Upload
anneke-van-der-walt
View
249
Download
26
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Â
Citation preview
Webwerf: h! p://www.gksa.org.za/
Redaksie, Bemarking en Administrasie
Posbus 20008, Noordbrug 2522
Tel. (018) 297-3986/7/8/9
Faks: (018) 293-1042
E-pos:[email protected]
(ar" kels, briewe ens.)
Tydskri# [email protected]
(Intekening, rekeningnavrae)
(boekbestellings ens.)
Redaksie
Dr. CN van der Merwe (redakteur)
Mev. J Fourie
Prof. DF Muller
Dr. JA Kruger
Dr. J Lion-Cachet
Dr. RM van der Merwe
Uitleg en tegniese versorging
Joey Fourie
Advertensies en kleinadvertensies
Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du
Plessis: tel. (018) 297-3989.
E-pos: [email protected]
Intekengeld
11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW
ingesluit): R218.00
11 Uitgawes per jaar
(haal by Admin Buro af): R145.00
11 Uitgawes per jaar
(groepsintekening): R204.00
11 Uitgawes per jaar
(Ontvang elektronies): R145.00
Intekengeld word jaarliks aangepas.
Intekening moet skri# elik of telefonies deur die
intekenaar gekanselleer word.
Maak tjeks uit aan:
Die Administra" ewe Buro
Eienaars en uitgewers
Deputate Kerklike Tydskrifte van die Gere-
formeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008,
Noordbrug 2522.
Drukkers
V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462
Menings uitgespreek in ar" kels verteen-woordig
nie noodwendig dié van die Re dak siekommissie
nie. Tensy anders vermeld, word die hoof ar" kels
deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou
hom die reg van plasing van bydraes, asook die
redigering, verkor ting en/of ver wer king van
bydraes voor.
JAARGANG 116, NO. 3268 -
MEI 2013
1 VAN DIE REDAKTEUR
Is alle beveiliging selfsug?
2 UIT DIE WOORD
God is die groot Beeldhouer
in jou lewe
4 REDAKSIONEEL
Wat doen ons met
Pinkster?
6 HOOFARTIKEL
Verbond en verkiesing
8 BRANDPUNT
Die sonde in watte verpak
FOKUSARTIKELS
10 God alleen moet gedien
word
12 Christene moet, soos
Christus, dien
14 Of julle dan eet, of drink, of
enigiets doen ...
16 Die wet van God ... riglyn
vir jou diensbaarheid
DISKUSSIE-ARTIKEL
18 Die uitdaging van 'n nuwe
ateïsme
BESINNING
21 Dit gons rondom mev.
Dominee
23 Romantiek van 'n afskaaltyd
ANDER
25 Kerklike ditjies en datjies uit
Europa (2)
28 Genade onbeskryfl ik groot
31 Museum-Nuus
32 Argief-Nuus
33 Tjaart van der Walt-
gedenklesing en dinee
34 Energieke emeriti!
Meestersgraad in Praktiese
Teologie
36 Ladysmith is trots op
skoolhoofde
IN DANKBARE HERINNERING
35 Ds. Jan Carel Erasmus
37 Personalia
Wel en Wee
38 Lief en Leed
Op die Kerkwerf
40 Kleinadvertensies
JAARGANG 116 NO 3268
D
1
B
2
2
A
2
2
3
3
4 DIE KERKBLAD Mei 2013
Redaksioneel
Die Christelike Kerke vier in Mei 2013 twee feesdae: Hemelvaart (9
Mei) en Pinkstersondag (19 Mei). Kruisiging, begrafnis, opstan-
ding, hemelvaart kan eers ten vollle verstaan word as daar op
die betekenis van Pinkster as die kroon van die Christelike feesdae gelet
word. Pinkster word die kroon van die Christelike feeste genoem.
Pinkster is ’n begin wat terselfdertyd die einde waarborg. Dit is die
begin van die periode tussen Hemelvaart en Wederkoms. Getuienis van
die volheid in Christus. Wie in Christus glo, soos die Skrif sê: “Strome
lewende water sal uit sy binnenste vloei” (Joh. 7:38). Hiermee het Christus
na die Heilige Gees verwys, want die mense wat tot die geloof in Hom
kom, sou die Gees ontvang.
Beleef Pinkster as ’n abstraksie
Wanneer dit oor Pinkster gaan, moet ons dan met krummels van die
Here se tafel en met druppels van sy Gees tevrede wees? “Uit sy oorvloed
het ons almal genade op genade ontvang” (Joh. 1:16). Hy sê: “Ek het
gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed” (Joh. 10:10b).
“Aan Hom wat deur sy krag in ons werk, magtig is om oneindig meer te
doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur
ons verbondenheid met Christus Jesus” (Ef. 3:20-21).
Dit is jammer dat Pinkster vir vele Christene in 2013 ’n fees geword
het waarmee hulle die minste weet wat om te doen. Met Pinkster staan
jy eintlik verleë. Kersfees laat jou jubel en sing saam met die engele van
die koms van die Messias, en jy
kan lofprysend en dankend aan
die Kersaktiwiteite deelneem.
Goeie Vrydag bring jou by die
werk likheid van die kruis en die
graf op die koorwysie van ’n ora-
to rium. Hemelvaart laat jou na
die oneindige vertes van die lug
en wolke kyk en jy visualiseer hoe
Jesus Christus liggaamlik verder
en verder die hemelhoogtes in
deur die verdiepings van wolke
in hemelse heerlikheid opgaan
(Hand. 1:9). En dan kom Pinkster
en jy beleef dit as ’n abstraksie.
Dit is vir jou ’n afgetrokke begrip
wat net in die gees bestaan en nie
in die werklikheid beleef word nie.
Eintlik weet jy nie regtig raad met
Pinkster nie.
Heerlike realiteit
In die Bybel kom Pinkster aller-
mins sleg daarvan af. Die krag van
die Heilige Gees word beskryf as
Mei 2013 DIE KERKBLAD 5
Redaksioneel
’n heerlike realiteit, in sowel die
per soonlike as die gemeentelike
lewe. Die ervaring en belewing
van die volheid van die genade
was konkreet in die gemeente in
die Nuwe Testament. Dit was nie
’n vae gegewe of ’n mistieke ge-
beure nie. Dit was die werklike
ont vangs van God se dinamiese
krag in die Persoon van die Heilige
Gees.
Onbillike kritiek
Wanneer jy in ons tyd die
Pink ster gebeure beklemtoon,
bots jy soms teen onbillike kri-
tiek wat hierdie aspek van die ge-
loofs lewe aan die charismatiese
denke koppel. Jy word beskou
as oorgeestelik en ’n geesdrywer
van oppervlakkige aard. So asof jy
vol soet wyn is (Hand. 2:13).
Pinkster is egter geen luukse
nie. Inteendeel, dit is noodsaaklik.
Die ontvang van die Heilige
Gees is ’n bewuste saak en nie ’n
vanselfsprekendheid wat jou ou-
to maties by jou doop of by die
be kering ten deel val nie. Bekering
is as gevolg van die inwerking van
die Heilige Gees wat nie dieselfde
is as die inwoning van God se
Gees en die vervul word met die
Gees nie.
Die gevolge van Pinkster
Die ontvang van die Heilige
Gees het gevolge. Die vernaamste
is getuie wees in die wêreld (Hand.
1:8). Baie mense staan negatief
teenoor getuienis. Hulle beskou
dit as ongesonde aktivisme en
werkheiligheid. Hulle maak daar-
van ’n eensydige aktiwiteit van
die mens waarin hy homself wil
ver heerlik. Getuienis is egter ge-
hoor saamheid deur God se werk
in jou. In die eerste Christene brand die Pinkstervuur, waardeur hulle
bewoë was oor die massas wat God nie ken nie. Hulle sprankelende
geloof het in bruisende sendingaktiwiteit sigbaar geword. Christus het
nie verniet gesê dat strome lewende water uit hulle binneste sal vloei nie
(Joh. 7:38).
Dit sê Christus van die Pinkstergees. Hoe dor, lou, negatief en leweloos
kan ons staan teenoor die Pinksteropdrag. So asof ons nie weet wat
om daarmee te doen nie. Ons dorheid en doodsheid wil God in frisheid
en entoesiasme verander. Ons dorre, doodse, negatiewe en aksielose
toestand verdwyn deur die volheid van die Heilige Gees, en geloofsmoed
en geloofsentoesiasme kom in die plek daarvan. Ons vlees bring geen
godsvrug voort nie. God wil ons maer en skrapse ervaring van Pinkster
deurbreek en Self in sy heerlikheid in ons harte woon.
Persoonlik ervaar
Goeie Vrydag en Pase toon dat Jesus vir ons tot sonde gemaak is,
sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek word
(2 Kor. 5:21). Met Pinkster wil die Heilige Gees in ons kom woon en deur
ons heen die wêreld bereik en bewys dat die wêreld aan sonde skuldig
is, en dat die reg aan die kant van die gelowiges is, en dat die oordeel al
gekom het (Joh. 16:8). Pinkster moet ons persoonlik ervaar, daaraan deel
hê in gehoorsaamheid en oorgawe.
’n Pinksterlewe
Ons moet ook as kerke, gemeentes, Pinkster belewe. Dan gaan die
Ge re formeerde Kerke in Suid-Afrika gesamentlik en elke lidmaat in di vi -
dueel vurig van gees die Here dien in entoesiastiese getuienis! Die ge-
volge sal nooit deur die seën van die Here uitbly nie Dit beteken:
Die liefde van God is in ons harte uitgestort, want die liefde is die
vrug van die Gees (Rom. 5:5; Gal. 5:22; 1 Kor. 13).
Deur die krag van die Gees is ons getuies in die wêreld, daartoe ge-
dring deur die liefde van Christus (Hand. 1:8; 2 Kor. 5:14).
Deur die krag van die Gees groei ons in die geloof, dit is heiliging (1
Tess. 4:1-8).
Ons moet ywer na alle gawes van die Gees (1 Kor. 12:31; 14:1).
In alles kom ons onder die besef van hoe oorweldigend groot die krag
van God is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige
werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die
dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het
(Ef. 1:19-20).
Dan belewe en vier ons in 2013 ’n egte Pinksterfees. Dit is nie beperk
tot die aktiwiteite van Pinkstersondag, 19 Mei, nie, maar deur die Heilige
Gees word dit in ons harte die verlange om Hom te dien in heiligheid en
geregtigheid voor sy aangesig “al die dae van ons lewe” (Luk. 1:75) in die
wêreld waarin ons staan. CNM
8 DIE KERKBLAD Mei 2013
Brandpunt
In die briewekolom van ’n gesinstydskrif enkele
weke gelede is daar gedagtes gewissel oor die
kwes sie van sensitiewe taalgebruik. Dit het gegaan
oor die manier waarop verwys word na iemand wat
sy eie lewe geneem het. Om daarna as “selfmoord”
te verwys, skryf een korrespondent, is darem baie
onsensitief; praat liewer van “selfdood”. Nee, skryf ’n
volgende een, ook “selfdood” is te erg; sê liewer dat
die persoon sy of haar “stryd teen depressie verloor
het”. Alles goed en wel, skryf ’n vrou wat haar man
onlangs op hierdie wyse verloor het: noem dit wat jy
wil – dit verander egter niks aan die harde en wrede
werklikheid vir almal wat daarby betrokke is nie.
Nou gaan dit nie in hierdie Brandpunt-artikel
oor die saak van selfmoord nie. Dít sou inderdaad
’n onderwerp wees waaroor met groot kundigheid
en sensitiwiteit gehandel moet word. Wat wel hier
aan die orde is, is die kwessie van sogenaamde sen-
sit iewe taalgebruik. Sensitiewe taalgebruik is iets
waarop daar dikwels en feitlik orals aangedring word.
In plaas van “dowes” en “blindes” moet eerder van
“gehoor- en gesiggestremde persone” gepraat word.
Na “werkers” en “arbeiders” moet liewer verwys
word as “werknemers”. Moet liewer nie die woord
“prostituut” gebruik nie; praat liewer van ’n “seks-
werker”; en gebruik die mooier benaming “sek suele
immoraliteit” eerder as platvoerse woorde soos “eg-
breuk” en “hoerery”. So word ook aangedring op
“sag ter” woorde waarmee bedelaars, boemelaars,
alko holiste en dwelmverslaafdes beskryf moet word.
Natuurlik is kwetsende en beledigende taal iets
waar aan geen mens hom of haar skuldig mag maak
nie. In die sesde gebod word enige sulke taalgebruik
verbied. Volgens Sondag 40 van die Heidelbergse
Kategismus eis die sesde gebod dat ek nie iemand
anders mag “onteer, haat, beledig of doodmaak nie.
Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare
doen nie, nog minder met die daad”.
Dit word egter al duideliker dat sensitiewe taal-
ge bruik eintlik iets anders wil voorkom as net bele-
di gende en kwetsende taal. Sensitiewe taalge bruik
kom eintlik daarop neer dat die gevolge van die
sonde sagter voorgestel word as wat dit is. Son dige
praktyke soos prostitusie, egbreuk, hoerery, dron-
kenskap, moord, bedrog, luiheid, ensovoorts, moet
liewer nie meer by die naam genoem word nie, maar
moet sagter voorgestel word. Ook die harde werk-
likheid van hierdie in-sonde-gevalle-wêreld moet in
watte verpak word. Die gevolge van die sonde wat
deel van ons almal se bestaan is, moet so bietjie
witgeverf word: Siekte, ook siekte van geestelike
aard, onbekwaamhede, tekortkominge en gebreke
word dikwels met ’n lang ompad beskryf, net sodat
dit nie reguit gesê hoef te word nie. Dit geld ook vir
menslike eienskappe en verskille tussen individue,
geslagte, volke en rasse. Ons moet liewer maak of dit
nie bestaan nie.
Dit is moeilik om vas te stel wat alles agter hierdie
beweging sit, maar een ding is seker: enige poging
om die sonde of die gevolge van die sondeval te
ontken of te versag of te verswyg, hou ’n groot gevaar
vir die Christen se geloofsgroei in. Ten diepste kom
so ’n ontkenning neer op dit waarteen 1 Johannes
1:8 waarsku: “As ons beweer dat ons nie sonde het
nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons
nie.” So bely ons ook in die Kategismus dat ons moet
weet hoe groot ons sonde en ellende is voordat ons
enigsins kan begryp hoe nodig ons die verlossing het
wat daar in Christus is (vgl. Sondag 1).
Ook vir die uitdra van die evangelie is dit nodig
dat die wêreld die harde werklikheid van die gevolge
van die sonde moet besef. Om die sonde en die
gevolge daarvan sagter voor te stel as wat dit is,
sal juis liefdeloos wees teenoor ’n mensdom wat in
onkunde leef oor hoe nodig die redding van Christus
is. Die liefde eis juis dat die wêreld oortuig word
Prof. GJC (Jorrie) Jordaan (Teologiese Skool)
Mei 2013 DIE KERKBLAD 9
Brandpunt
van sonde, en die eis om God se geregtigheid te
doen, en die waarskuwing van die komende oordeel.
Daarvoor, vir hierdie oortuigingswerk, sê die Here
Jesus in Johannes 16:9-11, stuur Hy die Heilige Gees
as Trooster na die wêreld toe. Sal ons dan die werk
van die Gees met ons verpakkingsmetodes probeer
inperk?
Waarskynlik die ergste gevolge van sonde wat in
watte verpak word, is dat die mens daardeur probeer
om sy eie “hemel op aarde” te skep. Met versagtende
taalgebruik maak die mens homself wys dat die
wêreld en die mensdom nie so ß enters is as wat dit
lyk nie. Alles is eintlik goed en met almal gaan dit tog
wel. Wat dit eintlik sê, is: Ons het nie nodig dat die
Here kom om sy skepping te kom herstel nie. Ons
praat dit sommer reg met ons woorde. Kortom: ons
het die hemel nie nodig nie.
Dit alles kom egter neer op een stuk selfbedrog. In
Romeine 8:20-21 word die harde werklikheid gestel:
“Die skepping is nog aan die verydeling onder-
worpe” en sien met gespanne afwagting daarna uit
om “bevry te word van die verslawing van die ver-
ganklikheid”. En die gelowiges, ja, ook ons sug saam
met die skepping, want ons kyk met oop oë na die
gevolge van die sonde waaraan ons in hierdie lewe
onderwerp is en waarteen ons elke dag moet stry.
Ons stel dit nie sagter voor as wat dit is nie. Romeine
8:23 sê: “Ons sien daarna uit dat God sal bekend
maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy
sal ons van die verganklikheid bevry.”
Met oop oë vir die harde werklikheid waarin
ons ons bevind, is ons oë ook gedurig gerig op die
heerlikheid wat kom. Paulus skryf in Romeine 8:18:
“Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou
moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat
God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.”
Kom ons kyk reguit en eerlik na onsself en die wê-
reld om ons, sonder om die sonde waaraan ons uit-
gelewer is, op enige manier te probeer verbloem. Dan
sal ons ook met groter blydskap die evangelie van
Jesus Christus omhels en met opgewonde afwagting
na die wederkoms van ons Here uitsien. DK
12 DIE KERKBLAD Mei 2013
Fokusartikel
Christene moet, soos Christus, dien
Ds. HJJ (Hentie) Krüger (Bultfontein)
Toe ek die eerste keer die opskrif van die artikel gelees het, het
ek gedink dit is nie moontlik om hieroor te skryf nie. Christus se
dienswerk het onder andere daarin bestaan dat Hy mens geword
het, ter wille van mense, en dat Hy die enigste waardige offer was wat
vir God aanneemlik was. Hy moes as God-mens aan ’n vloekhout vir ons
sondes sterf sodat ons weer in die regte verhouding met God kan staan.
Ek dink ook nie dat ek in hierdie twee of drie sinne naastenby reg laat
geskied aan wat sy dienswerk alles behels het nie. Persoonlik dink ek ook
nie dat Christus bloot net ’n navolgenswaardige voorbeeld was nie, dit
sou myns insiens sy goddelikheid aantas. Omdat ek as skrywer net tot 1
300 woorde beperk is, gaan ek hiermee volstaan.
Ek vat toe maar die spoor van die Heidelbergse Kategismus, Sondag
21, vraag en antwoord 55, wat leer dat ons as gelowiges, almal saam
en elkeen afsonderlik, lede van die Here Christus is, en dat ons (die
gelowiges) almal saam en elkeen afsonderlik gemeenskap met Hom het
en ook aan al sy skatte en gawes deel het.
Dan volg die opdrag wat in die belofte van die eerste deel van ant-
woord 55 ingebed is: gelowiges (hulle wat in ’n ware en lewende ver-
houding met die Here) staan, is verplig om hulle gawes gewillig en met
vreugde tot nut en saligheid van die ander lede aan te wend.
Christene, moet soos Jesus Christus, dien – Johannes 13
So dikwels is mense se liefde bloot ’n praat-liefde. Jesus het in Johan-
nes 13 nie baie gepraat nie. Die dissipels het baie gepraat. Hulle het
by voorbeeld by monde van Petrus vir Jesus van hulle onfeilbare liefde
ver seker: “Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood
in te gaan” (Luk. 22:33). Intussen stry hulle op daardie oomblik oor wie
van hulle die belangrikste dissipel is. Op daardie tydstip het hulle nog
net oor liefde gepraat.
Menslikerwys was Johannes 13 se maaltyd gedoem, want almal wat
daar was, was in hulle eie oë baie belangrik. Niemand was klein genoeg
of bereid om voete te was nie, ek wonder of hulle ooit daaraan gedink
het. Niemand het lief genoeg gehad om liefde te doen nie. Jesus het
egter niks gesê nie; net gedoen. Hy het die voete van almal gewas wat
so groot in hulle praat en so klein in hulle doen was. Toe Jesus later in die
tuin van Getsemane gevange geneem is, het Petrus weliswaar Malgus se
oor afgekap, maar daarna, so lees
ons in Markus 14:50, het ALMAL
voet in die wind geslaan.
Wanneer ons as Christene
soos Christus wil dien, dan
moet ons onthou: Liefde is nie
’n selfstandige naamwoord nie,
maar ’n werkwoord; nie ’n gevoel
nie, maar ’n daad; nie ’n toestand
nie, maar ’n pad – wat geloop
moet word.
In hoe ’n mate is ons diens-
baar?
Baie mense in die kerk (sonder
om te veralgemeen) ly ongelukkig
aan “geestelike Anorexia Nervosa”.
In leketaal is dit ’n eetversteuring
wat gekenmerk word deur self-
uit hongering en ’n onvermoë om
’n normale gewig te handhaaf.
Per sone wat aan Anorexia ly, toon
gewoonlik drastiese gewigsverlies
en weeg beduidend minder as
die normale verwagte gewig vir
hulle liggaamsbou, ouderdom
en lengte. Lyers van hierdie baie
ernstige siekte beperk gewoonlik
hulle energie-inname deur baie
min te eet en/of kos te eet met
’n baie lae energiewaarde. Op
geestelike gebied doen ons
(weereens sonder om te veralge-
meen) presies dieselfde: ons hon-
ger onsself uit; ons beperk ons
“ener gie-inname” deur die Woord
van God so min as moontlik te
lees en te bid.
Mei 2013 DIE KERKBLAD 13
Fokusartikel
In aansluiting daarby pas ons
Westerse samelewing, wat deur
individualisme gekenmerk word,
ons eintlik soos ’n handskoen.
Agter ons hoë heinings en mure
leef ons net vir onsself. On af hank-
likheid is vir ons baie be langrik.
Die (ongeskrewe) reël lui: Elkeen
vir homself, en die duiwel vir die
res. Daarom moet jy alles uithaal
om bo uit te kom, om te presteer,
al beteken dit dat jy in die proses
op ander moet trap. Dit is immers
’n kwessie van oorlewing van die
sterkste. Dien soos Christus …is jy
ernstig?
Sien, Christus het nie net in
die “kerk” van sy tyd gewerk nie.
Straat vroue, tollenaars en nog
baie ander, wat om watter redes
ook al nie in die samelewing van
destyds aanvaar was nie, was deel
van sy bedieningsveld. Waar laat
dit ons? Moet ons nou bordele
en casino’s invaar om te kan dien
soos Christus gedien het? Ek dink
nie noodwendig so nie, maar ons
behoort élke dag te lewe soos
mense wat in Christus is.
Dit het my weer laat besef: in
af hanklikheid van die Here moet
ons Hom vra om ons elke dag
(soos ons kleintyd gesê het) ’n
“hous pyp” te maak. Sommer net
’n ordinêre “houspyp”, wat gereed
lê in sy tuin … ’n “Houspyp” – wat
tevrede is om dag na droë dag ’n
kanaal te wees vir God se strome
van lewende water. Dat ons die
Here moet vra om ons oë oop
te maak vir verwelkte mense wat
ver skroei in die wind!
Briewe van Christus
Dit is toe ek aan die “houspyp”
dink dat Paulus se woorde
in 2 Ko rintiërs 3:2-3 by my opkom. Daar skryf hy: “Julle is self ons
aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te
verstaan. Dit is tog duidelik dat julle ’n brief van Christus is, deur ons
diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God,
nie op klip nie, maar op die harte van mense.”
Ons is ’n lewende briewe wat almal elke dag, waar ons ook al gaan,
gelees word. Dit beteken dat Christus deur en op en in ons lewe kenbaar
en leesbaar moet wees. As mense hierdie “brief” van Christus lees,
dan moet hulle Christus in ons dienswerk raaksien. Soos Christus in sy
dienswerk die wil van sy Vader gedoen het, moet ons as lewende briewe
weg van onsself na Christus toe wys. Hy moet meer word en ons minder.
Ons wil tog so graag ons eie voortreß ikhede uitstal – as dit ons houding
sou wees, dan dien ons nie soos Christus nie!
Dink bietjie aan jouself asof jy ’n sakrament is, asof jy ’n teken is wat
Christus wil gebruik om mense te herinner dat sy beloftes ook vir hulle
bedoel is. (Ek is deeglik bewus van die feit dat hierdie ’n uiters gebrekkige
beeld is – daar is net twee sakramente, die doop en die nagmaal, wat God
self ingestel het. Ek wil gewoon met hierdie gebrekkige beeld probeer
il lustreer dat Christene soos Christus moet dien – asseblief, ek wil nie
aan stoot gee nie.)
Om ons weer in die regte verhouding met God te bring, is Jesus se
liggaam gebreek en sy bloed vergiet. Dit word elke keer by ons ingeskerp
wanneer ons Nagmaal vier. Ons het die verantwoordelikheid om te sorg
dat ons moeite doen om ons verhouding met die lewende Here in stand
te hou; die formulier wys ook daarop dat ons ons verhouding met ons
naaste onder die loep moet neem. Die een kán nie sonder die ander nie,
roep om die ander, vloei oor in die ander. Ons verhouding met God en
ons naaste is ten nouste aan mekaar verbind.
In aansluiting by die vorige twee paragrawe – ek het gelees van
Overduin, ’n Hollandse predikant, wat leraar van ’n “goeie” gemeente
was. Die offers was mild en die boeke Þ nansieel gesond. Een nag is
Overduin uitgeroep na die sterfbed van ’n buitekerklike man. “Het jy al
van God gehoor?” vra Overduin hom. “Ja, dis ’n vloekwoord,” antwoord
die man. “Weet jy wie Jesus is?” probeer Overduin weer. “Dit is ’n beeldjie
in ’n kerkgebou.”
Die man – het Overduin later vasgestel – het jare lank skouer aan
skouer saam met ’n diaken uit sy eie gemeente asook ’n lidmaat van die
Rooms-Katolieke Kerk gewerk … Die Sondag daarop het Overduin vir
sy gemeente gesê: “Julle is sulke gawe mense. Maar julle is sulke wrede
mense …”
Nie een van ons kan in hierdie dae van vandag bekostig om agteroor
op dekstoele soos op ’n passasierskip te sit nie. Kom ons doen moeite
en streef daarna om te dien soos Jesus gedien het. DK
18 DIE KERKBLAD Mei 2013
Diskussie-artikel
Die uitdaging van 'n
nuwe ateïsme
Dr. PP (Paul) Kruger (emeritus, Meyerspark, Pretoria)
Ons gebrek word ons voordeel
“En hierin erken ons die on-
meet like goedheid van God
wat ons gebrek tot ons voordeel
ge bruik.”
Wat ’n vreemde voordeel is dit
nie hierdie waarvan die kerkher-
vormer Johannes Calvyn hier praat
nie! Hy is besig om kommentaar
te lewer op 1 Korintiërs 2:10 – Aan
ons dan het God dit deur die Gees
bekend gemaak …
Hoe vreemd dit ook al klink,
hierdie woorde moet soos ’n ba-
nier-opskrif bokant ons staan wan-
neer ons vandag die uitda ging
van die nuwe ateïste tegemoet
tree. Ons swakheid, gebrek, is
immers dat ons menslike verstand
en rede totaal te “log” is om God
se geheimenisse te verstaan. Dit
is die verleentheid waarmee ons
in ons gesprek met ateïste sit –
’n yslike verleentheid! Maar, sê
Calvyn, “hoe onsekerder ons ver-
stand is, des te sekerder is ons
ge loof wat op die openbaring van
God se Gees steun”. Juis só ge-
bruik God óns verleentheid vir sy
ge leentheid.
Voorstedelike Afrikaanse Ateïs-
te
“Dawkins is vir die voorstedelike
Afrikaanse ateïs wat die apostel Paulus vir die vroeë Christene van Rome
was.” So sê die bekende skrywer, Dana Snyman, in ’n rubriek wat onlangs
in Afrikaanse koerante verskyn het. Die Dawkins waaroor hy dit het, is
natuurlik die bekende emeritus-professor van Oxford in Engeland. Hy
is, onder andere, die skrywer van ’n wydgelese boek: The God Delusion
(2006).
Volgens die rubriek van Snyman het voorstedelike ateïste hulleself ’n
rukkie gelede saamgesnoer in ’n vereniging met die ietwat rare naam:
“Vereniging van Voorstedelike Afrikaanse Ateïste” (VVVA). Een van die
eerste dinge wat hulle wil doen, is blykbaar om hulle “apostel” na Suid-
Afrika toe te nooi.
Nuwe ateïste
Die ateïsme waarmee ons hier te doen het – daaroor moet ons duidelik-
heid hê – is nie meer die ateïsme van vroeër nie. Van dáárdie ateïsme
kan, saam met die vooraanstaande natuurwetenskaplike en Christelike
teo loog, Alister McGrath, gesê word: “The tides of cultural shift have
left atheism beached for the time being …” Dit wil voorkom asof daar, in
Europa veral, ’n onbehaaglikheid met die dorheid en ekstremisme van
die vroeëre ateïsme ontstaan het (Onthou: Stalin, Mao Tse Toeng, Castro,
en waarskynlik Hitler ook, was almal voorste Godloënaars!) Sommige
ont leders praat van ’n soort godsdienstige “Ietsisme” (Something-ism)
wat daardie soort ateïsme verdring het. Mense se onversadigbare dors
na “Iets Hoërs word “geles” met ’n vae, swewende spirituele bewustheid
– natuurlik nie meer in tradisionele vorme nie. Die “Godvormige” holte”
(Sartre) in mense se innerlike moet mos op ’n manier gevul word!
Die ”nuwe” ateïste soos Dawkins en sy Afrikaanse en ander aanhangers
wil nou weer midde-in hierdie eb-tyd van die ou beweging ’n nuwe en
be sliste “Ja” laat hoor vir die stryd teen alles wat na God of godsdiens
sweem.
’n Bietjie meer humor, asseblief!
’n Kort bydrae soos hierdie is nie die plek nie – en die kundigheid
Mei 2013 DIE KERKBLAD 19
Diskussie-artikel
is uiteraard ook nie daar nie – om selfs net oppervlakkig in te gaan op
Dawkins se natuurwetenskaplike beskouings. Veral sy siening van Dar-
winistiese evolusie verg ’n baie indringende natuurwetenskaplike ont-
leding om tot ’n verantwoorde beoordeling te kom! Miskien mag ek
darem hier net aansluit by ’n “vertroostende gedagte” wat ’n bekende
Chris telike teoloog, Herman Bavinck, al in 1902 geuiter het (hierdie man
wat twyfel aan sy lyf ervaar het, is onlangs nog as ’n tragiese geloofsheld
bestempel). Pragtig sê hierdie man (ek onderstreep) “dat daar ook in
die grofste afdwaling nog ’n element van waarheid skuil, wat dit dra en
daaraan bekoring skenk.”
Só laat Bavinck ruimte vir “humor” – die lag met die traan (is dit nie
juis wat by ons Christene in ons houding teenoor ateïste, Moslems en
ander (regtig) andersdenkendes ontbreek nie?). Daar is immers niks hier
in ons gebroke wêreld wat nie deel het aan lig én duisternis, waarheid
én dwaling nie. Ook óns, wat ons enigste troos in lewe en in sterwe mag
bely, ken nog maar “ten dele”. Daarom moet ons nie te gou by iemand
soos Dawkins verbystap nie. Ons kan nog baie leer – ook van hom!
Geloof: Kalmeermiddel of palmboom in die wind?
“The God Delusion lê op die bedkassie langs my bed waar die Bybel
vroeër gelê het. En ek slaap rustiger as ooit.”
Dit is die ontboeseming van ’n selferkende lid van die VVAA in ’n
brief aan Beeld ’n tydjie gelede. Hoe hierdie opmerking ook al presies
bedoel is, dit ís regtig onthullend! Dit laat blyk dat die Bybel vir daardie
korrespondent in elk geval nie soveel “rustigheid” bring as Dawkins se
ateïsme nie. Om die waarheid te sê, dit lyk of Dawkins hom aan die
slaap sus, sodat hy geen las meer het van al die vrae waarmee “arme”
gelowiges – soos ek, en dalk jy ook? – nog worstel nie. Asof dit nie juis
eie aan die geloof is om met twyfelvrae te worstel nie!
Dit is die Kerkhervormer Calvyn wat ware geloofsekerheid – dit wil
sê: geloofsekerheid wat net in die misterie, die lewende, maar menslik
onpeilbare, beloftes van God rus vind – soos volg teken: “Dit is ’n
palmboom wat teen die aanslae (van die wind) stry en weer regop kom!”
Gee my persoonlik maar liewer so ’n (werklike, nie skynbare!) ónsekerheid
van die geloof as watter geloof of teorie ook al wat my aan die slaap
sus!
In hierdie soort geloof is daar geen sprake van ’n “rustigheid” wat die
diepste vrae van ’n mensehart vervlak asof daar geen wérklike probleme
is nie; in die trant van: Alles is mos maar net materie, stof. Dawkins gee
vir ons die antwoorde van die wetenskap. Moet jou nie weer deur die
Bybel onrustig laat maak nie. Dit bring jou tog net in verleentheid voor
vandag se wetenskaplikes (soos die eerste paragraaf hierbo uitgewys
het). Of – aan die ander kant – die “rus” wat sekere gelowiges soek: Bas-
ta! Ons Geloofsbelydenisse het klaar lankal ál die antwoorde. Bly weg
van enigiets wat jou “rotsvaste” (tradisionele) sekerhede aanveg!
Daarteenoor egter is wáre ge-
loofsekerheid “nie ’n soort seker-
heid wat nie deur vertwyfeling
ge raak word nie”. Gelowiges is
eer der “in ’n onophoudelike stryd
met hulle eie wantroue gewikkel”
(Cal vyn: Institusie 3.2.17). Met
groot reg praat McGrath daarom
van ’n “Dawkins Delusion” – net
soos Dawkins, op sy beurt, ’n
groot deel van ons tradisionele
kerklike geloof met reg as ’n “God
Delusion” ontmasker. Dawkins wil
mos alle vrae oor God en geloof
as misleidende vrae beskou.
Natúúrlik kan ’n mens dan in
só ’n windstilte (met Dawkins se
boek langs jou) rustiger slaap as
wan neer winde van aanvegting
rondom die oop Bybel jou as
palm boom gedurig heen en weer
skud om alle sekerhede van jou af
te skud – totdat jy, gestroop van
skyn sekerhede, gehawend weer
terug buig; en “know the place for
the Þ rst time”! (TS Elliot).
Onsekerheid in die nuutste we-
tenskap
Behalwe vir die misverstand oor
die “onrustigheid” wat wáre ge-
loofsekerheid teenoor die “seker-
heid” van Dawkins (en allerlei “fun-
damentaliste”) meebring, vergeet
hierdie dwepers-met-Dawkins
dat die núútste wetenskap (ná
Ein stein) self ook deurtrek is van
on sekerhede. Dis nie verniet dat
Rupert Sheldrake, ’n bekende na-
tuurwetenskaplike, verlede jaar
nog die soort benadering van
die nuwe ateïste Science Delusion
noem nie. Hy pleit met uitstekende
redes daarvoor dat die gesindheid
van onbevange ondersoek weer
uit die omknelling van Dawkins-
hulle se outydse, verengde mate-
ria lisme bevry moet word.
20 DIE KERKBLAD Mei 2013
Om nie meer te noem nie: die beroemde Rooms-
Katolieke vernuwingsteoloog, Hans Küng, bied, wat
my betref, ’n navolgenswaardig-beskeie maar ook
be sliste antwoord op al hierdie uitdagings. Hy wys
on weerlegbaar op die huiwering, onsekerheid, on-
opgeloste vrae wat na-Einsteinse wetenskaplikes
soms uit die slaap hou! Neem die VVAA kennis van
sulke werke – en nog baie meer? Of is hulle dalk
benoud dat hierdie eerlike óópmaak van vrae hulle
dalk net so sleg sal laat slaap soos die Bybel met sy
onopgeloste menslike vrae dikwels doen?
As jy hom begryp, is dit nie God nie
Vir ’n sinvolle gesprek met die voorstedelike Afri-
kaan se ateïste kan ’n mens eenvoudig één beroemde
vraag van Augustinus nie ontwyk nie. Met dáárdie
vraag boor jy die oppervlakkige vanselfsprekendheid
oop van ’n houding soos: “Ons weet mos wie God
is. Dis dan daardie tradisionele ‘God van die Weste’
wat ons nou hiermee afwys!” Met die vraag van Au-
gustinus gaan jy egter juis vir sulke mense die huidige
Diskussie-artikel
“ineenstorting van burgerlike teïsme” (Welker) in al
sy naaktheid ontbloot. Die vraag van Augustinus
lui : Wat het ek lief as ek U, God, liefhet? Ons kan
nie ingaan op die ontroerende manier waarop die
kerkvader beskryf wat alles vir hom nie die lewende
God is nie.
Miskien moet ’n mens net een vraag hier stel: Is die
god wat Dawkins as ’n misleiding (delusion) beskou,
die God wat ék liefhet (en wat Augustinus al liefgehad
het)? Dit beteken dat ek diep deurdronge daarvan
moet wees dat Hy Jahweh, die HERE, die Léwende God
is: die God van Abraham, Isak en Jakob; “nie die god
van Þ losowe nie” – soos die groot denker Pascal dit in
die 17de eeu uitgejubel het. Oor enige gesprek met
ateïste (of selfs ook met medegelowiges) behoort die
woorde van Augustinus steeds soos met neonligte te
ß ikker: “As jy hom begryp, is dit nie God nie (si com-
prehendes, non est Deus)!”
Van die hoogste belang is ook dat ons belydenis
van God as die Drieënige nie net – soos dit voorheen
dikwels gebeur het – as ’n regsinnige, koue leerstuk
as’t ware op papier erken word nie, maar dat God
juis só as die Groot Misterie van liefde, die Driëenige,
en alleenlik só, God is, “die God van my jubelende
blydskap” (Ps. 43:4).
Vir óns is daar maar één God
Afsluitend: indien my en jou God alleen maar
’n vae abstraksie is – ’n “Hoor-sê-God” soos Job sy
vroëer e belewing van God tipeer – dan kan Dawkins
dalk bydra daartoe dat ons op ’n louterende Jobsreis
vertrek! Ons Hemelse Vader kan dalk selfs Dawkins
gebruik – soos Hy op ’n stadium Kores gebruik het –
om jou en my te help bevry tot die belydenis: “Maar
nóú het my oog U gesien” (Job 42: 5).
Die wáre Paulus, die apostel van ons Heer (Kurios)
en Verlosser, Jesus Christus, behoort die VVAA en
ander te help om die sogenaamde gode van vandag én
in die Christelike tradisie (tereg) af te wys en die ware
God (opnuut?) te leer ken. In 1 Korintiërs 8: 5-6 roep hy
uit: “En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die
hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie
is wat ‘God’ en baie wat ‘Here’ genoem word, is daar
nogtans vir ons net een God: die Vader uit Wie alles is
en vir Wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus,
deur Wie alles bestaan en deur Wie ons lewe.” DK
Mei 2013 DIE KERKBLAD 21
Besinning
Hoe gebeur dit?
’N MENS VRA JOU AF hoe dit kan gebeur dat ’n huwelik wat tog
seker uit liefde gesluit is, so totaal kan skeeß oop – en dat ’n predikant
se vrou so beknel en beroof voel. Elke egpaar het tog wedersyds se-
kere aanpassings en toegewings om te maak – en dit wórd ’n “eie
le wensruimte”. Die skofwerker se vrou moet by sy ongemaklike werks-
tye aanpas; die boervrou moet haar lewe skik volgens haar man se
dag- en seisoenskedule. Dikwels het die vrou self ’n loopbaan met
ver antwoordelikhede en verpligtinge.
Ek het nie die skripsie gelees nie, maar vind dit vreemd dat dit
glo verwys na “oorlewingsmeganismes” (noodmaatreëls?) wat (mili-
tant?) help om “verskillende aspekte van hulle lewens terug te eis”, by-
voorbeeld om “sekulêre werk” (versus geestelike werk?) te doen waar
hulle “hulself kan wees” of hulle aan kerklike aktiwiteite te onttrek en
op hulle gesinne te fokus.
Die selfgesentreerdheid van die artikel is waarskynlik deel van die
probleem. Waar is die dominee in die “konteks waarin sy haar bevind”?
Is hy só veeleisend? Indien nie: Hoe kry hy in ’n lewe saam met so ’n
gemartelde die krag en besieling om sy ampswerk uit te voer? Hoe lyk
hulle huweliksverhouding? Het hulle mekaar nie voor die huwelik leer
ken nie? Het hulle nie afsonderlik en saam die Here “met blydskap”
(Ps. 100:2) gedien nie? Het sy onverhoeds in ’n onhoudbare situasie
beland? Hoe leef hy saam met die wete dat sy huweliksmaat eers
deur haar egskeiding en ses jaar se terapie kon afskeid neem van die
“konstruk ‘mev. Dominee’”?
’n Vroliker noot
’n “Mev. Dominee” is nie ’n uitsonderlike spesie nie. Hoe kan sy –
in terme van die artikel – eensaam voel omdat sy “nóg die dominee
self is, nóg ’n gewone gemeentelid”? Self ’n “predikantsvrou”, gaan
ek nie voorgee dat daar nie soms probleme en dikwels opofferings in
die pastorielewe is nie. Maar ek kan eerlik sê dat daar min dinge is/
was wat nie opgelos kon word binne ’n wedersyds ondersteunende
hu weliksverhouding en/of onderlinge liefde en vertroue tussen ge-
meentelede nie – en gedurige bewustheid van waar ons hulp vandaan
kom.
Dit gons rondom mev.
Dominee
Leona Venter (Pretoria)
In die By van Beeld 6 April
2013 dek die opskrif Mev.
Dominee ’n mistroostige
lading: die ervaring van ’n
predikantsvrou wat ses jaar
gelede van haar man geskei
is, (toe) weer hoop gevind het
en haarself as “’n oorlewende”
verklaar. Sy verwys ook na
’n 2003-skripsie van Chené
Swart oor “Women married to
Dutch Reformed Clergymen:
Narratives of pain, survival
and hope” – met klem op
die pynaspek. Die skripsie
voer volgens Suna Verhoef
(die geskeide vrou) aan dat
baie vroue wat met dominees
getroud is, eintlik “walking
wounded” is as gevolg van
’n verlies aan eie identiteit,
privaatheid, beheer van ’n
eie lewensruimte en tyd. Sy
het afgryse ervaar omdat die
kerkkalender die res van haar
lewe sou reël. Nog ’n geskeide
“mev. Dominee” beweer dat sy
vry voel deur ontslae te wees
van ’n lewe van skynheiligheid
en voorgee. (In die By van
13 April is daar diverse
kommentare op die oorwegend
negatiewe artikel.)
22 DIE KERKBLAD Mei 2013
Besinning
Werk in ons volgende (pas afgestigte) gemeen-
te onthou ons as ’n samebindende tyd van fondsin-
sameling vir die bou van ’n kerk en die aankoop van
’n orrel, saamlopend met die koms van ons kinders.
Ná agtien jaar is ons na ’n gemeente met ’n groot
aantal studente – en vir my was dit die geleentheid
om weer te studeer. Daarmee saam het ’n pos aan die
universiteit nuwe uitdagings en intensiewe beplan-
ning geverg. En altyd was daar belangstellende on-
der steuning en waardering vir dinge wat vir my van-
selfsprekend was – soos kennismaking met nuwe
in trekkers (by hulle huise).
Besin betyds
Die keuse van ’n lewensmaat is ’n lewensbepalende
oorweging. Die teologie-student of dominee wat met
sy hart en sy verstand ’n vrou “kies”, moet bid dend
saam met haar die konsekwensies oorweeg.
Die meisie wat “ja” sê, moet – soos enige bruid
– besin of sy vir die verbintenis opgewasse is. As dit
vir haar voel na verlies van haar identiteit, afskeid
van privaatheid, prysgee van ’n eie lewensruimte en
toetrede tot ’n lewe van skynheiligheid en voorgee, is
daar geleentheid om verby te hou.
(En ja – daar is tog een besondere bate vir die
“predikant se vrou”: om so ’n bietjie vooruitskouing op
die preek te hê, as “die dominee” worstel met ’n teks
– en sy deel kan hê in die vreugde van die deurbraak
van insig en die ontwikkeling van die preek.) DK
Daar word in die bevestigingsformulier na die
dominee se roeping as “heerlik” en “verantwoordelik”
verwys. Sy vrou hoef net met liefde die opdragte van
die huweliksformulier na te kom om die hulp te wees
wat die uitvoering van sy roeping makliker maak. In
die ou dae is daar dalk verwag dat sy “voorsitster
van die susters” sal wees, maar deesdae is daar
altyd ook ander gewillige, bekwame leiers en het die
maandelikse vergaderings in baie gemeentes in elk
geval verval. Kleingroepbediening versprei aktiwiteite
en aktiveer meer gemeentelede.
Die dominee se vrou het as “gewone gemeentelid”
dieselfde geleenthede, verantwoordelikheid en ge-
roe pen heid as al die an der. En
die dominee, haar man, moet
haar “liefhê en verstandig
lei, onderrig, vertroos en be-
skerm”.
Van ons eerste huweliksdae
(in my geboorte ge meente)
af was die meelewing en be-
langstelling van die gemeente
deel van ons lewensvreugde.
Wie soek dan “privaatheid”?
Ons weggaan daar het soos die
verlaat van ’n ouerlike woning
gevoel.
28 DIE KERKBLAD Mei 2013
Van Oraloor
Genade onbeskryflik groot
Piet Roets (Harrismith)
Gedurende Streeksinode Vrystaat en KwaZulu/Natal se sitting in
Bloemfontein in November 2012 is die afgevaardigdes van die
Geref. Kerk Harrismith platgeslaan deur die onverwagse nuus van
die kassier van die Streeksinode dat slegs 60% van die goedgekeurde
sus tentasie vir 2013 aan die gemeente uitbetaal gaan word. Die rede
wat aangevoer is, was die dalende beskikbaarheid van geld in die Sus-
tentasiefonds van die breë kerkverband.
Daar is dringende voorleggings gedoen, vertoë gerig, kajuitraad
ge hou, maar die harde werklikheid het deurgedring dat die gemeente
op sy knieë was. Afgevaardigdes by die Streeksinode het selfs daarvan
gepraat dat die leraar, ds. Johannes de Bruyn, onmiddellik beroepbaar
gestel moes word. Die afgevaardigdes van Harrismith, ds. Johannes de
Bruyn en ouderlinge Piet Roets en Gert van Rooy was in daardie stadium
gekonfronteer met die feit dat hierdie skokkende nuus aan lidmate, wie
se leraar nog nie eens ’n jaar in die bediening was nie, oorgedra moes
word.
Dit het gelyk asof daar geen uitweg was nie, en ons het hierdie on-
verwagse krisis aan die Here opgedra vir moontlike uitkoms en leiding
en dit ’n ernstige gebedsaak gemaak. Die vraag wat by almal opgekom
het, was: “Sal ons nou ná 75 jaar die kerk se deure moet sluit?” Dieselfde
aand ná die gebeure het die Here reeds beheer van die situasie geneem.
Ouderling Gerrie Coetzee, een van die afgevaardigdes van Bethlehem,
het ’n kamer by ’n gastehuis in
Bloemfontein met ouderling Piet
Roets van Harrismith gedeel. Hulle
het ernstig oor hierdie probleem
gepraat, waarop Gerrie Coetzee
die gedagte geopper het dat ons
met ds. Tommie van Vuuren van
Heilbron moes praat oor die hoogs
suksesvolle speenkalfprojek wat
daardie gemeente bedryf om sy
fondse aan te vul en sy Þ nansiële
ver pligtinge na te kom.
Die volgende oggend voor die
gesamentlike ontbyt het Harri-
smith se afgevaardigdes onder
lei ding van ds. Johannes de Bruyn
met ds. Van Vuuren in gesprek
ge tree, asook met ds. Tinus Smidt
van Ficksburg. Ds. Tommie het
Heilbron se konsep aan ons ver-
duidelik en ons genooi om hulle
te besoek en met die mense te
praat wat hulle projek bedryf. Hy
het dit beklemtoon dat dit in die
eerste plek om die eer van God en
ons afhanklikheid van Hom gaan,
en daarom lê dit op die weg van
die leraar, kerkraad en gemeente
om hulle met sulke projekte vir die
uitbreiding van die Koninkryk van
God en die instandhouding van
sy werk hier op aarde te beywer.
Die projek moes gepaardgaan
met ’n onderneming en ver bin-
tenis teenoor die Here dat as
Hy ons die geleentheid gee om
so ’n saak met sukses te be dryf,
Br. Piet Blom
besig om die
eerste aankope te
merk.
Mei 2013 DIE KERKBLAD 29
Van Oraloor
Harrismith weer op sy beurt sy
sukses sal deel met an der ge-
meentes wat dieselfde be hoeftes
het. Toewyding, harde werk en
opoffering van almal in die ge-
meente het dus die wagwoord
ge word.
Hierdie situasie is sekerlik een
van die belangrikste uitdagings
wat ons nog in die gesig gestaar
het, maar dit het noodwendig
’n dringende beroep op elkeen
van ons gedoen om hierdie ge-
leentheid aan te gryp en met
ini siatiewe vorendag te kom. Ds.
De Bruyn en brs. Piet Blom en
Piet Roets het toe lede van die
span wat die speenkalfprojek van
Heilbron bestuur, gaan ontmoet
om fyner besonderhede van so ’n
projek en die bedryf daarvan te
bekom.
Die detail is met die kerkraad
van Harrismith bespreek, en
weens die dringendheid om met
die projek te begin, is ’n mandaat
aan ’n kommissie gegee om on-
middellik voort te gaan om ’n
soortgelyke aksie in ons eie ge-
meente tot stand te bring. ’n
Rentevrye lening is bekom en br.
Piet Blom het 25 speenkalwers aan
ons verkoop, wat goedgunstiglik
op sy plaas wei totdat hulle ’n
be markbare gewig bereik het.
Wanneer hierdie kalwers bemark
is, is die plan om ’n volgende
trop pie kalwers aan te koop.
Op aanbeveling van ds. Tom-
mie van Vuuren is ’n buiten-
gewone vergadering van Klas sis
Oos-Vrystaat aan die begin van
Desember 2012 byeengeroep,
waar eenparig besluit is om uit
die Hulpfonds van die klassis-
fondse aan Harrismith beskikbaar
te stel om die projek uit te brei.
Daar is onmiddellik begin met die
aankoop van spekulasie- en slagvee onder leiding van ds. Johannes de
Bruyn en brs. Piet Roets en Gert van Rooy wat die kuns van onderhandeling,
die aanjaag van vee en die merk daarvan vinnig bemeester het.
Ook in hierdie geval het die Here ons gehelp om op die eerste dag
wat ons die berge in is, reeds 26 stuks vee te kon koop. Namate ons ge-
vorder het, het ons “agent”, wat terloops ook ’n evangelis van ’n ander
kerkgenootskap is, ons gehelp om nog meer diere te koop, totdat ons
saam met die speenkalwers by br. Piet Blom in ’n stadium 71 beeste in
min der as ’n maand bekom het, met die res wat by br. Piet Roets wei.
Hiervan is ’n totaal van 30 reeds bemark en rente gedelg, terwyl ander
ver pligtinge ook nagekom word.
Intussen is nog ’n troppie van 25 speenkalwers gekoop. Daar word
steeds voortgegaan met aankope, byvoorbeeld speenkalwers, koeie met
kalwers, osse en selfs ’n bul is op ’n Vrydag gekoop en die daaropvolgende
Maandag teen meer as R2 000 wins laat slag.
Samelopend met die kalwerprojek is feitlik terselfdertyd met ’n slag-
projek begin, waar volwasse beeste wat gekoop of geskenk word, geslag
en verwerk en snitte, maalvleis, en “Dopperwors” volgens sr. Bets Blom se
resep te koop aangebied word. Tot twee beeste is al in een week geslag
en die verwerkte vleis en wors word deur die gemeenskap opgeraap. Die
poging word ook met die hulp van die gemeentes van die NG Kerk op
Harrismith bemark en uitsonderlike steun word uit hierdie oord ervaar.
Die wonderlike deel hiervan is dat skenkings van beeste nie net
van lidmate van die Geref. Kerk Harrismith ontvang word nie, maar dat
boere in die gemeenskap al beeste of kontant ter ondersteuning van die
beesprojek geskenk het.
Die kerkraad en gemeente van die Geref. Kerk Harrismith is van die
begin af ten volle oor die projek ingelig. Dit is onder meer merkwaardig
dat sommige lidmate help met die verkryging van veemedisyne en spuit-
stowwe, terwyl ander weer lekke koop en help om die slagdiere na die
slagplaas te vervoer. Voorwaar ’n spanpoging. En omdat ons gelowiges
is en daagliks sien en ervaar hoe goed die Here vir ons sorg, verg hierdie
uitdaging dat ons ons vertroue volkome in ons Skepper sal stel, met die
uitdruklike onderneming dat die fondse wat ons deur middel van ons
inisiatiewe genereer, vir die uitbreiding van God se Koninkryk aangewend
sal word.
Die projek is ’n alternatiewe bron om fondse te genereer vir ons ge-
meente. Derhalwe is die Platberg Bedieningstrust as ’n afsonderlike en ti-
teit tot stand gebring om te help om ons gemeente van fondse te voor-
sien om tekorte aan te vul. Gedurende die Vrystaatse Streeksinode in
Bloemfontein is ons gekonfronteer met die werklikheid dat die sustentasie
van ons gemeente soos vir ander gemeentes, besnoei is en dat net 60%
van die goedgekeurde begroting uitbetaal gaan word. Uit die aard van
die saak is ons genoodsaak om alternatiewe bronne van inkomste te
vind. Aansoek is reeds gedoen dat die Fonds verander word na die
30 DIE KERKBLAD Mei 2013
Van Oraloor
Platberg Bedieningstrust, wat BTW-geregistreer sal
wees, sodat BTW op vee wat op veilings aangekoop
word, teruggeëis kan word.
Hoe kan lidmate en mense in die gemeenskap
ons help om hierdie projek uit te brei?
U het almal vriende in die boerderybedryf, en niks
verhoed u om hierdie mense te nader om wei-
veld beskikbaar te stel vir tien of meer kalwers of
beeste nie.
U kan help of bydra om byvoorbeeld veemiddels
en -lekke vir hierdie diere te bekom, al is dit net by
wyse van ’n verlaagde prys.
U kan die projek aan u vriende bekend stel en by-
draes kan selfs gemaak word vir die aankoop van
nog vee.
Daar is ook niks wat u verhoed om u vriende/
fa milie in die boeregemeenskap te nader vir die
moont like skenking van beeste nie.
Ons sal graag nuwe voorstelle en inisiatiewe ver-
welkom, en indien u oor enige bykomende idees be-
skik, laat ons daarvan hoor. Die belangrikste is eg-
ter dat ons hierdie planne ons eie maak en dat elke
lidmaat en jongmens al ons pogings hulle eie sal maak
en voluit sal deelneem. Elkeen van ons het besondere
gawes ontvang, wat ons ten volle aan die opbou van
ons gemeente en bo alles vir die uitbreiding van God
se Koninkryk moet wy. Daarom het die Geref. Kerk
Harrismith ’n wilsbesluit geneem om hand aan die
ploeg te slaan in ’n ernstige poging om ’n verskil te
maak.
Ons vertrou dat die hele kerkverband vir ons
voorbidding sal doen, sodat die vrug van ons arbeid
op vrugbare aarde sal val en kragtig sal groei.
Indien enigiemand geldelik of op ’n ander wyse
wil bydra tot hierdie projek, kan u gerus met ds. Jo-
hannes de Bruyn (sel 084 554 9973) skakel of met br.
Gert van Rooy (sel 076 364 7679).
Deur die groot genade van ons hemelse Vader
vier die Geref. Kerk Harrismith vanjaar sy 75ste
bestaansjaar. Die feesnaweek vind DV 19 en
20 Oktober 2013 plaas en alle oudlidmate,
-betrokkenes en belangstellendes wat die
geleentheid wil bywoon, kan gerus met ds. De
Bruyn of oudl. Van Rooy skakel. DK