23
Die Heilige Gees rygestel In Jou V KAY ARTHUR Kopiereg materiaal

Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Die Heilige Gees

rygestelIn Jou

VKAY ARTHUR

Kopiereg materiaal

Page 2: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende gedeelte, aangepas en saamgevat uit The New Inductive Study Bible, Kopiereg © 2000 deur Precept Ministries International.

Omslagontwerp deur Koechel Peterson & Associates, Inc., Minneapolis, Minnesota

This work is a translation from the original New Inductive Study Series,THE HOLY SPIRIT UNLEASHED IN YOU, authored by Kay Arthur.Published by Precept Ministries South AfricaEugene, Oregon 97402www.harvesthousepublishers.com© 1994 Precept Ministries International

Nuwe Induktiewe StudiereeksDie Heilige Gees Vrygestel in JouGepubliseer deur Precept Ministries South Africamet toestemming van Harvest House PublishersPosbus 539, Howard Place, 7450, Suid-AfrikaTel: +27 (0)21 531-1836Webtuiste: www.precept.org.zamet toestemming van Harvest House PublishersEugene, Oregon 97402www.harvesthousepublishers.com© 2015 Precept Ministries International

ISBN 978-1-62119-488-0

Harvest House Publishers behou die reg om sy eie publikasies in hierdie streek te versprei en verkoop.

Skrifaanhalings geneem uit die Bybel in Afrikaans 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer of oorgedra word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, sonder die skriftelike verlof van die kopiereghouers nie. Dié beperking sluit in foto-afdrukke, opnames of enige ander stelsel van berging en opsporing van inligting.

Gedruk deur Bevan Group, Kaapstad

10 9 8 7 6 5 4 3 2 1 0

Kopiereg materiaal

Page 3: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Inhoudmmmm

Voordat Jy Begin . . . 5

Die Heilige Gees Vrygestel in Jou 14

Week Een Getuienis: God se Plan;

Die Heilige Gees: God se Voorsiening 15

Week Twee Wat Het die Kerk Uitsonderlik Gemaak?

Kyk Ons Iets Mis? 25

Week Drie Gekniehalter Deur Jou Menslikheid . . .

Of Vrygestel deur Sy Gees? 35

Week Vier Ken Jy God se Prioriteite? 43

Week Vyf Lyding en Verlossing Gaan Hand aan Hand 49

Week Ses Gedoop Met die Gees?

Wie . . . Wanneer . . . Hoe? 57

Week Sewe Radeloos? Probeer Gebed En Vas 63

Week Agt Nie Volmaak Nie . . . Maar Getrou 69

Kopiereg materiaal

Page 4: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Week Nege Is Jou Hart Bedroef Oor Mense

se Afgode? 75

Week Tien Sal Jy Die Waarheid Verkondig —

Ongeag die Koste? 83

Week Elf Sterk en Seker Deur die Heilige Gees 89

Week Twaalf Vrygestel vir Gehoorsaamheid 93

Week Dertien Sy Getuie — Deur sy Gees! 99

Handelinge Oorsigwerkblad 104

Aantekeninge 105

Persoonlike Aantekeninge 107

Kopiereg materiaal

Page 5: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

D I E H E I L I G E G E E S V R Y G E S T E L I N J O U

Voordat Jy Begin . . .••••

Die lees van instruksies is soms moeilik en selde ’n plesier om te doen! Meestal wil jy net begin werk om uiteindelik, as niks anders wil werk nie, dán eers die instruksies lees. Ek verstaan dit, maar moet asseblief nie hierdie studie so aanpak nie. Die volgende instruksies vorm ’n integrale deel van ’n korrekte en doeltreffende begin — dit sal jou ontsaglik baie help.

EERSTENS:Wanneer jy Handelinge bestudeer sal jy, buiten hierdie boek,

nog vier dinge nodig hê:1. ’n Bybel waarin jy gewillig is om te merk. Dit is essensieel

om die teks te merk. ’n Ideale Bybel hiervoor is ’n groot-druk Afrikaanse Bybel, verkieslik die 1953- of die 1983 Afrikaanse Vertaling. Die groter, maklik leesbare druk is meer geskik vir die merk-proses.

Genoemde twee Afrikaanse vertalings van die Bybel bevat geen kommentare en huldig geen spesifieke teologiese standpunte nie. Hulle word egter gebruik as primêre bronne in die proses om jou te leer hoe om die waarheid self te ontdek deur middel van die induktiewe studiemetode. [Die verskillende tabelle en kaarte wat jy in hierdie studiegids sal vind, is ontleen aan die New Inductive Study Bible (NISB)].

Ongeag watter Bybel jy gebruik, moet jy weet dat jy die teks sal moet merk, wat my bring by die tweede item wat jy sal nodig kry . . .

5Kopiereg materiaal

Page 6: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

2. ’n Fyn-punt-, vier-kleurige balpuntpen of ’n verskeidenheidfyn-puntpenne in verskillende kleure wat jy kan gebruikom in jou Bybel mee te skryf. Skryfbehoefte-winkelsbehoort sulke penne in voorraad te hê.

3. Kleurpotlode of ’n Pentel-potlood met agt verskillendekleure lood (verkrygbaar by www.precept.org.za).

4. ’n Aantekeningboek vir die uitvoer van jou opdragte ofaanteken van jou insigte

.

TWEEDENS:1. Terwyl jy Handelinge bestudeer, sal jy elke dag spesifieke

opdragte vir daardie dag se studie ontvang. Dit behoort jou tussen 20 en 30 minute te neem om af te handel, maar as jy voel dat jy meer tyd daaraan wil bestee, sal jou intieme kennis van die Woord van God en die God van die Woord uit die aard van die saak vinniger toeneem.

As jy hierdie studie binne klasverband doen en die lesse te gewigtig vind, doen dan eenvoudig wat jy kan. Dit is veel beter om ’n bietjie te doen as glad niks nie. Moenie ’n alles-of-niks mens wees wanneer dit by Bybelstudie kom nie.

Onthou, enige tyd wanneer jy met God se Woord besig raak, betree jy die terrein van meer intense oorlogvoering met die duiwel (ons vyand). Waarom? Omdat elke deel van die Christen se wapenrusting verband hou met God se Woord. Ons een en enigste aanvalswapen is die swaard van die Gees, wat die Woord van God is. Die vyand wil hê jou swaard moet stomp wees. Moenie met hom saamwerk nie! Jy hoef dit nie te doen nie!

2. Terwyl jy elke hoofstuk lees, moet jy jouself leer om die 5W’s en H-vrae te vra: wie, wat, wanneer, waar, waarom en hoe. Vrae soos dié sal jou help om agter te kom presies wat God se Woord sê. Wanneer jy die teks met behulp van die die 5 W’s en H-vrae ondervra, sal vrae soos die volgende van toepassing wees:

Voordat Jy Begin6

Kopiereg materiaal

Page 7: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Voordat Jy Begin 7

a. Wat is die strekking van die hoofstuk; waaroorhandel dit?

b. Wie is die hoofkarakters?c. Wanneer het dit gebeur of is dit gesê?d. Hoe het dit gebeur?

3. Die “wanneer” van gebeure of lering is baie belangrik enmoet op ’n maklik herkenbare manier in jou Bybel gemerk word. Ek doen dit deur ’n horlosie soos dié in die kantlyn van my Bybel langs die vers waarin die tyd-frase voorkom, te teken. Jy kan ook die verwysings na tyd met een spesifieke kleur inkleur of onderstreep.

4. Namate jou studie van die boek Handelinge vorder, saldaar aan jou sekere sleutelwoorde gegee word om te merk. Dít is waarvoor jy die kleurpotlode of –pen nodig het. Die vestiging van ’n gewoonte om jou Bybel op hierdie manier te merk, sal uiteindelik ’n beduidende verskil maak aan die doeltreffendheid van jou studie en hoeveel jy daarvan onthou.

’n Sleutelwoord is ’n belangrike woord wat herhaaldelik deur die skrywer gebruik word om sy boodskap aan sy lesers oor te dra. Sekere sleutelwoorde sal dwarsdeur die boek voorkom; ander sal in sekere segmente of hoofstukke gekonsentreer wees. Wanneer jy ’n sleutelwoord merk, moet jy ook die sinonieme daarvan (woorde wat binne die konteks dieselfde betekenis het) en enige voornaamwoorde (hy, sy, haar, dit, ons, hulle, jy, julle) op dieselfde manier as die sleutelwoord merk. Ek sal mettertyd, gedurende jou daaglikse opdragte aan jou voorstelle vir die merk van sleutelwoorde maak.

Die merk van woorde vir maklike identifikasie kan met kleur, simbole, of ’n kombinasie van die twee gedoen word. Kleure is egter makliker om te onderskei as simbole. Wanneer ek simbole gebruik, hou ek dit baie eenvoudig. Ek sou byvoorbeeld bekeer

Kopiereg materiaal

Page 8: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Voordat Jy Begin8

geel inkleur, maar ’n rooi pyltjie oor die woord bekeer trek, só: bekeer. Die simbool dra die betekenis van die woord oor. Wanneer jy sleutelwoorde merk, moet jy dit só merk dat jy dit maklik kan onthou.

Wanneer ek die lede van die Godheid merk (wat ek soms nie doen nie, omdat dit die teks oorvol kan maak), kleur ek elke naam geel in. Daarna gebruik ek ’n pers pen en merk die Vader met ’n driehoek, só , die Seun só en die Heilige Gees só .

Jy moet self ’n stelsel van kleurkodes ontwerp wat jy kan gebruik om sleutelwoorde dwarsdeur jou Bybel te merk sodat, wanneer jy deur die Bybel blaai, jy dadelik sal sien waar ’n betrokke sleutelwoord gebruik word.

Wanneer jy sleutelwoorde begin merk, vergeet ’n mens maklik hoe jy ’n betrokke woord gemerk het. Gebruik ’n gewone indekskaartjie om die sleutelwoorde op te skryf. Merk die woorde op dieselfde manier waarop jy beoog om hulle in jou Bybel te merk en gebruik die kaartjie dan as ’n bladwyser. Maak een bladwyser vir woorde wat jy dwarsdeur jou Bybel wil merk en ’n ander een vir die spesifieke Bybelboek wat jy op ’n gegewe tyd bestudeer.

5. Omdat plekke baie belangrik is in historiese of biografieseboeke van die Bybel (en Handelinge is ’n historiese boek), sal jy dit nuttig vind om plekke op ’n onderskeidende manier te merk. Ek onderstreep eenvoudig elke verwysing na ’n plek in groen (gras en bome is groen!). Daar is kaarte by hierdie studie ingesluit sodat jy jou van die geografiese konteks kan vergewis.

6. ’n Tabel bekend as die OORSIGWERKBLAD kan aan dieeinde van die studie-gids gevind word. Namate jy die studie van elke hoofstuk voltooi, moet jy die hooftema van die hoofstuk langs die betrokke nommer neerskryf. Die hooftema van ’n hoofstuk is dít waaroor die hoofstuk hoofsaaklik handel. Dit kan

Kopiereg materiaal

Page 9: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Voordat Jy Begin 9

’n gebeurtenis of lering wees. In historiese of biografiese boeke wentel die hoofstuktemas gewoonlik om gebeurtenisse.

As jy die Oorsigwerkblad voltooi soos wat jy met die studie vorder, sal jy ’n volledige sinopsis van die boek voor jou hê teen die tyd dat die studie voltooi is. Indien jy ’n New Inductive Study Bible het, sal jy dieselfde tabel op bladsy 1820 in jou Bybel vind. Skryf elke hoofstuk-tema in die betrokke ruimte, en jy sal hulle altyd gereed vir naslaandoeleindes hê.

7. Begin altyd jou studie met gebed. Terwyl jy jou deeltjiedoen om God se Woord akkuraat te hanteer, moet jy onthou dat die Bybel ’n goddelik-geïnspireerde boek is. Die woorde wat jy lees, is waar, deur God ingegee (soos Hy die asem van die lewe in Adam ingeblaas het), sodat ons Hom en sy weë meer intiem kan leer ken. Hierdie waarhede is ’n goddelike openbaring.

Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in die mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God (1 Korinthiërs 2:10,11).

Vra God dus om sý waarheid aan jou te openbaar terwyl Hy jou na alle waarheid lei en begelei. Hy sal, as jy maar net vra.

8. Elke dag aan die einde van jou les, moet jy nadink oor dítwat jy geleer het. Vra jou hemelse Vader hoe jy behoort te leef in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende van hoe God deur sy Woord tot jou gespreek het, sal jy waarskynlik graag hierdie “Lewenslesse” in die kantlyn van jou Bybel, langs die gedeelte wat jy bestudeer het, wil neerskryf. Skryf eenvoudig “LWL” in die kantlyn van jou Bybel, gevolg deur ’n baie bondige opsomming van die lewensles wat jy wil onthou.

Kopiereg materiaal

Page 10: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Voordat Jy Begin10

DERDENS:Hierdie studie is so saamgestel dat jy ’n opdrag vir elke

dag van die week het — sodat jy daagliks die Woord bestudeer. Aangesien die mens nie deur brood alleen leef nie, maar deur elke woord wat uit die mond van God uitgaan, het almal ’n daaglikse porsie daarvan nodig.

Daar is opdragte vir sewe dae, maar die sewende dag verskil van die ander. Die sewende dag fokus op ’n belangrike waarheid wat gedurende die voorafgaande week bestudeer is.

Daar is ’n teksvers of twee wat jy kan memoriseer en in jou hart bewaar. Daar is ook ’n Skrifgedeelte wat julle kan lees en bespreek. Dit sal baie werd wees vir diegene wat hierdie studie in groepsverband gebruik, aangesien dit die klas se aandag sal vestig op uiters belangrike Skrifgedeeltes. Vir individue en/of klasse is daar vrae vir bespeking of persoonlike studie. Dit word gevolg deur ’n gedagte vir die week wat jou sal help om te verstaan hoe om te wandel in die lig van dit wat jy geleer het.

Wanneer julle die week se les bespreek, maak seker dat julle jul antwoorde op die Skrif baseer. Dan gebruik julle die Woord van God op ’n manier wat God goedkeur. Ondersoek te alle tye jul insigte deur die teks sorgvuldig waar te neem om seker te maak wat dit werklik sê. Dan, voordat jy besluit wat ’n teksgedeelte of teks beteken, moet jy seker maak dat jy dit in sy konteks interpreteer.

Skrif weerspreek nooit Skrif nie. As dit vir jou so lyk, kan jy seker wees dat iets êrens buite konteks is. As jy ’n Skrifgedeelte bestudeer wat moeilik is om te verstaan, stel eerder die interpretasie daarvan uit tot tyd en wyl jy die teksgedeelte meer grondig kan ondersoek.

Boeke in Die Nuwe Induktiewe Studie Reeks behels oorsigtelike kursusse. Indien jy ’n Bybelboek in meer diepte wil bestudeer,

Kopiereg materiaal

Page 11: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

stel ons voor dat jy ’n Voorskrif op Voorskrif-studie van daardie boek doen. Meer inligting oor hierdie studies kan verkry word deur Precept Ministries SA te skakel by +27(0)21 531-1836, of ons webwerf te besoek by www.precept.org.za.

Voordat Jy Begin 11

Kopiereg materiaal

Page 12: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Kopiereg materiaal

Page 13: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Handelinge

Kopiereg materiaal

Page 14: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Die Heilige Gees Vrygestel In Jou

••••Hoe leef jy, my vriend? Is die Christelike lewe vir jou ’n

worstelstryd? Voel jy verslae, kragteloos en om daardie rede swak en hulpeloos? As jou lewe onproduktief voorkom ten spyte van allerhande “Christelike” aktiwiteite, is jy waarskynlik nie bewus van wat dit beteken om “deur die Gees” te wandel nie. Of miskien is jy soos ek en baie ander, wat vir die grootste gedeelte van hul lewens in die kerk gesit het. Jy het wel ’n godsdiens, maar geen verhouding met die lewende God nie.

Toe Paulus sy sendbrief aan die Galásiërs geskryf het, het hy gesê: “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galásiërs 5:5). Jou probleem mag dalk wees dat jy ’n lidmaat van die kerk is, maar nie ’n lid van die liggaam van Christus nie; en gevolglik nie deur die Gees leef nie. Anders kan die probleem wees dat, alhoewel jy ’n kind van God is, jy nie met die Heilige Gees vervul is nie — en jy daarom nie deur die Gees wandel nie. Indien jy dit ter harte neem, behoort ons studie van die boek Handelinge, Die Heilige Gees Vrygestel in Jou, jou probleem op te los!

Ek leef in afwagting, gretig om te sien wat ons Vader in jou lewe, en in die koninkryk, gaan doen wanneer jy die lesse van Handelinge leer — en vrygestel word deur die Heilige Gees!

In die evangelies is Jesus die spilpunt. Dié boeke fokus op sy lewe, dood, begrafnis en opstanding. In die boek Handelinge is die Heilige Gees die middelpunt, omdat Hy die vervulling is van Jesus se belofte om, nadat Hy opgevaar het na sy Vader, die Gees na ons te stuur. Terwyl jy deur Handelinge werk, moet jy soveel as moontlik leer omtrent die Gees van God en wat jou verhouding met Hom behoort te wees. Wanneer jy op jou verhouding met die Heilige Gees konsentreer, sal jy ook baie ander betekenisvolle waarhede, wat verband hou met die lewe, ontdek. Kennis van hierdie waarhede lei jou om deur die Gees te lewe en te wandel.

14Kopiereg materiaal

Page 15: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

W E E K E E N

Getuienis: God Se Plan; Die Heilige Gees:

God Se Voorsiening••••

D A G E E N

Lees Handelinge 1. Die skrywer van enige boek van die Bybel skryf altyd met ’n doel voor oë, en struktureer sy materiaal op ’n wyse wat hom toelaat om daardie doel te bereik. Onderskeiding van hierdie doel en struktuur is altyd waardevol vir die student van so ’n boek. Terwyl jy Handelinge 1 lees, moet jy oplet wie die skrywer is, aan wie die boek gerig is en waarom dit geskryf is. Dit is nie gebruiklik om al hierdie inligting in slegs een hoofstuk, veral nie die eerste hoofstuk, te vind nie, maar jy vind dit wel in Handelinge 1! Die doel van die boek word nie in soveel woorde uitgespel nie, maar jy sal tog in staat wees om vas te stel wat dit is. Indien jy nie vandag die doel kan raaksien nie, sal ek jou môre daarmee help, so probeer gerus. Skryf jou insigte in jou aantekeningboek.

D A G T W E E

Lees Handelinge 1:1-3 weer ’n keer en daarná die evangelie van Lukas, hoofstuk 1:1-14. Let op wie die skrywer van Lukas is, aan wie dit geskryf is en waarom. Skryf weereens jou insigte in jou aantekeningboek.

15Kopiereg materiaal

Page 16: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Die boek Handelinge is ’n voortsetting van dít wat Jesus in Lukas begin het! Handelinge is “Deel 2” van die verhaal van Lukas, maar in Handelinge verskuif die fokus weg van die lewe van Jesus, nadat Hy na die Vader opgevaar het. Hy gaan egter nie weg sonder ’n belofte aan die dissipels nie, soos ons uit Handelinge 1 leer.

Lees Handelinge 1 vandag weer. Terwyl jy lees, merk elke verwysing na die Heilige Gees. Terwyl jy die woorde merk, moet jy ook oplet watter aksies of aktiwiteite met die Heilige Gees verbind word en hulle ook merk. In Handelinge 1:5 lees jy byvoorbeeld die frase met die Heilige Gees gedoop, en in 1:8 krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom. Merk hulle net soos jy Heilige Gees gemerk het.

Wanneer ek ’n verwysing na die Heilige Gees in my Bybel merk, doen ek dit altyd op dieselfde manier en in dieselfde kleur. Ek onderstreep die verwysing, kleur dit geel in en trek dan die volgende diagram oor die woorde . Jy behoort Heilige Gees op jou bladwyser te skryf omdat jy verwysings na Hom dwarsdeur die boek Handelinge moet merk. Terwyl jy deur Handelinge werk, sal jy sien dat daar op verskillende maniere na Hom verwys word. Skryf hulle op jou bladwyser sodra jy hulle teëkom, sodat jy altyd daarop bedag sal wees wanneer hulle weer voorkom. (Ek het in die gedeelte “Voordat jy Begin …” aan jou verduidelik hoe om die bladwyser te maak. Jy het dit mos gelees, of hoe?)

Wat is nou volgens Handelinge 1 aan die dissipels beloof? Skryf dit in jou aantekeningboek.

Terloops, het jy raakgesien dat die doel van Handelinge is om ’n voortgesette verslag te gee van die werk van Jesus Christus deur sy dissipels, sy getuies, terwyl hulle die boodskap aan Jerusalem en Judéa, toe aan Samaría en uiteindelik aan die uiterstes van die aarde verkondig het?

Handelinge16

Kopiereg materiaal

Page 17: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

D A G D R I E

Lees Handelinge 1:1-5 weer. Terloops, as jy die Skrif herhaaldelik hardop lees, sal jy vind dat jy dit onthou.

Johannes die Doper het voorspel dat Jesus gelowiges met die Heilige Gees sou doop. Om te sien waar dié belofte opgeteken is, lees die volgende Skrifgedeeltes: Matthéüs 3:11; Markus 1:8; Lukas 3:16 en Johannes 1:33. Skryf hierdie kruisverwysings in die kantlyn van jou Bybel regoor Handelinge 1:4, 5 neer.

Kruisverwysings is aantekeninge in die kantlyn van jou Bybel wat dien as identifikasie van ’n ander vers of gedeelte wat dieselfde sê as die vers of gedeelte waarmee jy besig is, of wat ’n waarheid in daardie verse bevestig. Aangesien jy nie te alle tye studienotas by jou het nie, kan die kruisverwysings in jou Bybel baie nuttig wees! Om hierdie kruisverwysing te merk, skryf Markus 1:8 in die kantlyn langs Matthéüs 3:11. By Markus 1:8 skryf jy dan Lukas 3:16 en by Lukas 3:16, Johannes 1:33. As jy dus Matthéüs 3:11 kan onthou, kan jy die waarheid reg deur die evangelies naspeur. Buiten in Handelinge en die evangelies wat jy so pas gemerk het, is daar slegs een Nuwe Testamentiese verwysing na die doop met die Heilige Gees. Dit is in 1 Korinthiërs 12:13. Skryf dit ook as ’n kruisverwysing neer.

Terloops, kyk na Handelinge 1:4. Toe Jesus aan hulle gesê het om “te wag op die belofte van die Vader”2, wat was dit waarvoor hulle moes wag? Merk die belofte van die Vader op dieselfde manier waarop jy Heilige Gees in die ander verse gemerk het.

D A G V I E R

Lees Handelinge 1 weer ’n keer. Merk hierdie keer die volgende woorde (tesame met hul sinonieme en voornaamwoorde), elkeen op sy eie kenmerkende manier. Ek sal jou sê hoe ek te werk gaan omdat mense my dikwels vra hoe ek my Bybel merk.

Week Een 17

Kopiereg materiaal

Page 18: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

a. getuie (getuies) — Ek kleur die binnekant geel inomdat geel my kleur vir die Vader, Seun en HeiligeGees is en ek hul getuie oor Jesus Christus moetwees, sodat mense na die Vader kan kom en dieHeilige Gees in hulle kan woon! Dan trek ek ’n oran-je raampie om elkeen (omdat dit een van die kleurein my Pentel potlood is!)

b. opstanding (enige frase wat na die opstanding verwys)— Soos jy sal sien, is die opstanding ’n belangrike deelvan ons getuienis. Ek kleur dit bruin in (Jesus wasdood en begrawe) en omraam dit dan met geel (Hyleef!).

c. gebed (het gebid, bid, smeek) — Alhoewel bid niein hoofstuk 1 gebruik word nie, moet jy dit steedsop jou bladwyser skryf. Dit word later in die boekgebruik. Skryf hierdie sleutelwoorde op jou bladwy-ser. Moenie vergeet om elke verwysing na die HeiligeGees reg deur jou studie van Handelinge te merk nie.Terloops, in Handelinge 1:4 vind jy ’n sinoniem virHeilige Gees beloof word.

D A G V Y F

Gister het jy Handelinge 1 gelees en elke verwysing na die opstanding gemerk. Het jy die frase aan wie Hy ook … Hom lewend vertoon het

4 in Handelinge 1:3 gemerk? Onthou, jy moes verwysings na Jesus se opstanding op dieselfde manier merk as wat jy opstanding gemerk het. As jy die frase misgekyk het, kan jy dit nou merk.

In Handelinge 1:22 lees jy “van hulle [wat deur die dissipels verkies is in die plek van Judas] moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.” Jy het gesien dat dit van die verkose man verwag is om ’n getuie van die opstanding te wees. Waarom?

Handelinge18

Kopiereg materiaal

Page 19: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Week Een 19

Omdat die opstanding dwarsdeur die evangelies ’n sleutel-element vorm.

Lees 1 Korinthiërs 15:1-11. Merk die woorde opgewek en opstanding. Ek teken ’n blou megafoon oor die woord, só en kleur dit rooi in. Terwyl jy dié gedeelte lees, stel vas wat Paulus aan hulle verkondig (vir hulle gepreek) het, en jy sal die wese van die evangelie ontdek. Terwyl jy lees, moet jy let op die frase “volgens die Skrifte.”

Skryf dít wat jy omtrent die evangelie leer, in jou aantekeningboek. Gebruik ’n paar bladsye vir hierdie lys sodat jy kan terugkeer daarheen om nuwe insigte by te voeg namate jy deur Handelinge vorder

VispoortBad van Betésda

Bad vanIsrael

Antonia Vesting

Toring-bad

Kájafas se huis?

Bokamer

Bad van Siloam

Waterpoort

Essenepoort

Onder-stad

Bostad

Herodus se Paleis

Die Akra

KA

AS

MA

KE

RS

DA

L

KA

AS

MA

KE

RS

DA

L

Vreemdelinge-

Tempel

Skaappoort

KID

RO

NV

ALLE

I

Vallei-poort

Gihon-spruit

OLY

FB

ER

GG

ets

ém

an

é

Gólgota(tradisioneleligging)

Skone Poort

Ofe

l

Tuingraf

hof

Kopiereg materiaal

Page 20: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

D A G S E S

Lees Handelinge 1 weer ’n keer. Handelinge is ’n historiese boek met ooggetuie-verslae van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus.

Plekke is belangrik in Handelinge. Onderstreep dus elke verwysing na ’n stad of ’n streek (byvoorbeeld Judéa en Samaría). in groen of watter kleur jy ook al verkies. Daar is ’n kaart van Jerusalem op bladsy 19 wat jy kan raadpleeg om perspektief te verkry ten opsigte van die plekke wat jy merk. Die kaart hieronder dui ook die gebied van Jerusalem, Judéa en Samaría aan.

Reserveer ’n hele paar bladsye in jou aantekeningboek vir ’n lys van wat jy oor die Heilige Gees leer soos jy deur Handelinge werk. Skryf nou jou insigte wat jy uit hoofstuk 1 oor die Heilige Gees verkry het, neer.

Handelinge20

Swartsee

Middellandse(Groot) See

RooiSee

LIBIË

EGIPTE ARABIËJUDEA

KRETA

ASIË

PAMFILIËFRIGIË

KAPPADOCIË

PONTUS

Cirene•

Jerusalem•

Rome

Elam

Medië

Parthiese Ryk

Mesopotamië

Susan•

Ekbatana•

MACEDONIË

JerusalemElamEGIPTE

— Stede— Provinsies van die Parthiese Ryk— Provinsies van die Romeinse Ryk

LETTERTIPE DUI AAN:

Kopiereg materiaal

Page 21: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Week Een 21

Jy sou byvoorbeeld die volgende só neerskryf:Jesus gee bevele deur die Heilige Gees (1:2)Die Heilige Gees is deur die Vader beloof (1:4)Apostels sou met die Heilige Gees gedoop word (1:5)Soos jy sien, word die vers waarin die insig gevind word,

langs die aanhaling geskryf. Wanneer jy ’n volledige lys hersien, is dit dikwels nuttig as die Skrifverwysings ook bygeskryf is

D A G S E W E

Bewaar in jou hart: Handelinge 1:8.Lees en bespreek: Handelinge 1:1-11

Vrae vir Bespreking of Persoonlike Studie

m Wat het jy neergeskryf toe jy die lys gemaak het van wat jy uit Handelinge 1 omtrent die Heilige Gees geleer het?

m Die woord vir gedoop is in die Grieks 5 baptizmo — wat

beteken “om in te doop, om onder te dompel vir godsdienstige doeleindes, te oorweldig, versadig en te doop.” Dit dui op die idee van identifikasie, of om met iemand of iets verenig te word. Vergelyk Handelinge 1:5 met 1:8. Wat sou die Heilige Gees deur die apostels doen nadat hulle met Hom gedoop is?

m Wat sou die apostels volgens Handelinge 1:8 ontvang — en wees — wanneer die Heilige Gees oor hulle gekom het, met ander woorde, as hulle gedoop is met die Heilige Gees?

m Slaan die plekke in Handelinge 1 waar jy getuies en getuie gemerk het, na. Wat leer jy deur die teks van hierdie verse te bestudeer?

m Waar moes die dissipels op die belofte van die Vader, die doop met die Heilige Gees, wag?

Kopiereg materiaal

Page 22: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Handelinge22

a. Waarheen moes hulle gaan nadat hulle die doopmet die Heilige Gees ontvang het?

b. Wat moes hulle doen? (Hierdie vraag mag ’nbietjie oorbodig voorkom na die bespreking vanwat jy oor die taak van die getuie geleer het,maar dit is goed om hierdie insigte te herhaal.Herhaling is die sleutel tot die leerproses.)

c. Indien jy die hele boek Handelinge gelees hetvoordat jy hierdie studie aangepak het, sou jygesien het dat Handelinge ’n verslag is van hoehoofstuk 1:8 in daardie beginjare van die kerkvervul is. Handelinge kan dus in hoof-segmenteverdeel word volgens die verslag van hoe dieevangelie na Jerusalem, Judéa, Samaría en dieuiterstes van die aarde uitgedra is. Handelingegaan dus vandag voort as ons die evangelie oordie ganse aarde versprei. Terwyl jy studeer, moetjy oplet waarheen die evangelie uitgedra is, wie ditdaarheen uitgedra het, en wanneer.

m Wat het jy uit 1 Korinthiërs 15:1-11 omtrent die evangelie geleer?

a. As ’n mens die evangelie moet verkondig, watterpunte sou jy in jou preek insluit? Bly by wat jy indie Bybel lees!

b. Wat word deur die begrafnis van Jesus bevestig?

c. Wat word bevestig deur die feit dat Hy deur baiemense gesien is?

d. Behoort ’n mens sonde te bespreek wanneer jydie evangelie verkondig? Hoe weet jy, uit hierdiegedeelte? Ervaar jy dit vandag wanneer kerkedaarna soek om die verlorenes te bereik? Wat sou

Handelinge22

Kopiereg materiaal

Page 23: Die Heilige V Gees rygestel In Joushop.precept.org.za/wp-content/uploads/2017/11/DieHeiligeGeesLI.pdf · in die lig van die waarhede wat jy daardie dag geleer het. Soms, afhangende

Week Een 23

gebeur as die kerk vir jou sou sê om nie sonde aan verlore mense te noem nie?

e. Watter deel van getuienis is vir jou die moeilikste?Getuig jy dikwels? Waarom, of waarom nie?

m Bestee tyd aan gebed. Gee aan elkeen geleentheid om te bid en God te vra om deur Handelinge tot hom of haar te spreek, om aan hom of haar te wys wat dit beteken om te leef en te wandel in die Gees van God, om sy krag te ken en getuies vir Hom te wees.

Gedagte vir die WeekWanneer God jou roep om iets vir Hom te doen, voorsien Hy

altyd die middele. Jy hoef nooit iets in jou eie sterkte, wysheid of krag te doen nie. Jy hét die Heilige Gees. Hy is jou helper.

Hoe wonderlik het Jesus, die mensgeworde God, dít in sy sondelose lewe gedemonstreer! Die mens was ook veronderstel om só te leef, maar Adam en Eva het gekies om onafhanklik van God te wandel: om soos God te wees deur goed en kwaad te ken. Die evangelie van Johannes stel dit baie duidelik dat Jesus altyd slegs die wil van die Vader, dít wat aan Hom welgevallig was, gedoen het. Die werke van die Vader is ook deur die Seun gedoen. Die woorde van die Vader is ook deur die Seun gespreek. Jesus het aan ons gedemonstreer hoe ons, as mensdom, behoort te leef.

In Handelinge 1:2 sien jy dat Jesus selfs deur die Heilige Gees bevele aan die apostels gegee het. Mag ons Vader ons oor en oor in hierdie studie wys wat dit beteken om met die Heilige Gees vervul te wees, om in algehele afhanklikheid van God te leef en niks sonder sy inspraak te doen nie.

Week Een 23

Kopiereg materiaal