16
swartland en weskus die courant Uitgawe 172 tel 022 487 3221 9 Mei 2012 hugenotestraat 24, malmesbury gratis SMS vir Piketberg - Dorp van die Jaar-finalis - Moedersdagkompetisie ‘n Park met straatkafees, historiese winkels, piekniekareas, wandelroetes en ‘n hangbrug oor die Dieprivier om meer toeriste te lok, word deur die burgemeester, Tijmen van Essen, in sy toekomsvisie vir Malmesbury in die vooruitsig gestel. Hy het gisteraand op ‘n sakekamerbyeenkoms in die stadsaal sy langtermyn-visie vir die ekonomiese ontwikkeling van die dorp met sakelui gedeel. Benewens ingrypende vernuwings wat vir die dorp se infrastruktuur beplan word, veral in Bokomoweg en die noordelike deel van Malmesbury, het Van Essen sy visie vir toerisme-moontlikhede voorgehou. Van Essen se voorgestelde Dieprivier-ontwikkeling sluit die gebiede rondom die Dieprivier vanaf Smuts- tot by Rainierstraat in en sluit die ou huise in Riebeek- en Loedolfstrate in. “As ons die area vanaf Bokomoweg tot by Piet Retiefstraat kan omskep in ‘n park met straatkafees, byvoorbeeld in Riebeekstraat en weer- skante van die rivier, met mooi areas vir piekniek, ‘n speel- of pretpark, ‘n hangbrug oor die rivier, wandel- roetes, historiese winkels en ‘water features’, kan dié ou deel van die dorp in ‘n bate omskep word. “Hier is só baie bates in die Swartland, watter klomp voordele kan dit nie vir ons almal inhou nie!” het hy gesê. Van Essen meen dit sal goed inpas by die gastehui- se wat reeds aan die oostekant van die rivier bestaan. Indien die sakelui hierdie idees aanvaar en ‘daarop inkoop’, kan die Duineveldslaghuis op die hoek van Loedolfstraat en Bokomoweg gesloop en die ruimte daarvoor verder vir die beplande ontwikkeling benut word. Die oop ruimte regoor die Herehuis in Loedolf- straat kan parkeerruimte bied. “Loedolfstraat kan ‘n doodloopstraat raak. Dan gebruik ons die Dieprivier tot voordeel van die hele gemeenskap,” het Van Essen gesê. “Dit hoef nie alles dadelik te gebeur nie, maar as ons dit so geleidelik oor ses jaar kan infaseer, soos die droom oor die nuwe rioolwerke ses jaar geneem het om te realiseer... “Hierdie is dinge van die voorgeslagte in die histo- riese kern wat ons kan benut, as bates aanwend, sodat dit weer vir ons nageslag bewaar kan word.” Só kan Mbury oor ses jaar lyk ... Sondag is dit Moedersdag en die nuwe junior burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Leighton Jansen en sy niggie Chantelle Herman, bederf voortydig hul ouma, Gloria Timotheus, met blomme. Sien ook storie op ons Moedersdagblad. Moedersdag is ... blomme en drukkies Olyffees in beeld KFC opening soon www.kfc.co.za Malmesbury (022) 487 1271

die courant 09 Mei 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

swartland free newspaper good news

Citation preview

Page 1: die courant 09 Mei 2012

swartland en weskus

die courantU

itgaw

e 17

2

tel 022 487 3221 9 Mei 2012 hugenotestraat 24, malmesbur y

gratis

SMS vir Piketberg - Dorp van die Jaar-finalis - Moedersdagkompetisie

‘n Park met straatkafees, historiese winkels, piekniekareas, wandelroetes en ‘n hangbrug oor die Dieprivier om meer toeriste te lok, word deur die burgemeester, Tijmen van Essen, in sy toekomsvisie vir Malmesbury in die vooruitsig gestel.

Hy het gisteraand op ‘n sakekamerbyeenkoms in die stadsaal sy langtermyn-visie vir die ekonomiese ontwikkeling van die dorp met sakelui gedeel.

Benewens ingrypende vernuwings wat vir die dorp se infrastruktuur beplan word, veral in Bokomoweg en die noordelike deel van Malmesbury, het Van Essen sy visie vir toerisme-moontlikhede voorgehou.

Van Essen se voorgestelde Dieprivier-ontwikkeling sluit die gebiede rondom die Dieprivier vanaf Smuts- tot by Rainierstraat in en sluit die ou huise in Riebeek- en Loedolfstrate in. “As ons die area vanaf Bokomoweg tot by Piet Retiefstraat kan omskep in ‘n park met straatkafees, byvoorbeeld in Riebeekstraat en weer-skante van die rivier, met mooi areas vir piekniek, ‘n speel- of pretpark, ‘n hangbrug oor die rivier, wandel-roetes, historiese winkels en ‘water features’, kan dié ou deel van die dorp in ‘n bate omskep word.

“Hier is só baie bates in die Swartland, watter klomp voordele kan dit nie vir ons almal inhou nie!” het hy gesê.

Van Essen meen dit sal goed inpas by die gastehui-se wat reeds aan die oostekant van die rivier bestaan. Indien die sakelui hierdie idees aanvaar en ‘daarop inkoop’, kan die Duineveldslaghuis op die hoek van Loedolfstraat en Bokomoweg gesloop en die ruimte daarvoor verder vir die beplande ontwikkeling benut word.

Die oop ruimte regoor die Herehuis in Loedolf-straat kan parkeerruimte bied. “Loedolfstraat kan ‘n doodloopstraat raak. Dan gebruik ons die Dieprivier tot voordeel van die hele gemeenskap,” het Van Essen gesê.

“Dit hoef nie alles dadelik te gebeur nie, maar as ons dit so geleidelik oor ses jaar kan infaseer, soos die droom oor die nuwe rioolwerke ses jaar geneem het om te realiseer...

“Hierdie is dinge van die voorgeslagte in die histo-riese kern wat ons kan benut, as bates aanwend, sodat dit weer vir ons nageslag bewaar kan word.”

Só kan Mbury oor sesjaar lyk ...

Sondag is dit Moedersdag en die nuwe junior burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Leighton Jansen en sy niggie Chantelle Herman, bederf voortydig hul ouma, Gloria Timotheus, met blomme. Sien ook storie op ons Moedersdagblad.

Moedersdag is ... blomme en drukkies

Olyffees in beeld

KFCopening soon

www.kfc.co.zaMalmesbury(022) 487 1271

Page 2: die courant 09 Mei 2012

2 9 Mei 2012courantmenings/nuus

dis goeiedeur: Dr. Andrew Bosman

nuus

diecourant

Kontak die courant by 022 487 3221;faks 086 699 6276; epos [email protected]

www.diecourant.co.za

Is dit nie Ek wat jou stuur nie?

Die verhale van die rigters wat Israel gerig het is besonders om na te gaan. Dit was ‘n tyd na Josua, wat die volk die beloofde land ingelei het.

Hy was die militêre leier, geestelike leier en moes die land verdeel. Die advies wat hy gekry het was dat die Wet-boek of Woord, nie uit sy mond mag wyk nie, dat hy dit dag en nag moes ondersoek , dan sal hy met goeie gevolg handel.

Die tydperk daarna het elkeen gedoen wat goed was in sy eie oë.

Dit het die gevolg gehad dat die volk hulle aanbidding van die Ware en Enigste Here, afgewyk het agter ander gode aan, soos in die land Kanaän die gewoonte was. As die volk Israel dan verdruk word omdat die Here hulle oor-gee in die hand van hulle vyand, dan staan ‘n rigter op en rig die volk vir ‘n tydperk , en verlos hulle van die vyand, en kry hulle om weer die Here te volg.

So het die volk weer eens afvallig geword en was oorge-gee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank. Toe het die Here vir Gideon aangesê om die volk te verlos. Toe Gideon vra hoe, of waarmee?

Het die Here hom geantwoord. Is dit nie Ek wat jou stuur nie!

Ons bekwaamheid en krag is van God wat ons wil toerus om Sy wil te doen.

Die kwessie is nie of die petrol se prys nou weer gaan styg of dalk aanstaande maand met 50 sent val nie. Ook nie of water gaan duurder word en of die tarief vir elektrisiteit nóg gaan klim nie.

Hierdie dinge is vas en word elders beheer. Die vraag is hoe rea-geer jy daarop of op die kere wat jy val of foute maak.

Dat die sakesektor en die hele wêreld nog moeilike tye belewe, is algemene kennis. Dit is in tye soos hierdie wat waagmoed en toekomsvisie mense onderskei.

Sakelui wat (as hulle die nodige sekuriteit het, toegegee) met vertroue nuwe persele bou en planne maak vir die toekoms.

Plaaslike owerhede wat, die uitdagings om genoeg belastings te in ten spyt, hul toekomsplanne op die tafel sit vir die korter en langer termyn.

Die afgelope naweek was die Riebeekvallei ‘n miernes van bedrywighede. ‘n Teken dat daar wel nog geld te maak is uit veral toeriste wat geld kom spandeer in die Swartland.

Dan ontstaan die vraag of almal en al die dorpe werklik die toe-rismemoontlikhede ontgin en benut.

Malmesbury, hoofdorp van die Swartland, is waarskynlik die een waar toerisme die kleinste bydraes tot die sakebedrywighede van die dorp maak.

Dan is die ontwikkelingsplanne om die Dieprivier in Malmes-bury te benut en die huidige seer oog tot ‘n lushof te omskep (al sal dit nog ‘n hele klompie jare neem), ‘n stap van vertroue en vir inwoners iets om na uit te sien en vir sakelui straks ‘n geleentheid om nuwe moontlikhede te skep.

Waarde in visie

Voorstelle om vragmotorverkeer deur Malmesbury veral gedurende spitstyd te verlig, is gisteraand in die burgemeesterstoepraak op die Sakekamerbyeenkoms deur Tijmen van Essen aan sakelui voorgelê.

Oor aanpassings van die ver-keersvloei binne die sentrale dele van Malmesbury en die suidelike aansluitings na die N7 het hy posi-tiewe vooruitsigte gehad. Dié voor-stelle behels onder meer die be-plande noordelike aansluitingspad wat vanaf die N7 noord van die dorp verkeer na die Paarlpad sal lei en vragmotor-vloei deur Malmesbury grootliks sal verlig. Dié pad word tans deur die Wes-Kaapse regering beplan.

Oor vragmotors wat wel deur die dorp vanaf Paarl ry, het hy gesê: “Ek wil graag sien dat die swaar vrag-motors nie meer Rainier- en Loe- dolfstraat gebruik nie, maar dat hulle op die Piet Retiefroete hou tot by die

aansluiting met Voortrekkerweg, vanwaar hulle in ‘n suidelike rigting kan draai.

“Ongelukkig is die Piet Retief-aansluiting met Voortrekkerweg nie ‘n 90 grade-aansluiting nie - ons sal dus ‘n ekstra glybaan moet bou om die swaar voertuie by die poskan-toor links te laat draai, soos wat ons vroeër by die Clicks-kruising gebou het.”

Volgens Van Essen dui hul langtermynbeplanning ook ‘n sirkel-aansluiting aan by die Voortrekker-/Bokomowegkruising by die Diepri- vierbrug, verkeer sal vergemaklik. “Die robot wat ons weghaal by dié kruising, kan ons dan sonder veel ekstra koste, aanbring by die Piet Retief- en Voortrekkerweg-kruising, om verkeer dáár veiliger te maak,” het Van Essen gister gesê. “Die Loe-dolfstraat-deurgang word moontlik gesluit vir die beplande Dieprivier-ontwikkeling en vragmotors kan

dan veilig draai om by die beplande nuwe aansluting vir die Pioneer-in-gang te kom.

In Bokomoweg sal die huidige parkeerruimte, wat meestal deur vragmotors beset word, omskep word in ‘n nuwe vragmotorbaan, wat verkeersvloei in spitstye sal verlig. Nóg later sal ‘n alternatiewe aanslui-ting met die N7 vir dié vragmotors gebou word, asook ‘n sirkel om die aansluiting tussen Darling- en Boko-moweg, Buitekantstraat en die N7-aansluiting te vergemaklik.

Hierdie voorstelle is gebaseer op deeglike navorsing en vorm deel van die voorgestelde meesterplan vir paaie.

“Ek glo die munisipaliteit se per-soneel is heeltemal daartoe in staat om die infrastruktuur bekwaam in stand te hou. Ons by die Raad moet die visie en bestuur en die vooruit-beplanning vir die jare vorentoe doen!” het hy afsluitend gesê.

Wenners van Allesverloren-kompetisieDie Wenners van ons Olyffeeskompetisie saam met Allesverloren, was Elena Allers van Moorreesburg; Elize Wium van Moorreesburg, Elize Rheeder van Mal-mesbury, Mariaan van der Poll van Riebeek Wes, Liezel Kotze van Riebeek Wes, Patricia Taljaard van Malmes-bury, Helena Bester van Malmesbury, Llewellyn Bester van Malmesbury en die wenner van die groot prys, ‘n 3l Allesverloren Cabernet Sauvignon, was Dirk van Jaars-veld van Moorreesburg.

Tydens die feestelikhede van die Olyffees het Mauri-tia Durr van Malmesbury (middel) haar prys by Carien Grobler en Deon Wahl van Olive Pride ontvang.Olive Pride het ‘n geskenkpak van R250 se produkte bygedra tot ‘n kompetisie wat verlede week in die cou-rant bekendgestel is.

Nuwe planne met paaie

vir Malmesbury

Die Laerskool Swartland het vanjaar vir die eerste keer in sy geskiedenis ‘n Skool-”Protea” opgelewer toe Philip Weideman, ‘n ingeskrewe leerder van dié skool, in die SA Swemspan vir deelnemers met Downs opgeneem is.

Philip is gekies om die land in November in Italië te gaan verteenwoordig.

die courant loods vandeesweek ‘n mini-insamelings-projek in samewerking met die skool waar sakelui en do-nateurs die geleentheid kry tot erkenning vir hul sken-kings in dié verband.

Ons plaas die logo’s van besighede wat voor die einde van die maand ‘n minimum skenking van R300 direk in die skool se rekening inbetaal. Enige donateur/sakeman wat belangstel, kan ons kantoor (022 487 3221) skakel en met Hannie Klein praat om te bevestig dat ons u logo gratis in die courant sal plaas.

Ons sal dan die skool se bankbesonderhede voorsien waarna u die inbetaling kan doen met u onderneming se naam as verwysing.

Skenkings skop af vir Laerskool Swartland se jongste “Protea“Donateurs Donateurs

Page 3: die courant 09 Mei 2012

39 Mei 2012 courantnuus

‘n Splinternuwe radiostasie spesifiek op Swartlanders gemik, word binnekort hier geloods. Radio MOO 97.3 fm word bestem-pel as die eerste gemeenskapsradiostasie vir die Swartland.

Die stasiebestuurder, Tania Boonzaaier-Snel en die assistant-bestuurder, Susan Botha, het reeds begin met die opleiding van vrywilligers vir dié onderneming, wat volgens hulle oor ongeveer drie maande sal begin uitsaai.

“Die hele proses van onderhandelinge met IKASA (die Onafhanklike kommuni-kasie-owerheid van Suid-Afrika) om radio MOO 97.3 fm te open, duur reeds ‘n hele klomp jare,” het Boonzaaier-Snel Maandag gesê. Sy glo dat haar onderhandelinge met die Swartland Munisipaliteit binne-kort afgehandel sal wees, sodat dié stasie sy deure kan open.

“Radio MOO se naam kom daarvandaan dat ons ‘n slag die aandag op die melkerye in die Swartland wou vestig,” het sy ver-duidelik. “Gewoonlik kry die Swartland se

wyn-, koring- en olyfbedrywe die aandag hierlangs!” Sy het bygevoeg dat dié naam ook aan hul promosiemateriaal gekoppel sal word.

*Met die verskuiwing van Radio Hout-stok se ateljee na Langebaan, kan sekere Swartlanders nog steeds na dié radiosta-sie luister. Radio Houtstok sal uitsaai oor die Weskus Distriksmunisipaliteit se be-dieningsgebied (Matzikama, Sederberge, Saldanhabaai en die hele Swartland).

*Twee Swartlanders is ook weekliks as omroepers te hoor by die internet-uitsaai-diens ‘Uitsaaines’.

Melt van Aarde van Malmesbury saai die laaste drie maande elke Vrydagaand uit van 19:00 tot 22:00. Vanaand is hy te hoor van 19:00 tot 21:00. “Dis ‘n radiostasie met Afrikaanse musiek. My onderwerpe kies ek self en ek saai uit vanuit my huis - luister gerus saam!” nooi Van Aarde.

Marius Smuts van Darling belowe om luisteraars ‘huis toe te vat’, elke middag van af 16:00 op www.uitsaaines.co.za

Radio MOO wil begin uitsaai in die

Swartland

Boere in die Swartland is dit eens dat hulle lanklaas so ‘n goeie afskop gehad het vir die graanseisoen as vanjaar.

Die reën van die afgelope tyd (party boere het verlede week tot 45 mm ge-meet) het sake baie makliker gemaak.

Hulle kon die opslagonkruid doodspuit voor die nuwe saad in die grond geplant is.

Dit beteken ook een keer minder se spuit na die tyd.

Buite Malmesbury het AJ Louw, die 2011-wenner van die Swartlandse canola-kompetisie en voorsitter van die koring-

studiegroep op Malmesbury, gesê die reën was baie welkom.

“Ek het lanklaas hierdie tyd van die jaar ‘n groen opslaggie gesien.

“Dis voordelig, want dan kan ons die onkruid ook nou spuit, met die gevolg dat die koring tydens groeityd minder kom-petisie het.” Louw sê hulle het ongeveer 25 mm reën gekry.

Sy canola het ook pas begin uitkom. “Daar is nog genoeg vog ondergronds. Ons doen nou wat ons kan, dan moet ons maar glo en vertrou!” het hy bygevoeg.

Welkome reën goed vir saaiboere

AJ Louw

Interskole op PiketbergSchoonspruit Sekonder van Malmesbury en Hoërskool Piketberg pak mekaar eers- komende Saterdag in ‘n Classic Clash op Piketberg. Daar sal in tien rugby-wedstryde, van o.7 tot o.19 vanaf 8:30 die oggend kragte gemeet word. Die hoofwedstryd tussen die o.19A-rugby-spanne begin om 14:00.

Op die netbalbaan sal 15 spanne, van o.10 tot o.19, terselfdertyd mekaar die stryd aansê.

In verlede jaar se kragmeting tussen die twee skole het Schoonspruit se o.19A-span met 24-8 gewen. Schoonspruit se o.19A-netbalspan het eweneens met 29-25 koning gekraai.

Page 4: die courant 09 Mei 2012

4 9 Mei 2012courantnuus

Die wiskunde- en wetenskap-leerders van Illingelethu Sekondêre Skool op Malmesbury het verlede week ‘n pret-dag beleef wat aangebied is in samewer- king met die Swartland Munisipaliteit, die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT), SAIMechE vir Tegno-logie Olimpiade en SKGM Ingenieurs.

Die leerders is ingelig oor die basiese metodes van sonverhitting en moes ná ‘n werksessie motors bou wat minstens agt meter vorentoe kon beweeg.

Die fasiliteerder van die dag was Zimise-le Mlumiso, ‘n ingenieur verbonde aan die

CPUT. Hy het verlede jaar navorsing vir die Stad Kaapstad oor grootmaat water-voorsiening gedoen toe hy die hoërskool in Illingelethu ‘ontdek’ het. Daarvandaan betrek hy dié skool se 60 wiskunde- en wetenskapleerders gereeld in projekte om hul vermoëns en denkvaardighede te ontwikkel.

Volgens die skoolhoof, Cindy Ndzuzo, kan sy nie genoeg dankie sê vir dié ekstra blootstelling wat haar leerders ontvang nie. Pryse en geskenke deur SKGM In- genieurs, is ná die oefensessies aan die wenners oorhandig.

BO: Jacques Snyders (SKCM Ingenieurs) en Zimisele Mlumiso, saam met Sibabalwe Sogwagwa, Yolanda Mlalwandle en Nolusindiso Néllambe.

ONDER: Sanoxolo Kwinswa, Siphokazi MThelezi en Nkalitswini Abongile saam met hul skoolhoof, Cindy Ndzuzo.

Tydens die inhuldiging van die Swartland se junior burgemeester, Leighton Jansen van Schoonspruit Sekondêr, verlede week, is Annamart Steyn van Hoër-skool Swartland as die nuwe junior onderburgemeester aangewys. Nie minder nie as vyf burge- en onderburgemeesters was teenwoordig: Tijmen van Essen (burgemeester van die Swartland Munisipaliteit), Annamart Steyn, Harold Cleo-phas (burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit), Leighton Jansen en Maude Goliath (onderburgemeester: Swartland Munisipaliteit).

Burgemeesters bymekaar

Swartlanders neem deelaan tegnologie-uitdaag

Hubbly-bubblies word as onskadelike speel-goed afgemaak. TOE NIE!

Hier is die ware feite, volgens Kansa:• Beidewaterpypensigaretrookbevat

gifstowwe, insluitend nikotien, teer, koolstof-monoksied, arseen en lood.

• ‘nWaterpyp-rokerneemomtrent100trekke in ‘n enkele (45 minuut-) sessie, terwyl ‘n sigaretroker omtrent 10 trekke aan ‘n siga-ret rook. Met ander woorde om ‘n waterpyp te rook, kan jy net soveel nikotien inneem as om 10 sigarette te rook.

• Waterpyprookisnetsoverlawendassigaretrook;

• Die mite bestaan dat waterpyprooknie skadelik is nie. Dit is gevaarlik vir enigie-mand om enige vorm van tabak te gebruik. Dit is veral sleg vir jong kinders omdat hul longe nog groei en omdat rook permanente skade veroorsaak.

• Dit kan jou longe beskadig, wat ditmoeilik maak om asem te haal en dit kan kanker

van die mond, longe of blaas versoorsaak.• Daarisnieietssoos“beter”waterpype

nie. Hoekahs, shishas, sheeshas, gozas, hub-blies en narghiles is maar net name vir dieselfde ding.

• Dieboodskapopdieetiketdatditnet0,5% nikotien en 0% teer bevat, is heeltemal misleidend. ‘n Skuiwergat in ons streng tabak-wetgewing bring mee dat tabak vir waterpype nie gereguleer word nie.

• DitismoontlikomTBenhepatitisviadie mondstuk aan te steek. Wanneer in ‘n rook-sessie, is die kans dat verskeie persone dieselfde mondstuk sal gebruik.

Lesers moet onthou van ons kompetisie saam met Kansa waar u elke week die antwoord op die vraag moet bêre om aan die einde van die maand dee l te neem aan ons sms-kompeti-sie.

Vandeesweek se vraag: Een sessie waterpyp rook van 45 min is gelykstaande aan ..... (hoe-veel) sigarette.

Hubbly-bubblies ís gevaarlik

Page 5: die courant 09 Mei 2012

59 Mei 2012 courantnuusPiketberg is finalis vir Dorp van die jaarNou moet SMS’e instroomIn die jaarlikse landwye Dorp van die Jaar-kompetisie wat deur Kwêla en die koerant Rapport aangebied word, is Piketberg een van die drie streekfinaliste vir die Wes-Kaap se Dorp van die Jaar.

Piketberg se teenstanders in die streek, is Caledon in die Overberg en die Ka-roodorp Prins Albert.

Die wenner word bepaal deur ‘n SMS-stemming wat Dinsdagmiddag 15 Mei om 12:00 sluit.

Daar is dus min tyd en inwoners en lesers kan gerus help om dié Swartlandse dorp met sy ryke geskiedenis en karakter aan die voet van die berg te help om dié titel te verower.

Verlede jaar se dorp van die Jaar was De Rust, naby Oudtshoorn.

Deelnemers wat vir hul dorp stem, kom in aanmerking vir die leserspryse waar-onder ‘n Kia Picanto.

Daar mag tot 30 SMS’e van enige sel-foonnommer gestuur word in hierdie fase van die kompetisie.

Vir die wendorp is daar baie op die spel.Nie alleen kry die dorp R1 miljoen se

bemarkingswaarde van Kwêla, R1 mil-joen se bemarkingswaarde van Rapport en ‘n groot wen-makietie met gewilde kunstenaars nie, maar die wendorp, sy in-woners en sakelui sal vir baie jare nog die vrugte van so ‘n sege pluk.

Dit is die rede waarom die courant ook hiermee inwoners en lesers wil aanmoedig om deel te neem en te probeer help om Piketberg as die wendorp te laat kroon.

Stuur jou SMS’e en straks is daar genoeg om dit te vermag!!!!

Stuur jou SMS met die woord Piketberg na 33157 voor Dinsdag 15 Mei 12:00

SMS kos R1,50.

Page 6: die courant 09 Mei 2012

Osteoporose is `n mediese toestand waar die beensterkte geaffekteer word deur verskillende faktore en dit lei dan tot been-breuke van veral die heupe, rugwerwels en polsgewrigte. Ou beenweefsel word gedurig vervang deur nuwe beenweefsel en indien die proses versteur word sal die nuwe been weefsel minder sterk wees en daarom makliker breek.

Osteoporose kan nie genees word nie,

maar is wel behandelbaar. Dit is baie bel-angrik om jou beendigtheid te bepaal so-dat sekere lewenstyl aanpassings gemaak kan word wat dan moontlik jou fraktuur risiko kan verminder.

Risikofaktore soos:• F a m i l i e g e s k i e d e n i s

(moeder,vader beenbreuke gehad)?• Isu40jaarenouer,vroeëmenop-

ouse gehad en neem tans geen hormoon-

aanvullings?• Vorigebeenbreukegehadenval

gereeld?• Isuondergewig?• Is u op sekere medikasie soos

bv. kortisoon vir tydperke langer as 3 maande?

• Misbruikualkohol(meerastweeglasies wyn per aand)?

• Rooku?• Vermysuiwelprodukinnameagv

`n allergie?• Neemgeenkalsiumaanvulling?• Isuonaktief?• Spandeergeentyd(minderas10

minute per dag) in die son? Indien u enigsins ja sou antwoord

beteken dit nie u het osteoporose nie maar dat u wel `n risiko geval mag wees. Ons beveel aan dat u met u huisdokter kontak moet maak wat verdere aanbe-velings sal voorstel.

6 25 April 2012courantnuus

Bettie Rinkwest en haar vroulike nageslag: Haar dogter Berenice Desai, met Jesse Watts en die tweeling toe hulle nog klein was. Dié foto is geneem deur Bettie se seun, Trevor Rinkwest. Berenice en Jesse is deurwinterde Swartlanders, maar het onlangs na die Strand verhuis.

Op die foto is Elsie Kotze (89jaar); haar dogter Tiekie Hougaard, met Chrizette Vlok (kleindogter) en die sesjarige Zanel Vlok (agter-kleindogter). Hulle is almal van kinds-been af Swartlanders.

Geluk op Moe-dersdag is ... al jou naamgenote bymekaar!O u m a g r o o t j i e Renche Viviers (regs agter op die foto), sit langs haar dogter Renske Retief (vrou van George Retief).In die middel is Renske se dogter Renschia van Blerk, met klein Renske van Blerk op haar skoot.Renske se twee-lingsussie, Mariska van Blerk, sit styf teen oumagrootjie.

Vier generasies blom in die Swartland

Toets jou vandag nog vir Osteoporose

moet word na 084 8333 813.Die SMS moet ons bereik teen môre-

oggend 10 Mei voor 10:00. As jy dan teen 11:30 op Donderdag 10 Mei niks van ons gehoor het nie, was jy of die Moeder in jou lewe nie ‘n gelukkige wenner nie.

Die SMS-lyn is nie ‘n geldmaaklyn nie en jou SMS kos dus die-selfde as enige ander SMS wat jy op daardie tydstip sou stuur.

Die wyngeskenk- pakke sal nie aan deel- nemers/wenners on-der 18 oorhandig word nie.

Om Spesiaal te voel en ‘n dankie te kry vir daardie bitter baie kere wat sy ‘n dankie verdien het, maar dit ongesiens verby-gegaan het.

Min mense verstaan jou en jou omstan-dighede beter as die moeder in jou huis.

Daarom hoef die bederf nie groot of uitspattig te wees nie. Dit is dikwels die klein dingetjies en gereelde woordjies van dank wat meer waardeer word as daardie groot soenoffers.

die courant wil ‘n paar lesers help om die moeders in hul huise spesiaal te laat voen en daarom gee ons saam met borge ‘n paar gelukkige pryse weg.

So is daar ‘n gesinsete vir vier by Gutto’s op Moorreesburg en ‘n gesinsete by Here-huis op Malmesbury op die spel, ‘n heer-like blommebederf van Lowensvlei vir twee gelukkige lesers asook geskenkpak-ke van Nassau Wynkelder (Black Ridge), Riebeek Kelder en Swartland Wynkelder.

Een gelukkige leser kan ook vir Ma ‘n CD van Le Lue wen.

Die kompetisie werk so.Jy SMS jou naam, dorp én die naam van

die Moeder wat jy vir die bederf nomineer saam met een sin oor waarom sy bederf

Bederf die Moeder in jou huis13 Mei

Oor 4 dae is dit weer Moedersdag en daar is min dinge wat ‘n moeder se hart so warm laat klop soos wanneer sy deur haar man, kinders en kleinkinders op die hande gedra word.

Page 7: die courant 09 Mei 2012

Die nuwe junior burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Leighton Jan-sen en sy niggie Chantelle Herman, woon by hul ouma, Gloria Timotheus, in Ab-botsdale. Chantelle, ‘n graad 10-leerder by Schoonspruit Sekondêr, is ook op die junior stadsraad.

Op ‘n sitkamer-rak in hulle huis staan die skool-toekennings blink in ‘n ry. “Leighton maak my moeg met al die pryse wat hy kry,” sê sy ouma trots. Leighton en Chan-

725 April 2012 courantnuus

Ouma se trotstelle was beide in Liebenberg Primêr, waar hulle gereeld eerste, tweede of derde aka-demiese plekke gewen het. Leighton was ook die hoofseun in sy graad 7-jaar.

Dat dié ouma baie trots is op en lief is vir haar twee kleinkinders, raak baie gou duidelik.

Sy versorg hulle liefdevol, probeer al hulle byeenkomste bywoon en vra ge-reeld saans vir hulle of hulle ooit deur die skooldag aan haar dink.

“Ons is baie lief vir Ouma, maar ons is so besig bedags, ons kry nie te veel kans om aan Ouma te dink nie,” is hulle ant-woord dan.

“Vandat hulle twee soggens by hier-die voorhekkie uitstap, dink ek aan hulle, ‘worry’ en wonder ek of hulle veilig by die huis sal kom,” sê sy gereeld.

“Ek was só verbaas oor Chantelle se toespraak Donderdag in die stadsaal. Sy is altyd so in haar dop gekruip, en daar staan en praat sy helder en duidelik!” sê Gloria.

Hiéroor sê Leighton: “Dis by die JTC dat Chantelle geleer het om so te praat. By die JTC kom ‘n mens uit jou ‘comfort zone’ uit!”

Wat beoog hierdie twee ondernemende jongmense vir hul toekoms? Chantelle wil haar dansloopbaan verder neem en medies studeer, al het sy Maandag haar ligamente in ‘n dans-oefening beseer. Leighton wil óf in sielkunde óf in chemie verder wil leer.

“Ek wonder net wie gaan vir dit alles betaal,” wonder dié ouma dan.

Gloria maak baie planne om ‘haar’ kinders te versorg. Toe Leighton ‘n geleent- heid kry om saam met Schoonspruit-leerders Malmesbury in Engeland te be-soek, het sy met verkopings begin help om die R5 000 daarvoor in te vorder.

“Ouma het worsrolle, kerrie en rys en selfs tolle verkoop om geld in te samel. As dit nie vir Ouma, my ma en juffrou Carmen Bocks was nie, sou ek nooit oorsee kon gaan nie!” onthou Leighton.Leighton Jansen

Page 8: die courant 09 Mei 2012

8 9 Mei 2012courant

die courant kalender

courantwat gebeurSudoku 172

Sudoku 171antwoord

Mei13th Floor in Swartland

5 tot 13 Mei - 13th Floor (17 jaar gelede gestig as C-Kruis) besoek die tieners van

Hoërskool Swartland met uitvoerende kunste vir die aande van Sondag- tot Woensdagaand

om 19:00 gratis en Vrydagaand, ook 19:00, teen R20. Byeenkomste vind in die Moederge-

meente se ouditorium plaas. Die fokus is op die Swartlandse jeug van

alle skole, maar die ouers en ander jong-mense is ook welkom.

Skakel 022-482 1469 vir navrae.

Konsert vir die kinders - Piketberg9 Mei - ‘n Konsert vir die kinders van ge-

storwe polisielede, word op Piketberg gehou, om 19:00 in Piketberg se NG Kerksaal. Vir

navrae of kaartjies, skakel die toerismekan-toor by 022- 913 2063.

Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R25 vir kinders.

Konsert vir die kinders - Malmesbury10 Mei - Die Malmesbury-konsert vir die

fonds vir kinders van afgestorwe polisielede, word in die HSS-skoolsaal gehou.

Skakel 022-482 7553 vir meer inligting en kaartjies. Kaartjies kos R60 vir volwassenes

en R30 vir kinders.

SANLAM/KANSA Malmesbury Gholfdag 12 Mei - Groot pryse te wen in SANLAM/

KANSA Malmesbury Gholfdag Die Sanlam Kanker Gholf uitdaagreeks

vind by Malmesbury gholfklub. Alle gholf-spelers: Kom neem deel aan KANSA se stryd teen kanker. Sanlam is die grootste borg vir

die dag en Ernie Els wyne sal ook opgeveil en te koop wees. ‘n Tweedaagse Ernie Els-erva-ring is ook op die spel. Die kompetisievorm kan tydens die gholfdag of aanlyn voltooi word. Dit behels ‘n 18 putjie gholfspel op

Oubaai gholfbaan naby George en ‘n toer met ligte middagete deur die Ernie Els Wynland-

goed by Stellenbosch. Die dag word afgesluit met aandete by the Big Easy-restaurant in Stellenbosch. Alle kostes sal betaal word.

Bergklim op Goedgedacht12 Mei

Die AGS Corpus Christi reël ‘n bergklim op Kasteelberg, vanaf Goedgedacht. Net vir mense wat fiks is - dit bied ‘n pragtige uitsig

oor die hele Swartland.

Vertrek 06:30 (daag asb vóór 06:30 op) vanaf AGS Corpus Christi Malmesbury (Baroccastr. 19)

Bring saam: Ontbyt, tekkies, langbroek vir bosse wat krap, hoed en sonskerm, insekweerder,

verkyker/kamera.Noodhulp-toerusting sal beskikbaar wees.

Navrae en bespreking: Piet Smit by 073 447 2902.

Middel Swartland Agri-roeteDie Middel Swartland Agri-roete bied op 12 Mei

‘n besoek aan vier plase aan. Die dag begin op Rondomskrik met die fokus op graanverbouing, gevolg deur middagete op Spekulasie, waarna

Goede Hoop aan die beurt kom en die dag op die suiwelplaas Tweekuil afgesluit word. Dit kos R150

vir volwassenes en R50 vir kinders. E-pos [email protected] om te bespreek.

Besoek www.agriroute.co.za vir nader inligting. Nog soortgelyke toere sal op 9 Junie, 28 Julie, 25

Augustus en 15 September aangebied word.

AGS Corpus ChristDie AGS Corpus Christi op Malmesbury hou op

13 Mei om 09:30 hul diens met die titel: Die Spot-ters. Die prediker is pastoor Piet Smit.

Die aanddiens volg om 18:30: ‘n Sangaand met Praise and Worship.Navrae: 073 447 2902

Jan Smuts gehuldig‘n Gedenkdiens word Sondag 13 Mei om 10:45 in

Jan Smuts, eertydse veldmaarskalk en premier van Suid-Afrika van 1939 tot 1948, se geboortehuis in

die Riebeekvallei gehou. Die gasspreker by die geleentheid is mnr.

George Bulterman, voorsitter van PPC ten tye van die restorasie van Smuts se geboortehuis in 1986. Hy was ook direk verantwoordelik vir die

beskikbaarstelling van die nodige fondse vir die restorasieproses. Die huis is in 1975 tot nasionale

monument verklaar.Almal is welkom by die gedenkdiens in die

omgewing waar Smuts sy kinderjare deurgebring het, asook om die Smuts-museum te besoek.

Navrae: Liana Bester by 083 421 7794 of [email protected]

Interkerklike vrouebyeenkomsDie Malmesbury Interkerklike Vrouebyeenkoms

vind op 14 Mei om 19:30 plaas by die Methodiste Kerk in St Thomasstraat, Malmesbury.

Die gasspreker is Latitia Frank. Almal is welkom om ‘n aand van geesteklike verryking te kom.Skakel Elaine Walker by 022 4824782 vir navrae.

Lida en Johan Botha16 Mei - Die Malmesbury Museum bied ‘n sop en sjerrie-aand aan om 18:30 met

LIDA EN JOHAN BOTHAKaartjies R50 - Kontak Lyn by die museum

022-482 2332 of 072 753 0740.

Museumdag19 Mei - Internasionale museumdag

Darling Museum deel in die vieringe van internasionale museumdag van 10:00 tot 14:00

met tradisionele handwerk soos die maak van botter en alle tipes kaas met outentieke

gereedskap en die spin van sybokhaar met ‘n antieke spinwiel. Daar is aktiwiteite te kus en keur, soos historiese wandelinge, demonstra-

sies van olyfolie en olyfprodukte, leer- en kwilt-produkte, ‘n kattebakverkoping en ‘n groot

verskeidenheid heerlike eetgoed.Skakel Dianne by 022 492 3361 vir inligting.

Speelkasteel Dans19 Mei - ACVV speelkasteel hou ‘n dans in

die stadsaal; 18:30 vir 19:00.Bring eie eet & drinkgoed, borde en glase;

Kaartjies kos R75 per persoonKom geniet die aand saam met ons!

Skakel Elrien vir navrae by 076 960 4634.

PPC Riebeek BergmarathonThe annual PPC Riebeeck Bergmarathon

this year celebrates its 27th anniversary on 28 July 2012.The marathon is a 42.2km run in the Riebeek Valley, while the more leisurely 21.1km, 10km and 5km fun runs

for the less seasoned athletes. To enter visit www.championchip.co.za

and more info at www.ppc.co.za

Page 9: die courant 09 Mei 2012

99 Mei 2012 courantcourantkos en nuus

Moedersdag Ontbyt Bederf

Smaaklik

Bederf jou moeder so!!Bestanddele:

8 klaar voorbereide plaat-koekies250g repies spek2 - 3 groot ryp tamaties in dik skewe gesny1 houer mascarpone kaas‘Balsamic reduction’Metode:Braai die spekrepe tot bros.

Bak die tamatieskywe in die spek se uitgebraaide olie. Geur met sout en peper. Rooster die plaat-koekies. Bou ‘n toring van plaatkoekies, tamatie en mascarpone en garneer met ‘balsamic reduction’.

Karin Rabbets van die die Deli in die Checkers-sentrum op Malmesbury het hierdie week se heerlike Sampioen, kersietamatie en pesto-pasta voorberei. Besoek die Deli vir

heerlike tuisgebak, smaaklike wegneemetes. Darling Primary School’s Global

Schools Partnership

Above are Debbie Hamilton right with Vion Maneville left busy with some Grade R learners from Darling Primary.

Darling Primary School has set up a ‘Global Schools Partnership’ with Emma-ville Primary School which is in England, near Newcastle-upon-Tyne.

Initial contact between the schools was made in 2009 following conversations between Mary-Ann Schreuder and Bryn Juliana-Jones, a teacher and volunteer re-spectively at Darling Primary School. Bryn’s daughter, Debbie Hamilton, is a teacher at Emmaville Primary School and wanted to set up a partnership with a school in South Africa.

The partnership has been established to involve both schools in joint curricular projects which raise global issues such as recycling, saving water, conflict resolution

and our rights and responsibilities as glob-al citizens. Already, the children have been involved in making musical instruments from recycled materials and learnt about water around the globe including floods and droughts. As part of the project, the British Council have funded reciprocal vis-its. This week Debbie Hamilton has been visiting Darling Primary School and spend-ing time with the teachers and children.

In June, Beverly May, a teacher at Dar-ling Primary School will be visiting Emma-ville Primary School in England.

Both schools hope to share ideas, learn from each other, and continue to carry out projects and activities with the children over the coming months and years.

Chris Murphy en Philicus Olivier teken hulle boek tydens die Olyffees in die Riebeek-Vallei. ‘n 50 Blad-boek oor die geskiedenis, waarde en vreugde van die olyf is verlede week in die Vallei bekendgestel. Die skrywers van Picked, Pressed en Plated (Chris Murphy en Philicus Olivier), het dié ‘ode tot die olyf’ gevul met treffende foto’s en ‘n nader kennismaak met 15 bekende olyf-bakens in die Vallei. Chris en Philicus se foto’s van die eienaars van dié bekende bakens en hul gunsteling olyf-geregte, verleen ek-stra waarde tot die boek - ‘n ware ‘moet-hê’ op die olyf-liefhebber se rak!

Page 10: die courant 09 Mei 2012

9 Mei 201210 courant olyffeesRiebeek-vallei lok weer baie

na jaarlike olyffees

Nagenoeg 15 000 mense het die Olyffees die afgelope naweek in die Riebeekval-lei bygewoon, het ‘n woordvoerder, me. Darielle Robertson, gister gesê. Die orga-niseerders het wydlopende positiewe te-rugvoer ontvang, veral oor die aanpas-sings wat vanjaar aangebring is, soos die passtelsel. Die Olyffees het aktiwiteite in-gesluit op plekke soos Pulpit Rock, Alles-verloren, Huis Bergsig, Cafe Felix en dieRiebeekFunkyFreshMarket,Kloovenburg,Riebeek Kelder en Het Vlock Casteel.

Page 11: die courant 09 Mei 2012

11courant olyffees

Die Kas-teelberg Country Inn & Bistro het die naweek tydens die Olyffees kosdemon-strasies saam met Olive Pride aangebied.

Page 12: die courant 09 Mei 2012

9 Mei 201212 courant olyffees

Era Sappe bestaan reeds 14 jaar en het tot ‘n jaar gelede hoofsaaklik die Suid-Kaap (Knysna tot Worcester) voorsien van 100% vrugtesap, gefiltreerde water en bompy’s.

A.g.v. ‘n aanvraag vanuit die Wes-Kaap na Era Sappe se kwaliteit produkte, is die besluit in 2010 geneem om ‘n fabriek in Moorreesburg te open. Era Sappe Moorreesburg se deure het in 2011 geopen en vrugtesappe word gebot-teleer en versprei vanaf Moorreesburg. Die vrugtesappe is 100% en geen rietsuiker word bygevoeg nie. Die vrugtesap is beskikbaar in

10 verskillende geure en verkrygbaar in 4 verskil-lende groottes. Die geure is Orange, Mango Orange, Guava,Apple,ExoticPunch,Red Grape, Granadilla, Peach Apricot, Pine Orange en Mango.

Die Era Bompy is ge-maak van 100% vrugtesap met ‘n melkbasis en is baie gewild onder jonk en oud.

Gefiltreerde water word ook gebotteleer

nadat dit deur tru-osmose proses met UV be-ligting gefiltreer is.

Vir enige navrae kontak Jan Cronjé by 082 785 1810.

Era Sappe se Swartland-tak verjaar

Page 13: die courant 09 Mei 2012

139 Mei 2012 courant nuusUitslae

RugbyWesbank se eerste rugbyspan het

Vredenburgh die afgelope naweek met 27-22 geklop, terwyl Never Despair met 21-19 teen Moorreesburg verloor het. Darling het erg slae gekry toe Roses United hom met 65-0 afgeransel het. Abbotsdale het Piketberg met 10-6 ge-klop, Malmesbury het met 22-14 teen Citrusdal verloor en Hopefield het Por-terville met 68-10 geklop, terwyl Saron naelskraap met 23-22 teen Good Hopes gewen het.

GholfDie wenners van die naweek se be-

terbal-Stablefordkompetisie op die Mal-

mesbury-gholfbaan was E. Liedeman en E. J Liedeman met 48 punte. In die tweede plek was W. van Niekerk en A. Ackerman met44enderdeF.RoetsenM.Tautemet42 punte.

NetbalA-liga: Vredenburg A wen Porterville A

43-20 en Citrusdal A wen Malmesbury A 40-31. B1-liga: Langebaan A wen Citrus-dal B 46-12 en Velddrif A en Porterville B speel met 19-elk gelykop. B2-liga: Darling A wen St Helena A 40-20, Sea Harvest B wen Malmesbury B 47-28 en Eageleens A wen Porterville C 38-14. C-liga: West Point A wen Eendekuil A 20-13, Eendekuil A wen Langebaan C 19-3, Young Citerians A wen Citrus A 16-9 en Young Citerians A wen Velddrif B 23-19. D1-liga: SOS wen Eendekuil B 15-5, SOS wen Darling B 27-6 en Eendekuil B wen Young Citerians B 15-8. MANS: SOS wen Invincibles 26-16.

Jana Nel en Marno Crafford (links) van die Malmesbury-gimnastiekklub was onder die gimnaste van verskeie dorpe wat Saterdag hul slag gewys het op die Akro-gim-nastiek-kampioenskappe op Malmesbury. Bo is Jacques Olivier en Johane Steyn ook van Malmesbury.

Daniëlle Thompson van Laerskool Swartland se o.8A-netbalspan vang die bal teen Laer-skool Gimnasium, wat met 5-2 gewen het.

LINKS: Luhaque Jansen van Laer-skool Swartland se o.8A-span veg Saterdag op sy tuisveld om be-sit teen Laerskool Gimnasium. Die Swartlanders het hierdie wedstryd met 20-15 gewen.

Nazrana Dalvie van Laerskool Swart-land se o.11B-span in besit. Swart-land het die kragtmeting met 5-0 teen Laerskool Gimnasium verloor.

Page 14: die courant 09 Mei 2012

dienstedie courant9 Mei 201214 courant dienste

Carin Rabbets van Moorreesburg is ‘n geregi-streerde trauma-berader asook ‘n spelterapeut. Haar werk is om kinders, adolessente en vol-wassenes met emosionele probleme te help.

Geweld, misdaad en spanning is ‘n wesen-like deel van ons almal se lewens en dit gaan dikwels gepaard met intense traumatiese er-varinge. Dit is gebeure waarop mense nie voor-bereid is nie, nie oor genoegsame hantering-meganismes beskik nie en hiermee saam ook dikwels intense verlies en veranderinge ervaar. Vir hantering hiervan is berading nodig. Tydens berading word die persoon ondersteun deur ontlonting van die onmiddellike gebeurtenis, asook identifisering van emosionele bagasie ten einde die ware self te ontdek en só word die lewe geherstruktureer.

Carin is spesifiek opgelei in spelterapie (sy

het ‘n magistergraad in Gestalt Spelterapie) wat fokus op kinders (3-18jr) se emosionele pro-bleme.

Spelterapie verwys na ‘n wyse van terapie waartydens onder meer speel, teken, verf, stories en kleiwerk gebruik word om die kind te help om eie gevoelens te leer verstaan. Só word eie probleme geïdentifiseer en alterna-tiewe ontwikkel.

Hierdie terapie is veral geskik vir kinders met probleme soos lae selfbeeld, aanpassingspro-bleme, sosialisering, hantering van trauma en vrese, aggressiewe gedrag en aandagafleibaar-heid. Ouer-kind verhoudinge kry ook aandag. Die belangrikste ding wat kinders in hierdie tyd moet hoor, is ”Ek het jou lief en ek is hier vir jou”.

Skakel Carin Rabbets by 0827823565 vir kundige raad in jou omgewing.

Rabbets help met terapie

Page 15: die courant 09 Mei 2012

die courant159 Mei 2012 courant nuus

1km buite Malmes-bury. Koopkrag + Water ekstra. Kontak 083 384 8170 of 083 455 1112-----------------------------•PROPERTY SELLERS - R5900 - 4Slaapka-merhuis + Mo-torhuis,R6300 - 4Slaapka-mer + Dmh,R5500 - Be-sigheidsperseel te Hugenotestraat,R3900 - Be-sigheidsperseel te Hugenotestraat,R1900 - Eenman woonstel K & W ingesluit,R7400 - 4 Slaapka-merhuis + Mh & Swembad. Skakel ons kantoor by 022 487 1264-----------------------------•DU TOIT TRAILERS - Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggyback”, asook skaap spitbraai te huur. Kontak 022 482 1767 / 072 237 2349

•PROPERTY SELLERS - WESBANK R680 000 - Goeie area 3 Slaapka-merhuis, 2 Badk & Motorhuis.R580 000 - Goeie area 3 Slaapkamer-huis - Modern.

•INTENSIEWE DUITSKLASSE - Gedurende skoolvakansie of weeklikse klasse gedurende kwartaal. Afstandonderrig moontlik. Kontak Edith Rust 082 331 3853-----------------------------•BOEKHOU/ADMIN DIENSTE - Voorbere-iding van BTW, Deb-iteure, Krediteure, bankrekonsiliasies-inlees van inligting op Pastel. Salarisse

•PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosia-atberader ABBO/Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80

•SAAMRYGELEEN-THEID / SHARED DRIVING - Vanaf Malmesbury na Stel-lenbosch Maandag tot Donderdag. Werksure is 08h00 - 16h30 of 07h30 tot 16h00. Kontak Margaret na ure by 082 576 5133 of 022 482 2881-----------------------------•OPSOEK NA... - Welkom Meubels betaal harde kon-tant vir 2de handse goeie meubels, linne, breekgoed, winterklere (mans) skoene ens. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528-----------------------------•OPSOEKNAAFRI-KAANSE BOEKE - As versamelstukke, byvoorbeeld vroeër reisigers na die binneland van SA. Kontak Stefan du Toit 083 226 0828

•TE KOOP - 1xCrazyfit masjien elite @ R3500, Whirlpool skottelgoedwasser @R2000,1xBerninanaaimasjien in Kabi-net (groen model) [email protected] kombuisstoele @R100elk,2xvoël-hoekke @ R40elk. Alles ohb. Kontak 082 428 1061-----------------------------•EGTE LEER MANS-SKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15) . Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max0832758266

•PUIK 2005 TOYOTA CAMRY 2.4 XLI - Te koop. Volhuis. Splinternuwe bande. Skakel 082 573 6627

•STOORPLEK TE HUUR - 9x11m.R2000pm. Kontak 082 366 7309-----------------------------•RUIM PLAASHUIS TE HUUR - Ongeveer

Dienste Services 12

GesoekWanted 2

Te Huur To Let 7

Te koopFor sake 4

Alge-meen 1

Voertuie te koop 5

en lone op VIP-Pay-roll. Kontak persoon: Eileen Basson 082 373 0220-----------------------------•HABITAT LAND-SCAPE ARCHITECTS & ENVIRONMENTAL PLANNERS - Visit our website for more information www.habitatdesign.co.za Contact Stefan du Toit 083 226 0828 or email: [email protected]•TOP CARPETS EN BLINDS - Teëls, matte, laminering, blindings en vinylv-loere. Gratis kwota-sie en professionele diens. Skakel 022 482 2100-----------------------------•VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwotasies. Skakel 083 227 5937-----------------------------•DIENSTE GELEWER - Vervoer van meu-bels, verwydering van bourommel en tuinvullis, afsaag van bome en die afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336-----------------------------•WIL JY DALK IETS OUDSKOOPOFVERKOOP? - Skakel of kom besoek dan gerus die Negosikas. Op die hoek van Hill en Vrede-straat, Malmesbury. Skakel 022 487 2601-----------------------------

Eiendom-me 8

Betrekking beskikbaar17

•ABC PARTYTJIES - Kinder-temapar-tytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersui-ker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, [email protected] of www.abc-partytjies.weebly.com

•BEMARKINGSVER-TEENWOORDIGER: SWARTLAND EN WESKUS AREA - Top Carpets benodig die dienste van ‘n self-gemotiveerde, en besigheidsgeorien-teerde persoon met ‘n passie vir bemark-ing. Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende beskik: - Bemarkings- en Verkoopsvaar-dighede- ‘n Geldige lisensie asook sy/haar eie betroubare vervoer.‘n Basiese salaris plus kommissie word aangebied.FaksuCV vir Aletta Cronje by 022 482 2200. Die sluitingsdatum is 18 Mei 2012. ----------------------------•WAITERS / KEL-NERS - Benodig by Malmesbury Sabino Canyon Spur. Skakel 022 487 1511

Kontak ons gerus om hier te adverteer

by 022 487 3221

mini gigs & dienste

Page 16: die courant 09 Mei 2012

diecourantag

terb

lad

9 Mei 2012

swartland en weskus

Tiere troef Despair

Knortjorre op Malmesbury brul

vir oulaas

In ‘n baie spannende rugbywedstryd op Moorreesburg het die span van die Moorreesburg-rugbyklub net-net daarin geslaag om Never De-spair van Malmesbury met 21-19 te klop.

Trevor van Wielies voer hier ‘n laag- vat uit op die aanstormende Arthur

Adonis van Moorreesburg. Links is Never Despair se Lezandro

October en Sherwin Dyson. Moorreesburg het rustyd 16-8

voorgeloop. Alhoewel Never Despair in die doodsnikke van die wedstryd op Moorreesburg se doellyn geboer het, was die verdediging rotsvas.

Die jaers het mekaar behoorlik opgekeil op die seisoen se laaste knor-tjor-byeenkoms op Malmesbury. Verskeie klubs het kragte gemeet en ‘n groot aantal toeskouers het die jaers geesdriftig aangemoedig.

Brandon Botha van Hoërskool Swartland word voor- gekeer deur rugbyspelers van Hoërskool De Kuilen van Kuilsrivier. Swartland se o.15-span het die wedstryd naelskraap met 10-12 verloor. Links is An-drin Peck van Swartland wat nader draf om sy span-maat te ondersteun.

Hoërskool Swartland val

net-net vas