30
Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 Paulus se Leer oor die diaken-amp in 1Tim 3:11-13. November 2014

Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 Paulus se Leer oor die diaken-amp in 1Tim 3:11-13.

November 2014

Page 2: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Ps-vooraf Ps 30: 1, 3

Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen

Seëngroet

Gemeente van ons Here Jesus:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 138: 1, 2

Verootmoediging en Versoeningsdiens.

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

Psalm na gebed – Ps 50: 8, 9, 10, 11

1

Page 3: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Woorddiens.Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 3:1-13

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6

Ons Fokus op 1Tim 3:11-13

Skrifverklaring

InleidingGeliefdes wanneer ons vanaand stilstaan by 1Tim 3:11-13

dan's ons by die laaste deel

van Paulus se 'leer' oor die diaken-amp.

En dan gaan ons tema vanaand wees:

Paulus se 'leer' oor die diaken-amp in 1Tim 3:11-13

Terugblik

Maar kom ons vat net gou saam

wat ons tot dusver kon leer.

A.1 Vanuit vers 8 en ook Hand 6:1-3 kon ons leer

dat die diaken-amp deur Christus in sy Kerk gegee is.

B.2 Vanuit vers 8 kon ons ook leer

oor die baie belangrike werk van die diakens.

En dis om met werklike selfopofferende diendende liefde

vir ons almal leiding te gee

in ons selfopofferende dien-van-mekaar.

Verduidelik

Want as Jesus byvoorbeeld in Mark 10:45 sê

dat Hy “nie gekom om gedien te word nie,

maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.”

dan verlos Jesus ons met sy lewe

1 Vgl 1Timoteus 3,8.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 2 Vgl 1Timoteus 3,8.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

2

Page 4: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

juis sodat ons soos Hy mekaar kan dien.

Daarom dat Jesus in Joh 13:34 sê:

“‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê;

soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.”

En nou'sit die diakens se werk om leiding te gee hierin

• sodat ons dien-in-liefde effektief kan wees

• sodat iemand nie dalk oorgeslaan word nie

• sodat iemand nie dalk verval armoede en eensaamheid nie

• ja sodat ons almal die ware eenheid en liefde

wat daar by dissipels van Jesus

en kinders van God moet wees

prakties kan beleef.

* * * * *

C.3 En dis so belangrik! Maar juis daarom

omdat diakens se werk so belangrik is

moet diakens spesifieke merktekens hê.

So nie sommer net enige iemand kan 'n diaken wees nie.

Nee 'n diaken moet ons kan uit ken

aan spesifieke merktekens.

En daaroor kon ons verlede week meer leer

toe ons by vers 8-10 was.

Dis waar Paulus sê:

“Net so moet die diakens waardig wees,

nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie,

geen vuilgewinsoekers nie,

manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou ...”

3 Vgl 1Timoteus 3,8-10.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

3

Page 5: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Opmerking

En ek gaan nie nou weer op hierdie merktekens ingaan nie.

Behalwe om te sê

dat dit alles te doen het met 'n lewe van ware Gees-vervuldheid.

Ja dis hoe diakens moet wees:

manne vol van die Heilige Gees

wat dan ook die merktekens in vers 8-10 kan hê.

En as u in meer detail wil ingaan op hierdie merktekens

gaan kyk op ons webwerf die preke is daar.

Of praat net dan gee ons 'n CD

of ons gee vir u 'n getikte preek.

* * * * *

Terug by vanaand

Maar dit bring ons nou by vers 11-13

waarby ons vanaand gaan stilstaan.

En ons tema hier by vers 11-13 is:

Paulus se 'leer' oor die diaken-amp in 1Tim 3:11-13

En vanuit vers 11-13 gaan ons dan leer dat:

• die diakens uit manne moet bestaan

• met die merktekens van 'n goeie gesinslewe

• waarsonder hulle nie diakens kan wees nie.

En dan gaan ons ook leer:

• dat daar vroue moet wees wat hulle help

• en dat diakens en almal wat dien wonderlike beloftes het.

* * * * *

1. So kom ons begin by die waarheid

dat diakens uit manne moet bestaan.

4

Page 6: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Nou oor hierdie waarheid

dat die diakens uit manne moet wees

begin ons meer leer as Paulus vers 11 begin met:

“Net so ... die vroue ...”

En nou'sie vraag: Wie is hierdie vroue?

Is hulle saam met manne diakens?

Sê vers 11 dat die diaken-amp 'n amp vir manne en vroue is?

Opmerking

Nou hierdie is belangrike vrae.

Want dis wanneer ons ons self konfronteer

met hierdie vrae oor vers 11 se vroue

dat ons ook by die waarheid gaan uitkom

dat die diaken-amp regtig 'n amp is net vir manne.

En nou gaan baie met my verskil.

Ek sê ook nou totaal iets anders

as wat ons Kerke se sinode hieroor besluit het.

Want in die 2009 se Sinode Handelinge op bl 668 staan daar:

“Die Sinode keur in die lig van die Skrif goed

dat vroue wat die nodige gawes het

as diakens in die GKSA verkies en bevestig kan word.”

En nou kom ek en ek sê

dat ons vanuit vers 11 se “Net so ... die vroue ...”

gaan begin leer

dat die diaken-amp net vir manne is.

So hoe nou?

Wel ek is nederig as ek sê

dat die diakens net uit manne moet bestaan.

5

Page 7: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Maar ek kan nie anders as om te sê

dat ek vanuit 1Tim 3 en vanuit die res van die Skrif

gelowig oortuig is dat dit so moet wees.

* * * * *

So ek gaan probeer om dit vir u te wys.

En ek gaan begin hier in 1Tim 3.

En ek dink hier's twee belangrike goed in 1Tim 3

wat vir ons wys dat die diakens uit manne moet bestaan.

A. Die eerste een kry ons in vers 11 as Paulus sê:

“Net so ... die vroue ...”

Verduidelik

Nou hierdie Net so is 'n baie belangrike merker in 1Tim 3.

Hoekom? Wel omdat hierdie Net so vir ons wys

dat ons van een groep mense in die Kerk

oorgaan na 'n volgende groep. 'n Ander groep as die vorige een.4

Bewys

Want kyk wat gebeur in 1Tim 3.

In vers 1-7 gaan dit oor'ie ouderling-amp.

Maar as Paulus dan in vers 8 kom sê hy:

“Net so ... die diakens ...”

En dan leer Paulus in vers 8-10 oor die diaken-amp.

Verder verduidelik

So sien u wat gebeur?

Met die Net so van vers 8 het Paulus oorgegaan

van sy leer oor die ouderling-amp in vers 1-7

na sy leer oor die diaken-amp in vers 8-10.

* * * * *

4 ωσαυτως het die betekenis van 'net so' (Baljon bl 1126; Knight se 1Tim komm bl 168). Net soos in 2:9 en ook in 3:8 is dit ook hier 'n merker wat wys dat Paulus nou na 'n volgende saak oorgaan (vgl Knight se 1Tim komm bl 168; Ridderbos se 1Tim komm bl 97).

6

Page 8: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

En ja die Net so wys dat daar ooreenkomste is

tussen die ouderling-amp en die diaken-amp.

Opmerking5

Toe ons by vers 8 was kon ons meer daaroor leer.

Een van die ooreenkomste is byvoorbeeld

dat diakens net so soos die ouderlinge

ook sekere mertekens moet hê.

Maar en dis nou baie belangrik:

Met die Net so van vers 8 het Paulus ook oorgegaan

van sy leer oor die ouderling-amp

na sy leer oor die diaken-amp.

Hy het oor gegaan na 'n ander groep.

Die diakens van vers 8-10

is dus nie meer die ouderlinge van vers 1-7 nie.6

* * * * *

En net so is dit nou ook in vers 11.

As Paulus in vers 11 sê: “Net so ... die vroue ...”

dan gaan Paulus nou oor van die diakens in vers 8-10

na ander nuwe groep. En hulle is die vroue.

Verduidelik7

En hierdie vroue is nie diakens nie.

Want met sy Net so in vers 11 wys Paulus

dat hy oorgegaan het na 'n ander nuwe groep.

5 Vgl 1Timoteus 3,8.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 6 Baie voorstaanders van vroue in die selfde amp as manne, baseer hulle argument op ωσαυτως. Die konteks van vers

1-13 wys egter dat dit nie kan nie. Net soos ωσαυτως van vers 8 nie sê dat diakens in die ouderling-amp dien nie, net so sê ωσαυτως van vers 11 nie dat die vroue in die diaken-amp dien nie. Vgl Tit 2:2-3 waar ωσαυτως in vers 3 nie sê dat die ouer vroue ook ouer manne is nie (Schreiner in Recoverinng Biblical Manhood & Womanhood, bl 220, 505). Nee, ωσαυτως wys dat Paulus hier oorgaan na 'n nuwe en ander groep – die γυναικας.

7 Vgl Knight se 1Tim komm bl 170, 171; Alford se 1Tim komm bl 327; Macarthur se 1Tim komm bl 130; Ryken se 1Tim komm bl 131; NIDNTT vol 3 bl 1065; Ryken se 1Tim komm bl 131; Schwertley, A Historical and Biblical Examination of woman Deacons, bl 110-113

7

Page 9: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Ja net soos Paulus met die Net so van vers 8

van die ouderlinge af oor gegaan het na die diakens

net so gaan Paulus nou met sy Net so van vers 11

oor van die diakens na die vroue.

* * * * *

En wat sê dit vir ons?

Wel dat vers 11 se vroue nie deel is van die diakens nie.

Hulle is 'n nuwe ander groep naas die diakens. Die vroue.

So die diakens bestaan nie ook uit die vroue van vers 11 nie.

* * * * *

B. En dan? Wel dan moet die diakens net uit manne bestaan.

En dit sien ons baie duidelik

as ons nou van vers 11 af aangaan na vers 12 toe.

Opmerking

En ook sommer by die tweede ding in 1Tim 3 kom

wat ons wys dat die diakens uit manne bestaan.

Nou in vers 11 het Paulus gesê:

“Net so ... die vroue ...”

En so het hy oorgegaan van sy leer

oor die diakens na sy leer oor die vroue in vers 11.

Maar dan kom Paulus in vers 12 en dan sê hy:

“Die diakens moet manne van een vrou wees

en hulle kinders en eie huis goed regeer.”

So sien u wat hier gebeur?

Verduidelik8

As Paulus in vers 12 praat

8 Met 'διακονοι εστωσαν ...' - die selfde woord as vers 8 se διακονος – lyk dit vir my asof Paulus terugkeer na 'διακονους ωσαυτως ...' van vers 8-10. Ook εστωσαν wat as imperatief aansluit by die imperatiewe betekenis van δει … ειναι, wat geïmpliseer is in vers 8, dui daarop dat Paulus nou terug keer na vers 8-10 en die diaken-merktekens wat hy daar gegee het (vgl Ridderbos se 1Tim komm bl 99; Knight se 1Tim komm bl 173).

8

Page 10: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

van “Die diakens moet manne van een vrou wees ...”

dan's hierdie diakens van vers 12 presies dieselfde diakens

van vers 8-10.

So Paulus kom in vers 12 weer terug

na sy leer oor die diakens.

Opmerking9

So Paulus druk sy leer oor die vroue in vers 11

soos 'n 'patty' binne in die hamburger in van sy leer

oor die diaken-amp in vers 8-10 en vers 12.

En hierdie werklikheid

dat Paulus se leer oor die vroue in vers 11

soos 'n patty binne in die hamburger

van sy leer oor'ie diaken-amp in pas

gaan ons net-nou nog 'n klomp goed leer

oor'ie die werk van vers 11 se vroue.

* * * * *

Maar kom ons fokus nou eers op vers 12.

Want waar vers 11 ons wys

dat vroue nie deel is van die diakens nie

wys vers 12 ons dat diakens net uit manne bestaan.

Want kyk wat staan in vers 12. Paulus sê daar:

“Die diakens moet manne van een vrou wees ...”

Verduidelik10

Hoor u dit? “Die diakens moet manne van een vrou wees ...”

Nou ons gaan net-nou meer ingaan

op die volle betekenis van wat Paulus hier sê.

9 Vgl punt 3 van die preek: 'daar moet vroue wees wat die diakens help'10 Hierdie merkteken is presies die selfde as wat Paulus ook gee vir ouderlinge in vers 2 (vgl Bouma se 1Tim komm bl

71-72). Daar het ek reeds stilgestaan by die betekenis van hierdie merkteken (vgl 1Timoteus 3,2.pdf). Die vraag wat ek egter nou het is of μιας γυναικος ανδρες van vers 12 my iets leer oor die onderskeid tussen διακονοι en γυναικας van vers 11? Die 'hoof-woord' waaroor dit gaan in die frase μιας γυναικος ανδρες is ανδρες. Dus: alhoewel hierdie frase in die eerste plek daaroor gaan dat diakens – en ook ouderlinge (vers 2) – werklik trou aan hulle vroue moet wees (vgl Efes 5:25vv; Mark 10:1-12; Gen 2:18-24), staan hier nie net dat diakens 'trou in hulle huwelike moet wees' nie – iets wat op mans en vroue van toepassing is. Nee, hier staan μιας γυναικος ανδρες, wat daarop dui dat diakens manne is (Knight in Recovering Biblical Manhood & Womanhood bl 353, 530; Knight se 1Tim komm bl 171; Schreiner in Recovering Biblical Manhood & Womanhood, bl 220, 505; Clark se 1Tim komm bl 63).

9

Page 11: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Maar vir nou is'it belangrik om raak te sien

dat vers 12 ons leer dat die diakens uit manne moet bestaan.

Want Paulus sê tog

dat “Die diakens manne van een vrou moet wees ...”

* * * * *

En hierdie waarheid dat diakens manne moet wees

word net nog duideliker as ons verder lees in vers 12.

Want hoor wat staan daar. Paulus sê:

“Die diakens moet manne van een vrou wees

en hulle kinders en eie huis goed regeer.”

En wie doen dit? Wel pa's? En hoekom?

Wel omdat God ons so leer

byvoorbeeld deur Paulus in Efes 5:22-6:4.

Bewys

Dis waar Paulus in Efes 5:22-24 sê:

“Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig,

soos aan die Here.

Want die man is die hoof van die vrou,

soos Christus ook Hoof is van die gemeente ...”

En as Paulus dan praat oor'ie rol van manne

in ons huwelike sê hy in Efes 5:25

“Manne, julle moet jul eie vroue liefhê,

soos Christus ook die gemeente liefgehad

en Homself daarvoor oorgegee het ...”

En as Paulus dan in Efes 6:1-4 kom

by ons kinders se opvoeding dan sê hy:

“En vaders (pa's) ... voed (julle kinders) op

in die tug en vermaning van die Here.”

10

Page 12: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Verduidelik11

So sien u? Manne moet hoofde in hulle huwelike wees.

Liefdevolle dienende hoofde soos Christus.

En by die opvoeding van ons kinders

staan die pa's weereens in die hoof posisie.

Nie dat ma's niks met die opvoeding

van ons kinders te doen het nie. Allemins!!

Maar as Paulus in Efes 6:4 die pa's aanspreek en sê:

“En vaders (pa's) ... voed (julle kinders) op

in die tug en vermaning van die Here.” dan beteken dit

dat ons as pa's die verantwoordelike ouens is.

Ons is die hoofde as'it kom by ons kinders se opvoeding.

Dis pa's wat “hulle kinders en eie huis (moet) regeer”

soos Paulus daaroor praat in 1Tim 3:12.

Nie ma's nie. Nie die vroue nie.

En nou sê Paulus in 1Tim 3:12

dat die wat “hulle kinders en eie huis goed regeer”

diakens moet wees.

En wat sê dit dan vir ons oor

uit wie die diakens moet bestaan?

Wel vers 12 is baie duidelik.

Dit sê: “Die diakens moet manne van een vrou wees

en hulle kinders en eie huis goed regeer.”

En dan bevestig Efes 5:22-6:4 dit vir ons.

Die wat “hulle kinders en eie huis goed regeer” is manne.

11 Vgl Poythress in Recovering Biblical manhood & Womanhood, bl 235, 236-239; 508; Knight in Recovering Biblical Manhood & Womanhood, bl 350.

11

Page 13: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

So vers 11 sê dat vroue nie deel is van die diakens nie.

En vers 12 sê dat diakens bestaan uit manne.

Oorgang

Maar dan nie sommer net enige man nie.

Nee. In vers 8-9 wys Paulus ons

dat manne wat diakens moet wees spesifieke merktekens moet hê.

Hulle moet “waardig wees, nie uit twee monde spreek nie,

nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie,

manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou.”

Opmerking

En verlede week kon ons meer hieroor leer.

2. Maar dan moet diakens

ook die baie belangrike merkteken van vers 12 hê.

Die merktekens van 'n goeie gesinslewe.

En hierby gaan ons nou in die tweede plek stil staan.

Nou in vers 12 so het ons net-nou al gesien sê Paulus:

“Die diakens moet manne van een vrou wees

en hulle kinders en eie huis goed regeer.”

En dis'ie twee merktekens van 'n goeie gesinslewe.

• “manne van een vrou”.

Dis'ie eerste merkteken van 'n goeie gesinslewe.

• Die tweede een is:

“hulle kinders en eie huis goed regeer.”

* * * * *

En toe ons by Paulus se leer

oor die ouderling-amp in vers 1-7 was

het ons by vers 2 en by vers 4 geleer

12

Page 14: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

dat hierdie twee merktekens ook by ouderlinge moet wees.

* * * * *

So ons het nie in vers 12 met iets nuuts te doen nie.

Ons kon al klaar by vers 2 en vers 4

oor hierdie merktekens leer.

Verduidelik12

En ek dink die belangrike wat ons toe kon leer

oor hierdie gesinslewe-merktekens is dat manne

wat ouderlinge en diakens gaan wees as hulle getroud is

waaragtig dit wat Paulus in Efes 5:25-6:4 leer

moet aanneem en moet uitleef.

En wat leer Paulus in Efes 5:25-6:4

oor hierdie gesinslewe-merktekens

van 1Tim 3:2 en vers 4 en vers 12?

A. Wel toe ons by vers 2 was kon ons leer

dat 'n man die man van een vrou is

as hy in sy lewe Efes 5:25 aangeneem het en uitleef.

Dis daar waar Christus deur Paulus sê:

“Manne, julle moet jul eie vroue liefhê,

soos Christus ook die gemeente liefgehad

en Homself daarvoor oorgegee het.”

Verduidelik13

En dit wat Paulus leer sê vir ons

dat 'n man die man van een vrou is

eers wanneer ons al meer besef

dat my liefde vir my vrou

daardie selfopofferende dienende liefde moet wees

12 Vgl 1Timoteus 3,2.pdf en 1Timoteus 3,4-5.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php13 Vgl 1Timoteus 3,2.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

13

Page 15: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

wat Christus vir ons het.

Daardie liefde wat gemaak het

dat Christus in Mark 10:45 gesê het:

Ek “het ... nie gekom om gedien te word nie,

maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.”

Ja dis wat dit beteken om die man van een vrou te wees.

B. En as 'n man die gesinslewe-merkteken dra

van een wat sy “kinders en eie huis goed regeer”

dan is hy 'n man

wat die leer van Christus deur Paulus in Efes 6:4

waaragtig aangeneem het en uitleef.

Dis daar waar Paulus sê:

“vaders ... voed (julle kinders) op

in die tug en vermaning van die Here.”

Verduidelik14

En wat Paulus hier leer

is dat 'n man eers sy kinders en sy eie huis goed regeer

as sy opvoeding van sy kinders regtig opvoeding in die Here is.

As hy regtig besef en dit begin leef

dat opvoeding in die Here opvoeding

vanuit die Woord van die Here is

om so my kinders te bring by bekering en geloof in die Here

en 'n lewe totaal oorgegee aan die Here.

* * * * *

Oorgang

Ja dis'ie merktekens van 'n goeie gesinslewe

14 Vgl 1Timoteus 3,4-5.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

14

Page 16: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

wat die manne waaruit die diakens bestaan moet hê.

Hulle moet “manne van een vrou wees

en hulle kinders en eie huis goed regeer.”

En dan moet ons dit wat Paulus hier in vers 12 sê

verstaan in die lig

van wat hy tevore in Efes 5:25 en Efes 6:4 geleer het.

3. En dis so ontsettend belangrik.

En nou's ons by ons derde punt.

Ja vers 12 se merktekens van 'n goeie gesinslewe

is baie belangrik.

Want daar sonder kan manne nie diakens wees nie.

Waarom nie?

Verduidelik15

Wel omdat ons by vers 8 geleer het

dat diakens met dienende selfopofferende liefde leiding moet gee

in ons as kinders van God of as gesin van God se dien-van-mekaar.

Want dis mos waarvoor Christus ons kom verlos het

uit die mag van Satan en sonde

waar ons in self-gesentreerdheid gehaat het.

Ja Christus het ons kom verlos

en van ons sy dissipels en kinders van God gemaak

sodat ons mekaar met selfopofferende liefde kan dien

soos Christus ons ook lief gehad het

en gedien het tot aan die kruis op Golgota.

* * * * *

15 Vgl 1Timoteus 3,8.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

15

Page 17: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

En nou moet die diakens bestaan uit manne

wat vir ons as kinders van God of vir ons as gesin van God

leiding moet gee in ons dien-van-mekaar

sodat alles effektief en goed verloop.

Toepassing16

Maar hoe ja hoe gaan manne

aan die gesin van God leiding geen in ons dien-van-mekaar

as hulle nie soos Paulus in vers 12 sê

“manne van een vrou (is nie)

en (nie) hulle kinders en eie huis goed regeer (nie)”.

Ja sonder selfopofferenede dienende liefde regeer nie.

Daardie selfopofferende dienende liefde

waaroor Paulus in Efes 5:25 en Efes 6:4 praat.

Dit kan moes nie.

Ja 'n man moet 'n man van een vrou wees

en haar daarom met selfopofferende liefde dien en lei

en 'n man moet sy kinders en eie huis goed regeer

en daarom sy kinders met selfopofferende liefde dien en lei

anders sal hy dit nooit ooit in die gesin van God kan doen nie.

En dan kan hy ook nie 'n diaken wees nie.

* * * * *

En daarom is dit so belangrik

dat die manne wat ons kies om diakens te wees

waaragtig kinders van God is.

En daarom manne wat vol van die Gees sal wees

en bid dat hulle altyd vervul sal wees met die Heilige Gees.

16 Vgl Poytherss in Recovering Biblical manhod & Womanhood, bl 237; Ridderbos se 1Timkomm bl 99.

16

Page 18: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Verduidelik17

Want vanuit Efes 5:18-22 kon ons al leer

dat selfopofferende dien-van-mekaar

in ons huwelike en huisgesinne net moontlik is

wanneer Christus in ons

verlossend en bekerend en heiligmakend heers

deur die Heilige Gees.

Ja dan alleen kan ons diakens uit manne bestaan

wat “manne van een vrou (is)

en hulle kinders en eie huis goed regeer.”

En ook in die gemeente as gesin van God

leiding kan gee in ons dien-van-mekaar.

* * * * *

Selfondersoek

I So broeders diakens hoe staan dit met ons huwelike?

En ons kinders? Hoe voed ons hulle op?

Is ons waarlik “manne van een vrou”?

En is ons waarlik besig

om ons “kinders en eie huis goed (te) regeer”?

Heers Christus in ons lewens deur sy Gees

sodat ons hierdie merktekens kan hê?

Bid ons daarvoor?

* * * * *

II En ons ander? Onthou: 'n Gees vervulde kerk

het ook 'n diakonie wat uit Gees vervulde manne bestaan.

'n Diakonie wat bestaan uit “manne van een vrou

(wat) hulle kinders en eie huis goed regeer.”

Soos ons hoor in vers 12.

17 Vgl Efes 5,18.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

17

Page 19: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Oorgang

En daarom leiding kan gee in ons dien-van-mekaar

terwyl daar ook vers 11 se vroue moet wees

wat hulle bystaan en help.

4. En nou's ons by ons vierde punt

wat daaroor gaan dat terwyl die diakens bestaan net uit manne

soos vers 12 leer daar ook vroue moet wees wat hulle help.

En oor hierdie waarheid leer ons

wanneer ons vanaf vers 12

eers net weer teruggaan na vers 11 toe

waar Paulus sê:

“Net so moet die vroue waardig wees,

geen kwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles.”

Opmerking

Maar nou'sie vraag:

Hoe wys vers 11 ons dat hierdie vroue van vers 11

die diakens moet bystaan en help.

Wel kom ons kyk.

En dan's daar drie dinge in vers 11

wat ons moet raaksien.

A. Die eerste is dit waaroor ons net-nou al gepraat het.

Onthou u: Ek het net-nou gesê

dat Paulus se leer oor'ie vroue in vers 11

soos 'n patty inpas in die hamburger

van Paulus se 'leer' oor'ie diaken-amp in vers 8-10 en vers 12.

En nou wys vers 11

wat soos 'n patty in Paulus se leer

18

Page 20: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

oor'ie diaken-amp in pas

iets baie belangrik oor'ie vroue van vers 11.

En wat is dit?

Verduidelik18

Wel dis dat vers 11 se vroue 'n groep op hulle eie is

nie deel van die diakens nie.

Maar as Paulus vers 11 so indruk tussen in die 'leer'

oor die diakens in vers 8-10 en vers 12

dan wys hy ons

dat hierdie vroue tog ook nie los van die diakens is nie.

En wat sê dit?

Wel dat vers 11 se vroue

op 'n manier betrokke moet wees

by die werk van die diakens.

* * * * *

B. Maar hoe? En nou's ons by die tweede ding

wat ons moet raaksien oor vers 11 se vroue.

Ja op watter manier is die vroue van vers 11

betrokke by die diakens se werk?

Verduidelik19

Nou dit kom ons agter

as ons ons gedagtes laat terug gaan

na wat ons by 1Tim 3:4-5 geleer het.

18 NIDNTT vol 3 bl 1065 wys my daarop dat vers 12 waar Paulus weer terug keer na διακονοι ons daarop moet wys, dat hy steeds besig is met die groot tema van 'die diaken-amp' waarmee hy begin het in vers 8 (vgl Knight se 1Tim komm bl 170). Dit sê dan ook dat die γυναικας, na wie Paulus oor gegaan het in vers 11, maar wat hier in 'n gedeelte in pas waar dit in hoofsaak gaan om 'die diaken-amp', op een of ander manier pas en saamgaan met die διακονοι, en dat die γυναικας een of ander 'diakonale' werk het (vgl NIDNTT vol 3 bl 1065-1066; Knight se 1Tim komm bl 171; Knight in Recovering Biblical Manhood & Woman hood, b; 354; Ridderbos se 1Tim komm bl 98,99). Dat vroue besig was in dienswerk om so armes en weduwees by te staan sodat hulle nie meer die gebrek en hartseer van hierdie ou sondige wêreld hoef te beleef nie – een van die arias waarin diakens leiding gee (vgl 1Timoteus 3,8.pdf) – sien ek bv in Hand 9:36-39; Rom 16:1-2, 12 (TDNT vol 1 bl 788; NIDNTT vol 3 bl 1065-1066; Ryken se 1Tim komm bl 131).

19 Vgl 1Timoteus 3,4-5.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

19

Page 21: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Daar't ons geleer dat daar 'n ooreenkoms is

tussen die regering en leiding

wat 'n gelowige-pa in sy huisgesin gee

en die regering en leiding

wat 'n ouderling in die Kerk moet gee.

En hoekom? Wel toe ons by vers 4-5 was

kon ons leer dat die Kerk God se gesin is

wat bestaan uit God se verloste kinders.

En daarom is daar 'n ooreenkoms

tussen 'n verloste huisgesin en die Kerk as God se gesin.

* * * * *

En met dit gesê moet ons nou begin agterkom

hoe die vroue van vers 11 betrokke moet wees by die diakens.

Verduidelik20

Want geliefdes gelowige vroue

sal raaksien in 1Tim 3:4-5

dat die Kerk die gesin van God is.

En dat dit in die Kerk as gesin van God moet gaan

soos dit in 'n verloste huisgesin moet gaan.

* * * * *

En hoe gaan dit in 'n verloste huisgesin?

Wel vanuit Efes 5:22-6:4

en ook vanuit Efes 2:10 en Efes 2:15 leer ons

20 Vgl Poythres in Recovering Biblical Manhood & Womanhood bl 239; Knight se 1Tim komm bl 171; Bouma se 1Tim komm 71. Prof Jorrie skryf in sy getuie voor die 2009 sinode soos volg: “Wat die vrou in die diakendiens betref, moet elke teks verstaan word binne die openbaringshistoriese lyne vanaf Skepping tot Voleinding, en binne die groot raamwerk van die Koninkryk van God, waardeur Hy in Christus deur sy Gees oor sy kerk regeer, met gebruikmaking van menslike dienaars wat Hý daartoe aanstel. Hierdie breë openbaringslyne is reeds in die 1988-rapport uitgelig en word weer in die 2009-rapport aangeraak. Laat ek dit in ‘n paar sinne saamvat: Ons begin by die skepping: In Gen 2 lees ons dat God aan die begin die man as hoof gestel het en die vrou as hulp wat by hom pas. Sondeval: Met die sondeval (Gen 3) word hierdie mooi verhouding versteur. In plaas daarvan orn liefdevolle hoof van die vrou te wees, sal die man in sonde oor die vrou heers. En die vrou sal nie tevrede wees om dieman se hulp te wees nie maar sy sal begeer om haar man se plek in te neem. Albei hierdie gevolge van die sonde moet bestry word. Herstel: Wanneer die herstel in die NT deur Christus in sy kerk aangebring word, ontvang vroue ‘n regmatige, belangrike plek in die kerk, maar LET WEL, sonder om die plek van die man in te neem (laasgenoemde sou immers ‘n kontinuering van die sonde-gevolge wees). In Ef 5 hoor ons: Soos die hoofskap van die man en die hulpskap van die vrou in die huwelik gegee is, so moet ook in die kerk Christus se hoofskap deur manne se optrede en die kerk se diensbaarheid deur vroue se optrede uitgebeeld word. In die lig hiervan maak ook die sg. swyggebod van 1 Kor 14 en 1 Tim 2 sin. Hierdie tekste raak natuurlik die diens van ouderling en Woordbedienaar direk. Maar gesien binne die breë openbaringslyne van die Skrif is daar geen rede om die dieris van diaken hiervan uit te sluit nie. Ook in die diakonale dienswerk behoort Christus as hoof en die kerk as dienares na vore te kom in die optrede van manlike en vroulike lidmate.”

20

Page 22: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

dat God in Christus weer sy goeie skeppingsorde herstel.

Ook daardie orde waarvan God praat in Gen 2:18

waar God sê: “Dit is nie goed dat die (man) alleen is nie.

Ek sal vir hom ‘n hulp maak (die vrou) wat by hom pas.”

* * * * *

En dan? Wel dan verstaan die vroue van vers 11

dat diakens wat bestaan uit manne in die Kerk

as die gesin van God leiding gee in ons dien-van-mekaar.

En die vroue van vers 11 dan

wat so betrokke is by die diakens?

Wel hulle help dan.

Want hulle weet gelowig

dat dit is waarvoor God hulle geskep het

en in Christus weer kom herskep het.

Dis om hulp te wees in hulle eie huisgesinne

maar ook in die Kerk as gesin van God.

Daarom help vers 11 se vroue die diakens.

* * * * *

So dis hoe die vroue van vers 11 betrokke is by die diakens.

Hulle help die diakens.

Hulle is vroulike-helpers van die diakens.

C. Maar wie presies is hierdie vroulike-helpers?

Opmerking

En dis'ie derde ding

wat ons moet raaksien van die vroue van vers 11.

Ja wie presies is hierdie vroulike-helpers van die diakens?

21

Page 23: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

I.21 Nou geliefdes in my oplees werk

het ek agter gekom dat kinders van die HERE verskil

oor wie hierdie vroulike helpers van die diakens is.

Party sê dat hierdie vroue die diakens se vroue is.

II.22 Ander sê weer: Dis'ie weduwees

van wie ons lees in 1Tim 5:9-10

wat een of ander diens-werk in die Kerk verrig het.23

* * * * *

En wat moet ek nou vir u sê?

Wel as ek hieroor praat moet ek sekerlik nederig wees.

En in nederigheid vra ek dan:

Moet ons nie maar net bly by die teks van vers 11 nie.

Verduidelik24

En wat ons vanuit vers 11 sien

is dat die vroue van vers 11 nie deel is van die diakens nie.

En tog is hulle as helpsters betrokke by die diakens.

I. En dan kan hierdie vroue sekerlik die diakens se vroue wees.

Want die Griekse woord vir vroue sê vir ons

dat ons vroue hier as die diakens se vroue kan verstaan.

II. Maar vers 11 se vroue

kan ook die weduwees van 1Tim 5:9-10 wees.

Want die Griekse woord vir die vroue van vers 11

sluit ook weduwees in.

21 Het ek dalk hier te doen met die γυναικας van die diakens? Daar is argumente vir en teen die γυναικας as die γυναικας van die diakens. Dat die γυναικας hier kan verwys na die vroue van die diakens volg uit die konteks van vers 12 wat volg op vers 11. Daar het γυνη die betekenis van 'die vrou van ...' Dit maak dan net sin dat γυναικας van vers 11 ook die betekenis het van 'vroue van ...' (Schreiner in Recovering Biblical Manhood & Womanhood bl 220, 505; Ryken se 1Tim komm bl 131). Hierteen kan ingebring word dat as hier sprake was van die vroue van die diakens mens tog iets soos γυναικας αυτων kon verwag (vgl Ridderbos se 1Tim komm bl 99; Schwertley, A Historical and Biblical Examination of Woman Deacons, bl 108).

22 Vgl Schwertley, A Historical and Biblical Examination of Woman Deacons, bl 117-13223 Vgl Knight se 1Tim komm bl 225-227; NIDNTT vol 3 bl 1065; Ryken se 1Tim komm bl 208-20924 Vgl NIDNTT vol 3 bl 1055, 1058

22

Page 24: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

III. Maar vers 11 se vroue kan ook meer wees

as net die diakens se vroue en die weduwees van 1Tim 5:9-10.

Want die Griekse woord vir vroue in vers 11

gaan oor meer as net getroude vroue en weduwees.

* * * * *

Die belangrike is dat ons mooi moet kyk na vers 11.

Na die konteks van vers 11.

En na wat daar in die teks van vers 11 staan.

En dan sê vers 11 self vir ons wie die vroue is

as Paulus daar sê:

“Net so moet die vroue waardig

(of vanuit 'n Godvresende lewe agting waardig25) wees,

geen kwaadspreeksters (of vroue wat skinder26) nie,

nugter, betroubaar in alles (wat hulle moet doen27).”

Verduidelik28

So sien u? Die vroue helpsters van vers 11

moet vroue wees wat spesifieke merktekens het.

Merktekens wat hulle net kan hê

as Christus werklik verlossend en bekerend en heiligmakend

in hierdie vroue woon en werk.

Ja sulke vroue moet in die Kerk helpsters

vir die diakens wees.

* * * * *

25 Vir betekenis van σεμνος sien eksegese by vers 8. Dit gaan hier om 'n lewe wat agting waardig is omdat dit 'n lewe in ware Godsvrees is.

26 μη διαβολους = μη + adjek akk mv van διαβολος, met die betekenis van 'nie lasteraars nie'/ 'nie die wat skinder nie'/ 'nie die wat sleg praat oor ander nie' (Baljon bl 213; TDNT vol 2 bl 81). Die adjek διαβολος het net een vorm vir ml/vl (Paradigma-boekie, bl 8) – in hierdie geval sal dit vl wees omdat μη διαβολους vir γυναικας verder beskryf. Hierdie tweede merkteken van die γυναικας het te doen met ''n praat-sonde'. So is dit ook by die διακονους. Die tweede merkteken van μη διλογους (vers 8), gaan oor 'n ''n praat-sonde' (vgl Knight se 1Tim komm bl 172; Ridderbos se 1Tim komm bl 99; Macarthur se 1Tim komm bl 130).

27 πιστας = adjek vl akk mv van πιστος. εν πασι wys my op die sfeer/terrein waarin γυναικας πιστας is (vgl Greek grammer beyond basics bl 372). πιστας εν πασι het dan, so meen ek die betekenis van 'betroubaar in alles wat γυναικας moet doen' (Baljon bl 784; Knight se 1Tim komm bl 173; Macarthur se 1Tim komm bl 130).

28 Gal 5:19-23; Efes 5:9,18

23

Page 25: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Toepassing

En nou'sie vraag:

Is ons as die Gereformeerde Kerk Daspoort gehoorsaam

aan wat Paulus in vers 11 leer?

Het ons sulke vroue wat helpsters is vir ons diakonie?

Nee! Nie op die oomblik nie.

So wat nou? Gaan ons wat ons in vers 11

by die apostel van ons Here gehoor het

maar net laat verby gaan?

Of gaan ons ons Bybels optel en weer lees

en verder leer en gehoorsaam word. Hê geliefdes?

* * * * * Oorgang

So geliefdes dit is wat ons nou kon leer

oor die diaken-amp vanuit vers 11-12.

A. Vers 12 maak dit vir ons baie duidelik.

Die diakens uit bestaan uit manne.

Manne wat behalwe vir die merktekens van vers 8-9

ook die merktekens het van 'n goeie gesinslewe.

Soos vers 12 leer.

B. Vanuit vers 11 kon ons leer

dat daar ook vroue moet wees.

Hierdie vroue is nie deel van die diakens nie.

Want die Net so van vers 11 wys ons

dat hulle 'n ander nuwe groep is naas die diakens.

Maar dan baie belangrik:

Hierdie vroue van vers 11 is tog ook betrokke by die diakens.

24

Page 26: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

En ons kon ook leer

dat hierdie vroue helpsters vir die diakens moet wees.

* * * * *

So ja dis wat ons in vers 11-12 kon leer

oor die diaken-amp.

5. Maar dit bring ons nou by vers 13

en twee wonderlike beloftes vir diakens.29

Nou in vers 13 sê Paulus:

“die wat goed gedien het,

verkry vir hulle ‘n eervolle plek

en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.”

En dan's hierdie beloftes in die eerste plek vir die diakens.

Hoekom?

Verduidelik30

Wel omdat daardie 'dien' as Paulus sê:

“die wat goed gedien het ...” in hierdie konteks

waar dit gaan oor die diaken-amp

in die eerste plek die betekenis het

van “die wat goed gedien het as diakens ...”

* * * * *

Daarom dat ons in vers 13 in die eerste plek hoor

van wonderlike beloftes vir diakens .

En is dit nie wonderlik nie!!

29 Met γαρ sluit Paulus die perikoop oor die diaken-amp gevolgtrekkend af. Die wat die merktekens het om in die diaken-amp te staan en diaken-werk te doen en hierdie werk goed gedoen het βαθμον εαυτοις καλον περιποιουνται και πολλην παρρησιαν εν πιστει τη εν χριστω ιησου (vgl Greek grammer beyond basics bl 673; Ridderbos se 1Tim komm bl 99; Lange se 1Tim komm bl 42). Ek sou dan οι γαρ καλως διακονησαντες as volg parafraseer: 'uiteindelik dan, die wonderlike uitkoms vir hulle wat as diakens goed gedien het, is dat hulle ...'

30 διακονησαντες = aor part akt ml mv van διακονεω. οι … διακονησαντες wys terug na διακονοι van vers 12 (vgl Knight se 1Tim komm bl 173). οι … διακονησαντες is dan hier die subj van περιποιουνται en het die betekenis van 'hulle wat gedien het' (Knight se 1Tim komm bl 173). In hierdie sin kan οι … διακονησαντες dan ook sien op die ouderlinge van vers 1-7. Wanneer διακονεω so absoluut staan soos hier en in vers 10 gaan dit egter spesifiek oor 'dien as diaken'. Die nabye konteks van vers 12 dui ook in hierdie rigting. Dus: ek kan οι … διακονησαντες ook parafraseer met: 'hulle wat as diakens gedien het' (Baljon bl 216; Knight se 1Tim komm bl 173; Bouma se 1Tim komm bl 72; Clark se 1Tim komm bl 63).

25

Page 27: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

A. Want diakens wat goed dien soos God dit wil31

met ware selfopofferende liefde

“verkry vir hulle ‘n eervolle plek ...”

So leer Paulus in vers 13.

En hoekom is dit so?

Verduidelik32

Wel omdat Christus mos gesê het in Mark 10:44

“elkeen wat onder julle die eerste wil word (in 'n eervolle plek),

moet almal se dienskneg wees.”

Daarom dat 'n diaken wat waarlik 'n diaken is

en almal se dienskneg word

uiteindelik 'n eervolle plek sal ontvang.

B. Maar ook “veel vrymoedigheid

in die geloof in Christus Jesus”

leer Paulus net verder aan in 1Tim 3:13.

Verduidelik33

En hierdie vrymoedigheid

is om groot sekerheid te hê oor jou saligheid.

En diakens wat goed dien

met ware selfopofferende liefde soos Christus

kan al hoe meer sekerheid hê oor hulle saligheid.

31 καλως = bw van wyse en verwant aan die adjek καλος (Baljon bl 485). By 'n ww wat gaan oor plig/taak, soos hier, het καλως die betekenis van 'eerlik'/ 'opreg'/ 'goed'/ 'prysenswaardig'/ 'op die regte manier' (Baljon bl 485; TDNT vol 3 bl 549; Knight se 1Tim komm bl 173). οι ... καλως διακονησαντες hou in dat 'n diaken so sy diaken diens gedoen het dat dit in ooreenstemming is met die wil van God vir die diaken-amp – vgl Miga 6:8; Heb 13:20-21; Sondag 33 v/a 91 (NIDNTT vol 2 bl 103-104).

32 βαθμον word verder beskryf deur καλον (vgl Knight se 1Tim komm bl 174), wat hier die betekenis het van ''n goeie/ voortreflike stand/ posisie' (TDNT vol 3 bl 550; Knight se 1Tim komm bl 174). Verklaring: Ek verstaan βαθμον ... καλον deur na die volgende tekste te kyk. Mark 10:43 - “elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.” - vgl ook vers 44; Mark 9:35. Wat ek hier leer is dat elke diaken wat goed dien – dus soos God wil hê, en daarom in navolging van Christus se selfopofferende dien in liefde (Mark 10:45) – sal ook 'n goeie staan plek in die Kerk hê – hy sal groot wees. Juis omdat hy in nederigheid dien (vgl Ryken se 1Tim komm bl 135).

33 Vgl NIDNTT vol 2 bl 734; Baljon bl 747; Knight se 1Tim komm bl 174

26

Page 28: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Bewys34

“want dit is God wat in (sy kinders) werk

om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.”

So leer Paulus in Fil 2:13.

So as 'n Diaken goed dien kan hy weet:

Dis nie ek nie. Dis God wat in my werk.

En in Fil 1:6 sê Paulus dan dat God

“wat ‘n goeie werk in julle begin het,

dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus.”

Sodat diakens “veel vrymoedigheid

in die geloof in Christus Jesus” kan hê.

Ja groot sekerheid oor hulle saligheid

deur die geloof in Jesus Christus.

* * * * *

Slot

En vir ons geliefdes?

Is hier nie vir ons en die vroue van vers 11

wat die diakens gehelp het ook 'n belofte nie?!

Ja daar is!

Wanneer ons onder die leiding van die diakens dien

met selfopofferende liefde

dan kry ook ons veel vrymoedigheid

in die geloof in Christus Jesus.”

34 Die betekenis van και πολλην παρρησιαν εν πιστει τη εν χριστω ιησου word vir my ook duideliker deur te kyk na die volgende teks: Mat 25:21 - “En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.” Wat hierdie teks vir my sê is dat 'n diaken se goeie diens-werk as diaken vir hom πολλην παρρησιαν gee, in die sin dat hy nou groter sekerheid verkry dat hy sekerlik sal in gaan in die ewige KK van God. Hierdie πολλην παρρησιαν kom altyd deur die geloof in Jesus Christus – εν πιστει τη εν χριστω ιησου (Efes 3:11-12; Greek grammer beyond basics bl 372). Maar nou word dit meer. Juis omdat my geloof ook bestaan uit die geloofskennis dat ek sekerheid kry van my saligheid deur my nuwe lewe van dien. My lewe van dien sê vir my dat ek deur God gered is en vernuwe word tot diens, sodat God ook eenmaal vir my die woorde van Mat 25:21 sal sê – vgl ook 1Joh 2:3-6; 3:14; Sondag 32 v/a 86; DL 5:10 (vgl Knight se 1Tim komm bl 174; Ryken se 1Tim komm bl 135).

27

Page 29: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Verduidelik

Want in 1Joh 3:14 leer die apostel dat:

“Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe,

omdat ons die broeders liefhet.” En dan ook dien.

* * * * *

Geliefdes kom ons bid

dat Paulus se leer oor die diaken-amp ons sal aangryp.

Kom ons bid

dat ons Here verlossend en heiligend

in ons sal heers deur sy Gees

sodat ons al meer in selfopofferende liefde mekaar kan dien.

En Diakens kan hê wat ons leiding hierin gee

en vroue wat hulle kan help.

Antwoorddiens

Amen

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6

Gebed

28

Page 30: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:11-13 - GK Daspoort 3,11-13.pdf · Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:11-13 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer

Barmhartigheidsdiens

Psalm tydens kollekte : Ps 65: 4, 6, 7

Slotpsalm : Ps 138: 3, 4

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.

29