12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 9 September 2014 | Tel. 023 626 5212 Besoekers het van oraloor van die DuVon-landgoed buite Robertson gestroom vir die jaarlikse Robertson Bierfees. Besoekers aan die fees kon ’n wye verskeidenheid biere, waarvan sommige sommer van Robertson se voorstoep kom, proe terwyl hulle die na- tuurskoon indrink of heerlik op die landgoed se grasgroen grasperk ontspan. ’n Oom- pah-orkes het gesorg dat die dansvoete konstant gejeuk het terwyl ’n verskeidenheid eg-Duitse disse gesorg het dat niemand honger bly nie. Die Springbokke het dalk te- leurgestel met hulle wedstryd teen Australië, maar hiervoor het die bierfees beslis ver- goed! FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER Bier het in sonskyn geskuim

Breederivier gazette 9 sept 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 9 sept 2014

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 9 sept 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 9 September 2014 | Tel. 023 626 5212

Besoekers het van oraloor vandie DuVon-landgoed buiteRobertson gestroom vir diejaarlikse Robertson Bierfees.Besoekers aan die fees kon’n wye verskeidenheid biere,waarvan sommige sommervan Robertson se voorstoepkom, proe terwyl hulle die na-tuurskoon indrink of heerlikop die landgoed se grasgroengrasperk ontspan. ’n Oom-pah-orkes het gesorg dat diedansvoete konstant gejeukhet terwyl ’n verskeidenheideg-Duitse disse gesorg hetdat niemand honger bly nie.Die Springbokke het dalk te-leurgestel met hulle wedstrydteen Australië, maar hiervoorhet die bierfees beslis ver-goed!FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Bier het in sonskyn geskuim

Page 2: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier Gazette Entertainment - Vermaak Dinsdag 9 September 20142

Graze@Excelsior is presies wat die naamvan dié plek sê. Geleë op die oewer vandie groot dam op Excelsior buite Ashton,is dié deli net die plek om die rustigheidvan die plaas en vars lug in te drink, ter-wyl die kleingoed op die uitgestrekte gras-perk kan baljaar.

) Wat is uniek aan dié restaurant? Die ligging. Dieuitsig oor die dam met sy watervoëllewe en die wynproe-lokaal, waar Excelsior-wyne op die dek oor die dam ge-proe word.

) Watter item op die spyskaart is die moeite werdom te probeer? Die gourmet roosterbrode met ’n verskei-denheid vulsels. Soos op die ou plaasmanier word ditgeknie en elke dag vars gebak. Die gebakte kaaskoekvir ’n soetigheid is hemels!

) Wat is die prysklas van die hoofgeregte? Vanaf R45-R55

) Word alkohol bedien? Ja. Excelsior-wyne word metdisse bedien. Excelsior is ook een van die spog-wynpla-se. Die proelokaal is stapafstand vanaf die restaurant.

) Is die restaurant kinder-vriendelik? Beslis! Daar is ge-noeg veilige speelplek vir kin-ders, met ’n klimraam en sand-put. Perde kan gevoer word enin die somermaande kan hulleonder ’n oppasser se toesig vis-sies vanaf die pier vang.

) Openingstye: Dinsdae totVrydae, 10:00-16:00, Saterdae:10:00-15:00

) Kontakbesonderhede: De-on le Roux (chef) 083 232 1569,Tanya 082 261 4927

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND) Teetuin en oggendmark byRobertson-museum.Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACHMONTH

) Montagu Alzheimer’s Support Groupmeets at 15:00 in the bottom lounge of HuisUitvlucht, Montagu.

7-14 September) Robertson Christusfees. Navrae:0 083 299 3838.

THURSDAY 18 SEPTEMBER) Soup & Symphony with the Cape TownPhilharmonic Orchestra at 16:30 at the DutchReformed Church hall, Montagu. Concert isfree. Meal tickets: R50 (adults) or R25 (schol-ars). Enquiries: [email protected].

VRYDAG 19 SEPTEMBER) Die film Death on the Nile word in die an-neks van die Robertson-museum vertoon. DiéAgatha Christie-verhaal is ’n tydlose trefferenspeel tussendiehistoriesemonumentevanEgipte af. Die vertoning begin om 18:30 vir19:00. Verversings sal voor die vertoning ge-niet word.Navrae: 0 023 626 3681.

SATERDAG 20 SEPTEMBER) Hoërskool Robertson-gholfdag. Navrae:Anschen, 0 082 876 9706.

DONDERDAG 25 SEPTEMBER) Lollos kom kuier by die NG kerk Robert-son-Oos. Navrae: 0 082 221 6653.

7-11 OKTOBER) Robertson Lenteskou. Navrae: ChresnaSchoonwinkel, 0 023 626 2512.

SATERDAG 11 OKTOBER) SteveHofmeyrtreebydieRobertsonLente-skou op. Navrae: 0 023 626 2512.

17-19 OKTOBER) Wine on the River. Navrae: 023 626 3176.Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 [email protected].

A lineup of great variety is ahead at Nu MetroMountain Mill in Worcester. Use this schedulefor 9 to 11 September to plan your trip to themovies:• 3D: Step Up: All In (7-9 PGL)Tuesday9SeptembertoThursday11Septem-

ber 11:30, 16:30.• Step Up: All In (7-9 PGL)Tuesday to Thursday 14:30, 19:00.• Hercules (13V)Tuesday to Thursday 17:15.• The Hundred Foot Journey (7-9PG)Tuesday to Thursday 12:00.• Tammy (16LV)Tuesday to Thursday 11:45, 14:15, 17:45, 20:15.• Lucy (16V)Tuesday to Thursday 12:00, 14:30, 17:00, 19:30.• The Expendables 3 (13LV)Tuesday to Thursday 19:45.• Born to Win (TBC)Tuesday to Thursday 14:15.• Die Spook van Uniondale (7-9PG)Tuesday to Thursday 12:15, 15:00, 17:30, 20:00.

Visit the Nu Metro Mountain Mill ticketcounter or www.numetro.co.za for more infor-mation.

Schedules are subject to change without pri-or notice.

Visitwww.worcesterstandard.comandclickon “tell your story” to upload a review andstand a chance to win two movie tickets.

McGregor Poetry Fest backMakesureyouclearyourdiaryfortheweekendof 24 – 26 October.

Following the phenomenal success of last year’sMcGregor Poetry Festival, the festival returns tothis quaint little village this year and promises tobe even bigger and more exciting than the lastevent. Last year visitors flocked to McGregor to en-joy a weekend of talking, laughing, and celebratinglife through the written word.

With October being described as the most beauti-ful month, this is the perfect time to enjoy the writ-ten word in the picturesque McGregor.

See poets everywhere, engage with them in a re-laxed atmosphere. Sip local wine and eat simply de-liciousfood.Thisisaperfecttimetoappreciatepoet-

ry, meet up with other lovers of the spoken word,and make new friends.

The festival embraces the entire town using ve-nues at Temenos, Wahnfried, The Edna Fourie Gal-lery, local restaurants, pubs and homes.

Besides the three-day programme of readings,talks and workshops with well established and newtalent,therearefunevents–andverses–tobefoundall over the village. Budding or undiscovered poetsare invited to join the festival’s open mic sessions.

Formoreinformation,contactJenniferJohnson,the festival coordinator, on 023 625 1908 or send anemail to [email protected] formore information.

Tickets for the various shows can be booked atComputicket.

Kruie onder die loep op ErfenisdagDie Afrikaanse Taalmuseum en -monument bied, insamewerking met die Montagu-museum, op 24 Sep-tember ’nspesialekruie-markdagtervieringvanErfe-nisdag aan. Die kruie-markdag sal van 10:00 tot 15:00by die Montagu-museum se kunsgalery plaasvind ensluit verskeie aktiwiteite in, waaronder ’n braai, pot-jiekos en kaas-en-wynproe. Onder die vermaak wataangebied sal word tel ’n trompoppievertoning om09:00, musiek en tradisionele kinderspeletjies.

Valleiers kan hul kruieprodukte gratis by die mark-dagtentoonstel.Dieenigstevoorwaardeisdatelkepro-duk ’n krui moet bevat (medisinaal of kos-) en dat dieinligting oor hoe die produk vervaardig word, aanAfrikaanseTaalmuseumen-monumentverskafword.Stalletjieskanteen ’ndepositovanR50bespreekword.Vir navrae oor die markdag bel die Montagu-museumenpraatmetAnnetteCilliersby023 614 1774ofHennahFlesh by 023 614 1950.

Page 3: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 9 September 2014 3

Klagte laat man in die sopHILDERINESCHRÖDER

’n Oproep na dieMcGregor-polisieom ’n huisbraakaan te meld het ’nwrang nadraai ge-had toe dít daartoegelei het dat ’n nu-we klagte nou on-dersoek word endít boonop teen dieeienaar van dieeinste eiendom.

Dié man se stok-perdjie het hom indie sop laat belandtoe die polisie on-langs na hul huis inVoortrekkerstraatontbied is ná sy vrouvermoed het daar isby die eiendom inge-breek. Met hul aan-koms hiér kon diepolisie egter geen te-ken van ’n inbraakvind nie. Wat hullewel opgemerk het, is’n groot hoeveelheid wyn, tesamemet wynproduksietoerusting, sêsers. Hendrik Willemse, polisie-woordvoerder.

Die polisie het kort ná sy ontdek-king ’n lasbrief bekom om die eien-dom te deursoek. Tydens dié onder-soek, sê Willemse, het hulle op so-

wat 145 liter wyn tesame met diewynproduksietoerusting beslag ge-lê. Die beskuldigde is op aanklagvan die mikrovervaardiging en ver-koop van alkohol sonder die nodigepermit in hegtenis geneem. Dienaam van die beskuldigde, wat nognie op die aanklag teen hom gepleit

het nie, word op versoek van die po-lisieweerhou.Monsterswatvandiewyn waarop beslag gelê is, is intus-sen weggestuur vir ontleding.

Volgens Willemse wil dit in diéstadium voorkom of die verdagteonbewus was dat sy stokperdjie on-wettig is.

Die McGregor-polisie se B-skof, onder leiding van ao. Christopher Plaatjies, het onlangs op ’n groothoeveelheid onwettig vervaardigde wyn afgekom. Van links is sers. Russell Simons, sers. Myrtle Witbooieen konst. Madia October. Plaatjies was afwesig met die neem van die foto.FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Winkelrowers steeds soekHILDERINE SCHRÖDER

Die Robertson-polisie soek steedsna vyf verdagtes wat verlede weektwee buitelanders in hul winkel inNkqubela, Robertson oorval en metskerp voorwerpe bygedam het.

Monir Hossaain (42) en sy broer,Sharif (26), albei oorspronklik vanPakistan, was verlede Maandag (1September) omstreeks 06:15 besigom hul winkel in Empoleenistraatoop te sluit toe Monir deur ’n gewa-pende man oorval is. Dié het ’nvuurwapen teen sy kop gedruk engeld geëis. ’n Tweede man het hommet ’nmesindieskouergesteekter-wyl ’n ander op Sharif toegesak enhom verskeie kere in die nek ge-steek het. Die rowers het met sowatR14 500 kontant en sigarette op die

vlug geslaan. Albei broers is na dieRobertson-hospitaal gehaas, waarhulle vir hul beserings behandel is.

Volgens lt. Cynthia Ndabeni iseen verdagtes enkele ure ná dievoorval vir ondervraging in hegte-nis geneem, maar kon hy nie toe po-sitief met die rooftog verbind wordnie. Niemand is nog in verband metdie voorval in hegtenis geneem nie.“Dit was nog donker toe die voorvalgebeur het en volgens die slagoffersken hulle nie hul aanvallers nie,”sê Ndabeni.

Die polisie ondersoek ’n saak vangewapende besigheidsroof en doen’n beroep op lede van die gemeen-skap om na vore te kom met enigeinligting wat tot ’n arrestasie kanlei. Mense met inligting kan die po-lisie by 023 626 8287 bel.

VERMIS: Die Bonnie-vale-polisie soekenige inligting watkan lei tot die opspo-ring van FilanderMinnaar (81).Minnaar het op 25Augustus omstreeks07:00 sy woning byDu Preezstraat 9,Montagu verlaatsonder om te sêwaarheen hy gaan.Hy is sedertdien nieweer gesien nie.Min-naar is 1,70 m lanken weeg sowat 70 kg. Hy loop krom en het grys hare, ’n grys snor en isbles. Die dag van sy verdwyning het hy ’n pienk trui en ’n netjiese broekgedra. Enigiemand wat Minnaar gesien het of weet waar hy hom bevindword versoek om ao. Corné van Wyk, 082 522 1838 bel.

Gemeenskap geskokná plaasaanvalHILDERINE SCHRÖDER

Die landbougemeenskap van dieBonnievale-area is in skok ná ’nbejaarde boer van die Drew-areaverlede wreed op sy plaas aange-rand is.

Die boer, in sy 70’s, is steeds in’n kritieke toestand in die Tyger-berg-hospitaal ná hy vermoede-lik met ’n panga aangeval is.

Werkers het by ’n buurmangaan aanklop ná die man, wie senaam in dié stadium nie genoemkan word nie, nie uit sy huis ge-kom het toe hulle op die werf op-gedaag het nie. Dié buurman hetop die erg beseerde man afgekom.

Die slagoffer was ten tyde vandie voorval alleen by die huis.

Volgens Josua Joubert, voor-sitter van die Bonnievale-land-bou-unie, is inwoners en die land-

bougemeenskap geweldig geskokoor dié voorval. “Voorvalle soosdié is eintlik ongehoord hier,” sêhy. Die landbou-unie sal dié weekvergader om die voorval en diepad vorentoe te bespreek.

Dit blyk, sê Joubert, of die aan-val vooraf beplan is. “Ons weetnie of die aanvallers dalk van bin-ne inligting ontvang het nie,maar dit is duidelik dat hulle hulhuiswerkgoedgedoenhet,”sêhy.

Die aanvallers het ’n vuurwa-pen gebuit. Volgens lt.kol. BertusConradie, stasiekommissarisvan die Bonnievale-polisie is nie-mand al in verband met die voor-val in hegtenis geneem nie. Diepolisie doen ’n dringende beroepom mense in die streek om na vo-re te kom met inligting. “Alle in-ligting sal vertroulik hanteerword,” sê Conradie.

Page 4: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 9 September 20144

Min tyd vir inskrywingsDaarisminderas’nmaandoorvoordie Breederivier Gazette en Robert-son Lenteskou se wenbruid aange-wys gaan word.

Die nuutste finalis in dié kompeti-sie, wat saam met die res van die fina-liste op 10 Oktober om dié titel gaanmeeding, is Joan Jones (née Snyman)wat op 9 Augustus vanjaar getroud is.

Bruide wat nog vir die kompetisiewil inskryf beter spring, want die uur-glas loop blitsig leeg.

Alle bruide van Robertson, Ashton,Bonnievale, McGregor en Montaguwat van Julie 2013 tot Augustus 2014dieknoopdeurgehaakhet, kominaan-merking vir deelname aan die Bruids-kompetisie, wat in samewerking metdie Robertson Lenteskou aangebiedword.

’nNaweekvir twee tel onderdie pry-se wat vir die Bruid van die Jaar opdie spel is. Ander pryse is onder meer’n gratis bootreis vanViljoensdrift, ge-skenkbewyse deur AP Stipp, CountryStyles, Robertson Apteek en Peckers/Bon Appetit, ’n vrugtemandjie van Lo-carno Droëvrugte, twee bottels FourCousins-vonkelwyn en ’n ysbak vanVan Loveren, gratis was- en blaasses-sies by Cathy & Sarah’s Hair, ’n uur-lange fotosessie vanCPhotography, ’ngeskenkbewys van Cara-Le Linne terwaarde van R500 en ’n wegbreekna-week van Rivierzicht-rivieroord.

Die bruidsontwerpers Liz Coitire enGraham T Brown gaan die bruidsrok-keverskafwaarindie bruidebydie ga-la-aand op die loopplank gaan ver-skyn.

Daarsalookvroeërdiédag,om10:00,’ndemonstrasiedeurdiegeleentheids-beplanner Pieter van Dyk van Worce-ster vir voornemende bruide wees.

Inskrywings kos R60 per vollengte-foto. Vir meer inligting, bel AnneldaGrootboom by 023 626 5212.

Joan Jones (née Snyman) wat op 9 Augustus vanjaar haar mooidaggehadhet, is dienuutste finalis indieGazette seBruidskompe-tisie.

Clark murder case continuesHILDERINE SCHRÖDER

The three men charged with the murder ofRobertson pensioner, Raymond Clark (92)will remain behind bars until their nextcourt appearance on 2 October.

Thesuspectsbrieflyappeared in theAsh-tonregional court lastThursday (4Septem-ber). The case has been postponed for fur-ther DNA analyses.

Clark’s murder last year sent shockwaves through the Robertson community.

He was found dead in his home on 23 Au-gust last year after staff at the BreederiverHospice, who he had the habit of visitingtwice a day, became suspicious when he

didn’t show up and contacted the local po-lice.

Only days before his murder, Clark hadalso been the victim of a robbery.

His assailants fled with R150 in cash, aswell as his ID and bank card.

Clark, originally from the former Rhode-sia (nowZimbabwe), fought asaSpitfirepi-lot in World War II.

He was an electrical engineer but movedto Robertson after retiring.

Heisstill rememberedfondlyassomeonewho always stopped for a chat with anyonewho crossed his path.

The suspects, aged 18, 22 and 25, were ar-rested last month.

Three men have appeared in the Ashton Regional Court in connection with the murder of the Robertsonpensioner Raymond Clark.

Bruid Daniëlle nog ’n finalisANNELDA GROOTBOOM

Daniëlle Joseph van Robert-son, wat op 16 November2013getroudis, isnog ’nwen-finalis indie bruidskompeti-sie.

Sy is bietjie huiwerig omte praat oor die ontmoeting,maar toe sy begin helderhaar gesig op en kon jy aanhaar gesigsuitdrukking siendat dié paartjie nog smoor-verlief is.

Daniëll en haar man, Du-rane, was vir sewe jaar goeie vriende voor hydie vraag gevrahet dat sy sy lewensmaatmoetword. Die twee het mekaar by ’n 21ste verjaar-dagpartytjie ontmoet, waar hy gevra het of hyhaardalkkanhuis toeneem.Sy lagassyverteldathullemekaarbeterleerkenhetopdieklets-

kamer “mxit”.Op die Kersdag in 2012 met

’n familie-ete het hul verloofgeraak en die mooiste wat sykan onthou, is dat hy haar ou-ers ook by die geleentheid omhaar hand gevra het.

SybeskryfDuraneas ’nbaierustige, liefdevolle persoonwataltyd tydenssituasies rus-tig en baie wys optree. Vol-gens haar glo sy respek, kom-munikasie, lojaliteit en ge-duld staan sentraal tot diehuwelik. “Jymoet eerlikwees

en liefde teenoormekaarbetoon.”Die paartjiesien verskriklik uit na hul eerste huweliksge-skenk, die geboorte van hul babaseun DiagoVic-Taylor. “Ek wil baie dankie se vir OnseHemelse Vader vir die wonderlike man en pavir ons dogter, Chandré,” sê Daniëlle.

Daniëlle Joseph FOTO: ANNELDAGROOTBOOM

Page 5: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 9 September 2014 5

Rymkletser segeklets trek aandagZELDA KLOPPERS

Kletsrymers (rappers) isnie juisdaarvoorbe-kend dat hul liedjies ’n dieper betekenis hetof vir hul suiwer uitspraak nie. Nóg minderisdiégenreeenwaarvoorAfrikaansesangersbekend is, maar Robertson spog met een só’n sanger.RenierConradie (20), ookbekendonderdie

verhoognaam Die Pret Kadet, woeker tansmet sy kletsrymtalent in die talentkompeti-sie, Star Struck Voice Search.Renier het op ’n jong ouderdom toevallig

begin kletsrym toe hy moes hoor sy gunste-lingskoolvak, drama, gaan nie langer voortnie. Hy het toe begin gedigte skryf. Tydens’n optrede deur hip hop-dansers het hy dade-lik gesien dat sy gedigte dié musiekstyl salkomplementeer. Die res is geskiedenis.Renier sien homself as ’n ekstrovert en om

mense te vermaak kom natuurlik. Toe hy ge-naderisominteskryfvirStarStruck, ’n land-wye kompetisie wat strek oor drie maandewaar plaaslike talent in sang en kletsrym ge-soek word, het hy nie ’n oomblik gehuiwernie. Dié kompetisie word deur die welbeken-de kunstenaar en baasbrein agter Crazy-world Produksies, Bryllin van Rooyen,moontlik gemaak.Met syeersteoudisie isReniergladnie ern-

stig opgeneem nie. Toe hy noem dat hy gaankletsrym is hy skepties uitgelag deur die driebeoordelaars en gehoor. Die kameramanwatsorg vir elke deelnemer se opname het selfssy plek agter die kamera verruil vir ’n rus-kans op ’n bank, nadat hy gedink het hierdiegaan ’n tydmorssessiewees. ToeRenier egterlostrek met sy eerste reël kon dié nie vinniggenoeg die lens op hom rig nie.Renier is summier ná dié optrede deur die

beoordelaars na die volgende ronde deurge-sit. Hierna moes hy en die ander deelnemerselke Sondag in Kaapstad deelneem waar hulhul eie liedjies kon opvoer. Die kompetisiehet egter strammer geword en liedjies is aanhul gegee om uit te voer. “Hierdie was ’nmoeilike taak vir elke deelnemer omdat elkekunstenaar sy eie styl en ritme het waarteenhul optree, maar hier het ekmy eie kreatiwi-teit gebruik en die skare en beoordelaars seaandag behou deurmy eie lirieke in te werk.Ek het opgetel dat mense meer kreatiwiteitsoek,” sê Renier.Renier skryf sy eie lirieke en dié het baie

diepte en betekenis. Een van sy nommers isal gespeel op Good Hope FM tydens die Cy-pher opname inWorcester en hy is ook gena-der deur die produksiespanwat ’nmusiekvi-deo-opname gedoen het vir Jack Parow.Renier is tans onder die top-10 in die Star

Struck-kompetisie wat aanvanklik 500 in-skrywingsgehadhet. “Dingeraaknouwarm.Onder die 10 deelnemers is daar net tweekletsrymers,” sê Renier. “Die ander is almalsangers met hope talent. Dit is moeilik omhierdie twee sangstyle bymekaar in eengroep te beoordeel.” Die top 10 is ook nou bydie Suid-Afrikaanse Musiekregte Organisa-sie (SAMRO) gelisensieer.

Renier is dankbaar vir al sy ondersteu-ners. Uit die boodskappe van ondersteuningwat op Facebook instroom is dit duidelik datdié rooikop se talent ’n groot menigte beïn-druk.Volg Renier se vordering op die Facebook-

groep Start Struck Voice Search 2014 of gaankyk na sy videos op You tube onder die soek-naam “Die Pret Kadet”.

Renier Conradie, ’n kletsrymer vanRobertson, is tansonder die top-tien deelnemers in die Star StruckVoice Search-kompetisie.

Page 6: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 9 September 20146

Montagu-kelder ryg pryse inHILDERINE SCHRÖDER

Wat is die geheim tot kampioen-wyne?

Vra jy die senior wynmaker en be-stuurder van die Montagu Koöpera-tiewe Kelder, is die antwoord een-voudig: die Klein Karoo se unieketerroir wat sorg vir ’n wye verskei-denheid wynstyle en dan, nét so be-langrik, die uitstekende samewer-kingvandieboerewatdiedruiwevirdié kelder se wenwyne verskaf.

Die kelder het rede om breëbors teloop na sy muskadel tydens die on-langse Suid-Afrikaanse Jongwyn-skou al die ander inskrywings uitge-stof het om as die SA Kampioen Mus-kadelgekroonteword.Diekelderhetook tweeklaswenners, symerlot (on-gehout) en rooi muskadel jerepigo,

opgelewer.Diekelderhet ookuitstekendpres-

teer by die onlangse Klein KarooJongwynskou. Hiér het hy met dietrofees vir die Groot Kampioen Wyn(met sy rooi muskadel), die Kampi-oen Rooi Tafelwyn (vir sy merlot),die Kampioen Wit Tafelwyn (met sychenin blanc) en die Kampioen Wyn-kelder losgeslaan.

Ondanks dié rits prestasies is diekelderseseniorwynmaker,HermiasVollgraaff, en bestuurder, JacquesJordaan, beskeie. “ ’n Mens moetmaar vat wat jy kan kry. Jy kan vol-gende jaarnét sohardwerkmaarniedieselfde sukses behaal nie,” sê Voll-graaff. Nietemin, sê hy en Jordaan,is hulle trots op die kelder se presta-sies te midde van ’n uitdagende sei-soen waar daar onder meer abnor-male hoë reënval was kort voor en

tydensparstyd.Dít, sêVollgraaff,hettot hoë siektevlakke gelei.

Hoewel hy beskeie is oor sy aan-deel in die kelder se sukses, het Jor-daan groot lof vir Vollgraaff. “Dit isdie gevolg van baie harde werk entoewyding. Hermias se voetspore lêin die wingerd,” sê hy.

Hulle het egter ook hoë lof vir dieboere wat hul druiwe verskaf. “Onsis aangewese op hulle samewer-king,” sê Vollgraaff. Die druiwe wattot die wenmuskadel bygedra het, sêJordaan ,kom van die plaas van Wil-lie Kriel, terwyl dié van die wenmer-lot van Jean-Pierre Jordaan kom.“Onsishullegrootdankverskuldig.”

Die kelder is ook in die proses omsy beeld te vernuwe. Dít sluit ondermeer nuwe bottels en etikette in.“Ons is baie opgewonde hieroor,” sêJordaan.

Hermias Voll-graaff (links), se-nior wynmaker bydieMontagu Koö-peratiewe Kelder,en Jacques Jor-daan, bestuurder,het rede om breë-bors te loop nadié kelder tiental-le toekennings bydie Klein KarooJongwynskou énSuid-AfrikaanseJongwynskou los-geslaan het. FO-TO: HILDERINESCHRÖDER

Strokiesverhaal teenalkoholmisbruikHILDERINE SCHRÖDER

Strokieskaraktersvegalvirdeka-des teen die euwels van die same-lewing. Nou is daar ’n nuwe gene-rasie karakters en húlle veg teen’n euwelwat álmeer lewens indieland vernietig: fetale alkoholsin-droom.

Met die fokus wat dié week opinternasionalevlakopdiéwêreld-wye probleem val, word daar opplaaslike vlak nou ’n unieke po-gingaangewendomdiéprobleem,wat volgens talle krisisafmetingsaanneem, tebeveg: ’nstrokiesver-haal waarin plaaslike inwonersas karakters pryk.

Die strokiesverhaal is die ge-volg van ’n samewerkingspogingtussen die Stellenbosch Universi-teit en die Langeberg SubstanceAbuse Action Group, met diesteunvandieChristelikeAfhank-likheidsdiens, sê Johan Smit vanlaasgenoemde.

Smit, self ’nkarakter indiestro-kiesverhaal, is oortuig dié boekiesal ’n verreikende impak hê omvroue te wys op die gevare vandrankmisbruik tydens swanger-skap.

Dit is van kardinale belang, sêSmit, dat die kringloop vandrankmisbruik gebreek moetword. “Dit het tyd geword dat diéprobleem daadwerklik aange-spreek moet word,” sê hy. “Ons isbesig omkleinmonstertjies indielewetebringterwylelkebabaver-onderstel is om ’n Koningskind tewees.”

Die boekie is nie net gemik opswanger vroue nie, maar ook op

hul lewensmaats, sê Smit. “Deurdie boekie probeer ons vroue selewensmaats daarop wys hoe be-langrik dit is om hul vrou of le-wensmaat gedurende hul swan-gerskap te ondersteun. Ons pro-beer hulle oortuig dat dit nie netbelangrik isdatdiemavandieon-gebore baba nie drink nie, maardat hulle sélf ophou drink.” Nog’n boodskap in die boekie is datdaar hulp is vir swanger vrouewat drankprobleme het.

Die gevolge van fetale alkohol-sindroom is geweldig, aldusSmit.Nie net is dié kinders later in hullewe meer vatbaar vir drank- endwelmmisbruik nie, maar wordhulle ook dikwels deur leerpro-bleme gekniehalter. “Hulle wordas’t ware met ’n agterstand gebo-re. Dit hoort nie so nie,” sê hy.

Deur die boekie hoop hulle omgroterbewusmakingoordiegeva-re van fetale alkoholsindroom teskep.

“Dit word aangebied op ’n ma-nier wat mense maklik verstaanen sal onthou,” sê Smit. Die voor-deel van die boekie is dat dit bly-wend is en maklik van een per-soon na ’n ander versprei kanword, aldus Smit. “Dit is iets watmense kan, en waarskynlik sál,hou.”

Dieboekiesaleers inRobertsonbekend gestel word waarna ditook na die omliggende dorpe uit-gerol sal word. Sowat 1 500 boe-kies sal in die area versprei word.

Die Christelike Afhanklik-heidsdiens vergader elke Maan-dag om 19:00 by die Thusong-sen-trum op Robertson.

Klein Karoo Jongwynskoulewer talle wennersDie Klein Karoo Streeksjongwynskou is on-langsbyCabriéres, buiteMontagu, bekendge-maak en 2014 se jong wyne het weereens nieteleurgestel nie.

Die Kampioen Produsentekelder by dieKlein Karoo Jongwynskou is die Montagu Ko-operatiewe Kelder wat ’n rits toekennings los-geslaan het.

Montaguhetweggestapmetdietoekenningsvir die Kampioenwyn (Kampioen MuskaatVersterkte Wyn), die Kampioen Droë Rooi Ta-felwyn (Kampioen Merlot), die Kampioen Ca-bernet Sauvignon, dieKampioenDroëWitTa-felwyn (Kampioen Chenin Blanc), ReserweKampioen Chenin Blanc en die Kampioen Na-tuurlike Soet Tafelwyn, ’n trofee wat hy deelmet Boplaas Family Vineyards, die ReserweKampioen Privaatkelder met die Reserwe

Kampioen Nie-Muskaat Versterkte Wyn endie Reserwe Kampioen Sauvignon Blanc.

DieReserweKampioenProdusentekelder isMontaguWine&SpiritsCompany,metdieRe-serwe Kampioen Droë Rooi Tafelwyn (Kampi-oen Pinotage), die Reserwe Kampioen Caber-net Sauvignon, die Reserwe Kampioen Merloten die Kampioen Chardonnay.

Die Kampioen Privaatkelder, De KransWynkelder, het die Reserwe Groot Kampioen-wyn (Kampioen Nie-Muskaat VersterkteWyn), die Kampioen Shiraz en die ReserweKampioenDroëWitTafelwyn(KampioenSau-vignon Blanc) opgelewer.

CalitzdorpWynkelderhetdieReserweKam-pioen Muskaat Versterkte Wyn ingeskryf enGrundheim Wyne het die Reserwe KampioenShiraz opgelewer.

Die Klein Karoo Streekjongwynskou is onlangs gehou. Die wenners was (van links) Christiaan van Tonder(Montagu Wine & Spirits Co), Hermias Vollgraaff (Montagu Wynkelder), Chris Crafford (Montagu Wine &Spirits Co), en Louis van der Riet (De Krans Kelder).

Page 7: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 9 September 2014 7

Van alkoholisna raadgewerHILDERINE SCHRÖDER

Nie almal sal te koop loop met die nuus dathy of sy vir meer as twee dekades ’n volslaealkoholis was nie.JohanSmit, vandieChristelikeAfhanklik-

heidsdiens op Robertson is egter nie ’n manwat sy verlede probeer begrawe nie. Inteen-deel, hy kyk jou vierkantig in die oëwanneerhy erken hoe byna drankmisbruik sy hele le-we vernietig het.Dit is juis uit sy eie strydmet die drankdui-

welwatJohannougeroepevoelomandervandié afgrond probeer wegkeer.“Ekhet19 jaar laasaandrankgevat,”vertel

Johanmet ’n breë glimlag. “My hele lewe hetverander op daardie dag toe ek op 23 Septem-ber 1995 wedergebore is onder ’n bos.” Teendaardie tyd was hy al lankal oor die afgrond,erken hy sonder skroom. “Ek het maklik 25liter wyn ’n dag gedrink. Papsak.”Drankmisbruik het hom vir 25 jaar in ’n

wurggreep gehou, vertel Johan. Tot die dagwat hy voor die besef kom dat hy byna allesverloorhetennouooksyseun,wat indaardiestadium reeds in die kinderhuis was, gaanverloor. Boonop het byna 24 aanklagte by diewerk ook soos ’n swaard bo sy kop gehang.Hyhetbestekvansy lewegeneem, tot beke-

ring gekom en God gesmeek om sy seun aanhom terug te gee; by hom gepleit om hom tehelp omdie drankduiwel te verslaan. “Ekhetdie enigste ding gedoenwat ’n verslaafde kándoen. Op my knieë voor God gaan staan entóé vir hulp gaan vra.”Johan soek nie verskonings vir sy drank-

misbruik nie, maar, voeg hy by, tydens syherstelproseshethy tógontdekdat sekerdin-ge in sy lewe daartoe bygedra het. Een daar-van, sêhy,was ’ngebrekkigeverhoudingmetsy pa, “’n vaderlike liefde wat ek eintlik niegehad het toe ek grootgeword het nie.” Van-dag is hy dankbaar dat hy sy verhoudingmetsy pa kon herbou. “Hy is ses maande lateroorlede,” mymer Johan.Sedert hy self die moeilike pad na herstel

afgelê het, werp Johan alles in die stryd omander van dié pad van selfvernietiging wegte keer. “Ek het ’n opdrag van God gekry omallesmoontlik te doenomdié probleem indiegemeenskap te pak. DieHere geemy elke dagdie veglus, krag en genade om na my mede-mens uit te reik.”Sy eie stryd het homook laat besef hoe ver-

nietigend die verslawing aan drank is. “Toeeknog self gedrinkhet, het eknooit besef ver-slawing het ’n toleransievlak nie en hoe ’nmensjouself folteromdieverslawingtehand-haaf nie. Ek het nie geweet watter verwoes-ting drank saai nie.”Dit is juis om dié rede wat Johan nou ’n

kampvegter is vir onthouding. Een van dieenigstemaniere om teen drankverslawing teveg, is om by die wortel van die kwaad uitte kom, aldus Johan. “Dit help nie om net diegevolg van die probleem aan te spreek nie,die probleem sélf moet getakel word.”Sedert hy alkohol 19 jaar gelede afgesweer

het, leef hy elke dag in genade, sê Johan. “Ekis só geseënd. Vir die afgelope 19 jaar leef ekuit God se genade en word ek deur Hom be-derf.Dit is elkedag ’nvoorregomGodse stemte hoor en Sy Woord te ervaar. My plek byhom is ná alles voorberei. Dáár ismy tuiste.”Johan maan diegene met ’n drankpro-

bleem om nie hul gewete te sus nie. “Erkenjy het ’n probleem en soek hulp. Gou!”

Johan Smit van die plaaslike Christelike Afhanklik-heidsdiens beywer hom al vir byna twee dekadesvir die bewusmaking oor die gevare van drankmis-bruik. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 8: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 9 September 20148

GPF vereer Montagu se vroue by glansgeleentheidMontagu se raakvat-vroue is on-langs by ’n glansgeleentheid ver-eer en selfs die swemheld RykNeethlingwashoogsbeïndrukmetdié dinamiese groep vroue.

Neethling, die gasspreker by dieMontagu-gemeenskapspolisiërings-forum (GPF) Vrouetoekennings, hettydens sy motiveringspraatjie gesêdat dit juis die vroue in sy lewe waswat hom tot hoër hoogtes gedryf het.Selestien Moses is by die geleent-

heid asMontagu seVrouvandie Jaaraangewys is. Moses, wat die CloverMama Afrika-projek in Ashbury be-dryf (wat ’n sopkombuis ennaskoolsesorgsentrum insluit), het onder luidetoejuigingen’nstaandeovasiedietro-fee ontvang by die vorige wenner He-len Gooderson. Neethling en JP Vil-

joen, ’n direkteur vanMontaguDriedFruit and Nuts wat as hoofborg virdie aand opgetree het, het saam metGooderson die oorhandiging behar-tig.Dit was die derde keer wat die ge-

leentheid aangebied is en dieGPFhetookvroue inagtanderkategorieëver-eer.Nominasies issedertJuniedeurdie

gemeenskap gemaak. Drie finalisteper kategorie is tydens die geleent-heid op die Cabriéres-landgoed buiteMontagu bekendgemaak.Die kompetisie is daarop gemik om

vroue te bedank wat meer as net huldeel doen, sowel as om mense in diegemeenskap bewus te maak van pro-jektewaarbyhullebetrokkekanraak.Die beoordelaars, JP Viljoen en

Wim Joubert van Montagu Dried

FruitandNuts,P.JBassonvanMonta-gu Country Hotel, en Helen Gooder-son,MontaguVrou van die Jaar 2012,hetdiemoeiliketaakgehadomdieuit-eindelike wenners aan te wys.Die kategoriewenners was:Vasvatter in die Gasvryheidsbe-

dryf:MarelettavanZyl;Vriendeliksteontvangsdame: Wendy van Tonder,Sportvrouvandie Jaar: ChrissieBur-ger; Beste Opvoeder: Brenda Stryd-om; Beste Fabriekswerker: Sarie For-tuin; Voorvatter by Gemeenskaps-diens:ElsabéWright;BesteSakevrou:Christine Laubscher en Beste Kuns-ambassadeur: Doortje Gersbach.Bottels rooiwyn van Neethling se

Val de Vie-landgoed is by diegeleentheidverkoopmetalleopbreng-stewataanMontaguse traumakamergeskenk is.

Die wenners van die Montagu Gemeenskapspolisiëringsforum Vrouetoekennings was(agter, van links) Brenda Strydom, Sarie Fortuin, Elsabé Wright en Doortje Gersbach,Ryk Neethling (gasspreker) en Selestien Moses. Voor is Christine Laubscher, Marelettavan Zyl, Wendy van Tonder en Chrissie Burger. FOTO: JOLANDA RAHL

KREATIEF OP LOSLITDAG: Die span van Louretta’s Ba-kery is nie net baie kreatief as dit by gebak komnie, maar ook met uitrustings vir Loslitdag. Van linksis Storm van Rensburg, Sanmari Stander en KatrienaAnreas. FOTO: ZELDA KLOPPERS

FANTASIE: Die kleingoed by Kleuterland op Robertsonwas sommer baie kreatief met hul uitrustings vir Los-litdag. FOTO: ZELDA KLOPPERS

KROONDRAERS? Nee, daar is nie nuwe koninklikesin die kontrei nie. Dié kroondraers is die span vanRobertsonWinery wat besluit het om ’n andersoortigeglans aan Loslitdag te gee. Agter (van links) is ElsieAuret, Karen Fouché en Anke Beeslaar. Voor is Mari-nell Basson, Anthea Elias. FOTO: ZELDA KLOPPERS

GLANSRYK VIR ’N DAG: Dié span van Capitec op Ro-bertson het verlede Vrydag hulle normale kantoor-drag vir iets meer glansryk verruil toe hulle aan Loslit-dag deelgeneem het.

Pret op Loslitdag

Page 9: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 9 September 2014 9

Top plaaswerkers vereerANNELDA GROOTBOOM

JohannesGalantvandieplaasLu-cerne buite Robertson is verledeDonderdagaand (4 September) bydie Callie de Wet-saal onder toe-juiging van gaste aangewys as dieLangebergstreek se plaaswerkervan die jaar.

Dit issowaar ’nprestasieomdatditdie tweede keer is wat ’n werker vanLucerne-plaas die Plaaswerker vandie Jaar-kompetisie wen.Die seremoniemeester, Willem

Mouries, het aan elke deelnemendekandidaatgesêhullesalnetkanmaaiwat hulle saai en dat hul harde werkbeloon sal word.Die wenners in die onderskeie ka-

tegorieë se sertifikate is ná afloopvan ’n optrede deur die Chakalaka-orkes van Graham Beck Wines oor-handig.In sy toespraakhet die gasspreker,

Johannes Fredericks, die 2013-streekwenner, gesê plaaswerkersspeel ’n baie belangrike rol in dielandboubedryf.“Jy moet jouself as persoon moti-

veerdeurtesê ‘ekkanenekisbelang-rik want as ek geloof, liefde en hoophet dan is ek in staat tot groot dinge.’Almal is nie wenners nie, maar onskan wenners wees in dit wat onsdoen.”Verlede jaarhethyingeskryf indie

kategorie vir Junior Bestuur en wasbaieverbaasdathyaswennergekieswas. “As jy passie het vir jou werksal jy die ekstra myl stap en opoffe-rings maak,” het Fredericks gesê.Deelnemers het in agt kategorieë

meegeding:AlgemeneWerker, Trek-kerdrywer, Besproeiingsspesialis,

Tegniese Operateur, Administrasie-personeel, SosialeOntwikkeling, Ju-nior Bestuur en Middelbestuur.Die oorhandiging van die katego-

riewenners se toekennings is deurverteenwoordigers van die depart-ment van landbou, raadslede van dieLangeberg-munisipaliteit en borgevan die kompetisie behartig.’n Spesiale toekenning is aan Jo-

hannes Adendorf, van die plaas Pa-ru, oorhandig vir die kandidaat watdie beste potensiaal getoon het.’nWisseltrofee isdeurLeonRosser

van Crop Guard, Terason aan Chris-to Schoeman (menslikehulpbronko-ordineerder by Graham Beck), oor-handig omdat dié plaas die meestepryse onder die kategorieë wennersverower het.Die hoogtepunt van die aand was

toediePlaaswerkervandieJaaraan-gewys is.Johannes Galant het met soveel

selfvertroue na vore gestap om sytoekenning in ontvangs te neem.Galant het in sy toespraak die He-

melse Vader bedank asook sy werk-gewer vir die potensiaal wat in homraakgesien is.Volgens hom moet plaaswerkers

hulself bewys en nie hul talent weg-steek nie. “Wees doelgerig en glo injouself,” het hy gesê.Hoewel hy as plaaskind op die

plaas groot geword het, het hy sywerk as plaasarbeider ernstig opge-neem en sien hy kans vir elke uitda-ging wat oor sy pad kom.Johan Fourie, plaasbestuurder

van Lucerne, het gesê dat hy vir Ga-lant vir die afgelope 22 jaar ken enhet hom as ’n eerlike, opregte menswat as toesighouer respek het vir symedewerkers, beskryf. Die streek-wenners gaan deelneem aan ’n pro-vinsiale kompetisie met ander stre-ke in die Wes-Kaap.

Christo Schoeman en wenners van Graham Beck Wines wat die meeste trofeë verowerhet. FOTO’S: ANNELDA GROOTBOOM

Die kategoriewenners in dié jaar se Plaaswerker van die Jaar-kompetisie.

Jean Grobbe-laar (voorsittervan die Breëri-vier/Wynlandlandelike ont-wikkelingsver-eniging), Jo-hannes Aden-dorf (kandi-daat met diebeste potensi-aal) en DianaGagiano, uit-voerende bur-gemeester vandie Langeberg-munisipaliteit.

Johan Fourie(plaasbestuur-der van Lucer-ne), JohannesGalant (Plaas-werker van dieJaar) en LeonRosser van Te-rason, borg vankompetisie.

Page 10: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier Gazette Schools - Skole Dinsdag 9 September 201410

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

GEDULD HENDRIKGeb.05/01/1955Gest.02/09/2014Die Roudiens vind plaasWoensdag 10/9/2014 om18.30 by die huis in Blue-bellaan 22, Ashton.Begrafnsidiens vind plaasSaterdag 9.00 by die huisin Bluebellaan 22 en 10.00in die Stadsaal, Ashton.Sal met liefde onthouword deur sy vrou, kindersen kleinkinders.

IN MEMORIAM

1015

JACOBS SUSANNASondag, 7 September 2014was dit Mamma se 1stejaar weg van ons. Die ver-lange en gemis is groot,maar ons troos ons datMamma veilig by Jesus is.Ons is dankbaar vir so ’nmoeder wie se waarde vêrbo korale was, in ons hartesal Mamma altyd voort-leef. Dankie vir die voet-spore wat Mamma vir onsgetrap het. Van mamma severlangende kinders, klein-kinders en agterkleinkin-ders.

JAFTHA SUSANGeb.14/09/1948Gest. 22/05/2008Mamma, 14/09/2014 is ditu 7de verjaarsdag weg vanons. Die vermisting is baiegroot, maar waar u is, is uveilig. Ons mis die gesels-kap en die saam kuier. Vanu man Izaac Jaftha, dog-ters, seun, kleinkinders,agterkleinkinders, sustersen broers.

DANKBETUIGINGS

1020

VAN DEN HEEVER,CHRISTIAN WILLEM(Chris)Na die afsterwe van mygeliefde man Chris, is ekopnuut bewus gemaak vandie wonderlike gemeen-skap waarin ons die afge-lope negentien jaargewoon het. Baie dankievir al die blyke van mee-gevoel wat aan ons familiegetoon is in die hartseertydperk. Groete Joan, kin-ders en kleinkinders.

GELUKWENSINGS

1030

AAN ’n spesiale man, paen oupa STRAUSS aan wiese liefde en omgee daargeen einde is nie, gelukmet jou 70ste verjaarsdag.Van: Vroulief, kinders enkleinkinders.

SILJEUR DANé JES-LYNNEGeluk met jou 21ste ver-jaarsdag vandag(9 September). Mag dieHere jou seën en nog baiejare spaar. Met liefde vanMammie en Daddie.

DANé geluk met jou ver-jaarsdag. Mag die Here jounog baie jare spaar.Van: Adean, Demie enDenovan, Jeandre, Odele,Jade, Jaitlynne, Tietie enIraldo.

GELUK blommetjie metjou verjaarsdag. Ek is baie,baie lief vir jou. Jeremia 29vers 11. Liefde jouNanna Evan.

GELUK Dané met jou ver-jaarsdag. Van die Paulse-,Van der Merwe,Maseko,Snyman en Lucas gesinne.Ons is lief vir jou.

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

LENINGS tot R200 000.Konsilidasies beskikbaar, 5minute goedkeuring.Fiona 082 422 2271

TE KOOP

KLERASIE

1615

CLEARING out cup-boards? Moving house?please spare a thought forBram Care Centre anddonate unwanted clothingand household goods tothis worthy cause. PhoneMinnie James023 615 2163 or MargaretPeach 023 615 1524 wewill collect. Thank you!

MEUBELS

1635

1x LEERBANK R 6 500,1 xstoel Lazyboy R300,1 x Wallstand R300, 1xskotteldoedwasserr R500,1 x Eikehout bank R500. 1xkraan vir opwasbak (men-ger)Skakel 084 695 2758.

SAKE

DIENSTE

2420

DAGMOEDER beskik-baar. Ek is ’n gekwalifise-erde dagmoeder wat nababas kyk en versorg.Babas 0-18 maande is wel-kom. Goeie gehalte diensword verskaf. Veilige enrustige omgewing. Vir ver-dere navra skakel mygerus by 083 868 7836.

OUDTSHOORN TOE! Die Robertson Voorbereiding-skool se o. 9A en B rugby- en netbalspanne wasonlangs op ’n toer na Oudtshoorn waar hulle teendie Laerskool Wes-Bank kragte gemeet het en sekergemaak het hulle hou hul skool se naam hoog. Huleerste stop voor hul kragmetings was byWilgewandelwaar hulle kameel, trapbote en donkiekar gery het.Daarna is hulle na die Cango Wildlife Ranch.

PRET MET ETIKET:Die kleinspan vandie Montagu Pre-primêre Skool hetonlangs ’n baieprettige uitstap-pie na die Monta-gu Country Hotelonderneem. Hul-le het nie net lek-ker geëet nie,maar dit was ookdie ideale ge-leentheid ombietjie tewerkaanhul tafelmaniere.

DIENSTE2420

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

1990 MERCEDES Benz230. CD player, mags andin running condition.Phone 061 371 9760.

Page 11: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 9 September 2014 11

KUNSTIG: Dié leerders van dieHoërskool Montagu hetuitstekend presteer by die on-langse Montagu Jeugkunste-fees. Die skoolkoor onder lei-ding van dr. Sebastiaan Pretori-us het 86% vir hulle optredebehaal en is beloon met die tro-fee vir die Beste Musiekoptredeby die kunstefees. Die toneel-stuk Perspectives, waarin 11van die skool se leerders speel,het ’n goue toekenning losge-slaan. Op die foto is leerderswat trofeë in verskillendekategorieë verower het. Van linksis Elma Burger (fotografie), JanaUys (prosa) enAntoinettedu Toit(kuns).

Page 12: Breederivier gazette 9 sept 2014

Breederivier

Year 18 • 9 September 2014 | Tel. 023 626 5212

LANGASEMS: Dié atlete van die Montagu-atletiek-klub het die afgelope naweek aan die RenosterbosTrail Run in Barrydale deelgeneem. Danzel Minnaar(middel) het die wedloop gewen terwyl sy oefen-maats Austiando Pieterse (regs) en Carlos Pietersein die tweede en derde plek onderskeidelik oor diewenstreep gehardloop het.

MUURBAL: Gustav Swanepoel (regs) van die Bonnie-vale-muurbalklub, is onlangs aangewys as die TweedeLigaspeler van die Jaar in die Sentraal-Suid Koöpera-sie-muurbalkampioenskap. By hom is Leon Binne-man, voorsitter van Overberg Muurbal.

KARATE: Dié leer-ders vandieHoër-skool Montaguhet onlangs aandie SA karate-kampioenskappein Johannesburgdeelgeneemwaarhulle almalbronsmedaljesverower het. Vanlinks is CameronShaw, Alexa Es-terhuyse, Nicolevan Zyl en JasonBenjamin.

Mountain MillClassic om die draai’n Prestige Mountain Mill Classic lê om diedraai en vanjaar word dit weer ten batevan die Standard Kinderfonds en Breede-rivier Hospice aangebied.

Op18Oktoberkangholfliefhebbers teenme-kaar meeding by die Silwerstrand Gholf- en-Rivierlandgoed op Robertson. Bring sommerdie hele gesin saam en verken die Robertson-vallei. Dié gewilde toernooi neem die vormvan ’n vierbal-beterbal met voorkeurdryf(Betterball Stableford) aan.Borgemaakvanjaarweer sekerdat daaruit-

stekende pryse ter waarde van R30 000 en ’nVenter-sleepwa op die spel is.Om in te skryf (R1 600 per vierbal), bel Eliz-

maBerlynofPieterCampherby0023 347 0415of Ludwig Vercuiel by 0023 626 1090.DieMountainMill Classic is die grootste en-

kele geldinsamelingsveldtog ten bate van dieStandard Kinderfonds.Behalwe die gholfdag, word daar deurlo-

pend insamelings van klere, beddegoed, nie-bederfbare voedsel en kontant gehou wat omdie beurt aan drie instansies opWorcester ge-

skenkword:WorcesterACVV,Kindersorg SAen die Worcester Ekumeniese Gemeenskaps-diens (WEG).Indien jy ’n bydrae wil lewer, kan jy warm

klere, nie-bederfbare voedsel en veral kom-berse by een van die volgende punte aflewer:

) Standard se kantoor by Hoogstraat 116) Nortier Motors by Brownstraat 6) Aïda Winelands by Kerkstraat 22) Dentzone by Fieldstraat 22) Inligtingskantoor van die Mountain Mill

Mall) Lion’s Club) Golden Valley Casino) Laerskool Worcester-OosMensewat verkies omkontant te skenk, kan

dit by FNB inbetaal: rekening: Gemeenskaps-kas Wes-Kaap Worcester Standard; rekening-nommer: 62152031383; banktakkode: 261150;tak: Cape Town City. Faks ’n afskrif van diedepositostrokie na Joline van der Merwe by023 347 3639 of e-pos dit na [email protected] bydraes, kontant of andersins, sal in

die Standard erken word.Sportuitslae

Gholf:Bonnievale (72): Samespel-Stableford – S.

Wentzel en K.J. Wentzel 50, E. van der Banken K. Jordaan 47, A. van Zyl en F. van derMerwe 47, J. Jonker en D. Jonker 47, D. Plaat-jies en A. van Wyk 46, G. Kriel en T. Wessels45.Ceres (72): Houespel – C. du Toit 68, M. du

Bois 67, B. van der Berg 68, F.K. van Schalk-wyk 68, J. Conradie 69, C. Overmeyer 70.Montagu (72): Houespel – Enkel-Stableford

– P. Olivier 42, J. Strydom 42, A. Thornton 42,A. Swart 41, A. Rossouw 41, J. Spangenberg40, L. Marrayatt 39, J. Brighton 39, P. Fouché39, A. Vlok 38, E. Stemmet 37, J. Conradie 36,R. van Eeden 36.Robertson (72): Samespel-Stableford – C.

Cloete en H. de Vos 51, W. van Deventer en

M. Flores 49, J. Geldenhuys en H. Eksteen 48,J. Grobler en J. Schoonraad 47, J. Stipp enE. Stipp 47.Worcester (72): Samespel-Stableford – B.

Oosthuizen en H. Joubert 49, F. van Zyl enW. Smit 48, R. van Schoor en T. Franken 47,P. Eloff en S. le Roux 45, J.H. Hofmeyer enJ. Naudé 44.

Rugby:Premierliga: United Bulk Villagers 38,

Hawston 19; Wesbank 49, Saldanha 30; Ceres30, Roses United 25; Delicious 21, Robertson20, Vredenburg 21, Never Despair 21.Superliga-Oos:Caledon34,BlackLeaves17;

Proteas 25, Kleinmond 21; Safcol 23, Stan-dards 17; AshtonUnited 51, Genadendal 8; Yo-ung Hamiltons 33, Montagu Villagers 0.

HOKKIE: DieHoërskoolRobertson se eerstehokkiespan moes, on-danks ’n baie taaistryd teendie span vanCharlie Hofmeyr, uit-eindelik die knie buigmet1-0 indie guns vandie Ceresiete.

Vergadering vir alle oud-RFC-spelersAlle oud-RFC-spelers word genooi na ’n vergadering op 11 September om 19:00 by die Schoonge-zicht-sentrum op Robertson. Vir navrae, bel 083 368 2704.

RUGBY: Die Hoërskool Robertson se eerste rugbyspan het sy interskolestryd teen Charlie Hofmeyrvan Ceres naelskraap met 15-18 verloor. Albei spanne het twee keer agter die doellyn gaan kuier.Op die foto stuit Dehan Stipp, kaptein van Robertson se span, sy teenstander.