Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
79STE JAARVERSLAG01/04/2014 - 31/03/2015
Adres: Posbus 2037, Groenkloof, 0027 | Tel: (012) 460 9272/3/4 | Faks: (012) 460 8531Faks@epos: 086 524 4589 | E-pos: [email protected]
www.cmrn.co.zaNPO Reg nr. 015-917
CMR Noord
VISI
E, M
ISSI
E, W
AARD
ES
2
Die visie van die CMR NOORD is om hoop te gee aan mense in nood
Die waardes van ‘n organisasie dien as gedragsriglyne waarbinne die visie en missie uitgevoer word. Die waardes word in die onderstaande tabel uiteengesit.
Die missie is om die voorkeur organisasie te wees wat uniek geposisioneer om in samewerking met ander rolspelers, markverwante maatskaplike diensprogramme te implementeer om die nood van gesinne en gemeenskappe in hoop te omskep.
Ons Missie
OnsVisie
Ons Waardes
Christelike lewens en wêreldbeskouing
Kwaliteit gerig
Verantwoordbaar
Koste-effektief Die uitlewing van Christelike beginsels met betrekking
tot alle handelinge en besluite wat geneem word.
Om te alle tye ‘n diens van hoogstaande gehalte aan
begunstigdes en donateurs te lewer.
Om aanspreeklikheid teenoor begunstigdes en donateurs met betrekking tot alle handelinge, hetsy dienste of finansies, te aanvaar.
Om bestaande hulpbronne
maksimaal en kostedoeltreffend
aan te wend.
OntwikkelingsgerigOm deurlopend geleenthede daar te stel vir groei en ontwikkeling.
04
02
Woord van die Voorsitter
VIsie, Missie en Waardes
Programme van Hoop
06
07
10
12 - 15
08 - 09
11
16
17
18 - 19
Gesinsbewaring
Gemeenskapsontwikkeling en Armoedeverligting
Nogmaals dankie
Kinderbeskerming
Uit die Pen van ‘n Maatskaplike Werker
Bemarking en Fondswerwing
Waar werk ons?
Finansiële state
05Direkteursboodskap en Boodskap van Beskermvrou
3
INH
OU
DSO
PGAW
E
WO
ORD
VAN
DIE
VO
ORS
ITTE
R
4
Die visie van CMR is om mense se wanhoop in hoop te verander. Ons poog om dit te bereik deur programme van Gesinsbewaring, Kinderbeskerming, Armoedeverligting en Gemeenskapsontwikkeling.
Vir baie jare (79) is die CMR personeel besig met die vervulling van die bostaande visie.
Om hoop te kan gee ,moet jyself vervul wees met hoop. Die bron van die CMR personeel se hoop is ons troue Hemelse Vader.(Ps.39.8)
“U is ons enigste hoop.”
Die digter D.J. Opperman het hoop se uitwerking beskryf oa. “n flitslig in die donker, n hulp waarmee ek van klip na klip kan sien om die rivier oor te steek.
Hierdie inleiding tot die Jaarveslag kry groter betekenis as u dit lees nadat u die res van die verslag eer gelees het. Die leser kom onder die indruk dat baie mense se lewens aangeraak is deur die doelgerigte programme waardeur die CMR werkers hoop bring. Hierdie hoop is nie net tydelike verligting nie, maar gee lewenstoerusting en vaardigheid sodat mense se lewens weer sin en betekenis kry. Daarom staan die verskillende kantore bekend as “Sentrums vir Hoop".
Die CMR is baie bewus van die veranderinge in die samelewing en die invloed wat dit op mense se lewenslus en lewenstyl het. Die ekonomiese realiteite raak ook die bronne waaruit die CMR se finansiering vir ons dienste kom. Die rolspelers soos die N.G.Kerk Noordelike Sinode, ander kerke, die Staat, die breër gemeenskap en Korpratiewe sakegemeenskap is steunpilare waarsonder die CMR nie sou kon voortgaan om dienste te lewer nie. Baie dankie aan elk van die bogenoemde vir u volgehoue donasies, belanstelling en morele ondersteuning.
Die CMR het die afgelope jaar in n omvattende strategiese proses beweeg om maniere te prober vind om die dienste meer effektief, vaartbelyn,en koste effektief te organiseer.Hierdie proses is steeds aan die gang.
Baie dankie aan die Bestuursraad, die Direkteur en al die personeel van die CMR wat hierdie jaar weer baie wanhoop in hoop verander het. So is 'n groot verskil gemaak aan baie mense se lewens.
J.H.v LoggerenbergVoorsitter Beheerraad
DIREKTEU
RSBOO
DSKAP
5
Tussen 2000 en 2015 was die algehele werkloosheidsyfer gemiddeld 25,27% van die populasie, en 45,5% van huishoudings in Suid-Afrika het minstens een persoon wat afhanklik is van ‘n maatskaplike toelaag. Limpopo is nie slegs 1 van die 3 provinsies waarbinne CMR Noord dienste lewer nie, maar dis die provinsie met die hoogste persentasie armoede: meer as 75%.
Bogenoemde statistiek mag vir baie mense slegs ‘n opsomming van syfers wees, maar vir CMR Noord met haar 17 Sentrums van Hoop, weerspieël dit iets van die nood waarmee ons personeel elke dag gekonfronteer word. Daar is elke jaar meer en meer uitdagings op sosiale-, ekonomiese- en politieke vlakke wat dienslewering ál hoe moeiliker maak. Die versoeking is ongetwyfeld groot om moed op te gee en oor te gee aan ‘n gevoel van totale hopeloosheid.
Tog het Hellen Keller gesê: “Ek is slegs een, maar steeds is ek een. Ek kan nie alles doen nie, maar steeds kan ek iets doen. En die feit dat ek nie alles kan doen nie, beteken nie dat die iets wat ek wel kan doen, ek nie doen nie.”
Bogenoemde aanhaling verwoord iets van die werk wat CMR Noord se Sentrums van HOOP daagliks doen. Ons personeel werk toegewyd aan die taak om hoop in ‘n hopelose wêreld te bring – ten spyte en te midde van moeilike omstandighede.
Die wonderlike nuus is dat ongeveer 4000 gesinne en meer as 34 000 kinders en volwassenes aangeraak is in 2014/15 deur CMR Noord se programme van HOOP. My gebed is dat wanneer u dié jaarverslag lees, u ook weer hierdie gevoel van hoop sal ervaar. Mag elke storie van HOOP ‘n getuienis wees van die werk wat wel ‘n verskil maak in mense se lewens, en mag u aanhou om ons te ondersteun om hierdie Koninkrykswerk verder te voer in die jare wat op ons wag!
Maryke VenterDirekteur: CMR Noord
Programme van HOOP
Boodskap van Beskermvrou
Gesinsbewaring
Kinderbeskerming
Armoedeverligting en Gemeenskapsontwikkeling
Ek het die voorreg gehad om oor die afgelope twee jaar bewus te word van die merkwaardige werk wat die CMR doen. Daar is soveel nood op so baie vlakke, en die CMR spreek dit onmiddellik en direk aan. Ek kry nie die indruk dat administratiewe struikelblokke ooit in die pad staan van hulp wat hulle bied nie. Dit is lekker om te weet dat as ‘n mens ’n bydrae sou kon maak, dit hoofsaaklik aangewend word om mense gerusstellend in nood te help.
Die personeel wat ek reeds leer ken en ontmoet het by die CMR, bly vir my ‘n inspirasie en ek het lief geword vir hulle. Daar is soveel hartlikheid, begrip en betrokkenheid by almal opgemerk. Ek glo dat elke grootmens of kind wat met die CMR te doen kry, dieselfde voel. Ek het daar ’n hawe gevind waar ek voel dat enige klein bydrae wat ek maak, ’n groot verskil maak! Ek het hier ‘n hawe.
LAURIKA RAUCHBESKERMVROU
Totale Bereik...
SÓ LY
K H
OO
P
6
“Ek glo dat elke keer wat ‘n maatskaplike werker opstaan vir ‘n saak of optree om die omstandighede van ander te verbeter, of standpunt inneem teen onregverdigheid, word ‘n klein rimpeling van hoop uitgestuur. En die moontlikheid bestaan dat die rimpelings kan verander in ‘n magtige stroom wat hoop en verandering bring.” - Bernadine Human
34 862totale aantal begunstigdes
7 314
Aantalvolwassenes
3 967
Aantalgesinne
27 548
Aantalkinders
Hoop is waarlik 'n abstrakte term. Sommige sê dis iets wat jy voel, iets wat jou hartsnare roer. Ander meen dat hoop sweef. Ons is in die bevoorregte posisie om daagliks te sien presies hoe hoop lyk. Elke nuwe gesin dat hoop rondsweef, ’n glimlag op ’n gesiggie wat verskrik by ons aangeland het, woorde uit ’n mondjie wat maande lank tjoepstil was – dis hoop! En dit is wat elke ondersteuner van die CMR in wording bring. Baie dankie hiervoor! Ons is uiters bly om ons HOOP met julle te deel.
Versterk gesinne (Gesinsbewaring): 3967 gesinne bereik
Kinderbeskerming: 573 kinders deur wettige proses beveilig
Nuwe gesinne (Pleegsorg en Aannemings): 1010 nuwe gesinne is gevorm
Genees gebrokenheid (Terapie en Assesserings):
• 652 kinders deur CMR Noord Kindersentrum bereik
• 1525 kinders deur ander hulpbronne bereik
Armoedeverligting en Gemeenskapsontwikkeling (insluitend Kleuterskole/ ECDs)
• 1000 gesinne gehelp en voorsien van kos en klere
• 20 000 kinders deur kinderdagprogramme bereik
• 741 haweloses voorsien van kos en klere
• 272 kinders bereik deur ‘n Voorskoolse Ontwikkelingsprogram wat as deel van die CMR-sisteem bestuur word
37% Afname
GESIN
SBEWARIN
G
7
‘n Storie van HOOP‘n Kliënt het die volgende briefie geskryf aan Me. van Rensburg, ‘n maatskaplike hulpwerker by Derdepoort:
“Ek is baie trots op u.
Elke ding wat ek by CMR ontvang maak my hart so bly. Ons eet, ons trek aan. Alles wat ek by die welsyn ontvang, ontvang ek met my twee hande. Ons koskaste het kos, die hangkaste het klere in. Ons is skoon, en daar is genoeg seep en seeppoeier om onsself skoon te hou.
Omdat u daar is kan mense skaars uitmaak wat ons deurgaan. Ons kinders en grootmense kry geskenke wat ons bly laat voel.
Dit maak ons harte heel. Ek waardeer dit met my hele hart en wil net baie, baie dankie sê vir alles!”
Voorkomingsdienste maak die kern van hierdie program uit. CMR se doel is om sover moontlik gesinne bymekaar te hou. In die jaar wat verby is, was daar ‘n afname in die aantal kinders wat uit ouerlike sorg verwyder moes word. Dit beteken dat die voorkomingsdienste wat wel gelewer word ‘n positiewe impak op die lewens van gesinne het.
Die gesinsbewaringsprogram sluit die volgende in:
• Ouerleiding- en terapeutiese groepe• Huweliksberading• Egskeidingsbegeleiding• Ontwikkeling van lewensvaardighede• Traumaberading• Voorkoming en behandeling van dwelm- en alkoho misbruik
KIN
DER
BESK
ERM
ING
8
‘n bekende die oortreder is.
- South African Medical Journal -
Navorsing ten opsigte van
verkragtingin Suid-Afrika het uitgewys dat
84% van alle seksuele misdade wat teenoor ‘n kind gepleeg word,
Deel van CMR se kerntaak bly om kinders te beskerm. In die jaar wat verby is, is daar toegetree tot amper 600 kinders wat deur erge mishandeling en verwaarlosing geraak is. Ons is dankbaar om terugvoer te gee dat hierdie aantal afgeneem het teenoor 2013/14 se getalle.
Volgens Statistiek Suid-Afrika is ongeveer 38% (d.i. meer as 20 miljoen) van die land se bevolking kinders. Die SAPD se 2012/13 statistiek dui daarop dat ongeveer 500 000 sake geopen is waarby kinders betrokke was.
Die volgende aktiwiteite vind plaas as deel van CMR se Kinderbeskermingsprogram:
• Beveiliging deur toepassing van die Kinderwet i.v.m. geweld, verwaarlosing en seksuele mishandeling (molestering)• Intensiewe terapie vir die kind en/of gesin• Interaksionele assessering van gesinne• Korttermynterapie aan kinders in groepverband• Pleeg- en veiligheidsorgwerwing en keuring• Opleiding aan pleeg- en veiligheidsouers
ongeveer
van die land sebevolking is kinders
38%(insluitend aanneming
en pleegsorg)
9
KindersentrumEen van die hulpbronne tot beskikking van die gebiedskantore om kinderbeskermingsdienste te lewer, is die CMR Noord Kindersentrum.
Die sentrum lewer die volgende dienste:
(insluitend aanneming en pleegsorg)
KIND
ERBESKERMIN
G
Berg-en-Dal sal aanhou om hoop te bring in ‘n lewetjie deur God gewil, ‘n lewe wat
uitroep, “Onbepland, maar welkom!”Sandra van der Merwe, maatskaplike werker skryf:
Het jy geweet dit kos CMR ongeveer R 30 000 om ‘n enkele kind te beveilig en te plaas in alternatiewe sorg?
• Asesserings- en terapeutiese dienste (652 kinders is bereik)
• Pleegsorgkeuringsdienste (116 pleegsorgkeurings is afgehandel)
• Aannemingsdienste (1440 mense is bereik)
• Ondersteuning van tienerswangerskappe (32 tieners het dienste ontvang)
• Plasing van verlate babas (57 verlate babas is beskikbaar vir aanneming)
Vinnige feite
Berg-en-Dal Swangerskapkrisissentrum het
in 2014 hul 10de verjaarsdag by Louis Botha Kinderhuis gevier
Die CMR Noord is geseënd om ‘n Aanneemoueraksiekomitee (AOAK) te hê wat
jaarliks ‘n fondsinsamelingsgeleentheid hou. R 200 000 is in Augustus 2014 deur die
inisiatief ingesamel
CMR Noord se Kindersentrum bied kwartaaliks ‘n opleidingsessie vir pleegouers aan
Storie van hoopDis net na 18:00 toe ‘n krulkopseuntjie van 17 maande verwyder word uit sy moeder se sorg. Die verwydering verloop gepaargaande met groot chaos. Daar is ‘n skare by die woonstel. Sommige noem dat hulle vir die maatskaplike werker sal bid, aangesien sy “definitief hel toe gaan” omdat sy “mense se kinders net vat!” Selfs die polisie word ontbied vir die “ontvoerder”.
Die volgende dag is die Landdros by die Kinderhof verstom oor die ma se onvermoë om hierdie seuntjie vir langer as tien minute te hanteer. Die seuntjie wil slegs by swartmense wees, aangesien hy deur hulle vir lank in 'n "shack" langs 'n dam versorg is.
Twee maande later gaan dit sommer baie beter! Hy eet groente wat hy nie vantevore geëet het nie en hy het 'n roetine. Sy gedrag het ook verbeter, danksy die liefdevolle versorging van 'n pleegma.
Sy biologiese mamma, wie gearresteer is vir die besit van dwelms, kry ook ‘n tweede kans. Haar prokureur beveel aan dat sy inskakel by ‘n rehabilitasiesentrum, en so besef mens weer: daar is inderdaad HOOP!
HO
OP
IS IN
ON
S H
AND
E
10
Gemeenskapsontwikkeling en armoedeverligting:
Met die verstommende hoë werkloosheidsyfer neem armoede net toe. CMR Noord fokus op die volgende aspekte van gemeenskapsontwikkeling en armoedeverligting:
Vaardigheidsontwikkeling: naaldwerkgroepe en ander
handvaardigheidsoefeninge
Materiële ondersteuning: kospakkies en klere
Bewusmakingsveldtogte: Kinderbeskermingsweek, asook 16
dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders
Betrokkenheid en bestuur van Voorskoolse
Ontwikkelingsprogramme
In 2000 het CMR Derdepoort ‘n speelgroepie vir hoë-risiko kinders begin, en aan die einde van 2014 het een van hierdie dogters gematrikuleer!
Vandag het hierdie speelgroepie uitgebrei na ‘n volwaardige Voorskoolse Ontwikkelingsprogram waar 45 hoë-risiko kinders daagliks die korrekte opvoedkundige insette geniet. Ons glo dat ons binne die volgende 14 jaar weer sal kan skryf dat hierdie kinders matrikuleer het!
Hoop is in almal se
hande!
11
Professor Taute van die Universiteit van Pretoria het eendag ‘n baie besonderse opmerking gemaak oor wat maatskaplike werk vir haar beteken: Die doel is om mense te bemagtig, sodat hulle hulself kan help. Die ontwikkeling van die individu, gemeenskap en familie om tot hulle uiterste potentiaal te funksioneer, is dus die hele punt van maatskaplike werk!
As 'n "groen" maatskaplike werker destyds, het ek een ding baie vinnig besef… Die daagikse praktyk is baie anders as wat jy leer in die klas elke week. En een ding wat ek opgelet is, is dat alle nuwe maatskaplike werkers een ding in gemeen het:
ons wil die wêreld verander. Ons wil berge versit in baie kort tydjies. Maar ongelukkig is die realiteit dat groei en verandering ‘n proses is wat tyd neem en baie insette verg. Rome is nie in ‘n dag gebou nie! Ons droom soms “te” groot vir ons kliënte en vergeet dat ons kan vertrou die klein dingetjies tel die meeste om verandering in hul lewens te bring.
Maatskaplike werk is nie maklik nie. Inteendeel, dit is emosioneel een van die mees uitdagendste beroepe wat daar is! Maar bygesê, dis een van die beroepe wat die meeste waarde inhou. Jy leer soveel van ander mense, maar ook van jouself. Boonop voel ek dis die beroep wat die meeste professionele groei bevorder!
Maatskaplike werkers is ‘n unieke groep mense. Ek voel so gemaklik om myself as een van hulle te beskou! Dit voel of ons ‘n spesiale band het oor ons 'n passie deel vir verandering bring. En passie is nou maar 'n mooi ding om te deel! Ek noem hulle sommer mý mense, so asof ek praat van my familie en naaste vriende. Loer gerus volgende keer by ‘n byeenkoms na die maatskaplike werkers… Hulle gesels met groot glimlagte en lag maklik hardop. Daar is nooit doodse stilte nie, want daar is tog altyd iets om oor te praat of stories van hoop om te deel.
Ek glo vriendelikheid is een van die beste kwaliteite wat ons almal deel, en daarom voel ek doodeenvoudig trots om te weet ek doen ‘n werk waarin die uitdrukking “One small step at a time” boekdele spreek! Dis wonderlik om te weet – en te sien – ons maak ‘n verskil.
– MADELEIN STEYN CMR DERDEPOORT
HOOP
DAAR IS ALTYD
HO
OP!
wanhoop
BEM
ARKI
NG
12
SO INSPIREER ONS ANDER OM HOOP TE BRING:Dit is my verantwoordelikheid om die bemarking en fondswerwing van hierdie ongelooflike organisasie te bestuur - dit is ons afdeling se voorreg om mense te “pla” vir hulle geld, maar ek doen dit altyd met passie en liefde, om kinders te kan RED!
Deur die jare het ek tot die gevolgtrekking gekom dat ons werk hier by die CMR Noord nie slegs die welsynsektor betrek nie, maar ook die BELEGGINGSindustrie. Dink daaroor: ons almal BELÊ in gebroke kinders se lewens - of jy nou goedere of geld skenk, jou tyd as vrywilliger gee, of dien op een van ons 17 Sentrums se Beheerrade. Wat is die OPBRENGS op daardie belegging? Die HOOP om ‘n nuwe lewe moontlik te maak vir hierdie kinders!
Die meeste van ons het, soos ons eie kinders, die voorreg gesmaak om in ‘n huis groot te word waar ouerliefde en omgee bestaan. Waar 3 etes per dag, ‘n eie slaapkamer en bed, nuwe klere in die kas elke jaar, warm water, ‘n liefdevolle mamma en pappa, boetie of sussie, ‘n realiteit is. Dit is sooo hartseer dat daar soveel kinders is wat dit nooit sal beleef nie. DIT breek ons harte, maar telkens as mens net wil moed verloor, dan kruis mense soos ons donateurs en vennote, ons pad. Hulle is gewone mense wat HOOP gee, wat iets van hulself gee en daardeur 'n verskil maak in iemand wat stukkend is se lewe. Glo my! Julle is werklik die hoop van ons samelewing.
Om een-vir-een dankie te sê aan almal, is 'n onbegonne taak. Daarom is hierdie verslag opgestel om vir julle te wys HOEVEEL kinders se lewens is geraak deur julle betrokkenheid, en HOE baie ons (en hulle) dit waardeer!
“We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop.” - Moeder Teresa
ANJA LE CORNUBestuurder: Bemarking & FondswerwingNS: Vir enige bydraes, kontak my asb per e-pos: [email protected]:Absa Brooklyn takTakkode: 335 345Tjekrek no: 0050 160 033Verw: RED-'N-KIND
Winterhoop 2014 (Junie/Julie)Hoe beskryf ‘n mens die knaende hongerpyne wat ‘n weerlose kind ervaar wanneer hy met ‘n leë magie moet gaan slaap?
Hoe beskryf ‘n mens sy ouers se gevoelens van magteloosheid en wanhoop oor hulle eenvoudig nie vir hulle kosbare kind kos kon gee nie?
Die 14de Winterhoop Veldtog gee hoop! Hierdie is ‘n landswye veldtog wat PEN & MES in samewerking met verskeie kerke, welsynsorganisasies, RSG, KykNet en verskeie koerante aanbied om die nood in ons land gedurende winter aan te spreek. Die fokus val op verskeie stede soos Pretoria,Johannesburg, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Bloemfontein asook kleiner dorpe wat deel vorm van Winterhoop Nasionaal.
Die volgende is ingesamel: Warm klere (baadjies, truie, serpe, musse, handskoene, kouse, skoene ens) en natuurlik komberse.
KINDERBESKERMINGSWEEK 26 Mei-1 Junie 2014
Een van ons groot uitdagings is om almal te kry om SAAM te baklei vir ons kinders, om saam te staan in die oorlog teen kindermishandeling.
Suid-Afrika het een van die beste kinderbeskermingswette ter wêreld, met die meeste agting vir mense en hul regte. Met Kinderbeskermingsweek vestig ons die publiek se aandag presies hierop en hoe elke mens ’n morele verpligting het om hierdie euwel te beveg.
Wat moet kinders leer uit Kinderbeskermingsweek? “Dat hulle spesiaal en kosbaar is. Hulle het die reg om skool toe te gaan en in ’n veilige omgewing groot te word.
Kinderbeskerming is ELKE dag op CMR Noord se kalender en ons bied deurlopend programme in gemeenskappe aan.
TOTAAL van 27 531 KINDERS BEREIK
13
BEMARKIN
GCMR Daspoort Vrouedag 201460 dames het die geleentheid bygewoon waarvan 9 as gasvroue opgetree het, elkeen met haar tafel wat op 'n unieke manier gedek is. Die boodskap wat deur Me. Ilse van Dijk aan hulle gelewer is, se tema was die lig wat elkeen van ons laat skyn. Ons is soos verskillende kerse met verskillende groottes - elkeen uniek.
Me. Petro Fourie het ook 'n praatjie gelewer oor die maskers wat ons in die lewe opsit om ons seer weg te steek.
GROOT FM bederf ons maatskaplike werkers
Lindie en GROOT FM bederf ons maatskaplike werkers met 'n dag van spabehandelings en onstpanning by PLACECOL Brooklyn!
’n Damesontbyt ten bate van die Red ’n Kind Projek is op 23 Augustus aangebied deur ons Aanneemouers Aksie Komitee. Hierdie jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid is van ONSKATBARE waarde vir die CMR Noord en ons eer die vrouens wat elke jaar hulle tyd opoffer en SO hard daaraan werk- Nanette Hennop en Anja Purves.
Die gaskunstenaar was Vicky-Anne Serfontein en die tema was "My geskenk van Bo! Uit Hom, deur Hom, tot Hom." Sy was vir 10 jaar ’n aanbieder by Radio Kansel van programme soos Spitstyd, Spektrum, In Pas en ander.
Dan was die gaste ook verras met ‘n spesiale gas, Morne Emery, wie 'n trotse ambassadeur van CMR Noord en die Red-'n-Kind projek is. Hy was 'n finalis in die 2014 Mnr Suid-Afrika kompetisie.
Die A.O.A.K spesiale Damesoggend 2014
BEM
ARKI
NG
Eerste Gholfoggend vir Vrouens“Chipping for Children” Prettige oggend vir dames tydens ons Gholfdag!
Die 5e Jaarlikse “Red-‘n-Kind” Gholfdag18 September 2014 @Silver Lakes Gholfbaan Pretoria
132 spelers het afgeslaan ten bate van ons stryd teen kindermishandeling. Verskeie putjies is geborg en met die ondersteuning van ons hoofborg, Mnr Theuns Reynolds (Tightrope Investments), word ‘n rekordbedrag ingesamel!
Die seremoniemeester, Darren Scott , het die 150 gaste tydens die aandfunksie heerlik vermaak met sy sêgoed en speletjies.
Die Gholfdag groei steeds elke jaar van krag tot krag en die Red-‘n-Kind fonds word werklik hierdeur gesëen.
‘n Paar foto’s van die pret wat ons gehad het op 18 September:
14
15
BEMARKIN
G
Donateursontbyt: 2015 by Monte De DiosOns het tydens hierdie heerlike ontbyt DANKIE gesê aan:• Ons Hemelse Vader wat die organisasie deur Sy genade lei die afgelope 79 jaar;• Die Direkteur en Beheerraadslede van die CMR Noord vir hulle leierskap;• Ons toegewyde en hardwerkende personeel;• Alle donateurs, besigheidsvennote en vrywilligers;• Ons pleeg- en aanneemouers; • Alle POTENSIËLE donateurs, wat na hulle met die CMR Noord se dienste kennis gemaak het, sal WIL betrokke raak om kinders in nood te help.
Hierdie spesiale teepot is met een van die CMR Derdepoort kinders se sketse bedruk. As gevolg van die GROOT aanvraag daarna, het ons besluit om dit ook TE KOOP aan te bied, en op so manier nog meer fondse in te samel vir ons Kersprojek!
“Laat Daar Lig Wees” Kersprojek 2014Alle kinders het die potensiaal om te kan skyn! Soms neem dit slegs 'n klein bietjie hoop om die lig aan te skakel! Met julle hulp het ons in 2014 lig en hoop in 1 038 kinders se lewens gebring met die Laat Daar Lig Wees Kersprojek.
16
DAN
KIE
AAN
DO
NAT
EURS
Brief van beskermvrou en dankie aan donateurs
Ek is baie bevoorreg om deel te kan wees van CMR Noord vir verskeie redes. Eerstens, om met hulle geassosieer te wees. In Nelson Mandela se woorde: “ ’n Nasie wat vir sy kinders sorg, sorg vir sy toekoms” en ek kan onvoorwaardelik, sonder vrees vir teenkanting, die beleidsbepalings van die CMR Noord ondersteun. Ek is self ‘n ma, en deur ervaring met my eie kinders het ek gesien hoe ontvanklik kinders is vir hervorming en ontwikkeling - veral wanneer aangemoedig soos deur CMR Noord.
CMR Noord verdien lof vir hul weergalose, onbaatsugtige en toegewyde diens aan die hele gemeenskap. Hierdie diens is gebasseer op Christelike waardes en sluit onder meer die plasing van kinders by betroubare pleegouers en die voorsiening van kos en klere aan behoeftiges in Pretoria-Noord, in. CMR Noord identifiseer ‘n behoefte en deur volharding word die probleem nie slegs aangespreek nie, maar ook opgelos. CMR Noord se werksaamhede strek die hele Pretoria, asook Gauteng oor die algemeen, tot eer - sonder dat hulle aandring op enige teenprestasie. Die span moet daarom gekomplimenteer word vir die hoë standaard van dienste wat gelewer word.
Alle lof kom die Hemelse Vader en die Bestuur van CMR Noord toe vir die verskil wat hulle maak in jong lewens. Die Bestuur is die beleidsbepalers wat die proses dryf; Christelike waardes is die onsienbare mag wat dit moontlik maak om die beleid suksesvol toe te pas; en die kinders is die wenners wie vooruitgaan en bepaalde doelstellings bereik wat sonder CMR Noord se ondersteuning nooit moontlik sou wees nie. Alle mense op aarde het ‘n verlede, maar omdat CMR Noord aan die kinders se toekoms werk, word negatiewe aspekte in hulle (die kinders) verlede beperk tot die minimum. Wat ‘n groot voorreg om op ‘n klein manier hierby betrokke te wees!!!!
RIVA SCHOEMANBESKERMVROU
Elkeindividuele donateur en vrywilliger
Beeld Kinderfonds
SAPD
Departement van
Maatskaplike Ontwikkeling
KinderhofDepartement
van Justisie
Dankie AAN:
Noordelike Sinode van die
N.G. Kerk
17
Louis Trichardt
Bela-Bela
Pietersburg
Pretoria Brits
Rustenburg
Soshanguve
Musina
5
Bela-Bela
Soshanguve
Kantoor Telefoon nommer E-pos
Gauteng
Hoofkantoor 012 460 9272 [email protected]
Kindersentrum 012 333 0421 [email protected]
Daspoort 012 379 5860 [email protected]
Derdepoort 012 800 4866 [email protected]
Moot 012 331 3644 [email protected]
Pretoria-Noord 012 546 0650 [email protected]
Pretoria-Sentraal:• Vos Gemeenskapsentrum• Lynnwood
012 341 2318012 348 1245 x214
Pretoria-Wes 012 386 1049 [email protected]
Roodeplaat 012 808 1455 [email protected]
Soshanguve 012 799 3887 [email protected]
Valhalla 012 660 2366 [email protected]
Wonderboom 012 567 4551 [email protected]
Limpopo
Louis Trichardt 015 516 5115 [email protected]
Messina 015 534 0245 [email protected]
Warmbad (Bela-Bela) 014 736 2557 [email protected]
Noord-Wes
Brits 012 252 3207 [email protected]
Rustenburg 014 592 0455 [email protected]
GEO
GRAFIESE LIG
GIN
G VAN
KANTO
RE
FIN
ANSI
ES
18
Bronne van Inkomste: CMR Noord (Bestuur en Kindersentrum)
Bronne van Inkomste: CMRade (Gauteng, Limpopo en Noord-Wes)
Bronne van Inkomste: Opsomming van diagram 1 en 2
Subsidie
Rente
Fooie
NG KerkAlgemeneFondswerwing
35.6%
1.6%21.2%
26.0%
15.6%
Subsidie
Rente
Fooie
NG KerkAlgemeneFondswerwingLottoTrust
45.9%
1.6%
2.0%9.6%
11.3%
21.5%
7.8%
Subsidie
Rente
Fooie
NG KerkAlgemeneFondswerwingLottoTrust
42.3%
1.7%8.8%
15.4%
12.9%
13.9%
5.0%
19
FINAN
SIESCMR Noord (Ingelyfde vereniging sonder Winsoogmerk) 2014/2015 Inkomstes WERKLIKFooie 1 393 871 Rente-Inkomste 102 692 Departement Maatskaplike Ontwikkeling 2 347 273 Kerkbydraes 1 718 430 Fondsinsameling 1 013 684 Ander 19 928 TOTALE BEDRYFS INKOMSTE: 6 595 879 NETTO: Noodhulp & projekte toedeling 18 419 Uitgawes WERKLIK Personeel Uitgawes 6 666 631 Grond en geboue 221 451 Huishoudelike Uitgawes 9 446 Kantooruitgawes 189 687 Vervoer Uitgawes 130 487 Bemarking 48 697 Finansiële Uitgawes 40 604 Versekering 24 882 Opleiding 41 414 Kapitale Uitgawes 22 165 Diverse en Voorsienings 69 560 TOTALE BEDRYFS UITGAWE 7 465 024 BALANSSTAAT SOOS OP 31 MAART 2015 BalansstaatToerusting 6 496 Kontant Ekwivalente 6 849 662 Debiteure 67 956 Voorraad 10 454 BATES 6 934 568
Ekwiteit en lasteKapitaal en ander Reserwe 6 259 825 BedryfslasteKrediteure 674 742 TOTAAL 6 934 568
Gekonsolideerde Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geeindig 31 Maart 2015
Volledige geouditeerde state is op aanvraag beskikbaar
KOM MET ONS IN KONTAK
/cmrnoord
/saveachildproject
@CMR_Noord
http://christianfostercaresa.wordpress.com
http://youtube/X9m1kbjRfh8
www.cmrn.co.za
Adres: Posbus 2037, Groenkloof, 0027 | Tel: (012) 460 9272/3/4 | Faks: (012) 460 8531Faks@epos: 086 524 4589 | E-pos: [email protected]
www.cmrn.co.za
NPO Reg nr. 015-917