die kundige advies en hulp wat daar is, dit is deel van jou kunsmis, dit is deel van jou Senwes, dit is deel van jou finansiering. My mentors is my strategiese vennote, maar uiteindelik moet ek dit self integreer.”

SENWESDeon maak van ’n produksielening by Senwes gebruik, hy bemark sy mielies deur Senwes en het die eerste rondte van sy presisieboerdery deur Senwes gedoen. Hy maak ook van Senwes se landboukundige dienste gebruik en ondersteun Village in terme van veemiddels en -produkte.

Uit ’n finansieringsoogpunt is dit vir Deon ideaal om met Senwes besigheid te doen omdat hulle volgens hom ’n langer termyn, landbougeoriënteerde benadering het met begrip vir sy boerdery. “Dit is hoekom Senwes nog al die jare vir my ’n belangrike vennoot was en altyd sal wees. Ek is oor die algemeen baie tevrede met die diens wat ek van die winkels en van hoofkantoor ontvang.”

Hy is ’n voorstander van georganiseerde landbou en glo dit is jou plig as produsent om aan ten minste een organisasie te behoort – hy is deel van Rysmierbult se boerevereniging en ook ’n lid van Graan SA. “Jy moet kollektief aan bedryfsorganisasies behoort anders het jy nie veel sê nie. Dit is ook jou morele verantwoordelikheid, sodat ander ouens nie vir jou moet ’baklei‘ nie, maar dat jy deel is van die sisteem.”

Deon is uitgesproke oor sy wens vir landbou in Suid-Afrika. “Dit sou ideaal wees as ’n mens net ’n meer regverdige bedeling kon kry, van alle kante af word jy gedruk en polities gedemotiveer. Aan die insetkant word alles net deurgegee en aan die uitsetkant, bemarkingsgewys, is daar geen beskerming nie. Op die oomblik voer ’n kitskosonderneming bevrore skyfies goedkoper in as wat ons dit in Suid-Afrika kan produseer en daar is geen maatreël van die regering se kant af om dit tee te werk nie – in teenstelling met lande soos Botswana wat, as hulle hul eie ding doen, hulle grense toemaak.

“Ons is uitgelewer aan ’n totale vryemarksituasie waar jy van die inset- en uitsetkant geknyp word en eintlik geen hulp kry nie. As ons net op ’n meer billike speelveld kon meeding sal dit vir almal makliker wees,” het hy gesê. S

KO LLIG OP DEON OOSTHUIZEN •••

Jou bestuurspraktyke soos finansiële bestuur, kontantvloei en personeelbestuur moet volgens Deon agtermekaar wees. “My motto is: dit wat jy kan bestuur, moet jy so goed as moontlik bestuur sodat dit nie aan eksterne risikofaktore blootgestel word nie. Ek is baie ingestel op detail.”

Vir Deon is dit kritiek belangrik om lank voor die tyd te weet wat jy waar gaan plant. Gewasbeplanning verlig volgens hom bestuur en trekkerbehoefte, veral deur sekere gewasse vroeër as ander te plant. “ Van my somergewasse, soos groenmielies, begin ek reeds in die omgewing van 25 Augustus plant, sodat ek isolasie kan hê vir my saadmielies. Ek maak van twee tipes isolasie gebruik, naamlik tyd-isolasie en afstand-isolasie en dit maak die beplanning in my boerdery baie belangrik.”

MAAK JOU OOP VIR RAAD“Dit is vir my belangrik om goeie verhoudings met my strategiese vennote te hê – die persoon wat my kunsmis en grondontledings hanteer, is ook ’n konsultant in daardie aspek. Ek maak ook addisioneel van konsultante, soos Nvirocrop, gebruik, veral met die aartappels, waar hulle dwarsdeur die seisoen blaarmonsters neem en aanvullings doen waar daar tekorte is.”

“Ek kan nie een enkele mentor uitlig nie – vandat ek die landbou betree het, het ek dikwels gebruik

“My mentors is my strategiese vennote maar uiteindelik moet ek dit self integreer.”

Page 18: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

16

SENWES Scenario<< >>

••• NUUS

“Pogings ter waarde van miljarde dollars om honger en landelike armoede in Afrikate beveg word in die wiele gery deur swak voor-ligtings dienste en ’n gebrek aan bekostigbare raad aan klein kommersiële produsente om meer kos te kan produseer en deur moderne praktyke en tegnologies gevorderde saad lyne groter voordele uit hul besigheid te kry.”

So het Lomo van Rensburg, Besturende Direkteur van K2 Klein Karoo Saad, op 14 Maart by ’n saad-inligtingsdag op K2 se proefplaas by Bapsfontein aan die Oos-Rand gesê.

Van Rensburg is van mening dat om die bestekultivarpakket saam te stel, benodig enige produ-sent die beste moontlike inligting. Hierdie uitdaging maak vandag van saadmaatskappye die moderne landbouvoorligters van Suid-Afrika. Raadgewers en plaasvoorligters bly van groot belang in die produksiesiklus.

“Dit is hulle wat produsente inlig oor toepaslike en beproefde boerderypraktyke. Dit sluit byvoorbeeld noodsaaklike kennis in, soos wanneer wat geplant moet word en hoe nuwe, nagevorsde tegnologie

K2-raadgewers help honger bekampin onder meer saad- en grondbestuur gebruik kan word,” het Van Rensburg gesê.

Volgens van Rensburg beteken Afrika se huidige groeiende behoeftes aan plantenergie vir mensevoeding, gemeet aan die “State of World Population” dokument, dat die kosbehoeftes van ontwikkelende lande teen 2050 in geheel kan verdubbel. “Om hierdie situasie te verander, is die nuutste tegnologie en toegang tot goeie saad en ander insette asook die beste bestuurspraktyke vir groot kommersiële produsente en klein kommersiële produsente van kritieke belang.”

Hy sê dat K2 se mentorskapprogram vir klein kommersiële produsente, deur ’n nethuis-kweekprogram met die beste genetika vir markte onder strestoestande, ’n sleutel is tot die potensiaal van kleiner kommersiële produsente se stryd teen hongersnood en voedselonsekerheid. Van Rensburg het ook die oprigting van ’n nuwe opleiding-sentrum en ’n kantoorgebou op die Bapsfontein-plaas aangekondig en die bywoners was die geleentheid gegun om die mielies-, groente- en weidingproefplase te besigtig. S

Floris Kotze van K2 Saad by die groente-proef besig-ti ging.

Pieter de Wet (Ladybrand OVK), Fanie Meiring (K2 Senekal), Jan Cilliers (K2 Natal) en Ben van Jaarsveld (K2 Bronkhorstspruit).

Hierdie span van Senwes Batefinansiering het ’n uitsonderlike prestasie behaal deur die gesogte CEO-toekenning te ontvang vir die beste nasionale tak vir die afgelope 6 maande. Baie geluk aan Kallie Roets en sy span wat bo geëindig het in Wesbank se “corporate performance league” met 760 punte. Voor van links is Adri De Noon, Pinky Mokolane en Maria Volschenk. Agter van links is Rudolf Barnard, Hennie Swart en Kallie Roets.

Batefinansiering presteer op nasionale vlak

S

Page 19: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

17

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Besoekers het hier die geleent heid gehad om self te besluit watter toere hulle wil by -woon, afhangende van hul huidige oesinsamelings-program of moontlike nuwe basters.

Daar was ’n hooftoer in onderskeie tydgleuwe wat op mielies, sojabone en die toepaslike agronomiese produkte in die verskillende areas gefokus het.

Daarna is opsionele toere gehou wat sonneblom, graansorghum en droëbone (insluitende ’n demon-strasie van nuwe variëteite wat vir die doel van kombinasie-oeste in smal rye geplant word,) ingesluit het.

Die Panacea omvattende plantgesondheids inisia-tief is ook by die verskillende Pannar Saad 2012 Extravaganzas bekend gestel. Panacea was die Griekse godin van genesing en hierdie inisiatiewe

Extravaganza verbeter by die jaar

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

Mike de Vos (Yamaha) en Marius en Tina Grundlingh (Mareetsane).

DIE PANNAR SAAD 2012 EXTRAVA-GANZA, KOMPLEET MET ’N NUWE FORMAAT EN INHOUD, HET VANJAAR OP 22 EN 23 FEBRUARIE IN KLERKSDORP PLAASGEVIND EN IS UITSTEKEND BYGEWOON DEUR DIE PRODUSENTE VAN DIE STREEK.

Corné van der Westhuizen

gee ’n lesing oor witmielies in die westelike gebied.

Mnr Monwabisi Fandeso is op 7 Maart 2012 aan-gestel as onafhanklike nie-uitvoerende Direkteur op die direksie van Senwes Beperk.

Hy het ’n BSc(Hons)-graad in Meganiese Inge-nieurswese behaal aan Cardiff Wales in Engeland in 1981 en ’n MBA-graad aan die Wharton Besigheid-skool van die Universiteit van Pennsylvania in 1986.

Monwabisi het sy loopbaan as ingenieur by Anglo American/De Beers begin, waarna hy by verskeie nasionale en internasionale maatskappye gewerk het as onder andere Produkbestuurder, Strategiese Beplanningsbestuurder, Produksiebestuurder en Groep Bedryfsbestuurder.

Hy was die Hoof Bedryfsbestuurder van New Age Beverages in Johannesburg en was lank betrokke

S enwes heet m nr F andeso welkom

Monwabisi Fandeso

as Operasionele Direkteur by die brouery-reus, die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB). Hy het ook gedien as Besturende Direkteur en Hoof Uitvoerende Beampte van die Landbank nadat hy deur die minister aldaar gesekondeer is vanaf 2001 tot 2004.

Mnr Monwabisi was ook die Voorsitter van Shell SA en die Hoof Uitvoerende Beampte van Thebe Invest-ment Cor poration, waar hy diens gedoen het tot 2011.

In sy vrye tyd is hy ’n passie-volle vlieënier en fotograaf. S

sluit die saad, advies en produkte wat waarde tot Pannar se saad toevoeg, in. S

Page 20: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

18

SENWES Scenario<< >>

••• NUUS

Senwes Scenario het in Desember2010 berig (“Graanproduksie sak in wegspringblokke teen myn van steenkool”) oor die kennis gewings virprospektering wat sommige produsente in die Vil-joenskroon-distrik, een van die hoogs produserende graangebiede in die land, ontvang het.

“Die Departement van Mynwese (voorheen van Minerale en Energie) het prospekteerregte aan WhiteRiver Exploration, een van die prospekteeraansoe-kers, toegeken, maar dit is blykbaar nie vir steenkool toegeken nie,” het Dawid Senekal (Direkteur: Botha en Senekal Ing.) gesê. Volgens hom gaan die produsente appelleer teen dié prospekteerregte.

Intussen het ’n ander maatskappy genaamd Ngululu Recources Pty (Ltd), aansoek gedoen vir steenkoolprospekteerregte op vyf plase langs die Renosterrivier in die Vrystaat. “Dié maatskappy

S ó vorder prospekteerregte op V iljoenskroon

volg die regte prosesse om vir steenkool te prospekteer,” het Senekal gesê. Volgens Senekal het hulle reeds ’n omgewingsimpakstudie ingehandig.

Agri SA het in sameweking met sy regsadviseurs, riglyndokumente ontwikkel wat grondeienaars bystaan ten opsigte van die vereistes wat nagekom moet word vir die verkryging van prospekteer- en mynregte van die houers van mineraleregte.

’n Dokument wat die eis om vergoeding ingevolge die Wet op Mineraal- en Petroleumhulpbron ont-wik keling uiteensit, is ook ontwikkel. Dié twee dokumente en ander regsdokumente is by Agri SA se affiliasies, naamlik Agri NW, Vrystaat Landbou asook bedryfsorganisasies, beskikbaar gestel.

Hou die Scenario dop vir vordering in die prospekteringsake in die Viljoenskroon-distrik. S

Hierdie transaksie is in lyn met beide partye se strategieë om te groei en om terselfdertyd in ’n uiters mededingende globale besigheidsomgewing optimaal besigheid te bedryf.

Die transaksie is so gestruktureer dat Senwes en NWK gelyke aandeelhouding in die

gesamentlike besigheid sal hê.“Die versekeringsbesigheid lewer

finansiële advies en dienste aan veral

Geskiedkundige oomblik vir Senwes en NWK

Daan Hugo, wat aangestel is as Besturende Direkteur van Senwes en

NWK se nuwe versekeringsbesigheid.

SENWES VAN KLERKSDORP EN NWKVAN LICHTENBURG, BEIDE SUKSES -VOLLE MAATSKAPPYE IN DIE LAND-BOUSEKTOR VIR MEER AS 100 JAAR,HET OP 2 APRIL 2012 ’N OOREEN-KOMS AANGEKONDIG WAARVOLGENS NWK SE VERSEKERINGSBESIGHEID EN SENWES SE VERSEKERINGBESIGHEID, BEKEND AS UNIVISION FINANCIAL SERVICES, SAAMGEVOEG WORD.

landbouprodusente en dit maak kommersieel sin om voordele van skaal tussen ons te bewerkstellig,” het Danie Marais, die Besturende Direkteur van NWK, gesê. Voorts, omdat die twee besighede beide korttermyn-, langtermyn- en oesversekering bemark en hanteer en met groot mededingers in die finansiële sektor kompeteer, kan wesentlike sinergie en besparings tot voordeel van alle belanghebbendes bewerkstellig word.

“Alhoewel die versekeringsbesigheid ’n kleiner rolspeler in ons besigheid is, is dit ’n onmisbare en kritiese deel van beide ’n landbouprodusent se portefeulje en risikobestuur, asook dié van sy finan -sierder en ons voorsien om deur hierdie same smel -ting die klantebasis met meer mededingende en innoverende produkaanbiedings en premies te diens,” het Francois Strydom, die Besturende Direkteur van Senwes, bygevoeg.

Die transaksie sal binnekort geïmplementeer word aangesien dit nie onderhewig is aan regula-toriese goedkeurings nie. Die partye het voorts aangekondig dat Daan Hugo uit die NWK stal aangestel is as Besturende Direkteur van die gesamentlike versekeringsbesigheid. S

Dié inligting is verkry vanuit ’n persverklaring wat in April deur Senwes en NWK uitgereik is.

>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>

en g

BNW

Page 21: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

19

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Auerbach was gasspreker op ’n Addcon Afrika kuilvoer-boeredag op Lichtenburg, wat in samewerking met die Melk Produseerders Organisasie (MPO) aangebied is en het gesê die wetenskap van kuilvoermaak hang grootliks af van die gebruik van kuilvoer-bymiddels en belangriker, die regte keuse van bymiddels om optimum kwaliteit en nutriënte-waarde koste-effektief in die voer te verkry.

Hy sê dat die kwaliteit kuilvoer wat Suid-Afrikaanse produsente maak, is net so goed as die beste wat in Duitsland geproduseer word.

“Giste en swamme is die belangrikste uitdagings wat kwaliteit beïnvloed. Die grondslag vir die maak van winsgewende kuilvoer is om by bekende bestuurspraktyke vir kuilvoerproduksie te hou. Sekere onbeheerbare faktore maak die strategiese gebruik van bymiddels by kuilvoer ’n integrale deel van kuilvoerbestuur om aërobiese stabiliteit, nutriënte-waarde en winsgewendheid te verbeter,” meen Auerbach.

Hy beklemtoon ook dat die gebruik van homofermentatiewe inokulering nie aanbeveel word in mieliekuilvoer om die aërobiese stabiliteit te verbeter nie. Dié entstowwe verkort voerlewe in die kuil, wat die kuilvoer kwesbaar vir verswakking maak

SA kuilvoer vergelyk met die beste in Duitsland

Dr Horst Auerbach (regs) Tegniese Direkteur van Add-con, Duitsland, ruik aan kuilvoer tydens die kuilvoer-boeredag-demonstrasies op die plaas Doornhoek, Lichtenburg. Hy was die gasspreker by die boeredag. Links is Marcu van Rensburg, van die plaas Winter Storm (Lichtenburg), wat die demonstrasies met sy nuwe Claas Jaguar kuilvoerkerwer aangebied het. Dié kerwer kerf 100 ton/uur. Marcu is een van Suid-Afrika se grootste kuilvoerprodusente. Hy produseer jaarliks 40 000 ton wat hy tot so ver as Vryburg bemark.

OM OPTIMUM KWALITEIT BY KUILVOER TE VERSEKER – DIE SLEUTEL TOT DIE SUKSESVOLLE VOEDING VAN MELKKOEIE EN VOERKRAALDIERE – IS DIE MAAK VAN KUILVOER VANDAG ’N WETENSKAP WAT KENNIS VAN BASIESE BESTUURSDISSIPLINES VEREIS OM VOERKOSTE TE KAN BESNOEI. “VOERKOSTE IS DIE BELANGRIKSTE DEEL VAN DIE TOTALE KOSTE,” SÊ DR HORST AUERBACH, TEGNIESE DIREKTEUR: ADDCON EUROPA, GMBH.

Die artikel is aangepas vanuit ’n persverklaring wat in Maart 2012 deur Addcon Afrika uitgereik is. Vir meer inligting, skakel Dawid Fourie by 082 651 9024.

>>

wanneer dit vir voer oopgemaak word.Auerbach wys daarop dat die kwaliteitstempel

vir verbeterde aërobiese stabiliteit volgens die riglyne van die Duitse Landbou-organisasie vir die toets van kuilvoer-byvoegings, nie toegeken is aan enige homofermentatiewe inokulum nie. Die heterofermenteerder, Kofasil S, het egter hierdie hoogaangeskrewe stempel ontvang.

’n Voorvereiste vir die preservering van kwaliteit kuilvoer, is die gebruik van hoë-kwaliteit bedekking met ’n minimum dikte van 150 mikron, verkieslik wit van kleur, sodat die hitte van die son weerkaats word; swart bedekking absorbeer hitte. Daar moet ook seker gemaak word dat die seile UV-gestabiliseer is om die Suid-Afrikaanse son te kan hanteer. S

In die lig van die hoofstorie (Produsente in hul noppies

met nuwe koringkultivars) in die vorige uitgawe van

Senwes Scenario – onthou dat koringaansoeke

by Senwes in Junie 2012 sluit.

>> KORINGAANSOEKE SLUIT IN JUNIE

Page 22: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

20 ••• NUUS

Op Sondag, 18 Maart 2012, het die Senwes Spinners as wenners uit die Noordwes Premier Ligatoernooi (NPL) getree.

Noordwes Krieket se tweede Sedgars 20/20 NPL-toernooi, aangebied op Senwes Park, het op 15 Maart in Potchefstroom afgeskop. Die vier spanne (Oranje Toyota Klerksdorp, Senwes Spinners, 4Sure Phantoms en Liquorland Giants) het op ’n rondomtaliebasis deelgeneem.

Met die ondervinding van spelers, soos Nantie

> TEKS: ANSONÉ VENTER

Die Senwes Spinners. Van voor: Andries Ellis, Wimpie Viljoen en Nantie Hayward. Agter: David Jacobs, Divan Beytel, Jimmy Kgamadi, Rassie van Dussen, Driaan Steyn, Kyllin Vardan, Juan le Roux, Morné Steyn en Wilco Jonker.

Hayward, Jimmy Kgamadi, Jean le Roux, Driaan Steyn en ander, kon die Senwes Spinners nie anders as om van hul beste krieket op te lewer nie.

Onder leiding van die ervare Nantie Hayward het die Spinners met uitstekende boulwerk ’n 24-lopie oorwinning oor die Liquorland Giants behaal. S

Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir Senwes Scenario. Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na [email protected].

>>

Spinners boul hul

pad oop na oorwinning

Page 23: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

will be available in South Africa in the next couple of months.

With Maglite’s® famous style, shape, appear-ance and incredible reliability for the past 25 years, we now also have huge performance and output. The Pro and Pro+ are supported by the renowned quality and guaranteed back-up offered by Maglite®. These AA units can be run on all kinds of batteries: alkaline; lithium and nickel metal hydride at a simi-lar performance in terms of lumens and run-time (unlike almost all others) due to advanced regula-tion.

The intuitive two mode intelligent switch on the Maglite® PRO Plus is brilliant in its simplicity and effectiveness. It is so simple to use and its amaz-ing that it has never been thought of before. On low 25% power, the Maglite® Pro + performs at an effective 60 lumens and it will run 27 hours on just two AA alkaline batteries. S

Maglite® flashlights are particularly well-known for their reliability, which resulted in both the Rechargeable and D Cell Maglite® flashlights be-ing much sought after by military and police forces worldwide. Word spread of these rugged, reliable anodised aluminium flashlights and changed the demand for portable lighting systems forever.

Maglite® flashlights are user friendly and above all reliable. The rugged, machined aluminium construction of all Maglite® flashlights are sport anodised inside and out for improved corrosion re-sistance. O-rings located on the lens, barrel and tail cap, ensure water resistance. Maglite® have made sure that even in less than perfect conditions, their flashlights can be used without concern.

Incandescent and halogen flashlights are still supplied by Maglite® – all of which carry a real and true ten year warranty. Spares for all of the flashlights that have been produced are also readily available. In 2011, LiteOptec (Pty) Ltd, the official distributor for Maglite® in South Africa, had the plea-sure of repairing a Maglite® Rechargeable Flashlight System™ which had been presented as a gift to a gentleman in 1984. There are several outdoor retail dealers that will be able to assist with repairing your Maglite®. Visit www.lite-optec.co.za or www.maglite.co.za for your nearest service centre or dealer.

Apart from the quality, service, reputation and brand which have allowed Maglite® to achieve its incredible status as a world leader in the production of flashlights, Maglite® are now also offering perfor-mance and economy. The Maglite® Pro and Pro+

21

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

PROMOTIONAL ARTICLE: L I TE OPTEC •••

“A work of art that works”

g tlow 2effectwo

a oge as g ts a e st– all of

® in plea-glite®

Bring your Maglite® to the

Senwes stall at Grain SA’s NAMPO Harvest Day and we will repair and engrave it free of

charge!

SENEEEEEEEEENNENENENENENENENENNENENEEEEEEENNNENENNENEEEEEENEEEENNNENNENENNNENENEENNNENEEENNENNNNEENNEENNNNNWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWESWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWWW Scenario<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<< S >>

ofo

Page 24: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

22

SENWES Scenario<< >>

22222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222222 ••• LANDBOU-TEGNIEK22

In hierdie tye van wisselende produkpryse, hoofsaaklik as gevolg van die fluktu-erende wisselkoers en internasionale produkpryse, plaas die verbouing van kontantgewasse die produ-sent onder geweldige risiko. Produsente oorweeg ’n vertakking met permanente gewasse, hoofsaaklik om die risiko te verlaag en hul oorlewingsvermoë te verbeter. Met hierdie artikel word daar gepoog om meer inligting en verwysings deur te gee aan

Só staan pekanneutsake

> TEKS: JACO VERMEULEN

DAAR IS GROOTSKAALSE OORSKA KE -LING NA PERMANENTE GEWASSE REGOOR DIE LAND, TEN EINDE DIE OORLEWINGSVERMOË VAN DIE PRODUSENT TE VERBETER.

potensiële produsente, rakende die inbring van pekanneute as so ’n vertakking.

Soos alle ander gewasse, is die produksie van pekan neute ook nie sonder risiko nie. Met die in-bring van ’n alternatiewe vertakking, word die risiko egter versprei en kan oorlewingsvermoë verbeter word, deurdat die produsent redelike inkomste kan verdien oor ’n relatiewe klein oppervlakte. Daar is egter sekere aspekte wat in gedagte gehou moet word voor die inkorporering van so ’n vertakking.

Eerstens is dit belangrik om te weet dat dit ’n relatief duur en langtermynprojek is. Dit is ook ’n bedryf wat baie kennis, aandag en geduld verg en kan nie net aangeplant word en ná sewe jaar geoes word nie. Bome moet van die begin af reg beplan, aangeplant, hanteer en versorg word ten einde ’n suksesvolle boord tot stand te bring. Daar moet ook seker gemaak word dat daar voldoende oorbruggingskapitaal vir die tydperk beskikbaar is.

TABEL 1: PEKANNEUTBEGROTING 2011/2012: DRUPSTELSEL.

JARE

1 3 5 7 9 11 13

Begrote inkomste R/ha 0 0 8 500 30 600 61 200 68 000 85 000

Gespesifiseerde koste R/ha

Vestiging 13 400 320 0 0 0 0 0

Besproeiing 13 496 1 143 11 120 4 117 5 039 5 039 5 039

Ander 2 830 2 257 3 378 4 104 4 675 4 373 4 373

Rente op bedryfskapitaal 2 973 372 1 450 822 971 941 941

Rente op opgehoopte verlies 0 4 629 6 414 7 965 3 161 0 0

Oeskoste 0 0 269 968 1 937 2 152 2 690

Totaal gespesifiseerde koste 32 699 8 721 22 631 17 976 15 783 12 505 13 043

Marge bo gespesifiseerde koste - 32 699 - 8 721 - 14 131 12 624 45 417 55 495 71 957

Kumulatiewe balans in R/ha - 32 699 - 48 977 - 69 900 - 56 634 17 932 125 629 259 665

Bogenoemde syfers is onderhewig aan sekere gemiddelde aannames van pryse en opbrengste op die Vaalharts-besproeiingskema en sluit nie die doelgerigte snoei van bome in nie.

Page 25: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

23

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

23LANDBOU-TEGNIEK •••

SAPPA KANTOORHarriët Hofsink (sekretaresse)

Tel: 012 329 9868 • Faks: 012 329 9869Sel: 084 403 9116 • Epos: [email protected]

www.sappa.za.org

STREEKVOORSITTERS

Streek 1 Bertus van Zyl 082 859 0510

Streek 2 & 3 Heiko Meier 082 553 7831017 821 0990

Streek 4 Andre van Niekerk 082 561 7128

Streek 5 Philip Antrobus 082 560 7696

Streek 6 Johan Coetzee 082 577 4981

Streek 7 Hanru Pienaar 082 555 9826

Streek 8 Gideon van Zyl 082 948 2022

NASIONALE VOORSITTER

Heiko Meier 082 553 7831

GE-KOÖPTEERDE LID

Albert Bouwmeester 083 302 2413

Die Suid-Afrikaanse Pekanneut Assosiasie (SAPPA) het die land gerieflikheidsonthalwe opge -deel in nege streke wat elkeen sy eie verteenwoor-diger het. Almal wat belangstel om pekanneute aan te plant, word aangeraai om voordat daar met so ’n projek begin word, eers met sy gebied se verteenwoordiger kontak te maak. Pekanneutbome is wyd aangepas en sal byna enige plek groei, maar die grootte en kwaliteit van die produk sal baie verskil tussen die areas. Die Vaalharts-besproeiingskema is in die gelukkige posisie dat hul klimaat en temperatuur baie geskik is vir die verbouing van baie goeie kwaliteit neute. Dit is nie verniet die grootste uitbreiding van aanplantings in Suid-Afrika nie.

BESPROEIINGPekanneute benodig voldoende besproeiingswater op die regte tydstip ten einde goed te bestuif en goeie neutvul tot gevolg te hê (ongeveer 1 200 mmper jaar). In Vaalharts reken produsente dat hul met ongeveer 450 mm besproeiing, tesame met ongeveer 450 mm reën voldoende water het om pekanneute suksesvol te kan verbou. Dit is egter belangrik om te onthou dat Vaalharts wel ’n permanente watertafel op ongeveer 1,2 m tot 1,6 m diepte het. In gebiede waar daar nie ’n permanente watertafel voorkom nie, sal produsente moet seker maak dat hul wel voldoende besproeiingswater van goeie kwaliteit tot hul beskikking het.

Die piek waterbehoefte per volwasse boom is in die orde van 400 liter per boom per dag. Vir meer besonderhede rakende die besproeiing en besproeiingsbehoefte kan jy gerus met Chris Malan van NETAFIM in verbinding tree by 082 785 4347. Indien jy belangstel om jou aanplanting onder druppers te vestig, kan jy met André van Wyk van H2O DIRECT in verbinding tree by 079 9147 749.

BESTUIWERSDaar is deur SAPPA ’n projek geloods waar meer inligting rakende draers en aanvullende bestuiwers probeer bekom is. Navorsing ingevolge die onderwerp ontbreek in ’n mate en derhalwe is die blomtyd en stuifmeelstortingsperiode van verskillende kultivars die afgelope seisoen aangeteken. Dit wil voorkom of sekere kultivars se ontvanklikheid vir stuifmeel beter gekorreleer is met sekere bestuiwers as met ander.

Die hoofdoel is om ’n databasis op te bou vir toekomstige gebruik en vir boordbeplanning. Hierdie werk is hoofsaaklik gedoen deur Johan Coetzee van

DIE STREEKSINDELING IS AS VOLG:

SAPPA in samewerking met Andries Duvenhage van Nensis Nuts. Kontak hulle vir meer besonderhede by 082 577 4981 (Johan) of 082 948 2933 (Dries).

DVDDaar is ook ’n DVD saamgestel wat verskeie aspekte van pekanneutproduksie aanspreek. Die DVD kan bekom word vanaf enige SAPPA verteenwoordiger of vanaf die SAPPA hoofkantoor in Pretoria. S

Vir meer besonderhede of verdere verwysing kan jy gerus met enige van die SAPPA verteenwoordigers in verbinding tree, of jy kan Jaco Vermeulen (Senior Agronoom) van Senwes Landboudienste kontak by 082 948 2557 (sel), 053 474 9618 (kantoor) of [email protected].

>>

se)329 9869

Page 26: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

24

SENWES Scenario<< >>

24 ••• SENWES VILLAGE

By vanjaar se NAMPO, wat van 15 tot 18 Mei plaasvind, gaan Senwes ‘n groot verskeidenheid wapens uitstal en klante sal die wapens kan optel en hanteer. Ammunisie en kruit sal ook beskikbaar wees.

Jagtoerusting, geweersakke, geweerbande enskietsakke (x-bags) sal ook beskikbaar wees. Tele-skope, verkykers, roetekameras (trail cameras), afstandmeters (range finders) en spotting scopes, kruisboë en verwante produkte sal ook by die

Senwes stalletjie te siene wees. Besoekers kan ‘n

groot verskeidenheid van windbukse, messe, jagmesse, slagmesse, knipmesse, messlypers, flitse, skietlampe, batterye,

batteryherlaaiers,

NAMPO 2012 – Beter en groter vir Senwes se klanteGRAAN SA SE NAMPO OESDAG IS OM DIE DRAAI EN SENWES GAAN SEKER MAAK HULLE STEEK NIE AF TEEN DIE VORIGE JARE NIE.

herlaaitoerusting, skale, perse, matryse (die’s), doppe, punte, skoonmaaktoerusting en ammunisiekassies besigtig.

‘n Bokkoorstrekking gaan daagliks om 15:00 gehou word en beloof om ‘n groot trekpleister te wees. Produsente kan ook die Grainlink-stalletijie besoek vir die nuutste Safex-kommoditeitspryse en om met die Grainlink personeel oor die nuutste tendense in die graanbedryf te gesels.

Wat die klere betref sal daar kamoefleerklere, skoene, Sniper klere, Steven Hamilton hemde (3 kleure), leerhoede, oorpakke en stewels vir kinders, Jonssons Chelsea stewels en Wolverine stewels beskikbaar wees.

Vir dié wat die buitelewe geniet sal daar ‘n verskeidenheid van slaapsakke, stoele, tafels, gazebo’s en kajaks uitgestal word.

“Senwes is nie net by NAMPO om direkte verkope te genereer nie, maar ook om die produsent bewus te maak van Senwes as landboumaatskappy asook die voordele wat dit vir die produsent inhou om ‘n vennootskap met ons te sluit. Dit bied ook vir produsente en die publiek die geleentheid om nader met ons verskeidenheid produkte en dienste kennis te maak,” sê Japie Fransman, Senwes Korporatiewe Bemarking. S

Senweswee

grv

ba

Bring jou

Maglite flitslig na Senwes se

stalletjie en Maglite sal dit gratis diens,

herstel en graveer!

Page 27: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

TOLLVRY/TOLL FREE: 080941 4011 | www.senwes.co.za | www.senwes.mobi

Boere doen dit beter.Beleef die wye verskeidenheid buitelewe en kampeertoerusting asook wapens en ammunisie

wat uitgestal gaan word. Jy kan ook uitvind oor die nuutste graantendense en boonop groot

pryse wen, so kom geniet die lekker feesatmosfeer saam met Senwes by NAMPO Oesdag.

Skouspel… soos dit hoort.

Page 28: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

26

SENWES Scenario<< >>

26 ••• FOCUS ON WEA PONS AND HUNTING

New hunting technology on display at NAMPO

Standard features include:• SCHOTT lenses.• MINOX M coatings – 21 different layers applied

to the glass surface to greatly improve light transmission, brightness, contrast, detail and colour rendering.

• Windage and elevation knobs, finger adjustable with positive and precise reticle movements of 1/4 MOA.

• Long 4 inch plus eye relief.• Rubber cushioned fast-focus eyepiece.• Smooth operating soft touch rubber variable

power ring.• Old for new lifetime warranty.

RIFLE SCOPES AVAILABLE IN BDC AND PLEX RETICLE

Model range:3 - 9 x 40 mm plex and BDC3 - 15 x 42 mm plex and BDC1,5 - 8 x 32 mm in plex only6 - 30 x 56 mm in plex only3 - 9 x 50 mm plex and BDC

MINOX RIFLE SCOPES Deciding which riflescope to buy can be a daunting experience. It is probably the single most important hunting gear you’ll ever purchase. At MINOX we’ve simplified the process while distinguishing MINOX riflescopes by creating riflescopes with the features hunters want most. Like the High-Tech glass by SCHOTT, the legendary glass pioneer, fully multi-coated lens elements, precise windage and eleva-tion adjustments, up to 5 times zoom ranges and argon-purged water and fog proof design – all at surprisingly affordable prices.

WITH WINTER ON ITS WAY, MINOX AND SENWES ARE JOINING HANDS AND WILL BE EXHIBITING A WIDE RANGE OF MINOX PRODUCTS AT THE SENWESSTALL AT THIS YEAR’S GRAIN SA NAMPO HARVEST DAY. IF YOU ARE A HUNTING ENTHUSIAST, THE SENWES HUNTING EXHIBITION IS JUST THE PLACE TO VISIT.

Page 29: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

April 2012 • www.senwes.co.za

27FOCUS ON WEA PONS •••

5% DISCOUNT OFF ANY MINOX

PRODUCT!Bring this voucher to the Senwes stall at the 2012 Grain SA NAMPO Harvest Day and get 5% off any

MINOX product! Terms and conditions apply.

continue to page 28

VOUCHER

Senwes Scenario brings you...

Page 30: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

28

SENWES Scenario<< >>

••• FOCUS ON WEA PONS AND HUNTING

MINOX WILDLIFE CAMERA – DTC 500The MINOX Wildlife camera features an 8 megapixel camera with video option. A 2 gigabyte memory card is included. The motion sensor is sensitive enough to capture small animals at more than 50 feet. A temperature reading on every photo aids in game movement predictions. The pixel quality allows the user to zoom in on objects for judging trophy quality. MINOX’s camera history is transferred into the development of superior motion sensor wildlife cameras. Reliability challenges are met with Ger-man Engineering. The flat seal feature ensures dry electronics. Battery life is prolonged with simple and easy-to-use programs. A broad range of settings give you a variety of options to capture the shot. Don’t compromise – get the advantage.

continued from page 27

New hunting technologyon display at NAMPO

el • 8 Megapixel resolution.• 2,5 Inch screen on inside.• 1 Second reaction time.• Powerful infrared flash with a range up to 50

feet.• Low power usage.• Up to 9 picture series and videos.• Password protection.• Temperature on photo. S

Useful for: • Game counting.• Game habit monitoring.• Monitoring game fences.• Gate activity.• Water hole movements.• Day time security.• Connecting weather patterns to game.

Page 31: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,
Page 32: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

30

SENWES Scenario<< >> www.senwes.co.za • April 2012SENWES Scenario<< >>

••• FOKUS OP WA PENS EN JAG

VOORBEREIDINGDie voorbereiding van die jag is baie belangrik vir die jagter of sy groep medejagters wat ’n suksesvolle jag wil meemaak. Maak seker van die jagplek. Besluit hoe ver jy wil gaan jag, hoeveel tyd die jagter(s) tot hulle beskikking het asook ’n goeie kosteberaming vir wat alles in totaal gaan kos.

Deesdae is daar baie advertensies wat jy kan opvolg soos in SA Wild & Jag, Landbouweekblad en Magnum-tydskrifte.

Wanneer jy dan op ’n geskikte plek besluit het, moet daar na die volgende opgelet word:• Bevestig by die jagplaas of hulle vrygestel

is van die jagwet, indien nie, moet ’n jaglisensie aangekoop word by die betrokke natuurbewaringskantoor naaste aan die jagplek.

• Bevestig by die wildprodusent of daar genoegsame wild is vir wat jy bespreek het. Jagters kom gereeld met minder as die helfte van die vleis terug as wat bespreek was.

• Vergewis jouself met die akkommodasie, watter tipe akkommodasie dit is, is al die basiese

> TEKS: DIRK LAUBSCHER

JAGTERS, DIT IS AMPER WEER SULKE TYD – JAGTYD, KAMPTYD, BILTONGTYD. DIRK LAUBSCHER, VOORSITTER VAN DIE NOORDWES JAGTERSVERENIGING, GEE ’N PAAR NUTTIGE WENKE VIR DIE 2012-JAGSEISOEN.

gereed skap vir ’n kombuis beskikbaar asook die slaapgeriewe. Dan sal jy weet wat om saam te neem.

• Is daar slaggeriewe en verkoelingsgeriewe vir die karkaste?

• Kom voor die tyd met die produsent ooreen ten opsigte van die akkommodasie-, slagter- en verkoelingsgeriewepryse.

• Maak ook seker van die tipe diere wat gejag gaan word, manlik en vroulik asook trofeepryse, sodat jy dit op skrif kan hê sodra jy die nodige deposito inbetaal het om die jag te bevestig. Sodoende kan baie misverstande van albei partye ten opsigte van betaling voorkom word.

Maak seker dat jy die jaggeweer wat saamgeneem gaan word, voor die tyd baie goed instel volgens die area asook die aanbeveling van die produsent. Maak seker dat jy genoeg ammunisie en gewigte van dieselfde vervaardiger het. Die inskiet van die wapen dien ook as genoegsame oefening om ’n gemaklike skoot te kan vat.

SKOOTPLASINGSkootplasing speel ’n baie groot rol en by ons jagters - verenigings moedig ons die jagter aan om ’n blad-skoot te skiet eerder as om ’n kopskoot te pro beer waag en dan maklik met ’n gewonde dier te sit, en in 90% van die kere die dier verloor.

Nadat die dier geskiet is en jy dink, of word mee-gedeel dat dit ’n uitsonderlike dier is, kan jy ’n nat-meting in die veld doen om te bepaal of die ho rings ’n trofee is of nie. Indien jy dan besluit het dat die

Stof af jou geweer

– die jagseisoen is om die draai

Page 33: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

31

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

Dirk Laubscher is ’n professionele jagter en Voorsitter van die Noordwes Jagtersvereniging.

>>

FOKUS OP WA PENS EN JAG •••

Figuur 1: Soos op die foto aangedui, het die jagter ongeveer ’n 25 cm radius om binne te skiet en die dier te dood,

waar jy egter vir ’n breinskoot

slegs ongeveer 5 cm - 6 cm

beskikbaar het. Daar is net te veel elemente wat daartoe kan bydrae om daardie breinskoot te verbrou.

horinglengte volgens die minimumstandaarde van Rowlandward of die plaaseienaar se lengtes (soos vooraf ooreengekom) kwalifiseer, kan jy die dier se vel (kuip) op die regte manier, soos voorgeskryf, afslag.

os op die fotodie jagter 5 cmne e

r

r

.

e kan ardie verbrou.

SLAGIndien jy onseker is ten opsigte van die slag me tode,raadpleeg jou naaste taksidermis of jagters orga ni -sasie om jou van die nodige kennis te voorsien. So belangrik soos die regte slagmetode is, net so be langrik is die voorbereiding van die kuip wat geslag word. Daar mag geen vleis aan die vel vassit nie en dit moet netjies met skoon water afgewas word, winddroog laat word en dan baie dik met growwe sout gesmeer word.

Die vel kan nou netjies met die hare na buite toegevou word, in ’n koel plek gestoor word en ook toegemaak word sodat dit beskerm is teen ander diere wat dit deur die nag kan beskadig. Die vel moet verkieslik so gou moontlik (binne vier dae) na die taksidermis geneem word sodat die nodige bewerking kan begin.

Ek hoop en vertrou dat jy ’n aangename en suksesvolle jag sal hê. S

“I do not hunt for the joy of killing but for the joy of living and the inexpressible pleasure of mingling my life however briefly, with that of a wild creature that I respect, admire and value.”– JOHN MADSON –

Page 34: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

32

SENWES Scenario<< >>

32 ••• FOKUS OP WA PENS EN JAG

Dit is nie net ’n lonende stokperdjienie, dit raak ’n lewenswyse vir vuurwapen lief hebbers. Dit stel die herlaaier in staat om self akkurate ammunisie te produseer vir eie gebruik.

DAAR IS VERSKEIE REDES VIR DIE HERLAAI VAN JOU EIE JAGAMMUNISIE Die mees aanvaarde en waarskynlik die verkeerd stehiervan, is dat dit goedkoper is as om fabrieksam mu-nisie te gebruik. Die rede hiervoor is dat die aanvank-like koste vir die aankoop van die toerusting redelik groot is. Eers as daar redelik groot hoeveelhede patrone gelaai word, begin die koste per patroon daal.

Die volgende is akkuraatheid. Met sorg kan jy die ladings van jou ammunisie só uitwerk en by jou geweer aanpas dat dit die geweer se volle akkuraatheidspotensiaal benut.

Dus moet die dryfmiddel en patroonlengte met veiligheid getoets en aangepas word tot die geweer vir jou sê dat hy daarvan hou. Dit word net op die skietbaan gesien as jy die ladings toets. Uiteraard gaan jy meer tyd op die skietbaan deurbring en sal jou skietvernuf ook verbeter.

TIPES KOEËLPUNTEDaar is ook honderde tipes koeëlpunte in die handel beskikbaar wat as “premium”-punte bekend staan. Hierdie punte is nie as fabrieksammunisie

> TEKS: GERRIE COETZEE

OM JOU EIE AMMUNISIE TE HERLAAI IS ’N EENVOUDIGE, HERHAALBARE PROSES WAT MET ’N BIETJIE SORG EN NAVORSING, URE SE PLESIER KAN VERSKAF.

beskikbaar nie en moet self gelaai word. Ek dink spesifiek aan kompetisie-, monometaal- en gebinde punte. Sulke punte moet op hulle eie drukvlakke en snelhede gelaai word en is uiters sensitief vir patroonlengte, wat by die geweer aangepas moet word. Groot kaliber gewere vir gevaarlike wild word ook dikwels gelaai met punte vir spesifieke spesies in gedagte. Laaiwerk is dan baie belangrik om die regte koeël teen die optimale spoed te skiet.

Dan is daar ook kalibers wat glad nie in die handel beskikbaar is nie. Hulle word die “wildcats” genoem. Hulle word net deur herlaaiers gemaak en

260 Remington, 6XC improved en .22-250 super improved.

bied hul eie uitdagings.Die proses begin by ’n goeie en betroubare

herlaaihandleiding. Bestudeer dit eers goed en raak vertroud met die stappe wat gevolg moet word om veilig en doeltreffend jou eie ammunisie te laai. Die volgende stap is om seker te maak dat die geweer veilig is en dat daar geen lewendige patrone in die geweer is nie. Wys ook die geweer altyd in ’n veilige rigting, weg van mense af. Gebruik ook net skoon doppies en skoon laaitoerusting. Die toerusting wat nodig is om te begin kan gewoonlik in ’n beginnerstel gekoop word en sluit die volgende

Page 35: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

33

Gerrie Coetzee is die eienaar van Gerrie Coetzee Vuur wa pensin Senwes Village: Bloemfontein. Kontak hom by (051) 444-1012.

>>

Hoë opbrengspotensiaal StabiliteitGoeie staanvermoëBesproeiing

Dis mos die keuse!

DEKALB® – Dis mos mielies!™

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.zaKliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].

Ons geelmielies lyk goed op papieren nóg beter op die land.

®

van BASF

A06

308/

SS

NuutNuutNuutNuutNuutNuutNuutNuutNuutNuut

DKC62-80BR GENDKC64-78BR GEN DKC73-76RDKC62-84RDKC73-74BR GENDKC62-80BRDKC66-60BRDKC64-78BRDKC73-70B GENDKC73-72

DKC80-40BR GENDKC80-12B GENDKC66-36RDKC80-12BDKC80-30RDKC80-40BR GENDKC66-32BDKC80-10

Geelmielies

Net Abacus® van BASF gee AgCelenceTM. Vir meer inligting oor Abacus®, SMS* die woord “ABACUS12”, jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50. BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: [email protected]. Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

FOKUS OP WA PENS EN JAG •••

items in: ’n pers, matryse, skaal, slagdopsetter, tregter asook skoonmaak- en meettoerusting. Die verbruiksitems is die doppe, punte, slagdoppies en dryfmiddel.

LAAIPROSESIn kort word ammunisie soos volg gelaai: Eers word die doppies na hulle oorspronklike vorm teruggedruk en die ou slagdop verwyder.

Die dop word dan sorgvuldig skoongemaak en bekyk vir enige defekte, soos krake of duike. Sit dan die nuwe slagdop in en weeg die gepaste hoeveelheid dryfmiddel af. Gooi dit met die tregter in die dop en druk die punt in die dop tot op die korrekte patroonlengte.

Dan kom die lekker deel. Gaan toets die ammunisie op die skietbaan om seker te maak dat jou lading reg is. Op dié manier sal jy jou eie ammo kan maak en dit nog meer geniet in die jagveld.

Die duiwel laai nie gewere nie, mense laai gewere, en dan vergeet hulle daarvan. Wees altyd veilig en versigtig en geniet die skietsport. S

Page 36: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

34

SENWES Scenario<< >>

••• PR0MOTIONAL ARTICLE: AFRICAN OUTDOOR SPORTS

I own many makes of rifles, like Sauer, Sako, CZ, Brno, Ruger and Musgrave. Most of these rifles I use for hunting and sport shooting.

What I need is well-priced, multi-purpose rifles in accordance with the following:• My 10-year-old son must be able to shoot

with it.• The caliber should be able to kill antelope

up to blackbuck size.• It will also be silenced as it will be used for

culling.• It must be very accurate and dependable.• Must be affordable and user-friendly and

durable, must withstand rough treatment as this will become a working rifle.

• The caliber must have a good trajectory for long range shooting at springbuck.

After browsing the internet and reading up on it in Boddingtons’ Make It Accurate and Swee-ney’s book on gun smithing and precision-made

– a testimonial

> TEXT: RUDI DE JONGH

WE HAVE ALL HEARD THE STORIES OF THE ULTIMATE RIFLE OR THE ULTIMATE SCOPE OR THE IMPOS-SIBLE SHOT THAT WAS MADE WITH IT, THIS IS SOMETIMES VERY INTERESTING AND INTRIGUING. USUALLY AFTER SOME INVES-TIGATION YOU WILL FIND THAT THE RIFLE OR THE SCOPE THAT WAS USED IS TRULY TOP OF THE RANGE EQUIPMENT THAT IS FAR BEYOND THE AVERAGE BUDGET OF THE REGULAR HUNTER.

rifles, I now knew a few basics on what a rifle must have to be very accurate.

I then stumbled upon Howa rifles, reading the one review after the other founding their claim of being ”the most accurate rifle out of the box”. After reading the specifications and seeing the unbeliev-able selling price of R6 900 (2010), I decided to order one at my local gun shop. After much antici-pation, it finally arrived: a M1500 HOGUE (black rubber) in a .243 win. The 22 inch barrel was fully floated, the action pillars are aluminum and solid, the action fitted very tight, there was no movement of the locknut, even when the action screws was lose and the trigger could be adjust-ed, which I did. The action was very smooth and feeding from the magazine was smooth and de-pendable, it even impressed my friend who owns a Remington model 700 Varmint in a .243 win.

I mounted my extra scope which I already had and after the scope was sighted in, I sat down at the bench. Five shots later I could not contain my excitement! No bedding job was needed, no change of scope was needed and no additional expenses on other ammunition were needed. What a rifle!

I am proud to say that after reloading this rifle, I grouped three shots consistently under

10 mm at 100 m. I have also taken shots of up to 435 m at springbuck (body shots) and at night I cull with headshots of up to 200 m.

After spending countless hours bedding and pressure bedding similar and more expensive rifles with limited success, I would without a doubt recommend this rifle for a hunter with an average bud-get. S

Five shots later I could not contain my excitement! ...

What a rifle!

Precision and pure perfection

Page 37: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,
Page 38: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

36

SENWES Scenario<< >>

••• SENWES VILLAGE

Willie sê dat sy loopbaan eers werklik begin het toe hy in 1992 as leerling Areabestuurder by John Deere begin werk het. ’n Bemarkingsbestuurderspos het hom in 1999 deel

Willie Dietrechsen:

Willie Dietrechsen

> TEKS: ANSONÉ VENTER

WILLIE (43), SENWES SE BESTUUR-DER: MEGANISASIE IS GEBORE EN GETOË IN HEIDELBERG (GAUTENG). NÁ SY SKOOLOPLEIDING (HY HET AANHOËR VOLKSKOOL HEIDELBERG GEMA-TRI KULEER) IS HY WEERMAG TOE.

van die Senwes span gemaak, maar aan die einde van 2001 het hy John Deere vir New Holland verruil. Hy spot dat dit die “skoolgeld” van die lewe was om Senwes te verlaat. Sedert 1 Februarie 2004 is Willie weer terug by Senwes as Bemarkingsbestuurder, waarna hy op 1 Augustus 2011 tot Bestuurder: Meganisasie bevorder is.

As Meganisasiebestuurder is hy verantwoordelik vir die totale afdeling wat bestaan uit heelwerktuie, onderdele, werkswinkels, tweedehandse heelwerktuie en die presisieboerdery-afdeling. Hy wil deur sy bestuurstyl bewys dat hy nie net “orders” uitdeel nie, maar saam trek en as deel van ’n span enige uitdaging kan aandurf. Hy gee sy personeel die vryheid om hulself uit te leef. Hulle werk ook as ’n span saam om foute reg te stel. S

“Daar is net een manier en dit is die John Deere manier”

Page 39: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

Jou antwoord op los kunsmis hantering met meerdoelige gebruik as:◘ Saadkar◘ Tapkar◘ Hopperwa (verwyder “auger”

en Hidrouliese pype met die losdraai van vier boute)

Die C5.8-1000 kraan het ‘n optel vermoë van 1 000 kg oor ‘n afstand van 5 m. Die kraan kan 360° roteer m.a.w

dit kan die produk 5 m ver, 8 m hoog en 360° hanteer.

Die C5.88-1vermoë van 1 00005 m. Die kraann k

dit t ka8 mm h

Page 40: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

38

SENWES Scenario<< >>

••• SENWES GRAINLINK

Gars is ’n veelsydige wintergraan wat geskik is vir verbouing onder ’n wye verskeidenheid van omgewingstoestande. Dit is redelik soutver-draag saam en kan floreer in baie droë, koue klimaatstoestande. Gars het baie gebruike, naamlik vir veevoer, voedsel en moutproduksie. As gevolg van die diverse groeiende gebiede vir gars en sy vele gebruike, wissel produksiepraktyke baie. In Suid-Afrika word die meeste gars onder kontrak vir moutproduksie aangeplant en word slegs dié deel wat nie vir moutgars kwalifiseer nie, vir veevoer aangewend. Die voergarsmark bied dus nog heelwat ontwikkelingsgeleenthede.

Produksiepraktyke vir moutgars is strenger as dié vir gars wat vir ander gebruike aangewend word as gevolg van die gehalte spesifikasies wat

Uitstekende garsproduksie

gedurende 2011 in Vaalhartsgebied

> TEKS: MARIANA PURNELL EN JACO VERMEULEN

VOLGENS ALLE AANDUIDINGS WAS 2011 ’N UITSTEKENDE SEISOEN VIR MOUTGARSPRODUKSIE IN DIE VAALHARTSGEBIED TEN OPSIGTE VAN AL DIE BELANGRIKSTE GRADERINGSVEREISTES. GRADERINGSDATA VAN 2011 BY DIE HARTSWATER 286, JAN KEMPDORP 287 EN MAGOGONG 288 SILO’S IS MET DIE VORIGE DRIE JAAR VERGELYK.

die broutegnologie vereis. Gars wat gebruik word vir moutgars moet voldoen aan spesifikasies vir ontkieming, kiemgrootte en gewig, graanstikstof en verskeie ander eienskappe. Gars vir vee- en menslike voedselgebruike het baie minder vereistes as moutgars.

Aspekte wat die opbrengs van gars bepaal, is die aantal are per oppervlakte, die aantal korrels per aar en die korrelgewig wat bepaal word deur skepelmassa (oftewel hektolitermassa/HLM). Strestoestande tydens sekere tye van die groeisiklus sal een of meer van hierdie opbrengskomponente negatief beïnvloed. Faktore wat die aantal are per oppervlakte affekteer, sluit in dié wat die aantal plante per oppervlakte en die aantal halms per plant direk beïnvloed. Die aantal plante en halms wat voorkom, word hoofsaaklik deur die temperatuur en stoelvermoë van die plant asook die plantdiepte bepaal. Die aantal plante per oppervlakte kan negatief beïnvloed word deur plantdigtheid, lae grondvog, versuipte gronde wat korsvorming veroorsaak, warm winters, onkruidkompetisie, insekte en siektes.

Die vermouters stel meestal in vetkorrels en die skepelmassa belang. ’n Vetkern bevat meer stysel en gee dus ’n hoër persentasie ekstraksie. Laasgenoemde produseer weer ’n groter hoeveel -heid bier uit ’n gegewe massa mout. By vermou-tingsgars moet meer as 70% van die gars verkieslik bo 2,5 mm in deursnit wees.

Ekstraksie-opbrengs is net so belangrik vir die brouer as wat garsopbrengs vir die produsent is. Eenvormigheid van pitgrootte dra by tot eenvormige ontkieming en dus hoër gehalte mout. Oor die alge-

Page 41: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

39

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

meen kan gars met ’n stikstofreeks van 1,5% - 2% deur vermouters gebruik word om aan brouers se behoeftes te voldoen. RESULTATE

TemperatuurDit was ’n relatief koue winter en gars het baie goed gestoel. Daar was deur die seisoen byna nooit be wolk te weer nie en weens die goeie straling kon translokasie van voedingstowwe baie goed plaasvind. Dit het daartoe gelei dat die stikstofvlakke relatief hoog was en die negatiewe korrelasie van stikstof en opbrengs nie vanjaar so duidelik was as in ander jare nie.

Die gemiddelde temperatuur was die afgelopeseisoen laer as in 2010 en gedurende die plant tyd en vroeë groeisiklus laer as die langtermynge middeld. Dit kon moontlik daartoe lei dat gars ontkieming enaanvanklike groei sonder enige stremming plaas-gevind het.

ReënvalDie meeste reënval het net voor die plantseisoen, April en Junie, voorgekom en klein hoeveelhede weer in November, wat ideaal is.

Gars word in die Vaalhartsgebied gewoonlik vroeg

Figuur 1: Gemiddelde temperature vir die 2011/2012- en 2010/2011-garsseisoen in vergelyking met die langtermyngemiddeld.

in Junie geplant, maar verlede jaar was dit effens later as gevolg van die laat reën en someroeste wat laat af is. Meeste gars was teen einde Junie geplant. Heelwat reën het voor die garsaanplantings en aan die begin in die planttyd geval, terwyl daar byna geen reën in die groeiseisoen was nie. Dit het gelei tot goeie straling wat uitstekende graanvulling tot gevolg gehad het. Tydens afdrogingstyd in November, toe pitte al redelik sagtedeeg tot hard begin word het, was daar weer klein hoeveelhede reën oor die hele gebied wat die stresrisiko tydens graanvulling verlaag het.

Relatiewe lae lugvog deur die groeiperiode hetdaartoe bygedra dat min Fusarium en ander swam-me voorgekom het. Soms het hoë dagtemperature van bo 32°C voorgekom; dit het swamontwikkeling belemmer, maar was van korte duur en het dus nie veroorsaak dat plante stremming verduur het nie. Net voor strooptyd was daar bewolkte weer en reën. Dit was egter nie lank bewolk nie en matiger temperature het voorgekom.

Die seisoen se reënval was tussen 4,5 mm en 9,5 mm bo die tien jaar gemiddelde. Die heersende temperature en reënval tydens die 2011-groeisiklus het tot baie goeie graanvul gelei met stadige afdroging met goeie stikstof, skepelmassa en

vervolg op bladsy 40

Dit was ’n relatief koue winter en gars het baie goed gestoel. Daar was deur die seisoen byna nooit bewolk te weer nie en weens die goeie straling kon translokasie van voedingstowwe baie goed plaasvind.

Page 42: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

40

SENWES Scenario<< >>

••• SENWES GRAINLINK

vervolg van bladsy 39

Uitstekende garsproduksie gedurende 2011 in Vaalhartsgebied

proteïene. Die na-are, wat gewoonlik nie getel word met oesskattings nie, het ook goeie graan gelewer wat gelei het tot hoër as verwagte opbrengste.

Figuur 2: Reënvalverspreiding soos gemeet by die Hartswater 286, Jan Kempdorp 287 en Magogong 288 silo’s gedurende die garsgroeisiklus.

Figuur 3: Reënvalverspreiding teenoor die langtermyngemiddeld toon dat die hele gebied bogemiddelde reënval ontvang het.

Figuur 4b: Die voorkoms van vetkorrels by die Hartswater 286, Jan Kempdorp 287 en Magogong 288 silo’s oor vier jaar toon uitstekende prestasie die afgelope seisoen.

Figuur 4a: Vergelyking van die voorkoms van vetkorrelsin die Vaalhartsgebied gedurende die 2011/2012-garsseisoen met die vorige drie jaar.

2008 2009 2010 2011

Baie materiaal was nog groen tydens strooptyd, terwyl pitte al droog was.

VetkorrelsDie gemiddelde voorkoms van vetkorrels oor die Vaalhartsgebied was hoër in 2011 as die vorige drie jaar en by die onderskeie silo’s was die voorkoms van vetkorrels die hoogste oor die vierjaar-periode. By Hartswater 286 het die vetkorrels nie veel verskil van die vorige seisoen nie, maar by Jan Kempdorp 287 en Magogong 288 was daar tussen 5% en 10% meer vetkorrels as die vorige jaar.

Ekstraksie-opbrengs is net so belangrik vir die brouer as wat garsopbrengs vir die produsent is. Vir vermouters is vetkorrels van belang aangesien ’n vetkern meer stysel bevat en dus ’n hoër persen-tasie ekstraksie gee. By vermoutingsgars moet meer as 70% van die gars verkieslik bo 2,5 mm in deursnit wees. Eenvormigheid van pitgrootte help in die verkryging van eenvormige ontkieming en dus hoër gehalte mout.

By Magogong 288 was die voorkoms van vet kor-rels die hoogste (91,24%) oor die vierjaar-perio de, met Jan Kempdorp 287 en Hartswater 286 wat onderskeidelik 90,66% en 88,198% vetkorrels gehad het. Die persentasie ontkiemingsenergie oor ’n 72 uur-periode was 99,1% en die ontkiemingskapasiteit byna 98,7%.

HektolitermassaDie gemiddelde hektolitermassa (HLM) oor die Vaalhartsgebied gedurende die afgelope seisoen

Page 43: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

41

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

TABEL 1: ONTKIEMING VAN DIE 2011/12-SEISOEN SE GARS.

% Ontkiemings-

kapasiteit % Ontkiemingsenergie (4 ml)

Silonaam Silo Nr 96 h 24 h 48 h 72 h

Hartswater 286 98,33 84,7 97,3 99,2

Jan Kempdorp 287 98,9 87,3 98,3 99,0

Magogong 288 99,0 85,2 97,8 99,0

Gemiddeld 98,77 86,0 97,9 99,1

Figuur 5a: Vergelyking van hektolitermassa in dieVaalhartsgebied gedurende die 2011/2012-gars-seisoen met die vorige drie jaar.

Figuur 6a: Vergelyking van stikstof in die Vaalharts-gebied gedurende die 2011/2012-garsseisoen met die vorige drie jaar.

was 69; gemiddeld 3,5 meer as die vorige seisoen en heelwat hoër as die vorige drie jaar.

By die onderskeie silo’s was die voorkoms van vetkorrels die hoogste oor die vierjaar-periode. By al drie silo’s het die HLM van 2,5 tot 4 verskil van die vorige seisoen, wat aansienlik beter is as die gemiddeldes vir Hartswater 286, Jan Kempdorp 287 en Magogong 288 oor die vorige drie jaar.

Oor die vierjaar-periode is daar ’n verskil tussen die gemiddele HLM by die drie silo’s. Hartswater 286 toon die hoogste HLM (67,13), terwyl die HLM by Magogong 288 en Jan Kempdorp 287 onderskeidelik 66,69 en 65,93 is. StikstofHoë stikstof in 2011 kan toegeskryf word aan graanvulling met matiger temperature en goeie

Figuur 6b: Die voorkoms van stikstof by die Harts-water 286, Jan Kempdorp 287 en Magogong 288 silo’s oor vier jaar toon goeie prestasie die afgelope seisoen.

Figuur 5b: Die voorkoms van hektolitermassa by die Hartswater 286, Jan Kempdorp 287 en Magogong 288 silo’s oor vier jaar toon uitstekende prestasie die afgelope seisoen.

vervolg op bladsy 42

straling weens min bewolkte weer en laer siekte-druk. Gars met ’n stikstofreeks van 1,5% - 2% sal aan brouers se behoeftes voldoen. Die gemiddelde stikstof oor die Vaalhartsgebied gedurende die afgelope seisoen was 1,81. Die gemiddelde stikstof was hoër as die vorige seisoen, maar soortgelyk aan die vorige jaar.

By die onderskeie silo’s was die stikstofvlakke

2008 2009 2010 2011

Hartswater 286 Jan Kempdorp 287 2010

Page 44: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

42 ••• SENWES GRAINLINK

Vir verdere navrae kontak Mariana Purnell (Bestuurder: Spesiale Produkte, Senwes Grainlink) by (018) 464-7271 of 082 336 8534 en Jaco Vermeulen (Akkerbouer: Senwes Landboudienste, Vaalharts) (053) 474-9618 of 082 948 2557.

>>

soortgelyk aan 2009, die hoogste gemiddelde oor die vierjaar-periode. By al drie silo’s was die 2011-stikstof aansienlik beter as die vorige seisoen, veral by Jan Kempdorp 287 en Magogong 288. Oor die vierjaar-periode is daar geen verskil tussen die gemiddele stikstofinhoud van Hartswater 286 en Jan Kempdorp 287 nie; die gemiddelde waarde vir die twee silo’s is 1,77 terwyl die gemiddele stikstofinhoud vir Magogong 288 oor die vierjaar-periode 1,76 beloop.

Volgens alle aanduidings was die klimaats-toestande van 2011 ideaal vir moutgarsproduksie ten opsigte van al die belangrikste graderings-vereistes. Alhoewel die algehele resultate vir die seisoen baie goed was, was daar tog klein verskille tussen die vier jaar gemiddelde waardes van die onderskeie silo’s – Hartswater se hektolitermassa was die hoogste, Magogong se stikstof was die laagste, maar die voorkoms van vetkorrels die hoogste. S

Erkenning word gegee aan Burrie Erasmus (SAM) vir die temperatuurgrafiek, Suzanne Marshall van Senwes Landboudienste vir die reënvalkaart en Francois Breedt (Grainlink) vir die analise van graderingsdata.

vervolg van bladsy 41

Uitstekende garsproduksie gedurende 2011 in Vaalhartsgebied

Page 45: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

43

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

43

The Hans Renold Co. was established in 1879, which makes Renold the oldest established transmission chain company in the world that is still in existence today.

In 1880, Hans Renold Co. introduced the patented feature of the solid bush. This was the origin of the bush roller chain, the design of which is still used today throughout the world.

Through knowledge and experience, Renold remains, without exception, a leader in quality chains, having a proven track record for quality and precision from their SD to their world leader Synergy range of transmission chains.

Renold is recognised as the worldwide leader in chain products and has established manufacturing facilities across the globe. While most suppliers buy in their economy line of chains, Renold manufactures its own, ensuring constant

quality products giving constant performance.

With several of our SD range chains already being used in the farming industry with very positive feedback, we are excited to be part of a new initiative by Senwes to bring our product closer to you, the user. Renold SD transmission chain products will be available soon at your nearest Senwes Village. S

IF YOU ARE LOOKING FOR GOOD QUALITY PRODUCTS FROM A RELIABLE SUPPLIER FOR STANDARD DUTY (SD) CHAIN APPLICATIONS, LOOK FOR RENOLD SD, THE NEW BENCHMARK IN THE ECONOMY CHAIN CATEGORY.

qupe

chfafo

Renold is recognised as the worldwide leader in chain

products...

PROMOTIONAL ARTICLE: RENO LD SD •••

Leaders in chain products – At your Senwes Village soon

Page 46: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

44

SENWES Scenario<< >>

••• SENWES GRAINLINK

Die belangrikste produsente indie area (met die 2011/2012-produksiesyfers inhakies), is die Oekraïne (22,5 miljoen ton), Roe me-nië (10,1 miljoen ton), Hongarye (8,1 mil joen ton), Rusland (6,7miljoen ton) en Serwië (6,3 miljoen ton). Poland, Bulgarye, Slowakye, Moldowa en Belarus speel ’n kleiner rol.

Produksie in bogenoemde tien lande het met 95% gestyg oor die laaste tien jaar. Die Oekraïne neem die

> TEKS: THEO VENTER

DIE SWARTSEE-GEBIED IS BESIG OM SY REPUTASIE AS EUROPA SE BROODMANDJIE GESTAND TE DOEN. OOR DIE LAASTE TIEN JAAR HET MIELIEPRODUKSIE BYKANS VERDUBBEL EN DIE STREEK SE ROL IN DIE WÊRELDUITVOERMARK KAN MOEILIK MISGEKYK WORD.

voortou met produksie wat reeds meer as vyf keer die vlakke van tien jaar terug is. Hierdie seisoen sal hul selfs meer as Argentinië produseer. Rusland se suide ontgin ook sy potensiaal as mielie-area en teiken reeds 7 miljoen ton, vanaf slegs 808 000 ton tien jaar terug.

Die klimaat in die streek maak dit ideaal vir graanproduksie. Die Swartsee-gebied is op dieselfde lengtegraad as die VSA se Midweste geleë. Daar is ’n duidelike onderskeid tussen die vier seisoene en somer is ongeveer 120 dae tot 150 dae lank in die suide van die Oekraïne. Temperature wissel normaalweg tussen 25°C - 30°C in die somer, maar kan tot meer as 35°C in die suid-sentrale gebiede wees.

Die gemiddelde reënval wissel tussen die Karpa-tiese bergreeks en die vlaktes. Oor die algemeen val 600 mm - 700 mm per jaar, waarvan 350 mm- 400 mm in die somergraanproduksietydperk is (April tot Oktober). Een van die gebied se grootste vyande is egter wisselvallige weerpatrone. Einde verlede jaar het die Oekraïne onder droë toestande gebuk gegaan en tot die helfte van hul

Daar is nou sterker kompetisieInvoere:

Page 47: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

45

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

Grafiek 1: Mielieproduksie in die Swartsee-gebied.

wintergraanproduksie het in die slag gebly. Nog ’n groot struikelblok is die kwaliteit van

imple mente en toerusting. ’n Swak infrastruktuur en logistieke en opberging beperkings kniehalter ook graanproduksie.

Hierdie styging in produksie beteken ook dat uitvoere besig is om die hoogte in te skiet. Nor-maalweg het dié lande meestal aan Europa en die Midde-Ooste mielies voorsien, maar dié seisoen het Suid-Asië, Oos-Asië, Noord-Afrika, Ghana en

* 2012/2013 is ’n vooruitskatting * 2012/2013 is ’n vooruitskatting

Figuur 1: Die Swartsee-gebied.

Grafiek 2: Mielie-uitvoere uit die Swartsee-gebied.

“Die Oekraïne neem die voortou met produksie wat reeds meer as vyf keer die vlakke van tien jaar terug is.”

selfs Suid-Afrika gesmul aan hul mielies. Die Oekraïne se uitvoere kan soveel as 14 miljoen

ton vir die seisoen beloop. Afhangende van die om-vang van die skade in Argentinië, kan die Oekraïne dus hierdie seisoen die wêreld se tweede grootste mielie-uitvoerder wees.

Suid-Afrika het ook gedeel in die uitvoere uit die gebied. In die verlede het Suid-Afrika se geelmielie-invoere meestal uit Suid-Amerika gekom. Mielies

vervolg op bladsy 46

Page 48: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

46

Dis mos die keuse!

DEKALB® – Dis mos mielies!™

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.zaKliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].

Ons witmielies lyk goed op papier en nóg beter op die land.

®

van BASF

Hoë opbrengspotensiaal StabiliteitGoeie staanvermoëBesproeiing

A06

309/

SS

WitmieliesWitmieliesWitmielies

Nuut

DKC78-15BDKC78-45BR GENDKC78-35RDKC77-61BDKC77-85B GENDKC79-05

Net Abacus® van BASF gee AgCelenceTM. Vir meer inligting oor Abacus®, SMS* die woord “ABACUS12”, jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50. BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: [email protected]. Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

vervolg van bladsy 45

Invoere: Daar is nou sterker kompetisie

••• SENWES GRAINLINK

Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ’n e-pos na [email protected].

>>

uit die Swartsee was egter tot $20/ton goedkoper as Argentynse mielies teen die einde van 2011. Mielies uit Argentinië het ook nie aan al Suid-Afrika se GMO- regulasies voldoen nie. Argentynse mielies sou bo dié van die Swartsee verkies word, aan-gesien daar nog vrae is oor die kwaliteit van Swartsee-mielies.

Met die afskop van die seisoen was dit amper ondenkbaar dat Suid-Afrika mielies sou invoer. Die oesskatting was egter aanvanklik meer as 11,0 miljoen ton en het maar op 10,360 miljoen ton geëindig. Die kapasiteit van uitvoere was aanvanklik onderskat en rondom die 2,0 miljoen ton verwag. Dit sal egter dié seisoen naby aan die 2,4 miljoen ton merk afsluit.

Dit tel dus op tot meer as ’n miljoen ton minder, waarop nie vroeër dié seisoen gereken is nie. Dit het dus invoere genoodsaak. Reken ook in dat hierdie seisoen laat afgeskop het, wat beteken dat Roemeense en Oekraïniese mielies plaaslike

voorraad moet dra tot die nuwe oes inkom. Die rol wat die Swartsee-gebied dus reeds die

seisoen gespeel het om die wêreld se hongerpyne te stil, is onmeetbaar. Die onbegrensde potensiaal vir graanproduksie om verder uit te brei sal hul rol as wêreldleier in die mieliemark net dieper en dieper laat wortel skiet. S

“Een van die gebied se grootste vyande is egter wisselvallige

weerpatrone.”

Page 49: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

47

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

Markomstandighede verander gedurig en 2012 is ’n jaar vol nuwe uitdagings, veral vir produsente – met laat reëns oor groot dele

> TEKS: GRAHAM LOTTERING, FANIE KRUGER, CAREL SCHEEPERS EN THEUNS SAAYMAN

SENWES IS ’N LANDBOUMAATSKAPPY WAT AL VIR MEER AS ’N HONDERD JAAR DIENS LEWER VIR PRODUSENTE WAT HUL GRAAN AAN DIE MAATSKAPPY TOEVERTROU EN MET DIE SUID-AFRIKAANSE PRODUSENT WAT WELBEKEND IS AS EEN WAT MET DIE RES VAN DIE WÊRELD VERGELYK KAN WORD WAT KENNIS EN DEURSETTINGSVERMOË AANBETREF, IS HIERDIE GESAMENTLIK ’N ONGEËWENAARDE VENNOOTSKAP.

van die produksiegebied is daar derhalwe heelwat negatiewe voorspellings oor opbrengste.

Daar word dus gereeld gevra of dit die moeite werd is om graan aan Senwes te lewer. Die ant-woord is sonder twyfel, ja. Senwes verskaf aan graanprodusente toegang tot 69 silo’s met ’n totale bergingskapasiteit van 4,5 miljoen ton en wat goed verspreid is oor die sentrale graanproduserende gebied van ons land.

Graanbestuur is nie net nog ’n werk vir Grainlink personeel nie en vir elke werknemer is die veilige opberging van graan ’n leefwyse. Grainlink beskik oor graanspesialiste wat gesamentlik meer as ’n honderd jaar se ondervinding in die hantering en opberging van graan het en bied aan die verbruiker van silodienste die gemoedsrus dat die graan wat geberg word, van dieselfde gehalte is as die graan wat aan Grainlink toevertrou is.

Grainlink se personeel is dinamies, goed opgeleien gefokus op dienslewering. Verskillende opknap -pings kursusse by geakkrediteerde eksterne instan-sies in alle graankommoditeite word ondergaan voor die oesseisoen begin om silopersoneel op hoogte te

vervolg op bladsy 48

Waarom moet ek my graan by Senwes Grainlink lewer?Waarom moet ek my graan by Senwes Grainlink lewer?

Page 50: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

48

SENWES Scenario<< >>

••• SENWES GRAINLINK48

Die artikel is saamgestel deur Senwes Grainlink Streeksbestuurders. Vir meer inligting, kan jy hulle skakel by Theuns Saayman (083 375 5061), Carel Scheepers (083 469 9701), Fanie Kruger (083 273 7814) en Graham Lottering (079 883 7503).

>>

hou van al die nuutste graderingsregulasies. Grainlink weet dat jy as produsent wil fokus

op die stroop en bemarking van die verskillende kommoditeite en verstaan dat aflaaitempo vir jou belangrik is. Die silo’s word reeds voor die oes bedryfsgereed gemaak om te verseker dat die hoogste moontlike aflaaitempo gehandhaaf kan word om aan jou behoeftes te voldoen. Indien die behoefte van verlengde ure met die silobestuurder bespreek word om graan te ontvang, sal jy vind dat dit deel is van Grainlink se diens.

Tegnologie word ingespan en verseker dat die mees akkurate gradering gedoen word sodat graderingsregulasies asook kwaliteitstandaarde gehandhaaf word. Graderingsapparate word daagliks gekontroleer deur van geverifieerde kontrolemonsters gebruik te maak. Massameters word deur ’n buite-instansie volgens die wetlike voorskrifte gesertifiseer en word op ’n gereelde basis nagegaan om die korrektheid te verseker.

en voldoen aan HACCP standaarde wat verseker dat uitvoere vanaf hierdie silo’s kan realiseer. Dit het weer ’n positiewe invloed op die prys vir die Suid-Afrikaanse graanprodusent.

Verskeie produsente het die behoefte uitgespreek vir plaaslaai-transaksies. Indien dit prakties geregverdig is en dit vir beide partye besigheidsin maak, kan Senwes Grainlink reël om in so ’n geval, die graan aan te ry na die betrokke silo’s.

Dit is belangrik vir die produsent om te weet dat wanneer hy die graan by die silo gelewer het en die graan verkoop word deur Senwes, die produsent die voordeel van sy harde werk sal geniet. Gewaarborgde elektroniese uitbetaling geskied binne twee werksdae onderhewig aan die finansiële instansie se oorplasingskriteria.

’n Gevestigde infrastruktuur verseker dat Senwes Grainlink se dinamiese personeel naby die produsent beweeg. Dit gee ons die geleentheid om persoonlike besigheidsverhoudings op te bou met die produsente in elke silogebied wat verseker dat silopersoneel die behoeftes en uitdagings van die produsent verstaan.

Ons glo dat, indien dit met die Suid-Afrikaanse produsent en veral die Senwes produsent goed gaan, dit goed gaan met Senwes en dus is die produsent se belange ook Senwes se belange. S

vervolg van bladsy 47

Waarom moet ek my graanby Senwes Grainlink lewer?

“Grainlink weet dat jy as produsent wil fokus op die stroop en bemarking

van die verskillende kommoditeite en verstaan dat aflaaitempo vir jou

belangrik is.”

Senwes lewer by die meeste silo’s addisionele dienste soos die skoonmaak en droging van graan. Hierdie skoonmaakdiens verseker dat graan wel aan die graderingsregulasies voldoen volgens die spesifieke kriteria en volgens die behoefte van die koper. Die produsent wat van die geleentheid gebruik maak om graan te droog, kan graan vroeër in die mark lewer, wat ’n prysvoordeel kan inhou. Deurlugting is ook by menige silo’s geïnstalleer om die silo se kapasiteit om nat graan te kan hanteer, te verhoog sodat meer produsente hierdie diens kan benut.

Daar is besluit dat mielies by alle silo’s tot op 14,5% ontvang sal word en by silo’s met drogingsfasiliteite sal daar geen drogingskoste vir mielies tot op 15% en soja tot op 13,5% wees nie. Graan met ’n hoër voginhoud word ontvang teen ’n drogingskoste soos in die tariefdokument vervat. Die meeste Senwes silo’s is geregistreer op Safex

69

4,5 miljoen ton

DIE HOEVEELHEID SENWES SILO’S WAAR PRODUSENTE HULLE GRAAN KAN LEWER

DIE TOTALE BERGINGSKAPASITEIT VAN DIE SENWES SILO’S.

69

Page 51: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,
Page 52: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

Babsie Greyling, wat voorheen Hulpsilobestuurder op Potchefstroom was, is bevorder tot Silobestuurder by Heuningspruit silo.

Danie Blignaut, die vorige Silobestuurder op Kroon-stad het 31 Desember verlede jaar afgetree. Hannes Brits wat voorheen die silo op Heuningspruit bestuur het, is nou in Danie se plek.

Jurie Maree wat voorheen Assistent Silobestuurder op Bultfontein was, is bevorder tot die Bestuurder van Protespan se silo. S

50 ••• SENWES GRAINLINK

Monsanto-produkte en -tegnologie het nog altyd bygedra tot jou sukses. Soos ons chemiese produkte, ons gevorderde katoen-, groente- en mieliesaad, ons biotegnologie. Ons wil deel wees van jou besigheid en die toekoms met sy vele uitdagings saam met jou aanpak. Uitdagings soos volhoubare landbou saam met uitstekende diens, kwaliteit produkte en rotsvaste waardes.

Jy kan op Monsanto vertrou ... vir jóú sukses.

Meer oor Monsanto MaatskappyMonsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings en landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto is daarop gefokus om die kleinboere sowel as die grootskaalse boere by te staan om meer uit hul grond te kry terwyl hul toenemend die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, bewaar.

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].

Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter® by www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook® by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed.

ieeieiesesesesee eeeeeeeeeeeeelllllll

dddagagagininingsgsgs waaarardedes.s.

singsngs en en ene aantonto is roroond nd nd tete

nsanto.com.m.

ter® by

uppe

mar

keti

ng A

0663

2SS

BUCKINGHAM KRY NUWE

SILOBESTUURDERLouis Robbertse is onlangs bevorder

van Silobestuurder by Vredefort silo na

Bestuurder by Buckingham, wat ’n groter silo is.

Theuns Botha is vanaf Februarie 2012 aan die stuur van sake van die nuut geskepte Afrika uitvoere-pos. Afrika-uitvoere behels nie net graan nie, maar sluit onder andere meganisasie in. Dit sal aan Senwes die nodige akkreditasie verleen wat in Afrika-lande verlang word.Theuns het in Mei 2008 vir Senwes begin werk. Hy was voorheen die Bestuurder van Ventersdorp Village asook die Be -stuurder van die Vereeniging Village.

Nuwe pos: Afrika-uitvoere

Sku

iwe

S

S

Page 53: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

51

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

Ontmoet Senwes se streeksbestuurders

Fanie Kruger (Streek 1)Graham Lottering (Streek 2)

Carel Scheepers (Streek 3) Theuns Saayman (Streek 4)

Page 54: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

52

SENWES Scenario<< >>

52 ••• PROMOTIONAL ARTICLE: JOHN DEERE

Elmarie Schoeman is the Editor of Senwes Scenario. For more information, she can be contacted at (018) 468-2716 or [email protected].

>>

John Deere celebrates its 175th birthday this year. Groundbreaking technology has been priority since John Deere founded this com-pany in 1837. As the company continues to mature and grow, their employees and dealers endeavour to demonstrate these values in their actions every day. Some of these employees gave detailed brief-ings of the machines and demonstrated some new features to an estimated 700 guests who attended the launch each day.

The gigantic warehouse, to the value of R150 million, that will be built in Gauteng close to the OR Tambo International Airport, was also discussed dur-ing the launch. S

Happy birthday John Deere!

> TEXT: ELMARIE SCHOEMAN

THE “LADIES PARADING THEIR STUFF DOWN THE RUNWAY” AS PAUL ROTH-MAN, MASTER OF CEREMONIES, CHARMINGLY INTRODUCED THEM, WERE THE RIDE-ON MOWERS, GATORS, SUGAR CANE IMPLEMENTS, HAY AND FORAGE IMPLEMENTS AND SPECIALITY CROPS IMPLEMENTS SHOWCASED DURING THE JOHN DEERE PRODUCT LAUNCH HELD AT GALLAGHER ESTATE IN MIDRAND FROM 29 FEBRUARY TO 2 MARCH 2012.

E

Hans van Rensburg (Bronk-

horstspruit) and James

Dougal (Del-mas).

Ready, steady, mow!

The 6100D tractor during the presentation.

The 3520 Sugarcane harvester.

Eduard Gerber (Bethlehem), DJ Vosloo, Hennie Hat-tingh and Kallie Venter, all three from Trelleborg.

Page 55: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,
Page 56: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

54

<< >>

54 ••• DRUPPELS OP DIE DAK

In die meegaande figuur word daar aangedui dat die grootste gedeelte van die Senwes bedieningsgebied meer as 150 mm minder reën vir die seisoen ontvang het as die langtermyngemiddeld vir die periode Julie 2011

tot Februarie 2012. Dit is veral die westelike gedeelte van die bedieningsgebied wat

aansienlik minder reën hierdie seisoen ontvang het. Die vorige seisoen

het die grootste gedeelte van die bedieningsgebied

meer as 350 mm meer as die

> TEKS: THYS GROBBELAAR

DIE 2011/2012-PRODUKSIESEISOEN HET HEEL ANDERS UITGEDRAAI ASWAT DIE VERNAAMSTE WEERVOOR-SPELLINGSDIENSTE VOORSIEN HET. DIE MEESTE VOORSPELLINGSDIENSTE HET BOGEMIDDELDE REËN VIR VERAL DIE NAJAAR VOORSPEL. OP HIERDIE STADIUM HET BEIDE JANUARIE EN FEBRUARIE MINDER REËN ONTVANG AS DIE LANGTERMYN GEMIDDELDE REËNVAL VIR DIE BETROKKE TWEE MAANDE.

’n Seisoen wat anders uitgedraai het as wat verwag is

SENWES Scenario

langtermyn gemiddelde reënval ontvang. Die grootste gedeelte van die Senwes bedieningsgebied het met baie goeie ondergrondse vog begin waarby baie mielies gebaat het.

Februarie was wel ’n natter maand in vergelyking met die voorafgaande Januarie, maar steeds het die grootste gedeelte van die gebied minder as die langtermyn gemiddelde reën ontvang. Die gebied rondom Hartbeesfontein en Brandfort het baie min reën ontvang en die meeste mielies kry baie swaar

Figuur 1: Werklike reënval vir Julie 2011 tot Februarie 2012 versus die langtermyn gemiddeld vir Julie 1999 tot Februarie 2011.

Figuur 2: Reënval: Werklike reënval vir Februarie 2012 versus die langtermyn gemiddeld vir Februarie 1999-2011

www.senwes.co.za • April 2012

Page 57: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

55

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

Figuur 3: Hier word die tipiese tropiese depressie in die Mosambiekkanaal aangedui.

Grafiek 1: Die gemiddelde maand SOI-indeks.

DRUPPELS OP DIE DAK •••

onder dié omstan dighede. Opbrengsverliese weens die droogte word reeds waargeneem. Waar winteronkruide nie beheer was nie, het vogstremming sommer vroeg in die seisoen voorgekom.

Een van die aanleidende oorsake vir die laer as verwagte reënval, was die klimatologiese situasie in die Mosambiekkanaal. Vir die grootste deel van die seisoen het óf tropiese depressies óf tropiese siklone in die kanaal voorgekom. Dit het tot gevolg dat die vog van die trope “getrek” word na die sterk laagdrukstelsels. Min vog het dus afbeweeg na die suidpunt van Afrika. Dit het tot uitermatige wisselvallige reën in die binneland gelei. Nie een plek het dieselfde reën ontvang nie.

Die potensiaal van die mielies is in die meeste gebiede baie wisselvallig. Met die skryf van die artikel kom ’n tropiese sikloon, Irina, oor KwaZulu-Natal voor en baie warm en droë toestande heers in die binneland. Opbrengsverliese kom sodoende in verskeie distrikte voor. In Figuur 3 word die tipiese tropiese depressie in die Mosambiekkanaal aangedui. Wat die uiteindelike gevolg gaan wees sal ons eers later weet. ’n Mens hoop net nie dat dit ’n soortgelyke gevolg as die 1983/1984-seisoen se tropiese sikloon, Demoina, gaan hê nie. Dié betrokke seisoen was die gemiddelde landsmielieopbrengs slegs 0,99 ton per hektaar.

Die SOI-indeks wat gebruik word om ’n seisoen as ’n La Niña of El Niño te klassifiseer, het hierdie seisoen sterk positief begin. Dit is normaalweg ’n aanduiding dat dit ’n La Niña-tipe seisoen gaan wees. Dié tipe seisoen word gewoonlik geken aan lentereën wat laat voorkom en ’n seisoen waar dit bogemiddeld reën. Soos reeds vermeld het die sterk laagdrukstelsels in die Mosambiekkanaal hierdie

seisoen die kanse vir reën oor die binneland beperk. Die SOI-indeks het vanaf begin Januarie drasties begin daal en is tans amper nul, of neutraal. Dit dui aan dat die seisoen van ’n La Niña-tipe seisoen na ’n neutrale tipe seisoen verander het. Die vorige seisoen was die SOI-indeks vir lank baie sterk positief met gevolglike baie goeie reën oor die hele somerreënvalgebied.

Die artikel en figure is saamgestel deur Thys Grobbelaar (Senior Graananalis: Senwes Grainlink). Skakel hom by (018) 464-7385.

>>

OPSOMMING EN GEVOLGTREKKINGHierdie seisoen het weer vir ons gewys dat ons poging om langertermynvoorspellings te doen, nog veel te wense oorlaat. Om die SOI-indeks as sodanig te gebruik om seisoensvoorspellings te doen, het ook bewys dat dit nie so betroubaar is as wat ons gedink het nie. Die baie nat najaar wat voorspel was, het nog nie gekom nie. Vanjaar het die oorgedraagde grondvog van die vorige seisoen die oes in die grootste gedeelte van die Vrystaat gered. Gebiede wat nie oor die watertafelgronde beskik nie, se mielies het al in die meeste gevalle reeds opbrengsverliese ondervind. Daar is sekere distrikte wat vanjaar baie droog is, met ondergemiddelde opbrengste. S

Page 58: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

56

SENWES Scenario<< >>

••• TRUSTS

Daar is gekyk na die voordele daarvan om jou bates in ’n trust te sit, watter bates jy in ’n trust behoort te sit, watter partye by ’n trust betrokke is, hoe jy te werk moet gaan om jou bates in ’n trust te kry en die koste daaraan verbonde. Sanlam beantwoord hier nog vrae oor trusts:

1. BETAAL ’N TRUST MEER INKOMSTE- BELAS TING EN KAPITAALWINS-BELASTING AS ’N INDIVIDU?Inkomstebelasting van 40% word deur ’n trustbetaal, maar dit is net op die inkomste wat dietrust nie uitkeer of uitbetaal aan ’n trustinkomste -begunstigde nie. Indien die trust die inkomste uitkeer aan ’n begunstigde, betaal die begunstigde die inkomstebelasting daarop volgens sy of haar marginale koers. ’n Trust betaal op 50% van die kapitale wins KWB teen ’n koers van 40%, terwyl ’n individu op 25% van die wins KWB betaal teen sy/haar marginale koers. Indien die trust egter die wins afwentel na die kapitaalbegunstigdes, is die wins belasbaar in die hande van die ontvanger van die kapitale wins en wel 25% van die wins teen sy/haar marginale koers. Indien die kapitale wins aan ’n kapitale begunstigde toegeken word, maar dit word nie

IN DIE ARTIKEL: GEBRUIK ’N FAMILIE-TRUST AS BOEDELBEPLANNING-INSTRUMENT, IN DIE VORIGE UITGAWEVAN SENWES SCENARIO, IS BOEDEL-BEPLANNING BESPREEK.

Hoe gemaak met trusts?

aan sodanige begunstigde uitbetaal nie, dan is die trust die bedrag aan die begunstigde verskuldig op ’n leningsrekening en kan die begunstigde die trust enige dag versoek om die bedrag aan hom/haar uit te betaal.

2. INDIEN JY JOU PLAAS AAN ’N TRUST VERKOOP, MOET DIE TRUST JOU DAARVOOR BETAAL?

Daar is verskillende maniere hoe die koopsom aan die verkoper betaal kan word.

• Die trust het voldoende kontant en betaal die koopsom in kontant aan jou.

• Die trust het geen kontant nie en registreer ’n verband om die koopsom aan die verkoper te betaal.

• Die trust het geen kontant nie en skuld die koopsom aan jou op leningsrekening. Die doel van boedelbeplanning is dan ook om die leningsrekening so spoedig moontlik af te werk sodat die uitstaande leningsrekening nie ’n bate in jou boedel vorm nie.

Elke individu mag jaarliks R100 000 skenk aan wie hy of sy wil; dus kan jy jaarliks R100 000 van die leningsrekening skenk aan die trust, sodat die totale leningsrekening eventueel afgeskryf word. Indien jy sterf voor die leningsrekening totaal afgeskryf is, sal slegs die uitstaande balans ’n bate in jou boedel vorm. Die groei wat moontlik plaasgevind het in byvoorbeeld die waarde van die plaas, het egter niks met jou persoonlike boedel te doen nie.

Vir elke R100 000 wat jy aan die trust skenk, spaar jy R20 000 aan boedelbelasting. Jy kan ook van die leningsrekening aan jou gade skenk. Daar is geen skenkingsbelasting betaalbaar op skenkings tussen gades nie. Die voordeel van laasgenoemde aksie is dat jy onmiddellik jou belasbare boedel verklein met die bedrag van die skenking.

Wanneer ’n verskuldige bedrag verminder of kwytgeskeld word, kan dit KWB-implikasies vir

Huidige koers 2011/12

Voorgestelde koers 2012/13

Vir individue en spesiale trusts

25% 33,3%

Vir ander entiteite 50% 66,6%

TABEL 1: KBW-KOERSE KAN MOONTLIK WYSIG

Page 59: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

57TRUSTS •••

Is jou laaste testament werklik jou laaste wense?

Is ’n testament nie net vir ryk mense bedoel nie? Wie is ek veronderstel om te benoem as begunstigdes van my bates? Is my kinders oud genoeg om hul eie erflatings te hanteer? Hoe weet ek my testament is geldig? Wie kan ek vra om na my testament om te sien? Wie kan ek vertrou?

Gesels gerus met Sanlam Trust.

Tel: (021) 947 6363 of besoek www.sanlamtrust.co.za.

www.sanlam.co.zaGELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE

Trust

>>Ann Nel is die Nasionale Bestuurder: Testamente, Sanlam. Vir meer inligting, skakel haar by (021) 947-6354 of stuur ’n e-pos na [email protected].

die trust tot gevolg hê. Om hierdie probleem te vermy, moet jy sorg dat die skenking gemaak word nadat die trust reeds ’n kontantbetaling aan jou gemaak het ten opsigte van die leningsrekening of alternatiewelik moet jy ’n kontantbedrag van R100 000/R200 000 skenk aan die trust en dan maak die trust ’n kontantterugbetaling ten opsigte van die leningsrekening aan jou. Indien jy gemelde roete volg in die “afwerk” van die leningsrekening, behoort daar geen KWB betaalbaar te wees nie.

Die R100 000 skenking van die lenings reke-ning, moet in jou persoonlike belasting opgawe getoon word.

3. AS JY JOU PLAAS AAN ’N TRUST VERKOOP, BETEKEN DIT JY MOET NOU IN DIE TRUST BOER?

Nee. Jy kan in jou eie naam boer en die plaas by die trust huur, of jy kan in ’n maatskappy of BK boer en die maatskappy of BK huur dan die plaas by die trust. Om te besluit in watter entiteit jy moet boer, hang alles af van wat die belastingvoordeligste sal wees.

4. INDIEN JY JOU PLAAS AAN ’N TRUST VERKOOP, KAN JY DIT WEER UIT DIE TRUST TERUGKRY?

Ja, indien dit toegeken word aan ’n begunstigde

wat binne die derde graad verwant is aan die oprigter, is daar geen hereregte betaalbaar, mits die begunstigde geen vergoeding vir die plaas betaal nie. Die uitkering, toekenning en vestiging van ’n bate aan ’n trustbegunstigde is ’n KWB-gebeurtenis en indien daar enige kapitale groei in die bate plaasgevind het, sal daar KWB betaalbaar wees.

Indien daar meerdere begunstigdes in die trust is, byvoorbeeld twee dogters en een seun en die bedoeling is dat die seun met die boerdery moet aangaan, is dit uit ’n koste-oogpunt meer voordelig om die plaas in die trust te los met die seun en sy afstammelinge as die enigste begunstigdes. Vestig liewers ander bates in die dogters en bepaal dan by wyse van ’n resolusie dat die dogters geen verdere voordele uit die trust sal ontvang nie.

5. KAN JY BEGUNSTIGDES BYVOEG OF WEGHAAL?

Ja, mits die trustakte voorsiening maak dat die akte gewysig mag word en dat begunstigdes gewysig mag word en ook mits geen bates reeds in die begunstigdes gevestig is nie. S

Page 60: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

58

SENWES Scenario<< >>

••• AGRI-WENKE

Kry jou strooptoerusting gereed vir sonneblom-oes

1. JanDirk Engelbrecht2. Johan du Toit3. Castuff Sekgala

4. Jacques Odendaal5. Izak du Plessis6. Gerrit Oosthuizen

1.

2.

3.

4.

5.

6.

Kry dus jou strooptoerusting gereed of reël vroegtydig met kontrakteurs vir die oes van sonneblom. Grondvogtoestande, tipe onkruid asook onkruiddruk sal bepaal of die lande direk ná die oesproses meganies bewerk moet word. Oorweeg om ’n glifosaatbespuiting te doen as alternatief vir ’n meganiese bewerkingsaksie.

Die meeste mielies behoort nou fisiologiese rypheid bereik het en ’n meer akkurate oesskatting kan gevolglik uitgevoer word. Jou eie oesskatting is ’n handige instrument wat kan help met ’n bemarkingstrategie en kan gebruik word as indikator van die hoeveelheid graan wat voor die oestyd bemark kan word.

Wees versigtig om nie oor-optimisties te wees wat verwagte graanopbrengs en -prysvlakke aanbetref nie. Om té konserwatief te wees, het ook

DIT HET EERS LAAT OOR DIE GROOTSTE GEDEELTE VAN DIE SENWES PRODUKSIEGEBIED BEGIN REËN, MET DIE GEVOLG DAT DAAR MIN VROEË SONNEBLOM IS WAT VOOR APRIL GEOES KAN WORD.

sy nadeel, omrede dit maklik kan gebeur dat jy “te veilig wil speel’’ en dan heel moontlik nie kan deel in goeie graanpryse nie.

Elkeen se finansiële situasie verskil en diegene wat teen hierdie tyd nog nie graan geprys het nie, moet die risiko en die moontlike negatiewe effek daarvan opweeg teenoor die moontlike voordele.

Die temperature begin daal vanaf einde April, wat ’n aanduiding is dat die somer einde se kant toe staan. Die waarskynlikheid vir reën neem af vanaf middel-April. Stel ondersoek in na die grondvogtoestande van die lande wat vir koring beoog word. Koring maak grootliks staat op die opgegaarde grondvog vir groei en graanproduksie en die belangrikheid van goeie onkruidbeheer op oorlêlande kan nie oorbeklemtoon word nie.

Gronde wat nie oor voldoende grondvog met planttyd beskik nie, hou risiko in aangesien reën gedurende die vroeë lente (Augustus/September) nie ’n gegewe is nie. As alternatief tot koringproduksie kan die verbouing van vroeë sonneblom (September/Oktober) oorweeg word. Koringplanttyd begin in Mei en dus moet die koringplanttoerusting betyds in orde gekry word.

• As gevolg van die relatiewe droë afgelope somerseisoen – veral in die Wes-en Suid-Vrystaat – is daar nog koringgronde wat moet reën kry voordat daar geplant kan word.

• Maak seker dat daar genoegsame vog/water in die grond is. Boor met ’n handgrondboor en kyk self of kry een van Senwes se landboukundiges en laat hulle met ’n neutronvogmeter die

>> GRONDKUNDE

nodige lesings kom neem en presies bepaal hoeveel water in die grond is.

• Indien daar lande is waar jy nie sekerheid het rakende die hektaargroottes nie, kan Senwes se grondtegnoloë dit opmeet met ’n DGPS en daarna ’n GPS-lugfotokaart saamstel. So word risiko’s verminder. Die ou gesegde lui: “Om te meet is om te weet”.

“Wees versigtig om nie oor-optimisties te wees wat verwagte

graanopbrengs en -prysvlakke aanbetref nie.”

Page 61: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

59

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

AGRI-WENKE •••

Dié artikel is saamgestel deur Johan du Toit, Gerrit Oosthui-zen, Izak du Plessis, Castuff Sekgala, Jacques Odendaal en JanDirk Engelbrecht (Senwes Landboudienste). Skakel hulle by (018) 464-7604 vir meer inligting.

>>

Hierdie winter gaan daar waarskynlik vroeg reeds voertekorte ontstaan. Indien dit op jou plaas die geval is, verkoop vroegtydig onproduktiewe diere en koop genoeg voer aan.

LANDBOU-EKONOMIE• Indien die boerderyonderneming uitgebrei of ’n

addisionele kapitale belegging gemaak wil word, moet dit aan die winsgewendste vertakking bestee word.

• Die finansieringstermyn (terugbetaalvermoë) moet ooreenstem met die bruikbaarheidsleeftyd van die gefinansierde bate.

• Belê eerder in produktiewe, as nie-produktiewe bates, byvoorbeeld vee, grond, produksiemiddele.

• Nuwe produksiemetodes moet eers op kleinskaal beproef word ten einde tegniese en ekonomiese probleme wat ontstaan te evalueer.

• Grootskaalse kapitaalbesteding moet eers plaasvind nadat die vertakking dit bewys het en die besteding regverdig. S

VAALHARTS-BESPROEIINGSKEMA

Grasbeheer in lusern:Lusernprodusente kry dikwels wisselende welslae wanneer daar grasbeheer in lusern toegepas word. Dié aksie vind gewoonlik in die mid- tot nasomer plaas wanneer gras vanaf Januarie aktief begin groei.

Die vernaamste redes vir die wisselvallige werking van onkruiddoders is as volg:• Grasse word te groot, voordat daar met beheer

begin word en aanbevole dosisse is gewoonlik vir kleiner grasse.

• Die gras moet ook nie onder vogstremming wees wanneer beheer plaasvind nie, want dit neem dan die gifstowwe ook moeiliker op.

• Die gras moet ook ná ’n snysel eers genoeg blaaroppervlak kry (hergroei), voordat beheer toegepas word.

• Beter grasbeheer word verkry indien groter hoe-veelhede water tydens toediening gebruik word.

Aanbeveling Spuit onkruiddoder ongeveer ’n week tot 10 dae ná vorige snit verwyder en besproei is en hergroei voldoende was (vir redelike blaaroppervlakte). Gebruik dan ook die onkruiddoder tesame met ongeveer 200 liter tot 300 liter water per hektaar vir deeglike benatting. By sommige produkte moet daar verkieslik benatters bygevoeg word, maar kontak gerus met jou chemiese verteenwoordiger hieroor.Produkte wat geredelik en met goeie sukses gebruik word, is byvoorbeeld: Gallant Super (haloxyfop-R-methyl), 1 tot 1,5 liter per hektaar afhangende van die grootte van grasse; Pantera (quizalofop-P-tefuryl), 1,5 liter per hektaar en Focus Ultra (cycloxydim), 1,7 liter per hektaar.

DIEREPRODUKSIERat jouself vir die winterentings:• Brucelose: Alle verse jonger as agt maande.• Lam- en miltsiekte: alle diere• Clostridiums: alle diere

Dit is nou ’n goeie tyd om oor te skakel na ’n oor-gangs lek. Die veldkwaliteit is besig om vinnig te verswak soos wat grasse reserwes in die wortels stoor. ’n Fosfaatlek met ’n bietjie proteïene in sal die ding doen, totdat oorgeskakel moet word na winterlekke toe.

Afhangende van wanneer die bulle uit is, kan dragtigheidsondersoeke vanaf einde April en Mei gedoen word.

“Die veldkwaliteit is besig om vinnig te verswak soos wat grasse reserwes in die wortels stoor.”

Page 62: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

60

SENWES Scenario<< >>

60

SENWES Scenario

60 ••• DEVELOPING AGRICULTURE

The production plan provides a detailed description of the activities that would be required to attain set goals. The enterprise budget is a quantification of the production plan, which links monetary values to the plan and indicates the feasi-bility thereof.

Production planning is a scientific process that could be defined as the determination of those future activities that are required to attain the pro-ducer’s objectives. It creates a chronological frame-work for the future implementation and control of various production factors to attain specific farming objectives.

A production plan represents a specific way of combining resources to produce a certain quantity and mix of agricultural products. Resources should be correctly combined and applied in the correct quantities, at the right time, if the desired produc-tion is to be achieved. Such planning may pertain to an individual enterprise such as maize produc-tion, or apply to the farming business as a whole.

Detailed planning is essential as there are many risks and uncertainties associated with farming. These risks and uncertainties, so typical of agricul-tural production and marketing, are the very reasons why meaningful planning is imperative.

BENEFITS OF PRODUCTION PLANNING • It highlights the purpose for which various activi-

ties are to be undertaken.• The more accurate and detailed the production

plan is, the higher the relevancy of the enterprise budget.

• It makes objectives more clear and specific by serving as a communication tool.

• It focuses the attention of employees on the objectives or goals of enterprise.

Enterprise production planning

and its significance

> TEXT: JULIUS RAMOHLABI

THERE IS A VERY CLOSE RELATIONSHIP BETWEEN THE PRODUCTION PLAN AND THE ENTERPRISE BUDGET.

• The production plan provides a guide to a farming business.

• It compels managers to prepare a blue-print of the courses of action to be followed for the ac-complishment of objectives.

When compiling a production plan it is important to start by doing thorough resource evaluation to be able to select the best fields for crop production. Once the resource evaluation has been done, a de-cision has to be made on what is to be planted on the best soil and marginal soil. From there the pro-ducer will have to draft a detailed production plan. As soon as the production plan has been drafted, an enterprise budget should be drawn to determine whether it is financially feasible to carry on with the envisaged crop.

When compiling an enterprise budget, a producer needs to know the price per unit and quantities of inputs to arrive at the correct values per hectare.The decision whether to execute the production plan must be made by consulting the enterprise budget’s margins, breakeven hectares and price in order to determine the feasibility of intended activities and objectives.

IMPLEMENTATION OF PRODUCTION PLAN As one moves from creating the plan to implement-ing activities, it is important to communicate the plan to employees at all levels of the farm. Com-municating the goals and objectives, timeframes, expectations and roles and responsibilities within the team, creates clarity among employees, and focuses efforts towards the common aim of properly implementing the production plan.

In the plan there should be a proper schedule that illustrates in detail when to perform a certain action and by whom those actions will be per-formed. The plan should clearly illustrate the quanti-ties of seed, fertiliser, diesel, etc. that should be ap-plied per hectare. The producer needs to ascertain that the production plan is correctly implemented to avoid any deviation and should make sure that all inputs required are procured in time.

The plan should make provision on who should calibrate the planter and other equipment to ensure

Page 63: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

61

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

616611616116616161DEVELOPING AGRICULTURE •••

Julias Ramohlabi is an Agronomist at Senwes Developing Agriculture. For more information on this article or the refer-ences used, send an email to [email protected] or contact him on (018) 464-7156 or 083 314 7579.

>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>

that the prescribed quantities are accurately ap-plied. Deviations from applying prescribed quanti-ties as stipulated in the production plan will have a negative effect on the budget, which could lead to insufficient funds and a failure to execute the pro-duction plan.

Once the decision to implement the production plan has been made, the producer needs to decide which activities are going to be outsourced and which will be performed by the producer himself. This can be achieved by creating a mechanisation plan. It is important to ensure that the contractor’s costs for the outsourced activities do not negatively influence the viability of the enterprise. In order to avoid implementation delays, the producer needs to ensure that the potential contractor has sufficient capacity to carry the load and there should be a clear contract in place.

CONTROL The manager’s control function involves measuring performance and correcting deviations from expect-ed behaviour to ensure that the plan is carried out. The producer should supervise and control activities to prevent plans from going awry.

PLANNING IS IMPERATIVEWithout careful planning of farming operation activi-ties, the producer will have no idea of what is hap-pening on the farm at any given time. Consequently he/she will have difficulties when executing produc-tion activities.

A production plan is vital when creating an en-terprise budget. The budget links monetary values

ENTERPRISE BUDGET

PRODUCTION PLANNINGto the production inputs and is used to determine the feasibility of the plan. If deemed feasible, the production plan can be implemented and used as the foundation for other planning activities such as labour, logistics and mechanisation. S

REFERENCES• Senwes Agricultural Services production cost

guidelines 2011/2012.• Finance and farmers by Standard Bank

“Production plan represents a specific way of combining

resources to produce a certain quantity and mix of agricultural

products.”

Page 64: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

62

SENWES Scenario<< >>

6262 ••• TOEKOMSBLIK

Energieplanne

gaan voor die wind

DIT IS AL ‘N JAAR SEDERT SENWES SCENARIO OOR POTENSIËLE WINDKRAGENERGIE EN WINDPLASE IN SUID-AFRIKA BERIG HET. DIE ARTIKEL WAAI WIND, WAAI IN DIE APRIL 2011-UITGAWE BERIG DAT VOORLOPIGE METINGS EN TOETSE DAAROP DUI DAT DIT HOOFSAAKLIK TAAMLIK WYE STROKE LANGS DIE WES- EN SUID-KAAPSE KUS IS WAAR DIE WINDE STERK EN STANDHOUDEND GENOEG IS OM WINDPLASE EKONOMIES TE MAAK.

Proefnemings en toetsinstallasies was toe reeds in die omgewing van veral Caledon en Swellendam gedoen. Só het hierdie projekte gevorder:

VORDERINGSedert April 2011 het daar baie gebeur ten opsigte van ontwikkeling van onafhanklike kragvoorsieners en die Departement van Energie in Suid-Afrika. Die bieëry, wat deur die departement vir die eerste fase van die hernude energieverkrygingsprogram gereël is, was suksesvol in elke aspek van die versoek vir ’n voorstelle-proses.

Elke stadium, van konseptualisering en struk tu-rering, tot evaluering en allokasie, het vlot verloop. Gedurende die eerste rondte in die verkryging van hernude energie, was BioTherm geselekteer as ’n voorkeurbieër vir drie van die projekte. Hierdie

Page 65: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

63

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

636363 TOEKOMSBLIK •••

projekte sluit fasiliteite, soos die Konkoonsies- en Aries-sonenergiefasiliteite en die Dassiesklip-wind-energiefasiliteit, in.

SON- EN WINDENERGIEFASILITEITE Die Konkoonsies-sonenergiefasiliteit sal 32 km noord-oos van Pofadder geleë wees en die Aries-fasiliteit op ’n 30 hektaar terrein, 36 km suid-wes van Kenhardt in die Noord-Kaap. Elkeen van hierdie son energiefasiliteite sal uit min of meer 45 000 foto voltaïese sonkragmodules bestaan.

Die Dassiesklip-windenergiefasiliteit sal op ’n area van 350 hektaar gebou word, ongeveer 5 km wes van Caledon in die Wes-Kaap. Hierdie fasiliteit sal uit nege 3 MW windturbines bestaan.

Al drie hierdie projekte se konstruksie sal na verwagting in die derde kwartaal van 2012 begin en die kommersiële lewering van elektrisiteit behoort in die tweede kwartaal van 2013 te begin.

WERKSKEPPING ’n Suid-Afrikaanse filiaal van Juwi Solar, ’n Duitse ingenieurswese-en konstruksiemaatskappy, sal die twee sonenergiefasiliteite teen ’n vaste prys bou.

’n Groot gedeelte van die werk wat gedoen moetword, sal swart ekonomiese bemagtigings maat skap-pye bevoordeel. “Elkeen van die sonenergiefasiliteite sal meer as 130 werksgeleenthede skep gedurende konstruksie asook permanente werk gedurende die bedryf en instandhouding daarvan. Die windfasiliteit sal ongeveer 100 werksgeleenthede gedurende konstruksie skep en talle permanente poste gedurende die bedryf- en instandhoudingstydperk,” sê Marc Wright, senior vennoot van BioTherm.

KOSTE In hierdie eerste fase sal die kollektiewe belegging in kapasiteit vir energie omtrent R100 miljard wees en dit sal gedurende die loop van die volgende 6 tot 24 maande belê word. Bieëry vir die tweede, groter, fase het al in Maart 2012 begin. BioTherm is ’n maatskappy wat beplan om vir die tweede en derde rondte van die Hernubare Energie Onafhanklike Kragvoorsienersprogram in Suid-Afrika te bie. Volgens BioTherm is befondsing vir hulle projekte

reeds in plek, met ’n versekerde R1 miljard van ’n buitelandse, energie-gefokusde groep, Denham Capital, tesame met skuldbefondsing van Standard Bank, die Industrial Development Corporation en Nedbank. S

BRON: BioTherm Energy

Suid-Afrika is ’n ondertekenaar van die Vere nig de Nasies se raamwerkkonvensie oor klimaatsverandering en die Kyoto-protokol en het ook die Kopenhagen-akkoord onderteken. Die land het onderneem om kweekhuisgas-vrylatings met 34% teen 2020 en met 42%

teen 2025 te verminder. Hierdie onderneming het die groei van die windenergiebedryf in

Suid-Afrika ’n goeie hupstoot gegee.

DIE PERSENTASIE WAARMEE SUID-AFRIKA KWEEKHUISGAS-VRYLATINGS TEEN 2020 WIL VERMINDER.

“Die windfasiliteit sal ongeveer 100 werksgeleenthede gedurende konstruksie skep en talle permanente poste gedurende die

bedryf- en instandhoudingstydperk.”

RegstellingIn die artikel, Trap minder koolstofspore, in die vorige uitgawe van Senwes Scenario, is ’n foutiewe telefoonnommer vir Henning Joubert op bladsy 58 aangedui. Die korrekte kontakbesonderhede vir Henning is: (018) 469-1554 of (018) 469-2048.

Page 66: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

64

SENWES Scenario<< >>

••• PROMOSIE-ARTIKEL: B IOMIN

Die nuwe onderneming is in Klerksdorp opgerig en is deel van die maatskappy se wêreldwye uitbreiding oor die lang termyn.

Biomin, wat in Oostenryk gevestig is, bied aan die plaaslike veevoermark toegevoegde waarde en volhoubaarheid, danksy die feit dat hy gedurende die vroeë tagtigerjare alle antibiotiese middels uit sy reeks voer-byvoegsels verwyder het en dit met natuurlike produkte (kruie, speserye en plant-ekstrakte) vervang het.

“Vir meer as 25 jaar al bied Biomin volhoubare dierevoedingsprodukte, soos voer-byvoegsels en voorafbereide vitamien-en mineraaloormengsels van gehalte, met inbegrip van oplossings vir mikotoksien-risikobestuur en ’n volkome nuwe, natuurlike groei-bevorderende konsep wat die

dieetvereistes van varke, pluimvee, beeste

en akwakultuur aanspreek,” sê Albert van Rensburg (Bedryfshoof: Biomin Suid-Afrika).

Biomin Suid-Afrika se bedryfshoof, Albert van Rensburg.

IN OKTOBER 2011 HET DIE INTERNASIONAAL-ERKENDE SPESIALIS IN NATUURLIKE DIEREVOEDING, BIOMIN, SY EERSTE AFRIKA-GEBASEERDE HOOFKANTOOR EN SAKE-EENHEID GEVESTIG.

Van Rensburg is van mening dat, met die toename in die vraag na natuurlike en omgewingsvolhoubare voedselbronne, plaas Biomin se benadering tot die vervaardiging van natuurlike aanvullings, die maatskappy as ’n voorloper in dié marksektor.

Hy sê verder: “Voer-byvoegsels word algemeen gebruik om die prestasie en gesondheid van lewendehawe te bevorder. Etlike jare al word antibiotiese middels in Suid-Afrika en die wêreld hoofsaaklik in dié verband gebruik. Die verkeerde aanwending van hierdie middels kan egter veroorsaak dat die diere weerstand teen die middel opbou. Dit skep ’n werklike gevaar vir die mens wat diereprodukte as voedsel gebruik, aangesien hierdie antibiotiese residu daardeur oorgedra kan word.”

Biomin produkte is reeds die afgelope agt jaar deur middel van verspreiders in Suid-Afrika beskikbaar. Van Rensburg meld egter dat die maatskappy, op grond van die reuse-potensiaal van die plaaslike mark, die behoefte geïdentifiseer het om ’n besigheidseenheid te vestig wat ’n omvattende netwerk van produkte en tegniese ondersteuning kan bied. “Biomin het spesifiek Suid-Afrika as sy hoofbasis vir sy bedryf in Afrika geteiken op grond van die gevestigde infrastruktuur en moderne tegnologie, wat uiteindelik ook toegang tot die res van die vasteland sal bied.

“Die plaaslike veevoerbedryf is ’n reusagtige mark wat steeds die potensiaal vir aansienlike groei inhou. Namate voedselveiligheid plaaslik ’n ál belangriker faktor word, is Biomin in die posisie om die nodige oplossings vir hierdie unieke verbruikersvereistes, deur die voorsiening van wêreldklas-produkte te bied, gerugsteun deur tegniese bystand en advies oor dierevoedingsake.” S

dieetverepluim

enaA

BiobedRe

Biomin “natuurlik voor” met streekkantoor in SA

Page 67: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

Biomin® P.E.P. MGEKragtige essensiële olies

pep.biomin.net

aktiewe bestanddele

Biomin® P.E.P. MGE

Mikro-geënkapsuleerd … bied nuwe voordele:

Natuurlike voorsprong

BIOMIN Suid-Afrika, Klerksdorp, Suid-Afrika 2571

Page 68: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

66

SENWES Scenario<< >>

••• LEEFSTYL • LIFESTYLE

HOW DO YOU ENTER?SMS the word Senwes + Scenario + your name + your email address to 31022 and

stand a chance to win this hot tray. The competition closes on

21 May 2012. Standard SMS tariffs apply. S

WINNER FEBRUARY/MARCH 2012: Marlene Koekemoer from Hartswater won the bread maker. Congratulations!

66 ••• COMPETI TION

For more information on Argilla contact Betsie Grobbelaar at 083 287 5249 or (018) 468-5199. Visit Betsie in the Sampi hall at the Grain SA NAMPO Harvest Day.

>>

Serving with styleENJOY GREAT FOOD AND WINE IN THE COMPANY OF YOUR CLOSE FRIENDS AND FAMILY. WITH WINTER ONLY A FEW MONTHS AWAY, WE ALL HAVE AN APPETITE FOR WARM, WONDERFUL COMFORT FOOD. THE STYLISH RUSSELL HOBBS HOT TRAY MAKES ANY MEAL MAGNIFICENT AND KEEPS IT NICE AND WARM TO CHASE AWAY THE WINTER CHILLS WITH A STEAMING HOT MEAL. WITH A DOUBLE HOTSPOT, MORE THAN ONE SERVING CAN

Argilla’s latest edition to their cooking family is a convenient, square shaped, pottery pasta bowl. The new shape can be used to make lasagne and pasta dishes as well as fridge tarts – it is so simple and saves you time. Simplify and add style to your cooking essentials with Argilla’s new square design. Now you can satisfy your family’s cravings and serve even more superb recipes by winning this square pasta bowl!

7 MINUTE LASAGNE (1 portion)200 g mince meat10 ml brown onion soup powder20 ml tomato sauce10 ml chutney 1 lasagne sheet 1 packet of white sauce grated cheese

Mix meat, soup powder, tomato sauce and chutney. Prepare white sauce following instructions on the packet. Keep the white sauce and meat mixture separate and layer it as follows in the pasta bowl: white sauce, meat mixture, lasagne sheet, meat mixture, white sauce and top it off with grated cheese. Microwave for 7 minutes on medium and leave to stand for 5 minutes. Enjoy with a green salad. S

BE KEPT WARM AND BECAUSE IT’S SCRATCH RESISTANT, IT CAN BE USED WITH EASE.

A rgilla serves even more with stylish new square shape SENWES SCENARIO

GIVEAWAYSMS the word Senwes + Argilla + your

name + your email address to 31022 to win this square pasta bowl. The competition

closes 21 May 2012. Standard SMS tariffs apply.

Page 69: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

67

April 2012 • www.senwes.co.za

676767

“ME-EM is gebore uit ’n droom en bevestig deur ’n profetiese woord dat ek die saad gaan saai, maar nie noodwendig die vrug daarvan gaan sien nie. Die kruie word in my eie bruidstuin gekweek en vermeng met antieke Bybelse olies.

“Elke produk is handgemaak met liefde en sorg. Hierdie is ’n bekostigbare liggaamskoester-reeks, spesiaal vir die vrou wat haarself na gees, siel en liggaam wil versorg. Dit is ’n hoëpersentasie organiese produk en daarom het dit ’n minimale rakleeftyd.” Die reeks bestaan uit body butter, body scrubs, bath soaks, outydse glycerine exfoliating sepies, essential oils, fragrant oils en moisturising almond milk.

Eseg. 16: 9 - 14: “...I took care of you, dressed

>> WEN GESKENKPAKKE

Wen een van 7 ME-EM Moedersdag-geskenkpakke

Skryf só inSMS Senwes + Spa + jou naam en van + e-posadres

na 31022.Standaard SMS-tariewe geld.

Sluitingsdatum: 21 Mei 2012.

<< >>SENWES Scenario

www.featherhillspa.com(018) 285-1050079 556 9915

you and protected you. I promised you my love and entered a covenant of marriage with you. I, God (Yahweh), the Master, gave my word. You became mine. I gave you a good bath, washing off all that old blood and anointed you with aromatic oils. You were absolutely stunning (for it was perfect through my majesty and splendour which I put upon you, says Yahweh (the Lord)...You were a queen.” S

Kontak vir Mariëtte Meijer by 083 310 5683 of [email protected] of besoek die webtuiste by www.me-em.co.za.

LEEFSTYL: FEATHER HILL SPA •••

WENNER FEBRUARIE/MAART 2012: Louise van Niekerk van Potchefstroom het die roospakket gewen. Baie geluk!

u.u.u.u.u.uu.uu.u.u.uu.u.u.u veveveveveveveeeve aaaaaaantntntntntntntntntntntntnnntntntntnt I,I,,I,I,I,I,I,I,,II,,

aaaaaaaaaaaaaaststststststststststststststststststtterererereerererereererererereeererer,,,,,,,,,,,,,eeeeeeeecacacacacacacacacacacacaaaacaacaacac mememmemememememmmemememememmemmme mmmmmmmmmmmminininininininninine.e.e.e.e.e.e.e ththththhthththh,,,,,,,,,, wawawawawawawaaaawawaaawawaaashshshshshshshshshshshshshshshshhshss ininininininininng g g g g g g ggggg ofofofofofofoffoff f f ff fff alalalalaalaala llllllnonononoonononoooonoonoooooooooininininininninininninnnnnteteteteteetetetetetetetetetedddddddddddddddddddd yoyoyoyoyoyoyoyoyouuuuuuuu wiwiwiwiwiwiwiwiwiwiw ththththththththt aaaaaaaaaarorororororrrorooromamamamamattttitititititittitiit c c cc cc c c cc c c c ccc

Page 70: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

68

SENWES Scenario<< >>

68 ••• VIR DIE SIEL

Ds Willie Botha is van die Nederduitsche Hervormde Ge-meen te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur ’n e-pos aan [email protected].

>>

Dramatiese ironie

Ds

Willi

e Bo

thaa

in die mense wat voor die kruis verbyloop. Priester-hoofde, Skrifgeleerdes en familiehoofde is die mense wat die Ou Testament geken het en minstens iets van die verwagting van ’n Messias gekoester het. Maar dit is hulle wat Jesus uitdaag om van die kruis af te kom voordat hulle in Hom sal glo. Net so het die gewone mense Jesus ook belaster. Die laagste laag is wanneer selfs die rowers Hom beledig. Die ironie is dat Jesus juis aan daardie kruis bly, ter wille van hulle wat Hom beledig. As Seun van God, systap Jesus die beledigings en sien die mense aan vir wie hulle werklik is. Hy bewys sy Koningskap deur in ’n ander dimensie as sy beledigers te dink. Die verhaal ontknoop tydens die donkerste van oomblikke, wanneer die spanning ondraaglik word, wanneer Jesus sterwend roep oor Sy Godverlatendheid, wanneer die aarde bewe en die soldaat uiteindelik roep: Hierdie man was werklik die Seun van God.

Op ’n manier word óns daardie mense wat voor Jesus se kruis verbyloop. Maar in retrospeksie, is dit ook vir my wat Hy daar systap. En dit is ook vir my wat die waarheid van die woorde van die soldaat onkant vang. Dit is egter ironies dat ons nie die ironie snap nie. S

Lees Matt 27:15 - 54

Daar is iets wat ’n buite-senter en ironie in gemeen het. Beide vang jou op die verkeerde voet. Ons kan weer en weer na Danie Gerber, Jacque Fourie en Jean de Villiers se systappe kyk. Hoekom? Dit vang die opponent en ook die kyker op die verkeerde voet. Dit is anders as wat ons verwag.

Die gebeure aan die voet van die kruis is dramaties. Drie besette kruise vorm die silhoeëtte van ’n swaar en somber atmosfeer. Simbolies vind daar ’n klomp dinge plaas wat anders is as wat ons sou verwag. Deur hulle afguns gedryf kies die skare dat Jesus Barabbas in plaas van Jesus Christus vir hulle losgelaat moes word. Die opstoker word vrygelaat en die vredemaker oorgelewer om gekruisig te word. In die ampswoning van die goewerneur word Jesus soos ’n koning aangetrek. Hy ontvang ’n stok vir ’n septer, ’n pers mantel word Hom omgehang en ’n doringkroon op Sy kop gedruk. Hulle spot Hom: Ons groet U, Koning van die Jode! Dit is ironies omdat Hy baie meer as net in die paleis van die goewerneur tuishoort. Ironies omdat hulle Hom vir minder spot as wat Hy in werklikheid is. Die Koning van die wêreld ry op ’n donkie, dra ’n doringkroon en het ’n stok vir ’n septer.

By die kruisiging loot hulle oor wie sy klere moet kry. Langs Hom hang twee moordenaars wat ’n skrille kontras met die lewe van Jesus vorm. Bokant sy kop die minderwaardige bordjie wat beweer dat Hy die koning van die Jode is.

Die ironie van die kruisiging vind sy hoogtepunt

Page 71: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

69

SENWES Scenario<< >>April 2012 • www.senwes.co.za

696969696969696969696969696969669669696996969699699696969696969696969696696969696969699696969699969696969966969696969699699696969966696969699666969666996969669696699669969699696999966999699669999699996696969LEEFSTYL • LIFESTYLE •••

Diegene wat nie die Vierfontein-omge-wing op pad na Bothaville vanaf Orkney goed ken nie, sal aanneem dat manlief hard op die lande aan die werk is. Die wenakker is dan immers die punt van die land wat ongeploeg bly of heel laaste geploeg word, maar vir die produsente van die Bothaville-omgewing het die Wenakker ’n heel ander betekenis.

Padstal gee ’n ander betekenis aan “wenakker”

> TEKS & FOTO’S: ANSONÉ VENTER

“MY MAN, WAAR IS JY? JOU KOS WORD KOUD EN DIT RAAK AL DONKER BUITE!” “AG MY VROUTJIE, EK IS NOG BY DIE WENAKKER. SIT MAAR MY KOS IN DIE LOU-OOND. EK GAAN NOG ’N TAAMLIKE TYDJIE BESIG BLY.”

’n Klipgooi vanaf NAMPO Park is ’n klein juweel van ’n plekkie geleë. Die heerlike “pub lunch”-geure laat jou maag grom as jy daar instap en die vriendelike klante laat jou dadelik tuis voel. Die dekor bring behoorlik die plaasgevoel tuis en is ’n goeie voor-beeld van nuutskeppings van ander se afval. Lizelle Britz het so ses jaar gelede ’n kans gewaag om die plek op die been te bring en soos daar gesê word: “wie nie waag nie, wen nie.”

Lizelle en haar swaer het ’n paar name sit enrondgooi en was dit eens dat dit eie aan die boere -gemeenskap moet bly. Die plaaslike boeregemeen-skap wys gereeld gesig by die Wenakker en die interessante kennisgewings langs die pad, trek beslis ook die aandag van diegene wat daar verby ry. Met ’n padstal reg langs die kroeg, is dit ideaal vir reisigers wat vinnig wil stop om bene te rek en gou

vervolg op bladsy 70

Die Wenakker se deure is altyd oop vir nuwe gesigte.

Page 72: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

70

SENWES Scenario<< >>

707707070707070707070707070707070707070707070700707070770707070707707707070707070707070777070007007777777077770

vervolg van bladsy 69

Padstal gee ’n ander betekenis aan die “wenakker”

Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir Senwes Sce nario. Vir meer inligting kontak haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na [email protected].

>>

••• LEEFSTYL • LIFESTYLE

iets te kry om die hongerpyne te stil.Om weg te beweeg van die kroeg-stigma,

probeer Lizelle die vrouens en kinders meer by die aksies van die Wenakker betrek en op so manier maak sy ’n besoek aan die Wenakker vir die hele gesin iets om na uit te sien. Tuisgebakte en tuisgemaakte produkte wat by die padstal verkoop word, help haar om dit gesinsvriendelik te maak en haar teikenmark te verbreed.

Graan SA se NAMPO Oesdag is gewoonlik ’n besige tyd vir die Wenakker. Alle stoele word na buite geskuif om sodoende meer plek naby die kroeg te maak. “Kliënte koop dan hul drankies binne en gaan sit buite by hul tafels om plek vir ander by die kroeg te maak.” Die Wenakker is ook bekend daarvoor dat, anders as ander watergate, daar geen bakleiery uitbreek nie. “Almal kuier altyd met ’n lekker gesindheid saam.”

Volgens Lizelle is die lekkerste gevoel as daar besoekers, soos dié wat tydens die Oesdag besoek aflê aan die Wenakker, weer die volgende jaar kom groet of net vinnig daar stop as hul verby ry.

Oor manewales wat al deur die jare tydens

“Graan SA se NAMPO Oesdag is gewoonlik ’n besige tyd vir die Wenakker.”

ee e wwatat

did t

’n Paar bekendes geniet ’n smaaklike middagete by die kroeg.

“Die dekor bring behoorlik die

plaasgevoel tuis en is ’n goeie voorbeeld van

nuutskeppings van ander se afval.”

NAMPO daar plaasgevind het, wil Lizelle geen woord rep nie, maar erken dat sy boeke sal kan skryf oor die dinge wat in die verlede en moontlik in die toekoms nog daar sal gebeur!

Vir NAMPO 2012 gaan die Wenakker behoorlik uithaal en wys. Die kampvure gaan hoog brand, verskillende promosies gaan gedurende daardie paar dae aangebied word en gaskunstenaars gaan die skare behoorlik vermaak. La Rouge, die gasteplaas, wat loopafstand van die Wenakker is, het genoeg kamers beskikbaar vir besoekers wat die dorp net té ver vind. S

Page 73: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

April 2012 • www.senwes.co.za

71LEEFSTYL • LIFESTYLE •••

Midnight in ParisRomantiese komedie met Owen Wilson, Rachel McAdams, Kathy Bates, Adrien Brody, Marion Cotillard

’n Skrywer (Wilson) bevind hom saam met sy verloofde en haar ouers in Parys. Dit wil egter voorkom of hy meer verlief is op Parys in lentetyd as op haar. En sy is dalk meer verlief op inkopies doen as op hom.

Een aand verskoon hy homself van ’n uit stap -pie, verdwaal in Parys en beland op ’n vreemde wyse in die jare twintig in Parys. ’n Parys waar legendes van die literêre en kunswêreld bykans elke aand saamgekuier het. Vir hom – wat juis nostalgies voel oor hierdie tydperk in Parys – is syuitstappies na dié tyd saam met skrywers soos Hemingway en Fitzgerald en kunste naars soos Dali en Picasso, ’n wonderwêreld waar hy eintlik meer tuis voel as die wêreld waar hy ’n skrywer is wat sukkel om sy eerste roman te voltooi.

Midnight in Parys is ’n sjarmante komedie wat jou sal oorrompel. Woody Allen se Oscar vir die draaiboek is welverdiend.

The Ides of MarchDrama met Ryan Gosling, George Clooney, Philip Seymour Hoffman, Paul Giamatti, Evan Rachel Wood en Marisa Tomei

Hierdie uitmuntende politieke drama gaan oor wat agter die skerms gebeur in aanloop tot die Amerikaanse presidents verkiesing waar die partye se kandidate dit uitveg oor wie die genomineerde kandidaat gaan wees.

George Clooney (ook die regisseur van die fliek) is ’n goewerneur wat dit uitbaklei teen ’n ander kandidaat om as die Demokrate se kandidaat vir die presidentskap te staan. Ryan Gosling help om sy verkiesingsveldtog te bestuur. Maar politiek is ’n gemene spel en nie vir sissies nie.

Soos Shakespeare se Julius Caesar gaan die fliek ook oor rug ste ke ry en sal jou vasgenael hou. Dit is soos ’n speurverhaal en verras jou om elke hoek en draai. S

>> VIR DIE FLIEKVLOOIE

Page 74: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,

www.senwes.co.za • April 2012

72

SENWES Scenario<< >>

••• IN MY VISIER

’n Mauser vir 2012Koos BarnardKoo

Dit gebeur elke jaar. Sodra die gras ryp word en die eerste blare luiweg grond toe dwarrel roer daar ’n onrustigheid iewers diep binne my.

Die huis voel te klein, die plafonne te laag en soggens by die voordeur verwelkom ek die koel luggie se speelse knyp aan my neus. Ek verlang na die ooptes, ’n vrolike aandvuur, warm oggendkoffie wat jy met steunslukkies drink en ’n koedoe se rou blaf langs ’n sandlopie waar doringbome dig in die oggendson staan en droom.

Ja maters, as die koel luggie met groter dringendheid teen dagbreek se deure begin beur en die son traag raak om uit die kooi te klim, weet ek, jagtyd is net om die draai. Dis dan wanneer ek meer tyd met my gewere spandeer; nie net op die skietbaan nie, maar sommer enige tyd as ek ’n ledige uurtjie het. Elke jaar wik en weeg ek opnuut oor waar ek gaan jag en watter geweer ek eerste of die meeste kere gaan gebruik.

Al my gewere is gunstelinge, sommige geskik vir kleinwild, ander weer is bedoel vir groter bokke en dan is daar my .375H&H waarmee jy alles van steenbok tot buffel kan skiet. Al my gewere het ’n storie agter hulle maar die .375 s’n is spesiaal. Dié geweer is gebou op die aksie van my eerste geweer wat ek self gekoop het. Dit was 1981, ek was toe nog student en het geld by my verloofde (vandag steeds mevrou Barnard) geleen om vir die Mauser te betaal. Toe was dit nog ’n .308 Win. Na ’n paar jaar van harde gebruik het die loop uitgeskiet geraak en dis toe dat ek besluit om die aksie daarvan te gebruik en ’n grootkalibergeweer daarop te laat bou.

Die .375 is toegerus met ’n gaatjievisier en vinnige-afhaal monteerstukke vir die teleskoop. Ek kan dus die teleskoop afhaal (om die oop visiere te gebruik) en weer terug sit sonder om dit weer van voor af hoef in te stel. Toe ek jonger was, het ek die geweer gereeld met oopvisier gebruik, maar die laaste paar jare hoofsaaklik met die teleskoop, want dis veel makliker...Jy hoef mos nie so na aan die wild te wees om behoorlik te kan sien nie.

’n Grootkalibergeweer lyk nou maar eenmaal net vir my beter sonder ’n teleskoop. Met so ’n roer oor die skouer voel ek immer soos een van die grootwildjagters van ouds – manne wat gedwing was om wat ook al oor hul pad te kom op kortafstand aan te vat. Jag met ’n oopvisiergeweer is ’n baie meer intense ervaring en vereis in sekere opsigte meer vernuf.

Met ’n teleskoopgeweer is enige bok binne 200 mof selfs 250 m in gevaar, want dis in die meeste gevalle glad nie moeilik om binne daardie afstand van wild te kom nie. Halveer egter die afstand en dit raak moeiliker – selfs 100 m is in baie gevalle langafstandskiet vir oop visiere. Die ideaal is om binne 50 m tot 60 m van jou prooi af te kom. Om so naby aan wild te kom moet jy hul reuksintuig, gehoor en sig kan flous. Windrigting is uiters belangrik, so ook jou vermoë om stil en ongesiens te beweeg. Jy moet een word met jou omgewing, ag slaan op dinge wat jou kan weggee – jou silhoeët, lig wat van jou gesig, arms, geweer of selfs jou horlosie kan reflekteer en aandag trek. Jy moet so ver moontlik in die skadu van bome en bosse beweeg of stop, want dit maak jou moeiliker sigbaar. Nodeloos om te sê, jy moet reg aantrek om met die omgewing te kan saamsmelt. Jy moet ook geduldig wees. Behalwe vir jou reuk, is beweging die enkele ding wat die meeste aandag trek in die bos.

My oë dikteer nou dat ek nie meer vir lank met oop visiere sal kan jag nie en daarom het ek besluit dat 2012 ’n oopvisier-seisoen vir my sal wees. Ek wil jag so ver as moontlik terug sit in die jag. Dit is baie onwaarskynlik dat ek soos jagters van ouds ’n stormende buffel of leeu van kant sal moet maak.

Ek wil egter intens betrokke wees by die jag; ek sal harder moet werk vir my biltong en soms sal ek leëhand huis toe keer, maar ek sal meer tyd in die natuur spandeer. Ek sal werklik jag, nie net skiet nie, en dis wat daardie rusteloosheid vir eers sal sus. S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.

>>

Page 75: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,
Page 76: BINNE - senwes.co.za · skootplasing op bladsy 30 en ’n kenner se wenke oor die herlaai van punte op bladsy 32. My ontdekkingsreis deur die landbou was nie so ’n groot skok nie,