12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 22 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212 Ingang bron van groot kommer HILDERINE SCHRÖDER Die gehawende toestand van die voormalige On Rail 62 Train Lod- ge en Soprano’s Restaurant & Pia- no Bar reg langs die ingang na Ro- bertson, laat sakelui en inwoners rooi sien. Die Gazette het al by verskeie ge- leenthede berig oor dié seer oë wat al ’n geruime tyd leeg staan en ál meer die broeiplek van vandalisme en leeglêery geword het. Hoewel sommige van die leë trein- waens onlangs verwyder is ná dit deur ’n privaat koper van Kaapstad gekoop is, begin die ou restaurant nou ook geweldig onder vandale deurloop. Stropers is al ’n geruime tyd besig om dié gebou stuk-stuk weg te dra tot groot frustrasie van onder meer die Robertson-toerismekantoor, Robert- son Sakekamer en die plaaslike poli- sie. Die betrokke area is veral vir die toerismekantoor en sakekamer ’n bron van groot kommer. Hulle is ver- al bekommerd oor die swak beeld wat dié gehawende gebou en oorblywen- de treintrokke vir besoekers aan die dorp skep. Volgens Willem Kruger, onder- voorsitter van die Robertson Sakeka- mer, gaan iets drasties so gou as moontlik gedoen moet word om die probleem aan te spreek. “Dié ingang, sowel as Robertson se ander ingange moet dringend aandag kry,” sê hy. “Die area by die Soprano’s kan eer- der verfraai word deur ’n tuin en mooi bome,” sê hy. Lettie van Zyl, bestuurder van die Robertson-toerismekantoor stem saam. Die misdaadprobleem kan ver- al in die toekoms toenemend ’n pro- bleem word as dit nie so spoedig moontlik die nek ingeslaan word nie, meen sy. Volgens kapt. Marchel Klaasten, woordvoerder by die Robertson-poli- sie, is die betrokke perseel ’n gewel- dig kopseer vir die plaaslike polisie. Die gebou behoort skynbaar aan ’n Kaapse sakeman wat dit stuk-stuk laat afbreek, maar dié werk duur al ’n geruime tyd en met lang tussenpo- ses voort, sê Klaasten. Intussen, voeg hy by, probeer die polisie so gereeld moontlik ’n oog oor die gebou hou. Beamptes op patrollie het verlede week twee verdagtes vir die besit van gesteelde goedere in hegtenis ge- neem ná hulle met onder meer twee deure en dakplate betrap is. Sedert die begin van die jaar was daar reeds nege inhegtenisnemings van dié aard, aldus Klaasten. Die polisie doen ’n dringende be- roep op inwoners om die polisie by 023 626 8340 te kontak indien hulle verdagte persone op die perseel op- merk. Die Robertson-polisie het verlede week twee verdagtes vir die besit van vermoedelik gesteelde items in heg- tenis geneem ná hulle die items ver- moedelik by die eertydse Soprano’s Restaurant & Piano Bar gebuit het. FOTO’S: ZELDA KLOPPERS Soprano’s se vervalle gebou word stuk-stuk wegge- dra, soos dié vermiste dakplate duidelik toon.

Breederivier gazette 22 jul 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 22 jul 2014

Citation preview

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 22 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212

Ingang bron van groot kommerHILDERINE SCHRÖDER

Die gehawende toestand van dievoormalige On Rail 62 Train Lod-ge enSoprano’sRestaurant&Pia-noBar reg langs die ingangnaRo-bertson, laat sakelui en inwonersrooi sien.

Die Gazette het al by verskeie ge-leenthede berig oor dié seer oë watal ’n geruime tyd leeg staan en álmeer die broeiplek van vandalismeen leeglêery geword het.

Hoewel sommige van die leë trein-

waens onlangs verwyder is ná ditdeur ’n privaat koper van Kaapstadgekoop is, begin die ou restaurantnou ook geweldig onder vandaledeurloop.

Stropers is al ’n geruime tyd besigom dié gebou stuk-stuk weg te dra totgroot frustrasie van onder meer dieRobertson-toerismekantoor, Robert-son Sakekamer en die plaaslike poli-sie.

Die betrokke area is veral vir dietoerismekantoor en sakekamer ’nbron van groot kommer. Hulle is ver-albekommerdoordieswakbeeldwat

dié gehawende gebou en oorblywen-de treintrokke vir besoekers aan diedorp skep.

Volgens Willem Kruger, onder-voorsittervandieRobertsonSakeka-mer, gaan iets drasties so gou asmoontlik gedoen moet word om dieprobleem aan te spreek. “Dié ingang,sowel as Robertson se ander ingangemoet dringend aandag kry,” sê hy.“Die area by die Soprano’s kan eer-der verfraai word deur ’n tuin enmooi bome,” sê hy.

Lettie van Zyl, bestuurder van dieRobertson-toerismekantoor stem

saam.Diemisdaadprobleemkanver-al in die toekoms toenemend ’n pro-bleem word as dit nie so spoedigmoontlik die nek ingeslaan word nie,meen sy.

Volgens kapt. Marchel Klaasten,woordvoerder by die Robertson-poli-sie, is die betrokke perseel ’n gewel-dig kopseer vir die plaaslike polisie.Die gebou behoort skynbaar aan ’nKaapse sakeman wat dit stuk-stuklaat afbreek, maar dié werk duur al’n geruime tyd en met lang tussenpo-ses voort, sê Klaasten.

Intussen, voeg hy by, probeer die

polisie so gereeld moontlik ’n oog oordie gebou hou.

Beamptes op patrollie het verledeweek twee verdagtes vir die besit vangesteelde goedere in hegtenis ge-neem ná hulle met onder meer tweedeure en dakplate betrap is. Sedertdie begin van die jaar was daar reedsnege inhegtenisnemings van diéaard, aldus Klaasten.

Die polisie doen ’n dringende be-roep op inwoners om die polisie by023 626 8340 te kontak indien hulleverdagte persone op die perseel op-merk.

Die Robertson-polisie het verledeweek twee verdagtes vir die besit vanvermoedelik gesteelde items in heg-tenis geneem ná hulle die items ver-moedelik by die eertydse Soprano’sRestaurant & Piano Bar gebuit het.

FOTO’S: ZELDA KLOPPERSSoprano’s se vervalle gebouword stuk-stuk wegge-dra, soos dié vermiste dakplate duidelik toon.

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 22 Julie 20142

Stem vir gunsteling-bruid in kompetisieDie Gazette se Bruidskompetisienader sy halfpadmerk en Valleiershet reeds in hul massas gestem virhul gunsteling-bruide.

Met ’n rits fantastiese pryse op diespel kan bruide van die Langeberg-area nie bekostig om die kans om asbruid van die jaar gekroon te word,deur hul vingers te laat glip nie.Alle bruide van Robertson, Ashton,

Bonnievale, McGregor en Montaguwat van Julie 2013 tot Augustus 2014dieknoopdeurgehaakhet,kominaan-merking vir deelname aan dié kompe-

tisie, wat in samewerking met die Ro-bertson Lenteskou aangebied word.Die wenbruid sal op 10 Oktober by

’ngalageleentheidbydieLenteskouaswenbruid gekroon word.’nNaweekvir tweetelonderdiepry-

se wat vir die Bruid van die Jaar opdie spel is. Ander pryse is onder meer’ngratisbootreisvanViljoensdrift,ge-skenkbewyse deur AP Stipp, CountryStyles, Robertson Apteek en Peckers/BonAppetit, ’nvrugtemandjievanLo-carno Droëvrugte, twee bottels FourCousins-vonkelwyn en ’n ysbak vanVan Loveren, gratis was- en blaasses-

sies by Cathy & Sarah’s Hair, ’n uurlange fotosessie van C Photography,’n geskenkbewys van Cara-Le LinneterwaardevanR500en’nwegbreekna-week van Rivierzicht-rivieroord.Inskrywings kos R60 per vollengte-

foto.Vir meer inligting oor die kompeti-

sie, belAnneldaGrootboombydieGa-zette se kantoor by 023 626 5212.Omvir jou gunsteling-bruid te stem

SMS die woord “Bruid” en die bruidse naam na 35405. SMS’e kos R1,50.Wennersword bepaal deur lesers se

stemme.Cay Fernandes (néeMaré), vanMontagu,se groot dag was op 16 Mei vanjaar.

MaliskaSneygans(née DeKock), vanMontagu,het op 8 Fe-bruarie van-jaar dieknoop deur-gehaak.

Die Gazette soeknóg oulike kleingoedDie soektog nadie Langeberg seoulikste klein-goed vorderfluks.Valleiers se

vingers het diepraatwerk ge-doen om TatumWillow Joseph asdie nuuste finalisaan te wys in dieGazette se Baba-kompetisie. Metgroot pryse opdiespel beter Vallei-ers spring omhulkleingoed in te skryf vir dié kompetisie.Die pryse vir die kategoriewenners sluit in

’n R250-geskenkbewys van Spur vir elke wen-ner, ’n Butterfly World-geskenkbewys terwaarde van R125, twee doen-dit-self partytjiesvir 10 kinders van Beauty@Heart Events vanWorcester (kliënt moet dit self gaan haal en af-lewer), ’n uur lange fotosessie vir albei wen-ners en hul gesinne deur Maryke Zeelie Foto-grafie ter waarde van R450 elk, ’n geskenkbe-wys vir ’n springkasteel vir ’n partytjie deurMadelein van Jaarsveldt (Mad About Cakes)en ’n geskenkbewys deur Shoprite Robertson,wat ’n bababad en benodigdhede insluit.Valleiers wat hul kleinding wil inskryf kan

’n gesigfoto van hul baba na dieGazette se kan-toor by Paul Krugerstraat 22 (Absa-gebou)bring. Kleingoed ding mee in twee kategorieë:0-18 maande en 18 maande tot drie jaar. Leserssal van die Dinsdag wat die koerant verskyntot die volgende Maandag om 10:00 kan stemdeur BABA, gevolg deur die baba se naam, na35405 te SMS. SMS’e kos R1,50.Die wenners word bepaal deur leserstemme

en die Gazette het geen invloed nie. Die beslis-sing ten opsigte vanwenners is finaal. Sien diéweek se inskrywings op bl. 11.

Tatum Willow Joseph (een jaaren vier maande).

Ek het kans gewaag vir gelukANNELDAGROOTBOOM

“Ekhethomalheel-tyd so staan en be-wonderbyelke rug-bybyeenkoms,maarwounogaltydmeer weet van diéjongman”.Annelie Carolus

(née Rossouw), nóg’n finalis in die Ga-zette se bruidskom-petisie, en haar le-wensmaat het me-kaar vier jaargelede ontmoet.Volgens haar wasdaar net iéts aanhaar man, Nathan,wat haar getrekhet. Hoewel hullealbei in Robertsongewoon het, het syhomnooit regtigge-sien nie tot sy meeroor hom by haarvriende uitgevindhet. Met verloopvan tydhethulkon-taknommersuitgeruil enmekaaropdiéma-nier beter leer ken en ook begin klets opmxit.“Op 1 September 2010 het hymy gevra om

semeisie tewees. Ekwasmaar skepties oorverhoudings,omdatekvoorheensoosanderliefdesteleurstellings gehadhet,” vertelAn-nelie, “maar ek het die kans gewaag om ge-lukkig te wees. En het ook eers seker ge-maak dat Nathan en my seun, Keagon, me-kaar sou verstaan. Ons het ’n goeieverstandhouding ontwikkel en die liefde

het beginblomenalhoe beter geraak.”Op haar verjaars-

dag (18 April) verle-de jaar het Nathanhaar gevra om tetrou.Hulle het hier-die jaarop1Februa-rie getrou.Annelie beskryf

haarmaat as ’n lief-devolle gesinsman,bietjie skamerig enwat baie tyd span-deer aan sy gesin.“Die feit dat hy so ’ngroot hart het, geemy die volle ge-moedsrus om byhom te wees. Syhulpvaardigheidendié dat hy altydhand gee as ek vas-draai waardeer ekbaie. Ek glo mensese paaie word ge-kruisdeurdieHere,want Hy bring tweepersone bymekaarwat die beste in me-kaar na vore

bring.”Volgens Annelie moet twee mense in ’n

huwelik eerlik en openlikmetmekaarweesenmekaarop ’ndaagliksebasisaanvuldeurliefde en waardering aan mekaar te bewys.“Hoewel die huwelikhardewerk ismoet julmekaarelkedag leerkenenopdiekleindin-getjies in die lewe konsentreer. Sien elkedag as ’n nuwe uitdaging waar die beste ge-maak kanword.” Annelie enNathan genietop die oomblik hul kinders, Nathia (2) enKeagan (8) geweldig.

Annelie Carolus FOTO: ZELDA KLOPPERS

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 22 Julie 2014 3

Mishandeling móét aangemeld wordHILDERINE SCHRÖDER

Die ouers van ’n babameisie het gister(Maandag) vlugtig in die Montagu-land-droshof verskynnádie doodvandiekind-jie sowat twee weke gelede.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagvan moord na die 10 weke oue meisietjie on-langsmet veelvuldige beserings in die plaas-like hospitaal opgeneem is. Dié beseringswas so ernstig dat die baba na die RooikruisKinderhospitaal oorgeplaas iswaar sy ’n daglater aan haar beserings beswyk het.Volgens ’n bevelvoerder van die polisie se

afdeling vir gesinsgeweld is daar in ’n na-doodse ondersoek bevind dat die baba veel-vuldige beserings gehad het. Sy het veral ge-weldige skadeaanhaar skedel gehad, ’nbese-ring wat heel moontlik tot haar dood geleihet, sê hy. Die ondersoek het ook getoon datsy verskeie ou beserings gehad het.Die skokvoorvalvolgenkelemaandenádie

dood van nog ’n baba van die plaas Sandvleiin die Koo. Die ouers van dié baba van 29dae oud het beweer die kind het van die bedafgeval. Hy het beserings aan sy kop en armsgehad. Tydens die lykskouing het die pato-loog gevinddat die seuntjie veelvuldige bese-ringsaansy lyfie gehadhet ensy sleutelbeen,arm en bo-been gebreek is.Hy het verskeie skedelkrake gehad en sy

ribbes is voor en agter gebreek. Die seuntjiese 34-jarige stiefpa is op aanklag van moordin hegtenis geneem.

Meer onlangs het die Ashton-polisie ’n 29-jarige man van die plaas Stockwell buiteAshton inhegtenisgeneemnáhysyvyfjarigestiefseun ernstig aangerand het.Die seun het ’n gebreekte kakebeen en arm

in die voorval opgedoen. Die verdagte worddeur ’n klagte van aanranding met die opsetom ernstig te beseer in die gesig gestaar.Volgens Bernard Cupido, ’n maatskaplike

werkerbyKindersorgSuid-Afrika seRobert-son-tak, is die vlakke van kinderverwaarlo-sing of -mishandeling in die Langeberg kom-merwekkend.Die instansie kry veral te doen met hoë

vlakke van verwaarlosing, sê Cupido. Baievan dié gevalle spruit uit dwelm- of alkohol-misbruik, voeg hy by.In enige geval van mishandeling of ver-

waarlosing – selfs al is daar net sprake daar-van – is die wet aan die kant van Kindersorgen die slagoffer, sê Cupido.

“Ingevolgewetgewing kan die kind onmid-dellik uit die verdagte omstandighede ver-wyderword en in veilige sorg geplaasword.”Die gemeenskap het ook ’n plig om alle

voorvalle van mishandeling of verwaarlo-sing onmiddellik by die polisie of maatskap-like dienste aan te meld, sê Cupido.Die versuim om sake van dié aard aan te

meld is onlangs in die kollig geplaas met diesaak van wat gou die huis van gruwels ge-noem is, waarin ’n egpaar van Springs nouteregstaan op klagte van ondermeer aanran-ding, verkragting en poging tot moord.Verskeie mense het ná die paartjie se in-

hegtenisneming beweer hulle het van diemishandeling geweet, maar dat hulle uitvrees vir vergelding stilgebly het. Dít, sê Cu-pido, is egter geen verskoning nie.“Mense kan sake anoniem aanmeld. As jy

weet van gevalle van mishandeling of ver-waarlosing, het jy ’n plig omdit aan temeld.”

DAGGAVONDS: Die Montagu-polisie het onlangs ’n groot slag geslaan toe daar, danksy ’n wenk vanuit diegemeenskap, op dagga met ’n straatmarkwaarde van sowat R1 000 beslag gelê is. Die voertuig waarin die1,1 kg dagga was, is deur die D-skof voorgekeer. Die skoflede is (van links) ao. Frederick Soldaat, konstt.Charlene Pekeur, Carmen Gentleman, Igshaan January en Rudolf Scheepers. Konst. Allistair Hartnick was afwesigmet die neem van die foto. ’n 67-jarige man van Olienlaan is vir die besit van dagga in hegtenis geneem.

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 22 Julie 20144

Tannie Poppie gaan lank onthou wordZELDA KLOPPERS

Weet tannie Poppie dit?

Ja! Sy weet. Sy weet hoeveel le-wens, oud en jonk, sy beïnvloedhet.Syweet dat sy geliefdwas onder dieValleiseinwoners,maarweetsydatsy as ’n legende gaan voortleef en’n groot leemte los in baie mense selewens?

Tot die verbasing van haar seunsen familie,meesal vandieKaap, hethulle nie besef watter groot leemte

tanniePoppieBosman,wat onlangsoorlede is, laat nie. Gustav, een vanhaar drie seuns, is oorweldig metdie liefdevollenagedagteswatsyag-terlaat inRobertson. “Ekhet nie be-sef watter groot impak sy op mensese lewe gemaak het nie.”

Sou dieGazette al die boodskappeplaas wat op Facebook instroom endie gedagtes van plaaslike inwo-ners by die tannie Poppie se begraf-nisdiens verlede Vrydag, tesamemet die staaltjies op almal se lippe,sou daar nooit genoeg spasie wees

nie.Alida Petronella Henning is in

1939geboreenis in1956getroudmetAbe Marais wat haar die bynaamPopeye gegee het. Daarna is sy tweemaal weer getroud, onder anderemet haar laaste man, Jan Bosman,wat ’n Robertsonner was.

TanniePoppie het dikwels gespotdat sy al drie haarmans oorleef het.Daar was nooit ’n demper op haarlewenslus nie.

Sy was haar lewe lank huisvrouen dit is waar haar liefde vir konfyt

kook, vrugte inlê en tuinmaak van-daan kom.

Almal se lewens wat sy aange-raakhet as instaanmoeder, jarelan-gevriendin,ofnetdie lewenslustigetanniebydiekuierplekwatraadvirjong verliefdes en mammas metwoelige kindertjies gedeel het, salbeslis gemis word.

Tannie Poppie, statig uitgevat enin haar wit Passat, is ’n legendewaarvan nog lank gepraat gaanword en by geleentheid ’n stoel leeggaan laat. Tannie Poppie Bosman

GROENER VELDE: Boland Aanrolgras, ondereienaarskap van Hugo van Graan, spesialiseerdaarin om vir jou ’n weelderige groen grasperkin plek te hê voor die son sak oor jou tuin.Topgehalte kitsgras word professioneel gelê ennetjies afgewerk tot ’n volmaakte grasperk.Kitsgras word afgelewer, maar kan ook afge-haal word. Kontak Van Graan vir ’n kwotasie.BolandAanrolgras verskaf ook gras aan onder-nemings, gastehuise en kelders waar tyd ennetheid groot faktore is.

LEIER OP SY GEBIED: Nulan-dis is vir jare reeds leiers opdie gebied van produkontwik-keling in oeste en gewasbe-skerming. Nulandis pas aanby die boer se behoeftes indie veranderende omstandig-hede in die boerderybedryfdeur ontwikkeling, vervaardi-ging, formulering en versprei-ding van chemiese produkte.Aaneenlopende navorsing enontwikkeling van produktehou Nulandis een van dievoorlopers in dié veld en dienas ’n belangrike skakel metsy klante. Etienne Bruwer isbeskikbaar om klantemet hulbehoeftes by te staan.

HOUTPRODUKTEWAT HOU! Robertson Skrynwerkers vervaardig kwaliteitprodukte soos kombuis- en slaapkamerkaste, vensterrame, deure entrappe, asook ’n verskeidenheid meubels, waaronder tafels en stoele.Slegs soliede hout word in die vervaardiging van dié produkte gebruik.Met sy puik vakmanskap en kwaliteit hout is Robertson Skrynwerkersreeds 27 jaar bekend vir sy produkte. Die onderneming vervaardig enverskaf ook produkte aan ondernemings en privaat kliënte volgens hulbehoeftes en spesifikasies en is ook ’n agent vir Cloud Nine matrasse,een van die voorlopers in dié mark. Dié onderneming is dus die wysekeuse vir hoëkwaliteit houtprodukte wat jare lank sal dien.

BETROUBAAR EN BEKOSTIGBAAR: Le Roux Hersteldien-ste bedien al die afgelope 20 jaar ondernemings, dielandbousektor sowel as privaatklante met die herstel-werk aan vragmotors, vurkhysers, plaasimplemente enkonstruksiemasjinerie. Gerrit le Roux (eienaar) en syseun,Hentie, is ook tansagente vanYTO-trekkers, vurkhy-sers en laaigrawe. Hierdie ingevoerde fabrikaat is diebetroubare reeks wat tans deur die Chinese regeringgebruik word. Onderdele is vryelik in Suid-Afrika verkryg-baar. Die YTO-handelsnaam is reeds in landboukringebekend vir sy betroubaarheid en bekostigbaarheid.

STEWIG EN STANDVASTIG! Robertson Betonmure is wyd bekend vir hoëgehalte werk in die oprigting en vervaardiging van betonprodukte. Dieonderneming vervaardig ondermeer plaveiblokke, waterkanale, sement-pale en -panele asook betonornamente. Robertson Betonmure rig ookbeton-woonhuise en -motorhuise op en verhoog bestaande mure. Diebetonhuise is meer bekostigbaar, kan vinniger opgerig word en voldoenaan alle SABS- standaarde. Die onderneming se nuutste produk isboublokke wat in 190-, 140- en 90-mates beskikbaar is.

SKITTERSKOON!Spotless Carwash in Kort-straat is die enigste plaaslike ondernemingwat ’n volledige skoonmaakdiens (valet)lewer. Dit beteken dat klante hul voertuiesommer ordentlik skoongemaak kan kry,insluitend sitplekke, binnevoering, matte.Dít is natuurlik ’n oplossing vir reuke envlekke. Hiér word die voertuig se stofferingletterlik uitgehaal en stuksgewys skoonge-maak. Klante kan ook kies tussen ’n nor-malewas, was en politoer of was-en-ry-pa-kette. ’n Dinamiese span vroue, met eie-naar Amanda le Roux, mede-eienaarDiana Feyt, wat aandag aandie fyner detailskenk, verseker dat die eindproduk sogoedsoos nuut is. Nóg ’n diens wat dié onderne-ming lewer is die herstel van dakvoeringswat uitsak weens skade of ouderdom.

Breederivier GazetteAdvertisement - AdvertensieDinsdag 22 Julie 2014 5

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 22 Julie 20146

Klub 8 deel ruim uitHILDERINE SCHRÖDER

Die Breërivier-hospies se pasiëntesorg-eenheid kan uitsien na nuwe voorraaddanksy ’n baie welkom skenking deurKlub 8 op Robertson.

Die klub, wat hom vir die steun aan diens-billike organisasies in die Langeberg-area be-wyer, het onlangs R10 000 aan die hospies ge-skenk. Dié geld, sê Charmaine Little, geleent-heid- en bemarkingsbestuurder by diehospies, sal aangewendword vir die aankoopvan mediese benodigdhede soos doeke, ver-bande en ander toerusting waarvoor die in-stansie nie altyd genoeg geld kry nie.Klub 8 is sowat 15 jaar gelede op die been

gebring toe agt vriende saam Weskus toe isenhulle aandie gesels geraakhet oordienoodin die Vallei. Hulle het besluit om iets aan diesaak te probeer doen en só het Klub 8, wat tealle tyemet agt lede (almalmans) spog, vertelJohan Stemmet, een van die Klub 8-lede.Hoewelniealagtoorspronklike ledevandie

klub meer deel is daarvan nie, bou die klubsteeds voort op sy oorspronklike doelwit om’n helpende hand te verleen aan diensbillikeorganisasies.Die klub het verlede jaar in Augustus by ’n

spitbraai, een van die klub se groot geldinsa-melingsgeleenthede, begin om die geld in tesamel vir die hospies, vertel Stemmet.

By dié jaarlikse spitbraai is daar ook ’n vei-lingwaartydens ’nkeurvanitems,waaronderwyn, opgeveil word. Dié veiling is uniek indie sin dat bieërs tot einde-Februarie in dievolgende jaar grasie kry om te betaal.Die jaarlikse spitbraai is só gewild dat

kaartjies dikwels uitverkoopwordkort ná ditbeskikbaar word, sê Stemmet. Op dié veilinghuiwer Valleiers ook nie om die hand diep indie sak te steek nie, voeg hy by.“Dit gebeur ook dikwels dat iemand iets

koop en dan dadelik teruggee om van voor afopgeveil te word.”Klub 8 se ander groot geldinsamelingsge-

leentheid is die jaarlikse dans wat in Novem-ber in die Robertson-stadsaal gehou word.Volgens Stemmet is die hospies een van die

instansies wat die klub veral ná aan die hartlê. Sy skoonma is deur hospies bygestaan ge-durende haar kankerstryd, verduidelik hy.“Hulle was regtig wonderlik. Dit is tóé dat ekuitgevind het hoe baie hulle vir Robertson endie streek doen.”Die ander instansie wat ook jaarliks die

klub se steun geniet, is die Herberg Kinder-huis. Die klub se volgende spitbraai, wat op2Augustusbydie losiebydieRobertson-skou-terrein gehou word, is ten bate van Herberg.KaartjieskosR60 stuk,maarmet spasiewat

beperk is beter Valleier spring as hulle nogplek wil bespreek. Vir besprekings, bel Ger-hard Lucas ná 18:00 by 023 626 3105.

Die Breërivier-hospies het onlangs ’n skenking van R10 000 van Klub 8 op Robertson ontvang. By diéoorhandiging daarvan was (van links) dr. Sonia van der Spuy en sr. Myrtle le Roux van die hospies enJohan Stemmet van Klub 8.

Hulp vir ‘WinterNights’-projekDie Montagu-polisie, in samewerking met die Robert-son Tafelronde en Montagu Toyota, hou op 23 Julievanaf 18:00 tot omstreeks 21:00 sy Winter Nights-pro-jek.Tydens dié geleentheid sal beamptes en lede van die

Tafelronde in T-hemde en kortbroeke omvuurkonkasby Montagu Toyota te sien wees, simbolies van diekoueenontberingwathawelosemenseop ’ndaagliksebasis gedurende die wintermaande ervaar.Valleiers word genooi om dié projek te steun deur

warmklere, komberse en nie-bederfbare kosproduktesowel as kontantskenkings by die punt by MontaguToyota af te laai. Skenkings kan ook voor die tyd bydie Montagu-polisiekantoor afgelaai word.Mense word versoek om aan te dui vir watter area

hul donasies aangewend moet word.

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 22 Julie 2014 7

) Die Montagu-polisie maan inwoners vanhiér om versigtig te wees indien hulle geld by’n OTM trek. Volgens sers. Suria Meyer, poli-siewoordvoerder, gebeur dit ondanks tallewaarskuwings en veiligheidswenke steeds datmensewatgeld trekvreemdelingevraomhullete help en dan só hul pinnommer te siene kry.In ’n onlangse só ’n voorval het ’n vrou geldby ’n plaaslike OTM getrek en ’n man gevraom haar te help. Enkele minute later het dieman geld uit haar rekening getrek. Met nadereondersoek is gevind dat die man haar besig ge-hou het terwyl hy haar kaart gesteel het. ’n Be-drag van R900 is só uit haar rekening gesteel.Meyer doen opnuut ’n beroep op die gemeen-skap om hul pinnommer te beskerm en eerder’n bankamptenaar vir hulp te nader.

) Die Montagu-polisie het onlangs ’n 30-jarigevrou in hegtenis geneem ná sy met 444 gramdagga en ’n groot hoeveelheid mandrax-tablet-te in haar besit betrap is. Dít volg ná sers. Glen-ton Jansen inligting van die publiek ontvanghet dat die vrou van Mandela Square dwelmsverkoop. Sy het reeds op aanklag van die besitvan dwelms in die hof verskyn.

)TheRobertsonpolice is lookingforanyinfor-mationwhichmayleadto findingSimoWilber-force Mkhetso. Mkhetso, who is wanted in con-nectionwithacaseofdrunkdrivingon13April2011, failed to show up at his court hearing on20 March 2014. His last known address is SH55 Madlolostreet, Zolani, Ashton. Anybodywith information about his whereabouts cancall detective WO Quinton Williams on0 023 626 8349 or 082 922 9784.

) Die Ashton-polisie wys inwoners daarop datdie tye vir die klaring van voertuie as volg is:Maandag tot Donderdag van 09:00 tot 12:30 en13:30 tot 15:00 en Vrydae van 09:00 tot 12:30. Virnavrae, bel ao. Johannes Prins of ao. SylvesterJoseph by 0 023 615 8120.

POLISIE SLAAN SLAG: Die Ashton-polisie het onlangsgroot sukses gehad met ’n onlangse misdaad-voorkomingsoperasie. Twee persele is deursoek waar-tydens daar op 74 mandrax-tablette, 51 strooitjiestik, ’n banksakkie met los tik (4,18 gram) en 78 gramdagga asook R837 kontant beslag gelê is. Twee ver-dagtes is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.Hulle het reeds op dié klagte in dieMontagu-landdros-hof verskyn. Op die foto is konst. Lincoln Sebydo bydie dwelms waarop daar beslag gelê is.

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 22 Julie 20148

Nuwe Rotariër-president beoog baie projekteHILDERINE SCHRÖDER

ByWillem Scott se huis word gas-te begroet met blou-en-wit-teël-tjies wat baie beskrywend is van’nbesoekaandiémanbywiemensmaklik ure om kan kuier: De Zoe-te Inval.

Scott (70), wat onlangs ingehuldigis as die Breederivier Wynland-rota-riërklub se nuwe president, is ’n manwat gemaklik oor bykans enige on-derwerp kan gesels.

Met mure wat behang is met ’n wyeverskeidenheid skilderye, waaron-der ’n Vader Claerhout, en boekrak-ke propvol boeke – meesal oor klas-sieke musiek – is dit maklik om tesien wat Scott se groot passies is. Sykunsversameling is grootliks te dan-ke aan die kringe waarin sy ouersdestyds in Bloemfontein beweeg het,verklap Scott. “Hulle was vriendemet ’n groot groep kunstenaars. Diewerk wat hiér hang is alles werkevan dié kunstenaars.”

Scott was een van die stigtersledevan die plaaslike rotariërklub. Dieklub sal later vanjaar sy tiende be-staansjaar vier.

Destydswasdaarbehoorlikkopge-krap oor die klub se naam, vertel

Scott met ’n laggie. “Gewoonlik word’n klub na die dorp waarin dit is ver-noem, maar in dié geval is ons ledevan al vyf dorpe in die munisipalearea.” Die klub se naam is aanvank-lik bevraagteken. “Die persoon waardie naam geregistreer moes word hetgesê hy kry dit nie op ’n atlas nie. Toestuur Keith Pool (ook ’n stigterslid)maar vir hulle ’n munisipale reke-ning.”

Scott het vir jare by die WNNR endie departement van omgewingsakegewerk. Danksy sy werk as waterna-vorser het hy die kans gekry om diewêreld vol te reis. Aandenkings vandié reise is oral in die ruim sitkamerte sien, soos die beeldjies van ondermeer Nigerië en Mosambiek wat opdie boekrak pryk.

Gedurende sy termyn as presidentvan die plaaslike rotariërs sien Scottuit na die voortsetting van die wyeverskeidenheid projekte wat diéklub jaarliks van stapel stuur, sowelas die klub se steun aan die Breëri-vier-hospies en die Herberg Kinder-huis.

Die Scotts woon al nege jaar op Ro-bertson en in dié tyd het Robertsondiep in hul harte gekruip, vertelScott. “Ons is baie gelukkig hier. Onswilbeslisnie teruggaanstadtoenie,”

vertel hy.Al het hy reeds afgetree word hy

nog elke jaar aan sy werk by dieWNNR herinner, lag Scott en lig symou effens. “Ek het dié goue horlosiegekry toe ek 25 jaar diens gehad het,Ná 23 loop hy steeds!”

Hy en sy beter helfte, Isabel, is al37 jaar getroud. Hulle het twee kin-

ders, Karel wat in Kaapstad woon, enDora wat in België studeer.

Wanneer hy nie woeker met klub-projekteofagteroornaMozartsemu-siek luister nie, speel hy graag brug,verklap Scott.

“Ek speel elke Donderdagmiddagin Montagu en wik en weeg nou ofek Maandae in McGregor ook moet

gaan speel.”Hy is iemand wat dit geniet om pal

met iets besig te wees, bieg Scott.Dalk dié dat hy baie uitsien na dieritsambisieuseprojektewatdierota-riërs vir die komende jaar beplan.Besig gaan hy baie beslis wees enhiervoor is hy slaggereed, sê hy met’n breë glimlag.

Willem Scott FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Willem Scott is onlangs ingehuldig as die Breederivier Langeberg Rotariërklub se nuwepresident. Die presidentsketting is deur die vorige termyn se president, Nelda Wiese,aan hom oorhandig.

Die Here is goed vir myHILDERINESCHRÖDER

Wat is die geheimtot ’n lang lewe?

Op dié vraag wasdaar deur die eeueal talryke antwoor-de, maar vir tannieJessie Marais isdaar net een. “Ekskryf dit aan die He-re se genade toe.Niks anders nie,” sêsy met ’n beslisteknik van haar kop. Sy word diéweek 90, maar van ’n ophef hiér-oorwil tannieJessienetmooiniksweet nie. “Nee man,” keer sy. “Ekwil nie ’n groot storie hê nie.”

Sy het in Durbanville grootge-word, vertel tannie Jessie. Daar-die jare, voeg sy by, was dit nog’n klein plekkie waar almal me-kaar geken het. Ná skool het syhaar as onderwyseres bekwaam.

Positiwiteit straal uit die vrou

wat ook die sny-kant van die leweervaar het. Haareie ma, Gezina, iskort ná haar ge-boorte dood. Haartante en oom, Katieen Henter Louw,het haar grootge-maak. Nog ’n pynli-ke ervaring was diedood van haar eiedogter, Carina, watas tiener aan bloed-kanker oorlede is.

Wanneer sy oor haar oorledeman, Eduard, praat helder tannieJessie se oë op. “Ons was 26 jaargetroud!”. Sy drie kinders, voeg syby, is soos haar eie. Kosie en Jan-nie Marais en hul suster, Marie-tjie van Greunen, kuier dikwelsby tannie Jessie in Huis le Rouxop Robertson, waar sy woon.

Jy sal haar nie maklik hoor klanie. “Die Here is goed vir my,” sêsy met ’n sagte glimlag.

Tannie Jessie Marais.

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 22 Julie 2014 9

Basson van prokureursfirma gesoekDaarworddringendgesoekna ’nmnr.Bassonvandie eertydseBassonenPelserProkureursop Robertson. Enigeen wat weet waar Basson hom bevind, kan Magrietha Auret by0 076 522 2814 of 082 931 7766 bel.

Toegewyde vroue gesoekDis weer tyd vroue te vereer enbederf, by die Montagu Gemeen-skapspolisiëringsforum Vroue-toekennings wat op 28 Augustusplaasvind met die Olimpieseswemmer Ryk Neethling watgaan gasheer speel.Die nominasieproses vir formi-

dabele vroue van Montagu hetreedsbegin,metnominasievormsen -bokse wat op verskeie strate-giese punte op die dorp beskik-baar is. Diegene wat nog nie ’nraakvatter van hul keuse genomineer het nie,kan steeds nominasies indien.Kategorieë waarin vroue genomineer kan

wordsluit in:Montaguervandie jaar,voorvat-ter in die gasvryheidsbedryf, raakvatter in ge-meenskapsdiens, vriendelikste kassier of ont-vangsdame, beste fabriekswerker, sportvrouvan die jaar, sakevrou/entrepreneur van diejaar en opvoeder van die jaar. Hierdie jaar setoekenningsgeleentheid spog ookmet ’n splin-

ternuwekategorie:bestekunsam-bassadeur.Die gehalte van die nominasies

speel ’n belangrike rol in die pro-ses en inwoners wat vroue nomi-neer word aangemoedig om so-veel moontlik uit te vind oor diedoen en late van genomineerdesom seker te maak dat beoorde-laars alle moontlik aspekte vandie persoon se goeie werk in agkan neem. Wenners van die vori-ge twee toekenningsgeleenthede

kan nie weer vir dieselfde kategorie genomi-neer word nie.Die vrouetoekennings vind elke twee jaar

plaas en is daarop gemik om hulde te bringaan vrouewat ’n positiewe impak in die plaas-like gemeenskap maak.KaartjiesnadiegeleentheidkosR180ensluit

’n driegang steakete, met wyn en sap op dietafel, in. Vir navrae en besprekings, bel sers.Suria Meyer by 023 614 8300 of 082 499 3860.

Ryk Neethling

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 22 Julie 201410

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

AFRICA MARIA MAG-DALENA (Aunt Baby)Geb.6/3/1929Gest.20/07/2014Sag heengegaan in dieouderdom van 85 jaar. DieRoudiens vind plaasWoensdag 23 Julie om19:00 in die AGS Sentrumin Coetzeestraat. Begraf-nisdiens vind plaas Sater-dag 26 Julie 2014 om 11:00by die huis in Jasmyn-straat 77 en 12:00 in dieAGS Sentrum . Ons koe-ster die mooi herinneringevan ons Ma en ouma en salaltyd met liefde onthouword deur die kinders,kleinkinders, agterklein-kinders, skoonseun enskoondogters.

GELUKWENSINGS

1030

CLAASSEN MAGRIETAGeluk aan ons Mammamet haar 74ste verjaars-dag gister (21 Julie). HoopMamma het u verjaarsdaggeniet. En ons dank dieHemelse Vader dat u nogmet ons is. Van kinders enkleinkinders.

SAKE

DIENSTE

2420

Breederivier GazetteGeklassifiseerdDinsdag 22 Julie 2014 11

MADIBA MAGIC: The McGregor Police Station was a hive of activity last Friday when a number of localbusinesses worked shoulder tot shoulder to do their bit for Madiba Day. This group’s 67 minutes for Madibais the initiative of Mira Weiner of McGregor Country Getaways, in partnership with the local CommunityPolice Forum and the Victims Lord’s Guest Lodge and Tebaldi’s Restaurant, who also lent a helping hand.Pick n Pay sponsored 140 loaves of bread and the rest of the community in McGregor donated spreads,breads, soup, biscuits and their time to making Mandela Day in McGregor a success. The goodies weredistributed to the Breede Centre Holiday Programme as well as the squatter camp and those in need.

PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

MANDELA SEWARMTE: DieBonnievale-poli-sie het verledeVrydag as deelvan sy 67minutevir Madibadagsopen serpe aanbehoeftige enhonger kindersvan Boesmans-drift, Bonnievaleuitgedeel. Kos-pakkies is ookaan behoeftigegesinne uitge-deel.

Breederivier

Year 18 • 22 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212

Gerovan laat sy stok praatHILDERINE SCHRÖDER

Gerovan Otto is nie ’n man wat tekoop loop met sy vaardigheid aspotspelspeler nie. Hy laat eerdersybiljartstokdiepraatwerkdoen,soos hy onlangs bewys het met sydeelname aan die wêreldkampi-oenskappe in Londen.

Opnet veertien jaar oudwasGero-van die jongste speler in die Suid-Afrikaanse span wat teen die bestepotspelspelers in die wêreld kragtegemeet het. Hoewel die span die knieteen gedugte opponente moes buig,hetGerovanredeombreëbors te loopna hý as die topspeler in sy span aan-gewys is.Die Gazette het verlede maand be-

rig oor Gerovanwat gekies is om dieland én sy tuisdorp by die potspel ju-niorwêreldkampioenskappe inBrit-tanje te verteenwoordig.Om Gerovan aan die praat te kry

oor dié ongelooflike ervaring, kosmooipraat. Hy is maar aan die ska-merige kant, verduidelik Pa Gerald,met ’n laggie. Met ’n bietjie aanpor-werk vertel Gerovan darem dat hyin sy eerste wedstryd van die kampi-

oenskap sy opponent van Australiëse kopmet 6-3 gewashet.Ongelukkighet hy hiérna in die meesterskampi-oenskap vasgeval, maar dít skeelhommin. “Daardie ouens lewe abso-

luut vir potspel,” vertel hy oor syteenstanders. “Hulle speel baiemeergereeld en op ’n baie hoër vlak as onshier in Suid-Afrika.”SyreisnaLondenwasvirGerovan

’n ervaring wat moeilik geëwenaarsal word. Nie net was dit die eerstekeer wat hy na ’n ander land is nie,hy het ook nog nooit vantevore ge-vlieg nie. Maar hy was glad nie bangnie, verseker hy jou blitsig.Tussen die wedstryde deur was

daar darem so bietjie kans om Lon-den te verken ook. Die span is ondermeer na die Londen Toring en wasook op die grootwiel. “Dit is ’n uitsigwat jyniekanbeskryfnie,”vertelGe-rovan hieroor.Met sy deelname aan die wêreld-

kampioenskapstoernooi het Gero-van ’n sertifikaat losgepot wat onge-twyfeld uitstaan tussen al sy andertoekennings tot dusver.Hoewel hy skaars terug is van sy

vorige kragmeting, sal Gerovan nievir lank ’n blaaskans kan geniet nie.Hysal binnekortweermoetbeginoe-fen vir die Suid-Afrikaanse kampi-oenskapstoernooi wat in Septemberby Kleinplasie op Worcester gehouword.

Gerovan Otto

SKAAKMAT: Drie leerdersvan die Hoërskool Robert-son en een van die Laer-skool Robertson het on-langs hul staal gewys by diestrawwe skaaktoernooi opOudtshoorn. HeinrichBothman (inlas) vandieRo-bertson-skaakklub is aandie begin van die jaar aan-gewys as die Hoërskool Ro-bertson se nuwe skaakaf-rigter en spog tot dusvermet ’n onoorwonne status.Al vier spelers wat aan dietoernooi op Oudtshoorndeelgeneem het, het uitste-kend gevaar. Van links is:Gert Hendricks (SWD-skaakorganiseerder) Jess Rheeder, Emma Rheeder, Jaco Vermeulen, Ashwin Swanepoel en Thomas Louw (van die Oudtshoorn-munisipaliteit). Ashwin en Jaco het onderskeidelik 4 uit 7 gebuit en 14de en 16de uit 105 deelnemers geëindig. Jessen Emma Rheeder het onderskeidelik 2,5 en 0,5 uit 7 beklink en het 25ste en 18de geëindig. Dié jaarlikse toernooi isdeur die Oudtshoorn-munisipaliteit, Standard Bank en die departement van sport- en kultuursake geborg. Bothman nooialmal wat belangstel in skaakafrigting, omhomby0 072 228 6847 te bel, of stuur ’n epos na [email protected].

Wacky-fietsren is no.1HILDERINE SCHRÖDER

Die Robertson-wynkelder kannie net spog met sy uitstekendewyne nie, maar ook sy jaarliksebergfietsuitdaging wat onlangs’n toekenning losgeslaan het nie.Diewedren,wat jaarliks tydge-

durende die Wacky Wine Week-end aangebied word, is onlangsdeurdiePedalPowerAssociationvereerasdiepretritmetdiehoog-ste puntetoekenning vir 2013/14.Dit is boonop die tweede keer datdié wedren met hierdie toeken-ning vereer is. Die wedren hetook twee jaar gelede die toeken-ning losgeslaan, sê Liz de Vries,organiseerder van die wedren.Diewedrenisin2007virdieeer-

ste keer gehou en is sedertdien ’ngewilde instelling wat jaarliksgroei.’n Deel van die wedren se suk-

ses, sê De Vries, lê waarskynlikdaarin dat dit die ideale gesins-uitstappie is. ’n Kampterreinword jaarliks op die plaas Paru,waardiewegspringeneindstreepis, opgerig. Hiér is daar met elkewedren’nfeestelikeatmosfeer,sê

De Vries. Hulle is trots daarop,voeg sy by, dat dele van die roetedieselfde isasdiéwatdeelnemersaan die Cape Epic gery het.Diewedrensouegternooit suk-

sesvol kon wees sonder die hulpvan die uitstekende span wathaarbystaannie, sêDeVries.DieRobertson Logos ChristianSchool stel jaarliks ’n klomp leer-ders beskikbaar om as beampteste help. Hulle staan by ondermeer waterpunte langs die roete.“Talita Lloyd (hoof van Logos)het hulle al só goed georganiseer.Almal wat help moet die dag vandiewedren al halfses by die skoolwees,” vertel sy met ’n laggie.By die Robertson-wynkelder is

HansLizmoreenNiel vanVeldenhaar regterhand, aldus De Vries.Lizmore helpmet die tegniese as-pekte,waaronderdieligte, terwylVanVelden en sy spandie bemar-kingbehartig.Haarman,Rupert,is verantwoordelik vir die uitlegvan die roete.Hierdie jaar was daar ’n nuwe

toevoeging: ’n nagrit. “Dit was ’nreuse sukses en dit gaan beslis ’njaarlikse instelling word.”

DieRobertson-wynkelder se jaarlikse bergfietsuitdaging is onlangsmet 'n toeken-ning beloon.