173

Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

  • Upload
    others

  • View
    48

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 2: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 3: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

Daniël ʼn Teks-vir-teks kommentaar oor die boek Daniël

R A Y M O N D D . L O M B A R D

Page 4: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 5: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

DANKBETUIGINGS

Hierdie boek word opgedra aan elke eerlike soeker na Bybelwaarhede

rakende die profesieë aangaande die Eindtyd.

Aan my vrou Amanda, my grootste ondersteuner – dankie vir jou

aanmoediging.

My dogter Clarissa – baie dankie vir die buiteblad ontwerp.

My kollega Marno Retief – dankie vir jou hulp met die tik van die

oorspronklike teks.

Mnr. Gert J.C. Visser – vir die taalkundige versorging, groot dank.

Kom, Here Jesus, ons het U lank verwag!

Page 6: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

Daniël Kopiereg © 2010 deur Raymond D Lombard ISBN 978-0-620-48610-1

Herduk: 2015 Alle aanhalings uit die Skrif, tensy anders vermeld, is geneem vanuit Die Bybel (1933-vertaling, hersiene uitgawe 1953 en 1957) Kopiereg © 1957, 1996 deur Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming deur die Bybelgenootskap. Alle regte voorbehou. Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ’n ontsluitingstelsel bewaar, of weergegee word in enige vorm of op enige manier – hetsy elektronies, meganies, deur fotokopiëring, deur opnames of enige ander vorm sonder die skriftelike verlof van die uitgewer nie. Gedruk in Suid-Afrika 10 11 12 13 14 • 11 10 9 8 7 6 5 4 3

Gedruk deur RSA Litho Printers in Kaapstad, Suid-Afrika

Page 7: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

Inhoud

Voorwoord 9

Deel 1: Die inleiding

Inleiding tot Daniël 13

Deel 2: Geskiedkundige hoofstukke

1. Daniël aan die koninklike hof in Babel 27

2. Droombeeld van koning Nebukadnésar 37

3. Drie vriende van Daniël in die vuuroond 51

4. Koning Nebukadnézar se vernedering 61

5. Fees van koning Bélsasar 75

6. Daniël in die leeukuil 85

Deel 3: Profetiese hoofstukke

7. Daniël sien in ʼn gesig vier diere 97

8. Gesig van die skaap en die bokram 111

9. Die sewentig sewetalle 123

10. Die engelverskyning aan Daniël 139

11. Die stryd tussen die konings van die Suide en Noorde 147

12. Die verseëlde woorde 159

Page 8: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

Bronverwysings 167

Page 9: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 10: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

9

Voorwoord

rofesie is vooruitvertelde geskiedenis. Wanneer ons die profetiese Geskrifte in ons hande neem, dit lees, die vervulling daarvan sien, weet ons dat profesie inderdaad vooruitvertelde

geskiedenis is. Die Bybel as die Woord van God leer ons tereg:

Ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ʼn lamp wat in ʼn donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ʼn mens voortgebring nie, maar deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek (2 Pet. 1:19-21).

Die profesie van Daniël is ʼn apokaliptiese openbarende boek in die Ou Testament. Die boek Daniël en die profesieë daarin vervat, is die mees verbasende van al die Ou Testamentiese profete. Daar is ʼn opvallende ooreenkoms met die boek Openbaring in die Nuwe Testament. In die Bybel spreek God dikwels deur drome, gesigte, naggesigte en visioene. Drome en naggesigte wanneer mense slaap, en gesigte en visioene wanneer hulle wakker is (Num. 12:6). Die Here het aan Jakob verskyn in ʼn droom, ook aan Josef het Hy drome gegee, sowel as die vermoë om drome met betekenis te kan uitlê. Aan koning Salomo het Hy verskyn in ʼn droom, maar aan die apostel Petrus gee die Here ʼn gesig terwyl hy op die dak van ʼn huis rondstap en bid (Hand. 10).

P

Page 11: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

10

God is nie beperk om net tot sy eie deur drome te spreek nie. Hy gee ook ʼn droom aan Nebukadnésar, die eerste heidense wêreldkoning. Daarom is dit nie toevallig dat Nebukadnésar se droombeeld in Daniël 2 in wese God se raadsplan vir die tye van die heidense nasies se oorheersing oor die volk Israel is nie. Die boek Daniël merk die tye van die nasies met gebeurtenisse wat alles na ʼn sekere punt toe aandui, naamlik na die tyd van die einde, wanneer die heerlike wederkoms van die Messias sal aanbreek. Dan sal die heerskappy weer aan die volk Israel teruggegee sal word. Daarom spreek Jesus Christus se woorde luid en helder tot ons in Mattheüs 24:15: Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees oplet…

Raymond D. Lombard

Page 12: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

Deel 1

DIE INLEIDING

Page 13: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 14: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

13

INLEIDING

ie boek Daniël en die profesieë daarin vervat, is die mees verbasende van al die Ou Testamentiese profete. Die feit dat God vir Daniël insig gegee het in drome en gesigte, is die

grondslag vir die boek Daniël. Alhoewel ses-en-twintig eeue tussen ons en Daniël verloop het, word ons steeds gebombardeer deur die wreedheid en onrus van oorloë, dreigende oorloë, politieke veranderings en genadelose tiranne. Al hierdie dinge word deur die leeftyd van Daniël geïllustreer en in sy profetiese geskrifte voorspel. In Daniël se geskrifte word die goddelose heidennasies histories in profesie aangeteken. Die boek Daniël het te make met gebeurtenisse wat almal op ʼn sekere punt dui, naamlik die tyd van die einde. Totdat daardie tyd aangebreek het, sal God toesien dat die volle betekenis van dié Bybelboek bedek en die woorde geheim bly.

En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder ...En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe (Dan. 12:4,9).

D

Page 15: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

14

Die profesie van Daniël is ʼn apokaliptiese boek in die Ou Testament en vertoon ʼn opvallende ooreenkoms met die boek Openbaring (apokaliptiese boek) in die Nuwe Testament. Anders as die boek Openbaring, was die boek van Daniël egter ʼn verseëlde boek, maar wanneer die tyd van die einde aangebreek het, sal die bedekking weggeneem word.

Ons bevind ons tans in wêreldgeskiedenis in die eindtyd. Die boek van Daniël is dus nie meer verseël nie. Inteendeel, ons weet dat die openbaarmaking van die Antichris op hande is. Daarom spreek Jesus Christus se woorde luid en helder in Mattheüs 24:15: Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees oplet (vergelyk met Daniël 9: 27).

Dié Skrifverwysing praat van wanneer die Antichris geopenbaar sal word. Die Jode wat die Bybelboek Daniël lees, moet dan duidelik let op wat in die profesieë van Daniël geskrywe staan. Ons weet die openbaarmaking van die Antichris sal ná die wegraping van die kerk plaasvind (sien my boek, Die Openbaring).

Dit is ʼn betekenisvolle feit dat die kerk tot onlangs toe in byna volkome onkunde ten opsigte van die Bybelboek Daniël gestaan het. Dit wil voorkom asof God se doel was dat sy volk onkundig moes bly met betrekking tot die verstaan van die profesieë van Daniël, tot die eindtyd waarheen die boek voortdurend verwys (Dan. 2:28; 8:17,19,26; 10:14; 11:35,40; 12:4,9).

Dit was altyd God se gedagte om sy volk in ʼn afwagtende houding te hou (1 Thess. 1:9-10). Daniël se voorspelling het baie te doen met die wederkoms van die Here Jesus Christus (Dan. 2:44; 7:13,14,18,27) en dit het God behaag om die boek vir die oë van sy volk te bedek tot die tyd van die einde.

Page 16: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

15

Bygesê, die sluit en verseëling van die boek Daniël (Dan. 12:4,6) beteken ook dat dié woorde veilig bewaar moes word. Ons, op wie die einde van die eeue gekom het, kan terugkyk na wat reeds vervul is, sowel as kyk na die hedendaagse ontvouing van God se raadsplanne en so duidelik verstaan wat in Daniël opgeteken is. ʼn Verdere punt om in gedagte te hou, is dat die geskrif van Daniël ʼn historiese verslag is van getroue Jode, wat in gevangenskap of ballingskap geleef het, en te midde van moeilike omstandighede aan God getrou gebly het. Die boek toon ook dat God in beheer is in die hemel en op aarde en dat Hy ʼn direkte invloed het op die kragte van die natuur, die eindbestemmings van volke, en dat Hy sorg dra vir sy mense.

Dié boek is geskrywe as ʼn bemoediging aan die Jode in gevangenskap, sowel as die Jode in die diaspora. Die algemene aanvaarbare datum van die boek is 536 v.C. Gebeure is aangeteken soos dit in ongeveer 605 – 536 v.C. gebeur het. Daniël het in gevangenskap gegaan en is na Babilon in 605 v.C. gedeporteer. Hy was daar gedurende die regeringskap van koning Nebukadnésar, Bélsasar, Darius en Kores.

Daniël was intens bewus van die feit dat ongeag die omstandighede wat teen die Jode was, God steeds soewerein is en Hy aan die werk is om Sy plan vir nasies, volke en tale in die fynste besonderhede in vervulling te laat gaan. Die boek van Daniël sentreer om dié voldonge waarheid – die soewereiniteit van God staan bo alles en almal verhewe! Die boek bevat profesieë rakende die nasies van die aarde en van Israel se toekomstige verhouding met hulle in die soewereine plan van God.

ʼn OORSIG OOR DIE BOEK DANIËL Na ʼn kort opsomming van Nebukadnésar se oorwinning oor Jerusalem, skuif die klem dadelik oor na Daniël en sy drie vriende, Sadrag, Mesag en Abednego (dié drie se Joodse name was Hanánja, Misael en Asárja).

Page 17: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

16

Die eerste hoofstuk word aan die vier manne se beproewinge, toets en opleiding in die koninklike hof in Babel gewy.

Die boek van Daniël val in twee duidelik onderskeibare dele uiteen:

• gebeure en profesieë rakende die nasies van die aarde – hulle karakter, verhouding, opeenvolging en eindbestemming (Hoofstuk 2 – 6);

• ʼn versameling van gesigte en visioene rakende die Hebreeuse volk en hul verhouding ten opsigte van heidense oorheersing, sowel as die volk Israel se toekoms in die plan van God (Hoofstuk 7 – 12).

Die eerste ses hoofstukke van die boek bevat ses afdelings:

• Hoofstuk 1 – Daniël en sy drie vriende aan die hof in Babel (1:1-21);

• Hoofstuk 2 – Nebukadnésar se droom van die groot beeld; ʼn profesie oor die tye van die nasies (Luk. 21:24); dit is die tydperk wanneer Israel deur heidense nasies oorheers word (2:1-49);

• Hoofstuk 3 – Nebukadnésar se goue beeld wat hy opgerig het; die verlossing van die drie Hebreeuse vriende uit die vuuroond (3:1-30);

• Hoofstuk 4 – Nebukadnésar se droom van die groot boom waarvan die hoogte tot aan die hemel gereik het; sy vernedering en herstel (4:1-37);

• Hoofstuk 5 – Bélsasar se maaltyd en fees; Daniël verklaar die betekenis van die skrif teen die muur; die einde van Bélsasar (5:1-30):

Page 18: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

17

• Hoofstuk 6 – Darius, die Meder in die rol van ʼn onwillige vervolger van Daniël; die verlossing van Daniël vanuit die leeukuil (6:1-28).

Die laaste ses hoofstukke van die boek bevat vier afdelings:

• Hoofstuk 7 – die gesig van die vier diere wat uit die see opkom, die Oue van dae, die Seun van die mens, die konflik tussen Christus en die Antichris (7:1-28);

• Hoofstuk 8 – die gesig van die skaap- en die bokram, die groot horing afgebreek en vier aansienlike horings in sy plek, die Ou Testamentiese voorafskaduwing van die toekomstige Antichris (8:1-27);

• Hoofstuk 9 – Daniël se gebed vir sy volk en die gesig van die sewentig weke; Israel se toekoms in die plan van God; die komende Antichris en sy verbond (9:1-27);

• Hoofstuk 10-12 – die gesig van die volk Israel deur die eeue in stryd met heidense volke; ʼn profesie oor die tyd van die einde (10:1-12:13).

Daniël se profesieë is ten eerste panoramies (Hoofstuk 2 en 7) en dan meer spesifiek. Hoofstuk 9 bevat die mees definitiewe Ou Testamentiese profesie oor die tyd van Christus se eerste koms. Dié periode tussen die 69ste en 70ste week laat die huidige kerk-era toe, wat opgevolg sal word deur die komende Groot Verdrukking (70ste week van Daniël), met die gepaardgaande verskyning van die Antichris. Opsommenderwys in breë trekke sien ons in: Daniël 1-6 – ʼn Weergawe van Daniël se lewe (Geskiedenis) Daniël 7-12 – ʼn Weergawe van Daniël se gesigte (Profesie, apokalipties)

Page 19: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

18

Die absolute soewereiniteit van God oor volke, nasies, tale en wêreldgebeure kom duidelik na vore in die Geskrif God is in beheer – God is Alwetend en Hy

heers oor alle wêreldgebeure. God heers selfs oor goddelose wêreldkonings wat Hom versmaad.

God is die doel van die lewe – Daniël en sy drie vriende is voorbeelde van absolute toewyding en lojaliteit teenoor God.

God gee krag vir getrouheid – Daniël dien God vir meer as

70 jaar in ʼn vreemde land. Daniël het getrou gebly aan God en God was getrou in Daniël se lewe.

Daniël tree op as profeet vanaf 605 – 539 v.C. vir die bannelinge in Babilon. Hy ageer as profeet in ʼn tyd toe die volk van Juda as gevangenes na ʼn vreemde land weggevoer is. Tydgenote profete in Daniël se dag was:

• Jeremia (627 – 586 v.C.);

• Habakkuk (612 – 589 v.C.);

• Esegiël (593 – 571 v.C.). Ons moet onthou dat die ballingskap van Juda die agtergrond van die boek Daniël is. Dié gebeurtenis is in 2 Konings 24 – 25 opgeteken. Vir die boodskap van profesie is die geskiedenis slegs die agtergrond. Israel –

Page 20: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

19

die volk wat gesondig het – sal in tugtiging verstrooi word, maar God sal magtige wêreldryke opeenvolgend laat verbygaan totdat die koningsheerskappy van die Gesalfde (Messias) die orde herstel en die wêreld tot orde voor God geroep word. Sleutelbegrippe om die profetiese profiel van die boek Daniël in perspektief te sien, is:

• Drome, gesigte, naggesigte en visioene;

• Tye van die nasies;

• Volheid van die heidene;

• Volheid van die tyd.

DROME, GESIGTE, NAGGESIGTE EN VISIOENE In die Bybel praat God baie keer tot sy eie mense deur drome en gesigte/visioene. Drome, wanneer hulle slaap, en gesigte/visioene wanneer hulle wakker is. In Numeri 12:6 sê die Here: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die Here is, sal Ek deur ʼn gesig My aan hom bekend maak, deur ʼn droom sal Ek met hom spreek. Die Here het aan Jakob verskyn deur ʼn droom, ook het Hy aan Josef drome gegee, sowel as die vermoë om drome te kan uitlê. Aan koning Salamo het Hy in ʼn droom verskyn. Aan sy apostel Petrus gee die Here ʼn gesig terwyl hy op die dak van ʼn huis rondstap en bid (Handelinge 10). God is nie beperk om deur drome net tot sy eie te spreek nie, Hy spreek ook tot die heidene. Nebukadnésar was die eerste heidense wêreldkoning; dit is daarom nie toevallig dat Nebukadnésar se droom in Daniël 2 in wese was om God se raadsplan uit te stip vir die tye van die heidense nasies se oorheersing oor die volk van Israel nie.

Page 21: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

20

DIE TYE VAN DIE NASIES Die boek Daniël het te doen met die tye van die nasies. Hierdie frase is aanduidend van daardie periode van wêreldgeskiedenis waarin die heerskappy van die wêreld in die hande van die heidene sal wees. Nebukadnésar, koning van Babilon, was die eerste heidense (nie-Joodse) wêreldheerser wat die volk van Israel onderwerp het ná hul vestiging in die land Kanaän. Ander konings het hulle vantevore vir ʼn kort tydperk belastingpligtig gemaak, maar Nebukadnésar het Dawid se troon omvergewerp, Jerusalem beleër, die mense weggevoer en die land ʼn integrale deel van sy gebied gemaak. Dit was ongeveer 2600 jaar gelede toe hy Jerusalem beleër het en dit is die beginperiode toe die tye van die nasies ‘n aanvang geneem het.

Dié tyd sal voortduur tot en met die glorieryke koms van die Here Jesus, die Seun van die mens, wanneer Hy die Antichris sal vind, die laaste wêreldheerser van die heidene, sittende op die troon in die tempel in Jerusalem (2 Thess. 2:3-4), en dan sal Christus hom verslaan. Ons Here het self in Lukas 21:24 gesê: Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is. Die tye van die nasies strek tot aan die tyd van die einde (die einde van heidense oorheersing oor die volk van die heiliges – Israel). Die boek Daniël merk die tye van die nasies met gebeurtenisse wat almal na ʼn sekere punt toe aandui, as na die tyd van die einde. Totdat daardie tyd aangebreek het, sal God toesien dat die volle betekenis van hierdie boek vir die oë van die mens bedek bly.

Wanneer die tyd van die einde aangebreek het, sal hierdie bedekking weggeneem word en baie mense sal in die profesieë van Daniël geïnteresseerd raak. Op die regte oomblik sal God die hindernisse wegneem, die Gees van die waarheid sal God se volk in die waarheid inlei en dan sal die verstandiges verstaan wat in hierdie Bybelboek opgeteken is. Tans staan ons op daardie punt in die wêreldgeskiedenis.

Page 22: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

21

DIE VOLHEID VAN DIE HEIDENE Dié uitdrukking kom in Romeine 11:25-26 voor: Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word.

Die betekenis hier is dat Israel in die hede tydelik tersyde gestel is, totdat die volheid van die heidene (kerk) ingegaan het. Jakobus spreek dieselfde gedagte uit in Handelinge 15:13-17: Broeders, luister na my! Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.

Die volheid van die heidene is die vol getal van daardie mense wat nou vir Sy Naam, uit die heidense nasies, uitgesoek word. Dit is die gemeente wat Sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul (Ef. 1:22-23).

DIE VOLHEID VAN DIE TYD Die volheid van die tyd is ʼn frase te vind in Efesiërs 1:10. Dit verwys na die laaste dispensasie, die ewige staat, wanneer alle dinge in Christus vervat sal word. Die Skrif stel dit so: Om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig. Sien ook 1 Korinthiërs 15:27-28.

Page 23: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

22

STRUKTUUR VAN DIE BOEK DANIËL Die struktuur van die boek Daniël sal duidelik blyk namate ons vorder en ons sal sien dat die opeenvolgende visioene en profesieë die opeenvolging van heidense heerskappye vanaf Nebukadnésar tot by die Antichris is. Die hoofstukke moet nie gesien word as opeenvolgende in chronologiese orde nie, eerder het ons die hele verhaal in die eerste droom en uitleg daarvan in Daniël 2. Die visioene en drome wat volg is grotendeels aanvullend en verduidelikend van die beeld soos gesien deur dié Chaldese koning. Sou ons die boek chronologies wou deurlees of bestudeer, behoort die hoofstukke dan soos volg behandel te word: Hoofstuk 1 – 4; Hoofstuk 7 – 8; Hoofstuk 5; Hoofstuk 9; Hoofstuk 6; Hoofstuk 10 – 12.

Daniël het nie ʼn chronologiese orde gevolg nie, eerder het hy ʼn tema ontwikkel. Sou die boek tematies of onderwerpsgewys bestudeer word (Hoofstuk 1 – 9), sien ons individuele onderskeidings (divisies); in hoofstuk 10 – 12 het ons een profetiese diskoers. Die boek self dra die naam van Daniël die skrywer (Dan. 7:1,28; 8:1-2; 9:2; 10:1-2; 12:4,9-10). Die egtheid van dié boek is deur Jesus Christus bevestig en bekragtig toe Hy daarna in Mattheüs 24:15 verwys het. Die boek is in Hebreeus geskryf, behalwe vanaf Daniël 2:4 – 7:28, waarin dit in Aramees geskryf is. Daar is ʼn baie insiggewende redes daarvoor. Een daarvan is dat dié gedeelte van die profesie deel met die heidene en Aramees was dan ook die taal wat in die Babiloniese hof en paleis gebesig is. Tweedens, die tydperke wat dan ook in Daniël 2:4 – 7:28 beskryf word, handel oor heidense wêreldregerings tot op die tyd deur God vasgestel, waarna die heerskappy weer aan die volk van Israel teruggegee sal word.

Page 24: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

23

Die groot vraag is: Sal die heidense wêreldmagte seëvier of sal die volk Israel weer ten volle herstel word? Die boek Daniël toon aan dat die heidense oorheersing oor die volk Israel bestem is om op ʼn gegewe tyd finaal onder te gaan en dat die uiteindelike triomf aan Christus en sy ryk behoort (= klipkoninkryk Dan 2:35,44). Daniël toon op merkwaardige wyse in Daniël 7 hoe die Seun van die mens die heerskappy van die Vader (die Oue van dae) ontvang om vir ewig te heers. Die tergende vraag rondom die boek Daniël is: Waarom die ballingskap van die Jode na Babilon? Dié vraag sal volledig in hierdie boek beantwoord word.

Page 25: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 26: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

DEEL 2

GESKIEDKUNDIGE HOOFSTUKKE

Page 27: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 28: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

27

Hoofstuk 1

DANIËL 1

DANIËL AAN DIE KONINKLIKE

HOF IN BABEL

ie eerste hoofstuk van Daniël het 21 verse. Ons kyk vervolgens na agt groepe van vers-indelings: vers 1-2; 3-4; 5-7; 8-9; 10-13; 14-16; 17-20; 21.

VERS 1-2 In die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër. En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met ’n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.

D

Page 29: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

28

DIE BELEËRING VAN JERUSALEM DEUR NEBUKADNÉSAR In die bestek van ’n kort tyd van drie-en-twintig jaar het Jóahas, Jójakim, Jójagin en Sedekia as konings van Juda regeer. Hulle was gesamentlik die laaste vier konings van Juda voordat die volk finaal deur Nebukadnésar in ballingskap weggevoer is.

Jóahas (609 v.C.), ’n bose koning, is na drie maande deur Farao Nego na Egipte verban (2 Kon. 23:31-33).

Jójakim, die derde laaste koning van Juda (609-597 v.C.), is deur Farao Nego op die troon geplaas. Hy het elf jaar lank regeer. Jójakim word ’n Babiloniese onderdaan (2 Kon. 24:1). Juda was drie jaar lank ’n vasalstaat van Nebukadnésar, wat beteken dat Juda onder die heerskappy van Nebukadnésar was. Dit is in dié tyd van die regeringskap van Jójakim dat Daniël en sy vriende in ballingskap weggevoer is. Die trek van Jerusalem na Babel was ongeveer 700 kilometer ver. Dit was ’n lang en moeilike tog na ’n nuwe land.

Jójakim het ontslaap met sy vaders en sy seun Jójagin, die tweede laaste koning van Juda (597 v.C.), het in sy plek koning geword (2 Kon. 24:6). Dit is toe dat Nebukadnésar die stad weer eens beleër (2 Kon. 24:10-15). Jójagin is in ballingskap na Babel weggevoer (2 Kon. 24:15-16).

Die koning van Babel het Mattanja, die oom van Jójagin, in sy plek koning gemaak en sy naam na Sedekia verander (2 Kon. 24:17-18). Sedekia, die laaste koning van Juda, het met verloop van tyd teen die koning van Babel gerebelleer (2 Kon. 24:20). Dit het Nebukadnésar geen ander keuse gelaat nie as om Jerusalem weereens te beleër.

Nebukadnésar het Jerusalem dus ten minste drie maal beleër:

• in die dae van koning Jójakim (2 Kon. 24:1-7);

Page 30: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

29

• in die dae van koning Jójagin (2 Kon. 24:8-12);

• in die dae van koning Sedekia (2 Kon. 25:1-4).

Babel is in die land Sínear (Gen. 10:10). Eintlik word die noorde van Mesopotamië normaalweg hiermee aangedui, maar in hierdie spesifieke geval word dit vir die hele landskap gebruik. Hedendaags val Irak in die Midde-Ooste binne die grense van antieke Sínear. Dit was die land van Nimrod, waar die stad en die toring van Babel gebou is (Gen. 11:1-9). Die heilige tempelvoorwerpe word na hierdie goddelose land gebring.

Nebukadnésar se god is na alle waarskynlikheid Mardoek, die hoofgod van Babel. Deur die tempelvoorwerpe van Jerusalem na Babel te bring en in die skathuis van sy god te plaas, toon Nebukadnésar dat hy glo dat sy god magtiger as die God van Israel is. Dit kenmerk dan ook die begin van Juda se sewentig jaar ballingskap in Babilon (Jer. 25:1-11).

Hoekom is hierdie dinge so sorgvuldig in die Skrifte opgeteken? Die Here God het baie jare vantevore laat profeteer dat hierdie dinge oor Juda sou kom (2 Kon. 20:17-18).

VERS 3-4 Daarop het die koning aan Áspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring: jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer.

Page 31: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

30

Gedurende die eerste beleëring van Jerusalem in 605 v.C. is ’n groep mense vanuit Juda in gevangenskap na Babel weggevoer. Daniël en sy drie vriende was deel van hierdie eerste groep. Weens Jójakim se rebellie teen die Babiloniërs is Jerusalem weer eens beleër en in 597 v.C. onderwerp. In hierdie tyd is meer as tienduisend gevangenes na Babel weggevoer. In 586 v.C., na ’n derde beleëring, is die tempel verwoes, die nasie verstrooi en bykans alle Jode na Babel weggevoer (2 Kon. 25:1-7; Jer. 34:1-7; 39:1-7; 52:2-11).

Die jong manne (Daniël en sy vriende), uit die koninklike geslag (Juda), wat na Babel in ballingskap weggevoer is, moes in die taal en kultuur van Babel opgelei word. Daniël en sy vriende moes Aramees leer lees en skryf. Hierdie was ’n vervulling van Jesaja se profesie (Jesaja 39:1-7). Dit is ’n erkende taktiek van oorheersers om soms die elite van die oorwonne volke vir hul doeleindes te gebruik. Hulle moes liggaamlik en geestelik in ’n goeie toestand wees. Intellektueel moes hulle skerp wees met besondere kennis en insig, sodat hulle tot voordeel van die koninkryk van Babel aangewend kon word. Die woord Chaldeërs dui ’n spesifieke volk aan — die volk van Nebukadnésar in die algemeen. Later sou die woord Chaldeërs meer spesifiek gebruik word om na die wyse manne van Babel te verwys. Daniël gebruik die woord in beide vorme.

VERS 5-7 En die koning het vir hulle ’n daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde daarvan voor die koning kan dien. En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël, Hanánja,

Page 32: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

31

Mísael en Asárja. Maar die owerste van die hofdienaars het hulle ander name gegee: Daniël het hy Béltsasar genoem, en Hanánja Sadrag, en Mísael Mesag, en Asárja Abednégo. Groot veranderings wat hul lewe sou ontwrig, het hulle te beurt geval. Hulle moes dieselfde voedsel as die koning eet en dieselfde drank as die koning drink. ’n Bestemde deel word daagliks aan hulle voorsien. Soos dit die gewoonte van die Oosterse monargie was om die mees besondere van hul gevangenes te kies vir hul persoonlike diens, het Daniël se opvoeding, sy adellike afkoms en uitstekende fisieke en verstandelike vermoëns hom gou uitgesonder as een om so in diens geneem te word. Om hom nog beter vir die koning se diens te bekwaam, is hy en drie van sy vriende onder toesig geplaas om nog ’n verdere drie jaar se opleiding te ontvang.

Ander name is aan Daniël, Hanánja, Misael en Asárja gegee in ’n poging om hulle van die godsdiens van hul voorvaders te vervreem. In al vier die manne se geval het die uitgange van die Hebreeuse name (el, a) hulle met die Naam van die God van Israel verbind:

• Daniël beteken “God se regter”;

• Hanánja beteken “Jahweh se gawe”;

• Misael beteken “wie is soos God”;

• Asárja beteken “die Here is my hulp”.

Hierdie Hebreeuse jongmanne se name word verheidens en verander om na die afgode van Babilon te verwys:

Page 33: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

32

• Daniël word Béltsasar, wat “beskermheer van Bel” beteken;

• Hanánja word Sadrag, wat “verlig deur die songod (maangod)” beteken;

• Misael word Mesag, wat “wees soos Venus” beteken;

• Asárja word Abednego, wat “dienskneg van Nego” beteken.

Om ’n man se naam te verander, beteken nie noodwendig dat sy karakter verander nie. Hul name is gebabiloniseer om hul des te gouer in die kultuur- en godsdienswêreld van Babel in te lyf. Naamsverandering dui in die ou Ooste ’n nuwe fase van die lewe aan. So het God self Abram se naam na Abraham verander en Jakob se naam na Israel (Gen. 17:5; 32:28). Daniël gebruik sy eie Hebreeuse naam (Daniël) vyf-en-sewentig keer in die boek Daniël.

Om aan iemand ’n naam te gee, gee jou gesag oor daardie persoon. Die boek Genesis is ’n bewys hiervan. Wanneer ons naamgewing in Genesis bestudeer, hetsy name gegee deur mense of deur die Here God, dui dit op gesag wat uitgeoefen word. Daarom het Nebukadnésar nuwe name vir die vier Joodse ballinge vanuit Juda gekies.

VERS 8-9 En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie. En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars. Daniël, getrou aan sy gewete, rig sy hart daarop om hom nie te verontreinig nie, omdat die voedsel van die koning met afgodediens verband gehou het. ’n Deel van die voedsel en drank het gewoonlik

Page 34: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

33

gedien as offers vir die gode. Paulus verwys ook hierna (1 Kor. 8 en 1 Kor. 10:20) en verbied deelname aan ’n maaltyd waar voedsel aan afgode toegewy is.

Daniël beleef ’n geweldige aanslag teen sy leefwyse en geloofsoortuigings. Hy is weggeneem uit sy bekende omgewing vanuit Jerusalem; sy plek van aanbidding het verander, sy taal verander en nou, sy spys en drank word aangepas en verander!

Daniël tree verstandig op en vra beleefd om verskoon te word. Geen arrogansie word geopenbaar nie, wel goeie maniere. God gee guns aan hierdie saak.

VERS 10-13 En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël gesê: Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as dié van die jong seuns wat van julle leeftyd is, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai? Maar Daniël het aan die bediende gesê wat die owerste van die hofdienaars oor Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja aangestel het: Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink; laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die spys van die koning eet, deur u besigtig word; handel dan met u dienaars soos u bevinding sal wees.

Daniël gee aan die owerste van die hofdienaars ’n wyse en verstandige antwoord. Ware godsdiens is altyd beskeie en gretig om enige onnodige konfrontasie te vermy. Daniël het met die beskeidenheid van ’n ware man, na nodige oorweging van die situasie, met nederigheid van gees omdat hy ander se gevoelens en voorregte in ag neem, getrou aan die beginsel, ’n versoek gerig met

Page 35: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

34

eenvoudige redelikheid. Hy vra dat daar geëksperimenteer word met hom en sy drie vriende. Hy vertrou God dat die Here hul saak voor die owerste van die hofdienaars in guns sou aanneem.

VERS 14-16 Hy het toe na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank op die proef gestel. En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het. So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee.

Die seën van die Here is beter as die beste spyse! Daniël en sy vriende slaag die tien dae toets met vlieënde vaandels. Daniël se versoek dat hulle “groente” wil eet, het tot gevolg dat hulle alles kan eet wat saad dra. Die Hebreeuse woord zeroim is gebou op dieselfde stamwoord as die woord saad (Gen. 1:29) in die skeppingsverhaal. Met ander woorde, die spyskaart waarvoor Daniël gevra het en wat hulle ook ontvang het, het bestaan uit graankos, peulvrugte, vrugte, neute en groente. Dit was dus uit ’n goeie verskeidenheid kosse saamgestel. Daarmee saam ontvang hulle die universele drank vir die mens — skoon water. Daniël en sy vriende is toegelaat om met hierdie eetprogram vir die volle termyn van opleiding en voorbereiding vir hul take in die paleis voort te gaan.

In so ’n geringe saak soos voedsel en drank is ’n fondasie gelê wat onberispelik en onbeskadig sou bly staan in Daniël se sewentig jaar van politieke lewe as staatsman en raadgewer van verskeie konings aan die hof van Babel.

Page 36: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

35

VERS 17-20 En hierdie vier jong seuns — God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome. En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnésar gebring. En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja nie. So het hulle dan voor die koning gedien. En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.

God eer hul besluite en voornemens en skenk aan hulle insig en gawes wat God se doel sou dien. Aan die einde van die drie jaar van intense opleiding en skoling word Daniël, Hanánja, Misael en Asárja na koning Nebukadnésar vir ’n persoonlike onderhoud ingeroep. Koning Nebukadnésar se bevinding was dat hulle die geleerdes en besweerders in sy koninkryk verreweg oortref.

Die Hebreeuse woord vir geleerdes word ook vir die Egiptiese towenaars gebruik (Exodus 7:11). Die besweerders was professionele verdrywers van duiwels. In albei gevalle het ons te doen met mense wat sogenaamd in geheime kunste opgelei is. Onder hulle was ook sterrewiggelaars wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle die toekoms kon voorspel; natuurlik was dit okkulties van aard. Daniël en sy vriende is ingelei in die kennis van die ware God en hulle het die geleerdes en besweerders in Nebukadnésar se koninkryk tien maal oortref.

VERS 21 En Daniël was daar tot die eerste jaar van koning Kores.

Page 37: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

36

Daniël het daar aan die Babiloniese hof tot die eerste jaar van Kores in 539 v.C. gebly. Lank nadat Nebukadnésar van die aardse toneel verdwyn het en selfs ná die verdwyning van sy ryk, is Daniël nog daar aan dieselfde hof, ’n persoon van aansien. Daniël was een van die eerste gevangenes wat na Babilon weggevoer is en hy het geleef om die eerste groep bannelinge na Jerusalem in 538 v.C. te sien terugkeer.

Page 38: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

37

Hoofstuk 2

DANIËL 2

DROOMBEELD VAN KONING

NEBUKADNÉSAR

ie tweede hoofstuk van Daniël het 49 verse. Ons kyk vervolgens na 8 groepe van vers-indelings: vers 1-3; 4-11; 12-13; 14-18; 19-23; 24-30; 31-35; 36-45.

VERS 1-3 En in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar, het Nebukadnésar ’n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was. Toe het die koning bevel gegee om die geleerdes en die besweerders en die towenaars en die Chaldeërs te roep, om vir die koning sy droom uit te lê. Toe hulle kom en voor die

D

Page 39: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

38

koning gaan staan, sê die koning vir hulle: Ek het ’n droom gehad, en my gees is onrustig om die droom te verstaan.

GOD STEL NEBUKADNÉSAR AS WÊRELDHEERSER AAN Nebukadnésar het nie koning geword voor die dood van sy vader, Nabopolassar, in 605 v.C. nie. Die tweede jaar van sy regering was dus 603 v.C. Ons weet dat Daniël en sy vriende in ballingskap in 606 v.C. weggevoer is. Hul opleiding aan die hof van Babel was drie jaar lank, wat beteken dat hierdie droom van Nebukadnésar nie plaasgevind het voordat Daniël en sy drie vriende hul opleiding voltooi het nie.

Die Here, die God van die hemel en aarde, het besluit om hierdie spesifieke droom aan die eerste wêreldheerser, die heidense koning Nebukadnésar, te gee. Soos die Here self aangaande dié koning gespreek het: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: So moet julle aan jul gebieders sê: Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë. En nou het Ék al hierdie lande gegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, my dienaar; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee om hom te dien. En al die nasies sal hom dien en sy seun en sy seun se seun, totdat die tyd van sý land ook kom, dat dit diensbaar gemaak sal word deur magtige nasies en groot konings. En die nasie en die koninkryk wat hom, Nebukadnésar, die koning van Babel, nie sal dien nie, en wat sy nek nie sal steek onder die juk van die koning van Babel nie - oor daardie nasie sal Ek, spreek die HERE, besoeking doen met die swaard en die hongersnood en die pes, totdat Ek hulle heeltemal in sy mag gebring het (Jer. 27:4-8). Nebukadnésar het sy reg om te regeer van God self ontvang!

Page 40: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

39

Dit was juis tydens die tweede jaar van sy regeringskap, toe sy troon bevestig is, dat die Here aan hierdie koning ’n droom gegee het wat sy gees onrustig gemaak het en waarvan sy slaap van hom gewyk het.

Drome is as boodskappe van die gode beskou, daarom het Nebukadnésar so gou doenlik bevel gee dat die geleerdes, besweerders, towenaars en die Chaldeërs voor hom gebring word met die doel dat hulle sy droom aan hom sal verklaar. Al vier hierdie groepe wat deur hom geroep is, het beweer dat hulle oor spesiale of magiese kragte beskik, wat meer sou wees as dié van die gewone mense.

VERS 4-11 Toe het die Chaldeërs met die koning gespreek (Aramees): Mag die koning vir altyd lewe! Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee. Die koning het geantwoord en aan die Chaldeërs gesê: Die saak staan by my vas: as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word. Maar as julle die droom en sy uitlegging te kenne gee, sal julle geskenke en gawes en groot eer van my ontvang; gee my daarom die droom en sy uitlegging te kenne. Hulle het vir die tweede maal geantwoord en gesê: Laat die koning die droom aan sy dienaars vertel; dan sal ons die uitlegging te kenne gee. Die koning het geantwoord en gesê: Ek weet verseker dat julle tyd wil win, omdat julle sien dat die saak by my vasstaan; want as julle my die droom nie bekend maak nie, is julle vonnis een en dieselfde; julle het naamlik afgespreek om ’n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek totdat die tyd weer verander; daarom, vertel my die droom, dan sal ek weet of julle my sy uitlegging kan te kenne gee. Die Chaldeërs het voor die koning geantwoord en gesê: Daar is geen mens op die aardbodem wat die koning se saak sou kan te kenne gee nie; daarom het dan ook geen koning, groot of magtig, ooit so iets

Page 41: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

40

van enige geleerde of besweerder of Chaldeër verlang nie. Ja, die saak wat die koning verlang, is swaar, en daar is niemand anders wat dit voor die koning sou kan te kenne gee nie, behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie.

Vanaf Daniël 2:4 tot en met Daniël 7:28 is die taal van die boek in sy oorspronklike vorm Aramees. Die droom en sy uitleg in al sy variasies tot en met Daniël 7:28 beeld die heidense oorheersing oor Israel uit volgens Goddelike bepaling; daarom is die heidense taal (Aramees) wat Daniël in Babel aangeleer het, dan ook heel gepas. Die laaste vyf hoofstukke, Daniël 8-12, is in Hebreeus geskryf, aangesien hierdie hoofstukke oor die belange van die volk van die heiliges, Israel, handel.

’N UITSONDERLIKE DROOM, VERSOEK EN UITLEG Wat dié droom en sy uitleg so uitsonderlik maak, is dat geen koning nog ooit vantevore versoek het dat ’n droom eers bekend gemaak word deur hulle wat probeer om dit te verklaar, vóórdat hulle die uitleg van die droom bekend maak nie. Hierdie manne staan magteloos voor die koning. Hulle vind die bevel van die koning onredelik. Die koning, daarenteen, bly daarop aandring dat die een wat kan vertel wat hy gedroom het, sekerlik in staat is om die droom te verklaar.

VERS 12-13 Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring. Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word, het hulle ook Daniël en sy metgeselle gesoek om gedood te word.

Page 42: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

41

DIE KONING GEE ’N DOODSBEVEL Alhoewel sy versoek ongewoon was, was Nebukadnésar hewig ontsteld en baie kwaad omdat hulle nie daaraan kon voldoen nie. Hy is woedend en gee bevel dat die wyse manne van Babel omgebring moet word. Daniël en sy metgeselle was nie teenwoordig toe die wyse manne voor die koning gebring is nie.

VERS 14-18 Daarop het Daniël aan Áriog, die owerste van die koninklike lyfwag wat uitgetrek het om die wyse manne van Babel dood te maak, ’n slim en verstandige antwoord gegee. Hy antwoord en sê vir Áriog, die bevelhebber van die koning: Waarom is die bevel van die kant van die koning so streng? Toe het Áriog aan Daniël die saak meegedeel. Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee. Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hanánja, Mísael en Asárja, sy metgeselle, die saak bekend, en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie.

DANIËL VRA UITSTEL EN DIE VIER VRIENDE ROEP NA GOD Toe die nuus Daniël bereik, het hy Áriog versoek om hom na die koning te bring. Hy vra nie vir die koning wat sy droom was nie, maar dat tyd aan hom gegee word. Daarna gaan Daniël na Hanánja, Misael en Asárja en maak die erns van die saak bekend. Saam roep hierdie vier manne ernstig tot die God van die hemel in gebed vir die bekendmaking van die droom en sy uitlegging. Saam smeek hulle dat God hulle barmhartig sal wees en die geheim aan hulle sal openbaar, aangesien hulle lewens in die weegskaal is.

Page 43: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

42

VERS 19-23 Daarop is in ’n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof. Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne. Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom. U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.

DIE GOD VAN DIE HEMEL OPENBAAR DIE GEHEIM Die God van die hemel (vers 18, 19, 28), Hý openbaar geheimenisse, Hy openbaar aan diegene wat Hy uitkies om sy raadsplanne en besluite bekend te maak. Daniël val neer in aanbidding en lofprysinge voor die God van sy vaders, wat die saak wat hulle afgesmeek het, bekend gemaak het, dank vloei oor sy lippe. Daniël seën, prys, loof, aanbid en verhoog die God van die hemel in ’n lofgebed vir sy grote barmhartigheid en antwoord op gebed.

VERS 24-30 Daarom het Daniël ingegaan na Áriog, wat die koning aangestel het om die wyse manne van Babel om te bring; hy het gegaan en vir hom só gesê: Moenie die wyse manne van Babel ombring nie; bring my in voor die koning, dan sal ek aan die koning die uitlegging te kenne gee. Toe het Áriog Daniël haastig voor die koning ingebring en só vir hom gesê: Ek het ’n man onder die ballinge van Juda gevind wat die koning die uitlegging bekend sal maak. Die koning het geantwoord en aan

Page 44: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

43

Daniël, wie se naam Béltsasar was, gesê: Is jy in staat om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging bekend te maak? Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie. Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit: Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van die geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur. En wat my betref, hierdie geheim is my geopenbaar, nie deur ’n wysheid wat in my sou wees meer as in al die lewendes nie, maar met die bedoeling dat die uitlegging aan die koning bekend gemaak sal word en u die gedagtes van u hart kan ken.

GOD MAAK DIE TOEKOMS AAN DIE KONING BEKEND Daniël gaan na Áriog en versoek hom weer eens om hom na die koning te bring – dié keer om aan die koning sy droom en die uitlegging bekend te maak. Daniël aanvaar geen krediet vir die droom of sy uitlegging nie. Geen grootheidswaan is by hom te bespeur nie; wel ’n nederigheid voor God en ’n rein hart. Daniël herinner koning Nebukadnésar daaraan dat nie een van die wyse manne (vers 27) die droom aan die koning te kenne kon gee nie, maar dat daar ’n God in die hemel is wat geheime openbaar en dat dit die God van die hemel se bedoeling is om aan koning Nebukadnésar bekend te maak wat aan die einde van die dae sal gebeur (vers 28). Die Openbaarder van geheime het aan Nebukadnésar bekend gemaak wat sal gebeur (vers 29). God maak dus die toekoms aan koning Nebukadnésar bekend.

Page 45: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

44

VERS 31-35 U, o koning, het ’n gesig gehad - kyk, daar was ’n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ’n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.

’N PROFETIESE BEELD VAN DIE TYE VAN DIE NASIES In hierdie vyf kort verse gee die God van die hemel aan die mensdom ’n profetiese beeld van die tye van die nasies (Luk. 21:24), wat begin met die sewentig jaar van Hebreeuse gevangenskap in Babilon (606 v.C.) tot aan die einde van die sewe jaar Groot Verdrukking, wanneer Christus (wat Nebukadnésar in sy droom gesien het as die klip – Jes. 8:14; Ps. 118:22; Hand. 4:11) die heidense wêreldmagte sal vernietig en Sy koninkryk op aarde sal kom vestig (Matt. 25:31-46). VERS 36-45 Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sê: U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het, en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het – ú is die hoof van goud. En ná u sal daar

Page 46: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

45

’n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna ’n ander, ’n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers; en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis. En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was – dit sal ’n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het. En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is - ’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ’n gedeelte sal bros wees. Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het - hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie. Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan – net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ’n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar. DIE UITLEG VAN DIE DROOM Die groot beeld in Nebukadnésar se droom verteenwoordig die vier koninkryke wat die heidense wêreldmagte sal wees wat die wêreld oorheers. Ons herken hulle as die Babiloniese, Medo-Persiese, Griekse en Romeinse Ryke. Al hierdie koninkryke sal vernietig en tot ʼn einde gebring word wanneer die koninkryk van die hemel kom en ʼn einde daaraan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.

Page 47: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

46

Uiteensetting van die droombeeld wat Nebukadnésar gesien het

Liggaamsdeel Materiaal Ryk Periode

Hoof Goud Babiloniese 606 v.C. - 539 v.C.

Bors en Arms Silwer Medo-Persiese 539 v.C. - 331 v.C.

Buik en lendene Koper Griekse 331 v.C. - 30 v.C.

Bene, voete en tone Yster en klei Romeinse 30 v.C. - 395 n.C. ....

LIG OP DIE WÊRELDRYKE Die Babiloniese Wêreldryk (607 – 538 v.C.) Regeer deur:

• Nebukadnésar 607 – 561 v.C.

• Bélsasar. Regeer 17 jaar.

• Kleinseun van Nebukadnésar. Seun van roemryke generaal Nabonidus. Blyk te regeer het as onderkoning, verteenwoordiger van die koning.

Voorgestel as:

• Hoof van die beeld. Goud. Daniël 2:32,37,38. Kosbaarste van alle metale bekend aan die mens. Fyn goud spreek van die luister en prag van die koninkryk. Dit oortref alle ander. Die grootste heidense koninkryk van die wêreld word hier uitgebeeld.

Page 48: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

47

Die Medo-Persiese Wêreldryk (538 – 330 v.C.) Regeer deur:

• Darius, seun van Ahasveros, ’n Mederse koning oor die Chaldeërs (Dan. 9:1). Ahasveros was eerder ’n titel as ’n naam, die ekwivalent van die moderne majesteit. Dit word gebruik vir minstens vier persoonlikhede in die Skrif.

• Kores. Die Medo-Persiese mag is onder hom gekonsolideer. Hy is profeties genoem voor sy geboorte (Jes. 44:28 - 45:25). Onder sy heerskappy het die terugkeer van die Joodse oorblyfsels na Jerusalem begin (Esra 1:1-4).

Voorgestel as:

• Bors en arms van suiwer silwer. Minderwaardig aan die eerste koninkryk (Dan. 2:39), vanaf goud na silwer. Dit spreek nie van ’n morele minderwaardigheid of kleiner grondgebied nie, maar van die karakter van gesag, dit was meer direk geïnspireerd in Nebukadnésar as in Darius se heerskappy. Nebukadnésar het sy gesag van God ontvang. Hy het dit so aanvaar. Sy verantwoordelikheid was teenoor God en nie teenoor dié wat hy regeer het nie; anders as Darius, wat nie eens vir Daniël uit die leeukuil kon red nie. Hy was gebind deur die wet van die Mede en Perse, ‘n wet wat nie verander kon word nie.

Die Griekse Wêreldryk (331 – 30 v.C.) Regeer deur:

• Alexander die Grote. Verower Palestina in 332 v.C.

Page 49: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

48

• Nog vier konings (generaals): Kasander, Lysimachus, Seleusius en Ptolemeus.

• Antiochus Epiphanus (tipe van Antichris).

Voorgestel as:

• Buik en heupe van die beeld was van koper. Daniël 2:32,39. Koper spreek van die verdere verval. Hy heers oor die hele aarde. Alexander is deur die spiese van sy leër gedra en moes hulle tevrede stel.

Die Romeinse Wêreldryk (30 v.C. – 395 n.C.) Regeer deur:

• Julius Caesar. Eerste keiser (60 v.C. – 31 v.C.). Vernaamste beelde was van hom opgerig; hy word die pontifex maximus. Sodoende kon hy die gode se wil na sy behoefte manipuleer.

• Augustus. Tweede keiser (31 v.C.). Stigter van die Romeinse Ryk (16 Januarie, 27 v.C.).

• Flaviese vorstehuis (68 n.C.). Geheime koninkryk. Trone was nie oorerflik nie; heersers is deur die leërmagte benoem, byvoorbeeld: Vespasianus, Titus en Domitianus.

• Antonynse heersers; hulle erken die reg van provinsies en het ook ʼn universele (wêreldwye) visie (universaliteit). Trajanus, Hadrianus, Antonius Pius, Marcus Aurelius.

• Commodus, Diocletianus.

• Konstantyn en sy seuns.

Page 50: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

49

• Gote en Alarikke.

• Caesar en Pompejus, en so meer.

Voorgestel as:

• Bene van yster. Minderwaardigste van alle metale (Dan. 2:33,41). So sterk soos yster; yster breek in stukkies – onderwerp alle dinge. Die verval van die vierde koninkryk (yster en klei). Hoof van goud na tone van yster en klei. Goud na modder! Spreek van die verval in gehalte.

• Twee bene. Agteruitgang deur verdeeldheid. Oosterse, Griekse Kerk en Westerse, Romeinse Kerk (354 n.C.).

• Tien tone. Twee bene (koninkryke) onderverdeel in tien koninkryke (tien tone) (Dan. 2:42).

• Tone gedeeltelik van yster en klei. Koninkryk gedeeltelik sterk en gedeeltelik gebroke en broos (Dan. 2:43). Die tien tone van klei en yster gemeng, maar nie vermeng nie. Dit spreek van gebrek aan eenheid. Yster gemeng met brosklei. Hulle sal nie aan mekaar kleef nie, net soos wat yster nie met klei meng nie.

Page 51: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 52: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

51

Hoofstuk 3

DANIËL 3

DRIE VRIENDE VAN DANIËL IN

DIE VUUROOND

ie derde hoofstuk van Daniël het 30 verse en handel oor die goue beeld van Nebukadnésar en die drie vriende van Daniël in die vuuroond. Ons kyk vervolgens na 11 groepe van vers-

indelings: vers 1; 2-5; 6-7; 8-12; 13-15; 16-18; 19-23; 24-25; 26-27; 28-29 en 30.

VERS 1 Koning Nebukadnésar het ’n beeld van goud gemaak; sy hoogte was sestig el, sy breedte ses el; hy het dit opgerig in die dal Dura, in die provinsie Babel.

D

Page 53: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

52

NEBUKADNÉSAR RIG ’N GOUE BEELD OP IN DURA In hierdie hoofstuk maak ons kennis met die beeld wat Nebukadnésar opgerig het. Dit is ’n goue beeld. In sy droombeeld (Daniël 2) was net die kopstuk van goud, maar hierdie beeld wat hy laat maak het, is in sy geheel van goud.

Die beeld se mate word gemeet op 90 voet hoog en 9 voet breed, wat ongeveer 30 meter hoog en 3 meter breed is (27.4 meter by 2.74 meter). Dit was dus lank en smal, soos in die vorm van ’n obelisk (gedenknaald) of sonpilaar. Die beeld is in die dal Dura opgerig. Hierdie dal of vlakte is in die provinsie Babel. Sekerlik was die bedoeling dat dit van ver af sigbaar sou wees waar dit nie sou meeding met die manjifieke hangende tuine of mega-strukture in die stad of paleis in Babel nie.

Koning Nebukadnésar se motivering vir die oprigting van die beeld was om die glorie van sy ryk sigbaar uit te beeld en ook om eenvormige aanbidding van sy onderdane te bewerkstellig.

VERS 2-5 Daarna het koning Nebukadnésar die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies laat versamel, dat hulle moes kom na die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnésar opgerig het. Toe het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies bymekaargekom by die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnésar opgerig het, en hulle het voor die beeld gaan staan wat Nebukadnésar opgerig het. En ’n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale, sodra julle die geluid hoor van

Page 54: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

53

horing, fluit, siter, luit, harp, doedelsak en van allerhande musiekinstrumente, moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

DIE BEELD WORD INGEWY EN AANBID In hierdie verse lees ons hoe al die landvoogde, bevelhebbers, goewerneurs, raadsmanne, skatmeesters, regters, hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies versamel word vir die inwydingsplegtigheid van die beeld. Gewoonlik het sulke wyding met die bring van offers en allerlei plegtighede gepaard gegaan, sowel as musiek om die regte stemming te wek. Vir hierdie plegtigheid moes hoogwaardigheidsbekleërs van die onderworpe volke na Babel kom as verteenwoordigers van hul onderskeie volke. Almal moes voor die beeld gaan staan. ’n Uitroeper of herout tree as seremoniemeester op en maak die orde van die seremonie bekend. Tydens die speel van die musiek moet die beeld goddelike eerbewyse betoon word deur almal wat teenwoordig is. Die goue beeld moes dus aanbid word.

VERS 6-7 En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word. Daarom het, op die oomblik toe al die volke die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en van allerhande musiek-instrumente hoor, al die volke, nasies en tale neergeval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

DOODSTRAF VIR HULLE WAT DIE BEELD NIE AANBID NIE Die straf vir ongehoorsaamheid aan die opdrag om die goue beeld te aanbid, is die dood in ’n vuuroond. Al die hoogwaardigheidsbekleërs

Page 55: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

54

en genooides uit die volke, nasies en tale het onmiddellik neergeval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

Hierdie gebeure herinner ons sterk aan wat in die dae van die verskyning van die Antichris gaan gebeur (Openb. 13:7, 14-15). In die Antichris sien ons die selfverheffing van die mens tot ’n god en die gedwonge aanbidding daarvan.

VERS 8-12 Op grond daarvan het tegelykertyd Chaldeeuse manne nader gekom en die Jode aangeklaag. Daarop het hulle met koning Nebukadnésar gespreek en gesê: Mag die koning vir ewig lewe! U, o koning, het ’n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid; en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word. Daar is Joodse manne wat u oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abednégo; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie.

SADRAG, MESAG EN ABEDNÉGO WORD AANGEKLA Daar is ’n onmiddellike reaksie van die kant van die Chaldese manne wat die Jode by die koning aankla. In die besonder word Sadrag, Mesag en Abednégo vermeld. Vir hierdie Jode en hul Joodgenote is dit totaal ondenkbaar om voor ’n afgodsbeeld neer te val en dit te aanbid.

Hulle het geweet daar is twee ononderhandelbare sake wat hulle moes glo om gered te word. Eerstens, die God van Israel is ’n Enige God (Deut. 6:4), en tweedens, die God van Israel alleen gee saligheid

Page 56: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

55

(Ps. 39:9). Dus het hierdie Joodse manne geweet dat dit beter is om jou lewe te verloor as om ’n dooie afgod te aanbid – daarom weier hulle volstrek om voor die beeld neer te val.

VERS 13-15 Toe het Nebukadnésar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring. En Nebukadnésar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie? As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?

WIE IS DIE GOD WAT JULLE UIT MY HAND KAN VERLOS? Koning Nebukadnésar bied hierdie drie manne ’n laaste geleentheid om van gedagte te verander. Tegelykertyd vra Nebukadnésar: Wie is die God wat julle uit my hand kan verlos? Hiermee bedoel die koning dat geen een van die gode hulle uit sy hand kan red nie. Nebukadnésar vergeet dat die God van Israel, van wie hy reeds kennis in sy droom ontvang het (Daniël 2), wel kan red. Hier skemer verregaande verwaandheid deur.

VERS 16-18 Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ’n antwoord te gee nie. As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;

Page 57: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

56

maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.

SADRAG, MESAG EN ABEDNÉGO KIES OM GETROU TE WEES Hierdie drie manne se keuse is om aan die Here getrou te wees, om Hom alleen te aanbid en Hom alleen te dien, en indien nodig, dan ook te sterf. Hulle probeer nie om hul aardse lewe te behou deur in onopregtheid voor die beeld van Nebukadnésar neer te val en dit bloot vir die skyn te aanbid nie.

Hulle antwoord is nie die taal van hooghartige geringskatting teenoor die koning nie, maar hulle bedoeling is: Ons het nie nodig om iets tot ons verdediging in te bring nie.

Sadrag, Mesag en Abednégo hou rekening met die feit dat hulle moontlik ‘n marteldood moet sterf. Dit sal egter geen verskil aan hul besluit maak nie. Hierdie keuse spreek van werklike gehoorsaamheid aan die gebooie van God en van geloofsmoed.

VERS 19-23 Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was. En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi. Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi. Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat

Page 58: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

57

Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand. Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval.

SADRAG, MESAG EN ABEDNÉGO WORD IN DIE VUUROOND GEGOOI Nebukadnésar is vervul met woede. Aan sy veranderde gelaatstrekke kon die manne duidelik sien dat hul vonnis verseël is. Die bevel is streng – onverbiddelik. Die vuuroond word sewe maal warmer gemaak as wat werklik nodig is. So geweldig warm was die oond dat die manne wat hulle na die bek van die oond moes neem, doodgebrand het.

VERS 24-25 Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning! Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ’n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ’n godeseun.

NEBUKADNÉSAR SIEN VIER MANNE IN DIE OOND Verbysterd staar koning Nebukadnésar in die oond. Het hulle dan nie drie manne in die oond gegooi nie? Daar wandel dan nou vier manne los binne-in die oond! Wat Nebukadnésar ontstel is:

• dat die manne nie meer drie is nie, maar vier;

Page 59: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

58

• dat hulle nie meer geboei is nie, maar los rondwandel; en

• dat daar geen letsel aan hulle blyk te wees nie.

So iets het nog nooit gebeur nie! Die vierde een lyk soos ’n godeseun, een uit die sfeer van die gode, ’n bonatuurlike wese. Die waarheid is ongetwyfeld, die Here God het sy Engel gestuur, die Engel van die Here, die Seun van God vóór sy vleeswording (Jes. 63:9).

Die Here het nie net hierdie drie manne verlos van die brandende vuuroond nie, Hy was ook saam met hulle daarbinne.

VERS 26-27 Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan. Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.

KNEGTE VAN DIE ALLERHOOGSTE GOD Die koning gaan staan naby die opening van die oond en gebied die drie manne om uit te kom. Hy spreek hulle aan as knegte van die Allerhoogste God, dit wil sê, die hoogste God. Nebukadnésar besef die God van hierdie drie manne is die hoogste en magtigste, hoër en magtiger as al die afgode.

Page 60: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

59

By nadere ondersoek is Nebukadnésar en al sy manne verwonderd van verbasing dat die vuur hoegenaamd geen skade aan die manne se liggame, hare of klere aangerig het nie. Nie eens die reuk van die vuur is aan hulle nie (Hebr. 11:34). Die enigste ding wat die vuur aangeraak het, was hul boeie, want hulle was los van hul boeie (vers 25).

VERS 28-29 Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God. Daarom word deur my bevel gegee dat enige volk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, stukkend gekap en van sy huis ’n mishoop gemaak sal word, omdat daar geen ander god is wat so kan verlos nie.

NEBUKADNÉSAR GEE OPENBARE ERKENNING AAN GOD Nebukadnésar moes van die drie manne hoor, nadat hulle uit die vuuroond gekom het, dat hul God ’n engel gestuur het om sy knegte te verlos. Hy is opmerksaam genoeg om te erken dat hulle wel sy bevel oortree het, maar gehoorsaam was aan hul God deur nie hul liggame oor te gee aan enige ander god nie. Die koning verklaar dat enige mens wat oneerbiedig spreek teen die drie manne se God in sy, Nebukadnésar se koninkryk, van sy huis sal ’n mishoop van gemaak word.

Page 61: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

60

VERS 30 Toe het die koning Sadrag, Mesag en Abednégo voorspoedig laat wees in die provinsie Babel.

SADRAG, MESAG EN ABEDNÉGO WORD IN HUL AMP HERSTEL Die drie Joodse manne word tot die amp waarin hulle gedien het in die provinsie Babel herstel. Die koning laat hulle weer eens voorspoedig wees. Vir meer as tweeduisend vyfhonderd jaar is daar geen spoor te vind van die goue beeld van Nebukadnésar nie, maar die geloofsmoed van Sadrag, Mesag en Abednégo skyn steeds soos ’n helder son op ’n wolkelose dag. Wat ons uit hierdie wonderlike gebeure leer, is:

• Soos in die geval van Sadrag, Mesag en Abednégo sal daar voortdurend die versoeking wees vir die Jode gedurende die tye van die nasies (Nebukadnésar – Antichris) om deel te word van die heidense nasies.

• Soos in die geval van die drie manne en Daniël sal die Jode belangrike posisies in die samelewing beklee; dit was altyd so en dit sal altyd so wees.

• Soos hierdie manne in Daniël 3 aan God getrou gebly het, net so sal daar altyd ’n oorblyfsel wees gedurende die tye van die nasies wat gered sal word, ook in die dae van die Groot Verdrukking.

Page 62: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

61

Hoofstuk 4

Daniël 4

KONING NEBUKADNÉSAR SE

VERNEDERING

ierdie hoofstuk is deur Nebukadnésar geskryf, die grootste heidense koning tot dusver, indien nie met sy eie hand nie, dan gedikteer en voorgelê as sy eie geskrif en ook so

uitgevaardig. Dit is die enigste volledige staatsdokument van so lank terug in die geskiedenis wat behoue gebly het.

Hierdie proklamasie geskied ná die herstel van die koning van sy ernstige geesteskrankheid, soos die res van die hoofstuk vertel. Dit beskryf die ondervindings van ’n baie groot koning, die amptelike belydenis van sy oortreding dat hy homself ontydig verhef het, ’n beskrywing van die waarskuwing wat vooraf gegaan het, van die

H

Page 63: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

62

besondere straf en vernedering wat hy moes verduur en die manier waarop hy genees en herstel is.

Dit is die preek van ’n luisterryke koning vanaf sy troon om sy onderdane van die heerskappy van die Here God Almagtig te leer en sy eis vir die eerbied, vrees, aanbidding en gehoorsaamheid van alle mense.

Sekerlik was die hoofdoel van hierdie hele uiteensetting, soos dit in die hoofstuk verwoord word, om aan Nebukadnésar se onderdane te kenne te gee dat hy sy koningskap weer normaal kan beoefen.

Die Septuagint dateer hierdie gebeurtenis in die agttiende jaar van Nebukadnésar. Dié droom van die koning het plaasgevind toe sy mag die toppunt van sy wêreld-oorheersing bereik het.

Babilon was op daardie stadium een van die wonderlikste en mees uitgebreide stede in die ganse wêreld. Die profeet Jesaja het dit selfs die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs (Jes. 13:19) genoem. Voorts word dit genoem die gebied-ster van die koninkryke (Jes. 47:5) en die roem van die hele aarde (Jer. 51:41).

Hierdie hoofstuk handel dus oor die trotsheid van Nebukadnésar.

VERS 1-3 Koning Nebukadnésar aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon: Mag julle vrede groot wees! Dit behaag my om die tekens en wonders wat die allerhoogste God aan my gedoen het, te verkondig. Hoe groot is sy tekens, en hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!

Page 64: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

63

DIE HEERSKAPPY BEHOORT VIR EWIG AAN GOD Hierdie eerste drie verse begin met ’n seëngroet, met ’n seënwens. In vers 1 skep Nebukadnésar, die heidense koning, die indruk dat sy ryk die hele bewoonde wêreld beslaan. Hy erken dat die allerhoogste God groot wonders aan hom gedoen het. Hy verklaar dat die koninkryk en heerskappy van geslag tot geslag, vir ewig, aan God behoort. Dít is juis waarmee Nebukadnésar in sy selfverheffing, nie rekening hou voor sy vernedering nie.

VERS 4-9 Ek, Nebukadnésar, het rustig in my huis gelewe en was voorspoedig in my paleis. Ek het ’n droomgesig gesien wat my verskrik het – droombeelde op my bed en die gesigte van my hoof het my verontrus. Daarop is deur my bevel gegee om al die wyse manne van Babel voor my te bring, dat hulle my die uitlegging van die droom bekend kan maak. Toe het die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers gekom, en ek het hulle die droom vertel, maar hulle het sy uitlegging my nie bekend gemaak nie; totdat eindelik Daniël voor my ingekom het, wie se naam Béltsasar is, na die naam van my god, en in wie die gees van die heilige gode is; en ek het hom die droom vertel: Béltsasar, owerste van die geleerdes, van wie ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen enkele geheim jou kwel nie, vertel my die droomgesigte wat ek gesien het, naamlik die uitlegging daarvan.

NEBUKADNÉSAR VRA WÉÉR NA DIE UITLEGGING VAN ’N DROOM Nebukadnésar is verontrus deur ’n droom in die tyd toe hy rustig en voorspoedig in sy paleis woon.

Page 65: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

64

Weer kan sy waarsêers, soos in die geval van Daniël 2, hom geen uitleg gee van die buitengewone droom nie; weer moet Daniël dit doen.

Nebukadnésar verwys in hierdie verse na sy god, wie se naam Béltsasar is. Bêl is dieselfde as Baäl in Kanaänities en beteken “heer” of “meester”. Toe Babel die hoofstad van Mesopotamië geword het, het dit oorgegaan op Mardoek – die hoofgod van Babel, wat so aangedui word as die magtigste van die gode. Hy word later sonder meer “bêlu” of “heer” genoem (Jes. 46:1). Hy is die god van Nebukadnésar. Dit is dus uit hierdie vers (Dan. 4:8) duidelik dat Nebukadnésar nog nie vanuit die bande van die heidense afgode losgekom het nie.

Daniël word nader geroep met die versoek dat hy die uitlegging van die droom aan die koning bekend sal maak, aangesien niemand anders in Nebukadnésar se koninkryk daartoe in staat is nie (vers 7, 18).

VERS 10-12 Wat nou die gesigte van my hoof op my bed betref – ek het gesien, en kyk, daar was ’n boom in die middel van die aarde, en sy hoogte was groot. Die boom het groot geword en sterk, en sy hoogte het tot aan die hemel gereik, sodat hy tot aan die einde van die hele aarde sigbaar was. Sy blare was mooi en sy vrugte baie, en aan hom was vir alles voedsel; onder hom het die diere van die veld skaduwee gesoek, en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon, ja, alle vlees is daardeur gevoed.

Page 66: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

65

NEBUKADNÉSAR SE DROOM In sy droom sien die koning ’n groot boom wat in die middel van die aarde staan. Dit beklee ’n sentrale plek en sal van daar oor die hele aarde heers. Dit reik uitermate hoog, tot aan die hemel. Dit herinner ons aan die toring van Babel (Gen. 11). Die boom voed en bied beskerming. Enige volk en nasie wat in en onder sy takke woon, geniet beskerming en onderhouding – versorging dus. Die boom is ’n simbool van die gedelegeerde gesag wat Nebukadnésar van God ontvang het.

VERS 13-16 Ek het in die gesigte van my hoof op my bed gesien, en kyk, ’n bode, naamlik ’n heilige, het uit die hemel neergedaal; hy het hardop geroep en só gesê: Kap die boom om en kap sy takke af, trek sy blare af en verstrooi sy vrugte; laat die diere onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke. Maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met ’n band van yster en koper in die groen gras van die veld; en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en saam met die diere deel hê aan die plante van die aarde. Laat sy hart anders word as dié van ’n mens en ’n dierehart aan hom gegee word, en laat sewe tydperke oor hom heengaan.

DIE BESLUIT RAKENDE DIE BOOM Op ’n gegewe oomblik verskyn ’n bode, ’n heilige, uit die hemel. Dit is ’n aanduiding van engele (Job 5:1; 15:15; Ps. 89:6-7). Op bevel van die engel word die boom van al sy heerlikheid gestroop en al wat oorbly, is sy penwortel.

In vers 15 word van die beeld van die boom na die werklikheid oorgegaan, sodat ons hier aan Nebukadnésar moet dink. Hy sal

Page 67: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

66

vasgebind word, soos wat met kranksinniges gehandel word. In vers 16 sien ons ook ’n duidelike oorgang na ’n persoon. Sy verstandelike lewe sal anders word en ’n dierehart sal vir sewe jaar lank aan hom gegee word! Dit is betekenisvol dat hy nie ’n dier word nie, maar dat hy die eienskappe, wat die mens bo die dier stel, verloor.

VERS 17 Op ’n besluit van die bodes berus die bevel, en ’n woord van die heiliges is die saak, met die bedoeling dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel.

DIE DOEL VAN DIE DROOM Hierdie vers maak die doel van die droom aan ons bekend.

Die bedoeling van die droom en sy vervulling is sodat die lewendes (mensekinders en in die besonder hier, Nebukadnésar) sal erken dat die God van die hemel, die Allerhoogste God, soewerein is in sy raadsbesluite rakende die koningskap van die mens.

Die besluit wanneer die bevel om die boom om te kap, uitgevoer word, berus by die raad van die engele deur God aangestel oor dié saak met betrekking tot Nebukadnésar.

Hierdie besluit is onherroeplik.

VERS 18-19 Dit is die droomgesig wat ek, koning Nebukadnésar, gehad het; en jy, Béltsasar, sê my die uitlegging, omdat al die wyse manne van my koninkryk my die uitlegging nie kon bekend maak nie; maar jy is

Page 68: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

67

daartoe in staat, want die gees van die heilige gode is in jou. Toe het Daniël, wie se naam Béltsasar was, ’n oomblik verstom gestaan en sy gedagtes het hom verskrik. Die koning het daarop gespreek en gesê: Béltsasar, laat die droom en die uitlegging jou nie verskrik nie. Béltsasar het geantwoord en gesê: My heer, mag die droom u haters en sy uitlegging u teëstanders oorkom.

DANIËL IS VERSTOM EN VERSKRIK DEUR DIE DROOM By die aanhoor van die droom en die koning se versoek dat Daniël die uitlegging van die droom aan hom gee, is Daniël vir ’n oomblik stomgeslaan.

Hy het van skrik verstar en staan verbysterd, juis omdat hy oombliklik insig in die verstaan van die droom het. Hy sou liewer wou sien dat dit die vyande van die koning oorkom. Hy besef watter vreeslike vonnis die droom inhou wat hy nou vir Nebukadnésar moet laat hoor. ’n Tydelike maar verskriklike ramp gaan die koning tref. Daarom is Daniël huiwerig om dadelik te spreek.

VERS 20-22 Die boom wat u gesien het – wat groot en sterk geword het, en waarvan die hoogte tot aan die hemel gereik het en wat vir die hele aarde sigbaar was, en waarvan die blare mooi en die vrugte baie gewees het, en waar voedsel vir alles aan was, waaronder die diere van die veld gehou en in die takke waarvan die voëls van die hemel gewoon het – dit is u, o koning, wat groot en sterk geword het, wie se grootheid toegeneem het en reik tot aan die hemel en u heerskappy tot aan die einde van die aarde.

Page 69: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

68

DIE BETEKENIS VAN DIE DROOM Die boom is ’n simbool van Nebukadnésar se grootsheid en heerskappy onder die ganse mensdom. Die hemel neem kennis dat die gesag van die koninkryke van die ganse aarde aan Nebukadnésar ondergeskik is. Die uitleg laat geen twyfel by die koning dat dit hy is na wie die boom wys nie.

VERS 23-26 En dat die koning ’n bode, naamlik ’n heilige, uit die hemel sien neerdaal het met die woorde: Kap die boom om en verwoes hom, maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met ’n band van yster en koper in die groen gras van die veld, en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en sy lot saam met die diere van die veld wees totdat sewe tydperke oor hom heengegaan het – dit is die uitlegging, o koning, en dit is die besluit van die Allerhoogste wat oor my heer die koning kom: Hulle sal u uit die mensdom verstoot, en u woning sal saam met die diere van die veld wees, en hulle sal u soos die beeste plante laat eet; en u sal deur die dou van die hemel natgemaak word, en sewe tydperke sal oor u heengaan totdat u erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil. En dat hulle bevel gegee het om die penwortel van die boom te laat staan – u koningskap sal vir u bestendig wees vandat u erken het dat die hemel heers.

DIE BETEKENIS VAN DIE BESLUIT VAN DIE BODE Nebukadnésar sal van al sy heerlikheid gestroop word. Hy sal vir ’n tydperk lank soos ’n dier wees, ja, uitgestoot uit die mensdom.

Page 70: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

69

Die Allerhoogste God het dit besluit. Dit sal op ’n gegewe oomblik geskied, op bevel van ’n engel in opdrag van God. Sy uitwerping uit die mensdom sal geldig wees totdat Nebukadnésar erken dat God in die hemel heers, maar ook op aarde, en dat Hy die koningskap gee aan wie Hy wil.

VERS 27 Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.

DANIËL SE PLEIDOOI AAN DIE KONING Getroue profeet wat Daniël is, gebruik hy die geleentheid om die koning met raad te bedien om weg te draai van sy sondige weë. Daniël rig ’n pleidooi aan die koning om nie net te breek met sy sondes nie, maar ook genade en barmhartigheid te betoon aan die ellendige en behoeftige. Die enigste uitweg is verootmoediging voor God. As die koning gehoor gee, sal die oordeel nie in vervulling gaan nie.

VERS 28-32 Dit alles het oor koning Nebukadnésar gekom. Aan die einde van twaalf maande terwyl hy op die koninklike paleis van Babel rondwandel, het die koning aangehef en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ’n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie? Terwyl die

Page 71: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

70

woord nog in die mond van die koning was, val daar ’n stem uit die hemel: Koning Nebukadnésar, jou word aangesê – die koningskap word jou ontneem; en hulle sal jou uit die mensdom verstoot, en jou woning sal saam met die diere van die veld wees; hulle sal jou plante laat eet soos die beeste, en sewe tydperke sal oor jou heengaan, totdat jy erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil.

DIE DROOM SE VERVULLING WORD AANGEKONDIG Die brief van Nebukadnésar word hier onderbreek deur die skrywer van die boek, terwyl die briefstyl vanaf vers 34 hervat word. ’n Volle jaar later, genoeg tyd vir die koning om hom te bekeer van sy verkeerde weë, word die droom ’n werklikheid. God gee Nebukadnésar ’n jaar van grasie en genade voordat die oordeelswoord in vervulling gaan. Konings het graag geroem op hul bouwerke en Nebukadnésar is geen uitsondering nie. Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ’n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, tot my majesteit nie? Babel was inderwaarheid baie ouer as Nebukadnésar. Hy het dit eintlik bloot herbou en verfraai. Die stad Babel was ’n manjifieke stad wat sy gelyke nie gehad het onder ’n heidense koning nie. Die mure van Babilon was 40 myl in omtrek. Binnekant die mure was daar private tuine, boorde en velde. Die ruimte binne was slegs gedeeltelik bebou, maar die hele stad was uitgelê met reguit strate wat mekaar reghoekig gekruis het. Die mure was versier met ’n honderd hekke. Jeremia 51:58 spreek van die breë muur van Babel. So ’n muur was 22 voet dik.

Page 72: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

71

Daar was paleise met 360 torings tot 420 voet hoog om oor die hoë mure te kan uitkyk. Daar was vestings met watermere daaromheen. Die hangende tuine was ’n struktuur gebou op ’n vierkant, bestaande uit verdiepings en stadiums, een bo-op die ander, ondersteun deur gewels en bedek met groot massas grond, waarin daar baie blomme en struike geplant is, selfs groot bome. Die stad het kanale gehad, met water uit die Eufraat gevul, en ’n brug oor die rivier, wat die twee dele van die stad, alkant van die rivier, verbind het. Hierdie stad het ’n lang geskiedenis gehad. Ons sien Nebukadnésar hier in sy trotsheid en selfverheffing rondwandel in die koninklike paleis, terwyl hy homself verheerlik. Argeoloë en opgrawers het ’n inskripsie van Nebukadnésar gevind waarin hy sê: “Ek het gesorg dat die stad Babel die eerste plek gekry het onder alle lande en elke menslike woonplek; die naam daarvan het ek beroemd gemaak onder die heilige stede.” Terwyl die koning daar op die koninklike paleis wandel en sy woorde spreek, terwyl die woorde nog in sy mond is, word sy oordeel aangekondig met ’n stem wat uit die hemel spreek. Op daardie oomblik word die oordeel oor hom voltrek.

VERS 33 Dieselfde oomblik het die woord in vervulling gegaan oor Nebukadnésar – hy is uit die mensdom verstoot en het plante geëet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak, totdat sy hare lank geword het soos die vere van arende, en sy naels soos dié van voëls.

Page 73: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

72

DIE DROOM WORD VERVUL Nebukadnésar se verstand verlaat hom, sy metabolisme verander en hy leef soos ’n dier in die veld, hy eet plante soos die beeste. Hy is van al sy mag en heerlikheid gestroop. Hy ondergaan ’n verandering waarin sy hare en naels lank word soos die vere van arende en naels soos dié van voëls. Hy kyk nie meer soos ’n mens na bo nie, maar soos ’n dier na onder, na die plante en gras van die veld. Sewe tydperke (sewe jaar) is hy daarvoor bestem. God verhoog wie Hy wil en Hy verneder wie Hy wil. Hy stel konings aan en Hy verneder diegene wat in hul trotsheid wandel.

VERS 34-36 En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy ’n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is. En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê: Wat doen U nie? In dié tyd het my verstand in my teruggekeer; en wat die eer van my koningskap betref – my majesteit en my glans het in my teruggekeer, en my raadsmanne en my maghebbers het my opgesoek; en ek is in my koningskap herstel, en buitengewone grootheid is my toegevoeg.

GOD HERSTEL NEBUKADNÉSAR Ná die sewe tydperke oor hom heengegaan het, herstel die Allerhoogste God vir Nebukadnésar.

Page 74: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

73

Hy is herstel na sy normale verstand. Terwyl hy sy oë op die hemel gerig hou, loof en prys en eer hy die God van die hemel. Die Here herstel hom volkome. Saam met die terugkeer van sy verstand gaan ook die terugkeer van sy koninklike waardigheid. Ook dit is ’n vervulling van sy droom. Sy heerlikheid word selfs groter as voorheen.

VERS 37 Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.

NEBUKADNÉSAR ERKEN GOD SE SOEWEREINITEIT OOR DIE MENS Uiteindelik erken Nebukadnésar God se soewereiniteit oor die mens. Hy verstaan die verskil tussen absolute en gedelegeerde gesag. Hy bring die roem en eer aan die Koning van die hemel en verklaar dat die soewereine reg aan Hom alleen behoort.

Uiteindelik sal alle heidense heerskappy vernietig word en wat oorbly, sal aan God onderworpe wees. Die hemel regeer!

Page 75: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 76: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

75

Hoofstuk 5

Daniël 5

FEES VAN KONING BÉLSASAR

ie vyfde hoofstuk van die boek Daniël handel oor die val van die groot koninkryk van Babilon, die eerste heidense wêreldheerskappy, die hoof van goud, gedurende die tye van

die nasies.

VERS 1 Koning Bélsasar het 'n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink.

NEBUKADNÉSAR SE KLEINSEUN VIER FEES Bélsasar was Nebukadnésar se kleinseun, deur sy moeder. Nebukadnésar sterf in 562 v.C., sy seun en opvolger was Evil-Meródag

D

Page 77: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

76

(Jer. 52:31). Evil-Meródag regeer minder as drie jaar. Hy word deur die priesterparty vermoor en deur sy swaer Nergal-Sareser (Neriglissar) (560-556 v.C.) opgevolg. Sy seun, Labshi Marduk, volg hom vir net een jaar op en word daarna vermoor. Hy word op sy beurt weer deur Nabonidus 556-539 v.C. opgevolg. Gedurende sy verblyf buite Babel in die Siries-Arabiese woestyn het sy seun Bélsasar die regering in Babel behartig. Sy naam beteken: Bél, bewaar die koning! Dié naam moet nie met Daniël se Babiloniese naam verwar word nie. Bélsasar het ʼn groot feesmaal gereël waar die wyn vryelik gevloei het.

VERS 2-4 By die genot van die wyn het Bélsasar bevel gegee om die goue en silwer voorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink. Toe het hulle die goue voorwerpe gebring wat uit die tempel, uit die huis van God in Jerusalem weggevoer was, en die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue het daaruit gedrink. Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys.

AFGODSAANBIDDING IN BABEL Die verwysing na Nebukadnésar as Bélsasar se vader, word in dieselfde sin gebruik as wanneer daar gesê word dat Jesus die Seun van Dawid is. Dit verwys na Bélsasar as afstammeling.

Bélsasar is die vervulling van die profesie van Jeremia 27:7: Al die nasies sal hom (Nebukadnésar) dien en sy seun en sy seun se seun totdat die tyd van sy land ook kom, dat dit diensbaar gemaak sal word deur magtige nasies en groot konings. Die uitdrukking “vader” het

Page 78: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

77

hier die betekenis van geestelike vader of groot voorganger op staatkundige gebied.

Toe hierdie Bélsasar goed gedrink het, doen hy iets ongehoords; hy laat die vroue en byvroue roep om saam te kom drink. Dit was tydens hierdie dronkparty, by die genot en onder die invloed van wyn dat hy lasterlik optree. Die goue voorwerpe, wat uit die tempel in Jerusalem kom, word uitgehaal en gebruik om wyn uit te drink. Hierdie voorwerpe was eens met bloed besprinkel en afgesonder om dienswerk mee te verrig (Hebr. 9:21). Hierdie komme was baie heilig en van onskatbare waarde (1 Kon. 7:47-50). Dit was in die aanbidding van die Here God gebruik.

Hierdie daad van Bélsasar was heiligskennis. Die komme wat aan God toegewy was, word nou gebruik om ʼn bespotting van God te maak. Dit was tydens hierdie drankorgie dat afgodsaanbidding hoogty gevier het.

VERS 5-6 Op dieselfde oomblik het daar vingers van 'n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het. Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, en die gewrigte van sy heupe het losgeraak, en sy knieë het teen mekaar geslaan.

DIE OORDEEL VAN GOD TEEN ’N MUUR Op dieselfde oomblik, terwyl die koning en sy maghebbers, vroue en byvroue hiermee besig was, verskyn skrywende vingers van ʼn mens se hand. Die kandelaar, wat die deel van die muur waarop die vingers

Page 79: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

78

geskryf het duidelik verlig het, het ook die bewegende hand vir die koning duidelik sigbaar gemaak.

Die God wat op hierdie feesmaal bespot word, laat Hom nie bespot nie (Gal. 6:7).

In een oomblik verander die bravade van Bélsasar. Hy wat homself so magtig geag het, word verlam van skrik by die aanskouing van vingers wat die oordeel van God opskrywe. Die koning word bleek van skrik; verlammende vrees gryp hom aan en sy knieë slaan teen mekaar.

VERS 7-9 Die koning het hardop uitgeroep om die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers in te bring. Daarop het die koning gespreek en aan die wyse manne van Babel gesê: Enigeen wat hierdie skrif lees en my sy uitlegging te kenne gee, hy sal met purper beklee word, en 'n goue ketting sal om sy hals wees, en as derde in rang sal hy in die koninkryk heers. Toe het al die wyse manne van die koning ingekom, maar hulle was nie in staat om die skrif te lees en sy uitlegging aan die koning bekend te maak nie. Toe het koning Bélsasar baie verskrik geword, en sy gelaatskleur het aan hom verander, ook sy maghebbers was in verwarring.

‘N VERSKRIKTE KONING VRA OM HULP Soos in die geval van Nebukadnésar word ook hier die wyse manne van Babel ingeroep. Hulle moet die skrif lees en die uitlegging te kenne gee. Nie een van die wyse manne kan egter die skrif lees nie, alhoewel die skrif teen die muur net drie Aramese woorde bevat, ʼn taal wat die Chaldeërs verstaan. Tog was niemand in staat om te lees wat geskrywe staan nie, ook was niemand in staat om die profetiese betekenis te kenne te gee nie. Dit het koning Bélsasar nog net meer

Page 80: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

79

verskrik en desperaat gelaat. Selfs sy maghebbers is in verwarring. Almal kan die skrif teen die muur sien, maar nie een verstaan die betekenis van die woorde nie. Die skrif is letterlik aan die muur!

Die rede waarom ʼn belofte deur Bélsasar gemaak word dat die een wat die skrif kan lees en uitlê, as derde in rang in sy koninkryk sou heers, is omdat sy vader Nabonidus die eerste heerser is en Bélsasar die tweede. Die volgende sou dus derde in rang wees.

VERS 10-12 Na aanleiding van die woorde van die koning en van sy maghebbers het die koningin in die eetsaal ingegaan; die koningin het begin spreek en gesê: Mag die koning in ewigheid lewe! Laat u gedagtes u nie verskrik en u gelaatskleur nie verander nie. Daar is 'n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadnésar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel – u vader, o koning! – omdat in hom 'n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak – in Daniël aan wie die koning die naam van Béltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee.

DIE KONINGIN BEVEEL DANIËL AAN Die koningin-moeder, die moeder van Bélsasar, het die eetsaal binnegegaan. Dit was na aanleiding van die koning en sy maghebbers se woorde. Die vroue en byvroue van die koning was reeds in die saal. Daar was ʼn hele rumoer en opskudding as gevolg van die skrif teen die muur. Die koningin vertel Bélsasar van Daniël en sy vermoëns. Terselfdertyd herinner sy Bélsasar aan die geskiedenis. Een van die

Page 81: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

80

vorige heersers, koning Nebukadnésar, was in ʼn soortgelyke situasie waar niemand kon antwoorde bied nie. Maar sy weet van ʼn man wat die uitlegging van die geheimsinnige skrif kan gee. Laat Daniël geroep word – hy kan drome uitlê, raaisels oplos en moeilike probleme oplos of antwoorde vind.

VERS 13-16 Toe is Daniël voor die koning gebring; die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Is jý Daniël wat by die Joodse ballinge behoort, wat die koning, my vader, uit Juda gebring het? Ek het van jou gehoor dat die gees van die gode in jou is, en dat verligting en verstand en voortreflike wysheid in jou gevind word. Nou net is die wyse manne, die besweerders, voor my gebring om hierdie skrif te lees en sy uitlegging aan my bekend te maak; maar hulle is nie in staat om die uitlegging van die woord te kenne te gee nie. Maar ek het van jou gehoor dat jy uitlegginge kan gee en knope kan losmaak; as jy nou die skrif kan lees en sy uitlegging aan my bekend maak, sal jy met purper beklee word, en 'n goue ketting sal daar om jou hals wees, en jy sal as derde in rang in die koninkryk heers.

DANIËL VOOR DIE KONING Daniël word voor die koning gebring. Groot eer en baie geskenke word hom aangebied as hy die skrif kan ontsyfer.

VERS 17 Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesê: U kan u gawes maar vir uself hou en u geskenke aan 'n ander gee; nogtans sal ek die skrif vir die koning lees en die uitlegging aan hom bekend maak. Daniël het geen ambisie wat aardse eerbewyse betref nie. Hy word nie deur materiële beloning gemotiveer nie. Nogtans sal hy aan die

Page 82: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

81

koning se versoek gehoor gee en aan hom die skrif bekend maak, sowel as die uitlegging daarvan.

VERS 18-24 Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadnésar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee. En vanweë die grootheid wat Hy hom gegee het, het al die volke, nasies en tale gebewe en vir hom gesidder; wie hy wou, het hy gedood, en wie hy wou, het hy laat lewe, en wie hy wou, het hy verhoog, en wie hy wou, het hy verneder. Maar net toe sy hart hom verhef het en sy gees verhard is om oormoedig te wees, is hy van die troon van sy koningskap afgestoot, en die heerlikheid is hom ontneem. En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos dié van die diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon; hulle het hom plante laat eet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil. Maar u, Bélsasar, sy seun, het u hart nie verneder nie, alhoewel u dit alles weet; maar u het u verhef teen die Here van die hemel, en die voorwerpe van sy huis het hulle voor u gebring; en u en u maghebbers, u vroue en u byvroue het wyn daaruit gedrink; en u het die gode van silwer en goud, koper, yster, hout en klip geprys, wat nie sien en nie hoor en nie weet nie, maar die God in wie se hand u asem en voor wie al u paaie is, Hom het u nie vereer nie. Toe is deur Hom die deel van die hand gestuur en hierdie skrif geskrywe.

DIE SKRIF WORD VERKLAAR Daniël herinner Bélsasar aan alles wat Nebukadnésar toegeval het. Eers het die koningin-moeder hom herinner en nou Daniël. Albei herinner hom op dieselfde aand aan ʼn les wat hy uit die geskiedenis moes leer en tog nooit geleer het nie.

Page 83: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

82

Met nadruk word geleer dat Nebukadnésar sy grootheid van God ontvang het en tog het hy geheers asof hy God self is en aan homself onbeperkte mag toegeken. In teenstelling hiermee is hy totaal verneder. Dit alles het as gevolg van hoogmoed oor Nebukadnésar gekom.

Bélsasar moes hierdie les ter harte neem en hom bekeer. In plaas daarvan het hy die Here in hoogheidswaan en brutale heiligskennis gelaster. Hy het die dooie afgode vereer in plaas van God in wie se hand sy asem is en voor wie al sy paaie is, die God wat hom dus in een oomblik die lewe kan ontneem.

Hy wat Bélsasar is, weet van al die dinge, nogtans het hy sy hart nie verneder nie. Dit kon nie anders nie: die allerhoogste God moes ingryp, en dit is Hy wat die deel van die hand gestuur het en hierdie skrif geskrywe het.

Wat ʼn tragiese aand in Bélsasar se lewe . . . God het besluit dit is genoeg!

Hierdie is dus ʼn oordeelswoord oor Bélsasar; die skrif aan die muur verseël en bevestig God in die hemel se besluit oor koning Bélsasar.

VERS 25-28 En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín. Dit is die uitleg van die woord: Mené – God het u koningskap getel en daar 'n einde aan gemaak; tekél – u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind; perés – u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.

Page 84: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

83

DIE UITLEG VAN DIE SKRIF Die volle uitleg is soos volg: MENÉ, MENÉ, TEKÉL UFARSIN. Vertaal beteken dit: GETEL, GETEL, GEWEEG EN AAN STUKKE.

• Mené (getel). In die Goddelike boekhouding is die boeke van die regering van Bélsasar (Dan. 5:26) oopgemaak.

• Tekél (geweeg). God tel nie net nie, Hy weeg ook. Sonder God het Bélsasar se lewe geen gewig (Dan. 5:27) gehad om die skaal in sy guns te laat swaai nie.

• Péres, ‘ufarsin’ (verdeel). Bélsasar se koninkryk word dus in stukke opgebreek en aan twee (Dan. 5:28) volkere gegee, die Meders en die Perse - dus ʼn verdeelde koninkryk.

Mené, Mené is twee Aramese deelwoorde; dit het te doen met Bélsasar se koninkryk.

Tekél het te doen met die koning self - dus Bélsasar, in sy persoonlike hoedanigheid. Ufarsin is ʼn selfstandige naamwoord wat letterlik beteken: en stukke. Die bedoeling is: en aan stukke. Péres is die enkelvoud van dieselfde woord ufarsin, sonder die voegwoord u. Die bedoeling met die skrif aan die muur Mené, Mené, Tekél Ufarsin is dat die koninkryk van Babilon, die eerste heidense wêreldkoninkryk in die tye van die nasies, se einde aangebreek het. Dit word nou in stukke gebreek en word ʼn verdeelde koninkryk. Die Babiloniese hoof van goud word nou opgevolg deur die Meders en Perse, die bors en arms van silwer. Wat die allerhoogste God daardie vreeslike nag in Bélsasar se lewe aan hom meegedeel het deur die hand met die

Page 85: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

84

vingers wat op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe het, is: Die dae van jou koninkryk is getel; jy is geweeg en te lig bevind: jou koninkryk word in twee stukke verdeel.

VERS 29-30 Toe het Bélsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met 'n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers. In dieselfde nag is Bélsasar, die koning van die Chaldeërs, gedood.

DANIËL WORD VEREER; DIE KONING STERF Ten spyte van die feit dat Daniël dit duidelik aan die koning gestel het dat hy geen beloning wil hê nie, hou Bélsasar vol daarmee om Daniël te vereer. Die koning hou sy woord, hoewel die uitleg so ongunstig is. Dit is opmerklik dat daar geskrywe staan: In dieselfde nag is Bélsasar, die koning van die Chaldeëers, gedood. Die woord “Chaldeërs” is hier ʼn verwysing na ʼn volk. Die volk se koning is dood. Die leër van die Persiese koning Kores, onder aanvoering van generaal Gobryas, het Babel sonder stryd verower. Nabonidus, die vader van Bélsasar, het gevlug, maar het kort daarna in die hande van die Perse geval. ʼn Gedeelte van die stad is egter nog deur die Chaldeërs behou. Die Meders en Perse het hul kragte saamgesnoer om Babel in te neem. Drie maande na die eerste inname kom Kores self op die toneel en sewe dae later word die seun van die koning (Bélsasar) in ʼn nagtelike geveg gedood. Dit is dan die nag van die fees waarvan in hierdie hoofstuk (Daniël 5) melding gemaak word. Só kom die groot koninkryk van Babel, die hoof van goud, die eerste heidense wêreldheerskappy in die tye van die nasies, tot ʼn val.

Page 86: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

85

Hoofstuk 6

Daniël 6

DANIËL IN DIE LEEUKUIL

ierdie hoofstuk is die laaste van die sogenaamde geskiedkundige deel van die boek Daniël. Die boek het twaalf hoofstukke en dit val in twee eweredige dele uiteen. Die

eerste ses hoofstukke is meer van geskiedkundige aard en die laaste ses meer van profetiese of apokaliptiese strekking. Die vorige hoofstuk het ons gebring tot by die ondergang van die Babiloniese ryk en die dood van Bélsasar, die laaste koning.

VERS 1-3 En Daríus, die Meder, was twee-en-sestig jaar oud toe hy die koningskap ontvang het. Dit het Daríus behaag om oor die koninkryk honderd-en-twintig landvoogde aan te stel wat in die hele koninkryk

H

Page 87: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

86

sou wees; en oor hulle drie ministers, van wie Daniël een was, aan wie dié landvoogde rekenskap moes gee, sodat die koning nie sou skade ly nie.

DANIËL, DIE MINISTER VAN DARÍUS Hierdie gedeelte van Daniël se geskiedenis vind plaas gedurende die tyd van die Persiese oorheersing. Daríus, die Meder, is koning in Babel. Hierdie hoofstuk lui dan ook die tweede heidense wêreldregering (Medo-Persiese) tydens die tye van die nasies in. Na ongeveer 67 jaar is die “hoof van goud” deur die bors en arms van silwer vervang - ʼn minderwaardiger koninkryk (Dan. 2:32, 38-39). Daríus moes die troon van die nuwe regering in 539 of 538 v.C. bestyg het. Hierdie hoofstuk se gebeure word as ongeveer 537 v.C. gedateer. Daríus was twee-en-sestig jaar oud toe hy die koningskap ontvang het. Daniël moes toe al diep in die tagtig jaar oud gewees het. Dit is uitsonderlik dat hy nog die vermoë gehad het om sulke groot verantwoordelikhede te dra soos wat Daríus aan hom toegesê het.

In plaas van die vroeëre provinsies, deel Daríus die koninkryk onder die bestuur van 120 landvoogde in, oor wie hy drie ministers aanstel wat toesig oor die landvoogde moet hou sodat daar geen omkopery of oneerlikheid onder die leiers in diens van die koning sal wees nie. Daniël is een van die drie ministers. Hierdie ministers of ryksbestuurders moes verseker dat die koning se landvoogde rekenskap gee van die sake in Daríus se ryk. Hierdie wyse van regeringsbestuur sou aan Daríus die versekering gee dat die korrekte belastings gereeld inkom. Daniël het dus ʼn toppos in die bestuur van Daríus se ryk beklee.

Page 88: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

87

VERS 4-9 Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat 'n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel. Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om 'n grond vir 'n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele grond vir 'n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie. Daarop het dié manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir 'n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens. Toe het hierdie ministers en landvoogde die koning bestorm en só vir hom gesê: Mag koning Daríus vir ewig lewe! Al die ministers van die koninkryk, die bevelhebbers en die landvoogde, die raadsmanne en die goewerneurs het beraadslaag dat die koning 'n verordening moet uitvaardig en 'n verbod bekragtig dat elkeen wat gedurende dertig dae 'n versoek rig aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi sal word. Stel nou 'n verbod vas, o koning, en laat 'n bevelskrif skrywe wat volgens die onveranderlike wet van Meders en Perse onherroeplik is.

’N BOSE KOMPLOT WORD UIT NAYWER GEBORE Omdat ʼn voortreflike gees in hom was, blink Daniël as minister uit bó die ander twee minsters, sowel as bó al die landvoogde (Dan. 5:12). Daniël was polities in die voorste linies en as godsman sou hy nie onreëlmatighede in die staat toelaat nie. Daríus was goed bewus hiervan en besluit om Daniël te bevorder en hom verder verantwoordelik te maak vir die bestuur van die hele ryk.

Dit wek die naywer van die ander amptenare. Daar was groot afguns teenoor hierdie Jood wat so ʼn opgang in die ryk maak. Hulle het hom gehaat en van hulle was vasbeslote om hom te vervang, deur watter

Page 89: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

88

metode ookal, hetsy eerlik of oneerlik. Om dit te kan doen, moet hulle redes vir ʼn aanklag by die koning soek, maar in die gewone loop van Daniël se werksaamhede kan hulle dit nie vind nie. Geen verkeerde handeling en geen nalatigheid was in Daniël se werk te bespeur nie. Hy was getrou in beginsel en foutloos in administrasie. Die enigste moontlikheid was dus om grond vir ʼn aanklag in sy godsdiens te vind. Die ander amptenare is terdeë bewus daarvan dat Daniël geen kompromis sal aangaan wat sy godsdiens betref nie. Saam tree die ministers en landvoogde op teen Daniël deur koning Daríus met hul duiwelse plan te nader. Saam dring hulle aan by die koning om ʼn dekreet of bevelskrif uit te vaardig wat Daniël in die beoefening van sy godsdiens sou skaad; Daríus was salig onbewus van hul bose plan. Die straf vir die oortreding in die bevelskrif was opgeskrywe in die vorm van ʼn teregstelling – die persoon sou in die leeukuil gegooi word.

Die ministers het ʼn stem gehad om wette te maak wat, as dit deur die koning bekragtig word, dit onherroeplik vas staan: die onveranderlike wet van die Meders en die Perse. Geen mens kan so ʼn wet verander nie.

Nebukadnésar se woord was verhewe bo enige wet in Babel, maar Daríus se woord is vas in die wet van die Mede en Perse. Die wet se stem was dus sterker as die koning se stem.

VERS 10-15 Hierom het koning Daríus die bevelskrif en die verbod geskrywe. En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op 'n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy

Page 90: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

89

tevore gedoen het. Daarop het daardie manne aangestorm en Daniël gevind terwyl hy bid en voor sy God om genade smeek. Hulle het toe nader gekom en voor die koning oor die koninklike verbod gespreek: Het u nie 'n verbod geskrywe dat elkeen wat gedurende dertig dae 'n versoek doen aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie? Die koning het geantwoord en gesê: Die saak staan vas volgens onherroeplike wet van Meders en Perse. Toe het hulle geantwoord en voor die koning gesê: Daniël, een van die Joodse ballinge, het hom aan u, o koning, en aan u verbod wat u geskrywe het, nie gesteur nie, maar drie maal op 'n dag doen hy sy gebed. Toe die koning die woord hoor, het dit hom baie mishaag, en hy het planne beraam om Daniël te verlos, ja, tot sonsondergang toe het hy moeite gedoen om hom te red.

DANIËL GAAN VOORT OM GOD TE DIEN EN TE VEREER Koning Daríus teken en verseël die bevelskrif terwyl hy heeltemal onbewus is van die komplot wat die ministers en landvoogde teen Daniël smee.

Daniël, goed bewus van die amptenare se planne, laat hom nie van stryk bring nie. Soos hy altyd gedoen het, so doen hy dit steeds. Drie maal op ʼn dag val hy op sy knieë en aanbid die God van die hemel, terwyl hy sy vensters in die rigting van Jerusalem oop het (1 Kon. 8:48-49).

Die gevolg hiervan is dat Daniël aangekla word by die koning dat hy die gebod oortree het. Die koning besef dat hy te haastig was met die teken van die wette. Hy besef sy eie beperktheid, nie eens hy kan nou vir Daniël red nie. Die hele dag probeer hy tevergeefs om Daniël van die leeukuil te red, maar eindelik moes Daríus sy knie buig voor sy eie wet en moes hy gehoor gee deur Daniël tot die leeukuil te veroordeel.

Page 91: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

90

VERS 16-17 Daarop het daardie manne die koning bestorm en aan die koning gesê: Weet, o koning, dat dit 'n wet van Meders en Perse is dat elke verbod of verordening wat die koning vasgestel het, nie verander mag word nie. Toe het die koning bevel gegee, en hulle het Daniël gebring en in die leeukuil gegooi. Die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Mag jou God wat jy gedurigdeur vereer, jou verlos!

DANIËL WORD IN DIE LEEUKUIL GEGOOI Teen die aand kom die samesweerders weer en dring daarop aan dat die wet nou toegepas word. Hulle bestorm die koning met hul versoek, wat vir ons wys dat hulle onstuimig by die koning aangedring het dat die vonnis voltrek word. Die koning word deur hulle herinner dat die wet onherroeplik is. Dit is die wet van die Meders en Perse (vers 9, 13)!

Alhoewel die koning gehoor gee aan die bevelskrif, is dit duidelik dat dit teen sy sin is dat hy hierdie wet moet toepas. Sy bede is dat die God wat Daniël gedurigdeur vereer, hom uit die magtige kake van die leeus in die leeukuil sal verlos.

Sommige konings het leeus as ʼn sport gejag. Die Perse het leeus gevang en hulle dan in groot parke laat opsluit waar hulle gevoer en na omgesien is. Leeus is dan ook gebruik om mense te verskeur as ʼn vorm van teregstelling. Daniël is binne-in so ʼn leeukuil gegooi.

VERS 18-24 En 'n klip is gebring en op die opening van die kuil gelê, en die koning het dit met sy ring en met die ring van sy maghebbers verseël, sodat niks anders met Daniël sou gebeur nie. Toe het die koning na sy paleis

Page 92: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

91

gegaan en met vas die nag deurgebring en die byvroue nie voor hom laat kom nie, en sy slaap het van hom weggevlug. Daarop het die koning die môre vroeg toe dit lig word, opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan. En toe hy nader kom na die kuil, het hy met 'n droewige stem na Daniël geroep; die koning het gespreek en aan Daniël gesê: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos? Toe het Daniël met die koning gespreek: Mag die koning vir ewig lewe! My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie. Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar 'n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.

GOD BESKERM DANIËL Die opening van die leeukuil word goed gesluit. Nie alleen kom daar ʼn groot klip voor nie, maar dit word ook verseël met die ring van die koning en met die ring van sy maghebbers. Daniël kan glad nie uit die leeukuil ontsnap nie en niemand ook het toegang tot die leeukuil nie. Uit die koning se optrede kan ons duidelik sien dat hy diep ontsteld is oor wat Daniël dié dag te beurt geval het. Ons sien Darius:

• verseël die opening met sy eie ring;

• hy bring die nag met vas deur;

• geen byvrou is deur hom ontvang nie;

• hy het ʼn slapelose nag gehad;

Page 93: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

92

• vroegoggend is hy haastig na die leeukuil;

• hy het met ʼn droewige stem na Daniël geroep.

Wat die koning nie vir Daniël kon doen nie, het Daniël se God vir hom gedoen. My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit. Wat ʼn verligting moes dit nie vir koning Daríus gewees het om hierdie woorde uit die mond van Daniël te hoor nie. Daniël herinner Daríus daaraan dat hy onskuldig staan met betrekking tot die beskuldiging teen hom; ook het hy geen misdaad gepleeg nie. Daniël is sonder enige liggaamlike letsels aan hom uit die leeukuil opgetrek, omdat hy op sy God vertrou het. Daar is geen bewyse dat Daniël enige versekering gehad het dat hy die leeus sou ontsnap nie, nog minder sy drie vriende dat hulle die vuuroond sou ontkom (Dan. 3), maar sy geloof in sy God word nog meer beklemtoon deur hierdie gebeure.

VERS 25-27 En die koning het bevel gegee, en hulle het daardie manne gebring wat Daniël aangeklaag het, en hulle, hulle kinders en hulle vroue in die leeukuil gegooi; en hulle het nog nie die bodem van die kuil bereik nie of die leeus het hulle oorweldig en al hulle bene vermorsel. Toe het koning Daríus aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees! Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe.

Page 94: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

93

DIE SAMESWEERDERS WORD SELF TOT DIE DOOD GEVONNIS Op bevel van die koning word daardie manne, almal wat saamgespan het om Daniël in die leeukuil te laat werp, sowel as hul vroue en kinders, in die leeukuil gegooi. Die leeus het hulle oorweldig, verskeur en al hul bene vermorsel.

Op grond van al dié gebeure het koning Daríus ʼn koninklike uitvaardiging gerig. Hierdie proklamasie was meer as net ʼn dekreet van godsdienstige verdraagsaamheid teenoor die Jode, soos dit wat Nebukadnésar uitgevaardig het (Dan. 3). Hierdie uitvaardiging van koning Daríus was ʼn verpligting om alle eerbied aan die God van Daniël te toon. Hierdie gebeure was inderwaarheid God se stem aan alle heidense nasies, om in ag geneem te word solank as wat Israel onder die nasies verspreid is.

Hierdie hoofstuk, soos die vorige hoofstukke in die boek Daniël, behoort onder die aandag van alle heidense volke te bly totdat Jesus Christus na die aarde terugkeer.

VERS 28-29 Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het. En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Daríus en onder die regering van Kores, die Pers.

Page 95: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

94

DANIËL BLY VOORSPOEDIG VOORTLEEF Die hoofstuk sluit af met die vermelding dat Daniël verder voorspoedig was onder die regering van Daríus en onder die regering van Kores, die Pers. Hieruit kan ons aflei dat Kores as die onmiddellike opvolger van Daríus beskou word (Dan. 10:1).

Page 96: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

Deel 3

Profetiese Hoofstukke

Page 97: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 98: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

97

Hoofstuk 7

Daniël 7

DANIËL SIEN IN ʼn GESIG VIER

DIERE

DANIËL SE GESIG VAN DIE VIER DIERE VERS 1-3 In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël 'n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel. Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring; en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.

Page 99: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

98

Hierdie gesig het Daniël in die eerste jaar van Bélsasar gesien toe Daniël vir ʼn tyd lank op die politieke agtergrond was. Dit is die jaar 553 v.C.; Nebukadnésar is in 562 v.C. oorlede; dié datum 553 v.C. val op 14 jaar vóór die val van die koninkryk van Babel. Daniël moes op die stadium tussen 65-67 jaar oud gewees het.

Kronologies het hierdie hoofstuk plaasgevind na hoofstuk 4, maar voor hoofstuk 5. Ten tye van hierdie gesig van Daniël het Bélsasar pas ʼn posisie van gesag en outoriteit ontvang.

Die eerste ses hoofstukke van Daniël is geskiedkundig, terwyl die laaste ses hoofstukke visioene en gesigte rakende die toekoms is (profeties).

In hierdie gesig sien Daniël dieselfde opvolging van wêreldmagte soos verteenwoordig deur die beeld in hoofstuk 2, met die klimaks in die daarstelling van die universele Messiaanse koninkryk wat vir ewig sou wees. Nebukadnésar het hierdie koninkryke (Dan. 2) in hulle aardse skoonheid aanskou, soos voorgestel deur die mens se gedagtes, maar hier word hulle geopenbaar in hul ware karakter, as wrede wilde diere, gesien vanuit die hemelse oogpunt. Nebukadnésar het hulle dus in hul menslike glorie gesien; Daniël sien hulle vanuit God se gesigspunt; die koninkryke is korrup, roekeloos en rusteloos. Nebukadnésar se droom beskrywe die politieke aspekte van hierdie koninkryke; Daniël se gesig beskrywe die morele karaktertrekke. Die heidennasies wat oor Israel sou heers, is boos en wreedaardig.

Hierdie aardse wêreldmagte wat mekaar opvolg, is die produk van die aktiwiteite van die mens op die aarde en dit veroorsaak veranderings en onstuimighede in die politieke wêreld (vers 2-3; Openb. 17:1-5; 15-17).

Page 100: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

99

Hierdie gesig van Daniël vertel die verhaal van vier heidense wêreldkoninkryke. In hoofstuk 8 (die skaap- en die bokram) word meer detail van twee van die wêreldkoninkryke gegee. Daniël se gesig openbaar ook aan ons dat die Messias (Christus) die koningskap sal ontvang en uiteindelik oor al die koninkryke heers, wat self vir ewig sal bestaan.

Hierdie gesig (profesie) gee dus inligting wat die hele tydperk van die tye van die nasies dek, vanaf die Babiloniese gevangenskap tot en met die sewe jaar groot verdrukking in die toekoms wanneer die Antichris sy verskyning gaan maak. Hierdie gesigte sal ons help om die ganse loop van die geskiedenis te vertolk in die lig van God se ewige koninkryk.

Die boodskap wat duidelik in hierdie hoofstuk deurkom, is dat die reeks van wêreldryke, hoe magtig en gewelddadig hulle heerskappy ookal mag wees, op God se tyd en deur Sy ingryping geoordeel, vernietig en opgevolg sal word deur die koninkryk en ewige heerskappy van Sy Seun Jesus Christus, wat die koninkryk op die regte tyd tot in ewigheid in besit sal neem.

Hierdie vier groot diere, vier koninkryke, verrys uit die mensesee, die mensdom (sien Openb. 13:1-2; 17:15). Hierdie diere wat opeenvolgens uit die see (mensdom) opstaan, stel die aardse politieke wêreldmagte van verskillende koninkryke voor wat mekaar opvolg. Hierdie is heidense volke wat mekaar opvolg. Vier groot diere suggereer dat hierdie vier wêreldryke gesien word as wêreldmagte wat soos gulsige, verskeurende diere optree, elkeen verskillend van die ander. Die “vier winde” laat vier koninkryke woed, die een na die ander en hulle bring beroering oor die volkesee (vgl. Sag. 6:5; Openb. 7:1). Ons weet ook hoe drie bose geeste uiteindelik die hele wêreld na Armagéddon in die laaste dae van die groot verdrukking sal aanpor en opsweep (Openb. 16:13-16). So sien Daniël dan ook vier gestaltes

Page 101: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

100

uit die kolkende see verrys. Hulle het in hul voorkoms soos sekere bekende diere gelyk; in werklikheid stel hulle vier konings of koninkryke voor (vers 17).

VERS 4 Die eerste was soos 'n leeu, en hy het vlerke van 'n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos 'n mens op twee voete neergesit is en daaraan 'n mensehart gegee is. Die eerste was soos ʼn leeu. Babilon word hier voorgestel as ʼn leeu met arendsvlerke. Die leeu, alhoewel ʼn roofdier, is tog van die edeler roofdiere; dieselfde geld vir die arend as roofvoël. Hierdie vergelyking wys dus op ʼn gunstiger beoordeling van die eerste ryk, nl. dié van Nebukadnésar. Leeufigure met arendsvlerke was in Babilonië bekend as wagters van poorte. In hierdie gesig sien Daniël die kwynende krag van Babilon, sy vlerke uitgepluk, met ʼn veranderde karakter, soos ʼn mens op twee voete neergesit en daaraan ʼn mensehart gegee. Ons sien ook dat na verloop van tyd daar ʼn inkorting is van die vermoë tot uitbreiding. Ook sien ons ʼn verwysing na Nebukadnésar se vernedering en erkenning van die lewende God.

VERS 5 En kyk, 'n ander dier, 'n tweede, het gelyk soos 'n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en só het hulle vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis. ʼn Ander dier, ʼn tweede, het soos ʼn beer gelyk. Hierdie dier word soms naas die leeu genoem as ʼn gevaarlike roofdier (1 Sam. 17:34; Spreuke 28:15; Hoséa 13:8): Die beer is ʼn minder koninklike roofdier. Hierdie beer verwys na die Mede en Perse, rustend op die

Page 102: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

101

een voorbeen (Mede) en regop op die ander (Perse). Die feit dat die een kant opgerig is, sinspeel op die feit dat hierdie dier al weer klaar en gereed is om sy prooi te bespring, terwyl hy nog drie ribbes, drie koninkryke wat hy verorber het in sy oorwinnings – van sy vorige slagoffer - tussen die tande het.

Hierdie Persiese beer lê reeds met drie ribbes in sy bek: Lidië, verower in 547 v.C., Babel in 536 v.C., en Egipte in 525 v.C., maar die beer moet nog “baie vleis eet,” en onder die nasies na wie hy sy poot sal oplig, is ook die volk van Daniël. Kores, die Pers het die wil van God volbring (Jes. 44:28; 45:1-4; Esra 1:1-4). In Jesaja se profesieë sien ons hoe die Here die God van Israel vir Kores meer as ʼn honderd jaar vóór hy gebore is, by die naam roep, en in Kores se hart sou gee om die Here te gehoorsaam deur bevel te gee dat die Jode na hul land terugkeer en Jerusalem en sy mure weer herstel en herbou.

VERS 6 Daarna het ek gesien, en kyk, daar was 'n ander een soos 'n luiperd, en dit het vier vlerke van 'n voël op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee. Dan volg ʼn derde koninkryk, soos ʼn luiperd (vgl. Hoséa 13:7-9). Die Meders en Perse word deur die oorheersing van die Griekse ryk van Alexander die Grote gevolg. Die ryk, voorgestel as ʼn luiperd met vier vlerke (twee maal soveel as die leeu-arend) verteenwoordig ʼn opvolgende koninkryk wat baie vinniger is as sy twee voorgangers. Die bedoeling hier is die snelle uitbreiding van die Griekse heerskappy na die vier windstreke. Alexander het alle volke om hom in ʼn paar jaar verower. Van Macedonië af het hy die hele Griekeland verower, die hele Klein-Asië, Babilon en Persië tot in Indië en selfs tot in Egipte.

Page 103: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

102

Alexander is op ʼn jong leeftyd oorlede en daar was nie ʼn seun wat sy troon kon bestyg nie. Sy groot ryk is toe tussen vier van sy generaals verdeel: Kasander heers oor Macedonië en Griekeland; Lysimachus oor Bitinië en Turkye; Seleusius oor Sirië en Ptolemeus oor Egipte. Vandaar die verwysing dat die dier (Griekeland) vier koppe gehad het om te heers. Uiteindelik sou Ptolemeus en Seleusius, bekend as die koning van die Noorde en die koning van die Suide, in sterk state ontwikkel wat die meeste van die tyd in oorlog met mekaar verwikkel is (Daniël 11).

VERS 7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was 'n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad. Nou sien Daniël egter ʼn vierde dier, vreeslik en skrikwekkend. Hy kan hierdie dier nie vergelyk met enige dier wat hy ken nie. Hierdie onbeskryflike boosaardig dier het groot ystertande, dit verslind, vermorsel en vertrap die oorskot (dit is die ander volke en nasies). Hierdie dier is nog veel vernielsugtiger as die eerste, tweede en derde dier voor dit. Hierdie vierde dier is die Romeinse Ryk.

Dié koninkryk is verskillend van alle ander voor dit. Waarom is dit verskillend of anders as al die ander voor dit? Dit verskil van al die vorige koninkryke in die sin dat die dier ʼn imperialistiese koninkryk voorstel. Babilon, Medo-Persië en Griekeland het toegelaat dat Jode steeds die land van Israel onder hul gesag regeer of bestuur; dit het die Romeinse ryk nie gedoen nie. Die keiserlike mag in Rome het Romeine aangestel wat oor die land van Israel regeer het.

Page 104: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

103

Daniël sien dat hierdie dier tien horings het; dié horings stel tien konings voor (vers 24) en dit stem ooreen met die droombeeld van Daniël 2 se tien tone (Dan. 2:42-44). Hierdie tien horings en tien tone verteenwoordig die tien konings wat die herleefde Romeinse ryk gedurende die laaste dae, wanneer die Groot Verdrukking aangebreek het, sal lei (Openb. 13:1; 17:12).

VERS 8 Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar 'n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soos mens-oë, en 'n mond wat groot dinge spreek. Hierdie ander horinkie (letterlik: klein horinkie) spreek van die komende Antichris (vers 20, 24-25). Hy sal in die dae van sy verskyning drie konings onderwerp. Sy skielike opkoms en mag het hy aan Satan te danke (Openb. 13:2-7). Die ander konings sal hul mag aan hom oorgee (vers 20; Openb. 17:12-13). Hierdie horinkie, wat ʼn horing geword het (vers 8, 20), het ʼn mond wat groot dinge spreek (vers 20, 25; Openb. 13:5-6). Dit spreek van sy absolute vermetelheid en godslastering teen God, sy Naam, sy tabernakel en dié wat in die hemel woon, asook sy verleiding van die mensdom deur sy woorde wat hy spreek.

DIE OUE VAN DAE EN DIE OORDEEL VERS 9-10 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en 'n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan 'n brandende vuur; 'n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal

Page 105: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

104

duisende het Hom gedien, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen. Die tyd vir die hemelse regsitting en oordeel het aangebreek. Wat ons hier sien, is dat die oomblik dat die laaste heidense wêreldmag onder die invloed van die Antichris sy toppunt bereik het, in die dae van die Groot Verdrukking, gryp die goddelike geregtigheid in. Hier fokus die profesie op wat in die tyd van die einde gebeur. Trone, setels en stoele word reggesit vir die lede van die hemelse regbank. Die Oue van dae is God Almagtig self, die eerbiedwaardige. Met goddelike majesteit en heiligheid neem Hy plek in sodat die gereg kan sit en die boeke geopen kan word. Sy troon is soos ʼn vurige troonwa, terwyl duisend maal duisende Hom dien en tienduisend maal tienduisende voor Hom staan. Daniël sien ʼn hofsitting in die hemel waarin ʼn engele-hofsitting voor die Oue van dae plaasvind. God Almagtig is gereed om die Antichris en die aardse wêreldkoninkryke te oordeel. Hy stel konings aan en Hy oordeel die konings en hul koninkryke.

Engele is betrokke in die uitvoer van God se oordele; in die besonder het hulle ʼn groot rol te speel in die laaste dae (vergl. Openb. 7:2; 8:2, 6; 9:1; 14:6-11, 15-19; 15:1).

VERS 11-12 Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is. Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur. Hier sien ons die voltrekking van die vonnis oor die dier, die Romeinse ryk. Ook dié wêreldryk kom tot ʼn einde. Die horinkie of horing word

Page 106: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

105

nie hier in Daniël 7 ʼn dier genoem nie. Ons weet uit Openbaring 19:20 m.b.t. die “dier,” word die Antichris hier wel ʼn dier genoem, en sal hy lewend in die vuurpoel wat met swawel brand, gewerp word. Die heerskappy van die ander diere of koninkryke word hulle ontneem, alhoewel hul invloed in die laaste dae sal geld.

Daniël is gefassineerd deur die horing wat groot woorde spreek en vra meer duidelikheid oor die horing (vers 16; 19-21).

VERS 13-14 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. Hierdie Seun van die mens is Jesus Christus (Matt. 26:64; Luk. 21:27). Hy en ook sy koninkryk kom nie uit die see of die aarde soos die diere nie, maar kom in heerlikheid en majesteit, met die wolke van die hemel. Hy ontvang die heerskappy en koningskap, ʼn koninkryk om te regeer. Hier aanskou ons die opstel van die Messiaanse koninkryk, die vervulling van Openbaring 11:15.

DANIËL VRA OM MEER DUIDELIKHEID VERS 15-16 Die gees van my, Daniël, is in sy omhulsel verontrus, en die gesigte van my hoof het my verskrik. Ek het nader gekom na een van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my gesê en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak:

Page 107: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

106

Daniël, diep ontroerd oor wat hy in die gesigte sien, doen navraag en vra meer sekerheid oor alles wat hy aanskou het. Die engel gee aan Daniël breedvoeriger inligting en verduideliking soos opgeteken in vers 17-27. Daarin sien ons die uitlegging vervat, te wete die vier diere, die vierde dier, die tien horings en die klein horinkie waaroor Daniël meer duidelikheid gevra het.

VERS 17-18 Hierdie groot diere wat vier is – vier konings sal uit die aarde opstaan; en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid. Die vier diere is inderwaarheid vier konings wat op hul beurt vier koninkryke voorstel. Die feit dat hulle uit die aarde opstaan terwyl hulle vroeër uit die see opgestaan het, gee die volgende betekenis: komende uit die see spreek van hul afkoms, uit heidense volke, die see van die mensdom. Komende uit die aarde spreek van hul mensheid. Die beeld van Nebukadnésar was dié van ʼn man, ʼn mens. Die mens se liggaam is uit die aarde geformeer. Hierdie koninkryke is uit die mensdom en is nie goddelike koninkryke nie. Dit is ook net tydelike koninkryke, want die “heiliges,” die volk van Israel (Jode) ontvang ʼn ewige koninkryk. Hierin is ʼn trooswoord vir Daniël.

VERS 19-22 Toe wou ek sekerheid verkry oor die vierde dier wat van al die ander verskillend was, buitengewoon vreeslik, met ystertande en met koperkloue, wat verslind, vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap het, en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oë en 'n mond gehad het wat groot dinge gespreek het,

Page 108: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

107

terwyl sy gestalte groter was as van die ander. Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin, totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het. Daniël vra meer sekerheid oor dit wat hy gesien het. Wat die engel vir hom in vers 17-18 gesê het, is nie vir hom voldoende nie; hy vra meer duidelikheid.

Veral die vierde dier met die koperkloue (hierdie is nuwe inligting wat hy nie vroeër met ons gedeel het nie) interesseer Daniël geweldig. Ook oor die horing wat uit die tien horings te voorskyn gekom het, drie ontwortel het en oorlog teen die heiliges, die getroue Jode gevoer het, vra Daniël om meer duidelikheid.

VERS 23-26 Só het hy gesê: Die vierde dier - die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel. En die tien horings - uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en 'n ander een sal ná hulle opstaan, en hý sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp. En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd. Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.

• Vers 23. Die vierde dier of koninkryk (wat met Daniël 2:40-43 korrespondeer) sal die hele aarde beïnvloed (Openb. 13:1-2).

Page 109: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

108

• Vers 24. Die tien horings wat uit daardie koninkryk kom, kom ooreen met Daniël 2:42, 44. Die vierde koninkryk word in tien dele verdeel. Uit hulle staan die klein horinkie op en onderwerp drie konings aan hom; die ander sewe sal hul mag aan hom toeken.

• Vers 25(a). Hy (die Antichris) sal teen die Allerhoogste spreek (Openb. 13:6). Die volk Israel sal mishandel word en aan sware vervolging onderwerp word (Openb. 13:6; Openb. 12:13-14; Matt. 24:15-22).

• Vers 25(b). Hy sal probeer om tye en wet te verander. Die Joodse sabatte en feeste sal dus weer tydens die Groot Verdrukking saam met die tempeldiens ingestel word (Dan. 9:27; 2 Thess. 2:4). Dan sal die Antichris self aanbidding soek in die middel van die sewe jaar Groot Verdrukking en dit vir die oorblywende drie en ʼn half jaar afdwing.

• Vers 25(c). ʼn Tyd (een jaar) en tye (twee jaar) en die helfte van ʼn tyd (ses maande). Dit is ʼn uitgemete tyd (Openb. 11:2-3; 12:6, 14; 13:5; Dan. 9:27, 12:7) onder Goddelike bepaling. Die heilige stad Jerusalem en die tempel word vertrap en die volk word in die hand van die Antichris oorgegee. Hierdie periode van 3½ jaar of 1260 dae of 42 maande dui op die laaste drie en ʼn half jaar van die Groot Verdrukking.

• Vers 26. Die gereg sal sit. Die hemelse gereg sal die boeke van die oordele van God open en so sal die afrekening kom van die Antichris en die goddelose heidense volke, nasies en tale onder sy mag. Die beeld word vernietig en die diere-koninkryke word tot niet gemaak en daarmee saam die oordeel oor die Antichris (Matt. 25:31-46; Openb. 14:14-20; Openb. 19:11-21).

Page 110: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

109

DIE MESSIAANSE KONINKRYK BREEK AAN VERS 27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is 'n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees. Die Messiaanse vrederyk breek aan. Die volk van die heiliges, die gelowige Jode, die oorblyfsel wat getrou aan God gebly het én die Groot Verdrukking deurleef het, beërwe die beloofde koninkryk. Die klipkoninkryk waarvan in Daniël 2 gespreek is, het alle aardse koninkryke vernietig. Israel heers vir die duur van die 1000 jaar oor alle aardse heerskappye.

VERS 28 Hier is die einde van die saak. Wat my, Daniël, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander aan my, maar die saak het ek in my hart bewaar. Daniël het hierdie saak, die gesig en die uitleg wat die engel gegee het in sy hart bewaar; meer as dit, Daniël het dit ook in opdrag van God neergepen. Hierdie laaste vers is dan ook die laaste vers in Aramees in die boek Daniël. Voortaan, hoofstuk 8-12, is die boek in Hebreeus geskryf.

Page 111: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 112: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

111

Hoofstuk 8

DANIËL 8

GESIG VAN DIE SKAAP EN DIE

BOKRAM

ierdie agtste hoofstuk gee besonderhede, meer gedetailleerd, rakende die tweede en derde heidense wêreldkoninkryke wat Babilon opvolg; die silwer en koper

wêreldryke van Daniël 2, die korresponderende beer- en luiperdryke van Daniël 7, naamlik die Medo-Persiese en Griekse ryke (vers 20-21). Daar is dus ʼn verbintenis tussen Daniël 2, Daniël 7 en Daniël 8.

H

Page 113: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

112

DANIËL IN DIE VESTING SUSAN VERS 1-2 In die derde jaar van die regering van koning Bélsasar het aan my, Daniël, 'n gesig verskyn ná dié een wat die vorige keer aan my verskyn het. Ek het naamlik in die gesig gesien – terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het. Dit is merkwaardig dat vanaf hoofstuk 8:1 tot die einde van die boek Daniël die boek in Hebreeus geskryf is. Die rede is omdat daar nou ʼn direkte verwysing is na die Jode, Jerusalem en die heiligdom (Tempel); ook word melding gemaak van die komende Antichris en die ontheiliging van die Joodse Tempel en die vervolging van die Jode in die laaste dae.

Hierdie gesig wat Daniël gesien het, is twee jaar na die droomgesig van Daniël 7. Dié gesig (Daniël 8) dek dan die tydperk van die tweede en derde wêreldryke: Medo-Persië en Griekeland. Gedurende die heerskappy van die twee ryke, ongeveer 339 jaar, is baie Bybelprofesieë vervul.

Daniël was in Babilon toe hy hierdie gesig gehad het, maar is deur die Gees na Susan, in die provinsie Elam, geneem. Dit is noord van die Persiese Golf. Die ou hoofstad (Susan) van die land Elam het later ʼn provinsie van die Persiese Ryk geword (Gen. 10:22; 14:1; Jes. 21:2; Jer. 49:34-39). In Daniël se gesig sien hy homself staan langs die Ulairivier.

Page 114: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

113

DIE STRYD VAN DIE SKAAP- EN DIE BOKRAM VERS 3-4 En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan 'n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom. Ek het die ram sien stoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hy het gedoen net wat hy wou, en het magtig geword. Hierdie ram, naamlik skaapram met die twee horings, verteenwoordig die konings van die Mede en Perse (vers 20), dus die Medo-Persiese koninkryk. Die een horing wat hoër as die ander uittroon, stel die Persiese ryk voor, aangesien Persië die sterkere en dominante van die twee koninkryke geword het.

Dat die ram na die weste, noorde en suide stoot, beskrywe die geweldige uitbreiding van die Persiese ryk onder Kores en sy opvolgers. Die ooste word nie genoem nie, omdat die ryk in die ooste sy begin gehad het. Hierdie was ʼn trotse en magtige ryk. Kores, deur God geroep en aangestel (Jes. 44:28; 45:1-4), het die Jode na hul eie land teruggestuur (Esra 1:1-11). Die eerste groep Jode wat teruggekeer het, was ongeveer 50 000, onder leiding van Serubbábel (Esra 2:1-70). Onmiddellik het hulle die altaar van God in Jerusalem herstel en opgebou om die oggend- en aandoffers, volgens voorskrif in die Wet, te bring (Esra 3:1-6). Die Jode het toe voortgegaan en algaande die stad Jerusalem opgebou, asook die mure en die Tempel onder die wakende oog van Serubbábel, Jésua, Nehemia en andere (Esra 2:2).

Page 115: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

114

VERS 5 Terwyl ek daarop ag gee, kom daar 'n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het 'n aansienlike horing tussen sy oë gehad. Die bokram vanuit die weste met die aansienlike horing tussen sy oë is Griekeland (vers 21). Alexander die Grote was die eerste koning (vers 21). Die woorde sonder om aan die grond te raak verwys na die snelheid van die opmars van Alexander se leërs en die spoed waarteen sy magte beweeg het. Alexander het die Medo-Persiese ryke in ʼn ongeëwenaarde veldtog stormgeloop en magtige oorwinnings in die proses behaal.

VERS 6-7 En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop. En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie. Hier aanskou ons die geweldige botsings van die twee wêreldmagte. Alexander was vertoorn en verbitterd teenoor die Meders en Perse, omdat die Grieke vir baie jare verneder en vertrap is; ook hul pragtige stede deur die Meders en die Perse. Die basis wat Alexander gelê het, sou so sterk word en uitbrei dat die Griekse taal en kultuur die destydse wêreld oorgeneem het. So sterk het die invloed gegroei dat Grieks ʼn wêreldtaal geword het, soveel só dat die Nuwe Testament in Grieks geskrywe is.

Page 116: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

115

DIE GROOT HORING GEBREEK VERS 8 En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel. Die groot horing het gebreek, Alexander het skielik op ʼn jong leeftyd gesterf. In sy plek (die groot horing) het vier ander horings verskyn. Alexander se ryk word in vier verdeel. Vier konings of opvolgers neem sy plek in (vers 22). Na die dood van Alexander is sy ryk tussen sy vier generaals verdeel: Kasander heers oor Griekeland, Lysimachus oor Turkye, Seleusius oor Sirië en Ptolemeus heers oor Egipte. Babilon, die eens magtige ryk, verdeel in twee, die Meders en Perse; dié ryk verdeel op sy beurt onder Griekeland in vier dele.

Hierdie nuwe Griekse ryk (vierdelige ryk), kom ooreen met die vier vlerke en vier koppe op die Griekse luiperd in die gesig van Daniël 7:6.

DIE KLEIN HORINKIE VERS 9-12 En uit een van dié het 'n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe. En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap. Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is. En 'n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.

Page 117: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

116

Uit een van hierdie vier koninkryke het die klein horing (koning) gekom, wat geweldig groot geword het (vers 23-25). Die klein horinkie van Daniël 7 is in die laaste dae van die Romeinse ryk, die verre toekoms; dit dui op die verskyning van die Antichris. Die verskriklike godslastering van die Antichris word beskrywe in Daniël 7:8; 24-25; 9:27; 11:36-45; 12:11; Mattheus 24:15; 2 Thessalonisense 2:3-10; 1 Johannes 2:18-22; 4:1-3; 2 Johannes 1:7; en Openbaring 13:5-6.

Hierdie klein horinkie in Daniël 8 egter, verrys in die latere gedeelte van die vierledige Griekse koninkryk (Dan. 8:22-23). Die klein horinkie van die bokram is duidelik ʼn historiese persoon. Histories is dit vervul deur Antiochius Epiphanus, wat koning van die Siriese gedeelte van die Griekse ryk was (vers 22-25).

Hierdie Siries-Griekse horing was die vervolger van Juda (vers 9-12; 24). Antiochius Epiphanus, wat God se volk verdruk het, was die klein horinkie van die Griekse ryk, sowel as ʼn protipe van die klein horinkie van die herleefde Romeinse Ryk... die Antichris.

Antiochius het probeer om alle aanbidding van die een ware God tot niet te maak:

• Hy het beveel dat die Sabbat afgeskaf word;

• Hy het die tempel en erediens ontheilig en afgeskaf;

• Hy het die Wetboeke laat verbrand en hul besitters vermoor;

• Hy het ʼn vark geoffer in die heiligdom en dié se bloed in die tempel laat sprinkel;

• Hy het ʼn afgodsbeeld van Jupiter in die tempel opgerig.

Page 118: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

117

Die Here God sou genadiglik ʼn priesterlike familie, die Makkabeërs, opwek wat Israel sou lei om die Siriese leërmagte te verslaan. Die Makkabeërs sou die tempel weer herstel, reinig en inwy (165 v.C.). Hulle ywer vir die tempel sou staan selfs tot in die tyd dat die Romeinse ryk gekom het.

TWEEDUISEND-DRIEHONDERD AANDE EN MÔRES VERS 13-14 Toe hoor ek 'n heilige spreek; en 'n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur – van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid – sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word? En hy het vir my gesê: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word. Daniël verneem dat daar selfs tot in die hemel verontrusting is oor hierdie gebeure. Die antwoord wat die heilige (d.i. engel, Dan. 4:13) bied, is: tweeduisend-driehonderd aande en môres. Die bedoeling hier is vanaf die tyd van die ontheiliging van die altaar en die tempel deur Antiochius Epiphanus tot die herstel van die tempeldiens en aanbidding onder Judas Makkabeër in 165 v.C., is daar ʼn uitgemete tydperk van tweeduisend-driehonderd aande en môres waarin geen oggend- en aandoffers gebring sal word nie. Hierdie spesifieke telling van dae (vers 14, 26) word gebruik omdat die daaglikse Joodse offers in die môre en in die aand gebring moes word. In Hebreeuse tydtelling begin die dag met die aand (Exodus 12:18; Lev. 23:32; Neh. 13:19).

Die verklaring wat deur die engel gebied word, is, ná dié tydperk verloop het, sal die tempeldiens weer in sy reg herstel word. Dit is histories deur Judas Makkabeër vervul.

Page 119: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

118

DIE VERSKYNING VAN GABRIËL VERS 15-19 En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos 'n man gelyk het. En ek het 'n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan! Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde. En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde. Daniël verwonderd oor die gesig, word deur die engel Gabriël aangaande die betekenis van die gesig ingelig. Gabriël se verskynings word in die Ou en Nuwe Testament opgeteken in Daniël 8:16-19; 9:20-23; 10:8-11; en in Lukas 1:19,26. Vier maal word die naam van die engel Gabriël in die Skrifte vermeld. Twee maal in Daniël en twee maal in die evangelie van Lukas. ʼn Noukeurige beskouing van die teksverwysinge verbind die engel Gabriël as boodskapper van die verlossingswerk van God. Gabriël bring die boodskap en is dus God se boodskapper. Sy boodskap in die boek Daniël en Lukas raak Christus Jesus, die een wat sou kom.

DIE RAM EN DIE HARIGE BOK VERS 20-22 Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse. En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning. En

Page 120: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

119

dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het – vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie. Gabriël identifiseer die ram as die konings van die Meders en die Perse. Sommige detail word hier geopenbaar:

• Die ram met twee horings. Dit verteenwoordig Medo-Persië.

• Een van die twee horings is hoër as die ander. Persië is die meer dominante.

• Die een horing wat laaste uitgekom het (vers 3), is histories vervul deur die Persiese ryk omdat dit direk op die Mederse ryk gevolg het.

• Die Medo-Persiese ryk se reikwydte is in alle rigtings; dus behaal hulle oorwinning oor al die nasies om hulle.

• Die harige bok is Griekeland (vers 21).

• Die Grieke het Persië aangeval vanuit hul Suid-Europese tuisland. Die harige bok kom dus vanuit die weste (vers 5). Griekeland is wes van Persië.

• Die aanval van Griekeland op die Persiese ryk sou baie vinnig plaasvind (vers 5).

• Die horing (vers 21) is die eerste koning van Griekeland, Alexander die Grote.

• Dié horing is afgebreek. Alexander het gesterwe. Vier ander horings het in sy plek uitgekom – sy vier generaals.

Page 121: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

120

DIE VOORLOPER VAN DIE ANTICHRIS VERS 23-25 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan. En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges. En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word. Vers 9-12 behoort saam met vers 23-25 gelees te word, aangesien die laaste ʼn verdere verduideliking van die klein horing is (vers 9); dié word geïdentifiseer as ʼn koning (vers 23) wat in die latere geskiedenis van die Griekse ryk te voorskyn tree (vers 21).

Daar is niemand anders as Antiochius Epiphanus van die Siriese (Seleusius) gedeelte van die Griekse ryk wat hierdie profesie so volledig vervul het nie. Hy dien ook as voorbeeld van die komende Antichris in die laaste dae (Dan. 7:8; Dan. 9:27; Matt. 24:15; 2 Thess. 2:3-10; Openb. 13:1-8). Antiochius Epiphanus het dan ook al die sleutelfaktore van dié beskrywing vervul soos aan Daniël deur die engel Gabriël meegedeel. Ons sien dat hierdie klein horing wat kom:

• sy verskyning maak in die latere tyd (ongeveer 175 v.C.) van die Griekse ryk (vers 21-23);

• hy was buitengewoon slim, ʼn geslepe diplomaat, en het baie mense bedrieg en vernietig (vers 25);

Page 122: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

121

• hy sal die suide (Egipte) en die ooste (Persië), sowel as die Pragtige Land (Palestina) aanval en baie en groot oorwinnings behaal (vers 9);

• hy het ook spesifiek die Jode in sy visier en sal baie kwaad aanrig aan die volk van die heiliges, Israel (vers 24);

• hy sal die daaglikse offers in die Joodse tempel laat ophou (vers 11);

• hy sal die Here weerstaan en aanbidding tot God beperk (vers 11-12);

• hy sal tot sy einde kom, maar nie deur mensehande nie, d.w.s. sy einde (sy dood) kom nie deur ʼn oorlog nie. Antiochius het gesterf aan ʼn weersinwekkende siekte (1 Makkabeërs 6:1-16; 2 Makkabeërs 9:1-28). Sy einde kom deur ʼn ingryping van die hemel (vers 25).

VERS 26-27 En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jý, hou die gesig geheim, want dit sien op 'n verre toekoms. En ek, Daniël, was gedaan en was dae lank siek; daarna het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen; en ek was verstom oor die gesig, maar niemand het dit gemerk nie. Daniël verneem van Gabriël dat die gesig wat hy gesien het, vervul sál word, maar dat dit eers na verloop van baie dae sal geskied.

Die spesifieke uitgemete tyd van die aande en die môres, betreffend die tydperk wat die ontheiliging van die tempel en die herstel daarvan en die aanbidding tot God insluit, sal ook vervul word.

Page 123: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

122

Die ganse tydperk van 2300 dae kan in die tydsone van 169 v.C. - 163 v.C. inpas. Dit span oor die tyd vandat Antiochius Epiphanus die tempel die eerste keer beroof het, d.i. twee jaar vóór die ontheiliging van die tempel (167 v.C.), tot en met die dood van Antiochius in 163 v.C. Die tydperk begin dan met Antiochius se handeling teen die Jode en hul tempel en eindig, nie met die herstel van die tempel in 165 v.C. nie, maar met die dood van Antiochius, dié een wat die tempel ontheilig het.

Daniël is geweldig ontroerd deur alles wat hy gesien en gehoor het, soveel so dat hy dae lank siek was voordat hy sy normale werksaamhede weer kon hervat.

Page 124: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

123

Hoofstuk 9

Daniël 9

DIE SEWENTIG SEWETALLE

DIE GESIG VAN DIE SEWENTIG JAARWEKE

n hierdie hoofstuk waarin die gedagte van Israel se skuld en boete sterk na vore kom, soek Daniël ʼn antwoord op die vraag hoe dit verstaan moet word dat, terwyl die sewentig jare van Jerusalem

se straftyd, soos deur Jeremia geprofeteer, bykans reeds verloop het (Jer. 25:12; 29:10), Israel se nood dan nog voortduur. Tydens Daniël se roerende gebed verskyn die engel Gabriël met die antwoord. Hierdie komplekse hoofstuk is beslissend in die verstaan van Bybelprofesie. Die hoofonderwerp van hierdie hoofstuk handel oor Daniël se gesig van “sewentig weke”. Letterlik beteken dit sewentig sewes van jare. Die hele tydperk van sewentig sewes (490 jaar) is bepaal of afgemeet afsonderlik van al die ander jare en raak die volk

I

Page 125: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

124

(Israel) en die heilige stad (Jerusalem), waarvoor Daniël gebid het (Dan. 6:11-12; 9:3-21).

DANIËL BESTUDEER DIE SKRIFTE VERS 1-2 In die eerste jaar van Daríus, die seun van Ahasvéros, uit die geslag van die Meders, wat koning gemaak was oor die koninkryk van die Chaldeërs, in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die Here tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was. Die datum vir hierdie profesie van Daniël in hoofstuk 9 is in die eerste jaar van Darius. Dit moes in ongeveer 539/538 v.C. gewees het; dit was ongeveer 66 of 67 jaar nadat die Jode in ballingskap na Babel weggevoer is.

Daniël, wat toe besig was met die bestudering van die heilige Skrifte, lees die profeet Jeremia (Jer. 25:12) en verstaan daarin dat die puinhope van Jerusalem sewentig volle jare was. Aangesien die tydperk deur God bepaal bykans voltooi is, het Daniël tot die slotsom gekom dat die tydperk deur God bepaal, die verwoesting van Jerusalem haas ten einde gekom het. Dit is moontlik dat Daniël ook daarby Skrifte soos: Levitikus 26:40-43; 1 Konings 8:46-53; Jeremia 3:12-18; en Hoséa 5:14-15; 6:1-11 bestudeer het. Daniël het verstaan dat die sewentig jaar vanaf 605 v.C. (toe die Jode in ballingskap gegaan het) tot ongeveer 536 v.C. sou voortduur. Dit het beteken dat die ballingskap binne drie jaar verby behoort te wees. Dié bogenoemde Skrifgedeeltes beklemtoon dat Israel as ʼn nasie hul moet bekeer en belydenis van sonde moet doen voordat hulle in hul land herstel kan word.

Page 126: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

125

Sekerlik sou Daniël ook kennis geneem het van die feit dat Israel in gebreke gebly het om die Sabbatsjaar, en die Jubeljaar, op die vasgestelde tyd te hou (Lev. 25:1-12). Hierdie sewentig jaar van ballingskap waarin die volk nie die landerye kon bewerk het nie, was God se manier om die jare op te eis wat Israel aan Hom verskuldig was; daarom die sewentig jaar in ballingskap.

DANIËL SE SMEEKGEBED VERS 3-19 En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy. En ek het tot die Here my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk. En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie. Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het. Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het. By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan en na die stem van die Here onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie. Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig. En Hy het sy woorde in

Page 127: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

126

vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie; soos in die wet van Moses geskrywe is - al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die Here onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie. Daarom was die Here wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die Here onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie. Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met 'n sterke hand uitgelei en vir U 'n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos. o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk 'n voorwerp van versmading vir almal rondom ons. Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê. Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid. Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep. Daniël het ʼn geweldige las gehad en hy was besorg oor Jerusalem en die toekoms van sy volk Israel. Hy verootmoedig hom in gebed, terwyl hy die aangesig van die Here soek.

Daniël se gebed kan in twee gedeeltes verdeel word. Die eerste (vers 3-14) is die belydenis van sonde. Die tweede (vers 15-19) is ʼn pleidooi om genade en barmhartigheid.

Page 128: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

127

• In die eerste gedeelte (vers 3-14) sien ons hoe Daniël sy aangesig daarop rig om die Here ernstig in gebed te soek. Hy verneder homself deur te vas en homself met ʼn roukleed te klee en in as te sit (Eseg. 27:30-31). Hy erken en bely dat Israel skuldig staan deurdat hulle die Wet van Moses (vers 11,13) en die woorde van die profete (vers 10) nie onderhou het nie.

• In die tweede gedeelte (vers 15-19) sien ons hoe Daniël die Here God om genade en barmhartigheid smeek. Daniël herinner God aan hoe genadig Hy was deur Israel uit Egipte deur ʼn sterke hand te verlos en daardeur vir Homself ʼn Naam gemaak het. Hy bely die volk se ongeregtighede teenoor God wat geregtig is. Sal God dan nie op grond van sy barmhartigheid genadig wees en genade bewys nie? Sal Hy dan nie hoor, vergeef, opmerk en dit doen nie? Jerusalem is tog Sy stad en Israel Sy volk oor wie Sy Naam uitgeroep is.

DIE VERSKYNING VAN DIE ENGEL GABRIËL VERS 20-23 Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die HERE my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God, terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, 'n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer. En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee. By die begin van jou smekinge het 'n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is 'n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig. Terwyl Daniël besig was om te bid, word sy gebed deur die verskyning van die engel Gabriël onderbeek. Daniël word deur Gabriël ongeveer

Page 129: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

128

dieselfde tyd wat die aandspysoffer gewoonlik in die tempel onderhou is, besoek. Alhoewel die tempeldiens jare vantevore tot niet gemaak is, onthou Daniël steeds die aandspysoffer. Gabriël deel Daniël mee dat hy gekom het om Daniël insig te gee. God wil hê dat Daniël die Here se tydskedule verstaan. Die drie fokuspunte is die Messiaanse koninkryk wat opgestel sal word, die tydtafel vir die Messias se koms, en derdens, die komende Antichris se verskyning. Ons sien dus:

• die komende Messiaanse koninkryk (vers 24);

• die komende Messias (vers 25-26);

• die komende Antichris (vers 27).

DIE SEWENTIG JAARWEKE DEUR GOD BEPAAL VERS 24(A) Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal... Die sewentig sewetalle is letterlik sewentig sewetalle van jare. As dae hier bedoel word, sou dit so soos in Daniël 10:3-4 gestel gewees het. Inteendeel, hierdie gesig was ʼn antwoord op Daniël se gebede wat oor jare gegaan het (Dan. 9:2). Daniël het van die veronderstelling uitgegaan dat die ballingskap na sewentig jaar sou eindig en dat die koninkryk dan ná die sewentig jaar bevestig sou word. Gabriël deel Daniël mee dat voordat die koninkryk van die Messias bevestig kan word, nie sewentig jaar nie, maar dat sewentig sewetalle, 70 sewes van jare, ʼn totaal van 490 jaar (70 maal sewe) ter sprake is. Die hele periode van sewentig sewetalle is 490 jaar wat bepaal is of afgebaken is van alle ander jare en gaan uitsluitlik oor jou volk (Israel), en jou heilige stad (Jerusalem), waarvoor Daniël gebid het. Die Hebreeuse

Page 130: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

129

woord vir week beteken eenvoudig sewe. Hierdie weke van jare handel oor die rus van die land (Lev. 25:1-7), in die besonder oor Israel se versuim om die sabatte van die land te onderhou; daarom die oordeel van die 70 jaar van ballingskap (2 Kron. 36:19-21).

DIE DOEL VAN DIE SEWENTIG JAARWEKE VERS 24(B) ...om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf. Daniël word meegedeel deur die engel Gabriël dat die sewentig sewes daargestel is om ses doelwitte te bereik:

• om die goddeloosheid te voleindig;

• om die maat van sondes vol te maak;

• om die ongeregtigheid te versoen;

• om ewige geregtigheid aan te bring;

• om gesig en profeet te beseël; en

• om wat hoogheilig is, te salf.

➢ Om die goddeloosheid te voleindig: Hierdie saak raak slegs Daniël se volk (Jode) en die heilige stad (Jerusalem). Daar moet duidelik onthou word dat die heiden of die Kerk nie die onderwerp is nie. Hier egter is die volmaak

Page 131: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

130

van die maat van sondes met betrekking tot een groep – die Jode. Dat hulle oordeel nog nie vol is nie, is bewys in die feit dat hulle hul nog nie as ʼn nasie tot God bekeer het nie.

➢ Om die maat van sondes vol te maak:

Die sonde van Israel word hier te berde gebring (Rom. 11:26-27).

➢ Ongeregtigheid te versoen: Jesaja 53:6 leer dat die ongeregtigheid op Jesus gelê is. Dit het egter geen betrekking op die Jode in hierdie dispensasie nie. As ʼn Jood gered wil wees deur die bloed van Jesus, moet hy deel word van die liggaam van Jesus, waar daar geen Jood, Griek, vryman, slaaf of heiden is nie (Gal. 3:26-28; Kol. 3:10-11). Wanneer die liggaam van Christus voltallig is en weggeneem is, breek die Groot Verdrukking aan. Aan die einde van dié tydperk, sal die Jode nie as enkelinge nie, maar as ʼn nasie hul bekeer (Rom. 11:26), en sal die nasie in ʼn enkele dag gebore (wedergebore) word (Jes. 66:8; Sag. 13:1).

➢ Om ewige geregtigheid aan te bring:

Daar kan geen ewige geregtigheid wees alvorens die duisendjaar-vredesryk gekom het nie en dit kan nie opgerig word alvorens (i) Israel se sondes vol geword het; (ii) Israel gestraf is; en (iii) die nuwe verbond gesluit is nie (Jer. 31:31-34; Heb. 8:8-13).

Page 132: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

131

➢ Om gesig en profeet te beseël: Gesig en profesie skyn verseël te wees ten opsigte van die Jode, maar dit is slegs tydelik van aard (Rom. 11:25). Alles wat God gespreek het, alle profesieë rondom Israel sal vervul word in die finale vervulling van al die openbaringe, gesigte en geskrewe profesieë, te wete die volk van Israel. Dan sal gesig en profeet beseël wees, profesieë sal dan ophou (1 Kor. 13:8-10).

➢ Om wat hoogheilig is, te salf:

Baie verklaar dat hierdie stelling na Christus verwys, maar dit is hier nie ʼn persoon nie, maar wel ʼn plek onder bespreking. Dit verwys ongetwyfeld na die heilige plek van die vredesryk of Millennium-tempel, waarvan die oprigting in die toekoms lê (Esegiël 40-41). Jesus Christus self sal die tempel oprig.

DIE BEGIN VAN DIE SEWENTIG SEWES VERS 25-26 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op 'n Gesalfde, 'n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid. En ná die twee-en-sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. Die sewentig sewes is in drie afsonderlike dele verdeel, eerstens sewe sewes (49 jaar), tweedens, twee-en-sestig sewetalle (434 jaar), en

Page 133: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

132

derdens, een sewe (7 jaar). Die totale tydperk beslaan 490 jaar; dus 70 maal 7 jaar. Ons lees in Esra 6:14 dat daar drie afsonderlike uitvaardigings uitgereik is. Die uitvaardiging van Kores, soos opgeteken in 2 Kronieke 36:22-23 en Esra 1:1-4, maak geen melding van die hervorming van Jerusalem nie. Slegs die huis (die tempel) word genoem. Daar was ook ʼn uitvaardiging deur Darius (Esra 6:1-12), daarna deur Artasásta, koning van Persië (Esra 7:7-27). Ons glo dat die derde uitvaardiging aan Nehemia, deur Artasásta, om Jerusalem vir die Messias te herbou (Neh. 2:1-6:19), die een is wat in hierdie gesig genoem word as die beginpunt van die 490 jaar.

• Die eerste periode van sewe sewes of jare, d.w.s. 49 jaar, het in die maand Nisan (April) in die sewende jaar van koning Artasásta (Esra 7:7-27) in die jaar 457 v.C. begin. Hierdie is dan ook die begin van die tydaftelling van die sewentig sewes. Gedurende hierdie tydperk sal Jerusalem herstel en opgebou word in tye van benoudheid (Dan. 9:25). Dertien jaar later het Artasásta nog meer toegewings gemaak (Neh. 2:1-8). Dit het onder Nehemia se leiding plaasgevind (Neh. 2:1-6:19).

• Die tweede periode van twee-en-sestig sewes of 434 jaar, plus die 49 jaar (sewe sewes) is gesamentlik ʼn totaal van 483 jaar; daarna sal die Gesalfde (Messias) uitgeroei word, d.w.s. doodgemaak word. Die woord uitgeroei is van die Hebreeuse woord karath afkomstig, wat letterlik beteken om deur die dood afgesny te word (Gen. 9:11; Deut. 20:20). Dié twee periodes van gesamentlik 69 weke (7+62) of 483 jaar bring ons tot voor die kruisdood van Christus. Die berekening, beginnende by 457 v.C., die totale 483 jaar bring ons tot by 26 n.C. Noodwendig volg Christus se dood op die 62 sewes, presies soos die profesie voorspel het: ná die twee-en-sestig

Page 134: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

133

sewetalle sal ʼn Gesalfde uitgeroei word. Christus is in die jaar 30 n.C. gekruisig. Jesus Christus is voor die dood van Herodius die Grote in 4 v.C. gebore (Matt. 2:1,13-15). Sy openbare bediening het begin toe Hy ongeveer 30 jaar oud was (Luk. 3:23).

• Die derde periode sal uit een sewejaar-tydvak bestaan, beter bekend as Daniël se sewentigste week. Die 70ste week het egter nie onmiddellik op die 69ste week gevolg soos die 62 weke onmiddellik op die 7 weke gevolg het nie. Daniël sien wel die koms van die Antichris onmiddellik ná die dood van Christus (Dan. 9:26-27).

Die Hebreeuse tydsberekening dateer terug tot die dae van die sondvloed. Volgens die boek Genesis het die sondvloed in die seshonderdste jaar in die lewe van Noag, op die sewentiende dag van die tweede maand begin (Gen. 7:11). Die sondvloed het op die sewentiende dag van die sewende maand tot ʼn einde gekom (Gen. 8:4). Dit was dus ʼn periode van vyf maande van dertig dae elk, ʼn totaal van 150 dae (Gen. 8:3). Dit toon aan ons dat so ver terug as die sondvloed was ʼn jaar bereken op 360 dae, en nie 365 dae soos ons dit bereken nie. Selfs in die Nuwe Testament word dit bevestig dat daar 30 dae in ʼn maand is (Openb. 11:2-3).

Daniël 9:26 vertel vir ons wat tussen die nege-en-sestigste en sewentigste week sal gebeur:

➢ Die Gesalfde sal uitgeroei word:

Jesus Christus het nie vir Homself gesterf nie, maar vir ander (1 Pet. 2:24). Jesus Christus is as Messias verwerp en uitgeroei (gekruisig).

Page 135: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

134

➢ Die stad en heiligdom verwoes: Dit is duidelik dat toe die Jode Jesus as hulle koning (Joh. 1:11) verwerp het, het Hy geweier om Sy koninkryk uit te roep. Die dag ná sy intog in Jerusalem het Hy wel die tempel besoek en die tempel gereinig (Matt. 21:12-17). Die volgende aand was Jesus op die Olyfberg en het Hy die volgende verklaring gedoen: Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is (Luk. 21:24). Ons lewe vandag steeds in dié tyd.

➢ Lang tydperk van oorloë:

Hierdie verwoesting en vertrapping van Jerusalem (vers 26; Luk. 21:24) sal voortduur tot aan die einde van die Groot Verdrukking tot die wederkoms van Christus, waarna die duisendjaar-vredesryk sal aanbreek.

DIE SEWENTIGSTE SEWE VERS 27 En hy sal een week lank met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word. Die derde periode, die 70ste week van jare, die sewe jaar gesamentlik met die 483 jaar, bring Israel se 490 jaar wat die Here bepaal het oor die stad Jerusalem en die volk van Israel tot ʼn einde (vers 24). Die tyd staan ook bekend as die benoudheid van Jakob (Jer. 30:7) of ook bekend as die Groot Verdrukking (Matt. 24:21-22; Openb. 7:13-14).

Page 136: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

135

In die middel van die sewe jaar Groot Verdrukking sal die Antichris wat die sewe jaar verbond geïnisieer het, dit verbreek. een week en die helfte van die week, dit is een van die mees gedokumenteerde periodes van tyd in die ganse Bybel (Dan. 4:16,23,25; 7:25; 9:27; 12:7; Openb. 11:2-3; 12:6; 13:5). Dit het geweldige implikasies vir Israel (Matt. 24:15,22; 2 Thess. 2:3-9).

Die verbondsverbreking gaan gepaard met die oprigting van die gruwel in die tempel (Openb. 13:14-15). ʼn Verskriklike vervolging teen die Jode sal plaasvind (Matt. 24:21-22).

Jesus Christus, die Messias, sal nie terugkeer na dié aarde vir die Joodse volk vóór die einde van die sewe jaar Groot Verdrukking plaasgevind het nie (Openb. 19:11-21). Eers wanneer Christus tydens Sy wederkoms as Koning van die konings die Antichris (en sy leërmagte) verslaan het, sal Hy die Vredesryk, Sy koninkryk, oprig (Openb. 20, Dan. 7:13-14; 27-28).

Die uitleg van die engel Gabriël van die sewentig sewes was om aan Daniël die vestiging van Israel terug in hul eie land na die 70 jaar van ballingskap te toon. Dit sal inderwaarheid eers ten volle realiseer wanneer 490 jaar verloop het.

Wat Daniël op daardie tydstip ook nie ten volle begryp het nie, is dat die 490 jaar boonop onderbreek sal word tussen die 69ste (483 jaar) en 70ste (490 jaar) jaarweke. Dié tyd (profetiese gaping) neem ʼn aanvang toe Jesus gekruisig is en sal voortduur tot wanneer die 70ste week (sewe jaar Groot Verdrukking) begin.

DIE GROOT PARANTESE OF GAPING Die periode tussen die nege-en-sestigste en sewentigste week noem ons die profetiese parentese of die verborgenheid van die koninkryk

Page 137: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

136

van die hemele. Dat daar ʼn verborgenheid in die Ou Testament was, is nie te betwyfel nie. ʼn Noukeurige ondersoek van die Ou Testament sal dit aan die lig bring (Jes. 9:5-6). Dit verwys na Christus se geboorte, en dan lees ons op die troon van Dawid. Hier sien ons die vredesryk onmiddellik ná die geboorte (Jes. 11:1- 9). Ons het hier geen melding van die huidige Kerkeeu wat die Groot Verdrukking en duisendjaar-vredesryk voorafgaan nie. Hierdie verborgenheid vir die Ou Testamentiese profete is aan die Nuwe Testamentiese apostels geopenbaar (Matt. 13:11,17). Die verborgenheid, hoewel vermeld deur Jesus, was nog nie volkome aan die apostels voor Jesus se kruisiging geopenbaar nie. Romeine 16:25-26 spreek van die verborgenheid wat eeue lank in die Ou Testamentiese tye verswyg is, maar nou in die Nuwe Testamentiese tyd geopenbaar is. Later is die verborgenheid volkome aan Paulus, die apostel onder die heidene, deur ʼn openbaring gegee (Gal. 1:11-12; Ef. 1:9-10; 3:1-12). Die Kerkperiode dek ʼn tydperk vanaf die kruisiging van Christus (Heb. 9:15-17), tot en met die wegraping (1 Kor. 15:23; 51-54; 1 Thess. 4:13-17). Direk na die wegraping sal die 70ste week of Groot Verdrukking ʼn aanvang neem. Die Ou Testamentiese profesie het ʼn geheime tussenpose ingesluit (Jes. 9:6-7; 11:1-9; 61:1-3; Luk. 4:18-20). Hierdie profetiese gaping word deur Jesus Christus die verborgenhede van die koninkryk van die hemele genoem (Matt. 13:11,35), wat as ʼn geheim bewaar was sedert die wêreld begin het, maar nou geopenbaar is as die kerk volgens die apostels Paulus en Petrus (Ef. 2:11-18; 3:4-10; 1 Pet. 1:10-12). Die term, “verborgenhede van die koninkryk van die hemele,” is die Christendom. Binne die Christendom, wat uit gelowiges en ongelowiges bestaan, vind ons die ware kerk, dié wat waarlik wedergebore is. Tussen die 69ste en 70ste weke, gedurende die tyd van Israel se verwerping, pas die huidige kerk-periode in. Dit is waar ons ons dan ook vandag bevind in God se profetiese horlosie. Eers wanneer die volheid van die heidene ingegaan het (Rom. 11:25), sal die wegraping plaasvind. Daarna sal die Here Hom tot Israel wend,

Page 138: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

137

waarna die volk Israel aan die einde van die Groot Verdrukking as ʼn nasie gered sal word (Rom. 11:26; Jes. 66:8).

Page 139: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 140: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

139

Hoofstuk 10

Daniël 10

DIE ENGELEVERSKYNING AAN

DANIËL

aniël, hoofstukke 10-12, is een volledige gesig in drie dele. Hierdie gesig beslaan toekomstige gebeure oor Israel se toekoms te midde van die heidense wêreldmagte. Daniël 10

handel hoofsaaklik oor die openbaring deur ʼn engelverskyning. Daniël 11-12 handel oor die openbaring self, en die profesie aangaande daardie tydsbestek; só dek dié twee hoofstukke (Daniël 11-12) die tye van die nasies vanaf die Meders en Perse tot en met die verskyning van die koninkryk van die hemele, die Messiasryk en dáárna.

D

Page 141: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

140

VERS 1 In die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is 'n woord geopenbaar aan Daniël wat Béltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid; en hy het die woord verstaan en insig gehad in die gesig. Hierdie profesie is in die derde jaar van Kores, die koning van Persië, gegee. Dit plaas hierdie profesie in ongeveer die jaar 533 v.C. - drie jaar nadat die Jode uit hul ballingskap vrygelaat is.

In hierdie hoofstuk het ons die woorde wat die engel tot Daniël spreek en nie die profesie self nie; dié is in die laaste twee hoofstukke.

Hierdie gesig en woord aan Daniël geopenbaar is waar, maar voorsien groot swarigheid. Daniël het hierin verstaan daar lê ʼn lang en uitgerekte stryd voor.

VERS 2-3 In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur. Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was. Daniël het hom verootmoedig in vas en gebed as voorbereiding op die gewenste openbaring. Hy was ontsteld en verontrus deur die dinge aan hom geopenbaar rakende die beproewinge wat op sy volk wag. Daniël het hom in die tyd daarvan weerhou om smaaklike spys te eet of om hom te salf, omdat die gebruik daarvan tekens van feestelikheid en vrolikheid is. Hy het hom dit dus ontsê, omdat hy getreur het oor die openbarings wat hy ontvang het rakende die swarigheid wat vir sy volk Israel voorlê.

Page 142: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

141

VERS 4-6 En op die vier-en-twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit is die Hiddékel, het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek 'n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas. En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van 'n menigte. Die eerste maand is Nisan; ons korresponderende maand is April/Mei. Daniël was dus gedurende die paasfees in vas en gebed. Daniël staan op die wal van die groot rivier, die Hiddékel. Die eerste maal wat ons van die rivier verneem, is in Genesis 2:14. Die rivier wat deur die tuin van Eden gevloei het, het daarvandaan verdeel en het vier lope geword, die Pison, die Gihon, die Hiddékel (Tigriet) en die Frat (Eufraat). Die engel Gabriël verskyn aan Daniël, terwyl hy hom langs die Hiddékel bevind. Alhoewel die beskrywing van die engel ons sterk herinner aan Christus (vgl. Openb. 1:13-15), kan die beskrywing ook op ʼn engel (Gabriël) van toepassing wees. Engele dra ook ʼn wit linnekleed (Eseg. 9:2-3, 11; 10:1-2) met ʼn goue gordel (Openb. 15:6). Die verskyning van ʼn gerub gaan ook gepaard met chrisoliet (Eseg. 1:13-16; 10:8-9, 20-21; 28:13). Die kleur van chrisoliet is soos die van ligte, geelgroen edelsteen.

STRYD IN DIE ENGELEWÊRELD VERS 7-10 En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het 'n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg. Toe het ék

Page 143: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

142

alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie. En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval. En kyk, 'n hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat opstaan. Hierdie besoeker uit die hemel se verskyning het ʼn groot effek op Daniël en die manne wat saam met hom was, gehad. Terwyl hulle vreesbevange gevlug het, het Daniël as ʼn ou man op die grond neergeval. Hierdie vreeslike verskyning het met die geluid van woorde soos ʼn groot gedruis, gepaard gegaan. ʼn Hand van bemoediging het Daniël aangeraak en het Daniël, hoewel nog bewende, half opgerig en hy is met vriendelike woorde aangespreek.

VERS 11-13 En hy het vir my gesê: Daniël, geliefde man, gee ag op die woorde wat ek met jou spreek, en gaan staan op jou staanplek, want ek is nou na jou gestuur. En terwyl hy hierdie woord met my spreek, het ek bewende gaan staan. Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom; maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië. Daniël hoor dat hierdie persoon na hom gestuur is met ʼn opdrag van God. Nadat Daniël vir ʼn tweede maal bemoedig is, word hy meegedeel dat vanaf die eerste dag wat Daniël hom verootmoedig

Page 144: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

143

het, het God sy gebede gehoor, maar dat daar vertraging was in die antwoord as gevolg van ʼn geweldige intense stryd wat in die geesteswêreld, in die engelewêreld, plaasgevind het. Dit het tot gevolg gehad dat daar ʼn oponthoud was van een-en-twintig dae. Daar was dus ʼn stryd en teenstand in die engelewêreld.

Daniël verneem dat die koninkryke van die aarde elk sy verteenwoordigende engel het. Daar is God se heilige engele en teenoor hulle gevalle engele, wat mekaar voortdurend die stryd aansê (Dan. 10:13; 20-21; Judas 1:9; Openb. 12:3-4; 7-9).

Dat daar werklik so ʼn stryd bestaan, is gewis en seker, soos Paulus ons in Efesiërs 6:11-18; 2:2 waarsku. Hieruit kan ons sien dat Satan sy koninkryk in owerhede en magte georganiseer het. Hierdie verdelings stem ooreen met dié van aardse koninkryke. Satan het sy beperkings. Hy is nie alomteenwoordig nie; nog minder is hy almagtig of alwetend. Hy moet dus op sy agente steun om die koninkryke van hierdie aarde te regeer.

Daniël verneem van die heilige engele en hul stryd teen die gevalle engele wat die koninkryke van die aarde beïnvloed. Die Bybel voorsien genoeg inligting oor die aangeleentheid:

• Migael, die groot vors oor Israel, moes kom hulp verleen in die stryd tussen die engel-magte van lig en duisternis (Dan. 10:12-13; 20-21; 11:1-2);

• Migael (die aartsengel) is in ʼn woordestryd gewikkel met Satan (gevalle engel) oor die liggaam van Moses (Judas 1:9);

• Migael en sy engele voer in die middel van die Groot Verdrukking oorlog teen Satan en sy engele (Openb. 12:7-9);

Page 145: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

144

• Die Woord van God (Christus) en sy leërs (heilige engele) wat Hom tydens Sy wederkoms uit die hemel volg, staan in stryd teen Satan en sy engelmagte, die Antichris en sy leërmag (Openb. 19:11-21; 20:1-10).

VERS 14 Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms. Die engelvors van Persië (gevalle engel) het probeer om die aankondiging van die goddelike raadsbesluit oor Israel te verhinder. Maar Gabriël is deur Migael, die engelvors van Israel, bygestaan (vers 21; 12:1). Nou kan Daniël inligting ontvang aangaande wat die volk Israel te beurt sal val, d.w.s. wat hulle sal oorkom aan die einde van die dae, in die verre toekoms.

DANIËL SE REAKSIE VERS 15-19 En terwyl hy hierdie woorde met my spreek, het ek my aangesig na die grond gedraai en stom geword. En kyk, een wat soos 'n mens gelyk het, het my lippe aangeraak. Toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat teenoor my staan, gesê: My heer, deur die gesig het krampe my oorval en het ek geen krag oorgehou nie. En hoe kan so 'n geringe kneg van my heer met so 'n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie. Toe het die een wat soos 'n mens gelyk het, my weer aangeraak en my versterk en gesê: Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees sterk, ja, sterk! En terwyl hy met

Page 146: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

145

my spreek, het ek moed geskep en gesê: My heer kan maar spreek, want u het my versterk. Daniël is so verskrik deur die gesig en aankondiging wat hy aanhoor dat hy met sy aangesig op die grond neerval en geen woord kan uitbring nie. Een soos die voorkoms van ʼn mens het sy lippe aangeraak, twee maal, en woorde van bemoediging en versterking tot Daniël gespreek en hom herinner dat hy ʼn geliefde man is. Dit het Daniël grootliks laat moed skep en hom gereed gemaak om te luister na die boodskap wat God vanuit die hemel na hom gestuur het.

VERS 20-21 Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland. Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Mígael. Die boodskapper deel Daniël mee dat die stryd teen die teenstander van Israel nog nie beëindig is nie. Sodra die stryd teen die vors van die Perse klaar is, is daar weer ʼn ander geveg, naamlik dié teen die vors van Griekeland, om Israel teen die Griekse wêreldmag te beskerm. Beide hierdie wêreldmagte, die Perse en Griekeland, het mag oor die volk van Israel, maar ten spyte daarvan het God sy engele wat in dié tyd as ʼn behoudende faktor vir die volk van God optree.

Daniël sal nou verneem wat in die boek van die waarheid opgeteken staan. Hierdie boek bevat as inhoud die waaragtige raadsbesluite van God daarin opgeteken aangaande die volk Israel (Dan. 7:10; 8:26; Psalm 139:16).

Page 147: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging
Page 148: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

147

Hoofstuk 11

Daniël 11

DIE STRYD TUSSEN DIE KONINGS

VAN DIE SUIDE EN NOORDE

lleenlik wanneer erken word dat die Almagtige God die toekoms inderdaad openbaar, sal ons begin om die wonderbaarlike detail en spesifieke profesieë in hierdie

hoofstuk as ʼn getuienis van God se Alwysheid en Alwetendheid te waardeer en te aanvaar. God ken die toekoms en Hy is in staat om dit bekend te maak. Christus getuig dat die Boek van Daniël geïnspireerd, korrek en waar is (Matt. 24:15).

In hierdie hoofstuk het ons die vooraf geskrewe geskiedenis van die oorloë tussen die koning van die Noorde en die koning van die Suide (Seleusius oor Sirië versus Ptolemeus oor Egipte). In hierdie

A

Page 149: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

148

oorsig (Daniël 11) sou Daniël verneem van die wêreldmagte (heidense magte), waarmee Daniël se volk (vers 14), te doen sal hê.

PERSIË EN GRIEKELAND VERS 1-2

En ek, in die eerste jaar van Daríus, die Meder, het ek opgetree as 'n versterking en beskutting vir hóm. En nou sal ek jou die waarheid te kenne gee. Kyk, nog drie konings sal opstaan vir die Perse, en die vierde sal groter rykdom verwerf as almal; en as hy sterk is deur sy rykdom, sal hy alles in beweging bring teen die koninkryk van Griekeland. Daniël verneem dat daar in die boek van die waarheid (Dan. 10:21) geskryf is dat vier konings nog in Mede en Perse moes volg. Na Kores sou Cambyses, Gaumata en Darius I volg, gevolg deur ʼn vierde, Xerxes, ook bekend as Ahasvéros (Ester 1:1). Ahasvéros se rykdom, soos vermeld hier in Daniël 11:2, word in detail in Ester 1:1-7 beskryf. Hy sou sy rykdom gebruik om ʼn leermag teen die koninkryk van Griekeland op te bou. Let op dat daar ander konings in die Persiese Ryk na Ahasvéros was, maar hierdie gesig hou hom net besig met hulle wat gelei het tot by Ahasvéros. Daarna sou die fokus na die Griekse Ryk verskuif.

VERS 3-4 Dan sal 'n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal hê en sal maak net soos hy wil. En as hy opgetree het, sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke van die hemel verdeel word; en dit sal nie aan sy nakomelinge behoort en nie wees soos die heerskappy wat hy gehad het nie – want sy koninkryk sal verwoes word en nie aan hulle behoort nie, maar aan ander.

Page 150: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

149

Die “dan” van vers 3 beslaan ʼn tydsruimte van amper ʼn anderhalf eeu. Die Persiese koning wie se ryk deur Alexander die Grote vernietig is, was Darius III (Neh. 12:22). Alexander het die destydse wêreld binne twaalf tot dertien jaar oorwin (336-323 v.C.). Sy skielike afsterwe op die ouderdom van 33 jaar het sy koninkryk in vier dele laat opbreek.

En dit sal nie aan sy nakomelinge behoort nie, is letterlik vervul, omdat sy ryk onder sy vier generaals verdeel is; daarom is Alexander se koninkryk verwoes, in dié sin dat dit uitmekaar geruk en verdeel is. Seleusius neem Sirië, Ptolemeus neem Egipte, Lysimachus neem Turkye en Kasander heers oor Macedonië. Die Griekse Ryk is oor ʼn tydperk van ongeveer een-en-twintig jaar in vier “koninkryke” verdeel. Die stryd tussen die vier koninkryke sou vir ongeveer 150 jaar lank voortwoed (Dan. 8:21-23).

Vers 5-20 teken die probleemryke pad in twee dele van die verbrokkelde Alexandriese Ryk (Noorde en Suide), tussen die Ptolemies en die Seleusiuds. Die Noorde en Suide word so genoem as gevolg van hul posisie geografies met betrekking tot Palestina, die land van Israel.

VERS 5 En die koning van die Suide sal sterk word, maar een van sy owerstes sal sterker word as hy en heers; sy heerskappy sal 'n groot heerskappy wees. Die eerste vors van die Ptolemeë-dinastie was Ptolemaeus I Lagi, generaal van Alexander, wat Egipte vir hom gekies het (322-285 v.C.). Een van sy owerstes, verwys na Seleusius wat ʼn tyd lank in diens van Ptolemaeus was en self later die heerser van Sirië (Noorde) geword het as Seleusius I Nikanor (312-281 v.C.).

Page 151: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

150

Voortaan sou daar soms ʼn verbond tussen die twee koninkryke gesluit word, maar meestal sou hulle in stryd en botsings betrokke wees. Die klein landjie Israel sou gedurigdeur aan een van die twee onderwerp en dienspligtig gemaak word, juis omdat Israel vanweë sy posisie tussen dié twee botsende ryke geleë is.

VERS 6-9 En ná verloop van jare sal hulle 'n bondgenootskap met mekaar aangaan, en die dogter van die koning van die Suide sal na die koning van die Noorde kom om vrede te sluit; maar sy sal die krag van die arm nie behou nie – hy en sy mag sal nie standhou nie, en sy self sal prysgegee word saam met die wat haar gebring het, sowel as hy wat haar verwek het en haar in dié tyd verwerf het. Dan sal een uit die spruite van haar wortels in sy plek oprys en teen die leër optrek, en hy sal in die vesting van die koning van die Noorde indring en teen hulle optree en magtig wees; ja, ook hulle gode en hulle gegote beelde saam met hulle kosbare voorwerpe, silwer en goud, in gevangenskap na Egipte bring, en hy sal jare lank die koning van die Noorde met rus laat. Dan sal dié in die koninkryk van die koning van die Suide intrek, maar hy sal na sy land terugtrek. Vyftig jaar later het die dogter van Ptolemaeus II, Berenice, met Antiochius II getrou, sodat daar vrede gesluit kon word. Hy het later van haar geskei en sy is vermoor. Een uit die spruite van haar wortels, die broer van Berenice, Ptolemaeus III, het koning van Egipte geword. Hy het haar dood gewreek deur Sirië aan te val. Vers 8 beskrywe die groot buit wat die Egiptiese koning maak; hy neem selfs die beeld van die god van Sirië gevange. Die geskiedenis vermeld ʼn tiental jare van wapenstilstand tussen dié twee lande (vers 8).

Page 152: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

151

VERS 10-12 En sy seuns sal hulle in die oorlog begewe en 'n menigte groot leërs versamel; en hy sal sekerlik aankom en instroom en oorloop, en weer terugkom, en hulle sal oorlog voer tot by sy vesting. Dan sal die koning van die Suide verbitterd word en uittrek en teen hom, die koning van die Noorde, veg, wat ook 'n groot menigte op die been sal bring, maar hierdie menigte sal in sy hand oorgegee word. As die menigte vernietig is, sal sy hart hom verhef; en hy sal tienduisende neerslaan, maar nie sterk bly nie. In die bogenoemde verse sien ons voortgesette botsings; dié verse weerspieël die stryd tussen die twee magte teen die einde van die 3de eeu v.C. Instroom en oorloop, beeld die stroom of vloed van vyandelike magte wat die land binneval, uit. In vers 11 sien ons die koning van Egipte, Ptolemaeus IV, dien Antiochius se magte ʼn verpletterende slag in 217 v.C. toe. Die Egiptiese koning maak egter, deur selfvoldaanheid en genotsug, nie die voor die hand liggende gebruik van die oorwinning nie.

VERS 13-17 Dan sal die koning van die Noorde weer 'n groter menigte op die been bring as die eerste, en ná verloop van tyd, van jare, sal hy sekerlik kom met 'n groot leër en 'n groot gevolg. En in dié tye sal baie teen die koning van die Suide opstaan, en die gewelddadige mense van jou volk sal hulle verhef om 'n gesig in vervulling te laat gaan, maar hulle sal omkom. So sal dan die koning van die Noorde kom en 'n wal opwerp en 'n versterkte stad inneem; en die leërs van die Suide sal nie standhou nie, selfs sy uitgesoekte manskappe nie, sodat daar geen krag sal wees om stand te hou nie. En hy wat uit die Noorde teen hom kom, sal maak net soos hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie; hy sal ook gaan staan in die Pragtige Land, terwyl daar verdelging

Page 153: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

152

in sy hand is. En hy sal sy aangesig daarop rig om met die sterkte van sy hele koninkryk te kom, maar hy sal met hom vrede sluit; en hy sal vir hom ‘n jonge dogter gee om die land te gronde te rig. Maar dit sal nie tot stand kom nie, en daar sal niks vir hom wees nie. Antiochius III het in 200-187 v.C. regeer. Hy was een van die grootste Grieks-Siriese konings (vers 13-19). Terwyl hy weer opnuut ʼn sterk leër op die been bring en probeer om Egipte opnuut te verower, het hy Palestina binnegeval. Baie Jode sal deur hul oproerige optrede en deelneming aan die politiek van daardie dae die oorsaak wees waarom die volk van Israel in die stryd van die groot magte gewikkel raak. Om ʼn gesig in vervulling te laat gaan: baie Jode gaan probeer om ʼn gesig of profesie in vervulling te laat gaan deur eie optrede, baie sal in die tyd sterwe. In hierdie tyd sal Antiochius III kom in die Pragtige Land (Israel), en baie dorpe en stede inneem. Antiochius III sal ook sy dogter Cleopatra (nie die beroemde Cleopatra, koningin van Egipte 150 jaar later nie), uitgee in die huwelik aan Ptolemaeus V van Egipte.

VERS 18-20 Daarna sal hy sy aangesig wend na die kuslande en baie daarvan verower; maar 'n aanvoerder sal aan sy gesmaad 'n einde maak, ja, hy sal sy gesmaad op homself laat terugval. Dan sal hy sy aangesig wend na die vestings van sy land, maar hy sal struikel en val en nie meer gevind word nie. En in sy plek sal iemand optree wat 'n geldinsamelaar deur die pragtigste deel van die koninkryk sal laat deurtrek, maar binne enkele dae sal hy verbreek word, maar nie deur toorn of deur oorlog nie. Antiochius III het hierna Klein-Asië en die omringende eilande binnegeval. Hierdie profesie voorspel ook sy oorlog met die Romeine waar hy in 190 v.C. by Magnesium deur hulle verslaan is; hierdie

Page 154: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

153

geveg het tussen Sardis en Smirna plaasgevind. Hy moes toe na sy eie land terugtrek. Die geldinsamelaar was sy seun, Seleusius IV. Sy regering was betreklik kort, maar 13 jaar, teenoor sy vader se 37 jaar. Hy is daarna deur sy broer Antiochius IV, die vervolger van die Jode, opgevolg.

OPTREDE VAN ANTIOCHIUS IV EPIPHANES VERS 21-28 Daarna sal 'n veragtelike in sy plek optree op wie geen koninklike waardigheid gelê was nie, maar hy sal onverwags kom en met liste die koninkryk bemagtig. En die leërs van die instromende mag sal voor hom weggespoel en verbreek word, en ook die vors van die verbond. Want sodra 'n bondgenootskap met hom aangegaan is, pleeg hy bedrog; en hy sal omhoog kom en met min manskappe sterk word. Onverwags en in die vetste dele van die provinsie sal hy inkom, en hy sal doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie: roof en buit en goed sal hy onder hulle uitstrooi en teen vestings planne beraam, maar net vir 'n tyd. En hy sal sy krag en sy hart opwek teen die koning van die Suide met 'n groot leër; en die koning van die Suide sal hom in die oorlog begewe met 'n groot en baie sterk leër, maar hy sal nie standhou nie, want hulle sal planne teen hom beraam. En die wat sy spys eet, sal hom te gronde rig; en sy leër sal wegvloei, en daar sal baie gesneuweldes lê. En wat die twee konings betref, hulle hart sal wees om kwaad te doen; en aan een tafel sal hulle leuens spreek, maar dit sal nie geluk nie, want die einde sal eers op die vasgestelde tyd wees. En hy sal na sy land teruggaan met baie goed, en sy hart sal teen die heilige verbond wees, en hy sal optree en na sy land teruggaan. Antiochius IV, die Griekse heerser van Sirië, is ook EPIPHANES genoem, die veragtelike een. ʼn Buitengewone bose persoon, ook

Page 155: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

154

deur die Jode genoem die maniak, die mal een; die een wat bedrieg en bedrog pleeg. Hy sou tussen 175-163 v.C. heers.

In vers 21-24 word ʼn algemene karakterisering van hom en sy optrede gegee; ʼn uitbeelding dus van sy karakter en beleidsrigtings.

Antiochius Epiphanes weet hoe om alle teenstand teen sy koningskap te oorwin (vers 21-22). Die vors van die verbond verwys na die hoëpriester Onias III, wat in 175 v.C. deur hom afgedank en later in 171 v.C. vermoor is. Die Siriese konings het hulle die reg voorbehou om die hoëpriester in Jerusalem aan te stel of af te dank. Sodra hy ʼn bondgenootskap met Egipte aangaan, word hy sterk deur bedrog en alhoewel hy ʼn klein leër het, bereik Antiochius tog groot hoogtes (vers 23-24). Tydens sy veldtog in 170 v.C. teen die jong koning van Egipte (Ptolemaeus VI), word dié verpletterend verslaan (vers 25).

Vers 26-27 voorspel die stryd tussen die Noorde en die Suide met Antiochius IV. Epiphanes tree as oorwinnaar uit die stryd, alhoewel hy nie die hele Egipte onder sy beheer gehad het nie.

Vers 28 vertel van die gebeure wat plaasgevind het toe Antiochius na sy eie land teruggekeer het en toe hy van onluste in die ooste van sy ryk verneem het. In sy deurtog deur Palestina het hy Jerusalem aangeval en 80 000 Jode vermoor.

DIE WOEDE VAN ANTIOCHIUS TEEN DIE VOLK VAN GOD EN HUL GODSDIENS VERS 29-35 Op die vasgestelde tyd sal hy terugkeer en in die Suide kom, maar dit sal die laaste keer nie wees soos die eerste keer nie. Want skepe van die Kittiërs sal teen hom kom, en hy sal moedeloos word; dan sal hy

Page 156: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

155

teruggaan en sy toorn openbaar teen die heilige verbond en optree; en hy sal teruggaan en ag gee op die wat die heilige verbond versaak het. En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel. En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree. En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank. En terwyl hulle struikel, sal hulle met 'n klein hulp ondersteun word; dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit. En van die verstandiges sal sommige struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde – want dit sal nog duur tot op die vasgestelde tyd. Antiochius beplan ʼn tweede inval teen Egipte (168 v.C.), maar hierdie keer is hy nie so voorspoedig nie. ʼn Romeinse leër en vloot bied teenstand en hy word op ʼn bevel van Rome gedwing om Egipte te verlaat. Verbitterd keer hy terug na sy eie land, maar die Jode moet met sy haat en woede te doen kry. Verskriklike dinge val Jerusalem en die tempel te beurt toe Antiochius sy kranksinnigheid op die Jode laat geld. Hy het die heiligdom, die vesting, ontheilig en die voortdurende offer laat afskaf en die ontsettende gruwel opgestel en erediens ontheilig, die Wetboeke verbrand, varke geoffer in die heiligdom en dié se bloed laat sprinkel in die tempel; ook het hy ʼn afgodsbeeld van Jupiter in die tempel van God laat oprig. Baie Jode is op die Sabbat doodgemaak, omdat hy geweet het baie ortodokse Jode sal hulself nie op dié spesifieke dae verdedig nie. Hy het selfs die Jode verbied om die besnydenis toe te pas.

Dit was in hierdie tyd dat die Joodse familie van die priester Mattathias en sy seuns opgetree het, en hulle sou later in die

Page 157: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

156

geskiedenis as die Makkabeërs bekend staan. Deur hulle sou die Here groot verlossing vir die Jode bewerkstellig. Judas Makkabeüs het ʼn suksesvolle opstand gelei (168-165 v.C.) en sodoende die getroues gehelp (vers 34). Die tempel sou weer gereinig en geheilig word en die tempeldiens weer ingestel word.

Later sou die Hebreeuse fees van Hanukkah ingestel word om die terugneming en herinstelling van die tempeldiens in Jerusalem te vier. Die was in die maand Kislev (Desember, 165 v.C.), met die gepaardgaande brand van die olyfolie lampe vir agt dae lank (Joh. 10:22-23).

ANTIOCHIUS IV EPIPHANES PROTOTIPE VAN DIE KOMENDE ANTICHRIS VERS 36-45 En die koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is, sal uitgevoer word. En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou. Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer. So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van 'n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel. Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei. Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel; maar hierdie volke sal uit sy hand vryraak: Edom en Moab en die beste deel van die kinders

Page 158: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

157

van Ammon. En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie. En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Líbiërs en die Kusiete sy voetstappe volg. Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref. En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie. Wanneer ons op Daniël 9:27 en Mattheüs 24:15-21 let, is dit duidelik dat die gruwel van die verwoesting van die tempel in die dae van die Groot Verdrukking tot sy volle reg sal kom. Antiochius se gruwel (Dan. 11:31) is net ʼn vooruitskadu van wat in die dae gebeur wanneer die Antichris op die aarde sal wees (2 Thess. 2:3-4; Openb. 13:14-15); dié gebeure sal in die middel van die sewe jaar lange Groot Verdrukking plaasvind.

Alhoewel die gebeure, soos vertel in Daniël 11:36-45, grotendeels deur Antiochius vervul is, is hier ʼn sinspeling op die komende Antichris wat vervulling aan hierdie dinge in die volste sin van die woord sal gee. Ons noem dit die Wet van Dubbele Verwysing, waar dit wat van een persoon gesê word, transendeer en dan ook op iemand anders van toepassing gemaak word.

Voorbeelde daarvan is Jesaja 14:4-15 waar die koning van Babilon aanvanklik aangespreek word en die fokus dan na Satan self verskuif. In Esegiël 28:2 word die vors van Tirus aangespreek, maar in vers 12-19 word die koning van Tirus se fokus na Satan self geskuif. In hierdie Skrifgedeelte, vers 36-45, skuif die fokus ook na die Antichris, wat net soos wat Antiochius Epiphanes hier optree, dit self sal vervul (vergelyk Dan. 7:8, 20-22, 24-26; 12:7; Matt. 24:15-22; 2 Thess. 2:3-10; Openb. 11:2-3; 12:14; 13:2-8, 12-18; 16:13-16; 19:11-20).

Page 159: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

158

OPSOMMING • Duidelik waarneembaar in Daniël 11 is die militêre stryd (vers 10-

13; 25; 40; 44), politieke stryd (vers 21-23; 27, 32), en die geestelike stryd (vers 28; 30-31; 36-39) wat rondom en in Israel sal woed, wat die engel aan Daniël openbaar.

• Israel is midde-in die drama wat in die eeue wat kom, ontvou (Dan. 11:14, 16, 31-35, 41, 45).

• In Antiochius Epiphanes het ons ʼn voorbeeld of prototipe van die verskrikking van die Antichris: die laaste heidense wêreldkoning om te kom, die hater en vervolger van Israel, die volk van die Here.

• In die finale oomblikke sal die Antichris aan sy einde kom (Dan. 11:45), maar nie deur mensehande nie, wel deur Jesus Christus, in die oorlog van Armagéddon (Openb. 16:13, 16; 19:11-21).

Israel sal deur die eeue heen deur heidense nasies vertrap word; soos dit in Daniël 11 gebeur het, sal dit ook weer so wees totdat die tye van die nasies vervul is (Luk. 21:24); dit sal volbring wees op die dag van die sigbare wederkoms van Jesus Christus, die Here.

Page 160: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

159

Hoofstuk 12

Daniël 12

DIE VERSEËLDE WOORDE

aniël verneem van die engel soos in hierdie hoofstuk opgeteken, wat geskrywe staan in die boek van die waarheid (Dan. 10:21). Daniël 12 is ʼn voortsetting van Daniël 11; dus is

beide hoofstukke een openbaring. Die hoofdoel van dié openbaring is om aan Daniël te toon wat Israel te beurt sal val. Die boek sluit dan ook met verwysing na ʼn sekere tydskedule, ʼn groot benoudheid te wete Israel, sowel as die gesig van die man wat sweer by die Ewig-Lewende en die verseëling van die boek Daniël.

VERS 1 En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie

D

Page 161: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

160

gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan. In die lig van Jesus Christus se woorde in Mattheüs 24:21-22, Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word, is dit duidelik daar kom ʼn tydperk op aarde oor die volk Israel en die hele bewoonde wêreld wat sy gelyke nog nooit tevore gehad het nie.

Die naam Migael verskyn drie keer in die boek Daniël (10:13, 21; 12:1). Migael, die aartsengel, aangestel oor die volk Israel, sal in hierdie tyd optree ter wille van God se volk (Openb. 12:7-9). Migael word ook op ʼn besondere wyse met die opstanding verbind (Dan. 12:1-2; 1 Thess. 4:16-17; Judas 1:9). Dit sal ʼn tyd van benoudheid wees vir Israel. Hierdie gebeure is toekomstig en sal in die dae van die Antichris plaasvind; daar word ook ʼn spesifieke tyd daaraan gekoppel (Dan. 12:7), die laaste drie en ʼn half jaar van die Groot Verdrukking (Matt. 24:21; Openb. 7:13-14). Dat die volk Israel aan die einde van hierdie tyd gered sal word, is duidelik uit; Sagaria 12:8-11; 13:1,9; 14:3-4; 8-9; Romeine 11:26 en Openbaring 12:11; 13-17.

VERS 2-3 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

Page 162: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

161

Daniël is die eerste Ou Testamentiese boek wat uitdruklik na die opstanding verwys (vgl. Job. 19:25-26; Psalm 16:10; Jes. 26:19). Die dode sál opgewek word. Hier sien ons ʼn opstanding van beide die regverdige en die goddelose, alhoewel die eindbestemmings van die twee groepe radikaal verskil (Joh. 5:28-29).

In vers 3 kom ʼn wonderlike belofte na vore: Dié wat ander tot regverdigheid lei, d.w.s. lei tot insig in God se Woord en weg, hetsy deur lering, voorbeeld of lyding, hulle sal glinster soos die sterre vir ewig en altyd. Jesus Christus het self daarna verwys toe Hy in sy leringe oor die gelykenisse gesê het: Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader (Matt. 13:43). Hier in Daniël 12:3 word dus bevestig dat daar beloning vir die regverdiges is. Is die pad van die regverdiges dan nie soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle middag toe nie? (Spr. 4:18). Hierdie verstandiges wat in die tyd, die tyd van die einde, sal optree, is soos die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen (1 Kron. 12:32). Hierdie leraars in die tyd van die einde verstaan die Skrifte; hulle sal hoofsaaklik Jode wees (vergelyk Openb. 7:1-17). Hulle sal die Woord van God op so ʼn kragtige wyse uitlê dat baie Jode oortuig sal word en hulle tot geregtigheid keer.

DIE VERSEËLING VAN DIE BOEK En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder. Daniël word deur Gabriël beveel om die boek Daniël te verseël; die woorde van die profesie moet dus verseël word, toegesluit word. Hierdie boek is steeds verseël vir die meerderheid van die Joodse volk en so sal dit ook wees tot die tyd van die einde, wanneer baie van die profesieë vervul is en baie Jode dan tot verligting en insig sal kom. In

Page 163: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

162

die tyd van die einde sal kennis vermeerder word en dan sal baie verstaan. Gedurende dié tyd sal God se raadsbesluite begryp word, omdat baie in die tyd ondersoek sal doen, op soek na ʼn Godswoord om te verstaan; dan sal kennis vermeerder.

Die gelowiges in Christus Jesus het nie ʼn bedekking soos by die Jode by die lees van die Ou Testament nie (2 Kor. 3:14-16). Die kerk van Jesus Christus verstaan profesie en die detail daarvan. Daarom is die boek Daniël nie ʼn verseëlde boek vir die Christen-gelowige nie. Hy sien die profesieë soos vervul in die geskiedenis: hy weet ook die eindtyd sal deur buitensporige aktiwiteite gekarakteriseer word (Engels: many shall run to and fro); ook sal daar ʼn geweldige toename in kennis wees.

VERS 5-6 En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier. En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly? Ons moet onthou Daniël staan nog steeds by die rivier, die Hiddékel (Tigris; Dan. 10:4), en hoofstuk 10-12 is een gesig, d.w.s. aaneenlopende gebeure soos Daniël dit beleef. Dan word die vraag gestel: Hoe lank nog sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly? Tot hoe lank nog? Dié vraag word gevra nadat Daniël nog twee hemelse besoekers opgemerk het. Die vraag in Daniël se teenwoordigheid gestel, is van kardinale belang vir Daniël om te hoor, sowel as die antwoord wat gebied word.

Page 164: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

163

VERS 7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. Daniël hoor die eedswering en sien hoe die engel sy regterhand ophef. Dit was ʼn bekende beweging of handeling by eedswering (Gen. 14:22; Deut. 32:40). Daniël sien ook dat die engel sy linkerhand ophef. Dit was ʼn ongewone handeling, in dié geval, ʼn dubbele handbeweging om die belangrikheid en die sekerheid van wat gesê word, te beklemtoon. Daar word gesweer by die Ewig-Lewende, die Allerhoogste God van die hemel en die aarde. In die boek van die waarheid staan dit opgeteken, die tydperk ter sprake is: ʼn tyd, tye en ʼn halwe tyd. Dit beteken, een jaar, twee jaar, en ʼn halwe jaar, of drie en ʼn half jaar. Dit beslaan die 42 maande of 1260 dae, of drie en ʼn half jaar van die Antichris se skrikbewind. Dit is die uitgemete tyd aan hom gegee om die mag van die heilige volk (Israel) geheel te verbreek (vgl. Dan. 7:25; Openb. 11:2-3; 12:14; 13:5). Israel sal in die tyd na Edom en Moab ontvlug (Jes. 16:1-5; Dan. 11:41; Matt. 24:15-22; Openb. 12:12-17). Die Antichris sal nie die Joodse volk totaal vernietig nie; wel die mag van die volk Israel. Israel sal in die tyd verstrooi word en magteloos teen die tirannie van die Antichris wees. Dié gebeure sal die wêreldtoneel voorberei vir die einde van dié dispensasie en die vestiging van die volk Israel se herstel met die gepaardgaande wederkoms van Jesus Christus (Dan. 7:25-27; Dan. 9:24; Eseg. 37; Sag. 12:9-14; Rom. 11:25; Openb. 19:11-21).

Page 165: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

164

VERS 8-9 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge? En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe. Daniël is verward en onseker en wil meer weet, veral wat die einde van al die dinge betref. Hy verstaan nie die profesie nie en ook word hy nie verder ingelig nie. Maar Daniël word herinner daaraan dat die woorde opgesluit (verseël) moet bly tot die tyd van die einde (vers 4).

VERS 10 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. Baie sal in die tyd gereinig en gesuiwer en gelouter word (in Dan. 11:35 vind ons dieselfde drie uitdrukkinge), maar geeneen van die goddelose mense sal die dinge aangaande die eindtyd verstaan nie. God se kinders, die verstandiges, sal begryp wat besig is om in die wêreld te gebeur, maar die goddelose is onbevatlik vir geestelike dinge en sal dus nie in staat wees om die betekenis van die boodskap (hierdie profesie) te verstaan nie (Openb. 22:11).

VERS 11-12 En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend-driehonderd-vyf-en-dertig dae bereik.

Page 166: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

165

In Daniël se weergawe van eindtydse gebeure word daar vir Israel 30 dae van rou ná die koms van die Messias aan die einde van die Groot Verdrukking voorsiening gemaak deur dit by die 1260 dae van die tweede helfte van die week te voeg: En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal 1290 dae verloop. Welgeluksalig is hy wat bly verwag en 1335 dae bereik.

Die volgende tydsbepaling is uit dié gedeelte duidelik. Van die tyd af dat die Antichris die offerdiens sal verbied en die tempel ontheilig deur ʼn beeld van homself daarin te plaas, sal 1260 dae verloop totdat die ware Messias sy voete op die Olyfberg sit (Dan. 9:27; Openb. 13:5). Die nasionale rouklag van Israel sal 30 dae lank duur, soos wat gebruiklik vir leiers soos Moses en Aäron was (Num. 20:29; Deut. 34:8). Ná ʼn verdere 30 dae van rou sal die geestelike vereniging tussen Israel en die Messias voltooi wees. Op dié tydstip sal 1290 dae (tweede helfte) verloop het. ʼn Verdere 45 dae sal deur die herstel van die troon van Dawid in Jerusalem en die oordeel oor die nasies in beslag geneem word (Hand. 15:16-17; Matt. 25:31-32).

Wanneer die Messiasryk formeel begin, sal 1335 dae verstryk het sedert die aanvang van die valse Messias (Antichris) se skrikbewind toe sy afgodsbeeld in die tempel opgerig is. Jode wat hierdie verskriklike tyd oorleef, sal ná die 1260 dae van die Groot Verdrukking (Matt. 24:15-22) die koms van die Messias aanskou. Ná 1290 dae sal hulle geestelik met Hom versoen wees. Ná 1335 dae sal hulle die beloofde ryk van die Messias binnegaan. Dan sal ewige geregtigheid vir hulle as volk van God aanbreek, terwyl die Messias uit Jerusalem regeer (Jes. 2:2-4).

Die addisionele tyd van 75 dae (1260-1335) sal dus opgeneem word deur verskeie belangrike gebeurtenisse voor die vestiging van die 1000 jaar Vredesryk.

Page 167: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

166

Dit sal dan ook die tyd wees wanneer die skaapnasies van Mattheüs 25:34 sal aanhoor: Kom julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

VERS 13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae. Daniël verneem van sy naderende lewenseinde, die rus van die dood. Die dood verseker vir die gelowige liggaamsrus, alhoewel die gees in God se teenwoordigheid voortleef (Pred. 12:7; 2 Kor. 5:1,8;; Fil. 1:21-23; Heb. 12:22-24; Jak. 2:26).

Terselfdertyd hoor Daniël daar is ʼn bestemming ná die dood. Daar is ʼn voortsetting van lewe. Daar vind ʼn opstanding van die liggaam plaas. Jesus Christus se belofte aan elkeen wat hoor, is: En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees (Openb. 22:12).

Daniël moes aanhoor en word verseker dat hy deel sal hê aan sekere dinge ná sy eie opstanding (vers 13). Die Here God het diegene wat die wêreld sal regeer onder die heerskappy van die Messias wanneer Sy koninkryk aanbreek (Dan. 2:44-45; 7:13-14, 18, 27; Luk. 22:30; 1 Kor. 6:2-4).

Elke gelowige wat loon ontvang om saam met Christus te regeer, sal in Christus se koninkryk saam met Hom regeer (Openb. 2:26-27; Openb. 5:10; 20:4-6; 22:4-5). Amen.

Page 168: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

167

BRONVERWYSINGS

Daar dien vermeld te word dat die vernaamste bron van inligting by die op

skrif stel van hierdie boek, DANIëL, die Heilige Skrif, die Woord van God was,

Die Bybel in Afrikaans, 1957. Hierdie is ‘n lys van die vernaamste werke wat

geraadpleeg is.

Alexander, P.

Handboek by die Bybel

Verenigde Protestante Uitgewers Afrikaanse Uitgawe Kaapstad 1973

Barclay, William

The Revelation of John

The Saint Andrew Press Edinburgh 1976

Barton, Bruce B.

Life Application Bible

Tyndale House Publishing, Inc Wheaton, Illinois 1991

Berkhof, Louis

Systematic Theology

Cox & Wyman Ltd. London 1958

Bullinger, E.W.

The Companion Bible

Kregel Publications, Grand Rapids Michigan 1990

Culver, Robert. D. Daniel and the Latter Days

Moody Press, Chicago, 1954

Dake Finis, J.

Dake’s Annotated Ref. Bible

Atlanta Bible Research Foundation Inc. 1984

Dake Finis, J.

God’s Plan for Man

Atlanta Bible Research Foundation Inc. 1949

Dake Finis, J.

Revelation Expounded

Atlanta Bible Research Foundation Inc. 1963

Page 169: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

168

Die Bybel

Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1957

Fruchtenbaum, Arnold G.

The Footsteps of the Messiah

Ariel Ministries P.O. Box 792507 San Antonio TX 98279-2507 2004

Gruden, Wayne Systematic Theology Zondervan Publication House, Grand Rapids, Michigan, 1994

The Pulpit Commentary Hendricksen Publishers, Peabody, Massachusetts

Geldenhuys, J.N.

Die Bybel met Verklarende Aantekeninge

Verenigde Protestante Uitgewers Kaapstad 1975

Hagee, John C.

The Life Plan Study Bible

The Life Plan Study Bible Thomas Nelson Bibles A Division of Thomas Nelson, Inc 2004

Halley, Henry H.

Halley’s Bible Handbook

Grand Rapids Zondervan Publishing House Michigan 1965

Horak, G.C.

Die Eskatalogiese Verwagting

Bloemfontein 1986

Kleynhans, Bennie

Daniël in die Eindtyd

Verenigde Gereformeerde Uitgewers

Page 170: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

169

Brakpan

Kok, J.

Bybelse Ensiklopedie

Verenigde Protestante Uitgewers Kaapstad 1975

Larkin, Clarence

Dispensational Truth

Rev. Clarence Larkin Est. Philadelphia 1918

Larkin, Clarence

The Spirit World

Rec. Clarence Larkin Est. Philadelphia 1921

Larkin, Clarence

The Book of Daniel

Rev. Clarence Larkin Est. Philadelphia 1929

Lombard, R.D.

Unlocking the Future

Marror P.O. Box 12557 Club View Centurion South Africa 2001

Malan, J.S.

Israel in the End-time

Trumpet Publishers Alberton 1993

Malan, J.S.

Revelation of the 1990’s

Trumpet Publishers Alberton 1993

Mijnhardt, C.F.

Afrikaanse Bybelkonkordansie

J.L. van Schalkwyk Beperk Pretoria 1943

Pentecost, J. Dwight

Things to come

Grand Rapids Zondervan Publishing House 1958

Prinsloo, B.H.

Lesings in Profesie

Raad van Christelike Onderwys VEK van God Pretoria 1979

Page 171: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

170

Scofield, C.I.

The New Scofield Ref. Bible

Oxford University Press New York 1967

Smith, U. The Prophecies of Daniel and the Revelation

Southern Publication Association, Nasville, Tennessee

Strong, J.

Systematic Theology

PA Judson Press Valley Forge 1907

Swaggart, J.

The Prophecies and Symbols of Revelation

World Evangelical Press Los Angeles 1991

Thiessen, Henry Clarence

Lectures in Systematic Theology

Grand Rapids William B. Eerdmans Pub. Company 1949

U.S. CENSUS BUREAU

2002

Van Eijk, R.K.

Openbaring

Raad van Christelike Onderwys VEK van God Pretoria 1979

Van Eijk, R.K.

So lyk die Toekoms

Soteria Pub. Pretoria 1989

Page 172: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging

Boeke geskryf deur Raymond D. Lombard

Afrikaans:

• Die boek Openbaring (Ook vertaal in Chinees en Frans)

• Die boek Daniël

• Die Geesteswêreld (Ook vertaal in Chinees en Mongools)

• Jesus Christus in die Ou Testament

• Die Name van God

• Die Getuienis

• Koninkryk Teologie

• Sinopsis van die Nuwe Testament

• Wat sê die Bybel? (Volume 1)

• Wat sê die Bybel? (Volume 2)

English:

• The book of Revelation (Also translated into Chinese and French)

• The book of Daniel

• The Spirit World (Also translated into Chinese and Mongolian)

• The Names of God

• The Testimony

• Kingdom Theology

• Jesus Christ in the Old Testament

• What does the Bible teach? Vol 1

Audio en lesings is ook beskikbaar. Kontak die kantoor vir ’n katalogus.

Vir pos-bestellings, skryf of e-pos asseblief aan: Raymond Lombard Ministries Posbus 6 Parow 7499

E-pos: [email protected]

Webblad: www.raymondlombard.com

Telefoon: (Kantoor): +27 (0)21 939 1898

Page 173: Daniël - Raymond Lombard P… · die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ʼn saak van eie uitlegging